Monday, July 21, 2008

Tweede laaste week in Julie


Tulpe uit Kasie se wêreld vir hierdie week - hoop julle week is sonnig en vrolik.

52 comments:

Anonymous said...

Koewie ek en die "biscuit" is veilig terug LOL! Jeweel het jy die nuwe Huisgenoot gekoop? Kyk op bl 97 regs onder...

Anonymous said...

Sjoe, mooi foto, sommer hier ommie draai geneem?

Anonymous said...

:0 dankie Kasie jip jy weet mos ;-)

Anonymous said...

Kiets ek wou nog dankie sê vir die mooi prentjie van die week. En ook sommer omdat jy ons plaas so mooi versorg. Dankie Baie Kieters.

Anonymous said...

Ek het nou so lekker gelees aan almal se storietjies en gebeure...sjoe,soos hulle sê "Never a dull moment"...Jewlsie,jy het omtrent aksie in jou omgewing...ek praat nie eens van die lekker kuiers en Rooiveer en Spikkels se mannewales....en Mieks....jy beter uitkyk as Noot vir Noot sy oudisies doen...ek wil ook darem sê ek ken iemand op die kassie...Kasie,jy klink darem al te fluks vir my...dis altyd so lekker as mens inspring en jou plek van kop tot tone skoonmaak...terug sit en die saligheid daarvan geniet....wel,my internet by die huis is hopenlik nou weer reg vir n' ruk...sodat ek ook darem weer kan saam gesels...dit gaan dol by die werk...so tyd vir klets daar is soms maar min...

Anonymous said...

ROBYNTJIE!! skies ek gil so maar dit is nou so LEKKER om jou weer te sien. Jou vrek baie gemis vriendin!

Ek moet nou dringend 'n draaitjie ry.... eina dit is seer!

Anonymous said...

Mieks...ek giggel nou so lekker.....wat se dringende draaitjies ry jy die tyd van die aand!!!☺☺☺

groeni said...

boo! vinnige hallo, ek ga nou weer werk..ek koop ni huisgenoot ni - gaar net oues op vir snoete om uit te knip - iemand sal moet vertel. jewls, ek moet net se, da's min wat die polieste so goed lat voel het soos jy noudi aand. kon somme sien die skouers word breer gestoot. :) mieks, shame, hoe moet koos nou voel as jy dit 'n draadji noem? :)

Anonymous said...

Sjoe julle tweetjies julle is stout.... luister bewaar die ene wat vir my lag! Ek was so simpel om 'n stampie op my toon te ignoreer en nou het ek 'n groot gemors. Die dat ek gou ongevalle toe was want hoe sal ek nou 'n bal of balle kan balanseer sonder 'n middeltoon? ;-) alle grappies oppe 'n stokkie.... mens dink mos mens is slim, en dan vang slim sy baas en dan sit mens soos ekke nou lekker innie moeilikheid....maar Dok Marinda sê ons sal oor twee dae weet of haar salfies werk, een klein merkie so groot soos 'n vuurhoutjiekoppie, soveel skade, soveel pyn, eish/eina!!

Anonymous said...

Mieks, ek het nie eers geweet nie mens kan balle balanseer mét 'n middeltoon!
Groeni, Robyntjie, skaam julle!

Anonymous said...

"swyg*

groeni said...

wavo skaam? kyk, sy balanseer dan selfs di balle! oeeeee...

Anonymous said...

Ek speel mos netbal O_O

Anonymous said...

Wou net gou kom sê ek leef nog. Sukkel net om te aklimatilogiseer - of wat is daai groot woord nou weer? Wat ek eintlik wil sê, ek kry nie gedoen wat ek moet doen nie. Is hier teen marrag al so vaak lat ek net wil omval. Jeweeltjie, jy moet hier gat loop kyk: http://www.4x4community.com/forum/showthread.php?t=21853. Ja toemaar, die anner kan ok maar. Dis net oorlat Jeweeltjie virrie Kolkatte skrou. Nou het sy iets om oor te skrou. Net jammer dissie 'n haai nie ;-).

Anonymous said...

Mieks...van almal was ek die heel ordentlikste...ek het mos geweet die draaitjie ry het niks met koos of enige iets anders te doene...maar toe kom daar mos sekere mense☺☺☺....met beweringe....ai,ek het sooo lekker gelag...gewoonlik is dit ek wat die kat aan die stert beet kry,nê Jewlsie?...Kasie skaam vir jou....hou op lag....Groenie!!!!jy weet...hoe moet mens nou ordentlik bly...☺☺☺☺...mag elkeen die warmte van omgee en liefde ervaar...dis n' pragtige sonskyn dag wat aan ons gegee is...kom ons maak die beste van elke oomblik...en onthou die glimlag...dis verniet!!!!Ns: Vlakkies!!!!...maak oop jou ogies...genade...so te sit en snork helder oor dag....

Anonymous said...

Ggggg..flrrts Hu? Snork? Wie snork? Nog nooit gesienie Rooikappie, ek doenie sukkel goeters innie kantoorie.

Anonymous said...

Ek het dit gehoor!!!....Vlakkies☺☺
Hier in Petoorsdorp brand hulle die geboue...dit was veronderstel om n' vreedsame ontruiming te wees...nou is dit n' totale gemors en Inferno....mense spring skoon van angs uit die gebou en val hulle self dood....hoe tragies is dit nie....waar gaan alles eindig...

Anonymous said...

Vlaktekind is veilig, Rooikoppie motiveer ons weer vir warmte en omgee, en die son het vandag vuurwarm gebak in die Vrystaat! wat meer wil mens hê?

Sjoe Rooikoppie dis hartseer oor die mense verlies vandag. Ek het darem 'n mooi storietjie om te vertel en dit maak my so opgewonde dankbaar bly!!

Februarie toe ek daar by julle op kursus was, ontmoet ek 'n pragtige meisie, haar Pappie is verlam, 5 dokters het gesê hy sal nooit weer loop nie, sy het bly glo in GOD, gebid en geglo God is die enigste Geneesheer.

'n Fisioterapeut het hom onder haar hande geneem, hulle werk elke dag in 'n swembad (glo darem hy is snotwarm) en die oom loop nou reeds tussen die raamwerke. Die Fisio vrou hef geen kostes vir haar ure se werk!

Is dit nie wonderlike nie julle. Ek is so baie, baie, baie bly vir Cherise vanaand! En nog meer omdat God getrou is.

Anonymous said...

Jeweel ek het mooi gekyk jy kan die oggend van die 8ste vlieg, en dan weer by 16.00 terug. Ek bespreek jou plek aan die hooftafel. Geen verskonings!!!!

Anonymous said...

En daar stop my Dinsdagaand Katryntjie storietjie vanaand. En Jinx wil nog eers oppie skepe gaan werk.... hoe verstaan mens ooit 'n man se hart!!?

groeni said...

vinnige lo. dis darem ni me so fn koud ni...sit net onner een kebers en werk.. mieks, shame, hy mis seker ok balle speel?! rooies, ek het oori nuus gehoor, ma niks gsien ni..

Anonymous said...

Hehehehe groeni ;-) maar mens kan mos met balle innie water speel... soos onderwater hokkie en so aan...

groeni said...

jong, mieks, ek dink ons moe di hi lat sta... dit ga nou net laer en laer ga... :)

Anonymous said...

Mieks, kan 'n mens innie water ook net bal speel?

Anonymous said...

Ek't nou nou na die foto's van Saterdag se Loftus-byeenkoms sit en kyk op Beeld se webblad en die hoendervleis slaan toe so oor my uit. Ek wonder of die wêreld en sy kommuniste en terroriste en al die ander vrottes die krag van gebed onderskat?

Anonymous said...

Mieks,dankie dat jy Cherise se vertroue met ons gedeel het...dis wonderlik...en dankie ook vir die Fisio wat so onbaatsugtig is....Mieks,daardie Song vir Katryn het my Dinsdae opgekikker...dit was darem so pragtige menslike storietjie...ek sal so graag wou hê die storie moet n' opvolg hê...daar's nog te veel los drade...Groenie....wat se gebalspelery is dit hier....Kasie...ek sien op bakkiesboek,Bernice was ook op Loftus....dit moes n' absolute belewing gewees het...toe ek van dit hoor was die kaartjies reeds almal uitverkoop....ek bedoel nie eens met rugby in die laaste tyd was Loftus so gepak....ek dink meer sulke byeenkomste moet gehou word....daar is beslis n' behoefte daarna....Gisteraand toe ek huis toe ry....hang die pragtigste rooi Son bal in die Weste...en ek het so gery en wonder....wie sien dit raak...wie waardeer die mooiste mooi...of jaag almal maar voort...gedagtes by kos ,kinders ,dalk miskien n' lekker jol....soos miere tou almal terug na hul bly plekke...sonder tyd vir omgee of waardering vir die mooi om jou.....ek sê dankie...dankie...dat ek nog die mooie kan sien en waardeer....Lief julle baie...xxxx

Anonymous said...

Hallo julle almal. Dis met 'n hangkoppie en 'n groot askies dat ek jammer sê dat ek julle so afgeskeep het. Behalwe vir 'n groot skrik Sondagaand met klein Leon (blou lippies en handjies) gaan alles goed. Dis toe ook maar net mangels en baie spoeg, maar nou ja! Hoop almal het 'n lekker week.

Anonymous said...

http://www.fin24.com/articles/
default/display_article.aspx?
Nav=ns&ArticleID=1518-1793_2362651 Na aanleiding van die baie "scary" berig hierbo, sê Gentleman vir my ek hoef nie bekommerd te wees nie, hy't klaar vir hom 'n perd gekry. En hy sal sorg dat ek 'n ordentlik miershoopoond het, dan kan mens nou jou eie koring en mielies plant en brood bak en 'n groentetuin begin en vleis vir die pot soek. Te perd. Niks meer as dit is nodig nie. En toe dink ek aan twee weke terug se terugryery van die Kaap af. Ons het die oggend halfnege uit die Strand weggetrek en die volgende oggend halftwee in Delmas gestop, by die huis. Veertien ure later teen 'n gemiddelde spoed van 120km/h, drie keer gestop vir petrol, middagete in die ry geeët, aandete in Kimberley, op 'n ordentlik geteerde pad met lugverkoeling en skerp ligte. En nou wonder ek hoe "tough" is ons rerig...? Na veertien ure op die pad was ons kapot. Dit het die voortrekkers jare en jare gevat om van die Kaap af tot in die Transvaal te trek, oor berg en dale, deur riviere, verby afgronde, vyandige stamme, malaria, pes, droogtes, vloede, osse wat vrek, perde wat vrek, wanneer die meel op was moes hulle stop en plant en wag vir die oes om weer te kan brood bak, groentetuine aanlê, waens regmaak, koeëls maak, klere herstel, babas vang, tentseile lap. Alles in die oop veld sonder alarms en elektriese heinings en elektrisiteit of geysers of dokters of hospitale of winkels. Klink salig nè? Dalk word ons weer beskaafd as alles net duurder en duurder word. ;-))

Anonymous said...

As ek die mooi stories lees van Robyntjie en Spikkels dink ek aan iets wat ek eendag gehoor het. "Ek gaan hard werk, ek sal lang ure besig wees, ek sal die maatskappy wys dat ek almal kan verslaan, ek sal die beste wees en baie geld verdien. En dan kom daar 'n dag dat ek met my baie geld die duurste 4x4 Landcruiser gaan koop en almal sal sien hoe suksesvol ek is. En dan ry ek in my Landcruiser na 'n plek in die natuur waar al daai kwaliteite nie saak maak nie".

Anonymous said...

Robyntjie, Bernice het my vertel van Loftus en ook die fotoos gestuur. Sy sê dit was "amazing". As ek die fotoos sien kan ek goed glo dit was 'n baie besonderse dag.

Anonymous said...

Rooikappie, ek sit laat agtermarrag oppie dak en fietstrap en anner oefeninkies doen en sien hoe die son sak. Gisteragtermarrag was dit al van vroeg af skemer. Hier was 'n stofstorm en daarna 'n lekker bytjie reent. As dit nie daarvoor wassie sou ekkie son saam mit jou sien sak het. Behalwe lat hy hier bietjie vroeër sak as daar by julle. Petrysie, ons lewe is oppe anner manier taai as innie Voortrekkers se tyd. Ek sê aljimmers die lewe issie vir sisiesie.

Anonymous said...

Hoekom word die mensdom as "beskaafd" beskou Vlaktekind? Messe en vurke, tafeldoeke, kristalglase, tegnologie? Nie in my opinie nie, nee. Ek reken dit gaan eerder oor waardes en norme. Dan is ons wêreld eintlik behoorlik barbaars. En ons lewe is op 'n ander manier taai ja, maar ek wonder nou of as ons harte en geloof soos diè van die Voortrekkers van ouds was, sou ons nie minder gesukkel het nie? Maar dis seker hoe boere is, sal Sun City koop, platstoot, en dan mielies plant want ons is gewoond aan sukkel. ;-)

Anonymous said...

Nou hoe nou, Spikkels? Wil jy en Gentleman nou jagtersversamelaars word? Soos die KhoiSan van ouds toe die hele wêreld net aan hulle behoort het? Ek is te laat om daardie berig te lees waarvan jy die link gelos het, maar dit moes jou vreeslik bang gepraat het!!

Vlakkies, wat 'n vangs!! Daai Kolkatjie was dam baie slim want hy het seker gemaak hy bly onder die bek en bo die stert... Ongelooflik!! Gaan dit al beter met die aklimatisering? ;-))

Miekie, nee, ek sal dit nie kan maak nie, maar baie dankie vir die uitnodiging. Ek waardeer dit baie meer aswat jy besef, hoor?

Hoe gaan dit met Leon, Katjie?

Nou gaan ek gou kyk of ek iewers 'n Huisgenoot te kope kan kry... Nee, Spikkeltjies, ek ry sommer gou met my motor!! ;-))

Anonymous said...

Ai, dag jy gaan gou vir Silwer nadersleep... ;-) En die heeldag met sag gebreide velle i.p.v klere rondloop? Enige tyd ja!!! ;-)

Anonymous said...

Kiets,jy is vergewe...ek bedoel jy het jou hande behoorlik vol...hoe gaan dit met Leon...Spikkels...ek kan my net indink as ons in vandag se tyd met sagte gebreide velle moet loop....☺☺☺....groot pret hê....sies Kasie!!! ,wat giggel jy weer daar in jou mou...ek bedoel,ek kan net dink hoe sou ek bibber van die koue....Spikkels dis hoekom ek soooo hou van kamp.....net bietjie weer jouself vind in die veld...jouself oorgee aan die eenvoudige....Jewlsie....dis mos jou afdag....geniet die sonnetjie...Vlakkies.....die sonsopkoms en sonsondergang is seker een van my hoogtepunte in my lewe...dit laat my altyd met daardie verlang/dankbare gevoel....nou ja,laat ek skoffel....die bossies het lanklaas reen gehad...taai en moeilik om uit te kry.....mag dit n' huppel-huppel dag wees vir elkeen.....xxxx

Anonymous said...

Nee, Spikkels, ek weet dat Silwer nie van Nagmêrries hou nie!! ;-)) Robyn, hier is g'n niks sonnetjie vandag by my nie - lyk eerder asof dit netnou gaan reën! En nee, ek is baie besig vandag, daar is nie tyd vir pannekoek bak nie!! ;-))

My Krummel-katjie hoor netnou dat ek die ketel aanskakel vir 'n koppie warm koffie en toe kom sy deur die venster ingespring, op die oppervlak, oppie vloer, maar haar spoed was te veel en voor sy behoorlik kon vastrap om op die ketel se oppervlak te kan spring vir 'n lekseltjie melkies, gly haar voetjies onder haar uit en sy slaat neer!! Soos blits was sy weer op haar voete, vlieg om, maak haar ruggie so krom en fffffff asof die ongelukkie nou iemand anders se skuld was. Jitte, ek het so lekker gelag!!! Ek dink sy het skaam gekry want sy is toe weer net so vinnig by die venster uit, dikstert en al!!!

Anonymous said...

Jewlsie,ek het nou lekker gegiggel...die katte kinders lei ons aan die neus....vanoggend is my lyf seer, my nek is styf...ek het sleg geslaap...want Guyver eis die helfte van die bed op,skuif so bietjie vir bietjie styf teen my vir hitte...durf ek hom so effe skuif...wip hy vir hom en verdwyn deur die venster die koue donker nag in,om vir hom n' katmandjie te gee is vir die voels,steur hom nie eens daaraan,hy wil by mamma lê...so nou lê ek maar ongemaklik...stywe nek en seer lyf....want my Guyver regeer die huishouding...n' sekere hees meeu is "ek wil water hê,n' growwe meeu is,ek het n' vet muis gevang,kyk hier het ek hom,as ek hom nou los hardloop hy die hele huis vol,so spring...ek wou net kom wys..ek sal hom buite gaan eet....en as ek bad, sit hy op die bad se rant,en nou en dan kom lek hy van die warm seperige water,as hy eers sy liefies krane oopdraai, vermurwe ek en hy het my in die palm van sy vier pootjies....Felix...sy is weer die aristokraat...kyk jou so uit die hoogte...hou nie van n' geklouery...behalwe as sy na jou toe kom en self daarvoor vra...

Anonymous said...

Oe, ek dink katte het hope persoonlikheid! Noenoe is ook so 'n inkruipertjie en elke keer wat ek omdraai in die aand, wip sy haar en spring van die bed af, net om 'n paar minute later weer te kom krap-krap tot ek die duvét vir haar lig dat sy weer haar lê kan kry. Maar as Rooiveer begin kraai soggens rondom half vyf, druk sy haar neusie so teen myne asof sy my wil waarsku dat ek gaan verslaap!! Dan stap ons kombuis toe waar sy pilletjies kry en al die pad soontoe kyk sy heeltyd om of ek haar volg - sy maak seker! Partykeer trap ek poot of stert raak en dan is dit daai vreeslike maaaiiiuueee!! Noenoe maak ook soos Guyver met 'n wolkombersie... Hie-hie! Nooit groot geword nie!!! ;-))

Anonymous said...

Dis jammer Jeweel :-( die uitnodigings was 'n halfuur gestuur in die "cyberspace" en ek het reeds 41 bespreekte plekte.

Elk geval ek kom doen net andersins verslag. Ek begin oor drie weke met my voorbereiding vir my volgende eksamen. In die drie weke wat oor is wil ek myself nou net bederf en nie eens naby 'n kletskamer kom nie.Ek gaan alles beproef en die goeie behou ;-) daarna is dit weer vasbyt/deurbyt/afbyt (of so voel dit vir my).

September is ek weer weg met die netbal, begin Oktober die funksie en 'n week daarna my eksamen. 21 November 'n stywe Tuxedo Dinee wat ek reël, kan julle verstaan dat my bors nou begin toetrek? Die jaar is verby.... soos in om te sê "poef"...

Hiermee dus my rede as ek nie gereeld kom kuier nie :-( jammer.

Anonymous said...

*plekke*

Anonymous said...

Mmmmm, klink vir my na stories-opmaak om nie gereeld te kuier nie, hê, Mieks? Pragtige foto van Poplap en Nigkind!! Ek kan nie glo dat Huisgenoot so gou uitverkoop nie!! Buurvrou was so nice om my gou die prentjie te wys, maar ek mag nie verder geloer het nie... Sy moet glo nog die stories lees!!

Amper-middernag. Die steeltyd van die dag oor almal in hulle rem-slaap is. Toemaar, ek is wakker en hou 'n ogie dat alles goed sal gaan hier op die plaas, so, lekker slaap, Pêllies!! Wees gerus! xxxxx

Anonymous said...

AI julle, ek is super sleg! Jammer julle, maar dinge gaan baie druk by die werk en by die huis. Ek gaan eers bietjie lees wat hier gekuier word.

Anonymous said...

Giits,en sien toe daar was die hele dag nie 'n siel in hierdie plaashuis nie. Dankie vir almal wat vra - Leon is piekfyn, nou is Chistian aan die kla- maar ek dink dis 'n tand. Arme mammie gaan more vir haar 3de oogoperasie in 1 en 'n half maande - daai retina wil net nie vas nie. En vir die manne (en Rooikapetjie) - ek het vir Buks in die garage geparkeer en ry nou rond met Huberta - so regte mamma se taxi - "n Opel Zaffira. Ek moet erken dis gemaklik met die kinders en Kleinkatjie is mal oor die ingeboude DVD in die dak. En ekis mal oor hoe gerieflik sy bestuur. Mieks, ek soek ok daai Huisgenoot, maar helaas lees niemand dit nie. Wil jy dit nie scan en op Bakkiesboek sit nie? Ek is erg nuuskierig?

Anonymous said...

Haai Jeweel hoe kan jy nou so lelik dink van my? ;-) Ek begin maar solank om my ingestel te kry vir die volgende eksamen.

Kiets ek maak so vir jou!

.........en Jippie dit is Vrydag en dit is naweek en môre skiet ek 'n bok.....

Anonymous said...

Robyntjie koewieeeeeeeee Sweepslag was njammies vanaand nê? Jitte daai verkleurmannetjie is die BESTE!!!

Anonymous said...

PRRRROOOOVIIIINCE!!!! Ai, hoe lekker is dit om dit weer 'n slag te sê.

Anonymous said...

Genade...ek het nie eens sweepslag gesien...het in n' eetplek rondgehang...nou is ek baie spyt...ek hou so baie van Chris Cameleon...en ek dink dit was die laaste sweep wat geklap het Mieks...Noot vir Noot is mos weer terug.....Vandag was ek op straat...gou Potch toe en terug...nou wil my ogies toeval...ek sal maar môre weer klets...lyk my die huis internet hou weer vir n' slag.....lekker doeks almal..xxxxx

Anonymous said...

Naand almal! Moeks se ogie is geopereer en hopelik is dit als hierdie keer reg. Kry toe nou die huisgenoot vandag daar by die hospitaal in die hande - en daar sien ek vir Lolla'le. Bly Andre was vriendelik met hulle. Ek het hom anders beleef eendag by die lughawe - hy het so tantrum gegooi oordat hy (nadat hy 'n vlug verpas het) nie 'n besigheidsklas kaatjie op die volgende vlug kon kry nie, maar net ekonomies. Maar ons het seker almal maar ons af dae. Ek kyk nou so lekker aan die James Bonds amper elke aand - dis nou bederf vir my.

groeni said...

lo da almal.. sjoe, ma juls stil, of issit net besig. na rowwe naweek, sit ek nog en werk.. vinnige verslag. snoete het gster 2 karate kompetisies ghad, eerste een noem hul 'development comp', snip het 2 goues gkry, 2e een was gauteng nrd, snip het silwer in 'kumite' - dis nou di fighting - en dus ntrvl klere. boeta was ni so gelukkig ni, ma het darem 4e gkom in die ntrvl kompetisie..ek was fodde na di stori - sht, mens stress as jou snoet moet fight en als... vadag fol gdoen - nog herstel na gster...

Anonymous said...

Ek sluip maar saggies hier op die plaas rond...lyk my almal vat dit rustig...ek wil nie per ongeluk iemand se tone raaktrap...hoor net die gesnork...seker weer Vlakkies.....☺☺☺ Groenie...gee daardie twee snoete elkeen n' stewige drukkie an my...en vir jou gooi ek n' dubbele ploffie...vir die dun senuwees....dis sommer n' groot stap vorentoe vir snip....Go snippie Go...Kiets, bly dit gaan goed met magoed....en dit lyk of die katgesin n' rustigheid beleef...geniet die ontspanning...jy verdien dit....Mieks,jy kan dit nie aan ons doen....jy kan mos so met die een vinger en een oog nog steeds op die plaas inloer...ag nee,ons gaan jou te veel mis...en ons wil darem verslag hê van jou studies...en jou aanpor...nee!!!...jy sal maar net moet inloer....Hier by my was dit n' rustige Sondag....so al met die son langs gekuier...nou weer gereedmaak vir die nuwe week...snoesige aand vir elkeen...Leka slapies....

Anonymous said...

Koffiekan is op die stoof, die krummelpap is gemaak, die fyn biltong, botter, suiker, melk staan op die tafel. Wens julle het 'n heerlike Maandag. Ek is vroeg uit en gaan bietjie Oos-Vrystaat toe. Tatta.

Anonymous said...

Dankie Miekie. Dit was lekker. Geniet julle se week. Dit is 'n kort week vir my. Donnerag is vakansiedag hier. Drakie, geluk mittie kinners, veral daai bakleierige Snip. Sterkte Kietsie. Het iemand dalk 'n verlore Jeweel iewers gesien?