Monday, August 4, 2008

Dis al Augustus.


By gebrek aan 'n spesie genaamd 'n Bergbok - hierdie dan maar. Veels geluk Bergbok!

12 comments:

groeni said...

slegte nuus: Leon het laat weet: Mieks oorlede - klink na bloedklont of iets, k sal laat weet soos ek hoor

cat said...

Ai julle, ek kan dit nie glo nie. Sy was nog so trots op laas naweek se bokkie, en so lekker gesels in die week en nog Vrydag more gesê. Mag die liewe Vader vir Lolla al die krag gee wat sy nodig het.

Anonymous said...

Ek het nie die talent om op tye soos hierdie die regte woorde te sê nie. Ek het nooit die voorreg gehad om Mieks te ontmoet nie, maar wel met haar gepraat op hierdie plaas en laat in die aande op Facebook. Ons het onlangs nog saam gesels oor hoe mooi die Vrystaat kan wees in die winter, en oor hoe bly sy was oor haar studies. Nou kan ek maar net vrae vra, en seker nooit 'n antwoord kry nie. Sterkte vir almal wat lief was vir haar.

Anonymous said...

Ons Bloemfontein se Roos is té vroeg gepluk. Vaarwel, Miekie!!

Anonymous said...

Dit was nou regtig slegte nuus. Sterkte aan julle almal en Lolla, as jy dalk hier lees, baie baie sterkte ook aan jou. Ek weet nie hoe om te troos nie maar van die bietjie wat ek van julle twee gesien het weet ek Mieks het jou geleer om sterk, selfstandig en wys bo jou jare te wees. Hou moed jong.

groeni said...

ai! wat n dag.. lolla, ons dink almal aan jou en juls in ons gbede. dink dit het my n hele klomp minute gneem voor dit ingsink het vadag. kiets, jyt laas week na my gsoek, girl, ek swem in olifant pf - baie dol besig werk en tuis. sal dalk we later inloer, ma sal jul opdatum hou/inlig soos ek nuus kry.

Anonymous said...

Gerberas was jou gunsteling blom,,,ek gee jou n' bos goudgeel Gerberas...vir die sonskyn wat jy in ander se lewens gebring het....Lollapop...Jesus het die blinkste ster kom haal om in sy hemelruim te skyn...as jy so opkyk en jy sien daardie blinkste sterretjie....dis jou mamsie....jy was haar alles....sy was so trots op jou...haar pragtige Lollapop...en daarom moet jy sterk staan...want dis wat sy jou geleer het...wanneer dinge rof gaan....wees sterk en volhard....maak n' sukses van jou toekoms....sterke Lollapop....en praat met oms...ons sal altyd daar wees vir jou.....

Anonymous said...

Hart is seer. Bye for now Mieks! XXX

BB said...

Hi Almal,

Dankie vir die verjaardagprentjie. Ek is net skielik baie bewus van hoe broos die lewe is.

Mieks, ons het lanklaas gepraat... ons gaan jou mis!

BB said...

O ja, dis Bergbok hier...

Anonymous said...

Ag toggies my hartjie is seer vandag! Ek is so jammer Lollapoppie... geen meer woorde kan troos nie, ons kan net vir jou bid!!

Anonymous said...

Sedert gister sit ek en probeer om die regte woorde te vind, maar ek kan nie. Dit wil maar net nie registreer dat Mieks so skielik weggeneem is nie. Vir my was dit die "wake up call" wat ek al lankal nodig gehad het. Rus in vrede Mieks.