1. Welkom, o stille nag van vrede,
onder die suiderkruis,
Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis.
2. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye vertel die ou verhaal.
Kersfees kom, Kersfees kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.
3. Voel jy ook nou sy warm liefde as ons die dag gedenk,
Toe Hy sy Seun aan ons gegee het – ons grootste Kersgeskenk.
Christus kom, Christus kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.
Refrein:
Kersfees kom, Kersfees kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder
Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.
Monday, December 1, 2008
Monday, November 3, 2008
Thursday, October 2, 2008
Friday, September 12, 2008
Lekker week vir almal!
Monday, September 1, 2008
Monday, August 25, 2008
Monday, August 18, 2008
Heyto, dis koud vanmore en hallo Smousie!
Subscribe to:
Posts (Atom)



