Sunday, August 2, 2009

Augustus - tyd vir wind en daai laaste wintersnikke.


Gebeure in ‘n Tuin – wat in Oktober eers lewe, maar reeds oor gedroom word in die Maand van die Wind, Augustus…


O, wat ‘n lewe is dit diè een wat ek leef!

Rondom my kop val appels swaar gelaai met ‘n soete rypheid na die grond!

Volronde trosse uit die wingerd vul met hul nektar my mond!

Vanself reik die naartjies en nuuskierige perskes na die greep van my hand…

En in die verbygaan struikel ek oor waatlemoen en spanspek en bekoring!

Maar dan, omring deur magrietjies, gryp die gras my en trek my neer op sy sagte groen lower,

en fluister soos ‘n beminde in my oor: “Dis byna die maand van Oktober!”

Saturday, August 1, 2009

Dis 'n jaar...

Vir julle wat nuut hier is, wel nuwer as die oorspronklike "Weg" en Dana se blog, en langer as 'n jaar terug, vandag, presies 'n jaar terug het ons ons liewe plaasmater Mieks verloor. Mieks, ons mis jou en ons dink veral vandag aan Lolla, sus Estie en almal anders wat 'n plekkie in hulle hart spesiaal vir jou hou. Jou plekkie om die Aga sal ewig leeg wees.

Die eerste plaaskuier by Steak and Ale:
Van links - agter: Zulu, Kiets en Landy
Voor: Robyntjie, Jewls, Koos Kampkoors en Mieks
Hierdie hoofie gaan net vir die dag op wees, more begin ons met Augustus amptelik!