Tuesday, August 5, 2008

Mieks ons gaan jou mis.


Liewe Mieks, Ek het gistermiddag vir jou 'n wit roos in my tuin gaan pluk. Toe ek die naweek my rose gesnoei het het hy vir my so mooi daar aan die boom gelyk dat ek hom daar gelos het. Maar gistermiddag het ek hom gaan pluk en langs my bed gaan sit om jou te onthou. Net so het Jesus daai mooiste roos in die tuin gepluk om langs Sy bed te sit. Vaarwel vriendin, sien jou weer, soos jou geliefde Coenie sing.

38 comments:

Anonymous said...

Ai Annapatat en Ondier - lekker om julle hier te sien! Moet nou nie weer verdwyn nie! Op 'n gelukkiger noot - dis 8 jaar terug wat die nimlike Zouga my gevra het om met hom te trou.

Anonymous said...

what happened to the other one?

Anonymous said...

Dankie vir hierdie pragtige sonnige dag.. voeltjies wat vrolik sing... vir die voorreg dat ons dit kan beleef en hoor..kyk om jou....gryp die lewe met albei hande vas...reik uit...wees lief vir mekaar...en onthou die glimlag....xxxx

cat said...

More Rooikappetjie! Hoe gaan dit met jou maaikie?

Anonymous said...

Ek kyk en kyk! Daar is darem niks so mooi soos 'n breë glimlag nie!! Dankie Poplap vir hierdie pragtige oomblik wat jy vasgevang het! En dankie Katjie vir jou mooi woorde van afskeid.

Anonymous said...

Naand almal! Lekker dag gehad? Lekker doeks vanaand!

Anonymous said...

Ek dink en dink..maar ek kry geen oplossing...woorde steek vas in my keel..gedagtes dwarrel verwilderd rond...rustige nag vir elkeen...xxxx

groeni said...

hi da rooies. dink almal voel dieselle. maki saki hoe en waar ni, ma so 'n 'wegraak' is ma altyd hard en moeilik vi almal, vir die wat naby sta moeiliker as vi anner en ja, deur te praat issit beter. en ja, weet, da's altyd sake en dinge wat nog opgelos of uitgeklaar of watookal moes word, ma nou ni issi. en daarby sal ons ok vrede moet kry

cat said...

More more almal! Ek gaan weer vrolik in die oggende groet - koffie is op die AGA en skout op die tafel.

Anonymous said...

Môre môre.... al die maters....dankie Cat/Kiets....ek is juis so lus vir n' koppie boeretroos....mmm...Nou ja,nou is my lyfie weer warm...en ek kan weer verder skoffel....mooi dag vir elkeen van julle...en....onthou die GLIMLAG....maak iemand se dag spesiaal!!!!....xxxx

Anonymous said...

Ag mens kan sien my kop is iewers anners - ek belowe om weer streng afrikaans te wees.

cat said...

More more almal - maar dis vreeslik stil hierlangs. Dis nou tyd om almal saam te trek en nie om stil te word nie. Liefde en lig vir almal!

Anonymous said...

Mommy

It rains when you cry
It's sunny when you smile
I wait to hear your voice
when I open up a door
to make being home worthwhile

You're part of my soul
and part of my life
that makes living
a whole experience

You bring calm to my storms
and peace to my heart
Laughter to my melancholy
and love to my existence

You are my mother
and you are me

(Mooi, né? Toe Dr. Daan se vrou oorlede is in 1998, het haar dogter hierdie gediggie vir haar geskryf. Sy was omtrent Poplap se ouderdom.)

Anonymous said...

So mooi Jewls. Hoe gaan dit met jou? Jou lekkerkry dag vandag ne?

Anonymous said...

Dis n' heerlike warm dag...die son skyn mildelik...die voeltjies is skoon laf.....mooi dag vir elkeen...gryp elke oomblik vas...en koester dit.....xxx

Anonymous said...

Dit voel nou vandag regtig soos lente vir my. Ek weet dis bedrieglik - oor 'n paar dae is dit weer koud, maar mens kan nie help om vrolik te voel nie, al is jou hartjie seer.

Anonymous said...

Ek het nou net by die huis gekom in 'n mrse donnerstorm. My sambreel is al wat nog droog is want ek het vanoggend vergeet om die ding saam te vat.

Anonymous said...

Ai Kaaskop... En ai ek voel 'n erge nostalgie en blues aankom, en dan is dit more nog vrydag ook... wie ken die liedjie van klopjag, bel my? ons het gister laas gepraat, oor ditjies en datjies, oor mense by die werk, en hoe lank die dag word, sonder. en jy weet, ek haat dit, om so alleen te wees in hierdie weer...so bel my asseblief, voor dit reen... En dit gaan nog goed met my en gentleman, ek word net liewer vir hom by die dag... Pas vir julle mooi op my liewe maters.

Anonymous said...

Hallo almal, ek sien almal is maar bedeesderig na die allerverskriklikste nuus!! Kieter, dis nog nie lente nie!! Die dae is miskien bietjie warmer, maar daar is nog nie 'bubbles' in die lug nie. Ek sien wel so hier-en-daar 'n boom wat al bietjie groen skyn, maar ook nog nie bloeisels nie - en dit is darem 'n goeie teken. Die vorige winter en hierdie winter het 'reg' gewerk. Koud, en nie in Julie al perskebloeisels nie! Middelkind kla heeltyd dat die winter-ding nou glad nie meer vir hom werk nie.. Ma-Vroulief sê net heeltyd, dit moet so wees dat ons 'n goeie somer kan hê, maar aan die binnekant begin ek ook nou brom. Ek kry koud, en die leerdery met die koue lol!! En buitendien mag ons nie ons lewens so omwens nie!
Maar ek sal dit duidelik aankondig wanneer ek die 'bubbles' beleef.

Ons het sopas gesien hoe vlietend die lewe is! Kan ons almal wat op die Plaas kuier nie, maar 'n besliste besluit neem om voluit te lewe en die eer aan die Vader te gee vir al die blydskap en plesier wat ons elke dag beleef nie?

Ek het my blog-studente-maat verloor, en toe hoor ek vandag wanneer die kursus vir Trauma ontlading begin!! Vroulief gaan nog 'n kursussie doen, maar dis miskien 'n klein krusus, maar dit dra groot-groot gewig. En ek is so opgewonde!

Plaasmaats, kom ons gryp die lewe..!!

Anonymous said...

Naand almal. My woorde is nog weg maar ek is hier.
Vroulief die perskebome in Noordwes staan vol in die blom....dit was so baie mooi. Lekker slaap almal.

Anonymous said...

Dis VRYDAG!! En dit troos dat Miekie op haar gunsteling dag ter ruste gelê word. Sterkte Poplappie, vandag dink ek soooo spesiaal aan jou!! Liefde, Jewls xxxxx

Anonymous said...

Dis Vrydag, dis 08/08/08... Hallo Anna-patat, hallo Jewlsie, hallo Vroulief... ;-)

Anonymous said...

Lollapop....my gedagtes is vandag met jou...mag Jesus sy sagte hande op jou skouers sit...en laat die krag deur sy vingers vloei...en jou versterk en dra...STERKTE....

groeni said...

boo, baie vinnig,.. besige tyd.. whe pe.. ekt gister my stert gelug en ge-microlight...nee, my klere wassi vuil ni.. sie jul dalk sa aand..na kompetisie.. lekka kuier, mis jul. lolla, sterkte my skatter..

Anonymous said...

Mor emore almal! Ai Ann, dis so lekker om jou weer hier te sien! En Vroulief. Mag almal 'n heerlike dag hê. EN sterkte liewe Lolls.

BB said...

Sterkte Lolla!!!

Anonymous said...

Lolla, vir jou. My spesiaalste gedig. Ooit en vir altyd. W.H. Auden het hom geskryf.
Baie lank terug. Soos Dana ges� het, Jarre en jarre gelede.
Die mooiste woorde ingeryg.
Begrafnis Blues.


Stop all the clocks, cut off the telephone,
Prevent the dog from barking with a juicy bone,
Silence the pianos and with muffled drum
Bring out the coffin, let the mourners come.

Let aeroplanes circle moaning overhead
Scribbling on the sky the message He is Dead.
Put crepe bows round the white necks of the public doves,
Let the traffic policemen wear black cotton gloves.

He was my North, my South, my East and West,
My working week and my Sunday rest,
My noon, my midnight, my talk, my song;
I thought that love would last forever: I was wrong.

The stars are not wanted now; put out every one,
Pack up the moon and dismantle the sun,
Pour away the ocean and sweep up the woods;
For nothing now can ever come to any good.

Anonymous said...

Dis pragtig, Antjie! Ai, toggie, ek dink almal het die laaste week baie gedink oor die verganklikheid van die mens en die seer van dié wat agterbly...

Gister was Eddie hier. Dis my elektrisie ingeneur. Hy moes 'n paar buiteligte vir my installeer sodat ek nooit weer donker op my erf aankom nie. Soos gewoonlik, wou ek niks mis nie en hang heeltyd rond waar daai twee werk en vra vrae oor elektrisiteit. Teen tee-tyd het ek 'n beker koffie vir my gemaak en toe ek so gemaklik op my leerstel sit in die garage, toe dink ek daaraan dat ek so besig is om alles op te pas sodat dit vir ewig kan hou, dat ek nie gelewe kry nie. Wie sal vir my goedjies omgee as ek ook nie meer daar is nie? Toe vra ek vir Eddie om my te help om die eetkamertafel op die stoep te sit en die sitkamerstel in die eetkamer en die leerstel in die sitkamer! Liefkind was sooooo opgewonde toe sy by die huis instap en die veranderinge sien dat sy sommer dadelik, pens en pootjies, op die langbank haar lê gaan kry het!! Ewe gillend van lekkerkry!! Hierdie naweek gaan ek al my fancy eetgerei en goeters uit bokse uitgrawe wat al vir twaalf jaar weggepak staan en ek gaan spykers in die mure slaan en skilderye en prentjies van Liefkind oral ophang! Ek sal net iewers deur die dag slaap moet inhaal want Chiko-boernaal dink mos dis volmaan met al die helder ligte op my erf en dié blaf sonder ophou! Ek's miskien moeg, maar ek lewe!!!!!! Lekker slaap maaitjies!! Jxxxxx

Anonymous said...

Môre ammal op hierie Maandag wat julle se Saderag is. Dit gaan nog goed, behalwe lattie Protea in Ingeland bietjie verlepperag lyk en my broertjie nou so diep innie tronk is lat mens sy kos mitte kanon moet inskiet. Maar vemarrag gattie Bokke weere silwer randjie vir my donker wolk wees.

Unknown said...

Oupa het gesê: My kjent, hirri lewe is gevaarlik ... 'k sal jou pampiere gjee lat jy nie lewendag hier s'l uitkom'ie" en oorlat 'k klein 'n stjuppit was het 'k hom 'ie verstaan'ie. Dis jare later, en soms moet 'k nog steed diep krap om in te sien. Maar as jy aan die skerp kant van daai waarheid kom, da maak hy darrim demm seer... en jy, is jy reg? Weet jy waar jy gaan? Daar is my groot troos, Miekers het geweet en was gereed en daarom weet ons sy is nou DAAR. Lollakjent sal seker 'ie gou-gou hier kom ronddraai nie .. dit sal seer wees as sy die herinnering so fel op hand het. Ma-Miek se kuierplek. Miskien kan iemand vir haar laat weet - dis reg om seer te hê. Dis nodig. Lolla, my kjent, huil jou oe rooi en jou gesig dik gepof en los jou hare deurmekaar, en rou. Rou met oorgawe vir ses dae. En op die sewende dag staan jy op, vat 'n twee uur aroma bad, gaan loop 'n ent, sê "Koebaai Ma-Miek" ... sien jou DAAR. En dan vat jy hierie lewe by die horings, pak hom en ry hom en sit hom aan jou voete ... maar bly nederig en opreg en vol omgee en hou vas aan HOM; soos Ma-Miek jou geleer het. Maak jou trots op jou en LEWE, soos vir HOM en soos sy sou wou.
En as jy jou kom kry, is die ergste seer verby, dinge in die lewe maak jou weer bly, dinge maak sin - vir jou soos vir my. Grutnis - daai mac oom van Pretoria

Anonymous said...

Dankie Mac lat jy so mooi gesê het wat ekkie die woorde gehad het om te sê nie. As mens so lank vir so baie mense so baie woorde moet sê, kom jy op 'n punt lat jy niks meer wil sê nie. Of is dit kan sê nie? Want jy beginne wonner of dit wat jy vir so lank vir so baie mense in so baie woorde gesê het, regtig ytie hart gekom het. En of dit regtig virrie mense iets gebeteken het. En of jy dit nie maar gesê het oorlat jy dit moes gesê hettie. Of oorlattie mense van jou geverwag het ommie regte gevleuelde woorde oppie regte tye te kan moet sê. Of oorlat jy gebetaal is om dit te sê. Dan raak mens se woorde op oorlat jy aan jou eie vermoë ommie regte woorde oppie regte tyd ytie regte hart yt te sê, beginne twyfel. Nogmaal dnkie Mac lat jy so mooi gesê het wat in ons ammal se harte sit.

Anonymous said...

Dankie Mac, eks bly daars iemand wat in woorde kan sê wat ons almal tussen ons ore het.

Anonymous said...

BOKKKKKKEEEEEE!!!!!

Anonymous said...

Maters....my vriendin het haar uitslae gekry...en dit is positief.....die chemio sal begin sodra die operasie wond herstel het....ons het lank gesels...en soos in haar aard is sy ook baie positief oor haar herstel....sy was aanvanklik hartseer...agv die skok...maar toe sê sy"weet jy,daar is nog te veel dinge wat ek wil beleef en doen ek gaan nie toelaat dat hierdie situasie my onder kry"....en saam -saam sal ons die pad stap...met die gebede van almal en God se wil...sal sy herstel....dankie aan elkeen van julle...vir jul gebede en omgee....ons is so bevoorreg om mekaar te hê....soveel om voor dankbaar te wees....snoesig slapies...xxxx

Anonymous said...

Halooo al die plaasmaats. Ek loop van gister af reeds met die swaar nat kombers om my skouers, en eers vandag het ek besef waarom dit so is.. Dit het begin met Mickey se huistoe gaan. Ek groet op 'n ander manier ook geliefdes. Baie kosbare mense in my vriendekring pak op strepe op om Oz toe te gaan. Die groetery is moeiliker as moeilik! Die kersie kom wanneer my kosbare vriendin teen die einde van die jaar ook gaan..
Mac, dis goed om dit raak te sê, en ons moet almal by tye reguit gekonfronteer word met die broosheid van die lewe!
En ek verstaan Vlaktekind se onsekerheid oor die groot woorde, maar op een-of-ander manier het hy altyd die regte trooswoord gehad! Vlaktekind, omdat ek jou so goed ken, weet ek net dat jy nooit mag ophou om daardie eenvoud te dra en te verkondig nie. Daardie eenvoud kom juis nie uit jou slimmigheid nie, jy weet presies waar dit vandaan kom.
Ek gun my geliefde mense die maniere waarop hulle probeer om 'n beter lewe te skep, ek maak julle vry om heel-mense te wees, en die rykdom van julle kennis, en boeregasvryheid met die Aussies te deel! Ek gaan julle net vreeslik mis!

Robyntjie, jou vriendin gaan swaar op jou leun, daar is maar min so kosbaar as jou kosbaarste vriendin in 'n groot krisis.

Rustige dag op die Sondag, en ai Vroulief moet al weer hard leer, daar is al weer 'n toets op hande!

groeni said...

lo da almal... jippeee, di snt koue is verby! wat n heerlike dag wassitni. stap va-oggnd inni kerk in mit 5 snoete.. lief kom sit, en tel, 1,2,..5. da's een missing!(sy't by ouma oorgbly)..anti voor my, ruk om en vra "joune?", nah se ek, ni almal ni, 'sjoe, ek wou se dit kos guts'..gwoont aant baie snoete, na 3 makit ni mee saki. tel net koppe..

Unknown said...

Dankie vir die dankie maar niks te danke ... dit was my koebaai vir Miekers.

Anonymous said...

Uiteindelik!! Liefkind is nou in die bed nadat sy eers vanaand 8-uur terug gekom het van haar plaasnaweek! Dit was verseker die eensaamste naweek van my lewe!! Met dié dat ek nou uitpak en mooimaak het ek soooo nodig gehad om dit met haar te deel, maar haar opgewondenheid oor alles wat ek vermag het, het darem bietjie opgemaak... Uncle Mac, ek weet dis jou koebaai, maar jy het dit so mooi gesê dat ek heeltyd knik en amen daarop. Selfs Vlakkies wat aan sy eie woorde begin twyfel het, het my 'n knop in die keel gegee. Julle is twee dierbare skatte! Vroulief, ek is opgewonde saam met jou oor die trauma-ontladingskursus! Dis jou kos daai!! Rooikoppie, hoe gaan dit nou met Hantie? Vertel maar hoe dinge daar gaan met julle en of die jongklomp veilig terug is uit die bos uit en of jy heeldag staan en kook het vir twee families. Ek dink so baie aan jou!! Kaasie, jy het my laat giggel oor jou sambreel wat so droog was. Kostelik!! Antjie, dit gaan nog baie goed met Droomseun - ek kyk mooi na hom! ;-)) Dit was so nice om weer van jou en Ondier en Makou te hoor... Groenie, hoe het dit gekom dat jy gemicrolight het en watse kompetisie het Saterdag plaasgevind?

BERGBOK!!!!! Mwhaaaa!!!

Patrysie, vir die laaste ses maande kraai Rooiveer en dan antwoord 'n ander haantjie in die omgewing op sy kraai, maar daai haantjie moet ouerig wees want sy gekraai is bietjie hees. Gisteroggend sit ek weer in die sonnetjie en lees toe Rooiveer aan die kraai gaan. Ek wonder skielik hoe dit lyk as hy kraai en ek sluip op die hok af. Nou wag ek vir Heeshaan om te kraai, maar niks gebeur nie. Na ek omtrent 'n halfuur gebukkend sit langs die muur, begin Rooiveer weer kraai en nou wil ek hoor watter een van my twee buurmanne het die Heeshaan en net daar strek Spikkels haar nekkie en kraai so hees. Ek skrik my lam. 'n Hennetjie wat kraai? Hoe lui die spreekwoord? 'n Meisie wat fluit word by die deur uitgesmyt en 'n hennetjie wat kraai, se nek word omgedraai? Ek bel my Pa, heeltemal verontwaardig en dié sê toe dat dit heel moontlik was dat hy twee haantjies gegee het want Spikkels was baie kleiner as Rooiveer. Wat 'n teleurstelling! G'n wonder daar's nie eiers nie en die lê-meel jaag die testosteroon so op in daai hok dat hulle daagliks cocky raak met mekaar!! En met my! Spikkels se vlerksleep was toe al die tyd kwaaigeit!!

Smousie, hoe gaan dit met Poplappie? Stuur al ons liefde, sal jy?

Cat (giggel), gaan dit goed met al ons katjies? En Moeder?

Vandag het ek afgekom op my kinderkransboek: "Laat ons skyn vir Jesus met 'n helder glans, skitter soos die sterre aan die hemeltrans. In die donker wêreld, skyn dan skyn. Jy in jou klein hoekie en ek in myn!" Nee wat, kom ons sit almal in dieselfde hoekie en wees bly dat ons mekaar het!!! Lief vir julle almal!! xxxxx