Friday, May 30, 2008

Naweek geselsies vanaf 30 Mei


More more almal - so op die Vrydagoggend is dit tyd vir 'n nuwe kekkelplekkie.

Monday, May 26, 2008

Kekkelbekke vanaf 26 Mei


Lekker kekkel! As ek sien hierdie word baie lank sal ek 'n nuwe hokkie maak.

Wednesday, May 21, 2008

Donderdag dinge

Kombuis opgeruim, AGA gepak en skout reggesit vir more oggend. Die huishoudster het 'n besige dag more so vannaand word alles vir more reggesit.

Woensdag kletsies


More almal. Lekker kuier vandag.

Tuesday, May 20, 2008

Dinsdaggeselsies



Goeiemore! Die koeie is gemelk maar die huishoudster is laat.

Monday, May 19, 2008



Goeimore op die Maandagoggend! Nuwe kekkelplekkie vir almal.

Friday, May 16, 2008

Uitspantyd


Hier is 'n spiksplinternuwe geselsdraad vir die naweek. Lekker kuier hierso, Maandag maak ons weer 'n nuwe kamertjie oop.

Vrydag geselsies

Die haan het gekraai en dis 'n splinternuwe dag en 'n splinternuwe geselsplekkie. Gesels asb hier verder dan word die paadjie na die opstal nie so lank nie.

Thursday, May 15, 2008

Troue


Onthou julle die storie oor die troue? Ek sit weer hier as julle vergeet het - maar hier is die foto!

Die uitnodiging na die troue het 9 uur gesê. Die bruidegom het gereken dat as ons om 10:30 daar is, sal ons net betyds wees. Hy bel toe Sondagoggend om te noem dat die bruid laat is en dat ons eers 11:30 moet kom. Teen 1 uur het die bruid opgedaag - onder 'n groot groen sambreel agter op 'n wit Nissan Nevada bakkie met 'n gejuig van toeters en musiek. Jip, mens speel nie met Afrika tyd nie. Maar ek moet noem dat dit een van die mees vreugdevolle okkasies was wat ek ooit beleef het. Die bruid en bruidegom was spoggerig in 'n tradisionele westerse wit trourok en lang baadjiepak met goue onderbaadjie en das. Die strooimeisies pragtig in liggroen rokke en fyn silwer sandale en die strooijonkers elegant in pakke met room onderbaadjies en das en die hofknapie in 'n identiese 3 stuk pak . Die blomme meisie was 'n prentjie in 'n wit prinses rokkie. Die saal pragtig versier met wit St Josefslelies en feetjieliggies en wit draperings. Die tantes van die bruidegom was tradisioneel aangetrek en het hulle tradisionele danse en liedjies gedoen - 'n belewenis op sy eie. Die bruid se familie was deftig in westerse styl. Die troue begin met die bruidegom en sy tante wat in die gang afdans na voor, gevolg deur 'n strooijonker, strooimeisie afwisselend tot die blommemeisie en hofknapie roosblare strooi, waarna die bruid en haar pa in die paadjie afdans. Almal drom om die paadjie saam en dans saam -ons klomp whiteys het ons verstom. Die seremonie was baie sterk spiritueel met volop "hallelujas" en gebede en die nagmaal en kerse aansteek seremonie amper in die katolieke tradisie. Baie mooi, met die "toast" op die paartjie ook met 'n sterk godsdienstige inslag. En toe begin die toesprake - honderde, of so voel dit. Iewers teen 2:30 het ons voorgereg geëet en die bruidsparty fotos geneem. Ek reken die fotos gaan heel uniek wees want dis in die tuin van die Transvaal musuem geneem so tussen die dinosaurus skelette. Teen 3:30 was dit my beurt om te praat namens die bruidegom se werk - gelukkig kon ek nog 'n laggie uit die skare kry, maar dit was kostelik om die omies te sien sit en slaap midde in al die toesprake. Die een bly so afsak, afsak, tot hy wakker skrik, sit dan weer regop en dan begin die proses weer van voor af. Teen 4 uur het ek stilweg uitgeglip - moes nog vir Kleinkatjie by Ouma gaan haal en die arme Ramkat is toe ook al heel dag aan babas oppas. Die res van die kantoor is teen 5 uur weg - toesprake nog nie heeltemal klaar nie en middagete nog nie bedien nie. Maar dit was vrolik en interessant en die bruid het gestraal. Maar ek besef alhoewel ek in Afrika bly is Afrika tyd nie vir my nie.

Welkom by die plaas

More more almal - welkom by die plaas se nuwe werf en opstal. Ek wou hierdie nie doen nie maar lyk my ons is nou genoodsaak. Ek sal 'n opskriffie vir ons maak meeste dae (naweke sal ons dalk op die vorige dag s'n moet aangaan - en dan kan ons almal in die comments gesels - gaan na die comments toe en kliek en skryf. Maklik! Mail my as jy 'n probleem het. Kiets

O ja, as ons nou mooi aan die gang is dan sal ek julle verduidelik hoe om 'n possie te maak - dan kan ons selfs fotos by sit.