Monday, August 25, 2008

Lente beslis in die lug!

Veels geluk liewe Vlakkies, oorlat jy geverjaar het....

86 comments:

groeni said...

Wha! eks eerste. vlakkies, gluk mit jou vjaarsdag.. hoop jyt gr8 dag en beter jaar... lo da alli anner... ja ja, ek moet we hol...dis fn warm dag en wonderlik! lolla? sie ons mekaar di naweek?

Anonymous said...

wat gebeur die naweek...? Vlakkies, my geluksê ens. is op die vorige blogblok...

Anonymous said...

Ai more almal - wat 'n allerpragtige dag. Net jammer ek begin die lenteneus voel...

Anonymous said...

Nou ja,my hele lang storie het in die kuberlug in verdwyn....woeps waps en weg is alles.....Wat ek gesê het is....ek was gou -gou uit vir n' sappige "Smoothie"...en die heerlike warm weer het my so lui gemaak...die hitte tintel so op my vel....en die Doringbome se blommereuk hang swaar in die lug...ons moet nou net n' bui reen kry...mmmm daardie lam grond reuk....Kiets,ja,die lente bloeisels en stuifmeel is nie almal se gunsteling....Vroulief....hoe het dit gegaan met die toets...nou nog enetjie...en die week is weer verby...Wel,my leuse vir die week is BP...BE POSITIVE...jammer Smousie...ek moes die Ingels so bietjie inspan...want WP...WEES POSITIEF....gaan nie die tref krag hê.....☺☺☺☺...xxxx

Anonymous said...

Waar het jy al gehoor van lam grond...genade klam grond ...dis hoe dit moet wees.....☺☺☺

Anonymous said...

Ja nee, vir my sal WP nou nie werk nie! Ai maters, die dag was lank - amper tyd om huis-toe te gaan en met daai dagtaak aan te gaan.

Anonymous said...

Naandsê almal, Robyn ja, gelukkig is vanaand se toets oor en verby, en ek sal beslis deur wees, maar jou positiewe denke het nog nie by my uitgekom nie! Ek sien net nog 'n laaaang week voor, en daar sal nog baie energie in 'n baie dik boek ingsit moet word voor Donderdag! Maar ek kan julle verseker dat dit nie nou gaan gebeur nie, nou gaan ek net tot ruste kom, ek is poegaai! Dankie dat almal so getrou aan my dink, en vir al die goeie wense... Hoop almal het 'n wonderlike week

groeni said...

lo da.. spikkels, ons karate in lolla se dorp saterdag. vlakkies, hoop jyt darem jou vrugtekoek gkry, vroulief, jy maak ons almal trots en skaam. kater, hoop jou snoete is nou almal gsond, jewlsi, werk jy nou t hard? rooies, wat was in daai smoothie? alli anner, lekka aand, ek ga vpn. lekka aand en dag more, groete (aka batman) (rooies, jy maggi stik ni)

Anonymous said...

Môre Môre al die matertjies...ai,Vroulief....ek stuur spesiaal positiewe strale na jou kant....voel jy daardie prikkels..dis die straaltjies wat nou in jou breinselle werk...daar's hy...kyk nou hoe skitter daardie ogies...skoon opgewonde om te begin leer....gooi nou vir jou n' heerlike sappie in en eet n' stukkie kaas vir energie....en ek wed jou jy gaan n' skitter ster wees....Groenie!!!!!☺☺☺....gaan julle lekker Bloemies toe,ai,laas toe ek daar was met die gatsaag ryery was dit snerpend koud die oggend,en die middag weer n' hitte golf,maar dit was nogtans heerlik om daar te wees,Smousie,wat vang jy vandag in jou nette,n' sonstraaltjie?....Kasie,en as jy nou so stil is...is die koue en reen besig om jou onder te kry....wanneer is dit weer Tulpe tyd...jy beter vir my saambring as jy SA toe kom....Jewlsie,Hantie bel my nou net,sy sê die blomme wat jy vir haar gegee het se Tulpe het nou oopgegaan....en dit lyk glo te pragtig...sy gaan nou volgende Maandag die 1ste September begin met haar behandeling...sy moet Maandag en Dinsdag gaan.....en dan wag hulle twee weke en dan moet sy weer twee dae gaan....Mag elkeen vandag n' sonstraaltjie op jul pad hê...en onthou die glimlag☺☺☺☺....

Anonymous said...

Middag almal! Ja, ek is laat met die groet maar die dag was besig. Bly dit gaan so goed met almal - veral Vroulief ennie toetse en Hantie. Groeni - daai snoete moet die Vrystaat gaan wen, hoor! Leon vorder so goed met die physio dat ons nou 'n maand nie hoef te gaan nie - net tuis oefen!

Anonymous said...

Hallo almal, baie werk en min tyd die laaste dae. Ons is besig om te trek, blikbrein was in sy glorie in, telefoon wat nie werk nie en almal wat deurmekaar hardloop. Robyntjie dis nie die koue en reën wat my onderkry nie, maar die mense wat my ronddinges. Hierdie week sal dit nog 'n chaos wees. En daarna, hoop ek, sal die rus en common sense terugkeer. Die Tulpetyd is eers in April en Meimaand en dan is ek lankal al weer terug in Kaasland. Ons sal maar geniet van die mooi SA somerblomme.

Anonymous said...

More more almal. Lekker dag, ruik die bloeisels!

Anonymous said...

Goeiemore sonskyn!! Ai, dis 'n lieflike pragtige dag vandag... ;-)

cat said...

EKkvoel die hooikoors van lente naderkom hier in my neus en tussen die oë...

Anonymous said...

Hallooooooo....Koewie....hier is ek...ja,gedink julle droom al weer....ai,vandag is ek lus vir stout wees....nee man!!!...wat dink julle nou weer...onthou ek is mos so half ordentlik....ek wil stokkies draai...iets doen wat my die giggels gee en my tone laat omkrul....net sommer verspot wees...net omdat ek dankbaar is vir die voorreg wat ek het om dit te kan doen....die sonnetjie skyn te heerlik....ou Philemon gooi die tuin nat,en ek kry daardie reuk tot hier in my kantoor...en ek voel soooo lus om net onder die boom te gaan lê...ag,mens wil mos altyd wat jy nie kan.....huppeldag vir elkeen van julle....☺☺☺

Anonymous said...

Môre, Hartjies, is vandag ook 'n lieflike, pragtige dag vir jou? ;-))

Anonymous said...

Moresê almal..hoe lyk dit vir my die plaasmense is baie besig..Vroulief gelukkig kan jy bietjie ontspan na vanoggend, hoop die toets het sommer baie goed afgeloop. Kieter hierdie tyd van die jaar is hooikoors en toeneuse volop in my gesin en het ek medelye met jou. Lekker daggie vir almal.

Anonymous said...

Môre my Hartjies, my Liefies die son sak weg....daar annerkant die reënwolke....en ek wil, ek wil na my sambreel gaan vry.....daar onnerkant die reënwolke.....

Anonymous said...

En hoor jy die magtige dreuning
oor die veld kom dit aan gesweef.
Die klanke van Smous se ontwaking
laat die woordplaas giggel en leef!

Van Kaapland tot bo in die Noorde
waar Vlakkies sit sonder woorde...

(Nou watter Hartjie of Liefie gaan hiervandaan verder aan?)

Anonymous said...

Hey J moenie lat ek djou vangie, hoor J

Anonymous said...

Slaat my stom met 'n pap snoek. Weeltjie jou woordspel laat my spraakloos. Vlakkies skuif op innie noorde, want ek's ook sonner woorde.

Anonymous said...

Smousie, ek het die ding nou mooi van alle kante bekyk: As mens op hierdie woordplaas verjaar, dan raak jy so oud, dat jou woorde sommer vanself opraak. Sien jy dit ook? ;-))

Anonymous said...

Mens raak koekloos, ag ek meen kloekloos ja.

Anonymous said...

Ai die kouefront se noorwestewind maak die bome so onstuimig, dat die arme tortelduifies seesiek raak in hul nessies.

Anonymous said...

In Petoorsdorp gaap die kraaie, hier windsurf hul in hul oilskins oppie reëngolwe...

Anonymous said...

Ha, ha , ha ! Giggel en lag! Ai, hoe lekker word daar vandag met die woorde gespeel. Hello Smousie, hallo Juweeltjie, hallo Kiewiet.

Anonymous said...

Hallo Katjie!! Gits, ek sit ook hier en giggel oor Smousie wat weer so lekker snaaks is vandag!! Dis omtrent 'n 'tonic' om weer vir 'n slaggie te kan lag!!! Ek sal regtig nie omgee as ons so 'n laatmiddag-donderbuitjie kan beleef nie. Die wind het juis nou opgesteek. O wee, die arme duifies!!!

Anonymous said...

en roekeloos...? Jitte Jewlsie, dis nogal oulik! Hallo. En koebaai weer, ek't nie baie te prate nie, behalwe dat dit goed gaan, dat ek my bloublits ingeruil het vir 'n witblits, dat die somer naderkom, dat ek sukkel met SARS en ek nie meer weet wat die kleur van my lessenaar is nie. Maar die goed pla my geensins... ;-) Kan nie onthou nie, maar het ek nie iewers aan die einde van verlede gesê diè jaar gaan 'n fantastiese jaar wees nie? O, en iewers in die Beeld van vandag, dink dis bladsy 14, is daar 'n hond genaamd Spikkels. Kan jy dit nou oorvertel, 'n hond genaamd Spikkels... ;-)

Anonymous said...

"Koekloos = vrugtekoek" net sodat daar geen roekelose misverstande issie.....

Anonymous said...

Ja, toe, Tjommie, dissie asof J broekloos gevang issie!!! ;-)) Dit warrie my altyd as mense so staat en verduidelik... J beter oppas - ek hou djou dop!!!

Anonymous said...

Hallo al die plaasmaats... Ek het klaar toets geskryf vir die kwartaal, en wat 'n verligting is dit nie! Vlaktekind het my toestemming gegee om tot die einde van komende naweek lekker leeg te lê. Sien die 4e kwartaal begin sommer al weer Maandag, dan kry ons alweer nuwe toetsdatums...
Kieter, ek giggel net so lekker oor al die woordspeletjies hier op die plaas, en ek kan nie glo dat my Vlaktekind nog nie sy eier ook gelê het nie, hy is mos mal oor die soort speletjies...
Maar, ek sit ook nou al lank en wag dat hy vir my moet kom hallo sê, ons het net vanoggend 'n paar vinnige woorde gewissel na ek toets geskryf het..
In die Vlakte-huishouding gaan dit baie bedaard daaraan toe.. sien Middelkind is flou, Vroulief is flou!! Dis so tipies van die einde van die kwartaal... ek en Middelkind werk tot die werk klaar is, slaap is 'n baie skaars ding..
Netnou is dit stil en donker in my huis.

En more is dit Vrydag!! Hoop almal het 'n bedaarde en wonderlike Vrydag - want dan is dit naweek! Jippeeee

Anonymous said...

My bure hou braaivleis, hulle lag en gesels en klink gesellig!! Daar speel musiek en honde blaf opgewonde vir beentjies!! As ek Spikkels van die Beeld was vanaand, sou ek darem vir jou tricks gedoen het!!! Enig-iets vir 'n tjoppie!!!!

Vroulief, ontspan jy lekker na al jou harde werk? Ek hoop so!!!

Anonymous said...

Ek het nou net met haar gepraat - Sy is oppad om klas te draf.

Goeie nuus !!!

Laura is gekies op 'n internationale paneel van die Vlaamse Regering vir die gradering van Plattelandse skole en plaasskole. Ek is so bly want ek dink dit sal nogal help om aan die gang te bly . Ek het gesê sy moet self spog op die blokkie maar ag daar doen ek dit sommer vir haar - haar ma sou tog ook laat weet het . Dink net hoe sou daai Jansen skouers van haar ma gebult het .

Moet nou eers groet maar gaan definitief 'n sjerrie drink op ons Lollapop.

Lekker aand

Es

Anonymous said...

Nou daar het julle dit. Ons het mos nog altyd geweet onse Lolla-kind isse meisiekind yt een stuk.

Anonymous said...

Dankie Vlakkies!! Met dié dat jy jou woorde teruggekry het, seën jy ons met spesiale geskenkies. Dis wonderlik dat Poplappie so goed vaar en dat Es nou by ons aangesluiit het!! Ek moet nou gaan oplees oor die Vlaamse-gedoendere want dit klink heeltemal volksvreemd vir my, maar as dit vir Poplap 'n uitkoms is, dan gee ek haar 'n stywe druk, kyk in haar mooi oë en sê: "You go girl!!!!

Neem foto's en leef!!!

Dankie, Vlakkies!

Anonymous said...

Ek wag...

Anonymous said...

...en wag...

Anonymous said...

Halloooo daar.....ja,ek wag ook...maar vir iets heel anders...ek wag vir die reen....verbeel my al ek ruik dit....Smousie...stuur so bietjie sebief!!!!....Geluk Lollapop...mag daar vele deure vir jou oopgaan....Vroulief...geniet die ruskansie....Jewlsie...maak jy my nou soooo lus vir n' tjoppie....gelukkig is dit amper naweek...dan is dit mos braaityd....Kiets,luk my ek en jy het dieselfde probleem...weet nie wat om te vat en wat om te los.....doller as dol....maar ons is mos sterk babas...Geniet hierdie dag...maak dit n' gatskop een...wild en onbevange...die BLOUES EN WEEPEE pak mekaar mos vannaand....wonder wat gaan daar uitbroei?

Anonymous said...

Smousie, hier's nou vir jou 'n lekker enetjie: Wat dink jy broei uit tussen die Bloues en Wiepie? Ek lag al klaar!!! ;-)) Môre Robyn! Ek sien hoe besig julle almal is en hier sit ek té lekker by die huis! Ek wag ook al heel oggend vir Spikkels om die Beeld te bring, maar dié soek seker na haar beentjies wat sy gisteraand weggesteek het! Mooi dag vir jou, Robyn en stuur asb. ook groete vir Hantie. Ek is seker ek sal haar Dinsdag kan sien!

Anonymous said...

Ja dag!! Gits maar dis wild hier. Nou nie hièr hier nie, maar hier waar ek sit in my kantoor. Ek kan nie toor nie, maar ek sit in 'n kantoor... en dit is naweek, yahooooo! En more-aand gaan ons na my plaasdorp se Oesdans in die Boeresaal!! Lekker boerekapperjol met braaivleisvure en swart potte vol pap en sous en boeremusiek en my dansskoene is reg en my toontjies mooi geverf!!

Anonymous said...

Weeltjie die WP vs Bulle issie 'n grap nie hoor, dis ernstige sake. Amper nes pap en sous oppe dansbaan......baie ernstig.

Anonymous said...

Nou ja, dit is tyd om te groet. Die GROOT stryd is vanaand en hopelik gaan die vreugde vure hoog brand in Petoorsdorp. Geniet die naweek en rus lekker vir die week wat kom!

Anonymous said...

As die Bloues wen is dit okay, maar as Wiepie wen ook want dan is dit 'n persentjie vir Vlakkies wat tog al so lank moet wag vir sy geblaasraakkoek. - Die son skyn, dis warm, die somer is terug in Kaasland! - Lekker naweek vir julle almal.

Anonymous said...

Daar trek Spikkels in Wittes, Robyn in haar groot trok, Katjie in Snoet en Groenie in hul Landy oppad Bloemmies toe. Sonder om te groet!! Sterkte Japsnoete!!!

LOSLAPPIEEE!!!!! Wat 'n lekker verrassing om jou weer te sien!! Lyk my jy bly steeds 'n Bul-ondersteuner? Shame. ;-))

Kaasie, geblaasraakkoek? Giggel!! Oulik!

Smousie, lyk my dis net ek en jy en Vlakkies-met-min-woorde wat die naweek sport gaan gesels. Hoe het dit met die Proteas gegaan vandag? En wanneer is die GROOT game?

Anonymous said...

WeePie ag ek meen WeeTie Weeltjie, maar ek vermoed dis tans aan. Gaan juis nou klub toe om te kyk.

Anonymous said...

Halftyd. Gelyk!! Kom ons kyk!

Dit gaan nie goed met die Proteas nie, maar ek het nie nou tyd om hartseer versies oor hulle te skryf nie. Klitsgrassie, jy weet wie kan toor, né? Ek het jou woordjies vandag besonder baie geniet!!

Tweede helfde...

Anonymous said...

Siestog, Smousie, het jy nie 'n tiewie nie? ;-))

Anonymous said...

Dis laterig Vrydagaand, en ek het my Vlaktekind vandag misgeloop omdat my vriendin hier gekuier het, maar ai as ek die Proteas se martelgang kyk, dink ek Vlaktekind is al weer in die dale van Gat!!
Kasie, ek is mal oor daai tong-knoper ding wat jy die vrugtekoek noem, maar teen die tyd dat Vlaktekind daaraan hap is daar nie eers meer 'n dampie alkohol oor nie, dan het als klaar verslaan... maak ook nie juis saak nie, solank dit net vrugtekoek is!

Jewls, Vroulief het 'n taai dag in die hospitaal agter die rug, werk mos op die oomblik by dialise en al daai nier-ellendes, en dit het mos maar ellendes van sy eie, die laaaang wag van die pasiente op 'n nuwe nier..... sommige stories is hartverskeurend! Ander so 'uplifting' dat mens nie anders kan as om met 'n huppel in die stap uit die saal te stap nie!

Maar nou moet ek beginne rus, sodat ek kwartaal 4 Maandag in die oge kan kyk!

Lekker slaap almal

Anonymous said...

Vroulief, gooi net so'n bottel Klippies oor die geblaasraakkoek as Vlakkies weer op pad huistoe is, dan is die ding mos weer sharp. Geniet jou rusnaweek en sterkte vir die 4e kwartaal.

Anonymous said...

Goeie môre allie maaitjies, op hierdie lieflike Saterdagoggend!!!Vroulief, wag tot jy gehoor het watse skandes die WiePie gisteraand gemaak het... Arme Vlakkies en sy boeta!! As jy so praat van die dialise pasiënte, is ek net opnuut bly dat ek in teater werk. Mens moet so baie lewensvreugde ervaar om jou energie vir die siek mense in die sale te gee. Dit dreineer mens later. Vroeg in my opleiding het hulle ons geleer van empatie, maar waggies, as ek myself kry, gee ek simpatie en sluk elkeen se storie my sommer heel in! Dit klink darem asof jy dit verskriklik baie geniet!! Sterkte vir jou laaste kwartaal en ook aan al die ander studente hier onder ons neuse oppie plaas!!

Kaasie, jy is mos ook 'n Bul, né? Baie geluk met jou span se oorwinning! Hulle het dit nogal oortuigend gedoen!! My Boernale lê nog iewers op die erf en nou is hier drie astrante klein duifies wat so pik-pik hulle weg gebaan het tot binne-in my rekenaarkamer. Ongelooflik mooi vir my!

Anonymous said...

Môre Jeweeltjie. Geluk aanie Bulle.

Anonymous said...

VLAKKIEEEES!!!! Ek is nou bly om jou te sien vanoggend! Ek wil weet oor Poplap. Moet sy die Vlaamse regering help met hulle skole of is die opgradering van die skole plaaslik hier by ons?

En hoe gaan dit met jou en die beveiliging van wapens in Vérland? Jitte, ek mis jou geselsies baie!!!

Anonymous said...

Jeweeltjie, ek weet ok maar net wat jy weet. Maar as ekkie vonkpos reg verstaan willie Flaminke 'n gradering doen vannie plattelandse skole en plaas skole by ons. Wat hulle daarmee wil doen, weet ekkie. Dit gaan goed met my Jeweeltjie.

Anonymous said...

Bly om te hoor dit gaan goed, dankie Vlakkies! Lekker werk - of is dit nou Sondag daar? Ek gaan nou op my stoep sit en lees en die lente-bloeisels dophou wat soos konfetti val as die wind so waai. Daai nuwe-blaartjie groen is vir my die mooiste groen wat bestaan!

Anonymous said...

Saderag wat Maandag is, Jeweeltjie. Ek sit in my kantoor en toor mittie werk. Gan nikse stoepsittery of lekker boek of lentebloeiseltjies vir my nie.

Anonymous said...

Nou's dit tee-tyd!! Hoe klink 'n dik sny vars gebakte brood met vet gesmeer en fyn biltongtjies daaroor? Njammies-verby!! Vlakkies, ek het nou net met Uncle Mac gepraat. Het jy al sy stem gehoor? Dis nou wat ek 'n GROOT stem noem! Dwergie wag net vir haar papiere, dan gaan sy vooruit Lagos toe, maar Uncle Mac wil nog eers volgende Vrydag 'n uitreik in Botswana doen, dan sal hy haar volg. Ek is so bly ek kon ordentlik groet want 'n vinnige kuiertjie is nou nie meer moontlik nie. Nou sal jy maar die waterblommetjiebredie vir ons moet maak, né Vlakkies? ;-))

Smousie, koeeewieeee!! Hoe lyk Die Berg deur jou venster-oog? Ek word toe mos vanoggend wakker met die idee dis Sondag... Seker oor al die opwindende sport gister en oor ek al sedert Donderdag nog niks gewerk het nie. Gelukkig het ek 'n ekstra daggie bygekry toe ek nie die Rapport van môre, vandag te lese kon kry nie... ;-))

Anonymous said...

Die venster-oog se spat-aar blindings is styf toegetrek.....miskien was die sporttragedies in my lewe maar tog net 'n nagmerrie gewees...so bang om my blindings voor my venster-oog weg te trek en te besef dis realiteit....

Anonymous said...

Hie-hie! Ag, siestog, Smousie, dis nou wat Uncle Mac 'n bôggerop sou noem!! Loverboy het elke jaar vir sy verjaarsdag 'n Balman-kompetisie gehou hier op ons erf. Hulle begin dan al vroeg gholf, croque, oubut, pool, pinnas, swingball, tafeltennis ensv speel. Een jaar was daar 'n eindstryd tussen die Bulle en WP. Kyk, ek het daai dag gelag lat die trane loop vir die spul mans wat so tekere kan gaan en opmerkings maak en aanhits en mekaar insê! Maar gisteraand se game was gladnie 'n grap nie - dis realiteit! Sjym, jy sal maar moet vrede daarmee maak, hoor? ;-))

Anonymous said...

(o) (o)
! !

Anonymous said...

Sien jy hoe hartseer is ek... al my trane val sommer uit een oog!

Anonymous said...

....mos soos dit 'n goeie smous betaam. Die anner oog is altyd oppie uitkyk vir 'n nuwe klïent.....

Anonymous said...

Ek weetie hoe nie Jeweeltjie. Oppie vlakte was daar amperie eers genoeg water vir drinkie. Wat nog van waterblommetjies om in te groei.

Anonymous said...

Vlakkies kry 'n leer reg, ek wil in een van jul paaie se potholes kom klim en sulk.

Anonymous said...

Smousie, ek het ok vemôre so gevoel toe lees ek hierie storie. Toe lag ek so lekker lat ek sommer beter voel.
Die Juffrou bedye biologie virrie klas. "Die menslike ras is die enigste spesie wat hakkel", seg sy.
Sannie steek haar hand op: "Juffrou, dissie waarie. Ek het 'n katjie gehad wat gehakkel het!"
Die Juffrou dink Sannie was seker lief vir haar katjie en lat haar verder vertel.
"Juffrou, ek het agter innie jaart met my katjie gespeel toe die bure se rowwe hond oorie muur spring in ons jaart in."
"Jy het seker baie groot geskrik?", vra die Juffrou.
"Ja Juffrou, viskriklik" "En toe begin my katjie hakkel, en hy sê "Ffff, Ffff, Ffff" en nog voor hy die die word kan klaar sê, toe vreetie hond hom heel op!"

Dis wat ek ok virrie Bulle wil gebedye het toe hulle die mooi disatjie sommer heel gat loop staane opvreet

Anonymous said...

Nou bring ek sommer 'n ffff...graaf saam en grawe my eie pothole.

Anonymous said...

Op Skype is daar 'n gesiggie wat so lekker lag lat jy sommer bewegingsiekte wil opdoen net as jy vir die kyk. Sannie se kat het my nou so lat lag.

Anonymous said...

En julle twee laat MY lag!!! Is daar dalk vandag 'n ffff rugbygamepie wat ons moet kyk, of sal dit té veel hartskade maak?

Anonymous said...

Daar's 'n jagkompetisie om 3 vanmirrag. Jumparoos gaan kyk hoevul bokkies hul kan vang sonner om uitasem te raak.

Anonymous said...

Lyk my wanneer ek opgewonde is om 'n wen te sien, sien ek 'n 'killing' en wanneer ek absoluut geen hoop meer het vir enig-iets trots Suid-Afrikaans nie, maak die Bokkies my so bly dat ek heeltyd op my voete is en op aandag staan en lank-vergete liedjies sing - sommer so op my eie!! Ek het netnou gewonder of ek nie dalk 'n heruitsending van laas jaar kyk nie!!! ;-)) Sug. Wat gaan die tweede helfde oplewer nadat almal praaitjies gemaak het met hulle spanbestuurders? Kom ons kyk!! Praat ek altyd so baie, Vlakkies? Smousie is seker ook weer klub toe want hy het mos nie 'n tiewie nie... ;-))

Anonymous said...

BOKKKEEEEEEE!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ondier het nie eers die game gesien nie! Ek dog ons is so internasionaal connected!! ;-))

Anonymous said...

BOKKKKKKEEEEEE! Nou's ammal sommer gevergewe. Die WP, die Proteas, die Kakies, die Kommenizzzte en ammal vir wie onsie afgelope twee eeue kwaad was of wat vir ons kwaad was. Tot oom Bob .... ehm nee, nie so maklik nie. Hy moet eers op pensioen loop staane gat, voorlat ek hom sal vergewe.

Anonymous said...

Ek kan nie help om lekker te giggel vir Smousie wat al by voorbaat al sulk nie... Ek het ook maar nie te veel hoop gehad nie, so dat ek Vlaktekind aangesê het om maar liewers nie rugby te kyk nie.. Soos gewoonlik luister hy toe nie na my raad nie, en nou is dit net die ore wat keer dat hy nie regrondom smile nie!!!! Middelkind se stem is skoon hees soos wat hy geskreeu het vir die Bokke. Gelukkig was ek nie hier nie...
Ek is moeg, en ek het nog min ruskans gekry voor die 4e kwartaal Maandag begin! Ek moes gaan kos koop - dit op 'n Saterdag!!
Nou ja, nou's Middelkind weg, en ek is soos my vinger. Middelkind is sommer vir die week weg, want ek kom toe agter hierdie week is sy kwartaal-laaste-week, die doodwerk-week.
Nou ja toe, almal wat so vrolik is na die bokke se wen, mag julle die hele week net smile, nou gaan ek rustig raak. Lekker slaap almal

Anonymous said...

Hallo lo lo o.... hallo lo lo o. Deksels maar dit ego verskriklik innie pothole. Vlakkies 'n grap isse grap, maar jy kan maar die leer nou weer terugsit hoor. Ek het klaar gesulk.

Anonymous said...

Ja Jeweeltjie ek is 'n Bul, dit staan in my geboortesertifikaat. En ek is ook 'n Loftus-Lover, Blou is mooi, en eks bly oor hul vertoning. Bokke is so nou en dan ook mooi, maar meeste van die tyd bietjie laat. Nogtans trots op hulle. - Die somer werk oortyd in hierdie deel van die wêreld, vandag 'n fotoshoot gedoen van die jaarlikse triatlon, die Dutch Open, of kom ons noem dit die Kaas-Ope. Die son het my nogal bygekom, kyk ek in die spieël en vra vir myselwers wanneer spring ek op groen. Samboksalf sal die skade beperk. Môre is die wêreldkampioenskap triatlon en dis nou 'n moerse ding. Daars 15 SA atlete wat deelneem en toe ek vanaand by die finish staan en die SA vlag sien tussen al die ander toe kry ek so'n glimlag van verlange op my gesig. Die bloed is dik nè?

Anonymous said...

Kaasie, is jy 'n deeltydse professionele fotograaf? Wonder ek nou wat jy te doene het met die Dutch Open... Jip, bloed is dikker as water!!! Hier in ons plaaslike koerante het 'n Jan-publiek 'n brief geskryf en die SA skares aangevat oor hulle die Bokke laas wees so geboe het in Durban. Dit was vir my reg. Dink net wat moet die hele wêreld van ons mense dink wat nie eers ons eie verloorspannetjie kan ondersteun nie, maar vandag was die bordjies dam mooi verhang, né? Het jy gekyk?

Anonymous said...

Smousie ie ie e... Hallo lo lo o!!! Ekskuus? Fff ff ff f? Sies vir jou, Vlakkies!! Help vir Smousie, blieffies!!

Anonymous said...

Smousie se ego het sy pothole gesien. Hoe eggo daai spelfout nou in my ore....

Anonymous said...

Smousie, smaak my jy het 'n ding hier verkeerd geloop staane spelle. Smaak my daai "e" oppie einde sit oppie verkeere plek. Da' smaak dit my daar makeer iewerster 'n "p" waar daar 'n "t" is. Maar nou weet ek okkie so lekkerie. Ek mag nou hierie saak vannie verkeere kant af sit bekyk. Jy'sie man vannie boeke. Ek het maar saam mittie skaap vannie veld af gekom.

Anonymous said...

Middag Vlakkies! Wat was daai storie van 'spelle' nou weer?

Anonymous said...

Vlakkies so jy reken my ego het sy windhardloop gesien.

Anonymous said...

Ag, Smousie, jy's weer lekker snaaks, né?!! Ek het vanmiddag Vlakkies se 'spelle'-storie probeer soek op Weg-blogs, maar ek kon hom nie kry nie. Ek het wel baie gelag oor wat ons gedurende Maart gepraat het!! Liefkind vra kort-kort: "Hoekom lag jy so?" Veral die deel waar Katjie vir Zouga nooi om saam met haar en haar gesinnetjie met die honde te gaan stap!! Joe, dis kosbare herinneringe!

Hartjies, hoe was die dans en die naweek by jou ouers? Vertel ALLES!! Kaasie, het jy toe mooi foto's geneem en is jy nou tamatie-rooi gebrand? Makou, hier's 'n soentjie vir jou, oppie bêkkie, oor ek so lelik was met jou oor die Bulle... MWHAAAA!! Hoe gaan dit met Prinses en Sonvangertjie en Namibsroos - is jy nog so wild, WilleDing? ;-)) Vroulief, is jou boeke gepak en jou potlode skerp? Sterkte vir die pylvak-fase, hoor?
Robyn en Groenie, wanneer gaan julle weer ploffies gooi saans en liedjies uitruil, mmm? Die winter is nou verby en dis weer tyd om op die grasperk te lê, sterre te kyk, laf te wees en grappies te maak!! Antjie, ek mis jou wraggies nogsteeds, kan jy glo?!! Droomseun stuur groete en verlang ook na jou!! ;-))

Anonymous said...

Jewls, jy is self lekker snaaks - nie net Smousie nie, nee die potlode is nog nie skerp nie, en waaaar kry jy nou somer as ek vanaand so koud kry. My oorlede pa sou vra "hoeveelste winter van hierdie somer?"
Ek wonder sommer dadelik as Vlaktekind sulke baie deurmekaar vrae vra..
Daar duik Makou se naam ook 'n slag op, gits, wat het van Makou geword?
Dankie Jewls vir die sterkte-wense vir die kwartaal wat voorlê! Ek het eintlik nog nie lus nie, want ek moet nog 'n klein taak skryf vanaand, en vir take het ek nie nou lus nie!
Ek is nou soos my vinger! Middelkind en maatjies werk dat dit klap, dis mos die groot inhandig week! Verledenag was sommer met die intrap al 'n min-slaap-groot-sukkel-nag!! Een maatjie se Web-blad plan wil net eenvoudig nie uitwerk nie, en almal het naderhand ingespring om te help om die ding aan die gang te probeer kry. Het nog nie die jongste nuus gekry oor of die ding darem nou al werk nie!
Nou toe maters, ek hoop almal het 'n goue week!

Anonymous said...

Tamatie-rooi is niks nie Jeweeltjie, kyk ek vanaand in die spieël toe lyk ek soos 'n flashlight. Vet gesmeer met samboksalf, dis darem Hemelse goed. Die fotoos het mooi geword maar ek moet eers bietjie uitsort want 900 fotoos is 'n bietjie baie vir een naweek. - Julle moet almal 'n onvergeetlike week hê!

Anonymous said...

♪♪♫♪♪ Dis heerlike lente, die winter's verby - weer nodig die velde vir jou en vir my!!! ♪♪♫♪♪

Mag hierdie draai van die seisoen vir elkeen van julle spesiaal wees! Sien die blomme op jou pad raak, voel die sonskyn op jou vel, lewe voluit, al is daar soms doringdae wat pleistertjies vra...
Liefde, Jewls xxxxx

Anonymous said...

Moeder Natuur was nie in 'n goeie bui met haar kuiertjie aan die Kaap die naweek nie. Haar gemoed was maar stormagtig. Tog soos dit met enige ware Moeder gaan, is sy goed vir haar kinners, al is sy hoe omgekrap. Soos 'n dankbare boer uit die Overberg gesê het "Die reën val uit die hemel uit, beter kan dit nie wees nie."

Anonymous said...

En toe blaas die wind ons in 'n lente in... Hie hie Jewlsie, ek sal so bietjie later kom vertel van die dans... genugtig, ek't lanklaas in my lewe my naam so met 'n plak geslaan. Gelukkig het ek 'n "partner in crime" gehad, behalwe dat sy (my niggie) gesê het sy't haar naam daar gelos en gaan wraggies nie weer terug om hom te gaan haal nie... En dit sal nie sommer net vir gaan loop haal wees nie, eerder soek en soek en soek, want hy's ver en wyd bekend nou... ;-)