Sunday, January 4, 2009

Geseënde 2009!

133 comments:

Anonymous said...

Naand, naand almal! Seën en liefde vir julle almal vir die nuwe jaar en mag die beste van 2008 die slegste van 2009 wees. Weer gisteraand daar in die Vrystaat aan julle gedink toe ons so na die sterretjies kyk en die stilte geniet. Mag julle almal die jaar daai vrede beleef. Liefde en lig vir almal!

Anonymous said...

Welkom terug julle almal, en ek is bly julle het die vakansietyd so geniet. Môre begin die nuwe werksjaar en ek wens julle almal sterkte toe. Ek begin die jaar met 'n trippie België toe. Hoop net die weer is nie té winters nie en die paaie skoon van ys en sneeu. My Engelandkind is weer veilig terug in London na 'n maand se kuier in SA. Sy het dit verskriklik geniet, en verlang klaar. Nog 10 daggies en dan vlieg ek Suide toe, en ek het nog sóveel om te doen.

Anonymous said...

Het die mooiste wolke gesien die vakansie, nou nie oor ek vlieg nie, maar oor daar rerig mooi wolke in die lug was... :-) Is vandag eers terug, veilig, gelukkig, maar nog geensins in 'n bui vir werk nie. Hoop julle is al, en voorspoed vir elk. Ai, dit was nou 'n fantastiese lekker vakansie. Die son het ons gebrand, het kosse van alle kleure en geure op 'n oop vuur gemaak, tot pizza en pere in rooiwynsous met room... Genoeg van die kos dan. En gekamp in die mooie Golden Gate, kon nie glo dat dit so bibberkoud was in die aande nie. Bedags het die son geskyn, laatmiddag het die wind wild gewaai, en saans het dit lekker koud geword... En sterre. Ai, dit was goed.

Anonymous said...

Hallo al die maters...Kasie,geniet jou uittog na Belgie...hoop die weer speel saam...mmmm...nog net 10 daggies...dan kry jy lekker warm....Kiets,as ek die ding so bekyk,was die helfte van ons in die Vrystaat,en ja die sterre skyn daar net helderder...ongelooflik mooi!!!!...Spikkels in Golden Gate....ek by Meiringskloof...en julle???....Spikkels dalk het ons nog bymekaar verby gery...ons was Clarens toe...en vandaar Golden Gate toe....waar ons al die paadjies gery het...en toe sommer n' grondpad gevat het wat by Kestel uitkom...en toe weer terug gery Bethlehem,Clarens Fouriesburg....kamp....as ek geweet het julle is so naby, kon julle gerus vir n' dag in ons rigting gekom het,dan kon ons julle die heerlikhede van Meiringskloof gewys het.Nou toe,ek is terug by die werk...en ek is veronderstel om te werk...nie te klets...mooi dag vir elkeen....en onthou die glimlag!!!!....xxxx

Anonymous said...

Nou wat gaan aan dat hier nie n' siel op die stoep is...die weer blits en donder vir n' vale....en daar het al n' paar druppeltjies geval...te heerlik daardie stof/reen reuk....daar is nou so gesellige koel luggie wat waai....Na my eerste dag terug by die werk voel ek kompleet soos n' baba wat leer loop...so waggel-waggel....ek kon net nie behoorlik op dreef kom....vat hier, vat daar...maar kom nie klaar....sal seker môre beter gaan....Kasie,hoop jou weer is nie te bibber koud,maak maar die jas se knopies tot onder jou ken toe....Kiets,kyk jy sterre vannaand....dis so wonderlik...hier in die stad sien mens net die grotes....maar daar waar dit stil, en donkerder as donker is...sien jy die kleinste fynste...dit skitter soos diamante...miljuisende daarvan....en jy sit en wonder...wat laat jou dit alles prys gee, vir die rumoerige ,woelige, besoedelde stad...en jy kom tot die slotsom...ambisie/geld....en as jy ouer is, en die kinders groot en gevestig,staan jou kop platteland toe,rus en vrede...jou ambisie verander, en die minimalisme tree in...solank jy net kan asem haal,en die prag van die natuur elke dag kan aanskou....en jy voel die tevredenheid in jou binneste....jy is tuis....Lekker slapies almal...xxxxx

Anonymous said...

Ai Robyntjie, ek is ok terug in die stad. Ons het so via Bethulie teruggery en so 2 nagte geslaap daar en die lekkerte van Tussen die riviere reservaat beleef. Ook natuurlik nie ongelooflike sterre, swem in die plaasdam terwyl jy staar oor die vlaktes, lekker stap en natuurlik die stilte..... Ai, ai. Kasie, ek is so agter met plaasgoed lees, maar ek hoor ons gaan jou ontmoet!

Anonymous said...

Kieter en Robyn... ek deel die gevoel oor die sterre-kyk. Waar ons kampeer het, kon mens amper die sterre uit die hemel pluk - dis nou te sê as dit nie toegetrek was nie. Ons het so 'n paar bewolkte nagte gehad.. Maar ai dis darem besonders wanneer mens die sterre so duidelik sien.. En ja oppad terug het ons in Middelburg-Kaap oornag, en daar kon mens die sterre ook nog duidelik sien.

Lekker werk almal, en rustig slaap!

groeni said...

mole mole... haal uit jul... uit jul ole! vreeslike voorspoedige 2009 vir ieder en elk... ek sluip gou hier in, terwyl ek my honderde mails nagaa... lekka dag vi almal...soet wees? nah... geniet elke oomblik...al issit ni soet ni... :)

Anonymous said...

Daar was 'n Land Cruiser op die plaas, so 'n ou witte met wildkyksitplekke. Die ding het van dag een af moeilikheid gegee. Maar dis nog nie waar die moeilikheid begin het nie want oppad soontoe bel Oom Gentleman, dis nou Gentleman se pa, en sê bring water saam, daar kom niks uit die boorgat nie. Ag deksels dink ek, en dit is so bleddie warm op die plaas, maar ek sal met die grafie veld toe te loop, solank ek kan tande borsel en gesig was met skoon water sal dit oraait wees. En toe is daar niks nie, nie eers 'n kuggie kom uit die krane nie. Ek dog toe kom ons gaan swem in die sementdam. Ga, kan nie die bodem sien nie, hardloop goeters op die water rond, is groen en stink effe, niks se geswem nie baie dankie. Hoef toe nie grafie te gebruik nie, buite by die agterdeur staan daar 'n groot asblik vol damwater en 'n emmertjie, dra die water aan toilet toe. So dis uitgesorteer.

Na die afpakkerye gryp ons koue goed te drinke en stormloop die Cruiser want ons gaan nou wild soek. 'n Hele ver ent van die huis af, begin Wittes te hoes en proes, en daar gat stat ons. Net daar. Gentleman en Boetie (dis nou Gentleman se boetie) stap toe maar huistoe om die bakkie te gaan om ons te kom haal. Sit toe daar en bekyk die mooie wolke en die son wat sak, ek en Oom Gentleman en Tannie Gentleman met tyd op hande om bietjie te “bond”. Dit was toe dag een.

Dag twee kry ons 'n pap wiel, stop toe maar weer en stap toe maar terug.
Dag drie is daar 'n ellelange doring in Gentleman se bakkie se voorwiel, ons haal af, maak reg, sit terug.
Dag drie se aand reën dit. Dag vier sit ons liederlik vas en die manne grawe uit.
Dag vyf verloop seepglad, en die boorgatmense kom maak die pomp se pyp reg, pas nadat ek onder ‘n tuinslang met ‘n sproeier vol damwater gestort het, onder ‘n boom.
Dag ses is die plaasvakansie toe verby.

Maar dit was steeds ‘n lekker jol.

Unknown said...

Hulle noem dit "Ramadan" - dis 'n weeeeeeerd ervaring. Die stowwe kom aangewaai van die woestyn se kant af en loop hulle hulle vas in die misbank wat opstoot uit die see. Die son hang so 'g geel lampie inn hemele, jy kan hom met die bloot oog kyk.
D V issik komende Maandag in my eie land .. dan sit ek weer met die gemengede gevoelens - v'lang my Dwergie en geniet die twee kleinkjennirs.
O ja: Wat is die toppunt van eensaamheid? .. dis 'n liefdesdriehoek tussen een mens.. :-O

Anonymous said...

Uncle Mac, ek het gewonder hoekom staan jy met jouself en raas en toe was dit al die tyd jou nefie!! As jy en Kaasie die land binne gevlieg kom, is dit amper volmaan. Jippieee vir ons, maar sal Dwerrrgie regkom so op haar eie? ;-))

Baie welkom terug aan al die maaitjies van wie ons lanklaas gehoor het! Dit klink asof almal lekker gerus het so tussen die avonture deur!! Sterkte vir almal wat weer gaan studeer hierdie jaar - soos altyd sal dit net goed gaan!! Vroulief, is Vlakkies alweer oppad terug?

Anonymous said...

Naandsê almal... Ek en Vlaktekind het nou 2 aande in 'n ry so 'n oulike fliekie gekyk... nie een is nou juis Oscar materiaal nie, maar sooo oulik om te kyk.. Nou moet ons in die bed kom, daar is nog baaie goed om te doen
Ja Jewlsie, hy vertrek weer Vrydag, en ons moet nog die huis-takies klaar afhandel, ook al die studente dinge, sien, nou is hier in hierdie gesin hopeloos te veel studente! Dis ekself, Middelkind en nou kom Liefie-kind ook nog by... Ouboet studeer ook, maar gelukkig neem hy verantwoordelikheid vir homself!

Spikkel-Patrys, klink my jy het 'n opwindende en prettige vakansie agter die rug! Solank die wilde diere nie aan jou kom kou het nie, is als reg. Ek is bly jy is veilig terug.

Almal moet regtig lekker slaap, die ys is gebreek, dag 2 van die jaar se werkdae is verby, dus behoort alles darem nou weer normaal begin verloop...?

Anonymous said...

Vroulief, ek gaan ook lekker slaap, maar hier is die ys nog laaaank nie gebreek nie. Op plekke word dit vannag so erg as minus 20 grade! Hierdie temperature ervaar ons in Kaasland gemiddeld een keer in 18 jaar. Dankie tog vir central heating.

Anonymous said...

'n Baie goeie en voorspoedige 2009 vir al die plaasmaats. Kasie vanoggend foto's gesien van Vancouver in Kanada en sommer begin bibber in hierdie warm somer van ons net by die aanskoue van soveel koue. In Ohio VSA waar manlief verlede jaar vir 5 maande was is die winter blykbaar net so erg met ysreen en sneeu.
Lekker daggie vir almal.

Anonymous said...

Naandsê almal! Kiewiet ! Lekker om jou te hoor hierso. En Vroulief - welkom terug! Ptrysie, gelukkig het die plaasdam daar by Bethulie chloor in en mens swem te lekkerrr. Maar jou akansie klink na iets waaroor jy nog baie kan gesels. Lekker slaap almal.

Anonymous said...

Rooiveer se hennetjie het 'n eiertjie gelê!! Dis die mooiste, perfekste eiertjie wat ek nog ooit gesien het!!!!!!!! ;-))

Anonymous said...

...mees perfekte!

Anonymous said...

Kiewiet, 'n paar jare gelede was ek in Desembermaand in Detroit, is mos naby Ohio. Verskriklik koud gekry. Toe is daar 'n snowbliz op pad en op TV volg hulle dit nou myl vir myl soos dit naderkom. So reg Amerikaans, maak 'n helse storie van niks. Het geklink soos "this Snowbliz is sponsored by the Coco-Cola Company". Maar so koud as dit nou hier is kan ek nie onthou nie. Maar kla ook nie, amper tyd om te vlug! - Nou Jeweel, hoe lyk 'n mees perfekte eiertjie? Lyk vir my die vrugbaarheid daal oor jou dieretuin.

Anonymous said...

Kaasie, dis 'n spierwit, klein, kapokhoendereiertjie met 'n sonskyngeel door en dis so perfek omdat ek al 'n jaar vir daai eerste eiertjie wag!! Ek hoop dit is waar die vrugbaarheid op my erf eindig... ;-)) Sterkte vir die laaste paar dae van koudkry!!

Anonymous said...

Hallo Jewlsie... ;-)

Anonymous said...

Halloooooo Spikkels!!! Vertel bietjie hoe lyk die dag deur die vensters van jou siel... Dis Vrydag, onthou jy? xxxxx

Anonymous said...

O ja, dis Vrydag!! "Dink jy aan my wanneer jy in die aande ry verby daai plek waar ek en jy ons eerste dans, gedans het... want ek dink aan jou wanneer ek kyk na hoe die Bloubergstrand se son sak en my oë laat traan..." - gesing met 'n wikkel in die skouers, arms, heupe, boude, bene en tone...! ;-) Ag, die dag lyk te mooi. Wag, ek gaan kyk gou hoe lyk dit buite deur my kantoorvenster. Hmmmm, baie wit watte wolke wat opbou en vergader vir 'n bietjie reënpret effe later...

Anonymous said...

Sjuuuut, Spikkeltjies! Dis soentjiesreën. Ek mis nou my Droomman terwyl ek Creedence Clearwater Revival luister: "It's only words..." Hoe sê Rooikoppie altyd? Smile!!! Elke donker wolkie het mos 'n silwer randjie, né? Is mos!!!!

Onthou ek nou van iets wat plof en skowwe innie stof! Daar's niks soos 'n donderstormpie nie!! Is jou motor al reg?

Anonymous said...

Soentjies is mos pret Jewlsie... ;-)

Jip, my Wit Blits is gesond van die dokter af, ek moet nou nog laat iemand die ligte regstel, die paneelkloppers het nuwes ingesit, maar dit nie op die regte hoogte gestel nie - ry nou soos 'n nuwe ene (lyk ook soos 'n nuwe ene...)

Wat maak julle almal die naweek?

Anonymous said...

Wat maak ek? Ek giggel oor my tongglip!! Creedence sing 'Have you ever seen the rain' en The BeeGee's sing 'Words'!!! Alla mapstieks!! As ek so aanhou sing Nico Carstens dalk 'Sex bomb'!! ;-))

Vlakkies, is jy al veilig?

Unknown said...

It's raining men;

Anonymous said...

Haleluja!!! ;-)) Hallo Uncle Mac!

Anonymous said...

Jewlsie,ek hoop jy het n' fodie gevat van daardie eerste eiertjie,sommer so met rooiveer in die agtergrond...dis mos n' trotse dag....Ek is nou doenig met die voorbereiding van my Boeboesie se 21ste....het vandag behoorlik myself lam geloop en gery agter goetertjies aan,maar die dinge begin nou mooi inmekaar pas,amper soos n' legkaart,en hopenlik as die weer saamspeel, het my seunskind volgende Saterdag sy opskop.....Dit het heerlik gereen,water plasse oral,en die humiditeit redelik hoog,maar dis n' lafenis na die kwaai hitte van die afgelope tyd....Wat maak julle almal vannaand....

Anonymous said...

Lekker slapies almal!!!!

Anonymous said...

Ek is vanaand 'n swerwerskind, Rooikoppie! Sommer vroeg-aand op die Internet-bussie gespring en oralster ogies gewys, ander mense se mooiste foto's bekyk, hier en daar 'n geselsie gemaak en heeltyd bly gewees dat ek so geseënd is met soveel wonderlike vriende!!

So bly dat Mario se groot aand gestalte kry weens jou raakvat-hande! Die weervoorspelling is gelukkig in julle guns!!

Uncle Mac, as jy my weer bel op skype, moet jy 'online' gaan. Ek het jou oproep gemis en kon nie weer terugbel nie want jy is 'offline'. A nee a, vir wie kruip jy weg? Dis hoekom daar 7 opsies is om jou status te wys!! Daai 'invisible' enetjie werk nie lekker nie, hoor? Wat het julle vanaand geeët?

Anonymous said...

Watse enjin dryf Giniel in die Dakar? Moet 'n Volkswagen wees!!!! ;-))

Unknown said...

Jeweelkji, jy dinkie stryt'ie ... ek kan jou net klingel assik 'online' is .. anners issik self ook weg ... of hoe :-/0 ? My ete was 'n seekos pajella met basmatirys en orrijental sturfraai en groot pak (2Kg) garnale [jaaaa, sjrimps man .. ek weet garnale is sjrimps in Affirkaans] met aartappel wattik inni oond gelooi het tot hy so 'n skillpaddop skulliki het en o-ja, Tannie Anne eet'ie siekos'ie .. vir haar het ek 'n hunnir meddie rotsaari gedraai-braai en vir nagereg het ek hulle "Creamy Vanilla" roomys met 'n 2003 Allesverloren Port sousie oor .. en vir slaai hettik 'n reuse pynappel gesnipper ... en ek sien hier le lee bottels rond, so ek skat ons het iewers 'n sopie ook gemaak, hier le my '91 Roodeberg en altwee die '82 Tinta Barocca's is ook nou net nuttelose lee kruike.
Wou nog vra .. het een van julle dalk my kop gesien? Kyk tog waar julle trap as julle so oppi werf uit. En VANG daai ^^^^ agter sifdeur lat hy nie in sy maaaa in so hard toeklap nie. Vrede vi julle - ek moet gaan pak lattik v'mirrag kan vlie ... huis toe huistoe. O-jaaaaa, virre loopsoop hettik die manne "Botswanatjies" gevoer enni lydies hette Cape Velvet met gesmelte switserse tjoklitjie gekry [met 'n lippie Rum by] Almal se die voorgereg was moerse naaiz. en hulle wou toe nie die skaaprib met snipper kool in botter en witpepersous en panbakgroenbone he nie... glo dik se Jannie. Ek kook 'ie gou weer vir hulle nie :-(

Anonymous said...

Liewe aardetjie tog, Uncle Mac!! Jy kook!!!! Hoe water hierdie bêkkie van my dam nou!! Reis veilig en moenie my Rolo vergeet nie, né? ;-))

Anonymous said...

Mirrag julle almal! Hoop julle het 'n heerlike Sondagmiddag. Hier by ons hou ons van vroeg af fees - Kleinkatjie is vandag 4 en van sy 7 uur haar persente kom soek het is dit net lekker dinge vir haar. Daar is haar naampie toe ok in die kerk se afkondigingsblaaidjie en laat die dominie haar op die bank staan en sing die hele gemeente toe. (dis by ons tradisie as mens op die Sondag self verjaar). Toe natuurlik Spur toe en nou sit sy en haar nuwe speelgoed en opspeel voor haar nuwe Sleeping Beauty DVD.

Hierso, kom drink gou 'n koffietjie en hier is spesiaal vir julle driehoek kaaskoek.

Anonymous said...

Kiets/Zouga,baie geluk met klein katjie se verjaardag...gee haar spesiaal n' soentjie en drukkie van my...hoop sy gaan julle nog jare se geluk en pret verskaf...Mac,ai,ai...ek is darem nou sooo lus vir daardie shrimpsies....om nie eens te praat van die Cape velvet....Jewlsie,ja,alles verloop sover goed...net die weer moet saamspeel...ek dink soms wil Jesus vra....wat wil julle nou eintlik hê....as ek reen stuur ....is daar n' klompie wat kla en kerm...en as ek nie reen stuur...dan kerm en kla die ander lotjie...so wat wil julle nou eintlik hê....en ek wil soos nou sê..."Jammer Jesus...dat ek vra dat dit Saterdag aand nie moet reen ...dis my Boeboesie se spesiale aand...en ons gaan onder die hemelruim sit...en as dit reen, is ons almal sopnat"....Mac veilige reis....Kasie,jy is ook amper oppad...is die tassies al gepak...

Anonymous said...

"Die osse stap aan deerie stowwe, gedullig, gesienstig, gedwee; die jukke al drukkend hul skowwe - hul dra dit getroos en tevree." Die Ossewa - Jan FE Cilliers.

"Met dof-sware plof, soos koeels innie stof,
kommie eerste drupples neer,
tot dit ruis alom soos deur die gebrom
en gekraak vannie donnerweer.
Met kloue vooruit om te gryp en te buit
jaag 'n haelwolk langs verby,
soos 'n pêre-kommando wat dreun oorie lande
vertrap en gesel hy-
en sy lyke-kleed sien ek ver en breed
in die awendson gesprei." Jan FE Cilliers - Die Vlakte. http://www.woorde.co.za/Digters/cilliers.html

Daar's hy Jeweeltjie. En ja dankie, ek is veilig in Hargeisa. O en dankie vir daai Sally Williams nougat "vrugtekoek". Hy het agterie oor gesmaak.

Anonymous said...

Ag dankie, liewe Vlakkies!! Destyds het ons dit mos resitasies genoem wat ons in ons bloemlesings moes oorskryf, onthou jy? Ek wonder of Groenie nou weer iets te sê gaan hê!! ;-))

Ons verjaarsdagprinsessie is seker al teen hierdie tyd pens en pooitjies binne-in die bed!! Nogmaals baie geluk Katjie en Ramkat!!

Kaasie, Rooikoppie vra 'n vraag wat ek ook wil weet - is jy klaar gepak? En presies hoe opgewonde is jy om SA toe te kom? Oor 13 dae sien ek julle weer almal - jippieeeeee!!!!!!

Anonymous said...

Terug uit Tinisië. 2009 het vir my afgskop met 'n krisis kort voor Kersfees. Harmattan Mac, nie Ramadan nie. Ek het al twee baie lang dae in Port Harcourt lughawe deurgebring oor Lagos onder stof was en ons nie daar kon land nie. Hallo almal, en gesëende nuwejaar in Pretoria, Amsterdam, Hargeisa, Lagos of waarookal jy jou bevind.

Anonymous said...

Naand Bojaan en welkom t'rug. En ai, waar's my maniere! Kietsie, gee daai klein katjie 'n groot drukkie.

Anonymous said...

Kieter baie geluk met klein katjie se verjaardag, sy het seker soos 'n feetjie gelyk vandag! Vlakkies bly jy het veilig gereis. Jewls jy moet daai eiertjie lat uitbroei, daar is niks mooier as so 'n donsige kuikentjie nie (of dalk net 'n klein olifantjie, hulle is vir my te skattig). Nou gaan ek eers bietjie tee soek. Lekker aand vir almal.

Anonymous said...

Welkom terug in ons midde Bojaan....en ook n' voorspoedige jaar vir jou, en jou gesin...is die seuns darem al ingeburger in Petoorsdorp.....wonder waar is Smousie...Smousie!!!!...koewie....waar is jy...vertel bietjie hoe lyk die berg.....Vlakkies....ai,nou is al die kallers amper weer in die hok....een van die dae gaan ons almal weer heerlik klets op die stoep,ons beter die heerlike soel aande benut...een van die dae kruip die koue weer nader...en onthou julle nog...so in die middel winter...jou vingers verkluim behoorlik ....maar blog wil jy blog....en jou ruggraat pyn van die koue...maar sit sal jy sit.....Lekker aand vir elkeen...beter vroeg in die kooi spring.....môre is al die vakansie gangers terug...en die paaie gaan gons...so vroeg opstaan en aansukkel werk toe...Lekker slapies...xxxxx

Anonymous said...

ONDIER!!!!!! Ek was al regtig bekommerd omdat ons niks van jou hoor nie! Welkom terug!!! En mag die res van 2009 nou sommer kinderspeletjies vir jou wees! Vertel bietjie meer van wat jy beleef het, blieffies!!

Kort voor Kersfees het ek van Antjie gehoor en was so bly die liewe lawwe mens lewe nog! Mis haar net so baie hier! Ek het dae laas die maan gesien weens die bewolktheid, maar ek het 'n idee dit mag dalk vanaand volmaan wees? Ons moet weer Maanwater maak!!

Kiewiet, ons het so 'n gesukkel met die piepklein katjie gehad, dat ek nie nou kuikentjies wil hê nie!! En buitendien het ek daai eerste eiertjie al so baie afgeneem en gesoen, dat g'n kuikentjie daar sal wil uitkruip nie!! ;-)) Vir my is 'n vlakvarkie dam net die skattigste dingetjie op aarde!!

Vroulief, is jy okey? Dink aan jou!!

Anonymous said...

Nag, Rooikoppie! Ogies toe, né? Toe Liefkind omtrent so 4 jaar oud was het ek een oggend vir haar gevra hoe sy geslaap het. Eers het sy my so snaaks aangekyk en die volgende oomblik val sy op die vloer neer en demonstreer hoe sy geslaap het... Siestog, daarna het ek maar gevra of sy lekker geslaap het!! ;-))

Ja, ek wonder ook waar Smousie is!!

Anonymous said...

Nee, my tassie is nog nie gepak nie. Net besig om alles reg te kry en seker maak dat ek niks vergeet nie.
Hoe opgewonde kan 'n pa wees wat sy dogter weer gaan sien na 'n jaar en 'n half? Verskriklik baie! En as ek dan ook nog die gesiggies kan sien wat agter die plaaswoorde skuilgaan is dit nog 'n ekstra bonus.
Nog drie daggies se harde werk. Donderdag weg, Vrydag in Pretoria!
Lekker week julle almal.

Anonymous said...

More more almal! Lekker reënerige oggend om my nuwe jaar by die werk mee te begin. Dankie vir almal se mooi wense vir Kleinkatjie - die het soos 'n prinses in haar spesiale prinsessie rokkie gelyk en was erg bederf.

Kasie - sien so uit daarna om jou te ontmoet!

Lekker wek almal - vir jou ok Ondier - lekker om jou weer te sien.

Anonymous said...

Goeie moooore almal! Ek het vanoggend eers weer die moed om bietjie vlerke te sprei... Dis mos maar sleg as jou hartsmaat weggaan.

Maar die liewe-lawwe kletsery op die plaas is soos balsem.

Kieter, jou kroos word groot jong! Geniet elke oomblik van daai feetjie-katjie se bekkigheid. Dit gaan verskriklik gou verby.

Juis gisteroggend lank met my Blom-kind gesels. Sy babbel net oor ontgroening en modderbaddens en riool water om in af te spoel en deurnag wakkerbly... en allerhande ontgroenings-goette. Tot dusver gaan dit darem heel goed, hoop net dit gaan enduit so goed.

Ek lees net van almal wat reen gekry het - ek het net 'n paar druppels gehad, en nou op die Maandag - wat mos wasdag is, sous dit behoorlik.

Kasie ons sien uit om te ontmoet jong... Moet seblief net die die vlerkies te hard klap wanneer jy huis toe kom nie hoor!!

Mooi dag almal, hoop julle het almal 'n asemrowende week.
Nou moet Vroulief vinger uit die oor haal en self aan die gang kom!

Anonymous said...

Naandsê almal. Dankie Rooikoppie, die seuns hou te lekker vakansie op die oomblik, maar volgende week begin die oriënteringsweek. En die week daarna die klasse, en die week daarna JOOL, maar ek's nie bekommerd nie want my seuns het mos uit my foute geleer?

Anonymous said...

;-))

Anonymous said...

Bojaan,dink jy nou regtig ek moet jou glo....as ek dinge deesdae so hoor en bekyk, dink ek ons jonglewe was werlik n' Sondagskool piekniek...met al die stoutighede en al..:-)))....Vroulief,en hoe lyk dit daar by jou....wanneer begin jy weer neus in die boeke sit...mooi dag vir elkeen...en onthou die glimlag:-))))....xxxx

Anonymous said...

Goeie more almal, die senuwees knaag oor ons krieket-mannetjies so sukkel! Gelukkig is dit vir my 'n speletjie, maar julle moet Middelkind sien en hoor..!

Robyntjie, ek wil met jou saamstem, ons jongmens lewe was eintlik so mak soos lammetjies, want al was ons stout, was dit darem pret en min gevaarlik en baie min erge ongevalle! Ai, maar ek dink ver terug..
Sterkte Wb vir jou wanneer jy wel naels kou oor als wat gebeur... onthou my aanbod

Robyn, ek het nog nie veel kans gehad om te dink aan my skool-dinge nie. Hier gaan dit nog te dol. Blomkind begin haar studies, Middelkind het goed wat dringend afgehandel moet word voor hy eers kan registreer, en Ma is mos maar in die middel van als..
Ek het wel al die regstrasiefooi betaal... Ek DINK my klasse begin 28 Januarie..
... en ek maak gordyne - so voor die skool my aandag opslurp!!

Lieflike dag vir almal!

Anonymous said...

Dit SOUS te lekker!!

Anonymous said...

Mirrag almal! Vroulief, dankie vir die mooi woorde - wil haar net hou soos sy nou is - te oulik. Nou moet almal duime vashou dat daar Saterdag twee gapings in die reën is - tussen 10 en 1 vir Kleinkiets se Prinses en Seerower partytjie, en die aand vir Mario-kind se groot aand.

Wil jy notas vergelyk Robyntjie? Ek is amper klaar met die partytjie pakkies, die koek moet nog gebak word en more is terug skool-toe.

Anonymous said...

Kiets,ek giggel sommer...ai,die partytjies pakkies...vat sommer my gedagtes jare terug....sien dit het altyd so gewerk...Hantie se seun en Mario verskil 1jr 1dag 1uur...van mekaar...sooo vanaf 2jr...het ons altyd die partytjies saam gehou....dink jouself in....Mario se maatjies....en Ryno se maatjies = +- 20-25 matertjies....daar was die doeke en snotneus en help voer partytjies, springkasteel partytjies,"Slip+slide"partytjies,en o,wee die swem partytjies,op daardie staduim was hulle onderskeidelik 4 en 5...en so ook die maters...al wat ek daardie dag gedoen het was vlerkies aansit en kindertjies se koppe tel in die swembad,daarna was dit die Spur partytjies,die bergklim met die seuns,tye....en later die kamp met die seuns tye....en toe kom die tienie boppe tienie tyd...genade...net seuns...en hulle hou "bull fights" op opgeblaasde trekker binnebande in die swembad.... braai vleis en maak hamburgers....en toe kom die sweet 16...daar word vooraf gewaarsku teen drank en rook,en die moets en moenies word uitgespel,terug na die twee geslagte...en hier kom die meisie kinders, wat nou ontpop het in swane..te pragtig...eet so fyntjies..en bietjies-bietjies....en die seuns staan eenkant en probeer "shine " vang....giggel ook maar soos bakvissies....en die blosende meisietjies, giggel agter fyn handjies....en presies 11uur kom die ouers hulle haal,vir hul eie veiligheid en 12uur is alles verby want dan moet die seuns by die huis wees....so sleep ons voort na 18...genade,sommige van die maters is byna onherkenbaar...intussen het daar stoppels verskyn...die skouers is breër,die stemme growwer,en hier en daar sien jy die kooltjie in die donker gloei,en jou keel trek toe,as hulle dit doen ,wat nog....en jy mag ook nie inmeng...jy moet nou die "cool" mamma wees...jy vermaan,en daar word belowe...en jy loer maar so deur die venster...en bid...maar alles verloop goed,en my hart swel van trots,want ek was nooit teleurgestel, môre word my Boeboesie 21,sy ma se trots, die volwasse man,staan met sy twee groot nr 9 skoene, stewig op die aarde,en ek dank die Liewe Heer,vir my seun,en dat Sy hand oor Mario sal wees, in die toekoms van volwassene,hom sal beskerm, bewaar,en lei....en ja,net soos jy Kiets, hoop ek ons kan Saterdag vir hulle net ons beste gee,en dat alles goed sal verloop,want hulle is baie spesiaal....geniet die voorberiedings,tye gaan so gou verby,en hulle word so gou groot....ek is nou besig met die mandjies wat op die tafels gaan kom,Koring are ,ystervark penne en Oranje Gerberas...ai,dink ek nou aan Mieks....Lekker slapies al die maters....wees lief vir mekaar....xxxx

Anonymous said...

Lekker giggel ek nou vir jou vertel Rooikop-Robyn-Linda... My baas se dogtertjie gaan vandag Graad Een toe, die verkeer is ekstra swaar, en ek onthou nou skielik vandag toe ek 22 jaar gelede die eerste keer skool toe is. My oë het maar gebrand, en ek onthou nog die dogtertjie met wie ek 'n tafel moes deel het sulke spierwit blonde hare gehad, kan glad nie haar naam onthou nie...

cat said...
This comment has been removed by the author.
Anonymous said...

More almal! Ai Rooikappetjie, hierdie een gaan ek uitprint en hou in my onthou boekie sodat ek dit kan lees soos my kinders se jare aangaan. Wat 'n pratige vertel. Arme Zouga het gisteraand seerower Jolly rogers op boksies geplak en marshmallow seerowers en prinsesse help ma. Vir 'n beter maat en pa kon ek wragtig nie gevra het nie.

Jou ruikers klink te pragtig! Kleinkiets is natuurlik vanoggend skool toe - was maar hartseer, maar sal seker teen more weer nie kan wag om te gaan nie.

Ptrysie, dink ek nou terug aan graad een - dit was baie baie jare terug - my vriendin se tweeling gaan juis vanmore graad een toe. Ai, hoe vlieg die tyd!

Anonymous said...

Man, maar julle kan mens se dink op ver paaie sit.. Spikkel-patrys, ek het 'n laerskool omtrent oorkant die huis... Eerste dag van die skooljaar staan die karre van die ma's en pa's dat mens moeilik uit jou erf kom!
En as ek terug dink aan my eerste skooldag onthou het net hoe bang en onseker ek was. Die kleingoed van vandag is so seker en trots!

Ek stem saam met Robyn, mens moet jou kinders geniet wanneer hulle so klein is, die tyd vlieg met 'n vaart onder jou uit!! Mens kan ook onmoontlik al die kosbaarheidjies van jou kinders onthou - en geseen is ons wat na ons jong volwasse kinders kyk en dankbaar en trots kan wees oor wie hulle is. Daar is soveel ouers wat na hulle kyk met angs en vrees oor wat van hulle gaan word oor verkeerde besluite en groooot foute wat hulle kinders gemaak het

Ek stem so innig saam, wees lief vir mekaar, tyd is min en kosbaar!

Mooi dag vir almal!

Anonymous said...

Baie geluk met Mario se verjaardag Robyn!!

Anonymous said...

Geluk met jou groot seun-man se verjaarsdag Rooikappetjie!

Rudie Thirion said...
This comment has been removed by the author.
Anonymous said...

Kietsie, askies lat ek nou jou plaas so loop sta' slorderag maak. Ek weetie wat ek nou geloop sta aanvang hettie.

Anonymous said...

Wat ek hierbo wil geloop sta' sê het. Geluk Mario ou bul. Mag jou paaie die jaar mooi loop. En as dit lyk of dit die dag 'n moerse smêsh is, byt vas, beur vorentoe en druk deur. As jy daarna trugkyk, sal jy sien hy was toe nie so roffie. En da' sien jy sommer kans vir nog groter moelikgeite. En geluk ook aan pa Willie en ma Rooikappie.

Anonymous said...

Dit was 'n bietjie dol die laaste paar dae en maar min tyd gehad om te kuier op die plaas. - Kiets en Zouga, geluk met jul klein prinsessie se verjaardag, ek is seker dit was mooi. - Robyn-Linda, Boeboesie het nou Super-Mario geword! Baie geluk, nie net vir hom nie, maar ook vir jou en Willie. Wees trots, julle het dit verdien. Só mooi Linda hoe jy die jong geskiedenis verwoord het. Dit laat my ook dink, met my tassie gepak stap ek môremiddag deur die lughawe van Amsterdam, op pad na die aerie en my kind toe. Sy mag dan al 'n volwasse vrou van 28 jaar wees, maar dit bly my kind. Geniet die kinders nie net as hulle klein is nie, maar ook as hulle groot is, dit bly altyd ons kinders. Soos my liewe ma vanaand oor die foon vir my gesê het; die mooiste wat hierdie jaar met jou gebeur is die drukkie van Bernice, Vrydagoggend op die lughawe van Johannesburg. - Ek is amper op pad, sien julle gou.

Anonymous said...

Ai,so baie dankie aan almal vir die gelukwense, en mooi woorde.....dankie dat ek dit met julle as vriende kon deel...Mario sê ook dankie vir die mooi boodskappies.....ons het sommer as gesin heerlik gaan uiteet,en vandaar het hy en n' paar vriende net gaan "chill" soos hy dit noem....en getrou aan sy geaardheid...was hy net na 12 terug by die huis...my n' druksoen kom gee...sodat ek weet hy is veilig...en in die kooi gespring.....Kasie,sjoe .....jy is amper in lekker warm land...maar ons kry deesdae so lekker reen....en alles is sopnat, en die humiditeit hoog...jy sal dink dis KZN.....kiets,hoe vorder jy.....dinge begin nou einde toe staan,en finale reelings moet getref word en bestellings moet afgehaal word....ai,ek lag so lekker...die skaap is bestel...hulle sal hom nou vir ons op die spit vasmaak...dan moet hy gehaal word...by die volgende slaghuis afgelaai word om die sout inspuitings te kry...en in hulle koelkamer bly tot Saterdag oggend....dit voel net aardig om nou met die dooie gespalkte dier rond te karring.....as mens die ding klaar opgesny in die pakkies koop...dan voel dit reg.....sal nou nie sê ek kom van n' plaas af né....☺☺☺.....mooi daggie vir elkeen...en onthou die glimlag....al is hy soms skeef en krom....☺☺☺

Anonymous said...

Ai Rooikappetjie, dit klink my na baie meer beslommernis as seerower kopdoeke, prinseskrone en 'n waterglybaan! Sterkte daar.

Kasie - gaan so lekker wees om jou te ontmoet! En Vlakkies, dankie ok vir die mooi wense.

Anonymous said...

Nee, nee - nou waar is almal! Rooikappetjie, als reg en gedoen? Eks ien hulle voorspel donderstorms more aand, maar soos ons liewe Lucy sê - "Daai mense raai ok maar net". Lekker dag vir almal.

Anonymous said...

Kiets,neeeee!!!!!....jy moet nie so sê....ek hol weg.....ek het op die TV se weerberig gesien 30%....ai,my senuwees gaan dit nie hou.....wou dit onderdak hou...maar nee,die jeug met hul voortvaarenheid,het ander idees,en keuses....en mamma moet nie bekommer...maar ek bekommer wel,want as dit reen,is al my mooi beplannings "down the drain"....so seblief...groot seblief ...hou duim vas!!!!GEEN REEN!!!!...vanaf 4uur Saterdag die 17de......skuus Jesus ....maar ek is desperaat.....Kiets ,hoop al jou beplannings en voorbereidings werk uit....en hoop Prinsessie geniet elke oomblik....mooi dag vir elkeen....DIS VRYDAG!!!!!!.....wonder of Kasie al geland het.....

Anonymous said...

Ek hoop nie ek is nou te laat nie, maar baie sterkte vir julle tweetjies wat so braaf is om partytjies vir julle geliefdes te reël!! Dit sal verseker goed gaan en die reën gaan wegbly, hoor my lied!! Neem baie foto's en kom wys ons, hoor?

Welkom in sonnige Suid-Afrika, Kaasie!! Ek hoop jou kuiertjie is lank, aangenaam en baie interessant!!

Anonymous said...

Is dit moontlik? Om half drie word dit donker, donderweer kom aangedreun, hael val, die sluise van die hemel gaan oop en net 'n uur later, skyn die pragson weer... Ai toggie, ek bekommer al heeldag oor daai twee partytjies!!

My Pa gaan môre vir my 'n tjoppie braai hier op my erf. Ek is so opgewonde soos 'n kind daaroor!!

Unknown said...
This comment has been removed by the author.
Anonymous said...

Hallo almal, ek is in Petoorsdorp en vir die eerste keer in jare kry ek warm. My Petoorskind kyk baie mooi agter haar pa en ek geniet dit. - Robyntjie en Kiets, hoe was die parties? Ek hoop dit was droog by julle, net soos by ons in Waverley. Jeweel, geniet jou braai saam met jou Pa en Ma. Geniet jul Sondag almal en ek hoop ek sien julle almal volgende naweek.

Anonymous said...

Kaplaks.....sjoe..val ek amper oor my eie voete...nie oor die redes wat julle nou aan dink...maar omdat ek kis...kapot...erg moeg is....die partytjie was n' reuse sukses...en die uitdrukking van dankbaarheid en trots op my Boeboesie se gesig, het alles die moeite werd gemaak....eerstens wil ek dankie sê aan Jesus,dat alles so goed verloop het,oral het dit geblits en gedonder, en selfs soos Jewlsie sê gehael,maar hier in die Noorde was dit heeeerlik, sonnig en warm....tweedens wil ek dankie sê aan al die maters vir jul boodskappies van omgee....onder die groen bome dak en gras tapyt het die tafels gestaan getooi in swart en helder oranje,die lanterns het n' gesellige atmosfeer geskep,en is afgerond met mandjies met ystervark penne ,koring are en oranje Gerberas...die skaap op die spit,slaai en die soetigheidjie na die tyd het goed afgegaan,die jong klomp het soos ruspers toegesak, en weinig het oorgebly...en dit wat wel oorgebly het...is later weer verder verorber....die musiek het heerlik ritmies gespeel met flitsende ligte, en die jongklomp het uitbundig saam gesing met sommige van die liedjies...dit was heerlik om ook van die maters weer te sien nadat hulle 3jr terug uit die skool is...hulle het my opgewonde gegryp,in die rondte geswaai en gesê,jis,tannie lekker om jou weer te sien, en my n' klapsoen op die wang gegee....want hulle kan nog onthou hoe hierdie einste rooikop tannie haar keel rou geskreeu het langs die rugby veld☺☺☺.....die joligheid het aangehou tot in die vroee oggend ure....en toe ek so terugry huistoe...en die eerste reen druppels op my motor ruit plof,het my hart warm geklop,nou kan dit maar reen....alles welgedaan....dis nou alles in n' neute dop.Kiets,ek het die heel tyd aan jou en Zouga gedink,hoop Prinsessie se dag was ook n' reuse sukses,met kinder laggies en vrolikheid....Uncle Mac,geluk ook met Emma se verjaardag,en dit was seker heerlik om dit met haar te kon deel,Kasie,welkom in Warmland...bly jy is veilig, en dat jy die tydjie saam met jou dierbares kan verwyl....Jewlsie hoe het daardie tjoppie toe geproe,hoop jy het n' heerlike dag met pa en ma goed gehad....ek gaan maar vroeg inkruip .....die laat nagte is nie vir ou mense...☺☺☺...lekker slapies xxxx

Anonymous said...

Sommer drie hoera's!! Twee partytjies was 'n sukses, Emma'tjie het verjaar en Kaasie is veilig!! Dit is sulke goeie nuus vir my dat ek skoon juig, soos Bergbok altyd doen!!!! Kampkoors verjaar ook vandag! Vir my was dit die mooiste dag onder die son... Pappa het so hier en daar raakgevat op my lomp erf, goetertjies weer laat werk, Mamma en Liefkind het geplant, stiggies gesteel en toe hulle wegry toe tjank ek dam te lekker!!! Net so voor hulle Lydenburg inry, sms Mams my: "Jou kos was heerlik!" Ag, dis so lekker om geprys te word deur mense wat omgee...

Anonymous said...

Liewe Oom en Tannie Spikkels. Baie geluk met julle huweliksherdenking!!! Liefde, Jewls. xxxxx

Anonymous said...

Naandsê almal!! Ek het gister sooo asem opgehou vir die partytjies, nou kom ek agter als was 'n grooot sukses.
Maar Jewlsie, en en jy is nie te ver vanmekaar nie, ek het nie hael gehad nie, maar die wind het in my direkte omgewing nogal skade aangerig.
Net 'n stuk skadunet by my los geruk en oor die huis se dak gedrapeer... Middelkind het dit vandag 'herwin' en weer op sy plek gespan... en als is by my weer reg!

My buurvrou se tuinhuisie van sink het heelwat meer skade. Die dakkie is heel ingeduik, dis 'n dak maar dis ook nie meer 'n dak nie. Plate is so-te-sê tot niet!!

Almal wat werk, wees dankbaar en geniet 'n salige week, ek werk weer in ongevalle, en dit het maar rof gegaan die afgelope week!

Kasie, sien uit om jou te ontmoet!!

Anonymous said...

More more julle almal! En dankie vir die duime vashou vir die partytjie - dit (en die waterglybaan) was 'n reuse sukses. Prinsessie het onomwonde gestel dat dit haar beste partytjie nog was en spontaan vir ons albei dankie gesê - wat wil mens nou meer hê?

Ek sal nou -nou almal se nuus kom lees. Dink asb aan ons - klein Leontjie gaan vanmore oogspesialis toe sodat ons kan uitvind wat aan sy skeelogie gedoen kan word.

10 drukkies vir almal.

Anonymous said...

Jewlsie,jy is sooo bevoorreg om nog tydjies met Pappa en Mamma te deel...en Liefkind met haar ouma en oupa....bly julle het dit geniet...dis sooooo spesiaal....Vroulief...bly jou plek is nog in een stuk...en sien uit daarna om jou weer te sien...Kiets,dink en bid vir julle,by Jesus is niks onmoontlik....ek gaan nou pad vat....mooi aand vir elkeen...veilig wees....en Kasie.....geniet die lekker kuier!!!!

Anonymous said...

Naand almal - ek is besig om fotos van die partytjie op bakkiesboek te laai. So kom kyk gerus as julle wil.

Wel, Leontjie gaan nou bril dra - sy een ogie is 6 en die ander normaal. Verder gaan ons Vrydag na 'n retina spesialis toe. Hoop om dan meer te weet. Nou wil ek net weet oe mens 'n 15 maande oue seuntjie oorreed om bril te dra!

Unknown said...

15 maande seuntjie laat bril dra ??? ek bad liewer 'n kat ... KAAL hande [oftewel, sonner handskoene]
Hi Kieter ... twee van my spruite moes ook bril doen ... maar hulle het nie oorlat hulle nie wou nie ... en altwee loop v'dag nog [een is 30, anner een 23] meest'al sonner bril.

Anonymous said...

Veels Geluk liewe Groenie...mag hierdie dag, en die res wat volg net mooi dinge inhou....gesondheid, liefde en leef elke dag voluit...want jy is baie spesiaal....xxxx

Anonymous said...

Veels geluk liewe Groenie! Mag jy 'n wip-in -die -stap- alles -ban -die beste-jaar hê.

Gits ja, en daar skryf ek toe nou ook nonsies- Leon se een ogie is -6 - dis 'n lens so dik soos 'n cokebottel onderkant. Die arme mensie kan omtrent nie sien deur die ogei nie. Wel Oompie, ons sal maar MOET volhou en probeer orreed. Enige goeie idees?

Oompie, is jy nog nie op Bakkiesboek nie?

Anonymous said...

Veels geluk liewe Groenes omdat jy verjaar! Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar!! ♥

Ek gaan tannie word, in Augustus van hierdie jaar...!! Jippeeeeeeeeeee!! My kleinsus se kleindingetjie is 'n volle 1.7cm groot, te pragtig!!! :-)))

Dankie Jewlsie, ek dra dit aan hulle oor!

Anonymous said...

Hallo maters!!! Ja toe nou, dis nie nodig om flou te val nie. Deesdae vat dit baie spesiale geleenthede om Makou uit sy skuil plek te kry :-))).

Veels geluk met jou verjaarsdag Groenie!!!! Mag die Jirre jouse binneste roer en mag suffel goedgeit jou slat lat jy loop skaamkry oor allie genade, gesondheid, liefde en al darie mooi goeters!!!!!!

Ek hoop jy word vandag groot bederf!

Anonymous said...

Gits Wille ding! Wonderlik om van jou te hoot! Geluk Spikkels! Dis so spesiaal om tante te word.

Ai julle, gaan ek en Ouma toe nou vandag om balletklere vir Kleinkatjie te koop - die begin more met klasse. Ag, julle moet daai ou lyfie in die pienk kleertjies sien man! My hart smelt sommer.

groeni said...

en da val ek ni uiti bus uitni.. danki alma..sien, nou en dan, kry ek dit darm reg om te loer...danki.. vir so baie. jul vriendskappe, wense en somme anne goete ook... ons vat dit rustig, sal whizza en vino... dis nou my weergawe van tee... virri koek, sklp ons dit en tequila ma net.

Anonymous said...

Tjeersh Groeni!

Anonymous said...

Gits Makou, dat jy dit nou regkry om my hier te laat sit en tik!! Ek is baie bly om te sien jy leef nog jong.
Met die dat Vlaktekind in Kenia is vir die week, is hy nie eers aanlyn waarvan ek weet nie, sukkel om weer die koppie geswaai te kry nadat hy weer weg is werk toe!

Groenie, ek moet bely, ek het bietjie vergeet van jou verjaardag... Darem nie oor sommer nie; Die werk in ongevalle VAT aan my, dan is ek bietjie moeg..
Nietemin, baie, baie geluk met jou verjaardag! Mag hierdie jaar vir jou en al jou geliefdes besonders wees. Mag jy geluk en vrede in oorvloed beleef...

Kieter, ek kan my net voorstel, daai fraaie klein dingetjie in die balletkleertjies.

Nou gaan ek eers oefen om vandag se ongevalle uit my sisteem te kry! Sien julle almal by die braai?

Anonymous said...

veels geluk groenie

Kieter, ons het dieselfde deurgegaan, twee keer. Dis glad nie so erg soos jy dink nie - voor jy weet is lamal gewoond daaraan. Die maatjies is 'n probleem as hulle klein is maar ook nie so erg nie. En ja, jy gaan deur brille laat jy moedeloos word, begroot maar :). Ons moes ook nog oklusieterapie doen (een ogie op 'n slag toeplak). Dis baie belangrik dat julle dit vroeg ontdek het. Ons een het 'lae visie' en ons is deur al die 'trials and tribulations', stuur my 'n email as jy raad soek.

Anonymous said...

More more almal! Ja Vroulief, sien jou by die braai! Dankie vir die bemoediging WB - die oogspesialis het gepraat van ogies toemaak, maar hy wil eers na so 3 maande van bril dra evalueer. Sien, die selgte ogie is so sleg dat as ons die goeie een toemaak sal hy niks kan sien nie, of so verstaan ek.

Anonymous said...

Maters,ek sien "Knypie op die kant2"kom weer op die planke by Staats teater,vanaf 7Feb tot 1ste Maart,pryse wissel vanaf R150-R190....miskien moet ons weer so groep poging aanwend....dit is heerlike vermaak..laat jou skoon vergeet van al die sorge en pyne....Kiets,Leontjie lyk te oulik met die bril,so regte klein meneertjie....sterkte vir julle...en waar is die res va die maters...moet ek nou al weer alleen al die hoenders kos gee...Vlakkies jy sal moet help met die melkery...Blommetjie skop die emmer uit my hand....kyk net hoe staan die bossies,na al die lekker reens....nee,kyk hier sal orde geskep moet word...een van die dae is ons plaas ook net n' "Vergete Droom".....alles vervalle....☺☺☺....mis julle ...xxxx

Anonymous said...

Ek stem Rooikappetjie, voel my asof alleen hier rondwandel. Ou Wagter gaan maar vanaand saam met my huis - toe, so alleen kan hy nie bly nie.

Unknown said...
This comment has been removed by the author.
Anonymous said...

Boekemeester, ek hoop jy het 'n pragdag - lekker verjaar!!! Liefde, Jewls. xxxxx

Anonymous said...

Smousie - baie baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jaar vol mooi bergtonele, wonderlike boekfondse en genoeg snoek en kreef wees.

Anonymous said...

Lèkker verjaar Smousie, lèkker verjaar!! Mag die jaar vir jou goed wees!!

EN.DIT.IS...........VRYDAAAAAG!!!

♥♥♥

Anonymous said...

Nee, dis plaas sal nie 'n "Vergete Droom" word nie Robyn!! Dit klink na 'n goeie idee Kieters, ek is baie lus daarvoor. Sal bietjie met Gentleman bespreek. Ek wonder waar is Antjie, ek't vandag haar raad omtrent pantoffels en koerante aandra nodig... ;-)

Anonymous said...

Nog net een slapie, Uncle Mac!! ;-)) Spikkels, Antjie is in die Drakensberge en stuur baie liefde en groete vir almal!! Kom julle tweetjies môre-aand na my huis toe? Dan kan jy sommer kyk hoe Rooikop-Robyn die pantoffel-ding doen!! Ek is so opgewonde om julle almal weer te sien!!!

Anonymous said...

Smousie.....die dag hardloop met my weg.....maar ek het jou nie vergeet....mag jy n' asemrowende...ogies omdop van lekkerte dag beleef...en mag die jaar wat voorlê,seepglad wees,sodat jou bootjie ongestoord kan vaar....Jewlsie,wat nou van pantoffels...moet ons met jammies en pantoffies kom....mmmmm....☺☺☺....

Anonymous said...

Ek wil nou net 'n ploffie hê en baie daarvan want ek kan nie more-aand daar wees nie!!

Anonymous said...

Neem asseblief baie foto's?

Anonymous said...

:-) ek was nommer 100

Anonymous said...

Ag nee,Spikkels...dis n' ramp...en seker die eerste keer dat jy nie n' byeenkoms kan bywoon.....het nogal so uitgesien om jou wer te sien....

Anonymous said...

Dankie uit my hart uit vir jul mooi wense.

Anonymous said...

Dit was lekkerrrrrr!!! Dankie dat julle hierdie aand vir my so mooi gemaak het!! Liefde, Jewls. xxxxx

Anonymous said...

Dag allie vrinne en vrindinne. Smaak my ek is nou ver agter so lat ek gou inhaal. Kiets, 'n nefietjie van my het ok van kleins af bril gedra oor 'n skeelkykery. Dit was nogal groot opspraak innie familie oor die kleine nefietjie mittie bril. Maar sover ek weet leef hy nog ;-). Mac, waffer kat wil jy nou bad? Moet nou nie hanne ytruk mit die lat jy nou onner Dwergie se vlerk yt issie. Of is sy saam mit jou hier? Drakie en Smous, baie geluk. Maggie jaar vir julle mooi wees. Dit was lekker in Kenya. Dissie aldag lat jy innie môre wakker worre en by die venster ytkyk ennie waterbokke oppie werf sien weie nie. Ennie kameelpêre sommer net hier annerkant staat knibbel aanie hoë blare. Ennie seekoeie (regtes) hier annerkant innie meer blaas. En jy die visarend hoor roep. Aaaai ai ai ai. Die mooiste roep in Afrika.

Anonymous said...

Vlakkies!!!! Net gisteraand vertel Vroulief dat jy sonder 'n vonkie sit, so dis 'n heerlike verrassing om jou hier te kry, al dromend oor die mooie Afrika!!

Kasie het sy verjaarsdag hierdie jaar begin deur in my warm swembad te sit en sterretjies kyk en danksy Uncle Mac weet ons nou waar die Noordewyser is!! Kasie, ek hoop jou spesiale dag is 'n fees en dat jou nuwe lewensjaar vir jou groot vreugde sal bring!! Liefde, Jewls. xxxxx

Anonymous said...

Jewlsie,baie dankie vir die heerlike gesellige aand wat jy vir ons gereel het,Liefkind en haar maatjie het ons spesiaal ingewag by die hek,en welkom geheet,en daarna was dit n' gebabbel en gelag,amper soos n' babelse verwarring,ai,Uncle Mac was weer op sy stukke met sy vertellinge...en tussendeur het ons te heerlik gelag,vir Kasie se kwinkslae,ons het ook vir Smousie uitgesnuffel per foon,om hom weereens geluk te wens met sy verjaardag,wat toe al twee dae duur,party mense is net baie gelukkig...☺☺☺...Ons almal het heerlik vir hom saam gesing...en toe het Jewlsie en Veertjie n' duet gelewer,en dit alles per foon,te pragtig ,...en toe het ek sommer ook die bekentenis amptelik gedoen.....ek en Kasie ken mekaar al 25jr...ek het hom genooi om ook aan te sluit by ons op die plaas,maar het besluit dat ons die feit dat ons mekaar ken, sal weerhou tot hy weer in Suid-Afrka kom kuier,en dan die bekentenis sal doen, as verrassing,sodra ons en die plaas mense bymekaar kom vir n' braai....so nou is die aap uit die mou....Ai,dit was ook heerlik om al die maters weer te sien,Vroulief,Kiets Veertjie....en natuurlik het Liekind en haar maatjie vir ons gesing,ai,julle tweetjie was te oulik...en so kom n' heerlike gesellige aand tot n' einde...tot volgende keer....

Anonymous said...

Baie geluk met jou verjaardag gister Kasie, hoop dit was 'n goeie dag en mag die jaar geseënd wees!!

Sal iemand asseblief iewers 'n fototjie laai, en nog stories vertel van die aand...? Groot asseblief?

Geniet vandag!

Anonymous said...

More more almal! Jeweeltjie, baie baie dankie vir jou gasvryheid Saterdagaand en dankie een en almal vir die lekker kuier. Mense, julle is een en almal vir my spesiaal.

Ek dink aan 'n manier vir ons om fotos te kan plaas - vir nou, as jy iets baie spesiaal het mail dit vir my. Ek sal 'n paar probeer plaas hierso.

Anonymous said...

Ek het 'n storetjie oor Saterdagaand. Dit lyk my Uncle Mac maak nou 'n gewoonte daarvan om kamstig te verdwaal en dan moet ek mos die strate invaar om hom te beduie en te gaan haal. Ek dink hy wil net hê ek moet daai laaste blok of twee saam met hom ry sodat ek sy nuwe trokke kan bewonder... ;-))

Ek kry nog nie my foto's afgelaai nie, so jy sal maar moet wag Spikkeltjies!!

Rooikoppie, ek het so die giggels gekry toe ek lees jy sê daar was 'n babelse verwarring soos almal gelyk praat en lag en opgewonde was om mekaar weer te sien. Dit is so! Julle was wraggies enige gasvrou se droom!!! Nogmaals dankie vir julle spontane teenwoordigheid en vir al die geskenke, blomme, slaaie, nageregte en broodjies!! Ek waardeer dit so baie!! xxxxx

Anonymous said...

O, ek het nog 'n storie. Toe ons besluit om vir Smousie te sing en hy antwoord nie sy foon nie, toe bel ek sy vriendin: "Patrysie, ons bloggers kuier nou hier by my huis en ons wil gou vir Leon sing omdat hy gister verjaar het", sê ek vir haar. Nou sing ons en elkeen praat persoonlik met hom en iewers duik die vraag op: "Is Patrysie by Smousie se partytjie? Is dit hoekom sy nie hier is nie?" Toe moes ek eers mooi verduidelik dat Patrysie eintlik Patricia is en nie Spikkels nie... Hie-hie!! So, hoe was jou naweek, Spikkel-Patrys? ;-))

Unknown said...

Gmfff - kamstag kastag se gggg - g'n mens kanne plek kry as jy hom bedyje nie... wonner nounopeg hoe die anner daar gekom het.
En Lobo is g'n nuut 'ie, die arme ding is al bydie 27 jaar oud. En nou ry ik hom soos 'n Datsun SSS, voet inni hoek allipad.
Maar wag, ik's alweer ongeskukk - Jeweelkjie my kjent - BAIJA bajja dankie virri oppgooi vwan jou werf, jou huis, jou swemdam en jou hart.
Ek het lekker gekuier en ek is seker alli anner ook.
Bai dankie virri spinnekop episode, dit was nou spesjil v'by.
Eisjjj - en omm Kaasman van oog-totoog te sien saam m't sy fendemlie - DIT was nou groot. En Mevrou Vlaktes .. mesn, dis nou 'n lekkerken mens daai. Sy laat my opslag dink aan Audry Blignault se "Plesierboom" .. Dankie julle, ons maak weer so.
Boggejaan - waa's jy?

Anonymous said...

More more almal - mag julle 'n lekker koel dag hê! Is dit nou nie lekker nie?

Anonymous said...

In die agtergrond hoor ek 'n haan wat kraai. Vergeet dadelik dat ek eintlik moet luister wat die omie oor die telefoon sê, spits my ore en hoor dan ander plaasgeluide in sy wêreld wat ek per telefoon kan sien - vinke, mossies, weer die haan, 'n paar henne, en verbeel ek my of is dit melkemmers wat teen mekaar ratel? "Dan sal jy so maak dametjie?" "Uhm, ja oom, ek maak so." Ek't nie 'n clue wat ek moet doen nie. Ek wens eintlik die omie wil langer gesels want ek is sèker dis melkemmers gewees. Amper begin ek hom uitvra oor hoe dit lyk op sy plaas of plot of watookal vanmore, dit klink so mooi daar. Maar ek kan nie want hy is 'n kliënt en hy het my gebel en ek moet fooie skryf vir die oproep, elke minuut duurder.

Spikkel-Patrys se naweek was goed, baie dankie. Ek was in Johannesburg, nie die Kaap nie.

Spikkel-Patrys het 'n groot groen duiweltjie van jaloesie wat op haar skouer kom sit elke keer as sy lees van julle se kuier. Ek wil/wou ook!! :-)

Solank ek kan foto's sien. Die jaar nog asseblief. :-)

Die son skyn nou weer maar die wolke is darem steeds hier. Hoop dit bly so reënerig vandag.

Anonymous said...

Mag ek 'seblief ook 'n stuiwer in die armbeurs gooi oor die blog braai..? Dit was lieflik, ek was naderhand sooo vaak dat my oë net wil toeval, maar ek was net te bang ek mis iets... toe moes ek maar later gaan slaap! En as ek die dinge so kyk, het ek wel pret gemis!!
Jewlsie, baie dankie vir 'n heerlike kuier, en weereens, jou soetje was heerlik! Dit was groot-groot bederf.

Intussen het my en Middelkind se skole begin, en hardloop ons so bietjie soos afkop-hoenders om al die goedd te doen wat gedoen moet word... Maters, as julle 'n grooot ontploffing hoor, moet julle weet dat ek daai groot-skool opgeblaas het. Ek het nou elke jaar een-of-anner probleem met my vakke, en almal wat so slim is trek hulle skouers op!

Julle kan maar giggel... Ek is verskriklik opgewonde oor die vakinhoud van die eerste semester - ek praat van my hofvak! Nou begin ons met die regte werk! Ek kom al nader aan droom-verwesenlik!

Ai Spikkel-patrys, ons almal was so jammer dat jy nie daar kon wees nie, want dit was omtrent 'n lekker aand. Kasie om jou en ook jou mooie meisiekind en mamma te ontmoet!! Ai dit was tog te lekker!

Ek moet sê ons vrolike singery vir Smousie het ander seker laat dink ons is bietjie mallerig, maar dit was tog te lekker!

Oom Mac, gedra jou, en ry tog veilig op die paaie in Afrika!

Lekker slaap almal, ek stem saam dit is wonderlik om die lieflike mense van die plaas te ken...

Unknown said...

Huh ??? Hukkom muttik my gedra ?? Dis mos orders virri kjennirkjies daai ;-)) Is reg Vroulief vanni Vlaktes - ik sal my beteul.
Boggejaan -- waaa's jy? Het jou ook daa v'wag. Jeweelkjie, jou swembad se kloor is te sterk - my onnerswembroek is hjeelamal verkleur. hy's nou pers :-)) :-/ ??

Anonymous said...

Hmmmm, amper tyd om onder my kombersie te lê en rooiwyn drink...

Anonymous said...

Vlakkies dankie vir jou wense, dit beteken vir my baie. Jewls vir jou en die Lekkerkry Akapellakoor se rendisie van "Happy Birthday" of wassit "Veels geluk liewe Smousie" kannie onthou nie want dit was 'n emosionele oomblik, dankie uit my hart uit en jou en Veertjie se duet finalé "was most exsquisite".
Vir elkeen van julle se persoonlike kuiertjie in my oor, dankie, dis woord vir woord toegedraai in waardering en verpak in my geheue argiewe.

Anonymous said...

'n Nag se arbeid lê welgedaan in plek en sit ek nou terug en kyk hoe Son in al haar verleidelikheid vir ou Berg straal vir straal in haar boesem in streel.......

Anonymous said...

Nooit gedink ek sal dit ooit aanskou nie, maar ek's amper seker die ou het nounet die 12 Apostels op hul plek gesit. Die ongeduldige spul willie wag vir hul dans met sononner nie en wil sommer inchip met Berg se ontbytsdans!

Anonymous said...

Ek voel so geseën, alhoewel ek nagdeur gewerk het, is ek nog steeds bevoorreg om die son se oggendspel vanuit my kantoor se prentjieraam te geniet. Sopas 'n voorstedelike bus vol gesigte sien verbyjaag. Jinne ek's geseën!

Anonymous said...

"Grandpa tell me about the good old days" sing Betty Jean nou in my ore. Ai Betty lank lank gelede was daar 'n Prinses en haar Ridder en meer onlangs was daar Staal en sy Doeda, maar dit was lank gelede toe mense nog edel was.

Anonymous said...

Hoe mis ek nou vir Staal en sy Doeda, en Ridder en Silwer... :-) Gaan slaap bietjie Smous, later is die mensdom weer vir jou edel!

Anonymous said...

Gaat nou see toe Spikkeltjie. Bietjie die branders oor en deur my liggaam en siel laat spoel. Dink Moeder Natuur het vergeet ommie suid-ooster te betaal, want hy staak oppie oomblik, dus gaat daar maar sulke effe brandertjies wees, net reg omme ou lyf speels uit te spoel oppie strand, keer na keer tottie omie se kierie keelvol raak virrie water.....

Anonymous said...

Lewensgeluk is nie 'n deurlopende vertoning nie. Egte lewensgeluk kom en gaan en duur meestal nie lank nie. Die res van die tyd dink jy daaraan en wag daarop!

Jou voetspore lê nie net langs die bloudam se branders vandag nie, my geliefde Ridder, maar ook diep in my hart... Ek mis jou!

Anonymous said...

Prinses Doeda Ridder sal sy alles gee om jou gelukkig te sien.

Anonymous said...

Ek het vandag 'n spinnekop gesien wat op water loop buite my venster, ek het my hart wild voel klop dat my Ridder my gelukkig wil maak - dit reën nou soentjiesreën...

Anonymous said...

Het die 12 Apostels vanaand die baldadige sonsondergang omhels? Dis wat ek wonder... En kan 'n swembroek regtig van kleur verander, dis die ander vraag!!! ;-)) Ek weet dat daar iewers in my lewe twee reënspinnekoppe teen my wit mure sit as beskerming teen die elemente en dat ek 'n keuse het... Doom of neem foto's!!!!!

Anonymous said...

Sjoe Leon, dat jy nou so poëties skryf oor die sonstrale! Dit roer my, veral om dat daar vanaand so 'n pragtige ligspel in die wolke was. Ook omdat my Vlaktekind so ver is.. Hier reen en reen dit! Vir my is dit wonderlik. Maar poëtiese woorde kan mens mos van 'n boeke-mens verwag..?

Vroulief het vandag begin klasloop, en die jaar begin sommer met 'n swaard oor die kop! Elke Donderdag toets - en dis klastoetse, maar moenie glo nie... Hulle tel sowaar vir die semesterpunt!! Maar ja, dis mos die keuse wat ek gemaak het!!

Jeweeltjie, weet jy wat is my keuse oor jou reenspinnejape? Doom, baie en aanhoudend!!

Anonymous said...

Dit is..... VRYDAG!!! En hierdie weer regverdig baie rooiwyn en so aan... :-) Njammies!!

Anonymous said...

More more almal! Ag lekker om van ons ou mitiese figure weer te sien. Ai Vroulief, sterkte met die klasse en die dinge. Ja, ek was gister heeldag in die bed - met 'n maagding - so minus die rooiwyn.

Zouga se liewe oom George is gisteraand oorlede - ons het hom darem in Desember gesien, maar ai, veral sy droeë sin vir humore gaan gemis word. En ,hiermee doen ek geen afbreek aan engie oupa nie, maar hy was seker die beste Oupa wat ek nog ooit gesien het.

Anonymous said...

Doom? Snaaks dis nou iets wat ek lanklaas gesien (of geruik?) het, ek glo nie mens kry so-iets hier nie. Maar hier is tog spinnekoppe. Voor ons hierheen gekom het was dit altyd 'n stryd in die huis as my dogterjie wil hê ek moet spinnekoppe doodmaak en ek weier, toe belowe ek haar hier is nie spinnekoppe in hierdie land - en toe is hier, ek dink dis die eerste keer dat haar pa haar so bietjie teleurgestel het. Maar hulle is klein en onskuldig. Sterkte vir die studerendes and ook vir julle met julle verlies Kiets. Mac, ek sou graag daar wou wees, glo my. Leon, werk jy nou in die nag? Ek dog dis net poeliesmanne en skelms wat in die nag werk?

Anonymous said...

Bardzo ciekawie to zostało opisane.