Wednesday, April 1, 2009

April is Paasfees, vakansiedae vir uitspan en familie kuiers. Geseënde Paasfees.


Ons kreatiewe tuinier Moses se Paasfees bydrae.

101 comments:

spikkels said...

Slaap almal dan al? Haai Kieters, dis te pragtig die prentjie! Het julle al gehoor van die verkleurmannetjie wat in die Smartiefabriek verdwaal het? Dis ek daai, kan nie kop of stert uitmaak nie. Goeiste. Ek het al een ja gekry, begin die 20ste April by ñ nuwe plek te werk, sien erg uit. Hulle sê mos ñ verandering is so goed soos ñ vakansie. Kan nie sê of dit vakansie of verandering is wat ek nodig nie. Maar die nuwe werkdinge is ñ goeie ding. En ek wag nog vir daai laaste ja nee of nie nou nie. Mensig, dit vreet my ou hart gedaan lam op. En na ñ aand soos vanaand wonder ek of ñ bliksemstraal reg uit die hemel nie dalk nodig sal wees om my die règte antwoord te laat sien nie. Want die hart is mos maar bedrieglik, is mos maar lièf daarvoor om lief te hê. Allesverloren Port 2005 op my stoep in die stad onder ñ ou skame maantjie in my kampstoel, alles is mos nie verlore nie nè?

kiets said...

Ag ou Spikkels - hoe sal mens nou sê - "Hang in there". Ek wonder nou hoe die Chinesie of wat ookal wat hier gesels het nou ons verstaan het? More almal - mag julle 'n pragtige dag hê.

kiets said...

O vrek, ek sien dis 'n porn site! Ons ou plasie is aangeval! Ek gaan vee dit gou uit.

Vlaktekind said...

psssst! julle het dittie by my gehoorie. en julle mag eers vir niemand sê julle weetie. dis nog staatsgeheim no 1. dis die lat ek so saggies flyster. ek en vroulief gat ou...., ehm nee, bergbok gat my lewendig afslag, so ek sê eers niks. vertel dalk volgene week. ondou nou, ek het niks gesê nie!!

kiets said...

Wow! Regtig!Nou is ek so opgeownde!

robyn said...

Kiets,dankie vir die nuwe maand fodie...dis baie,baie mooi.....Gister het n' kleine fyne kietie kat in my lewe ingestap,so onverwags ....nog piepklein....maar die mooiste dingetjie....gaan elke dag saam met my werk toe kom....so ek moet ook nou vir eers weer paraat wees met kossies, sakkies en bakkies...nes n' baba....ai,maar die plesier en vreugde wat ek daaruit put is van onskatbare waarde...en die liefde wat ek terug kry in ruil...ai,ai....kietiekat se naam is Robyntjie....maar as die geslag manlik is..sal dit verander na Robin,nog te klein om die geslag te bepaal....Vlakkies....mmmmm....hier kom n' ding.....Lyk my die hele wêreld en hul maters is met vakansie....tot die paaie is rustiger....ag,ten minste gaan ek ook volgende week so effense breuk vat...en weg is ek bosse toe....toemaar Robyntjie is klaar ingeboek by n' katte hotel,sal mos nou nie my baba alleen agterlaat....mooi aand vir elkeen...xxxx

Kaaskop said...

Vlakkies, vertel! Ek sal vir niemand sê nie. - Robyntjie, ry Onderstepoort toe, hulle sal vinnig uitvind van die Hy of die Sy. Ek is bly jy geniet die kleinding, en hy/sy is by jou in goeie hande.

kiets said...

Ag Robyntjie, ons moet 'n plan maak om mekaar te sien dat kleinkiets die ander kleinkiets kan sien! Baie geluk hoor. Kasie, word dit al warmer? Lekker naweek almal!

Vlaktekind said...

Nou lat ek maar vertel, al hettie Bergbok my die dood voorie oë gesweer as ek nou al vertel. Die Willebokkie verwag hulle se eerste vroeg Desember. Kaasman, jy sal nou sekerie weetie. Die tweetjies is my oudste en sy vroutjie. Hulle het ok oppie ou plaas nog saam gekuier. So ek en Vroulief word in Desember OUpa en OUma. Dis nog lank, maar ek kannie meer waggie.

Kaaskop said...

Hi Vlakkies, ek verstaan jou entoesiasme, baie geluk aan jou en Vroulief, en natuurlik op die eerste plek aan die pappa en mamma. Die kroon op julle familie lewe! Mag dit geseënd goed gaan.

Vroulief said...

... en almal het verwag dat die ouma dit heel eerste gaan uitblaker!!

Sedert die nuus gebreek het is die kinders doer in die Kaap doodstil, hulle koer seker van voor af vir mekaar... maar dit moet mos so wees!

Die Ma het vir die seun mooi vertel dat sy vroutjie nog steeds sy is, maar die mormone kan lekker deurmekaar raak en so aan...

Dankie vir al die gelukwense en ander goeie wense... Aan my kant van die familie is dit die eerste agterkleinkind, en die oupagrootjie sou dit so geniet het, maar tot my verbasing is die toekomstige oumagrootjie stom geslaan...

Vlaktekind se ouers het al 'n hele handvol agterkleinkinders!

En vanaand sit ek stoksiel alleen by die huis - nes 'n regte ouma, met die kombersie wat ek besig is om te hekel oor die bene...
Maar die kombersie is nog nie vir die nuweling nie..

Lekker slaap vriende...

robyn said...

Vlakkies,Vroulief,wat n' blye vooruitsig,baie geluk aan amper oupa en ouma,en baie geluk ook aan die toekomstige pappa en mamma,wondelikste tydperk in mens se lewe.....Kasie,hoe lyk daardie lente in jou landis die weer darem nou draagliker,ai,ons beleef tans die heerlikste dae,kan amper nie glo die winter loer vir ons om die draai....die res van die plaas mense is maar uiters stil...die vakansie tyd vat almal op vêr paaie...wondelike belewenisse en rustige streslose dae,geniet elke oomblik,en leef na aan die natuur...leef en beleef...mag hierdie nuwe week elkeen goed behandel...glimlag en wees goed vir mekaar...xxxx

kiets said...

More more almal! Pragtige dag buite en ek hoop regtig almal gaan 'n heerlike dag hê. Skoonmammie kuier by ons - het met dadelvingers, oatscrunchies, karringmelk en semelbeskuit gekom en is besig om my vrieskas vol te kook. Boonop het die kleinkinders die tyd van hulle lewens. Ag, wat 'n seëning!

Ek is so opgeownde oor daai bababokkie....ai Vroulief, en julle het gedink die nie nou 'n opsie nie. Jy weet Desember mense is sulke oulike mense;)

spikkels said...

Die lewe is 'n boks vol tjoklits, maar wat gemaak as jy 'n wurm raakhap...? My ken is gelig, skouers reguit, maag en boude in, rug styf. Die lewe gaan aan en ek gaan beslis nie agteroor sit en wag op beter dae nie, die beter dae is elke dag. Ek's terug.

spikkels said...

Veels geluk Oupa en Ouma Vlakkies! Ek kan net dink hoe opgewonde julle is! Sterkte, voorspoed en geluk Bergbok en Willebokkie... :-)

kiets said...

Ag Spikkels - so bly jy's terug! Liefde vir jou hoor!

Jewls said...

Aan die twee liewe Kniekombersers onder ons: JIPPIEEEEEE!!!! Veels geluk julle tweetjies!! Liefde, Jewls. xxxxx

Jewls said...

Spikkeltjies, vandag was die eerste dag van die begin van die res van jou lewe... Geniet dit verskriklik baie!!!!

Ek en Smousie kuier 'n hond uit 'n bos uit. Wie kom Donderdagaand saam met ons snoek braai. Dis nou D.V., as ons die snoekie kry!! Smousie sê as hy nie 'n snoek te kope kry nie, sal hy 'n steak in die vorm van 'n snoek sny en vol van sy eie fishpaste resep smeer, maar snoek gaan hier gebraai word! Wie gaan ons kom bederf met julle teenwoordigheid? Dit sal té lekker wees!!!

kiets said...

Ek is daar! Of ek sal my beste probeer. Jewlsie, oorkant die hospitaal is Bazaruto market by ons tuisnywerheid - daar is baie lekker snoeke - hulle is gevries maar ondooi mooi. Al baie van hulle gebraai.

spikkels said...

Maar is Smousie dan nie in die Kaap nie...? Is dit 'n regte egte braai of ene waar ons ons verbeel ons braai...?

robyn said...

Ai,Jewlsie....sou soooo graag daar wou wees...maar gaan so bietjie bos toe...ry al Donderdag oggend so 4uur....man,nou gaan ek uitmis op die ontmoeting met Smousie,asook die heerlike snoek...my mond water nou so..ai,ai.....mooi daggie vir elkeen....xxxx

kiets said...

Dis 'n regte een Spikkel..... Sien ons jou?

Vroulief said...

Halloooo!! Hallo Spikkel-Patrys, gesels met ons jong, dan word mens weer heel!

Kry julle ook koud? Die winter is heeltemal te vroeg. Ek en Kammie het besluit ons moet die winter se brieke vasdraai, nie een van ons is nou al lus vir bibber nie.

Vlaktekind is van gister af in die regte boendoes van Somalieland. Hy het gisteraand gebel en vertel dat dit 'n baie mooi boendoe is, en waar hy gestaan het, het hy gekyk na die mis wat inrol van die see af...

Jeweeltjie, ek is ook vertsom soos Spikkel-patrys, Boekesmous in ons wêreld...?

kiets said...

Nee toe Vroulief, more aand kuier ons almal vir genuine lekker saam met Smousie. Sien ek julle? O ja, more more almal!

spikkels said...

Jaaaaaaa!! Julle sien my. :-) Kan nie meer wag nie!!

kiets said...

Jippeee! Ek het jou heeltemal te lank laas gesien vriendin. Jeweeltjie, wat bring ons saam?

Jewls said...

Die twee snoekies lê stertswaaiend, in absolute opgewondenheid en wag vir julle spesiale teenwoordigheid!! Môre-middag vanaf 4-uur wag ons vir julle. Almal is welkom!!

Vroulief, stuur baie liefde vir Vlakkies as julle weer praat en herinner hom dat dit ampertjies volmaan is. Dis mos die beste droom- en dinktyd daar waar die natuur nie grense het nie...

Nou toe, hierdie dag vra om bederf te word en dit gaan ek nou met passie doen!! ;-))

Jeweeltjie said...

Katjie, jy moet asb. niks saambring nie, net jou pragtige self!!

kiets said...

Jeweeltjie, Zouga het studie groep en Ouma bly by die kroos, so ek sal seker eers hier teen half 8 daar kan wees. EK weet dis laat, maar ek kom. By jou?

robyn said...

Maters....ek was in die gelukkige posisie om die tweede persoon op die blog te wees wat Smousie ontmoet het.....Jammer ek het julle voorgespring:-))))...maar ek kon die kans nie deur my vingers laat glip...Nadat ek en Jewlsie gepraat het vroeër die week,en ek besef het dat ek nie op die blog braai sal kan wees, agv die feit dat ons môre oggend dou voor dag al ry.....het ek maar verlief geneem met die feit dat ek die keer lelik verloor op n' kans om Smousie te ontmoet,en net weer lekker saam te kuier met julle....vandag,nadat ek my werkies afgehandel het...kry ek die gevoel ek moet net vir Jewlsie skakel en uitvind...dalk is hulle naby my,en kan ons tog gou bymekaar kom...wel,soos gewoonlik is my gevoelens in die kol....Ai,wat n' heerlike verassing...en daar kry ek toe die geleentheid om Smousie te ontmoet,en ai Jewlsie,ook heelik gewees om jou weer te sien!!!!....ons het heerlik gekuier en geklets...en as dit nie was vir my werks verpligtinge...het ek seker nog langer daar gesit....dit was baie besonders.....toe ek daar wegry,was dit warm in my hart....met die wete dat ek sulke wonderlike vriende in my lewe het....dankie,julle almal is baie spesiaal en geliefd...geniet die bymekaarkom môre aand....ek sal julle in my gedagtes hê, terwyl ek by die kampvuur sit, en na die volmaan kyk....Wees veilig oor die Paasfees tyd...Leef en Beleef en wees lief vir mekaar....xxxx

Jewls said...

Jitte, ek was goed vir die dag, die dag was goed vir my en ek wen jou Rooikoppie!!! ;-)) Dankie dat jy my gebel het toe jy gevoel het jy moet - dit was wonderlik om jou weer te sien!!! Die Uniegeboue sal altyd spesiale giggels bring want ons wou daar ontmoet vir 'n biertjie - 'n vinnige enetjie - maar toe staan daai regstellende-girlkie en sê ons mag nie publiek drink nie. Huh? Dis mos nou net een onskuldige biertjie tussen die drie van ons en ons hou nie eers van bier nie!!! Jy met jou Ma se Heineken en ons met ons Reds! Ek is so bly dat ons Dros toe gegaan het en ordentlike kos, wyn en saamwees geniet het!! Dankie Smousie! Ek het vanaand rykdom in my hart want ek voel geliefd!! Dis die klein dingetjies wat tel...

Die laaste 8 dae van my lewe was Skitterstêr-mooi! Dankie Leon!!! Ek koester dit innig! Moenie ophou droom nie, maar as jy droom, maak daai droom groot... Ek is sooooooo gelukkig om my droom raak te kon wens!!! "At the end of a perfect day..."

Kaaskop said...

Ek glimlag in dankbaarheid as ek al jul mooi berigte lees oor gelukkig wees, bly wees, saam kuier en lekker visbraai. Dit pas so goed in die dag van vandag hier in Laag-Kaasland. Ek het vroeg vandag buite gestaan en kyk hoe die son die wolke van die nag wegjaag, geluister hoe die voeltjies die mooiste konsert begin, en gesien dat die bome weer groen word na die lang koue winter. Vandag is die eerste dag in ons lente dat die son ons landjie gaan verwarm tot ver oor die 20 grade, en dit sal die hele lang naweek aanhou, met net so plek-plek 'n bietjie reën om die natuur te help om nog vinniger groen te word. Winterklere in die kas gebêre en met 'n groot glimlag op my gesig gaan ek dit geniet, net doen waarvoor ek lus is, dalk verdwaal in die sonskyn van vandag, want die winter is verby!

Jewls said...

Ai Kasie, jy skryf so mooi oor die lente wat by jou voordeur instroom!! ♪♪♫♪♪ Lekker verdwaal!!

By ons is die aande effens koeler, maar ai, die dae is nogsteeds pragtig! Smousie se snoekie was heerlik, die volmaan op sy mooiste en ons gaste onoortreflik! Katjie, plaas jy nog net so bietjie langer gebly het want na jy hier weg is, het Spikkeltjies my Upright Rosewood gekielie, het ek boeke begin aandra, voorlesings gedoen, gelag en bly gewees dat ons so 'n spesiale tyd kon hê!! Musiek en liriek en mimiek! ;-)) Dit was 'n hoogtepunt-aand in my lewe!!! Dankie vir al julle liefde! xxxxx

spikkels said...

Ek sien Jewls het vergeet om die tyd ook te gee, ek het eers halfvier vanoggend in my bed geklim! :-) En met Jewls, Leon, die Grys Kat, twee boernale en ñ volmaan as gehoor het Uptight Rosewood die ure verby laat vlieg... dit was nou sommer te lekker, dankie julle! En Leon, uiteindelik ontmoet ons toe nou ook in lewende lywe, dis ñ eer en voorreg!

Juweeltjie. said...

Praat van 'n eer en voorreg!! Ek sit nou hier met 'n knop in my keel want vir 10 dae lank het ek en Smousie Pretoria plat gery omdat hy langer as 20 jaar gelede laas hier was, elke dag saam kos gemaak wat ek kon vries en uithaal as die verlange té veel word. Ons het gedans, geswem, stukkende goedjies reggemaak en 3 jaar se geselsies ingehaal... Met die terugkeer van die lughawe-aflaai, voel ek nou skielik soos die eensaamste mens op aarde na soveel vreugdevolle dae saam met so 'n uitsonderlike, wonderlike mens!!! Hoekom het hy nie maar ja gesê toe ek hom gedurende April 2006 genooi het om vir my te kom kuier op Onrustrivier nie? Ek het toe al my hart verloor op hom en sy mooi woorde. Miskien moes ons eers seerkry en groei ervaar tot die tyd ryp was om mekaar regtig te leer ken... Die weë van die lewe lê ongekaart en al sekerheid wat ek tans het, is my liefde vir my Ridder en die mooiste herinneringe wat ons saam gemaak het!!

Spikkels, ek het nie vergeet om te sê tot hoe laat ons gekuier het nie, ek het netnie geweet hoe om dit te sê nie!! Eerstelig is dam die mooiste lig, veral so met die volmaan saam!! ;-))

Jewls said...

Daar's foto's op Facebook! O ja, Spikkels, dis 'n Upright Rosewood met kandelare. Nie 'n Uptight ene nie, hoor? ;-))

Kaaskop said...

Wat gaan aan met die Kolkatjies? Atoomkoekies geëet?

Jewls said...

Kasie, jy maak seker 'n grappie, né?

Vlaktekind said...

So van visse gepraat. Toe gat loop sta' krullie Ossies daai voëltjies van doer onner se bekkies so om lat hulle by hulle se agterentjies yt flyt. Dis net jammer lattie Welpies en my liewe briesies maarie die ding regkry nie. O ja, ek wou gesê het vannie visse. Toe gat loop sta' gryp daai Kolkatjies mos daai geelvisse aan hulle se sterte en druk die by hulle se bekke in en weer by hulle se kiewe yt solat hulle al innie rondte loop sta' swem soos 'n hond wat sy stert gat loop sta' jaag.

Jeweeltjie said...

Vlakkies!! Ek het netnou op Beeld probeer ingaan om te sien waarvan Kasie praat, maar was onsuksesvol. Het my geliefde Kolkatjies toe wraggies vir 'n slaggie gewen? Jou skrywe gee my sommer die giggels! LEKKERRRR!! Is jy weer terug uit die regte boendoes en hoe was dit?

Vlaktekind said...

Jeweeltjie, ja, dit was groot lekkerkry. Maar ek is nou eers nors. Môre vlie ek Nairobi toe om Woensdag te gat loop stem. En da' moet ek tot Saderag daar loop sta bly om nog in 'n vergadering ding ok te loop sta' sit. En da' mag ekkie weer boendoes toe voor Junie nie. Jy sal niks in Beeld sien voor môre nie. Maar as jy nou rêrag wil groot lekkerkry, mag jy skelm hier gat loop loer: http://www.supersport.com/rugby/article.aspx?headline=Cheetahs%20send%20Sharks%20crashing&id=295781

Jeweeltjie said...

Jitte Vlakkies, dit was nou omtrent 'n lekker skelm-loer daai gewees!!!! Ek sien die Kolkatjies is nogsteeds heel onder aan die punteleer, maar dit moes dam 'n gatslag vir die Sharks gewees het!! Hie-hie! Môre gaan ek krieket kyk! Vlakkies, sterkte met jou reise en die vergadering. Jammer dat jy nors voel daaroor, maar soos ek jou ken gaan daar wel iets opwindends oor jou pad kom en sal dit op die ou-end vir jou lekker wees!! Ek het vandag met Vroulief gepraat terwyl sy so tussen familie-doe's en ander afsprake jaag. Wat 'n wonderlike vrou!!

Kaaskop said...

Vlakkies, dis nou 'n blink idee! Ek gaan vra of ek by die volgende verkiesings in Kaasland, soos jy dit sê "kan gat loop stem" by die Kaas-ambassade op Koningin Wilhelminalaan in Pretoria. En dan daarna 'n mrse peppersteak by die Dros saam met goeie pelle!

spikkels said...

En so is dit tyd vir 'n nuwe begin, wanneer 'n hart nodig het om gesond te word, en pleisters, salf of rooiwyn nie help nie, is die enigste medisyne tyd, baie lag, besig bly en vriende. Ek het nou sulke medisyne nodig, sommer baie. Want ek erken dit nou hier, my hart is gebreek, in baie duisende stukkies en soms voel dit of ek nooit gaan ophou huil nie. Dankie dat julle sulke wonderlike vriende is! xxx

Jewls said...

Ai, Klitsgrassie!!!! Dit is goed dat jy nou van werk gaan verwissel en jouself besig hou met ander dinge. Gister was ek 3 jaar geskei en destyds was my hart ook so aan't flenters gebreek, maar Vader Tyd maak alles weer heel, al voel dit nie nou so vir jou nie. Ek het jou klavierspel die ander aand so baie geniet omdat jy dit met soveel passie gedoen het. Dis JY!! Ek is seker dat jy alle fasette van jou lewe met dieselfde geesdrif aan die keel kan gryp, 'n kopbesluit kan maak, en met daai selfde passie kan deurvoer tot jy eendag verstom tot stilstand kom, terugkyk en besef: I DID IT MY WAY!!! Ek is verskriklik trots op jou vir die besluite wat jy tot dusvér geneem het!! Vyf soene!!

Kasie, ek hoop ek tel onder jou goeie vriende as julle Dros toe gaan!! ;-)) Nou wonder ek of Vlakkies nog nors is? En boonop het hy seker ook vandag se krieket gemis!! Shame. Toemaar Vlakkies, ons Protea'tjies het gewen en die laaste twee paaltjies vannie Ozzies sommer so laat spat! Ponting was ook net betyds uit toe hy uit is want anders het sake dalk anders verloop! Rooikoppie, is julle al veilig terug? Vroulief, parkeer nou 'n slaggie jou motor in die motorhuis en kom gesels bietjie met ons!! Katjie sal seker eers môre kan vertel van die Winellie-kuiertjie... Liefkind is veilig terug van Lydenburg af en ek bid uit my hart uit dat julle almal ook veilig is!! Liefde, Jewls. xxxxx

kiets said...

More more almal! Jeweeltjie en Smousie, weereens baie dankie vir die ongelooflike lekker kuier, kos en meeleef. Ek het om een of ander rede net geweet ek moet vroeg (wel dit was half 12) huis-toe. Soms weet mens se hart jou liggaam gaan die krag nodig hê.

Vrydagmiddag kuier ons vriende Stefaan en Ilse se twee meisiekinders by ons sodat Ilse bietjie kan rus (sy is 34 weke swanger met no 3). En toe kom die nuus. Stefaan het geval met sy paraglider in Tzaneen by 'n kompetisie (julle het dit dalk op TV gesien) en is ernstg beseer. Die naweek was dus besig met kuier met die Dubaienbaars, hulle vriende akkomodeer by ons en te help waar ons kan by Ilse- hulle. Op 'n stadium Saterdag was daar 6 kinders van 5 en onder by ons huis! (En 4 grootmense).

Gistermiddag was ons 2 grootmense en 5 kinders en ons het parkie toe gestap en gaan speel (met die twee Lielie -honde saam).

As ek asseblief julle gebede almal kan vra vir die familie - dit gaan 'n lang pad met rehabilitasie wees.

Jeweeltjie, julle toe nie by die boeremark uitgekom nie?

spikkels said...

Wish me luck! Kan ek rerig met ñ mrse smile vra, want al is die ñ riviertjie vol trane, is die Here se genade en sigbare Hand in my lewe ñ see vol van! Want vanaand kom haal hy sy goeters, en vat ek my hart terug!

kiets said...

Ai Spikkels, dink aan jou, en mag dit bevrydend wees. Liefde vir jou vrindin.

Jewls said...

Spikkels, toe my geliefde Rooiveer vanoggend 4-uur die dag aankondig, was my gedagtes by jou en het ek gewonder of jou hart weer veilig joune is...

Katjie, nee, ons was nie boeremark toe nie want sentimentele ekke wou Vrydagaand vir oulaas alles inpas wat lekker is soos braaivleis hou, sterre kyk, swem, dans, kerse brand, koer-koer, foto's neem en so-aan. Natuurlik verslaap ons toe té lekker Saterdagoggend!! ;-)) Is jy al uitgerus na jou besige langnaweek?

Smousie said...

Omtrent 'n week later en ek kom sê my dankies nou eers. Net soos ek my tas se weer uitpak uitgestel het, want dis die finale knip van my kuier se naelstring, het ek my bedankings uitgestel, want dit beteken die laaste stap aan die end van wonderlike ontmoetings en lekker saamkuier met besonderse mense.

Ten eerste Rooikoppie, dankie dat jy uit jou pad gegaan het om ons te ontmoet. Ons tydjie saam was miskien kort, maar kosbaar, nes jou vriendskap.

Kieter en Spikkels dat julle die donker aangedurf het om 'n vissie oor die kole en jul vriendskap met ons te kom deel was nog 'n hoogtepunt. Om jul te kon ontmoet en die aand met jul te kon deel, was 'n voorreg wat ek lank sal koester. Patrysie jou klaviernote sal ook nog lank vat om weg te sterf in my onthou. Dit was baie spesiaal.

Veertjie vir die kom haal by die lughawe en die bereidwilligheid om my weer terug te vat lughawe toe, my opregte dank.

Vir jou my Prinses kan Ridder net in eenvoudige woorde dankie sê, dankie dat jy jou hart en jou huis se deure so wyd vir my oopgemaak het. Om jou liefde, kameraadskap en menswees te kon ervaar, was vir my 'n nuwe begin.

Prinses said...

Ek kyk in die roostuin van jou oë.
Jou gesig lê oop vir die groeiende dag.
"Hier's vir jou 'n roosknop, my Lief!"

Oggendgeel soos jou prag!!!

kiets said...

O hier's 'n groot geflikflooi ry aan die gang hier ;). In elk geval, Smousie, dit was heerlik om jou te ontmoet. Mag ek net asseblief weer julle almal se gebede vir ons vriend vra? En vir ons - ons gaan naweke vir die volgende 5 maande met 5 kinders van 5 en onder he - hoe klink dit! Opwindend! Kiets se kleuterskool.

Jewls said...

Was vandag dan nou nie dié Donderdag waarop Vroulief twee belangrike toetse geskryf het nie? Ek hoop dit het baie goed gegaan, Vriendin!!!

Katjie, sterkte en 'n voorspoedige kleuterskool-ondervinding vir jou!! Gelukkig is Ramkat darem daar om te help, né?

Robyn, wat gebeur in jou lewe?

spikkels said...

Hettie veel meer om te sê as hallou nie... So, hallou.

Smousie said...

Hallou Spikkels.

robyn said...

Sjoe hier word omtrent geklets sonder my...☺☺☺....Ai,my bos trippie was heerlik verby...net altyd jammer tyd snel so gou verby...het vroegoggend opgestaan....die son so opkoms sit en inwag met n' beker sterk moerige koffietjies...die bosgeluide al om my...die Renosters wei so voor my,en die kolosale diere weet nie eens van my wat hulle so aanstaar...in die aande was ek vasgevang deur die volmaan met sy bekoring en n' yslike bosveld vuur,ek staar diep in die kole en sien die mooiste beelde....die springhase is so al om my...ek lig hier met die "spotlight" dan sit daar enetjie...ek lig daar...en daar sit ook enetjie....dalk was dit die paashasies...☺☺☺....as jy so op hulle lig,sit hulle doodstil,en ek kan fodies neem...te dierbaar....verder op tussen die berge kry jy die mooiste trop Olifante,met kleintjies en al...maar hulle is so effe kwaai,veral met die kleintjies...moet maar versigtig wees...die natuur is asemrowend...en ek verloor myself tussen die berge,riviertjies en waterstrome uit die berg....eers nadat ek by die een waterstroom uit die berg op n' rots gesit en droom het..verneem ek daar is 15 Leeus in daardie omgewing...was nooit daar...nie wat ek van weet...nou is hulle daar, en ek sit so ewe...soos wafferse prooi...hie hie hie....in die grondpaaie sien jy ook kort- kort slang sleepsels...die een was beslis n' luislang...baie breed....die bos het sy bekoring....en ek voel altyd vernuwe...geseend...en dankbaar vir die voorreg om dit te kan beleef....lekker slapies elkeen van julle....xxxxx

Unknown said...

Ek het vir my 'n boompie geplant,
teen die Lewe se rant
'n Boompie wat vol dorings is
want anderdag het ek 'n roos gepluk
wat my toe vreeslik krap en steek
En hoe moes ek dit weet
dat rose wat vol dorings is
vir almal steek - ja ook vir my
Sit ek veilig in my boom se skaduwee
hou jy jou afstand maar en laat my alleen
Jy, ja jy vol dorings roos
want anderdag het jy my hart kom breek.

uhmm uhmm ... hierie een het ek gekrabbel toe ek 22 was en sy my "tatta" sê ... ek onthou die gedig maar kan nie eens meer haar gesig onthou nie. Kelkiewyn, met tyd verdwyn die pyn en raak die lewe weer 'n refrein, luister net fyn en as jy die 'life-song' weer hoor, skink jou dan 'n kelkie wyn.
Ek stuur jou hierdie pleister en wens jy's gou-gou heel.
Mooiloop
die OU oom [jipp, die lelike een]

kiets said...

Ai Oompie, soos gewoonlik het jy die mooi woorde om te troos. Dankie, en welkom terug. Hallo almal - mag die naweek lekker wees.

Kaaskop said...

Hallo Mac, jou terugkom is weer so mooi soos net jy dit kan. - Kiets, sterkte met die kleuterskool, al die kleinmensies sal dit seker geniet by jou. - Na 'n bietjie reën werk die lente weer oortyd, die son skyn vir 'n wenplek en ek gaan na 'n week se harde werk die naweek geniet, ek hoop julle ook. - Jeweeltjie, jy het my hierdie week 'n vra gevra, die antwoord is; ja natuurlik!

Jewls said...

EK HET DIT!!! Ponting moet oorgekoop word deur my geliefde Kolkatjies en Ntini moet opgeskuif word na 'opening batsman'!! ;-)) Sug. Ek het nou wraggies vanaand se krieket geniet al het ons verloor!

Djoelsi said...

Uncle Mac, het jy nie vir my ook 'n spesiale pleistertjie nie? Ek het dit baie nodig vandag!! ;-))

spikkels said...

"out with the old and in with the new...!" my hartjie klop opgewonde vanaand, Maandag begin ek met 'n nuwe uitdaging... JIPPEEE!!!

Dankie Uncle Mac, vir die gediggie, en vir die sê ek moet vir Rut en andere gaan lees, dis nou die heel heel beste medisyne in die hele wêreld...

Lekker naweek verder maters!

spikkels said...

Watse pleistertjie het jy nodig Djoelsie?

robyn said...

Ai,heerlik om jou weer raak te lees Uncle Mac....en soos gewoonlik het jy net die regte medisyne vir seerplekkies....Spikkels...sterkte met die nuwe uitdaging...soms het ons nie antwoorde op ons waaroms...maar op n' dag kyk mens terug.....en jy sal verstaan...Kiets,dink aan jou en Zouga met al die kiddies...al wat ek weet is dat niemand dit beter sou kon doen...en die gemoedsrus wat jy daardeur veroorsaak ken geen waarde...Kasie...my ou mater...so bly jou lente bring soveel vreugde...en ek hoop dat jy die naweer heerlik kan ontspan en mooi fodies neem...ek geniet dit altyd so baie...Jewlsie,nou waar is die eina plekkie....speel n' mooi songkie,lê agteroor op die bank ,maak toe daardie ogies en gee jouself oor aan die mooi gedagtes en onthoue....Vroulief...hoe het dit gegaan met die toetse.....Vlakkies ....ons mis jou vertellinge....Smousie...ek sien dis koel en nat daar in jou stad....jy hou net daardie weer daar...want soos gewoonlik kry ons dit n' week later...brrrrr....wonder wat het van Makou geword....sweef nog op die lugstrome....kom land so bietjie....vertel ons wat jy sien en beleef....ai,maters....die son gaan vroëer onder en kom later op....en dit beteken net een ding...ons winter is oppad...en Jewlsie onthou jy nog...ons het laas jaar daaroor gekla....ons vingers word yskoud van op die plaas kuier...en dit pyn tot in jou beendere....ai,ai...kan nie glo dis al weer amper sulke tyd....mooi aand vir elkeen ...lekker slapies

Vroulief said...

Genadendal!!! Maar dit is omtrent stil op die plaas, is almal dan 'missing in action'? Dis net Vroulief wat nooit ophou toetse skryf nie....

Waar is al die mense? Ek weet darem dat Vlaktekind vir die week in Kenia was - hy het selfs gaan stem ook!!

Komaan mense praat my bietjie moed in!! Verlede week se toetse was baie erg, ek gaan verseker die een druip ook!! Dis verskriklik, maar dis waar!!

Kasie, ek het selfs van ons ander vriend uit Nederland gehoor, en hier word die nagte nou sommer skerp kouer - en ek het glad nie lus vir winter nie..

Vroulief said...

net toe ek die plaashek wou toemaak sien ek al die stories wat nie op my leesblad is nie..., dis net op my skryfblad, en ek dink sowaar hier gan niks aan nie...
Ek het amper alles gemis.. Soos jy seker sien Jewlsie, het dit met een van my toetse eintlik sommer baie sleg gegaan.

...en amper vergeet ek Blomkind is vanoggend weer terug Kaap toe, en Middelkind is oppad terug huis toe na hy die naweek sy belangrike kwartaal video projek gaan skiet het..

Kasie, verlede Saterdag was ek betrek by 'n regte-egte 'photo shoot' Ek het my gate uit geniet, en die fotograaf (die pro) het my genooi om weer saam foto's te neem. Ek was verstom en het verskriklik baie geleer.. As die baie toetse dit gaan toelaat, sal ek dit beslis weer doen!

Nou dat ek gesien het dit gaan eintlik nog lewendig met almal, kan ek verder gaan leer - so op die Sondag sit ek met die neus in die boeke, dit hou net nie op nie!!
Ek kan nie wag vir die Julie vakansie nie! Die leerdery is vir my lekker, maar genade ek is moeg!!

Kiets, nou vir wat het jy dan nou oor naweke so baie kinders..? Eerder jy as ek - selfs al is die gedagte aan ouma word heel opwindend...

Jewls said...

Elke Sondag speel Lieb Bester by La Fajette in Verwoerdburgstad die aller-mooiste musiek! Huismusiek. Musiek wat mens laat stil word en verlang. As Liefkind iewers kuier, dan gaan sit ek altyd daar met 'n boek en maak asof ek lees, maar loer skelmpies vir die mense wat verbystap en sing ritmies met my voete saam! Een Sondag het Smousie my verras en vir my Lieb se siedie gekoop terwyl ons kliphard titels en kunstenaars raai soos elke liedjie gespeel word. Ai, dit was lekker!! Vandag kom daar 'n langhaarblondekopdogtertjie (!) aangehardloop sommer so van die straat af en spring op en af voor Prof en gil: "Kom sing vir my!" Hy volg haar toe tot in die straat met sy trekklavier waar sy die mooiste speelse-dans-balletpassies uitvoer - sy is klein bietjie ouer as Kleinkatjie, maar net so blarrie cute! En skielik sien ons almal hoe Lieb se skouers ruk, die trane oor sy wange stroom, maar hoe hy nie vir een sekond sy oë van die dansende blondekoppie af wegvat nie! Dis asof hy gehipnotiseerd na haar gestaar het en dit iets losgeruk het in sy binneste wat soveel jaar gelede begrawe was... 'n Hele restaurant in trane!! Wie kan nog onthou wat presies met sy dogter/dogters gebeur het die dag toe hulle geskiet is? Is albei dood, of was daar net een? Dis so 'n vae onthou vir my, maar wraggies, vandag het ek gesien hoe hartverskeurend verlang kan wees!! Natuurlik oorreageer ek daarna en koop vir Liefkind alles wat vir haar mooi was!! Jitte, die lewe is te kort en ek gaan nooit weer kla nie!! Spikkels, mag jou nuwe begin vir jou net vreugde bring!! Liefde, Jewls. xxxxx

Jewls said...

VROULIEF!!!! As jy sukkel om jou foto's af te laai, het ek net die ding vir jou! En as jy weer 'n photo-shoot het, vat my tog net saam!!! Het jy seker gemaak dat Vlakkies reg stem? ;-)) Lees mos vandag dat die man die hoof van die huis is, maar dat vrouens eintlik die sê het!!

Smousie, met die laastelig se mooi hoop ek Moekie het geliefd gevoel op haar verjaarsdag!! Ek het so baie aan jou gedink vandag!!

Kaaskop said...

Asof die natuur wil sê "skuus Noorderlinge dat die winter so koud was", word ons nou geseën met die wonderlikste lente. En toe besluit ek vroeg vandag, toe al die Kasies nog slaap, om op my eie Breakfast Run te gaan. Met my kamera oor my skouer gaan soek ek toe alles wat wys die somer is op pad. Die mooiste blomme in die oggendlig, pa swaan wat ma swaan beskerm omdat sy ewe vredig en slaap-slaap haar nes warmhou. Ander vlerke-vriende wat geduldig wag vir hul nageslag en die bome wat soos groen sambrele langs die oewer staan. Met 'n glimlag op my gesig het ek weer huistoe gestap en 'n mrse bacon & egg vir myself gemaak. Die res van die dag lekker in die sonlig gesit. Die son wat nog nie so warm is as die Afrika een van 'n paar maande gelede nie, maar hy doen sy beste. Dit was 'n heerlike Sondag. Omdat ek wil hê my vriende moet kan saamgeniet het ek van die fotoos op Facebook gesit.

Unknown said...

Djoelz - assit seer is, plak daar pleister op - woordpaljaspleister en as daar nie is nie, skryf jou eie.
Kelkiewyn - moenie jok nie, veral nie vir jouself nie. Daai seer is noggie weg nie, maar soos jy aangaan sal dit weggaan. Vra maar, ek was daar en die T-sjirt le nog onder in die kas --- jarrrrrrrrre later.
So het ek destyds gevoel:
[1974]
Iemand loop rond in my hart,
Met dorings aan die voete rond,
En elke tree wat Iemand gee,
Laat my van pyn uitskree.
Dit weergalm oor die aard,
En gooi my stukkend op die grond.
(2009)
Word dit ooit dan weer gesond?
en by die dag is ek meer beswaard.
ek dra my pyn, dit voel na smart
dit raak te swaar - kan ek nou maar ingee?
Dog iets in my sê "Nee", ten ene male NEE ...

En tyd stap aan en seer die taan
tot hier, vandag, kan ek verstaan.
Kan ek trots orent en regop staan...
maar tog, tog kan ek onthou van anderdag se traan.
En nou? ek bly die baas van my eie hart
en ek bepaal wie buite staan en wie daar binne gaan.
En die les geleer dra ek kosbaar met my saam.

Unknown said...

En daar is Botswana en Ranjane alweer om die draai .. en hierdie keer wil ons 3 Ton klere neem.
Kan julle weer help bymekaarmaak - assebliefies-blief-tog? 3ton is bajja, maar as ammal inspring kan ons dit maak. Ek weet ons kan.
Hiermee dan ook 'n ope uitnodiging aan ENIGEEN wat wil saam gaan op die uitreik - 23 Mei tot 6 Junie - Wes en Noord-Wes Botswana, Kgalagdi en Kgoudom ... al met die grenslyn op to bo teen die Caprivi?
I-myl my by Xanagas.Alive@Gmail.com en dan stuur ek vi jou die inligting aan.
Koste so in di eomgeweing van R3000 - 3500 p/persoon [as jy wil "share" bring jou eie man of vrou :-)

Vlaktekind said...

Jeweeltjie, Vroulief sê gannie vir my hoe om te stemmie. Ek beslyt vir my sigsellers. Vroulief het gesê ek mag maar.

Vlaktekind said...

Ai ou Mac, hoe water my bek nou vir daai ry. Maar nouja, sal maar weer net hier op my knoppiesbord moet loop sta sit kwyl oorlat ekkie sal kan saamie.

spikkels said...

Ek jok nie en dis nog nie weg nie. Maar die LEWE is pragtig en ek kan nog, en is op die oomblik, gelukkig wees! Sjoe, dit was ñ dol dag, niks tyd vir wonder en ginnegaap nie, en nou gaan ek heerlik slaap want ek is rerig kapot. Lekker aand vir almal! xxx

Jewls said...

SPIKKELS WORD WAKKER - JY MOET GAAN WERK!!!! ;-)) Koffie en skout staan gereed in die kombuis. Mag daar 'n helder-geel-happy-voëltjie in julle almal se harte en lewens rondfladder vandag!!

robyn said...

Spikkels,en daar is jou eerste dag by die nuwe werk agter die rug,die ys is gebreek en ek weet, en glo dat dinge van nou af net beter sal gaan....jy is n'positiewe mens...en as jy eers weer sien die lewe is mooi...en om jou kyk en die klein mooi, vergete dingetjies raaksien...is die saak halfpad gewonne....sterkte....en voorspoed.....Mooi daggie vir elkeen...al is dit koud,is ons hartjies warm vir die om ons,wys dit,deel n' glimlag uit...en sien hoeveel ontvang jy terug...xxxx

kiets said...

Hallo almal so op die bewolkte dag! Ne4t om te laat weet dat ons ou vrind soveel beter doen!

Jewls said...

Uncle Mac, sal jy my blieffies kom ontvoer van my erf af net voor julle die tenks vol maak met diesel en al die bande nagaan? Dan het ek 'n legale rede hoekom die hospitaal sonder my moet klaarkom!! Oor die saaknommer en details kan ons later bekommer!! Ai, wens ek kon saamgaan!!

Wat gaan aan met die weer in Pretoria? Op die vooraand van 'n belangrike verkiesing raak dit skielik snerpend koud, waai die wind verwoed, lê alles onder 'n grys bibber-kombers. Dan lees ek in die Beeld dat marknavorsing toon dat die regerende party omtrent al klaar weer 'n 2-derde meerderheid het! Yskoud tot in my siel... Vlakkies, hoe stem mens reg? Jy het dit mos nou al klaar gedoen en dit alles sonder Vroulief se hulp!! ;-))

Katjie, dankie vir die terugvoer oor julle vriend. So bly dit gaan beter!!! 'n Werksmaaitjie van my se Ma is 'n week gelede oorlede en vandag by die begrafnis kry haar Pa 'n hartaanval. Hoe cope mens met 2 geliefdes se heengaan? Vir julle is daar hoop en dit maak my bly!

Spikkels, hoe was jou tweede dag? Was jy betyds? ;-))

Unknown said...

Mmmm - ontvoer sê jy - my kjent jy is al so skraal - assik jou nog jou voer ontneem .. dit sal mossie deug nie??? :-) he he he - het jou.
Dankie Jewls - dit sal BG wees as jy kon saamgaan - ek is amper bang dat ons net manne gaan wees op die uitreik - want die Outannie Boesman antiekjies willie met vreemde manne praat nie - so dit gaan maar partplekke sukkelsukkel. En Dwergie sit gestrant in Lagos - inni verlede was sy ons skakel. Maar Piesang [Pieter van Grabouw] het laat weet sy vroutjie kom saam, so ons het 'n skakel.
Maar ek staan verlee vir daardie ou klere - rerrag, hierdie keer bedel ek sommer prontuit want 3 Ton is bajja klere. Het vandag met Joel gepraat (Die Welsynwerker daar - maar sy kantoor en huis is in Charles Hills - 140Km weg] en hy is reeds besig om opname te maak van die regte behoeftiges sodat ons die klere vir die gee wat regtig niks het nie.
Ek pik 'm traan want ek kom op ons Bloemfontein Maatjie se verledejaar posse af waar ons kop bymekaarsit om die wat sy bymekaargemaak het te bry.
Wonder hoe gaan dit met Lolla kjent? Heij wag - ek dwaal af.
Laat weet maar as julle kan help .. samblief?

cat said...
This comment has been removed by the author.
Jewls said...

Ek en Liefkind was al 06H15 in teater om voor te berei vir 'n moerse lang dag. My dokter het belowe om voor 7 vanaand klaar te wees sodat ons almal nog kan stem. Maar toe is daar 'n ontploffing in Bronkhorststraat naby Brooklyn en die krag gaan af!!! Op noodkrag mag ons nie opereer nie en daar staan ek toe in die stemry om 2-uur vanmiddag, voel die skraal sonnetjie op my vel, maak rasistiese grappies saam met my mede tou-staners, eet sooibrand-worsbroodjies, drink coke en kry so lekker dat my dag so mooi uitgedraai het!! En net toe ek amper voor is, stop daar 'n bus vol oumensies en word hulle summier heel voor in die ry staangemaak!!! Ag, selfs dit was opwindend vir my!! ;-))

Vroulief said...

Middelkind het my al voor 7 vanoggend geboenner om te gaan stem... Ek het toe nog steeds meer as 'n uur gestaan, maar later bel buurvrou om te vertel dat die tou 2 en 'n halwe uur lank was!! Ons woon naby ons stempunt, en buurvrou het later vir haar 'n stoel gaan haal en so sit-sit-so voortgeskuiwe tot sy kon stem, en ek sien die tou is nog steeds lank... Ek hoop maar die uitslag is nie soos vooruit geskat nie!

Intussen stem ek saam met al die gekners oor vreemde winterweer. Al my skarniere is stram en krakerig.. weet net nie hoe om te olie nie!

Hopelik het ons almal ons grondwetlike pligte afgehandel en verder 'n heerlike vrye dag gehad.. Dis net Vroulief wat al weer (nog steeds??) met die neus in die boeke sit!!

robyn said...

Vroeg-vroeg opgestaan...koffietjies gedrink....en weg stempunt toe...by stempunt no 3 is die tou so effe korter...maar ek staan nog steeds 2ure...maar daar is soveel te siene en te prate dat die tyd sommer tjoef tjaf verby is...en daar trek ek my kruis...voel innig dankbaar, en weet,ek het ook my deel gedoen vir die mooie land van ons.....Uncle...sommer daar in die ry het ek die boodskap deurgegee...ou klere seblief.....so kom ons kyk hoeveel kan ek bymekaar kry vanaf my maters....mooi aand vir elkeen....xxx

Jewls said...

Robyntjie, wat praat jy nou? Kruisie gemaak? Nee jitte, ek dog ek moes my gunsteling se gesiggie omkring met drie uitroeptekens daarby!!!

spikkels said...

Ag toggies Jewls, seker maak jy net ñ grappie nè?! :-)

robyn said...

Jewlsie!!!!!!....is jy nou een van die statestieke se bedorwe briefies....ai,ai...red nou n' nasie!!!!!....Maar ek is seker, soos gewoonlik giggel jy te heerlik daar voor jou slimmasjien....wetende, dat ons byna ons tonge ingesluk het van verontwaardiging en skok!!!!ai,Spikkels dink ek nou sooo aan jou..."Soos bloed" van ou Theunsie speel....hoop jy is al tuis in jou nuwe kantoor....en dat jy kan uitkyk by die venster...en die mooi van die natuur sien...Nou ja,laat ek skoffel....al is Baserasie weg na die MMC...moet ek nog die fort hou....ai,wens hulle wil dit vir vroue ook begin....soos ek verstaan,is dit n' ervaring en belewenis met geen gelyke....Kiets,hoe gaan dit met jul vriend....en ai,dink so aan jou met al die kiddies....Vroulief sterkte met die toetse!!!!....Vanoggend lees die koerant opskrifte..."Twee broers sterf saam in ongeluk"....dit is Hantie se oudste seun se beste vriende...het Saterdag daar gekuier...later die aand ,besluit die boetie,hy gaan sy boet huistoe vat...en kop aan kop botsing eis hul lewens...ouers se enigste twee kinders...en oudste boet was getroud ,en laat vrou en baba van een jaar agter....sjoe,dit ruk mens so effe ....al ken ek hul nie persoonlik...kan ek myself net indink...die onsettende verlies....Mooi daggie vir elkeen....maak vandag n' spesiale omgee daggie...wees lief vir mekaar...xxxx

Jewls said...

Hie-hie, natuurlik maak ek sommer net grappies!! My kruisie is netjies gemaak met 4 x 90 grade lyne oorkruis getrek!! Liefkind het langs my gestaan en die leergeleentheid kon ek nie laat verbygaan nie!!

Vroulief, hoe was die toets vandag? Op Donderdae wanneer ek wikkel op my erf, dink ek altyd aan jou wat kennis moet weergee terwyl ek loop en kennis inwin op my erf. Nog 'n witstinkhout wat opgekom het of, nog erger, 'n moerbeiboom!!

Rooikoppie, ek het die berig gelees van die twee seunskinders. Jitte, dis hartseer! Dit laat my aan die liedjie dink van Smokey: "When you close your eyes tonight, think of what we had..." We had it all!! Die snotte en trane en tantrums en liefwees en verlange. Die mooi onthoue sal vrede bring vir hulle, dit weet ek!!

Vlakkies, ek mis jou nou regtig té veel! Moenie vir my sê jy sien nie stories in jou daaglikse lewe doer vée nie! Wat het jy gesien gebeur in die kiesrye? Vertel asseblief!!!

Katjie, hoekom vee jy jou woorde uit? Die OVK sal nie daarvan hou nie!! Ek hoop julle het 'n wonderlike nag sonder enige onderbrekings in slaap!!

Lekker slaap, maaitjies!! xxxxx

Vroulief said...

Maatjies, ek is NET vodde vanaand! Nog 'n toets agter die rug! Jeweeltjie, ek weet mos nooit eintlik hoe dit gegaan het nie - behalwe as ek sumier druip soos verlede week se toets... Het nog nie die uitslag gekry nie, maar vanaand wil ek my 'seblief nie daaroor bekommer nie!!

Robyntjie, ek het ook daai foto in die koerant gebekyk en nog my hand bo oor gesit en die Here gevra vir troos... Dra ons almal se meelewing aan die hartseer mense oor. As ek kan help met ontlading, laat weet net, sal dit met liefde doen.

En vanaand wag ons maar almal dat die finale uitslag van die verkiesing moet uit !!

Ek het 'n laaaang naweek voor, dis Maandag vakansiedag, Dinsdag het die universiteit die Maandag rooster en Vroulief het nie op 'n Maandag klas nie! Dit gee my hopelik kans om so bietjie voor te kom met van die baie leerdery vir die volgende week-of-wat.

... maar vannaand doen ek net niks, ek is poegaai! Dankie vir al die ondersteuning en moed inpraat, was juis vandag so 'af' Mis my Vlaktekind, voel alleen en verwaarloos

Lekker slaap almal

spikkels said...

Het ek al genoem dat ek (dv), Sondagoggend in my tent in die wildtuin gaan wakker word? En daarna nog vyf oggende koffie uit die fles drink terwyl ek en boeta in die donker voor die kamp se hek staan en wag dat hy oop en ons heel eerste al die diere kan sien... :-)

kiets said...

O Spikkels, ek is erg jaloers! Geniet dit terdee. Vroulief, jy moet weet ons is lief vir jou en darem hier hoor! Ai, gisternag was, wel nag by ons! Di emanne is gisteroggend ingeent en niemand was gelukkig nie. Ek en Zouga het 'n 9 dag "Staycation" volgende week - miskine kry ons iewers bietjie slaap ingehaal. Ek mag dalk stil wees hier! LIefde vir julle almal.

Anonymous said...

Fyn Kelkiewyn - NOU doen jy die inhaalding - ek jaloers ook sommer. Moenie die kemra versjeet'ie en vat bajja kiekies - vanni miere toddi mokke oliemante - en kiek vir my 'n luiperdjie - toeee???? Geniet terdee, hoor jy?

Jewls said...

Vroulief, nou laat jy my skuldig voel dat ek so 'n prettige dag gehad het terwyl jy so alleen en verwaarloos voel!! Ek het vanoggend besluit om jou vir middagete te nooi, maar glo my, my dag het nie uitgedraai soos ek dit beplan het nie!! Hierdie naweek spoed ek vir die hospitaal, maar kan ons mekaar nie maar Maandag ontmoet en net lekker kuier nie? Kies jou 2 ure en ek maak dit vir jou opwindend, Vriendin!!! ;-))

Spikkels, jippieeeee!! Ek hoop jy het 'n wonderlike tyd in die natuur en dat jy vol nuwe energie terug sal kom! So bly vir jou!!

Rooikoppie, het jy vandag die Beeld gelees oor die ongeluk? Ai, mens wonder altyd wat in daardie situasie verkeerd geloop het!

Kattertjies - STERKTE!!! So baie lief vir julle ook!

Vlaktekind said...

SSSTTTOOOOORMEEEERS! Ai wat 'n lekker naweek mit onse spanne wat so loop sta' wen. Nettie welpies wat weer hulle se snorbaarde so lat loop sta' knoop. Ennie Goudvissies wat allenag in hulle se visdammetjie swem. Niemand wil mit hulle gespeel hettie.

spikkels said...

Lê nou en lees in my tent, luister na die kampgeluide en na die baie benoude gebulk van ñ paar blouwildebeeste so entjie van die kamp af. Het vanmiddag leeus gesien. Hulle het vir my redelik honger gelyk. Ook so entjie van die kamp af. En olifante wat by ñ sementdam suip, klomp kleintjies tussen hulle, blerrie oulik. Dis lekr hier, en wàrm! Netnou sal die hienas en begin roep en more oggend vroeg die jakkalse. Hoop ek hoor daai leeus ook darem brul...

Jewls said...

Vlakkies, dit was 'n mooi Kolkatjie-gamepie, né? Ons het vandag die outjie van die Bulle se wangetjies weer vir hom uitgeduik en ek is nogsteeds murig vir die poniestert wat Bryan so hoog getackle het!! Jitte!!

Spikkeltjies, nou is jy THE ONE AND ONLY!! My geliefde heeshaan, Spikkels, lê nou vlak onder die grond, langs die granaatboom begrawe. Na 2 weke was die geel blommetjies in jou mooi geskenkruiker nog so pragtig dat ek hulle uitgehaal het uit die blompot uit en dit op die graffie neergesit het. Toe ek vanoggend die doudruppeltjies daarop sien, het dit so presies verwoord hoe seer my hart regtig is...

Leeujag!! Loverboy het eenkeer vir Liefkind gesê dat sy saam met hom op 'n leeujag moet kom. Skelmpies knyp hy al die hoeke van die duvét vas want hulle lê nou in die tent. Intussen werk hy haar op met gromgeluide en die jagter wat bewe van angs!! Toe die leeu agter die bos uit spring, hoor jy net 'n knal... (!!!) Liefkind skree: "Sies, Daddy, jy het gepoep!!" Hy sê: "Dis die leeu se aaassemmmmmm!" Of so-iets. Wens ek het 'n foto gehad van toe sy uiteindelik uit 'die tent' uit ontsnap het!!!

Spikkels, as jy 'n vlakvark sien, neem 'n naby-foto!! En die sexy oogwimpers van 'n kameelperd!! Lekker kamp en droom en lees en menswees!!

Anonymous said...

Daar was mos doei tyd soldate wat innie Willekrugertyn patrollie moes gat loop sta' loop het. Of het ek al die een gevertel. Maak nou ok mossie eintlik saakie. Miskien lag julle weer vir hom. So sittie diensoffisier die môre vroemôre innie innie opstent. Hoor hy iemand oorie draadloos flyster: "Hallo, hallo." Seggie offisier: "Wie praat nou? Wat is jou roepsein!" Kommie flyster-antwoord: "Hierse lou." Doggie offsier die man sien seker iets wat hy nie sienie en wil seker maakie troep sien wat hy sê hy sien. Toe vra die offisier: "Hoe lyk hy?" Flysterie stem: "Hy lyk hongor."

Jewls said...

Hallo Vlakkies!! ;-)) Ek het vandag 'n honger leeu gesien, sommer 'n hele trop van hulle by die Rhinopark! www.rhinolion.co.za . Ek moet volgende keer vir Spikkels daarheen vat want die enigste diere wat ek nie gesien het nie, was 'n olifant, koedoe en 'n kameelperd! Daar is té min bome... As mens nou nie by die regte-egte wildtuin kan uitkom nie, is hierdie 'n besonderse goeie opsie want jy kry diere wat in groot, natuurlike kampe aangehou word en dan kry jy die willes wat jy met jou verkyker kan soek! Die lekkerste was dat daar bitter min rooibokke was. As mens mos so by die Krugerhekke inry, dan stop Pappa en sê: "Rooibokke!" 'n Entjie verder stop hy weer en wys met sy neus se punt wat hy sien en ons kyk met groot opgewondenheid... Na 'n uur, is ons so verveeld, want al wat ons sien is rooibokkies en zebra's!! Of miskien was dit springbokkies? Ek het 'n wonderlike dag gehad in die sonskyn en natuur en Afrika! Hoop julle almal het ook lekker gerus! Liefde, Jewls xxxxx

Kaaskop said...

Ek wil julle nou nie jaloers maak nie maar my naweek het klaar begin. Vandag is dit Koninginnedag in Laag-Kaasland, die verjaardag van die koningin. Eintlik is dit nie eers waar nie want die koninklike tannie wat wat ons nou het verjaar in Januarie. Maar omdat dit dan te koud is het sy besluit om haar ma, die ou koninklike tannie wat sinds jare al nie meer met ons is nie, se verjaarsdag aan te hou. Vandag is Laag-Kaasland heeltemal oranje, en die Kasies verdwaal massaal in straatfeeste, oranje aangetrek, selfs die bier is oranje. Die meeste mense het more ook 'n dag af, en dit help om die ou kaasliggaampies weer nugter te kry. Die son, ook oranje, skyn vir 'n wenplek. Dalk, baie baie dalk, gaan ek bietjie saam party.

robyn said...

Kasie!!!!...kan jy glo...ek het ook oranje aan vandag.....ai,ons het darem weer môre n' rusdaggie...die laaste van vele wat ons die maand gehad het...gaan dit eintlik mis....selfs die paaie was rustiger...maar ek dink vanaf Maandag is almal weer terug...en dan gaa ons weer les opsê....geniet elke oomblik van jou afdag...en jol maar so biejie saam.....☺☺☺.....mooi daggie vir elkeen....glimlag....en wees lief vir mekaar....xxxx

Kaaskop said...

Koninginnedag is alweer verby. 'n Mal persoon het met sy kar geprobeer om die bus met die koninklike familie te raak. Hy het dwars deur die mense gery wat daar gestaan het en kyk. Tot sover is daar vier mense dood en dertien beseer. Hoekom? Ons weet nie.

Jewls said...

Rooikoppie en Hantie, baie geluk met julle 26 jaar vriendskap!! Wat 'n kosbare geskenk!!

Kasie, ek het daardie petalje van Koninginnedag op die nuus gesien. Goeiste, wat sou die man besiel het?!!!

Ek is so bevoorreg om my ouers die naweek by my te kan hê!!! Ons wou vandag braaivleis gehou het maar nou reën dit en van iewers af het 'n koue front op ons toegesak... Ek hoop julle het ook almal 'n verskriklike lekker naweek!!! xxxxx