Wednesday, June 3, 2009

Junie en dis regtig winter.


Ek kry die ou possie in my vonkposbussie en eers toe besef ek ek het my pligte as bestuurder van hierdie plaas vreeslik versuim:
"Liewe Katjie, ek wag al heeldag dat jy Junie-maand
moet aankondig op die plaas! As jy 'n tekort aan
foto's het, hier is een van my Boernale wat vandag
5 jaar oud is!!! Dis duidelik dat al die vroutjies
op hierdie erf op iemand se kop sit!! ;-))

Hoop julle is almal baie gesond en gelukkig!!

Liefde, Jewls. xxxxx"

161 comments:

Jewls said...

Uiteindelik is ek eerste!!! Wat maak julle almal met julleself vanaand?

spikkels said...

Ag dis te oulik! Ek lees 'n boek :-) En luister na 'n oorverdowende stilte... En jy Jewlsie?

Jewlsie said...

Spikkels, vanaand is ietwat van 'n deurmekaarspul in my lewe want daar is Twenty-20 krieket en die Lions wat teen die Leeus speel!! Het jy al ooit van soveel kontraversiële dinge gehoor? Het ek die woord reg gespel? ;-)) Om goetertjies direk van engels in Afrikaans oor te sit was nog altyd vir my moeilik, veral wat die v's en die w's aan betref!! En ek het wraggies nog al my tanne!!!

Wat lees jy? Sekerlik nie nogsteeds my geliefde Stevie se boek nie? Ek het intussen vir my André P Brink se biografie aangeskaf en geniet sovér elke liewe woordjie wat hy te vertelle het! Ek was in die verlede nogal pessimisties oor sy boeke en het met dodelike akkuraatheid elke godslasterlike woord deurgetrek met 'n vreeslike dik koukiepen sodat Liefkind moet weet ek sal nie toelaat dat die naam van die Here ydelik gebruik word nie, maar noudat ek bietjie van André se agtergrond leer ken het en die frustrasies waarmee hy te doene gehad het as student en al die omstandighede rondom sy huishouding en verhoudings, vergewe ek hom omtrent alles! Om oningelig te wees is iets waarmee ons almal gedurende die Groot Apartheid geleef het. Ons het gedink dis hoe dinge maar is. Dis lekker om saam met hom sy woordlangse reis te ervaar van 'n seuntjie wat nie kleurgrense geken het nie tot 'n grootmens met sekerhede. Sy eie. Vir die eerste keer sedert 'Bidsprinkaan' waardeer ek hom weer want hy skryf so eerlik!!

Sjoe, dis seker amper volmaan, né? Vertel my van jou stiltes!!

Vroulief said...

Spikkel-Patrys, ek sien ook uit daarna om sommer net lekker te lees, maar eers na die eksamen...
Jeweeltjie, hier is groot lawaai in my huis, want Middelkind kyk die Mentalist. Gewoonlik kyk ek saam, maar ek is vanaand te flou, my dag het bietjie vroeg begin - hier rondom 4 uur. Na bietjie min slaap verlede nag... Hmmm
Ek moet sê, ek geniet my woordlose, boeklose aand baie.

Wou al begin leer vir Maandag, maar het op die ou end besluit om maar net te ontspan, dan kan ek moreoggend regtig ernstig inval.

Julle moet almal snoesig wees en lekker slaap

Jewlsie said...

Vroulief!!! Ek het geen idee wat die Mentalist is nie, maar dit klink mooi vir my. Doef-doef? Dit was vir my lekker om te lees hoe Mirrelkind so presteer het met sy uitsonderlike talent en hoe dit jou trots gemaak het! Liefkind het Dinsdag wiskunde geskryf en gedurende die middag kry ek 'n sms: "Ek druip wis 9 uit 20 ek is jammer". Van skone skok skryf ek terug dat ek bly is sy lewe en dat sy maar net harder moet werk in die toekoms!! Somedays are diamonds, somedays are storms!! ♪♫♫♪♫ Rus lekker vanaand en wees 'n tornado môre!!! xxxxx

Spook said...

more almal....nou lag ek vir myself....ek sien nou van my gepraat gister en vanoggend is nog in die Mei gedeelte...seker erg kopsku vir die regte winter in Junie. so ek dink my deurmekaargeit is opgelos en my horlosie reggestel vir Junie.lekker dag vir almal

Jewls said...

Nee Spook, jy kan nie net so vinnig kom hallo en koebaai sê nie. Jy moet alles vertel!! Wat doen jy vandag, wat maak jou bly of ongelukkig, wat beplan jy vir jou volgende vakansie, hoe gaan dit met jou familie, waar het jy grootgeword, wie is jou rugbyspan, is jy 'n Toyota of 'n Ford of 'n Mazda of 'n Landy man, wat maak jy vanaand vir aandete... en so aan! ;-)) Dis lekker om jou weer te sien!!

Robyn said...

Goeie môre my maters......gisteraand toe ek huistoe ry...sien ek die sonsondergang...karmosyn rooi...pienk..oranje...baie helder..agv van die koue...en dit maak my week...ek voel die klammigheid in my ogies...die mooi van n' dag wat nou vervaag...afsluit....regmaak vir die koue donker....en ek wonder hoeveel mense sien dit raak....ek formuleer al klaar wat ek gaan skryf...maar onthou toe...ek is tydelik kabelloos....Maters.....ek wil een en elk van julle plegtig nooi vir n' heeeerlike bymekaarkom op Saterdag die 13de Junie om 10vm by Blue Crane ...groot seblief....wees almal daar...Dis my en Jewlsie se verjaardag...en ons wil graag hierdie baie spesiale dag met julle deel...net heerlik lag,klets en ontspan...vir die wat eers later wil kom...dis reg so...soos gewoonlik sit ons mos daar van 10vm...tot 5nm....want die gesels is te heerlik...die gemeensaamheid warm om die hart, en ons kan nie genoeg kry daarvan..Laat weet maar op die blog of julle dit kan bybring Kasie,Hippo en Smousie....koop jul vliegkaartjies....ons aanvaar geen verskonings!!!!☺☺☺☺....Mag hierdie dag besonder mooi wees vir elkeen...sien die mooi....beleef die intensiteit van die lewe....Dankie vir julle in my lewe...dis wonderlik om so vriendekring te hê....xxxxx

Kiets said...

Naand almal! Jewlsie, The Mentalist is regtig 'n goeie TV reeks - ek kyk dit as ek kan wakker bly. Ons slaap weer mense! Wonderlik! Of wel, ek doen, Zouga swot, die arme ding.

Ag Rooikappetjie, ek sou so graag wil, maar as als goed gaan is ek en Kleinkiets op Verlorenkloof daai naweek - Jewlsie - wil jy saamry na mammie'le toe?

Lekker soet droompies almal.

Spook said...

naandse almal...dankie Jewls ek leer nog van die stoepgeselsery,maar sal jul meer vertel gou. Kom uit die karoo uit..Middelburg Kaap se wereld. Bly nou al vir 21 jaar in Pretoria en alhoewel ek die blou bulle rugby geniet bly die Stormers maar in my hart jong. Ek is seker van die min wat van daai kombinasie hou. Seker maar al die jare se kuier op loftus dat ek groot respekte vir die bloues gekry het en werklik hul rugby en benadering baie geniet,,,maar die rugby in die kaap in het gegroei op my van kleins af...so ek staan en val met die wp manne.

Vandag is daar nie baie gewerk nie en ek het kwaai by van my vriende gekuier...die een groot maat van my is oppad Angola toe om n jaar daar te gaan werk. Jewls n Toyotatjie le my vreeslik na aan die hart,,dit is soos een van daai dinge wat ek seker nie sommer sal verander nie.
Kosmaak is een van my ander passies in die lewe....niks fancy nie,maar geniet dit om saans vir die familie n kookdingetjie op die tafel te sit...Vanaand was dit toe gebraaide maalvleis met n spesiale speserytjie in,soetpampoen en gemengde groente...sommer van daai gevriesdes.
Robyn daai saterdag die 13 de gaan reg wees. Ek beplan om my vroukielief saam te bring sodat sy ook almal kan ontmoet. Oom Mac glo ek sal ook daai oggend reg wees om saam te kom kuier. en dan sien ek nou daar is sommer n dubbel verjaarsdag ook nog....nee kyk so n spesialegeit moet gevier en gekuier word.

Dit sal wonderlik wees om almal te ontmoet. More is dit Vrydag,,,geniet die naweek almal en rus lekker!!!

Vroulief said...

Spook, jy en my Vlaktekind sal baie beslis sommer baie goed oor die weg kom.. Toyota, Stormers...

Maar Robyntjie, Vlaktekind is met julle verjaardae hier en hy het al laaankal vir ons plek bespreek by Klein Kariba. My eksamens is grootliks afgehandel, en ek het 'n blaaskans verskriklik nodig.

Van eksamens gepraat: Spook jy het nog nooit vertel hoe jou vroutjie met haar eksamen gevaar het nie - hoop nie sy ly soos ek aan 'n kwaal dat mens net nooit weet of dit goed of sleg gegaan het in die vraestel nie.

Maats, die belangrikste vraestel van my hele studietyd tot nou lê voor, julle moet maar aan my dink met die intensiewe leerdery.

Hoop hierdie lieflike dag is vir almal net 'n seen

Spook said...

More aan al die mense.....vroulief my vroukie se eksamen ,klink my het goed afgeloop,se mos sy het weer afrikaans gepraat dan weet ek dit het goed gegaan. Sal graag vir vlaktekind wil ontmoet,en ja duidelik sal ons baie lekker kan kuier.
Baie sterkte met jou laaste groot leer en eksamen......dit is baie keer n streep in n mens se lewe...jy weet soos n minus streep...dan kyk jy net op na Bo en trek die streep van BO af onder toe....en siedaar dan is dit n plus.
So aan almal die naweek trek n streep af deur die minus streep en maak dit almal plus strepe.
lekker dag vir almal en baie blessings!!!
O ja Jewls...vanaand sal ek weer die gewone vinnige worsie op die kole gooi en net n klein stukkie ribbetjie....met n lekker groenslaaitjie. Robyn se waar ek kan help met die reelings vir daai saterdag dit is darem n spesiale dag vir die verjaarsdagmense!!

Robyn said...

Goeie môre maters....Vroulief,STERKTE!!!...en soos Spook sê....gebruik die minus...e trek die strepie van bo na onder...en siedaar n' duidelike plus...+...sjoe..dit laat mens net vir so oomblik stil staan...en die besef kom tot jou...dit was nog altyd daar...maar soms het mens net iemand nodig om dit vir jou uit te wys....Dankie Spook!!!...Ai,het sooo uitgesien om uiteindelik vir Vlakkies te ontmoet...maar kwaliteit tyd saam is baie belangrik...si Vroulief ....geniet die bederf...die natuur en die mooi van saamwees...Kiets,en hier verlaat jy ons ook op die spesiale naweek,maar ook jy my mater...ek gun jou dit...jy het dit nodig...daarom wens ek jou die nodige rus toe...beleef die mooi om jou...en kom veilig en vernuwe terug...julle sal in elk geval in ons gedagtes en hartjies wees...en ons sal fodies neem....Spook...help!!!...na jou mooi fodies van Timios,kommandeer ek jou op vir die takie...Jewlsie....jy ook!!!!...O,gaats!!! maar dis jou spesiale dag....so ek mag nie vir jou werkies uitdeel ☺☺☺...Aan elkeen van julle....mag hierdie n' baie spesiale PLUS + daggie wees....LEEF EN BELEEF!!!!...XXX

Kiets said...

Spook - jy, Vlaktes en my Zouga (dis nou manlief - hy het eers hier gekuier maar is nou stil) het almal 2 goed in gemeen - 'n ernstige liefde vir 'n Toyota bakkie en 'n totaal onverstaanbare en uiters moedswillige liefde vir daai Kaapse spannetjie.

Lekker om jou te leer ken - ek is sommer teleurgesteld ek gaan die aangesig ding mis, maar dis my ou wegkomkansie.

Lekker naweek maters - bly warm!

Spook said...

Naandse op die heerlike Vrydagaand. Naand Kiets bly om te ontmoet.....en ja daai onverstaanbare liefde vir die Kaapse spannetjie. Dit moet maar seker in die bloed van kleins af vasgesteek het. Dit is rerig soos die broer in die tronk....baie lief vir hom,maar praat nie oor hom nie. Wel ten minste ondersteun ek die Bulle ook darem...behalwe vir daai jaarlikse derby's teen die Wiepie.
Robyn ek sal die fodies doen vir jou...daai herinneringe is mos belangrik vir so n spesiale dag.
Jewls ek sien ek het gemis op een van jou vrae.....wat my seker die gelukkigste in die lewe maak is mense wat werklik en opreg omgee vir mekaar. Ek beskou vriendskap en ondersteuning aan mekaar as baie belangrik....almal in ons lewens moet tog daai spesiale maat he met wie jy spesiale goed kan deel....min dinge in die lewe maak my ongelukkig...maar die ergste is seker kinders wat ongelukkig is en nie eers deur hul eie toedoen benadeel word. Dit laat n knop in die keel en slaat my met n groot stilte.
Nou ja eers praat ek te min en nou weer te veel...Wonderlike geseende naweek vir almal!!!

Robyn said...

Koewieeeee!!!!...die kabel is terug op sy plek....ennnn...ek is terug op die lug....ai,ek het regtig soos n' hond gevoel wat nie sy lê plek kry...elke aand tel ek die foon op, in die hoop...en elke keer die doooodse stilte....en vannaand het ek eers gou bietjie by my mater Hantie gaan koffie drink...en toe ek terug kom...dag ek...laat ek net gou die foon optel en luister....en sjoe....daar is daardie dierbare krrrrrr geluid....kyk dis die gouste dat ek die huis skoonmaak....en alles agtermekaar kry...want ek kan mos nou nie staan en klets as my huiswerkies nog nie gedoen is....en siedaar hier is ekke....en nou is die stoep dolleeg....ook geen wonder...dis Vrydag aand....en boonop volmaan....ai,staan netnou so en kyk.....en my hart ruk.....dis darem die mooiste mooi....en dit voer my op so sagte maanstraaltjie.....al met my gedagtes langs....en ek stap op ver paaie....Kiets.....moet nie vir my vergeet....ek is ook n' Toyota verliefde....maar my span bly Blouer as Blou....☺☺☺...Dankie Spook vir die fodie nemery....amper neem ek Jewlsie se gesegde oor....vyf soene vir jou....skuus Jewlsie....wou net my dankbaarheid toon...☺☺☺....Nou ja,laat ek nog n' laaste keer die maan gaan aanskou...en dan onder my donsies inkruip....dit was n' laaaang week....Lekker snoesig slapies maters....mooi drome....wees lief vir mekaar....ennnn GLIMLAG!!!!Ja,selfs in jul slaap....☺☺☺

Kaaskop said...

Sjoe, hierdie week was woes, vanaf die dag dat die Kasies die slawerny afgeskaf het het hulle self slawe geword. Hardloop rond, ry honderde kilometers, wag vir ander mense, word kwaad, lag my morsdood, is vriendelik, is onvriendelik, voel goed, voel sleg, al die bestanddele van 'n menselewe het hierdie week verby gekom en nou is ek moeg. Dis naweek, die lente het 'n pouse ingelas, of is dit klaar herfs? Die maan is ámper volmaan, eers Sondag is hy heeltemal rond want dit staan beduie op 'n mooi almanak wat op my tafel by die werk staan, gekry van 'n rooikop vriendin in Petoorsdorp. - Sommer jammer ek kan volgende week nie saam met julle kuier nie. Dit sou lekker gewees het om almal weer te sien, en Spook te ontmoet. Sal nog maar so'n tydjie moet wag en dan doen ons dit oor. Ek gaan innie kooi klim want anders is dit weer daglig voor ek 'n oog toegemaak het. Hoekom kan ek nie bedags op die plaas kuier nie, net soos normale mense? Ek hoop julle almal se naweek gaan onvergeetlik wees.

Jewls said...

En daar is Veertjie nou op die vliegmasjien oppad Mauritius toe!!! Weke se voorbereidings is nou afgehandel sodat sy en Dokter Daan 20 mense se ligamente kan gaan herstel, opleiding gee en ook tussendeur 'n bietjie vakansie hou! Die laaste keer toe hulle in Kenia die Hoofman gaan opereer het, het hulle nie eers steriele water gehad nie, so hierdie keer moes alles van SA af saamgevat word!! Ek dink Veertjie het die lekkerste werk op aarde!! ;-))

Robyn said...

Ek sit vannaand hier...na die heerlikste dag in n' lang tyd....vroeg opgestaan....die pad aangedurf winkels toe.....en toe na die heerlikste kerk basaar wat Spook hulle se gemeente gehou het gegaan....regte egte melktert geeët....en toe die oulikste ,beste ding wat ek nog gesien het....n' masjien wat pannekoek maak....my mond het behoorlik oopgehang vir die uitvindsel...wel,ek kan net sê...dit proe heeeeerlik...en sekerlik is daar heelwat susters van die gemeente wat n' sug van verligting gee vir die wonderlike kontrepsie....want ek onthou...jy probeer altyd daardie takie systap.....want dis harde werk....daar was nou vir jou mense...en stalletjies en bedrywighede....vir een en elk was daar iets te ete ...en te doene... daarna is ons af na Spook se kaia...waar Vroutjie lief heerlike moerige koffietjies gemaak het...en waar ons vir ure so om die kombuistafel geklets het...ai,....dit was so erg gesellig....Kasie,...ai,ek kan sommer so in jou skrywe agterkom...jou week was erg goor en rof....hulle het jou nou sowaar beproef tot die uiterste...dankie tog vir twee daggies se asemskep,en effe uitrus.....praat van die maan....ek het netnou altoos so geloer....ai,dit is, en bly maar die mooiste mooi.....dit laat altyd so verlangende gevoel in mens....Jewlsie....volgende keer draai jy Veertjie en Dok Daan se arm...hulle moet jou ook n' slaggie saam neem....hulle meng nou werk en plesier...en dis nie regverdig!!!!Die stoep is maar stil vannaand....waaar is julle almal....die kaggel vuur knetter te heerlik....die vertrek is warm en snoesig....ou Wagter lê en ruk kort -kort soos hy Hase jag...ek gaan nou vir my n' heerlike Hanepootjie skink....en die heerlike dag oordink....die wonderlike vriende in my lewe, maak dat ek vannaand dankbaar is vir n' onbeskryflike voorreg om vandag te kon beleef.....Rustige aandjie vir elkeen...wees veilig ...en onthou om warmte en liefde te gee vir mekaar....xxxx

Spook said...

Nou ja die nuwe week is op ons. Robyn dankie vir jou kuier gister en die tyd om my mense almal te ontmoet. Nou kan die mense jou vir n slag snaaks aankyk as jy vertel van n pannekoek masjien,waar die deeg inloop en die pannekoek anderkant uitkom. Ek het darem al vreeslike skewe glure in my rigting gekry oor die vertel van daai masjiene. My vroukielief het tog te lekker gesels en gekuier en ons sien uit na volgende naweek se kuier. Kasie en al die mense wat nie daar kan wees nie...sal sorg dat die foto's versend word en tog sal julle ook in daai manier in Robyn en Jewls se verjaardagvieringe kan deel.
Wonderlike week vir almal en hou die hande oop vir al die seeninge...daar is so baie wat elke dag wat na ons kant toe kom!!!!

Vlaktekind said...

Spook, ek moet nou eers vir jou 'n ding bedye. Daai ding vannie broertjie innie tronk. Die sê jy nie op hierie plaasie. Annerjaar wanner, toe ek so pas hier oppie plaas aangeslinter gekom het, is dit mos net mooi Kêrriebekertyd. Ennie WP verloor lat dittie hoe issie. Toe praat ek mos van my broertjie innie tronk. Gevolg deur 'n geskokte stilte. Totlat Jeweeltjie nie meer haar se nieskierageite kon bedwing nie. Dis toe lat sy ewe diplomaties navraag doen oor my broertjie innie tronk en oor wat lat hy nou daar is en lat dit seker vir my sleg is, en so aan en so vort. Maar sy dink so baie aan my. Toe moet ek nou maar bedye lat ek eintlik vannie WP praat. En toe kommie hele lot vroumensgoed mittie heel sak petats vorendag. Ammal van hulle het toe mos vir my gat loop sta' glo oorie broertjie innie tronk. Ek dinkie daar is al vir een mens so baie geloop sta' bid soos vir daai broertjie van my wat innie tronk is en toe geheel gladnie eintlik my broertjie issie en my regte broertjie wat geheel glad nog nooit eers naby aan 'n tronk gekom hettie. Die anner was heeltyd toe net te ordintlik om te vra.

Vlaktekind said...

Nou ja, môre is dit sukke tyd. Oppie vliemasien. Môre aand gat loop sta' slaap ek in Addis en Dingsdag is ek by die hys. Daai Witwaks sta' brom-brom glo al van laasweek af. Kannie wag lat ek en hy weerie pad vattie. Die keer sal hy nou maar moet tevrede wees mittie teerpad. Gan nikse agterpad ryery die keer nie. Maar sal dam kans kry om my tentjie te gat loop stamaak en vuurtjie maak en tjoppie en worsie oppie kole en pot kook en Windoekie geniet en so aan en so vort.

spikkels said...

Vergun my net 'n oomblik om julle nou te vertel van die absolute vrede wat tans in my onmiddelike omgewing heers. Hierdie is die rustigste, mooiste, Sondag-aand wat ek in 'n lang tyd belewe het. Die televisie is af, pa-goed sit op die mat langs ma-goed wat op die bank lê en lees, terwyl sy met die ander hand wat nie boek vashou nie sy hare vryf, en hy sy gunsteling koormusiekstukke luister, ek op die ander bank sit en bekyk en beleef die spulletjie so, een oog op my eie boek, een oog hier by die neukenaar (vroue kan multi-task), ore by die musiek, en kry sommer trane in die oë oor ek so lucky is. En sommer oorlat ek vanmiddag die lekkerste middagslapie in 'n lang tyd gehad het.

Robyn said...

Sondag aand...die einde van die naweek....en die nuwe week lê oophande voor ons....en as daar enige minus strepies is...beter dit vinnig plusse raak....ons moet die week positief benader....Ek dink die koue gaan ons môre vasvang....So haal uit die mussies en serpe....(sjoe,klink dit nou positief)....maar dit noem ek realiteite...wes voorbereid☺☺☺...Ja,Kasie...jy giggel seker nou te heerlik.....mompel seker so binnensmonds...hulle weet nie wat koue is.....onthou net...mens klimatiseer....ek het in die yskoue Vrystaat grootgeword,waar die pype bars van die koue...as die krane lek...maak dit sulke ysgletsers...en die skaap krippe is gevries tot so die helfte van die dag....maar ek bly nou in die Tropiese kant van Petoorsdorp....en ek belowe....ek kan nie koue vat!!!!....regte sissie!!!!....Vandag het ek myself heerlik bederf en gaan fliek....die nuwe een van Charlize Theron en Kim Basinger...Burning Plain...sjoe,baie mooi....Spook....ek is nou lus vir Vroutjie lief se moerige koffietjies...sjoe sy kan maar!!!....Is jou nuwe braai toe ingewy?....jy en jou mater het darem heerlik gewoel,terwyl ek gesit en klets het☺☺☺....nou ja...dis nou tyd om die Sondag aand dinge reg te kry....sodat Maandag sonder voorval begin....warm drukkie vir elkeen...wees lief vir mekaar...en snoesig warm slapies...xxxx

Robyn said...

Spikkeltjies....so bly dit gaan goed met jou....sien ons jou Saterdag.....toe seblief!!!!!...dit sal baie spesiaal wees om jou daar te hê....Geniet die vredigheid....dis die lekkerste lekker ...en die mooiste mooi...soos jy dit beskryf het....

Jeweeltjie said...

Ag, dis so lekker om julle almal so gesellig aan die kuier te kry op hierdie koue, volmaan-oggend!! Vlakkies, sterkte met jou reis!!!

Vroulief said...

Jeweeltjie, ek deel jou sentiment oor die vredige plaas, maar ek is totentaal uitgesluit!! By my knaag die senuwees, die maag draai... Ek weet ek weet weer NIKS vir vanmiddag se vraestel nie, en nou's dit nog boonop koud ook!

Ek het so hard gewerk, ek is eintlik nog nie klaar met al my werk nie - en soos gewoonlik wanneer die senuwees so erg knaag, kom loer ek maar in op die plaas vir bietjie koester en warm koffie en troos.
Ek wil hierdie dag so graag verby hê, maar ek is in dieselfde asem so bang om hom verby te kry...

Kiets said...

Mirrag mirrag almal! Gits ja, dis koud hier! Vroulief - ek dink aan jou, ek bid vir jou. En Spikkels, jy maak my hart so bly. Vlakkies, ek het nie oor die broer in dir tronk gevra nie, want ek het presies geweet wat jy bedoel - jy weet mos in ons huis is dit ok so. Lekekr dag alaml - bly warm!

Robyn said...

STERKTE!!!!!....Vroulief.....dink aan jou.....JY KAN...EN JY SAL.....wees rustig...haal diep asem...dit werk altyd.....

Jewls said...

UITEINDELIK!!!! Kort duskant die Arbeidshof en baie prokureursgelde later, het my hospitaal se bestuur uiteindelik ingegee en my mondelingse kontrak skriftelik gemaak. Ek hoef nooit weer spoed te doen nie!! Ses maande van stress is verby en my arbeidsregte is weer in plek... Prys die Here!! Vroulief, ek hoop dit het ook goed gegaan met jou vandag!! Ag, ek is sooo lief vir julle almal en dankie vir die spesiale plek wat julle in my lewe vul! Dit kan nou maar hael, sneeu of storm - I'm on top of the world!!! ♪♪♫♪♪

So in die agtergrond said...

Mooi so Jewls! Ek hoop dit was die moeite werd.

Kaaskop said...

Vlakkies, voorspoedige reis en welkom tuis, maar verwag nie vrugtekoek nie, Vroulief het te hard gewerk. Hoe het dit gegaan? - Robyntjie, ek giggel nie oor jou koudkry nie, hier lyk dit ook of dit alweer herfs is, reen en wind en dit bly so'n af en aan lentetjie hierdie week. - Spikkels, ek is bly jy is gelukkig, jy is geseen as jy so mag geniet van die gesin waarvan jy deel is. - Jeweel, uiteindelik! Baie geluk! - Nou oor 'n baie ernstige ding; daai pannekoekmasjien, waar kry mens die ding, en wat kos hy?

spikkels said...

Daai pannekoekmasjien is nogal oulik, die pannekoek is net vierkantig, nie rond nie. Goeie werk Jewls, baie bly vir jou!!! En AI JAI JAI, ekt 'n vervlakste allergiese reaksie, en nou is dit in my hande, my vingers stokstyf dik geswel, lyk soos min-irussians, met rooi kolletjies oraloor! Die ouer mense vermoed dis rooiwyn. Dit kan nie, en as dit is, sal ek maar moet aanhou drink daarvan tot my lyf moeg daarteen baklei is en dit weer aanvaar... ;-)

Robyn said...

Jewlsie...laat ek vir ons so Hanepootjie skink en dit vier...jigggg...so bly dis agter die rug...en jy kan nou rustig raak...Kasie...daardie pannekoek masjien is te wonderlik....ons sal maar vir Spook moet vra...dis by sy gemeente se basaar dat ek dit ontdek het....ek weet net een ding...die gedoente kan vir jou heelwat geldjies inbring....en ek sal nie kan ophou eet....Vroulief...waar is die verslag...my duime was so styf vasgehou....ek kon skaars my werk gedoen kry...Spikkels....nou wat nou....gaan ons jou Saterdag sien....minirussians en al...☺☺☺....Kyk ek dink ons het nou die koue front.....dis erg koud...die wind waai verwoed...en volgens die weervoorspelling gaan dit nog kouer wees môre...brrrrr.....Darem heerlike regte egte soppies geeet vannaand....Wederhelf, het sy kookvernuf gebruik...en ek moet sê...hy weet hoe...ai...ai...dit was erg liplek lekker....O,voor ek vergeet...veilige reis Vlakkies....jy is al amper hier...dan skrik ek eers wakker.....Mooi snoesige warm aandjie vir elkeen....Lekker slapies...xxxx

Spook said...

Naand aan al die mense....vlakkies bly om te hoor jy is more by die huis..rus heerlik en geniet sommer baie,daai boetie innie tronk..ek het ook al snaakse kyke gekry. Vroulief ek hoop die eksamen was sommer n drafstappie gewees vandag.Jewls ek ken nie jou hele storie van die arbeidshof nie,maar die gemoed klink reg vir my...baie geluk. Robyn die nuwe braai is toe sommer klaar ingewy,maar soos met boet calla se idees gaan ons nog een oor bou en kyk wat gebeur.Die pannekoekmasjien is n groot storie en word met n bakkie aangery...ja die pannekoeke kom so aanmekaar uit op n langstrook,word gegooi met die suiker en opgerol in n bak.
Groot koue is nou hier en wees almal warm en gesels die koue weg. Lekker week verder.

Robyn said...

En nog steeds is ek vergeetagtig...Uncle....hoe gaan dit daar met jou....hoop die eina begin al beter word....Ons sal jou Saterdag so bederf...jy sal skoon vergeet van die pyn...☺☺☺....en Kiets....is almal nog gesond?....

spikkels said...

Het ek nog nie ja gese nie? Ja Robyn, ek sien julle Saterdag, baie graag!

Kaaskop said...

Spook, met anner woorde, dis nie 'n pannekoekmasjien nie, maar 'n pannnekoekfabriek. Dis nou weer my geluk, het klaar gedink daai masjientjie vat ek volgende keer huistoe in die aerie. Nou dan moet ons maar daar proe, in Petoorsdorp.

Spook said...

Dit is reg...groot storie die masjien...Kasie ek sal kyk of ek op n manier met iemand kan reel om n foto van die storie by jou uit te kry. Ek het die fabriek op my foon afgeneem en sal die seuns vra hoe moet ek die goed nou bloutand om dit op my rekenaar te kry. Mense die windjie het gesny vandag..so daai hanepootjie sal nou baie goed afgaan...kan alles van bo af warm maak en rerig n sinvolle inset lewer om die lyf weer lekker warm te kry. Groete aan almal en ek en my vroukielief sien baie daarna uit om nog mense saterdag te ontmoet.

Robyn said...

Spikkels...jy maak my dag!!!!!...ai...so bly ons gaan jou ook daar op ons spesiale daggie kan hê....Kasie...ek het nou soooo lekker gegiggel...ek kan jou nou al sien...met die kontrepsie op die lughawe...en die verduideliking....Spook sal maar daardie fodie moet laai....dat jy die gedoente kan sien....nou water my mond skoon....almal belowe altyd pannekoek as dit koud is...maar ek kry niks!!!!.....Vlakkies...is jy al hier??????.....sjoe...die koue en wind is nou sowaar geen verwelkoming....maar geniet nogtans elke oomblik....wens net ons kon julle Saterdag gesien het.....Vroulief...is jy nou klaar getoets.....Jewlsie....waar's jy mater.....wys bietjie ogies....of jaag hierdie koue jou vroeg-vroeg kooi toe....Nou ja,ek gaan ook maar nou onder my donsies inkruip....beste plek om te wees in die koue...Lekker snoesig slapies maters....wees lief vir mekaar....xxx

Vroulief said...

Rooi-Robyntjie!! Ja Vlaktekind is al hier! Dis tog te lekker, ek en hy het al langstukke geklets, en foto's gekyk.

Vandag organiseer ons al die goed wat moet aandag kry, dan gaan ons Vrydag Kleinkariba toe - te lekker!!

Ons moet elkeen nog 'n boek of 2 kry, want as die weer is soos nou, is lees die in ding - lees en slaap..

Kasie ek het ook al daai pannekoek-kontrêpsie gesien, dis 'n groot ding, jong... Vir gewone ouens is 'n pan nog maar die ding - dit het nog nie verander nie...

Lekker dag almal.. Ja Spikkel-patrys, daai hanepootjie klink te heerlik!

Robyn said...

Vroulief.....geniet elke oomblik van Vlakkies daar by jou...ai,en dan nog die heerlike vooruitsig van Klein Kariba...jong....julle gaan net heerlik ontspan....praat van boeke...ek dink ek wil vir my daardie een van Deon Meyer kry...13uur...klink nogal interesant.....Vannaand maak ek iets kerrieagtigs....bietjie hitte in ons lyfies kry...op die oomblik reen dit..en daar's n' ysigheid in die lug......so bietjie brand sal net die regte ding wees...Ek het vanmiddag die heerlikste kossie gehad....groentetjies met n' Frikkie..en my gunsteling drinkdingetjie Coke....My Maaikie wat my so bederf en kossie aandra...sien mos altoos ek kry nie tyd vir eet...☺☺☺...nou ja....en dan sit ek hier en klets...die bossies staan en wag!!!!....Snoesige middag vir julle maters...en onthou die glimlag!!!!...al is dit koud!!!!!...laat hy so tussen die tandeklap deur kom...xxx

Spook said...

Vroulief ek is baie bly jou Vlaktekind is veilig by jou...en toe bring hy sommer van die Stormer reenweer ook saam. Daaroor kla ek nooit. Geniet julle tydjie voluit. Vanaand is die omgeegroep by ons huis en sop en brood is die inding,en vir die wat nie enige gewetensbeswaar het nie sal daar n sjerrie ook wees. Ek dink daar kom nog heelwat reen,my vroukielief was al 5 uur vanmiddag by die huis en dit gebeur rerig net as die seeninge uit die lug op ons neerdaal. Vanaand moet almal warm bly...geniet iets om die innerlike te versterk of gesels met al die maters....en die koue word skoon vergete.

Unknown said...

Gister to ik uitdie exryzz uitkom daa by Pret-oor-ja Oos hospitaal, toe issa pannekoek aan die bak - vat toe sommer 'n klomp [16 van hulle] vreet self 3 op en gaan gee die ander by die kliniek ... nou so meddie hoop assik hulle pannekoeke sjee sal hille my nou weer op-en-top maak. Maar soos ik nou voel het daai plan nie gewerk nie. Miskien mussik daai pannekoek self alleenag verorber het ???

Robyn said...

Spook..ek wil ook soppies en sjerrie hêê....as jy net weet hoe erg is ek oor sop,sal jy so bietjie bêre vir my...net om die vrede te bewaar.....anders gaan jy nog vir lank my gesanik hoor....☺☺☺...Uncle,ek dink so met die koue tesame,is die eina ekstra moedswillig....ai,die ding, gaan ook nie sommer vinnig agter die rug kom...die gebeentes het maar die manier om sy eie tyd te vat vir genesing...jy is in my gedagtes en gebede...en ek weet een van die dae is jy weer op en top...Sjoe,maar die koue het nou behoorlik sy greep op ons...en boonop reen dit ook nog..maar ek kla nie....dan kan mens mos al die heerlike warm drankies en kossies geniet....Snoesig slapies maters....drink n' warm milo...en spring in die kooi...xxxx

huppel-spikkel said...

kan nou 'n klomp goeters kwytraak. mar die pit van die saak is dit: die meisie wat soggens in die spieel vir my kyk, lyk elke dag meer soos ekke...

Robyn said...

Ai......die kaggel brand heeeerlik snoesig...Wagter lê reg voor die kaggel....snork saggies....so vredig.....Ek sit en staar na die brandende stompe....my gedagtes dwarrel....ek loop op paaie....beleef insidente....glimlag so by myself oor gebeure....dit is soms die klein dingetjies wat jou lewe inkleur...jou paadjies lê soos sketse voor jou....sommige olieverf...ander waterverf...en dan is daar die potlood sketse.....elkeen met sy onderskeidelike inpak wat dit in jou lewe veroorsaak het....elkeen het sy besonderse plekkie....sorvuldig opgehang teen jou lewens muur....heimwee en verlange bots met mekaar....veroorsaak byna n' stortvloed van trane...n' onverskilligheid neem van jou besit....koppigheid tree na vore....net om weer deur realiteite vervang te word....die opstandigheid vervaag....n' brandende stomp val om....jy word teruggeruk na die werklikheid....n' glimlag plooi om jou mond....vir wat die gevoelens...die opstandigheid...dis maar net nog n' jaar wat verby is...en n' nuwe een wat jy binnegaan...en binne my sal dit nog steeds net ek wees....en môre en oormôre sal niks verander het....Dis hoe ek elke dag aanpak....wat ek daarvan maak....die mooi raaksien....LEEF EN BELEEF....en teen die einde terug kyk...met dankbaarheid...Dankie Heer...dankie vir u genade...en dankie dat u oor my waak....dankie vir my gesondheid...en dankie vir die lewensblyheid in my....hou u hand oor my vir nog n' jaar...

Kaaskop said...

Robyntjie, as môre en oormôre niks verander nie, sal jy dan ook asseblief niks verander nie?
Bly soos jy is want ek is so bly soos jy is.

Kiets said...

More al die maatjies - dink tog vanmore aan Zouga - eksamen tyd vir hom. En aan my - nou het ek die keelinfeksie en daai Apie van ons slaap nog steeds nie. ai tog! Zouga is braaf - ny en die seuns bly die naweek tuis en ek en sussa en Ouma gaan bietjie uitspan daar in Jeweeltjie se tuiswereld. Jeweeltjie en Rooikappetjie - mag julle heerlik verjaar en die kuier by die Blue crane baie lekker wees - ek is jaloers hoor! En ek verwag 'n foto en verslaggie van iemand per vonkpos vir Julie se maandopskriffie oor die geleetnheid.

Spook said...

Robyn jy krap diep in ons siele met jou beskrywing...dit is wonderlik raakgevat. As ek so luister na jou dan is dit mos die storie van n uitstekende rooiwyn wat net beter en beter word met die jare. Ek stem saam met Kasie,bly net soos jy is...dit is wonderlik om jou te ken en n groot voorreg en more sal ek en my vroukie baie bevoorreg en dankbaar wees om nog van die plaasmense te ontmoet. Die son skyn na die heerlike reen en ek glo dit is die glimlag van Bo vir jou en Jewls spesiaal vir julle verjaarsdae more...en van sommer van vandag af geniet elke dag voluit en dit is vir al die mense...maak sommer of almal elke dag verjaar en glimlag voluit!!!

Unknown said...

Nou toe nou !!! Heppie heppie heppie julle twee [beteken dit julle is ewe uhgmmm ... errmm .. uhhh JONK, synde julle so saam-saam verjaar???

Kaaskop said...

Baie baie geluk Jeweeltjie en Robyntjie. Lekker verjaar, dat die dag onvergeetlik, en die nuwe lewensjaar vol vreugde, liefde, voorspoed, goeie gesondheid en sonskyn mag wees.

Jewls wat 'n stunning verjaarsdag gehad het!!!! said...

Ek kry nie die regte woorde om die groot dankbaarheid en blydskap wat ek binne-in my voel nou te verwoord nie!! Dit was 'n voorreg en eer vir my om saam met soveel wonderlike mense vandag te kon kuier!!!! Nie net by Blue Crane nie, maar almal wat in gedagte saam met ons was! Ek het geleef en beleef en koester elke mooi oomblik van hierdie besonderse spesiale verjaarsdag... Rooikoppie, dit was 'n groot bederf vir my, Vriendin!! Dankie vir al die verrassings en moeite wat jy gedoen het om die dag so aangenaam vir almal te maak!! Die Skitterstêr-trofee is joune oor jy die mooiste vrou is wat vandag 50 geword het en dat ek dit met jou kon deel!! Mag die Here jou seën soos die seëning wat jy in ons almal se lewens is!!! Nou gaan ek my persente oopmaak en weer bly wees dat ek julle in my lewe het!! Dankie vir al julle liefde!! Jewls. xxxxx

Spook said...

Wat n wonderlike dag...wat n wonderlike voorreg om nog van die plaasmense te ontmoet. Aan die verjaarsdagmense...weereens baie geluk en net die beste vir die jaar vorentoe. Moet nou net nie jaloers word nie,maar ek en vroukie het nou te lekker na al die fodies gekyk. Sal ekstra moeite doen om dit by julle almal uit te kry.Die dag was baie spesiaal en soos oom Mac sal se..Liewe Jesus is so goed vir ons.
Dankie vir almal wat daar was,Spikkels en daar ry ek toe nou die dag by jou verby sonder om te weet,Jewls en nou ken ek jou ook persoonlik en oom Mac met wie ek nog n pad gaan loop.Robyn baie dankie vir jou moeite met vandag se storie...jy het dit baie spesiaal gemaak...na vandag verstaan ek die plaasmense se lang kuiers sommer baie beter. My dag het baie somber begin ,maar een uur toe my vroukie se sy is oppad toe glimlag ek breed...nou kan ek en sy saam gesels oor die plaasmense en sy ken julle ook. Voor ek heelaand hier sit en praat..mooi bly almal en baie dankie vir spesiale mense in ons lewens.

Jewls said...

Spook en Spokie, dit was lekker om julle aldrie te ontmoet!!! Bly te kenne, hoor? Ai, jy moenie met ons lang kuiers spot nie - dit gebeur net eenvoudig vanself!! Mooi aand vir julle en dankie vir jou bydrae om te sorg dat ons 'n stunning dag kon hê!!! Waar gaan jy die foto's plaas? Jy beter diskreet wees want ek onthou van baie kere wat ek gelag het dat my stopsels wys!!! ;-))

Robyn said...

Vandag was die tipe dag wat mens net wil vaslê....verewig....Vroeg-vroeg is ek al wakker gemaak deur Robyntjie wat my lek dat die spoeg spat...oor my ogies...my neus...my wang...en sy purrr dat my ore tuit...dardie tongetjie is so skurf en voel soos n' rasper...ek keer...maar sy gaan verwoed voort...ma moet wakker word...dis haar spesiale dag....ek gee op...gee n' lang gaap en rek uit....en toe begin my dag...Manlief bederf my met koffie in die bed...Boeboes ...storm die kamer binne....soen en druk my en ek kry die mooiste presentjies.....ek is opgewonde soos n' kind...giggel en lag sommer so deurmekaar...sjoe...50 is toe nou nie so erg...ek voel dan die bonsie bons in my...en niks het verander deur die nag...☺☺☺....nou is ek deel van die "Big Five"....En so begin een van my mees besonderse dae in my lewe...Vandag vier ek my spesiale dag met my vriende...die mense wat my so na aan die hart lê....Elkeen van julle het so besonderse bydrae gelewer om hierdie dag n' sukses te maak....Soms is daar nie woorde om jou gevoel oor te dra...maar hier binne in my hartjie is dit warm....vriende is soos goud....jy hou hulle tussen jou hande...koester hulle....Vannaand gaan ek met n'glimlaggie aan die slaap raak....want teen die einde van n' mooier as mooi dag....het ek herinneringe wat ek gaan troetel en bewaar....ek gaan LEEF EN BELEEF en my kosbare vriende gaan saam met my daarin deel....want ons gaan saam...hand aan hand die toekoms instap....en altyd daar wees vir mekaar....dis my belofte....Dankie vir julle in my lewe....xxxx

Jewls said...

Nou wat nou? Ons is toe almal een daggie ouer as gister en twee meer as eergister en al wat ons het om te bewys is die foto-vreugdes of privaat-onthoue van goedjies wat ons laat sweef het... 'n Ladida vlieg al gillend van hoogtevrees oor my huis: "HAAAAA!" Intussen sit ek my pienk naellak en afkap terwyl ek uitstaar by my venster, ewig dromend die vertes in! En ek wonder hoe dit met julle almal gaan, wat middagete was, met wie jy jou omring en of jy gelukkig is...

Spook said...

Jewls ek en Spokie is sommer baie gelukkig vandag...sommer n broodjie in die verbygaan gegryp na n hospitaalbesoekie aan die siekes. Vandag glimlag almal nog breed na gister se groot kuier. Ek moet eers die gelukkige storie deel. My oudste seun is toe gisteraand saam met maats gou Kollenade toe vir n kuiertjie. Een van die vriende besluit dat hy sy vriendin nou daai kys ding gaan vra...maar nerens is n blommetjie in sig nie. Die groepie vaar toe Magic Company binne en speel speletjies om kaartjies te wen. Met die kaartjies word toe "pipe cleaners" gevat en Johann vou toe n blommetjie of twee met die goed. In die kar is hul na die meisie se huis...die word gebel om uit te kom..en daar kon die maat toe die vraag vra en die pipe cleaner blommetjie oorhandig op die verseeling van die ja woord.Dit was so lekker om te hoor hoe die kinders op n mooi manier as n groepie kan kuier en dan nog planne maak om mekaar te help met die moeilike dinge en vrae in die lewe. Dit wys net weer....vriendskap en spesiale omgee in die lewe is baie belangrik. Robyn en wat is jy so stil of is die groot 5 sooo oorweldigend? Wonderlike aand vir almal en om af te sluit...WAT N WONDERLIKE NAWEEK!!!!

Robyn said...

Sjoe!!!! lyk my ek is weer agteros in die ry...kom ook laaste op die stoep aan....ai,en daar mis ek julle net-net....Jewlsie,Spook...kom nou terug van die Hartbeespoort dam....ons het sommer net so uitgery om lemoene en naartjies te gaan koop...Zellie se pappa hulle is toe ook in die omgewing en so kom ons toe bymekaar vir middagete,musiek luister en lekker gesels....ai,en toe ons so oor die damwal terug ry...is van die sluise oop...en die water storm behoorlik oor die rotse die afgrond af...so erg mooi...en toe ons deur die tonnel ry...sien jy weer die seilbote rustig op die water rondvaar....Ek sit en uitkyk by die motor venster...en my gedagtes bly maar by ons heeeerlike kuier gister....Spook,ai...jou storie van die jonges laat my sommer terug dink aan ons eie jong dae....ek kan nog onthou.....Manlief was my skoolkys....en daardie jare was daar nie net geld in jou hand gestop,daar moes altyd eers n' goeie rede gegee word...wel,ek wou graag vir hom n' geskenkie koop vir sy verjaardag...en omdat ek nie geld gehad het...moes ek maar n' plan maak...so het ek dan begin om koeldrank botteltjies bymekaar te maak en te verkoop,maar dit het lank gevat...en my senuwees was gedaan,want die tyd sleep nader...maar op die ou einde het Ouboet my ook so R5 of wat gegee...onthou dit was baie geld daaredie tyd☺☺☺en ek gaan koop toe vir hom n' hangertjie,een met n' hartjie,9kt...en ek laat selfs my naam daarop uitgraveer....hoogs in my skik ,kan ek nie wag om dit vir hom die volgende dag te gee....en ek moet sê...hy het baie daarvan gehou...(of altans ,so het dit voorgekom)....so rukkie gedra....en toe beland dit tog maar om my nek....want hy was nou nie juis die kettingkie soort....dit ontdek mens mos maar soos jy mekaar beter leer ken....wel,ek het nou nog "ons" kettingkie....Ai,hoe verlang ek dan nou so na my jong dae☺☺☺....En wat het almal vandag aangevang??....dit is regtig so mooi sonskyn dag...mens wil dit sommer vashou....langer uitrek...

Unknown said...

Dankie. Dankie virrie een, dankie virrie anner, dankie virrie dit en dankie virrie dat en dankie laatik tussen julle gesiene mense ook gesien kon word. Dit was ook ewwerstergrend om julle te sien.
EN ek het gehoor en ek is aangehoor. Op 'n punt kon hoor en sien glo vergaan, maar ik weet'ie daavan nie.
dis 2 dae later - en ek is erg 'brittle' wan t Seuntjie Charlie het onglukkie gehad met sy motorfiets ... en as Dad het ek dit NIXXXXXXX ge laaik nie. Hjeelaml nixxx. Maar hy kom darem vandahg huis toe. A die ysters en penne en goeters is klaar ingebou. Ek se hom indi etoekoms gaan hy 'n aanwins op kinnerpartytjies waar 10-jaar oud seuntjies verjaar - as daar skroefies van die Meccano weg raak kan ons vir Charlie 'raid' vir 'n paat.
Eisjjjjj - en nou moet hy ge- bybie word... was hier, vee daar, hemp my so, broek my daar,.... 2 weke lank :-(

Djoels said...

Ag my liewe Uncle Mac, nou dit ook nog!!!! Ek kan nie help om te giggel as ek die verpleegsorg so in my gedagtes sien nie, maar ek dink aan jou en Charlie!!! Ek hoop hy is sommer gou weer op die been en dat hy nie té groot geskrik het nie!! As student was ek baie windgat met my motorfiets tot ek een keer gegly het met die ding en vreeslik baie velle verloor het in die proses. Daarna was ek bang want ek het beleef hoe vinnig 'n ongeluk kan gebeur en het ek toe BAIE versigtiger gery...

Jewls said...

Robyn, het julle groentewinkel nie naartjies en lemoene nie? ;-))

Spook, daai seunskind van jou is dam so oulik!! Gaan dit beter met hom?

J said...

Afrikaans bly darem maar skerp!!!


Fanus Rautenbach sê: ons moet almal eendag sterwe, maar elkeen sterf volgens sy beroep:

Reisigers gaan heen.
Jagters gaan bokveld toe.
Parlementslede op die groen kussings gaan sag heen.
Die melkman en die posman kom om.
Kokke steek lepel in die dak.

Die horlosiemaker se tyd het aangebreek.
Die valskermspringer ontval ons.
Die tuinier is van die gras af gemaak.
Die melkboer het die emmer geskop.
Die begrafnisondernemer sien sy gat.

Die dominee het die tydelike met die ewige verwissel.
Die ouderling is ontslape.
Die koerantman is direk hemel toe.
Die skeidsregter het sy laaste asem uitgeblaas.
Die dokter se hart het gaan staan.

Die elektrisiën se liggie is gedoof.
Die koster het die doodsklok hoor lui.
Die kleremaker se draad is geknip.
Die Springbokrugby-afrigter kom tot rus.
Skoonmoeder - die duiwel het haar kom haal.











.












Afrikaans bly darem maar skerp!!!


Fanus Rautenbach sê: ons moet almal eendag sterwe, maar elkeen sterf volgens sy beroep:

Reisigers gaan heen.
Jagters gaan bokveld toe.
Parlementslede op die groen kussings gaan sag heen.
Die melkman en die posman kom om.
Kokke steek lepel in die dak.

Die horlosiemaker se tyd het aangebreek.
Die valskermspringer ontval ons.
Die tuinier is van die gras af gemaak.
Die melkboer het die emmer geskop.
Die begrafnisondernemer sien sy gat.

Die dominee het die tydelike met die ewige verwissel.
Die ouderling is ontslape.
Die koerantman is direk hemel toe.
Die skeidsregter het sy laaste asem uitgeblaas.
Die dokter se hart het gaan staan.

Die elektrisiën se liggie is gedoof.
Die koster het die doodsklok hoor lui.
Die kleremaker se draad is geknip.
Die Springbokrugby-afrigter kom tot rus.
Skoonmoeder - die duiwel het haar kom haal.

Anonymous said...

Sien ek nou dubbel? ;-))

Jewls said...

Is ek nou wraggies vanaand alleen op die stoep? Spook, daai kosmosplaas waar die boernaal met sy gatjie so na die lens toe lê is baie mooi vir my!! Vanaand het ek my Ma se bord boerekos geeët wat sy vir my gestuur het al die pad van Lydenburg af met 'n geleentheid, spesiaal vir my verjaarsdag. Sjoe, niks kom dam by huiskos nie...

Uncle Mac, baie dankie vir jou foto-oomblikke!! Ek het dit vir jou gunsteling Rooikop aangestuur, maar ek het jou adres uitgevee. Jy weet mos dat ek en sy al van laaaankal af so 'n ding tussen ons het van wie is eerste, wie weet die meeste, wie het wie se selfoonnommers en adresse en so-aan. Op die oomblik is ek haar nog een voor!!!! ;-))

Spook said...

Jewls lyk my jy was alleen op die stoep in die koue. Ek weet nie of ek nou klaar geslaap het of nie kan slaap nie,maar ek is wawyd wakker en die gedagtes hardloop erg rond. Nou ja met die wonderlike stilte kan n mens mos net lekker gesels. Oom Mac jammer om van die seun te hoor..en ai so skouer storie is darem die seerste seer. Baie sterkte en gesels net en ons maak n hulpplan van ons kant af.Die eerste hulpplan op Boontoe is al aan die gang. En ou Fanus uit Flink uit die vere se dae,het darem geweet van radiogesels....wys net,net in afrikaans kan jy so mooi praat oor die mense se laaste gebeure. Met my oudste seun gaan dit goed...woensdagoggend weer toetse en dan sal die weg van daar bepaal word. Hy is eintlik sy ouself..en selfs kleinboet is erg bekommerd oor ouboet. Die twee kan toe tog saamstaan en baklei vir mekaar. Jewls ek en Spokie sal na die uitslae kwaai op jou nommertjie druk vir raad en weer daai kliniek se besonderhede vra. Tot Robyn was nie eers op die stoep vanaand nie...moet duidelik seker nog die after party gevoel wees. Spikkels jy word ook vermis na Saterdag,gaan dit goed met jou??...of is dit daai baie hoenertjies wat jou so besig hou. Lekker oggend vir almal en ja slaap maar laat dis mos joef day vandag!!

Vroulief said...

Halloooo, nou's ek ook weer hier! Ek en Vlaktekind het die naweek so leeg gelê, ons voel altwee spik-splinternuut, Lieflike dae, warm-warm water, te lekker!!

Die nadraai van so 'n naweek bly maar 'n erge 'come down' Berge en berge wasgoed... mar no jaaa... Ek ruil my heerlike naweek met my Vlaktekind vir niks!!

Middelkind het kom kuier, en na hy weg is het Kammie kom kuier, dit was net lekker.

Nou moet die lewe eers weer terug na normaal...


Robyn, as jy nou die groot 5 gehaal het, is jy uiteindelik mooi groot - jy weet wat jy wil en nie wil nie... soos ek, kan jy 'n ouma word, dis 'n voorreg, dis heerlik!
Moet 'seblief nie begaan raak oor die kreukels nie, dis deel van jou mooi, en ek wil steeds weet WIE sou kon dink dat jy nou 5(0) is jong?

Almal moet 'n wonderlike week hê - dit is darem more al halfpad!

Robyn said...

Nou ja,nou is al die lekker verby...die laaang naweek...die verjaardae...en net die heerlike lui lekker dae.....Vroulief so bly julle het die wegbreek geniet...dis net wat mens soms nodig het om net weer tot verhaal te kom...en toe speel die weer ok heerlik saam....moet sê...ek is so bly die koue het so effe gewyk....Jewlsie...ai,dit was sekerlik nou n' heerlike bederfie.....al die pad van ma goed...Is Liefkind al veilig...en het sy die naweek geniet....Spook,nou hierdie nagtelike geselsery...wat veroorsaak die slapeloosheid....te woelig gewees deur die dag....dit gebeur mos soms...dan wil jou gedagtes net rond dwarrel....en niks kom tot ruste...wel,ek hoop jy het n' rustige slapie vannaand....Vandag het ek weer ou Bloues gegryp en pad gevat 44km...en daarna nog steeds energie gehad...vir dinge binne en buite die huis....Wel gelukkig het ons net drie daggies oor...en dan rus ons weer......rustige nagrus al my maters...wees lief vir mekaar...en onthou die glimlag...xxxx

Kiets said...

More more julle almal! Ai, rus en vrede! 3 nagte se onverstoorde slaap van 9 en 10 ure, 2 middagslapies, lekker ver stap, piekniek by die dam met die kleingoed, kuier met familie en lekker eet. Wat meer kan 'n mens vra?

Ai mense, dit was so mooi daar by Verlorenkloof - een van die mooiste stukkies aarde - alhoewel ek so voel oor baie stukkies van hierdie wonderskoon wêreld wat die Vader geskep het.

Jeweeltjie en Rooikappetjie, jammer ek het die fees gemis, maar ons moet maar gou weer 'n kuier plan maak.

Lekker week almal - en Spook - vra Jeweeltjie vir my vonkpossie en dan stuur jy bietjie iets aan vir Julie se opskriffie asseblief. Jammer ek het gemis om julle te ontmoet.

Ag en my liewe Oompie - gits, hoop julle albei se beserings voel gou beter.

spikkels said...

Dit sous katte en honde hier, donderweer en al! En dit in die middel van die winter! Pannekoek en rooiwyn... :-)

spikkels said...

Plaasjapies, ek is opsoek na musiek wat nog voor my geboorte gemaak is. Toe ek nog kind was het pagoed die plaat oor en oor gespeel. Nou die dag hoor ek dit weer by die perdeskou, en terug by die huis gaan soek ek weer die plaat, maar die is toe weg! Kan die stuk op klavier speel, maar nie een van ons kan die naam onthou nie, sukkel vir twee weke! Tot pagoed gister in Meimaand se Weg Dana se klavierles-storielees, en daar staan dit - Villa Rides van Montevani. Waar sou jul reken gaan ek die stukkie in die hande kry?

Kiets said...

Spikkels, bladmusiek weet ek nie, maar opname is jou beste "bet" om by die vriendelike moffies van Salon Musiek hier in Brooklyn Mall te vra - hulle kan amper alles opspoor.

Ek sien dis nou lekker bewolk hierso ook.

Vroulief said...

Spikkel-Patrys, ek weet nou nie van donderweer en blitse nie, maar hier by my is dit heel toegetrek.. En vandag het ek nie lus daarvoor nie! Vlaktekind is nog net 'n paar daggies hier, en ek wil hê dit moet helder en mooi wees as hy hier is. Ongelukkig het ek nie nou kans vir pannekoek bak nie...

Wil net vandag vir almal dankie sê wat aan my gedink het, vir my gebid het en duime en tone vas gehou het... Die twee hoofvakke se punte is uit!! Dit het regtig goed gegaan, en ek is sooo dankbaar.

Vlaktekind ry nou na sy ma toe, haar tweelingsus is vanoggend oorlede. Die tannie het lankal Parkinsons se siekte. Ons is verlig, want haar toestand was veral die laaste ruk nie goed nie. Kon naderhand nie meer sluk nie.

Kieter, ek is so bly jy het ook 'n blaaskansie gehad, mens het dit net nodig as dit so wild gaan met al die eise van die lewe en kinders..

Ek stem saam; miskien moet ons gou weer so maak en saam koffie drink - net jammer dat Vlaktekind al weer Sondag vertrek!

Kaaskop said...

Kiets, dit klink of julle 'n heerlike naweek gehad het, en nog goed geslaap ook! - Vroulief, ek is so bly dit het goed gegaan met die eksamens en dat jy en Vlakkies so lekker kuier. Net jammer Vlakkies se kuiertjie het nou ook 'n verdrietige kant. Sterkte. - Spikkels, dalk help hierdie informasie in jou soektog vir die musiek; Villa Rides is 'n Western fliek uit 1968 met Yul Brunner, Robert Mitchum en Charles Bronson. Die oorspronklike temamusiek is van Maurice Jarre. Dit is seker moontlik dat die orkes van Mantovani dit ook gespeel het. - Robyn en Jeweel, vandag het ek 'n e-mail van Bernice gekry en sy sê sy en haar mamma het dit Saterdag baie geniet. Dankie aan almal dat julle Bernice en Mariaan so welkom laat voel. En Bernice het Mac se stories natuurlik baie waardeer. - Dis nog lente in Laag-Kaasland en vandag het soos Durban gelyk, warm en bedompig. Die dae wat kom gaan ietsie minder wees maar ek is seker die son sal weer skyn, en vir julle ook. - Robyntjie, jy het gesê daar is fodies op bakkiesboek, ek soek en soek maar kannie kry nie. Help!

Unknown said...

ek sê gister virri anner i-muil pelle - dis snaax om weer Pa pa te wees .. 30 jarige laaitie vi my vra: "Sal Pa my broodjie sny" "Sny bikki my vleisie asamblief" "Plak my pleisters ...." en so aan. Voel skoon soos toe hy nog 2 - 3 was..
Aggeneeeeeeeee - nou wil di eding eers weer he ek moet 'username & pasword'
Ek gan nie - ek is besig met waterblommetjiebredie - so, nou weet julle - Hirri anonim mouse is sommer net ou mac.... d-mitt, hy wyjir ommit te stierrr. Toe moes ik e4ers gaan "login" Slimmasjien is my een voor...
(ek gee sommer vir Djoelz die skuld ... :-) ]

Robyn said...

Koewieeeee...hier is ekke....wat n' dag!!!!...Maar ek is n' dapper muis...en daar is niks waarvoor ek skrik nie!!!!...☺☺☺...sal ek nou dat n' besige stresvolle dag my onderkry...aikona...ek is vol Bonsie Bons....Vroulief...so baie geluk...ai,ek is erg trots op jou...Kiets,jy beskryf Verlorenkloof so mooi...my tone krul skoon....wys bietjie fodies op bakkiesboek....net bly julle kon dit so geniet en uitrus...Spikkels....Spook bring daardie pannekoek masjien...laat ons pad vat na Spikkels....dit reen!!!!!en ek is lus vir pannekoek....Uncle,praat as ons kan help met iets....al moet ons vleisies sny ☺☺☺....ai,tog....ek kan nou net sien hoe gaan dit tans in Uncle se huishouding....pyn en lyding....en Dwergie is verder as ver...Kasie....ai....ek dink ek gaan n' vliegkaartjie kry...en daardie heerlike weer kom beleef....Kasie...ek weet nie...Spook het die fodies opgesit...ek sal moet uitvind...ek dink hy moet jou eers nooi om sy mater te wees...dan kan jy die fodies sien.....Jy moet eers by die voordeur klop.....toestemming kry om in te kom...en dan kan jy die fodies sien...hahaha...sjoe...dit klink na n' "mission".....Nou ja,ek moet seker nou maar nag sê en in die kooi gaan spring...my ogies hang soos n' moeg hond se stert....Lekker slapies my maters....snoesig wees....xxxx

Kaaskop said...

Dankie Robyntjie, maar dit was nie nodig om aan Spook se deur te klop nie. Hy het my klaar genooi, en toe ek daar kom staan die deur waewyd oop. Ek gaan nou die fotos kyk.

spikkels said...

Het dit gekry! Dis toe allie tyd op 'n kaset (soos in 'n tape) wat onder in 'n laai gelê het. KANT A - KLASSIEK, KANT B - VERSKEIE KUNSTENAARS... en liedjie drie aan KANT A is toe Villa Rides! (Moes eers na Beethoven se Onvoltooide Simfonie en nog 'n lang stuk klassieke iets luister, want die Fast Forward-knoppie werk nie meer nie, net die Rewind ene werk nog) Die kasetspeler wat ons het se luidsprekers is nie meer watwonders nie, en daar gaan sit ek en pa in die kar, maak die deure toe, sit daai radio so hard dat hoor en sien vergaan terwyl ons na die Western luister! Mensig, dis darem mooi. En kliek-kliek-ding-dong (Kalahari.net) verkoop die goeters, op CD's, die moderne manier van luister :-) Ek is sommer bly dat ons dit gekry het... Lekker slaap almal!

Spook said...

Naandse almal..kyk ek begin sommer baie tuis voel hier tussen al die gawe mense.
dankie vir al julle geselse. Kasie gaan loer by bakkiesboek..ek glo jy sal nou regkom vir die fotos.
Jewls jy sal moet help met daai adressie van Kiets dan kyk ek of ek iets kan deurkry...anders moet die kinders kom help met die slimmasjien...
Spikkels ek glo Kasie het jou reggesien met daai musiek...dis darem lekker om jou musiek so te ken.
Vroulief en Vlaktekind geniet die kuier baie saam en rek daai dae sommer ekstra uit. my groot mater vertrek vrydag Angola toe vir n jaar en dan raak ek sommer 2 pleegsorg kindertjies ryker..te lekker..gelukkig kan ek vir hul ma roep as die rondry en asem vir die speel te min word. Robyn jy moet kom help met die besig hou en speel jong...dis mos net reg vir die groot 5 storie en dan kan die kleinkinders mos maar kom.
Oom Mac baie sterkte daar en asb se net as daar hulp nodig is. Ek is sterk besig met die planne vir einde Augustus.
Kiets ek stem saam...n kuier moet beplan word vir Juliemaand..tot my vroukielief (spokie soos jewls haar noem) stem vir so iets. Sy is in Johannesburg tot Vrydag so ek en die seuns neem die huis net so liggies oor. Pa kla mos nie oor die musiek nie en swaai tussendeur nog saam heup ook.
Lekker slaap almal en mooi bly.

Unknown said...

ek willie so dom klink as wattik rerreg is'ie - maar WAAR is die kiekies van Saatrag se oor-e-weer en toe weer? anders - i-muil dit vi my .. ek ook sien wat jelle gesien het.
Ek dink ons moet spook se SWAMBO anner naam gee - kan net een spook op 'n plaas bly - twee?? aikonna. Gaan ons los dat sy self naam soek - of gaan sy "moet vat wat sy kry"
Grootspook - is jou seun nou hjeelemal oor oor die ding van annerdag? wat seg de doktrre se tutze? oj - en jy moet lekker Oom-Oupa speel.
Ek ry tog môre trein .. KAAP Toe

Kiets said...

Gits Spook - ek gaan jou nou op bakkiesboek soek hoor! Ek wil ok sien hoe lyk jy! En 'n kuier, ja, goeie idee. Baie goeie idee! Ai Vroulief, ek weet mos ons kan trots wees op jou - baie geluk. En geniet jou laaste oomblikke se kuier. Ai almal - ek moet weer hol.

Kiets said...

So ek het Spook opgespoor, lekker fotos gekyk en ja, fotos van Verlorenkloof opgesit - gaan kyk graag maters. Ai dis mooi wêreld daai tuiswêreld van Jewls en my tante - sy het daar groot geword en Verlorenkloof was haar twee ooms se plase. Lekker aand almal!

karoolsie said...

ek is karoolsie en het spook se vriend en is nou ook op die blog

Spook said...

Oom Mac ek gaan die ingilsman vra of sy haar eie naam wil gee anders moet sy mos vat wat sy kry. Geniet die treinryery Kaap toe en ry baie veilig terug. Het vandag met die Tannie by die bloedtoets plek gesels en volgens haar lyk die toetse goed. Ek sal nou afspraak by die dokter maak net om te hoor wat die hele storie is. Hy is weer sy ouself en dit gaan baie goed...baie dankie. Speurder Kiets jy het my gekry..dankie vir jou foto's van Verlorenkloof...nee kyk vir so n mooi plek mag jy maar net hierdie eenkeer die party en bymekaarkom mis. Mooi bly almal en Vroulief baie geluk met die goeie nuus.....nou is al die harde werk darem lekker ne??

Robyn said...

Koewieeeee....waar is al die mense...genade ek is seker almal kyk na die naels kou krieket....Karoolsie!!!!!...sjoe...uiteindelik....baie welkom op Lekkerkry plaas...sit maak jou tuis voor die kaggel....Wagter wag....hou op knor...dis n' nuwe gas...en hier staan en gedra jy jou soos n' straat brak....Karoolsie....kan ek vir jou heerlike warm moerige koffietjies bring....en n' groot stuk koek....ja,daar is nog verjaardag koek oor....Die res sal seker nou hier aangesleep kom...die krieket is verby...ons verloor!!!!...jiggg....kom maters...laat ons maar gesellig voor die kaggel sit...Uncle,ai....treinry Kaap toe....laat my dink aan so hele paar jaar gelede....ons kuier in die Kaap...het daar gekom per geleentheid...en moet terug na Petoorsdorp met die trein....net genoeg geld vir n' "Coupe"...daar word padkos gepak...en on sklim die trein....melktrein...stop by elke klein stasietjie....so by die derde,vierde stasie het ons geen meer kossies...die klein bruin kindertjies met hul bakhandjies was net te veel vir my klein hartjie....nodeloos om te sê...vir die res van die rit was ons kosloos...en dikbek...want dit was my skuld....ek onthou ook....soos jy ry..wil jy mos nou uitkyk by die venster...die lokomotiewe wissel kort-kort af...elektries...diesel... stoom...en as die stoom ene die spore vat...en jy steek jou kop uit...is jou gevreetjie pikswart van die roet...en ogies brand erg-erg....want ons kompartement was neffens die lokomotief....Uncle...het jy iemand wat jou gaan neem stasie toe....praat net.....geniet elke oomblik....Nou ja,ek het nou my plig gedoen teenoor ons nuwe vriend....my ogies hang nou halfmas....en ek moet reg wees vir môre se teistering....Lekker slapies maters...snoesig warm wees...wees lief vir mekaar...en onthou...sien die mooi om julle....dis verniet!!!!..xxxx

Spook said...

Karoolsie...welkom hier..en moet nou nie skaam wees..een van die dae is jy ver weg en dan wil ons weet wat om jou aangaan. ek het al geleer..hier gesels ons en die mense is so vriendelik hier, jy sal nie maklik alleen voel nie.

Unknown said...

he he he, hie-hie-hie Rooikop .. jy laat my nou vêr dink - annerkjeer, laank trug, Magoed h't gelewe, toe werk sy op Fraserburg en ons trein sountoe m't een vakansie. Maar jy klim annerdorp af (ik DINK dit was Victoria Wes)en da vat jy die bus oor Loxton Fraserburg toe. Iewers inni nag - mens is te vol adrenalien van al die avontuur en kannie slaap'ie, vra Magoed "hoe vinnig dink jy hardloop hirri treinsekjent nou"? Weet ik nie van beter nie en hang ook my kop verrrr uit byrie venster. Daai selle tyd skud die antie 3 kompartemente vorentoe haar babikjie se losmaagdoek by die venster uit - in my bakkies. Toe sê ik maar net "Magoed, hy loop lat hy skjeit"
Ik kjyk nie weer by 'n treinvenster uit nie - behalwe as ik in die heel voorste kompartement of koepee is.
Spook, as jy klaar g'lag 't, jou oë droo gevee het - loop sê groetnis vir jou blondt en die seunskjent. En moenie sleg voel nie - ek het ook al 'n bloedtoets gedruip. Vroulief, GELUK mens. Wys jou net - ik was daai tyd al reg - slimkop soos jy kan net bo-oor. Karools, welkom hier - sê vir Omie, kan jy melk?? Bontlies het nou al drie dae so 'n taijjj uier. En my vingers is te stram inni môres nou meddi koelte sam. Wil jy nie more vroe so 4-ier vir haar loop uitmelk nie? Oompie is bang vir mastitis daar. Los maar die emmermelk oppi groen tafel oppi stoep - sit tog net die melkdoek bo-oor. Virri vlië. Oompie sal self kom karring, as die room mooi bo-op loop lê het. Noutoe julle spullikjie, ik nou eers weer klaar vir twee maande. Mooiloop

Kiets said...

Oompie, nou wat groet ju nou? Oppad Laag-hos land toe? Ons gaan jou so mis man. Welkom Karoolsie - het almal jou toe nou ontmoet in die regte lewe Saterdag? Gaan jy daar na die Afgane toe? Wat ookal, as amptelike bestuurder van hierrie plaas (mind you - ek is self aangestel) wil ek jou net formeel welkom heet. Spook het die welkom heetery gemis wasnt ek was so besig daai tyd - so welkom ok.

Ek het nou lekker fotos van SPook vir Julie se blokkie, maar nou soek ek 'n lekker verslaggie van die dag - toe, wie steek hande op? Een van die verjaarsdag girls - of wat van albie? Toe-toe- ek het dit hier teen die 25ste nodig!

Lekker dag vir almal - ek het een man met dik kliere en hoë koors en 'n ander met spikkels op die maag. Ai, ai...

groeni said...

lo da almal. dis fn koud, ma ons nk ma voort.. voor ek vergeet - baie gelukkige vadersdag aan alle pappas vi sondag. - hoop jul word lekka bderf. ok, eks wee weg..

Vroulief said...

Hallo Maters... ek is uiteindelik klaar met eksamens. Vanoggend die laaste vraestel geskryf... Mar dis 'n storie vir daai lekker kuier..

Dankie vir al die goeie wense na die uitslae.. Ek moet sê, ek is nogal regtig verlig.

Karoolsie, Spook is reg, hier gaan dit jolig en almal is vriendelik met almal. Jy is baie welkom en ek hoop jy geniet die kuiers so baie soos ons ander.

Jeweeltjie, wat is jy so stil jong?

Kieter, hoop regtig nie daar is allerhande ellende by jou mannetjies nie!

Ek het lus om te gaan fliek - is mos nou los-hotnot.. Oeps, is dit rassisties..?

Jewls said...

Vroulief, ek sit in die boom want ek is gewip oor Uncle Mac my die skuld gegee het vir iets wat ekke nie gedoen het nie. Het jy gesien? Sê asb. vir Karools ek sê baie welkom hier en dat ek weer sal saam gesels as Uncle Mac my persoonlik omverskoning gevra het en 'n Rolo gegee het, al vat dit nou twee maande!!! ;-)) xxxxx

karoolsie said...

lekker vrydagmiddag....ek het my visa gekry en vlieg Sondag Angola toe..

Spook said...

Nou ja more pak ons daai Leeus en dit met die koningprotea op die linkerbors...dis n droe sluk daai.
Kiets gaan loer na Kasie se dogter se foto's wat sy gedokter het...sjoe sy is omtrent goed met die foto's. Sal iemand dit vir Oom Mac kan vonkpos..ek verstaan nog nie mooi van dit kleiner maak en sulke dinge nie. Karools kan melk Oom Mac ek ken hom..hy kan enige iets doen met sy hande. Hy het tot die sokkermense se sateliete gebou sodat die hele wereld nou die sokker kan loer. Blondt klink sommer reg vir my oom Mac al is dit bottel s'n...hoe koes ek nou..
Robyn praat mooi met jou partner asb. Sy kan nie in die koue so onder die boom bly nie. Jewls kom gesels so bietjie...of roep hard van onder die boom af. Naand Groeni..ken jou nog nie so goed nie maar een ding verstaan ek nou baie goed...dis vreeslik koud by jou!! Robyn sal maar n koffie moet reel daai kant toe.
Blondt het vmiddag terug gekom van Johannesburg af...smile breed oor die nuwe aanstelling..in haar taal is dit seker iets soos om tot n ridder geslaan te word...met n badge en al.

Vroulief is jou Vlaktekind al klaar weer weg??

Lekker aand almal en ondersteun maar die protea Bokke..hou net die hand op die regterbors met die singery asb.....

Vroulief said...

Vroulief is so sooo moeg!! Ek dink ek raak heeltemal te oud vir hierdie leer-ding. Om kwart oor vir in die oggend wakker te word omdat ek later eksamen skryf is nou vir my bietjie erg...

Spook, Vlaktekind gaan Sondag AL weg. Ek het nie lus daarvoor nie, veral omdat ek 3 dae van sy kuier met die neus in die boeke gesit het vir vandag se vraestel...

Nou gee ek nie eers 'n snars om vir die protea-bokke nie, sukkel net om die kop regop te hou vir bed-tyd... As ek nou al gaan slaap is ek more weer 4 uur wakker, en daarvoor sien ek glad nie kans nie!!

Hoop nie die protea-bokke stel julle teleur nie.. Ek sal soos gewoonlik NIE kyk nie.

Ek hou van Rooi-Robyntjie se wens vir almal: Wees lief vir mekaar, en wees warm...

Robyn said...

Nou ja,laat ek ook nou hier voor die kaggel my sit kom kry...ai,dankie vir die van julle wat hout aangedra het, en die vuur so mooi aan die gang hou....n' Boplasie sal nou vorentoe smaak....laat ek net die gespiertes so effe los kry....Nou ja,laat ek sien...mmmmm...Jewlsie....Jewlsie....mater...kom nou...Uncle het net geterg...dis nou presies wat hy wou hê jy moes doen...jou wip!!!...sodat hy jou weer kan terg daaroor...kom nou uit die boom...jy gaan koue optel met die gesittery,dis klappertand koud...kom nou...Ek het lekker Port...en soutkoekies met Philidephia kaas en chillisous....jy sal daarvan hou...toe seblief....mmmmm...ek sien sommer hoe glinster daardie ogies...pure lus vir daardie soutigheidjie....Karoolsie....jy beter behoorlik verslag doen van vêr land....jy is ons ogies...en deur jou gaan ons ook op reis....en sien die mooi van ander vreemde plekke...Uncle....jy is seker al oppad....veilig wees....nie uitkyk by die venster!!!!☺☺☺ Spook,verstaan ek nou reg....jy het nou n' naam vir jou Spokie....Blondt....welkom dan ook aan nog n' nuweling....Blondt....hoop jy gaan ons vermaak met jou spesiale skrywe....soos net jy kan...al doen jy dit in Ingels...dit sal nog steeds spesiaal wees..leef jou uit in die taal wat vir jou gemaklik is....waarin jy kan skep,en betower....baie geluk ook met jou aanstelling...net soos Spook, is ons baie trots op jou. Vroulief....weet sommer dat jou laaste vraestel net so puik sal wees, as al die voriges...Geniet elke oomblik van die naweek,voor Vlakkies pad vat ...Vlakkies...wanneer kry ons weer n storietjie....mis dit!!!!Groenie....soos Spook sê...kry jouself in Bloues....kom drink koffie...aan ons kant van die berg...so effe warmer ☺☺☺...Ai,die Protea Bokkies moet nou net nie soos die krieket ons op die drumpel van amper wen los...so amper..maar so onmoontlik....kan nie nog n' naels kou spannings wedstryd hanteer...Nou ja,môre oggend vroeg, is dit in die veld ..op in die berg... met my ToyBaba...net weer die veld ruik en beleef....en dan wildspotjie en Bokke-Protea rugby....en my stem rou skreeu....Lekker slapies my maters....dis die einde van die week...die begin van n' heerlike naweek...rus en vrede....LEEF EN BELEEF....Laat daardie warmte van jou, deur iemand vloei...xxxx

Jewls said...

Bokkeeeeee!!!! Oi, dit was ampertjies nie stampertjies nie!!

My senuwees!! Vroulief, ek kan nie verstaan hoekom jy nie rugby kyk nie. Dis dan so opwindend om te kyk hoe die mans op die punte van hulle banke sit en goedjies skree vir die skeidsregter of spelers wat jy nooit gedink het uit hulle dierbare bêkkies uit sou kom nie. Mooiste van alles is altyd vir my as hulle so opspring en snaakse passies maak wat jy ook nog nooit gesien het nie!! ;-))

Spook, ek hoop jy braai ribbetjie vanaand om Spokie se prestasie te high-5! Nog voor jy gevra het, het ek vir Uncle Mac daai foto's gewys en ook joune. Ek's mos mal oor hom!! Dis hoekom ek hoog in die boom se takke gaan sit en wegkruip het want ek het gewag dat iemand vir my pienk melkies bring en vir my kom troos dat hy darem nie regtig vir 2 maande weg gaan wees nie!! Verstaan jy nou?

Rooikoppie, daai soutbeskuitjies en philidelphia-kaas... Vriendin, vyf soene vir jou!!

Spook said...

Ai en daai water het net genoeg gehou voor die protea verwelk het. Volgende naweek sal dit nog beter gaan..ek is oortuig. Dankie Protea-Bokke!!!!!!

Robyn,Blondt/spokie het gou gewerk vanoggend en ons het toe vanaand na die rugby gou gebraai. Die jong manne wou niks van potjie weet nie.
Dankie Jewls ek sal daai high 5 ding doen. Sy moet nou vir n week kosmaak in die aand want die ingilse het verloor. Ek sal nou met voete op, die 7de laan en Egoli ding doen in die aand.

Jewls ek verstaan nou beter..ek wou wou net vir oom Mac aanspreek oor die ongelukkigheid. Ek sal hom persoonlik oppas met die volgende uitreik Richtersveld en Namakwaland toe. Ek is baie opgewonde oor die geleentheid en om by oom Mac te leer. n Kuier sal gereel word voor ons vertrek...almal moet daar wees en die toegangsgeld is n t hempie of 2 om saam te neem. Jewls ons skakel daai ingatgeit sommer so uit.

Vroulief ek hoop dit het goed gegaan en dat jy net nou kan rus. Baie groete vir jou Vlaktekind.

Robyntjie het daai Toybaba die bokant van die berg darem gehaal vandag? Ek dink so maar weet nie of Oom Mac jou sal glo.

Ek dink 15 Aug. speel die Wiepie teen die Bulle op Loftus...Wie gaan saam?? Ons sal n blok bespreek vir die blog!!!

Lekker aand vir almal en luister na Robyn...gee sommer baie om vir mekaar!!!

Vroulief said...

Die laaste vraestel was maar soos elkeen voor hierdie een 'n riller - maar nou vergeet ons hom eers!!

Jeweeltjie, dis juis daai goedjies wat die manne so skrou wat my so ver lat weghol. Ek en Kammie het so lekker gekuier, en geskater vir verbeelding-prentjies. Dit was die ding wat eintlik vir my goed was. Ek voel in elk geval vandag soos 'n uitgesuigte lemoen! Dus het ek nie krag gehad vir daai (rugby) stresse ook nog nie.

Almal wat vleisies gebraai het en sommer lekker gekuier het, hoop die nabyheid van geliefdes bly vir almal kosbaar.

Middelkind werk nog steeds baie hard, maar so geleidelik sluit sy semester ook af..

Kieter, ek hoop regtig dat als wel is met jou klein mannetjies.

Nou gou die laaste paar goedjies doen voor slapenstyd en Vlaktekind se vertrek...

Lekker slaap almal!!

Jewls said...

So 'n bek moet jam kry!!! Spook, maak daai blokbespreking. Dis hoog tyd dat ons klomp saam rugby gaan kyk - ek dink dis 'n wonderlike idee!!!

Ta-ta Vlakkies, veilig reis... Ek hoop daar gaan 'n dag kom dat ons jou ook kan ontmoet!! Vroulief, is jy okey? Vandag sal seker nie vir jou 'n lekker dag wees nie, maar weet dat ek aan jou dink en bly is dat dit 'n pragtige sonskyndag hier in Pretoria is!! Ek hoop dit vat die winter- en afskeidsblues 'n bietjie weg...

Karools, sterkte ook met jou weggaan. Mag jou reis veilig en voorspoedig wees en mag jy maklik aanpas daar in die vreemde!! Dit was vir my 'n voorreg om jou te kon ontmoet!!

Word julle vaders vandag lekker bederf? Ek hoop so want julle is almal so spesiaal!! Liefde, Jewls. xxxxx

Robyn said...

Jipeeeeee....vir die Bokke...sjoe...ek het ook op punt van die stoel gesit.....ennnnn...naels kou.....ai...die manne kan darem vir mens n' adrenaline rush gee!!!!!....Spook.....kom ek vertel nou vir jou...My ToyBaba was die die oudste in die groep....sy het haar spiertjies verrek...n' ligment of so, amper geskeur....maar...en ja Uncle jy kan dit glo as jy wil...sy het die jonges stof in die oë geskop....elke liewe keer....hier teen die einde het ek afgebuk en haar n' sopnat soentjie gegee op haar snoet....en ek was erg trots op my ToyBaba....Spook ,die rugby op Loftus is reg...jy weet ek is altyd reg vir n' lekker skreeu en Loftus is net die plek....maters ...ons moet regtig n' blog poging aanwend...dit sal heeeeerlik wees!!!!!.....Karoolsie...Vlaktekind....en vandag vat julle pad vêr land toe....sterkte vir julle twee..en Karoolsie..jy beter kontak hou met ons agtergeblewendes...ons wil verslae kry van al jou ervaringe....en Vlakkies...ons soek n' lekker storie....jy skeep ons nou lank genoeg af.....sjoe...ek wonder hoe het dit gegaan met Uncle en die treinreis....gelukkig dra die babas nou Kimbies en dis weggooibaar☺☺☺....Jewlsie...en daar vergeet ek die pienk melkies....ai...tog!!!!....Nou gaan ek en die kinders die pappa dag ding doen....en net heerlik ontspan buite in die tuin onder die boom....en bederfies uitdeel...dis gelukkig n' sonnige daggie...aan al die pappas....hoop jul geniet hierdie spesiale daggie...julle is die anker van die kind se lewe....hulle kyk op na die vader figuur wat jy daar stel....dankie dat julle so spesiaal is in ons almal se lewens....en altyd bereid is om daardie ekstra myl te loop vir jou kind....Nou ja...laat ek my moederlike plig gaan volstaan....geniet die daggie maters....Gee warmte en liefde aan mekaar....xxxxx

Spook said...

Net gou n regstelling. Jammer my inligting was verkeerd. Die TV se daai wedstryd op loftus is die 18de Julie. Ons sal reel en dan kuier ons voor die wedstryd en dan ruk ons in n bondel op na ons sitplekke toe.

Robyn ek kan sien hoe pronk jy..mooi man.

Vlaktekind en Karools...alles van die beste en mooi bly. Ons sal moed inpraat van die kant af.

Vroulief said...

Vlaktekind het toe sy vlerkies geklap... Ek is nou weer alleen!!

Spook said...

Sterkte Vroulief en Karools het kla geland in Angola. Lekker week vir almal.

Jewls said...

Die langste nag van hierdie winter is verby!! Nou stap ons aan lente toe. Jippieeeeeeee!!!

Kaaskop said...

Die kortste nag van hierdie somer is verby!! Nou stap ons aan........ag nee!

Vroulief said...

Naandsê almal
Ek het verlede nag - tydens die langste nag van die jaar so lank in die bed rond gerol... Kon net nie tot rus kom nie. Die bed is so groot en so stil noudat Vlaktekind nie langs my balke saag nie.. Dis darem nie lekker nie!

Kasie, ek is vir jou so jammer oor die aanstap van die jaar, maar ai, ek sien uit na die lente.. en die somer.. Ek dink steeds ek moes 'n beer gewees het..

Vlaktekind is veilig in annerland..

Lekker slaap almal

Robyn said...

Vanmiddag ry ek huis toe....en so met die son wat sak in die Weste...verskyn daar die mooiste pienk wolkies...en vir n' oomblik,voel dit of ek self op daardie pienk wolkies sweef.....Wonderlik wat se gewaarwordinge mens kan kry ,by die aanskouing van iets so perfek mooi....En so sluit ek my dag af,met die mooiste mooi herhinderinge.....xxxxx

Rooikappie said...

hellooooo daar julle oulike mense!

Daai PRAGTIGE FOTO van die slimste Boerboelvroutjie het my oog gevang! hehe
Dat selfs ons diere dames weet HOE dit werk! EK hou ok nie van koud SIT nie......hehe

Ek ken net vir Spook hier......maar HY het my van julle vertel en toe MOES ek net kom hallo se :-)

Kiets said...

Hallo Rooikappie - bly om jou te sien. Is jy nou Blondt of nie? Sien ek was eers erg verwar want my ou speelnaampie vir die Rooikoppie is Rooikappie, so ja, verward! In elk geval, welkom hier!

Ai mense, ja, siek kindertjies, wat meer. Lekker dag vir almal!

Spook said...

Dis pouse by die rugby...nou kan ek gou uitkom stoep toe...ook net vir vanaand nog met die koue wat kom...kyk net die ysreen in die Kaap.

Robyn duidelik is jy beindruk met die pienkwolkies en n duidelike indruk is gelaat. Wel as mens n wonderlike dag gehad het sien n mens sulke dinge raak.

Kiets Blondt is nou my vroulief...soos oom Mac ha gedoop het. Jewls se sommer spokie omdat sy heelwat kleiner as ek is. Rooi kappie is pelle van my..sy het n vreeslike rooikop met eksta rooi strepe ok nog. Vreeslik kwaai blykbaar....ons Rooikappie wat ons ken is weer Robyntjie wat ok n rooikoppie is...so aan die einde van die storie sit ons met 2rooikoppies wat rooikappies is.....EISH..nou is ek ook deurmekaar. Altwee is my maaikies...altwee wonderlike mense..en altwee kan kwaad wees. Tipies Rooikoppies!!!

Kiets sterkte met die siek kleintjies..gee sommer baie liefde en ekstra tjoklits.

rugby gaan begin...ons bokkies is net so biekie agter en hulle bok sit op die regte plek op die trui.

Spook said...

Mooi man en daar doen ons jong Bokkies dit. Kyk daai koue in die Kaap is nou helemal verdryf. Blondt moet nou 2 weke kos maak....ek vat af!!!!

Vroulief said...

Naandsê Almal. Ek het sowaar so 'n stukkie van die rugby gesien. Middelkind het hier op en af gespring en geraas... Kon nie anders nie, moes net kyk.

Vlaktekind was hoog gefrustreerd, hulle dekodeerder het gebreek terwyl hy hier by my was... Hy dink nog hy kan die rugby kyk, toe is daar net Chinese en Arabiese en ander onverstaanbare programme. Middelkind het hom toe darem op hoogte gehou..

en nee, ek is nog nie entosiasties oor rugby nie.

Skaam jou Spook, jou arme vrou werk heeldag hard - en dit klink my so al asof dit nogal met ander mense se nukke en grille is, rugby is net rugby - dis 'n speletjie!

Kieter, gaan dit darem al beter met daai mannetjies van jou?

Robyn said...

Bokke!!!!!!!!!.....my naels is stomp gekou!!!!!maar ten minste het ons dit gemaak!!!!...dankie vir Willem de Waal!!!....Rooikappie....sjoe...heerlik om jou op die stoep raak te loop....hoe sê hulle altyd...hoe meer siele...hoe meer vreugde...baie welkom op ons plaas...jy sal sommer gou agter kom dat ons n' jolige klompie is....maak jou tuis...gryp sommer daardie sagte kussing en sit voor die kaggel...ek gooi gou vir ons moerige koffietjies in....die ander klompie doen seker nog danspassies van vreugde oor die Bokke se oorwinning....ennnn ek het heerlike sappige koeksistertjies.....yskoud...en stroperig.....Nou ja,nou moet ek jou net vertel...jy salelke dag moet inloer.....al sê jy net hallo....en totsiens.....en jy sal moet hoenders kos gee....en die melk help afroom.....Nou ja,ek hoop jy voel op jou gemak....en tuis....Spook....ek is dan so saggeaard en rustig....WAAR kan ek nou kwaad word ☺☺☺.....Kiets....ai,sterkte met die jongspan....en dan sien ek daar kom nog erge koue....Genade...ek klets weer die arme donkie se agterbene af.....Snoesig slapies my maters....wees warm....en onthou die GLIMLAG....dit kos niks....xxxx

Spook said...

Vroulief...dit is net n gespot..ek sorg goed vir Blondt. Kook elke aand vir haar....al nege jare lank. Dit is eintlik my bedryf..kosmaak en daai dinge. Ai dit moet frustrerend wees as n mens wag vir rugby en daar is niks. Jy moet maar al die wedstryde vir Vlaktekind opneem en aanstuur.

Robyn..ek trek my woorde terug..jy is baie saggeaard...hoe kan n nommer 3 dan nou gate trap????
Nuwe Rooikappie jy sal nou jou kant moet bring...jy het werkies gekry om te doen.
lekker aand almal en onthou vriendskap jaag die koue weg!!

Kaaskop said...

Karools, Blondt en Rooikappie, welkom op die plaas. Ek is die enigste een van die klomp wat nie koud kry nie want ek bly mos nie in Afrika nie. - Ek hoop dit gaan goed met Vlakkies in Sandland, Mac in die Kaap en Karools in Angola. Ons klomp travel nè? - Vroulief sterkte nou jy weer die enigste kaptein op die skip is en Kiets ek hoop die siektetjies van die kleintjies is weer gou geskiedenis. - Robyntjie, toe dink ek jy het jou ou bynaampie weer aangeneem en toe is dit sommer nog 'n rooikop wat die spannetjie sterker maak. Dankie dat jy die nuwe pelle so mooi ontvang want ek is te ver weg, en te lui, want dit is so lekker warm!

Kiets said...

More more almal! Brrrr - dis al wat ek sê! En daar moes arme Zouga gisteraand in ide middernagtelike ure in die plafon rond kruip en geysers se water afdraai en droog maak en so. En uit buitentoe om die water af te draai by die straat. Ai tog! Gelukkig net 'n water toevoer lek en nie 'n geyser wat daarmee heen is nie!

En deur als slaap die kindertjies wat gewoonlik sukkel om te slaap. So as dit nou nie vir Meneer Murphy en die geyser was nie het ons dalk baie goed geslaap.

Lekker dag almal!

Robyn said...

Ai,Kiets....Mr Murphy wil nou eenmaal nie vir julle uitlos.....en dit nou nog in die ysige koue.....Kasie...jy vryf nou jou warm wer lekker onder ons neuse....maar geniet dit.....ek gun jou dit.....Nou ja,ek wou ook maar net ogies wys...gaan maar bietjie dol.....xxxx

Jewls said...

Vlakkies is vonkloos, Smousie is telkomloos, Katjie is slaaploos, Vroulief soms moedeloos en lyk my Spikkeltjies is weer rigtingloos... Ai toggie, ek dink aan julle!!

Ek sit netnou en wonder wie na Uncle Mac se seunskind omsien as hy daar in die Kaap rondflenter waar die deinings 6 meter hoog is en die voëltjies naar word in hulle nessies soos die bome rondgewaai word... ;-))

Robyn, Kasie, Rooikappie en Spook - ek's bly dit gaan so goed met julle!! Ek moet ook net deesdae keer of die smile gaan reg rondom my gesig!!! ;-))

Anonymous said...

Ek weet nie hoekom ek soms moedeloos is nie, nou is ek net vodde-op-moeg! Kry nog nie die eksamen uit die lyf nie... Kry nie uitgerus nie!

Spook-jong, ek het regtig-egtig net geterg jong!! Moenie so skuldig klink oor ek jou terg oor jou vroutjie-ding 'n slag moet kosmaak nie! Op ons plaas word baie goed net tong-in-die-kies gesê.

Jaaa, ek verlang na my Vlaktekind, en ek het nie meer lus dat hy so ver werk nie.. en as dit so bibber-koud is, is ek nog minder lus daarvoor.

Koester julle geliefdes, en lekker slaap almal

Vroulief said...

Ag 'skies tog mense - dat ek nou skierlik ook Anonimoes is... Wys net hoe ver my go uit is... Nou gan ek mar bad-'n-slaap!! Miskien gaan dit more beter.

Lekker slaap almal

Jewls said...

Dankie Anonymous, dis nou wraggies goeie raad. Ek gaan dadelik agter my klein dierbaarstetjie se lyfie inkruip en my koue hande warm maak op haar ruggie!!!!

Robyn said...

Vroulief....nee kom -kom.....waar's daardie alomteenwoordige glimlaggie van jou....toemaar ek wed jy gaan môre sommer stukke beter voel...die koue het maar sy manier om mens so effe misrabel te laat....ek moet ook maar waak teen daardie ongedierte....maar ek het jare terug baie goeie raad gekry...sorg dat jy soveel as moontlik in die sonnetjie kom in die winter....ek belowe...dit werk.....Vlakkies,Smousie,Kiets en Spikkeltjies....dink aan julle.....Maters...julle moet nou onthou en n' aantekening maak van die 18de Julie....Spook,het mos genoem van Loftus...die WP teen die BULLE...kom ons kyk hoeveel van ons kan die dag daar saam deurbring...ons maak n' lekker kuier daarvan...vroeg-vroeg trek ons al saam by Seuns Hoerskool...se sportvelde...sit daar en kuier en braai...en stap dan oor na Loftus vir die wedstryd....dit gaan heerlik wees...want daar is mos kompetisie vir die Bulle aanhangers....so ons gaan n' gemengde klompie wees....en mekaar se siele uittrek....kom ons maak dit nou n' reuse blog poging....maar bring sommer ander pelle ook saam,....Nou beter ek onder my donsie kom...ek verkluim....Lekker snoesig wees maters.....laat ons omgee en liefde, mekaar se hartjies warm hou deur die winter....xxxx

Robyn said...

Vroulief....nee kom -kom.....waar's daardie alomteenwoordige glimlaggie van jou....toemaar ek wed jy gaan môre sommer stukke beter voel...die koue het maar sy manier om mens so effe misrabel te laat....ek moet ook maar waak teen daardie ongedierte....maar ek het jare terug baie goeie raad gekry...sorg dat jy soveel as moontlik in die sonnetjie kom in die winter....ek belowe...dit werk.....Vlakkies,Smousie,Kiets en Spikkeltjies....dink aan julle.....Maters...julle moet nou onthou en n' aantekening maak van die 18de Julie....Spook,het mos genoem van Loftus...die WP teen die BULLE...kom ons kyk hoeveel van ons kan die dag daar saam deurbring...ons maak n' lekker kuier daarvan...vroeg-vroeg trek ons al saam by Seuns Hoerskool...se sportvelde...sit daar en kuier en braai...en stap dan oor na Loftus vir die wedstryd....dit gaan heerlik wees...want daar is mos kompetisie vir die Bulle aanhangers....so ons gaan n' gemengde klompie wees....en mekaar se siele uittrek....kom ons maak dit nou n' reuse blog poging....maar bring sommer ander pelle ook saam,....Nou beter ek onder my donsie kom...ek verkluim....Lekker snoesig wees maters.....laat ons omgee en liefde, mekaar se hartjies warm hou deur die winter....xxxx

Robyn said...

Nou verstaan ek nie waarom is my boodskappie in duplikaat...miskien omdat ek so opgewonde is oor die lekker rugby op Loftus...of omdat ek bewe van die koue....Kiets!!!...vee tog enetjie uit seblief....netnou lag die mense vir die ou vrou wat so bewe...☺☺☺

J said...

;-)))

Kiets said...

Hallo almal! Ai wat 'n koue dag. Ek mis vandag vir Mieks - miskine is dit die winter, miskien is dit die feit dat dit net 'n maand of wat kort van haar sterftedag is, ek weet nie. Ek mis haar hier, ek mis haar geselsies op facebook, ek mis haar boodskappies in my in-box.

Lekker dag vir almal verder!

Spook said...

Vroulief ek verstaan jou so...kyk Sondae word ek weer bederf met die ingilse kookkuns. Jewls bly om te sien daar is n glimlag op die gesig..maar ai daai koue hande in kleintjie se rug is mos sonde.

Robyn en die dubbel storie en nou kry bewe die skuld...ek dink jy voel net ernstig oor die rugby op Loftus...wel ek stem saam..ons kan lekker kuier en dan die rugby gaan pak.....plan B vir die wat dink dit is te laatmiddag...kom kuier saam voor die tyd en braai ietsie saam en voor die koue en die begin van die wedstryd kan jul by die huis wees....onthou net dit is plan B...die hoofplan is die kuier en die rugbykyk.

Kiets en Vroulief baie sterkte vir julle!!!!

spikkels said...

Ek is in vir Die Hoofplan...

Jewls said...

Dis mos nou nie 'n elke-dag ding dat ek laat werk en na donker by die huis kom nie, maar vanaand se sekelmaan het alles die moeite werd gemaak! In my verbeelding kon ek 'n mannetjie sien sit op daai sekeltjie met die een been wat so afhang, hande agter die kop gestut en hy glimlag vir my: "Hey, die lewe is dam lekker, né?" Inderdaad!!!

Katjie, hoe gaan dit met ons Ramkatjies?

Jewlsie said...

Hallo Spikkeltjies!!!

Robyn said...

Jipeeeee...Jipeeeeee...ai...ek is skoon Bonsie Bons...Spikkels....jy is nou n' oulike Spikkel....so bly jy sal kan kom!!!!!.....Sover is daar twee WIE PIE's.....en BAAAIE...BULLE.....Ai,...ek kan sommer sien...hierdie gaan weer n' heeeeerlike bymekaarkoms wees.....en ons gaan mekaar lekker terg en tart....☺☺☺....Jewlsie...daardie sekelmaantjie het ek ook beloer....dis darem erg mooi....Nou ja,die sokker sukkel nog om n' doel aan te teken..my ogies hang halfmas....so ek sal maar môre hoor wie het wat gedoen...vir wat speel hulle in elk geval so laat.....môre is daar weer geen produktiewe siel...Lekker slapies my maters...laat daar n' glimlag om jul bekkies plooi voor Klaasvakie sy sandjies strooi....xxxx

Spook said...

Hallo Spikkels..mooi man.

Robyn said...

Ek het nou eers vir my n' warrrrrm koffietjie geskink....moet net eers gou asem skep....Die son skyn te heerlik as ek so by my kantoor venster uitkyk...maar o,wee...steek jy jou neus by die deur uit....en snerpie kry vir jou in die hande....brrrrrr....Dit laat my onwillekeurig dink aan hoe bevoorreg ons is....ons voel net so effense kouetjie....en ons bewe en kerm....wat van die arme mense wat net so in die oopte ,sonder n' dak oor die kop, moet oorleef....of nie iets warm het om hulself mee te bedek....ek hou my warm bekkertjie in my hande...die warmte gaan deur my...en dit voel snoesig warm...maar daar buite is iemand wat bewe....sjoe...en dis die realiteite van die lewe....Mooi daggie vir elkeen....hou die bekkertjies warm in jul handpalms....en wees dankbaar vir dit wat ons het....xxx

Jews said...

Oe la laaa! Lyk my julle almal vrek net so van die koue soos ekke!!! Vlakkies, dis nou wat mens snotkoud noem... Vra maar vir Vroulief!! ;-))

Vroulief said...

Jeweeltjie, jy slaat die spyker so reg op die kop!! En jy kan nie eers begin verstaan hoe koud ek gister en vandag gekry het nie...

Ek het namens Vlaktekind in die vuurwapen-tou gestaan by die polisie.. Hy kon net nie alles klaar kry voor Vrydag nie, ek moes eintlik net gaan vorms inhandig... Ure en ure in die wind en koue.. Ek het naderhand so gepyn dat ek nie kon opkom of gaan sit nie...
Op die koop toe maak die polies-vrou die deure voor so 'n bondeltjie van ons se neuse toe en sê ons moet maar vandag weer kom...

Vanoggend 8 uur was ek daar - toe staan daar al mense rond van 4 uur vanoggend... Gelukkig het die polies-vrou vir die paar van ons wat nog voor die deur was (gister) 'n papiertjie met 'n tjap op gegee.
Toe ek later vanoggend by die huis instap het dit gevoel asof ek heel, tot in my binnenste murg bevrore was...

Ek het wel bietjie gesmelt en toe gaan werk ek in die hospitaal...

En ek het nie 'n idee waar my Vlaktekind is nie, ek sit al van 6 uur af die pompie en oppas om bietjie te klets... Maar hy is heel "missing-weg"

Nee, my laaste vraestel se punte is nog nie uit nie, en ek begin darem al weer na 'n mens voel. Wat 'n paar dae sonder enige druk en genoeg slaap nie alles vir mens kan beteken nie ne??

Nou toe: Almal moet maar snoesig bly en lekker slaap.
Ek lees tog te lekker aan 'n boek van Deon Meyer, en gaan nou vir ten minste 'n uur lekker ontspan..

Robyn said...

Warm en snoesig onder die donsies wees vannaand maters.....Maak toe jul ogies....en dink aan die mooi dinge om ons in die lewe....Lekker slapies almal...xxxxx

Spook said...

5 Minute maters soos Robyn se....dan is dit weer ons Protea-Bokke.....Hou duim vas...Vroulief as ons hier wen kook ingilsman vir n maand!!!

Spook said...

Nou ja na n geswoeg het ons dit deurgehaak. Blondt sal nou 52 keer kos maak...soos gewoonlik een keer n naweek. Kan ook nie wen nie!!

Anonymous said...

Hie-hie! Spook, dit was darem 'n tawwe wedstryd! My keel is nou nog seer van al die skree. Met die eerste helfde het ek op die Bokke geskree en die tweede helfde het ek van blygeit geskree!! ;-))

Rooikappie said...

Nnnnnnaaandse mmmmmaters!
Mmmmaar dddddis dddan bbbbibberkoud sssskielik!eeeeeeek! En ek is glad nie goed met koudkry nie.....

Kieters, hoeganit meti die katertjies? Hier by my het die sussie kuikentjie ook gisteroggend al blaffend wakkergeword. Ai, en sustertjie is sooo ongedullig as sy siek voel. Maar.......gelukkig het haar Moedertjie nou skoolvakansie en HOPE tyd, geduld en liefies en soentjies. Als wat hierdie kuikentjies van ons nodig het. Het vanmore haar soos moederhen onder my vlerk ingeskrop totdat dit warm genoeg was om op te staan.....

O ja.......
Wat dier werkies aanbetref.....
Ek sal graag hoendertjies kosgee en al daai dinge! MOES net eers die vraestelle bewerk. Het mos so 2 wekies terug voeltjie-appels en lemoene begin uitsit. En was absoluut soooo verstom oor die daaglikse kuiergaste. Bruinoogtiptol, Kaapse Glasogies, Rooikophoutkappers en dan natuurlik die ouens met die "mo-hawks" soos sussie kuiken sal se : die koddige Muisvoels. O ja........en enetjie wat Gewone Willie genoem word! hehe Maar ai.....so super spesiaal is almal gemaak. NET soos ons......

Skies julle! Ek klets mos nou weer julle ore lam! hehe

Gaan vannaand daai kaggeltjie stook en 'n ou sjerrietjie moet drink op die Bokke se SUKSES!

En Vroulief......eks MAL oor Deon Meyer se boeke! Het al 'n hele klompie gelees. Wil sommer Maandag sy nuutste enetjie kry. Het mos nou tyd vir lees en leegle.......

Spokerasie! Jy beter daai Ingelsvroutjie van jou lekke bederf terwyl dit so kkkkkoud is! En gee daai 2 manne ok so 'n bederfie noudat die eksamen uiteindelik verby is.

Rooiste Robyn! SNAP! Ons RRROOIKOPPE RULE! hehe En buitendien........die kwaai sit net aan die buitekant.....vir enigiemand wat gewonner het! hehe *Fluister*.."Binnekant is ons super sag"

Lekke warrrrrm slapies amal....Jewls, Spikkels, Vroulief,KAroolsie Oom Mac, Kaaskop, aangename kennis en mooiste drome!

Vroulief said...

G'n wonder ek is so mal oor rooikoppies nie... Veral as hulle nog oortrek is met sproetjies nie..
Nee rêrig.. Dit het veral begin toe my Middelkind so 'n paar fyn sproetjies oor sy neusie gehad het toe hy nog klein was... Intussen het ek nou maar net 'n marshmallow in die hart vir rooikop mensies.. Ek weet hulle is so saggies binne in.

Spook, ek het sowaar die laaste tien minute van die wedstryd gesien! En natuurlik is ek bly die bokke het die knoop deurgehaak.

My Rooskind is ook vanaand tuis, en selfs rustig - al het sy 'n slag gekla dat sy verveeld is..

Dit is bitter koud, stook die kaggels, al is hulle elektries of van gas - of waarvan ookal.. Lekker slaap almal.

Unknown said...

1 2 3 ... dis 'n naaiz plek die. Die treinry was lekker - ons het presies op tyd vertrek, so op een uur na en ook op tyd inni Kaap aangekom, so oppe 1/2-ier na. Toe ^^^^ daai graats my rond en weet vertel OsRooi is v'koop. Toe dreig ik die dnr meddie doodt en toe issi OsRooi nie meer v'koop'ie. toe begin die Bank met hulle ^^^*# en elke 2e dag iets nuuts om aan te voldoen [want sien dis Dwergie se moutir om Brutus te vervang - ek het nos vir Lobo ...] tot DONNERdag mirrag toe skrou ik virri kukki byrie bank 'Ik wil diens hê en ek willit NOU hê' - toe strip sy en sit my deur na haar baas om my op my plek te sit en toe vertel ik hom DONNERdag en Woensdag en Dinsdag en Maandag se snotsnert wattik gehad het mt hulle - en toe vat hy oor en 30 minute later foun hy .. alles gereel afgehannel .. gaan haal maar vir OsRooi. Vrydag inni pad geval - by sneeubedekte berge verby gery. my voete gevries. 7-ier die aand staan ons inni jaarts. Satrag het Oupa eers saam met Owie gaan 2e verjaardag vier - tot laataand. Toe ons bydie hys kom [ek en Charlie] kommik agter die geyser het gaan bars. Nou bly ik vuil to t Maandag agter die plammir en iensjoorinz die ding vervang het. mens kannie in die weer 'n koue stort vang nie. Want het getraai maar assik so afkjyk, sien ik ik het nou twee naeltjies.
My ego en my af ribbes g kraakte 'sternum' kannittie vattie.
Djoels - Wat het jy waar raakgelees lattik jou inni gesig gevat en skuld gegee het van wat ??? "cut & paste" lattik ook sien.
En WAAR is my kiekies vannie gefuif by die Bloukraanvoolkjeffie?? O-ja, tjerri oppi koek, Dwergie bel netnou, BonnyFace, haar moutrkardrywer het meddi Papjeero inni watergat gery en toe vrek die Papjero en nou kan hulle nie gaan werk om die voorraadopname klaar te maak nie. Toe faait sy met my oor die drywer dom is.. kan jy nou meer. Ek vlie sommer Laaghos toe en gaan gryp hom annie agterpoot en sit sy kop deur die spaarwiel se speek. Gan maklik wees want hoeka is hy kliener assi Dwergie. Hjelllll, hirri isse lange. Nou gaan ik 3 maande wegbly. Tensy Djoels askies se...
Ai tog - wens ik kon kiekies oppi hierie plaas plak. Van OsRooi en anner dinge.

Robyn said...

Hier ekke!!!!!....ek moet eintlik fluister...my keel is nog seer van al die geskreeu agter die Bokke aan.....Genade!!!!!....dit was amper erger as kraam!!!!!.....Maar tenminste het ons GEWEN!!!!.....Ons was n' heerlike groepie wat by Springbok Sports Bar daar in die Ooste, neffens Silver Lakes,die wedstryd gaan kyk het....maar ons moes vroeg-vroeg al daar wees om plek te hou....hier by 2.30 het dit behoorlik gegons....oral het jy die groen en goud gesien....daar was ten minste +-4000 mense....so die gees was verstommend heerlik....voor,en na afloop van die wedstryd het sangers opgetree oa Arno Jordaan.....heerlike songkies....sommige saamsing nommertjies....Rooikappie,ai....net toe jy nou dink jy kan so effe rus...is sussie kuikentjie olik...sterkte....Ek het ook so voerplekkie vir die geveerdes...en nou het Rooikop Houtkapper(Speg) drie nessies in die een boom gekap...te oulik...daar was eers net een nessie...toe kry hulle kleintjies....en maak n' volgende gaatjie...en ek dink dalk is dit die skoonouers wat nou ook hul intrek geneem het...want daar is n' derde gaatjie...hahaha...geniet jou rustydjie....Vroulief...rus jy nog lekker....Uncle Mac!!!!!!...het jou soooo vermis!!!!Ai,jy moes nou behoorlik tandekners vir die mense se traagheid....net bly jy het nou jou Osrooi...sjoe....nog n' rooies.....Dis nou Robyn/Rooikop...Rooikappie.....Osrooi....en Rooies my veld motorfiets....Uncle,wys jou net...Dwergie mis jou ook...dis waarom sy sommer bakleierig raak...hahaha....Drie maande wegbly!!!! Uncle jy kan dit nie aan ons doen!!!!!...seblief nie!!!!Jewlsie...Spikkels....wat maak julle tweetjies.....Waar is die manne met die hout...brrr...die kaggel moet gestook word....Wie gaan vir my handskoentjies brei.....as ek so sit en skrywe...wil my handjies afval!!!!!.....Nou het ek weer die arme Donkie se agterbene lam geklets....mooi aand vir elkeen....snoesig wees....en pak die nuwe week positief aan...kyk om jou....maak n' verskil in iemand se lewe....al is dit net n' warm glimlaggie.....xxxx

Spook said...

Daar is geen koue in die lug vanaand nie....dit is sommer weggegesels. Rooikappie ek het mos geweet jy gaan te lekker saam met ons gesels as die vraestelle eers kla gemerk is. Dis lekker om van jou te hoor en nou moet jy vir Spikkels help met die spelling van die mense se skrywery....los net oom Mac s'n uit..dis nog pure afrikaans daai.

Spikkels en Jewls nou waar is julle dan?? Oom Mac ons gaan die WP en Bulle op loftus kyk....gaan oom saam kom??? Rooikappie en hoe lyk dit met julle vir die 18 de Julie...gaan eers die ledemate olie voor die tyd....die innerlike versterk en dan gaan almal vir die WP skree....tot Robyn ook.

Robyn lyk my die kuier was te lekker....en nou wat nou vir die naweek wat kom....miskien moet ek vir Blondt afvra en ook tussen die mense die storie gaan kyk.

Oom Mac sterkte met die warmwater masjien...sal n vonkpossie stuur oor ons planne vir die rondry.

Lekker rus almal en mag dit n wonderlike week vir almal wees.

Kaaskop said...

Dit was nou 'n lekker naweek in Laag-Kaasland. Niks kaggeltjies nie, die hele familie saam om die braai want daar was nog so'n paar verjaardaggies om te vier voordat die hele klomp gaan vakansie hou in Frankryk en Spanje en Italië en nog meer van die mooi plekke. My weekie gaan ook maar kort wees want Donnerdagaand vlieg ek na my Engelandkind. Sy bly in Wimbledon en die naweek is mos die finals van die tennis en dan word daar ernstig geparty in daai plek. - Sterkte vir julle almal in die koue, ons geniet nog maar bietjie aan in hierdie Europasomertjie.

Robyn said...

Wat lees ek nou hier!!!!!!Rooikop/ Robyn....wilde wragtig....Bonsie Bons....vir die WIE PIE skreeu......AIKONA.....SPOOK!!!!!.....MY BLOED IS BLOUER AS DIE BLOUSTE BLOU LUG....op n' koue winters dag.....BLOU BULLE BO!!!!!!.....dis dan die Bulle wat die Springbokke laat spring....die hele land laat skreeu!!!!!....☺☺☺☺

Anonymous said...

Die lewensbranders spoel oor my en verskuif die sandduine van my omgee ..... ek mis jou

Anonymous said...

Goudgeel-sonstrale verwarm my hart vanoggend en skakeer jou duin in die pragtigste kleure van verlange... XXX

Kiets said...

More brrrr, more almal! Gits dis koud! Ek is so agter hier, dis vreeslik, maar ek sal wel inhaal. Lekker dag almal - en gits, die bokke moet mens nie so laat stress nie!

Kiets said...

AI mense, die Leontjie kind het ons gedaan. Junie se totale telling: 3 dokters besoeke, 3 kursusse anti-biotika. Ai!

En Oompie, ons het ok geyser probleme laasweek gehad - ek voel vir jou hoor.

Hoop almal het 'n lekker week - ek het nou so lekker lees inhaal hier gehad.

En ja, 13 Uur is 'n heerlike lees Rooikappie en Vroulief - ek kon hom letterlik nie neersit nie. En ek het nou net die nnutste Poud so geniet!

spikkels said...

Goeiste maar dis koud! Gaan sommer nou onmiddelik my platman aansit dat hy solank my slaapplek warm kan bak! Rustige aand!

Spook said...

Robyn...jammer jy is n troue bloue....sal nie weer nie. Kasie geniet die wimbledon al is dit net die atmosfeer,ek kan glo dit moet wonderlik wees. Kiets hou moed..vandag lag ons darem oor daai wakker sit wat ons ook deur is. Karools is darem vandag raakgetik op skype...die man is baie besig ma het beloof hy sal inhaal op die plaas. Sukkel nog net om vir Heksie op te kry,maar nog so 2 dae se praat dan is sy gewen.


Ek hoop almal se warm water is weer reg..die luiperd koudgeit is omtrent erg!! Lekker slaap almal!!

Robyn said...

Ai Spikkels...ek het nou soooo lekker gegiggel vir jou platman.....ek het een van daardie boontjie sakkies wat jy in die mikrogolf sit....maar die reuk is amper soos gebakte grondbone....so met die gevolg...ek slaap met die grondbone mannetjie....selfs Robyntjie...is skugter vir die onaartse reuk....maar skuif tog later so effe nader om ook van die heerlikheid te voel..☺☺☺...maar ek kry heeerlik warm...en dis al wat tel....Kiets,ai...ek voel vir jou mater....dink baie aan jou...STERKTE!!!!.....Kasie....Wimbleton.....ai,ai...Aarbeie en room...sjoe...nou is ek erg jaloers!!!!!Wonder waar is die strepies blou en wit trui, Spook,gooi klip in die bos...en verdwyn dan.....lekker bang vir die BLOUES!!!!!.....die koue haal my nou in....Lekker slapies maters....wees snoesig....en laat die warmte van omgee en liefde deur jul hartjies gaan...xxxx

Unknown said...

Kietsie-kjent ... loop sjee vir Leon 'n groot druk vanni outoppi af - drag ook grutnis vi Zouga en omie hoop daai mannikjie is sonner tjop-tjop piekfyn.
Spook - wat spook jy so meddi mense? Heksie kommi kyjir 'ie, sy het haar besem afgebrand vir hitte en nou lê sy laag. Ds Gawi se Dina dourrrrrr uit Xanagas berig daddi Kalhaari ook nou g niepsag raak meddi kou saam. Die vetplante op haar stoep staan swartkoppie geryp vin gistraant se koeltekjie.
O ja .. voor ik v'sjeet. Ons Nama trippie skuif een dag vroeer [en Dwergie gaan ook nou saam ... sy's bang ik neem 'n Boesmantjie aan daar uit die Rooiduine]
Anonimoez - sterkte meddi 'v lang ding. Dit raak net beter as jy jou uithuil. hjeelemal uit uit uithuil. Liewe Jesus het ons so gemaak sodat ons kan cope. En soolat ons annerdag weer kan lag ook. nie giggel 'ie - lag, so uit die buijk uit laddi mense kom klop en vra of als O K is.
So kommi pa by die huis en seuntjie sit oppi stoep en speel met hom se dinki toys. Pa wil weet hoe was die dag. hy is heel groos, want Ouma het kom kuier en het hom niewe flukkwoord geleer. Pa vervies en kap: Oum vloek g'n nix nie, waa' kom jy daaraan??
Hy -0 effe betraand en bewe stemmetjie [oorlat sy geloofwaardigheid in twyfel getrek is:] Is Pappa, IS ... toe Ouma hier inkom toe se sy vi Mamma: "Oe, maar dis darrem SNERPENT koud vamorre" en sien Pa noe, Ouma hettie ffffffverk koud gesê nie.

Vroulief said...

Hallo almal... Goeie nag almal...

Dis laat, dis slaaptyd, en ai dis KOUD!!!

Maar ek moet net eers vertel: Ek het vandag die laaste van my eksamen uitslae gekry!! Ek is alles wel-deeglik deur!! Ek is so dankbaar. Nou kan ek ook uiteindelik bietjie rus.

Ek praat al weer te gou; ek het vandag eers weer met 'n kort kursus in Trauma Sorg begin.. Wanneer die kursus klaar is, gaan ek beslis bietjie rus voor die volgende skof begin.

Nou gaan ek bad en inkruip, dit is te koud om hier rond te sit!

kiets said...

Vroulief! Ek het mos geweet man! Baie geluk, baie geluk Geniet die kurses en rus so biki jong. Ai julle, ek het ellendige wintershande en een vingerpunt aan elke hand wat so gebars is dat ek sukkel met die tik saam. So gister wou ek se dat ek die nuutste "Spud" boek gelees het, en toe tik ekke nonsens. As julle nou nog nie Spud 1 of 2 gelees het nie, is dit nou 'n werksopdraggie hoor! En lekker lag! (En huil).

Oompie, dankie vir die mooi woorde, en Spook, vir jou ok. Wonderwerke gebeur nog- gisternag almal deurgeslaap.

En gepraat van wonderwerke, ons vrind Stefaan wat 10 weke terug bykans 'n parapleeg was, het Saterdag aand Zouga help braai, met 2 krukke saam. Hy bestuur 'n outomatiese kar en het gister weer vir 'n kort rukkie begin werk. Hy gaan nog vir re-had elke dag ook. Is dit nou nie 'n wonderwerk nie mense! God is goe! En die nuwelingetjie by hulle, klein Tessa is te pragtig.

Spikkels, ek het nou so vir die platman ding gelag!

Lekker dag almal!

Spook said...

Oom Mac ek moet spook om die mense bymekaar te hou en die wat buite is gaan nie deurkom alleen in die koue nie.

Vroulief baie geluk en ai dit is darem altyd wonderlike nuus daai uitslae. Spikkels...kyk Heksie is seker met 2 platmanne besig veral omdat die besem gebruik is vir hitte in Karools se nuutgeboude braai!!! Nou wag ek vir daaaai oproep om my aan te vat.

Robyn ek staan sterk..wit streep en al...en as my gestreeptes dop sal ek oppie blog omverskoning vra oor enige witgeid van my kant.

Kyk die wintergriep het my nou...was gister nog windhond gevoel,maar vanaand is dit pure muishond.

Spook said...

Ek is nog nie lank op die blog nie...maar ek sien nou 157 "comments" vir die maand...dit vat mos die koue weg!!!!! Mooi mense en heeeiiiii 50 randjies vir elk van julle met die komplimente van daai noot vir noot storie.

Robyn kom jou tyd is mos na agt innie aand..miskien gaan jy die laaste se he die maand. Kiets ek hoop julle slaap weer rustig tot Juliemaand!!!!

Unknown said...

Spook - jy is brastag laat oppie werf gekom - daar wasse tyd toe die ding sommer tjop-tjop by 1000 verby gegaan het ... maar toe was Boeksmous nog hier rond .. kruppel perd en al.
Dwergie se hulle smelt op in Lagosdorp, en hier sit 'k immekaargekrimp soos 'n gebruikte sakdoek in 'n te klein jeans se gatsak .. of so iets.
Nag ammal en geseende Julie vir ammal.

Robyn said...

Vroulief....so bly vir jou part...ek weet dit het ure se opoffering en deursettingsvermoëe geneem....so baie trots op jou....Spook!!!!....Heksie gaan vir jou hard slaan....besemstok of te nie...Spook...jy laat my skoon skrik....ai,die tyd gaan so vinnig...kan dit wees dat ons aan die einde van Junie staan....genade!!!!....Kiets,ek was veronderstel om n' stukkie vir jou te skryf oor my en Jewlsie se verjaardag...maar o, wee....NIKS GEDOEN!!!!Jewlsie...HELP!!!!!....Lekker slapies my maters...snoesig wees...mooi drome....Spook, ek hoop jy voel sommer gou beter...ai,die griep vang mens soms op die mees ontydige tye....xxxxx

spikkels said...

Weet julle hoe lekker is dit vir my om sommer-net te sit en luister na julle almal se gepraat sonder dat ek iets hoef te praat? Dis sommer-net baie lekker...