Tuesday, March 3, 2009

Maart en die kosmosse begin blom.

81 comments:

Lekkerkry Plaas said...

More more almal. Jammer die Maart blokkie is so bietjie laat, maar dinge is mnaar besig hier. Jeweeltjie, ek en mammie sien Dr Pelser vandag. En is Karen nog so mooi? Gits ek onthou haar weer vir die lelikste trourok wat ek ooit gesien het - onthou julle?

Anonymous said...

ek dink ek verlang my spikkelstert sommer af...

Karen wie? Botha?

Dankie vir die nuwe blokkie Kieters!

Anonymous said...

Jip - ek is seker dis na wie Jeweeltjie verwys het.

Ag, drink 'n glasie Merlot - dit help vir verlang.

Anonymous said...

Julle tweetjies is so slim!! Jip, dis sy. Alhoewel sy verskriklik fyntjies gebou is en nogal korter is aswat ek gedink het, het sy 'n growwerige stem en 'n verskriklike bos hare - amper net soos Janine van Stevie... Sjoe en kan sy babbel!!! Nou wonder ek net hoe die lelikste trourok gelyk het aan daai mooi lyfie!!

Wat sê Dr. Pelser vir jou Mams, Katjie? Jong, jy moenie praat van rooiwyn voor Spikkelstert nie want dan gaan dit net nog meer hang!! Maak eerder 'n pot mash met regte botter en aromat en swartpeper - of eet 'n hele bak roomys op soos in die muvies!! Hoekom stuur jy nie sommer vir jouself 'n bos blomme kantoor toe namens Gentleman nie? Of hoekom verbeel jy jou nie dat hy vanaand kom kuier nie... Dan maak jy jou verskriklik mooi, bederf jouself, doen alles tydsaam en teen die tyd dat hy nie opdaag nie, is jy so moeg dat jy sommer dadelik gaan inkruip!! Hey ou Spikkeltjies, ek is jammer vir jou, hoor?

Anonymous said...

Jeweeltjie, die toets was eers vandag, en toetsskryf bly maar 'n riller...!

Kieter, jou kosmosblom-plaas ruk darem mooi herinneringe los. Ek is gek na kosmosse.

Nou gaan Vroulief die slaap van die regverdiges slaap - na hierdie rowwe dag!

Anonymous said...

Haha! :-) Dankie Jewls! Dit klink na baie werk... het toe maar eerder by niggies gaan giggel en babbel en klavier gespeel... En kom nou agter wat ek erg afgeskeep het die afgelope tyd, skandelik! Lekker droom plaasjapies!

Anonymous said...

Genade!!!!....die voordeur staan oop...nie n' siel in sig.....Wagter...waar is die mense?...ja,my ou honne..ek wonder ook....miskien gaan stap om die vroeë oggend prag te waardeer.....Kosmosse.........dis een van my heel gunsteling blomme....so nederig...maar so baie spesiaal...staan in die veld...deur wind en weer...maar die prag bly asemrowend....vanoggend toe ek die sonsopkoms so aanskou..die kleure prag wat so met mekaar meng en speel....was my begeerte om n' piekniek mandjie te pak...kombersie te gryp...en net tussen die blomme prag te gaan piekniek maak....rustig...Mooi dag aan elkeen....xxxxx

Anonymous said...

More more almal! Jeweeltjie, hulle sal vandag bel met 'n datum, maar di knie het verder gedegenereer en sy moet nou 'n duurder prostese kry en hy meen die mediese fonds mag 'n probleem he daarmee. Nou is sy natturlik jammer sy het nie laas jaar gegaan nie en se sy moes na my geluister het. Maar in alle eerlikheid, tussen die oog deur sou dit maar moeilik gegaan het.

Anonymous said...

Klitsgrassie, hoe gaan dit daar in jou woestyn?

Vroulief, het jy lekker geskryf?

Katjie, ek het soveel simpatie met jou en Ramkat oor al die pediater-besoeke! Vanaand sit ek in dieselfde bootjie met my Liefkindjie!! Sy vra netnou vir my dat ek vir haar moet kom bid want netnou gaan sy dood... Ag siestog, die 'tanniebiotika' moet baie vinnig begin werk!!

Rooikoppie, hoe gaan dit met jou maaitjie? Laas Vrydag het ek by die skool gewerk en toe kom Lynette ingestap met 'n fancy nuwe haarstyl. Ek merk dadelik op dat dit darem baie mooi is, met die ligstrepies en al en sê dit toe ook sommer! Vlakkies, "niks gewoond", soos jy sou sê, stap ek op haar af en vra so ewe hoe sy haar hare voorheen gedra het want ek het skoon vergeet en dat hierdie nuwe styl haar uitstekend pas!! Toe sê sy dis 'n pruik. En ek sê sy jok. En ek voel daaraan en weet dis waar. Oe, die ongemaklike stilte wat volg oor woorde wat nog nie uitgespreek is nie... Agterna was ek so bly dat ek so woordstom-geskrik was en haar net 'n stywe drukkie gegee het, nie instaat om teen die groot K wyse woorde uit te spreek nie. Ai, toggie! Haar sms later het soveel vir my beteken oor ek my voet so erg daarin gesit het: "Dankie Roezaan, jy het my vandag goed laat voel."

Onthou die glimlag en maak iemand se dag!! Sê hoe jy voel!! ;-))

Anonymous said...

Jewlsie...wat is fout met Liefkind dat sy "tanniebiotika" nodig het?
Dit gaan baie goed met Hantie,sy kry weer chemio vandag en môre..en dit maak haar erg moeg...maar sy is seker een van die dapperste mense wat ek ken...kla nooit,glimlag altyd...ten spyte van die ongemak,en soms die onsekerheid....die Dr is egter baie positief oor haar vordering....Jewlsie,verseker weet Lynette dat jy soos gewoonlik, net die beste bedoeling gehad het,sy het nou n' vriendin nodig...net iemand om haar arm n' drukkie te gee op dae wanneer dinge vir haar te erg word....wees daar vir haar..mooi aand vir elkeen...en onthou...wees lief vir mekaar...wat is lekkerder as om liefde te gee....en liefde te ontvang.....xxxxx

Anonymous said...

Hallo maters! Nee, ek het nie bed natgemaak nie. Sit hier en werk aan die notules van laasweek se raads vergadering (BORING!!!!).

Jeweeltjie, so saam met die mirresyne moet jy vir Liefkind sommer ook n drukkie gee van Oom Makou af hoor. Hoop sy word sommer gou weer beter.

Lekker om jou weer hier raak te loop Rooikop! Hou baserasie jou te besig?? Sort hom uit en kom kuier meer gereeld. Ons mis jou!

Sterkte met al die toetse Vroulief. Ek moet ook weer daardie ding doen,maar ek weet nie of kans sien daarvoor nie. Stel dit al vir vyf jaar uit!!!

Lekker slaap julle. Terug met my lyf notules toe :-((((

Anonymous said...

More more Katjie!!

Anonymous said...

Nee, ek weet nie regtig wat fout is met Liefkind nie. Die dokter wou Meningitis uitskakel oor haar verskriklike hoofpyn en seer nekkie, maar nou maak die tanniebiotika haar naar en die koorspieke maak dit nie makliker nie!! Sy is darem nou al groot genoeg om toilet toe te hardloop as die vlaag haar tref - koebaai antibiotika!! ;-))

Rooikoppie, stuur asb. baie liefde vir Hantie en dankie dat jy so 'n wonderlike vriendin vir haar is!!

Makou, is jou jaareinde en al daai aaklige notules klaar?

Anonymous said...

More more almal! En wat van Bosluiskoors Jeweeltjie? Klink mos nou vir my nes dit? Vroulief skryf seker toets vandag - sterkte vriendin. En 'n drukkie vir Hantie Rooikappetjie. En Makou, ek ry mor bietjie laeveld toe. Ja julle, brawe Ramkat pas die naweek twee mannetjies op en ek en Kleinkiets gaan vir my tante se 80ste verjaarsdag Komatipoort toe om te vier. Sy gaan die kuier met die niggies en nefies so geniet - sy is die kleinste niggietjie en word vreeslik bederf en aandag aan gegee. En ja, ons sal goed spuit. Neef (die apteker op dei dorp) verseker my hulle het die hele jaar nog nie 'n Malaria gevaar gehad nie.

Anonymous said...

Dit het nou eers begin Jeweeltjie!! Ons sal eers hier teen middel Mei klaar wees met die hele proses. Die notules gaan maar stadig. Ek pes dit! Sit vandag in Rustenburg en verlang myself simpel. Hou Liefkind maar mooi dop hoor.

Geniet die Laeveld Kiets. Gooi namens my n saluut indien jy verby die polisie stasie ry. Ek het vir 18 maande daar "cops & robbers" gespeel! Het jy nie geweet nie? Was in die polieste toe ek nog jonk en mooi was! :-)))) Ek het baie goeie herinneringe van my dae op Komatipoort. Het selfs vir die klub rugby gespeel en natuurlik hard geparty :-))

Laat ek maar verder konsentreer op my werk en probeer om daardie sexy nommertjie te verban uit my gedagtes uit!

Anonymous said...

Met al julle Laeveld-prate maak julle dat ek dam nou vreeslik huistoe verlang...

Makou, jy klink lekker verlief!! Wat het dan van Prinses geword? Of is dit juis na haar wat jy so verlang?

Uiteindelik het Liefkind se siekte 'n naam. Tifuskoors. Op my erf het ek vir 'n paar dae gesukkel met vlooie op die diere. Almal is intussen behandel, maar Liefkind het erg deurgeloop onder die vlooibyte. Een het selfs septies geword en dis toe juis daai enetjie wat die koors oorgedra het aan haar. 'n Ander antibiotika en baie koorsstroop en baie slaap behoort haar nou vinnig reg te ruk!! Haleluja vir slim Dr. Neel en baie dankie vir julle omgee!!

Katjie, julle moet veilig ry en lekker kuier by die familie!!

Anonymous said...

Jeweeltjie - tiffuskoors??? Dis nou die tweede keer hierdie week wat ek daarvan hoor, en ek kry koue rillings!! Ek het tot nou toe gedink dis 'n aanmeldbare siekte..? Het ek nou die kat aan die arbeie beet... Kyk tog net mooi na die dingetjie, ek weet jy doen, want jy weet mos van siektes en dinge...

Ek beny jou Kieter, na hierdie week het ek 'n breuk nodig. Toetse en kinders wat sterf meng nie goed nie - dit VAT aan my.

Gelukkig kom Vlaktekind volgende week bietjie huis toe, ek sien vreeslik uit...

Anonymous said...

Vroulief ek is bly Vlakkies kom weer bietjie huis toe. Na al die toetse en alleenhuishou is dit seker die beste wat kan gebeur. Kry hy dan alweer vrugtekoek? - Jeweel, ek hoop Liefkind word gou beter. Gee haar 'n drukkie, gelukkig is sy in die beste hande. - Kiets jy moet die Laeveld geniet, en dankie vir die mooi kosmos. Dit was vir my altyd te pragtig toe ek in die ou dae in Oos Transvaal rondgery het. Kosmos beteken mos die einde van die somer, maar hier is die einde van die winter nog ver. Hierdie week was ek in die sneeu in Duitsland. Daar in die berge het dit soos 'n Heidi en Peter prentjie gelyk. Baie mooi, maar ek soek nou dat die bome hier gaan bot want dis al klaar vyf weke later as laasjaar dat die lente moet gaan begin omdat die winter so koud was. - Dis Vrydag, geniet julle almal se naweek.

Anonymous said...

Gelukkig is dié koorssiekte nie aanmeldbaar of aansteeklik nie. Die besmette vlooi gebruik die menselike liggaam as 'n gasheer om sy bakterie te versprei en as ander vlooie dan die bloed suig, raak hulle ook besmet. Liefkind was vandag weer haar dierbare self alhoewel sy nog effens swak voel.

Kaasie, jy het seker weer 'n foto-fees gehad daar in Duitsland, of is dit nie pret om wit sneeu af te neem nie? Nou wonder ek of mens wolke kry wanneer dit sneeu.

Anonymous said...

Hi julle! Dankie tog, dit is amper naweek. Jipieeeeee, die notules is klaar en uitgestuur. Nou kan ek vir n wyle terug sit en net chill.

Jeweeltjie, ek is dol verlief op die lewe, want dit is mooi en lekker. Daar is so baie om oor dankbaar te wees. Ek is bly om te sien dat Liefkind al beterskap toon.

As ek dink aan more dan kry ek sommer koue koors! Bulls vs Stormers op Loftus. Nooit n maklike storie nie. Dit gaan n riller wees.

Geniet julle naweek, leef voluit en vlieg hoog! Soos ekke :-)))))

Anonymous said...

Goeie môre al die maters....dis al byna middag dan kom ek eers op die stoep aan...ai,wat n' pragtige dag...vroeg vanoggend staan ek so met my sappige koppie moerige koffie...bekyk die wêreld so,en dink,wat n' voorreg...ek sien die son opkom...ek beleef die vroee oggend ...die Kwikkie en sy maatjie pik-pik op die gras...die sproeier tik-tik...en die straal glinsterende water gee lewe...klein druppeltjies lê soos diamantjies op die gras....Guyver kom skuur teen my been,met soveel liefde kyk hy op in my oë....so asof hy wil sê...ek is so lief vir jou....my hart word warm..Ek is in my Super 14 mondering...reg vir die rugby....Loftus,hier kom ek....Bulle...julle beter jul heel beste doen vandag....tweede helfte ook....ek gaan skreeu...en skreeu...ek gaan die vlag swaai...en swaai...Stormers.....ons is reg vir julle....met al die aanmoediging van die skare kan die Bulle net goed doen.....Nou ja,sterkte aan almal...laat ek pad vat...Geniet die dag....Leef....en onthou die GLIMLAG!!!!....xxxxx

Anonymous said...

Sjoe!! Wat 'n geveg. Dis nou die een oppie Koning se veld in Durban ennie een in Pretoria. Die Stormers het amper mooi gemaak. Geluk aanie Bulletjies. En aanie Babers wat doer onner weer mooi gemaak het. Jammer virrie arme Kolkatjies. Gelukkig hettie Welpiesie weer geverloorie. Daai skaapman van Doer onner kan dam vir jou mitte klip gooi. Amper Koning Kallis se kop van sy lyf af gegooi. Môre sal daai Koningsproteas daar oppie Koning se veld hulle se staan moet staan.

Unknown said...

en daar v/ranner als sommerso netso .. ek dog ek is hier tot Mei en maak my klaar vir groot en laang verlabng na my Dwerrrgie en nou moet daart ge4trek en meubels gekoop en gordyne gekies word ... en Dwergie opsluit, ik moet by by wees. So, Woensdag issik inni pad oppi vliemasjien Laag os land toe.
Benoud ik toe uit my riwwe uit vir die Tiffuskoors dinges by Liefkjent - dankie tog dit is nie so erg nie en vir haar beterskap. Dankie.
Ommi kersie heelbo te kry, kry ek nog hirri stukkie ook inni nuss-pos [nee, 'k gannie vertaal nie .. ]

Meningococcal disease in Nigeria

19 February 2009 -- As of 8 February 2009, the Ministry of Health of the Federal Republic of Nigeria has reported 1364 suspected cases of meningococcal disease including 108 deaths (case-fatality rate: 7.9%) in 19 out of 35 states and Abuja. So far 30 Local Government Areas (LGA) in 8 states have crossed the alert or the epidemic threshold. In the last week, 11 LGAs crossed the epidemic threshold, and 600 suspected cases including 40 deaths were reported across the country.
Cerebrospinal fluid specimens collected from Jigawa state have tested positive for Neisseria meningitidis serogroup A by latex test. The International Coordinating Group (ICG) on Vaccine Provision for Epidemic Meningitis Control has approved the release of 268 750 doses of polysaccharide vaccine for a mass vaccination campaign in two affected LGAs in Jigawa state.
WHO is supporting the Federal and National Ministry of Health in the submission of additional requests to the ICG to secure vaccine for the remaining affected areas. WHO is supporting the Ministry of Health to strengthen epidemiological and laboratory surveillance and data management.

Anonymous said...

Goeie môre op n' pragtige Sondag môre.....my keel brand...my lyf is seer van al die angs...Genade!!!!...dit was nou behoorlik n' naels kou wedstryd...ek sou as ek kon...elkeen van daardie Bulle n' harde klap gaan gee het...hulle spel was vrot,lamlendig...die verdediging power...die Stormers was deurentyd op die aanval....dis net uit pure geluk dat ons gewen het...hulle sal sokkies moet optrek...al is hulle eerste op die punte leer...sal hulle moet werk om daar te bly....arme Luke Watson....hy sal die wedstryd nie gou vergeet...elke keer as hy aan die bal vat...booooo die skare hom....en die baniere het ook hul storie vertel....die mense gaan hom nie gou vergewe vir wat hy kwytgeraak het....ek moet sê....verder was die gees op Loftus fantasties....net waar jy kyk is dit Blou....ek dink die Bulls moet die skare bedank...want ons het hulle tot n' wen verskreeu!!!!....mooi daggie vir elkeen...gebruik elke oomblik om te LEEF en te BELEEF.....

Anonymous said...

Die voordeel van 'n ver-weg-bulle-ondersteuner is dat daar min kompetisie is. Hier hardloop jy nie in mense raak wat weet van Sharks en Stormers nie. So ek geniet in stilte van die oorwinning, vrot spel of nie. - Dis vandag Wêreld Vroue Dag, ek weet nie hoekom nie maar ek hoop al die skoonhede geniet die dag en kry alles wat hulle wil. - So bly vir julle dis 'n pragtige Sondag môre, hier is dit grou en grys en dit reën vir 'n wenplek. - Ja Jeweeltjie, sneeu is reën wat ys geword het, en val uit dieselfde wolke. - Lekker dag vir julle almal.

Anonymous said...

Goeie môre....ek groet gou al die maters,voor hierdie dag my weer gryp en rondomtalie draai....Mag elkeen die beste week ooit beleef...."BP....BE POSITIVE".....

Anonymous said...

Ek gaan diè defnitief doen:

‘Help wettelose taxi’s vasvat’ - Beeld
Mar 09 2009 08:49:21:270PM - (SA)
Fanie van Rooyen

Jy kan nou óók help om wettelose taxibestuurders vas te vat.

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het vandeesweek ’n veldtog begin om die publiek aan te spoor om minibustaxi’s wat padreëls oortree, met selfoonkameras af te neem sodat klagte van roekelose en nalatige bestuur by die polisie ingedien kan word.

Mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gister gesê ’n e-pos-adres, taxi@afriforum.co.za, is geskep waarheen die publiek foto’s en besonderhede van taxiwangedrag kan stuur.

AfriForum se regspan sal dan namens die betrokke lid van die publiek ’n klag vir indiening by die SAPD formuleer. Kriel het gesê AfriForum sal klagte monitor om te verseker dat die polisie dit opvolg.

Volgens hom is dié aksie noodsaaklik weens “die gebrekkige wetstoepassing deur verkeersowerhede”. “Aangesien die verkeersowerhede nie sigbaar genoeg is nie en in sommige gevalle selfs oortredings deur minibustaxi’s ignoreer, het die tyd aangebreek dat wetsgehoorsame padgebruikers nou self binne die raamwerk van die wet stappe teen roekelose taxibestuurders doen,” het Kriel gesê.

Die idee vir die aksie het ontstaan nadat AfriForum die “Vat die taxi’s vas”-veldtog op sy webwerf (www.afriforum. co.za) begin en lede van die publiek spontaan foto’s van taxi-wangedrag begin instuur het.

Dít nadat ’n minibustaxi onlangs ’n Pretoriase skolier, Bernadine Kruger (16), doodgery het.

Bernadine se ouers, mnr. Koos Kruger en mev. Elsabé Homan, het volgens Kriel aangedui dat hulle die selfoonfoto-aksie ondersteun en die publiek gevra om só toe te sien dat roekelose taxibestuurders vasgevat word.

Intussen het die polisie bevestig dat ’n vrou en haar 9-jarige seun verlede week in Sinoville in Pretoria ernstig beseer is toe ’n volgelaaide taxi oor ’n rooi verkeerslig gery en in hul voertuig vasgery het.

“Die taxibestuurder het op 4 Maart op die hoek van die Zambesirylaan en Victoria-straat oor ’n rooi verkeerslig gery en omstreeks 07:00 teen ’n Honda Civic gebots waarin ’n vrou met haar kind op pad na ’n laerskool was,” het mev. Mirna von Benecke, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die taxibestuurder en 14 insittendes is almal lig beseer.”

Die “Vat die taxi’s vas”-veldtog behels volgens Kriel, benewens die selfoon-aksie, dat ’n navorsingspan getaak sal word om te kyk na die leemtes in wetstoepassing teen roekelose taxibestuurders om oplossings te kan voorstel.

As deel van dié veldtog word die publiek gevra om inligting oor hul ervarings met taxi’s aan AfriForum te stuur en ’n petisie, wat op hul webtuiste beskikbaar is, te onderteken.

AfriForum beplan om later vanjaar ’n navorsingsverslag aan die minister van vervoer te oorhandig.

Die petisielyste en die publiek se vertellings sal daarmee saam oorhandig word.

Anonymous said...

More more almal! Jammer ek was so tile, maar dinge is maar besig. Die laeveld is pragtig groen - In dei Kruger staan die poele sommer so in die veld.

Ons het in 4 ure leeus, renoster en olifante gesien, visarend en die gewone ander goed. Kleinkatjie was so opgewonde - die leeus was hier naby!

Tante se verjaarsdag was vir haar 'n groot verassing en die kuier was heerlik. En wonderlike Ramkat het die naweek met 100% geslaag!

Anonymous said...

Weet nie wat aangaan nie, maar die werk het skielik so baie geword dat dit voel of ek deur ñ warrelwind getref is teen die einde van die dag! Gelukkig kom my Liefmens die naweek terug... Is almal so gewarrelwerk dat dit so stil is hier?

Anonymous said...

Laataand-dagsê aan almal

Spikkel-patrys, jy vat dit so raak, die mense is "gewarrelwerk". Dis al wat ek kan sê. Derdejaar en toetse by die dosyne maak my moeg. En nou werk ek mos buitenshuis! Al die jare het ek net hier in my huisie gewerk vir myself en my gesin... Ek was die baas, het die reels gemaak en gebuig soos dit my pas... Nou werk ek vir 'n baas wat my nie 'n sent betaal nie, en ek moet by sy grille en geite inpas, net sodat ek iewers in die toekoms kan sê dat ek ervaring opgedoen het in die veld waar ek hoop om eeeendag 'n M te skryf..

Moenie vir een oomblik dink ek kla nie.. Soms haal die werk en toetse en dinge mens net in!!

Spikkels, ek het jou insiggewende storie oor die taxi-ding met aandag gelees, maar dis baie meer as taxi's. Vandag ry ek in 'n straat af, verminder spoed vir die rooi verkeerslig toe 'n wille perd in 'n klein karretjie teen 'n baie hoë spoed aan die verkeerde kant van die pad (oor 'n wit sperstreep) verby jaag, rooilig ten spyt!!

Ek het net een vraag: wat meaak ons met sulke ouens? Min van ons is gereed met die founkie se kamera om blitsig die hand te lig om af te kiek? Hierdie barbaar moet eintlik aangekla word...

Vlaktekind is oppad huistoe... ek dink Kasie het al 'n hele ruk gelde gevra of Vlaktekind vrugtekoek kry.. die antwoord is "JA" Hier is 'n lekker ryp en bedruipte vrugtekoek, en hy mag baljaar!

Goedgaan almal, en lekker slaap. Kieter-man, julle was bevoorreg doer in die wildtuin...

Anonymous said...

Hallo almal - ja voorwaar dis vreeslik stil hier. Sterkte Vroulief, welkom terug Vlakkies en tel die minute Spikkels - en geniet hom! Mag almal 'n wip in die stap dag hê.

Anonymous said...

Goeie more al julle dierbares!!! Gelukkige en vreugdevolle Vrydag die 13de aan die vir wie dit saak maak. Vir sommige is dit mos n gelukkige nommer.

Weet julle wat? Die Bulle gaan nie die naweek verloor nie! Jipieeeeee!!!! Is dit nou nie te "cute" nie? Vanoggend speel die Kolkatjies teen die Blues en more speel die Babers teen die Reds. Sterkte aan hulle. Gaan die Welpies se brul sterk genoeg wees teen die Ligte Briesie van die Kaap?

Waar kruip almal weg? Word daar dalk gesluip lees deesdae of het die liefde toegeslaan en van die maatjies weggesleep na groener weivelde toe? Die plaas gaan agteruit en lyk verlate. As ons nie pasop nie gaan Mugabe en sy trawante n "landgrab" doen!

Ek wonner waar verdwaal Groenie, Jeweeltjie, Rooikop en die anner. Kiets en Vroulief hou daar die gaste boek aan die gang, met verrassings besoeke deur Spikkels!

Geniet die naweek en onthou om julle spanne te ondersteun!!!

Anonymous said...

Hoe oulik is dit nie...:

My kleinniggie (dis nou my niggie se dogtertjie, 'n volle 5), val nou die dag by die kleuterskool teen 'n stuk yster iewers, gat in die kop. Gaan dokter toe want sy moet nou steke kry. Sê sy vir die dokter - "die yster is só sterk dat nèt Jesus hom sal kan buig..."

Anonymous said...

Ag Spikkels dis oulik! Hulle sê die wonderlikste goed as hulle so klein is en hulle absoluut onwrikbare geloof in Jesus is wonderlik. More almal - en lekker naweek. Kan nie glo ek is nie weer in die wildtuin nie - gits dit was lekker.

Anonymous said...

Vrydag die 13de....en sowaar ek kan vir n' oomblik op die stoep kom sit...Hallo al my matertjies...ai,ek mis julle te vreeslik....dis net soms so aan die gang dat voor ek my ogies uitvee is die dag om......dan is ek ook besig met die interesantste leesstof...dinge wat mens al gehoor het...maar met die tyd vergeet het....soos jy lees prikkel dit jou nuuskierigheid soveel so dat ek met moeite,met enige iets anders kan aangaan.....maar dis heerlik...dit hou my op en wakker en aan die gang.....Makou....jy moet nie praat oor daardie bal spel.....ek is nog steeds vies vir die Bulle....raak sommer van voor af lus om elkeen n' harde klap te gee...dis net met Bakkies, weet ek nou nie so mooi...hy is lank...en ek sal nogal sukkel om by te kom....sal hom met n' slap riem vang...bly mos net so om die draai van my...kry hom kort- kort by die winkelsentrum....sal hom nader roep om vir my iets van die rak doer bo af te haal,dan trap ek hard op sy tone....☺☺☺☺......ai,maters...ek is so bly dis naweek....gaan môre heerlik ontspan....op die grassies lê...en droom....en net die mooi beleef.....geniet die res van hierdie dag.....onthou elkeen van julle is spesiaal...daar is altyd iewers iemand wat vir jou omgee...en lief is...xxxxx

Anonymous said...

Jimmel, ek was langelaas so bly ñ week is verby, lê nou helemal kapot inni bed met een oog halfoop en gefokus oppi selfoonskermpie en tik diè, en luister deur die kleine selfoonluidsprekers na John Mayer se Say what you need to say. En ek sê ek kanni meer wag vir my eerste druk en soen more van daai oulike Gentleman vir wie ek sommer baie lief is nie, en julle almal moet lekker slaap en mooie drome droom... Gudnite :-)

Anonymous said...

Waar's die gasteboek dat ek kan inteken? ;-)) Ag, liewe Makou, soos jy sê, die lewe is mooi en lekker as mens iemand baie spesiaal daarin het!! Rugby? Watse rugby? Nee wat, ek vang liewer die wille Ladida op my erf en soek vir vlooie onder sy vlerk aswat ek weer voor die beeldkassie sit - baie meer opwindend!! ;-))

Spikkels, ek SMEEK jou om nie jou selfoon uit te pluk en simpel taxi's af te neem terwyl jy bestuur nie!! Ek twyfel nie in jou vermoeëns of goeie bedoelings nie maar jy sal nie in die stad so vinnig kan wegjaag soos laas met jou Pa se trok as die metropolisie jou op jou selfoon vang en die blits-taxi ignoreer nie... Verstaan jy?

Anonymous said...

Uncle Mac, dis nice van Dwergie dat sy jou so nodig het met die aankoop van meubels en gordyne!! Ek kan jou nou sien brom: "Ja, Djoewls, ek was norag want ek dra die kaarte!!" Ag nee, ek spot sommer! Hoop julle plek lyk pragtig na dese!! Dis vir my oulik hoe julle dingetjies saam doen!

Nes Vroulief en Vlakkies wat so handjies-vashou!! Geniet julle twee se kuiertjie!!

Robyn, behalwe die rugby, wat anders gebeur hierdie naweek in jou lewe? Gatsaag jy nog? Stuur groete vir Willie!!

Katjie, jy moet foto's plaas van julle ladies se naweek in die Laeveld - wil so graag weer Kleinkatjie se gesiggie sien! Stuur groete vir Zouga en gee hom die Skitterstêr-trofee met al my liefde. Jitte, hy's 'n wonderlike Pa!!

Kasie, hoe gaan dit met jou? Sien jy al die lente se eerste groen blaartjies? Dis mos die mooiste groen wat bestaan!!

Anonymous said...

Die nag het nou stil geword en die aandluggie koel. Netnou sal die lewe weer sy gang gaan soos elke ander dag hier buite my glasdeur. Maar eers moet dit Eerstelig word, die dag moet breek, Rooiveer moet kraai, voëltjies moet fluit, die son moet sy geel-happy strale oor ons almal uitgooi en dan word die Suide uiteindelik wakker! Ja, 'n hele uur na ons hier in die Noorde! Smousie, hoe lyk Die Berg deur jou droom-oë? Skilder vir my 'n bergprentjie in woordkleur soos net jy kan doen!!! Jy's skaars hier oppie plaas - mis jou!!

Anonymous said...

Hi Jeweel, jy gesels midde innie nag tot vroeg-oggend. Gaan dit goed en is Liefkind weer gesond? Die lente is hier op pad. Groot veranderings, van vrieskou laasweek tot 'n hele 13 grade vandag. Ek sien plek-plek 'n blommetjie, en sowaar vlieg gisteraand die eerste muskiet deur my huisie. Tyd vir Peaceful Sleep is amper hier. - Vroulief en Vlakkies, geniet julle tydjie saam, ek weet hoe belangrik dit is. - Robyntjie, het jy lekker op die grassies gelê? - Spikkels, jou naweek is seker baie lekker! - Mooi aand vir julle almal, en môre is dit Sondag, en ek hoop die son sal skyn.

Anonymous said...

KASIE!! Lekker om jou weer te sien! Ja, Liefkind het herstel van haar erge migrain en koorsgoed a.g.v. Tifuskoors en vir 'n bederfie het Veertjie haar die naweek Lekkerrus toe geneem. Ek het netnou met die twee dierbares gepraat en klink vir my asof hulle baie goed regkom sonder my. Moet erken, ek doen ook nie sleg op my eie nie... :-))

Anonymous said...

Ek wil ook inteken...waar's daardie boek....Kiets,hy was altyd in die ingangs portaal....wat het nou van hom geword....hoop nie Mac het in sy haas om uit te teken...die boekerasie saam gevat na Laag os land....Jewlsie....ek gatsaag nie op die oomblik....die Taxi brigade het my effe afgeskrik....maar ek sal weer moed bymekaar skraap....op die oomblik het ek die balletjie gier....Golf....nee,moet nou nie na jul asems snak...my Boeboesie leer my...en ek probeer my bes...en ek moet sê...my balletjies het rigting...en hoogte...behalwe vir n' paar wat soos steeks Donkies vassteek hier reg voor my...maar my leermeester is kwaai...en ek luister maar....nou is dit n' ma en seun poging....Makou...jy beter oppas....een van die dae daag ek jou uit....☺☺☺....nee wat,ek spot sommer ...ek sal nie droom om jou so in die skande te steek...jy speel te goed vir my vrot pogings...laat ek myself maar hou by my oefeninge...Kasie,so bly om te hoor jou warmer weer is oppad....hier aan die Suidelike kant kan jy duidelik sien die son raak luier en luier om vroeg sy kop uit te steek....maar die aande is heerlik soel op die staduim....ja,my dag was heerlik,soos n' droom....die grassies en pragtige omgewing was n' ware verkwikking vir my innerlike...mens kan vir ure kuier en gesels en net heerlik ontspan,en moet nie vergeet van die snoepighede....mmmmm....nou water my mond vir daardie aarbeie en room....dit het op n' staduim begin reen...maar dit het ons nie afgeskrik....net n' heerlike skuiling gekry...en gesit en kyk na die reen wat saggies neersif....met die reuk van klam grond....ai,dit was so erg,erg spesiaal.....mooi aand vir elkeen.....Voor ek vergeet...geluk aan die Stormer ondersteuners....sjoe...die welpies het amper, amper hul kloutjies ingeslaan......Lekker slapies.....wees lief vir mekaar....xxxx

Anonymous said...

Hey Rooikoppie!! Loverboy het toe ook eendag, lank lank gelede, besluit dat ek onontgunde talente het toe ek hom Six-Love gewen het op 'n put-put baan. Hy gaan koop toe vir my 'n pienk gholfsak en 'n pienk 'driver'. Die res van die stokke was gewoon, maar reg vir my ouderdom en lengte. Of so-iets. Ook het hy gesorg dat ek Gary Player se tape besit en mooi weet van: "Park the car in the garage..." Dis nou om jou swing deur te vat, jy weet mos!! Vriendin, gholf was nie vir my nie!! Partykeer het ek 'gehook' en ander kere 'geslice'. Maar dit het nie saakgemaak waar my wit balletjie met sy pienk cutex kolletjie geland het nie, dit was nie op die fairway of die greens nie!! En so sit ek in die kombi oppad huistoe met moordgedagtes oor ek so 'n slegte verloorder is... Eers toe ek al my gholfgoetertjies vir my Liefsussie gegee het, was daar weer vrede op ons erf!! ;-)) Ek hoop die gholfbaan is meer pret vir jou, hoor? xxxxx

Anonymous said...

SSSTOOOOOOORRRRRMMMMMMMEEEEERSSSSS!!!!! Waar gat loop sta' blaas daai Stormpie die welpie skoo' van hy se voete af. Nie eens 'n toonnaeltjie wat meer kan vashou nie. En ai, die kolkatjies ennie babertjies het ok hulle se ehm dinges gesien. Ok maar goetie Bulletjies hettie gespeel die naweekie. Wassie 'n goeie naweeek vir onse spanne nie. O, en Kaasie, daai vrugtekoek smaak agterie oor.

Anonymous said...

Goeie môre maters....
Life is short
Break the rules
forgive quickly
kiss passionately, love truly
laugh constantly
And never stop smiling
no matter how strange life is
Life is not always the party we expected to be
but as long as we are here, we should smile and be grateful.
Geniet elke oomblik va hierdie dag....ons is werklik baie geseënd....

Anonymous said...

Vlaktekind sit 'n fliek en kyk, ek het klaar geleer vir more se toets... Nou wil ek gaan slaap!!

Lyk my die plaas is deesdae net lekker woellig oor naweke, werk onse mense dan so hard?

Saterdag was ek en Vlaktekind en Middelkind en nog twee maatjies by Rietvleidam - 'n heerlike uitstappie, ons het nou wel nie so baie dierasies gesien nie.

Toe ons inderhaas oppak omdat daar 'n storm dryg, wys die seekoei sy rug...

Jeweeltjie, ons hou darem nie heeldag handjies nie.. Dis amper so erg, maar ek is tog te dankbaar dat Vlaktekind langs my sit terwyl ek leer! Nie dat ek so vreeslik lus het vir die leer-gedoente nie, wil veel eerder nou net kuier..

Nou ja toe, mag almal 'n lieflik geseende week beleef, ja Kasie selfs jy doer ver, waar jy die eerste afskynsels van lente kan sien!!

Anonymous said...

Robyntjie! Break the rules, kiss passionately, en daai blink idee kry jy as ek alweer vyf weke terug is in Laag-Kaasland. Maar dit was vandag mooi in hierdie klein landjie, die son het geskyn en kry bietjie krag, die winterjasse by die huis gelos. Seker vir julle daar in die warm suide nog baie koud maar die Kasies het gedink dis sommer net mrse. Van hulle het selfs geglimlag en dit het ek hier die laaste ses maande nie gesien nie. - Vroulief, sterkte met die leerwerk en dat Vlakkies geniet van die geblaasraakkoek.

Anonymous said...

More morea almal en mag alaml 'n heerlike St. Patrick's dag hê. Cheers! Drink vanaand 'n whiskeytjie saam.

Vroulief, ek is mal oor Rietvlei - so naby en lekker stil meestal. Ons gesels net Sondag dat ons dit ok weer moet doen.

Anonymous said...

Nee vrek, praat ek nou met myself? Moet ons maar die hekke sluit? Hoe lyk dit Wagter?

Anonymous said...

Die lewe loop maar onverwagse en onverstaanbare draaie met 'n mens, bid vir Spikkels matertjies, dat die Here se Wil in haar lewe geskied want haar alleen-bid is nie nou genoeg nie!!

Anonymous said...

Klitsgrassie, ek soek vanaand na woorde om jou mee te troos en te bemoedig, maar ek kry dit nie want ek weet nie wat jou situasie presies is nie. Tog is daar een groot gevoel in my dat ek vir jou omgee en net die beste vir jou wil hê! Sterkte Vriendin!! xxxxx

Unknown said...

Kelkiewyn .... Huh ??? Praat meddie oompie my kjent. En annerding - vra maar vir grootgees Vlakktes ook, hy sal be-aam. Alle gebede word onmiddelik gehoor en geantwoord - en daar is net drie antwoorde: "Ja"; "Nee"; "Nie nou nie..."
Maar mens moet fynnnnn luister om te hoor wat HY sê - en as jy sukkel daa'mee, gaan lees RUT so paar keer deur. Maar ou Mac sal vi' jou bidde. En een van drie antwoorde het jy - gerrintie.

Anonymous said...

Ai ou Spikkels, my hart bloei vir jou , wat ookal fout is. Mail as ek kan help. En weet maar, die Groot Man daarbo weet altyd die beste.

Anonymous said...

Goeie môre al die maters....wat n' pragtige oggend,na al de heerlike reens..ek sien die wolkes wil-wil weer saampak...kan net nog nie mooi uitmaak of dit nou mis wolkies is of reenwolkies...maar wat ook al...dis n' pragtige dag....Ramkat...baie ,baie geluk met jou verjaardag,mag dit n' geseënde dag en jaar wees,geniet elke oomblik,en weet dat jy baie spesiaal vir jou gesin en,ons..Kiets,geluk met manlief ,geniet dit as gesin saam met hom.....Nou waar is die res van die plaasmense.diestoep is leeg en stowwerig,ek weet dit gaan woes...maar ek het vanoggend net weer besef...ons moet daar wees vir mekaar...ons moet hierdie vriendskappe koester en bewaar....Spikkeltjies....dink so baie aan jou...hoop dit wat vir jou n' berg was...alreeds verander het in n' miershoop...sterkte!!!!....mooi daggie aan elkeen..geniet die ruskansie.....en wees lief vir mekaar..xxxx

Anonymous said...

Veels geluk met jou verjaardag Zouga!

Anonymous said...

Baie geluk met julle onderskeie verjaarsdae, Ramkat en Kiewiet!! Mag die jaar wat voorlé verskriklik baie mooigoed inhou en mag dit besonder geseënd wees vir julle albei. Liefde, Jewls. xxxxx

Anonymous said...

Kiets en Ramkat, baie geluk met julle verjaarsdag. Ek wens dat die son elke dag vir julle mag skyn soos hy hierdie naweek vir ons Kasies geskyn het. Sommer lente!

Anonymous said...

Sondagaand se gevoelte van eensaam wees... Vlaktekind moet al weer Dinsdag ry... Dis swaar sake daai!

Kiewiet was sooo besig met verjaardag!

Spikkel-Patrys.. jy OK??? Die hele plaas sal help aan die sware las, jy weet mos!

Hoop almal het 'n wonderlik-geseende week! Kasie is daar al tulpe? Of is ek nou heeltemal te haastig?

Anonymous said...

More more almal! Dankie almal vir manlief se mooi verjaarsdagwense. En veels geluk ook Kiewiet. Spikkels, ek hoop dit gaan al beter met jou .Ag en Vroulief, my hart bloei vir julle.

Anonymous said...

WAARSKUWING

Daar is n' Muskeljaatkat/Luiperd wat die skape vang,een vir een
Die skape word niksvermoedend genader,dan aangeval,om later dood te bloei.
Wees baie versigtig,dit kan lewens gevaarlik wees.

Anonymous said...

O wee, dit klink vreeslik! Die kiets lat haar nie vang nie....

Anonymous said...

Hallo al die maaitjies!! Ek het 'n fantastiese dag gehad: "Monday, Monday..." Nee, ek het nie aan 'n famous rugbyspeler se been geraak nie!! :-)) Vanoggend het ek die spanning in die teater aangevoel en vir die narkotiseur gevra om die radio op 90.2 te stel. Oe la laaaa! Golden oldies!!

Vroulief, mag jy en Vlakkies vir oulaas lekker kuier! Afskeid is altyd swaar...

Spikkeltjies, hoe gaan dit met jou en die groot besluite in jou lewe? Hou koers, né?

Katjie, jy het nooit vertel van die brilgedoentetjies met Leon nie! Ekself het 'n opdraende-stryd met Liefkind en die brilletjie... Wanneer word jou Mamsie die teater in gestoot? Ek wil so graag vir haar verwelkom en tuis laat voel!

Mooi aand vir julle almal, hoor? Ai toggie, vandag bel my sussie van Lydenburg af en sê dat haar seunskind siek is weens 'n spinnekopbbyt. Koors. Wond word groter... My liefde ook!!

Anonymous said...

More more almal! Ai, maar ja, die Ramkatjies is weer siek. En arme Christian het asma - ons hoop ons kan nou net die allergie uitsonder wat dit aanwakker. En Jeweeltjie, ai, die brilletjie was 'n stryd - op 15maande is dit nie maklik nie, maar ons is nou 3 maande "down the line" en hy is dit gewoond. DIe outjie is feitlik blind in die en ogie.

En mammie gaan 18 Mei in vir die operasie. En by voorbaat baie dankie vrindin.

Anonymous said...

Kiets, sterkte met al die teenspoed daar by jou huis, ek hoop almal sal gou beter word. - Jeweeltjie, jy is nog te jonk vir golden oldies. - Vroulief, jy ook sterkte nou Vlakkies weer op pad terug is na sy woestyn. Jammer ek is te laat om vir hom goeie reis te sê. Nee, hier is nog nie tulpe nie. Die natuur is laat hierdie jaar omdat die winter so baie koud was. Die boom voor my venster bot nou eers, en laasjaar het ek in Februarie al fotoos geneem van die mooi wit blommetjies. - Vir almal wat haar twee maande terug ontmoet het, dit gaan goed met Mariaan in haar nuwe plekkie. Bernice sê haar mamma is weer besig om haarself te word, soos ons haar ken, met 'n groot glimlag op haar gesig. Ek is so bly daaroor.

Anonymous said...

Ai, Kasie, jy laat my sommer weer hoop kry vanaand! Dit is vir my pragtig hoe omgee sonder grense is!! Ek is baie bly dat dit met Marianne goed gaan, dat sy haar voete gevind het en dat sy so besig is. Ek het Bernice se foto's gekyk van hulle handewerke en was omtrent stom van verbasing! Nie omdat ek dink hulle kan dit nie doen nie, maar omdat hulle dit op so 'n groot skaal aanpak en suksusvol uitstal!! Jy het lanklaas vir my foto's gestuur van die seisoene daar in Laagland! Waar bêre jy jou Canon's weg? Innie gatsakkie? Ek hoop nie so nie!! ;-))

Liefkind gaan môre weer plaas toe. Ek het haar vanaand opgekuier van liefde en vir oulaas-drukkies!! Sy is tans die perfekte ouderdom en ek wil haar nie laat gaan nie, maar ek moet, want sy wil haar vlerkies sprei en menswees op haar eie...

Katjie, ek het jou Mams se datum neergeskryf vir haar operasie. As dit vir my moontlik is, gaan ek haar 'n hero-ontvangs gee!

Rooikoppie, ek het jou opgewondenheid vir die lewe vandag baie gemis!!!

Anonymous said...

More more almal! Ai, ek mis soveel van julle! Lifed en lig vir almal. AI Jeweeltjie, as jy te veel verlang, laat my weet, dan kom drukkie jy 'n Kleinkiets.

Anonymous said...

TIME



TAKE TIME....TAKE TIME TO THINK..IT IS THE COURSE OF POWER.

TAKE TIME TO PLAY,IT IS THE SECRET OF PERPETUAL YOUTH.

TAKE TIME TO READ...IT IS THE FOUNTAIN OF WISDOM.

TAKE TIME TO LAUGH..IT IS THE MUSIC OF THE SOUL.



TYD EN VRIENDSKAP LOOP HAND AAN HAND...KYK NA DIE DEEL...TIME TO PLAY...THE SECRET OF PERPETUAL YOUTH...

TYD OM TE GESELS,SPEEL MET JOU VRIENDE IS DEEL VAN N LANGDURIGE JEUG,bedoelende dit sal aan jou die geleentheid bied, om

sekere goed met hul te deel wat jy net met goeie vriende sal deel, en dit is waar die woordjie trust inkom.



Ons almal het ons eie private lewens wat n mens repekteer en waardig ag,maar met n spesiale maaikie sal ons oor goed gesels wat n mens met tye nie sommer by die huis openlik met almal oor sal praat nie. Dit is soos raad vra en om met tye net n ander mening te kry.



Trust

TO BE TRUSTED IS A GREATER COMPLIMENT THAN TO BE LOVED.

Sjoe dit se baie nê.....as ek iemand in my vertroue neem sluit dit alles in..om vir daardie persoon spesiaal om te gee en ook om hul omstandighede te verstaan en spesiaal om te gee...om vir my maaikie te sê ek ag jou vriendskap baie hoog,,,en dan doen n mens spesiale stappe om dit ten alle koste te beskerm.



Nou praat ek weer uit die vuis uit maar ek weet my vriende sal verstaan.

Wel my liefste mense....gee om vir jou vriende,,,gesels met hulle...deel met hulle en ondersteun hulle altyd.


WAT IS DIE LEWE SONDER WARE VRIENDE??????

Geniet julle aand,spesiale maaikies

Anonymous said...

Ag dankie jy, my spesiale maatjie!

Anonymous said...

Robyn, vertroue is die hoeksteen van alles in die lewe!! Dankie vir jou mooi woorde! Mwhaa Liefkind is veilig op die plaas, dankie Katjie, ek sal jou verseker bel as ek té veel verlang!!

Woensdae is my gunsteling dag van die week want ons doen knievervangings op ou mensies. Hulle kry spinale narkoses en omdat die voorbereiding so lank vat, gesels ons altyd so lekker. Vandag het ons 'n omie op die teatertafel wat net rugby wil praat, veral Loftus en die Blou Bulle! Toe ek vir hom sê ek is 'n Kolkatjie, sê hy dat hulle nie eers meer spanpraaitjies na die tyd hou nie want almal jaag weg om te kyk wie's eerste by Naka se vrou!! Ek wil hom toe terugkry en sê: "Ag, my liewe Oom, die Bulle speel nie eers meer op Loftus nie want Joost het al die lyne opgesnuif!!" Jitte maar ons lag! Alles in goeie gees. Daar was nog heelwat sulke Joost opmerkings en toe vra die Omie of ons regtig dink Joost is skuldig. Gelukkig antwoord Sr. Ria met haar wysheid-vannie-grysheid: "Dis moeilik om te weet of hy skuldig is want daar is so baie stories, maar ek hoop maar uit my hart uit dat hy onskuldig is." "Ja, sê die Omie, "ek ook, want ek's sy Pa..." Oe la laaaa!! Hy het gelukkig nie eksepsie geneem van ons onverskillige praaitjies nie, maar sjoe, ek was darem baie skaam vir myself!! ;-))

Vroulief, ek dink aan jou!!!

Anonymous said...

Hallo almal, dis naweek! En daar by julle kan gekuier word buite op die stoep want die son skyn. Hier waai die wind hard, en dit reën vir 'n wenplek. En dis koud, net 8 grade en in die nag nog kouer. Dis seker maar die rede dat daar min fotoos is van die seisoene Jeweeltjie. Die Canons is op stand-by, vir as dit eendag lente word.

Anonymous said...

My kleinboeta het op ñ harde manier geleer hoeveel die lewe werd is. Hy was (on)gelukkig die eerste persoon wat by die motorongeluktoneel aangekom het van twee jong mense wat hy ken. Die jong meisie het gesterf terwyl hy haar hand vasgehou het. My hart bloei en ek wens ek kan hom troos met ñ druk, maar hy is ver weg in ñ ander dorp... Die lewe is onvoorspelbaar en ongenadig soms nè? Maar more skyn die son weer en trane help dan nie...

Jewls said...

Ag jitte, my arme liewe Oom van der Westhuizen...

Spikkels, ek's bly om te sien jou stemmetjie is weer terug!! Dink jy nie dis tyd dat jy daai vlerkies van jou so 'n bietjie regskud en gereed maak vir opstyg nie? Of maak ten minste jou nekkie styf en kyk die lewe vol in die oë... Dink baie aan jou!!

Vlakkies, is jy veilig? Ek mis jou!!

Maaitjies, ek hoop julle het almal 'n besonderse geseënde week en dat net mooigoed met ons almal sal gebeur!! xxxxx

Vroulief said...

Sjoe, dit was 'n wille week!! Die belangrikste toets van die kwartaal is nou agter die rug, en moenie dink dis verby nie, daar is Dinsdag nog vir oulaas een voor die klasse bietjie stop.

Vlaktekind is veilig doer ver, maar nou moet die man nog eers weer aanpas by die werk se bed die somer wat daar aanbreek - Kasie, hulle het sommer oornag somer. Niks gebeur daar so geleidelik nie.. Ag ek mis my man darem as hy weg is

Geen genade vir Vroulief nie, daar is nog my deel van 'n groeptaak wat more moet klaar, daar is die toets...

Maar Woensdag gaan ek net mooi niks doen nie, ek moet darem asem skep ook. Donderdag sal ek aandag gee aan die akademie van die akdemiese reses...

Dan kom my dogtertjie-kind ook van die Kaap af om te kom kuier...

Soetbly maats, hoop julle het 'n wonderlike week, en dat die lente nou ernstig sal gesig wys in Nederland..

Jewls said...

En nou? Is almal met vakansie? ;-)) Toe ek netnou by die hospitaal uit stap, toe sien ek die ou sekelmaantjie doer in die hemel hang. Dit was vir my so mooi!!

Vroulief, dankie dat jy sê dat Vlakkies veilig is en ek is ook baie bly om te hoor dat Blomkind bietjie kom kuier. Is haar kamer al klaar? Vriendin, ek dink ek gaan ook Woensdag absoluut niks doen nie... Vir 'n volle 10 dae gaan ek slegs doen wat vir my plesier gee!! Jitte, ek is so verskriklik opgewonde!!

Moenie ophou droom nie... said...

http://www.youtube.com/watch?v=qZJ8fNsE5dc

Kaaskop said...

Vroulief! Dankie! Hulle het vir jou geluister! Die lente het 'n ernstige aanval op die winter ingeset. Die son het die reënwolke weggejaag, die wind hou sy asem in en die blommetjies word nou kort-kort na mekaar gebore. Dit word hierdie week 'n hele 18 grade! Vir julle dieselfde as 'n koue wintersdag, maar vir die Kaasies is dit paradyslik na die lang donker winter.

Kiets said...

More more almal! Ek is weer gesond en die dag is pragtig. Vanaand is Boekklub en lekker kuier met die meisies.

Ai Spikkels, my hart bloei vir jou boeta.

Liefde vir julle almal!

Vlaktekind said...

Reën, lieflike reën, dit val innie laan, dit val om ons heen. Gistermôre is dit toe. So laat oggend val hier so 'n motterage reentjie. Toe beginne die dônnerweer. Hy dônner diekant verby, en da' dônner hy daai kant verby. Maar toe hy rêrag beginne val, toe val hy lekker. Jy sien sommer hoe hy sy vaal karos hier onner oorie dorp oopvou. Vemarrag dieselle storie. En toe vanaand beginne hy sommer ordintlik val. Ai dis te lekker.

Vroulief said...

Jippeeee, my skool het ook bietjie gesluit!! en vandag was regtig 'n moeilike dag... Vroeg opgestaan, nog bietjie geleer vir die toets, skool toe, toets afgehandel, hospitaal toe...
Daar kry ek toe 'n vroutjie, mense sy is nog jonk, net 37 jaar - en wat dit so erg maak is dat ek hulle eintlik goed ken. Vroutjie is vrot van die kanker, sterwend... Met 'n pleegkind waarvoor hulle baie omgee, en een eie kind.. My hart breek om hulle te begelei..

Jeweeltjie, gaan jy see toe?

Kieter wat was dan verkeerd jong? Dis dan nog nie eers winter nie.. Sal ek maar byvoorbaat dankbaar wees my ma het my 'n griepinspuiting gegee?

Nou moet ek gaan slaap, ek is pootuit. Lekker slaap almal!

robyn said...

Goeie môre al die maters,ek kyk vanoggend so toe die son sy kop uitsteek doer op die Ooster kim....en n' diepe dankbaarheid gaan deur my,dankie vir die voorreg om dit te kan aanskou,dankie vir hierdie mooie dag,dankie vir mense wat omgee,dat ek kan terug omgee,die warmte spoel deur my.Mooi daggie vir elkeen...wees lief vir mekaar,sê dit wys dit....xxxx

Jenny said...

More more almal! Ai, maar ja, die Ramkatjies is weer siek. En arme Christian het asma - ons hoop ons kan nou net die allergie uitsonder wat dit aanwakker. En Jeweeltjie, ai, die brilletjie was 'n stryd - op 15maande is dit nie maklik nie, maar ons is nou 3 maande "down the line" en hy is dit gewoond. DIe outjie is feitlik blind in die en ogie. En mammie gaan 18 Mei in vir die operasie. En by voorbaat baie dankie vrindin.