Tuesday, June 17, 2008

Na die langnaweek.....


Ten einde laaste, 'n nuwe kletsplekkie om 'n glasie rooiwyn vir die winterkoue.

68 comments:

Bospatrys said...

Sonneblom, suikerbos vir jou sal ek tog nooit nie los!! ;-) Ek't 'n lèkker langnaweek gehad... hmmmmm... En ek't Vadersdag saam my pa-goed spandeer. En gister. Ai, gister. Daar klim ek saam met my Gentleman in sy bakkie, 'n mandjie gepak met koue wors en gekookte eiers, toebroodjies, ma-goed se vars anysbeskuit (jippee!!), fleskoffie, gewapen met kameras en hope gesels en lag. Sjoei, dit was nou 'n lekkerder as lekker perfekte dag in Suikerbosrand gewees... ;-)

Anonymous said...

Hallo al die maters! Ek het sulke mooi voornemens gehad om met julle te gesels oor die naweek, en daar breek die lêptoppie se powersupply, en daar is hy geheel dood. Nou 4 dae wag dat die mense een bestel - ek het een van daai "widescreen" laptoppies en die goed se powersupplies is nie net so beskikbaar nie. Gelukkig 'n spaar desktoppie hier by die kantoor, maar nou eers bietjie tyd gevat om alles hier op te stel. Het lekker naweek gehou - bietjie goed daar by die huis gedoen. Jammer oor jou meisiekind Kasie.

Anonymous said...

En waar kan ons die foto's gaan kyk, Klitsgrassie? ;-))

Bospatrys said...

Wanneer ons dit eendag van die kiekienemers afgelaai het!! Wat seker so vanaand sal wees... ;-) Goeiemore maters, dis Woensdag! Waar is julle almal? Kasie, hoe gaan dit met jou meisiekind?

Anonymous said...

Gits, geen gekletsery gisteraand nie. Moet die koue wees - alhoewel Kasie en Vlaktes seker nie daaroor kan kla nie. Ek mis nou regte die Ondier hierso! En more Ptrysie, gaan jy bietjie pannekoek bak vir ons?

Bospatrys said...

Hallo Kieters! Hierdie weer is net goed vir pannekoek en wyn en komberse... dit raak alhoe moeiliker om my neus by die huis se deur uit te steek soggens...

Anonymous said...

So ja, trug vannie see af. Was 'n lekker avontier en lekker innie see rondgedobber in my aftye. Vertel later meer. Nou eers twee dae se kantoorwerk inhaal

Anonymous said...

Daarsy Vlakkies, laat jy bietjie werk ok hoor! Nou net slegtenuus gekry - my ma het 'n retina losskeuring. Dit moet Vrydag reggemaak word - nou nog weer uitstel vir die knie wat ook nog geopereer moet word.

Anonymous said...

Hallo matertjies...nee moet nou nie so skrik...dis ek Robyn...ja,man onthou julle nog...die Rooikop warboel....die internetlessness het my oorrompel...soos n' dief in die nag...en daar sit ek ...hoogs frustreerd...lees nog van Kasie se kinner en antwoord, en daar gaan alles...tuis is die lyn weer in die verkeerde gate gedruk...en ek voel of ek op n' eiland is sonder kontak met die buitewereld...maar hier is ek weer aan lyn..en julle moet maar ore toedruk..want ek moet nou klets inhaal...eerstens Kasie...is Bernice ok,en het sy Vroulief gekontak....Patrysie...mmmmmhoop ons gaan die fodies sien...ek bedoel is daar ooit fodies geneem....julle het dan soveel kos saamgeneem...en dit moes alles verorber word....☺☺=☺=☺....daar was dan geen tyd vir enige iets anders.....Vlakkies....ons wil alles hoor....dit klink sooo lekker....as kind het jy mos altyd probeer dryf...rukkie gehou en dan sluk jy water....Kiets...ag,my mater...arme magoed...dink aan julle...hou ons op hoogte...Jewlsie...is jy weer besig om Olifante te jag...hoop hierdie week is nie te rof op jou....Mieks...ons wag!!!!vertel....jy kan mos nou nie die suigstokkie wys en dan weer wegvat...☺☺☺ Smousie,moet nou nie vir my sê dit was al weer net n' vinnige verbyvaart...nee!!!jy kan dit nie aan ons doen...noudat Makou...bietjie rustig verkeer het ons die manlike bloed nodig om die plaas werf in toom te hou...Vlakkies ek het reeds opgelet en gehoor dat die windpomp aandag nodig het...iets skort met die pype...die water pomp baie stadig en die krippe bly half leeg...en die heining van die hoenderkamp het n' yslike gat in...netnou kom Jakkals se kind en eet vir Rooiveer...dit sal ellende afgee....Kasie,vir wat grinnik jy so...jy weet!!! Groenie..ek dink die naweek is nou lankal verby....jy mag nou maar weer aandag aan die groente tuin gee...en jy is terug op ploffie gooi...geen verskonings...Ann,Vroulief...die breinselle werk oortyd...hoor niks...koffie op die stoep...die sonnetjie skyn heerlik...ek het Hertzoggies....dink ek nou aan Makou...hy is tog so lief vir Melkkos....wou nog dit vir hom maak...sien julle netnou!!!!....

Bospatrys said...

O ja!! Ek't gisteraand iets gedoen wat ek nooit gedink het ek sal geniet nie... ek't rou vis geeët... jip, sushi, met stokkies!! Dit kan gaan, maar daai tunatjie en salmpies wat so glibberig en smaakloos proe? Nee dankie, party vis is maar net beter gaar! ;-) My oupas (beide) sou die stuipe kry van gril... nès groenie en Vlakkies... ;-)

Ek gaan nou huistoe en ewe gedienstig kos kook, pantoffels regsit, mooi musiek speel en 'n botteltjie rooies oopmaak... lekker aand maatjies!!

Anonymous said...

Ek moet stem oor die Sushi - dis nie vir my nie. Alhoewel Zouga dit vreeslik geniet. Nouja, huis-toe vir my ook - warm bly vanaand maters. Iemand, sorg tog dat Wagter binne slaap vanaand - dis koud.

Anonymous said...

Hallo almal, só jammer julle kry koud. Eet pannekoeke, gooi sterk ploffies en as dit nie werk nie kruip dan lekker bymekaar en teenmekaar. Ek het netnou 'n email van my Petoorskind gekry, sy sê dit gaan okay en sy werk hard, dis 'n goeie afleiding. Ek sal môreaand weer met haar praat en julle vertel van hoe en wat. - Praat julle van Sushi, hier in Kaasland het ons mos die anner ding, haring! As hulle die vis gevang het word die vis oppie boot onmiddelyk skoon gemaak. Dan gaan die vis in pekelwater, so bly die vis vars. En so word die vis verkoop en geëet. Saam met gekapte uitjies en dis mrse lekker. Vlakkies het mos al 'n keer gesê daars 'n skroef los by die kaaskoppe. - Laaste nuus oor Oranje, gistraand gewen van Roemenië met 2-0 en nou in die kwart eindstryd.

Anonymous said...

Dit gaan dus goed met al my maaitjies, behalwe dat nie een van julle weet hoe lekker SalmonRoses met kaviaar is nie... Of miskien onthou ek verkeerd. Miskien was die Roses heerlik vanweë die goeie geselskap!!! ;-)) Makou, sien jy nou, ek mis vir jou!! Oe, gaan kyk gou hoe mooi is die maan!!!! Ek dog ek het 'n buitelig aan vergeet!!

Anonymous said...

Vlakkies, terwyl ek nou wag vir jou vertellinge, wil ek darem ook graag iets met julle deel. Ek vra nie gewoonlik vir pasiënte hoe hulle beseer geraak het nie, want jy kan gewoonlik net vir hulle kyk en dan weet jy in elk geval hoekom hulle ligamente af is. (Sportmense, oorgewig-lomp, of die mooi middeljarige dame wat op 'n rugby-braai wa-wiele gedoen het toe die Bokke wen...) Vandag sukkel so 'n baie mooi vrou, 43jr oud, oor op die teatertafel en ek vra wat gebeur het want sy het 'n fraktuur van die knieg. Dis ongewoon. Sy së sy het vanoggend van vakansie af terug gekom en toe wil haar afstandbeheerde hekke nie oop nie. Toe klim sy uit. En daar begin haar kar agteruit loop. Sy skrik en hardloop die kar in, maar toe sy haar sit kry om die handrem op te trek, toe vat die kar 'n draai en sy val uit. Sy woon glo so in 'n heuwelrige, gegoede area. Daar lê sy toe pens en pootjies in die lug en kyk hoe haar motor teen ander mense se oprit in-reverse en net voor hy hulle muur tref, toe is dit steil genoeg dat die motor momentum verloor en so ewe weer na haar toe aangery kom en 'n entjie van haar tot stilstand kom want sy lê mos nou so half in die dippie in die pad... Jitte, maar ek lag!!! Ek kan net die kostelike prentjie sien soos in 'n komedie!! Shame, sy het 'n ernstige plato-fraktuur van haar Tibia opgedoen en sommer haar knieg in die algemeen lelik seer gemaak en haar motor het nie 'n skrapie op nie!! Ek was net agterna baie bly dat die vrou saam met my kon lag oor haar 'ongelukkie', want anders was ek in groooot moeilikheid!!! ;-)) Die wêreld is weer Oranje!!! Kasie, hou ons asb. op hoogte van Bernise, sal jy?

Anonymous said...

Robyn, waar het jy heen verdwaal? Ek sit al die hele aand en gesellig wees hier, drink ploffies, vryf Wagter se pels, kyk vir die volmaan, maar al wat kom is julle!! My oë dim en bright nou. Lekker slaap, Pêllies, Toedeldoe, wees warm!!! xxxxx

groeni said...

lo da almal!!! jippeee, dis amper naweek en sa dou voor dag, selfs nog voor jewls se haan kraai, sal ons oppad wees shu shu toe! hoeraaaaa. ons ry vir skonie en kinners af - nee, kinners weet noggi. en da kom ons di eers we terug.. di watti weti, dis blksms koud hieso. en ek het sopas die slegste koppi koffi gekry om te drink, gril nou nog. nee, ek ga niks se oor stupid mense wa vis eeti - rou! sies ga poe... ek ga nou werk, gesels netnou verder... lekka doeks

Anonymous said...

Hemel, Groenie, MOET jy so hard met die deur in die huis val???? Ou snaaksie!! Ek het al boere Sushi gemaak vir Liefkind met avo en skaapworsies en dan noem ons dit Bushi!! Ek was juis bang sy verloor haar affiniteit vir vis... Ek, egter, bly 'n fynproewer, al draai my Oupa nou ook in sy graf om!! ;-)) Jy praat so van ShuShu!! Moes juis vandag al die riviere vir Liefkind leer oor die eksamen en toe kon sy nie glooo dat ek al deur die magtige Tugela was in die middel van die winter daar by ShuShu nie! Vriendin, geniet dit!! Jy verdien so 'n wegbrekie in daai snotwarmwaters en die natuur!!! Antjie gaan ook mos Vrydag Bos toe. En Vroulief skryf SOS en Katjie sit alweer in die hospitaal... Ai, ek gaan julle almal mis!!!

Anonymous said...

Jitte, nou's ek wawyd wakker!! Ek sit mos die ligte af, vas van plan om 'lekker' te gaan doeks, maar toe trap ek weer per ongeluk op 'n kat se stert of poot of snôrbaard of verbeelding en voor ek kon weet watter een van die twee grysetjies ek beseer het, skrik hulle vir hulself en mekaar en vir my en skiet hier by die vensters uit so al asof ek 'n wapen van massavernietiging is!!! En die Boernale gaan aan't blaf vir die konsternasie en vlieg mekaar toe ook sommer in die hare. Die hele buurt se honde doen mee... Ok, ek het ook gegil vannie skrik en toe spring Liefkind orent in haar pienk bedjie en babbel deurmekaar van die bybelperiode en dat sy nie vyf rand het nie... Genade, ek dog rooibostee maak mens lomerig - plaas ek eerder regtig geploffie het vanaand!!! Uncle Mac, is jou deure gesluit en die sleutels weggesteek? Jy weet mos wat Dwergie aanvang in die bure se swembad as die maan so 'n ronde, wit gat in die andersins blou hemel los!!!! Dis maanwatertyd!!! Mieks, praat nou maar verder jou mond verby want ek is die ene ore en oë!! :-))

groeni said...

sien, dis vanni vis vreet dat al daai goete nou met jou gebeur! :) toemaar, ek ken ok alli riviere nou weer. ek onthou, erens in my skoolloopbaan moes ons al die riviere en berge ken...danki tog dat gladys dit nou somme vi my ka se, want ek sal dit nooit onthou ni. di dat ek arries somme vroeg vroeg gelos het... my ore word somme rooi van alli goete wat gesels word, ma ek luister mooi na die grootmense. ko 'trysie, hie gat ons slim word, skuif nader, die tannies ga vertel soos die omies ni kanni! :)

Anonymous said...

Genade.....hier is darem gekuier gisteraand en vroeg oggend.....Jewls.....jy lag al weer vir iemand...hie hie...ek kan ook die prentjie in my gedagtes sien...die ladida dame...bene in die lug..dit laat my dink aan die dag toe ek gat oor kop gelaan het in die winkel...(dis mos goete wat net met kinders gebeur)en hier lê ek....ek probeer opspring...maar gly en val vet weer in die vetterige gemors....toe ek uiteindelik opkom(geen gentleman in sig)toe is ek nou mooi mrig...en verlee....Kasie,ORANJE bo...hou stuif duim vas vir jou span...laat weet van Bernice....Groenes...jy moet jou gate uit geniet...(in die warm gate)...ek is skoon jaloers...party mense darem!!!Patrysie.....rrrrr.....gril ek nou....nee,ek skaar my by Groenes....rou vis...nee dankie,hou verby.....Jewlsie...daardie maan is te pragtig....skitter blink...Kiets...hoe gaan dit met die klein kieters...my vriendin het Dinsdag begin werk...die trane spat...en die moraal is laag...die kleingoed is by die huis by opgeleide suster...maar sy help net uit...dan moet daar weer ander plan gemaak word...kleingoed mag nie dagsorg toe agv, virus en kieme...en en....nou vyf mnde oud...mooi dag vir elkeen....die wind waai hier en dis sommer net naar buite...

Anonymous said...

Ek en ou Wagter sit heerlik in die sonnetjie die moerige koffie ruik die wêreld vol, vir ou Wagter ook n' bak vol gegooi,slurp dit nou op met daardie lang pienk tong...ek het vir hom die oulikste jas gekry...gesukkel om sy groote te kry maar ek het uiteidelik iemand gekry wat dit spesiaal vir hom gemaak het....polo nek en al....die stert waai onophoudelik...en nou is hy ook snoesig warm....ne my ou honne....

Anonymous said...

More more almal! Gaan goed met die kleinkatjies, die kiets is net bietjie moeg. Lekker dag julle! En nee Jeweeltjie, ons is darem tuis hoor, geen hospitaal nie!

Anonymous said...

Gits Rooikappetjie, trek tog net daai jassie in die dag uit - die labrador pelsie is maar lekker dik in die winter. Die ou mag dalk hitte uitputting kry! Dan trek jy dit snags vir hom aan vir die lekker warmte. Ek hoop dis 'n springbok jassie wat hy het.

Anonymous said...

Kiets...as ek koud kry dink ek almal moet koud kry...so Wagter se tong hang so uit en ek dag dis omdat hy gelukkig is oor sy nuwe Springbok jassie....lyk nes die nuwe springbok trui...te pragtig....en toe is dit oorlat die arme ding aan hitte uitputting ly...jammer ou Wagter....nee wat,ek wil op almal mamma Robyn of suster Robyn speel....nou ja,laat ek myself verwyder...en die pyniging van die fisio gaan deurstaan....xxxxx

Anonymous said...

Ja, Katjie, jy gaan Vrydag by die hospitaal wees, of is jy nie die tipe wat angstig sit en wag in die wagkamer terwyl 'n geliefde geopereer word nie? Jitte, elke keer wanneer Liefkind 'n inenting gekry het, moes hulle vir MY troos!!! ;-)) Sterkte vir die fisio, Robyn! Het jy nog nagevolge van die val? Kasie, vir een of ander rede stem ek saam met Vlakkies as dit by die haring van julle kom. Kyk, as dit dalk gerook was, sou ek dit nog kon afsluk, maar gepekel is bykans enig-iets grillerig!! Enige nuus van Bernice? Mmmm, ek het geweet Patrysie het niks foto's om te wys nie... seker té lekker verdwaal in mekaar se ogies!! Of hoe, Patrysie? Groenie, spot maar lekker! Ek kan nie help dat ek so is nie, of dink jy ek kan? ;-))

Anonymous said...

Halloooa! Nie weggeloop nie, vat net nie grond nie :/ .... maar: "You've got mail". Lekker aand vir julle almal.

Anonymous said...

Groenie, ek het in die besigheidswêreld grootgeword en dink soos 'n ekonoom, 'n handelaar of 'n entrepreneur wat kliënte het, dienste en goedere verskaf en 'n wins/profyt/eiegewin maak... In ons moderne samelewing trek ek toe vér verby menseregte en die petrolprys - ek sit toe al op die aandelebeurs vir Liefkind en beskryf hoe die wisselwerkings en onsekerhede ons raak... G'n wonder sy weet niks van EBW vanaand nie want ek het haar heeltemal deurmekaar gepraat!!! Ook maar goed jy het nie gehoor wat ek haar van die Selfvoorsienende beskawings vertel het nie!!!! Jy sou my onmiddelik in 'n koperlagie wou giet en op die kaggel sit soos jou Ouma met jou doopskoentjies gedoen het!! Môre sing ek egter 'n ander deuntjie... ♪♫♫♪♪♪♪ Geen riviere om te GPS nie, niks geld wat hande konsuis verwissel nie, geen somme om te maak om die aarde terug in sy wentelbaan te plaas nie, niks armoede of kulturele waardighede nie, net ek en Liefkind!!!! Dit laat my opgewonde voel!!

groeni said...

lo da! haai jewls, wa spot ek? eks ernstig! oeeee, net nog een slapie!!! ons ga nou trailer pak en vir koos wys hoe die huisgoete werk - hy ga huis oppas...

Anonymous said...

Ek het netnou met my Petoorsdogter gepraat. Sy klink nog maar gerattle. In elk geval gaan sy nou die hulp soek om haar weer oppie spoor te kry. Dit sal haar seker help. Sy vertel ook hulle het haar kar gekry, by 'n panelbeater in Mamelodi. Owner unknown. Baie beskadig natuurlik. Dis nie 'n verrassing nie. Sy was nog so trots laas Desember toe sy haar eerste nuwe kar gekoop het. Maar dis vervangbaar. Ons moet nou maar net by haar staan en help waar ons kan, die tyd sal alles weer regmaak.

Anonymous said...

Tussen Groenie se opgewondenheid en Bernice se hartseer voel ek verskeur! Dammit, haar eerste kar!!!!!! Chop-shop? Daai motor is die enjin seker nie meer werd nie, né? Groenie, gelukkig ken almal vir julle!!! :-)) As julle betyds wil vertrek, vaardig my af om die tydskedules aan julle en Samaritaan te verskaf!!! Ek weet mos nou al dat julle mekaar nie kan inspireer, tydsgewys, nie!! ;-)))) Gits, ek babbel en kom nou eers agter dat Samaritaan nie saamgaan nie!!! Vriendin? Hoekom nie?

Anonymous said...

Ek sien vanoggend die e-pos wat ek vir van julle gestuur het, het teruggekom. Klompie van julle adresse het verander? Of issit Telkom....

Anonymous said...

Dis Vrydag!!!! Jippiieeeeee!! Mieks, dit kan net Telkom wees wat weer aapstreke uithaal!! ;-)) Katjie, baie sterkte met jou Mams se operasie vandag, ek dink aan julle en bid dat dit goed sal gaan met haar!! Vlakkies, koewieee, waar's jy? Jy moet nog vertel waaraan jy gedink het toe jy so op jou rug lê en dryf het in die see!!! Maaitjies, maak 'n verskil in iemand se lewe vandag, gee 'n blom, skryf 'n brief, bel, gee 'n onverwagse geskenkie... Die lewe is te kort om uit te stel!! Mag dit 'n besonderse mooi dag vir julle almal wees!! xxxxx

Anonymous said...

Jewlsie met jou blymoedigheid en skitter ogies wie kan nou vandag enige iets anders as opgewonde liefdevol en vrygewig wees....danj=kie vir jou inspirasie...Mieks....mater ek het my epos gekry...pewe vir die res...ek weet tog iets☺☺☺....Mieks dis voorwaar iets om op trots te wees...dra ook my goeie wense oor aan sus....hoop julle het/gaan dit behoorlik vier....Groensie!!!!het jy allerhande verassingkies ook ingepak....skoon jaloers!!!!....Kasie sooo bly dit gaan so half goed met Bernice...ja,mater dit sal tyd vat...en nou wantrou jy een en elk wat net waag om te naby jou te kom...dis so simpel gevoel....Soos Jewlsie sê,sit daardie huppel in jul dag....beur weg van die negatiewe....ek gaan nou moerige koffietjies maak...net sit en vir n' oomblik dink aan my seeninge....lief julle baie...xxx

Anonymous said...

More almal. En Mieks, baie geluk vir julle - voorwaar 'n prestasie. Mammie se operasie is uitgestel vanaand toe! So dit beteken ek kan by haar wees die hele tyd. Wonderlike nuus. En dankie vir die gebedjie Jewls, en ook vir julle ander wat gaan doen. Jeweeltjie, bel asb daai Makou en seg ons mis hom vreeslik. Rooikappetjie, sterkte vir vriendin ok.

Anonymous said...

Miekie, jou sus is inderdaad 'n formidabele vrou. Geluk. Kiets, sterkte vir ma se operasie vanaand. Jeweeltjie, ek dink niks. Jy lê heen en weer en wieg innie niks en staar op innie bloue niks en hoor niks want daar's nie 'n gelydjie om jou nie. Dis net jy ennie groot wiegende water ennie groot blou koepel daar bo. En jy dink aan niks. Dis hoekom dit so lekker is - om jousigsellers oor te geen aan niks so van tyd tot tyd. Dis anners as om laansie pad oppie sement piekniektafeltjie te lê. Da' jaagie mouterkarre by jou verby en jy moet aan mouterkarre dink - ennie mense in hulle. En waar ammal heen jaag. En wat gee wie om virrie plekkies ennie mense waarby hulle verby jaag - behalwe lat dit 'n plek is om gou tenk vol te maak, gou burgers en Kouk te koop om pens vol te maak en gou gaan blaas leegmaak voorlat jy weer verder jaag. En jy voel vere virrie mens wattie tenk volmaak ennie voorryt vol goggas sleg skoo'maak ennie mense wat te starag is na jou sin mittie burger en Kouk ennie mens wattie toilet skoo'maak waar jy mis gekorrel het. Al wat belangrik is is om so gou moontlik annerkant yt te kom solat hulle in hulle se liekse strandhys of hotel of woonstel kan gat loop rondlê en hulle se pense dik vreet en hulle se moermeters opja' oorie vakansie drukte. En moeg trugkom by die werk en spog oor hoe vinnig hulle gery het na hulle se vakansiebestemmings en hoe lieks hulle gebly en vakansie gehou het. En te vroeg dood aan hulle se harte. En vere voel virrie reis...

Anonymous said...

Kiets,my vriendin het my nou net laat weet,die tweeling is weer terug in die hospitaal....sy is so moedeloos...sy het 2xweke later begin werk as wat sy moes....werk nou die 4de dag...en nou weer dit....wens ek kon iets doen vir haar...mens voel so magteloos...sterkte ook vir jou vandag...gee vir magoed n' drukkie van my....

Anonymous said...

O ja, vergeet ek om te vertel. Ek lê nog so op my rug innie wiegende water en staar na die blou koepel bo my. Toe sien ek hierie twee goeters bo die water ytsteek. En ek dog eers disse haai. Maare haai se vinne lykie so nie. Of is ditte rob? Nee, 'n rob se voete is swart. Of is ditte seeskilpad? Maar nee, hulle se voete lyk okkie so nie. Sal ek maar sien dis my eige twee voete wat so bo die water ytsteek. Toe giggel ek weer al te lekker vir my Deense kollegatjie wat laaskeer saam was. Sy reken sy kannie op haar rug innie see lê nie. Haar voete sink.

Anonymous said...

Vlakkies.....jy vertelling is kostelik....ek glimlag so by my selwers.....as ek iewers heen gaan maak ek altyd notas van dinge wat my opval en wat ek sien en beleef...en ek vergaap my aan mense se kom en gaan...en wat hulle doen as hulle dink ander sien hulle nie....die mensdom is een van die interesantste spesies op die planeet....dan ry ons nog Kruger toe.....ons het dan al die aapstreke hier om ons....

Anonymous said...

Jy's reg Rooikappie. Gistraand weer by 'n afskeidspartytjie gewees vanne Italjaanse meisie wat weggaan. Sit ek so oppie kant en hou die mense dop. Vra iemand vir my hoekom ek so eenkant sit. Seg ek ek is besig met my gunsteling tydverdryf: People watching.

Anonymous said...

Vroulief skryf drie ier haar laaste vraestel: Kriminolologie. Nog net sewe slapies.

Anonymous said...

My jitte, daar word ek toe sommer helder oordag in my huis gesteek!!!!!! Dit laat my dink aan die dag toe Robyn so mooi vertel het van die miere op haar lessenaar en dat mens hulle ook maar moet laat begaan... Hier kom toe 'n by aangezoem-zoem uit die binnegoed van my huis en plak haarself neer op my rekenaarskerm. Ek sluip vorentoe met my oge om hierdie ongelooflike mooi oomblik van nader te bekyk, die fietse lyfie, pootjies, voelertjie, angel - te pragtig! Dis asof sy dit geniet het om my te tempteer met haar prag! Ek haal skaars asem, so bly is ek oor die onverwagse besoekertjie wat my soooo betower. En skielik vlieg Bytjie reguit buitedeur toe en 'hower' daar rond teen die glasdeur nes 'n helikopter wat landingsplek soek!! As ek nou terugdink, weet ek dat ek nie so gretig moes wees om Bytjie te red nie, want ek spring toe op, gryp die sleutels, sluit die deur oop en as afskeidsgroet land Bytjie op my vinger, steek die draak met my en vlieg weg son toe om 'n gewisse dood te sterf... My angel-persentjie vir die dag was seer!!!!!

Vlakkies, vyf soene vir jou!! Dit was 'n kostelike vertelling en laat my nou sommer na Antjie verlang wat die langpad bos toe vat vandag - hopenlik weet hulle hoe om te reis...

Mieks, die Skitter-stêr trofee is Sussie s'n vandag!! Baie geluk - dis 'n wonderlike prestasie!!

Katjie, ek was vas van plan om Makou dringend te SOS oor ons hom so mis, maar toe dink ek weer. Almal kry slegte en goeie dae. Maar almal van ons lees nogsteeds die woordplaas al praat ons nie... Miskien het Makou bietjie oorwintering nodig en sal hy weer in die lente blom? Verseker!!!

Patrysie, hou nou op om pantoffels aan te dra en heeltyd musiek uit te soek vir Gentleman! Ek mis jou!!!! Wat beplan julle vir die naweek, mmmm?

Anonymous said...

Sewe slapies is een week. Een week het 168 ure. Dis net 10080 sekondes, Vlakkies!!! En beste van alles is dat Vroulief vir eers klaar is met swottings!! ♪♪♫♪♪ Al die eksamens is nou klaar, joegaaidie, joegaaidaai!!!! ♪♪♫♪♪ Dis weer vakansietyd, rondomtaliedraai, ek gaan lekker visvang, by die hoek vannie baai... Ek is sooooo bly vir jou, Vlakkies!!! Nog net sewe slapies, die perfekte getal!!!

groeni said...

lo da almal. ok, eks nou kla gewerk vir paar daggies. ga nou laastes pak en wha-la. nee jewls, ons is so te se kla. gisteraand al die 'harde pak' gedoen. sal sien hoe ga dinge vanaand. snip is baie siek, vanoggend vroeg al deur skool gebel en haar dr toe geneem na sy spesiale tyd die laaste vraestel geskryf het, en dinge hang ma daarvan af. nee, samaritaan ga ni sa ni. hy's in suidwes en ga da allie pad oos ry tot by moz. tata aan almal. soet wees! nah, dis virri voels, en da's nou min hie oppi plaas.. geniet dit, ons is wo wee trug.

Anonymous said...

Ag dankie dat julle gedeel het in my vreugde :-) Is nou-nou deur 'n hengse haelstorm, dit reën en is ysigkoud hier. Gaan die heeeeeeeele aand net vir myself neem en lekker bederf goedjies doen!!! Môreoggend weer vroeg opstaan vir 'n funksietjie wat ek die tafels & saal mooi gemaak het, dan weer terug boeke toe virrie heeeeeeeeele Saterdag :-( ~ Mooi ry groenie-julle en geniet elke warmstroom.

Anonymous said...

PRROOOOvi.i.i... Ai tog, daar maak my spannetjie dit net-net nie. Dêm TMO! Maar vemarrag skrou ons ammal virrie Bokke. Toe, kom-kom, die koffie word koud. Ses slapies!

Anonymous said...

Hallo al die plaas maters, en hier is ek toe vir die heel eerste keer op die Lekker plaas. Ja, ek het uiteindelik klaar eksamen geskryf!! Behalwe vir gister se vraestel, is al die punte reeds uit, en ek is als deur!! Nou kan ek darem ook bietjie asem skep. Kieter, sterkte met moeder se pyne! Jewls, ek het sowaar amper begin saamsing toe jy so ewe vrolik sing die eksamen is verby! Ek kan nie vir iemand sê hoe bly ek is nie, dit was lank uitgerek, en hierdie koue winter maak dit ook nou nie juis makliker nie!! Ek sal ook van vandag af weer graag wil saam koffie drink, en ek sal veral nou hou van daai pannekoek. Kasie, jou meisiekind is in die beste hande waar sy hierdie trauma-ding gaan deurwerk. Hou ons maar op hoogte, dis die een ding wat ons nie een graag sal wil beleef nie. Maak nie saak of dit mens se eerste karretjie of 'n ou skedonkie is nie. Poplap in Londen het toe ook haar eerste baie slegte ervaring in Londen gehad.., haar baadjie en paspoort is gesteel. Sy was behoorlik in 'n toestand, maar het vanmiddag darem al weer vir haar ma gelag! Nou toe al julle liewe mense, warm bly, pas julleself baie mooi op. Rustige naweek.

Anonymous said...

Het my Kolkatjies verloor, Vlakkies en hoe het dit met die Bokke gegaan? Ek het vandag 14 ure lank om my voetjies gestaan vir Dr. Potgieter wat sulke wonderwerke verrig met spastiese- en konginentale-afwyk pasiëntjies. Sy gaan een of ander tyd op Carte Blanche te siene wees oor daai dogtertjie wat sy geopereer het wat geskiet is terwyl die mamma nog swanger was. Die storie was laas week in Beeld. Dis verstommende werk wat die vrou doen en van die drie kindertjies wat sy vandag gedoen het, het sy twee heeltemal verniet opereer omdat die ouers nie geld het nie. Ek het wraggies nog nooit sulke gebreklike kinders gesien soos vandag nie, maar as sy klaar is, is die beentjies en armpies reguit! En nou's my rug af van allie lank staan!!! ;-)) Wat het julle almal vandag aangevang? Hoe gaan dit met Mams, Katjie?

Anonymous said...

VROULIEEEEFFF!!!! Welkom terug!! Dis soooooo lekker om jou weer te sien!! Jammer oor Poplap se skade - hoe maak sy nou om 'n nuwe paspoort te kry? Dis nogal 'n tammeletjie, né?

Anonymous said...

Gelukkig kan ek nog bly wees oor die Bokke se oorwinning, want hier is die land in rou, Oranje is verby. Rusland het ons huis toe gestuur, 3-1.

Anonymous said...

BOKKKKKEEEE!!!! Skies Jeweeltjie, was gistraand bietjie op. Bokke het gewen, maarie goed genoegie. Kolkatjies hettie Griekwas se diamante geslyp, die Kavaliers hettie Valke se vlerke geknip, die Shrimps het innie doodsnikke deergeskraap teenie WP, ennie Bulle hettie welpies se snorbaarde ytgetrek. Jammer Kaasman oorie voetbol.

Anonymous said...

♪♪♫♫♪♪ Was dit nie gister die langste dag en die kortste nag nie? Jippieeeee!!! Somer, hier kom ons!!!! ♪♪♪♪♪♫♪

Hallo, Vlakkies! Gisteraand was jy op, so is jy vandag af? ;-)) Dankie vir die uitslae, jy doen dit so kostelik!!

Kaasie, jammer oor Oranje - nou moet jy maar saam met my skree vir die Kolkatjies!!

En 'n bietjie goeie nuus: Daai outjie van die 'paving' wat weg is met my geld, is gevang waar hy koper nommers gesteel het van posbusse af en nou sit hy met sy gatjie innie tjoekie!! My buurvrou se bynaam is die Pretoria News - sy los nie 'n storie nie...

Anonymous said...

Ek sien die Stad van die Rose was vandag 'n slagveld!! Loopgrawe en al! Was jy daar Mieks? Dis so wonderlik om te sien hoe party mense passie het vir die geskiedenis en dit op so 'n praktiese manier aan die nageslag oordra!! My Oupa het in die tweede wêreld oorlog geveg, maar dis 'n storie vir 'n ander dag...

Anonymous said...

Nou ja,die laaste sonstrale het ek ingedrink...hoop dit hou en help my deur die week...tot volgende naweek...heerlik-heerlik...dis al hoe ek dit kan beskryf....die son is die wonderlikste teenvoeder vir die koue aande...elke plantjie en grassie het aandag en liefde gekry...en my hart borrel van die lekkerte...Kasie ,jammer vir jou span...maar gelukkig is daar darem nog die Bulle...onthou jou blou truitjie....Jewlsie...wat het jy alles aangevang....waar is die fodies.....Vlakkies...dit was darem amper vir die Province...ai,en hier kom die Haaie en krap alles deurmekaar....Mieks....klappertand jy of, is jy te besig..Vroulief...wonderlik om jou weer raak te sien...soooo bly jy het bietjie rustyd...en natuurlik nog net vyf dae...jipeee vir jou part....nou waar is die res van die bewoners...kom ek het die kaggel behoorlik gestook...hardekool...dit gaan laaaank brand en warmmmm maak...ploffies is ingegooi...Groenie...e sal maar solank die werkie doen terwyl jy skuur en jol en geniet....mis jou!!!...wat se musiek luister ons vannaand...

Anonymous said...

Hallo Vroulief dit is nou 'n lekker verrassing vir die aand. Ook bly om jou te sien en baie geluk met die uitslae solank.

Jewls nee ek was nie daar nie. Adv. Steyn wat hierdie passie van hom 'n werklikheid maak is MT Steyn se kleinseun. Hy doen regtig baanbrekerswerk. Hy besit 'n restaurant Onze Ruzt hier buite en die was ook genomineer vir Rosestad Instansie van die Jaar by nou die ander aand se funksie.

Robyntjie ja ek klappertand, maar het dood eenvoudig vandag die boeke toegemaak en my Sondag bestee soos dit 'n soet meisie betaam ;-)

Anonymous said...

O wee ek sien Tsvangarai het nou onttrek uit verkiesings in Zimbabwe! Robyntjie is daar bietjie Port vir my? Kan ek bietjie loer watter musiek is daar in jou kas? Ek is lus vir bietjie ou nommertjies soos Jim Reeves en Don Williams. Of bietjie meer ons tyd Toto se Africa en Rosanna.

Anonymous said...

.....ooooO..............
.....(...)... Ooooo.....
......)../.....(...)...
.....(_/........)../....
................(_/....
...I WAS .............
............HERE......

Anonymous said...

LOL daai twee voetjies lyk maar vir my uit preporsie hier....

Anonymous said...

Hie hie ...ek val amper oor my eie voete...die ploffies was bietjie sterk...Groenie dis jou skuld...kom daarvan as jy die joppie aan my oorlaat...Mieks...jy kan maar grawe in my musiek...jy sal Jim Reeves daar kry...kyk links bo...ja,daar is so drie verskillende CD's....en dan moet ons oorgaan na die Bee Gees,....en dan U2...se With of without you...ek gooi nog hout op...Jewlsie!!!! vir wat gaap jy so...Kasie skuif nader...ek bedoel aan die kaggel:-)))))...skrik hy vir hom skoon lam...hie hie

Anonymous said...

Mieks....kry jy wat jy soek?....jou port is gegooi....mmmm...salig...Oom Jim weet darem hoe om jou hartsnare te streel...ai,ai....Mieks ,dis n' wenner....♥♥♥♥

Anonymous said...

Hmmm Robyntjie sjoe jou kassie is netjies gepak! Jy het so mooi beduie ek kon nie 'n fout maak nie. Eers gou weer vir Oom Jim mooi terugsit in sy spasie.... Okey kom ons luister bietjie die Bee Gees ;-)

Anonymous said...

When I was small, and christmas trees were tall,
We used to love while others used to play.
Don't ask me why, but time has passed us by,
Some one else moved in from far away.

(chorus)
Now we are tall, and christmas trees are small,
And you don't ask the time of day.
But you and i, our love will never die,
But guess well cry come first of may.

The apple tree that grew for you and me,
I watched the apples falling one by one.
And I recall the moment of them all,
The day I kissed your cheek and you were mine.

Anonymous said...

Mieks....dis mos nou tone krul mooi...ek luister nou sooo lekker...en my gedagtes verdwaal, in my onthou paaie... Kasie,sit skoon toe ogies en droom...

Anonymous said...

Ag hoe lekker lê ek nou op die bank en kyk vir die vlammetjies. Die portjie is te doe! Ek het lekker biltong gekry by die omie van die slaghuis ek gaan haal gou vir ons dan Kasie vir ons met sy knipmes kerf....

Anonymous said...

Nou ja....U2 se, With or without you...het die aand vir my afgesluit....met die deuntjie in my kop gaan ek nou snoesig in my bedjie kruip...Mag hierdie week een groot lekkerte wees vir elkeen...wees lief vir mekaar...en onthou die glimlag!!!!...xxxx

Anonymous said...

Biltong!!!!...wag,ek moet eers n' stukkie kry...Kasie,waar's jou knipmes...mmmmm...egte Vrystaat biltong...kyk,die omie weet hoe...dankie Mieks...dis proe vorentoe....gaap,nou ja,ek weet ek is nou half ongeskik...maar die son en vars lug het nou sy tol geeis....as ek nou langer sit, gaan julle my bed toe moet dra....en my warm sak en my beertjies en en en ...so laat ek liewer self loop inklim...xxxx

Anonymous said...

Hallo julle, dit lyk soos 'n regte ou Sondagaand kuier. Ek sal die biltong vir julle kerf en verdwaal in julle wêreld want party dae kan ek tog so lekker "huistoe" verlang. - Jewls, dit was gister hier by óns die langste dag en die kortste nag en nou gaan die dae weer korter word tot die donker van die winter kom. Maar die kort nag het nie saak gemaak nie, die kaasies het in elk geval sleg geslaap, die verdriet is te groot. Daar was 'n amptlike lied, "met bloed, sweet en trane", toe ons nog gedink het ons word die Champs of Europe. Wel, die bloed en sweet was op die sokkerveld, en vandag is daar net trane oor. Maar Jeweeltjie, ek kan nie vir die Kolkatjies skree nie, eks mos 'n ou met blou bloed! - Vandag was ek in Harderwijk, 'n lieflike en historiese ou vissersdorpie. My jongste sussie bly daar en haar dogter het vandag haar 21st gevier. Heeldag innie tuin gekuier, selfs gebraai en vir hierdie land nie eers té vrot nie. Die son het oortyd gewerk en nou lyk ek soos 'n robot wat stop sê.

Anonymous said...

Nee, dis reg so Kaasie, hou jou maar upstairs en al met die blou bloed... ;-)) Baie geluk met jou jongste-susterskind se verjaarsdag! Oe, braaivleis!!!! Die weerpatroon is baie deurmekaar by ons. Laas jaar het dit 'n week na my verjaarsdag vir oulaas gereën, maar dit was so 'n motterige reëntjie. Hierdie jaar spoel KZN sommer weg en dit hael in Bloemmies!! Nou gaan ek gou weer terugspring innie bed - Rooiveer is ook nie lekker nie!!! ;-))

Anonymous said...

Nog net vier slapies!!!!!!!!!!!