Monday, September 1, 2008

Dis heerlike lente


Pragtige bloeisels vir die begin van die seisoen van vreugde.

77 comments:

Anonymous said...

Middag almal! En jammer dat ek julle so afgeskeep het. Net baie besig hierso. Liefde en lig vir almal!

Anonymous said...

Dis vandag 'n maand sedert Miekie ons gegroet het. Poplap het nogal gesê dat haar Mams geweet het hoe om dinge deurmekaar te krap. Kom ons dra hierdie lentedag aan Miekie op en onthou oomblikke of indrukke van haar. Vir my was dit so kostelik as sy so vies word vir die buuromie wat haar so afloer as sy wa-wiele doen, onthou julle? Sjoe, dit was nou 'n girlkie wat met passie geleef het en mense altyd wou verras met persentjies! Rooikop en Katjie sal weet want hulle was op ons eerste Blog-kuier waar Miekie vir al die vrouens Gerbera's en 'n tydskrif gegee het en die mans het biltong gekry! En Dana 'n donkie!! En daai mooi foto's van haar op die piekniekkombers het soveel lewensvreugde uitgestraal! En sy en haar Yster wat die vlaktes invaar!! En Napoleon. Ek het vir Miekie geniet omdat sy so vrymoedig haar lewe en omgee met ons gedeel het en altyd so trots was as Poplappie presteer het! Miekie, hierdie lentedag is vir jou!!! Jy sal altyd die Roos van Bloemfontein wees en die bloeisel wat nou bot in die Hemelse tuin!! Ek mis jou baie!! Liefde, Jewlsie. xxxxx

Unknown said...

ek loer in, kom agter ek's te verrrrr agter om in te haal, lees so hier-en-daar 'n sin of twee. Sit 'k ook v'dag en ouuuuu i-muyle afskraap. Kom 'k ook op Miekers se myle af oor die klere vir Botswana. Sluk, sluk ik so anni knop in my kjeel. en toe druk 'k maar daai 'del' knoppi. Want daai water sallie weer die meulwiel draai nie. Dwerrrgie het so 'n kamera dingetjie gekoop wat 'k nou oppi pizzi moet staa'maak, en da moet 'k leer skaaip. Solat ons darm daar uit Laag'os met bekendes kan praat. Assi verlang en 'home siek' te veel raak. Kan 'k my stewig verseker indink van ammal wat in anner lanne bly en daar verrr sit 'n 'huis' toe verlang. Kasie, Vlaktes en wie weet wie nog.
Maria het ook v'dag moes kennis kry - die jop is klaar, soek anner werk, ons trek verrr weg. Na 15 jaar se getroue diens, was daai ene nie maklik nie. Nog knoppe wat gesluk moet word.
Ja-nee, vanaand is een van daai "moeniealleenwees" aande. 'K lus sommer en vat liewe getroue betroubare ou Brutus en ry Boesmanland toe en gaan eet Hengries se dadels en slaap op Pella by Antie Beukes goed.
More, more skyn die son weer [maar nei inni Kaap in'ie, nei, waa' ?? Daa kommi Ooswind oor'ie Berg. Die reense kom aan, kom aan. En die branners slaan die kriewe yt die waterse yt.
So-ja, nou het 'k genoeg kwyt geraak om ammal te laat wonner oor my staat van soberheid. he-he-he :)

Anonymous said...

Hi Mac, goed om van jou te hoor, ook al is dit 'n dag dat dinge vir jou nie so lekker werk nie. Die dinge wat mens nie kan verander nie, of die tyd wat jy nie kan terugroep nie, en die mense wat weg is, en nooit terugkom nie, laat mens partykeer moedeloos voel. Ver is ver, afstand amper onoorbrugbaar, maar jy het die regte ding gesê, môre skyn die son weer, en die reën sal ook kom om ons te help. Selfde as dat daar mense is, ver weg, wat vir jou en Dwergie niks minder as die beste toewens. Sterkte!

Unknown said...

Kaasmaker .. slaap jy nooit 'ie? Jy moet daa' m te ruste kry ook, anners raak jy oud n leelik en stomp ... soos ikke. Maar dankie virri "koppi-op" .. My Dwerrrgie is trug bydie huis enni honne lê die kooi warm en Bella pik haar klokkie en 'k gaat ook nou kooi se kant toe staan. Die wat nog op is: Goeie nag. Die wat eers hier lees in di enuwe dag se lig: Guje morrrre !!!
Jeweelkjie .. het jy al ytgewerrrk hukkom Dwerrrgie haar goed onderteken as "rrr" ??? :)]

Anonymous said...

Nee, my liewe Uncle Mac, ek weet nogsteeds nie waarvoor rrr staan nie, maar ek kan net raai... ;-))

Anonymous said...

More more almal! En spesiaal vir die oompie! Wat gaan julle tweetjies nou dan in Lagos maak? En wat van die honne en die Brutus? MAar ek is seker die Man daarbo het groot planne met julle waar ookal julle is. Dankie Jeweeltjie vir die pragtige huldeblyk aan Mieks. Ou Kasie, hier is die lente weer terug na 'n dag of wat se kouerigheite. Moet nou vanmiddag die Bongi hond ok dokter toe vat - Moya was gisteraand daar - die spulletjie het kennilcough -voel my so half asof ek dit ok onderlede het. Help vitamien C daarvoor?

Anonymous said...

...want sy brrrei, my Liewe Uncle Mac, dis hoekom!!!! Is ek reg? Jippieeeee, ek HET dit, uiteindelik!!!!!!

Anonymous said...

Mole, mole, Katjie! Vit. C met heuning en suurlemoensap behoort die ding te doen. Natuurlik saam met 'n heilsame koppetjie rooibostee, né, nie brandewyn nie. Dit kan jy vanaand drink as jy nogsteeds olik voel! Sterkte ook vir die honnekinders!

Robyn, ek wag nogals angstig op nuus van jou af... Hoe gaan dit met Hantie?

En Hartjies, vertel nou!!!!!! Jitte!

Hoekom praat ek saam op 'n Dinsdag, is dit wat jy wil weet, Vlakkies? Dis oor my Dinsdagdokter vandag 'n bietjie afgevat het en ek is soooo bly daaroor!!!

Anonymous said...

Grnie, 3 dnge wt k wl wt:
1. Hu ht dt mt Jpsnte gegan d nwk?
2. Hu ganit mt Buta so op 1 bn?
3. Hu ganit mt j?

Ek mis jou hier oppie plaas!!!!! Maandeinde was gister, so jy kan bietjie kom saam gesels, né?

groeni said...

wha! loer gou in. jewls, 1. goed, snip ht goud vi kumite n brons vi kata, boeta hetni ma het blksms goed gdoe. ppolle het snip se naam never mind vekeerd uitspreek, somme misspel ok - sy was baie vies daoor, ma judge het slang gsien en ha gmuis. 2. boet he plastic been gkry - salli naweeek sie 3. fn besig, nee, maeinde altyd... oudit kla, nou inhaal res.. ja, ek weet maggi kykni, ma ni tyd ghad gstraand ni. moeg. bloemies was fn koud..en kuier sa skoni to laat inni aande. vanaand tequila ek. latr

Anonymous said...

By die ingang na die dans verkoop 'n spul skoolkinders "lotery"-kaartjies vir 'n krat vol wyn en ander heilsame versnapperinge. My kaartjie se nommer is nommer 2. As die seremoniemeester jou kaartjie trek, wen jy die krat wyn. MAAR die slim meneer die seremoniemeester besluit toe hy gaan vyf nommers trek, en die persoon wat die beste sing uit die vyf, wen die krat wyn. En hy praat stadig en langdraaaaaaadig. Ek en my nig hoor toe nommeeeeeeeer....... 2. Ons hoor nie die res nie, dit was eintlik tweehondertweeentwintig. Ons hoor net die 2. En ons spring op en strom verhoog toe, ons gaan vir al die mense Pampoen sing. Toe is ons die pampoene. Oom seremoniemeester sê toe oor die mikrofoon, nee dames, ek het nie nommer 2 getrek nie, julle kroek. Ons sê, oom het nommer 2 getrek. En ons staan, gaan nie voor al die mense met rooi gesigte terugstap tafel toe nie. Uiteindelik kry ons die bakkie met nommertjies beet en nigga soek tot sy nommer 2 raakvat. En toe moet ons sing. Voor 'n boeresaal vol skoolkinders en ander ouer mense sing ons toe Pampoen. En wen een botteltjie wyn vir 'n troosprysietjie... ;-) My gesig was so rooi soos my hemp. Maar nou weet ek darem ek't partymaal meer guts as verstand en eendag wanneer ek oud is lag ek steeds daaroor. Ai. ;-)

Anonymous said...

Mensig, Groenie, jy's seker nou erg uitasem!! ;-)) "Maar die judge het slang gesien en haar gemuis". Op die aarde, wat sou dit beteken? Smousie, jy ken dalk kumite beter as ek - kom help my met hierdie slang en muis gedoentes van Groenie, of is dit nou Snip s'n? Giggel!

Anonymous said...

Hie-hie-hie-hiieeee, Spikkels!!!! Klink vir my julle twee was die vermaaklikheidskunstenaars van die aand!!! Kostelik!!

Anonymous said...

O, en wat sê Gentleman van julle manewalisse? ;-))

Anonymous said...

Ons tafel het ons tweetjies die heel hardste gecheer en gefluit en hande geklap en geen geheim gemaak daarvan ons saam hulle daar is nie... die oulike goeters!! ;-)

Anonymous said...

Spikkels jy het my dag gemaak, lanklaas so lekker gelag. Ek hoop daardie bottel wyn was ekstra lekker. Lekker daggie vir almal!

Anonymous said...

Ag man Kiets, ek het regtig gehoop al die hoese-en-proese is nou verby, nou kom die ander kinners ook nog by!
Maatjies, as julle my nou sien...! Die hare is ROOI!!! Ek gaan sit toe as model vir 'n vriendin van my se dogter... sy is besig met haarkappery. Ons koppe word gekleur, en net een kleur, g'n fênsiegeite nie... Sy stel toe voor, donker bruin, met 'n rooi skynseltjie! Oe!!! Dis toe baie meer rooi as wat ek verwag het. Vroulief voel om die koppie iewers te gaan indruk!!

Spikkels... wat maaaak jy??? Gelukkig is dit baie goed, as mens 'n slag lekker lag, en veral as dit bietjie vir jouself is..

Lekker slaap almal

Anonymous said...

Spikkels, is daar siedies van, of dalk dieviedies van die hele optrede? - Mac, ek is mos lankal oud en leelik, maar net soos jy tog nog nie stomp nie. Slaap gaannie help nie. - Kiets, hier is dit net andersom, die herfs is terug na 'n dag of wat se somerwarmte. Nee, die sonnetjie is besig om na julle kontrei te trek en die wind waai sommer my tan van my gesig af. Drink daai medisyne wat Dr. Jewls voorgeskryf het en jy word gou beter. - Vroulief is jy nou 'n Rooikop? Laat my wonner wat gaan aan met die original een want sy is maar blerrie stil.

Anonymous said...

Kaaskop, jy's reg, die regte rooikop is seker bietjie "missing in action" Moes nou so versigtig tik, want die Ingels wil vanaand glad nie kom nie. vlaktekind sal nou net grinnik, want hy meen mos dis die taal van die... nee sal liewers nie sê nie.

Maar nee, ek weet nie regtig hoe 'n rooikop se kop werk nie, ek sal seker maar altyd net Vroulief bly, plat-op-die-aarde, en wat jy sien is nogals wat jy kry...
Vlaktekind se vonkie(s) het hom nou weer in die steek gelaat, toe loer ek maar in, want ek kry erg koud vanaand.
En tot my vreugde kom my Middelkind hier ingestap. Hy gaan so 'n rukkie hier wees, want hy moet bietjie navorsing kom doen!
Soetwees almal

Anonymous said...

KAASIE!!! Uiteindelik kry ek jou hier! Baie dankie vir jou stunning foto's! Jy moet hulle op Facebook of Flicr sit sodat almal dit kan sien. Ek dink nogal Vroulief sal mooi lyk met rooi hare, al is dit rooier aswat sy vermoed het! Vlakkies, nou het jy 'n Rooikop wat vir jou wag in SA!! Wat sê jy daarvan? Oe la laaaaa!!! ;-))

Unknown said...

huh huh ... rooikop issi 'n baakin nie - klaar uitgebrand. En dan?? da' daai hille dit 'seethrough' pers. Nogal.
Dankie Kaas vir die opbeur, en oooweeee, jy moet daai laer as seespieel geniet met al sy were. ;-) net jammer hulle het so min somer. Ek uitkyk nou gereeld Lagos se weer en dis 'n konstante 18 inni more, 27 deur 'ie dag .. met donderbuie en die humiditeit so 80% ++. Ons gaan SWEET, en da het 'k nog nixxx gedunn 'ie.
Soet wees, mooi loop, lekker dag vi' ammal.

Anonymous said...

Uncle Mac, dieselfde vir jou ook!!

"Veels geluk liewe Pappa omdat jy verjaar, mag die Here Pappa seën en nog baie jare spaar!! xxx Liefde, Pa se oudste dogtertjie... ;-)"

Ag, ek weet hy sal dit nie hier lees nie, maar ek kan eers vanaand vir hom sing en die dag gaan vreeeeeslik stadig verby...

Anonymous said...

Vlam, hoe was jou dag? ;-))

Hartjies, baie geluk met jou Pa se verjaarsdag! Wie gaan jy kry om hierdie keer saam met jou te sing? ;-))

Uncle Mac, Samaritaan het vir baie jare in Lagos gebly. As jy nog nie met iemand gepraat het wat daar gebly het nie, sal ek sy nommer vir jou gee, dan weet julle presies wat om te verwag!! Maar soos ek jou ken, het jy seker al jou feite agtermekaar. Is een van jou trokke toe verkoop? En is alles reg vir Botswana die naweek?

Kaasie, hoe was jou dag? Trek julle nog kantore?

Smousie, wat het jy nou skielik so stil geword? Alweer aan die wegspoel daar innie Kaap? Is die duifies nog so naar vannie wind? Dit was 'n pragtige metafoor!!!

Anonymous said...

Jeweel, dis nou weer 'n voorbeeld van "Chinese Planning". Hulle gaan loop koop matte op die laaste dag voor die trek en verwag dit kan die volgende dag gelê word. En ek hét hulle gewaarsku. Shoe, Asiate het slegte ore, net so toegeknyp as hul oë. So ons is nog besig om te trek, maar daar is so ewe 'n pouse tot 15 September, dan lê die matte, hoop ek. Tot die dag lewe ek maar saam met die gemors.

Anonymous said...

Hi Mac, daai humiditeit! Ons het vir 5 jaar op die suidkus gebly, Toti en Illovo se wêreld. My skoonma, Mother Superior, het altyd gesê dis net 'n plek om vakansie te hou, nie om te lewe nie!

Anonymous said...

Kaasie, as jy nie meer uithou met daai plat-ogies nie, sit Abba op, gaan lê op jou rug, so kruisbeen, kyk hoe jou regtertoon die ritme aangee en relax!! Ek was ook op 'n stadium vandag erg opgetrek oor Afrika-tyd, maar toe besluit ek om te ontspan. Jitte, dit was nogal lekker om grappies te maak, stadig te werk en 'n kultuur te ontdek wat gemoedelik is... Hakhuna Matatta!! Hoekom wil ek die wêreld verander? Wie's ek? Daar's genoeg Hitlers, Einsteins, Mugabe's en Mandiba's... Net soos die tornado's in die Kaap en Amerika, is ek 'n klein poeppie teen die Suid-Ooster!! Ek wil nie kras wees nie, maar dis mos maar algemene spreektaal! Ek was wel daar vandag vir die mense wat my nodig gehad het. Net 'n oproep vér!!

Makou, gaan jy my nie kom blymaak met jou snaaksighede nie? Ek mis jou!!! Soos altyd - vlieg hooooog!!!

En is ons Bennie-Boekwurm-Vlam nou geblus? ;-))

Anonymous said...

Halloooo al die Maats, Vroulief is nou weer net Vroulief - niks-se-ge-vlam meer nie!! Het 'n plan gemaak en al die vlamme geblus!!

Was vanaand by Dowwe Dolla, daai dolla is glad nie dof nie, maar een keer was genoeg, nie sommer weer nie!

Nou moet ek in die kooi kom. Donderdae is dit vroeg-vroeg al in die klas...
Lekker slaap almal, die naweek is om die draai!

Unknown said...
This comment has been removed by the author.
Anonymous said...

Ek kan onthou hoe jy by my pas.
Ek kan onthou hoe perfek dit was.
Maar ek soek nou na jou
en my hart voel rou.

Want jy soen my nie meer nie.

Ek mis hoe dit was...

Anonymous said...

Vir die Steve aanhangers onder ons, maak n plan en gaan sien die "Waarmaker" konsert. Dit is die moeite werd! Ten spyte van sy terugslae het hy n optrede gegee wat skrik vir niks.

Die hoogtepunt was beslis toe hy die volkskied (Die Blou Bul) gedoen het. Die skare was op hulle voete en natuurlik het ek net so hartlik saamgesing!

n Lekker rustige naweek vir almal!

Anonymous said...

Hallo!!!!...hier is ek!!!!.....ek het nie gedros...of vergeet van my maters nie....dis net.....nee wat,dit gaan te lang storie wees.....ek het julle baie gemis....en aan julle gedink...en verlang....en...en....Dis amper die begin van die naweek...en vannaand is dit ook nog Mario se vriendin se matriekafskeid....so daar word getooi en getof.....en alles moet eksie perfeksie wees....sal fodies neem....die wind moet net sy lê gaan kry....anders is al die harde werk daarmee heen....mag elkeen van julle n' asemrowende gatskop naweek beleef....en onthou...die glimlag!!!!.....xxxxxx

Anonymous said...

Loslappie, sien jy nou? Ek het heeltyd gesê Stevie is 'n wonderwerk, maar Vlakkies wou nie in sy rasperstem glo nie!! Awesome!!!! Jy kan enige tyd oor my Stevie spog, maar ek hou nie van die BB-gedoentes nie, né? Al sing ek té lekker saam met daai songkie! Was dit die nuwe woorde of die ou woorde? Het jy geweet dat Antjie en Stevie mekaar al persoonlik ontmoet het?

Robyn, ek stop die wind persoonlik in sy spore - hoop Mario het 'n stunning aand!! Was lekker om weer van jou te hoor!

Anonymous said...

Jeweel, kan jy dit ook oor lang afstand, die wind én die reën? En as dit moontlik is ook die temperatuur bietjie omhoog, die 14 grade is maar koelerig. Maar dis Vrydag, en dit maak my tog bietjie happy.

Anonymous said...

Jeweeltjie, nie net sy rasperstem nie. Hy.

Anonymous said...

Smousie, kom tik my om met 'n veertjie!! Vlakkies? Is dit jy? Hoe gaan dit met jou? Ek het sooooo verlang na jou woorde!!! Maar nou nie die simpel woorde oor my geliefde Stevie nie, hoor jy?!! Goed, goed, ek weet hy maak marakkas en ek weet hy is arrogant en ek weet hy kan mooi vrouens nie weerstaan nie, maar ai, hy kan sing en wonderlike liedjies skryf en perform!! Vra vir Loslappie!!!

Kaasie, ek wens vanaand dat ek vir jou die son kon gaan haal, die sterre, mooi sonsondergange, tropiese strande... Maar jy weet mos:

Geluk maakt je vriendelijk
Beproevingen maken je sterk
Verdriet houdt je menselijk
Mislukkingen houden je nederig
Maar alleen de hoop laat je vooruitgaan...

Je bent zo speciaal ! Vyf soene!!

En ek is sommer vies dat Uncle Mac se bydrae verdwyn het!! Ek wou nog oe en a oor klein Emma'tjie en Owen se swemlessies en ore wat afgeskree is! Kostelik, Uncle Mac!! Plaas het ek gepraat toe ek wou, maar toe wou ek nie oor ander nie wil nie en oor ek nie die enigste clown op die parrade wou wees terwyl almal in die gehoor sit nie en nou is dit tickets!! Vlam, wat sou Vlakkies van al my Engels gesê het? Giggel!!!

Praat saam, dis mos lekkerrrr!!!

Ek is sowaar lief vir alles hier!! Vandag ry ek in my motor terwyl André Swarts so hartlik sing en toe dans ek met my stuurwiel... Selfs die vuur, die pyn en fantasie!! Dit alles maak my 'n mens wat nog in goedheid kan glo, ja, ek is lief vir alles hier!!

Dis Vrydag!!!

Wat doen julle almal op hierdie mooi aand?

Anonymous said...

Liaan? Is jy nou rêrig of is jy 'n figment van imaginasie? Welkom!! Op wie skree jy as rugby gespeel word? Seker die WiePie, né? Maak jouself tuis!

Kiewiet, hoe gaan dit met jou?

Anonymous said...

Hallo Jewls, nou net klaar noot vir noot gekyk. Ek verstom my elke keer hoe mense musiek so ken. Lyk my die res van die plaasmense is vreeslik besig of poegaai na die week. Julle moet lekker rus en geniet die naweek.

Anonymous said...

Kiets, hoe gaannit met die honne? Klaar beter na die kennelhoes? En jy ook weer okay? - Jeweel, perfekte Hollangs, vijf zoenen!

Anonymous said...

Hoe gaan daai liedjie nou weer? Mooie meisies, fraaie bloemen, al die meisies wil ek soenen... ;-))

Anonymous said...

PROOOOOOOOVIIIIINCE!!!!!! En geluk aanie Geelvisse wattie ossies se horings geknoop het.

Anonymous said...

Ek moet net vir liewe Pappa Vlaktekind remind dat daai "geelvisse" daai simpel dissas ook op gevreet het! Selfs al is dit bok kos!!!

Anonymous said...

Word ek sonder enige seremonie voor my pompie weggepluk toe Middelkind hoor wat sy pa oor sy span se wen te sê het!! Jittetjie tog.

Vroulief het 'n vreeslike dag van gister af agter die rug! Nou gaan dit darem beter. My selfoon het 'gefry' soos Middelkind sou sê. Die ding het net verskriklik warm geword en afgedooi. Dit terwyl ek 'n familie wie se pa sterwend was belowe het om beskikbaar te wees...
Vanoggend darem 'n leenfoon gekry terwyl die selfoonmense probeer vasstel wat fout kan wees.
Dis nogal 'n vreemde ervaring; die selfoon word vuurwarm, en ek bedoel vuur-vuurwarm, en sy liggies flikker vervaard, en ploeps, daar is die ding morsdood!

Plaasmaats, vergewe maar die Vlaktegesin se rugby-toutrekkery op die blog, lag maar saam met my daaroor.
Hoop almal slaap lekker en dat Sondag stil en rustig sal wees

Anonymous said...

Mirrelkind, mag ek jou daarop wys lat jou laaste twee woorde nie bok kossie, maar Bokloos moes gewees het. Daai spannetjie van my is nou 'n anner spannetjie vanlattie Bokke trug is. Ja, ja ek weet daar's so 'n paar amfibiese Bokke innie geelvistenk ok. Maar my spannetjie het meer Bokke geverloor. Hmm, amfibiese Bokke innie vistenk. Ek wonner wat ddisselblom daarvan sou gemaak het. “Daar's 'n kaktus in my vistenk” is mos daai een liedjie van hulle. Kom ons maak dittie liedjie vannie dag:

"Soms in ons lewens is daar dinge soos 'n kaktus
wat staan op 'n plek waar hy nie hoort
dan wonder ek of ons vergenoegd is met ons lewens
gaan ons toelaat dat die dorings ons aanhou steek?

Anonymous said...

Hiersie hele ene:

Soms voel my lewe net soos 'n vistenk
deursigtig sodat almal deur my sien
daar's vrae wat ek vra en dinge wat my pla
en ek wonder oor die kaktus wat ek sien

Daar's 'n kaktus in my vistenk
Herinner my, herrine my ja ja
daar's 'n kaktus in my vistenk

Soms in ons lewens is daar dinge soos 'n kaktus
wat staan op 'n plek waar hy nie hoort
dan wonder ek of ons vergenoegd is met ons lewens
gaan ons toelaat dat die dorings ons aanhou steek

Anonymous said...

Daar kom toe sowaar 'n diep wysheid van my Vlaktekind... Wat my onmiddelik laat dink en onthou.. vandag 6 jaar terug was die horribilste slegste dag in die hele bestaan van die Vlakte-gesin!! Ons het oorleef, ons het triomfeer! Dit het ook 'n heel nuwe vorm aan Vroulief se bestaan gegee!! Dankie aan al die wonderlike mense wat die afgelope 6 jaar besonders gemaak het. Wat die nuwe groei met ons gesin deel. Al weet julle, plaasmaats dit nie altyd nie, julle was deel van die beleef van die besondersheid van lewe en heel-wees. Vlaktekind, dankie dat jy die belangrikste mens in my lewe kan wees! Ek mis jou verskriklik as jy so ver is.

Hoop almal het vandag 'n baie besonderse Sondag. Julle is so kosbaar!

Anonymous said...

of dit nou boklose dissas was en of dit nou bokvol dissas was my Haaie Het daai arme dissas verskeur. Die haie is die span met die tweede meeste bokke gewees en dan het oom Piet snorre meer beseerde haie terug gestuur as wat hy gekry het.

Dan nog iets wat my hartjie seer gemaak het was oom Percy wat nie weer saam met my Haai maaikies wil speel nie. Hy's somme nou weer saam met die wilting flowers... >,<

Ek moet ook net weer vir die vlakte kind daarop wys dat die Haaie se posisie op beide super 14 en curriebeker logs beter was as die weeepeee manne s'n met of sonder hulle bokkies... bokloos en bok kos is dan in die geval mmaar dieselfde dan ;)

Anonymous said...

Lyk vir my die appeltjie val nie vér van die boom af nie...

Vlam, vir wat vra jy verskoning? Dis 'n lees-fees!!!

Anonymous said...

More al die maats. Vroegoggend en ek is al so dronk soos 'n lord en dit is nie van al die ploffies nie, my bril se een lens het uitgeval en nou probeer ek met een oog alles doen en dit wil maar nie werk nie. Julle moet lekker dag hê. Vlakkies jy en manlief kom omtrent dieselfde tyd terug, nie meer lank nie!! Lekker dag vir almal!

Anonymous said...

Jewlsie, wat is die "normale" ouderdom vir kêns word...? Tog sekerlik nie 26 nie? Ek's bekommerd vandag. Oor myself. Hoor hoe stupid is ek: Verlede week Woensdag-aand gaan ek en Sagmoedige Neels (my huismaat) OTM toe om geld te trek. Ek gaan met my beursie in my hand, waar al my kaarte in is, masjien toe. My kaart word toe ingesluk en terwyl ek voor die OTM staan bel ek en stop hom dadelik. Donderdag gaan doen ek aansoek vir 'n nuwe kaart. Sopas kom ek terug van die bank met my nuwe kaart. Maar dis wat binne die bank gebeur het wat my bekommerd laat. Ek haal my beursie uit my handsak om die nuwe kaart te bêre. En wat is in die beursie? My kaart wat "gesluk" is... En al my ander kaarte is ook voltallig... Ek kry nie die kloutjie by die oor nie...

Anonymous said...

Hartjies, nou's ek ook baie bekommerd... ;-))

Anonymous said...

Petrysie, jytie dalk jou vliegliksens in daai masien gat loop stane indrukie? Dan's jou vlerkiekies nou geknip.

Anonymous said...

Spikkels, jy moenie worry nie, ek kan selfs nog onthou dat ek 26 was. En dis baie jare terug. - Vlakkies, hoe gaannit nou daar by jou? Is jy okay? Ek is seker jy ervaar dit ook, net soos ek, as 'n seën dat die mense vir wie jy lief is ook oor 'n mrse afstand lief is vir jou. - Ek voel alweer soos 'n baie ver-weg-pa. My Bernice het laas Vrydag iewers op 'n plaas naby Brits van 'n bakkie afgeval en lê nou met 'n harsingskudding in die bed. Gelukkig is daar 'n naby-mamma. Sy het ons dogter, soos altyd, gaan haal en sorg goed vir haar. Oei, daai Petoorskind van my, die geluk stap nie elke dag saam met haar nie.

Anonymous said...

Ag, Liewe Kaasie, al stap die geluk nie elke dag saam met Bernice nie, is dit tog ook 'n teken van 'n lewe wat geleef word!!En dis wat saakmaak. Ek hoop sy is sommer gou weer op die been sodat daai Pa-hart van jou kan ophou bekommer, hoor?

Kiewiet, ek wens ek kan jou sien met daai brilletjie wat net een lens inhet... Die bril-storie ken ek nie want ek is met goeie oë geseën, maar ek het darem al so lekker gelag oor mense en hulle bril-stories!! So, jy en Vlam is al besig om opgewonde te raak oor julle geliefdes wat huistoe kom? Sjoe, ek is sooooo bly vir julle twee!!

Vlakkies, hulle sê dit gaan 'n snot-warm dag word in Gauteng. Lekkerrrrr!!! Dan kan ek vir 'n slaggie my swemplek mooi skoonmaak en ook die hoenders weer 'n bietjie buite laat rondloop. And there's no time like the present to do something pleasant!! Lekker werk, maaitjies! Onthou die glimlag... Mis ek nou daai Rooikoppie van ons!!

Anonymous said...

Nee Vlakkies, my v(er)lie(f)gliksens is ook nog op sy plek, dit blyk dat ek dalk nooit in die eerste plek die kaart in die masjien gedruk het nie... ;-)) So my vlerkies is nie geknip nie, net wyer gesprei nou...

Anonymous said...

Hallo al die plaasmaats, Niks se-ge-lente meer nie! Dis bloedige somer, en dit maak my verskriklik vaak!
Spikkel-patrys, jy laat my sommer baie beter voel oor myself. Ek vang dan self die laaste tyd vreeslik vreemde goed aan! En ek dink dis oor die somer oor die lente gespring het!! Dis onregverdig.
Julle moet almal weet hoe ek en Kiewiet die slapies tel na ons manne se kuier-datum.
Party van julle weet hoe opgewonde ek is oor die trauma kursus..? Dit begin more! Vier volle dae aanmekaar, en dan moet ek begin prakties doen om die 60 ure in te pas en af te handel.. Ai so word die drome waar!
Lekker slaap almal, hoop julle week verloop verder seepglad!

Anonymous said...

Vroulief, sterkte en good luck met die kursus. Jy kan sommer trots wees op jouself.

Anonymous said...

Ek dog ek sit in 'n Disney fliek met 'n pragtige paddakoor wat 'n uitvoering gee en toe's dit allie tyd vier-uur innie oggend hier op my erf! Waar kom hulle so skielik vandaan? Dit is seker oor die somer bo-oor die lente kom staan en spring het!! ;-)) Vlam, geniet jou kursus, hoor?

Kaasie, enige nuus van Bernice? Ek dink aan julle!!

Mag hierdie 'n Brulpadda-van-'n-kwaak-kwartet-mooie dag vir elkeen van julle wees!! Lekker werk!!! Liefde, Jewls! xxxxx

Anonymous said...

Môre my liewe maaikies....skuus ek skeep julle af...dit gaan net dol met my....ek het nie eens tyd om alles te lees...maar ek dink gedurig aan julle...ek sien dit gaan vandag weer warmer as warmwees....so ek het vroeg-vroeg al die lugreeling aangeskakel en die yskas vol koue water bottels gepak....mag elkeen n' heerlike "koel" daggie beleef...en onthou daardie spesiale glimlag....Saterdag het my glimlag vir my n' dierbare nuwe vriendin besorg....

Anonymous said...

Ai julle, wat kan ek sê? Hier gaan dit so dol ek weet nie eers of ek kom of gaan nie. 3 uit die 5 dae in die week op 'n bouterrein ( in die hitte ja!) en dus min tyd naby 'n rekenaar. Ek is 'n slegte, slegte plaasmaaikie. Vroulief - ek kontak jou so oor 2 weke - ek het jou goed belowe en ek kom terug na jou toe. Lief vir julle almal!

Anonymous said...

Vroulief, vertel!!! Hoe was dit?

Robyn, wanneer ontmoet ons jou nuwe vriendin? ;-))

Katjie, lief vir jou ook, hoor?

Anonymous said...

Newwermaaind die vistenk, Vlakkies! All by myself. Hoe klink dit virrie liedjie vannie aand? :-(

Anonymous said...

Nou net vir Bernice gebel en sy voel vandag nie lekker nie. Môre maar weer die dokter bel en sien wat gaan gebeur. - Eks bly dis so lekker warm by julle, g'n rede om jaloers te wees nie want die somer het hier alweer teruggekom met 26 grade en lekker sonskyn. - Mooi liedjie Jeweeltjie, maar moet nou net nie morbid raak nie hoor. - Lekker aand vir julle almal.

Anonymous said...

Morbit? Liewe Kaasie, dis amper volmaan! Hoe kan ek morbit wees? Terwyl dinamiet-deskundiges elke dag vir groot ontploffings sorg vir die Gautengse trein, honde blaf vir onbenullighede, hoenders kraai oor 'n mooi dag in aantog is, paddas 'n koor-fees gee? Morbit? Wens net ek kon bietjie slaap inkry te midde van al hierdie opgewondendheid!!! ;-)))

Anonymous said...

Ai in die lewe, waar's my kop? Probeer gister in iemand anders se kar klim terwyl die eienaar die gedoente dophou en vir my staan en lag soos ek sukkel om die vervlaktste kattebak oop te kry, en eers met die afkyk sien dis dan 'n GP-nommerplaat, nie 'n MP-ene nie... nee kyk, my bioritme is af ;-) En daar's nie allerhande ontploffings en honde en hoenders of 'n gewete wat my wakker hou nie, ek kry my slapie genoegsaam en gereeld in...

Anonymous said...

Petrysie, wat virre ding is daai bio hoesenaam? Oppie Vlakte het ons dit sommer mysneste genoem. Maar moenie lat dit jou te veel bekommerie. Dit word weer gesond sonner pille en mirresynes en al sukkeranne goeters.

Anonymous said...

Weet nie eintlik nie Vlakkies, hoor maar net mense praat van hulle bioritmes wat uit of af is of iets... ;-) En ek's glad nie bekommerd nie, geniet dit nogal heel baie en ek't ook my horlosie afgehaal Saterdag, weet nie eers waar dit nou is nie. Dis ook lekker. Mens jaag minder en geniet meer rus en vrede. Julle moet dit bietjie probeer vir so 'n week of twee. En nou dat die somer hier is "tan" jy ook nie 'n horlosiebandjie nie. Eintlik baie voordelig, die nie-horlosie-draery...

Anonymous said...

More more almal - net 2 daggies se werk en dan is dit ek en die see, of te wel dan, die katgesin en die see. Ek kan nie wag nie. Waar is Mieks nou om te vra dat ek 'n skulpie moet optel?

Anonymous said...

Middag almal, alweer amper naweek. Kiets jy moet die vakansie geniet, na al die siektes en harde werk is dit nodig om bietjie te ontspan. Miskien moet ons almal hier op die plaas ons horlosies vir so 'n daggie of drie weggooi kyk net hoe goed doen dit vir Spikkels:-) Vroulief sal jou later bel om te hoor hoe dit met die kursus gaan en of jy osmose toepas:-)

Anonymous said...

Vroulief se entosiaasme is altyd so aansteeklik! So Jeweeltjie, waar's jy nou?

Anonymous said...

Oelalalaaaaaa... dis VRYdag more!! Jippiekajoeeee!! En ek gaan sover Swaziland toe ry om 'n bietjie te gaan kuier by daai oulike mansmens wat homself my kêrel noem... Okay, grappies op 'n stokkie. Hoe lank ry mens van Petoors tot op Oshoek as jy die N4/N12 vat, van daar na Ermelo/Hendriena/Chrissiesmeer/ Oshoek? Ek sal min of meer voor pikdonker daar wees as ek so om en by twaalfuur in die middag hier vertrek nè...? Tot in Mbabane...? ;-)

Anonymous said...

Sonder om te veel te kuier langs die pad en net reguit deur ry. Dalk so twee keer stop vir bene rek en badkamer en koeldrank. Maar niks se gehannahanna nie, ry om daar te kom... Sjoei, ek's nou so opgewonde oor die trippie weg van die stad af... ;-)

Anonymous said...

Dat ek sommer so 'n alleenspraak met myself voer. En het iemand gisteraand dalk buite gaan staan in die donker en net die lug geruik?? So 'n tipiese Pretoria-somer-soet-geur ingeasem tot my longe pyn, wat ek al kan onthou en aan Pretoria se nagte kan koppel vandat ek baie klein is!! Ai, die somer- en lentelewe is darem maar 'n gawe affêre hè? ;-) xxx

Anonymous said...

Môre plaasgenote. Ek het baie om mee op te vang, maar vir eers net dit. Kieter en die res van die Kattersfamilie, alhoewel vir my baie vreemd dat Katte vrywillig wil kattermaai in water, wens ek julle wonnerlike katterjolle toe. Kom veilig en uitgerus terug.

Anonymous said...

Gits Spikkels, ek weet nou nie van die ryery nie, maar geniet dit vreeslik. Dankie Smousie - ek kan nou nie meer wag nie.

Anonymous said...

....en Voëltjie jy en jul moet 'n spikkelende naweek hê.

Anonymous said...

Liewe aardetjie tog!! Daar is Zuma nou vry om aan te gaan met al sy dingetjies...

Spikkels trek al anderkant Witbank en sy sê ek moet groete stuur vir julle almal en sy hoop julle hou ook lekker naweek!! ;-))

Katjie, is Snoet gepak en die ventertjie gehak? Ek hoop julle het 'n wonderlike tyd!!

Hallo Smousie!! Gehoor van die vrou wat na 'n 10 jaar huwelik in trane uitbars en vir haar man sê dat hy nie meer bedagsaam is nie. Sy antwoord: "Miskien nie, maar ons is darem snags saam..." Hie-hie! Lekker om jou weer te sien!!