
Liewe Mieks, Ek het gistermiddag vir jou 'n wit roos in my tuin gaan pluk. Toe ek die naweek my rose gesnoei het het hy vir my so mooi daar aan die boom gelyk dat ek hom daar gelos het. Maar gistermiddag het ek hom gaan pluk en langs my bed gaan sit om jou te onthou. Net so het Jesus daai mooiste roos in die tuin gepluk om langs Sy bed te sit. Vaarwel vriendin, sien jou weer, soos jou geliefde Coenie sing.