Monday, May 4, 2009

Mei - en die winter begin byt aan ons skene.


'n Glimps van die snoekbraai by Jewlsie se plasie.

123 comments:

Kiets said...

More more almal! Ja, ek is terug van ons 9 dae ""Staycation" - dis nou 'n vakansie maar mens bly tuis en doen allerhande lekker dinge in en om jou stad. So het ons by die Koeimall gekuier, uit Hartbeespoortdam toe gery, die dieretuin besoek (Kleinkatjie het dit so geniet), Rietvlei dam besoek en lekker gebraai (en buffels gesien!), Bronkhorstsruit dam toe gery en sommer net lekker gekuier met vriende en mekaar. Lekker week vir almal!

Jewls said...

Katjie, ek is bly jy verduidelik uiteindelik wat 'staycation' beteken want toe Veertjie baie jare gelede vir my gesê het: "Don't show your ignorance", het ek my voorgeneem om nooit weer publiek vrae te vra nie!! ;-))

Herken ek die pers kristalglas met die twee kerse? Mmmmmm. Dit bring mooiste onthoue terug!!!

robyn said...

Kiets...dit klink te heeeerlik....by my vorige werk het ons dit altyd die "Garden Route" genoem,as iemand vra..."waar gaan julle vir die vakansie heen".....tuis, en stap so deur jou tuin....soms ontdek mens die heerlikste plekkies net om die draai van jou kaia.....Ja,die naweek kon mens die knyp in die lug voel...maar vandag was darem weer heerlik warm....Dankie Jewlsie met die gelukwensing vir my en Hantie se 26jr van vriendskap....ja,sy is baie spesiaal...en ek voel geseënd om haar as my vriendin te kan hê....mooi and vir elkeen...wees snoesig....xxxx

Kaaskop said...

Kiets, ek is bly jy het jou Staycation geniet, dit vat mos net bietjie tyd en rus om agter te kom in watter pragtige plek en omgewing jy bly. As ek sien watse temperature daar by julle is lyk dit vir my dat die winter nog nie byt nie. - Robyntjie, baie geluk met die 26 jaar vriendskap met Hantie, ek hoop dit gaan goed met haar. Trouens, daar is nog 'n 26 jaar vriendskap om te vier hierdie maand. Dankie daarvoor my liewe vriendin, ek koester dit, en ek is gelukkig want ek weet jy doen dit ook.

debi9kids said...

BEAUTIFUL!!!!

Jewls said...

Kasie, glo vir my, die winter byt!! Baie geluk ook met jou en Rooikoppie se vriendskap!! Ek onthou toe ons die dag daaroor gepraat het, dat jy met soveel deernis en respek na haar verwys het. Dit kom slegs met jare se omgee en meelewendheid!!

Dink julle Die Mammie verstaan Afrikaans, of kyk sy net prentjies? ;-)) Ek begin bekommerd raak oor die 'belangstelling' in ons woordplaas...

Vroulief? Ek mis jou!!

Ek het 'n lied in my hart vanaand en ekskuus as ek dit invryf, maar ek is sooooooo gelukkig!! My bos pienk-geel rose staan en pronk in die sitkamer, spesiaal vir my afgelewer by die werk... Gaan nou kamstig tyd saam met Liefkind spandeer omdat sy my aandag nodig het, maar ek weet ek gaan sit en droom-verlang na my geliefde terwyl sy haar sepies kyk en ek haar ruggie krap! Dankie Ridder, jy het hierdie dag vir my besonders mooi gemaak!!!!

kiets said...

Ai dis romanties Jewlsie! Ek ken die mammie Jeweeltjie, sy is 'n Amerikaanse vriendin en het net gou na die fotos kom kyk. Sy is die aller dierbaarste mens en maak 9 kinders groot - waarvan 6 aangenomes is. Liefde an lekker dag vir almal.

robyn said...

Hallo Maters...seker gewonder wat het van my geword....in die laaste ruk gaan dit erg met my by die werk....en tyd vir kuier is min....soms wil my stert hang...maar dan onthou ek hoe bevoorreg ek is om n' werk te hê...en dat ek positief moet wees....glimlag, en die mooi om my moet raaksien....en ek probeer...regtig...ek probeer hard....Lekker slapies elkeen,maak jul snoesig toe teen die koue...wees lief vir mekaar....xxxx

Unknown said...

Hallo ammal
Dis lekker om weer voet op eie bodem te he. Dwergie se hulle swem in Lagos - toe stuur sy fotos - hygebt hert mens, die kleiner karrikjies is onner water tot by hulle handvatsels. Die Okadas se 'pilot' sit op die water. voete dourrr opgeskop. En gisteraand toe safreen dit so vir snoesiginwikkelkomlenaderaanmy ... en my Dwergie is 50000000myle weg [Jaa orraait Vlaktes - dit voel immers so]
Ek soebat nog steeds kleerkie virrie Boesmanmense van Ranjane .. issa IEMAND wat kan of wil hjelp? Ek vra maar ... Oom Jaap se altyd, as mens vra of mens mag vra: "Die "NEE" het jy" nouja, nou hoop ik maar op 'n JA
Soetwees - en sit tog die verdamme Rotweiler uit voor jy gaan slaap en moenie die stoeplig aanlos nie, die goggas splatt splatt splatt teen my venster, da' slaap ik sleg.

Kiets said...

Ag Oompie, ons het net noudie dag kas leeggemaak vir kindersorg. Jammer hoor. Wel julle, die Zouga en die Pilansberg stappers dei naweek en ek en die 3 kids (Saterdag ook een van my extras by my ) die naweek. Liefde en lig vir almal!

Vroulief said...

Genade ek het omtrent lanklaas op die plaas ingeloer, voel skoon soos 'n vreemdeling!!

Nee toemaar, ek is nie regtig 'n vreemdeling nie, dit gaan net DOL!!! Studente so na aan eksamen vat nie grond nie! Toetse en take en nog toetse.. Die hospitaal en sy dramas (vandag 'n week terug die noodfoon gehad en eers 4 uur die oggend uit Ongevalle geloop - net 2 en 'n half uur geslaap vir die nag..!!), baie bloed en trane!
Julle moet mar almal aan my dink, die eksamen wat voorlê is die belangrikste van die hele drie jaar tot nou toe - van hulle hang my honneurskeuring af, dis 'n suiwer punte keuring...

Ek het so baie gemis die afgelope tyd, dat ek verstom is oor Jeweeltjie se droom ogies, Katjies, julle sien weer kans vir baie ne?
Kasie, ek sit op die Saterdagaand toegevou onder 'n dikke kombers en leer... en leer.. Almal katterwaal en het 'n fees, Vroulief sit en leer.. en Kasie beleef 'n pragtige lente! Ek kla nie, dit klink net so erg bloukous en vervelig!!
Nou is my rusbeurt verby en moet die neus terug in die boek - Maandag wag 'n riller van 'n toets!!
Wanneer almal more 'n rustige Sondag het, moet julle aan my dink. Onthou ek skryf Maandag 14:00 'n belangrike toets - hou tog styyyf duimvas! Lekker slaap almal

Kaaskop said...

Hi Vroulief, sterkte met die harde werk en ek hou duimvas vir jou. Terwyl die son die lente weer kleur gee vandag na 'n paar dae se reen en wind wens ek jou en al die mammas 'n pragtige Moerdersdag en hoop julle word almal bederf dat julle skaamkry.

robyn said...

Hoop elke mamma het vandag spesiaal gevoel....met klein bederfies....en baie liefde...vandag het ek net weereens besef hoe geseend is ek met my twee seuns....Boeboes en Zellie het my bederf met n' pragtige CD en peppermint sjokkies en n' heerlike ontbyt wat hule self voorberei het...daarna is ons na ouboet Leon....daar gee hy vir my n' roos uit sy tuin...en Jeanette sy vroulief...sê ons moet hande vat...en daar doen sy die mooiste gebed...spesiaal vir n' mamma....daarna het hulle vir my heerlike badsepies en poeiertjies gegee... ons het heerlik so in die tuin gekuier en geeet....en daarna toe sê Leon hulle wil vir my drie spesiale songkies speel....sjoe...en was dit nou erg mooi...alles te doen met die moeder....ek moes hard op my tande byt om nie in trane uit te bars....Toe ons laatmiddag groet...druk Leon my teen hom vas...en sê, mamma ek is so lief vir jou...en die trane stroom oor sy wange....My twee seuns het my soos n' prinses laat voel sonder om hope geld te bestee....en in my hart is ek erg dankbaar...en ek kan net sê...Dankie liewe Heer....lekker slapies elkeen...wees lief vir mekaar....elkeen is baie spesiaal...en ons is so geseend om mekaar te hê...xxx

Kiets said...

More more almal! Ek hoop al die mammas het so heerlike dag soos Rooikappetjie s'n gehad - dit klink regtig besonders. En dankie vir die mooi wense Kasie. Zouga'le het 'n heerlike stap by Pilansberg gehad - renosters oa gesien en baie naby aan buffels gekom, maar nie gesien nie. Vroulief, sterkte - en liefde vir jou. En ek stuur 'n gebedjie op vanmiddag.

Vroulief said...

Dankie Kieter, dankie Kasie, dit het heel goed gegaan met die toets, het reeds my punte en ek is dankbaar-tevrede... Nou nog net Donderdag..

Vanaand gaan ek vroeg in die bed klim, ek kry koud en ek is pootuit!!

Kaaskop said...

Vroulief sterkte met die eksamen môre, ek hou duimvas vir jou. - Rooikoppie, wat 'n pragtige beskrywing van jou mooi Moederdag! Jy kan maar net dankie sê want daai aandag kry jy net omdat jy dit verdien, dis nie te koop nie. -Waar is al die plaasmense? Hierdie plek word wraggies stil. Of byt die winter so aan julle skene dat die vingertjies ook gevries het?

robyn said...

Koewieeeeee....hier is ekke Kasie....die dae vlieg soos die wind...werk myself tot n' wrak....kom by die huis...eet en val net neer...sjoe...dit klink nou alte veel na n' gekerm....Maar..raai wat....ek glimlag nog steeds...want dis verniet...ek sien nog steeds die mooi om my...soos vanmiddag se sonsondergang...huil mooi....Die ou verkoue kiem het my ook intussen beet gehad...arme Boeboes moes ek gisteroggend skoon mee hospitaal toejaag...hy kon nie asem kry....medisyne het hom aangetas en sy reeds toe bors het hom kort asem gemaak....gelukkig is die hospitaal nie te ver van die huis...en kon ek gou genoeg hulp kry...hulle het hom op suurstof gesit,n' drip gegee...en so uur of twee later het hy weer beter gevoel...maar is nog steeds afgeboek by die huis...asemhaling nog steeds baie oppervlakkig...maar stoom kort-kort met die Respineb...en drink sy medisyne....nou ja,mooi aand verder vir elkeen...laat die warmte van jul omgee ander se harte verwarm....xxxx

spikkels said...

Oei, ek kry koud! Hallo plaasjapies... xxx

robyn said...

Sjoe Patrysie...jy praat...ek het nou net vir my n' stomende koppie koffietjies gemaak....en sommer my lugreeling warmer gestel...iemand het weer die yskas se deur oopgelos...en gwoonlik is die skuldige die mense in die Kaap...Smousie....maak toe!!!....seblief!!!!...ek wil die naweek bos toe...en ek wil nie klappertand....mooi daggie vir elkeen....glimlag...dalk maakdit ons harte warm...wat die res van die lyfie sal versorg....xxxx

Kiets said...

Gaan koud wees in die naweek in die Kaap Rooikappetjie - ou Smousie sal moet warm bly. Naand almal - Maandag is dit mammie se groot dag vir die knie en hulle bou en breek te lekker daar by Jeweeltjie se hopsitaal.

robyn said...

Brrrrrr...waar is die koffietjies...sjoe...nou klappertand ekke....die mense in die Kaap wil ook nie die yskas deur toemaak....En boonop ek bos toe....maar ek is reg daarvoor...Beanie,handskoene,serpie...en dik baadjie....en natuurlik...sakke en sakke bosveld hout....sal maar so half in die vuurtjie kruip....mooi daggie vir elkeen....glimlag..dit maak harte warm...xxxx

Kaaskop said...

Ek dink nou terug aan my kuiertjie in Pretoria. Dis 'n kortbroektemperatuur, maar 'n lekker drensreentjie maak die gras donkergroen en laat die blomme jubel. Dit ruik so vars met die deure en vensters wat oopstaan, lekker koue biertjie daarby en dan kry ek die regte naweekgevoel. Ek wens jul naweek is net so lekker, al is dit koud in die nag maak die dag se son alles weer mooi. - Kiets, ek hoop alles gaan goed Maandag met jou mammie. - Jeweel, waar is jy? Het jou wolkie nou op sulke hoogtes gekom dat jy kontak verloor het met die mense hier op terra firma?

Spook said...

Lekker om van jul spesiale ogee vir mekaar te lees. Vriende vredryf die winterkou en omvou jou met arms van warmte en omgee. Geseende week vir almal

robyn said...

Spook!!!!....baie welkom op ons plaas....jy sal gou agterkom dat die hartlikheid van die inwoners omvou jou...en jy voel sommer gou tuis, so met die tyd sal elkeen jou kom welkom heet....Sit solank....ek kry gou heerlike moerige koffietjies en beskuit....iemand sal die hout moet kry dat ons die kaggel kan begin stook...dis koud!!!!.....Kasie,is jy nou besig om ons jaloers te maak....moet sê...ja,deur die dag is dit regtig heeeerlik....maar as daardie sonnetjie sak....brrrrrr.....nou ja,na die naweek in die bos...wil ek vroeg in die bed....uitgerus wees vir die nuwe week...met n'ekstra wye glimlag.....lekker slapies maters...warmte vir elkeen....xxxxx

Kaaskop said...

Spook ek glo nie jy is 'n spook nie want spoke praat mos nie so mooi soos jy nie. Baie welkom, ek het lankal agtergekom hoe lekker kuier ons op hierdie plaas. - Robyntjie, ik wil jou nie jaloers maak nie, vertel maar net hoe lekker dit is na 'n lang winter hier in die noorde. Maar gisteraand het dit toe begin reen en koud geword, toe kry ek 'n akuute aanval van keelseer en snotterigheid. Ek het myself alweer amper gesond gedokter en more begin die kort werkweek. Net drie daggies, ek is Donderdag en Vrydag af. Die weermeneer sê die weer gaan dan baie mooi wees en dan gaan ek jou vertel hoe heerlik dit is om in 'n warme land te bly.

robyn said...

Goeie môre maters...ai,na so naweek in die bos...is ek half lammerig...en nie lus vir die vier mure van n' kantoor...soos gewoonlik het ek dit so erg geniet...die weer het so half saamgespeel...en ek moet eerlik sê ek het nie juis koud gekry...maaaar laat ek net bysê....ek het van alles dubbel aangehad...☺☺☺...en saans byna in die vuur gesit.....kyk as iemand moes sien wat vang ek en Boeboes aan...hulle sou hul hande saamslaan....het die oggend kaiings uitgebraai...daardie vet vat ons toe...dis nou koud en spierwit...amper soos botter..smeer die hout dik daarmee...stapel die gesmeerde hout op mekaar....vat eier boksies...smeer dit ook dik...druk dit onder in...en steek aan....mmmm....die vlamme lek lekker hoog die lug in...verlig die hele wêreld....en straal heerlike hitte uit....en dan kom die leë Coke bottel ook nog bo-op...net vir so ekstra...woema...ai....jy sit daar...met die heerlike hitte...en bo jou kop is die helderste blinkste sterretjies....en Jakkals roep sy maat...en dit raak week in jou hart...dankbaarheid vloei deur jou...want ek is bevoorreg om dit te kan beleef....en dan vroeg in die oggend...die helder kleure van die sonsopkoms...met die tortel wat die dag aankondig...bobbejaan en sy familie soek die asblikke deur....kyk jou so half verergd aan aas jy hom wil jaag...so asof hy wil sê...jy is nou in my gebied....moet nie kla....muis het ook deur die nag kossies vir haar familie kom haal...jy hoor die girts-girts...en ja,daar sit sy...en knabbel aan n' koekie....en net toe ek dit verjaar en verwilder het...kom Eland en sy famlie om die soutigheid van die braaier af te lek...en net om seker te maak of ek die skottelgoed gewas het...loop hy onder deur die Gazebo...stamp die stoel en tafel dat dit daaaaar trek....en loer gou in die wasbak....nee,nie n' kriesel om te aas....kyk my so windmakerig aan...en stap gedwee weg....en vreet verder aan die grassies......ai,maters....dis soooo heerlik om die bos so te beleef....net weer jouself te vind...en die mooi raak te sien....Mag hierdie week vir elkeen besonders wees,kyk om julle...en sien die mooi...beleef dit..al sit jy in jou voertuig oppad werk toe....wees lief vir mekaar...ennn.....glimlag...dis verniet...en maak iemand se dag....xxxx

Jewls said...

Kyk, ek is nou al 6 maande in 'n 'werrie bad mood' oor werksgoed en rugby en nou moet ek nog hoor hoe lieflik die lente daar in Laagland ook is... Kasie, sies vir jou!!! Die toppunt van my wroeging was toe my Kolgatjies Saterdag teen die Stormpoepies staan en verloor het... En Smousie lag allie pad want ek skuld hom mos nou!! ;-)) Vlakkies, ek wag nogsteeds vir jou kommentaar!!! En waar is al die Blou Bul geesdriftiges?

Vandag het ek reg voor die tydelike ingang van LCM neergeslaan, daar waar die aanbouings plaasvind. Jy sien net handsakgoed die wêreld vol en so 'n simpel vrou wat aan die lag gaan. Hemel, kan sy nie my verleentheid raaksien en gaan staan en lag op 'n ander plek nie? Ek spring so vinnig ek kon op, gluur die blêrrie vrou aan, begin my goedjies bymekaar maak en toe sien ek uit die hoek van my oog hoe sy dubbel-gevou vannie lag aangestruikel kom en deur die lagbuie jammer bly sê. Sy help selfs goedjies bymekaar kry en toe kon ek nie help om ook aan die lag te gaan nie!! Eers hier by die huis het ek besef hoe snaaks dit moes lyk en was dankbaar vir die lekkerste lag wat ek in 'n lang tyd gehad het!!

Rooikop, ek is bly julle het die naweek so geniet en daai vetgesmeerde hout is 'n goeie plan om te onthou! Katjie, jou Mams is so 'n statige, dierbare mens! Ek is verskriklik bly dat ek die geleentheid kon kry om haar te ontmoet!! Spikkels, speel jy lekker moet die kuikentjies? Hoe gaan dit deesdae met jou? Vroulief, jy moet leer!! Daai graad is nou ampertjies joune en dan reël ek weer 'n kuier om die Skitterstêr trofee aan jou te oorhandig!!

Sjoe!!! Langasem hoop julle het almal 'n wonderlike week verder!! Welkom Spook!! Het jy nie dalk ou klere vir Uncle Mac se uitreik nie? Almal wie ek vra is te 'ingat' of het hulle eie kerk of liefdadigheidsorganisasie en nou staan ek leë hande voor die Boesmantjies. Ons het darem nog 'n week oor...

spikkelsisblyJewlspraatweer said...

Wat beteken "ingat"? Jaaaa, dis vreeslik lekker hier, ek geniet my werk gate uit!!!!

Jewls said...

Wag nou, Spikkeltjies, jy praat my ore van my kop af!!!! ;-)) Presies HOE lekker is jou nuwe werk? Ingat is 'n Kleurling woord vir suinig!! Die eerste keer toe Smous vir my daarvan vertel het, het ek té lekker gelag! Oulik, né?

Spook said...

Die winter begin byt....sowaar dit voel ons vroegoggend. En voorwaar die winter is die beste tyd van die jaar....okay moenie baklei ek vertel hoekom....dit is die tyd wanneer vriende vir mekaar ekstra omgee en in liefde toevou. Dit is daardie liefde wat jou warm maak van binne en glo my geen winterkou sal jou aanraak nie. Dit is goed om te sien julle is so n hegte groepie wat saamgesels...gee rerig om vir mekaar en straal die warmte uit.dankie dat ek so nou en dan kan saamgesels. dankie vir die verwelkoming,,julle manier van gesels laat n warm gevoel deur die net sweef,staycation,,ingat,,Robyn se klappertand. dit laat n glimlag op n gesig...ons omgee groep gee die naweek n verjaarsdagpartytjie vir die thimios pleegsorg kinders...dit gaan so spesiaal wees om die kinders te help en sommer net te bederf....kaaskop die naam spook kom al van kleins af..ek het n casper,the friendly ghost op my tas geteken en van daai dag volg die naam my al meer as 35 jaar....ek bly darem n friendly ghost....lekker aand almal,glimlag en straal julle warmte vir mekaar uit!!!

Weer ek! said...

Ek raak nou erg opgewonde oor iets nuuts in ons lewe en google gou 'Thimios' sodat ek nie oningelig voorkom nie. Spokie, waarmee hou jy jou op? Daar is niks in daar 30 bladsye wat lyk soos liefdadigheid of moutjies-oprol nie!!!! Wys jou net hoe mens mislei kan word deur een woord, né? ;-)) Jy's reg, vriendskap maak mens warm van binne!!! Lekker slaap, maaitjies! Liefde, Jewls! xxxxx

langasemspikkels said...

Aaaah, nou ek verstaan! Presies HOE baie is genoeg dat ek dit regkry om lekker besig te bly, syfers en formules die hele dag en dan nog die boere en die kuikens en dat ek my hartjie gesond gaan werk, dis hoe baie... Gudnite!

robyn said...

Kaplaks....hier val ek sommer oor die emmer, wat so ewe in my pad staan na die plaas se kuierplek voor die kaggel....ja,ons sal nou maar voor die kaggel ons kuiers moet hê....Vlakkies...jy en Makou was altyd in beheer van die vuurmaak hout...nou weet ek nie...hier is net dooie as, en geen hout!!!!Ek het intussen heerlike dik groente sop gemaak....so julle beter nader skuif... ek sal solank die vuur aanpak...met vet op die hout....om behoorlik te brand, en warmte uit te straal...Nou ja,Jewlsie....sal jy vir ons blommetjies in n' potjie sit....en Spook...jy is nog nuut,maar ek steek jou sommer klaar in die werk...skink jy vir ons die sherrie....moet my nou nie so verskrik aankyk....ons is n' lawwe gesellige klomp....jy sal gou agterkom....O,vertel ons bietjie meer van Timios....dit klink of julle hard aan die woeker is....Kasie....ek hoop ons sien fodies van jou heeerlike sonnige land....ai,hier is dit maar snyperig in die oggend...en in die aand as die son sak....wel,jy kan duidelik voel die winter is nou hier....maar ek dink jy lag lekker in jou mou vir ons lot sissies....ek bedoel jy beleef baie erger winters...en selfs sneeu....en hier kerm ons as dit nog 20grade is....Spikkels....so bly dit gaan goed....vertel ons so bietjie van jou nuwe omgewing...en werk....is jy nou nader aan pa en ma goed....Nou ja,laat ek gou die sop roer voor dit aanbrand...mooi aand vir elkeen....wees lief vir mekaar...elke dag is spesiaal....beleef dit, en glimlag....xxxx

Spook said...

Robyn die sherrie word geskink...net die regte dingetjie om almal in die regte geselsluim te kry voor die vuurtjie....en die sop...klink nou soos n sop en sherrie aand....net reg vir die kouetjie en saamgesels tot op lekkerkry se werf. Jewls groot askies asseblief....ek het verkeerd gepraat of gespel altans...probeer timios homes...al die inligting is daarop.
ons is n groepie van 11 mense wat al die afgelope 3 maande hard gewerk het met die fondsinsameling om vir 240 pleegouers en kinders n onvergeetlike partytjie te gee....dit is timios se 10de verjaardag viering. sal defintitief sorg vir n paar fotos op gesigsboekie vir almal om te sien. ek is baie bevoorreg om van die huis te werk en dit is wonderlik om van jou tyd aan kinders wat nie alles het af te staan. my eie baserasie...geen boardroom meetings meer vir ure aanmekaar,,maar net so nou en dan vir kort rukkies.. lekker aand aan almal en onthou my leuse vir al my vriende is altyd...lig jou ken net so halwe sentimeter,kyk die wereld in die oe en glimlag altyd....en kort voor lank glimlag almal saam..

Spook said...

jammer iets gemis...ek het klere vir oom mac se uitreik...sal my bes doen om nie ingat te wees...waar kan ek aflewer...gee net kans tot maandag asb....is baie besig met die laaste goedjies vir timios die week....die kleertjies...kinders of kwalifiseer alle grotes...laat weet net....

Unknown said...

Hallo Spook spook - Baie dankie vir die klere - waar kan ons dit probeer laat afhaal? Ek het Maandagaand vir BRUTUS hospitaal toe gestamp [en vir myself ook maar ek is darem weer uit .. net kleintoonbeentjie gekraak, voetspiere geskeur, beenweefsel gekneus, sternum been gekraak en my ego in sy kanon in - en die anner kar was 'n VW Polo en die is 'n "wright off" - die voorbuffer sit amper waar die pedale moet wees - en die kjent het net haar pols gebreek - jipp - Onse Heer het Sy hand oor ons gehou.
Oor die klere - ons ry al Sondag 24e - Saterdag 23e is pak-en-laai dag. Ons het so oor 'n duisend Bybels vir Ds Gawie ingesamel en ons bid nog eenstryk om ie 3-ton klere vir RAnyane by te kan bring [ vriend het my sy 4x4 Nissan Safari aangebied so - ons gaan op die uitreik - al moet ek aan 'n Tyotta se dakrak vasbyt - AS ons 'n reeling kan maak - kan jy my i-myl by Xanagas.alive@gmail.com
Dankie Spookmens

spikkels said...

Ek hoop almal van julle het 'n geseende Hemelvaartdag vandag!

robyn said...

Sjoe Spook....jy doen besonderse werk vir iets wat my baie erg na aan die hart lê...sterkte met jul beplanning,ek dink dit gaan n' heerlike vreugdevolle dag wees....Uncle Mac....ek het ook klere...so ons moet kyk...hoe ons kan reel....Siestog,dat ou Brutus se snoet nou so verflenterd loop raak....ai,en jy Uncle....en hier sit ons en weet van niks...kon darem gou kom inloer het,net baie bly dis nie erger,sjoe arme Dwergie was seker in n' toestand doer ver in Lagos land....Spikkels....dankie vir die herinder van hemelvaart dag....tot my skande het ek vergeet...kry eintlik so skaam...dit wys jou net....as die dag op die kalender aangeteken is...dan beplan jy en onthou baie goed...maar sien jy niks...onthou jy niks....ai,ai....Wou nog anderdag vertel...toe waai dit ook weer uit....stop by die winkelsentrum...en so skuins voor my staan n' 4x4 bakkie....ou oom en tannie kom aangestap...so sukkel - sukkel...by die bakkie aangekom...maak die omie die agterdeur oop...haal n' tipe van karavaan stoeltjie uit...maak die voor pasassier deur oop...sit stoeltjie neer ...en help tannie om op stoeltjie te klim, en dan in die bakkie....help ook om haar rok mooi in te vou en maak die deur toe....op daardie oomblik het ek n' klammigheid in my ogies gevoel...die teerheid en liefde wat uitstraal...en die ekstra gebaar van omgee...sjoe...dit was so erg mooi...en sal my nog lank bybly.....nou ja,laat ek gou die laaste paar uintjies uitskoffel...ek sal my graaf weer so effe moet slyp....raak al stomp...geniet die laaste sonstrale...kyk na die sonsondergang...en weet...die lewe is soms rof...maar dis om die goed in elkeen uit te bring...soos n' ou stuk hout...na vele geskaaf...en politoer...kom die glans....xxxxxx

robyn said...

Kiets....skuus mater...hoe gaan dit met ma goed....jy is baie erg stil...vermis jou!!!!

Vroulief said...

Halloooo almal en Spook(welkom op onse woordplaas...) Vroulief is 'n toegewyde student en dis eksamentyd!!Ek is sowaar goed opdreef met die leerdery, maar ek dink alles wat ek van gister af geleer het vir Maandag se vraestel was pure verniet!! Ek voel dom, ek sukkel met hierdie simpele vak! Ek is verplig om dit te neem en die dosente maak dit ook nou nie juis makliker nie! Julle moet almal styyyf duimvas hou, seblief tog.

Spook wie's jy jong? Ek weet nou nog nie mooi wat jy doen nie. Lyk my ek is so ver agter dat ek dalk nie sal kan inhaal nie... Vertel jong, ek wil ook bykom!

Ek deel jou sentiment Jeweeltjie, daai Kasie vertel van sy mooie plek en ons bibber! Ek moes 'n beer gewees het!

Wie't gesê hy skink sjerrie?? Ek wil ook hê seblief, dalk word ek weer mooi wakker om verder te leer.

Al julle gawe mense moet rustig wees - iewers moet daar by elkeen 'n warm-dingetjie wees - 'n kaggel of 'n verwarmertjie van soorte.. Wanneer julle rystig en dromerig raak, dink maar aan my ook!
Wil graag gou weer inloer, maar ai, die leerdery druk!!

Jewls said...

Rystig... Mmmmmm, wonder watse soort woord daai is!!! ;-))

Uncle Mac, hier is vir jou 'n klapsoen en 'n VET drukkie oor jy oralsteroor seer gekry het!! En vir wat loop jy en vasry in 'n ander meisiekind se sawwe karretjie in? Gaan jy nooit weer met my praat nie?

Rooikoppie, ek wonder ook wat van Katjie geword het... Met die beste bedoelings het ek belowe om elke dag vir Ouma Annetjie te gaan kuier, maar elke dag was 'n gejaag agter Liefkind aan. In teater is mens se tyd nie jou eie nie!!!

Spikkels, hier hang nou sulke slap watte-wolke in die hemel met oranje laastelig vanuit die weste. Wens jy kon dit vir my kom afneem het!!!!

Unknown said...

Goeie Dag

Nee, jou naam is nie hierbo gemeld nie want hierdie skrywe gaan aan baie ander mense ook.

Ek is gewoonlik baie glad meddie mond maar hier staan ek so effe stom[geslaan]geseën.
En staan beskaamd voor My Here. Wie nooit laat vaar die werke van Sy hande nie.
Vanoggend het ons by Wapadrant Gerformeerde Gemeente ‘n hele Patrol stasiewa gaan vol laai met klere en dit vanmiddag by NG Gemeente Pretoria-Garsfontein gaan aflaai. Daar op die verhoog lê toe reeds klere wat die Gemeentelede ingebring het, … ongeveer ook een stasiewa vol en by my in die ‘garage’ omtrent die helfte soveel.

Hier moet ek bieg, ek het sommer “kleinmoed’ gekry – en myself probeer troos dat 3-ton darem te veel gevra was en dat die 1000 bybels ++ darem die vêr end pad regverdig.
Ook het ek nognie antwoord vir die stamp met Brutus [dis nou my Nissan d/k bakkie] Maandag 18 Mei nie – ek het al tot vir satan skuld gegee dat hy my van die uitreik probeer weghou het …

Soveel so dat ek al begin bedink het om nie verder te soek na ‘n 3e voertuig nie maar dat ek en Jaques Pienaar sommer passasier in Pieter Engelbrecht [van Grabouw] se bakkie gaan wees op hierdie uitreik.
En so, met die “Kleingelowige Thomas, Ongehoorsame Jona en Twyfel Petrus op die Water” houding, kom ek by die huis na ‘n redelike besige dag.
Ek maak so half swaarmoedig die internet oop en gaan loer in op die e-posse, eers by my persoonlike pos en toe op die Xanagas.Alive bus … en ek het nie woorde nie en ek staan skaam eb skuldig voor My Here dat ek in Sy werke en Betrokkenheid kon twyfel.

Want daar, op die e-pos lê ‘n document, in vreemde formaat wat ek nie kan lees nie – uiteindelik maak ek dit met Excel oop en dit is wat ek daar kry:

Jan het gisteraand by die sel genoem van die ou wat met 3 ton klere =
Botswana
toe wil gaan en die teespoed wat hy het. Ook dat hy nog nie 3ton klere
bymekaar gemaak het nie en hy het dit as =91n gebedsversoek genoem. Of =
ons
toe daarvoor gebid het, kan ek nie onthou nie. Nietemin, toe ek =
vanoggend
by die NGKerk se brood/sop is, vra =91n ene Jan P***** vir my of ek nie =
weet
van iemand wat die hoop vroue klere wat daar l=EA, wil h=EA nie. Ek =
s=EA toe ek
weet van =91n ou wat 3 ton klere die naweek Botswana toe wil neem, maar =
hy
kort nog. Vertel Jan vir my hy het hope klere (volgens hom 10ton) by sy
huis en hy sal dit alles gee. Hy waarborg net nie die kwaliteit nie. =
Ek
het nie verder uitgevra nie, net sy nommer gekry.

20

Jan, as jy hom en jou vriend met mekaar in verbinding kan bring? Jan =
P……
071 xxx xxxx.

20

My geloof het sommer =91n hupstoot gekry vanoggend.

20

Groetnis

Louise

En daarmee kon ek vir Jan bel – en môr-eaand [DV] bring hy twee eentonner bakkievragte vol klere Garsfontein Gemeente se kerkterrein toe.

En nou benodig ek ‘n groot genoeg bakkie/trok (of twee) om die klere nou Sondag Ranyane toe te neem, want die twee dubbelkap Toyota’s is nou te klein.

Sal jy saam met my bid vir die nodige vervoer asseblief?

Dankie – Dankie Jesus, Dankie Here
GLORY
[ja - ek het nat oog gehad...]

Spook said...

Naand almal....baie dankie vroulief vir die verwelkoming en robyn vir die gesels. nou net lekkr met oom mac gesels en sal saterdag gou die kleertjies kom aflaai. vroulief ek is toe n mansmens,oom mac was ok heel verbaas toe hy my stem hoor. ek doen my eie ding in die stilte...is erg aan die gang met pleegsorg,basies om my tyd vir pleegouers te gee om hul te help en verder smous ek al so 14 jaar kosmaakgoedies aan huisvrouens en hanteer al die vrouegoedjies in my huis...ek en my vroulief het besluit om rolle te ruil.....laaang storie en daar is rerig nie genoeg hout vir die vuur om julle heelaand met dit op te saal nie. kinders en die hulp daarin. verskoon eers...pa gaan gou huiswerkies doen...lekke aand

robyn said...

Ai,ek lees.....en ek kry so warm gevoel in my hartjie...want die plaashuis is weer warm en gesellig....die kaggelvuur brand....die sherrie glasies glinster in die vlamme lig...en daar word heerlik geklets....Vroulief...sterkte..ai...ek dink so baie aan jou...jou deursettings vermoee is n' les vir ons...Waar is Vlakkies...hoekom is hy so stil..of is sy konneksie bekonkeld....Uncle....sjoe....mens se ogies gaan weer oop vir die genade van die Heer...en ook die krag van gebed.....Spokie...Spook....Ai....dis wonderlik dat jy so inskakel by ons groep...en so gesellig saam klets en al reeds jou bydrae doen vir Uncle Mac.....nou ja....die Donkie se agterbene is nou lam gepraat...laat ek in die kooi kom...môre is ek weer leepoog....en ek moet op en wakker wees in die vergadering....hie hie hie....lekker slapies almal....wees snoesig...wees geliefd....xxx

Jewls said...

Oe la laaaa!! Jammer Spook, dat ek jou Spokie genoem het. Hie-hie, ek het gedink jy's 'n vrou!! Dis nie die eerste keer wat ek my misgis met 'n skuilnaam nie. Ek het vir maande lank gedink Groenie is 'n man en Lief is sy vroutjie!! Dankie dat jy vir Uncle Mac met die klere kon help - dit laat my minder skuldig voel dat ek niks het om te gee hierdie keer nie. Mens moet mos eers nuwe klere koop voor jy kan sê dat daar ou klere in jou kas is, anders is jy kaalgatjie en dis erger as ingat!!! ;-))

Vroulief, sterkte met die leerdery en Maandag se toets! Na jy so van kaggels en verwarmers gepraat het, het ek summier my ribbes-verwarmertjie ingeprop en nou is die byt uit die lug uit. Seker nou nie heeltemal so lekker soos in Laagland waar Kasie met sy Canon loop en foto-oomblikke soek nie, maar darem bietjie beter as vanoggend! Kasie, is jy oor jou snotters?

Rooikoppie, jou vertelling van die oom en tannie by die groot bakkie bly my heeltyd by, veral omdat hy nog haar rokkie ook mooi geskik het! Siestog, hulle is so gelukkig om mekaar te kan hê!!!

Ek hoop julle almal het 'n wonderlike Vrydag!!!

Kaaskop said...

Mac, ek is so jammer jy en die meisiekind en Brutus het seergekry, ek hoop die seerkry is weer gou van die verlede. Maar ook is ek bly oor die tonne klere waarmee jy arm mense se harte gaan bly maak. Veilig ry! Ek kry so half skaam as ek sien hoe mense soos jy en Spook julle self wegsyfer en omgee vir ander mense. - Vroulief, hou moed, Maandag sal jou helder verstand oortyd werk vir 'n goeie resultaat. Sterkte! - Jeweel, ek het hierdie lang naweek nog nie een foto geneem nie. Gister saam met verdwaalvriendinnetjie ordentlik verdwaal. Die lenteson skyn aanhoudend tot 10 uur in die aand en ontdooi ons harte. Die kafees se terrasse by die hawe is vol Kasies wat hard werk aan hul tan. Ek geniet dit behoorlik, die snotters verby,maar dink ook aan julle, dat die Afrikasonnetjie vir almal 'n mooi naweek mag gee, en dat almal wat blou truie dra die geluk van die oorwinning mag proe.

Vroulief said...

Jeweeltjie, ek kon my nie misgis met Spook nie, want ek dink nie eintlik oor geslagte nie - ek dink oor mense, dankie tog, dan beland ek darem nie in 'n DING nie! (moeni vi my lag nie)

Nou toe spook jy moet maar aanhou vertel.. Ek en jy is half in die selfde boot - werk gewys, ek werk nou net met trauma - wanneer die leerdery my toelaat - en verdien nie eers een sent daarmee nie!!

Robyntjie, dit is nogal 'n probleem om Vlaktekind aanlyn te kry, ek het nou al sooo gemor. Hulle vonkie is heelemal koekoes!

Netnou kry ek hom toevallig, en kan hy my so per vonkie help met my gas 'kaggeltjie' Ek kry so koud hier waar ek sit en leer!

Dankie vir al die goeie wense, hou
my maar in julle gedagtes en gebede(vir die wat bid)
Hoop julle het 'n heerlike stresvrye naweek!!

Vlaktekind said...

Was ek nou f f f f vies vir hierie f f f f vonk wat my so innie steek gat loop sta' laat het. Maar nou vonk hy sommer weer lekker. Spook, ek dink ek het al hierie storie virrie anners gevertel. Pagoed was op dertag al bles. Vra ons kinnersgoed hom nou waar lat sy hare dan nou heen is. Vertel hy hierie storie. Hy was nog so 'n jong knaap gewees toe Nimmerrust nog jonk was. Gat loop sta' loop om Karel Snyriviergoed se bees toe mos nou weg Nimmerrust toe. Sê oupa Krisjan Witbaadjie die agtermarrag vir Pagoed hy moet die bees aanstoot Snyrivier se hek toe en mooi kyk lat hy die hek agter hulle goed toemaak. Stoot Pagoed da' ok nou die bees aan Snyrivier se kant toe, deerie hek en maakie hek toe. Maar daai tyd sakkie son toe ook al. En dis nog drie myl trug na Nimmerrust se opstal toe. Stap Pagoed al mittie tweespoorpaadjie laans trug na Nimmerrust se opstal. So sterk skemer gewaar Pagoed die wit ding wat so al mit hom saam laansie pad so entjie weg swewe. Swewe seg hy, wantie ding raakie grontie. Hang net so voet bokantie grond. Gat loop staan Pagoed stil, gat loop staan die ding ok stil. Loop Pagoed aan, swewe die ding saam. Pagoed sê hy kry sukke koue rillings laans sy ruggraat af. En so 'n koue windjie vee oor sy kop. Seg hy toe hy opkyk sien hy sy hoed vlie die lug in vannie skrik mit sy hare en al. Voel-voel Pagoed so oppie grond laans totlat hy 'n klip innie hanne kry. Gooi hy die ding 'n snotskoot mittie klip. Pagoed sê toe hoor hy net klippe spat soos donkie se kjent weghol. Was toe allie tyd Witbooi, Oupa Krisjan Witbaadjie se hotvoordonkie. Sien Pagoed toe nou anneragmôre die verklaring virrie "spookdonkie". Dit het die jaar goed gereent op Nimmerrust, ennie Haakdoringpannetjie was vol. Mit die lattie donkies toe nou innie pannetjie gat loop sta’ watersyp, sak hulle toe so kniediep innie modder weg. Die lat Witbooi se onnerbene toe nou so bryn vannie modder was lat hy vir Pagoed gelyk het of hy 'n voet bo die grond swewe.

Vlaktekind said...

Nou maar Spook, welkom da' ok nou oppie woordplaas. Ek ken okke man wat soos jy mit sy vrougoed geloop sta' omryl het. Sy het gewerk en hy het kinners grootgemaak ennie hysgoeters gedoen. Net soos jy het die kêrel ok 'n groot hart. Alleranne mooi goeters vir anner mense gedoen. Ons was eintlik groot maters gewees so mittie Voortrekkers saam. Was nogal eers 'n Kommedant soldaat gewees..

robyn said...

Ai,Vlakkies...ek het jou storietjie nou soooo geniet...te lekker gegiggel...en is ek nou bly om jou woordspoortjies te sien....mis jou vertellinge!!!!....Kasie....nou wat se verdwalery is dit met jou....en dit nog so laatnag....☺☺☺...ag toemaar ..geniet elke oomblik van jou warm weer...ek gun jou dit....jy is ook maar stillerig...en die fodies min...die naweek beter jy inhaal....onthou...jy is ons ogies in Kaasland....heerlik om jou omgewing deur die lens te sien...Vroulief...hoop die kaggeltjie is nou aan die gang...en verwarm jou heerlik...Uncle Mac....hoe voel die einas....ai,dink so aan jou en wat gebeur het....Jy het nog nie gesê of Brutus se snoet al weer heel is....arme ou Brutus...dat hy nou op sy oudag sy neus loop staan en flenters stamp....mmmmmmm.....daar's n' groot verrassing môre.....kan nie wag!!!!!....En dan nog boonop die Blou Bul koors....ek het vandag n' vlag staan gemaak agter op my bakkie...en so al wapperend deur die strate gery...die motors toet en mense waai...voel kompleet soos n' "celebrity"....môre gaan die stad van ons gons en blouer as blou wees....mens kan die opgewondenheid aanvoel...ai,ons ou spannetjie moet net wen...Ek voel skoon soos n' rubber balletjie...bonsie bons...Nou ja,laat ek my Blou Koei "beauty sleep" inkry....anders lyk ek môre soos n' koei wat dae lank aangejaag is vendusie krale toe...Lekker slapies al my dierbare maters...dankie vir julle in my lewe...dit laat n' warmte in my hartjiexxxxxx

Jewls said...

Kasie en Vroulief - vergewe my, maar wraggies ek spring nou op die tafel en dans die riel!!! Ek het g'n idee watse dans dit is nie, maar dis hoe bly ek is dat Vlakkies weer kom stories vertel het!! Vyf soene vir jou, Vlakkies en welkom terug!! Ek het jou baie gemis! Baie geluk met jou Ma se verjaarsdag op die 9e wat nou al verby is - ek het aan jou gedink daai dag en hoe jou hart seker maar baie moes verlang het huistoe. Ai toggie!

Kasie, ek het Bernice se foto's gesien wat sy geneem het met daai wonderlike persent-lens wat jy vir haar gegee het! Daai meisiekind van jou volg reg in jou voetspore, maar ek hoop regtig dat sy nie ook 'n verdwaalvriendinnetjie kry nie!!! ;-))

Vroulief, werk jou kaggel? Mag jy besonders warm wees vanaand in die wete dat Vlakkies weer kontakbaar is en dat ons almal vir jou bid dat dit goed sal gaan met jou eksamen! Lekker leer!!! xxxxx

Jewlsie said...

Hey Rookoppie!! Jy's lekker windgat met jou BB vlag! Môre is ek ook 'n BUL!!! (Wat mens ook nie vir politiek en rugby in SA sal doen nie...) :-))))

Vlaktekind said...

Jeweeltjie, jy sê jy het geen idee wat virre dans 'n rieldans issie. Jou slimmasien vonk hom sommer vir jou. Jy moet hier gat loop kyk: http://atkvprojekte.co.za/rieldans/. Daar's ok 'n klein bioskopie hier: http://www.dieburger.com/Pages/MultiMedia/Video.aspx?uuid=19.0.1434795875

spikkels said...

Bulleee, Morneeee!!!!! :-)

Jewls said...

BRIAAAN!!!! (Dit was ook die laaste wat ek van die rugby gesien het want toe opereer ons weer!!) So bly die Bulle het gewen!!! Vlakkies, ek sal gaan kyk - dankie vir jou moeite!!

Kaaskop said...

BLOU IS BAAS!

robyn said...

Jipeeee...Jipeeeee.... BLOU BULLE BO!!!!!!...Genade...wat n' wedstryd....my stert het byna gehang, so na die eerste 20min....maar daarna was dit net een van die mooiste wedstryde wat ek in n'lang tyd gesien het....en Morne...jou ou doring...volg toe sommer so in ou Naas se spore...skepskop na skepskop....ai,my hart klop BLOU vannaand....nou moet ons net styf duim vashou vir volgende naweek...dit gaan nou die maak of breek wees.....Vanoggend...vroeg-vroeg het ek en Spook die pad gevat na Uncle Mac..met sakke klere...speserye..en n' baie spesiale CD vir Uncle,Ja, maters Spook is n' goeie vriend van my, wat ek plaas toe gesleep het,om ook my wonderlike plaas maters te ontmoet... die werk wat Uncle doen lê hom na aan die hart.....en daarom het ons besluit om sommer so met die klere insameling,ook ons bydrae te lewer...en dat Spook vir Uncle persoonlik kan ontmoet....ons het heerlik gekuier, koffie gedrink...en soos gewoonlik behoorlik aan Uncle se lippe gehang oor sy vertellinge en wedervaringe....die tyd het net te gou verby gegaan...Uncle Mac,jy en jou groep is in ons gedagtes....veilig wees....en geseend is julle vir dit wat julle vermag.....Nou ja,na al die opgewondenheid ,geskreeu...en naelskou...is dit tyd om rustig te raak....mooi aand vir elkeen...snoesig slapies....mag die warmte van jul omgee ander se harte verbly en verwarm....xxxx

Spook said...

More mense op hierdie wonderlike dag..sjoe ek is oorweldig met al julle groetery en lekker gesels. Ek sal na die funksie vandag elkeen sorgvuldig deurwerk en met almal gesels. Die eerste troepies is al vroeg weg funksie plek toe om alles vir die kinders reg te kry. Ek is neffens oppad,kry net nog mensies reg wat ek moet aanry...en ja dit was ongelooflik om oom Mac gister te ontmoet...ek het so lekker na hom geluister dat ek bykans voor van my stoel afgeval het. Ek sal alles hier kom vertel...moet gou die tande gaan kam en dan pad vat........Baie geseende dag vir almal en gou net vir 2 sekondes lig jul hande na Bo en se net die woordjie...DANKIE!!!!

groeni said...

lo da almal! net vinnig ko loer hoe dit hierso lyk. dit ga goed hierso met almal, dinge net baie besig en dol.. my keel is seer geskree vir gster se bb..jippeeee... so bly..was na suksesvolle dag by karate net betyd trug om die volle game te kyk..ek moet netnou eers werk en dan baie vino drink - hieri koue maak lat my vino versameling vinnig krimp.. so voori kaggel.

Jewls said...

Welkom terug, Vriendin!!! Ai, wens ek het geweet hoe om die polka te dans!!! Hoe gaan dit met jou en al die dinge in jou lewe waaroor jy so passievol is? Ek het jou verskriklik baie gemis!!

En toe is Rooikop en Spook alreeds maaitjies en boonop het hulle Uncle Mac koebaai gesoen voor sy uitreik!! Mmmm. Ek is jaloers!!

Dis Sondagaand en elkeen sit maar met bekommernisse vir die week wat voorlê... Nie net werksdinge nie, maar oor persoonlike goeters wat ons almal moet hanteer. Ons almal spook vir 'n uitweg of betaal daarvoor, maar as ons vanaand ons dinge gereël gekry het, is dit salige rus en vrede!! Iemand sorg...

robyn said...

Groenie!!!!!....Ai,dis nou heerlik om jou raak te loop voor die kaggel...geluk met snip en snoet se karate ....hulle vorder nou so fluks.....Jewlsie,die kuier was eintlik so tjoef tjaf gereel....Uncle was so verbaas om my daar te sien...hy en Spook het eintlik gereel....maar toe ek ook n' paar kleertjies bymekaar krap....toe kon ek nie die kans laat verby gaan om Uncle te groet...siestog...hy het nog baie eina pyn....is eintlik bekommerd dat hy so ver pad gaan aandurf....Ek en Spook was skoon begeesterd na ons kuier by Uncle Mac...en toe besluit ons...as Uncle terug kom...moet ons kyk of ons nie n' oggend ontbyt kan reel...dan kom ons klompie bietjie bymekaar...ontmoet vir Spook...en groet vir Uncle, voor hy weer pad vat Lagos toe....Blue Crane sal miskien net die regte plek wees...almal weet hoe om daar te kom....so hou jul dagboekies oop vir so net na die 6de Junie....Sal heerlik wees om almal weer te sien....mis julle....Kasie...ennnn...hoe was jou naweek....en waar is die fodies....Vannaand is ek so dankbaar ons liewe Heer het sy hand oor Hantie se seun gehou vannaand....hy was in ongeluk oppad huis toe vanaf die kerk...bakkie lyk sleg...maar gelukkig het hy met net n' harde hou teen die kop daarvan afgekom...Onse Heer is so genadig!!!!...Maters....wees snoesig....laat daar n' warmte deur jul lyfies gaan met die wete....ons groepie is besonders....ons is daar vir mekaar....en ons gee om vir mekaar....lekker slapies....xxxx

Kaaskop said...

Groenie, lo vir jou ook, mooi van jou om die koue plaas op te warm vir my maters daar in winter Afrika! Rooikoppie, my lang naweek was 'n fees. Gekuier vir die beker, en nog gewen ook. Sal fodies stuur wat deur die sensuur kom. My Pretoria tan is weer terug want die son het oortyd gewerk. 'n Lang week le voor tot die volgende lang naweek, Pinkstermaandag is weer 'n dag af. En dan is dit verby tot Krismus. Wil eintlik net vry wees in hierdie pragtige lente maar het nie 'n keuse nie. En nou hoop ek maar net die Afrikasonnetjie het die krag om julle warm te hou.

Vroulief said...

Robyn-man!!! Ek skryf die 8e Junie nog eksamen.. En dis my hoofvak, hoe gan ek nou op die 6e saam met julle ontbyt eet???
Ek mis ook net altyd uit!!

Vanmiddag is die eerste vraestel - die riller! Gelukkig lyk dit of dit 'n heerlike dag gaan wees, dus sal die brein nie in 'n bevrore toestand hoef te probeer funksioneer nie..

Hoop NIEMAND het 'n blou Maandag nie!

Kiets said...

More more almal! Jammer ek was so stil hier op die plaas maar dinge is maar dol by ons. Dit gaan ongelooflik goed met mammie met die nuwe knie - en die beste is dat haar gemoed so positief is. NOu het ek baie leeswerk om te doen, en ek hoop julle het almal 'm heerlike dag.

robyn said...

Vroulief...nee wag...ons gaan nog red wat daar te redde is...Uncle kom eers die 7de terug...so iewers daarna gaan ons n' plan maak....so moet nie komkommer...en as dinge nou nie so uitwerk met Uncle saam...maak ons nogtans n' plan vir net n' heerlike kuier...en ontbyt....sal nog nader aan die tyd die reelings tref....mis julle net erg baie....STERKTE vir jou toetse....Kasie...ai,ek is skoon jaloers...maar sover is dit darem nie te erg hier...ek dink die erge koue gaan nog kom....Geniet jou heerlike dae...en neem fodies...Mag elkeen die week met n' wip in die stap ingaan....bonsie bons rond...dit hou jou warm....en GLIMLAG....xxxx

robyn said...

Kiets!!!!!!....ai,dis nou soooo heerlik om jou rak te loop...so bly dit gaan beter met mammie....sterkte ook aan jou...ai,ons begin amper weer voltallig wees op die plaas stoep....Vlakkies...waar is nog n' storietjie....Spikkels....praat met ons...vertel ons van jou nuwe omgewing.....Spook...jy is seker pootuit na die harde werk

Vlaktekind said...

Smaak my die Spook het hom sigsellers yt sy praat yt gat loop sta' skrik oorie spookstorie. Dink nou hy is Witbooi, oupa Krisjan Witbaadjie se hotvoordonkie. Groenie, moet nou nie lat ek ytvinne jy sta' lyster nou by die vensterie. Nee Rooikappie, ek het nou g'n stuk storie nie. My kop draai nou al innie ronte. Heeldag gesit vergadering hou mitte Deense vrou wat soos 'n vashaak grammofoonplaat sonner ophou praat. Ons Somali's noem haar Ajeju. Dit beteken ou vrou.

Vlaktekind said...

Kietsie, sterkte mit jou ma saam. Dis sommer goeie nuus lat dit so goed gaan mit haar.

Spook said...

naand mense.....die nuwe week het met n groot glimlag begin en nou sit ons nog met die ingilse leeus ook hier op ons voorstoep....dis seker hoekom my vroulief so breed smile vanaand die ingilse rooi kakies is mos weer hier. Darem nie so erg nie....eintlik boer maar ai is dit kwaad by die huis kom is dit net ingils en moet die seuns weer vir my tolk wat daar gepraat word. baie sterkte vroulief met die eksamen en al die leerdery...is dit nou van te veel slimgeit of om nog slimmer te word??
vlaktekind glo ek is dieselfde as vlakkies,,baie dankie vir die storie...ek moes dit toe lees vir almal hier want almal dink iets is fout soos ek hier by myself vir die blikbrein sit en lag. jewl ek sal maar met die tyd almal keer ken en al die politieke hier..op die stadium is dit net wonderlik om hier te sit en te gesels met mense wat omgee vir mekaar en ek hulle nog skaars,jy is helemal reg eerder liggies ingatjie wees as wat jy hier sonder n draad fyn goedjies aan rondhardloop. ek en robyn sit toe hier af na oom mac toe...en dit na een email en een selfoonoproep na hom....kom daar en hy loer so effe om my,dog seker dis my eie vroulief wat ek saamsleep en toe n glimlag toe hy robyn sien. dit was so lekker en net weer vir my n bewys van die besondere vriendskap wat hier op die plaas tussen die mense is. ek wil graag met al die plaasmense gesels,...kom jewls gooi gou weer daai ingatgeid hier...ek voel ernstig dat ons saam ietsie moet bere vir oom mac,,kleertjie of blikkiekos of so iets...het klaar met robyn gesels om die plaas se spens te hanteer.dink maar daaroor asb.
blog se vroulief,jong ek en trauma is groot maats na jare by SAP en seuns. ons sal daai storie goed kan deurtrap om n tafel. kasie geniet die lekker lente daarbo,,klink te aangenaam.
die naweek se funksie was toe n groot storie gewees. vir pleegouers is dankie gese vir hulle werk en omgee vir die kinders en die kleintjies is omtrent bederf,met lekker eetgoedjies en n tannie ha marionet poppe.
ry ek toe nou die dag hier in die straat af en daar sien ek toe n snaakse ding...n rooi leeu wat gejaag word deur n blou bul.....met naderkyk sien ek toe dit is die rooikoppie robyn in ha toyota lorrie met die blou bul vlag agterop...so dis hie die rooi en blou toe saamhoort.
wonderlike week vorentoe en sterkte vir almal en die wat nog hard leer..eish!!!

Vroulief said...

Ek wens vir almal 'n wonderlike dag toe, en hoop dan niemand 'n blou Maandag sal hê nie, en wat kry ek? Die blouste blousel-blou Maandag. Ek is depressed en moedeloos en wens my Vlaktekind is al by die huis...

robyn said...

Vroulief...wag...hier is ekke...wie of wat het jou dag nou so omgekrap....onthou altyd ...in Vlakkies se afwesigheid is ons daar vir jou.....praat net!!!!....om so vrou alleen die mas op te kom is nie maklik....ek weet...ek was ook daardeur....Vlakkies....ek is so bly jy het weer vonk in jou vonkpossie....dit was darem alte stil sonder jou....Kasie waar is jou verslag van die dag, oor die weer.....Spook....sjoe.....jy sien ook alles raak...hou jy my dalk dop???kyk....die koors loop hoog....en alles is blouer as blou....en Vrydag en Saterdag wel,dan sal die hele Petoorsdorp bewe van die opgewondenheid....sjoe...van die mense het ure en dae gestaan vir kaartjies....daar is selfs iemand wat 20min voor die einde van die wedstryd Saterdag opgestaan het...en voor die kaartjie kantoor gaan staan het...om sodoende eerste in die ry te wees vanoggend...wel...dit is nou n' ondersteuner!!!!!...hy moet sommer lewens lank gratis toegang kry...Nou ja....laat ek in die kooi gaan spring...Lekker snoesig slapies my maters....Vroulief....onthou....ons is een groot gesin...ons is daar vir mekaar...en dit laat n' warmte in mens se hart!!!!....xxxxx

Vroulief said...

Robyntjie, baie dankie vir jou dierbaargeit hier op die plaas.. Sien nog nie regtig kans om oor my Blou Maadag te praat nie.. Herinner my wanneer ons ontbyt eet... Dan kan ons almal dalk al lag oor my Blou Maandag.
As ek nou weer daaroor praat is ek van voor af omgekrap en ek kan dit nie nou bekostig nie!!

Vandag is so 'n ongelooflike mooi dag en ek moet met my neus in die boek sit..

Lieflike dag, week vir almal.. en nie eers 'n blou skynsel êrens vir enige iemand nie

Spook said...

Vroulief nou begin ek die storie verstaan....byt vas en onthou jou vlaktekind ondersteun jou erg in sy gedagtes. my vroulief skryf nou vrydag eksamen,ek het verlede jaar besluit nou eers genoeg en rus die jaar te lekker.

een gedagte vir vanaand asb.....dink aan oom mac waar hy met n groot werk besig is,ek glo mos hy sal sommer aanvoel dat ons hom ondersteun in ons gedagtes,benewens ons gebede.
en vir almal wat leer en deur n moeilike tyd gaan onthou,soos robyn se....vriende verdryf die winterkou en is daar om mekaar te ondersteun. vir oom mac wil ek sommer elke aand se soos zandberg janzen altyd gedoen het....nag ou grote!!!!!!

Vlaktekind said...

Dankie Spook. Dis lekker lattie Dwerrrgie vir ons so mittie vonk saam lat weet hoelat dit mittie lelike ou oompie en sy makkers gaan.

Vroulief said...

Sjoe Spook nou't jy my omtrent nuuskierig... Ek soek al die lerendes en eksamen-skrywendes saam met my. Dit laat my onthou dat ek nie heeltemal alleen is nie... Vertel van haar eksamen jong.. Gelukkig skryf ek eers weer Woensdag!
Onthou ek is nie meer 'n kinner nie - dis hoofsaaklik hoekom ek soms so alleen voel in die akademiese verdrukking... Hierdie is nie 'n klaaglied nie, dis sommer so tong in die kies. Die kinners dink mos ou mense/grootmense kan nie meer leer nie, en hoe verkeerd is hulle nie..
Lekker slaap almal

robyn said...

Vlakkies.....sal jy vir Dwergie laat weet sy moet vir Uncle sê ons klomp plaasjapies,dink aan hom en sy span....hulle is in ons gebede....soos Spook sê...net sodat hy weet die klompie tuis ondersteun hom...ai,eendag wil ek saam....ek wil dit ook beleef...Vroulief.....is jy lekker snoesig voor die verwarmer...neusie in die boeke....ek is so trots as ek vir mense vertel van my mater wat so baie deursettingsvermoeë het...wat so hard werk om haar ideaal te verwesenlik...hou net uit...jy is amper daar!!! Kasie,ek hoor so deur die nuus,daar is erge voede en reen by jou....jong...hoop jy is ok......skreeu net...ons stuur n' bootjie☺☺☺.....Spook...jy kan so trots wees op jou vrou...ai...sy doen so goed in haar beroep....en sterkte met haar eksamen Vrydag!!!....Vlakkies...die was nou sowaar net n' inloer....Nou ja,as ek nie nou in die kooi spring....gaan ek môre oggend sukkel met die opstaan....Jewlsie...ons sal van daardie handskoene moet kry....my handjies is yskoud!!!!!!....Lekker doeks almal....wees lief vir mekaar ....dis verniet....en gee warmte aan ander...xxxxx

cat said...
This comment has been removed by the author.
Spook said...

Naand almal...jong my vroulief is besig met verdere studies in die bankwese...is baas van n tak en nou weer verplaas,haar sewende tak die afgelope nege jaar. soos sy sal se...die leerdery is soos replay bubblegum,wat net aanhou en aanhou!!
terug by die rugby...die leeus wat hier in ons midde is. In 1968 kom toer die leeus van Tom Kiernan hier by ons. Daai jare het hulle mos teen al wat n span is gespeel. Hulle kom toe op Cradock aan om teen Noord Oos Kaap te speel. My Pa het seker sy hand in die kerk opgesteek en hy is toe genominate om met sy goue Datsun 2400 glx een van die leeumanne hotel toe te vat. Geen toerbusse of taxi's in daai dae. So gaan ons kinders die Sondagmiddag saam vliegveld toe om die leeus te gaan haal. Ek kan nie meer onthou,maar toe die manne van hulle vliegtuig afklim breek ek toe as n jong kannetjie deur die Polisie kardon van 2....gryp een van die manne in sy rooibaadjie en al en se so ewe...you come wiff me(dis nou with maar sonder voortande). ons het die man veilig by die Masonic hotel afgelewer en elkeen van ons kinders het gespog met n goue lapelwapentjie met n leeu op. daai reeks van 4 toetse het ons 3 gewen en een gelykop gespeel. dit was nog die goeie ou dae. nou ja sterkte vir die blou bulle saterdag en ja ek glo daai beker gaan hier nuwe huis kry.
lekker aand almal!!!!

Kaaskop said...

Hi Robyntjie, net om jou te laat weet, dit was rof, daar het net soveel reen geval as normaal in 'n maand. Die storm was erg en die weerlig aanhoudend. Dit is nou wat ek gehoor het van die bang Kasies die volgende dag want ek het so half vier in die oggend wakker geword, gehoor hoe die reen en storm tekere gaan en toe gedink, sjoe lekker, nog so twee uurtjies se slaap inkry. En dis wat ek gedoen het.

robyn said...

Hallo maters....Sjoe...ek wil nou nie dinge vooruit hardloop,maar daar word gesê dat ons die naweek gaan klappertand....brrrrr...en ek gaan gatsaagie ry....maar ek gaan my nie laat onderkry...ek sal maar net my spesiale warm kleertjies aantrek....die eerste paar km's vinnig jaag...en siedaar...warm in n' japtrap....Spook,ek het jou vertellig so geniet....wys jou net... in daardie dae het klein haasbek seuntjies al die rugby held koors gehad....sterkte met vroutjie lief se eksamens môre...ai,sy is so toegewyd in haar beroep...Kiets,sien gelukkig jou skrywe...en woeps waps af is dit....nou wat nou....kom sit bietjie hier....ek skink vir ons heerlike warm moerige koffietjies....jy moet net vir n' oomblik tot ruste kom...hoe gaan dit met mamma....en die kiddies....en nou is Ramkat ook aan die studeer..ai..ai...sterkte daar vir julle...Kasie,bly om te lees jy is nie deur die weer en wind versteur...sjoe...was maar so effe bekommerd...en die enigste persoon wat ek ken met n' bootjie is Smousie...en hy is doodstil....sal SOS moet uitstuur...Smousie....as jy my hoor....of die sein kry....kom so al met die riviertjie af tot by die plaas....gee net harde fluit...ons sal jou op die sonstoep hoor...Hou solank die koffie...gemmerbier ....melktert en koeksisters reg....Nou waar is die res van julle....ai,sal skaaphond moet kry om julle bymekaar te hou....en n' Bullterrier om julle op die plaas stoep te hou☺☺☺.....Jewlsie....dis mos jou af daggie....vertel ons wat jy doen en sien....jy kan tog nie weer die boomtakke saag....mmmmm....wat van in die sonnetjie sit met n' heerlike boek....gekerfde biltong....ennnn...Coke.....sjoe,nou is ek sommer belustig...Vroulief....jy is in my gedagtes...ai....amper daar!!!...wanneer kom Vlakkies weer huis toe?.....en hoe gaan dit met die amper mamma in die Kaap...en brei jy al....Nou ja,laat ek my werk doen...sit hier en klets...werk hoop op...en wie gaan ek blameer...net vir myself...Mooi daggie vir elkeen....vanoggend dink ek daaraan....die lewe spring soms op jou...laat merke en duike...maar as jy soos n' rubberballetjie is..sal jy weer uitpop....koëel rond wees, en weer verder hop...xxxx

Jewls said...

Hop hop hop... ;-)) Rooikoppie, op my afdag het ek Liefkind dokter toe geneem en sopas teruggekom. Nou gaan ons probeer om die slaap wat ons gisteraand verloor het, in te haal. Brongitis. Die antibiotika beter baie vinnig begin werk want môre is intrepreneursdag by die skool en sy skryf nog boonop toets ook! Mooi dag vir almal en mag 'n seer keel jou gespaar bly!! xxxxx

Vroulief said...

Rooi-Robyn, ek kan nie brei nie!!! Gee my 'n lap en ek toor met hom, maar breidraad... My ma skater as sy my pogings sien!
En nee, het nog NIKS gedoen vir die dingetjie nie! Die neus is in die boeke jong. Jy kan maar weet, ek het lus om spoegdoeke te borduur, en fraai goedjies te maak vir die nuwelingtejie...
Ek is nie nou presie seker nie, maar Vlaktekind behoort teen middel Junie hier te wees. Eksamen maak dat ek nog nie aan sy kuier dink nie!!

Jeweeltjie, kinder-siektes word so geleidelik minder soos wat hulle groter word. Sterkte, hoop julle is altwee gou weer julle normale self!

Almal wat saam leer - sterkte!!

Vlaktekind said...

Spook, jy't annerag wanner gevertel lat jy ok 'n poeliesman was. Nou't ons drie oud-poeliesmanne. Of miskien sê ek verkeerd. Ons kon drie gehad het. Maarie anner twee kom maak dese dae net so af en toe 'n draai. En wat erg is, hulle ly altwee aan gesplete persoonlikhede. Lat ek vir jou bedye wat ek bedoel. Die een issie Smous wat innie Kaap in bly. Hy kom net so partykeer hier verby. Want sien, hy smous boeke mit so 'n kanariegeel rubberboot. Dis nou as hy nie snoek vang nie. Weetie waar hy nou rond dobberie (ja, dis twee “b’s” daai innie mirrel. Ek praatie lelikie. Hier’s partykeer kinners oppie plaas.). Annerag wanner hettie vloedwater vannie magtige Apies hom weggevat en toe hy hom weer kom kry, smous hy boeke aanie Adeliepikkewyne in Antarktika. Daai Adeliepikkewyne is glo nie familie van Groenie nie. Annerkeer weer is hy mit sy boot hier weg ommie anner oud-poeliesman in Ingeland te gat loop oplaai, maar hy het toe glo nooit daar aangekommie. Die Smous is ok partymaal Staal, of Ridder op sy donkiehings, Silwer. Die anner oud-poeliesman is in Ingeland. Hy is nou 'n vonkpoeliesman wattie skelms vang wat mittie slimmasien saam geld by banke steel. Partykeer is hy Waterbojaan en anner kere Hippo. Ek raak so deermekaar mittie man se alle name lat ek hom partykeer Rivierperd noem en anner kere Seebul. Die Ingelse woord Hippopotvolmis kom mos vannie Griekse woord wat Rivierperd beteken. Ek dink Kasie-hulle noem daai gedierte 'n Nijlpaard. Innie dae toe ek in Soedan rond gevlinter het, het ek nooit gan perd innie Nyl gesien nie. En dan die Seebul. Ai ek kon dit damie oor my hart kry om 'n man 'n koei te noemie. En so by so skrou hy nog virrie Bulle ok.

Jeweeltjie said...

!!!! ;-))

Vlaktekind said...

Jeweeltjie, praat jy nou dese dae Skrefiesoogtaal?

robyn said...

Ai, Jewlsie...hoop die antibiotika wer sommer gou...lyk my die groep begin elke keer eers met geweldige seer keel....Boeboes was nou vir week afgeboek, so ook Willie...en nie een van die twee bly ooit weg van die werk...gaan altyd so siek-siek werk toe...maar die keer het niks gewerk...gee Liefkind n' soentjie van my...Vlakkies...jy praat...het juis vanoggens so by myself gewonder wat het van Smousie geword...en nou noem jy nog van Hippo....sjoe....ons sal maar n' soekgeselskap moet uitstuur...die plaas stoep het net weer lewe begin kry...so die res van die famlie moet ook nog bymekaar gemaak word...Spikkels....loer gou in en vertel,is die nuwe werk opwindend...Vroulief....ten minste kan jy borduur....en daarmee kan jy die pragtigste spoegdoeke maak...moet sê,hedendaagse moderne babas sien jy nie meer met gebreide truitjies...eerder eenstuk pakkies....ai,kan nie mooi onthou...wanneer is die datum nou weer...Sterkte met die toetse en leerdery....Kasie....ons koue en en aaklige weer is oppad...het vannaand op die weerberig gesien....sterk winde in die Kaap...en sneeu in die binneland...en ons arme spulletjie hier.... kry die nasleep...Nou ja....laat ek myself regkry vir my snoesige kooi....Lekker slapies maters....wees lief vir mekaar...xxxx

robyn said...

As ek so kyk na my spelling...wonder ek wat gaan aan...☺☺☺....ek sal speltoetse moet begin skryf....of net bloot my stukkie oorlees voor ek dit stuur...Genade....

Kiets said...

Naand almal! Ai, die dag was lank. Jammer Spokie - ek het nog nie mooi vir jou welkom gesê nie, maar ek was nie myself nie hoor. Jeweeltjie, sterkte met die hoeserye. En Robyntjie, ai, ek weet ons albei gaan so lekker koud kry die naweek. Vlakkies en Vroulief, geniet die wag vir die pienkvoetjie.

robyn said...

Is julle reg vir more se rugby!!!!!....onthou...hard skreeu!!!!....BLOU BULLE !!!!!......Lekker slapies!!!!!Gaan net eers more oggend gatsaagie ry!!!!...dan is ek reg vir die res....xxxx

Kaaskop said...

Petoorsdorp, ek wens jou 'n BLOU SATERDAG toe!

Vroulief said...

Kasie ek sien toe mos vandag die dorp is blou - kon eers nie mooi uitmaak wat nou aangaan nie.. Mens koop tot blou koeke.. Toeee onthou ek.. Sien Vroulief kyk mos nie eintlik rugby nie, en op die koop toe is dit mos eksamen..
Glo dit as julle wil - ek laat toe dat Middelkind my van my leerplek weg boender sodat hy en sy maatjies kan rugby kyk...
Hier by ons huis word daar baie hard gewerk, een van Middelkind se maats is hier, hulle het die eetkamer oorgeneem. Middelkind moet help met die webblad-skoolwerk waarmee maatjie sukkel. By hulle blêr die musiek, en by my is dit doodstil...
Vir my tog te oulik as die kinders ook hardwerk. Daar word tussendeur twak gepraat en musiek gespeel, maar elke keer as ek daar kom is daar 'n stewige ent gevorder.

O ja Kasie, my en Vlaktekind se kosbare vriende uit Holland is op die oomblik in SA, gaan spesiaal more ver kerk toe om na hom te luister.. dis nou as die predikant sy preek lewer. Vriende is mos maar net vriende, al is hulle predikante ook.

Robyn, party dae is die kop darem regtig vol wol. Die belangrikste oefening wat ek kry is ook op die fiets, maar ongelukkig nie in die buitelug nie.. Daarvoor is die kniege net te lendelam. Ek trap baie gereeld dat die sweet spat. Kan mos nie sonder oefening klaarkom nie!

Nou is die studie breek verby, en die neus moet weer terug in die boek! Hoop die span wat julle ondersteun wen - al kyk ek nie saam nie!

spikkels!!!! said...

JAAAA! BETER AS DIE HEEL BESTE BESTE BESTE! JAAAAA!!!!

Jewls said...

MAAK DIE BULLE ALMAL BOKKE!!!!

Vlaktekind said...

Wat kan man nou sê! Daar maakie Bulle vannie Chiefs onnerdane. En amper hettie koning se manne noggie koningin se manne ok gat loop sta' bafokeng. En da' maakie min Bokke ok nog amok innie koningin se amperland.

Blou WB said...

Hehehehe, ek weet nie eintlik wat om te se nie, ek weet net dit was baie baie mooi en ek wens ek was daar

Jewls said...

Oe la laaaaa! Dis min wat ek sulke skitter-dae in my lewe belewe! Liefkind het gehoor dat daar aksie by Verwoerdburgstad gaan wees vandag en 09H00 sit ons toe vir ontbyt aan met elkeen 'n kombersie vir liefdadigheid. Jakaranda radio se fondsinsameling... Leanie May, Watershead (Spikkels, spelling!!) en natuurlik die nimlike Theuns Jordaan!! Toe ons lank na 3 vanmiddag huiswaarts keer, het Liefkind almal wat belangrik was se handtekeninge gehad en Theuns s'n op haar nuwe pienk bloes!! ;-))) Is dit nou nie opwindend nie? ALLES IS BLOU!! ♪♫♪♫

Jewls said...

Ondier!!! Wat 'n lekker verrassing!! Vyf soene vir jou!!

Blou Hippo said...

Ek sien hier's 'n oudsoldaat wat lekker skinner... Dag Vlaktekind, dag julle almal

WaterBul said...

dankie virrie 5 soene, maar die 8 driee was nog lekkerder :)

Kaaskop said...

Dit was mos nie hier op TV nie, maar toe vind ek dit op die website van 'n sportdinges. Screentjie van 18 x 15 sentimeter op my blikbrein en my ogies op 40 sentimeter afstand. Dit laat 'n ou konsentreer. Maar ek het dit gesien, en ek het dit geniet, en al my bure dink ek is mal want hulle weet mos nie hoekom skree ek so hard nie. My Bernice gebel toe die eindfluitjie blaas en die party het te lekker geklink. Pretoria, ek verlang meer as ooit! Soos Laurika gesing het; Alles is BLOU!

Vlaktekind said...

Blouseewaterbojaanbul!!!! Lekker om jou weer te sien. Man, was dit nou lekker! Ja, om jou te sien ennie oss .... ehm BULLE se wen. So lekker lat selfs hierie Stormersman se tone krul!!!!

Jewls said...

Sondagaand word die Bokspan aangekondig... Wie's jou gunstelinge, Ondier? Vlakkies, min dae!! ;-))))

spikkels said...

Waterbobbejaan! Nog vyf soene! Ai tog, was dit nou lekker, skreeulaglekker, trane in die oge lekker!!!

Jewls said...

Kasie, dit het ook eenkeer met my gebeur dat Liefkind die tiewie beset en ek op die rekenaar moes kyk! Dit hak vas, is onduidelik maar toe my spannetjie wen, toe gil ek so van blydskap dat Liefkind skoon vergeet wat sy gekyk het!!! En dis ook gladnie so koud soos die weerman voorspel het nie!! Geniet jou Lente!!

Jewls said...

Spikkeltjies, SUPER 14 LEKKER!!!!

Vroulief said...

Ek het NIKS van die rugby gesien nie!! Middelkind het gesms, terwyl ek by skool se filmfees was... Snaakse films gesien, maar so trots as wat net 'n Ma kan wees as haar kind presteer!!

En vanoggend se amper-Nederlandse preek netso geniet. Die Hollanders kla net dat hulle nog vreeslik warm kry.. hahahaa

Die lekkerste van hierdie koue dag? Al die vrolike gekwetter oor die bulle wat gewen het - selfs WB klets weer saam. Genoeg om oor fees te vier..
..en ja dis min dae, ek sien vreeslik uit, maar moet nog eers 2 vraestelle afhandel voor daai lekker, lekker kan wees!!
Magie vol, ogies toe!! Nee wat, hier moet nog ernstig geleer word vandag!

Geniet die dag maters, al is dit so koud, het ons nog soveel om voor dankbaar te wees!!

Kaaskop said...

Dis warm Vroulief, maar ek kla nie. Net so'n bietjie vierkantige hoofie van gistraand se celebration. Onthou ek nou 'n storie van 'n paar jaar terug. Ek was by my Engelandkind en ons het gebraai, dit was 'n mooi somersaand. Ek het by die vuur gestaan en gesels met een van Karen se pelle wat ek nou ook al vir jare ken en vra toe belangstellend hoe dit met hom gaan. Hy se toe "oom, dit gaan goed, by die werk is ek gelukkig en die toekoms lyk goed, ek travel die hele Europa plat in my Landrover, en ek het die mooiste vriendin in die wereld". Ek het die meisiekind so getjek en gesien hy jok nie. Maar toe verwdyn die glimlag van sy gesig, sy oe het effens vogtig geword en toe se hy vir my; "maar weet jy oom, dis nie Loftus nie". Sinds gistraand verstaan ek wat hy bedoel het.

Jewls said...

Ek dink ek weet van daai vér-verlang vanaand want toe ek netnou met Pappa oor die telefoon praat en hy vertel hoe hulle almal lekker gebraai en gekuier het, toe is daar 'n gat in my binneste...

groeni said...

'lo da.. hulle se das nuwe wetgewing gebring oori rugby. BB moet 5 ingelse sprekendes inni span he, shrimps moet 5 indiane he ens... die stormers moet 5 rugbyspelers he.....

groeni said...

ok.. lo da.. bloed is blou - wel, was toe ons rugby gkyk het, daarna net verkleur meti vino... hoop dat jul gweldige week ga he... eks wee weg... sou sweer dis tanzanie se migrasie tyd bydi werk - mr rof...

groeni said...

Die BMW vra vir die Beetle:


"Hoekom sit jou oë buite jou kop en nie binne soos myne nie?

Die Beetle sê:

"Kom ons druk jou engin in jou hol op, dan kyk ons hoe lyk jy!!!"

robyn said...

SJOE!!!!SJOE!!!!....DIT WAS SKREEUEND LEKKER!!!!!....dis die lekkerste mooiste opwindendste rugby wat ek nog gekyk het....BLOU BULLE BO!!!!!....en natuurlik...toe ek nou gister my stuiwer in die armbeurs wil gooi...is my ADSL weer soos gewoonlik.....MORS DOOD!!!!...ek kon amper huil!!!!...toe spring ek maar op my gatsaagie en daar trek ek.....heeeerlik met die vars lug....en oop pad....en die sonnetjie skyn op my...en ek is so dankbaar....so erg dankbaar....ek is weer gefokus....ek het weer my bonsie bons terug....ek kan, en ek sal weer,want daar is inspirasie vir my....Ai....Hippo...was so heerlik om jou raak te loop....moet nou nie weer wag tot die volgende sege ...wys meer gereeld ogies.....Mooi week vir elkeen....onthou die glimlag...en al is daar klippies in die skoen wat soms erge pyn veroorsaak....byt vas....die mooi van die lewe maak op daarvoor....xxxx

spikkels said...

Watse kleur is 'n Dinsdagmiddag as nostalgie jou beetpak? Blou?

Unknown said...

Kelkiewynkind - dis maar weer terug na Rut my mens - Naomie het nooit kon weet dat sy al daai 'suffer' moes deurgaan sodat Boas en Rut bymekaar klon kom sodat Obed kan wees, sodat Isai kon wees, sodat Dawid kon wees ... partykeer seën HY ons om gou-gou te weet hoekom dit nie 'lekker' gaan nie: ander kere moet jy laaank wag. Soos nou, ek kou en kou en kou aan Jona, maar die antwoorde is nog skraps.
Maar dankie Vlaktes virri sterkmaak i-myle [ek sal jou nog na gelang antwword ook - dankie ou Grote.
Ander nuus, sommer so gesny en plak:

Vroulief said...

... Vroulief skryf more al weer eksamen... die broekie bewe al weer.

Lekker slaap almal.

Jewls said...

Wat's die kleur van 'n Woensdagoggend as ander mense moet werk en ek is af? Happy-geel? ;-))

Robyn said...

Dit gaan rof....maar dis die verloop van mens se daaglikse bestaan....Vroulief...sterkte...Spikkels....gaan stap n' laaaang ent...voel die sonnetjie op jou...daardie blou sal sommer gou verdwyn.....Uncle Mac....dink so aan jou....soms het mens nie die antwoorde op al jou vrae...maar met tyd....dan word dit so voor jou oopgegooi....en jou waaroms en hoekoms word beantwoord....Jewlsie...ek weet hoekom is jy spesiaal vandag by die huis...die Boernale verjaar!!!!...en jy wil saam met hulle dit vier.....geluk ma Jewlsie...☺☺☺.....Nou waar is die res.....ai,dat ek nou so moet sukkel om julle op die stoep te kry vir lekker moerige koffietjies....mooi daggie vir elkeen....ja,soms kan die seer van onthoue mens so verwese laat...xxxxx

Vroulief said...

Hallo Robyn, hier is ek ook. Het nou daai koffie en die lekker sonnetjie nodig!
Die vraestel is darem agter die rug - en ek dink dit was suksesvol, mar nou's ek darem flou jong.
Netnou moet ek die vrag werk vir Maandag se vraestel takel. Ek stem saam, waar's almal, ekhet ook nou lekker vrolike geselsskap nodig.
Jeweeltjie, jou dag se kleur is karmosyn. Hoop jy het dit sommer baaaie geniet!!

spikkels said...

Julle verjaar hierdie maand! Sjoe, was dit nou 'n opwindende warrelwind dag sover, dis darem maar lekker om aan sekere mense in die bedryf te wys wie is reg, en vandag se rondte het ek gewen!

Jewls said...

So hoogrooi soos die kleur van karmosyn, so bly is ek dat jou vraestel jou tevrede laat voel het!! Het vandag soooo aan jou gedink, Vroulief!!

Robyn, wag net gou voor jy in jou trok spring en huistoe jaag... Lief vir jou en jammer dat jy so hard moet wikkel daar by jou werk!! Mooi aand vir jou en mag jou internetkonneksie altyd hou!! Wat het van Spook geword? Het hy gaan vakansie hou sonder om koebaai te sê?

Jewls said...

HIGH FIVE, SPIKKELTJIES!!!!!!

Spook said...

Naand aan al die plaasmense....ek is nou sover agter dat dit nie eers help om van agteraf op te vang. Was baie besig gewees,met so n bouerytjie by die huis,bietjie gewerk en vanmiddag terug van die koue oos transvaal af....Oom Mac is so baie in my gedagtes...alles sal na behore beantwoord word...die belangrikste vir nou is om net te rus sodat al die seer gesond kan word. sterkte met die leerders..soos hulle se...dis nou koppie laat sak en deurdruk....my vroutjie lief het darem nie te sleg geskryf nie...sy praat darem weer afrikaans in die huis,dan weet ons die kaap is weer hollands.

ek kan sommer voel hoe die gesels van almal die winterkou kant toe skuif...tot ek begin koud kry,so jewls ek sal meer gereeld my hitte kom opsoek. robyn jy sal maar eers in jou baserasie se tyd met ons moet gesels en ja soos ons dominee toe sondag in die kerk se.....daar is nou glad nie meer blou maandae in ons land nie...na die rugby is dit nou amptelik blou saterdae.
tot moreaand...en groete aan almal.

Spook said...

more almal...nou wen die storie of altans die blikbrein my...ek sit toe halfverlee n groet gisteraand op en vanoggend wil ek weer hallo se en sien toe die storie is nie by van die ander nie..nou wonder ek net hoe werk die bedryf dan,of is dit die koue wat die chronologisiteit van die boodskappies deurmekaar gooi. laat weet maar as julle my probleempie kan oplos.....lekker dag vir almal!