Monday, July 7, 2008

Nog 'n maandagoggend!


49 comments:

Anonymous said...

Jeweeltjie, Buffelsbaai is inne Syd-Kaap. Buffelspoort is net deeskant Rustenburg, Noordwes Provinsie. ATKV oord mit warm swembad.

Anonymous said...

More more almal! Sien, ek het net tyd gehad om die plaas te versorg, en toe is dit werk werk werk. Happy, happy Oompie. Mag die lewensjaar vol vreugde wees. Zouga is terug - lekker son gekry en koud gekry en ons gaan darem biltong hê. Vertel dit het tot Saterdag gehael.

Unknown said...

Hieijjjjjjjj hoeij haaijy hoorhier ... ons is t'rug uit die Botswana. Ek draai sommer om. Dis warm daar, en mooi en g'n ge toet-toet-toetery heeldag in jou ole nie. Ollimant het my en Dwergie in Brutus amper gebyt. Dwergie reken daai ou kan seer byt met sulke groot tanne. In Op die Chobe het ons bootsmankano skipper te naby aan 'n dooie buffel gevaar waaraan die kollokodelle gevreet het, toe sit ons skippiekjie inni lang riviergrasse vas ... en die stroom dryf ons tot teenaan die dooi buffel. Dneesie stuyfff tugedrukh - en die kollokedelle loer loer vir ons. Almal penniek en ek neem fotos, hang halflyf oor die skippiekjie se rant om naby te kom vir 'close-up' sneppies. Anner boot moes ons uit sleeptou. Vra anner Nig bir Dwergie: "Was jy nie bang nie? seg die Dwergie, Nee, hoekom? My Kagiso was dan daar. En hy salli tlaat 'k iets oorkom nie. Ook toe ollimant ons tjaarts, sy ook nie geskrik nie. Mannnnn, dis lekker om saam so 'n paartner inni bos te wees. Toemaar Vlakkies, nie te worri nie. Sy weet WIE eintlik ons Beskermer is. Sy laat my maar net goed voel. Iewers sal 'k gaan fotos plak en julle laat weet waar om in te loer. Mooi loop ammal van julle.
Jeweelkjie - loop kjyk die mooi sononner.

Anonymous said...

UNCLE MAC!!!!!!!!!! Ek pak sommer 'n geselsvuur vir jou en gooi leë coke bottels daarin vir ekstra vlamme en sing weer Happy Birthday vir jou oor ek so bly is dat jy en Dwergie terug is!!!! Hoe was jou verjaarsdag? Klink asof julle baie avonture beleef het!! Volgende keer moet jy my maar saamvat oor ek so 'n fancy kamera het wat kan inzoom... ;-)))

Ek was nogals teleurgesteld toe ek vanaand, doodmoeg, by die huis kom en bladsye geselsies wou rooflees van my maaitjies! Natuurlik was ek soooo bly om van Vlakkies te hoor wat in Rustenburg uitspan vanaand... Vlakkies, as julle braai, moet my tog nie daarvan vertel nie want ek gaan erg jaloers wees!!! Katjie, dankie dat jy ons plaas so mooi skoonhou, maar wat gebeur in jou lewe? Is daar genoeg biltong om te deel? Pasop, as jy jok gaan daar 'n kasdeur op jou val!!! ;-))

Spikkels is seker oppad huistoe en neem mooi blomme af langs die pad, Miekie is seker nou vir haar wintervakansie by haar geliefde, maar ek wil graag Groenie en Robyn en Kaasie se verskonings hoor oor hulle so skaars is... Antjie? Hey man, kom sê hallo! Ek mis julle stories en omgee!!!

Hierdie week hou weer twee groot herdenkings in sy hande. Kaasie, wil jy weer raai? ;-))

groeni said...

ja ja anti! lo almal. gisteraand, teen my sin, trug gery vanaf sntwarme shushu na blkmse koue gauteng... jong, my gt was seer gesit en my arms pyn nou nog.. het waentji afgehak by skoni en met di ossewa huis toe gekom en vanoggend weer trug virri afpak, shops toe vir proviant ens.. nou eeeeers kan om blikkies oop te maak. jewls, da issi konneksies deuri land gewees, behalwe die gaps ene...

Anonymous said...

Jeweeltjie, stuur my nou asseblief die hele verjaarsdagalmanak, dan kan ek my beplanning doen op my manier en rustig slaap. Ag toe? - Groenie welkom terug, nou het jy eers 'n vakansie nodig. - Vlakkies en Vroulief, ek hoop julle geniet dit daar by Rustenburg, mooi wêreld daai. - Mieks, die koue gaan verby, nie meer lank nie en dan is die somer weer daar.

groeni said...

ok, amper klaar deur fodies...1019+246(vorige download).. dink ek het erens die draad...oe, dalk verkeerde woord, verloor en sal weer moet edit.. sal netnou op fb n paar plaas..ta kaaskop. ek het gelukkig vandag en more nog af... sou mos eers more trug gery het.ma nou is ek gtvol en ga omval oppi stoel, lief nog ori waters en begin more sometime trug vlie.

Anonymous said...

Ek kan nie gloooo wat ek lees nie! Groenie, hoe kon jy vroeër terugkom na hierdie vrieskas toe as jy nog 'n dag of wat eerder kon stoombad? Shame, jy mis seker vir Lief!! Kaasie, jy vra so mooi - hoe kan ek weier!! ;-)) Nou moet ek my g@atjie roer want deesdae doen ek op 'n Dinsdag die narkose-assistensie vir Dr. Raath. Dis nogals opwindend en ek leer verskriklik baie!! Toedels, Pêllies, vlieg hoooooog!!! xxxxx

Anonymous said...

Sjoe...moes eers al die gesels opvang...Uncle...mwa mwa...gelukkige verjaardag...al is dit verby..mens verjaar mos so paar dae voor en paar dae na die regte datum☺☺☺...nou ja,koud is dit voorwaar..maar nie naastenby so koud soos mense sonder komberse, en huise moet kry...veral in die Kaap waar dit boonop reen en plekke verspoel...so as ek my donskombersie....so oor my trek....is ek dankbaar in my hart vir wat ek het.....Kasie,n' vriend van my se seun is gister aangeval en met n' mes gesteek...gelukkig nie te ernstig...maw...dankie tog hy leef nog....ook in die Moot area....al wat gevat is by hom, is sy half lee beursie,bottel melk en brood...maar byna het hy met sy lewe geboet....Vlakkies...jy en Vroulief moet daardie warm swembad geniet...ons was ook een keer daar,met die koue effe geniepsig...jy boer maar feitlik heel dag in en om die warm swambad...lyk naderhand soos n' rosyntjie....Jewlsie....ai,ook maar vroeg uit die vere....hoop jy het n' mooi dag...en soos Mac sê...kyk na die sonsondergang...gistermiddag...was dit so spoeg uit die mond spat mooi....iets wat jy op film wil vaslê en koester...Groenie...nou ja,lê seker knus onder die kombersie by die huis...of buite in die son,geniet jou laaste paar ure...môre is weer skouer aan die wiel!!!Patrysie veilige terugrit.....Kiets,seker bly Zouga is terug...hoe gaan dit met die Kietsies....Al is dit al laat in die dag...wil ek net sê..mag elkeen n' besonderse onthou mooie dag hê....die liefde jou hart saggies aanraak, en jou glimlag iemand anders verbly...xxxx

Anonymous said...

'LO almal - gaan maar baie baie besig hier. By die werk is my vennoot mos op vakansie so ek jaag rond tussen twee mense se bouterreine ens. Zouga is veilig terug - daar is ongelukkig net 'n bietjie biltong - die weer was so erg hulle het nie eers almal een dinngetjie geskiet nie. Lekker dag almal - goed om die Oompie te sien. En gaan goed met die kietsies dankie! Ad klein Leon nou ok net kan leer lekker slaap soos sy sus en boetie sal die wêreld reg wees.

Unknown said...

huh??? het jelle nie 'n rabbirhammir 'ie? Bulkzm hom agter di eoor [net liggies] da' slaap hy tot die son uitkom ;-) !!! Neeeeeeeee, jy raak'ie anni kjent 'ie. Jy wil ma gewees het ... wees nou ene. En nie alle bybies is'ie selle nie. Wag ... ek gaan iewers pelle soek en iets drink -- ek beginne gorrel nou. G'naait ammal.

Anonymous said...

Vandag was ek op DIE BERG... Mooi weer met die karretjie tot bo, rondgeloop en veeeeeeer gekyk en amper gevrek van die koue, dit was koud koud koud koud, nog nooit of baie lank laas so koud gekry, vingers bloedrooi en dooierig. En toe val die ysreën, sopnat ons almal en bibberend suiend aan koffie en warm sjokolade... ai, die Kaap is wraggies mooi... En ons ry eers Vrydag terug, slaap in die Karoohuisies in Colesberg en Saterdag terug in Transvaal. ;-))

Anonymous said...

Mense sal ook sê ek stap teen toemaaktyd in wanneer hulle klaar opgecash het... Maar die customer is mos altyd reg!!! Aaaaaaaa, dankie vir julle prate vandag!! Niks het eers opwindend in my lewe gebeur nie, net werk, werk, werk!! Spikkels, wat sê Die Berg? Pieps-papsopnat? Oi, ek mis Smousie se bergprentjies!!! Kon jy skelm my vyf soentjies waai sonder dat Gentleman dink jy's van looitjie getik? ;-)) Het julle al die liedjie 'Spinnekop' gehoor? Of Ray Dillan se 'Hokaai stoppie lorrie!!!' Anderdagmôre ry ek werk toe en daai liedjie speel op Jakaranda! Ek rock en roll sommer so in my nice kar met al die geriewe soos aircon, central locking, leersitplekke, power steering en gebed en Ray Dillan wat die 'hou vas moennie los!'-liedjie sing... As ek tog net so 'n koersvas foto kon neem!!!!!!!

Katjie, ek is bly dat Zouga terug is en Lief ook!!!

Anonymous said...

Môre Môre...tralala....dis n' heerlike sonnige winters oggend...die Ladidas,was vroeg oggend al op my grasperk,as die son hulle vang glinster daardie vere so blou pers,en hulle is ywerig op soek na n' sappige erdwurm of twee....Patrysie...dankie dat jy ons op hoogte hou van die mooie Kaap...geniet elke oomblik...Vlakkies...klim uit daardie warm stomende swembad....kyk hoe lyk jy al...opgerimpel....Jewlsie....daar is n'anner sonkie wat my weer laat tone krul....Sewe soene...te pragtig...Uncle...hou jouselwers in!!! kinder grootmaak is gin perdekoop....die verantwoordelikheid raak net groter soos hulle groter raak.....so die deurslaap is maar net die punt van die ysberg...ek en jy maak nou vir Kiets bang....Kiets....dis nie so erg☺☺☺☺....(moet net hare op jou tanne hê)....en vasbyt....Kasie....is jy alweer besig om te verdwaal in jou heerlike warm weer....en Mieks....ek weet dis Leeu koud daar by jou...maar maak net n' piep geluid sodat ons daremweet jy oorleef nog.....nou ja,ek klets weer die Donkie se agterbene af....die bossie groei in die winter ook,laat ek skoffel,en julle nie uit die werk hou..mooi dag vir elkeen....hoor nou net iemand het van ' brug by Atterbury weg ,in die aankomende verkeer gespring...Wat laat iemand so desperaat optree!!!!

Anonymous said...

More more almal! Is maar koud hierso. Of so voel dit. Ja Oompie, ek weet dis deel van ouer wees, maar party nagte is net belaglik! Saterdagnag (onthou ek was alleen tuis) was dit Leon om 10:30, eers aan die slaap weer teen 11 uur. Annecke teen 12 uur, Bongi hond teen 1 uur vir my die hele badkamer betr*rts, toe Annecke weer wakker, badkamer skoongemaak en seker weer 1:30 in die bed, Leon weer wakker teen 2 uur tot 3 uur met hom gesit, Annecke weer teen 3:45. Twee ure geslaap en toe is my twee rustige kinders, Christian en Moya wakker en reg vir die dag.

Anonymous said...

Ok,wie gaan saam met my moerige koffietjies drink....ek het die heerlikste sappigste tertjies spesiaal gebak...die son skyn heerlik op die stoep...Wagter Matewis,Felix en Guyver lê heerlik op hul kombersies,ou Wagter droom seker van Hase jag...ruk en tjank kort-kort...☺☺☺...Kiets, kom skop gou skoene uit...net n' klein afknyp tydjie...

Anonymous said...

Dankie Rooikappetjie! Ok, dis so lank ek kan inloer...

Anonymous said...

Dit was nou voorwaar"Now you see,now you don't",maar nogtans het jy gou ingespring Kiets,gelukkig was ek gereed met die padkossies,geniet dit!!☺☺☺...hier is nog genoeg vir die res van julle...julle beter kom...Wagter is besig om die reuk te kry,en kort voor lank is daar niks oor!!!.....Julle ken sy soettand....en smekende ogies

Anonymous said...

Kiets ek kry jou jammer, dis harde werk midde innie nag. Een ding moet ek sê, jou kinners ennie hond is georganize, hulle maak jou nie almal tegelyk wakker nie. - Robyntjie, dis nie weer om te verdwaal nie, dit reën hier, soos jy sê, katte en muise, of soiets. Die hele klomp by die werk is weg, hou vakansie, en ek is alleen en dis bietjie baie. Toe raak ek aannie slaap gistraand. Was nogal lekker.

Anonymous said...

Jitte Kaasie, jy het dam 'n opwindende werk dat jy so vinnig aan die slaap kan raak met olifante op jou voorstoep!!! ;-)) Ekskuus, jy meen seker dis hoe moeg jy was oor almal vakansie hou? Liefkind het vanaand 'n oorslaapmaaitjie en die tweetjies giggel aanmekaar!!! Groenie, lewe jy nog, Vriendin? Gooi gou nog 'n stomp oppie vuur en vertel bietjie hoekom jy so skaars is op die plaas!!

Anonymous said...

Jeweeltjie, ek het aannie slaap geraak omdat ek al die anner mense se werk ook moet doen. Dit maak mens moeg! Trouens, het jy my nie belowe om 'n verjaarsdag almanak te stuur nie?

Anonymous said...

Beloftes maak skuld, né Kaasie? Jy moet vandag gaan draaigooi by jou rooi posbus... Sjoe, maar dis koud!! Ek sien Smousie is weer besig om weg te spoel met sy bootjie daar innie Kaap!! Patrysie, vertel bietjie weer waar julle orals kuier en bibber!! ;-))Robyn en Katjie, het julle julle dikste jasse aan vandag? Ek maak vir ons melkkos!!!!

Anonymous said...

Ai,my mond water nou vir daardie melkkos...Makou se gunsteling....dankie Jewlsie....kyk ek is eintlik baie bederf en bevoorreg....by die huis spring ek in my mouster...by die werk spring ek uit my mouster...maak die kantoor deur oop,maak die deur toe en sit 2xaircons aan...en die heerlike hitte vloeideur die kantoor...maak heerlike sappige koffietjies met cremora...hou die beker vas met alby hande ...maak ogies toe...en sê dankie...vir die voorreg....en begin dan bossies skoffel en Olifante kos gee..maar die punt is...ek is nie blootgestel soos ander...en soos nou skyn die son baldadig by my kantoorvenster in...die duifies koer...die Ladidas grawe hier en grawe daar...en die Kwêvoels klaag luidkeels omdat iemand durf beweeg...en sy stilte verbreek....mag elkeen warmte ervaar...en mag die koue van korte duur wees....xxxxx

Anonymous said...

Koffie tyd op die stoep....4uur....Jewlsie jy kan mos ook vandag aansit...dis mos jou af dag...Kiets!!!!...kom n' vinnige enetjie...Mieks...dis net wat jy nodig het...om jou bietjie warmte en energie te gee...Patrysie en kie jol nog rond...so die mense op vakansie sal ons maar oorsien...maar onthou julle word gemis....vandag het ek heerlike vars skons, aarbeikonfyt en opgeklopte room...mmmm.... njammies...en sagte Vivaldi melodiee....ag,salig.......Wagter!!!!genade dit was amper....kan my ook nie draai...dan aas jy.....

Anonymous said...

Robyn, jy is omtrent bevoorreg om in so 'n sonnige omgewing te werk!! By die huis en in teater vrek ek heeltyd van die koue!! Ek en my Tuindeskundige het vandag 'n hele houthoop uitgedra op my erfgrense en nou hoop ek maar net iemand kom dit verniet vir my wegry. Gedurende Loverboy se mal jaar het hy mos alles na ons erf toe gebring en ek sukkel nou al 2 jaar om dit weg te kry! Groenie, as jy hout soek vir jou kaggel, hier's baie by my!!! ;-)) Katjie, ek hoop jy hou jou kiddies binne die huis want hierdie wind kan niks goeds beteken nie!!! Liefkind en haar maaitjie giggel nog eenstryk deur - ai, wat is mooier as 'n kind se laggie?

Anonymous said...

Sjoe, ek het darem nou iets ongeloofliks beleef!! Ek hoor 'n moerse slag en sien hoe 'n BMW met 'n treiler tot stilstand kom en 'n motorfiets wat nog vir oulaas in die rondte spin. Op die sypaadjie lê 'n liggaam. Ek sien die BMW-man 'n oproep maak op sy selfoon en hoe hy besorg oor die liggaam buk. My Boernale geniet die opwinding en begin mekaar aanval - ek bewe van kop tot tone want ek weet nie wat om eerste te doen nie!! My Tuinjong sê ek moet die honde toemaak laat hy kan gaan kyk en toe gebeur alles vinnig. Daar stop 3 karre gelyk en mense vra en ander verduidelik. Intussen het daai liggaam op die sypaadjie lewe gekry maar hy lyk sleg - dis net bloed waar jy kyk! Storm terug die huis in en kom met my hele noodhulpboks weer uitgedraf. Niemand steur hulle eers aan Arno nie want intussen het twee tow-in-trucks ook opgedaag en sê die ambulans is oppad en die polisie ook. Ek help vir Arno om sy Pa te bel en ontsmet sy wonde. Ek wou gou velclips vir hom ingesit het op die diep snye, maar ek sien toe dat hierdie 16-jarige-lisensielose-outjie dan net weer sal uitpass. Toe kom die brandweer daar aan met sirenes en ek sien Arno krimp ineen. Gelukkig het hulle 'n paramedikus by hulle en dié ondersoek Arno vir beenbreuke en ander goeters wat ek alreeds gedoen het. Voel klein bietjie trots op myself dat my kennis darem nie te vrotsig is nie en net toe kom die ambulans ook daar aangejaag met nog 'n tow-in-truck op sy stert. Almal praat baie en niemand weet eintlik wie's wie nie want die 'crowd' is nou so 30 mense sterk en arme Arno wil net sy Pa by hom hê... Toe stop ek die lorrie en vra dat almal asb. moet afklim!! My maggies, die kind is op 'n mediese fonds, sy Pa is amper hier en die BMW-man het aangebied om self die motorfietswrak te vervoer, kosteloos, so niemand se hulp is verder nodig nie!! Veral nie die brandweer s'n nie want met hulle moerse rooi trok wat in die middel van die pad staan, hoop die verkeer toe al buite sig op! Toe bel ek weer Arno se pa en verduidelik vir hom van Arno se beserings en alles wat hier aan die gebeur is. Gelukkig is hy toe so 10 minute sy ry vér en kon ek vir hom vra om sy roete te verander want anders het hy ook vasgesit in die verkeersknoop in ons voorstad!! Heng, ek moet ook net keer dat niemand vir Arno suikerwater gee nie want al die buurt se vrouens staan gereed met plastiese glasies... Toe kom daar so 'n wit-tweesitplek-fancy-lae karretjie aangejaag en 'n nog witter-geskrikte man pyl op Arno af. Hy was sooo bly om sy Pa te sien dat hy toe sommer weer begin bewe en tjank. Shame. Nodeloos om te sê, die hele wêreld was hier, maar die polisie skitter nog in hulle afwesigheid...

Ek het vandag gesien hoe vinnig 'n ongeluk kan gebeur. Wees maar ekstra versigtig by 4-rigtings, my dierbare maaitjies, want jy weet nie of daai motorfiets of motor betyds gaan stop nie!! Lief vir julle almal!! xxxxx

Anonymous said...

Sjoe Jeweeltjie dis nou 'n moerse storie. Hoop die outjie kom reg. Ek het nog altyd gewonner hoekom die tow trucks altyd eerste op die toneel is, moet hulle hier in Kaasland nie probeer nie, die polisie sal hulle wegjaag. Nóg 'n goeie raad vir julle almal, as jy dan tóg in 'n ongeluk moet wees, doen dit dan voor Jeweeltjie se deur, dan is jy in elk geval in goeie hande!

Anonymous said...

My Liewe Kaasie, ek het asb. nie nog 'n insident soos vandag nodig nie!!! Maar dankie vir die kompliment!!! Liefkind het hierdie 'tow-truckers' eenkeer gesien by die Fonteine en toe noem sy hulle: 'Tou-vassers'!!!

Daai eerste outjie wat met sy groot trok aangery gekom het, het vir ons klein skare vertel dat dit standaard is dat as 911 gebel word, dat al die wiele aan die rol gesit word! Gits, hoeveel staatsgeld is vandag gemors net sodat 'n brandweerman vir my vertel ek lyk so bekend... Intussen was daar 'n kind in nood!! Dit kon joune of myne gewees het... Ek is net bly ek kon 'n verskil gemaak het!!!

Ek het Arno se nommer! Hy is 'n kind van die omgewing wat 'n fout gemaak het en hopenlik het hy sy lessie geleer... En hy lewe!!! Oe, ek is bly ek is nie vanaand in sy skoene nie!!!!! Sy Pa moes al die pad van Jo-burg af jaag en toe hy witgesig sy kind sien, sê hy: "Get in my car!" Die arme kind kon skaars loop!!! Nou wens ek ek het die vrymoedigheid gehad om hom tot stilstand te dwing en te sê: "Dis 'n wonderwerk dat jou kind lewe!!!!" Waar lê ouers se verantwoordelikheid? Ken julle daai storie wat ons ouers ons gespin het dat as jou maaitjie in die vuur spring? Hierdie kind het op die ingewing van die oomblik besluit om by 'n maaitjie te gaan kuier en toe loop dinge skeef... Dis hartseer!!!!!

Anonymous said...

MOr emore julle almal - ek dink Mieks het die yskas tussen Bloem en Gauteng se deur oopgelos toe sy af kaap toe is. Dis ysig vanmore! Jewls, dankie vir die lekker lees. Ek moet noem dat die paramedici en toutrokkers daai tyd met Zouga se ongeluk baie behulpsaam was. Hy het met groot lof van hulle almal gepraat.

Anonymous said...

♪♪♫♪♪Veels geluk, liewe Makou, oor jou dogter verjaar. Mag die Here haar seën en nog baie jare spaar!! ♪♪♫♪♪ Mag Kirstin altyd die sonskyn in jou lewe wees!!!! Bederf haar sommer baie op haar spesiale dag en gee haar 'n drukkie van my af. Liefde, Juweeltjie xxxxx

Anonymous said...

Môresê Katjie!! Ek was net so beindruk met die nooddienste gister! Nogals 'n mooi klomp boereseuns bymekaar! Hulle kan my maar enige tyd resussiteer!! ;-)) Robyn, watse koek kan ons vandag vir Kirstin bak? Jy het altyd sulke oulike idees! Nou gaan ek gou ry om my bestuurslisensiekaart te gaan kry! Oe la laaa! Vandag lag ek weer lekker!!! Vlakkies, klim nou uit daai swembad uit en vertel bietjie wat julle alles aanvang - ek mis jou!!!

Anonymous said...

Jewlsie...ons eie nursie,met al die kennis en toerusting...jy moes eintlik daardie Pappa eenkant toe geroep het...en hom vertel het hoe bly hy moet wees sy seun leef nog...ok,ek weet skok maak ook dat mens soms kras optree....Makoutjie,my geveerde vriend...geluk met Kirstin se verjaardag....so mooie mensie,jy sal die haelgeweer moet begin uithaal...mag sy nog baie vreugde in jou lewe bring...en ook dat julle nog baie pret saam sal hê...Jewlsie...ek dink ons sal n' groot party moet reel...n' paar "platters" met sappige happies,sout en soet,want die jongelinge hou nie van groot gedoentes wat die kos aan betref,die dametjies hap so fyn-fyn,en die mannetjies,probeer hulle self bewys met allerhande kwinkslae,...."cool" musiek,spesiaal met n' DJ,en ligte en dan n' pragtige verjaardag koek...met die allerfynste rosies en "Forget me nots"...en 16 silver kersies,want onthou Kirstin is nou n' fyne dametjie...olala...ag,hoe verlang ek na die tye toe ek my twee seuns kon bederf met die partytjies....wel,daar lê nou Januarie vir my n' 21ste voor.....laat k gou skoffel...skoon pootuit na al die reelings☺☺☺....snoesige dag vir elkeen...xxx

Anonymous said...

Wie't vir my n'mussie,serpie en handskoentjies...Ek verkluim!!!☻☻☻.....gaan gou-gou WARMMMMM,Milo maak.......

Anonymous said...

Rooikappetjie, as jy wil het ek in September twee verjaarsdagkoeke om te maak en JAnuarie s'n is ok al ge-bestel - 'n prinsessie koek. Weet nog nie wat die mannekis wil hê nie- mamma kan nog kies.

Anonymous said...

Hi daar julle! Dankie vir die onthou en gelukwensinge. Dit is baie dierbaar van julle. So word die kinders ook groot in n oogwink! Vanaand is die groot partytjie en dis snerpend koud!! Geniet julle se naweek en hou maar die warm goeters naby hoor. xxxxx

Anonymous said...

Hi Makou! Gits, amper val ek agteroor. Baie gleuk hoor! En ons mis jou vreeslik - nou mag jy nie weer verdwyn nie - al kom gesels jy net so nou en dan.

groeni said...

wow! dis fn koud. maak toe daai blddi yskas.. geluk makou met jou snip se verjaarsdag. sjoe jewls, wat 'n storie. ok bly die boet is ok. snip en lief is nou na haartowenares toe, als moet af! hekse moeni teenwoordig wees as hul sluukse planne uitgevoer wordni, so ek en boeta wag inni grot...

Anonymous said...

Tag! Moet toggie sê dis ou Mac se stem wat ek vroeër gehoor hettie. Ons is trug. Disse wonnerlike plek daai Buffelspoort. Warm swembatte. Maarie wonnerlikste is daai anner klein badjies. Jy gat loop lê so in hom en dan beginne hy sukkel borrels maak. Jy hoefie eerst te p... ehm 'n windjie te lossie. Lat my dink aan daai ding wat ek nou annerag wanner gelees het. Dis glo 'n sleg ding om jou winne te knyp. Jy moet hulle glo los, anners kryp hulle in jou rugstring op tot in jou harsings en dan kry jy alleranne stront idees.

Anonymous said...

Sies, Vlakkies!!!!!!!! Giggel!! ;-)) Welkom terug!! Klink vir my asof julle pret gehad het... Het jy gesien dat Makou deesdae sluiplees? ;-)) Uitgevang, WilleDing!!!! Dis nou toespraak-tyd vir hom, maar ek is nie bekommerd nie - hy gaan weereens 'n treffer wees!!

Groenie, gaan Snip nou 'n bob hê? Ek kan my dit nie indink nie want jou Snippie het darem net die mooiste hare op aarde!! Samaritaan-sus sal haar nie ver-sies nie! Ek hou duimvas vir jou senuwees... ;-))

Toe, toe, wens my geluk, sing liedjies en maak toesprake!! Ek het vandag my swaarvoertuiglisensie geslaag en ook my motorfietsliksens! Wraggies, toe ek 3 maande gelede na my handsakdiefstal my bestuursliksenskaart moes oordoen, kon ek net 'n automatiese karretjie bestuur het... Jippieeee!!! Wie kan na dese met my skouer stuur? ;-))

Anonymous said...

...skouer SKUUR? Sien, dis hoe opgewonde ek is!!!!! ;-))

Anonymous said...

Makou, baie geluk met jou prinsessie se verjaarsdag. Word nou tyd om swaar artillerie aan te skaf want die klein blksms het oorspronklike idees, kan ek onthou. - Jeweeltjie, geluk met jou liksensie, nou kan jy self die bus bestuur as jy met Liefkind gaan rondry. - Pla ek julle as ek sê dis 'n mooi someraand in Kaasland? En dis nog Vrydag ook.

Anonymous said...

BOKKKKKKEEEEE!!!!!!

Anonymous said...

Dis goeie nuus, dankie, Vlakkies!! Was hulle spel darem beter vandag? Ek het vir Arno gaan kuier om met my eie oge te sien hoe hy lyk... Siestog, die kind is nou op krukke en sy hande en voorarms is erg nerf-af en sy neusfraktuur is herstel en oralster het hy steke in, maar hy het my dadelik herken en dankie gesê dat ek nie kwaad was vir hom nie en geweier het dat hulle hom met 'n ambulans wegvoer! Sy Pa gaan sy motorfiets laat regmaak en dié het glo tot nou toe nie 'n woord gesê oor die ongeluk nie! Daai prekie kom seker nog!! ;-)) Kaasie, toe ek vanoggend lees van jou somersaand in Kaasland, het ek donker gedagtes gekoester want jy het geen benul hoe koud ons hier kry nie!! Spot maar lekker, né?!!

Makou, hoe het die Sweet Sixteen partytjie toe afgeloop? Het hulle hulleself darem gedra? Vanmiddag het daar so 'n klompie teenagters voor my in die fliek gesit, maar jitte, kan hulle vloek!!!!

Anonymous said...

Hallo al die liewe plaasmense! Jip ons is terug by die huis, en ek en Vlaktekind het behoorlik 'n "ball" gehad... Ons het regtig lekker vakansie gehou...
Al die vrouensmense; Julle moet net sien wat se pragtige nuwe ring ek van my liefste Vlaktekind gekry het met ons huweliksherdenking!! Ek voel soos 'n nuut verloofde ou meisietjie, wil net heeltyd na my pragtige ring kyk! Wat dit nog soveel meer spesiaal maak is dat Middelkind dit ontwerp het, en daarna is dit laat maak.

Maandag begin my skool weer, en ek jippo nog 'n week terwyl Vlaktekind hier is, en ek weer so 'n blitsige, pynlike draai in die hospitaal moet maak - al weer 'n ou duimpie!!

Ek wonder wie het die yskas laat oophang, ons dooi van die koue!!

Lekker slaap almal!!

Anonymous said...

VROULIEF!!!!! Ag, dankie vir die inloer en gesels! Mirrelkind is soooo talentvol - ek kan my net die allermooiste ring indink en seker met soveel liefde gegee!! Ek ken daai gevoel van 'n ring bewonder, met die koppie eers hierdie kant toe getult en dan anderkant toe, maar dit bly mooi-verby!! Ek voel skoon opgewonde saam met jou, Vriendin!!!

Kaasie, is jy nou alweer aan die op en af spring van lekkerkry? Sug. Baie geluk aan julle BB's. Ek dink my Kolkatjies het konsentrasie verloor toe die eerste donderslag oor my huis slaan en ek opspring en die slimmasjien sommer uit sy muurprop uit pluk... Daarna was niks weer op koers nie!! Dit klink vir my asof ek nou suurg@t is, maar regtig, om twee naweke na mekaar te verloor is niks lekker nie!!

Uncle Mac, stap bietjie uit en gaan kyk vir my wat die maanstand is, seblieffies! Ek voel dis tyd om maanwater te maak en almal te toor!!! ;-)) Dis seker ook oor ek Antjie so baie mis en wonder hoe haar bosvakansie was... Koewie, Antjieeeeeeeeee!!!

Ek mag miskien nie 'n kaggel hê nie en daar's niemand om vir my braaivleis te maak nie, maar ek het my kind en daar is vrede is ons huis, so vanaand slaap ek warm!! Julle moet ook warm wees en mooi drome droom en mekaar vashou, né?!! xxxxx

Anonymous said...

Ai tog, daar land my boetie toe weer op sy ga.... ehm sitvlak innie tronk. Maar dit was amper. Hulle is dam nog vierde oppie punteleer. Volgene Vrydag... Nee Jeweeltjie, dis nog so 'n entjie van volmaan af.

Anonymous said...

My Pa het my geleer mens se planne moet nooit opraak nie!!!! So dit issie ekke gewees wat die deur nie toegmaak het nie Kiets en Vroulief. Dit is darem knerskoud nê. So tussen die koue deur het ek gefees! Feesfeetjie vir ‘n hele week. Ek het o.a. Gewyk 14, en gaan Louis Fivaz, en gaan Noot-vir-Noot en vandag vir Dirkie gaan kyk. Dirkie die rolprent van my kinderjare…. O jitte dit was darem ‘n hartseer storie toe hy daar in die woestyn so alleen saam met sy hondjie moes oorleef. Almal om my het die snesies nader getrek….. en selfs my oë was ook nat. Nou gaan ek my feesskoentjies uittrek want ek is poegaai, oppellalla gefees!!!

groeni said...

kyk, dis nog fn koud! gsteraand voor kaggel gele en slaap - hemels! ag hel! wi kenni nommers vanni lotto, ek wil nou wen! dink net aan die ladies of leasure wat ni hoef te worry oor opstaan en werk ni, dis sommer strnt hieri..snip se nuwe hair doe is nice, ek dink dit groei op ha! 101 reperasies in volle swang...oe, eks bly eks girl, en vir enige iemand wat nou vra 'tegnies handicapped' :)

Anonymous said...

hi every person,

I identified lekkerkryplaas.blogspot.com after previous months and I'm very excited much to commence participating. I are basically lurking for the last month but figured I would be joining and sign up.

I am from Spain so please forgave my speaking english[url=http://anbehindthescenes.info/].[/url][url=http://behindthescenesco.info/bookmarks].[/url][url=http://motivationalquotesga.info/].[/url]