Monday, December 1, 2008

Somer Kersfees tyd - dis Desember!

1. Welkom, o stille nag van vrede,
onder die suiderkruis,
Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis.
2. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye vertel die ou verhaal.
Kersfees kom, Kersfees kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.
3. Voel jy ook nou sy warm liefde as ons die dag gedenk,
Toe Hy sy Seun aan ons gegee het – ons grootste Kersgeskenk.
Christus kom, Christus kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.
Refrein:
Kersfees kom, Kersfees kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder
Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.

Thursday, October 2, 2008

Dit is die maand Oktober, die mooiste mooiste maand.


En Pretoria stof haarself af vir die spektakel wat kom.

Friday, September 12, 2008

Lekker week vir almal!


Hoop julle het almal 'n lekker week en naweek - Mieks sou nou gevra het dat ek vir haar 'n skulpie moet optel, en Jeweeltjie, ek sal vir jou 'n klippie in die see gooi.

Monday, September 1, 2008

Dis heerlike lente


Pragtige bloeisels vir die begin van die seisoen van vreugde.

Monday, August 25, 2008

Lente beslis in die lug!

Veels geluk liewe Vlakkies, oorlat jy geverjaar het....

Monday, August 18, 2008

Heyto, dis koud vanmore en hallo Smousie!

Lekker koue oggend - en HALLO SMOUSIE! Hier is spesiaal 'n lekker plekkie langs die AGA vir jou. 'n Paar oomblikke uit Saterdag se kuier.



Monday, August 11, 2008

So na Vrouedag, mag almal 'n lekker week hê!

Ja, ok, daar's nie vanmore 'n prentjie nie, volgende keer weer!

Tuesday, August 5, 2008

Mieks ons gaan jou mis.


Liewe Mieks, Ek het gistermiddag vir jou 'n wit roos in my tuin gaan pluk. Toe ek die naweek my rose gesnoei het het hy vir my so mooi daar aan die boom gelyk dat ek hom daar gelos het. Maar gistermiddag het ek hom gaan pluk en langs my bed gaan sit om jou te onthou. Net so het Jesus daai mooiste roos in die tuin gepluk om langs Sy bed te sit. Vaarwel vriendin, sien jou weer, soos jou geliefde Coenie sing.

Monday, August 4, 2008

Dis al Augustus.


By gebrek aan 'n spesie genaamd 'n Bergbok - hierdie dan maar. Veels geluk Bergbok!

Monday, July 28, 2008

Julie is op 'n einde


More almal - heerlike sonskyndag!

Monday, July 21, 2008

Tweede laaste week in Julie


Tulpe uit Kasie se wêreld vir hierdie week - hoop julle week is sonnig en vrolik.

Monday, June 30, 2008

Amper Julie


More almal! Die plaaskatte kuier lekker hier om die Aga - kom kuier saam.

Monday, June 23, 2008

23 Junie week


Maandagoggend en Mattewis lê lekker knus hier langs die Aga.

Tuesday, June 17, 2008

Na die langnaweek.....


Ten einde laaste, 'n nuwe kletsplekkie om 'n glasie rooiwyn vir die winterkoue.

Monday, June 9, 2008

Week van 9 Junie

Fris wintersoggend! Lekker warm gesels hier om die Aga.

Friday, June 6, 2008

Naweek kuierplekkie vanaf 6 Junie.

Wagter waai opgewonde stert hier voor die stoep - wie kom saam stap vanmore so op die lekker fris Vrydagoggend. Lekker kuier die naweek.

Monday, June 2, 2008

Dis Junie!


Koffie en skout voor die Aga vir almal. Kom kuier lekker saam.

Friday, May 30, 2008

Naweek geselsies vanaf 30 Mei


More more almal - so op die Vrydagoggend is dit tyd vir 'n nuwe kekkelplekkie.

Monday, May 26, 2008

Kekkelbekke vanaf 26 Mei


Lekker kekkel! As ek sien hierdie word baie lank sal ek 'n nuwe hokkie maak.

Wednesday, May 21, 2008

Donderdag dinge

Kombuis opgeruim, AGA gepak en skout reggesit vir more oggend. Die huishoudster het 'n besige dag more so vannaand word alles vir more reggesit.

Woensdag kletsies


More almal. Lekker kuier vandag.

Tuesday, May 20, 2008

Dinsdaggeselsies



Goeiemore! Die koeie is gemelk maar die huishoudster is laat.

Monday, May 19, 2008



Goeimore op die Maandagoggend! Nuwe kekkelplekkie vir almal.

Friday, May 16, 2008

Uitspantyd


Hier is 'n spiksplinternuwe geselsdraad vir die naweek. Lekker kuier hierso, Maandag maak ons weer 'n nuwe kamertjie oop.

Vrydag geselsies

Die haan het gekraai en dis 'n splinternuwe dag en 'n splinternuwe geselsplekkie. Gesels asb hier verder dan word die paadjie na die opstal nie so lank nie.

Thursday, May 15, 2008

Troue


Onthou julle die storie oor die troue? Ek sit weer hier as julle vergeet het - maar hier is die foto!

Die uitnodiging na die troue het 9 uur gesê. Die bruidegom het gereken dat as ons om 10:30 daar is, sal ons net betyds wees. Hy bel toe Sondagoggend om te noem dat die bruid laat is en dat ons eers 11:30 moet kom. Teen 1 uur het die bruid opgedaag - onder 'n groot groen sambreel agter op 'n wit Nissan Nevada bakkie met 'n gejuig van toeters en musiek. Jip, mens speel nie met Afrika tyd nie. Maar ek moet noem dat dit een van die mees vreugdevolle okkasies was wat ek ooit beleef het. Die bruid en bruidegom was spoggerig in 'n tradisionele westerse wit trourok en lang baadjiepak met goue onderbaadjie en das. Die strooimeisies pragtig in liggroen rokke en fyn silwer sandale en die strooijonkers elegant in pakke met room onderbaadjies en das en die hofknapie in 'n identiese 3 stuk pak . Die blomme meisie was 'n prentjie in 'n wit prinses rokkie. Die saal pragtig versier met wit St Josefslelies en feetjieliggies en wit draperings. Die tantes van die bruidegom was tradisioneel aangetrek en het hulle tradisionele danse en liedjies gedoen - 'n belewenis op sy eie. Die bruid se familie was deftig in westerse styl. Die troue begin met die bruidegom en sy tante wat in die gang afdans na voor, gevolg deur 'n strooijonker, strooimeisie afwisselend tot die blommemeisie en hofknapie roosblare strooi, waarna die bruid en haar pa in die paadjie afdans. Almal drom om die paadjie saam en dans saam -ons klomp whiteys het ons verstom. Die seremonie was baie sterk spiritueel met volop "hallelujas" en gebede en die nagmaal en kerse aansteek seremonie amper in die katolieke tradisie. Baie mooi, met die "toast" op die paartjie ook met 'n sterk godsdienstige inslag. En toe begin die toesprake - honderde, of so voel dit. Iewers teen 2:30 het ons voorgereg geëet en die bruidsparty fotos geneem. Ek reken die fotos gaan heel uniek wees want dis in die tuin van die Transvaal musuem geneem so tussen die dinosaurus skelette. Teen 3:30 was dit my beurt om te praat namens die bruidegom se werk - gelukkig kon ek nog 'n laggie uit die skare kry, maar dit was kostelik om die omies te sien sit en slaap midde in al die toesprake. Die een bly so afsak, afsak, tot hy wakker skrik, sit dan weer regop en dan begin die proses weer van voor af. Teen 4 uur het ek stilweg uitgeglip - moes nog vir Kleinkatjie by Ouma gaan haal en die arme Ramkat is toe ook al heel dag aan babas oppas. Die res van die kantoor is teen 5 uur weg - toesprake nog nie heeltemal klaar nie en middagete nog nie bedien nie. Maar dit was vrolik en interessant en die bruid het gestraal. Maar ek besef alhoewel ek in Afrika bly is Afrika tyd nie vir my nie.

Welkom by die plaas

More more almal - welkom by die plaas se nuwe werf en opstal. Ek wou hierdie nie doen nie maar lyk my ons is nou genoodsaak. Ek sal 'n opskriffie vir ons maak meeste dae (naweke sal ons dalk op die vorige dag s'n moet aangaan - en dan kan ons almal in die comments gesels - gaan na die comments toe en kliek en skryf. Maklik! Mail my as jy 'n probleem het. Kiets

O ja, as ons nou mooi aan die gang is dan sal ek julle verduidelik hoe om 'n possie te maak - dan kan ons selfs fotos by sit.