Monday, June 9, 2008

Week van 9 Junie

Fris wintersoggend! Lekker warm gesels hier om die Aga.

132 comments:

Kietiekat said...

More more almal! Gits maar dis fris vanmore en voel vir my of dit net kouer wors. Mieks, dis nou regtig lekker om jou meer hier te sien hoor! Jeweeltjie, het Chicco beter geslaap. Die arme arme ding!

Anonymous said...

Vervolg vannie naweekblad: Rooikappie daai tyd vannie môre is ek al twee iere oppie been. Klaar oppie dak gesit ennie son ingewag mit my eerste koffietjie, stilte gehou, die koerant se voorblad gelees, brekfis geëet, en sit al innie kantoor mit my derde koffietjie en kyk wie oppie plaas is nog wakker.

Bospatrys said...

Brrrr, ek kry ysig koud... nie eers die sonnetjie wat deur die venster probeer kom kry my warm nie... Middag Kieters, middag Vlakkies!!

Kietiekat said...

Middag julle 2! Kry die ander te koud om te gesels of is dit net 'n lifant dag? Ons weet Jeweeltjie werk baie hard op maandae, maar waar's die res?

Bospatrys said...

Oeeee, nou gaan ek onder my kombersie inkruip en 'n lekker soppy "love-story" fliek... Out of Africa... ;-) Bly warm matertjies, als wat vanaand uitsteek sal afvries!! ;-) ♥♥♥

Anonymous said...

Robyntjie ek wil darem ook net sê 07.20 issie vroeg nie... die kraaie gaap dan al. Maar ek is darem ook nie so lief vir vroeg opstaan soos Vlakkies nie!

Nee Kiets dit was darem by nie 'n ollie dag nie, ek het in elk geval besluit niks sal die dag vir my blou maak nie, ek het al die blougeit met sagte pastelle omhels.

Robyntjie, dit sal nou vir my lekker wees. Kom ons gaan bou sneeumanne. Ons boek in by Meiringskloof, maak groot staan vure die Vrydagaand, Saterdagoggend ontbyt by Oom Clive hulle en dan trek ons deur die Fouriesburg hek.... oelallies dit kan vet pret wees. Reël jy nou vir ons so trippie.

Ons kan natuurlik daar by die lughawe by Ficksburg ook gaan bly? Ek sal by Thabo uitvind wat sal hy ons vra om die twee "huisies" te huur.

Anonymous said...

Ag sies tog, kry julle koud? Toe maar, julle SA winter is baie korter as die Kaas een. Hierdie landjie is warm vandag, nie net die weer nie, maar ook die gevoelens. Die land staan op sy kop want die Kaasies speel teën Italië innie Europeese Sokker Kampioenskap. Die hele land is in oranje, die nasionale kleur, verander. Hier ommie draai is 'n ou wat selfs die straatverligting oranje gespray het. Die kaasies spandeer € 65 miljoen (R 650 miljoen) aan oranje gemors soos hoede, pruike, shirts, toeters, trommels en ander dinge om hulself belaglik te maak. Op die markplein van Bern, die hoofstad van Switserland waar die game gespeel word, staan 30 duizend mal kaaskoppe om die game te sien op 'n widescreen terwyl hulle dit by die huis op TV kon gekyk het. Natuurlik hoop ek ook dat Holland vanaand sal wen, maar soos 'n Italianer gesê het, ons Italianers hou eers party as ons gewen het. Dalk is dit die gedagte van die Kaasies; as ons vanaand verloor het ons in elk geval lekker makietie gehou.

Anonymous said...

Haai Kasie jy beskryf die hele prentjie so knap. Dis 'n mal ding om daai "koors" onderlede te hê. Ek hou my duime vas vir Holland en dit net vir jou.

groeni said...

lo da almal.. het gou my sneuse onner die kebers voor aga ko uitstoot. dis mr koud... jippeee, maaaaandag is verby! nee hl, mieks, hou daai wit vere da by julle to vlge week., ek soek sonskyn, het hele grot vol mense hie di naweek

Anonymous said...

Voorlopig is die land nog oranje. Redelik maklik gewen van die Ita's. 3-0. Nou Vrydag teën Frankryk, en die kaasies gaan mal.

Anonymous said...

Môre-môre. Bly vir jou Kasie. Dankie virrie koffie Vlaktekind. Maak so vir jou groeni!

Kietiekat said...

Veels geluk Kasie en Kaaskopland! Is Italië nie die huidige kampioene nie? Dit moes 'n groot feesvierigheid afgegee het. Annecke vanmore in die kar: Mamma, hoekom skeer pappa? Ek: Pappas het hare op hulle gesig wat hulle nie dan skeer hulle dit af. A: Hoekom het pappas hare op hulle gesig? ek: Want Jesus het hulle so gemaak. A; Hoekom het Jesus hulle so gemaak. Ek: (Evolusieleer 101???) Want baie jare terug was dit baie koud en die hare het pappas warm gehou as hulle buite moes jag nes Moya en Bongi warm gehou word deur hulle hare. A; Hoekom het die mammas en kinders nie ook koud gekry nie? Ek: Want hulle het meestal binne gebly. A; Het Jesus nie omgegee dat die kinders nie buite kon speel nie? Nou wat antwoord mens dan? Ek het gesê dat Jesus altyd omgee vir kinders en genadiglik het ons net toe by die skooltjie gestop.

Anonymous said...

Vlakkies,jy laat alles soooo salig klink....wens soms my tyd in die oggende wil ook net bietjie langer rek.....ek doen dit wel oor naweke...Jewlsie hoop gister was nie te dol...Patrysie daardie fliek ("Out of Africa") is een van my gunstelinge...hoop jy het dit geniet....Mieks,dit klink soooo lekker....Kiets...dis nou uit die mond van die suigeling...dis te pragtig....jy moet sulke dingetjies aanteken...en eendag as sy groot is haar weer daarvan vertel....Kasie....dit klink amper soos by ons as die Bulle en die Bokke hul ding doen....bly vir jou part hulle het gewen en deurgegaan na die volgende ronde....dis brrrr koud vandag.....Groensie...hoe voel jy mater...wil jy nog stropies hê....Makoutjie,waar vlieg jy so baie dat ons niks hoor of sien......praat met ons!!! en die res...nee, man....kry julle voor die kaggel,4uur....dan drink ons ietsie om die lyfies warm te maak...en speel lekker musiekies.....jolige dag vir almal....wees aktief...spring op en af...dit hou jou warm!!!...xxx

Anonymous said...

Ek sit solank die ketel op die Aga....laat die moerige koffietjies behoorlik trek....kom maters...praat bietjie ...bring jul warm laggies....en vonkel in die ogies....ons kan nie dat die koue ons so betrap....ek VRIESSSS!!!....en dit is in die kantoor...wat van die wat buite moet arbei.....

Kietiekat said...

Nee gits, ek weet ons kla van die koue maar dis koud! Woollies het sulke sjokolade suigstokkies vir kinders - dis heerlik - so gedip in Rooikappetjie se koffie, dan suig mens die gesmelte sjokolade af. Nammies! Medisyne vir koue, verkoue, griep en hartseer.

Anonymous said...

AG,dit ruik heerlik.....laat my verlang....die vuurtjie knetter heerlik in die kaggel...ek het ekstra kombersies en warmgemaakte beanie bags neergesit vir die koulikes...Kiets!!!!koop sommer nog van daardie sjokies...netnou het ons nie genoeg vir almal.....Goed...alles gereed ...wag nou net vir die maters....ek het sommer heerlike kerrie en rys ook gemaak....die vleisies is al heerlik sag....die geure praat met mekaar en my mond water.....ek sit solank musiekies op....net om die regte atmsfeer te skep...xxxx

Anonymous said...

Al weer net ek en Wagter....

Bospatrys said...

Hierso is ek... kapot oor 'n mik gewerk, maar ek's hier...

Kietiekat said...

Ek's ok hier al is dit net vir 'n rukkie. Daai kerrie en rys klink vreeslik lekker. Sal gou by Woollies om vir nog sjokkie-stokkies.

Anonymous said...

Sit maters...Patrysie vat daardie warm beanie bag en kombersie.....ek gooi nog hout in die kaggel....Kiets,wag laat ek jou help met die sjokkies...dan kanjy ook jou sit kry met die lekker warm kombersie en beanie....ja,Wagter...nou's jy skielik op en wakker...hoor net van sjokkies, dan waai jou stert al van opgewondenheid....nee,jy kan nie nou kry eers as almal hier is, en gekry het ...en as!!...daar iets oorbly kan jy kry....Ok,wat se musiek gaan ons luister....

groeni said...

o f! ma dis koud! lo da.. ek wil ok tjoklits he, ma my gt gou te veel davan :) hi da.. jul met jul kebersies. ons 'admin' poppies het almal sulke lovely pienk kebersies gekry. nou moet jul dit aanskou... almal sin so ommi lywe gedraai, nes ous wat pe-pe!.. gelukkig is dit nou koud, anners was hul nog kaalvoete ok.

Anonymous said...

Sjoe dankie Kiets en Robyntjie dis nou 'n gesellige verwelkoming. Ag dis lekker om tuis te kom en die kos is gemaak, die aga is aan die brand, daars tjoklit stokkies, mooi musiek, goeie geselskap... wat meer wil mens hê?

Unknown said...

Vlaktes ... 'k wil nou al hoelank vi jou laat weet. Daa's 'n niew(erige)Cd van stembaas Neels Diamant uit. "Home Before Dark" Mooiste lied daar op:'Pretty Amazing Grace' en daar is so 'n 4-lied DVD ook by. Mensig, tyd het daai ou se stem g'n skade gedoen nie. Sit juis nou "Ek is, ek sê" en lyster. Ek is ook maar sag ommi middel as Brooklyn Roads verbykom ... maar noulat jy so vêr is gaan ons maar sonder jou paartie. En al gee jy om ... so wôt? Djaweelkjie - dis nou weer tyt lat jy iets reel jong. Kieter, praat daar aan jongie, maar jelle moet so plan dat daai Miekers kjent vannie Blomdorp ook hier kan wees. O ja en daai Groenie meddi lekker diep-uit-die-maag lag. Ek stel voor 'n "sop en sjerri" aand???. Groot vuur, ammal toegewikkel in komberse, en jy moet 'n cd van jou 10 gunstelingste musiek bring [moet net nie langer as 5 minute op 'n snit wees nie] mp3, wma of so iets formaat.En natuurlik 1 liter sop en 10 liter sjerri [nounie ons priorityte verkeerdom kry nie] En tussenin, as Djaweelkjie weer so mooi vra, vertel 'k stories... en ons luister musiek. Onthou, ek is uit kantoor van nou af tot 7 Julie. So, na 7 Julie is enige datum BG. En onthou .. o ja, Vlaktes, het jy al mooi geluister na "Mama dont know" op sy September Morn plaat? [nog die ou 33-LP]. Micky, as die Vrystaat nie nou regkom nie gaan julle nog verder agter raak ;)

Anonymous said...

Ag Uncle Mac jou dierbare mens! Jitte jy praat uit oor die Vrystaat... Kyk nê as als goed gaan tot Vrydag dan dans ek saam met Klipwerf Vrydagaand. Sien jy Uncle ons issie so agter nie ;-)

groeni said...

hi mac, hoe lat jy my nou bloos! ja, ek kan jenjin nog bloos, soos oori 'oopbekding', die nuwe sars tax en sulke dinge... ag, di shu-shu vakansi is sooooo in gmors - vir my in elle geval.. eks dmr in en als.. wie't vliegtuig?

Anonymous said...

ag groeni die Kaasman het een, NEE ek wil nou nie vir Kasie innie gesig vat nie jitte, die ander Kaasman het ene, waarheen moet hy jou vlieg? Oktober is ons deel van daai lugskou net oorlat ek so mooi na sy risiko's omgesien het. Moet ek hom nou vra of wat?

Unknown said...

Owen is uit die hospitaal en sterk tuis aan. Emma gooi tantrums EN flurmurre oor Boetie wat op haar stoel uhmmmm, sqal ons maar sê 'broeklosmaak' ... manmmmm, dis lèkker om oupa te wees ... die goed loop soos goeie kaauwboi flieks ... en ek hoeffie op te ruim nie... kompleet oupa.Ek en Emm gesels land-en-sand tussen skjool en swemplek. Ek vra: "Waars Emma se hartjie niou"? sy haak af :By Liewe jesus hy bly hier binne, en sy beduie so karkas se kant toee, Sy dink bietjie en kap my:Uopa ry vinnig, liewe jesus gaan gou-gou kom ..... en sy suggggggggggggggg so.

Anonymous said...

Weet julle wat is die lekkerste lekker...om al jul storietjies en kinder gesegtes te lees....dankie vir die voorreg....Mac,ek dink jou voortel is puik....Mieks,waarvan praat Uncle, Mac nou, van die Vrystaaters wat agter is....ja,ek weet alles is nie daar, en net om die hoek....maar die liefde en omgee op die klein plattelandse dorpies is onoortreflik...Uncle,verduidelik so bietjie☺☺...ek weet toe ons daar was oor Des/Jan,soek ons n' braaier..gewone goedkoop braaiertjie...ons ry kilometers na kilometers...niks...☺☺....Groensie,jy begin weer met die oopbek ding!!!....mens kan sien jy is amper gesond☺☺ nou ja,laat ek my kombersie om my vou,my Milo drink...en skoffel....♥♥♥♥

Anonymous said...

Robyntjie ek dink hy verwys maar daarna dat ek nou so agter geraak het met al die kuiers... Julle moet 'n lekker dag hê. Ek gaan bietjie vir die dag Phillipolis toe om vir daai omies goeie nuus te gaan gee. Tata.

Anonymous said...

Robyntjie, hoekom ry jy kilometers vir 'n goedkoop braaitjie? Laat ek jou vertel wat ek saam met 'n kollega gedoen het toe ons jare terug op 'n plattelandstrip was in die verre Noord-Transvaal. In Soekmekaar, van alle plekke, het ons broodjies, mosterd,tamatiesous en 'n meter boerewors gekoop. Natuurlik ook ietsie om te drink. Toe ry ons die dorp uit en iewers langs die pad het ons die boerewors om die draad van 'n omheining gewikkel, vuurtjie daaronner gemaak van mopanitakkies en toe het ons mrse lekker geëet. Eks seker dit kan ook innie Vrystaat gedoen word.

Anonymous said...

Robyntjie, hoekom ry jy kilometers vir 'n goedkoop braaitjie? Laat ek jou vertel wat ek saam met 'n kollega gedoen het toe ons jare terug op 'n plattelandstrip was in die verre Noord-Transvaal. In Soekmekaar, van alle plekke, het ons broodjies, mosterd,tamatiesous en 'n meter boerewors gekoop. Natuurlik ook ietsie om te drink. Toe ry ons die dorp uit en iewers langs die pad het ons die boerewors om die draad van 'n omheining gewikkel, vuurtjie daaronner gemaak van mopanitakkies en toe het ons mrse lekker geëet. Eks seker dit kan ook innie Vrystaat gedoen word.

Anonymous said...

En toe praat ek in stereo!

Kietiekat said...

'Lo almal! Oompie,daai klink na 'n lekker aand idee. Siestog, Owen nou 'n gastotjie gehad? O, dis sleg. Sterkte vir die mammie en pappie. Nee man Groenie - Shu shu moet reg loop vir julle - dis dan ons almal anders se droomvakansie daai. Wel, olifante om ann om te sien - die goed wei hier voor die deur.

Anonymous said...

Kasie,en as jy nou so in die middel van die dag inloer? draai jy stokkies....wel ,jou idee van die vleisbraai is kostelik...ek kan dit net sien...die enigste probleem is....jy sal nog so na jou vleisie staan en loer...die spoeg al klaar besig om by die mond uit te drup...dan sal jy geluide hoor...jy sal die bos ingestamp word...om te skreeu sal niks help...en daarna sal jy jou tjorrie met n' woeste gedreun hoor wegtrek....en jy sal jare se nagmerries beleef...dis die feite...kan julle nog onthou....miljoene jare terug...as jy iewers heen gaan word daar n' mandjie gepak...frikkadelle ,gekookte eiers,broodjies en n' fles koffie...op n' staduim begin jy uitkyk vir die tafel en stoeltjie teken...jy skreeu...Pappa daars n' plekkie om te stop,soos wat jy nader kom,is daar al reeds iemand wat die tafeltjie beset...nou maar weer aanry....verder kyk vir bordjie....soms is jy al soooo honger,uiteindelik kry jy n' tafeltjie,heerlike groot Wilgerboom maak koelte,die tortelduiwe koer...jy hoor die lammers blêr...beeste bulk...en die verbygaande motors toet en waai....nou,in die tye sien jy geen tafeltjie teken...as daar wel iets blyk te wees...is dit so vuil...die vullisdrom loop oor...en jy kan nie waag on te stop...spoed maar voort ...na die naaste Ultra City....wat deesdae net so nesagtig raak.....Kasie,dankie vir die onthou!!!

Anonymous said...

Ek werk vandag by die huis Robyntjie. Daars 'n paar ouens wat besig is om ons kantore te verander. Te veel geraas!

Anonymous said...

Nouja,siende dat julle so spraaksamig is...gaan ek nou oppak...in my wit gevaarte spring en salig by die fisio op die bed lê...en wag dat hulle my verder pynig!!!....maak julself warm toe...onthou die Renosterkoffietjie....xxxx

Bospatrys said...

Hier's ek weer hier's ek weer met my rooirok voor jou deur... ek wil jou hê my ding, ek gaan jou kry my ding... al slaan jou ma my drie maal op my kop dan staan ek op, en kom ek weer... Ek wil vreeeeeeeslik graag ook deel wees van die liedjie-raai-lekker-braai-aand, en ons sou Mosambiek toe gegaan het in Junie, maar die's nou gekanselleer as gevolg van die vrese en kwaai mense wat nou anderkant die grens vir ons wag... so nou gaan ons Kaap toe, maar dis met 'n week aangeskuif. Uncle Mac het gesê enige tyd na die 7de Julie is BG vir hom, maak dit seblief enige tyd na die 13de Julie!!! Baie dankie!! Ek gaan nou die N14 tussen Jakaranda-stad en Bobjaanstad aandurf... sterkte aan myself... ♥♥♥ vir julle almal!!

Anonymous said...

Patrysie,Patrysie...jou vrolikheid is aansteeklik....jou huppelkind...dis so mooi...hoop jy ry veilig...Jewlsie...het jy groot Olifante gehad vandag...gelukkig kan jy môre heelik snoesig onder die vere bly...boek lees en net jou eie ding doen...jouself bederf...Mieks,as dit so koud is hier kan ek myself net indink hoe dit moet voel daar by jou en Lollapop....het jy jou mussie en pantoffies aan...Kiets...is die katgesin nou gesond...en slaapjulle rustiger..veral so op die koue aande ...dan is die opstaan erger....Makoutjie...het jy geimmigreer na warmer weer...stuur net n' beriggie om te sê jy is veilig☺☺☺....Ja, Kasie...jy giggel seker in jou mou vir ons klomp bibberende sissies...wat het jy vannaand aan die prut....Groensie...noudat jy weer op die been is...gooi daardie ploffies...die vuur knetter heerlik in die kaggel...ek sit solank musiekies op...Bon Jovi...Bed of Roses...mmmmm....

Anonymous said...

Ja Robyntjie, ek giggel, nie omdat julle koud kry nie, maar omdat daar maar min van julle is wat weet hoe 'n regte winter lyk. Daai temperature wat julle nou het sou hier 'n redelik aangename herfsdag gewees het. Maar sterkte almal, gooi maar ernstig ploffies!

Anonymous said...

Sies,pleks jy ons jammer kry...stuur bietjie serpies en mussies...en handskoene...wat het jy vir ete gemaak....of sit jy nog op die balkon en verlustig jou aan die son wat stadig onder gaan,...dis jou beurt vir musiek opsit..wat luister ons...

Anonymous said...

Robyntjie jy wil nie weet nie.! Ek het eers 7-uur vanaand tuisgekom, die aanvoelbare temperatuur volgens my motor se brein het gesê dit is 13 grade buite. Jissie eks moeg vanaand. Die pad was so besig en die Trokke voel niks vir 'n motor nie!!! Ek gaan nou 'n lang warm bad neem,my warm jamies aantrek, my mussie opsit, my kouse aantrek wat vir elke toon sy eie kousie het :-) en in my warm bed ingly. Ma jissie ek's so lus vir 'n soetetjie. Kan ek nog so bietjie bly vir enetjie en nog twee songkies saam julle luister?

Anonymous said...

Mieks,bly jy is veilig ...en ontspan nou eers heerlik in daardie warm skuimbad...ek het vroeer myself ook bederf...nou sit ek met my warm japonsie...hoedjie op die kop,dik warm kousies, en my Groot Olifant pantoffies....maar my hande is yskoud...ek sal daar moet plan maak....as ek in die koue wil sit en klets,Kasie hou op lag...ek weet jy dink ek lyk nou soos n' Eskimo...☺☺☺....Mieks,ek sit vir ons Bee Gees se 1st of May op....en ekstra groot stompe vir die kaggel....ek gaan nou inkruip ...met die musiekies in my ore.....Lekka Dux almal...xxxxxx

groeni said...

nou wa's my brief? f weg?! a nee a.. ek skink, wie's bang? mieks, lyk my saa sal airy verskaf nou...oe, nou gat ek weer wereld vol rits... mac het sop en dop voorgestel - by wie se huis?

groeni said...

het besluit ek ga ni alleen by grot sit as lief oori waters ga ni. onthou snoete is dan by shu-shu. so, nou gat ek slaapstad en durbs toe en da sommer gou shu-shu toe. ga die verjaarsdag mis met dag - ma reken dit is nie te kk ni.

groeni said...

jewlsi, jy moet nou ni loop uit praat oor di planne ni.. ons hou dit nog stil - ek wil ni he snoete moet opgewonde raak en dan teleurgestel word ni. ek ga in elle geval eers vlge week ka bevestig..oe la la...

Unknown said...

Dwergie sê sy vlieg my SuidWes toe wat nou Namibie heet vir 'n hele week as ek my bek hou en my koolslaai eet ... maar daar is grienpeppirs in ... maar ek wil draenm regtig graag Swakop, Walvis weer sien ... en Brandberg en dan so al met doe CD 26 drentel en daar by Gamsbergh op di egasteplaas oornag ... Dit gebeur in Julie ... so julle moet die "Nippie -en- noot" aand reel rondaom daai. En Miekers moet by wees, en Kelkiewyn en die rrr, en ... ja, sommer jy ook .

Anonymous said...

O wee en ons almal het ons eie plannetjies so saam met die komende skoolvakansie? Ek gaan ook vlieg om by Hartman te wees so vir 'n middeljaar vakansietjie. Kreef eet, wyn drink, son, see en sand.... en natuurlik bubly by so 'n spesiale restaurant wat prawns bedien op crispy spenasie! Oe njammies water my mondjie nou vir dit.

Anonymous said...

Mooi storietjie van Cecile Cilliers in Beeld vandag: Beeld-deurloop: Nee, Prediker, alles is tog nie vergeefs.

Anonymous said...

Hi, dis n' brrr...sonnige, jolige, heerlike fris oggend...drink nou eers heerlike warm Milo....mag elkeen ,n' verspotte, heerlike tone krul dag beleef....werk die koue weg....xxxx

Anonymous said...

Wel more more almal. Kasie, ek was vir 4 maande oor die winter in Europa - het gebackpack deur November, Desember en Januarie, en jenjin, die koudste wat ek nog ooit in my lewe was was in Modderpoort - dis Vrystaat net kort diskant Lesotho se grens. Minus 10 met windchill. In Europa was dit wel buite koud, maar mens warm dan binne so lekker op. Hier is diep probleem natuurlik dat mens ok nie binne opwarm nie.

Anonymous said...

Haai julle - vergeet ek om die groot nuus te vertel. Een van ons projekte het gisteraand 'n "Halala Joburg" toekenning gewen vir "Working in Joburg" - die beste middestadsherlewings projek wat met werk te doen het. Ons is baie trots. Ons kliënt het ook 'n toekenning gekry vir "Believing in Joburg" waar mense erken is wat hulle geloof in die middestad en die herlewing daarvan gehou en bewys het deur te belê in die middestad. Dit was 'n deftige affere by konstitusie heuwel met 'n aansit ete, jazz orkes en 'n paar celebrities. Maar vrek koud! Was 4 grade toe ons so 10:30 daar weg is.

Anonymous said...

♪♪♪♫♪Ek kan nog nie 'n deuntjie fluit nie want my mond is nog dood, maar jippiieeeee - ek's klaar met die tandarts!! Kyk nou net hoe mooi smaail ek... Hallo allie maaitjies!! Katjie, baie geluk met julle toekennings! Wat 'n wonderlike prestasie! Japsnoet kry toe sommer 'n A+ vir haar prentjie by die Eisteddfodd. Die kind is darem baie talentvol - geluk Groenie!! Nou gaan ek in die sonnetjie sit en lees. Lekker werk, julle almal!!! ;-))

Anonymous said...

O Jeweeltjie, nou is ek baie jaloers- dit sou nou lekker gewees het. En geluk Groeni - die kind presteer net aanmekaar.

Anonymous said...

Oe, ek kan dit nie weerstaan om dit nog 'n bietjie in te vryf nie... Werk julle lekker? Hie-hie!! Dis heeeeeerlik innie son!!!

Anonymous said...

Die OLIFANTE vertrap my....ouch...eina!!!!!

Anonymous said...

Kiets, backpack in Europa innie winter, het jy straf gekry vir iets? Maar serious, jy's reg, ek het ook die koudste gekry da naby Bethlehem. My eie fout want ons het toe op die Suidkus gebly en vroeg die oggend het ek gery in 'n kortmouhemp, gedink dis orals lekker warm. Nouliks oorleef! En ja, die winter is hier koud maar met central heating is die huis sommer tjop-tjop warm. - Nou Robyntjie, hoekom kry jy nou koud as Jewls lekker innie son sit en dit lekker invryf? Oulik nê, Jeweeltjie?

Anonymous said...

Watwo werk Jeweeltjie? Dis naweek!!! My koudste was -18 in Kabul ..... sonner verhitting....

Anonymous said...

O ja, en my bek makeer niks ☺. En sies vir my slegte meniere. Geluk Kiets en Japsnoet. Ons is trots op julle.

Anonymous said...

Ja, toe, Kaasie, vryf jy dit nou weer lekker in? ;-)) Geluk met julle wenspan - Oranje booooo!!!! Gaan jy nie vir Rooikoppie antwoord nie? Ek wil ook weet wat jy vanaand eet... Vlakkies, my bêkkie is nou weer soenbaar, dankie! Vanaand moet Droomman oppas!! ;-)) Weet julle dat ek en Groenie tans Graad 5 skryf? Hou maar duimvas, maaitjies!!

groeni said...

jewlsi, wa's fout met jou foun? ek los anmekaar boodskappe en briewe, ma fol. la almal.. ek weet nou als van son, maan en sterre af! hel, eks bly ons moes ni al daai goete geleer het ni, of moes ons?

Anonymous said...

Hallo Kiets mooi skoot, baie geluk! Hallo Groeni. Geluk met Japsnoet se mooi prestasie. Hallo Vlakkies, Jeweel, Kasie en Robyntjie. Ek is ook lekker gatvol vir leer, maar is darem dag-tot-datum op die merk. Leer issie meer lekker nie ;-( en elk geval wat moet ek nou met balansstate doen as ek dit nie eens in my werk gebruik nie ;-(

Anonymous said...

Veels geluk liewe maatjies, omdat julle verjaar! Mag die Robyntjies en Jeweeltjies skitter in die sonskyn en geniet van 'n pragtige dag.

Anonymous said...

Geluk julle. Kasie het my voorgespring. Maar... ek het die hele aand gebak aan die verjaardagkoek!

Anonymous said...

Mmmmm, as julle tweetjies so laat opbly om twee 'edelsteentjies' geluk te wens, dan wonder ek... Is julle dalk bang vir Vrydag, die 13e?? ;-)) Dis lekker om te verjaar, maak nie saak hoe oud mens is nie!! Robyn, baie geluk met jou verjaarsdag, vriendin! Mag die Here jou elke dag seën, vir jou en jou familie!! Jy is 'n pragtige mens - sooooo bly jy is in my lewe!! Jy en Droomman, natuurlik!!!! ;-))

Anonymous said...

O ja, Groenie, daar's niks met my foontjie verkeerd nie!! Hy was net op die 'charger'! Sterkte met jou huis vol mense hierdie naweek!!! xxxxx Nou sit ek en wonder hoe lyk my verjaarsdagkoek. Mieks, jy onthou mos van my souttand? Hoop dis 'n roostervarkie oppie spit met 'n appel in sy bêkkie en aartappeltjies in sy... wat noem mens dit nou weer? Ja, toemaar!!! Belly!!!!!! Siesa, wat het jy gedink? ♪♫♪♪♫

Anonymous said...

Happy happy - lig en liefde Jeweeltjie en Rooikappetjie! Mag julle 'n heeeeerlike verjaarsdag hê!

Anonymous said...

Jeweeltjie, eks nie bang vir Vrydag die 13e nie, maar wel vir hierdie Vrydag, maak nie saak wat se datum nie. Die land bewe, ons nasionale trots wankel, Oranje speel vanaand teen Frankryk!

Bospatrys said...

♪♫♪♫♪♫♪♫♪ VEELS GELUK LIEWE JEWLSIE EN ROOIKOP-LINDATJIE-ROBYNTJIE OMDAT JULLE VERJAAR!!! MAG DIE HERE JULLE SEëN EN NOG BAIE JARE SPAAR!!!

Smousie said...

Aan Juweeltjie en Linda: http://www.youtube.com/watch?v=4byUlyh3npk&feature=related

Anonymous said...

Nou verjaar ek té lekker!!! Dankie vir julle woordbederfies en die eier op my kop toe ek bykom en besef ek hét reg gelees... Hallo Smousie!!! Dankie vir die songkie!! ;-))

Kietiekat said...

Kiets se stoel val agteroor, bekkie val oop, skuif bril weg om seker te maak sy lees reg.... Smousie!!!!!! Welkom terug!!!! Sooo lekker om weer van jou te hoor - het daai skuitjie toe veilig in Slaapstad aangekom na die toggie op die Apies? Gits, moet nou nie weer wegraak nie.

Bospatrys said...

Die Spook van Lekkerkry!! Of is dit die Smous van Lekkerkry? Dagsê.

Ridder said...

(O)(O) Val ek skoon van Silwer se rug af. Jul is reg!! Dis so wraggies ou Smousie. Welkom terug jou ou skelm smokkelaar. (o)(-)

Bospatrys said...

Slat my onderstebo met 'n slap snoek uit die Kaap... wraggies...

Anonymous said...

Ja nee wragtag. Vrydag 13 is nog steeds my gelukkige dag. Kom Jeweeltjie, kom hou daai soenbare bekkie vir 'n geluksoentjie. Jy ok Rooikappie. En SMOUS welkom trug vannie Sydpool af. En sowaar hier issie Ridder op sy sitvlak laans sy myl, Silwer. Nou kort ons nog net vir Leon en Staal. O en natierlik die Bojaan ennie Seebul ennie Wysnees. En da' moet Vroulief nog kom vertel hoe dit mittie Sos eksamen gegaan het. Maar nou eers vir my Sondagagtermarragslapie.

Makou said...

Omtrent n dag vol verassings! Hallo al die maters. Jeweeltjie/Rooikoppie: Happy Birthday!!!!! Mag julle lewens gevul wees met vreugde, liefde, rykdom en sommer alles wat goed is!

Aan elkeen van julle wat n verskil in my lewe gemaak het, duisende dankies. Julle is te dierbaar vir woorde. Daar is n tyd om te kom en n tyd om te gaan. Met erkenning aan ons eie Juanita sprei ek my vlerke en groet ek julle met hierdie pragtige woorde:

Elke weggaan maak my seer
Ek wens ek kon hier bly
Want elke oomblik sonder julle
Is te veel vir my

Ek sal vashou aan die tyd
Wat julle sal terugbring
Al die myle tussen ons
My kompas voltooi
Die volmaakte kring terug na julle

‘n Laaste koebaai
‘n Laaste groet
Ek los julle veilig in Sy hand
Sou die vulkaan in my bedaar
Kan ons vashou aan mekaar
Want ek kom terug

Anonymous said...

Wat gaan hier aan???? Speel julle aflos op Vrydag die 13e? A, nee, a, Makou, watse groetery is dit met jou? Mens maak mos nie 'n verjaarsdagmaaitjie treurig voel nie!!! :-(( Ridder, gaan jy en Silwer weer so mooi vir my sing soos laas jaar? Blogsie wa-aa-g... Lekker slaap Vlakkies en dankie vir die soentjie!!

Bospatrys said...

Hey Jewls!! Vijaar jy nog lekker?

Anonymous said...

Joe, dankie dat jy vra, Patrysie!! Net na middernag het my Droomman my verskriklik bederf met spesiale uitgesoekte gekenkies net vir my - selfs 'n regte egte verjaarsdagkaartjie!!! Sederdien stroom die gelukwensings in - ai, dis darem lekker om so geliefd te voel! EN ek het my baie duur kamera gekry vandag. Jippieeee!! Nou sal ek ook miskien sulke mooi foto's soos Antjie kan neem!! ;-)) Werk julle lekker? Hie-hie!! Wie gaan bietjie weg die naweek? En waarheen? En hoekom? Is dit dan nie lekker by jou huis nie? ;-))

Anonymous said...

Wonder waar's my verjaarsdagmaaitjie!! Robyn, ek het amper vandag vir my 'n breimasjien gekoop... Kom groet nou en vertel van jou dag! Ek mis jou!!!!!!!!!

Bospatrys said...

Ek's bly om te hoor Jewlsie!! Ek vermoed sy's weg vir die langnaweek.. . dalk het Willie haar verras met 'n lekker kamp iewerster... En ek gaan nie weg nie, ek gaan net die hele naweek saam Gentleman spandeer, en Maandag gaan ons iewers waar hy nie wil sê nie... hmmm, ek's mal oor verrassings!! Jy moet lekker verjaar verder Jewls, en almal moet die langnaweek geniet en uitrus en veilig wees!! ♥♥♥

Anonymous said...

Sies vir jou, Klitsgrassie!! Is dit nie Sondag Vadersdag nie? Moet jy nie huistoe gaan nie? Jitte, die kinders van vandag!!!!!! ;-)) Ek's ook mal oor verrassings - hoop jy word lekker bederf by 'n SPA of so-iets! Oe la laaaa!!! Lekker naweek vir jou en Gentleman - wees veilig, né? ♪♫♪♪‼

Anonymous said...

My liewe genade miracles do happen... Hallo Smousie goed om jou weer terug tussen die plaasmaters te sien :-) ag ek soen jou sommer so bly is ek dat jy terug is!

Anonymous said...

Jeweeltjie ek is so bly om te sien jou dag was oorlaai met liefde en omgee. Robyntjie waar kruip jy weg?

Anonymous said...

Oe njammies nou gaan ek Wildsfees toe en gaan dans dat die stof so staan saam met Klipwerf. Vanaand mis ek en Robyntjie vir Sweepslag maar ek weet Robyntjie gaan haar anner showkie geniet ;-)

Anonymous said...

Kasie ek loer toe nou by my Inbox en daar kry ek toe 'n briefie.... Xenzi gee my die telling van 4-1.... maar ek gaan niks vêrder sê nie, jy sal maar die ys moet breek, of insluk, of .... ;-)

Anonymous said...

Ag Mieks, dis nou tog té mooi van jou, dankie. Kaasland is nou nóg meer oranje!
Nederland-Frankryk; 4 - 1 !!!!!
En nou gaan ek verdwaal, want die hele land party.

Anonymous said...

O wee...

Anonymous said...

Xensi: "Ons almal party hier in die strate LOL, ek glo Amsterdam is `n mal huis." Geniet elke oomblik van jou verdwaal Kasie, gelukkig weet ons jy kom weer terug!

Anonymous said...

Kaasman, geluk mit jou span se wen. Sien dit vanmôre vroemôre op Sky. Al was my oeroupa 'n Fransman, het ek gister virrie Kase dymvasgehou. Want ek ken vir jou en my maat en gesin in Kaasland. In Parraboudjieland ken ek niemand. Nou eers drawwe vir vergaderings.

Anonymous said...

Dankie Vlakkies, dit was 'n mooi aand, en nag.

Anonymous said...

Wat 'n lieflike wintersdag!! Robyn, los nou eers vir Willie en kom vertel vir ons van Jimi Hendrix!! Hoe was julle aand? Geluk Kaasie!! Ek was gisteraand by Hotel Rochelle, vonkelwyn gedrink wat die Prinslike Doktertjie vir my gegee het, braaivleis gehou en vanoggend wakker geword met die klank van voëls en fonteine. Nie Rooiveer se gekraai om 04H00 nie!!!

Anonymous said...

Kom nou van te veel vonkelwyn en diep in aantreklike doktertjies se oge kyk lat mens jou se eige naam skoo' vergeet. So skoo' lat jy jou sig sellers anoniem moet noem oorlat jy anneragmôre geheel en al niks kan ondou van laasnaggie. Dis die lat ek nou so by my sigsellers sit wonner waffer soorte van geheime is daar nog oor laasnag wat onsie van sal kan hoorie.

Anonymous said...

Oeps, nee wag nou, Vlakkies!! Ek is 'n baie ordentlike meisie - as Makou nou nog hier was, sou hy dit kon beaam het!! ;-)) Gisteroggend het Prinsie vir my die vonkelwyn via Veertjie gestuur want ek was nie by die werk nie. Toe kuier ek gisteraand daar by haar huis en word eensaam vanoggend wakker in die laaste kamer in 'n enkelbedjie. Soos altyd. ;-)) Liefkind het 'n oorslaappartytjie by 'n maaitjie gehad! Vlakkies, ek weet nou nie hoeveel jy weet van handsakke nie, maar ek vermoed dis baie min. Wel, my Dr. Daan het vir my 'n Jekyll & Hide handsak gegee wat sommer so lekker stink van die leer en dié kom so ewe met 'n drie jaar waarborg op die nate en zippe. Ek weet ook nou nie baie van handsakke af nie, maar ek vermoed dit was onmoontlik duur! Dis ook net reg so want dis die eerste keer in 23 jaar wat hy van my verjaarsdag bewus was...

Anonymous said...

Ai, toggie, daar doen ek dit weer!! Ek sien wat jy bedoel, Vlakkies... ;-))

Anonymous said...

BOKKKKKEEEEE!!!! Smousie en Vlakkies, het julle, julle groen hempies aangehad?

Anonymous said...

KAPLAKS!!!!!....hie hie hie...nou vir wat skrik julle so...lekker uitgevang...gedink ek is weg....sal mos nooit padvat sonder om te sê...nee,het net vreeslik dol gegaan....kon nie naby my blikbrein kom...wat nog te sê van voor die kaggel....Ok,klaar verduidelik...die volgende ding op my lysie is....DANKIE!!!!!aan elkeen se gelukwense, Smousie,die songkie wat jy gestuur het(GROOT VERRASSING OM JOU WEER TE SIEN), en Mieks,die heerlike koek wat jy spesiaal gebak het....dis tye soos die dat ek so dankbaar is om julle in my lewe te hê....dis voorwaar n' voorreg...ek is so bietjie laat met die gelukwense...maar wil net sê...Kiets ,welgedaan...en Japsnoet...ek is baie trots op jou....jy het n' wonderlike gawe...Kasie,geluk met jou span...en geniet die feesvieringe,Makou...verstaan ek dit reg...jy verlaat ons....dis amper ondenkbaar dat so iets kan gebeur,dat ons jou nie meer op die plaas sal sien....wie gaan die drade span...die perde vat vir oefenritte....en net daar wees met jou sprankel....en gevatte sêgoed....ons gaan jou voorwaar erg mis....maar nietemin....sukses vir die toekoms...en onthou...die plaasdeure staan oop vir jou...loer net so nou en dan in....Jewlsie,die Jimmy Hendrix aand was bie goed...het dit baie geniet...die een kitaar speler was die beste wat ek nog ooit beleef het...hy is ongelooflik goed...sy naam is Dan Patlansky....Vertel nou eers ...wat doen julle almal met julself....

Anonymous said...

KAPLAKS!!!!!....hie hie hie...nou vir wat skrik julle so...lekker uitgevang...gedink ek is weg....sal mos nooit padvat sonder om te sê...nee,het net vreeslik dol gegaan....kon nie naby my blikbrein kom...wat nog te sê van voor die kaggel....Ok,klaar verduidelik...die volgende ding op my lysie is....DANKIE!!!!!aan elkeen se gelukwense, Smousie,die songkie wat jy gestuur het(GROOT VERRASSING OM JOU WEER TE SIEN), en Mieks,die heerlike koek wat jy spesiaal gebak het....dis tye soos die dat ek so dankbaar is om julle in my lewe te hê....dis voorwaar n' voorreg...ek is so bietjie laat met die gelukwense...maar wil net sê...Kiets ,welgedaan...en Japsnoet...ek is baie trots op jou....jy het n' wonderlike gawe...Kasie,geluk met jou span...en geniet die feesvieringe,Makou...verstaan ek dit reg...jy verlaat ons....dis amper ondenkbaar dat so iets kan gebeur,dat ons jou nie meer op die plaas sal sien....wie gaan die drade span...die perde vat vir oefenritte....en net daar wees met jou sprankel....en gevatte sêgoed....ons gaan jou voorwaar erg mis....maar nietemin....sukses vir die toekoms...en onthou...die plaasdeure staan oop vir jou...loer net so nou en dan in....Jewlsie,die Jimmy Hendrix aand was bie goed...het dit baie geniet...die een kitaar speler was die beste wat ek nog ooit beleef het...hy is ongelooflik goed...sy naam is Dan Patlansky....Vertel nou eers ...wat doen julle almal met julself....

Anonymous said...

KAPLAKS!!!!!....hie hie hie...nou vir wat skrik julle so...lekker uitgevang...gedink ek is weg....sal mos nooit padvat sonder om te sê...nee,het net vreeslik dol gegaan....kon nie naby my blikbrein kom...wat nog te sê van voor die kaggel....Ok,klaar verduidelik...die volgende ding op my lysie is....DANKIE!!!!!aan elkeen se gelukwense, Smousie,die songkie wat jy gestuur het(GROOT VERRASSING OM JOU WEER TE SIEN), en Mieks,die heerlike koek wat jy spesiaal gebak het....dis tye soos die dat ek so dankbaar is om julle in my lewe te hê....dis voorwaar n' voorreg...ek is so bietjie laat met die gelukwense...maar wil net sê...Kiets ,welgedaan...en Japsnoet...ek is baie trots op jou....jy het n' wonderlike gawe...Kasie,geluk met jou span...en geniet die feesvieringe,Makou...verstaan ek dit reg...jy verlaat ons....dis amper ondenkbaar dat so iets kan gebeur,dat ons jou nie meer op die plaas sal sien....wie gaan die drade span...die perde vat vir oefenritte....en net daar wees met jou sprankel....en gevatte sêgoed....ons gaan jou voorwaar erg mis....maar nietemin....sukses vir die toekoms...en onthou...die plaasdeure staan oop vir jou...loer net so nou en dan in....Jewlsie,die Jimmy Hendrix aand was bie goed...het dit baie geniet...die een kitaar speler was die beste wat ek nog ooit beleef het...hy is ongelooflik goed...sy naam is Dan Patlansky....Vertel nou eers ...wat doen julle almal met julself....

Anonymous said...

Genade,ek het nie bedoel om julle drie keer skrik te maak...☺☺☺....is julle darem nou wakker...die kaggel brand...die sop ruik die hele huis vol....die ploffies staan reg....as julle terug kom van die wandeling langs die rivier...kan julle maar net neerval op die kussings en stoele....Kasie....vertel bietjie van jou feesvieringe...en Mieks hoe was die dans met Klipwerf orkes...Jewlsie....die son is onder...kom nou in...jy sit al die hele maddag in die son en lees...Groensie...stuur vir ons van die oorblyfsels....mmmm van daardie broodjie vulsel waarmee jy so spog....Smousie vertel bietjie van al jou wedervaringe....soooo bly jy is terug.....

Anonymous said...

BOKKE!!!BOKKE!!!!TRALALALA

Anonymous said...

BOKKKKEEEEE!!! Nee Jeweeltjie, toe vergeet ek heeltemal vannie groen hempie. Vannie werk af ingestorm ommie wedstryd te sien. Eers toe jy vra ondou ek. Naamloos, sien wat ek bedoel - nog te deerie wind om jou naam te skrywe. Verstaan ek van handsakke? Amper 30 jaar van getroud wees en honnerde handsakke, hoe sal ek nou nie van handsakke verstaan nie. Laaste een sommer nou annerag wanner so mittie deerry in Nairobi gekoop. Daai ene wat jy gekry het moet klomp geld wees.

Anonymous said...

Kom ons speel scrabble....



Aand

Anonymous said...

Sjoe, en toe wen ons Bokke ook nog, dis nou wat ek verstaan onner 'n lekker naweek. Die party gistraand was woes. Allie kaasies wat altyd so nugter is het kop verloor en die shares van die bierbrouerye toringhoog opgestoot. Op die Damplein in Amsterdam was 50 duisend mense wat mal geraak het. Hier in Almere was ook duisende mense wat innie strate fees gevier het. Toe ek by die huis gekom het was dit allankal Saterdag. Ek het só lekker geslaap.

Anonymous said...

Julle laat my giggel!! Na 3 skrikke van Robyn, Vlakkies sonder sy groen truitjie en Kaasie wat al snorkend die Saterdag ingeslaap het, dink ek my lewe is fantasties!!! Die ergste wat ek vandag beleef het is dat my boernale die bye weggejaag het van Liefkind se sonneblom wat ek sooooo graag op 'micro' wou afneem met my nuwe kamera!! VROULIEF!!!! Ek voel afgeskeep!! Jy het vir my en Robyn skoon vergeet gister... Groenie, baie geluk met jou Pa se verjaarsdag!! Sê vir hom baie mooi geluk van my af, sal jy? Ag, Linda'tjie, jy ken my sooo goed! Nog net sowat 20 bladsye en dan is ek klaar met daai moeilike boek!! Bly om te hoor jy het jou verjaarsdag so geniet, vriendin!! Liedjie vir die aand: "All by myself..." ;-))

Anonymous said...

Oeps, Kaasie het nie snorkend die Saterdag ingeslaap nie, hy het dit juigend ingewals!!! ♪♪♫♪♪ ORANJEEEEEE!!!!!! En GROEEENNNNN!!! Nou vir die Comrades...

Vlakkies, ek het ook 'n vermoede dat ek liewers daai handsak moet toesluit in die kluis... Dis veels te grênd vir my!!! Hierdie Mammie hou van praktiese goetertjies wat my lewe makliker maak - nie moeiliker nie!!

Anonymous said...

Jeweeltjie, jy praat vannie liedjie virrie aand. Sit vanmarrag in my kantoor en moet 'n baie moeilike beslyt neem. Het toe net jys ddisselblom se Goud en Marog KS op my ore. Daai klomp sing snot-mooi liedjies. Nouja, eers môre my moeilike beslyt ytvoer, da' vat ekkie pad see-toe. Nee, dis vir werk. Moet ons mense wat kort deeskant Berbera werk, gat loop evalueer. Da' gat loop dryf ek op my rug innie kalm brannerlose see by Berbera, slaapie aand innie Mansoor Hotel en kom weer Maandag trug.

Anonymous said...

Comrades? Is dit nou daai anner klomp Comrades wat innie parlemint is? Nee, sommer nette grappie. Ek weet presies waarvan jy praat. Ek ken elke tree daarvan, elke pyn, elke beslyt om nie op te hou nie, en as jy onner Polly Shorts kom en jy wonner vir wat is jy so mal om dit te doen en as jy oor daai eindstreep strompel die snot-en-trane-gevoel van ek het dit gemaak. Daarsie nog so 'n gevoelie, behalwe o .... nee, hier's kinners hier.

Anonymous said...

Kasie,netnou op TV jul oorwinning gesien,,,,al wat jy sien is ORANJE....julle doen die ding darem behoorlik,dis nou wat hulle "passion"noem,Mieks,dink nou aan jou,ek eet n' broodjie met heerlike tuisgemaakte perske konfyt wat in Foutiesburg by The Barn gekoop is,as jy ooit weer soontoe gaan,stop gerus daar,hulle het ook heerlike ander konfyte en goetertjies,en bygesê,presies die helfte van die prys wat jy sou betaal in Clarens...Vlakkies, die enigste teleurstelling is die nuwe reels wat van môre gaan geld vir die Comrades...jy mag glad nie iemand help of ondersteun...dan word jy en die persoon summier gediskwalifiseer...ek het altyd hier teen die einde gesit en kyk hoe die laaste klompie aankom hangende ,klouende,draende...dis tog altyd deel van die Comrades gewees...maar nou ja,glo is die reel reeds lankal oorsee ingestel....Dankie Jewlsie,ek het soos gewoonlik al weer vergeet,...Groensie,mwa mwa,geluk met pappa se verjaardag...en mag hy nog jare se gesondheid geniet...en geniet die familie kuier...Jewlsie,jy moet jou nuwe speelding geniet,ek giggel skoon...ek kan my net voorstel hoe jy die Sonneblom bekruip,om daardie spesiale foto te neem,die by vas te vang sodat jy die frons op sy voorkop kan sien,hie hie...saggies, stadig,beweeg jy nader...mik,bewe van die angs...en net toe jy die knoppie wil druk,vlieg die boernale by jou verby,blaf,hyg en stamp teen die Sonneblom dat die by daar trek...hie hie...mater,ek het al sulke tipe insidente beleef...jy sit en wag vir die regte oomblik...en hier kom iets of iemand en bederf dit vir jou,die frustrasie is oneindig...maar die satisfaksie maak op daarvoor...as jy eers jou fodies aflaai en op die skerm bekyk....jy kyk naderhand na alles met die oe van n' fotograaf....terwyl jy ry of loop neem jou ogies fodies....en beplan jy...jy gaan dit nog baie geniet....

Anonymous said...

Ek wil net ietsie kwyt want julle verstaan dit beter as mense in Holland. My dogter Bernice is vanmiddag by 'n kafee in Waverley oorval. Hulle het haar nuwe kar gesteel en op haar geskiet. Gelukkig het hulle misgeskiet en het sy niks liggaamlik oorgekom nie maar sy is natuurlik in 'n toestand. Haar oom het haar opgevang en sy bly nou vir die nag daar by hom. Bernice se mamma is weg vir die naweek maar kom môreoggend vroeg huistoe. Ek sal môre weer bel om te vra hoe dit gaan maar julle sal seker verstaan hier sit 'n gefrustreerde pa wat so oneindig ver weg is.

Anonymous said...

Liewe Kasie ek is so jammer vir jou en Bernice. Ek kan net dink hoe jy vanaand so vêr van haar moet voel. Ek is so jammer vir julle. Maar, ons gaan mos nie dat die goed ons onderkry nie. God is altyd in beheer al wil ons dit nie glo in sulke omstandighede nie. Sterkte vir jou.

Anonymous said...

Haai Vlakkies, ek moes geweet het dat 'n agtermekaar man soos jy ook al die Comrades op jou kerfstok het - hoeveel keer? Ek gaan jou mis as jy wegglip see toe, maar jy moet dit geniet en jouself mooi 'pace' daar by die Mansoor Hotel sodat jy nie ook naamloos raak nie, né? Hie-hie!! Robyn, wat praat jy? Ek het nie geweet van die nuwe reëls nie en is nou sommer vies daaroor! Jy's reg, die mooiste oomblikke het net so voor die wenstreep gebeur as mense mekaar daaroor gedra het... Die Comrades bring ook ander spesiale onthoue vir my want dis die dag waarop my oond die gees gegee het en toe ry ek met my twee baksels beskuit in die omgewing rond op soek na iemand wat dit vir my kan bak. So sit Groenie toe mos op haar stoep... Vriendin, dankie dat jy daai dag so goed was vir my en nooit weer opgehou het nie!!! Vandag gaan ek oorstap en jou 'n vet druk gee!! My liewe, liewe Kaasie, ek is jammer om te hoor wat met Bernice gebeur het!! So bly sy lewe!! Tog sal sy so gou moontlik vir berading moet gaan - dit moes 'n nagmêrrie ondervinding gewees het!!! Ek kan ook net dink hoe voel jou Pa-hart wat haar nie eers 'n drukkie kan gee nie... Ai toggie, sê seblief as daar iets is wat ek kan doen!!!

Anonymous said...

Scrabble:

r
Aand
n
g
e
e
r

Mmmm, dis nou opwindend!!!

Anonymous said...

GELUKKIGE VADERSDAG VIR AL DIE PAPPAS VAN LEKKERKRY!!!! Mag dit 'n bederfdag vir jou wees, al is dit dan ook net woordlangs!!! Nou gaan ek my Paps wakker bel en die heel mooiste goedjies vir hom sê!!! Mag julle almal 'n sonneblommooi dag hê!! Liefde, Jewls xxxxx

Vlakkies, reis veilig!!!!

Anonymous said...

Kasie, as jou meisiekind wil, kan sy 0824110702 bel en sê oom Vlaktekind het gesê sy mag maar bel en hulp vra. En toe's ek nognie weg nie. Die moeilike beslyt was moeiliker as net 'n moeilike besluit. Dit het 'n hele halwe dag se praat gevat en 'n taai, harde beslyt. So nou sal ek seker eers Dingsdag ry.

Anonymous said...

Baie dankie Vlakkies. Ek het die nommer deurgegee aan Bernice se mamma. Netnou nog met Bernice gepraat, sy klink ok maar ek kan ook hoor sy is deurmekaar. Die regte skok kom mos altyd bietjie later. Baie dankie vir julle almal se omgee, ek waardeer dit baie.

Anonymous said...

Vlakkies, soos met alle groot besluite in jou lewe, is dit joune en kan ek net bid vir jou dat jy dit weldeurdink het en alles in ag geneem het. Die kind in my wil vrae vra om beter te verstaan, maar die grootmens in my gee jou spasie want as jy wou uitbrei, sou jy... Dis lekker om jou nog 'n rukkie langer by ons te hê!!! Kaasie, gee bietjie nuus oor Bernice!! As Vroulief met haar gepraat het, is ek nie meer bekommerd nie - Vroulief laat nie los voor sy seker is die kind is weer in beheer van haarself nie, glo my!! Dankie, Vlakkies, dis ongelooflik dat ons almal in verskillende wêrelde sit en tog daai drukkie kan gee wat soooo nodig is!! Lief vir julle almal!! xxxxx

Anonymous said...

Kasie....lees nou eers van Bernice,my vriend,ek is skoon aangedaan...ek weet wat jou kinders vir jou beteken....net vreeslik bly sy het ongedeerd daarvan gekom...en soos Jewls sê..Vroulief is nou die regte persoon om met haar te praat...sy weet presies hoe om sulke omstandighede te hanteer....as daar iets is wat ek kan doen...laat weet net!!!!Dink aan jou....Dan ook aan al die Pappas op die plaas...dankie vir dit wat julle vir jul kinders doen en beteken...jul teenwoordigheid is van onskatbare waarde,in n' kind se lewe....hoop die dag was spesiaal vir elkeen van julle....want julle is baie spesiaal en geliefd....Vlakkies,dankie dat Vroulief daar sal wees vir Bernice....dankie ook vir elkeen van julle in ons lewens....ons op die plaas is baie geseend....xxxxxx

Anonymous said...

Bernice is vanaand by haar mamma en sy slaap. Sy het nou haar verhaal vertel en ek hoop dit gee haar bietjie rus. Ons is almal so dankbaar vir julle omgee en hulp. Ek sal môre na werk weer bel en dan sal ek hoor hoe dit gaan. Bernice stem saam dat sy oor hierdie trauma wil praat met iemand wat haar verstaan. Ek sal môreaand na werk weer met haar praat en dan help om 'n afspraak te maak met Vroulief. Sal jy omgee as ek jou bel? Dis vir my net om Bernice soveel as moontlik te help.

Anonymous said...

Ek staan nou net op my stoepie en kyk vir die maan wat skyn oor die Hollandse landskap. En toe besef ek hoe gelukkig is ek, ons kind is nog altyd by ons, en sy gaan ook weer gelukkig wees. Saam kom ons weer bo uit. Ons het mense om ons wat omgee, en ons is lief vir hulle almal. En dan sê ek dankie dat Bernice gespaar is, en oranje is maar net 'n kleur.

Anonymous said...

Deur my oë gesien: "Oranje is die lig wat die Engele omhels soos dit oor my pad gestuur word. Dankie vir elkeen van julle wat soms soos 'n Engel oor my pad gestuur word". Kasie ek weet dat jy nog onrustig is. Ag my woorde is min, maar weet maar net dat ek ook aan julle dink.

Anonymous said...

Nous ek ook moeg, môre op Jeugdag werk ek en 'n kollega aan ons groep-assignments. Net 11 slapies dan handig ek in en skryf die 26ste eksamen. Ek wens alles is al oor. Nou gaan ek in Robyntjie se kas krap vir Milo.... en 'n koekie of 'n sweetie..... goeiste wie se pantoffels lê hier op die vloer ;-)

Anonymous said...

Dankie Mieks, jou woorde is nie min nie, jou woorde is mooi en waardevol. - Glad vergeet dis môre 'n vakansiedag vir julle, geniet dit!

Anonymous said...

Mmmm, lyk my Pappie kon ook nie slaap nie...

Anonymous said...

Die Sonneblomme is natgemaak. Nou lag hulle weer vrolik vir julle se wintersonnetjie. Ek wil dam net 'n ding regstel. Vroulief is nog bietjie "junior" as dit kom by traumaberading. Maar sy kennie regte mense. Daai ervare beraders by Hospivisie.

Anonymous said...

Ek wil ook dam net 'n ding regstel. Vroulief is 'n volwasse vrou met baie ondervinding van die lewe en dit maak haar 'senior' in my oë!! ;-)) Môre Vlakkies, is jy al op jou derde koppie koffie? Liefkind is vroeg vanoggend hier uit met 'ons' kamera om haar sonneblomme af te neem. En die boernale en blare en gras en klippe... Enig-iets om nie te leer vir die eksamen nie!! Hoe gaan dit met Vroulief?

Anonymous said...

Skies, vergeet ek toe nou dis Joef Dy en daar loop stane raas ek julle wakker. Jeweeltjie, nou moet ek eers bietjie dink - derde koppie koffie? O ja, het hom al gehad, want dis al amper teetyd. Teetyd is nou tyd virrie eerste en enigste koppie tee vannie dag. Vroulief? Ek reken dit gaan seker goed. Ek het gistraand gebel, toe babbel sy my ore van my kop af oor Bierman en Biervrou se kaskenades en alles en nog wat. Ja, dit gaan innerdaad goed mit haar. Nee, ons hettie sône mittie biere nie. Ons is mal oor hulle. Twee liewe goeie mense wat vir ons baie pret en vreegde verskaf. Nog net Vrydag Krim siekte-eksamen skrywe oor sy nie kon geleer gekry het oorie sontsiekte nie. En junior oorlat sy nie pampiere hettie. In ons ou landjie vra hulle mossie wat jy kan doenie. Hulle vra waffer pampiere het jy. As jy die regte pampiere het mag jy berading doen annerster nie. En sy het mos eers laaste jaar gebeginne leer ommie pampiere te kry.

Anonymous said...

Sontsiekte? Nou wat virre ding is dit? Ai die vingers dam. Ek het natierlik gebedoel snotsiekte, soos in snotterellie.

Anonymous said...

Ek skrik toe sooo toe ek lees van sontsiekte dat ek toe sommer los want ek dog dis aansteeklik...!! Jitte, ek wens ek het nou iemand gehad wat my ore van my kop af praat!!!! Maak nie eers saak of hy/sy papiere het nie!! Vlakkies, ek spot sommer met jou - ek is heeltemal oorlaai met kennis van Ekonomie, Sosiale Wetenskap en Tegnologie! Vanaand droom ek seker hoe ek in ons moderne samelewing selfversorgend probeer wees met 'n hamer en toe kom 'n orkaan en alles vloei weg see toe d.m.v. riviere... Bemagtigend, nee, 'n riller!!!! Kaasie, hoe gaan dit met jou en Bernice? Mieks, hoe vorder jy?

groeni said...

lo da almal.. wat 'n heerlike naweek.. 220jaar tussen 3 mense.. sjoe. mr oud..'ou familie' nuwe familie, mense wat ek laas gesien het toe ek jonger as boeta was..mense wat ek nog nooit gesien het nie..en die weer het heerlik saam gewerk en als was great.. kasie jammer om te hoor van jou doggie - is als ok? lekker 4dag weki vi jul almal. wille ding! nee, nooit! tata, sterkte... tot annerdag...

Anonymous said...

Eks seker Vroulief is 'n pro! Ek het vanaand na my kind se ma se huis gebel maar niemand by die huis gekry nie. Bernice het seker saam met haar ma iewers gaan kuier om bietjie afleiding te kry. Sy is in goeie hande by haar ma. Ek kan Bernice nie bel nie want haar selfoon is natuurlik ook saam met die innie-ou-dae-so-verskriklik-siestog-persone. Ek probeer môre weer en sal julle laat weet. Ek is okay, gaan vanaand maar bietjie vroeg probeer snork. Julle ook lekker slaap en geniet julle kort werksweek.

Anonymous said...

Helo groenie het julle 'n reunie gehad? Lekker om so al die familie bymekaar te kan kry! Weke na so naweek dan kry mens nog iets in jou huis wat iemand vergeet het!? Kasie so dankbaar dat jy ook nou meer gerus voel.Wens vir jou 'n soete nagrus. Jeweel ja ek dink ons het vandag 'n groot duik gemaak. Donderdagaand doen ons die laaste enetjie van die groep aktiwiteie en as ek nou by my skedule hou dan kan volgende naweek ook 'n rustige naweek hê. O ja vergeet ek die lekkerste vooruitsig van die week.... nee wag ek sal julle eers kom vertel as alles verby is. Pleks ek nou my bekkie toegehou het, maar nous dit uit.... hou seblief duimvas!