Monday, June 30, 2008

Amper Julie


More almal! Die plaaskatte kuier lekker hier om die Aga - kom kuier saam.

58 comments:

Anonymous said...

MOre maters - almal elkker gedux? Groeni - ek wil saam Waarheen gaan jy nou kuier - so moeranties, net die tweetjies van julle sonder kinders - klink vir my hemels.

Anonymous said...

Nou ja,dit kom van as jy haastig is!!!ek skryf hele storie....op die vorige velletjie....lees maar eers daar....xxxx

Anonymous said...

Nou waar is al die plaasies...nie n' siel in sig,die Aga is mors dood,nie een n' warm assie,Mattewis Meraai,en Felix het maar muise gaan vang,en Wagter is half verhonger,nie eens water in sy bak...nee wat,ek gaan nou gou moerige koffietjies maak,en die diere versorg,lyk my die koue en winter het almal verjaag.....

Anonymous said...

Nee ek is hier hoor! Ek sit net en wag dat almal kom gesels. En hierdie diere van ons jok lekker hoor - ou wagter het al soveel droeewors na sy bak kos in, kan nie glo hy kan so leepoog trek nie. Die klein rakker.

Anonymous said...

G'n wonner dis so koutie. Die stoof is da' morsdood. Kyk hoe sit daai kat bo-oppie stoof. Nee, sie jy kat, vannie stoof af lat ek ka' gat loop stane viermaak solat ons warm koffie ka' kry ennie kombys ok sommer kan warm worre.

Anonymous said...

amper amper is dit donderdag-oggend 03:00... ☺☺☺ my warm jas is gereed... hmmm... aande voor 'n warm kaggel met 'n uitsig oor die see en baie rooiwyn, muisbosskerm, nog wynproe, george, valsbaai, tafelberg, kaappunt, franschoek, wellington, langebaan, bloubergstrand, die hele wêreld vol!!! Wie't al die storie gehoor van die koning wat drie dogters gehad het...? Eendag vra hy hulle om die beurt hoe lief hulle vir hom is. Die oudste sê liewer as al die sterre in die hemel, en hy dink dis wonderlik. Die middelste sê meer as al die sand in die see, en hy dink dit is ook wonderlik. Die jongste sê hy is vir haar meer kosbaar as sout, so lief het sy hom. Die koning vererg hom en jaag die jongste dogter weg, want wat is sout dan werd? Die dogter se hart is gebreek en sy verdwyn na 'n ver vreemde land... Daar begin sy werk as die huishoudster van 'n ryk man, hulle raak verlief en kort voor lank word daar bruilof gehou. Die dogter se pa is ook by die bruilofsvieringe, maar hy weet nie dat dit sy dogter is wat met die ryk man trou nie. Toe die dogter uitvind dat haar pa ook by die bruilof gaan wees, beveel sy die kok om al die kos voor te berei sonder 'n enkele druppel sout, en dit net so aan die gaste voor te sit. Die gaste het natuurlik gekla en gemurmureer, die kos eenkant toe geskuif en dadelik aanstaltes gemaak om huis toe te gaan, want waar het jy gesien dat daar by so 'n gesiene man se bruilof sulke smaaklose kos voorgesit word? Net die dogter se pa het bly sit, en toe hy die kos proe, het hy in trane uitgebars. "Nou verstaan ek hoe kosbaar sout is!"

Anonymous said...

Ken daai mooi storietjie Petrysie. Daar is soveel lesse in stories. Ai, hys is lekker. Wat is lekkerder oppe koue and as boontjiesop en vetkoek mittie glasie Durbanville Hills Shirazie laansaan.

Anonymous said...

Slaap julle almal? Is dit te koud om wakker te bly? Sit ek hier alleen op my stoepie en eet my roomys want dis tog so'n mooi someraand! Shame Kiets, ek sien dis maar baie koud daar by jou. Sterkte almal, dit sál weer somer word, glo my.

Anonymous said...

Aaaahhhh, SOMER!!!!!! Nog net 61 dae tot Lentedag!! Katjie, Groenie is alweer op Sju-Sju! As ek dit nou reg het, het sy 'n werkstrippie gekombineer met speeltyd en kon dit toe inpas om die Japsnoete weer te sien foefieslide in die magtige Tugela!! ;-)) Muisbosskerm, Langebaan, Blouberg... Ek is jaloers!!!! Ek was eenkeer in my lewe iewers op aarde waar daar sulke soutpanne was, maar dit was eintlik half modderig soos sneeu wat smelt. Wat my bybly tot vandag toe is die flaminke wat nie pienk was nie, maar wit - so op die pan. Onthou ek reg?

Vandag was 'n tranetrekker vir my - maar soos die Hollanders sê: "Daar is geen probleem wat nie 'n geskenkie in sy hande hou nie. Daarom moet jy die probleme opsoek..." Wat nie sterk maak nie, maak groot, né? Robyn, vertel asb. meer oor jou verledetydse herinneringe!!!!

Siestog, toe ek vanaand tuis kom was die buiteligte aan, het ek 'n briefie van Liefkind op die vloer gevind: "Ales is versorg. Liev vir Mamma." Liefkind is nou al groot genoeg om te weet wat belangrik is vir my en ek dink dit is sooooo stunning!! Ek gaan haar nou uit haar Daddy se bed steel en haar styf teen my vashou oor ek so trots is op haar!!!!

Of dalk spring ek langs my Liefgoeters in en sê net: "Skuif op!!!" Brrrrrr. Dis koud genoeg om laf te raak!!!!

Anonymous said...

Miskien moet ek ook verspot raak...so paar danspassie maak..op en af spring...en net laf wees...dalk kry ek warmer....nee,ek moet nie kla...eintlik is dit nie te sleg,buite glinster die sonstrale,koggel en tart my...ek kan maar net kyk, en nie die hitte daarvan voel...sit gekluister in my tronk(kantoor)....Patrysie, jou vertelling is so kosbaar waar....Vlakkies,dankie vir die lekker knus vuur,en ek ruik die moerige koffietjie,dit lok my en ek kan die versoeking nie weerstaan...mmmm...romerig en sterk...Jewlsie....daarie Liefkind van jou is sooo spesiaal...gee haar n' ekstra drukkie...Mieks..waar is jy...verys...of lê jy nog onder die dons kombers....Kasie,spot en tart maar,ons beurt sal ook weer kom...maar geniet dit!!!!.....hier speel nou die mooiste liedjie...laat my sommer aan Patrysie dink...Sewe Soene....kan sommer sien hoe jy op jou toontjies ronddartel.....Geniet elke minuut en sekond hierdie dag...en onthou die glimlag....en liefde!!!

Anonymous said...

Ai, more mense. Lyk my die dag is pragtig helder al is dit bietjie koud. Ons kla ok maar vir niks - arme Mieks vrek seker. En Spikkels - vir jou het ekke niks te sê nie, ek is net plain jaloers. Kasie, roomys is op sy lekkerste as dit so lekker koud buite is! Nee regtig! Rooikappetjie. lyk my ek gaan die trokkie vir 'n waentjie verruil.

Anonymous said...

Nou waffer soort waentjie gaan jy jou Toy voor verruil..soos die petrol prys aangaan...sal jy maar moet uitkyk vir n' gerieflike Donkie/Perde waentjie...☺☺☺...dink jou nou in die situasie in...hier moet jy nou in die oggend ry Liefiekind aflaai by die speelgroepie en betyds wees by die werk...en wat as jy vergaderings moet bywoon...hie hie....en die dierasies wat eers steeks wil raak...O,genade as ons so moet leef....sal ons nooit niks deur die dag gedoen kry...maar miskien minder stres beleef....en ongeluke...wel,as dit so aangaan sal ek in elk geval my gatsaagie moet begin ry....dis net, ek het soveel goetertjies, wat ek elke dag saam karring...sal maar n' waentjie agterna sleep...net vir my n' GROOT toeter aanskaf...want die Taxi's moet weet hier kom die Rooikop "Hell's Angel".....

Anonymous said...

Nou ja....die dag het sy draaie en paaie geloop....soos die voels...trek ek ook nou huiswaarts....Kasie...wat eet ons vannaand...Mieks....is jou warm kombersie al vervang....Jewlsie....jy kan sommer die boernale saam met jou laat slapies....Groenie.....ek "watch" jou...☺=☺=☺....en die res....wel,...wees geliefd...veilig en snoesig...xxx

Anonymous said...

Ag dit is darem lekker om sulke groot meisiekinders te hê Jewls. Lollapop was eintlik seker omtrent Liefkind se ouderdom toe sy ook so begin besef het ek hou daarvan as die buiteligte brand as ek huistoe kom, binne die huis is die lampe aangeskakel, die gordyne mooi toegetrek, en haar eie wasgoedjies weggepak. Het nou 'n mooi onthou gehad aan haar klein dogtertjie tyd, toe sy my altyd so opgewonde by die voordeur kom haal en sê alles is "reg" by die huis

Nee Robyntjie my tegnikus het Sondagaand gesien een van die draadjies binne die muurprop is af, maak dit toe reg, en daar werk die bersie weer. Wel dit was net van korte duur.... gisteraand wou dit weer nie warm word nie, en ek dink dit is dan nou maar eerder koebaai meraai, netnou brand ek my plek af met 'n kombers wat nie lekker is nie.

Julle ek het vanaand die lieflikste krummelpap wat Selina my nuwe huishoudster vir ons gemaak het. Daarmee saam 'n lekker sous en heerlike wildswors. Ek gaan net agteroor sit vanaand en my storietjies op tv kyk.

Lieflike aand vir elkeen van julle!

Anonymous said...

Robyntjie ek tart julle nie, ek vertel maar net dat dit heerlik warm is hierdie kant. Wanner ek by die huis kom duik ek eers onner die stort en trek ek die somersklere aan wat ek in Petoorsdorp gekoop het. Shorties, en later as dit bietjie koeler word my Bloutrui. Dan voel ek sommer tuis. Rêrig, ek kry julle jammer dat dit so koud is daar, ek sê dit met alle liefde. Vanaand eet ek 'n mikrogolf-ete, so'n Italiaanse dis, nie lus om voor 'n warm stoof te staan nie. En later natuurlik my roomys, lekker lui oppie stoep.

Anonymous said...

Robyn, jy laat my giggel! Ons het gister so 'n wise outjie op die teatertafel gehad wat die snaakste aanmerkings maak. Hy is net 14jr oud, maar kostelik! Daantjie was egter van opinie dat die outjie so voor op die wa is, dat die agterperd op hom k@k!! Jammer vir die kru taal, maar dit was baie snaaks vir my!!!

Mieks, hoekom het jy 'n nuwe huishoudster? Wat het geword van ons geliefde butler-wie-se-naam-ek-nou-nie-kan-onthou nie??? Ek was netnou so verras toe ek die huis in stap en gegroet word deur 35 bloedrooi rose!!! Dis nou Loverboy se dankie-virrie-lekker-kuier, maar ek dink as ek hom uitvra, sit Liefkind agter hierdie bederf want sy was darem té opgewonde en het selfs gevra of dit regtig mooi is vir my. Siestog, kinders koester altyd hoop dat hulle ouers mekaar weer sal vind... Ek sweer dis donkermaan want ek het nou twee tranetrekkerdae agtermekaar gehad en ek wil wraggies nou weer tjank. Oor absoluut niks nie!!! Ag, miskien is dit die vir oulaas goetertjies doen en mekaar se geselskap geniet wat my nou so omkrap - ek kan mos so sentimenteel wees!!! ;-))

Katjie, ek glo jou nie oor roomys in die winter nie, hoor? Jiggie!!! Wat het Skonie vanaand vir julle gekook? Is Zouga toe weg? Is Klein-katjie en die Ramkatjies nog gesond? En Moekie?

Kaasie, iemand besonders verjaar Saterdag - raai wie!!!! ♪♪♪♫♪♪♪

Anonymous said...

...en sal jy nou ophou!!!!!!!! ;-))

Anonymous said...

Mooi bly maar mooi, ek bedoel die rose Jeweel. Bly jy word so bederf jong! Dit bly mos maar altyd lekker!!!

Napoleon is nog steeds hier, ek tel nou, dit is al 14 jaar. Hy werk net Maandae, Woensdae & Vrydae by my. Ek het begin besef hy word nou oud, en kan nie meer die pas volhou nie. Daarom het ek dus besluit vir die dae wat hy nie by my werk nie, ek maar vir Selina gaan gebruik. 'n Vrou se hand in 'n huis is maar net fyner ingestel as my dierbare ou Napoleon.

Selina het vandag raakgevat maar o wee, niks staan meer op hulle plekkies soos wat ek en Lolla vir dit uitgekies het. Nietemin my huis is vanaand vir my soos 'n nuwe huis, skoon, vars, en soos ek daarvan hou. Wat ruik dan lekkerder as houtmeubels wat ge-olie is....?

Kietsie jy en Kasie en Lolla het dieselfde gedagte oor roomys in die winter.... en amper het dit Lolla en Lois verlede Dinsdagaand in 'n groot gemors laat beland... later meer daaroor...

Anonymous said...

Verlede Dinsdag: Lois my sus en Lolla lê knus en kuier saam mekaar toe hulle so teen 20.15 besluit dit is roomystyd. Net toe hulle wou ry kom Mar** tuis en plaas sommer sy bestelling ook. Die twee girlies kom toe later weg.....

Kom by die roomys plek skaars 2km van ons, stop by die eerste ruit, niks niemand om te help nie.... ry tot by die eerste ruit... kom 'n man met 'n geweer om die hoek, Lolla se dit was angswekkend.... Geweerman sê: "Jammer geen roomys vanaand, die plek is 10 minute terug geroof".

Kan julle dink toe Lolla tuiskom en my dit vertel wat het alles deur my kop gegaan. Kasie jy is die naaste wat ek aan die situasie kan plaas. Mens wil mal word nê.

Elk geval die plekkie van die roomys is by die sentrum waar ek elke dag my aankope doen. Woensdagaand gaan koop ek wegneemetes, ek vra vir die vrou agter die toonbank wat het aangegaan gisteraand?

Vertel sy dan sy @ 20H00 'n anonieme oproep gehad het dat hulle, die roomys en die pizza plek beroof gaan word.... sy het dadelik opgetree, haar winkel gesluit, 'n boodskapper na die roomys & pizza plek gestuur..... die roomys plek wou nie luister nie.... die het bly handel dryf!!??

Wat nou as Lolla en Lois wel vroeër kon ry vir roomys? Dankie tog dat my kind op die regte tyd nie by die verkeerde plek was nie.

Anonymous said...

Mieks, daar is twee dinge wat jy eerste doen. Eers skrik jy jou g@t af, en dan sê jy dankie. En daarna worry jy weer oor jou kinders soos jy nog altyd gedoen het. Ek is so bly die kinders was te laat vir hulle roomys. Is hulle okay? Die skrik is soos 'n nagmerrie. Ek sien dit aan Bernice, dit gaan lank vat om weer reg te kom. En ons as ouers seker ook. Sterkte!

Anonymous said...

Kasie jy is reg. Ek het geskrik maar ek moes ook kop hou om haar te kalmeer, en jy moet onthou ek het voorberei vir 'n eksamen die volgende dag. Trou uit my aard sou ek heeltemal kop verloor het, maar ek het net gebid vir kalmte omdat ek geweet het dat ek dit self nodig het vir my eksamen. Dit was eers twee dae daarna dat die werklikheid my regtig getref het.

Uit die aard van my beroep en al die statistieke wat ek daagliks ontvang van hierdie aard van onheil: Mens gaan nie met toemaak tyd, of oopmaak tyd na enige winkel of bank. Dit is dikwels die teiken periode!!! Hierdie goed laat mens oopkop na die lewe staar, en dit laat MY besef ek moet opskerp!

Al die jare het ek klaargekom met 'n alarm, maar ek het nou maar net besef, dit is nie langer moontlik. Môre kom sien die alarm mense my en tenminste gaan ek darem die ekstra "ogies" oor my laat kyk.

Natuurlik weet ek dat die enigste Oog my Hemelse Vader is, maar dat ek ook nie die duiwel moet tart nie, staan ook in die bybel.

Anonymous said...

Lekker moerkoffie! Môresê.

Anonymous said...

"To laugh often and love much; to win the respect of intelligent persons and the affection of children; to earn the approbation of honest citizens and endure the betrayal of false friends; to appreciate beauty; to find the best in others; to give of one's self; to leave the world a bit better, whether by a healthy child, a garden patch or a redeemed social condition; to have played and laughed with enthusiasm and sung with exultation; to know even one life has breathed easier because you have lived - this is to have succeeded."

Your sparkle never fades, your smile lingers, your caring is remembered and you made me breathe easier. Thank you, you have succeeded!!!! xxxxx

Anonymous said...

More almal - dankie vir die moerkoffetjie Mieks. Klaaglik Jeweeltjie, is skoonmammie nie tans by ons nie. Sy was so 4 dae by ons en kuier nou in lapkopland by die nuwe kleinkind. Sy is so 2 dae by ons met die terugkomslag. Daar is darem gevriesde hoender en frikkadelle- joegie! Ai Mieks, druk maar vir Lolla ekstra lank vas vanaand. Zouga is vroeg vanmore weg en seker nounet oppad verby Mieks na Bethulie toe. Kry daar sy ou jeugmaters vir die "halfway hunt" - almal ry net halfpad om saam te kuier. EN dink maar aan my met die spannetjie alleen, veral oor die naweek - dit mag dalk maar orf gaan veral omdat ouma die twee so bederf het - wil nou heeltyd op iemand se skoot sit. En Jeweeltjie, daar is niks soos "soft serve" op die koudste wintersdag nie.

Anonymous said...

Mmmm, 'n anonieme Ingelse filosoof vemôre. Wonner waar kom die Gehasie venaaf. Gister het ek en Vroulief ons 30 jaar saam gevier. Eintlik gebeginne mitte teleerstelling. Die ring wat ons al maande trug gebestel het (ommie verloofring se diamant gebou) is verkeerd. Moes witgoud wees, toe's dit geelgoud. So nou maar weer trug en oormaak. Toe gat loop laai ons my persent van Vroulief op. Wat 'n verrassing. Die Mercedes van GPS'e! Ek was so aangedaan lat ek sommer amper snot en trane getjank het. Skaars kon praat om dankie te sê toe ons daar by Kevin Bolton se plek ytstap. Wou lankal een gehad het, maar nog altyd gesê ek wil een hê, ek moet nie een hê nie. Ek belowe net vir my sig sellers en vir Dana ek sal nog altyd respekte hê virrie mense vannie plekke waarie masien my verbyvat en hulle se blywees en hartseerwees en bekommerd wees en allie alleranne annerlike gevoelentheite wat hulle voel. Die dag afgeslyt mitte lekker eet by Die Werf. Weet hoeka al waarie plek is, maar konnie die versoeking weerstaan ommie GPS ons syntoe te lat vattie.

Anonymous said...

Geluk Vlakkies en Vroulief! Nou toe, dit was lekker maar nou is dit klaar, ek gat nou my tassie loop pak en die lang pad af Kaap toe vat... Koebaai, adios, sien julle oor 'n heeele paar daggies! ;-)

Anonymous said...

'n Bespikkelde Anonnemis? Geniet dit Petrysie! Moet net niks doen wat ekkie sal eetie.

Anonymous said...

Vreeslik baie geluk Vlakkies en Vroulief! Ons mis vir Vroulief hierso hoor! En 30 jaar!!!!! Gits, ek en Zouga staan gister verbaas dat ons mekaar amper 10 jaar ken. Lekker kuier Spikkels.

Anonymous said...

Geluk-Geluk Vlaktekind & Vroulief. Mapstieks dit wil gedoen wees. Julle is beslis 'n inspirasie vir ons ander.

Anonymous said...

Vlakkies,Vroulief...geluk...dis n' besonderse mylpaal en n' hele paar sakke sout en mooi herinneringe,liefde en omgee later...en met jou nuwe speelding kan julle nou ons almal besoek en n' moerige koffietjie kom drink...en Vroulief jy het darem nog iets om na uit te sien...laat hulle nou so glips maak met jou spesiale geskenk...Patrysie....onthou ietsie warms....ek sien dis koue en reen in daardie geweste....geniet dit ...veilige rit....Jewlsie....jy beter fodies neem van jou mooi bos rooi rose...en mater,lig op daardie stert....ek weet afskeid is nie altyd aangenaam...maar troos jouself...julle kan nog vakansies gaan kuier...iets om na uit te sien....Mieks...hoop jy het daardie warm bersie van jou vervang...die koue is op pad...ek dink hierdie naweek gaan ons in Petoorsdorp ook maar binnenshuis verkeer....aldus die weerberig...en soms is hulle mos maar verkeerd...maar ek weet nie...die keer lyk daardie koue tande baie gevaarlik...Kasie...watter geur roomys is vannaand op die spyskaart...Kiets,hoop alles verloop rustig in die kathuishouding....is daar darem iemand wat help...en is Zouga veilig by sy bestemming...nou ja,die kaggel brand gesellig....die ploffies is ingegooi...skuif nader...ons speel bietjie scrabble vannaand....Groenie,jy beter jou tydjie geniet...ons vermis jou...en die ploffies proe maar aan die flou kant.....

Anonymous said...

rObYnTjIe :)Jy is weer saans aanlyn!!!! & jy dink altyd aan almal!! Jou dierbare mooiste mens. Ag jong ek gaan nie meer my koppie breek oor die warm kombers nie, ek het 'n ander plan gemaak... vanoggend toe ek wakker word toe is die lekker warm nog steeds teenwoordig....

My Liefste Weerman het ook vir my verduidelik dat ek die naweek innie huis moet bly... kom wat wil ek MOET Lois help met 'n TREK wat Saterdag moet verskuif. Ek het mooi pienk handskoene, 'n pienk beanie, pienk serp, pienk alles... maar met die ene gaan ek myself nie kan verskoon.

Kiets dit sou darem lekker gewees het as jy saam met Zouga kon kom... ek droom nou lekker, dalk kon ek jou en die Bulletjies en Prinses iewers kry en julle kon hier by my kom kuier terwyl Zouga jag. Miracles do happen sometimes....

Spikkels dit is nou nie meer vêr na Donderdagoggend en ek hoop jou Kaapse kuier is onvergeetlik.

Groenie jy's ook lekker stil daar innie Kaap :) hoop jy het elke, elke oomblik geniet.

Laaste maar rêrig nie die minste: "Nag, my alles_verstaan_my_maat x

Anonymous said...

Mieks...snoesig slapies...ek gooi nou my warmwatersakkie vol...oortreksel is n' hond....dan hou ek ook my teddie in die ander arm...Manlief aan die ander kant,en Guyver is ook nog deel van die slaap geselskap....jy lê so ongemaklik...kan skaars omdraai...as my mamma weet dat ek as grootmens, met diere op my bed slaap, draai sy in haar graf om...en my nek om....maar Guyver is my katte seun.... skoon en netjies...en as jy in daardie liefdevolle ogies kyk, smelt al jou voornemens....lekker slapies al die maters...dankie vir jul omgee....xxxx

Anonymous said...

Kan julle glo die klimaat het so veranner dat ons Kaasies nou bid vir reën? Die ouens van die weerburo het vir vanaand 'n mrse donnerstorm belowe, maar niks nie. Die roomys was lekker Robyntjie, koffiegeur! Vroulief en Vlakkies, baie geluk, min kans dat ek julle rekord sal breek. - Allie mense wat op pad is, ry veilig en geniet dit. - Kiets, jy's reg, gebruik die tegniek om jou te help om jou kinders te beskerm, Cat Stevens het dit mos gesing; Oh Baby its a Wild World!

Anonymous said...

Nou ja,met almal wat rondrits en jetset...sal ek met ou Jan Tuisbly se karretjie seker maar die fort moet hou.....Die Aga is gestook...die koffie ruik die hele huis vol...diere versorg...en nou gaan ek myself eers bederf...Ja,Wagter...ek sal vir jou ook koffietjies in jou bak gooi(nes n' kind oor sy oggend koffietjies)....die kieters lê knus opgerol in die sonnetjie....na die nag se ronddwaal en muise vang is hulle nou kapot....Jewlsie...dis mos jou afdag....waar is jy mater....Mag elkeen vandag die warmte van liefde.omgee en vriendskap ervaar....xxxx...en die rondritsers...reis veilig maters...xxx

Anonymous said...

Ai maar dis stil hier in die plaashuis! Ag Mieks, sou so lekker by jou kon gekuier het - dit sou nou prima gewees het (soos Kasie sal sê). Maar sien, ek is by die werk ook grasweduwee - as jy dit so wil noem. My vennoot is vanmore oorsee vir 2 en 'n half weke, so sonder my sou dit hier soos 'n spannetjie weeskinders gewees het. Zouga is veilig, dankie almal - hy het reeds vir biltong gesorg, nou vir daai rooiribbok trofee wat hy soek.

Anonymous said...

Julle ek het vandag die mooiste "vintage" voertuig gesien. 'n Ford Fairlane 500, 1965 model. So bloedrooie met leer sitplekke. Die voorste en die agterste sitplek is sulke lang banke. Julle manne sou dit sekerlik meer kon waardeer het, die oom het die enjinkap oopgemaak en toe nog klomp goeters beduie van die enjin.

Toe ons daar ry sê my kollega so ewe "G'n wonder die ou mense kon so lekker vry in die ou dae.... die dat hulle so baie kinders gehad het", nou wonder ek of my Pa en Ma ook so lange-motor gehad het... die dat ons toe nou 6 opgeëindig het hehehhehehehe??

Was mos Antjie wat eenkeer geskryf het van vry op leersitplekke LOL. Wonder hoe gaan dit met haar en of sy lekker vakansie hou.

Kiets ek sou dat jy net agteroor sit, voetjies innie lug en Lolla sou met Prinses en die Bulletjies kon speel!

Lolla is so opgewonde sy het vandag 'n werkaanbieding gekry om 'n mamma te help wie se kind gestremd is. Ons sal maar eers alles mooi uitvind hoe dit gaan werk, en wat die invloed op haar studies gaan wees.

Nous ek darem lekker honger goeiste, die dag op die pad was bietjie te lank vir my. Tot later.

groeni said...

ek steel in op iemand se wless watti pwd hetti.. hi da alma, jul kuier te veel, kanni nou als lesi. tans in dbn, het gelukkig reen in slaapstad gmis.. :) of dalk treur hulle. lief is tans in duitsland, nee kiets, ons hetti moerantiese tyd kon he sonner snoete ni - lief is al sa oori waters...werk nog more, ga da shushu om snoete te verras, het gster boodskap van boeta gekry wat se hy verlang en vanoggend gou vi snip gebel met verjaarsdag - hul loop tot cellopvangs en bel en da gsels... v

Anonymous said...

ek's nie anoniem nie, ek's net op 'n selfoontjie, my ou nuwe ou foon, die ene wat in die kleinhuisiewater geval het werk weer, onverklaarbaar, maar hy werk. 1323km verder, deur 6 van ons land se provinsies, vlaktes vlaktes vlaktes en nogmaals vlaktes van die Karoo, brekfis op Bloemfontein, middagete in Graaf Reinett, aandete in George... liewe land, dit was 'n bleddie lang geryery gewees.... Maar dis mooi en dis lekker!! Hier waar ons vanaand in George oorbly is daar weerskante twee koppies/heuwels... oortrek van groen koel bosse, en daar waar die twee koppies/heuwels bymekaarkom is die see, en net onder op die draai van die pad, 'n strandjie genaamd Victoriabaai... daar's 'n effens byt in die lug, en hier waar ek nou sit is dit lekker koud, maar die surfers is in die see en ooms staan met visstokke hulle geluk en uit probeer... dis lekker!! ;-))

Anonymous said...

Miekie val flou! :-) kyk wie het kom groet! Twee rondlopertjies... Wys jou nê.... al is hulle weg verlang hulle steeds na DIE plaas ;-) en nogals is die enetjie by Vlakkies se Victoriabaai! Hoop julle twee geniet elke oomblik.

Ons is nou so min oor tuis.... kan ek nou solank jippieee dit is Vrydag aankondig?

Oelalie die naweek speel die Kolkatjies innie Kaap....

Anonymous said...

Groenie geluk met Snip se verjaarsdag! Al issit laat.

Anonymous said...

Halleluja dit is Vrydag!

Anonymous said...

Geluk Drakie vir Snip. Petrysie, daai's die lelikste plek innie land. Ek is gan niks jaloers op jou nie. En hierie is seker Lukas se mooiste liekie:

KYK HOE SLUIT DIE SON DIE HEMEL OOP
KYK HOE WYK DIE NAG, VOOR DIE DAG.
KYK HOE WORD DIE SEE IN GOUD GEDOOP
KYK HOE BLOOS DIE STRAND, VOL VAN HOOP
GEDAGTES VAT MY SOOS 'N KOLK WAT DRAAI
DEUR DIE NEWELS NA VICTORIABAAI.
WAAR DIE BRANDERS IN DIE SKUIM ROND WAAI
STYG MY HART TOT WAAR DIE SEEMEEU DRAAI.
KOOR:
AI AI AI AI AI AI AI
AI EK WENS EK WAS NOU DAAR -
AI AI AI AI AI AI AI
OP MY KLIPTROON BY VICTORIABAAI
DAAR KAN EK NOG SOMS MY SIEL OOP KNOOP;
DAAR VERDWYN DIE NAG EN WORD DIT DAG.
DAAR KAN EK MY KOP VAN KOMMER STROOP
OP MY ROTS, MY TROON, VIND EK HOOP.
KOOR X 2
OP MY KLIPTROON BY VICTORIABAAI
OP MY KLIPTROON BY VICTORIABAAI

Anonymous said...

Ag en nou's ek so lus vir die see! En die berge, en Victoriabaai. Geluk Groenie met die snoet se verjaarsdag - ek onthou hoe lekker het ons die koekbak storie laas jaar bespreek. Wat doen jy hierdie jaar? Vat een saam van Durban af? Ai Mieks, daai klink na die hemel hoor - voete op en "ready made" baba oppassers.

Anonymous said...

Groenie..geluk met snip se verjaardag..hulle gaan lekker verras wees as jy daar op Shu-Shu aankom...geniet die bietjie uitspan...Patrysie...man dit klink alte lekker...neem fodies!!!....brrrr,,,,die koue kruip nader en nader...kort - kort is die son agter n' wolkie...en die windjie wil-wil waai...ek dink die naweek bly ek net in die huis....Vlakkies...word jy nog lekker bederf....wanneer is die terug tog....Mieks...gaan jy vir ons n' heerlike stomende pot sop maak....mmmm...nou kwyl die mond van my...Jewlsie...waar is jy mater...kan tog nie al die tyd in daardie warm badjie van jou lê...praat met ons...vertel wat jy sie en beleef...mis jou !!!.....

Anonymous said...

Zouga sê MIeks kry baie baie koud - ysige windjie daar innie Vrystaat langs.

Anonymous said...

Hoop Zouga en sy maters het genoeg kuier hout en OBS....Mieks,hoekom los jy die yskas oop!!!!....Wonder waaaar is daardie Juweeltjie...miskien is sy ook op n' heerlike uittog en het ons niks vertel...of sy is besig om Olifante mak te maak☺☺☺....

Anonymous said...

Bederf? Wat praa' jy als Rooikappie? Vroulief is 'n regte slawedrywer. Maak net goed reg en doen alleranne werkies heeldag ;-). Trug, nee ek weetie. Leef net dag vir dag en dis noggie môre nie. Gat ok eers volgene week Buffelspoort toe. Van Vroulief gepraat, sy't vandag 'n brief van Tukkies gehad. Sy's glo een vannie 15% topstidente. Vra ek vir haar wat help dit as daarie 'n tjek by issie ;-). Slim vrou daai van my!

Anonymous said...

Vanaand vier ons fees!!! Vroulief dit is 'n pragtige prestasie ek is so BAIE BAIE BAIE bly vir jou, en kan ek dan maar ook saam met Vlaktekind & die kinders trots wees? Dit wil gedoen wees. Weereens geluk!!!!

Kiets Zouga hettie gejok nie... Robyntjie skuus ek het nie die sop betyds begin nie.... ek het bietjie verdwaal ;-)

Anonymous said...

Ek wens ek was vanaand weer in Mieringskloof en sy klip chalets, die lieflikste donskomberse, 'n kaggel wat in die voorhuis knetter, rooiwyn saam met my geliefde, Fouriesburg se "sushi" .... verlang ek nou na goeie ou dae!

Kiets die koue hier is rêrig vanaand geen mens se speelmaat, hoop Zouga is warm. My tande is seer van kouekners... in my bed is dit nou die warmste plek op aarde, nag julle.

Anonymous said...

Mac, jy is stil die laaste tyd. Maar iemand het my vertel jy verjaar vandag. Lekker verjaar, 'n mooi dag, en net die beste vir die nuwe lewensjaar!

Anonymous said...

Kaasie, ek dink Die Uncle is weer aan die kuier in Botswana of iewers want ek het hom nou probeer bel vir sy verjaarsdag en kry toe net voicemail!! Ek weet ongelukkig nie hoe die Springbokke vanoggend gevaar het nie, want toe het ek nog gesit en naels kou oor ander bekommernisse. Maar ek het nou so gedink. As dit Uncle Mac se verjaarsdag is, sal hy dam baie graag wil hê sy spannetjie moet wen vanmiddag teen die Kolkatjies, né? Vlakkies en Zulu en Smousie sal ook seker so 'n oorwinning wil sien en daarom het ek besluit om vandag al my duime vas te hou vir die WiePie dat ou Willempie al sy skoppe sekuur tussen die pale sal deursit sodat die hele span se harde werk nie verniet is nie!! Lekker verjaar, Uncle Mac!!!! Vyf soene vir jou!!! Liefde, Jewls xxxxx

Anonymous said...

julle moet net sien hoe mooi skyn die sonnetjie deur die wolke oor valsbaai vandag... ;-) maar die berg is toe, en ons het al lekker natgereën vandag... dis 'n fees!!

Hallo Jewls... Geluk Uncle Mac!!

Anonymous said...

WieeeePieeeeeee!!!! Ek is maar bly ek was nie tussen daai Nuwelandskare nie want hulle sou vir my gebksm het oor al my laggery!! Daai balletjie was darem snotglad!!! Mooi so aan al die WP-ondersteuners!!!

Anonymous said...

Patrysie!!! Jitte, jy bederf ons darem té lekker met jou woordbeelde van die mooi plekkies wat julle besoek!! Stuur baie groete vir Die Berg en waai skelm vyf soentjies van my af vir hom, sal jy? ;-)) Veilig wees!!!

Anonymous said...

Mole almal, wonder ek hoekom is dit so stil oppie plaas. Maar toe gooi ek 'n kyk oppie SA weerburo se site en toe weet ek. Julle lê seker almal onner dik komberse en bang om ook maar een toontjie aannie koue vry te gee. Hier is dit ook nie te waffers nie, baie grys wolke, maar ook 'n bietjie blou, en dit doen my blou bloed goed na gister se gebeurtenisse op Loftus. - Vlakkies, waar is jou Stormers-skree? Goed gedoen in elk geval en nou is daar eers eksaaitment met 4 spanne wat saamstaan op die punteleer. Oor die Bokke praat ek liewers nie.

Anonymous said...

Mole, Kaasie!! Ja-nee, ek dink dis wat hulle 'snerpend koud' sou noem... Ek het netnou in die sonnetjie gaan sit om te lees, maar die wind is soooo koud dat my boek uit my hande uit val en ek klappertand weer terug die huis in is!!! Watter spanne is nou saam op die punteleer en praat jy van die Curry Cup? Gits, ek het nie eers geweet die BB's het gister gespeel nie - ek moet seker die koerante gaan lees, né?

Vlakkies, kuier jy en Vroulief 'n hond uit 'n bos uit? Mis julle geselsies!!

Anonymous said...

STOOOOORRRRMMMMMEEEERRRRSSSS!!!!! Tevrede Kaasman? Geluk Mac. Mag jy baie keraatsvrye myle in Brutus hê. Ja Jeweeltjie. Dissie Bulle, WP, Kolkatte en Haaie. En dissie Curriebeker. Van môre af is ek en Vroulief bietjie weg - Buffelspoort toe. O, en amper vergeet ek. Geluk aanie Bulonnersteners ☺.

Anonymous said...

Buffelspoort klink vir my iewers naby aan die see en die Kaap... Geniet julle wegbrekie en wees goed vir mekaar!!! Op die vooraand van nog 'n olifantweek - maak die verskil maaitjies!!!! Robyn, het jy lekker gegatsagie en Guiver vasghou? Miekie, is jy en Poplap warm? Katjie, lewe jy nog??? Bestormmmmmmm die lewe!!!!
xxxxx