Thursday, October 2, 2008

Dit is die maand Oktober, die mooiste mooiste maand.


En Pretoria stof haarself af vir die spektakel wat kom.

191 comments:

Anonymous said...

More more almal - ai, jammer ek is so stil, maar dinge is maar druk. Dankie vir die verjaarsdagwense vir die Rmakatjies. Wille ding, so jammer om van jou ma te hoor - sterkte daar hoor! En Rooikappetjie, jammer oor Felix - miskien, wie weet... EN sterkte vir Hantie ook. Oompie, ons sou so graag wou saamkom, maar ons naweek is baie dol. Geniet julle almal die lekker saam kuier - ek is jaloers hoor! Waars doe Groeni?

Anonymous said...

Die haan op die bankie by die agterdeur fladder vererg weg, gaan sit eenkant op 'n vensterbank en kyk die vieserig kat astrant aan wanneer Pa die agterdeur in sy kosyn laat ratel soos hy die kombuis binnekom, sy stowwerige werkshoed teen sy been afskud, 'n stuk klam beskuit uit die pannetjie breek, en sê "Dit lyk so al of dit wil reën vandag..."

Anonymous said...

Hmm - en ons verf huis (buite)! More Spikkels - mooi geskryf hoor.

Anonymous said...

Daar was blitse, roggelende donnerweer en toe was daar niks... Spikkels, jou Pa gaan môre weer sy stowwerige hoed so teen sy bo-been uitklap! En dan gaan hy vra: "Waar's die koffie? Ek is dors!!"

Kaasie, kom kyk die Jakaranda's!! My moerbeiboom het al begin vruggies afgooi, net betyds vir 3 spesiale verjaarsdae in my lewe!! Maar hierdie jaar is ek nie deel van hulle feestelikhede nie... 4 Oktober verjaar my Pa, Loverboy en Dana en daai dag lê ek met my bikini langs die swembad en onthou weer hoe lekker ek die vorige aand na Uncle Mac se stories geluister het, kyk hoe Liefkind in die water baljaar en verlang, soos altyd, na my Droomman! ;-))

Ek hoop julle almal het 'n wonderlike naweek!!! xxxxx

Anonymous said...

AI Jeweeltjie, ek is sooo jaloers op julle - geniet dit! En groete vir dei Oompie en Dwergie. Vlaktes, jy en Vroulief weet mos wie is Johannes Dill? Ek sal bly wees as julle in jule gebede aan hom dink - hy moes gister 'n hartomleining kry, net om op die operasietafel eers te verneem dat een of ander gas toe nie afgelewer is nie en hy weer Dinsdag moet terugkom. Die arme familie is verstaanbaar baie gespanne.

Ai, en ek het gisteraand al die reën in my verbeelding geruik, en toe niks!

Anonymous said...

Diè keer is dit die kat wat astrant op die tafel spring en met 'n "ek't jou mos gesê dit sal nie" die haan aangluur. Pa se hoed is vandag behoorlik stowwerig want die wind wat die reën moes aanstoot, het net stof gemaak wat nou in dwarreltjies agter die warm luggie aan drentel oor die erf, en verdwaalde bloekomblare en kuikens verwaai. "Ja'k," sê Pa, "dalk vandag. Dalk vandag."

Anonymous said...

Sjoeg, maar dis stil hier. Seker omdat almal gaan kamp. Ek wil alles hoor!

Anonymous said...

Jeweeltjie en Liefkind, baie geluk met julle altwee se pappas se verjaardag.

Anonymous said...

Ja nee Kiets, dit is dooodstil op die plaas! Ek het kom inloer omdat ek so halfpad is sonder Vlaktekind!!
En ek kan nie gaan saam jol nie, ek skryf Maandag toets... en ek 'het 'n rug' aan my wat my laat kreun.

Makou-man, sterkte hoor!
Intussen wens ek regtig dit wil reen, ek is moeg vir stof en stuifmeel en sinus-goette.

Kieter, sterkte vir die verwery, normaalweg verf ek self met my eie hande, maar ek het ook op die oomblik 'n man wat teen die leer moet uitkruip om dit vir my te doen. Maak nou nie saak hoe mens na 'n verwery kyk nie, dis 'n groot gemors. Ek hou van die resultaat, daarom sal ek nie te veel brom nie!!

Hoop almal het 'n lieflike naweek!

Anonymous said...

Julle wat so kla oor die droogte kan sommer die helfte van ons reën kom haal. Dis pasella.

Anonymous said...

Kasie, stuur aan, ek sal betaal, ek wil so graag hê dit moet reen..

Anonymous said...

Wens ek kan Vroulief, hierdie naweek het op plekke meer reën geval as normaal in die hele Oktobermaand. Tien sentimeters in 'n dag se tyd is bietjie baie.

groeni said...

mole mole, haal uit jul fole uit jul ole! ek leef nog... fn dol..vertel meer vanni braai...klink meer haalbaar.. ons skiet do oggend bloemies toe vir sa's, tot daarna ga ek nog stil wees..tata

Anonymous said...

mole gloenie!!

Ag, was julle kampery baie lekker? Vertel vir ons wat nie daar kon wees nie ook hoe dit was asseblief!!

Anonymous said...

More more almal ok van die kant af. Die Jakarandas kom aan en die toe neuse ook.

Ek wil ook weet hoe lekker die kampery was.

Anonymous said...

Liewe Kaasie, baie dankie vir jou mooi wense vir twee uitsonderlike Pa's!! Hulle albei het, op hulle eie manier, 'n wonderlike dag gehad!! Hoe gaan dit met die verwery, Katjie?

Die naweek? Hie-hie! Dit was 'n fees!! Maar ek en Uncle Mac het besluit dat wat op die Hennopsrivier se oewers gebeur het, bly net daar...

Hoe het dit met die toets gegaan vandag, Vlam?

En Vlakkies, is jy al veilig?

Anonymous said...

Ag man Jewls, nou't jy my vreeslik jaloers oor die pret op die wal van die Hennops... alhoewel, die Hennops loop ook net hier onder my huis verby - ken netsowel 'n halwe km van my af gewees het...

En Jewlsie, ek weet nie wie Vlam is nie hoor... Watter Vlam skryf dan nog toetse, ek soek al die studente maats - het ondersteuning nodig.

Is julle by julle hospitaal ook 'gebrief' oor die dramatiese verwikkelinge met al die mense wat sterf aan 'n vreemde siekte..?

Anonymous said...

More more julle almal! Mag julle 'n wip in die stap sonskyn dag hê.

Anonymous said...

Die dag as dit reen...gaan ek kaal(voet) daarin baljaar...ek kan nie meer wag....waar is die tye...toe die oumense geglo het...jy swem nie voor die eerste reens...en so vanaf die 1ste September begin jy uitsien na die reen...en dan gewoonlik so om en by die 3de-4de val daardie eerste skaam druppeltjies...en jy kan daardie ekstase voel opbruis in jou liggaam...daardie reuk....en as dit op n' sinkdak val...nog beter....en laatnag lê jy en luister na die drup-drup van die geut...en môre oggend...is alles skoon en fris...en so paar dae later is alles n' lushof...van kleur en geur en die boere ploeg en plant...en almal is opgewonde en uitgelate....want die reens het weer hoop gebring...

Anonymous said...

Vergeet die voet Robyntjie, en neem fodies.

Anonymous said...

Vlam, niemand het my 'gebrief' nie want by ons hospitaal het ons dit nie nodig nie. Ons is geleer van Univeral Precausions (Spikkels!!!!)! ;-)) Wat ek regtig van jou wil weet is of Vlakkies vrugtekoek gehad het en veilig is, jinne!!! Sterkte vir jou Woensdagtoets. Ek is mos gladnie bekommerd oor jou vermoeëns nie!!

Robyn, ek wag ook al lank vir my reëndansie! Daar langs die Hennops het ek Vrydagaand 'n stofstorm beleef. Dit het my laat verlang na my kleintyd waar die wind mos erger stoffies gooi op 'n plaas as in die stad... Maar toe daai 13 druppels val, toe dans ek die wals van die lewe!! Sonder musiek. Net met my eie mooi onthoue!! Ek en jy moet weer vir 'n slaggie dans omdat dit lekkerrrrrrr is!!! Maar nie weer by 'n Anton Goossen konsert nie, né? ;-))

Kaasie, geniet die herfs in jou lewe! Slaap later, kruip vroeër in die bed, leef rustiger. Ek weet dis moeilik as mens tydgebonde is, maar daar is mos tye wat mens bietjie 'slack' kan gee? Die Hollandse tannie op ons teatertafel het my soooo baie na jou laat verlang vandag! Gaan dit goed met jou?

Makou! Hoe gaan dit met Ma-lief? EN HOE GAAN DIT MET JOU??? Is jou lewe rustiger? Cope jy? Ek mis jou geselsies, hoor?!!!

Kiewiet, was Manlief toe by die huis? En... Vertel alles!!!

Groenie, sterkte met Bloemmies en die Japsnoete wat verseker gaan presteer!

Uncle Mac? Ek kan omtrent nie glo dat ek jou tot stilswye gedwing het nie! Vertel gerus hoe ek al Moreletta se water opgedrink het!!! En Brutus wat tans net op 5 silinders loop... Ek dink dat ek dit nogal sal geniet om die naweek deur jou mooi woorde weer te herleef! Het Emma en Owen die 4 x 4 goeters Sondag geniet?

Anonymous said...

Jeweeltjie, jy is mos nou erg moedswillig!!

Kieter-Katryn, elke keer as ek die plaashek oopmaak en ek sien jou mooie inleiding, maak dit 'n heimwee in my los... Nou met jou "Oktober is die mooiste maand" sit ek elke keer en dink aan al die wonderlike herinneringe van my jonger dae wat so met Oktober saam gegaan het... Jong tienerliefdes, studente dae - die van lank terug, nou kyk ek ook na die Jakarandas, maar nie vir geluk met die eksamen nie, maar met die bewing van nog 'n eksamen wat voorlê.
Als draai op die oomblik om toetse en eksamens.. dink net oor 5 weke (dinke ek) is ek weer klaar vir die jaar! Die tyd vlieg teen die spoed van wit lig onder mens uit.

Jewlsie, Vlaktekind is veilig, hy het hom verlekker in vrugtekoek, sy lippe afgelek, en gekerm omdat dit nie dadelik te voorskyn gekom het nie. Die lawwe man - mens kan hom nog steeds in 'n wip vang met 'n stukkie klam, lekker vrugtekoek.

Toets: dit gaan mos maar rowwerig wanneer mens met die neus in die boeke moet sit - more, volgende week Maandag en Woensdag... dan weer die 20ste Okt, weet nog nie watter dag dit is nie, dis in elk geval nog te ver! 'Seblief net een ding op 'n slag!

Kasie, ek wag in spanning op daai reen, man! My ander vriend van Zwolle sê niks oor die baie reen nie, hulle aanvaar dit seker maar as deel van winter in Nederland.. Sterkte hoor, dit kan weer 'n koue winter wees!

Nou moet die neus weer terug boeke toe! Lekker slaap almal!

Anonymous said...

Kan julle dit glo, ons weerburo, wat oor die algemeen 'n klomp habituele leuenaars is, belowe dat dit net môre nog sal reën. En daarna gaan die son skyn en die naweek sal dit 'n hele 20 grade wees. Heatwave! Hoop hulle lieg hierdie keer nie. - Jeweeltjie, moenie dat Hollandse tannies op operasietafels jou na my laat verlang nie, daar is gróót verskille! Dankie, dit gaan verder goed, net mrbesig.

Anonymous said...

More julle almal - ja Kasie, my nig in België berig hulle gaan kus toe die naweek want goeie weer word voorspel. Dis haar eerste herfs en winter daar so ek kry haar maar jammer.

Vroulief, sterkte met die toetse en dinge saam.

Soet wees vandag almal!

Anonymous said...

Ag toggies, Vroulief, hoe maak 'n mens om nie so erg te verlang soos ek doen vandag nie? Gentleman is wèèr Swaziland toe, hopelik vir die laaste keer... :-(

Anonymous said...

Die gerammel en gedonder laat my opspring en na buite hol...dis die weer...dit gaan reen....dit knor en rammel en donder....maar niks gebeur...ek hou my asem op in afwagting...niks...net sulke spoeg druppeltjies...amper soos toe die kinders klein was en gepottie "train" word...die opgewondenheid is groot maar daar gebeur NIKS!!!.....

Anonymous said...

Hallo Rooikop-robyn! Dit het gereën gisteraand, so baie dat daar plasse in die dorp se strate was, groen groener was en stof modder was... en die reuk!! Skoon en vars en somer!!

Anonymous said...

Spikkels...aan my kant van die berg...NIKS....volgende keer moet jy so paar druppels oorstuur na my kant!!!!.....dit wys jou wat doen n' berg..."tussen my en jou lê daar n' berg....Magaliesberg"......Nou ja,ek gaan nou die pad vat.....die Jakarandas bewonder...en miskien kan ek n' fodie of twee vir jou neem Kasie....mooi aand vir elkeen....xxxx

Unknown said...

eisjjjj - my gt juk vir nog en nog en nog, maar toe's daai naweek in sy peeeekji in. Emma & Owen se kuier Sondag was toe sonner 4x4 klouter - want die 2 sien toe die swembad. Owen staan in daai koel-koue water en vibreer soos 'n Lister wat se grootwiel uit balans is - maar wat wil "Mmmmmm, dda, mmm oppa oppa mmm" is Owen. Emma het sommer reguit gesê: Emma sjemm. Jeweelkjie - Dankie my kjent, dit was BAIE spesiaal dat jy daar was. Baie baie. En die water??? Agg mens - dis oppi huis. Ek in my tentjie was so effe [net effe] dankbaar dat dit nie rerrag gereen het nie. Ek het nie waterwalletjies gegrou nie. Maar anders ... dit was wonderlik. EN my pizzi werk nou weer, so skaaip of i-myl maar. Ons is weer "oppi drade" Gan nou duud. G'naait ammal.

Unknown said...

o-jaaaa, wattik wou bysê: Daar is hope fotos geneem, as jy wil gaan inloer hoe die spelery verloop het - gaan maak draai by: http://www.inbox.co.za

NOU gaan 'k duddu. Rerrag.

Anonymous said...

Dis Vryyyyydag!!!!! Goeie môre allie maaitjies! Uncle Mac, ek het daai foto's gaan kyk en ek is maar bly my Pa kon dit nie sien nie. Sy senuwees sou aan't flarde gewees het. Nie omdat julle meeste van die tyd op drie wiele hoogtes uitgespin en deur gate gekruip het nie, maar oor hy net sou kopskud, dit tien teen een nog vasgehou het ook en sou sê: "Daai arme voertuig!!" Hy is mos grootgemaak met die gedagte dat alles vir ewig moet hou... ;-))

Nog net 7 slapies!!!!

Anonymous said...

En ek soek en soek en soek vir 'n kuierfoto, maar nou weet ek darem hoe lyk 'n regte 4x4... My Pa-goed sou dieselfde gedoen het Jewls, hy is erg oor sy rygoed... Onthou toe ons klein was en ver gery het mag ons nooit in die kar geeët het nie, en sou die rare geleentheid hom wel voordoen, is daar 'n handoek oor ons al drie se skote gegooi, Ma-goed het 'n tjippie in ons mondjies gesit en gekyk dat ons sonder om 'n krummel te mors klaar kou, en dan is ons monde met 'n nat Sunlight-lappie afgevee... netjiese kinders, het die mense altyd gesê... ;-))

Anonymous said...

Robyn, jy praat so van Jakaranda's afneem en toe wonder ek nou of Felix al sy paadjie terug gevind het na jou en Hantie toe? Daar langs die Hennops woon daar wilde katjies in die bos wat elke oggend en aand kom kos soek het by ons, maar hulle bly heeltyd op so 'n veilige afstand. Liefkind en Derek het 'n kleintjie probeer vang wat net soos Felix lyk. Genadiglik kon hulle dit nie regkry nie!!!

Spikkels, gaan jy en Gentleman kom saam kuier? Jy weet Uncle Mac moet nog eers sy toestemming gee, né? ;-))

Vroulief, gaan jy vir Kiewiet saambring? Ek wou haar nog altyd graag ontmoet! Mirrelkind is ook meer as welkom! Miskien kan hy dan my fancy nuwe kamera se datum en tyd vir my instel...

Anonymous said...

Rooikop-Robyn, hoe gaan dit met Hantie? En is Felix al terug?

Anonymous said...

Great minds think alike and small ones never differ!!

Vra ons dieselle ding tegelyk...

Sover ja Jewlsie, ons sal graag daar wees... ;-)

Anonymous said...

Spikkels!! Dalk is ons familie!! ;-)) Many Moons ago het mens so 'n rooi blik met flaminke op gekry. Daai blik het onder my Pa se sitplek gestaan en voor ons in die motor mag ingeklim het, moes ons eers die lappie uit die flaminke-blik haal, ons skoene skoonvee bo en onder en dan mag ons eers ingeklim het. En bewaar jou siel as jy aan die ruite vat... Ek het geen onthoue van 'n etery in motors nie. Wel van piekniek hou langs die pad en dan was daar ook daai nat lappie in 'n sakkie... Nou gaan ek eers spog per e-pos!!!!

Anonymous said...

Nou glo ek regtig ons is familie, Spikkels!!! Jippieeeeeeeee!!!!

Anonymous said...

Hallooooo....genade...so lieflike dag...en ek moet in die kantoor sit...neeeee!!!...ek wil uit....ek wil veld toe.....Jewlsie...my Felix is nog steeds skoonveld....ek mis haar so...sy het sulke ou gewoontetjies gehad...en was soos n' regte dame...altyd fyn en sag ....en was gedurig besig om haarself te was....ek het eenkeer die tyd dopgehou....n' volle 45min was sy doenig....as ek net weet wat het gebeur....met Hantie gaan dit nog goed...die mens is so positief...en glimlag altyd...ons gaan juis Saterdag weer Loftus oorneem.....en skreeu vir die beker....mooi dag aan elkeen...en onthou....die glimlag....xxxx

Anonymous said...

En soos ek nou terugdink aan my kindertyd kan ek nie heeltemal besluit of Pa- en Ma-goed 'n ding gehad het oor die kar-etery nie, en of dit dalk eerder 'n ding oor algemene netheid en higiëne was nie...

Ek onthou wanneer ons wildtuin toe gegaan het en met die karavaan gekamp het, in Satara, Shingwedzi, Letaba, Pretoriuskop, al die mooi kampe. Ons het dan met 'n VW Mikrobus gegaan en die agterste sitplekke is platgeslaan, 'n sagte kombers is daaroor gegooi en al ons speelgoed wat saam is ook. Ons al drietjies was nog klein, boeta was nog nie eens in die skool nie. Dan sou ons die heeldag rondry en diere soek, as jy moeg raak het jy net daar omgekap en geslaap. Soms sou ons langs die Letaba-rivier by 'n uitkyk plekkie stop en die grootmense sou ook bietjie dut terwyl ons drie rustig speel en prentjies in die boeke kyk. Ons het natuurlik kaalvoet daar agter gesit. Want wanneer ons in die bussie gelaai is, het Pa-goed eers ons skoene uitgetrek en in 'n plastieksak gebêre, en dan die stoffies van ons voete afgevee. Wanneer ons laatmiddag terug is in die kamp, het ons vrye teuls gehad en het dan in daai stof en duwweltjies gespeel tot die son sak en ons ordentlik vuil was, klaar geeët het, en reg was vir die nag. Dan het Ma-goed met ons drie aan die hand ablusieblok toe gestap en ons ordentlik gewas. Maar ons het nie terug gestap karavaan toe nie. O nee, Pa-goed het die bussie voor die ablusieblok kom trek, en Ma-goed het ons dan een vir een aan hom aangegee sodat ons in die bussie gelaai word sonder dat ons voete grond raak. En by die karavaan het dieselfde ding weer gebeur, ons is een vir een uit die bussie gelaai en dan in die bed gesit, silwerskoon, doodmoeg, en gelukkig... ;-)En daai altyd teenwoordige lappie, effe klam en skuimerig van Sunlight-seep, in 'n plastieksakkie...

Anonymous said...

Spikkel-patrys, mens leer saamleef, nie dat dit altyd maklik is nie. Daar is dae dat dit voel daar is 'n hele stuk van jou lyf net "missing-weg"!! Ons omstandighede is nou so, en ons het aangepas, en ek sê weer dit is nie, en ek dink nie dit sal ooit maklik raak nie!

Jewlsie, ek weet nie of ek Middelkind sal oortuig nie, en ek sal bietjie aan Kiewiet en kie karring. Ek self het op daai stadium nog een toets oor voor die toetsreeks klaar is.. Ek sal wel laat weet, al kom drink ek net 'n glasie wyn saam... Het nog nie klaar besluit nie. Na Woensdag se toets is die gemoed nog nie reg nie. Ek dink daai toets was 'n 'disaster'!

Moet ry, ek het klas, en daarna moet ek by die hospitaal wees.
Soetbly almal!

Anonymous said...

Van die os op die jas... Mens kan ook net soveel verdrukking hanteer!! ;-)) Toe Loverboy my die eerste keer saam met hom Weskus toe nooi, het ek ewe kuis my tassie gepak, minimaal, sonder om enig-iemand te verontrief. Dit was 1990. Die res van sy kombi was gepak met kano's, games, visstokke, gholfstokke, kamera's, bakstene en weber's! Ek jok nie! Vir die eerste keer in my lewe het ek beleef hoe mens vakansie hou! As jy honger is, koop jy 'n 'pie' en eet hom sommer in die ry! Ek kon niks afgesluk kry terwyl die wiele draai nie, maar met die tyd saam, het dit makliker geword! As jy moeg word, stop jy, haal die coolbox uit, die braaier en die hout en maak 'n vuurtjie... As jy wakker word, kyk jy net of jou vuurwapen, die liksens en jou ID nog veilig is waar jy dit onder 'n klip weggesteek het en dan pak jy al die ander goetertjies weer terug in die kombi en ry agter jou neus aan! Ek het die wonderlikste tye van twee wêrelde beleef!! En ek leef nog, kan jy dit glo? Spikkels, die Skitter-Stêr trofee is joune vandag! Oor silwerskoon, doodmoeg, maar gelukkig!! ;-))

Anonymous said...

Heito! Ek is so bly hier word so lekker gekuier. Vlakkies, jy is heeltemal te stil. En Oompie, dis so lekker om jou weer hierso te sien. Waar is die Smousie nou dan? In elk geval, ons het nou net ooievaarstee hier in die kantoor gehou vir 'n man!

Anonymous said...

Jeweeltjie val flou!!!!

Anonymous said...

Seker word hy 'n pa oorlat sy vrou 'n baba gaan kry...

Anonymous said...

As pappas kan kraamverlof kry....dan kan hulle seker ooievaars partytjie ook beleef...julle moes eintlik iemand se baba as proefkonyn gebruik het...dat aanstaande pappa kan leer doeke aansit....winde uitvryf...en sommer in die algemeen met n' huilende neuslopende baba op sy skoot te sit....miskien sal hy een van die beste hulvaardige pappas uitdraai....of sit ek nou my voet in n' ding☺☺☺☺

Anonymous said...

kyk hoe dans hoe dans die man op sy plaas
kyk hoe dans 'n boer langs 'n geel koring mied
kyk hoe plof die stof om sy velskoene rond
kyk hoe kyk sy oë na die niks op sy grond

ruik hoe ruik die man met die stof in sy hare op sy plaas
aan die aarde waar die westewinde waai
en 'n windpomp wat draai in 'n ander rigting in
as die rigting van waar die reëngodin sing

onse Vader in die Hemel sing die boer op sy plaas
my tenk is vol maar my maag is leeg
ruik hoe ruik my aarde, stof tot stof
gee tog o Vader, druppels genade wat die stof laat plof

Unknown said...

Heijjjj - Smousman, gaat jy my laat loop sonner koebaai? eina... En as jy jou hanne kan lê op "Die groen ghoen" en/of 'n Herrie op Safari ... bring die rekening saam, maar ek sal bly wees. Mens kannie jou boekankers tuis los as jy inni vreemde sitte nix doen nie. ;) Sou darem BAIE grend gewees 't as daai Kaaskop ook kon by wees. Of wat praat 'k al's R.. Hiert, 'k mut sny, Dwerrrgi gaa' my nou-nou skaaip.

Anonymous said...

Uncle Mac!!!! Hier kuier ons alweer saam! Ek ken nou nie 'n betaamlike woord vir die geskenkie wat ek vandag gekry het nie, maar jy kry mos sulke blou goetertjies wat mans aan hulle 4 x 4 trokke se hakke hang? Weet julle waarvan ek praat? Wel, ek het sulke oranje goetertjies vandag gekry as 'n sleutelhouertjie!! Hê-hê, dit was baie snaaks vir my!!! Groter is nie noodwendig beter nie, ook nie met 6 Sprinkbokke in die span nie, né Bloues? Of is dit sewe? ;-))

Anonymous said...

Hi Mac, dit sou seker grend gewees het! Oor 'n paar maande is ek in Petoorsdorp en dan is jy nie daar nie. So jammer, ons sou seker dik stukke kon gesels het. Maar ek is seker ons gaan eendag iewers vir mekaar sien, in Pretoria, Lagos, Amsterdam of êrens in bietwien.
Met 'n mond so groot soos Brutus, en 'n hart so klein soos Dwergie, sal dit seker goed gaan jou. Tot die dag dat ons mekaar ontmoet, goed gaan my vriend!

Anonymous said...

Jeweeltjie, daai blou knaters onner aan 'n man se bakkie is vannie komminste goed wat ek nog gesien het. Maakie saak waffer kleurie, ek sal nooit my naam so mitte plank slaan om sukke goeters onner my mouterkar te hangie. Selle kategorie assie plestiek lemoentjie oppie êriël - net nog meer kommin.

Anonymous said...

Ek is nou soooo vaak!! Jewlsie, daar kry iemand darem reaksie uit Vlaktekind! As julle vanoggend die koerant gelees het sou julle oplet dat een-of-anner blouetjie sy hele bakkie gevaarte in so 'n blou gevaarte omskep het... Selfs sy vrou sê dis 'kommin', maar hy is heel tevrede met die resultaat..
Ek skud maar net my kop en giggel in die mou!!
Die plaasmaats moet weet as ek hier tik wanneer ek so ernstig moet leer is ek ver ver heen. Ek is bitterlik vaak, konsentrasievlakke is bedroewend... en dis Saterdag!! Is mens simpel om die tyd van 'n Saterdag agter die boeke te sit!!

Lekker dag almal

Anonymous said...

Iemand met 'n kommin oranje sleutelhouer;))) het my laat afdraai op die grondpad na die plaas se stoep. Ek kom so min hier oppie plaas, dit smaak my ek het hinnemaal verstedelik. Uncle Mac ek het nie "Die Groen Ghoen" nie, maar wel 'n baie skaars "Uncorrected proof" eksemplaar van die Ingelse vertaling daarvan nl. "The Green Ally". Ek sal dit vir jou gratis verniet stuur as 'n afskeidsgeskenk as jy belangstel. Vlakkies hoe weet jy dat 'n perd inne motor mette Bellville registrasieplaat isse yuppy?

Anonymous said...

Jy herken hom aan die vars lamoen op sy aerial en hy sukkel ook nie met fur op sy dash nie, nee, hy het sommer regte kikuyu virre groenigheid daar.

Unknown said...

Smousman - Dankie, baie dankie maar wil jy nie liewer die "paartie" bywoon, nie? Dit sal grend wees. En ek kan nog so te nimmer daai raar boek by jou vat 'ie ... Lagos se nat weer sal hom skade doen. O-ja, hettik jou gesê Skoo'ma se nôiensvan was Langenhoven [en ja, sy is familie van 'Neelsie'] Kaasman, Amsterdam sal net so grend wees - ik was hoeka noggi in "Laer as seespieël land",nie ;) :) Iewers skree iemand rugby ... laat 'k tog maar gaan kyk.

Anonymous said...

Ten minste het ek nog my oranje knatertjies... :-((

Anonymous said...

Ek soek dringend 'n fishpaste-resep... ;-)) Smousie, help vir my!!!! Geluk Mirrelkind oor jou spannetjie se skitterende vertoning. Die Blou Bulle het ook nie te sleg gedoen nie... xxxxx

Anonymous said...

Geluk aanie Visse ennie vulle ... ehm ek bedoel Bulle. Jeweeltjie, as jy nou 'n man was ... nee hier's kinners hier. Het jy my vonkpossie oor Landie gekry? Ou Mac, as jy wegraak sonner lat ek jou vonkadres het, gat ek vir jou verskriklik liederlik de d ... ehm m ... ehm dinges in wees.

Anonymous said...

Wat is nou so besonders aan oranje knatertjies?
Hier is baie, gebruik dit net nie vir sleutelhouers nie.

Anonymous said...

Want Kaasie, dis Cheetah-knatertjies, dis hoekom!! ;-)) Vlakkies, baie dankie! Landy se briefie is oppad... Is dit ook nou herfs daar in Vérland?

Anonymous said...

Hie-hie, Kaasie, ek vang nou eers wat jy sê!!

Unknown said...

Mêêêêêênnnse, hoe lus ek nou so 'm kooksel skaappeertjies ... magtag. Sal julle nou knatertjies laat staan - mens kry hond se gedagte assit kom by hukom die rugbyspelers deesdae so daf is - en 'n paar praat hukka met hoë stemmikjies??? [nou wonnir 'k - waaa kom daai guttirtjies vandaan? ) en boonop hettik nog net bloues en oeraanjas gesien? Meen dit die anner manne het nie meer nie ;)
(mac is togge vuilbekkk !!)

Anonymous said...

Ek het vandag toe ek in die bos met die 4wheeler ry, tot blou knatertjies gesien hang aan n' 4wheeler,siestog,as hy so deur die lug trek oor die hobbel...sien jy net knatertjies swaai....voorwaar n' groot bloubul aanhanger!!!!...en gister by Loftus het ek ook aardighede gesien.....wat die mens nie sal doen om almal te laat verstaan watter span hy ondersteun....die een ou se nommerplaat lees "BLOUBUL GP"....ek het tot n' kolkataanhanger gesien met n'kolkat G-String......oor sy denim broek....die ander een weer...n' kolkatjie wat opgehang word aan n' galg,ager op n' bakkie....die een ou het horings op sy kop...met n' stukkie kolkat vel wat daaraan vashaak...net om te wys wat hy gaan doen met die kolkatjies....maar die heel mooiste is as daar aksie is en die oranje en blou vlae wapper die hele Loftus vol...en die geskerts en gebabbel voor en na die wedstryd....en as jy terug kom by jou parkeer plek staan kolkat en bloubul sy aan sy en braai daardie heerlike stuk bloubul steak ☺☺☺☺....rugby bly maar bo aan my gunsteling lysie....

Anonymous said...

Ek weet darem nou wraggies nie van daai skaappeertjies nie... Gril!!!!!! Soos wat proe dit, Uncle Vuilbek? Hê-hê!! ;-))

Robyn, die t.v. kamera's het heeltemal te min gewys van die sports wat jy beleef het! Oe, ek wens ek kon daar gewees het!!

Anonymous said...

Smousie...ek het nou soooo lekker gelag ....nou ja,so het elkeen ook maar sy geite...om die lewe vir ander op te kikker.....as daar nou nie diesulkes was...het ons niks beters gehad om oor te giggel-:)))).....Lekker slapies almal....xxx

Unknown said...

he he he ... nouja, op 'n anner trant. Vir die wat wil inloer waar ek vir 'n klompie jarre gaan vertoef [D V !!!!] gaan makedraai op: http://www.ufok-africa.de/photos2.html en NEE, ek hetti daai blaaij se naam gekies 'ie ...

Anonymous said...

Ja, en daar doen ons dit toe weer... simpatie aan almal wie se span dit nie gemaak het nie... ;-) en mag die beste span oor twee weke wen!! Sterkte Mirrelkind... ;-)

Anonymous said...

As Vroulief opgestres is kom kuier sy gou opdie plaas, dan skater sy vir al die twakpratery en voel sommer beter... Maar vandag werk dit nie so lekker nie!

Ek skryf toets, maters, ek is benoud.. BENOUD, erg vreeslik BENOUD!! Ek skryf die liewe Sosiologie wat net oor apartheid en rassisme gaan... Ek is seker julle stem saam, niemand het meeer daaaarvoor lus nie...
Hierdie is hopelik die laaste toets (gaan die vak mos nie meer volgende jaar neem nie!!) Jippeeeee..

Hou tog die duime styf vas, dink aan my.. en groetnis

groeni said...

lo da almal... ja smousie, pos gou gou wee daai fishpaste resep, voor saterdag, toeeee.... :) ek ken 'n shrimp coctail resep ok...ons het gsteraand laat truggekom van bloemfntn, di wa te fn warm om vroeer te ry.. snoete het goed gedoen, ma ongelukkig ni tot finale deurgedring ni... 2 dae van erge stress... en toe baie baie vino..

Anonymous said...

Môre Groenie. Kan iemand wat Drakietaal verstaan vir my vertaal solat ek ok kan weet wat Groenie hier bo bedye. Iets van visresepte, haansterte wat gekrimp het, iemand het laat truggekom van een of anner blomding af, maar moes vroeër innie pad geval het, snoete wat goed gedoen het, maar nie innie finaal gat loop speelie, daar was klomp stres en toe reent dit wyn. Of so iets.

Anonymous said...

Vlakkies jy is kostelik....lees maar tussen die lyne...dis hoe ek dit doen...Groensie...geluk met die twee snoete...al is hulle nie in die finale....hulle was daar en het hul beste gelewer....en dis wat tel...die ondervinding....en gooi maar die vino.....vandag braai ons weer soos kaiings....en daardie ander span wat hulle die HAAIENS noem, het nie n' kans...as ons klaar is met hulle ..gaan ons hul tande gebruik vir tande stokkies...Vroulief,ek hou so stuif duim vas dat dit skoon pyn...hoop dit gaan goed met jou...Mooi daggie vir elkeen....ek gaan nou etens tyd uit, langs n' dammetjie sit, en eendjies voer....net om so klein bietjie asem te skep.....

Anonymous said...

Die Haairaad van KwaaiZulu Natal het 'n allerverskriklike fonds in hul haainette gemaak. 'n Massiewe haai, mette paar blou kahonies aan sy stertvin, was daarin verstrengel. Op 'n persverklaring het hul laat weet hul soek nog die 4x4....

Anonymous said...

(giggel)... hoop die eienaar kon wegkom! Ai toggies, ek, as 'n trotse BB ondersteuner, vra nederige onverskoning vir die wandade van my mede-BB-ondersteuners wat veroorsaak dat al ons teenstanders se ondersteunders se gramskap so op die hals gehaal word...

Anonymous said...

...en ek vra ook onverskoning vir my vrot spelling. Bedoel eintlik ondersteuners. Wie't Jukebox gekyk Sondag-aand? En daardie boodskappie gesien wat so nou en dan oor die skerm geflits het waar Kurt vir die kykers laat weet dat daar weer van volgende week vanNuit (met twee n'e i.p.v een) die Randburg-studio uitgesaai word? Bid jou aan, 'n AFRIKAANSE-kanaal, wat nie eers in Afrikaans kan spel nie...

Anonymous said...

Haai julle almal . Sies, ek maak skandes, maar dit gaan maar dol. Ai, neus is toe - wens dit wil reën!

Anonymous said...

Kiets....ek dink nie jy is die enigste een met die wens dat die reen moet kom....dis aaklig...dis stowwerig...droog en baie, baie warm....ek weet mens moet nie altyd kla...maar genoeg is nou genoeg...ander jare de tyd het dit darem al gereen....Die dag as dit reen...gaan ek....mmmm...laat ek nou mooi dink....op en af spring...en net laf wees...kan nie meer wag!!!!!....

Anonymous said...

Ek dink ek is die enigste een met die wens dat die reen nou moet ophou....dis aaklig...dis papnat...die wind waai en baie baie koud....ek weet mens moet nie altyd kla...maar genoeg is genoeg...ander jare die tyd het dit darem al gesneeu...
Laat ek ophou, dit word net erger.

Unknown said...

hoe plakke mens kiekies hisso ? Dwergie het kiekie vandaai plek gestuur ... ek ganni meer 4x4 daa koop'ie - ek 't boot noorag.. Brastag my kroon, brastag ...
Ander ding eers: Smousman, gaa jy oorkom Vrydag ??

Anonymous said...

Soos gewoonlik wanneer die toetse my bloots ry, moet ek gou kom inloer...
Kasie uiteindelik het die vriende in Nederland laat weet van die reen en die wind, maar hulle verhuis in Desember uit Zwolle na so 'n ander plek... sy sê dit by die hawe waar skepe oor die Engelse kanaal vaar - of so iets. Die koppie raak net al meer vol gate, moeg, moër, moegste.
Nou gaan ek bad en slaap..

Robyn, ek stem saam, dit moet nou 'n slag reen, sodat die wêreld weer 'n slag 'n stort kan kry..
Plaasmaats, nog net een toets - volgende Maandag, dan skep ek vinnig asem waarna die eksamen weer begin... oor 'n maand van nou af is ek so byna klaar met eksamens...

Lekker slaap!

Unknown said...

Dit reen !!!dit reen ... iewers en elders, maar 'ie hirri. Dit reen by Orpen se watergat maar niks by Satara nie, en NOSSOB se watergat is kurk horing droog. Dorrrrdroo' sou Oupa sê. Oupa het altoos gesê: Die Skepper maak die reen, jy kla nie oor die weer nie, jy staan op jou knieë en vra. As jy wil inloer wat by die watergate aangaan, gaan tjekkittyt by: http://www.sanparks.co.za/webcams/ Noutoe maters en materinne, mooiloop en Vroulief, alle vrede en seen vir jou met die toetse en eksamens wat ook ommi draai lê. Mag jy geseen wees met helder verstand, skerp gehueue en groot kalmte. Mooiskryf, en daai ding vanni Jakranna blaar oppi kop ... dis bygeloof en werk gladnie. Sterkte.
Kaasman - een vanni dae sit daai reen om in sulke kouuuuuuuuuuue wit vlokkies :) ;) ☺☻♥

Anonymous said...

Hoe klink dit so al of jy koebaai sê Uncle Mac? dis amper more, vrydag... ;-)en (dv) kan 'n paar gelukkiges vir gentleman ontmoet...

Anonymous said...

Uncle Mac om saam jou en die anner om Veertjie se rondomvuur te verkeer is my nie beskore nie. Dat dit 'n enorme voorreg sou gewees het is gewis en ek dank jou en Weeltjie vir die uitnodiging. !G ise !g re vir nou.

groeni said...

lo da! uncle mac, ek ga di okki ka maak ni..aand krieket vir boeta!

Anonymous said...

Mac, Jeweeltjie, Spikkels en almal wat môreaand onder die mooi Afrikaanse sterrehemel gaan verkeer, geniet dit! Ek hoop dit gaan 'n aand wees om te onthou Mac. As die reën verander in wit vlokkies sal ek fotoos stuur.

Unknown said...

!ammtseg, tkgoutsi amma, perrep n~ga out!ire tsi .. Boekman - !Xii, ek hoor vir jou. Onthou, as jy klaar di evetderm omgedop het om jou hanne aan 'n groen graspol af te vee en nie ou geelstingel !Nga-gras nie. Dan kyk jy op virri nog ampervol maan en da' weet jy - dieselle maan wat jy sien is ook'ie een wat op ons klompie skyn.
Groenie - sal jou mis my kjent, marri Boeta is baaaaaija meer belangrikerste. Kaasman, ek sal jou by jou woord hou vir daai witkrismis kiekies uit laer-as-seespieel-land. Kelkiewyn, ons sal lekker kuier. Vroulief van Vlaktes ... hu wassi tuts gewees?

Anonymous said...

More more almal - ai,sien so uit na die lekker kuier vanaand! Oompie - vonkpos daai prentjie vir my , dan plak ek hom vir jou op. LEkker dag almal!

Anonymous said...

Yahoooooo, dis Vrydag!!! Ek's baie opgewonde, en Gentleman weet nie rerig wat om te verwag nie, maar is darem lus vir lekker braai! ;-) Ai, dit gaan lekker wees... Sien julle klompie vanaand, en geniet die res van julle se daggies! ;-)

Anonymous said...

O ja, Kieters het jy Woensdagmiddag so net voor vyf op Lynnwood-weg in die rigting van die N1 gery met 'n donkerblou ma-bussie? As jy het, het ek langs jou gery op 'n stadium... ;-)

Anonymous said...

Ek het! Ja jong, ek ry mos nou my "snoet-bussie" soos die media dit noem, maar ma-bussie is 'n oulike term!

Anonymous said...

Ek het vir 'n paar sekondes langs jou gestaan by die robot waar ek regs gedraai het op Atterbury, daar by die skool, en toe ek besef dis Kieters, was die lig groen en almal het weer gery, daar was nie eers tyd vir toet nie!! ;-)

Anonymous said...

Hie Ha....hier val ek ook in op die stoep...asvaal en stokflou....waar's die gemmerbier....en baie eish....Spikkels, dankie, ek het jou mail gekry....en Kieters...jy's te laat...hie hie....toemaar wat ook al...EK SIEN JULLE VANNAAND....JIPEEEEE....nog net 6uurtjies...onthou...ek kom van Pallagat....oor berge en dale...so sien my when ever....maar kom,kom ek, en my wederhelfte sal aan my sy wees om my te beskerm teen enige booshede op die pad.....mmmm....ek ruik al daardie rokie van die hardekool stompe en die geur van die soel aand...met die volmaan wat so skaam -skaam loer...hy kom ook nou elke aand later en later...en is in die begin so geel soos n' stuk kaas(Kasie,wens jy was ook hier!!!!)....sien so uit na jou poeding Jewlsie....ai,my mond water nou so...Mooi daggie vir elkeen ...tot later....xxx

Anonymous said...

Jewlsie spring op en af van opgewondenheid!! Nou's ons 12!! Jippieeeeee!!

Anonymous said...

Jewlsie....wag moet jouself nie nou al ooreis.....wag tot vannaand jou liewe lawwe ding....

Anonymous said...

Hoekom tik die ure so stadig verby? Dis die luiste Vrydag wat ek in 'n baaaaie lang tyd beleef...

Anonymous said...

Dit was fantasties om so baie van julle weer te kon sien!!! Met die groetery by die hek het ek die bewolkte maan vir die eerste keer gewaar en so is ek en Veertjie toe eers weer na die koue vuurtjie toe om hom weer gesellig te laat knetter. Mens, toe oordink ons die aand en lag oor insidente en opmerkings en herinner mekaar aan snaakse grappies wat vertel is. Ons het sooooo lekker gelag!! Ag, dankie dat julle in my lewe is en nie omgegee het om vuur toe en dan stoep toe en dan vuur toe en dan weer stoep toe te karring na gelang van die reën nie! Rondom 4-uur vanoggend was die hemelruim oop, die maan 'n helder lig langs die melkweg en het ek stil geraak in die mooi wete dat ek wonderlike mense ken en bevoorreg was om een hele aand in julle geselskap te kon verkeer!!

Smousie, dankie vir jou 'hallo'!! Die Apies is weer in vloed na gisteraand se goeie reëns, Pretoria is skoon gewas so die somer kan begin blom en vrugte dra! Lekkerrrrrrrrrr!!

Anonymous said...

NEE!!! Jeweeltjie, jy kannie virrie Smous vertel vannie Apiesie. Netnou issie man weer in sy roeibootjie stroomop en as ons hom soek is hy weer geverdwaal en probeer hy boeke smous aanie pikkewyne wattie kan leesie by Antarktika!

Anonymous said...

Klaar te laat Vlakkies. My roeibootjie met sy 4x4 boeketreiler aanie towbar, lyk soose skiboot soos die Apies hom meesleur na daai ongeletterde pikkewyne toe.....Lankal ophou roei en sluk nou maar solank seesiekpille en knap my pikkewyndialek op.

Anonymous said...

Vlakkies!!! Jy weet mos nou al dat as die wiele rol is ek en Spikkels op die agtersitplek aan die giggel en as iets op Antartika gebeur, is ons ook daar om 'n verskil te maak!!! Moet asb. nie bekommer nie, ek het my binoculars gefokus, my radar ingestel en ek wag vir die boeketreiler om vas te meer! Dan gooi ek vir Smousie in die Apies terug waar hy hoort, dans saam met Spikkels en vier miljoen pikkewyne, klim op die ski-slopes, gly af tot in donker-Afrika en as ek op my gatvelletjies veilig hier land, hys ons die Springbok-vlag en sing: "Liefling...." ;-))

Anonymous said...

Goeiemaandag!! Dankie dankie dankie, Veertjie en Jewlsie en al die ander, dit was 'n lekker kuier, en 'n plesier om julle almal weer te sien!! En dankie vir daai bottel wyn Uncle Mac, ek wag vir nog 'n aand van reën en blitse, dan word hy gedrink...

Geniet julle se dag en week...

;-)

Anonymous said...

Goeie môre al die maters.....ja,ek lê Saterdag oggend en oordink elke plesierige oomblik...en toe ek dit op skrif wil stel...is daar geen konneksie....die weer het my Telkom lyn verwoes....en ek moet uithou met al my herinneringe...tot vanoggend....Jewlsie,Veertjie dit was een heerlike gesellige aand...daardie om die vuur sit,elk met sy eie rooi doek...net die oë wat uitsteek en die reendruppeltjies wat so op jou neus plof...en Veertjie wat plat op haar springbok velletjies sit en mushrooms en beacon braai vir die paptert...hoed op die kop...met Indiaan veer...en die kenmerkende Indiaan strepe op die wange....dit was so spesiaal....ja,die weer het ons nou wel rondgejaag....maar die gesellige stoep met sy parafienlampies...het net so uitsonderlike atmosfeer geskep....en die disse met die vars kruie mengsels...mmmm my mond water nou weer...ek wens ek kon elke oomblik vaslê....Mac....het ons weer aan die lag gehad met sy vertellinge...so ook...glo dit as julle wil...Zulu...en natuurlik Zouga met sy Indiaan gekladte strepe☺☺☺....Patrysie...se Gentleman was ook n' ware Gentleman....en ek dink enige ouer kan baie trots wees op so n' keuse ....en natuurlik was daar ook gewillige Solly...die "Butler"....van stoele ronddra...hout op die kole pak...tot motors oppas in die reen....Alles saamvattend.....dit was heeeeeerlik om so te ontspan en bederf te word...veral die Fillet wat spesiaal gemaak is deur Veertjie...en die heeeerlik nagereg....Jewlsie en Veertjie is n' "mean team"....Nogmaals dankie vir jul gasvryheid en moeite...geniet die daggie....en onthou die glimlag xxxxx

Unknown said...

L O daa' ammal. Hope en hope en hope dankie vir Jeweelkjie enni Vere-kjent wat so uitgespring en reggestaan het ommi aand tot in sy maaaami in lekker te maak. Dankie vir elkeen wat daar was en dankie vir die wat "inni gees" / inni gedagte ook daa' was. Veertjie, ek is mal oor jou mooi plek en ek laaik jou honne oor 'n honnert.
Spikkels - jy kanni daai wyn sonder die resitasie gebruik nie - gaan soek die resitasie [dis nou 'n gedig, assa iemand is wat nie weet nie] .. en da' skryf jy hier 'n lang stuk oor hoedit was.
Jeweelkjie, Veertjie nogmaals en weereens - BAIE dankie. Dit was so lekker, ek reel sommer 'n re-unie daarop. Vòòr Zulu en R Kaap toe trek. Kieter - sal daai kiekie stier ... assik jou muildres kan raakloop. Ongebruikte goed loop le iewers inne stoor en da' soekikmygataf ommit weer te kry.

Unknown said...

ja-nee - loop slaap saam'ie hunners en staa saam'ie mossies op... nou's my slaap daa'mee heen [voel amper weer soos werkersklas?] maar van 4-ier af al op en so aan. Neus bloei, annerkant drup-drup-drip vanne bverhoue wattik Vrydag IEWERS opgetel het.Dwergie vra uit oor nat gras maar ek hou voet by stuk daar was koe'berse. Nou het 'ie honne enni duiwe al kos gekry - ek pik-pik gou hier rond maar kry julle nog ammail inni vere [Veertjie, jy nie meer allen nei my kjent] Wonner of Jeweelkjie se pizzi nou al ge-fieks is?
Annerding mense - maak tog die sifdeur toe, laaste man wat inkom. V'more hang die kombuis weer tòè onner 'ie vlie-goggas agter die liggi aan. O ja, die lê hennitjie het weer uitgekom en afgesit babala lande toe.. Eendag is eendag, da raak daai rooi hennikkjie meerkat of jakkalskos. Ek sit koffie op - skink maar soos jelle inkom. Skout is inni groot blik. Wonder waaaaaar inni wereld is Hippo en hoekom is Zulu so min anni woord... vra maar sommer.

Anonymous said...

Genade....Uncle....as die mossie sy eerste piep gee is jy al op....kan sien Dwergie is in vêr land...dis al wanneer mens so vrot slaap...as jou slaap mater nie daar is....daardie lêpellê is mos maar die susmiddel....en nou die verkoue?....ek onthou nou...die doek was op die kop...ipv om die lyf...sien dis duidelik dat n' man moet altyd n' vrou aan sy,sy hê om hom te herinner dat dit koud is en hy moet iets warms omvou of aantrek...☺☺☺...Dankie vir die koffie en skout...juis so belustig gewees...sjoe dis warm...het nou n' hele klomp bossie uitgeskoffel...en so paar hardnekkige wortels uitgegrawe....ek is nou lus vir jellie en vla....amper iets soos triffel.....Uncle....maak gou vir ons....sal so 1uur op die stoep wees...ennnn....maak sommer lekker gemmerbier ook....(nou steek ek vir uncle in die werk)sal hom goed besig hou...en uit die kwaad...☺☺☺....mooi dag aan elkeen...kyk om jou en waardeer die mooi...koester dit....want môre is dit dalk te laat...xxxx

Anonymous said...

Ek hoop daardie jellie en vla is gereed...en die Gemmerbier al getrek!!!!!...ek is oppad Uncle!!!!

Anonymous said...

Hallo al die maters....nou wat gaan aan dat daar niks aangaan,wanneer daar iets moet aangaan...dit het heerlik gereen...jy hoor eintlik hoe groei die gras....en almal behoort mos nou vrolik te wees...e hier kom ek op die stoep...en NIKS....NIEMAND....en ek het so uitgesien na n' lekker glasie gemmerbier.....mooi daggie vir elkeen....en onthou die glimlag...xxx

Unknown said...

aggeneeeee, ek skryf 'n ellelange bydrae, vol spitsfondighede, maak poerring vir Robyn en druk vir Kaasman inne blik en verneem na ene HIPPO en wat nog alles ... en die system gaan gooi my skrywe weg ... ek swets sommer [groenieeeee!!!!!, kom help skryf hier swetswoorde]

Anonymous said...

Ag dankie Mac....dis die gedagte wat tel...ek voel sommer nou beter,net begin dink almal is weg...verland toe....sal ook wonder wat het van Kasie geword...en Jewlsie...en Spikkels...Groenie en Kiets...en Vroulief ...en Vlakkies..wat het van jou geword....en....ZULU!!!....jy giggel verniet so daar eenkant....Makou jy kan ook gerus weer hier verby vlieg!!!n' plaas kan nie bestaan sonder die nodige hulp en bydraes....wie gaan die lande ploeg terwyl die grond so heerlik nat is...en die perde moet gekam word.....die kruietuin...sal ons aan Veertjie laat...sy weet hoe....daar is ook nie meer skout....en koffie sonder skout is nie koffie....dis nou so heerlik in die laat middae....ek dink ons kan gerus weer so afstap na die riviertjie en daar onder die bome n' "sundownertjie" geniet...en net ontslae raak van die dag se stres en hitte....kom maters laat ons die stoep weer volsit....en klets!!!!

Anonymous said...

Hallo Uncle Mac en Rooikop-robyn-Linda... Kan nie sê hier gan niks an nie want julle is nie niks nie...

My baba-kleine-jonge-boeta word die naweek 21, as ek aan hom dink is dit die rooiwang kwylbekkie wat oopmond lag dat die spoeg spat, nie hierdie fris gespierde klipharde taai bruingebrande lummel van 'n jong mansmens nie... Mens se klein boeta sal seker altyd jou klein boeta bly, al is hy 80 en jy 86 ;-)

Anonymous said...

Spikkels...baie geluk met jou klein baba boetie:-)))) se mondigwording... die naweek...daar gaan seker n' groot opskop wees?...dit laat my terug dink aan my eie Boetie...ons verskil 18jr...en al word ek ook 100...stel hy my nog steeds voor aan mense as sy klein sustertjie....My Mario word Januarie mondig....en ek staar ook soms na die groot gespierde man...en dink"is dit my klein Boeboes"(my troetelnaam vir hom)wat so groot geword het...dink ek aan al die kinder partytjies wat gehou is....veral die swem partytjies sal altyd onthou word...my senuwees was klaar ...moes die heel tyd koppe tel in die swembad en toesien dat almal "vlerkies" aan het...en so het hy groter geword....en so ook die partytjies....op sy 18de was ek bang ons word aangegee vir rus verstoring...want die musiek blêr en daar word gelag en geskerts...maar een ding was altyd baie duidelik uitgespel...geen drank en geen rook....behalwe natuurlik "hubbly bubbly"...wat ook eers n' nagmerrie was tot ons as ouers meer uitvind omtrent die gedoente...dit lyk dan so onheilig...maar nou rook ek ook soms saam....natuurlik met Willie se misnoee...maar toe hy klaar is met skool kon ons nie meer daardie wette neerlê...maar wat baie duidelik en gerusstellend is...hy het gehou by sy opvoeding...en het hoe standaarde wat hy aan homself stel...en ek hoef nooit bekommerd te wees...want ek weet my Boeboes is baie verantwoordelik...en sal my nie sommer teleurstel....en ek dank die Liewe Heer daarvoor...

Anonymous said...

Nee wat!!!!...Uncle Mac...waar is die koffie....of gemmerbier....myself kaduks gewerk in die lande....en geen siel op die stoep....Wagter my ou honne....dis ook net jy wat bly is om my te sien...kyk hier, jou waterbak is vol miere....en die vliee sit pikswart op jou kos....en die stoof is yskoud....vannaand gaan daar nie kos wees.....sal maar braai!!!....Veilig ry almal....mooi aand vir julle...kom Wagter..spring op die bakkie...laat ons pad vat.....

Unknown said...

Bhy dheuzz is dhoe ennik khanni lekkeh assim haal'ie. vwrotdh vaddhi vwirkouwe - en Bharia het alli Medhlemmin opgebryk enni honne se katdgriebh pille willi werkh 'ie. Ik gaanh dhou dhu-dhu. G'naait ammal.

Anonymous said...

Ag siestog Uncle Mac!!!! Ek hoop jy word gou gesond, hoor? Daar was nou wel nie nat gras nie, maar onthou jy wat gebeur het as jy net vinnig opgestaan het van jou stoel af? Dis seker daar waar die koue jou gevang het... ;-)) Rooikoppie, jy's reg, hier moet weer geplant en gekuier word!! Maar lyk my ons sal vandag in die kombuis moet kuier want daar's groot reëns aan die kom! Lekker!! Spikkels, gee daai Kleinboeta van jou 'n vet druk van my af!

Anonymous said...

Goeie Môre al die maters.....Uncle Mac....hoe voel jy vanoggend....wat van Boegoebrandewyn.....ek is seker die kieme sal die pad vat as jy so dop daarvan wegsluk...hie hie hie....en arme Dwergie is nie eens hier om jou te piep....Jewlsie...jy's reg....ons sal iets moet bedink om al die maters weer aan die praat en kuier te kry....ek weet dis maar besig...hier by my het dit vir lank so dol gegaan...dankie tog...dit gaan nou vir n' wyle beter....miskien moet ons nuwe kussings vir die stoep stoele koop sulke vrolike bontes...en Spikkels jy moet weer vir ons Sonneblomme bring vir die koper pot...as ons die plek bietjie opvrolik sal ons miskien weer kuiergaste kry...wat van ons maak heerlike yskasterte...een peppermint en een Yoghurt tert..mmmm....en kolwyntjies en Hertzoggies...en ...en...Uncle nou met jou snt siekte kan jy seker nie die Gemmerbier maak...hy moet so ekstra skop hê....miskien moet ons Zulu nadersleep....of wat van Smousie.....ag toe seblief Smousie help ons...Vroulief...wat het van jou geword....en Vlakkies...ons vermis julle sommer baie....Nou ja,na al my smekinge en belustigheid vir die heerlikhede....en die opvrolik van die stoep,beter ek werk....die bossies is hoog en taai....jigggg....mooi daggie vir elkeen....xxxx...☺☺☺☺

Anonymous said...

hie-hie-hie, kyk gou hierna...

http://www.news24.com/Beeld/Video/0,,3-2082_2413945,00.html

Anonymous said...

Dankie Spikkels, so gelag! Dit was selfs vandag op die BBC nuus. Nou maar hoop al die ander MP's gaan sit op dieselfde stoel.

Anonymous said...

Dis Vrydag!!!

Anonymous said...

...en niemand weet dit beter as jy nie, né Hartjies? ;-))

Anonymous said...

Kaasie, dis soooo lekker om jou weer te sien!! Laas Sondag het ek aan jou gedink toe ek en Liefkind gaan uiteet het. Twee restaurante het langs mekaar oopgemaak en toe probeer ons die een se kos. Heerlik! Ek was wel nuuskierig oor die ander restaurant se kos en gaan beloer toe die spyskaart. Wraggies, hulle bedien lamskrokette met mosterd en ‘n broodrolletjie. Ek dink ek gaan hierdie Sondag weer aan jou dink!!

Vroulief, hoe gaan dit met jou en jou studies? Lyk my vandat Vlakkies nie meer ‘n dak het om op te sit nie, het hy nou sy vlam..e.. vonk verloor!! Stuur baie groete vir hom en sê ek mis hom, sal jy?

Uncle Mac, voel die snotters al beter? En is die Spanjaard en Brutus nou reg?

groeni said...

vinnige lo da vi almal... ek sien die spyskaart is net vis virri naweek...smousie, bring daai fishpaste reseppi toeeee! lekka dag, geniet, more is dit blou en ooppek... tata

Anonymous said...

GROENIE!!!!! Val ek amper reg agteroor om jou weer te sien!! Lekkerrrrr! Dis somer en ons moet weer ploffies maak! Het jy al intussen leer vis eet? ;-)) Jy karring nou lekker aan Smousie, né? Heng, dit was verseker een van die lekkerste lagge wat ek hier op die plaas gehad het!! Kostelik!! Dié van julle wat dit gemis het, kan gerus vra, ek of Groenie sal met smaak daai storie weer oorvertel!! Hie-hie!! Geniet jou oopbek-ding môre en mag die Beste span wen!!!

Anonymous said...

Ek vra baie mooi, vertel dit weer met smaak oor asseblief!!

Anonymous said...

Spikkels, ek gaan mos nou Smousie se gramskap op die hals haal, maar nie te min... Die Sharks was weer in 'n eindstryd betrokke. As 'n grappie vra Groenie of iemand 'n fishpaste resep het...

Lag te lekker nou!!!

So ewe kom Smousie op ons woordplaas, sien Groenie se nood oor 'n fishpaste resep en hy gee dit vir haar uit sy ouma of tante of vriendin se resepteboek en hy noem nogal dat die resep gehalveer kan word want dalk is dit te veel vir haar huidige behoefte. Ewe ernstig! Hy het selfs sy verwysingsbronne genoem en nooit agter gekom ons maak rugby-praaitjies nie!! Smousie, weereens dankie vir die lekker-lag!!! Ek het jou blonde oomblik so baie geniet!!!! Vyf soene!!

Anonymous said...

Nou lag ek te lekker!!

Dit reën saggies.

Anonymous said...

Reent dit saggies oorlat jy so lekker lag of lag jy lekker oorlat dit saggies reent? Of lag jy lekker en dit reent saggies? Smousie, het jy ok 'n resep vir beefpaste? Wil net seker maak lat ek reg is vir elke gebeerlikgeit. Ai, hoe jammer kry ou Mac homsigsellers so in sy alenageit sonnerie Dwergie. Nee, ou Mac, ek verstaan. Nou anneragwanner weer Jan Vannerpost se Vonk, Vondeling vannie Dyne ytgegrou en gelees. Smaak my jy kort bietjie gebrande ietermagô skubbe wat fyngemaak en gesnyf worre om daai nees oop te kry. Help glo vir alleranne kranklikgeite.

Anonymous said...

Beefpaste? Hie-hie! ;-))

Anonymous said...

'n Amsterdamse gedig oor 25 Oktober

Van ver weg,
uit die land van
geel kaas,
groen velde,
rooi rekenings,
grys lugte,
swart geld
en pienk moffies,
moet ek eerlik erken;

MY BLOED IS BLOU!

Anonymous said...

Jeweeltjie, sien jy nou hoe oneerlik is die wêreld? Lamskrokette met mosterd in Pretoria! Hoekom is daar nie 'n Dros in Amsterdam nie?

Anonymous said...

Kan iemand vir my bedye waar lat 'n lam se krokette sit? Ek het nog nooit daai goeters gesien nie. Of is dit nou daai twee goedjies van 'n lam wat ou Mac annerag wanner so lus was voor?

Anonymous said...

Dit smaak my dit sit innie lam se dros as ek reg lees. Moenie vir my vra waar sittie lam se dros, maar ek's amper seker dissie in sy Amsterdam nie.

Anonymous said...

'n Sushi vistongetjie resep: Vat 3 giggellende viswyfies en marineer hul tongetjies in brandrissie tot hul ophou giggel en baie opreg sê "Skies oom Smousie" en jul hette wenner.

Anonymous said...

Skies oom Smousie!!! ;-))

Anonymous said...

Nou Smous, waars daai beefpaste resep?

Anonymous said...

...of die lam se krokette!!

Anonymous said...

Vlakkies daai resep is eenvoudig. Kyk weer na vanmirrag se wedstryd in slow motion en jy't die resep vir growwe beessmeer.

Anonymous said...

Eina,Sjoe....ek voel vertrap....maar my bloed bly BLOU!!!!....die hele week sien ek uit na die eindstryd....in my hart weet ek...dit gaan n' harde stryd wes...maar in my kop glo ek OPREG...my span...laat nie op hul trap....die beplanning word gemaak...ons is n' hele sweterjoel wat saam die aanmoediging gaan doen....as deel van die opwinding gaan koop ek vir my n' Genuine opregte rugby trui(sal maar brood en water eet)....nie die op die straathoek soort...nee!!!...ek wil reg wees Saterdag....Die opwinding bruis deur elke sentimeter van my lyf....so ver as wat jy in Petoorsdorp se strate ry is dit net Vlae....Bloues...Swartes...maar baie meer Bloues....almal is gemoedelik.....die stres en geniepsigheid op die paaie is vir n' wyle vergete....aangekom by ons bestemming..gons dit....word daar gewedywer wie se span is dan nou die beste....die meerderheid is Blou...en die Sharkies....is maar aan die skrapse kant...maar hulle bly moedig teen die oorvloed veg...Die wedstryd begin....daar word geskree en gegil(vanoggend is ek hees)....die Sharkies koggel ons....grinnik so onder hul groot Shark hoede.....maar ons veg moedig....skreeu harder(so asof hulle ons nou sal hoor in Durbs)...die klok staan nie stil...die tyd tik verby...en die telling wil nie in ons guns swaai...ek raak beangs/stil....my keel brand...die klammigheid brand in my oë...my span gaan dit nie maak.....die eindfluitjie blaas....daar is n'oorverdowende gejuig....die Sharks kyk ons triomfanklik aan....met die onuitgesproke woorde van...."We simply the best"....ons sterte hang...die vlae word opgerol...jy ginnegaap nog vir n' wyle...maar die lus om verder te kuier en skerts...is geblus...en jy loop uit met die vlagstok as jou kierie...want jy kan hom nie nou laat wapper...die eer is nou iemand ander sin...maar wag...jou gedagtes loop al reeds weer...VOLGENDE JAAR SAL ONS HUL WYS!!!!......

Anonymous said...

O, ek sien, Smous. Ek sit gistraand so en dink oor hierie beessmeerding. Toe wonner ek of dit so werk: Vat die blou krokette van 15 bulle. Dan vat jy die kake van 15 haaie en jy knyp daai blou bulkrokette innie haaikake vas totlat hulle fyn genoeg is om te smeer. Of mens dit op iets eetbaars moet smeer, sal ek my nou nie ytlaat nie.

Anonymous said...

Ja,juule twee..gooi maar die growwe sout in die wonde....ons kan die kastyding vat...dit maar ons net sterker☺☺☺☺

Anonymous said...

Smousie,ek sal maar nou nie vra vir n' reseppie om die pyn en lyding te verlig....-:))))....ai,eina!!!!....onthou net...elke terugslag maak jou meer gemotiveerd.....(of is ek nou besig om myself moed in te praat)....ag,wat ook al...ek sal veg ...ek sal staan...ek sal skreeu...vir julle my BLOU BULLETJIES!!!!!

Anonymous said...

Nee, Rooikappie, jy's reg. Ons het baie ervaring daarvan met onse boetie innie tronk. Net sodra die deer so oppe skrefie oopraak, klap hy weer toe. Ons verstaan hoe jy voel. As jy daaroor wil praat, kan ons 'n vonkspreekkamer oopmaak. Ons is nou al na allie bekerlose jare heel sterk en sal jou van goeie raad kan bedien. Soos om nie jou hoop te veel op volgene jaar te sit nie. Dit kan nog so 'n rukkie vat.

Anonymous said...

Jitte, maar julle is darem 'n klomp snaaksies bymekaar hierdie naweek!! Lag té lekker!! Die 'veal' krokette was heerlik en omdat ek sonder grootmensgeselskap was, het ek sommer vir die oom en tannie aan my regterkant van Kaasie en Laagland en my plaasvriende vertel! Hulle bêkkies het oopgehang dat mens sommer vreemdelinge met jou woorde kan vertrou!! Siestog, ek is jammer vir jou, Rooikoppie!!

Anonymous said...

Jeweeltjie, laas was dit lamskrokette. Nou is dit wielkrokette. Nou weet ek nog minner waar 'n skaap se kroket sit. Ek het noggie skape gesien met wiele nie.

Anonymous said...

Jeweeltjie, laas was dit lamskrokette. Nou is dit wielkrokette. Nou weet ek nog minner waar 'n skaap se kroket sit. Ek het noggie skape gesien met wiele nie.

Anonymous said...

Oeps

Anonymous said...

Dan sal ons maar 'n Ausie moet vra. Hul vat mos gereeld 'n skaap virre spin.....

Anonymous said...

Oeps

Anonymous said...

Vlakkies, nou verstaan ek nie mooi nie en dit alles terwyl ek dubbel sien... Was daar nie skape op Nimmerrust nie? Hoe kan jy nie weet waar hulle wielkroketjies sit nie? Dis mos onner die stert, suid van noord, nog effens affer, amper by die naeltjie, dan weer effentjies trugger. Daar hang so 'n trossie goetertjies en dis die spesialiteit waarvoor Uncle Mac die ander dag so lus voor was... Verstaan jy?

Jy en Smousie en Kaasie laat my giggel met julle woord-slimmighede!!

Hier's a dare: Noem drie goed wat die laaste week met jou gebeur het wat jy eintlik moes vertel het en toe nie gedoen het nie...

Ek sal begin deur te vertel dat ek vir 'n hele dag skouer geskuur het met Divan Serfontein. Oe la laaaa!! Hy is 'n orthopeed in die Kaap en het by Daantjie kom leer hoe knievervangings en endoskopiese chirurgie nou eintlik gedoen word!! Toe is ek Dinsdag ampertjies in 'n padwoedevoorval, slegs drie blokke van my huis af, betrokke. Ek nagmêrrie nou nog daaroor. Maar gister was 'n fees toe ek die hele dag saam met Dr. Potgieter gewerk het. Spastiese kindertjies. Die konsultasie in haar spreekkamer gee haar 'n idee van die spastisiteit van die kind, maar hulle hou nie daarvan dat jy aan hulle vat nie, so die eerste ondersoek gebeur in teater wanneer daai ou verskrompelde lyfie uiteindelik onder narkose lê. Dan verleng ons pese, sny femur's deur, doen varus derotasies, heg senuwees, spuit botox, sit plate en skroewe in, werk die hele spulletjie weer toe en smag na net een rokie en 22 glase water!! Opwindend om my eie grense te toets na ek 9 ure steriel besig was met 'n enkele operasie...

En as laas week nie drie opwindende dinge in jou lewe gebring het nie, laat dit hierdie week gebeur!!! Vertel, maaitjies!! xxxxx

Anonymous said...

SMOUSIE!!! Jy's stout!!

Anonymous said...

Jewlsie ....jy het ook al die wonderlikste geleenthede...die ander dag was dit mos Brian Habana....niks opwindend wil met my gebeur...die enigste ding wat die moeite werd was ...is van my ontneem....die Currie Cup....maar hopenlik val daar iets op my pad hierdie week.....mmmmmm...kan nie wag....

Anonymous said...

Vlakkies....het die vonkspreekkamer iets wat hierdie simpel gevoel wat ek voel, wat ek nie weet wat ek voel kan salwe....en ek weet dis einde niet...want môre gaan die koggel en uitlag en vernedering aan...tot satwordens toe...tot almal nou genoeg getreur en gekerm het....ek gaan nou maar my verlepte lyfie op die kooi neerlê...en hoop dat die genadige slaap my gou sal oorval...in n' droomlose donker nag....

Anonymous said...

Hie-hie-hie Rooikop-robyn-Lindatjie... ek voel baie jammer vir jou!! Baie geluk aan die Sharks, dit was 'n taai wedstryd en daai Bulsteak was nie gemarineer of saggemaak nie, 'n goeie wedstryd!!

Goeiemore maters, geniet julle dag!

;-)

Anonymous said...

Hie Ha....ek val hier in met n' stofstreep....Uncle Mac...nou waar's die drinkgoedjies....ag nee!!!!.....wat help al die gejaagery...e hier is nie eens n' lekseltjie droog of nat...nee kyk,hier sal beraad gehou moet word...n' ordintlike bosberaad...gin Indaba...of wat die geleerdes dit ook wil noem(net om weer heerlik te sit en eet en drink)...nee,net n' plan van aksie moet opgestel word...wie maak wat wanner en hoe....Kyk ek het nou gedink Uncle is mos nou alenig,so met Dwergie doer ver....en dis hoe hy sommer so aangestel is as kok...bakker..en skinker...maar nou's Uncle nerens te siene...en ons sterf van die honger en dors....nou sal ons maar weereens die werkies moet opdeel....Spikkels...jy sien om na die verfraaiing van die tafel en blomme....Jewlsie....jy weet van pap maak...so jy maak paptert....Vlakkies...jy sal ou Dina die koei moet gaan melk...so dan is daar melk vir die laataand koffie....Smousie...ek dink jy kan die hout gaan kap...ek dink jy weet ook van braai...maar onthou ons hier in Gauteng eet vleis ....so dit moet n' behoorlike Hardekool vuur wees....jy en Zulu en Zouga kan braai...Vroulief...siende dat jy so met jou neus in die boeke is...sal ek Groenie vra om die nagereg te maak....Groenie dit moet iets vars en sappig wees...mmm...Kiets...mmmm...jy het gedink ek vergeet van jou....jy maak daardie lekker groenslaai van jou......en ek.....ek delegeer....en ek sal die musiek op dreef hou...Makoutjie...wat giggel jy so daar om die hoek....jy en Uncle Mac sal die skottelgoed was...ja,moet nou nie so gesig trek....Kasie...moet nie dink omdat jy in Laagland bly ...jy word kwyt geskeld...jy sal sorg vir die mmmmmm.....ploffies...Groenie sal jou leer.....en enige iemand wie se naam nie op die lys is sal skoonmaak diens doen...dankie vir jul samewerking...indien enige navrae...kontak my via vonkpos..of maak afspraak om my te spreek op Lekkerkry se stoep.....Geniet jul daggie....glimlag...en wees lief vir mekaar!!!!!...

Anonymous said...

Na al die werk wat ek so uitgedeel het is almal skoon WEG!!!!.....Ou Wagter my honne...lyk my ek en jy sal maar aleen al die kosmaakwerk moet doen...Nee wag!!!...netnou klink ek of ek op n selfbejammerings tog is...Laat ek myself regruk!!!....Kom Wagter laat ons n' entjie langs die rivier gaan stap...hoor hoe gaan die Tarentale tekere....dalk is daar weer n' Jakkals wat hulle verjaag....ja,Guyver...wat meeiau jy so...kom wil jy saamstap....tralala...tralala..tralala..die Blou Bul eet nie van die vloer af nie, die Blou Bul ken nie van verloor af nie...ugh.....sê wie!!!!.....Wagterrrrrr......nee!!!!los die arme Tarentale....dis Spikkels se familie....ons kan hulle nie eet.....Bye Bye Love....Bye Bye Happyness......tralala...Tralala

Unknown said...

Huh??? en toe wennie Haai en vaddi koek en plak 't met osgemaakteblougeverfde beeste wat sonner drywer ingespan staan. Sjym. Maar ek het oopbek luidkeels tot ontstigting vanni bure ge laatwaai met "HAAI-haai-haai" ... en nog anner gutters wat mens kwytraak as jy oorhoops raak en heuel meddi vyand omdat 'n groter vyand pak slae kry. Sulke slae wattik sommer vyftig lammers bydam met 'n knipmes, sakkies oop maak, vuurmaak, braai .. en eet tot ik trommeldik van krokette is. Maar darem bygesê, Lamskotelette is ook lekker. My naweek was net een dag lankj gewees - ek weet 'ie waar is Satrag heen nie. Ek en Daniel het graats reggepak ... en toe issit sononner en aand en dit reen ... toe slaap 'k by die huis. Sondag gaan 4x4 met ou Brutus en klompie maats van die Nissan klub. Dit was nou eksieperfeksie lekker dag - en Brutus klim en klouter waar 'k hom nog nooit wou toelaat nie. Ek nooi nogal 'n gawe pel saam vir geselskap maar daar oorloop kommunikasie ... maar toe's sy te skaam om met so 'n OU oom te kamp .. en toe kuier ek alleen. Dwergie sê nogal ewe: "En ken jy toe nie nog iemand wat jy kan saamvra nie" en daar slaan ek 'n blank ... hoeveel mense ken ek wie ek die vrymoedigheid om op "short notice" te vra om te kom saamkamp ??? Tot gistraand probeer om Jupirter se mane af te neem, maar 'k bewe te veel... sal 'n 3-poot moet kry.

Anonymous said...

Skaam? Hie-hie! Nooit as te nimmer nie! Nie om saam met jou gesien te wees of pret te hê nie, liewe Uncle Mac!! Maar ek het nie 'n slaapsak nie en ek het mos so hard gewerk en jou boodskap te laat gekry!! Jitte, Jupiter se mane? Ek het 'n 3-poot!!! Wat doen ons hierdie naweek wat kom? ;-))

Anonymous said...

Rooikoppie, ek gee jou sommer honderd soene en net soveel drukke want ek is bly ek is nie meer die melkvrou nie!! Papmaak klink nader aan my genisekwa!! Met lamskotelette in uie gebraai - of is dit nou krokette? Julle maak my deurmekaar!!!

Grappie virrie dag: Die dogtertjie sing: "Jesus is lief vir seuntjies en dogtertjies en vir elke fokken hasie."

"Nee", gil haar Ma geskok, "...vir elke volk en nasie!!!"

groeni said...

ha ha ha.... dis ougat! lo da almal... rooies, ek sing saam...ons eeti vanni vloer afni..
en somme alli anner wat so iets klink.. ok...smousie, ek stuur vir jou bulpatee reseppi hoor..

Anonymous said...

Dis maklik Robyntjie. My idee van vir Ploffies sorg is om 'n Ventertjie vol geblaasraakvoggies in die yard in te reverse.

Anonymous said...

Toe praat ek gistraand met my Engelandkind, gaan ek te kere oor die Curriefinal en hoe sleg ek daaroor voel. Antwoord sy met 'n liewe giggelstemmetjie; "maar het pappa dan vergeet ek is in Durban gebore?"

groeni said...

hi kasi! jong, dis rof erg hoe die mense hul by die ingelse skaar (die wat nou regs gedraai het inni vrystaat - tydens groot trek)..di grootste grap is lat ek inni ingelse stat gebore is, ma my bloed is blou en lief wat hier in onse jakaranda stat sy lig gesien het, virri shrimps skree...
ploffies is gewoonlik 'n whissa of jaag-my-meneer of selfs frangelica by 'n lekker koffi..met of sonne room en tjoklits...

Anonymous said...

Goeie môre jul verspotte maters....Hie Hie....Jewlsie!!!....Kasie...myne is gebore en getoee in Petorsdorp...en wat gebeur...hy steek my in die rug en word n' Haai....Uncle....waar was ek nou!!!!....ek sou met my 4wheeler saam gery het...net waar Brutus kan gaan...daar gaan my ou Rooies die 4wheeler...woner hoekom is Smousie so stil...te veel bulpatee??....mooi dag vir elkeen...en onthou die GLIMLAG!!!!....DIS AL WAT NOG VERNIET IS....☺☺☺

Unknown said...

huh huh ... lekkerlag assi bloues gesmeer word issi net verniet 'ie ... dis priceless, prysloos .. maar 'ie kosteloos 'ie. O-ja GawePel, dassi slapsakke noorag 'ie .. dis 'n chalet vol beddens en kooigoed en elke oukie het sy eie. Dis net die pan enni ketel wat mens moet deel ... oja, enni kampvuur en Jupiter se mane enni jakkals se 'Njaa-hai-haa-haa-ha-ha. Robyn - je hettie gesê jy kan ook affie pad af 'ie?? Nekstaaim gaa jy saam en da bring jy vir Zulu ook.

Anonymous said...

Haai Uncle...hoe dan nou...my Baba is dan n' Toyota 4x4 Raider....die ou donkie soort...kan sien jy let nie op in die klas....maar hy sal dat Brutus lelik les opsê.....hie hiehie...ek kan die twee net sien in n' spotprent....as hulle so met mekaar redekawel....van wie is nou eintlik die sterkste....en dan as my Baba nie kan....want ma is maar heilig op my ou bakkietjie...hou nie daarvan om hom te moor...span ek vir ou Rooies in, die 4voetige.....loop ook soos n' krap oralster....was annerdag juis bo-op die Magaliesberg...daar nefens waar jy vanmelee woonagtig was....het die spulletjie doer onder so vanaf die berg bekyk....en toe plant ek n' vlag!!!

Anonymous said...

Ek is lus vir 'n avontuur. Ek is lus om na 'n onherbergsame, ongetemde, ongerepte plek te gaan. Of met 'n rugsak om Madagaskar se kuslyn te toer. Of met 'n motorfiets deur Namibië te ry. Of met 'n Land Cruiser van Kaapstad tot Kairo te ry. Of so iets. Ek's nou net lus vir stof en son.

Anonymous said...

mmmmmm.....hier kom n' ding...ek is op dieselfde trant...het nou tot vir "partner" (Willie) oorreed om motorfiets te koop...ek wil Kaap toe op n' motorfiets...soooo met die Weskuslangs...Kaapstad... dan Tuinroete... dan terug na Sodom en Gomora....dis my droom...en ek werk daaraan....volgende Desember 2009 is dit wat ek gaan doen....hY's nog so bietjie van n' sissie...wil die ding agter bakkie sleep en dan waar ons kom uitspan en dan die omgewing deurkruis op die motorfiets...my kop sê nee!!!...ek wil alles net op motorfiets beleef....hy sê...wat van as...wat van dit...sê nou maar...man,se gt...ons ry op die bike en klaar...so ons stry nog en dis nog so lank voor die tyd....hie hie hie...maar n' vrou moet net weet hoe....en ek weet hoe....hy sal nog ingee!!!!....☺☺☺......Wie kom saam.....dink net!!!...weet julle wat se pret kan dit wees?.....

Anonymous said...

Hmmmm, hoop maar Willie lees nie hier nie... ;-) As hy darem weet wat wag...

Anonymous said...

Was nog so opgeskote poliesman in Petoorsdorp, toe besluie ek enne anner konstabel chommie van my lat ons mette yster tussen die bene Margate toe gaan. Liewe jinne, daai yster rus nie tussen jou bene nie, nee hy kyk hoe diep hy jou onnerbroek se rekke in jou sawwe vleisies kan invrywe. Daai ding, op die langpad, issie vir sissies met jockey onnergoed gemaak nie, dis vir manne met g-strings gemaak.

Anonymous said...

Manne met hare oppie tanne, Smousie? ;-)

Anonymous said...

Hie Hie Hie....Smousie.....die goete van vandag se sitplekke is darem baie sagter...en die G-strings dunner.....maar dankie dat jy my waarsky...ek sal sommer vir "extra support" my opgestopte fietsry broek aantrek....kan dit net sien...sal lyk soos n' worsie wat op die Schooter sit....☺☺☺

Anonymous said...

Meelsakkies het nogal die geneigdheid om te skaaf waar dit nie moet nie... ;-)

Anonymous said...

Pienk hasie-melk en koekies, ek wag in die akkerboom...

Anonymous said...

Haai wag!!!!ek wil oooook hêêê....en ek is nou so lus vir fyn gekerfde biltong.....Spikkels...skuif op dat ek ook n' ou sitplekkie kry....mmmmmm.....ah...dis nou lekker....die boom stam byt ook waar hy nie moet....hy's hard....koeweeee....koeweee...enige iemand wat hoor...bring net vir my een van Veertjie se pienk kussingkies saam.....anders gaan ek soos die spulletjie op Suviver...nie te lank kan uithou.....☺☺☺

Anonymous said...

Niemand hoor my!!!!!!hou op giggel Spikkels....dis seeeeer.....

Anonymous said...

dis oorlat jy nou weer die hoogste tak gaan loop en uitsoek het, skuif ondertoeër, hier's minder mikke...

Unknown said...

vlaktes .. hettik jou die storie gevertel vannie keer toe 'k Richtersveldt toe is met die geleende groen Lenrouwir enni Cornelisen mysiekjent wat opsluit wou regopstaan, hande op die vensterraam, hare innie wind, een voet op elke siet ... en nou moet jy mooi uitwerk waar trap daai regtervoet van haar [Hmmm, ja .. sy het vorentoe gekyk...] Ek meen, sy trap so net-net mis. Nou ken jy mos Lenrouwir se vere .. daar is amper nie .. toe spring daai Lenrouwerding oor 'n klip, die Cornelisen kjent se voete lig op ... en kom weer af, maar die keer trap sy nie so mis as toe sy gestaan het nie ... toe ry 'ik daai Lenrouwer teen De Koe se walle uit, Stryt op boontoe. Daai meisiekjent het daai aand alleen oppi klein eiland by Richtersberg geslaap. En ek? ek het glattie geslaap 'ie. Nooit geweet eina kan so lank aanhou nie. En ergste van alles, sy was vrek mooi ... en sy het van my gehou ook. Ai tog.

Anonymous said...

Mac dankie, dis die beste storie in 'n lang tyd. Ek het 'n kkdag agter die rug maar nou voel ek beter.

Unknown said...

:) ☺ ☻ Solank iemand hom geniet en die aka uit 'n dag haal ... da' dink 'k sommer nog vanni gutters uit. O-ja, guje more ammal.

Anonymous said...

Môre Uncle Mac!! Hie-hieeee! Dit moes seer gewees het!!

Unknown said...

Kaasman - jou koemntse maak lattik nouno kan slaap 'ie ... Hoe voel jy beter ... oorlat ik amper kinnerloos getrap was vir geslagte wat kom, of oorik seergekry het en oofik mit Jonsi se Groen lemnrouwir daai wal uit is ?? Jy munni spot nie ...dis teer dinge die. Amper praat 'ik fyn stemmektjie en gaan sit assi blaas roep....

Anonymous said...

Toe ek nog op laerskool was (lank na die meelsakkie-tyd, Spikkels), het ek die tuinjong omgepraat om my Ma se fiets van die dak af te haal, die wiele te pomp en daar trek ek - my eerste keer op 'n fiets! Soos ek ry, raak my selfvertroue meer en ek ry vinniger. Later kom ek om die sirkel gejaag, wind in my hare, maar toe kry ek nie mooi my draai nie en jaag binne-in 'n boom vas!! Oe, dit was seeeeeer! Tot vandag toe, as ek 'n fiets sien, sit ek onwillekeurig kruisbeen... ;-))

Kaasie, ek hoop hierdie gaan 'n wonderlike dag vir jou wees, vol vreugde en vrede, veral vrede, hoor?!

En hoe gaan dit met julle tweetjies in die boom? Julle was seker lekker bang vir die donnerweer gisteraand, né?

Anonymous said...

Ek issie bang vir donnerweer as my kop onner die komberse is nie!!

Jitte, hierdie weer is darem lekker!!

Anonymous said...

HieHieHie...Uncle....jy maak my dag...dankie vir die lekker giggel...Kasie....nou wat maak hulle met jou in Kaasland...hoop jy het vandag n' beter dag.....mmmm...hoeveel slapies nog.....genade nee....dis nog laaaaank....Jewlsie....ek het my gordyne oopgetrek...die lig afgesit...en so gelê en kyk na die dansende blitse en geluister na die engeltjies wat tromme speel....en toe val daardie druppels hard en ploffend op moeder aarde...en soos gewoonlik dink Guyver dis die lekkerste lekker om in die reen te sit...en as hy genoeg daarvan het spring hy in by die venster en op die bed en kom purrrr in my ore...want hy weet ek staan dan op en vryf hom droog...nes n' stout seuntjie die kieter van my....Spikkels!!!!...wat maak jy....mooi daggie vir elkeen....xxxx

Anonymous said...

Niks verkeerd nie, ek sit en werk...

Anonymous said...

Daai lamskrokette lat my toe dink aanie skaapslagtery oppie plaas. Ek en kleinboet moes altyd help. Vashou nou. Pa wou toe noggie gehad het lat ons moes slaggie. Sny dalk ons vingers af of iets. So nou mittie kopafsnyery moes jy eersie hammel se agterbene vashou virrie skopslag, lat hy nou nie te veel bloed oppie vel kry nie. Da' as Pa of Outa Gjert die vel afslag, moet jy nou eers die een been en da' die anner een aanie skenkel vashou sooswattie skaap op sy rug oppie krywa lê. Dan moet jy nou diekant toe oortrek solattie slagter aanie annerkant die vel kan afslag. Netnou is dit weerie annerkant vat en syntoe oortrek solattie vel nou weer aanie deeskant afgeslag kan worre. Da' wortie pens oopgesny, versigtag solattie pens nou nie raakgesny worre ennie pensmis ytloopie. Want da' stinkie heel skaap mos glo na pensmis en dit sallie deegie. Da' wortie rooiderm ytie keel yt getrek en teenaanie pens styf geknoop. Weer solattie pensmis nou nie ytloop as jy die rooiderm afsny nie. Da' word daai rooiderm net voorie knoop afgesny en da' kry ek en kleinboet daai rooiderm. Da' word daar nou vier gemaak eenkant oppie werf en daai rooiderm gebraai. Nou taai is daai rooiderm mos nou taai. Die binneste wit deel nou. Hy is mos soos een stuk sening. Die rooi deel byte braai sommer vinnig korserag as jy nie keer nie. So da' sny jy nou daai rooiderm so in sukkel klein stukkies. En da' word hy nou gekou en gekou en later sommer van moedeloosgeit heel ingelsuk. Maar dit maak ok nou nie saakie. Volgene keer as daar geslag worre, worre daai rooiderm weer gebraai. En ek ondou nie veel vannie taai nie. Meer vannie lekker van eenkant oppie werf by jou eie viertjie sit en jou eie rooiderm braai. Sit wonner ek nou so: Hoe het Pa-goed ooit 'n skaap geslag gekry as ons innie koshys was. Hy sou mos nooit daai skaap alleen geslag gekry het as onsie daar was ommie bene vas te hou nie.

Anonymous said...

Vlakkies, ek dink hy het sy gat-af gesukkel!!! ;-)) Kostelike vertelling en laat my sommer nou met 'n groot klomp verlang na my eie Pa wat ook nie sy knipmes of slagmes wou deel nie... Jou Pa was dam slim met die kruiwa-idee!!

Kaasie, hoe was jou dag?

Anonymous said...

Nee Mac, ek geniet nooit van anner mense se seerkry nie, maar net van die manier waarop jy dit vertel. Dis 'n talent wat jy, en Vlakkies ook het, om 'n oënskynlik onbelangrike gebeurtenis in 'n moerse storie te verander. Vannaand toe ek Vlakkies se storie lees sien ek sommer hoe lê die skaap op die kruiwa, en dan kan ek my doodlag. Dis Afrikaanse humor op sy beste, en 'n goeie medisyn in hierdie rowwe week waar alles nou nie so hardloop soos ek wil nie.

Anonymous said...

Julle moet die mooi warm weer geniet en dankbaar wees vir die sonskyn en die lentereëns. Want dis vrek koud hier in die lae lande. Gister en vandag was die wêreld wit, nie sneeu nie, maar ryp. Dis minus 3 innie nag en bedags bly dit onner 10 grade. Dis te erg vir Oktobermaand. Maar môre is dit Vrydag en die weerburo belowe ons 12 grade. Heatwave!

Anonymous said...

Ai ou Kasie...my innige simpatie...dis nou daai tipe weer wat ek nie kan hanteer...ek vat liewer die hitte....Vlakkies...jy is kostelik....Uncle Mac, jy raporteer ook nie terug oor die kosmakery...hom skoon kaduks geskrik...Smousie is ook so stil soos n' muis.....nou ja,vanoggend was dit n' malhuis hier by my...maandeinde...hol hier.... vat daar ...mooi daggie vir elkeen.....

Anonymous said...

hallo...

Dis al die 31ste Oktober van die jaar 2008!!! Soos 'n ouma in die ouetehuis wat op haar kierie aanskuifel, 'n kleinkind nadertrek en op en af bekyk, sal ek ook nou sê: "Haai aarde, waar loop die tyd met ons heen...? Kyk net hoe groot is die kjent al! Dis dan nog net nou die dag dat jy skaars onder ouma se knieknoppe bygekom het!"

Time flies for those having fun...

Unknown said...

Dankie Kaasman inni koue. Enja dankie - ek geniet hirri Somerweer ente uit. Volgende week hirri tyt sittik in Lagos en swem in 80% ++ humiditeit.. Vlaktes, ek reken jou Pa was net so wys en skerp soos Oupa... Oupa het, wannir ons 'ie naby was om te help 'ie, daai skaap of bok aan sy agterpoete opgehang, kop na onner, aan die een dwarsbalk inni graats. Jy weet mos, jy sny deur daai vliesie anni skaap [of bok] se agterbene, da' sit jy die ysterhaak daardeur of jy knoop sommer die tou daardeur en da' hys jy hom op tot hy op lekkerwerk se hoogte hang. Da slag jy. Hetse, verbeel 'k my of of het Persieskaap se vel makliker afgestoot as Karkoel s'n? Dorper en Afrikanertjie was ewe swaar om deur te stoot [ffffffff... hier moet man jou woor'e vesistag kies. Jy kan v'keerd v'staan worre.] Rerrag mense 'k praat alli pad van die manier hoe 'n skaap [of bok] se vel afgehaal word. Oftewel, geslag word... Robyntjie - 'k het twee weke laas self kosgemaak.. saggens meng 'k meusli en growwe blare .. en 'n appel of wat so deur die dag.. Issi lekker om te kook as my Dwergie nie saameet 'ie.

groeni said...

fol? sjoe..

Unknown said...

Anner maat van ons [opppi 4x4Plaas] skrywe van sy groot skrik noudiedag toe sy [bakkie s'n] errkonpyp teen'ie exhozzt geraak en gebars het en hoelat hulle toe dan nou gan stane skrik het... Toe ondhou ik mos nou die pofadder bloutjie soos ek en Oompie Bontbul gehad het .. ons het Bekersedam toe gery om te gaan skaap dous ... stop ans daar onner teen die oorhangkrans.
Teen so net na 1-ier die mirrag is ons weer trug in daai Dodsj bakkie, maar voor ons die Houthaalskop se draai haal toe is daar ook hirri "pwhafffff" dowwe klap geluid en toe borrel die rook onner 'ie bonnet uit. Toe ons oopmaak hang daar so 'n halfgaar, goeddood pofadder oppi mennifould ... en loshanne die grootste pofadder wattik in my leeeeeewe gesien 't... amper so groot soos daai helsem inni moewie "Anna Kon da'"

Anonymous said...

Hello
http://www.thecenterforenergyhealing.com/ - adipex drug

Confer with your doctor regarding other medications you are taking especially those related to diabetes as well as hypertensive drugs.
[url=http://www.thecenterforenergyhealing.com/]adipex phentermine[/url]

Americans are now dealing with problems of being overweight.
order adipex
Antidepressants such as citalopram, fluvoxamine, amitriptyline, paroxetime, imipramine, and nortriptyline must also be reported to your doctor before taking Adipex.