Monday, August 18, 2008

Heyto, dis koud vanmore en hallo Smousie!

Lekker koue oggend - en HALLO SMOUSIE! Hier is spesiaal 'n lekker plekkie langs die AGA vir jou. 'n Paar oomblikke uit Saterdag se kuier.



128 comments:

Anonymous said...

Gits Oompie, mag jy en Dwergie baie geseënd wees daar in donker Afrika. Probeer saamgesels man! En as ons nou geweet het daar was 'n dringendhiet omtrent die musiekpaartie of julle gaanery, het ons 'n plan gemaak man! En Smousie, dis nou so lekker om jou weer hier te sien!

Anonymous said...

Hallo se almal!
Sjoe, ek is nie lekker seker hoe hierdie dinge werk nie, maar hier is ek nou. Dankie vir almal se boodskappe, ek waardeer dit regtig met my hele hart. Ek is jammer as ek nie op boodskappe reply nie, maar dinge is so woes deurmekaar en onderstebo dat ek dinge half opsy skuif en net eers elke dag aanvat soos hy kom.

Met my gaan dit goed. Ek draf weer klas, skryf toetse, doen take en is weer 'n regte student. Dit voel nog of ma Micky iewers vakansie hou en dat sy nog gaan terug kom. Ek moet nog met al die emosies deal en die werklikheid in die oe staar, maar vir eers is dit net te moeilik. Ek sal nog terug kom en al ma se comments kom lees, net nie vandag nie.

Ek gaan regtig probeer om meer hier te kom kuier, want ek weet ma Micky was soooo lief daarvoor om hier te kuier.

Op 'n ligter noot: Ma Micky het GEWEET hoe om dinge te organiseer, maar hel sy kan 'n ding LELIK deurmekaar krap. Ek dink sy lag lekker vir ons as ons nie weet wat ons HOE moet organiseer nie!

Anonymous said...

Lolla dis regtig lekker om jou raak te lees. Ek dink baie aan jou en die familie. Praat met jou binnekort. Sterkte hoor!

Anonymous said...

Dankie Kieter en Vlakkies, dis altyd lekker om weer op die plaas af te pak. Vlakkies jou dubbeldoor 't gemaak lat ek my koffie 'n 2de loer en snuf gee.

cat said...

Ai Lolla! Lekker om jou hier te sien. Bly om te weet jy weet ons dink almal aan jou en ook hoe spesiaal Mieks vir ons was. Sterkte met die aanpassings. En Smousie, groot lekkerte hoor! Vir die wat wil weet, die fotos is Jewls en Kleinkatjie, Jewls en Kriek (Christian), Vroulief en Leeuwtjie (Leon) en ekke en Kleinkiets. Middelkind, dit was veral lekker om jou te ontmoet.

Anonymous said...

Well, as niemand nou met my wil gesels nie, gaan ekke nou in my snoetbussie klim en huis-toe gaat.En ek wonder so hoe gaan dit met Robyntjie. En Spikkel, en groeni ens.

Anonymous said...

Lollakind, ai ek is so bly om weer van jou te hoor. Ek is ok bly om te hoor dit gaan (redelik) goed met jou. Soos ek vir jou gelat weet het, jy hoefie nou al allie boodskappe te antwoord as jy nie willie. Eers as jy reg voel daarvoor. So jy moet jou nie te veel daaroor bekommer lat jy noggie vir almal van ons geantwoord hettie. En ek het mos geweet jy nis 'n voorslag meisiekind. Ek sal altyd daai eerste kennismaking ondou. Sal weerie presiese woorde moet gat loop opsoek. Maar iets soos: Ek is 'n Voorie en ek is trots daarop. Toe't ek al geweet hier's nou vir jou 'n meisiekind yt een stuk. Sterkte my kind. Ons is lief vir jou.

Anonymous said...

Kietsie, dissie lat ekkie mit jou wil gepraat hettie. Ek hettie heel marrag hier aanie annerkantie dorp mittie loukels gesit ginnegaap. Nee, ek jok, ons help hulle omme Kommunitie Syftie Plên op te stel. As ons daarmee klaar is, gat ons saam mit hulle 'n Kommunitie êksion Plên opstel. Die gat vir ons help om vir hulle te leer hoe om hulle se skietgoeters veilig te hanteer en wie van hulle toeslytbare klampe vir hulle se skietgoeters moet kry. Jeweeltjie, daar het jy dit nou. Dis toe nie so 'n lang storie soos wat jy gedink hettie.

Anonymous said...

Kietsie, dissie lat ekkie mit jou wil gepraat hettie. Ek hettie heel marrag hier aanie annerkantie dorp mittie loukels gesit ginnegaap. Nee, ek jok, ons help hulle omme Kommunitie Syftie Plên op te stel. As ons daarmee klaar is, gat ons saam mit hulle 'n Kommunitie êksion Plên opstel. Die gat vir ons help om vir hulle te leer hoe om hulle se skietgoeters veilig te hanteer en wie van hulle toeslytbare klampe vir hulle se skietgoeters moet kry. Jeweeltjie, daar het jy dit nou. Dis toe nie so 'n lang storie soos wat jy gedink hettie.

Anonymous said...

Nou wat maak die ding nou dese dae mit my lat hy my so lat duwwelpraat. Amper soos asseransie agint. Smousie, moenie vir my vertel jy drink partykeer daai tyd vannie môre sterker koffie as net koffie nie.

Anonymous said...

Nee Vlakkies dis jou vele geskrifte mettie selle woorde wat my amper lat vermoed het dattie suiker moontlik 'n ethanol reaksie gehad het....

Anonymous said...

Smous, nou voel ek sommer beter. Liewer my skuld as jy ennie gif. Het ek al die storie gevertel? Innie jare 40 wou SAKK (SA Karkoel Kopperasie) karkoelboerdery innie Kelarie aanie gang kry. Pa het toe al 'n klompie onnervinding in Sydwes mittie karkoelboerdery en hulle vra hom om innie Kelarie vir hulle te gat loop ry en mittie boere praat oorie saak. Hulle stier 'n anner jongman saam om by Pa te leer. So drink hulle koffie op elke plaas. Da's dit tert by en da’ beskyt en da’ kleinkoekies. Later kannie man se maag dittie meer hou nie. Toe die een tannie weer koffie aanbied, sê die man: Ai dankie tannie, maar my maag kan dittie meer hou nie. Seg die tannie vir hom: Ai boet, dit maak my hart so seer assie mense nie by my iets wil neemie. Seggie knaap: Nou bring da' maar tannie. Liewer my maag as tannie se hart. Nou ja, lekker slaap. Ek het ‘n lang dag agterie rug. En môre is okke taai ene.

Anonymous said...

Hallo Maters, maar dit was KOUD vandag!! Die koue wil net eenvoudig nie uit my lyf nie, en daar sit 'n groot GROOT verlang na my Vlaktekind in my hele menswees. Ek is so vreeslik halfpad sonder hom...

Jewls, en Kieter daai vinnige inloer by die melkplaas was so goed vir my, maar gister is ek toe heel plat geklap met 'n erge hoofpyn... Kiewiet is selfs van mening dat ek dalk migraine gehad het, sal nie weet nie, dis regtig nie my gewoonte om hoofpyn te kry nie. Net bly dat ek vanmore weer my ou self is!

Lolla, ek is so vreeslik bly dat jy kom inloer het! Jy is in ons gebede, en ek hoop jou jaar verder verloop sonder te veel haakplekke. Dra alles aan Micky op, sodat jy 'n sterk doel het om nie moedeloos te raak nie. Omdat ek ook weet wat dit vra om te swot terwyl mens swaarkry, bid ek ook baie spesifiek vir jou studies. Ek hoop regtig dat ons meer kere met jou sal kan klets hier op die plaas.

Hoop almal het 'n wonderlike week! Veral Vlaktekind wie se afgelope week so 'n regte pienk-wolkie week was, mag dit so aanhou!

Anonymous said...

Die foto's van die kuier lyk te lekker gesellig. Sterkte vir jou Lolla. Dalkies was dit ons laaste koue:-)

Anonymous said...

Smousie, jy kan my maar weer kom omtik met jou tikplank!! Die Maandag van 18 Aug het so baie geskenkies op die woordplaas gelaat... Lekkeeeerrrr!!!!

Anonymous said...

More more almal! En veral vir Kiewiet! Lekker dag so in die koue - koffie op die AGA soos die Oompie daarvan hou.

Anonymous said...

Jitte maar julle was woelig gewees!! En hallo ek's weer terug aanlyn! Kan nie meer wag vir daai Neotell wat ons 'n "unlimited gig cap" gaan gee nie... kan julle glo, binne twee weke maak 'n virus dat my "cap" op 20gig staan, ai.. ;-) maar nou's ek terug en ek sien wat ek alles gemis het!! en jewlsie, daai foontjie van jou moet jy antwoord as jy sien daar staan spikkels of petrysie of wat ookal, as ek bel bel ek nie sommer vir sommer nie gehoor? Nou ja toe, dit gaan nog goed met my, en ek onthou weer hoe ek min of meer verlede jaar die tyd gevoel het. Toe't ek verlief gevoel sonder dat ek is, maar nou's ek. En ek't Saterdag die eerste perskeboombloeisels gesien, ligpien en pragtig, en daai liefsteliefallermooisteblou-oog-mens se oupa en ouma ontmoet, net so pragtig... ;-) Lekker dag maters!! En hallo Smous...

Anonymous said...

O, en daai foto's lyk of dit 'n lekker kuier was!!!!!!!!!!!!!!! Wens ek was ook daar...

Anonymous said...

En hallo Spikkels...

Anonymous said...

Hallooooo al die matertjies....skies ek is so stil...gaan net bietjie dol....dankie aan elkeen vir jul omgee en boodsappies vir Hantie...sy gaan môre 3uur die Onkoloog sien by LCM....ek sal julle op hoogte hou....Lollapop....dink aan jou...en onthou ons is daar vir jou...en weet jy wat....jy is sterker as wat jy dink....Mamma Mieks het dit vir jou geleer....aan al die res, mooi dag vir elkeen...en dankie dat julle sulke spesiale mense is...xxxx

Anonymous said...

Watse geluid maak 'n Bospatryshennetjie?

Anonymous said...

Amper seker ek het nou enetjie gesien wat koer;))

Anonymous said...

Smous, 'n gewone ene of ene wat verlief is?

Anonymous said...

Linda ek lees vanoggend die woorde raak "Wanneer jy nie jou gebede in woorde kan uitspreek nie, luister God na jou
hart." Sterkte ook aan julle.

Anonymous said...

Vlakkies sê ek mos. Al die arme Voëltjie se spikkels het in hartjies veranner.....

Anonymous said...

Hie hie hie... 'n bospatryshennetjie met hartjies waar spikkels was, en ek stry nie eers nie ;-) En daar's niks arm daaraan nie, smaak my ek is ryker as die rykste oliesjiek in Dubai, want laat hierdie jong onervare dogtertjie nou vir julle vertel, geld kan nie koop wat ek het nie, dit is onbekostigbaar, duurder as petrol, lekkerder as vakansie-hou, mooier as die Namib... en so kan ek aangaan. Ek los maar die digwerk vir Jewlsie... ;-)

Anonymous said...

Jo-jo maar so lekker om almal weer hier te hoor gesels. Komno unet van die Leon mannetjie se physio af - hy maak blykbaar goeie vordering - ek is so bly daaroor. Ek kan net daai hartjie spikkels sien.

Anonymous said...

...en ek 'n hennetjie wat koer!! ;-)) Hartjies, as jy my weer bel, trek af langs die pad, sit jou motor af, praat in die spreekbuis en praat stadig. Dan sou ek miskien gehoor het wat jy wou sê!! Gaan dit goed met jou ouers? Welkom terug!!!

Vandag was 'n besonderse lekker dag vir my. Ook bly om te hoor Ramkat-Leon is baie beter!! Rooikoppie, ek het net 7 knievervangings môre, so dalk sien ek vir jou en Hantie. Sal sy omgee, dink jy?

Hoe kry mens 'n Sjokoladekoek in Smôland voor Saterdag? ;-))

Anonymous said...

Genadendal!! maar julle terg darem daai Bos-spikkel-patrys!! Spikkels, dis reg, dit wat jy het kan niemand koop nie, koester elke oomblik

Kiets, ek is baie bly dit gaan weer beter

Anonymous said...

En hoe gaan dit met die koue en Bennie Boekwurm? ;-))

Anonymous said...

Vrugtekoek! DHL

Anonymous said...

DHL? Die Hemelse Lekkerny? ;-)) of issit Die Heerlikste Lafheid om 'n koek Kleinland toe te wil stuur oor my dierbare Vlakkies daar tussen ongeletterdes en onkundiges moet verjaar?? Vlakkies, sê sommer vir die hele boksemdaais dat hulle, hulle gunns moet ingee of vernietig - dit maak jou lewe makliker en die hele Afrika s'n veiliger!! Jitte, was dit maar so maklik...

DHL? Wat kan dit tog beteken?

Anonymous said...

DHL: Geel en rooi. http://www.dhl.com/

Anonymous said...

Antjie, ek het 'n grappie vir jou: Vandag staan 'n vrou in Spar en pak haar inkopies uit op die toonbank. Melk, botter, kaas, brood en 24 eiers. 'n Dronkie staan daar onvas op sy voete en vertel vir die vrou dat sy ongetroud is. Nou dink sy mooi hoe hierdie dronkie daarby uitkom as hy haar melk, botter, kaas, brood en 24 eiers gesien het. Hoe weet hy sy's ongetroud, want dis waar!

Sy antwoord?

"Want jy is fn lelik!!!!

;-))

Anonymous said...

Nou weet almal waarmee Vlaktekind in 'n wip gevang kan word...! Hand in die 'cookie jar' By die huis wag daar spesiaal vir my lief-Vlaktekind vrugtekoek... Hy is so sooo vreeslik lief vir vrugtekoek!

groeni said...

more more.. ek ga nou doeks... dis nog steeds mr koud. hoop nick werk hard vandag, sie jul dalk vnaand.. nee, rooies, ons maggi plof so vroeg inni oggend ni!

Anonymous said...

MOre more almal - oppad bouterrein toe vir die oggend - hoop julle het almal 'n mooi sonskyn dag. Groeni - jy werk te hard vrou!

Anonymous said...

Jewls, kon jy nou al uitpluis waarvoor DHL staan...?

Maak soos volg: bak 'n ordentlike, stewige, lekker vrugtekoek en verpak hom in 'n, ordentlike, stewige kartonkardoes. Maak seker jy merk die kartonkardoes duidelik "this side up" en "fragile" en in groot swart vet letters VIR AANDAG VLAKTEKIND. Dan bel jy vir spikkels en ek gee jou die nommer van die naaste DHL Koerier-diens. Hulle koerier hom dan sommer vir jou dalkies "overnight delivery". En Vlakkies het 'n vrugtekoek...

Anonymous said...

Ja, Jeweeltjie, dis hoe dit werk. Want sien, ammal by DHL weet op waffer vlakte die Vlaktekind hom sig sellers wanner bevind.

Anonymous said...

;-)) Jeweeltjie moet darem iets op haar eie uit"figure" Vlakkies... wel, die moontlikheid bestaan ook dat sy dalk alles vir soetkoek gaan opeet ook... ;-)

Anonymous said...

Halloooooo...sjoe....julle klets sooo lekker dat die spikkels waai...die liefde sappiger as ooit is, en dit reen vrugtekoeke....mmmmm...ek wil ook hê....veral as hy so klam is...ai water my mond nou....Jewlsie jy kan gerus inloer by Hantie...ek kan ongelukkig dit nie maak vandag...maar sy sal dit baie waardeer..ek het vir haar gesê jy mag dalk inloer....Leon,dankie vir jou omgee, en mooi woorde...Kiets bly dit gaan beter daar by jou kant...sterkte vir die dag...aan die res van julle...geniet wat die dag bied...maak die beste daarvan...en nog meer...bederf iemand...al is dit net met woorde....en onthou die glimlag...dit kan n' verskil maak....

Anonymous said...

Oe, amper vergeet ek om te vertel: die mans van my familie gaan jag die naweek, dit sluit nou my pa-goed, boeta-goed, swaer-goed en al die ooms en nefies in... en hulle't vir Gentleman saamgenooi. Ek wens ek was 'n vlieg teen die muur om te sien wat daar gaan aangaan!!!!! ;-) Is iemand lus om 007 te speel die naweek? ;-)

Anonymous said...

Tussen daai klomp bewapende familie behoort hy net so bekommerd assie bokke te wees.

Anonymous said...

....en nee "bewapen" issie gramatikaal verkeerd ingespan nie. "Gewapende" is iemand met sy eie geweer. As iemand se toekomstige Skoonpa soveel as moontlik familie bymekaar kry en hul van wapens voorsien, dan is hul bewapende familie.

Anonymous said...

Gentleman jy moet onraad vermoed as hul almal in kamofleerdrag enne kanon innie hand opdaag en jou aansê omme "HIER'S EK" oranje jassie aan te trek enne windbuks innie hand stop. Daai gaan 'n lang jag word.....

Anonymous said...

Arme Gintelmin - hy gaan seker nou geevalueer word op verskeie terreine, oa raakskiet (bokke en annersins), gesels, kuier, braai ens ens. Sterkte vir die man, maar ek reken as hulle so teen 4 uur by die jagplek uitkom behoort hulle klaar "getoets" te wees teen so 5 uur, en dan kan hy seker net lekker saam kuier.

Anonymous said...

Aitsa, Smousie en Spikkels is weer lekker aan die woordspeel - ek's mal daaroor!! Nee, ek sal ongelukkig nie 'n vrugtekoek Somalia-vlaktes toe kan stuur nie want dit moet met brandewyn gedokter word en dis onwettig volgens DHL se webtuiste en Moslemgebruike. In elk geval wil ek nie lewend in 'n drankwinkel gesien wees nie!! ;-))

Robyn, Hantie lyk wonderlik goed vir iemand wat so 'n moeilike tyd agter die blad het. Siestog, ek wou vir haar blomme koop, maar netnou dink sy ek dink sy is siek... Toe los ek dit. Kyk na die rakke en rakke sjokolades en wonder of sy van 'n soetdingetjie sal hou. Ek ken haar té sleg en los dit ook. Biltong is seker nou nie 'n goeie idee so kort na haar operasie nie. Al die tydskrifte wat oor was op die rak was motortydskrifte en Men's Health en daar staan ek toe voor Hantie met leë hande!! Maar ek was DAAR en dit was nice om André ook te kon ontmoet!!

Julle spot nou lekker oor Gentleman wat so in is vir 'n ding, maar ek hoop hy ken van jag! Imagine 'n potblou oog... Ek kan net dink hoe daai spul mans gaan lag!! ;-))

Katjie, sê tog vir Kleinkatjie ek het vandag 'n spesiale swietie vir haar gekoop vir as sy weer lus het om in my handsak in te loer, hoor?

Kaasie? Ek mis jou!!!!

Anonymous said...

Ag neee!

Anonymous said...

My liewe Vlakkies, dit gaan huistoekom hierdie keer nuwe betekenis gee want Vroulief het daai vrugtekoek, goed gedokter, in die koekkie-blik!!! :-))

Jy klink omtrent soos 'n stout seuntjie wat nie sy sin kan kry nie!!!! So voel ek al vir die laaste week want ek moet vir die eerste keer in JARE 'n geskenkie pos vir iemand spesiaal en elke nag droom ek hoe daai geskenk gesteel word of verlore raak!! Weet jy hoe moeg is ek nou al baklei???? Newwermaaind 'n tjoklitkoek of vrugtekoek of THIS SIDE UP!!! nie! In swart, vet letters!!! ;-))

Life isn't about to survive the storm, but how to dance in the rain...

Verskuif die fokus... Vir julle almal wat tans swaarkry!!!

Baie liefde!! xxxxx

Anonymous said...

Life isn't about to survive the storm, but how to dance in the rain...ommie haelkorrels te dodge.

Anonymous said...

Iets wat hierie Smousie nog moet leer:

Wisdom has two parts:
1)having a lot to say, and
2)not saying it.

Anonymous said...

Let thy speech be better than silence, or be silent.
--Dionysius the Elder

Ai hoe praat die komper dan so met my vanaand.

Anonymous said...

Liewe Smousie! Toe jou geel boodjie die Apiesrivier afgespoel het, het ek en Spikkels gratis lesse aangebied vir pikkewyne!! Dit was nie suksesvol nie... ;-)) Of miskien was dit? Jy is nou hier by ons en dit maak my lekker-kry dat jy soveel omgee met ons deel!!!! Moenie ophou nie, sal jy? Vyf soene!!!!!

Anonymous said...

Believe it or not,
every fool you meet is the end result of millions of years of evolution.

(Jy ken al die een Weeltjie)

Anonymous said...

Poetry is like fish:
if it's fresh, it's good; if it's stale, it's bad;
and if you're not certain, try it on the cat.
-- Osbert Sitwell

Anonymous said...

It is better to keep your mouth closed and let people think you are a fool
than to open it and remove all doubt.
--Mark Twain

....en daarmee oor en uit vir nou.

Anonymous said...

Smousie, jy is in ontkenning! So
n lang pad na aanvaarding! Ek sal nie jou hand los nie....

Anonymous said...

Weeltjie all in jest. Besig om boeke te lys en dan slinger die kompertjie mos die aanhalings lukraag teenie skerm vas(en jy sal my hand virre 'n rukkie moet los, anners pootjie die natuur my).

Anonymous said...

;-)) Bloos!!

Anonymous said...

Jou gesê jy moet my hand 'n rukkie los en jy wou nie luister nie. G'n wonner jy bloos nie....

Anonymous said...

Mens moenie wyn virrie pyn nie want dit maak jou baie slim en braaf!! ;-)) Goeie môre al die maaitjies!! Vanoggend het ek lekker laat geslaap want Veertjie was vir 'n slag die mammie!! En die son skyn lekker!!! Shame, nog net 2 dae vir Gentleman... ;-))

Anonymous said...

Dankie Smous, ek is nou glad nie meer bekommerd nie... Jy't nou die gewapende bewapende familiemans in 'n heel ander lig gestel en ek wonder nou hoe goed ek hulle eintlik ken... ;-) Boeta is (hopelik) my 007 die naweek, het hom my videokameratjie gegee en gesê boeta neem die mense af, nou hoop ek net hy onthou... En sover ek weet hou my pa-goed van Gentleman, hy sal (hopelik) mooi kyk na my belange. Sjoei, dit gaan 'n lang naweek wees. Nog net vier dae vir spikkels... ;-)

Anonymous said...

KoekKie-blik? Genugtig dame Jewls, hoe dan nou?

cat said...

More more almal! Aiks, mis ek nou vir Annapatat.Ag Jewls, jy is so oulik. Kleinkatjie sal dit onthou hoor! Sy vergeet niks wat met swieties te doen het ni. Mammie het elke jaar (tot laas jaar) vrugtekoek gebak - sy het so ekstra spesiale lank in die familie resep. Word 6 weke voor Kersfees gebak en dan 'n half koppie brannewyn oor hom elke week, Oukersaand die laaste koppie en dan gesny op Kersdag. Net jammer dis net ek, mammie en skoonma wat dit eet - en nou Vlakkies ok.

Anonymous said...

Bloos. (Alweer!) ;-))

Anonymous said...

Nog "staan net 'n bietjie stil": Eendag het 'n Boesman vir 'n groep jagters spoorgesny en moes vir dae aaneen spoorsny en hardloop. Hy't op 'n dag skielik stil gaan staan en onder 'n boom gaan sit. Die jagters wou weet wat aangaan. Hy't bly sit en net gesê: "Ek't iewers vir my siel weggehardloop, nou wag ek dat hy my weer inhaal..."

Anonymous said...

Smaak my almal sit vandag iewers onder 'n boom en wag...

Anonymous said...

Dis 'n baie mooi storie daai, Spikkels!! En nee, ek rus nie onder 'n boom en wag vir my siel nie, ek sorteer my lewe uit sodat ek sielsrus kan hê!! ;-))

Anonymous said...

Ai dis soooo heerlik om almal weer op die stoep raak te loop...dis hoe dit behoort te wees...klets klets en klets....Smousie...ek is so bly jou bootjie het vir eers nou weer vasgemeer hier op Lekkerkry....Jewlsie dis mos jou afdag vandag...en die sonnetjie skyn te heerlik...gee jouself oor aan die heerlikhede...en geniet dit....dankie dat jy Hantie gister gerusgestel het,al was dit net met jou teenwoordigheid...ek waardeer dit vreeslik baie....sy gaan oor 10 dae met die behandeling begin...hulle gaan nou eers n' dingetjie onder haar vel inplant....jy sal die mediese terme beter ken...sal julle op hoogte hou van die vordering...dankie ook aan elkeen se omgee....Die Tiptolle is weer erg doenig hier in die boom voor my kantoor....en daar is n' Duifie wat hartverskeurend koer ...maar ek hoor nie dat die maatjie antwoord....oral begin die bome bot...die lente is hier....heerlike warm dae is oppad...en die einde van die jaar om die draai...as ons ,ons ogies uitvee is dit kersfees.....mooi dag vir elkeen....:-)))

Anonymous said...

O ek kan nie wag vir warmer weer en gesonder kinders nie. En een van die dae gaan die katgesin bietjie see toe!

Anonymous said...

O ek kan nie wag vir warmer weer en gesonder kinders nie. En een van die dae gaan die katgesin bietjie see toe!

Anonymous said...

Ek is so bly vir julle die lente is op pad. Maar besef julle wat dit vir my beteken? Ek is in elk geval te besig om agter te kom die somer is amper in sy mr in.

Anonymous said...

Kaasie!!! Nee, toemaar, ek gaan nou nie tit for tat nie. Maar mag ek maar opgewonde wees oor die eerste bloeisel aan my perskeboom en die pragtige jong blaartjies wat ewe groen hulleself uitstoot op my afgesaagde moerbeiboom? Vanaand het ek voor my klavier ingeskuif en net sommer ge'jam' met myself en my emosies wat wipplank ry en die ritmes wat nie meer heeltemal vanself kom nie. Spikkels, jy wat so goed musiek verstaan, sal weet dat die basnote 'n hartseer-snaar aanraak, maar dat die hoë note, veral vinnig gespeel, soveel opgewondenheid bring!!! Op die ou-end het ek al die walse gespeel, die een na die ander, alles wat ek ken, sommer so toe-oog huistoe verlang, ritme gehou met my linkervoet en my hele lyf. Oe, dit was lekker!! Die lente is hier, Vlakkies!!! Jy moet kom kyk!! Die dae is warmer, die voëls van die hemel koggel mekaar weer spontaan, mense stap met honde, draf, waai asof hulle my persoonlik ken...

Almal is gemoedelik en dis aansteeklik - ook hier op ons plaas!! Hou Koers!!!! Poplappie, jy ook!!

Liefde, Jewls xxxxx

Anonymous said...

Jeweeltjie, daars nie 'n rede om te tit nie want ek het julle ook nie getat nie in die kort periode wat ons somer noem. Dis hier amper tyd vir Koos Doep se mooi liedjie Najaarsdrome. Dit word al klaar later lig en eerder donker, die wind waai en dit reën baie. Ek is regtig bly die somer is op pad in SA want dan hoor ek weer mooi stories oor pragtige someraande by die vuur, en dit hou my ook warm tot die tyd kom dat ek saam met julle bietjie gaan buite speel.

Anonymous said...

Glimlag...

Skryf najaarsdrome se woorde! Dis ons liedjie vir die aand - onthou julle?

Anonymous said...

Nog 'n nájaar in die vreemde,
met my drome sonder tal.
En ek weet die winter kom weer,
met sy sneeu wat ewig val.
En ek ken die Rheinland-nagte,
die Alpe met sy sneeu,
Die Swartwoud se geheime,
en die liedjie van 'n meeu.

Ek sit soms en ek luister
of ek dalk in die wind
die Vrystaat en die Boland
se stemme t'rug kan vind.
En ek ken sie Spaanse nagte,
die Alpe met sy sneeu,
ou Amsterdam se gragte
en die liedjie van 'n meeu.

Maar hier buite sterf die somer
en ek sien die blare val;
en iewers skyn die somerson
op die velde van Transvaal;
en êrens dreun die branders
aan die strande van Natal.

Anonymous said...

Môre Vlakkies!!! ;-))

Anonymous said...

Dis Vrydag... Wooohooooooo!!! ;-)

Anonymous said...

Halloooooo....jipeeeeee...dis môre Saterdag...en dan Sondag...en dit beteken twee rustige dae ...salig!!!!...ek is soooooo lus vir die veld...kamp...braaivleis vure volmaan kyk deur die doring bome...Skopsuiltjies wat mekaar roep...Jakkals in die verte...mmmmm....Vanoggend toe ek hier by die kantoor kom....sit die twee duifies ewe knus teen mekaar in die boom...heerlik in die sonnetjie....ek het amper omgedraai....n' piekniek mandjie gaan pak en net gaan ontspan onder n' boom....ai,as drome en wense soms net so bietjie waarhede kan word...Kaasie....Koos Dup is ook een van my gunstelinge.....dankie vir die woorde.....Jewlsie....jou skitterster....dankie vir die inloer by Hantie....skies maters...amper vergeet ek...Hantie het vanoggend n' inplanting gekry...sodat hulle later makliker die drip pypie kan indruk....Jewlsie het gou gaan inloer....en alhoewel sy bietjie pyn verduur...gaan dit andersins goed...mag elkeen n' wonderlike tonekrul dag beleef....en!!!!! onthou die glimlaggie...xxxxx

Anonymous said...

Dis heerlike lente ..die winter is verby...Hoop nie ons kry nog 'n kouetjie of twee nie. Kasie jy moet maar hiberneer tydens daardie koue tyd by julle...altyd gewens ek kon 'n beer wees in die winter.
Lekker dag vir almal.

Anonymous said...

Julle almal ken mos Funiculi Funicula, maar het iemand al ooit gewonder wat die woorde beteken? Kyk net hier, dis so wys!! ;-)

Some think the world is made for fun and frolic,
And so do I!
Some think it well to be all melancholic,
To pine and sigh;
But I, I love to spend my time in singing
Some joyous song;
To set the air with music bravely ringing
Is far from wrong!
Listen! Listen! echoes sound afar!
Listen! Listen! echoes sound afar!
Funiculi funicula`, funiculi funicula`,
Echoes sound afar! funiculi, funicula`.

Some think it wrong to set the feet a-dancing,
But not so I;
Some think that eyes should keep from coyly glancing
Upon the sly!
But oh! to me the mazy dance is charming,
Divinely sweet,
And surely there is nought that is alarming
In nimble feet?
Listen! Listen! music sounds afar!
Listen! Listen! music sounds afar!
Funiculi funicula`, funiculi funicula`,
Music sounds afar! funiculi, funicula`.

Ah me! 'tis strange that some should take to sighing,
And like it well;
For me, I have not thought it worth the trying,
So cannot tell!
With laugh and dance and song the day soon passes,
Full soon is gone,
For mirth was made for joyous lads and lasses
To call their own!
Listen! Listen! hark! the soft guitar!
Listen! Listen! hark! the soft guitar!
Funiculi funicula`, funiculi funicula`,
Hark! the soft guitar! funiculi funicula`.

Anonymous said...

Hallo daar almal! Loer net vinnig in - bly om almal te sien, maar veral Kiewiet! Lekker naweek!

Anonymous said...

Kyk as Smousie sy voete aanie dans sit, dan sing die mense nie "Funiculi funicula`, funiculi funicula`, nie, nee hul bars spontaan uit in "Que sera, sera what ever will be, will be...."

Anonymous said...

Dis Vrydag, en almal is so bly daaroor, maar vir Vroulief is daar net een rede tot dankbaarheid; sy hoef nie klas toe te gaan nie!! Maar hierdie naweek moet daar erg geleer word, Maandagaand is daar 'n baie ernstige toets op hande... Trouens, volgende week is daar 2 sulke nagmerrie-goed!! Julle moet die duime en tone vashou vir hierdie 2!!
Ek mis Vlaktekind verskriklik! Hy hou al weer verjaardag sonder my. Maar ek sal maar die vrugtekoek dokter, dat dit ekstra lekker kan wees!
Hoop almal slaap lekker, en dat dit uitrus beteken.

Anonymous said...

Sterkte met die studies Vroulief, en met die toetse. Ek verstaan jou verlange om saam met Vlakkies sy verjaardag te vier, die ver is partykeer sommer baie ver! Die vrugtekoek sal seker 'n regte ploffiekoek wees as hy weer huistoe kom.

Anonymous said...

Donneragaand vannie Skot afskeid geneem - amper sê ek ontslae geraak. Maar dit sou lelik wees. En toe sommer my verjaardag ok gevier. 'n Paar mense oorgenooi en sosaties oppie kole gehad en lekker taai skaapribbetjies. Ai hoe het ek toe geverlang na 'n lekker sappige ribbetjie vanne Nimmerrust karkoelhammel. Môre Jeweeltjie.

Anonymous said...

Selfs 'n vreeslike taai skaaptjoppie sal dam nou vir my baie lekker wees!! Middag Vlakkies. Watse sport kyk ons vandag?

Anonymous said...

Al wat kortgekom het wasse nugter vrugtekoek nê Vlakkies. Ek het nou my pond vleisgoed by my Slagman gaan haal. Tuisgrookte kaaswors, tuisgemaakte biltong, rooster frikkadelle, kwyllekker boerewors enne beeshaas waarvan hul nettie hoewe en horings afgehaal het. Amper seker ek hoor hom nog bulk innie yskas. Shame miskien moes hul maar die vel aangelos het. Dis koud innie yskas.
Hoop die Ausies los vanmirrag ten minste die vel aanie Bokkies....

Anonymous said...

Ag sies vir jou, Smousie!! Nou's ek éérs lus vir braai!! Met lekker geroosterde kaas en uie en tamatietoebroodjies. Oe, water my mond dam nou!! Dis 'n plan, ek gaan nou in my motor klim, tjoppies en wors koop en rondry tot ek iemand kry wat dit vir my sal braai!! ;-))

Anonymous said...

Bon voyage tjoppie en worsie. Hoop jul reis is kort.

Anonymous said...

Smousie, gat loop ryl nou daadlik daai arme beeshaas vir springbokribbetjie.

Anonymous said...

Stem. Daai beeshaas was onskullig bevind in die hele floppy! Gaan sommer vir hom 'n springbokvelletjie in Oz koop. Hoor hul het 'n oorvloed beskikbaar.

Anonymous said...

Smousie, hoekom is daar springbok velle in Oz?

Anonymous said...

Want daar's kaalgestroopte Ophouspringbokkies in ontblote g-stringetjies of issit rugstringetjies op 'n grasperk êrens op goeweneur D'urban se plaas...

Anonymous said...

Blykbaar nagevolge vanne besoek van 'n sekere Krokadil Harries en sy ontvellers....

Anonymous said...

Ek weet niks van wat jy nou praatie.

Anonymous said...

Vlakkies jy't die wedstryd gevolg vanmirrag? Jong jy't my nou skoon bekommerd. Wassit so swak lat hul dit wêreldwyd gesensor het?

Anonymous said...

Smousie, die eerste fase van rou is ontkenning. Ek rou oor daai arme springbokkie waarvannie vel in Oz is.

Anonymous said...

Verstaan ons mekaar dam al beter of is ons kommunikasie net so sleg as daai gespringdebokkies s'n?

Anonymous said...

Ek en my Boet glo mens praatie politiek ommie vuur nie want dit jaag net bloeddruk op en daar's geen oplossing in sig nie, behalwe gebrande vleis en honger kinners. Nou sluit ons maar ook rugby uit....deksels hy't tot met sy vrou vanmirrag gepraat. Ai die kultuur vergaan dam nou hintemal.

Anonymous said...

Die tweede fase is kwaadraak...

Anonymous said...

♪♪♪♪♪♪♪♪♪♪♪♪♪♪♪♪♪♪♪

Anonymous said...

My liewe Vlakkies, hier is vir jou 'n hartlike Griekwa seënwense: Mag die Jirre jouse binneste roer en mag suffel goedgeit jou slat lat jy loop skaamkry oor allie genade!!

Lekker verjaar Vlakkies!!!! Liefde, Jeweeltjie. xxxxx

Anonymous said...

Vlakkies, Happy Birthday! En al moet jy vandag werk hoop ek dit sal 'n mooi dag vir jou wees.

Anonymous said...

Ek was eerste!! Jippieeee!!! ;-)) Voortaan mag niemand weer op spesiale verjaarsdae enige melding maak van Bok-wedstryde nie... Ek wou, maar ek is nou bang vir bloeddruk en tweede fase kwaadraak!! ;-))

Anonymous said...

Kaasie!!! Hoe gaan dit met jou daar in Anderland? Was jy weer aan die kuier met jou verdwaalvriendinnetjie? Jy het lanklaas ietsie van haar vertel!

Anonymous said...

Ek het nou sommer 'n spul goeiewensnette afgegooi, elk met myse eie spesiale aassakkies en nou lê en dobber ek 'n rukkie oppie golfies en wag lat my nette 'n goeie oes wonnerlike verjaarsdagwense vang en dan gaan ek hul een vir een vir Vlakkies inkatrol. Veels geluk VLAKKIES!!!

Anonymous said...

My aas werk! Sien ek het al 'n paar grotes gevang! ;))

Anonymous said...

Gaan daar 'n vrugtekoek in een van jou goeiewensnette wees, Smousie? Lekker dobber oppie golfies. Sjoe, jy skryf altyd sulke mooi goed!!!

Anonymous said...

Glo nie, maar daar is en gaan 'n hele paar juweeltjies wees.....

Anonymous said...

Ek praat nie van Bokke nie, praat nie van krieket nie, wil ook nie praat oor die 7 goue, 5 silwer en 4 brons medaljes van Kaasland in Sjina nie, nee, dis vandag Nasionale Vlakkiesdag!

Anonymous said...

Vergeet ek nou skoon my goeie maniere! Vroulief, baie geluk met Vlakkies se verjaarsdag!! Ek weet jou hart trek met 'n punt na hom toe en dat julle baie graag vandag saam sou wou spandeer. Ai, hy's darem net 'n gedagte vér, né? Mooi dag vir jou ook en lekker leer!!!

Anonymous said...

Glad nie verdwaal nie Jeweeltjie, die laaste tyd is ek so verskriklik ordentlik, laat my worry.

Anonymous said...

Ag shame, Kaasie, dis seker omdat jy so hard werk!! Toemaar, as jy SA toe kom, gaan ons girls op die woordplaas jou vir 'n verdwaaltjie stick, maar jy sal jou moet gedra want ons almal het kamera's en neem ALTYD foto's!!!! ;-))

Anonymous said...

Veels geluk liewe Vlakkies omdat jy verjaar..mag die Here jou seen en nog baie jare spaar. Hiep Hiep Hoera!!!

Anonymous said...

Dankie vir allie gelukwensinge. Dit word soveel meer gewaardeer as jy so ver vannie hys af is. Die kantoormense kom toe vanmôre teetyd hier in mit koek en 6 kerse en sing vir my. Seg toe vir hulle dit moes 5 enne half gewees het. Die hele ding moes 'n geheim gewees het. Maar die plaaslike mense verstaan nie daai ding so mooi nie. Twee keer gister bespreek hulle die koekkoopery mit Karina waar ek by is. Maar maakie saakie. Dissie idee wat tel.

Anonymous said...

Ag, Vlakkies, dis kostelik!! Liefkind sou goed aangepas het in Somalia... Sy vertel nogsteeds vir my van die verrassings wat sy vir my maak!! ;-)) Het jy darem vandag kontak gehad met al jou familie en kinders en was dit 'n mooi dag so deur die werkery deur? Jy het ook baie lanklaas vertel hoe die natuur daar lyk!!

Anonymous said...

Jitte, vandag se skoollewe is duur! Hierdie week moet Liefkind en haar maaitjie 'n opvoering gee wat met musiek en dans te doene het. Kyk, maak nie saak hoe oorspronklik of eenvoudig ek dit probeer hou het nie, sy het dit eenvoudig in haar koppie gehad dat sy "Oeps, I did it again" wil 'perform' en daarvoor het sy 'n koordlose mikrofoon nodig want ek weier dat sy ons klanksisteem skool toe neem. Sjoe, omtrent eers by die 12de winkel het ons geholpe geraak met daai mikrofoon!! Van skone blygeit het ons geroosterde bacon en eier toebroodjies gaan eet, met baie vetterige chips - bôgger cholestrol!! Kaasie, toe dink ek nogal soooo aan jou!! ;-))

Anonymous said...

O, vergeet ek om te vertel dat ek nog boonop Britney Spears se siedie ook moes koop want hoe kan sy nou die liedjie oefen as sy nie die woorde het nie... Nou sit ek lekker en luister na die DRIE siedie's wat ek vir myself aangeskaf het!!! ;-)) Sien wat ek bedoel, skool is baie duur!!

Anonymous said...

Vlakkies....veels geluk met die verjaardag....mag elke dag besaai wees met seeninge en gesondheid....en teen die tyd dat jy weer huistoe kom ...gaan daardie vrugtekoek heerlik getrek wees...as jy daardie blik oopmaak gaan die geur jou skoon bedwelm... hy gaan klam en sappig wees.... wanneer jy so hap vat...gaan jy weet alles was die wag werd....Smousie...na gister se nederlaag van die Bokke...wil ek sommer sê, mens moet die wedstryde boikot by die staduims...want as hulle sien...en hopenlik agterkom die publiek is nou gvol vir hul swak spel ...sal hulle dalk weer terug kom aarde toe...en rugby speel soos dit hoort...met passie...en nie oor die geld in die bank....dit was soooo groot teleurstelling....Vroulief..sterkte met die toets môre,ek weet daardie brein gaan sommer flink en helder wees...Kasie...en wat het jy met jouself aangevang vandag...en waar is die fodies...Jewlsie...ek sê altyd...die reuk van braaivleis...oortref enige ander lekkertes...en as jy daardie reuk ruik...neem dit jou op vêr paaie,van gesellige tye of heerlike sappige skaap tjoppies...nou water my mond skoon...hoop jy het toe jou vleisie gebraai...dit was juis vandag soooo heerlik buite,ek het elke oomblik benut om dit te geniet...voeltjies dopgehou wat heerlik spat en spartel in die water,dan die kossie verslind wat ek vir hulle uitgestrooi het...daar was soveel verskillende soorte...ek geniet dit so om hulle dop te hou...ou Guyver was ook skoon uit sy vel...terwyl ek plantjies plant ...hardloop hy vinnig teen die boomstam op....en beloer alles van doer bo...die voeltjies laat ook nie op hulle wag..hulle koggel en tart hom...en vlieg heen en weer...om hom te laat verstaan dis hulle terrein...hy moet pad vat...ek het so lekker gelag...want op n' staduim was hy erg afgehaal oor die voels wat nou so herrie opskop...hy wil dan net n' bietjie onskuldige pret hê...hy is nes n'stoute seuntjie...probeer alles uit...net om te sien wat ons reaksie gaan wees....Het vandag so aan Mieks gedink toe ek die plantjies plant...toe ek die vorige keer vertel van die plantjies wat ek geplant het..en dat ek dit so geniet as ek terugstaan en my handewerk aanskou...het sy nog gesê ek moet fodies neem en vir haar E-pos...daardie blommetjies is nou in volle blom...en ek het nooit vir haar n' fodie gestuur....rustige aand vir elkeen...en mag die week wat voorlê...n' uitdaging wees...en laat ons dit met sukses deurvoer ...laat die warmte van liefde deur elkeen van ons vloei...en laat ons n' verskil in ander se lewens maak...en onthou die glimlag....☺☺☺☺

Anonymous said...

Jewlsie....en ek wed jy geniet elke oomblik van daardie lekker luister CD'S....☺☺☺

Anonymous said...

Robyntjie, wat 'n heerlike verrassing om jou hier raak te lees!!! Snaaks hoe mens loop en geselsies maak in jou kop as jy 'shop'! Ek het vir meeste van julle vandag gedagte-persentjies gekoop soos ons deur die winkels geloop het... ♪♪♫♪♪ All kinds of everything reminds me of you...♪♪♫♪♪

Wonder ook of Spikkels en Gentleman herenig is!!! ;-))

Smousie, is jou nette en toue nou verstrengel en sit jy met 'n kraaines? Hie-hie, jy wou mos op golfies lê en dryf terwyl jou SPUL nette hulle eie goetertjies moes doen... ;-))

Groenie, is jy nou op ekstra-lang-verlof? Dalk na Vlakkies toe op Nasionale Vlakkiesdag om sy vrugtekoek persoonlik af te lewer? Nee, jitte, ek mis jou!!!!

Katjie, dankie vir die lekker-onthou-foto's!! Ons moet gou weer 'n ontbyt reël en bymekaar kom. Wie weet wat aan die gang is met Uncle Mac en Dwergie? Sy telkom-adres werk nie meer nie. Ag toggie, ek wou nog persoonlik groet en nou is dit baai for now sonder dat hy eers weet!!

Môre is Maandag!!! Lekker-verby!!! ;-))

Anonymous said...

Dis nou al so laat dat ek nie dink iemand se oge is meer oop nie. Vroulief skryf toets, en sy vorder staaaadig deur die werk, dan raak ek sommer so lam!!
Dankie aan almal wat sulke wonderlike wense aan Vlaktekind gestuur het met sy verjaardag... Maar o weee!! Julle het my nou mos erg in die moeilikheid, sênou die vrugtekoek is nie so lekker soos gewoonlik nie, sê nou daar's miere in, sê nou...
Sien ek leer Sosiale Sielkunde en daarin leer ek op die oomblik van negatiewe vooroordele, (wat niks te doen het met allerhande ander vooroordele waarvan ons so baie beskuldig word nie) dis net daai geneigdheid om eerder die negatiewe moontlikhede in ag te neem.
En omdat ek nou so vaak is en nie NOU verder gaan leer nie, sit ek met 'n vreeslike sê nou op my hart; sê nou ek kom nie betyds deur al die werk nie..??
Dankie vir almal wat duime vashou en bidde en aan my dink! Ek waardeer dit vreeslik baie.
Nou vir die bed!!

Unknown said...

Vlaktes ... Baja gluk man - nou's jy darm net 2 jaar agter my [tot 'k weer verjaar :-)] Mag Ons Heer met jou jou wees en met jou geliefdes wat nie kan checkers wees'ie [jy weetmos, net om die hoek] Geluk ou grote, en moenie soos Jan Thirion sê: "The older I get, the faster I was", nie ... bly op spoed makie saak wat sê die tydteller nie. Met groetnis, Sjalom. s.n.o.m.

Anonymous said...

Veels geluk liewe Vlakkies omdat jy verjaar het, mag die Here jou seën en nog baaaaaaaie jare spaar!! Hoop dit was 'n lekker dag Vlakkies!! xxx

Jip, ek en Gentleman is geherenig gister, hy's heel en in een stuk, my swaer en broer en pa ook... hiehie, weet nie of ek dieselle kan sê van my neefs nie, die klompie het toe blykbaar bietjie van hulle eie medisyne teruggekry... En ek't lekker stories gevertel gekry, van skoon lug en mooi sterre en die lekker warm weer, en hulle goeie, mooi kattekwaad onder mekaar... dit was nou lekker gewees!! ;-)

Anonymous said...

I really like your blog and i really appreciate the excellent quality content you are posting here for free for your online readers. thanks peace sandro

Anonymous said...

They can be used to scan your computer for keyloggers?


Here is my page: keylogger

Anonymous said...

helpful information You would also be held personally liable if your dog causes loss of or damage to property that does not belong to you. Pet plan dog insurance coverage covers your dog for its entire life. The best dog insurance is designed to help you pay for these kinds of events.