Friday, June 6, 2008

Naweek kuierplekkie vanaf 6 Junie.

Wagter waai opgewonde stert hier voor die stoep - wie kom saam stap vanmore so op die lekker fris Vrydagoggend. Lekker kuier die naweek.

34 comments:

Anonymous said...

Skies Kiets, maar Vernon was 'n vreemdeling vir my. Ek het hom nou gegoogle en gevind onner Wie die bliksem is Vernon Koekemoer? Nou weet ek, en sy optrede saam met Evolver gesien. Die musiek is goed wat wys ek is nog nie heeltemal oorrie muur nie. Jy vra waar was ek? Wel, al 14 jaar in Kaasland en niemand het my vannie ou vertel nie, selfs my trend-watcher Petoorskind het oor hom stilgebly. Ek sal met haar moet praat. Dan is dit ook nog so dat my genes so georganize is dat ek nie soek vir gespierde Boksburgmans in shorts nie. Maar ek is bly jy het vir my verduidelik, dankie.

Kietiekat said...

Ek sal hoop jy soek nie vir gespierde Boksburgmans in stywe shorts nie. Een ding is seker - hy is oor die 50 en lyk great daarvoor.

Bospatrys said...

Oi Kieters, hy lyk goed, maar bleddie ongemaklik... dink net, om met twee boerpampoene onder jou arms rond te loop die heel dag sal enige mens mos moeg maak... Jewls, ek't die afgelope ruk nie baie kans vir lees nie, maar wanneer dit wel gebeur dat ek vroeg in die bed kom, lees ek nou Andrè P Brink se "Mal en Ander Stories", 'n klomp kort storietjies, oulike storietjies oor mense en hul dinge... lekker ontspan en lag...

Bospatrys said...

O aarde, ek's nou so lui... niks lus vir werk nie, as iemand my soek, ek lê onder 'n kombers op die stoep en dut 'n bietjie... suutjies trap, ek willie wakker wees nie...

Anonymous said...

Daarsy die boeke is nou eers toegemaak en nou begin my gunsteling aand van die week. Lindatjie onthou dis Sweepslag. Kry jou op die bank ;-)

Anonymous said...

Môre-aand is dit nie meer jou span of my span nie, maar DIE BOKKE!!! Ek wonder of Ondier dit ooit weet... Hallo, allie maaitjies, wat maak julle almal op hierdie mooi Vrydagaand? Viva Vernon en Canon!! ;-))

Anonymous said...

Patrysie, toe ek daai edisie van my geliefde André P gekoop het oor die mallerige stories, het dit net R19.75 gekos!!! Nou blaai ek gou daardeur om ietsie met jou te deel wat ek onderstreep het, maar ek kry toe 'n boekmerkie op bl. 24: "Olive Wood from the Holy Land Flowers from Bethlehem." Ek dink Vader Wasserthal het my beindruk!!! Lekker lees, Sonneblom!! groenie, hoe ganit me j? voel j btr? prt btjie mt my!!! ;-)))

Anonymous said...

Mieks,wat sê jy van Mathys Roets se Droomvrou...dit was nou mooier as mooi.....en Koenie se Karoonag......Patrysie wonner hoop jy kyk ook want hulle sing Soos Bloed van Theuns..maar dis Veronique...en sy Jazz hom so bietjie op....Kasie....ek dink ons moet daardie kaggel bietjie stook.....dis so bietjie knyp koud hier vannaand....Jewlsie....skuif nader...wat maak jy ....Makoutjie....jy ontspan of jol seker bietjie...vertel wat aangaan...en wat jy aanvang....ek is soooo bly dis Vrydag...salige rus lê voor....

Anonymous said...

Robyntjie, hoe bekommer jy jou nou weer vanaand oor die hele plaas en vergeet van Wagter? Nooi hom in en gooi die ploffies!!! Ek werk eers weer môre-middag so daar's baie tyd vir slaap... Kies nou een liedjie-virrie-aand, ek brei te lekker aan my trui!!!! Wonderlike patroontjie!!!! ;-))

Anonymous said...

AS DIE NAG SY BAADJIE TOEKNOOP
OOR DIE VELD
EN DIE DIERERIEM SY BLINK TOT TEEN
DIE SKERPIOEN LAAT Lê

AS DIE TWEELING EN DIE KREEF
KOTTELJONS OOR BEAUFORT-WES
EN DIE MAAN SY BEKER SKINK
OOR GRAAFF-REINET

RUIK JY KATBOS EN KAMBRO
AS DIT REëN IN DIE KLEIN KAROO
MY HANTAMKIND
MY OPTELKIND
VANAAND ~ Coenie

* my en Es se troosliedjie omdat ons eerste lig daar gesien het

Anonymous said...

Lindatjie daai was nou te doe!!! Jewls hoekom kyk jy nie? Ek vrek oor musiek en AFRIKAANS so jammer ek gee nie om wie wat sê nie dit is MY TYD elke vrydagaand. Wag ek gaan soek bietjie my Matthys CD, skuus Vlakkies dit is jou KS.

Anonymous said...

Geniet dit, Miekie! Ek sit en hartseer voel oor Coenie se dogter wat 'missing' is. Ek wonder altyd wat ek meer kan doen om Liefkind te vrywaar van die seerkry van die lewe, maar daardie reseppie bestaan nie! Hoe gaan dit met Poplap?

Anonymous said...

Wagter!!!...Wagter...genade Jewlsie nou laat jy my sooo skuldig voel....Wagter kom hier my ou honne...hier's jou kombersie voor die kaggel...siestog...loop ook al so half stywe been ..die ouderdom kruip nader....maar beskerm die hele plaas met sy lewe...nou ja,ek neem nou maar Groensie se werk oor...ek gooi sommer dubbels....die week was rof en ongeskik...Mieks,daai is seker een van die mooiste liedjies van Coenie....ek is so bly oor Sweepslag...dis so verfrissend anders....Freddie Nest was n' paar jaar gelede een van my kliente....ken hom toe nog nie so goed...op n' dag hoor ek hy is eintlik n' sanger...hy kom weer daar en ek en hy gesels toe oor musiek...hy maak sy aktetas oop haal n' CD uit teken dit en gee vir my....die man kan ook eintlik mooi sing...net jammer hy kry nie genoeg publisiteit....hy is volgende week op....gooi die hout....Jewlsie,sit nou neer die breiwerk....kom ons speel musiek....Mathys Roets is reg Mieks...haai,gaan jy môre rugby kyk daar op jou eie voorstoep.....

Anonymous said...

Jy hoor net die geklik- klak -klik -klak van breinaalde...die gesnork en fyn kerm geluidjies van Wagter wat hase jaag in sy drome...Mieks soek nog Mathys se CD....verwens almal wat die CD kas in n' warboel laat...lee kassieS,CD'S sonder kassies...nee,moet nie vir my kyk...ek is seker Makou het laas Mathys geluister...vra hom....nou ja,ek maak gou vir ons heerlike melk Milo...en dan gaan ek maar inkruip...my hane is yskoud...sal vir my van daardie handskoene met die afgesnyde vingers moer kry...vir die winteraande voor die blikbrein☺☺☺....Jewsie!!!! hie hie hie dit lyk te koddig....die bril sit op die punt van haar neus...die breinaald half deurgesteek...en Jewlsie....vas aan die slaap...hie hie...daardie laaste ploffie het sy werk gedoen....(GAAAAAAP)lekker slapies maaikies.....xxxxx

Anonymous said...

Rooikoppie, ek ken nou gladnie vir Freddie Nest nie, maar ek ken vir Mathys! Hy sing mos so die Leonard Cohen liedjies!! First Manhattan!!!!! Mooi-verby met sy testerostoon-stem en die lang hare wat nie daarby pas nie! Pienk rekkie!!!! Jitte! Tog het hy 'n groot impak op my gemaak - groter as Dozi en Mango Groove en daai girl wat die Afrikaners so plesierig maak!! ;-))

Anonymous said...

Nee jitte Jeweel jy het Matthys dan baie lanklaas gesien!? Nee hy's nou baie "smart". LInda jy ken daai gevoel van jy soek iets en jy weet dit was daar en dan sit jy jou hand daar en dan is dit nie daar nie... elk geval ek het my oorgegee aan Neil Diamond.. sommer oor ek toe so bly is Dr Immelman het my Boetie se hand gered na verlede naweek se ongeluk met 'n saag. Neil sing van "And when he died / He left a table made of nails and pride / And whith his hand he carved these words inside: For my (sisters) children....

Anonymous said...

Jeweel jy praat van Coenie se dogter, ek het dit ook vanmiddag gelees terwyl ek vir Lolla moes was vir haar beauty-treat. Weet jy ek dink dit moet sleg wees vir hom. MAAR waar was hy in haar vormingsjare? Daarom is ek so dankbaar dat ek mentors in my lewe gehad het toe Lolla klein was. Ek kan nou maar net elke dag op my kniege sê dankie en weer smeek vir leiding en raad, ek is so geseën. Halleluja.

Anonymous said...

Lindatjie ek gaan nie môre self stadion toe nie, ek probeer om myself van alle koue en kieme weg te hou. Wil graag weer maandag soos 'n normale mens weer 'n volweek gaan werk. Lollas gaan saam haar Tannie en die nefies, kyk of julle dalk op TV môre iewers hulle karretjies Kho-ry-saam sien!

Anonymous said...

Mieks dis nou toevallig. Ek het vanaand op die stoep gesit en musiek luister, headphone op dat ek nie ander geluide kan hoor nie. En toe luister ek Neil Diamond! Ek het so'n alle-liedjes-van-hom CD, nog in Faerie Glen gekoop toe CD's in SA nog goedkoper was as hier. Ek hou van al sy songs maar my gunsteling is Brooklyn Roads. Sy tekste is so goed dat mens sommer kan sien wat hy bedoel. En hierdie song roep herinneringe op want ek het al eens die voorreg gehad om deur die strate van die groot stad te stap.

Anonymous said...

Kasie hello. Ja daai man kan vir my sing dat ek regtig die prentjie voor my oë in 3D sien. Ander gunsteling liedjies van hom is Holly Holly en I am ... I said. Net lekker as ek dit kliphard kan luister sodat die orige Oompie nie môre weer geselsies wil maak nie. Wat praat ek alles. Jy ken nie die storie nie! Dis so simpel oompie wat hier agter my bly wat nie verstaan van privaatheid nie!!!

Anonymous said...

Onthou julle nog die 3D prentjies? Ek dink dit was een van my sondetjies. Ek het dit verslind. Mens is soms so simpel in mens se lewe en dan stap die tyd aan en jy dink later, jissie was dit nou als die moeite werd? Ek dink solank mens net erken jy was eintlik vreeslik simpel dan het mens reeds die groter treë gegee? Ag hoe lekker lig voel my skouertjies nou.... Koewieeee JY moet lekker slaap.

Anonymous said...

Is ekke, skuus.

Anonymous said...

Vandag is weer een van daardie blousel blou ,warm winterson dae...ek het myself nou so ruk oorgegee aan die saligheid...in my wegkruiphoekie in die tuin gesit,die sproeier klik klik klik...die voeltjies bad in die voelbad...is skoon baldadig..opgewonde....ek voel so geseend om dit te kan belewe,ek luister vanoggend Pan pipe Dreams van Gheorghe Zampir,so regte teetuin atmosfeer....die lewe is wat jy daarvan maak...en hoe jy dit beleef....

Anonymous said...

Hallo Robyntjie. Ek wens ek was 'n vlinder in jou tuin... Hier is dit net so lieflike dag. Bly vir die Bokke. Jitte die Bokkoors loop dik hier in Bloemies.

Anonymous said...

Jippie vir die Springbokkes en toe wen ons sommer die Sokker ook! Volskoot!

Anonymous said...

BOKKKKKKEEEEE!!!!!! Sit ek nou ewe trots mit my groen hempie hier in Annerland!

groeni said...

en da mis ek dit! ek voel soos michellen mannetjie, ma kry nog steeds koud.. skoonma bring ertjie sop. ag iemand, klap gou da vir rooies tussen die blaaie, sy verstik... ja, oee jippee..ek ga nou we trug onner keberse in.. jul moet lekka aand en so he.

Anonymous said...

Hallo Groeni hoop jy is warm onder die keberse in. Die en so? .... jy sal moet klassifiseer wat erm .... dit wat ek gehad was onverbeterlik!

Anonymous said...

Sjoe,dit was nou n' heerlike sonnige dag,maar as daardie sonnetjie agter die bult in, slaat die koeligheid jou tussen die blaaie..brrrrr....nou ja,nou gaan ek vir ons melk milo maak,Groensie,wat va nog bietjie ertjie sop....jou gunsteling☺☺☺...wag laat ek jou gou weer bietjie stropies injaag...ja,maak oop daardie bekkie...maak aaaaa....sluk,sluk!!!!jis jy is erger as n' kinner....as ek jou nie dopgehou het,het jy sowaar dit weer uitgespoeg...geen wonner jy word nie beter....ek sal beter toesig moet hou,...Mieks,daardie was nou rugby uit die boonste gestoeltes...jy kan sommer sien die manne speel met oorgawe,ai ek is sooooo trots op hulle....Vlakkies,jy is nou n' ware ambassadeur...om selfs in annerland die groen en goud te dra...vyf sterre vir jou...Kasie,en wat het jy met jouself aangevang vandag...is daar al weer nuwe fodies.....Wel,dis maar stil hier op die stoep vandag....helfte is in die bed met sntrs......en die res het seker n' ent gaan stap langs die rivier....

Anonymous said...

...en party ander kyk vir die maan! So 'n skaam sekeltjie met twee sterretjies vir geselskap! Te pragtig!!! Ek sukkel nou al sedert Chico se ongeluk met die twee honne. Elke aand bevlieg die tweetjies mekaar ten minste vier keer. Chico sit dan 'n keelgat op, tjank, skop, rol rond en ek weet nie meer wat om te doen nie - hoekom kan Lillian hom nie uitlos nie??? Vanoggend was ek alreeds wakker toe Chico weer so 'n keelkat opsit en toe tref dit my vir die eerste keer: Hy droom elke aand die ongeluk oor en oor!!! Arme Lilly het niks daarmee te doene gehad nie... Siestog, hy het vanaand onwetend 'n kalmeermiddeltjie gesluk saam met sy kossies - mag ons almal uiteindelik 'n wonderlike nagrus ervaar!!! ;-)) Hoe gaan dit met jou?

groeni said...

rooies, het jy dop in daai stropies? ek't soos baba geslaap di laaste paar dae. voel stukke beter, kan nou weer uit my oge kyk en my mond toe hou...sntters is nog ma da, ma baie beter.. haai mieks, jy ok die pad gevind?

Anonymous said...

Toe kom, kom, Wagter doen wat hy die beste doen - wag.

Anonymous said...

Môre Vlaktekind & Wagter. En al die ander maats. Hoop julle dag is verskriklik lekkkeeeeeeer!

Anonymous said...

Mieks,jy is vroeg op in daardie koue weer by julle,ek hoor vanoggend ,daar is ook ligte sneeu by Van Reenen....miskien moet ek hierdie winter bietjie in die sneeu gaan baljaar,Mieks wat sê jy, ons gaan Fouriesburg toe...en bou n' yslike sneeuman.....Vlakkies,arme Wagter, dink nog hy kan snoesig met sy neus tussen sy lieste snooze...jy het baie energie vandag,wat gaan aan?...Jewlsie...het julle toe rustig geslaap...Groensie,as ek vir jou moet sê wat in daardie stropie van my is,wel.....nee wag....laat ek liewer swyg☺☺☺
Nou ja,laat elkeen van julle die beste maak van hierdie dag....en onthou die glimlag!!!!....