Monday, July 14, 2008

More almal - nog 'n koue wintersdag.


72 comments:

Anonymous said...

More almal so oppie Maandagoggend. Vroulief, daai ring moet ons sien - bly julle 2 het so lekker gekuier. Jewls, jou hart is mooi op die regte plek hoor - om vir Armo te gaan kuier. Gits, nou kan jy mos die plaas se bus bestuur as ons almal saam gaan kamp? En Mieks, bly jy het lekker gefees - hoe was die kuier in die koue kaap?

Anonymous said...

Ahooi!! Ek's terug. Deksels.

Unknown said...

dis nou om vir Groenie aan te haal ... dis 'n vrekselse teleurstelling.
Ek skryf so mooi hier, vertel van ons lekker trippie in Swaziland en die haarnoster wat my amper 'n ventilasie gegee het waar daar nie een moet wees nie ... en om vir Vlaktes en mevrou te nooi vir WATERBLOMMETJIEBREDIE ... toe kom kyk nou gou of hy al geantwoord het .......... en my bloggense blog wat 'k ge blog 't is nie hier nie... nou sal'k maar hoop Vlaktes en mevrou kan nog in 'n kar klim en Grasfontein toe ry en kom bredie eet ... anners vreet ek en Dwerghie vanaand vir 2 mense... elk.

Anonymous said...

Mac, dankie virrie ytnodiging. Maar dit sou nie werkie. Vroulief mag vanaand niks eetie. Sy slaap vanaand innie hospitaal. Die anner ou dym moet môre geopereer worre. Ongelukkig die linkerdym, so sy kan my nog soos gewoonlik mittie regterhand klap lat my ore sing. Geniet maarie waterblommetjiebredie saam mittie Dwergie.

Anonymous said...

Ek het so gefees Kiets dat ek nooit die pad gevat het nie soos wat ek graag sou wou. So nee ek was nie aan die Kaap se koue blootgestel nie, net aan my eie koue. Dit is moes vandag juis die 14de, Die winter van 14 Julie. Dit was darem 'n mooi hartseer storietjie gewees.Wie onthou die fliek?

Gister vir blondesussie gaan groet, maar wat 'n tranedal. Ja Tanzanie is vêr, maar dit is mos 'n nuwe uitdaging, en as ek so geleentheid kry, sal ek nie twee keer dink nie.

Ek sal Lolla mooi versorg agterlaat en dan net my hart volg. Niks anders nie. Hard gaan werk vir paar jaar en terugkom, 'n huisie by die see koop, en saans agteroor sit en die maan oor die water sien skyn.

Lekker om te kan droom nê ....

Anonymous said...

Dreams are good friends, when you're lonely...

Anonymous said...

LOL!

Anonymous said...

My way...

Anonymous said...

Hallo Maaitjies!!! Uncle Mac, dit sal jou nou leer om net vir Vlakkies en Vroulief te nooi!!! ;-)) Nee wat, ek spot sommer - ons gaan nog daai musiekaand hou, maar ek weet nie wanneer nie!! Almal gaan dadelik weet watse siedie myne is want ek vertel graag!! Behalwe as mense my liedjies gebruik... Maak nie saak nie - dis opwindend!! So vang ons mekaar uit en klits die bôlla's!! Giggel!!

Miekie en Spikkels, WELKOM TERUG!!! Of dit nou Feetjie-treetjies was of global-trotters.. Dis nice om julle terug te hê!!

Snip se hare lyk pragtig!! Nogal so 'n Franse bob!! Eksoties-verby!!!

As jou kop vanaand die kussing tref, weet dat daar baie mense is wat vir jou omgee... xxxxx

Anonymous said...

Môle, môle!! Vroulief, ek dink vandag baie spesiaal aan jou!!!! Wens ek kon jou gaan verras het met blomme of appeltert, maar by my werk kom ek nie weg nie! Gister is my dokter opgeneem in die hospitaal vir wie ek vandag moes werk en net toe ek nou lekker op en af spring van opgewondenheid, kom die matrone en vertel vir my dat sy vir my 'n ander werkie uitgedink het. Nogtans was dit dam lekker om klein bietjie later te slaap as gewoonlik!! Vlakkies, hou nou op naels kou... dit sal goed gaan!!! Sterkte vir jou ook!!!

Katjie, dit lyk my julle verstaan die lisensie-storie verkeerd! Ek kan nogsteeds nie 'n swaarvoertuig bestuur nie, maar met die uitreiking van my nuwe kaart, kan ek nou skielik alles bestuur - tot 'n karavaan sleep!! Dis nou 'n fantastiese bonus waarmee ek absoluut niks kan doen nie!!

Mag hierdie mooi wintersdag iets baie spesiaal vir julle almal inhou!! xxxxx

Anonymous said...

Weet julle wat kos plase in die Karoo? En skape, die is ook nie veel goedkoper nie. Maar drome is verniet saam met 'n mansmens wat vir jou 'n kliphuis bou, met 'n grasdak en plankvloere, 'n breë stoep reg rondom en 'n koolstoof in die kombuis, langs 'n sementdam met 'n windpomp omring deur bloekoms en 'n veld vol karoobossies met skape en lammertjies, die naaste geraas 'n dagreis ver en sterre in die hemel in hulle miljuisende en die lug so skoon en helder dat jy byna tot anderkant die ewigheid kan sien!

Anonymous said...

I would have like to stay and chat, or perhaps enjoy a cup of tea. But the road is calling and I bid you goodbye.

Anonymous said...

If I were you I would stay and enjoy that cup of tea. If it is really important the road will phone again.

Anonymous said...

Spikkels, jou droom is soooo mooi! Al wat ek kan bydroom is 'n granaatboom iewers op die werf naby die rotstuin en 'n granadellabos vir die koekbakdae!! Het jy 'n suurlemoenboom iewers? Eenkeer was my beddings bietjie dun gesaai met blomme en struike en toe bel ek my Pa om te hoor wat hy tans in die grond druk. Dit was nie eers 'n maand later nie, toe voorsien ek almal by die werk aan die mooiste blare spinasie en my tuin het wonderlik-groen daar uitgesien!!

Anonymous, goodbuy, take care!

Vlakkies, enige nuus van Vroulief?

Anonymous said...

Goeie een Kaasman. Die lewe is so by so 'n reis. So teedrink saam mit ons is ok oppie pad. Jeweeltjie, Vroulief het so pas hier by die hys opgedaag en nou drawwe ek alweer lat my tong hang. Dis koffie hier en dit daar en so gat dit aan.

Anonymous said...

Kaasie!!!! Lyk my jy's meer genadig teenoor Anonymous wat heeltyd kom staan en engelse statements maak sonder om 'n naam te gee... Ek het my aanvanklik gewip, maar toe besluit om ordentlik op te tree soos dit 'n dame betaam!! ;-)) Dankie virrie lag!!! Hoe gaan dit met jou Moekie en met Bernise? Nog so lekker warm en sonnig in Kaasland? Mmmm, jy gaan nog jammer wees oor jou siel-uittrekkery!!!

Anonymous said...

Vlakkies, as ek nou nie so bly was om nuus van julle af te kry nie, het ek vir Vroulief gevra om jou weer 'n paar klappe met haar gesonde hand te gee!!! Dis tyd om te dien. Sit maar die voorskootjie aan en laat Vroulief oor haar narkose en pyn kon - ek weet jy kan, jou Skitterstêr!!!

Anonymous said...

'n Man kan okkie wen teenie IS nie. IS staan mos virrie Internasionale Susterskap. Maar wag, lat ek nou ophou anners beginne ek 'n niewe samesweringsteorie.

Anonymous said...

Jeweeltjie, waar trek ek siele uit? Ek vra dan nog mooi of ek mag vertel dat in hierdie landjie vir 'n paar weke innie jaar die son skyn. En oor nie te lank nie skyn die somerson daar by jou en dan kan jy my elke dag vertel van die Afrikason terwyl ek hier in 'n donker noordewinter sit en wegkwyn. - Nou ernstig, dit gaan goed met Bernice, sy is realisties oor wat gebeur het en besef dat sy die geskiedenis nie kan terugdraai nie. Daar is weer ewewig in haar denke, en al waar sy nou oor kla is die koue. My moedertjie is soos sy nog altyd was, gesond en besig, gesels vir 'n uur oor die foon sonder om vir my 'n kans te gee om 'n woord te sê. En as sy dit klaar gedoen het gaan werk sy vir 'n paar ure in die tuin. As ek so 85 jaar kan word gaan ek nie kla nie. Karen, my Engeland-kind, het 'n goeie promosie gemaak by haar werk, sy is nou 'n senior in die HR afdeling van 'n groot onderneming. Eks nogal trots oppie drie vrouens in my lewe. - Nou nóg ernstiger, Vlakkies, ons moet saamstaan! Ons is op hierdie plaas innie minderheid. Eers word daar gedroom van 'n man wat 'n huis moet bou iewers innie Karoo, en dan is dit vir jou tyd om te díen, anners kry jy klappe. Kan jy dit glo? Dit ruk nou heeltemal hand uit. Kom ons gaan sit oppie stoep en drink 'n paar knertse, dan maak ons net of ons niks hoor nie.

Anonymous said...

Gelukkig werk ek tot 16.30 so dit wassie ek nie! O_o drink ons nou tee? Ag seblief Kasie ek sit eerder ook saam julle op die stoep.... en "droom oor die verlede en verloor heeltemal beheer" .... Roxy music se Jealous Guy!

Anonymous said...

Mensdom vandag was 'n lekker dag in my lewe! Ek is deur en sommer oor ek so goed gedoen het kry ek ook al my geld terug. Sjoe dis lekker so pasella in my sak.... so die "spaar" was tog die moeite werd.

Nou's ek so lus vir leer ek wens die volgende boeke is môre weer hier... siende ek so baie tyd het dat niksdoen my so effe verveel....

Kasie bly dit gaan beter met Bernice, Vlakies jy moet vir Vroulief bederf. Sommer BAIE, DANKIE :-)))

Anonymous said...

Mieks baie geluk, goed gedoen, en gooi 'n party met daai tjing!

Anonymous said...

:-) Kasie dankie tog. Nope ek skryf weer in vir die volgende ene, as ons hom klaar het dan party ons nou behoorlik hoor! Dink ek sal solank my "driver" soek..... Oelalie nou gaan ek doeks zzzZzZZzzzZZZ want môre dalk moet ek weer ander mense belange op my hart dra!?. en eks nou baaaaaaaaaaaaaie moeg!

Anonymous said...

More more almal. By die kathuishouding is ons nou moeg vir wasgoed was, wakker bly met kinders wat , wel, daar's nie 'n mooi woord nie, opgooi. Nag 5 gister nag gewees met kind nommer 3. Mieks, baie baie geluk. En Vroulief, gou gesond word!

Anonymous said...

Vroulief hoop daardie duim is sommer gou weer gesond....Vlakkies....het jy al die beskuit geknie en die wasgoed gewas...en die beddens opgemaak☺☺☺ Mieks....ek is soooo trots op jou...geniet die rustydjie voor die volgende leersessie....Patrysie...drome droom kos niks...en mens kan dit altyd verander soos jy wil...Kiets...wat is nou weer aan die gang...het daar al weer n' kiem sy nes kom skrop in jul huishouding...Jewlsie...mag jy n' wonderlike Olifantlose dag beleef...Kasie...geluk met jou dogter se bevordering...dit laat altyd die ouerhart ekstra warm klop...nou ja..dit gaa maar rof ier...laat ek verder skoffel...die bossies is baie e die grond hard....mag elkeen die warmte van omgee en liefde ervaar....xxxx

Anonymous said...

Sien wat ek sê. "Vlakkies, het jy al beskuit geknie en wasgoed gewas en beddens opgemaak?" "Vlakkies, jy moet vir Vroulief bederf." Orders, orders, orders. Wat dink julle doen ek al vir 30 jaar lank? Ek is 'n gehoorsame man. Dis net die Petrysie wat smaak my bietjie simpatiek is. Sy sê immers niks. Miekie en Kaasman, baie geluk en Kietsie, baie sterkte.

Anonymous said...

Ag, my liewe Vlakkies!! Ek was al vandag soooooo bekommerd oor jou en jou mishandelde omstandighede tuis... Dankie toggie dat jy daaraan gewoond geraak het!! Dit laat my beter voel!!! ;-))) So, hoe gaan dit met my dierbare IS?

Kaasie, ek is bly om te lees dat Bernise dinge beter hanteer. Sy klink na 'n oopkop-girlkie en baie geluk ook met Karen se prestasie!! Ai, daai Vaderhart swel seker van trots! As dit met mens se kind goed gaan, gaan dit goed met jou, né? Dis seker hoekom jou Moekie so 'n huppel in haar stappie het!! ;-))

Rooikoppie, wat is die warmte van liefde en omgee? Verfris my geheue, seblieffies!! Jou dierbare mens! Wat gaan aan in jou lewe?

Katjie, vir jou kan ek net bid vanaand want jou situasie klink haglik! 'n Mooi woord vir opgooi is vomeer, maar ek ken dit as 'pots'. Poep en kots gelyk, maar dis maar 'n familie-giggel!! Sterkte, Vriendin!!

Miekie, baie geluk met jou fantastiese prestasie! Jy het soveel guts om weer te studeer en lyk my nog 'n keer jou voet daarin te sit? You go girl!!! Sussie ok? Wat gaan julle sonder mekaar doen? Klink asof julle baie verknog aan mekaar is... Ag, sterkte, ek weet nie eintlik hoe om jou te troos nie, maar ek dink aan jou!!

Spikkels, Antjie, Seebul, Makou?

Groenie? Het jy gesien my hele houthoop is weg? Ek mis jou, my ou maaitjie!!!

Uncle Mac, is dit al volmaan??????

My dag was 'n 'suitcase vol winter', maar dit maak my bly want dan kan dinge net beter word!!!

Soen daai mens vir wie jy gekies het om jou lewe mee te deel - sommer nou!! En as jy nou nie jou arm om iemand kan sit vir wie jy lief is nie, gaan klim innie bed voor jy vries!!! ;-))) Toedels Pêllies, lekker droom!!! xxxxx

Anonymous said...

Doodstil...pikdonker....net die helder maan se strale skyn deur die sagte gordyne...saggies baie versigtig...sluip ek....n' mondjie vol boeretroos....dis wat ek nou nodig het....is die krag af of wat gaan aan...eina!!!!...ai tog wie het nou weer sy skoene net hier uitgetrek en gelos.....aha...die kers net gou in die hande kry en aansteek....die vurhoutjies is bo-op die kas in die linker hoek...girts-girts...dankie tog...dis beter nou kan ek ten minste sien wat ek doen en waar ek loop...nou net gou die ketel op die primus sit,spirutis in die houertjie gooi en pomp-pomp...girts -girts...aitsa...die ketel sal nou begin sing..solank die moer in die koffiepot gooi....mmmmm ruik heerlik.....genade wie snork so....Nee, wag Wagter...ek gaan nie nou vir jou ook n' bak koffie maak....ai tog ,jy is regtig lastig...en erg bederf....jy gaan vlooie in jou maag kry van al die koffie....ssshhhh....hou op kerm...ek sal vir jou gee....netnou maak jy die hele huis wakker....mmmmm...heerlik....nou ja,snoesig slaap my maaikies...xxxx

groeni said...

ok, ons probeer we! di fn ding gooi my briewe weg en dis mr moeilik om te onthou en te tik en somme als. elle geval, lo da weer almal. eks so bly om te sien dat da flukses onner ons is = anners was die plaas seke toe onner bossies en melk suur inni koeie. een van my liewe ka k boutertjies het by werk n leer weggemr waaraan ek al mnde lank werk, hand notas ens vir oudit wat ma bgin. so, ek ga nou knor om als in di paar dae oor te doen. jul moet mrse lekka week en naweek he, sie jul vlge week.

groeni said...

rooies! hou daai beker, ons plof sonne koffi vadag!

Unknown said...

nou WAT nou??? ou rympie van lankal uit die kas gegrou en hier's hy nou [alweer]

Sommer vir annirdag se stilstaan
Alleenwees, trugdink en vooruitdink
met die bang-vir-more wees peins wat in jou hang,
Jy wonnir wat sal word en wat nog kom en wat lê voor…
Da' lees jy 'n stilmaak Psalm
Loop gang af ...en bel 'n pel,
Of, sit oppi stoeptrap jou en kwel
Krap ingedagte jou hand se palm
Terwyl in jou galm...
Ou gedagtes wat daar talm
Sê dan hardop: "Liewe hel... "
Lag verleë vir jouself
Gaan maak tee, al is't al na elf
Sit koekies by.... Wat jy van waaaaar uit delf
Da' sit jy trug, en laaik jou self.
En weet - ons is almal spesiaal...
If not for them... at least for HIM !!

[Klaar ge-rym !! geniet !]
mooi loop ook,
Ek & Mac en die ander gek

Anonymous said...

Ons eie, eie geliefde digter hier oppie stoep vanoggend... Dis mooi, Uncle Mac!!!

Anonymous said...

Uncle Mac,dankie vir die mooi,en die waarheid van die rympie...sonnige snoesige liefdevolle dag vir elkeen..xxxx

Anonymous said...

julle al gesien as mens 'n klomp flentertjies papier laat val en die wind skep dit? dan dwarrel en waai die goed so dat jy nie raakgevat kry nie en al in die rondte hardloop soos eers diè een en dan daai een deur die wind teruggesit word op die grond. nou dis hoe my gedagtes is. dwarrel in alle rigtings. so ek praat eerder min want soos die wind die papiertjies terugsit op die grond, eindig my gedagtes net by een ding. wat 'n goeie ding is want goeiste hy's goed vir my. ek hou julle dop... ♥♥♥

Anonymous said...

Spikkels dis so mooi wat jy gesels. Hoe gaanit met almal? By ons was dit nou die Leeutjie man gisternag se beurt. Ai, hoe s♪ die bybel - "This shall also pass" of so iets. Dankie vir die digtery Oompie- ek het dit baie geniet.

Anonymous said...

♪♪♫♪♥Daar's niks soos ware liefde, niks so teer, so mooi, so rein...♪♪♫♪♪

Anonymous said...

Ek was die meeste van hierdie sonnige wintersdag hoog innie takke!! My moertjieboom se lote stoot weer die wêreld vol en toe gryp ek die houtsaag en saag daai boom kaalkop!! Die reguit takke het ek nou eenkant gesit want môre gaan ek vir my 'n sonblinding maak vir die stoep sodat nuuskierige agies gefrustreerd moet wonder en ook om die somerson se ergste hitte, teen laatmiddag, weg te keer. Oe, ek is soooo opgewonde!! Die hout wat ek op my erfgrense neergesit het, is ook Dinsdagoggend finaal, verniet, weggery!!! Wat het julle alles vandag aangevang? Siestog, Groenie, jy klink maar erg murig oor die werk wat nou weer oorgedoen moet word. Sterkte!! Wyn virrie pyn!! Dis wat ek nou gaan skink en dan lê in koeksodabadwater vir al die melksuur wat in my spiere opgehoop het vandag. Ek moes behoorlik klou om nie uit die boom uit te val nie!!! Maar ek het dit gedoen en ek is trots op myself!!! ;-)))

Anonymous said...

Julle is so poëties vandag, dis mooi. Daar is soveel dinge wat ons doen sonder om daaroor te dink. Om die regte woorde daarvoor te vind is 'n kuns.

Anonymous said...

Dis volmaan op my erf,
ek voel so bederf!!

Dis al!! ;-))

"met die bang-vir-more wees peins wat in jou hang"

...sluk ek roekeloos nog 'n teugie witwyn... Hoekom is ek bang?

Kaasie, Uncle Mac toor met woorde en niemand kan hom dit nadoen nie!!! Wens meer van julle wil julle hande daaraan waag om met woorde te skets... Komaan, probeer ten minste want jy verwoord jouself hier waar mense vir jou omgee!! Hier waar dit kosbaar gaan wees. Hier waar dit saak gaan maak!!!!

Gits, ek voel nou giggelrig en terselfdertyd melodramaties!! Is dit nou die volmaan of die witwyn? Of issit 'n kombinasie van die twee wat nou so mooi die vernis afgewas het dat ek nog digkuns wil sien en skryf??

Ag man, fly me to the moon en los my net daar!!!! ;-))

Anonymous said...

But is there a man on the moon????

Anonymous said...

I always thought that love was a game for fools
You put your heart on the lin
everytime after time and then you lose.

But I'd never seen the stars shinning in your eyes.
Now it's all very clear what is happening here to night.

It's only me and you
under the man in the moon.
Counting stars up above
and falling in love
like we're meant to do.

It's only me and you
under the man in the moon.
So let's start with a kiss
and make every little with come true.

I never thought that I'd be the lucky one.
With everything I've been thru
I find some body like you to share my love.

It's only me and you ...

Oh-o the man in the moon.....

Anonymous said...

Can you hear him calling you?!!!

Anonymous said...

Will you be there in the morning?

Will you be there when I want you?

Will you be there when I wake up?

Oh, I need you to be there in the morning

Anonymous said...

Still thinking about that cup of tea?

Anonymous said...

Mmmm ... wat die volmaan nie tog alles yt mense haal nie. So, nou net my paar goedjies pak, môre gat loop biltong en dro' wors koop en geld ryl, da' vlie ek weer moer toe weg.

Anonymous said...

Jou reis is ook vir my 'n reis, al is jy net in my gebede. Adios Amigo, kom weer veilig terug.

Anonymous said...

Sjoe.....nou ja,sê ek vir myself -self....die maan doen nogal dinge.....Môre,môre....Vlakkies....kan nie glo die tyd is al weer verby....maar ten minste het jy en Vroulief weer kwaliteit tyd saam spandeer...Kiets...hou uit mater....een van die dae is dit weer heerlike somer...en dan is al die ellendes ook minder....Laat ek verder skoffel...mag elkeen van julle n' heerlike sonskyn, omgee dag beleef...xxx

Anonymous said...

Sjoe.....nou ja,sê ek vir myself -self....die maan doen nogal dinge.....Môre,môre....Vlakkies....kan nie glo die tyd is al weer verby....maar ten minste het jy en Vroulief weer kwaliteit tyd saam spandeer...Kiets...hou uit mater....een van die dae is dit weer heerlike somer...en dan is al die ellendes ook minder....Laat ek verder skoffel...mag elkeen van julle n' heerlike sonskyn, omgee dag beleef...xxx

Anonymous said...

Die dubbel druk gogga is al weer terug☺☺☺

Anonymous said...

Robyn!! Waar was jy gisteraand? Ek is mos nou nie 'n groot fên van Anonymous nie!! Niks persoonliks teen die persoon nie, maar ek vind dit moeilik om te verstaan hoekom die mens so baie te sê het en dit nie onder 'n regte naam kan doen nie!! Nou wantrou ek my maaitjies want ek wonder wie het verskuilde agenda's - of dalk is dit 'n nuweling wat nog nie heeltemal tuis voel nie? My maggies, in daai geval: Baie hartlike welkom aan jou, Anonymous!!! Kuier lekker saam met ons, maar eers moet jy sê watse rugbyspan jy ondersteun - die Bokke tel nie!!! En as jy nie weet hoe om jou naam te skryf nie, gaan onder NAME/URL, click op die kolletjie en tik jou naam in. Dis maklik, jy moet dit probeer!!!!

Vroulief se plaassleutels is verlore, maar sy sê darem dat dit goed gaan onder die omstandighede. Haar hand is erg seer en toegedraai met hope verbande wat sy seker teen vanmiddag gaan begin afpluk want Vlakkies is nou nie meer daar om te help nie... Ta-ta, Vlakkies en dankie dat jy so goed was vir Vroulief. Reis veilig!!

Katjie, hoe gaan dit daar in jou huishouding? Ai, ek dink so baie aan julle!!

Robyn, ek wil vreeslik graag 'n ding-dong soos jy hê!! Maar hy moet nie so groot wees nie. Net sulke sagte klankies as die wind opsteek want anders gaan my Boernale elke aand blaf. As jy dink die volmaan tas my aan, moet jy vir Chico sien. Hy het wraggies nie 'n oog toegemaak gisteraand nie soos hy geblaf het vir die maan!! Mammie was effens murig op 'n stadium, maar met 'n kussing oor my kop vasgeknel, het ek toe darem 'n paar uur se slaap ingekry!! Toe my wekker vanoggend afgaan, spring ek op, lag hardop (dis iets wat ek nou al vir 15 jaar doen, om aan die lag te gaan as ek wakker word want dit verbrand glo baie kalorieë en dit sit jou in die regte luim vir die dag wat voorlê!), maar skielik verstar ek. Sjoe, elke spiertjie in my lyf is seeeeeeer!!!!

Praat ek altyd so baie? Ag, wees maar net lief vir my soos ek is!!! ;-))

Anonymous said...

Netnou dink julle ek's nie heeltemal lekker oor my laggery as ek wakker word nie, so ek gaan maar vertel waar dit vandaan kom! Ek en Loverboy het lank gelede eendag 'n wekker gesoek. Onder andere was daar 'n hoenderhaan-klok. Tipies, soos mens nou maar is, druk jy knoppies en toets die goed! Ons het die hoenderhaan se alarm ook getoets en toe sê hy: "Koekeroekoekoe, wake up! Koekeroekoekoe, wake up! Koe.." Toe ons die knoppie druk om sy bêkkie stil te maak, toe sê hy: "Gooooooood Morning!!!!" Jitte, ek en Loverboy het gelag en gelag want dit was soooo cute! Tuis is die hoenderhaan toe staangemaak op die bedkassie, alarmtyd gestel en die volgende oggend, toe hoenderhaan begin kraai, het ek en Loverboy weer aan die lag gegaan. Sonder woorde het dit 'n instelling vir ons geword om elke dag met 'n glimlag te begroet en bly te wees ons het mekaar. Hoenderhaan het later die gees gegee, maar met ander klokke en selfone het ons steeds dieselfde roetine gevolg. What a way to start your day!!!

Anonymous said...

Ai, ek het nou 'n opwindende aand gehad! Mr. Eish het die straat af gejaag gekom, bo-oor die mini-sirkel, beheer verloor, deur 'n staalheining gebars, 'n broodboom wat 40 jaar oud is poerdes gery, 'n entjie op die erf gery en toe, na twee probeerslae, die afstandbeheerhekke ook in hulle dinges in gejaag, straataf... Bure is darem wonderlike goed! Hulle spring sommer in hulle karre en sit die ou agterna wat toe al op 'n 'rim' ry, konfiskeer sy sleutel en stuur die nuus weer straatop. Vir die eerste keer in 13 jaar het ek al my bure gelyktydig ontmoet - ons wou sommer braai, so gesellig het dit geword!! Hulle sê mos as boere saamkom, dan stig hulle eerste af en daarna braai hulle!! ;-)) Ek is so jammer vir die twee oumensies wat nou sit met al daai skade, maar dankbaar dat ek nuwe vriende gemaak het! Selfs Groenie was daar!!! En ek was vir sowat 13 minute die eienaar van 'n GAP beany wat een van die drie polisie-hunks op die toneel verloor het! Ek maak my net gereed om vir julle die storie te vertel, toe hoor ek net sirenes en skrik weer 'n keer vanaand! Ten minste weet die hele buurt EN die polisie nou waar ek bly en ek het 'n middernag-koffiedate oor ek so nice was om die beany so mooi op te pas!!! Kyk, as die polisie praat, dan luister mens!! ;-)))

Sug. Waar's al my maaitjies? Ek hoor net heeltyd my eie stem!!!

Anonymous said...

Hi Jeweeltjie, kan jy nie 'n webcam in jou straat installeer nie? Sjoe, daar gebeur dinge! Ek het lekker gelag oor die hoenderhaan wekker, was dit net om gewoond te raak aan Rooiveer? Hoe gaan dit eintlik met hom? Lanklaas van hom gehoor.

Anonymous said...

Jippieeee!! Hallo Kaasie! My buurmanne sê ons straat is nog die enigste lang straat wat nie frustrasie-hobbels het nie, daarom kom jaag die simpel mense hier... Maar dit gaan binnekort verander!! Rooiveer is pragtig! Hy en Spikkels het nog nie begin eiers lê nie want my Pa sê daar's 'n tekort in hulle dieët. Ek voer hulle nou tamatieplante en gras, maar blykbaar kry mens lêmeel. Wat beplan jy alles vir die naweek?

Anonymous said...

Mole Jeweeltjie, lêmeel? Nooit geweet die hoendereierindustrie is so'n wetenskaplike besigheid nie. Vir hierdie naweek het ek nog niks beplan nie, sal maar sien wat gebeur. Dis nou nie eintlik somersweer nie, dit reën en dis maar koel. Dalk 'n geleentheid om hierdie blyplekkie 'n bietjie aandag te gee, as ek lus is. Hierdie week was nogal interessant, ek sal nie in details ingaan nie maar ek koop "precision engineering" produkte in Sjina vir 'n groot maatskappy in Duitsland. Nou is daar 'n verskil tussen wat op die tekening staan en wat die Sjinese kan produseer. Glo dit of nie maar dit gaan oor 'n verskil van 2 Micron, en 'n Micron is mos 1/1000 mm. Daarmee het ek my hierdie week besig gehou en nou is ek bietjie flou. Who said size doesn't matter?

Anonymous said...

Dis die ding wat ek nie van haarkappers kan verstaan nie. My geliefde moffie moes net my punte sny, soos 2 Micron, maar toe sny hy 200 Macron af!!! Toe voel ek ook bietjie flou, nes jy, Kaasie!! Lyk tog vir my asof lengte saakmaak!! ;-)) My swembad is snotwarm en nou het ek nie eers iemand byderhand om saam met my rond te plas nie. Dis 'n lieflike, warm, windstil dag hier by ons. Arme Vlakkies het wraggies net al die snerpende koue dae hier beleef! Is jy al veilig, Vlakkies? Hoe laat speel die Springbokke?

Anonymous said...

♪♪♫♪♪ Ons arme Bokke, ons arme Bokke, HOES! La la la la la la la!!! ♪♪♫♪♪ :-((

Anonymous said...

Jeweel hallo :) so lekker om jou stories te kan deel. Dankie. Ek het daai moffietjie van my verlede week belowe ek gaan hom voorstel aan 'n rowwe moffie as hy my hare te kort sny :-)

Jeweel het jy gebel vir 'n oudisie vir Noot-vir-Noot? Ek is so spyt ek het dit met 'n week gemis :( ........maar ek gaan nie agteroor sit tot volgende jaar! Ek weet mos watter datum is hulle hier.... dalk het iemand kleinkoppie getrek, en dalk net dalk...

Kietsie hierdie week is dit weer Trivia aand en ek Cora is 'n span saam. Ek het die klomp in die kantoor so opgesweep dat ons kantoor sommer 4 spanne ingeskryf het :-) so julle beter duime vashou vir Miekie & Cora.

Verder gaan dit goed hier, ek werk al weer aan 'n funksie in Oktober en dit is vir my so lekker, ek wens ek kan dit elke dag van my lewe doen...dalk moet ek net my droom najaag op 'n blinkvosperd.... ek is nie bang vir bloots ry nie, galop, saalboom-steek, en die wind in my lokke!

Ek koop vandag die Rooi Rose, Jeweel onthou jy vir Lisa De Waal? Wel verlede week op die kunstefees het ek vir Susan Coetzer ontmoet. Vra haar toe sommer reguit is jy Lisa? So sê sy net wag tot Aug uitgawe... :-) sy IS! Sy's so sweat!!! Haar storietjies is darem nes dit 'n 'n single girl se lewe gaan.

Sy gee Oktober 'n nuwe boekie uit en dit is vir ons geskryf. Die Lief en Leed van single wees!

Anonymous said...

Aaa, Miekie, jy laat my giggel!! Lisa en haar Kitaarman... Wie was die ou voor hom?

Noot vir noot? Ek weet nie eers van oudisies nie want my wêreld het klein geword. Ek floreer mos tans op ongelukke wat gebeur op my straathoek!! ;-))

Hoe kan Susan Coetzer, Lisa de Waal wees? My kop spin. Hoe het jy dit geweet, Miekie?

Jy ken ook die hele wêreld!!!!! Nou onlangs was daar mos 'n artikel oor Danie Niehaus in Tydskrif en die volgende week val mense hom aan oor sy arrogansie met sy laatkommery... Die artikel was swak geskryf want i.p.v. om 'n onderhoud met hom te voer, is sy swakste punt uitgelig! Miekie, word 'n joernalis en vertel ons tog net die waarheid!!!!

Ek hou vir jou duimvas dat daar 'n kansellasie is - jy is die Note-koningin!!!!!!

Liedjie vir die aand?

Anonymous said...

JEWEEL!!! Liewe Lisa se eerste was mos Frank, die ou wat Dana se wyk 14 doen. Frank Opperman. Hy is briljant!!!!

Glo my met die ongelukke het ek soveel empatie mee, dit bly maar dramaties.

Hoe het ek dit geweet? , dit was seker my vroulike intuisie, en toe sy so by daai tafeltjie sit en haar boek Oros teken en ek haar konfronteer, toe lag sy die mooiste onskuldige glimlag.... Mona Liza styl ... elke geval die prentjie op Oros hang nou in haar huis op Parys.

Die liedjie vir vanaand was Roxy Music se Avalon.

Ek is nie 'n skrywer of joernalis nie Jeweel jy is by uitstek baie beter as ek. Skryf jy die stories en dan reêl ek 'n port en sop aand. Jy weet mos dit is waarvoor ek lewe!!!

Kom kuier sommer vir my die 8ste Oktober met my groot funksie, dan sien jy en beleef my werk. Ek sal jou aan die hooftafel laat sit, en daarna sal jy verstaan wie en wat my droom is.

Anonymous said...

... en dan ontmoet jy en sit aan die tafel van seker een van die GROOTSTE Kolkatjies wat daar nog ooit was. Selfs 'n Springbok. Koop jou vliegkaartjie 'seblief.

Anonymous said...

Koekeroeeeeeeeeeekoek. Ai Spikkels liefie jy snork darem hard vir 'n vroutjielief. Draai op jou ander sy.

Anonymous said...

Sê vir die blksm hy moet gaan slaap!

Anonymous said...

Ai Miekie, ek het darem nou vir twee ure lekker gedroom oor hoe ek Bloemmies toe vlieg, my aandrok aantrek, vernaam wees aan 'n hooftafel vol Kolkatjies en Springbokke, maar toe kyk ek in my dagboek en sien dat 8 Oktober op 'n Woensdag val... Hoekom reël jy 'n funksie vir in die middel van die week? Nou gaan ek net skitter in my afwesigheid!! Ek het nie geweet dat Susan Coetzer skryf nie. Ek gaan bietjie uitkyk vir haar boek want ek hou van Lisa se skryfstyl. Oop en eerlik. Ek het ook nog nie Frank se nuwe showtjie gesien nie. Het iemand van julle al? Hoe was dit?

Aaaa, my liewe Rooiveer en Spikkels was ook hier!!! Dis maar goed die twee het gisteraand sleg geslaap want Rooiveer het nie soos sy gewoonte is om o5H00 'n keelgat opgesit nie. Hy't seker geweet ek wil bietjie later op 'n Sondag slaap!! Kaasie, dit was nou 'n giggel werd!! Wat het jy toe gister gedoen gekry? Ek is besig met die blinding vir my stoep. Wat soos reguit lote gelyk het toe ek dit uitgesoek het, is maar baie krom toe ek dit begin hang het!! Ek het 'n paar vriende oorgenooi om vandag by my te kom braai en swem. Almal girls!! Vandag skinder en giggel ons weer lekker!! ;-)))

Anonymous said...

Die son skyn weer vandag Jeweeltjie, en ek geniet my eerste koffie oppie stoep. Wat het ek gister gedoen gekry? Eintlik niks nie. Die gewone shopping gedoen en toe by 'n restourantjie gesit en kk praat met 'n paar pelle. Gistraand by die huis gebly want dit het te hard gereën. Soos gewoonlik was daar niks besonders oppie TV nie en toe speel ek scrabble teen my slimmasjien. Ek het gewen. En toe gaan slaap ek maar tot Rooiveer gedink het dis nou oulik om die hele plaas wakker te skree, gelukkig het hy geluister. Geniet jou braai, swem en skinder. Wat braai julle? Maak my jaloers.

Anonymous said...

Ek het so 'n mooi beesfillet wat ek gaan bedien met 'n roquefort roomsousie. Skaaptjoppies (my gunsteling) en wors wat my Pa self gemaak het. Ek gaan netnou 'n wonderlike aartappelslaai bou met so 'n effense mosterdsmakie in die mayonaise. Dan moet ek ook nog die jong boontjielote roerbraai in knoffel en uie. Vir nagereg wou ek 'n bruinpoeding met vla maak, maar ek kry nou nie my Ma se resep nie en tans sit hulle in die kerk, so ek sal maar net Woolies sjokolade bedien. Die bottels wyn staan ook al en asemhaal. Is jy nou baie jaloers of net 'n bietjie? :-)) Skink nou maar jou tweede koppie koffie en wees bly dit reën nie meer nie!!! Ek het ook uitgevind dat ek nooit verloor as ek teen myself rekenaarspeletjies speel nie want as dit lyk asof ek gaan verloor, begin ek dadelik 'n nuwe game!! ;-))

Anonymous said...

Baie jaloers.

Anonymous said...

Môre-Môre Jeweel en Kasie. Ai dit is nou jammer Jeweel, maar dit word al vir jare so gedoen, 'n middagete met 'n gasspreker en gaskunstenaar. Die klomp omies op die Raad is vreeslik tradisievas en vir my om dit te skuif na 'n aandfunksie is net onmoontlik.

Ek het Frank se nuwe stuk Wyk 14 verlede vrydag gesien. Ongelooflik goed gegewees. Baie gelag, en ook soms 'n traan gepik. Hy bly 'n ongelooflike goeie akteur.

Jy's oulik om sommer jou eie blindings te maak! Oe en vanmiddag se ete klink heerlik, ek is saam Kasie jaloers!!!

In hierdie huishouding het ek die hele naweek nie kos gemaak nie, so ek moet ook die pure luigeit laat staan en begin.

Lekker dag vir almal.

Anonymous said...

Salig!! Voetjies op!! Dit was 'n stunning dag, dankie Miekie en Kaasie!! Ek het skoon vergeet om vir julle van die kreef-voorgereggie te vertel. So gestoom met die tradisionele sousie was dit 'n treffer by almal! Ek het my outydse eetgerei blinkgevryf - daai Ouma-vismesse-en-vurke met beenhandvatsels? Selfs die perlemoenskulpe waarin ek dit opgedien het, het soveel aandag getrek! Ag, Miekie, dankie vir die Malvapoedingresep wat jy vir my gestuur het. Ek was nooit weer voor die neukenaar nie en het dus jou goeie bedoeling gemis!! Baie dankie daarvoor!!

My wangetjies is rooi gebrand, my gemoed het 'n 'lift' gehad oor almal se waardering vir my moeite en ek het net weereens besef g'n mens is 'n eiland nie! Ons het mekaar nodig!!!

Kaasie, my vriendinne het my oortuig dat Rooiveer en Spikkels nie op hok kan staan nie, maar vry moet rondloop. Ek was eers skrikkerig, maar laat hulle toe uit die hok uit sodat hulle kan gaan krap in die grond! Oe, hulle het geskrop en gepronk en gestertsleep en grastermiete verorber. Toe ek weer sien toe het hulle 'n skaaptjoppie se murgbeentjie beet en baklei selfs oor die sappigheid!! As hulle nie môre begin eiers lê nie, dan weet ek dam nie...

Liedjie virrie aand: I did it my way!!!

Sterkte vir almal se week vorentoe en dankie vir al julle liefde!!! xxxxx

Anonymous said...

Ek is bly jy het so'n lekker dag gehad Jeweeltjie, lyk vir my dit word tyd om in Petoorsdorp te gaan kuier want ek kan doen met 'n goeie braai. - Mieks, wat het jy uit die kombuis uit getower? En is dit nog so koud daar in Bloemies? - Die son het weer vinnig moeg geword vandag, en toe reën dit weer vir die beker. Van kwaadgeit het ek alles gedoen waarvoor ek gister te lui was. My plek is weer spic 'n span, selfs die vensters en die vloere blink. Weer 'n Sondag in sy glorie in. Lekker week vir julle almal!

Anonymous said...

Kasie dit was potgebraaide skaapnek, goudbruin aartappeltjies, koring, spinasie, & Lolla het pampoenpoffers gemaak :-)nee wat die weer is nou heerlik hier. Hoop maar dit bly so vir die week.

Nou ja laat ek die week aanpak. Yster het 'n moewiese stuk yster opgetel in een van sy bande iewers waar ek Saterdag gery het.... so dit is ek en die "biscuit" vanoggend hahahaha. Tarra!!

Anonymous said...

Hey Dirk, LOL??

Sincere regards
Randell