Monday, June 23, 2008

23 Junie week


Maandagoggend en Mattewis lê lekker knus hier langs die Aga.

81 comments:

Anonymous said...

More almal - en dankie vir die gebede en gedagtes vir Mamma. Die operasie was 'n groot sukses - sy het eers 8 uur die aand uit die teater gekom en het toe terstond 'n angsaanval - narkotiseer roep my herstelkamer toe en vra of sy dalk angstig kan wees - Ja, beslis, spuit haar met 'n kalmeermiddel en 5 minute later is sy reg soos 'n roer. Sy dog sy versmoor, haar longe val plat, sy kry nie asem nie. Sy sê sy het amper gedooi (in haar eie woorde) en is toe erg verantwoordig toe die dok haar vertel dit was net angs, haar longe is 100%. Jammer oor die oranjes Kasie - ons het gekyk.

Anonymous said...

Mattewis, skyf syntoe lat ek ok 'n sitplekkie hier kan kry. Jy raak nou gans te hans. Plaas jy gat loop myse vang wattie hoenervoer innie stoor opvreet, lê jy hier en vet worre. Toe kom, waars ammal. Dis al teetyd. Kietsie, dis goeie nies. Hou ons maar op hoogte.

Anonymous said...

Môre Vlakkies...skuus man,ek was nog in die tuin doenig...ai,die blommetjies is in volle blom,die voeltjies is uitbundig...en Matewis spin vir n' vale...lekker opgekrul...en dit nogal op Vlakkies se stoel...Vlakkies nog net vier dae!!!!....kom... teegoed is reg, en die skons, arbei konfyt, en room is te heerlik..mmmm....Jewlsie wat is fout met Rooiveer...en Kasie,smeer prep aan die rooilyf....tyd dat jy weer Afrika besoek!!!Kiets sooo bly dit gaan goed met magoed...sterkte met die herstel...hoe gaan dit met die kleinkieters...Mieks....Patrysie...Vroulief...kom gesels bietjie ...Die naweek het Willie vir my n' merske "Windchime" gemaak...te pragtig...hang onder ons groot doringboom...gisteraand kom die wind skielik op...ek slaap die slaap van n' dooie...skielik hoor ek die.. ding dong...ding dong...klink soos kerkklokke...kan nie verstaan wat maak so geraas...toe onthou ek...die Windchime...Willie skrik ook wakker...sit regop..."wat maak so"...ek lag histeries...dis jou Ding dong..."wat!!!...jou Ding Dong...toe onthou hy ook eers van die gedoente...mompel so deur die slaap..."vannaand sal ek die ding moet vasmaak...maak alles wat leef en beef wakker....hie hie...en toe het ek natuurlik die giggels....en hy brom net....slaap nou!!!...ai,ai...mooi en opwindende dag en week vir elkeen...en onthou...die GROOT glimlag....xxx

Anonymous said...

More Vlakkies en Rooikappetjie - gaan goed met die kleinkieters. Kleinkatjie het gistermiddag met vriende van ons se 3 maande oue Alsatian babatjies gespeel - sy het gedink hulle is te oulik tot hulle begin opspring het. Ag, het ek nou vir Willie en die ding dong gelag - van wat is dit gemaak? Vlakkies - min dae vir julle. Was so lekker om Vorulief hier te sien. Dis min dae vir Zouga ook - nog 9 slapies en dan gaan hy biekie veld toe. Hy beter biltong bring - daar is 2 mannekies wat verwoed tande sny.

Anonymous said...

Hallo Mattewis en al die ander maters. Ek kom sê net gou dag .... ek verlang te veel na julle :-) maar ai tog ek mag nie die week saam gesels nie :-( dis nou in die laaste pylvak vir my eksamen van Donderdag. So hierdie was my koffiebreek, dit is weer terug boeke toe. Lekker werk julle, ek wens ek was julle!!

Anonymous said...

Mieks!!!mater hou duim vas vir jou...laat die konsentrasie uithou en die breinselle oortyd werk en alles inneem soos n' spons...Go Girl Go...ek sal kort kort vir jou Milo en moerige koffietjies aandra...en laataand n' ploffie gooi sodat jy kan ontspan....Kiets,dis van aluminium pype....so 4cm in deursnee.....die langste een is 1mtr en dan word hul korter en korter...maak die mooiste klanke....sulke diep "ding dong"....Mario...kom Saterdag in die motor pad afgery, loer rond vir skelms...of iets wat beweeg....sien ook die gedoente doer in die tuin,lig skyn so half op dit, en skrik vir hom asvaal...so ons gaan nog heelwat pret hê met die nuwe geraasmaker...selfs Felix het gistermiddag....n' skrik gehad....hie hie hie

Anonymous said...

Hier gaan nou net mooi niks aan vannaand...die kaggel is net n' hopie as....nie eens n' teken van n' kooltjie...Matewis,en Wagter het nog nie kos gekry...Rooiveer...sit verlep op sy stelasie...ja,Matewis hou op miaau...ek gaan nou vir jou kossies gee..net eers die kaggel aan die gang kry,Wagter,kom dat ek jou jassie aantrek,kyk hoe bewe jy...nou ja,Rooiveer...laat ek jou so bietjie vryf,miskien sal dit jou beter laat voel,so ja,nou het almal aandag gekry,die vuurtjie brand gesellig,die ketel kook amper...en ek gaan nou heerlike moerige koffie maak....en bietjie van daardie sjokolade koek sny,mmmm...ja,Wagter jy kan ook n' stukkie kry....genade jy is darem gulsig...amper is my vingers afgebyt...waar's my warmsakkie...agh...heerlik.salig...so opgekrul op die bank...wat wil mens nou meer hê....

Anonymous said...

Nou ja,ek gaan maar inkruip...kom Matewis,Wagter...en al die sluiplesers....leka dux...

Anonymous said...

Is dit nou tyd vir jul winterslaap? - Kiets ek is bly dit gaan goed met jou ma. - Rooikop nee, g'n prep nie, net een ding wat werk, samboksalf, ek sweer by daai goed en koop altyd 'n nuwe supply as ek in Petoorsdorp is. Die laaste keer toe koop ek 25 blikkies, gee die tannie by die chemist my so'n kyk, seker gedink die ou is mal. Dalk is sy nog reg ook. - Mieks, sterkte met die studies, eks seker jy gaan wen! - Jeweeltjie, sê groete vir ou Rooiveer, vir een of anner rede laaik ek hom nogal. - Ek het dit tog weer so geniet vanaand, op TV was die geskiedenis van ABBA, aangebied deur die ABBA mense self, soos hulle nou is. Frida het nog altyd daai stoute bekkie, maar sy het nou kort blonde hare. Agneta bly maar mooi en Benny en Bjorn bly maar lelik. Die musiek is tydloos en toe dink ek aan die jare toe hulle tops was en ek in Sunnyside gebly het, in my bachelor days. Sou 'n boek moet skryf oor daai jare, maar sal seker geban word.

Anonymous said...

Kom-kom, die koffie worre koud. Rooikappie, volgene keer as jy die diere so bederf, ondou die ene. Jammer dis in Ingels.
Ten Peeves that Dogs Have About Humans
1. Blaming your farts on me... not funny... not funny at all !!!
2. Yelling at me for barking.. I'M A FRIGGIN' DOG, YOU IDIOT!
3. Taking me for a walk, then not letting me check stuff out. Exactly whose walk is this anyway?
4. Any trick that involves balancing food on my nose... stop it!
5. Any haircut that involves bows or ribbons. Now you know why we chew your stuff up when you're not home.
6. The sleight of hand, fake fetch throw. You fooled a dog! Whoooo Hoooooooo what a proud moment for the top of the food chain.
7. Taking me to the vet for "the big snip", then acting surprised when I freak out every time we go back!
8. Getting upset when I sniff the crotches of your guests. Sorry, but I haven't quite mastered that handshake thing yet.
9. Dog sweaters. Hello ???, Haven't you noticed the fur?
10. How you act disgusted when I lick myself. Look, we both know the truth, you're just jealous.


Now lay off me on some of these thing's, We both know who's boss here!!! You don't see me picking up your poop do you ???

Anonymous said...

Ok,Kasie...sal volgende keer Sambok salf probeer....☺☺☺ 25 blikkies....sjoe,ek sou ook gewonder het...wens ek weet wat het in haar kop gemaal...Vlakkies,dis sooo oulik...en ook so waar...ai,ons wil altyd die dierasies soos n' mens of kind behandel...en ek dink as hulle kon praat sou hulle ons vertel het waar David die wortels begrawe het...sien juis die naweek n' man met n' Toypom loop,arme ding hang so in sy arms...lyk hoogs verveeld....sou seker eerder by die huis in die son wou lê....Nou ja,dis vandag n'heerlike helder sonskyn blou hemel dag...mag die liefde en omgee deur elkeen spoel...en jul binneste warm maak...xxx

Anonymous said...

Kaasman en Rooikappie, laas toe ek by die hys was lyster ek na die kryevrou wat altyd oppie draadloos praat oorie boererate ennie krye en goeters. Sy bedye toe lattie beste raat virrie winterskirfte Samboksalf gemeng mit speensalf is. Maar nou kan ekkie meer ondou huffel vannie een en huffel vannie annerie. Ek het altyd gewonner oorie ouens wat daai salf maak ennie eers sambok reg kan spelle nie. Maar lat dit goeie salf is vir alles en nog wat is nou een ding wat so seker is soos lattie sydewind droogte bring.

Anonymous said...

Hallo Mattewisie en Rooikoppie en Vlaktekind en Kasie. Sjoe my kop is nou lekker seer van al die ure se leer. Dink ek moet sommer bietjie Samboksalf aan die seer spiere smeer, en hier so langs die slape.... want dalk ontspan ek dan bietjie beter. Ek gebruik nooit lip-ice nie, ek het so fensie sakkie met 'n kwassie en 'n klein blikkie samboksalf daarin. Ek gaan nêrens sonder dit. Werk wonderlik @ die Vrystaat se somerson en kouewinter. Rooikoppie wat eet ons vanaand? Waarmee moet ek help? Of gee jy my nog bietjie af dat ek verder kan leer? Okey dan is dit 'n "deal" ek sal van Donderdagaand weer my kant bring.... ek bedoel met die kosmaak ;-)

Anonymous said...

Daar is niks verkeerd met Rooiveer nie, al sê ek hy's nie lekker nie!!!! Ek meen nou, hoe verklaar jy dat Rooiveer om middernag, met volmaan en die oggendster al knikkend vir my wakker kraai? Ek spring op, sit ligte aan, plaas Juanita en Theuns op die 'draaitafel, dans kamma-kastig oor dit oggend is en ek vrolik moet wees en toe ek voor my slimmasjien inskuif, toe is dit middernag!!! Dis hoekom Rooiveer nie lekker is nie, Robyn!!! Nes jou 'charmes' of issit 'chimes'? Maak nie saak nie - altwee ewe pragtig vir my!!!! Sal Willie my kom help om 'n 'trap' te stel vir my Liefling Boernaal wat altyd dink dat die grassies groener is? So 'n elektriese draadjie wat die waagmoed uit hom uit skok en hy eintlik net onder my kamervenster wil lê en luister hoe ek droom??? Kaasie, ABBA is my gunsteling 80's musiek. Ook Smokey!! Vlakkies, giggel!!!! Ek het al baie gewonder wat my diere van my dink. Anderdag-oggend skop Spikkels toe 'n kabaal op in die hoenderhok omdat ek Rooiveer soveel voortrek, maar die hennetjie is te stupid om te besef dat ek Rooiveer vry oor dit my laat goed voel oor hy so by my flikflooi vir aandag!! En kos!!!! Spikkels doen sulke 'fake' aanvalle op my, skrop vreeslik rond en bestorm my, maar as sy my skoen gepik het, vlug sy nes toe!!! Ek giggel lekker!! Hoenders is nes katte... en mense...

Lief julle almal!! Is dit nog 2 slapies?

Anonymous said...

O_o vandag is ek eerste by die koffiekan :P

Anonymous said...

Môre Miekie. Jy mag maar wees. Aaa. Lekker koffie.

Bospatrys said...

Spikkels... hmmmm, ek voel geeërd, iewers is 'n hoender na my vernoem... ;-)

Anonymous said...

Hallo Almal en die sluiplesers, Dit gaan goed hier, en Jewlsie, dit is nog net 2 slapies!! Jy moet weet ek is so jammer vir Vlaktekind, hy kom winter toe!! Hy weet mos eintlik nie meer van winter nie. Die hospitaal se klimaat is heerlik matig, en ek was vanoggend heeltemal te warm aangetrek vir daai klimaat, maar mens kom gou af aarde toe wanneer jy in jou eie huis in stap en daar is nie binne verhitting anders as die son nie...
Vanaand bring ek die sjerrie stoep toe, maar ek wag ook nog steeds vir die laaste uitslag. Ek wil dit al vier, maar mens kan mos nie die kar voor die perde inspan nie

Rustige dag almal

Anonymous said...

Micky, net vasbyt, dis amper klaar dan kan jy ook bietjie rus.. Ek sukkel nog om uitgerus te kom na die vreeslike energieverbruik van die eksamen. Maar as dit klaar is, is dit soooo 'n heerlike gevoel van triomf! Op ons 'derdom doen ons dit mos anders as die kinders. Sterkte, dit is mos more nê? Dink aan jou en sal beslis ook bidde vir daai helder verstand wanneer jy skryf!

Anonymous said...

Jewls...ek giggel nou so lekker...jy en Rooiveer wat met mekaar flikvlooi...en Spikkels wat jaloers is...miskien is dit Rooiveer se manier om jou te "Serenade"die vroee kraaiery...nou's ek heeltemal verspot...hie hie dis maar net gedagtes wat by my opkom...Mieks,sterkte mater...hou styf duim vas vir jou....en dan gaan ek vir jou n' sterk ploffie ingooi..net om jou te laat ontspan na die harde leer....Vlakkies...jy moet maar jou twee laaste warm dae geniet....maar ek moet sê,deur die dag is dit darem nie te onaardig...dis eintlik net die vroee oggende en aande...maak julle kan mos laat lê in die oggende....en in die aand...wel,dan gooi jy net ekstra kombersies op....Vroulief...hou ook vir jou duim vas vir die uitslae...Mieks,vannaand eet ons heerlike kook kossies....regte boere kos...en souskluitjies....mmmm....Kasie...jy glimlag verniet so....jy beter kom help....daardie pampoen gaan nie vanself geskil kom...Groenie...jy is mos veronderstel om terug te wees....jou beurt vir ploffie gooi...Uncle Mac..waar is jy....lanklaas van jou gehoor of is jy weer in die bos met Brutus.....

Anonymous said...

Hallo maters! Ou Mieks - vasbyt (soos innie ou dae) - min dae hoor. Ok vir Vlakkies en Vroulief. Uiteindelik die laptoppie weer aan die werk hierso, so ons kan weer gesels. Maar nou eers toedels tot later. Gaan goed met mamma se oog.

Anonymous said...

Nee skies Robyntjie, eks vandag nie lus vir boerekos nie. Ek gaan maak vir myselwers 'n heerlike Engelse ete. The Pommy Special!

Anonymous said...

Julle is so goed vir my. Dankie vir julle aanmoediging en ondersteuning. Jitte Vroulief jy verstaan so goed dat ek swaar gekry het met die leer op my ouderdom!

Ek het vanmiddag 16h00 die boekies toegemaak. Ek weet ek het goed voorberei en kan nie wag vir môre nie. Ek is eintlik so opgewonde soos 'n klein dogtertjie ;-)

groeni said...

bring jul glase, nee man, rooies, n mrse een, ni daai verskoning ni.. hel, ma dis koud hie. land vanoggend vroeg hie aan met kortbroek en themp... jewls, vi wat tel jy slapies? wie, wat en waar is matewis,of was dit nou meraai... oeeeee, dit was lekker.. laai als vr aand, vang 'n slapie, laai snoete in en ry na skonie toe. vra snoete, wie ry watter kar? die verbasing en verblyding op daai gesiggies toe die besef kom da ons sa ry, is ongelooflik! sal netnou fodies begin aflaai en kyk,... dink net, hul swem inni rivier tewyl julle vrek vanni koue

Anonymous said...

Welkom trug Drakie. Vertel, vertel. Dis eintlik my slapies wat Jeweeltjie so tel. Nog net twee. Rooikappie, dis eintlik net nog een warm dag. Vlie môre agtermarrag hiervena, slaap môre aand in Addis en dissie heeltemal so warm daarie en da weer vroemôre daarvena hystoe. Miekie, ek hou môre al my dyme en tone vir jou vas so tussenie vlieëry deer.

groeni said...

kyk, di osse vanni trek is vinniger en sterker as skonie se trok, of, eks net bederf met bloues en die bedford... ahhh, hi dog ek jewls mis my! :) rivier issi te hoogi, so, da's nog geen sandsakke ni. heerlike sterre aande en snt warm water.. di natalse skole het noggi gesluit ni, so di baaaie stil, en wonderlik heerlik. snoete het gaan 'rapids ry' - op hul, rustige manier, boude af, draai om en sandbank toe..ysige water, trug, warm swembad toe.. da sit hul da tot net voor donker, ko kry slaapklere en ga bad weer...

Anonymous said...

GROENIE!!! Is Japsnoet se hare Afrika-gevleg? Welkom terug, maaitjie!!! Nog net een slapie vir Vroulief en Vlakkies... Joe, dit maak my soooo opgewonde voel!! Mieks, ek het ook Saterdag 'n OSCE om my algemene kennis te toets van goetertjies wat ek al jare gelede vergeet het. My gevoel is dat hulle my naam gat maak, maar in die ontwikkelende nuwe mediese wetenskappe wat mense van die straat af mag skrop vir operasies vs. ekke wat 7 jaar daarvoor geswot het, hou ek liewer my mond en help so min as moontlik tot die verreiking van sekondêre vaardighede!!! Mens voel half verneder dat soveel foute begaan word en dat die mense wat weet hoe om die 'job' te doen, getoets moet word... Plaas hulle die onkundiges mooi leer... Nogtans, Mieks, baie sterkte vir jou eksamen môre!!! Ek bid vir jou vir wysheid, insig en kalmte. Dit sal goed gaan met jou!!!! Spikkels, ek mis jou!! Dit was mos Smousie se naam vir jou!! Oulik!!! Hoe gaan dit met jou en daai Sweatheart van jou? As julle sonneblomme soek om vir mekaar te gee, ek het 'n hele erf vol daarvan!!!! Lekker slaap, Pêllies! Liefkind en haar Pappa slaap vanaand bymekaar, neusie-aan-neusie. Knus. Ek het die mooiste foto's van hulle twee geneem!! Oor 'n paar dae vertrek Loverboy Kaap toe en dan gaan ons hom min sien. Ek weet dat dit die einde is van mooigoed in ons lewens, maar dat mens soms nie 'n keuse het nie! Jitte!! Maak jouself sterk en glo in môre!! Preek ek nou lekker vir myself!!!!!

Nog net een slapie!!!!!!!!!!!

Anonymous said...

Ja en so huil ek saam met jou Jewls. Ons plaas mos maar ons kinders se geluk altyd eerste veral wat hul Pa's aanbetref. Ons s'n kan mos maar wag.... jimmel weet hoe lank???? Elk geval dankie vir jou mooi wense. Jy is so reg, die eksamens maak my krapperig, maar dit is juis om te verhoed dat elke Jan Rap en sy Maat wat 'n pakket geneem het my van my kundigheid van 22 jaar kom ontneem. Die dat ek so opgewonde is om tot vanaand te kon kom, van hier glimlag ek breëbors.

Ag en nou luister ek bietjie vir Laurika : Die storie van my hart ~ die leuse van my siel....

Rooikoppie dankie vir jou bederf vanaand met die souskluitjies. Het jy die Proteas op die tafel gesien? En die lekker ruik kerse in my silwer antieke kandelaar? Ek is so geseënd met al die lekker goed en goeie vriende soos julle! Dankie!!

Groenie welkom tuis! Vlaktekind bon voyage!

Anonymous said...

My menskombersie is effe broos vanaand maar ek gaan nou sterk staan tot na môre 12H00. Sal julle later vertel van Lolla en die rooftog, en van my liefling sussie wat Tanzanie toe trek. Nou vir 'n skuimbad en die saligheid van 'n lekker warmbed zzZzzzZZZzzzzzz lekker lalla julle.

Anonymous said...

Mieks, baie sterkte môre en Vlakkies, goeie reis en welkom tuis. Groenie, dis nie meer lank koud nie, die somer is op pad.

groeni said...

jong kasie, dit is al oor en oor bewys, dat op 'lente-dag' reen dit en dan in oct het ons 'n mrse koue tyd ok... so, ek sal ma my warmgoed naby hou..kan ongelukkig ni onner keberse sit en werk ni, so my vingers kry blddie koud wa ek nou sit.

groeni said...

o ja, ek het paar kiekies op fb gelaai.

Anonymous said...

Nog net een slapie!!! Toe waar's ammal nou weer vemôre. Die koffie word koud!

Anonymous said...

More more almal! Vlakkies - veiling reis. Mieks, sterkte vrou! Onse ouma van PE af het gisteraand aangekom vir so kort kuiertjie - lekker! Vanaand eet ons ouma se kos.

Anonymous said...

More more almal! Vlakkies - veiling reis. Mieks, sterkte vrou! Onse ouma van PE af het gisteraand aangekom vir so kort kuiertjie - lekker! Vanaand eet ons ouma se kos.

Anonymous said...

...en vanmiddag eet ek braaivleis!!! Nog goeie nuus is dat my karslotte uiteindelik van Duitsland af gearriveer het en dat ek weer Vrydagmiddag kan 'cruise' met daai nice kar van my! Ek moes vier maande wag daarvoor!! Jippieee!!

Vlakkies, jy ken al my prekie? ;-)) Geniet elke oomblik en gee Vroulief 'n ekstra drukkie van my af!!

Veertjie het 'n ander siening oor Spikkels se gedrag, Robyn. Na ek haar nou mooi verduidelik het dat Spikkels haar vlerk so uitstoot, lyfie skuins draai, mikbewegings met die koppie maak, sê Veertjie dat sy oortuig is Spikkels sleep vlerk by my!!! O, my goeiste!!!! Hie-hie. Wat maak julle almal op hierdie pragtige dag?

Anonymous said...

Ekke werk hard en mis ons eie klein Spikkels hierso. Stuur bietjie braaivleis oor jong! Ek het ok gou na Groenie-le se fotos op Bakkiesboek gaan kyk - lyk hemels by Sjoe Sjoe

Anonymous said...

Ai toggies... ek't nou VYFTIEN mense gebel om te hoor of hulle nie GROOT seblief die 6de Julie in my plek sal orrel speel nie, want die Kaap is bleddie ver van my kerk af, ek sal nie vir die Sondag kan deurry om te speel nie... een omie het baie onwillig ja gesê... ek's sommer moedeloos gesukkel. My sus se skoonma is 'n Gr.0-1 juffrou, vertel sy nou die dag het hulle saalopening, en na die tyd sien sy 'n fris klein graad 1 seuntjie 'n klein ou graad 1 meisietjie uit die saal dra in sy armpies... stap nader en vra "En nou seun, as jy haar dra?" Antwoord die seuntjie ewe plegtig: "Ag Juffrou, haar ou beentjies is sooooo seer..." Klein ougat, dra die dogtertjie wat 'n seer enkel het... ;-)

Anonymous said...

Katjie, ek dink Groenie is aspris. Sy weet ek het nie meer Facebook nie, maar dan spog se alte lekker daar!! Dit IS 'n belewenis daai!! Ek wonder ook hoekom Spikkels so stil geword het - miskien hou sy nie meer van ons nie, né? Nes Smousie en Ondier en Zulu en Makou!! ;-)) Lekker werk, Katjie!! Ek gaan nou in my warm swembad sit en gesellig wees met my gesin! Té lekker!!! Saterdag kan julle weer vir my lag wanneer ek moet werk, ok? ;-))

Anonymous said...

Mooi kiekies Drakie. Wens ek kon dit eenkeer beleef. Jeweeltjie, die Smous is baaaie besig. Hy soek 'n skaars boek vir my en ek sien innie Burger die snoeke loop innie mooiste Kaap. Dis die lat hy nie tyd het om oppie plaas yt te kommie. Hoopie hy het my boek aanie pikkewyne in Antarktika geverkoop toe hy laas daar wassie. Da sal hy so tussenie snoekvangery deer nog syntoe ok moet roei in daai hellergeel rubberroeiskyt van hom. Die Bokkies vertrek Saderag Riemvasmaak toe virre ytreik. Nee, Kaasman, dissie die rugbybokkiesie. Dis oud-plaasbewoners.

Anonymous said...

PATRYSIE!!!! Dis nou lekker om jou weer te sien!!! Dit moes 'n kostelike prentjie gewees het om te aanskou - ek dink Gentleman het ook so die meisietjies rondgedra in sy arms want kyk net hoe mooi kyk hy na jou!! Wanneer laas was jy by 'n opvoering? Of sukkel jy ook bietjie met die winteraande?

Anonymous said...

Giggel ek nou vir jou woorde, Vlakkies!! Watse boek soek jy by Smousie?

Anonymous said...

Amper dag ek jy kyk my sommer mis!! Ek sou die seunskind opgevreet het so dierbaar is dit... Ek's elke Sondag by my eie uitvoerings... ;-) Die 6de Junie laas, in die Barnyard Teater, het ons Walking in Memphis gekyk... Groenie, dit lyk soos hemel op aarde vir my!!

Anonymous said...

Ons eie Bergbok en Wildsbokkie, na Riemvasmaak? Lekker lekker lekker lekker!!

Anonymous said...

Nou ja,hier is ek ook uiteindelik...Mieks n' groot duimvashou vir jou...STERKTE mater...jy skryf seker op die oomblik...as jy daardie warm gevoel kry...weet dis ek wat n' gebedjie vir jou opstuur...Vlakkies...veilige rit...en salige dae saam met Vroulief...geniet elke oomblik...maak die mooiste daarvan...bederf mekaar....Kiets...bly magoed sterk mooi aan...en dankie tog jy is weer aanlyn...het jou vermis...Kasie...jy moet voedsame groente inkry!!!!...nou trek jy jou neus op...en ek het soveel moeite gedoen....kerse, blomme...ploffies....Jewlsie...geniet jou dag...rus en bederf jouself....jy verdien dit!!!...pluk n' sonstraaltjie vir my part...hou hom vas en laat die warmte deur jou vloei...Groensie...kyk daardie fodies op bakkiesboek het my skoon kriewels gegee....ek wil nou net gaan kamp...dis pragtig en n'ware kinder paradys...geen wonder julle kuier so lekker daar...bly jy is veilig terug....mooi dag vir elkeen....onthou die GLIMLAG....mis ek nou vir Makou...ai,kon altyd so lekker giggel vir sy manewales....

Anonymous said...

Patrysie...Spikkeltjie...heerlik om jou weer op die stoep te hê...kom ons drink sommer lekker romerige moerige koffietjies...en kyk net die mooi bos Sonneblomme...

Anonymous said...

Jeweeltjie, Die Laaste van sy Stam uit 1939. Nou gaan ekkie slimmasien afsit, marragete eet en da' vliegveld toe.

Anonymous said...

Mieks...hoe het dit gegaan...en jipeeee jy is klaar!!!...nou kan jy n' sterk ploffie wegslaan....Jewlsie...klim nou uit daardie warmbad van jou...jy lyk al soos n' rosyntjie....ek gaan nou jolllll....heerlike musiek van CCR luister vannaand....Dozi doen tribute....en ek kan nie wag...dis my gunsteling.....geniet jul aand...wees snoesig en lief vir mekaar...xxxx

Anonymous said...

vandag oor 'n week, presies nog net sewe slapies, is ek nou oor min of meer ongeveer 144 ure iewers in die Karoo op die pad Kaap toe... JIPEEEE!!!!!

Anonymous said...

Jippie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Sjoe dit was 'n behaaaglike gevoel toe ek vandag klaar geskryf het. Julle dit was die lekkerste vraestel ooit in my lewe en die adrenalien is nou so hoog ek is lus en skryf sommer September volgende jaar se vak ook klaar!!!!!

:-) Dankie vir julle baie gebede en ondersteuning. Dit is lekker om soveel maats te hê wat omgee.

Ek het die wonderlikste baas. Toe ek klaar geskryf het, sê sy vir my "Tatta Mieks, sien jou môre" Heeeeeeeerlik maters, heerlik was hierdie middag vir my.

Ek het my toe maar by die restauraant reglangs my kantoor gaan oorgee aan 'n lieflike sagte rooi wyntjie, 'n knoffel pizza en goeie geselskap!

En nou issit vir my ook nog net 'n paar slapies dan gaan ek ook bietjie die pad vat en saam met my liefde kuier ♥♥♥♥

Anonymous said...

Dis darem lekker om vriende te hê! En viende wat jou ken en verstaan, en vriende wat kontakte het vir vakansie plekkies..... Ek het 'n vriendin wat sopas vir my 'n "naweek wegbreek" gegee het omdat ek so hard studeer het. Dankie Robyntjie ek waardeer jou bederf BAIE ;-)!Ek sê altyd dit is nie wie jy is nie.... dis wie jy ken!

Anonymous said...

Mieks baie geluk, en geniet die wegbreek en die rus. - Robyntjie, ek kannie nou gesond eet nie, eks besig om my fridge leeg te eet, het g'n keus nie, die ding moet skoongemaak word.

Anonymous said...

Ha-haaaaaa!!! Kaasie, ons is in dieselfde bootjie! Toe Loverboy ons nessie verlaat het, het ek nooit weer die vrieskas in die motorhuis oopgemaak nie. Nou, amper 3 jaar later kon ek nie eers die deur oopkry nie, so vasgevries is alles. Toevallig het my Handige man op my afgekom die dag toe ek die vrieskas probeer ontvries het en hy 'n 'Latco-valve' vir die huis se warmwatertoestel wou installeer. My vingers het al gebloei van die krap mettie lepel, maar met sy handige 'tools' het hy korte mette gemaak met die ys en sederdien kook ek brousels vir die honde wat stompstertswaai-gelukkig daaroor is!! MOOI MIEKS!!!! (My braaivleis was 'n ramp want die weber se wiel het afgebreek toe Loverboy die ding onder die boom wou wegsleep na die oopte toe en toe oorreageer hy, brand sy hande, alles tult en en en en... )

Vandag oor 'n maand, presies nog net 31 slapies, is ek nou oor min of meer ongeveer baie ure nêrens heen oppad nie, maar ek is bly vir jou Klitsgrassie!!! JIPEEEE!!!!! Lentedag het ek egter 'n baie besonderse plan... Mmmmmm!!

Anonymous said...

...en dit is nie wie jy ken nie! Dit is wie jy is!!!!! Dis jou keuse of jy sal toelaat dat ryk mense se grappies snaaks is of nie... In hierdie geval het dit niks met rykdom of elite te doene nie! Robyn'tjie, dankie dat jy mooi werk met Miekie en dat sy 'n rusplekkie gekry het na soveel harde werk!! Ag, jy's dierbaar!! Kaasie, wat is 'n Pommy Special?

Anonymous said...

Fish & Chips

Anonymous said...

Luister net voor Robyntjie nou my gatjie vir my rooi piets en my bekkie vol peper gooi.... Die "wegbreek" was haar liefdevolle persentjie op bakkiesboek maar regtig egtig met die mooiste boodskappie by. Jou DIERBARE ROOIKOP! ;-) Jy is maar net geseën met 'n liefdevolle hart.

Eina Jeweel daai klein handjies so seermaak met harde stukke ys? Nee jitte ek plaas 'n waaiertjie daarvoor en 'n bak warm water daarin en sie daar... maar ja drie jaar se Y'se is darem 'n ander saak.

Kasie, Vis en chips klink vir my njammies.... dink ek en Lolla moet bietjie 'n draaitjie loop en Panvis gaan eet by Ocean Basket. Met BAIE knoffel...

Anonymous said...

Jippie, vandag is Vrydag! Welkom tuis Vlaktekind. Jy moet vreeslik lekker kuier saam Vroulief. Julle verdien elke oomblik se saamwees. Ek haal regtig my hoed vir julle af. Vroulief dit is rerig soos jy gesê het.... die energievlakke is nou so hoog ek kom ook nie tot ruste nie. Nou vir my warm bed en 'n lekker ietsie om te lees. Nag almal in droomland zzzzZZzzzzZzZzZzzzzzz

Anonymous said...

Gits maar die Mieks was sommer vol lewe :-) gisteraand - bly dit het so goed gegaan vriendin. Vlakkies en Vorulief- geniet baie! Jeweeltjie, jammer oor die braaivleisie. Ekke en Zouga sal jou maar moet oornooi. Maar nou eers kuier met die skoonouers en sy jagtog voor. Wel almal, lekker dag. Vreugde en vrede, lig en liefde vir almal.

Anonymous said...

Nee kyk, na die lekker gesels gisteraand - WAAR IS ALMAL? Vlakkies, jy en Vroulief is verskoon - ek verstaan, maar Wagter en Mattewis se geselskap raak nou bietjie vaal.

Anonymous said...

vandag is ek net 'n spikkeltjie op die aardbol...

Anonymous said...

Woerts...Warts...tolbos... tolbos tol en tol..om en om....stofwolke swiep die lug in...Kardoef...terug op moeder aarde...Dis hoe my dag was....mal maller malste...maar my hart is warm...dit borrel in my binneste...want julle is my maters...en ek voel so geseend....xxxxx

Anonymous said...

wooohoooo!!! ek gaan nou tjaila!!! lekker naweek maters, wees veilig!! ♥♥♥

Anonymous said...

Dankie tog Robyntjie issie vies vir my nie :-)

groeni said...

lo da almal... ek en di olifante kuier nou hond uit bos uit... en alli anner diere wat ok wil... giggel nou, dink aan mac se luiperd en haas storie.. ok, 6 dae se werk in 3 dae ingepas, amper, nog so bietjie werk vanaand... pak lief se klere vir sy oori see werk vlge week en more aand pak ek vir my trippies...geluk aan almal wat toetse geskryf het, sterkte aan di wat moet en whe pe... ek hoefi... vir 2e jaar in ry, vanlat ek eerste keer skool toe gegat het..salig hemel op aarde..

Anonymous said...

VRYSTAAAAAAAT!!!!!!!!!!!!

Anonymous said...

PROOOOOOOVINNCEEEE!!!!!!!! Vlakkies, was Willempie de Waal dan nie laas jaar nog 'n Kolkatjie nie? ;-)) Sjoe, dit was nou rugby op sy beste!!! Die WiePie het verdien om te wen!!! Jammer vir julle BB's. Dis nie lekker om te verloor nie - dalk 'n volgende keer!! xxxxx

Anonymous said...

Naandsê almal - waai net gou in. Kuier lekker met die skoonmense hier om die potjiekos vuurtjie. So vanaand op die spyskaart is Zouga se lamspotjie met baie groente - zuccini, eiervrug, bone, wortels, mushrooms en nog meer.

Anonymous said...

PROOOOOOVVVIIIINNNNCEEEEE!!!! Ja Jeweeltjie en Chris Roussouw was annerag wanner nog WP. Geluk Miekie. Koue plek die. Vandag was lekker. Oppie skietbaan gewees en het alleranne soorte van skietgoed, oud en minner oud gesien. En 'n MP40 geskiet. Dis soos om 68 jaar innie geskiedenis trug te gaan en da' mitte niewe skietding te skiet. As julle wil weet wat dit is, kan julle hier gat loop kyk: http://en.wikipedia.org/wiki/MP40

Anonymous said...

Hallo al die WiePie's en Vrystatertjies. Geluk nê. Ag Vlakkies dis soos jy sê, die WiePIE sou dit nie sonder WillemPIE gemaak het nie, en so sou die Vrystaat dit ok nie sonner RossouwTJIE gemaak het nie ;-)... haai dis heel toeval dat jy oor die MP40 praat vanaand! Swaer het vanaand vir my sy Martini Henry uitgehaal wat hy van sy Oupa ge-erf het. So ek en Lolla was ook amper op 'n skietbaan saam met swaertjie. Dis bibberkoud hier en my warmkombers het laasnag sy laaste asem uitgeblaas.... Phew :-( !!!

Anonymous said...

Ek wil nou nie 'n gevegGIE op tou sittie. Maar WillemPIE is deel vannie WP span. En assie WP span nie gebied oorheers hettie en nie die Bulle onner druk gesit het om strafskoppe at te staan nie, het WillemPIE nie die geleenthede gehad om pale toe te skoppie. 'n Skopper kan net 'n wedstryd wen as sy span dit vir hom moontlik maak. En as WillemPIE nie daar wassie, was daar 'n anner skopperTJIE ommie skoppe oor te sit wat deerie span moontlik gemaak is.

Anonymous said...

Vlakkies jy het gepraat & mooi beduie en nou is my mond gesnoer :-| Tjoepstil sê ek vir jou!

Anonymous said...

Ek sallie weer met Vlakkies se span sukkel nie, Punt ;-) .

groeni said...

whoopy! my werkies is kla, dit more oggend vroeg ga aflaai by kollega en dans ek oppi airie..weti of da wireless by hotel wa ek ga bly ni. so jul moet soet wees, onthou die koeie te melk.. rooies, ga jy ma di ploffies gooi? ek sie di kaap is fn koud! pak my mosterdgeel tassie - klein genoeg om as handbagasie te ga, en toe pas my skoene ni! moes toe ma grooooooot tas nadersleep, nou's hy net halfpad vol, wi wil inklim en saam rits?

Anonymous said...

Vlakkies, jy het seker geweet ek gaan vra wat 'n MP40 is, né? Dit het my weer laat onthou van die keer toe Loverboy gaan jag het...

Die Maandag kon hy nie wag om vir almal te vertel van sy koedoe nie! Een bok, een skoot!! Die eerste dokter wat hy raakloop, vertel hy: "Ek is soooo opgewonde want ek het gister 'n koedoe platgetrek!!" Die dokter sê: "Mens jag nie op 'n Sondag nie..." Vir die volgende dokter vertel hy dat hy Saterdag gaan jag het en toe skiet hy 'n koedoe, dooierus, van die bakkie af! Die dokter sê dis nie jag nie!! Soos die dag vorder, vertel hy opnuut weer sy storie aan 'n ander dokter: "Ek het Saterdag gaan jag, ons het met 'n bakkie gery en skielik sien ons 'n troppie koedoe's in die verte. Toe klim ek van die bakkie af, stap sowat 20 treë, mik en skiet my eerste koedoe!!" Die dokter sê die koedoe's het nie 'n kans gestaan nie en dat dit nie is hoe mens regtig jag nie. Uiteindelik het Loverboy die perfekte jagtog gehad: "Ek het Saterdagoggend donker opgestaan en die pad gevat. Na omtrent 5 ure, het ek 'n koedoebul raakgesien onder 'n boom. Ek het die windrigting getoets en geweet hy kan my nie ruik nie. Toe leopard-crawl ek nader tot hy omtrent so 200 treë van my af is. Niksvermoedend het hy daar gestaan, toe loer ek deur die teleskoop, kry hom in die visier en skiet 'n kolskoot direk innie hart!!" Sjoe!! Dat mens nou so moet jok om aan ander mense se verwagtinge te voldoen!! ;-)) Ek wonder hoeveel mense daar is wat kan spog met 'n rekord van twee bokke, twee skote??!! Ai, nou't ek lus vir 'n stukkie wildsbiltong!!!

Anonymous said...

Katjie, jy moet lekker kuier saam met die skonies en vir Zouga sê hy moet sy jagtog geniet!!!! Robyn, het jou kop al ophou spin sedert Vrydag? Wat het jy die naweek beleef? Miekie, jy wou nog iets omtrent jou sussie vertel het? Kaasie, hoe gaan dit met Oranje en Bernice en met jou? Ek sal maar eerder nie vir Vroulief vra hoe dit gaan nie!!! ;-)))

Anonymous said...

Vlakkies, ek het nou gaan lees oor daai Duitse geweer van jou. Die meganiese mansgoeters verstaan ek nie eintlik nie en het net so vinnig met my ogies daaroor gestreel, maar toe ek daai duitse 'swastika' teken sien, toe onthou ek van my Oupa wat in die 2de wêreldoorlog geveg het en tot die dag van sy dood geweier het om sy duitse skoonseun te erken of te ontmoet!!!! Regte korrelkop gewees, maar ek dink nou vanaand: Ek moet seker nie oordeel as ek nie een dag in sy skoene gestaan het nie, né? Met die oorlog wat ten einde geloop het, het die troepe twee moontlikhede gehad om terug te kom in SA. Hulle kon op die aerie klim of die skip vat wat net een keer 'n jaar daar in Egipte aangedoen het. Meeste troepe was mal van verlange en het tougestaan vir die aerie, maar daai aeries kon nooit genoeg hoogte kry om oor die 'berg' te kom nie en meeste van daai vlugte het neergestort of in die berge vasgevlieg omdat die kamp blykbaar in 'n laagte geleë was. Dit het my Oupa drie jaar geneem voor hy Egipte koebaai gesê het want hy het geduldig vir die boot gewag... Intussen was my Pa, toe slegs 14 jaar oud, die baas vannie plaas - g'n wonder hy is vandag so suksesvol nie!!! Ag, kry ek nou skoon heimweë oor goeters wat eintlik vir my generasie gladnie hoef saak te maak nie!!! Tog kan ek nie vergeet hoe my Pa sy mooi stories in my skoot geplaas het sodat ek mooi met sy omgee moes werk nie...

Nog 'n harde week lê voor vir ons almal. Maaitjies, wees die béste mens wat jy kan wees!!! Toedels, lekker slaap, werk, kuier, of speel!! ;-)) xxxxx

Anonymous said...

Die naweek is op sy rug en die koue is in ons blaaie, ons voete en ons vingers... die dat daar so min briefies is? Jeweel ek het met deernis jou blog gelees. Sjoe, jou Pa moet baie stories in sy sak hê.

My sussie? Ja ek glo daaraan dat sirkels voltooi word. Al neem dit ook jarre en jarre!!! amper soos 6 of 7 jaar?!! ... maar die keer dalk word 'n sprokie nou waar vir ons en vir haar.

Ek het vanaand gaan loer op die internet.... sy is oppad Iringa toe. Vir haar wens ek net die beste want sy verdien dit.

Anonymous said...

Maters...ek is nog hier....het net dol gegaan Vrydag...en my internet by die huis wil nie!!!...ok,klaar gekerm...Kiets,hoop daar het vir my ook van daardie potjie oorgebly...mmmm ek is nou sooo lus vir n' stukkie oorskiet....Mieks...ek sien juis gisteraand julle aand temperatuur is -6...genade mater...dink aan julle...hier is dit koel maar nie regtig koud...Vlakkies...hoop jy geniet nog jou kuiertjie...en Vroulief...bederf maar lekker!!!...Jewlsie.....heerlik om jou vertellinge te lees...vat my so terug in die jare toe my ouma nog by ons aan huis gebly het,toe ek nog so opgeskote was...sy kon die heerlikste oorlog stories vertel...van die kakies wat die mielielande afgebrand het,al die kos in die huis gevat of op die grond uitgegooi het,die vroue en kinders rondgepluk en sleg behandel...my ouma hulle het as die kakies oor die bult verdwyn,na die lande gegaan om te red wat daar te redde was...die half gebrande mieliestronke opgetel die pitte afgemaak, en dit dan gemaal vir meel.....die meubels wat kosbaar was, het hulle op die plaas in slote en gate gaan wegsteek,om dit te beskerm en te bewaar,anders word dit deur die kakies verbrand .....dankie vir die onthou.....en ja,my arme BB's....my stert hang...maar geluk aan die Kolkatte en die Weepee...julle het tops gespeel....nou ja,laat ek verder skoffel...dis maandeinde!!!....mag dit n' wonderlike positiewe week wees vir elkeen...en mag ons n' verskil maak in iemand se lewe...xxx

Anonymous said...

Good day, i just enrolled on a mailing list on some internet website marketing weblog now I actually retain receiving countless
messages inside my mail that this nearly messed up this
specific e-mail address. As well as the unsubscbribe url
does not work frequently. Could you as a writer would suggest everyone the
direction to go, for the reason that I would enjoy to keep this email address contact info.
Here is my blog post :: Background Investigation

Anonymous said...

I do trust all of the basics you’ve presented on your submit.
They're incredibly convincing and can undoubtedly operate. However, a blogposts are incredibly simple for starters. May perhaps you you need to lengthen these people slightly out of pursuing occasion? Information submit.
Feel free to surf my blog - Instant Auto Insurance

Anonymous said...

That tendency features gotten to a new stage thanks to regarding on-line blog-post
solutions that you could carry out the highway.
Since the majority users take more time online, weblogs like make
them end their particular exploration directly into overdrive
Have a look at my homepage - Genital Warts Cure