Monday, August 11, 2008

So na Vrouedag, mag almal 'n lekker week hê!

Ja, ok, daar's nie vanmore 'n prentjie nie, volgende keer weer!

68 comments:

Anonymous said...

More more al julle liewe maters. Ja, een goeie ding het uit Miekers se huis-toe gaan gekom- van ons maters wat al lank nie meer gereeld inloer nie het kom hallo sê! Bly asb, kuier nog 'n bietjie, al loer julle net nou en dan in. Dis so lekker om julle te sien - die lewe is te kort om nie gereeld te gesels nie. Lekker week vir almal! En as iemand kom gesels vertel ek julle van ons naweek avoture!

Anonymous said...

Goeiemôre almal, Mac en Dwergie op die kalender staan dis vandag jul huweliksherdenking, baie geluk en ek wens hierdie dag is mooi vir julle, en die toekoms ook. - Ek is hierdie week af en doen net vir wat ek lus is, en as ek nie lus is nie, doen ek niks.

Anonymous said...

HI dankie Kasie! Oompie en Dwergie- mag julle vele gelukkige jare saam deel. Baie vreugde en liefde vir julle.

Anonymous said...

Mac en Dwergie, die huffelste een is dit? Mag julle 'n mooi dag en mooi nuwe jaar saam hê.

Anonymous said...

Wel, naand almal ! Ekke gaan nou huis-toe! Toedels!

Anonymous said...

Katjie, jy hou die suigstokkie uit en toe 3 mense saamgesels is dit nie goed genoeg dat jy jou naweek met ons deel nie? Sies vir jou!!!

Vandag het Derek vir Liefkind per handbrief gevra om met hom uit te gaan. Haar antwoord? "My Ma sal dit nie toelaat nie want in die week mag ek nie uitgaan nie. Ek moet leer. Jammer!" En sy vra so ewe vir my of sy reg geantwoord het!!!! ;-))

Hoekom antwoord niemand van julle op die vrae wat ek julle vra nie? Want as julle nie antwoord nie, gaan ek nie weer vra nie omdat ek diep seergemaak voel en dan gaan julle net stiltes van my af kry oor stilbly ook 'n antwoord is want dis die straf wat julle verdien om my so te ignoreer!!! ;-))

My riller-dag is verby. Hoe het dit vandag met julle gegaan? Kaasie, as ek jy is, sal ek stilbly... Of miskien sal dit nice wees om te hoor hoe 'n week se vakansie klink in jou woorde!!! Vertel alles van die niksdoen wat jy vandag gedoen het!!!

Anonymous said...

PS: Dit staan nie vir Psalm nie...

En dis ook nie 'n agterna-gedagte nie!!

Baie geluk julle tweetjies!!!!!!!

Liefde, Jewls xxxxx

Anonymous said...

Ag Jeweeltjie, ek is maar net bietjie g@tvol vannie werk en het te veel vakansiedae opgespaar. Die niksdoen het net betrekking op die werk, afstand neem, en aandag bestee aan dinge wat ook belangrik is. Ek het vir ure langs die strand en deur die bosse gaan stap, was baie lekker. Vanmiddag gesien hoe die Kaasies vir SA met 5-0 pak gegee het in die Olimpiese Hokkiekompetisie, nadat die vrouens dit gister ook al gedoen het met 6-0. Skies. En so doen ek elke dag iets wat niks met die werk uit te waai het nie.

Anonymous said...

Trouens, ek het nog iets gedoen. Omdat die tariewe nou nog redelik is het ek 'n vliegkaartjie na SA gekoop. Vat nog bietjie tyd maar in Januarie is ek in Pretoria.

Anonymous said...

Dus is ons volgende woordplaaskuiertjie in Januarie? Jippieeeeee!!! Lekker rus, Kaasie!!

Anonymous said...

Môre Jeweeltjie

Anonymous said...

Goeiemore, dis Dinsdag...

Anonymous said...

Môre Petrysie. Dins....? O ja, jy's reg. Jeweeltjie, ek het gevergeet om te sê: Ons is lief vir jou ok.

Anonymous said...

More almal! More Jeweeltjie! Ag, ek het nie geantwoord op die vragie nie want ek wou nie weer vertel dat die mannekis siek is nie. Leon het Vrydag weer by die dokter gedraai en ek sal vir Christain weer moet vat ook. Ai. En vanmiddag is weer Leon se physio en ek voel ek kry nie genoeg met die manneki geoefen nie. Ok, daar het ek nou klaar gekla - dis 'n pragtige laatwintersdag. Liefde en lig vir almal.

Anonymous said...

Hop...Hop...Kardoef...eina!!!! genade...nou nie bedoel om met so harde slag by die deur in te val nie...skies...nou is almal sommer wakker...ja,uitgevang...hier is n' klomp wat net sit en ginnegaap...en da praat ek nie eens van die rooflesers nie...kom,dis nou hoog tyd dat ons weer n' hond uit n' bos gesels,dit help niks om in n' grot te sit,die sonnige dae roep ons,kom ons wees vrolik...en dankbaar vir die voorreg....Hantie kom vandag huis
toe...en dan gaan ons die paadjie van herstel begin loop...en elke dag gaan n' uitdaging wees...en as die chemio eers begin...gaan ek sterk moet wees om my maaikie op te beur en te help...so maters hierdie plaas beter voortbestaan...en ons moet daar wees om mekaar te ondersteun....Kiets,dis nie kla...dis waarvoor vriende daar is ...om te luister...en jy wat weet daar is iemand vir jou...al kan ons net sê sterkte...want net as dit voel of jy gestroop is van al jou kragte...gee iemand jou n' hupstootjie met n' bemoedigende woordjie...Jewlsie...Liefkind is te kostelik...ek kan daardie onskuldige gesiggie sien...en daardie stoute glimlaggie...Kasie...nou ja....geniet daardie rustydjie van jou...en jy kom SA toe....mmmmmm....hier kom n' ding....☺☺☺....Vlakkies...ons wil ' lekker storie hoor as Kasie kom kuier...hierdie keer gaan jy en Vroulief saamkuier...Spikkels....hou op droom!!!...kyk nou daardie onskuldige soet glimlaggie...ai,die liefde darem...☺☺☺...mooi dag vir elkeen...en onthou die glimlag!!!!....xxxx

Anonymous said...

Jewlsie, wat het jy gevra? Voel dit my nou ek mis iets... Vra maar weer dan sal ek kyk of ek die antwoord ken.

Anonymous said...

Kiets, sterkte met die mannetjies, dis so moeilik as jou kinners nie heeltemal gesond is nie. Maar eendag as hulle groot is gaan hulle vir jou sê Dankie Ma! En dan weet jy die liefde kom van twee kante. - Robyntjie, wees nou versigtig met by die deur inval. Het jy dan al klaar vergeet van die crashlanding innie winkel? Netnou is jy weer by die dokters wat net wil fodies neem van jy rug.

Anonymous said...

Ek sê mos; die plaas is 'n heel bedeesde plek deesdae! Dis die plek om te kuier net voor Vroulief WEER gaan toets skryf... as die uitslae almal soos gister s'n is, kan dit maar kom!! Maar helaas, dit werk nie altyd so uit nie!!

Ai Kieter, as die winter ook nou net 'n slag wil verby kom, dan sal dit met jou mannetjies sommer baie beter gaan. Ek hoop nie dis te ernstig nie!
Kasie, dit sal tog te lekker wees om jou ook te ontmoet..
Robyn, en jou vriendin?
Jewlsie ek hoop die res van jou week is kalm sonder donderwolke en krisisse.. Net 'n besadigde week, besig genoeg om jou nie mal te maak nie, met baie lag en bly-wees... en eintlik wens ek dit vir elke plaas maat toe.
Dink aan my wanneer ek vanaand toets skryf

Anonymous said...

Sterkte vir die toets Vroulief! En robyntjie, vir jou en Hantie ook - sê haar sy is op die gebedelysie. Dankie almal vir die woorde en ondersteuning. Die physio meen darem dat die manneki vordering gemaak het.

Anonymous said...

Middag, Vlakkies!!! ;-))

Anonymous said...

Nee man, Spikkels, het 'n goeie begryper nie 'n halwe woord nodig nie? Ek was oortuig jy gaan vir my lag oor ek, as plaasmeisie, nie die verskil tussen 'n hoenderhaan en 'n hoenderhen ken nie!! Maar ek gaan Donderdag vir jou 'n foto neem van die twee en dan kan jy maar self oordeel!! ;-)) Okey, ek mis jou mooi droomstories ook...

Vroulief, sterkte!!!! In my beroep is daar niks soos 'besadig', 'lag' en 'blywees' nie, maar baie dankie vir jou mooi wense! Ek mis elke dag opnuut hoe ons gewerk het in die ou dae, met mense wat opgelei was, kennis en begrip gehad het vir die groter prentjie rondom verpleging en nie net vir 'n salaris gewerk het nie. Sies vir my! Lekker suurg@atjie vanaand, né? Mens moet maar net leer aanpas!! Ek sê juis anderdag vir 'n 'careworker': "As jy enigsins stadiger stap, gaan jy heeltemal tot stilstand kom!!" Oe la laaa, ek was nie baie gewild daarna nie!!! ;-))

Katjie, watse nonsens is dit dat jy enige nuus, goed of sleg, van ons weerhou? Dis nie mooi nie!! As die Ramkatjies ter sprake is, wil ons alles weet!! Hoe gaan dit nou met hulle? En Kleinkatjie? Jy het lanklaas ietsie van haar vertel? Op daai ouderdom sê hulle mos kostelike goedjies!!

Shame, toe ek skryf van Liefkind se Derek, het ek dadelik gewonder wat Miekie daarop sou antwoord oor Poplap se eerste boyfriend!! Sjoe, ek mis haar baie!!

Linda'tjie... dankie vir jou passie vir die lewe!! Dis sooooo aansteeklik en sal Hantie sommer laat hand-vat en dans saam met jou deur al haar behandelings - ek glo dat julle 'n gedigte span gaan wees!!! ♥♥♥ Liefde en lig is regtig die mees gepasde wens van ons almal af!!!

Kaasie, stuur foto's van jou niksdoen-dag!! Oe, as ek maar nou langs die see kon gaan stap het!!!

Patrysie, my vraag is: Hoe gaan dit regtig met julle almal, wat maak jou bly of hartseer, wat het hierdie dag vir jou ingehou en hoe goed was jy vir die dag?

Makou, ek mis jou!!!!!!

Anonymous said...

...gedugte? Simpel ekke!!! ;-))

groeni said...

lo da almal... die koeie loop di hele pad vol! jewlsi, di latte het greken dat as ek ga vlieg, ka hul reel dat ek ni n valskerm kry en dat da ni petrol issi en da.. nou ja... :) ma, ek het net my oe toegmaak en net een keer fk gese.. verder gdraai, geduik en als gedoen met di babi airie..nice, ma ni we ni, danki..rooies, bring jou beker - ons plof vanaand

Anonymous said...

Gooeie More al die plaasmaats!! Ek het so lekker geslaap, ek sien vanoggend weer kans vir baie dinge. Die toets.. mm, dis gelukkig nou verby - tot die volgende keer! Kan nie wag dat ek hierdie simpele vak uit my lewe kan kry nie.
Jewlsie, dis oor die dosent, ek het ook gewaag om iets te sê, nou's ek ook nie so baie gewild nie! Maar dis die lewe, en akademici moet ook maar leer dat nie alle mense met mekaar saamstem nie, en ja die nuwe SA se mense glo maklik dat hulle opinie die AL opinie is! Maar ek het my toets in Afrikaans geskryf, sodat 'n gebalanseerde nasiener dit kan merk.

Wat ek nog nie op die plaas vertel het nie is dat ek nou uiteindelik in September die trauma kursus doen!! Ek is so, sooo opgewonde! Dat mens nou so opgewonde kan wees oor trauma! In dieselfde asem is ek ook maar erg bewerig, want mens gaan NOOIT liggies oor ander se trauma nie! Ek hoop dat my eie ervaring my toerus om 'n verskil te maak wanneer ek die nodige akademiese kennis ook opdoen!

Nou moet Vroulief aan die werk spring voor ek klas toe gaan. Die Vlaktekind-slawedrywer het sy sweep geklap - doer ver...

Wonderlike dag vir almal

Anonymous said...

Goeiemore... Sterkte Vroulief! Gaan jou sommer nou vertel dat ek volgende jaar inskryf vir sielkunde... ;-) Sodra ek my tans-studeer-aan-graad kry skryf ek in vir die volgende ene... en dan droom ek voort dat ek dalk eendag die voorreg sal hê om nie te hoèf te werk nie omdat my man na my sal kyk, kan aangaan met musiek en my BMus doen en dan eendag musiekterapeut kan wees...

Ek sien Jewlsie, ek sien...

Nou goed dan: dit gaan goed met my. My dae lewer nie veel meer op as die gewone werk nie, Gentleman (hy is 'n ingenieur) is tans in Swaziland waar hy werk aan 'n projek by die Sappi-aanleg naby Manzini, en ons praat darem saans per telefoon en verlang so bietjie baie. My fokus van die afgelope vyf/ses maande is steeds waar dit die afgelope vyf/ses maande was, by hom en ons verhouding. En dis 'n goeie ding want sy ma & pa hou al hoe meer van my... ;-)

Met my eie malief en palief gaan dit ook goed, ek gaan die naweek vir 'n volle naweek huistoe en kan nie meer wag nie!! Gaan hulle elkeen 'n stywe stywe druk en lekker klapsoen gee!!

En dit is my lewe in kort... niks aardskuddend interessant nie, net stabiel en lekker en rustig en ongekompliseerd, soos ek daarvan hou...

Hmmm, was dit die regte antwoord Jewlsie? ;-)

Anonymous said...

Hi maters...vandag gaan dit weer erg dol hier...die dag is byna verby...en ek kom nou eers hier aan...ek is soooo bly om te sien julle klets so lekker...dis mos hoe dit moet wees...gesellig...Hantie is by die huis....sal so volgende week seker met haar chemio begin...Jewlsie...sy gaan dit daar by LCOM kry....sy sê ek moet dankie sê vir jul ondersteuning en bemoediging....sy waardeer dit opreg...Jewlsie ek het so lekker gelag oor jou hoendereskapades....genade wat n' woord...die Rooiveer het hom seker bloedrooi geskaam vir jou wat so aanhou en aanhou dat Henetjie Pen nie wil eiers lê...shame arme ou Rooiveer is seker erg in sy eer gekrenk....jy sal moet regmaak!!!...Vroulief....jy het soveel moed en deursettings vermoee...wel gedaan....Kasie...wat het jy nou vandag aangevang....jy moet net nie verdwaal....Spikkels...daardie rustigheid na die storm van liefde is die lekkerste lekker....geniet dit.....Groenie...ek dink ek het n' dubbel ploffie nodig vannaand...nee...moet nou nie grootoog trek...ek sal my gedra...ek wil net so klein bietjie ontspan en vergeet van verantwoordelikhede....mooi aand vir elkeen...en snoesig slapies....xxx

cat said...

Ai, nou laat ek nou maar ok vir Jeweeltjie antwoord. Gaan maar baie dol, maar goed met ons. Die naweek,tussen 'n kinderpartytjie en bome afsaag en 'n familiebyeenkoms, het 4 besoeke aan 2 apteke ingehou. En Sedert Vrydag was twee kinders by 2 pediaters met 2 verskillende kwale. En Leon was by die physio (hy vorder goed), en ek moes Annecke maandag by die skool gaan haal het in etenstyd, so dit voel of ek meer kinders rondry as werk. Het nog elke dag die week g'n etenstyd gesien nie en kinders iewers heen gekarwy. So ja, "happy times" soos die Ingelse sê, maar ek is steeds mal oor my pragtige kinders.

Kleinkatjie begin nou herkenbare goed teken en nie meer skribbels nie en dis erg oulik vir haar ma. Christian kruip/seil lekker en Leontjie is so 'n klein "charmer" dis nie eers snaaks nie.

Anonymous said...

Katjie, ek is so bly dit gaan beter met die mannetjies!! Geniet 'seblief jou kinders, die tyd glip teen die spoed van lig onder mens deur, dan is hulle skielik groot - kyk maar net na Middelkind in my huis.. Al my kinders, maar Middelkind is hier onder die oge!! Nou het ek net 'n heel ander geniet van die knaap..

Spikkels, ek is so bly!! Dan het ek weer 'n studentemaat hier op die plaas. En glo my daar is beslis 'n plekkie vir musiekterapie... Daar is plek vir soveel verskillende terapiëe.. Want alle mense verskil, en die nood is so hoog!! Dalk werk ons nog eendag saam - wie weet!??

My lewe bestaan uit studeer, en dit was my eige keuse, dus moet die neus maar weer terug in die boek.. En ek wil so graag nie te laat gaan slaap nie..

Hoop almal slaap vannag goed. By my draai die temperature elke nag so om 1 graad, terwyl die res al heelwat beter temperature het.. Mooi bly almal, jy ook Kasie!

Anonymous said...

Kiets, bly om te hoor dat dit beter gaan met die kinners. - Spikkels, jy wat nie kan wag nie om jou ma en pa 'n drukkie te gee hierdie naweek. My Bernice sê dit vir my ook, al sal dit eers oor 'n lang tyd gebeur, maar weet jy hoe voel dit as jou kind dit sê, hoe groot hulle ook mag wees, 'n wonderlike vooruitsig! - Robyntjie, jy en Hantie wat al 25 jaar vriendinne is, nou kom die tyd om agter te kom hoekom. Ek dink Hantie is gelukkig om te weet daar's 'n Robyntjie-Linda in haar lewe. - Vroulief, sterkte met jou studies, ek het baie respek vir jou. - Die Hollandse weer het my vandag by die huis gehou, en toe gaan ek deur honderde ou fotoos, meeste van my kinders toe hulle nog baie klein was. Kannie glo Bernice is al amper 28, en "klein" Karen 25. Dit bly 'n wonderwerk, en ek bly ook maar net mal oor hulle. Net soos jy Kiets, en seker almal wat kinners het.

Anonymous said...

Môre, maaitjies! Julle praat so lekker oor kinders en musiek en studies. Anderdag het 'n huis so twee blokke van my af in 'n sinkgat ingeval en toe raak ek paniekerig dat as die sinkgat nou groter word en dit bedreig my beskeie ou woningtjie, wat vat ek saam in my motor... Natuurlik het die sentimentele ekke gewen en toe laai ek sommer so in gedagte al Liefkind se memory-boeke wat ek elke jaar nog vir haar gemaak het en ook vier bokse prentjies en briefies van haar in my motor in. En my handsak!! En my rekenaar!! ;-))

Spikkels, jou toekomsvooruitsigte ten opsigte van jou studies klink belowend, want glo my, elke Ma glo dat haar pasgeborene tot ongekende musiek-ervarings instaat is! Op 2 begin mens al met musiewaardering en kindermuziek en later klavierlesse en as dit lyk asof die arme dingetjie nie eers ritme het nie, blameer jy haar ouderdom daarvoor! 'n Jaar later sê iemand sy sing lekker vals, maar ek skop vas en sê sy sing van nature tweede stem!! Glo my, jy gaan baie geld maak!!! Ja, jy het reg geantwoord - ek wil ALLES weet!! ;-))

Anonymous said...

Môre, al die maters...☺☺☺...vandag gaan ek dit n' gatskop dag maak...niemand gaan my bubble bars...so,die son skyn, die voeltjies sing vrolik....n' paar miere loop op my lessenaar...shame, ek kan hulle nie verjaag...dis dan my geselskap...en teen die een muur sit n' klein swart spinnekoppie my met groot ogies en dophou....so,ja...nou het die miere n' paar krummeltjies vir die dag...en ek moet ywerig my werk doen...mag julle n' heerlike sonnige dag beleef...en laat die warmte van liefde deur julle vloei....ennnnn....onthou die glimlag...maak iemand se dag spesiaal....dis nie altyd nodig om geld te hê onm iemand te bederf....xxxx

Anonymous said...

Môre Rooikoppie! Jy kan maar vir Hantie sê dat ons onkologie-afdeling een van die heel bestes is. Julle sal ook vir Sr. Stefnie, ons oudste en liefste Non daar raakloop. Sy groet elke dag al die pasiënte en dokters en personeel persoonlik. Een oggend was Dr. Daan weer besonder moody en toe Sr. Stefnie met haar Ierse aksent groet: "Good morning, everybody. Are you all well?", trek Daan weg met sy woede oor ou instrumentasie en toe hy klaar is, sê Sr. Stefnie: "Have a nice day, everybody, God bless." Ek het lekker gegiggel dat sy hom so mooi oor die vingers getik het!! Stuur baie groete vir Hantie en laat weet my wanneer sy by die hospitaal is - dalk kan ek gou uitglip en vir haar 'n drukkie gaan gee... 'n Mooi sonskyndag vir jou ook, Vriendin!!! xxxxx

cat said...

More julle almal! Oi maters, ons is maar vaal en moeg. Christian het middeloorontsteking en Leon 'n krapperigheid in die longe en die manne slaap maar sleg. En dan gaan staan ons alarm en afgaan teen 5 uur en sussie skrik haar lam, en dit was dan ook die einde van slaap vir die nag. Maar ek weet julle almal dink aan my en dit SAL WEER BETER GAAN! Ai, hoe mis ek nou vir Mieks.

Anonymous said...

Ag, liewe Katjie, ek wens ek kon iets meer vir jou doen behalwe om woorddrukkies te gee! Ek hoop jy en Ramkat kry vanaand 'n goeie nag se rus in!!!

Vroulief, dankie vir jou sms vanoggend wat ek nou eers gekry het. Toe ek 'n oproep wil maak, lees ek: "No more space for new messages." En soos ek boodskappe uitvee, kom die nuwes in... My glimlag is weer terug op sy plek, dankie! Party dae is mos net erger as ander dae! Nou gaan ek my dagboek vat en my kosbare boodskappe neerskryf van my selfoon af sodat dit nie verlore kan gaan nie. Nog iets wat ek moet inpak as die aarde begin bewe!! ;-))

Anonymous said...

Hallo almal!! Hier waar ek bly wil die winter maar net nie skuif nie. Ek het 'n groot deel van die dag so koud gekry dat ek net op 'n bondeltjie wou sit!
Jewls, ek is so bly jy glimlag weer! Ek wonder al heeltyd waar daai huise insak, maar ek het ook maar nog nie tyd gehad om regtig daaraan aandag te gee nie. Dit krap ook weer ou herinneringe oop.. Die Vrydag net voor my kosbare ou Pa oorlede is, het ek vir hom gaan kuier in die hospitaal - met die Rekord onder die arm, om vir hom die sinkgat van Valhalla te gaan wys. Sien, ons het in Carltonville gewoon in die tyd toe sinkgate groot opslae daar gemaak het. Ek en my pa het die heerlikste interessante gesprek gehad - oor sinkgate, oor geologie.. Hy was 'n ongelooflike mens-mens. Ek mis hom so baie, veral noudat ek uiteindelik wel deur 'n rouproses gaan - baie later as wat dit moet wees, en dus eintlik meestal alleen.

Vanaand gaan ek so effens afvat, ek moet more voor 10:00 by die Hooggeregshof wees, en ek weet nie presies hoekom nie.. Al wat ek wel weet, is dat dit more die laaste van Vroulief se drama met die ernstige motorongeluk van 2002 is! Mag niemand wat ek ken, en wat na aan my is, ooit so 'n ervaring hê nie!

Kieter, ek hoop saam met al die ander dat julle vannag goed slaap, en dat dit die inleiding is tot 'n lieflike naweek

Sien julle maters, dis more al weer Vrydag!! Dankie tog vir Vrydae!!

Anonymous said...

Vroulief, jy vat my ook deur baie emosies met jou briefie - sies vir jou!! ;-)) Carltonville. Fred Schnettler? Vee-arts? Sy vrou se naam was Linda. Weet jy van wie ek nou praat?

Sinkgate. Ek het die Rekord uit die posbus gaan haal, gesien 'daai' huis is op die voorblad en toe vou ek die voorblad toe en gaan sit daarop. Ek sit steeds daarop voor my rekenaar want ek is te bang om te lees wat die geleerdes van sinkgate sê. Miskien kan Antjie my kom help om oor hierdie skrik te kom want dis hoeka amper volmaan - jitte, dit ook nog!!!!

En dis môre Vrydag. DIT SAL WEER BETER GAAN!!!

Môre-aand tree Bryan Finsh op. 'n Maand gelede het ek en Rooikoppie beplan om almal daarheen saam te sleep maar voor ons reëlings kon tref, was ons so gedompel in ontnugtering en hartseer dat ons skoon vergeet het.

You can close your eyes to reality but not to memories...

En jy's nooit alleen nie, hoor? xxxxx

Anonymous said...

Jewlsie, sies vir JOU!! Ek is vanaand dowwer as dof. Ek weet regtig nie waaroor ek raaskry nie! Nee jong, ek weet nie van daai mense van Carletonville nie, ek was nog baie klein toe my ouers daarvandaan weg is. My pa en ma was verpleegkundiges, Pa het net by die Les Williams Hospitaal gewerk, waar al die mywerkers behandel is.. Selfs dit kan ek net baie vaag onthou..
Maar Vroulief moet liewer gaan slaap, voor ek nog boe-boe's aanjaag van te moeg wees!!

Almal moet sommer baie lekker slaap!!
Oja, Jewls jou hoenners is te pragtig! Ek het vrede met haantjies en henne, hulle is so, sooo mooi! Toe, soet-slaap almal, veral die katjie-familie

Anonymous said...

Nou kry EK sommer raas!!! ;-)) Vroulief, lekker slaap en sterkte vir jou hofdag môre. Wat 'n beslommernis in hierdie koue met soveel ander lekker dinge om te doen!!

Ons moet gaan ontbyt eet want ek wil baie graag van jou Pa hoor en jy moet van tannie Linda hoor!! Liefkind gaan weer plaas toe hierdie naweek. Bel my asb!!

Kaasie, ek wonder al heeldag wat jy doen gedurende jou vakansie. Reën dit nogsteeds? Rus jy lekker?

Vlakkies, Uncle Mac?

Anonymous said...

DIS VRYDAG!!! Veertjie bel my netnou en vra of Liefkind regtig skool toe moet gaan vandag. Natuurlik moet sy - skool is belangrik!! Maar toe dink ek weer. "If tomorrow never comes..." Ons drietjies gaan nou winkels toe, ontbyt eet, fliek, bederfgoedjies koop, foto's van mekaar neem, sommer net 'celebrate' dat ons mekaar nog het!!!

Mag jou dag ook propvol liefde en omgee wees!!!

Spikkels, mooiry, hoor?

Anonymous said...

My niksdoenweek is amper verby, die son skyn en dis mark vandag in die dorp. Ek gaan rondloop en met my klein skelmkamera fodies neem, koffie drink met vriende, nonsens praat en lag vir die kaasies wat probeer om so veel as moontlik te koop vir so min as moontlik tjelt, die nasionale stokperdjie. - Kiets, gaan dit al beter met die kleingoed en het julle darem rus gekry? - Vroulief sterkte, hofgeboue is nie lekker nie, maar na vandag is dit gelukkig verby. - Vlakkies, gaan dit goed daar by jou? Jy is so stil die laaste dae. - Jeweeltjie geniet jul stoutweesdaggie. - Lekker Vrydag en naweek vir almal.

Anonymous said...

MOre more almal! Sjoe, maar dis 'n pragtige more. Mens kan sommer voel die lente is in die lug. Ja, ek weet daar kom nog groot koue, maar darem. Geniet die lekker sonskyn dag!

Anonymous said...

Sterkte Vorulief met die hofdinge - dis nooit lekker nie. En Jeweeltjie, as jy en Vroulief nou geselskap wil hê oor ontbyt en die ramkatjies wil sien, kan ons so plan maak - as ekke nou myselwers mag nooi.

Anonymous said...

Kasie en jeweeltjie, ek is nog hier. Net baie besig. Ons beginne nou implementeer na maande se wag, eers virrie geld om deer te kom, en toe virrie voorbereidings om klaar te kom. Nou werk ek hard en dis lekker. Sommer so op ons Sondag ok. Vertel later meer.

Anonymous said...

Môre-Môre al die vrolike maters....laat my dink aan n' klomp voeltjies op die telefoondraad...opgewonde oor die mooi dag...dis hoe dit moet wees....Jewlsie...Brian Finch gaan ons uitstel hierdie keer... ek is baie teleurgesteld...maar ons sal weer n' plan maak as almal gesond en wel is,geniet julle uitstappie,dis hoe dit gedoen moet word,....Vroulief sterkte vir die hof dinge...hulle kan mos so tydsaam wees..hoop jy het jou piekniek mandjie saamgevat☺☺☺ Kasie,ons wil daardie fodies sien...geniet jou rustige sorgvrye dag....Kiets, plaas bietjie weer fodies van die kiddies....Vlakkies...genade...bly om jou weer raak te lees...mag elkeen n' heerlike sonskyn...shop till you drop....en net gesellig saam met vriende wees dag beleef....xxxx

Anonymous said...

Ai Rooikappetjie, ek probeer nou al 'n week weer fototjies op bakkiesboek laai, maar dit wil nie werk nie!

Anonymous said...

Oe la laaaaa!! If tomorrow never comes - no regrets!! Liefkind is nou oppad plaas toe, haar ogies is getoets, foto's is geneem, Veertjie het vir haar 'n splinternuwe bybel met dratassie gekoop, ek het die bederfgoedjies betaal wat amper-12-jariges nie sonder kan klaarkom nie soos lipgloss, beachies, kettingtjie, siedie, lugtyd, DRIE boeke en geskenkies vir almal op die plaas!

Rooikoppie, daai kwetterende voëltjies oppie draad klink werklik gesellig! Prop vir Hantie in jou trok en ry môre na Irene se melkplaas toe. Ek is die een wat, om 11h00, met die rooi baadjie agter Dana se storie gaan wegkruip in die Beeld. Kom verras my!! Ek het nogals twee stories om julle te vertel wat ons vandag beleef het wat my die giggels gegee het - nee, drie!! En jippieeee, ek gaan uiteindelik ons Ramkatjies druk en soen!!!

Kaasie, ek wag vir jou foto's! In Engeland was ek eenkeer op 'n 'bootsale' en die volgende dag op 'n mark. Sjoe, dis amper soos kerkbazaar (Spikkels!!!!) Ons vlooimarkte hier in SA kannie kers vashou nie!

Vroulief, is alles nou afgehandel? En hoekom het Vlakkies jou so rondgestuur die ander dag? Het Meisienooi toe reggekom met haar dokumente?

Vlakkies, ek het die kussings uitgestrooi op die stoep, die windpomp loop, die diere is versorg - nou vir jou storie!!!

Makou, ag, sies vir jou! Vlieg hooooooooog! ;-))

Anonymous said...

Lekker Jeweeltjie, sine jou daar! Ek sal of 12 uur moet waai of anders vir kleinkatjie by pappa los - sy het swem so half 1, maar ons sal iets uitwerk. Toedels tot more.

Anonymous said...

Lekker Jeweeltjie, sine jou daar! Ek sal of 12 uur moet waai of anders vir kleinkatjie by pappa los - sy het swem so half 1, maar ons sal iets uitwerk. Toedels tot more.

Anonymous said...

Nee o vrek. Ek het so pas rugby afgesweer.

Anonymous said...

Nee o vrek. Ek het so pas rugby afgesweer.

Anonymous said...

Sug. Dit was nou 'n kfr-pak daai!! ;-)) Ten minste het ek 'n wonderlike tyd saam met die katgesinnetjie en Vroulief gehad. En Mirrelkind!!! Kleinkatjie lê seker nou kwylbêkkie en slaap. Kyk, as ek nou myself kon inskuif agter daai ou sagte lyfie, sou ek haar rooilipstick-soentjies gegee het tot sy giggel!!! En dan sou ons weer gedans het en jellievisse gejag het!!! Ek mis vir Liefkind!!!

Anonymous said...

Middag, Vlakkies!! Ek sê ook maar niks nie... Vertel my eerder van die werk wat jy tans doen! Die windpomp loop, diere is... jy ken die storie! Moet ek nou op my kniekoppies gaan om jou te smeek om vir ons jou storie te vertel? ;-))

Anonymous said...

Kom ons gaan ondersteun jukskei, daars tog nie 'n ander nasie wat dit speel nie. Is ons altyd champs.

Anonymous said...

Of kennetjie. Of bokdrolspoeg, of bok-bok ... nee, daar's 'n bok in daai laaste twee. Netnou verloor ons daar ok teen onsself. Niks wat mit bokke te doen hettie.

Anonymous said...

Ek weet nou nie of slaap as 'n sport kan deurgaan nie, maar ek gaan nou inkruip oor ek heelaand salfies gesmeer en pleistertjies geplak het... En soos 'n apie het ek in die middel van die nag my Ford Nox verlaat om die maansverduistering te sien en al wat ek sien is 'n volmaan!! Wat 'n teleurstelling!!! Ou Rooiveer en Heeshaan kraai aanmekaar oor die dag wat so mooi breek. Mmmmm. Netnou breek hierdie moeg-mammie 'n nekkie!!!! My Pa sou sê hierdie is 'n trietsige dag - "Is julle warm aangetrek?"

Anonymous said...

Pa was nooit bekommerd of oor ons warm aangetrek wassie. Ek dink hy het nou so gerekent: Ek het mos vir julle warm klere gekoop. As julle dit nie dra nie, dan's dit julle se eie skuld as julle koud kry. Ma wou altyd innie laerskool dae weet as ons vannie koshys af hystoe kom of ons onse frokkies dra by die koshys. Ek het nooit vir haar gevertel lat onsie onse frokkies dra by die koshysie. Want dis net meisies en oumense wat frokkies dra. Toe kom Ma eenslag by die koshys in onse kamers yt en beginne grawe in onse kaste. Vir wat kan ek nou nie meer ondou nie. Toe's sy baie ontsteld toe sy my frokkies opgebonnel innie verste donkerste hoekie van my kas kry. Sko' in trane oorlat onsie eers onse frokkies dra nie. Ek dink dit was vir Ma bitter moeilik lat ons so vroeg al moes koshys toe. Veral oorlat sy en haar tweelingsussie al hier by 10 rond sonner 'n ma was. Oorle ouma Katriena is daai tyd oorlede aan borskanker. Toe moes Ma en tannie Dalene eers by 'n niggie van oorle ouma Katrina gat loop bly om laerskool klaar te maak innie plaasskooltjie oppie tannie se man se plaas. En vakansies is hulle na Ma se ousus, oorle ta' Marie toe wat onnerwyser was daar rond. Vir Hoërskool het Ma en tannie Dalene innie "armkoshys" op Uniondale gat loop bly. Die armkoshys is dese dae die ouetehys innie hoofstraat van Uniondale.

Anonymous said...

Vlakkies, nou herinner jy my weer aan die grootste pak slae van my lewe. My gatjie brand nou nog as ek net daaraan dink!! My Pa het 'n 'cattle-grit' in gedagte gehad en net toe die gat klaar gegrawe is, toe sak die reën uit vir veertig dae en veertig nagte. Al wat ek sien, is hoe die 'swemgat' al voller en voller word en elke middag plas ek en my sussie té lekker. Wanneer dit tyd word vir my ouers om huistoe te kom, trek ons, ons modderbesmeerde wessies en panties uit, gooi dit in die pophuis se kas en wag ewe sedig vir my ouers om van die werk af te kom. Natuurlik mag ons nie naby daai gat gegaan het nie!! Na 'n paar dae kry my Ma egter snuf in die neus want ons onderklere raak onverklaarbaar weg. Toe tackle sy die pophuis en ons sondes kom op die lappe...

Wat maak julle almal op hierdie bewolke Sondagmiddag? Liefkind is oppad terug van die plaas af. Jippieeeee!! Oor drie ure is my lewe weer volmaak!!!

Unknown said...

hirri groetery gaan langer aanhou as wat mens reken - daai gedraai met "bringjoumusieksaam" paarti het nou ook op 'n bôl uitgeloop.
Ek en Dwergi trek [verrrr weg ... dourrr bo in Afrika [Westekant] vir 'n jaar of drie.
AS 'k daar ge koenek kan kom, sal 'k inloer, sal maar sien ... dinge sal maar op sju-strieng baadjit wees. En Lagos is 'n duur dorp.
So - vir 'n oor-en-weer is daa nounie kans nie - vat maar die groet so oppi skrywe en mooiloop ammal van jelle.
Soetwees as jy wil, as jy kan en ... weet'ie wat om verder te sê nie, so sê 'k maar net koebaai. Koebaai ammal van jelle. Ieder en elk.

Anonymous said...

Mac en Dwergie, as julle nog weer 'n slag 'n draai kom maak voorlat julle oppie vliemasien klim, sterkte. Moet nou nie lat ons te lank wag voorlat ons van julle hoorie. Smaak my ek sal nou nog drie jaar moet wag vir daai snoek of waterblommetjiebredie. As jy vir my 'n vonkpos adres kan laat kry, kan ons dam nog op die manier ok verbinding hou.

Smousie said...

Mac God se seën vir jou en Dwergie met die groot uitdaging wat vir jul voorlê.

Smousie said...

....en 'n verdere 2 jaar vir daai boekie smaak dit my Vlakkies.

Anonymous said...

Smousie?

Anonymous said...

Tik my om met 'n veertjie!!!!

Ekskuus, ek is nou k-verstom...

Sterkte Uncle Mac! Ek weet jy en Dwergie gaan 'n sukses maak waar die Here julle ookal op die aarde plaas! Tog gaan ek julle baie mis!!!!

Is daar geen kans dat ons mekaar gou kan sien voor julle vertrek nie?

Smousie said...

Weeltjie ek sal vir Veertjie bel om jou te gaan tik as jy dan so graag veergetik wil word, anners tik ek jou sommer op my tikplank onnerstebo.

Anonymous said...

Mac en Dwergie, als van die beste daarbo. Pas julself mooi op.

Anonymous said...

Dag Smous, lekker om jou weer te sien. En baie dankie. Nou nie virrie twee jaar virrie boekie nie. Jy sal weet waarvoor. En baie sterkte.

Anonymous said...

Dag Smous, lekker om jou weer te sien. En baie dankie. Nou nie virrie twee jaar virrie boekie nie. Jy sal weet waarvoor. En baie sterkte.

Anonymous said...

Sien hoe verbaas - of is dit verras - is ek om Smous te sien, ek praat sommer twee keer.