Wednesday, July 1, 2009

Julie - en ons kyk terug na die laaste kuiertjie.

BIRTHDAY BLESSINGS

Tables are set for a celebration of live

Flames of light warm the atmosphere

Glass filled blossoms smile openly

Colorful friendships of pink and blue

Yet the glass is transparent always new

We sit to be served like kings and queens

Of God’s creation.


Two friends stand tall with pride

Years of nostalgic remembrance

Brings stories of Gods grace

Stands of life hang softly around their faces

Lines of love have formed their personalities

The gift of smiles are abundantly shared

Hugs of hope and new friendships sealed.


A cake of delight all covered with sweet moments

Languages of joy fill spaces of time

Stories of past struggles and future pleasures,

Will roam in spaces now and through distant lines

Thankful greetings and ever lasting life to share

To be grateful for birthday wishes to share.

Blue Crane – Lekkerkry kuier – 13.06.2009

Foto: Bernice Rietveld, Gedig: Blondt

201 comments:

1 – 200 of 201   Newer›   Newest»
Spook said...

Dis Julie maand...alles van die beste vir almal....Blondt begin vandag by haar nuwe tak. Sterkte my Vroutjie dis n taai uitdaging vir jou en dankie vir my maters se Birthday Blessings.

Robyn said...

Sjoe....Kiets,hier laat jy my weer dink aan die wonderlike dag wat ons almal saam gehad het,Bernice en Blondt het vir die afronding gesorg....ai,dit laat my net weer besef hoe spesiaal is elkeen van julle in my lewe,Blondt,so baie dankie vir die baie spesiale gediggie, wat die dag se verrigtinge so pragtig uiteensit,dis so erg spesiaal,Bernice,en Spook,dankie vir die fodies neem....Blondt,ek hoop jy gaan baie gelukkig wees by jou nuwe bestemming,jy is so toegewyd in dit wat jy doen,en jy maak so sukses daarvan,mense kyk op na jou, en respekteer jou daarvoor,baie trots op jou my vriendin...Mag hierdie Julie maand net die mooi van die lewe inhou....en onthou...vriende en vriendskappe, is baie kosbaar,bou daaraan,respekteer dit,gee om vir mekaar,wees daar vir mekaar,dankie vir elkeen van julle in my lewe...dis waarom ek kan LEEF EN BELEEF....en elke dag n' glimlaggie kan uitdeel....

kiets said...

Hallo almal - moet nou net nie sê hierdie plaasbestuurder is slapg@t nie! Vanmore 6 uur was die nuwe maand se hokkie op.

Hoop almal het 'n lekker dag! Iemand Maandagaand Grey's se einde gekyk? My genade - wat 'n skok!

Vroulief said...

Sjoe dit is twee mooie meisies wat die stoep van die plaas versier!

Vandag was 'n dag vol verskriklike heimwee; Ek en Vlaktekind vier vandag huweliksherdenking no 31, en nou is hy so ver van my af...

Blondt, ek hoop jy raak ver en wyd bekend vir wysheid en integriteit. Sterkte vir die nuwe uitdaging!

Lekker slaap almal

Robyn said...

Maters....en hoe was elkeen van julle se dag....waar is almal...ek weet dis koud...maar dis heerlik warm voor die kaggel...en die moerige koffie ruik die hele wêreld vol....en vir die wat meer waaghalsig is...daar is n' Hanepootjie.....mmmmmm...rustige slapies...warm snoesig....al dromend op die maan se strale....spring rats heen en weer ...en gly dan weer af....net om sag op n' sgte wolkie te beland...om te dop en rustig aan die slaap te raak...met n' sagte glimlag op jul bekkies....xxxx

Robyn said...

VEELS GELUK VROULIEF EN VLAKKIES!!!!!...mag die genade van bo jul bewaar en beskerm...en laat jul die omgee en liefde vir jare wat kom nog ervaar....

Kiets said...

More more almal -sien, vanmore soos in die ou dae is ek op my pos om hallo te sê.

Liewe Vroulief en Vlakkies, baie baie geluk met die herdenking.Ek weet dis meoilik om so ver van mekaar af te wees, maar wat 'n voorreg om so lank getroud te wees! Mag julle huwelik ryklik geseënd wees. Ek dink noudie dag terug dat ons amper 9 jaar gettroud is en dat my ouers net 10 jaar saam gehad het voor my pa se dood, en dan besef mens hoe geseënd jy is.

Spokie - voel jy al beter?

Jeweeltjie -waar's jy?

En Smousie - nee ah, dis te veel - waar is jy?

Ek het 'n boodskappie van Anna Patat gekry julle! Kan jy glo!

Lekker dag almal - bly warm Robyntjie.

Jeweeltjie said...

Katjie, hier is ek ook nou! Verpleging is mos nou in 'n geweldige krisis wat opgeleide personeel aan betref en so werk ek toe in 2 weke sommer 30 ure oortyd!! Gister het ek egter erger as 'n steeks donkie tekere gegaan en geweier om vandag my neus by die huis uit te steek! Nee, jittetjies, mens moet die mooi van die winter geniet, in die sonnetjie op die bed lê en lees, toonnaels verf, saam met die katte lê en uitstrek, sop drink, droom en verlang!! Liefkind kuier tans by my Ouers op Lydenburg en alhoewel ek snot-erg (Vlakkies!!!) na haar verlang, geniet ek dit tog om soms tot baie laat te werk en vroeg weer hier weg te wees. Die verandering van die dodelike roetine doen my gees so goed!!

Jewls said...

Hopenlik verduidelik dit hoekom ek Vlakkies en Vroulief se 31e huweliksherdenking heeltemal gemis het... (Skandelik!!!!!!) Baie geluk julle tweetjies en mag die pad vorentoe vir julle mooier, beter en die heel beste wees!!! Wanneer word Klein-Bergbokkie gebore?

Kiets said...

Ek dink hier Desember se kant eers Jeweeltjie! Gits, jou dag klink heerlik - wanneer laas het ek no so iets gedoen?

Vroulief said...

Trauma kursus afgehandel en voel net al hoe dommer!! Dis so 'n ongelooflike verantwoordelikheid om in ander mense se pyn en ellende in te dons, ek bid maar net dat ek iewers van waarde kan wees!!

Dankie almal vir die goeie wense, dis darem salfies op die rou gemoed wanneer ek so vreeslik na my man verlang.

Jeweeltjie, ek dink ek gaan ook more in die sonnetjie sit en bak, en net droom en rustig wees. Het so iets verskriklik nodig!

Die kleinding kom vroeg in Desember, en ons word net meer opgewonde... die klein mensie het so bietjie meer as 'n week gelede sy mamma raak geskop!

Mooi dag almal!

Kiets said...

Nou net gehoor Ouma en Oupa van PE ry more op om te kom kuier! Heerlik! Gekookte ete elke aand, hupl met die kinders, wat meer kan mens vra.

Unknown said...

Ek is verlief. Totentaal halsoorgatoorkop verlief. ek en my Chom kom al van Std 2 af 'n pad aan ... en gister het 'k en hy die rooi Patrol gevat en WEG gery. Houthutte inni berge gaan slaap en v'dag het ons daai Rooi Patrol oppi 4x4 paadjie gevat. En net daar raak ik verlief op daai Rooi Patrol. Soveel so dat ek hom ok sommer naam gegee het. Hy heet nou BRURRKJIE [of sommer BRURR vir kort. Maska ek hettie geweet 'n Patrol is SO vermoend vanni pad af nie. Die ding is 'n BEES [genadiglik rooi en nie blou nie] Charlie sê hy sal my meer as 14 keer met 'n plank moet hel om die smaail van my bakies af te kry. Hy is rerrag 'n volwaardige plaasvervanger vir Brutus.
Genoeg ge 'bregg' - ek groet sommer hierlaans - ek is alweer oppad Nigerie toe. Sommer al Sondag op die erreplyn. Weggggggggg. Koebaai.

Kiets said...

More more almal! Koffie is op die Aga, skout in die blik. Lekker dag almal!

Oompie, ek smile nou so breed vir jou part - geniet hom! En veilig vlieg en groetnis vir Dwergie.

Spook said...

Oom Mac ek sien sommer die glimlag vir die BRURR...klink sommer regte ramkat. Kiets ek sukkel ma nog met die griep...almal kla maar die jaar dat dit langer vat vir gesond word.
Ek moet dan nou tot my vriende drop en by die huis bly en die Protea Bokke vanuit my huis beloer.
Dis maar n swarigheid. Nou kom ons kyk wat doen hulle more...en hoor wat het coach weer na die tyd te se. Soos die koerant se...daai snor is nie juis n wag voor sy mond nie...ai ai.
Oom Mac baie groete vir almal daar in die soel warm Lagos...en los asb tog die papjero se bestuurder eerder alleen.
Dis naweek mense...kuier en gesels die koue weg en geniet dit sommer baie!!!!!!

Jewls said...

Uncle Mac, ek is ook verlief, maar ek is bly dis nie op 'n rammelkas nie!!! ;-))) Ek hoop jy kyk vanmiddag rugby saam met nice pêlle!!

Goeters wat my sommer in 'n gelukkige stemming plaas vanmiddag is dat Katjie en Zouga hulp het vannaand, Vroulief bietjie gerus het, Spook hopenlik gesond is volgende naweek want ek wil nou 3 rugbykaartjies hê en dat Kasie veilig is... ;-))

Robyn, wat's jy so stil? Moet nou asb. nie soos Spikkels en Smousie en Ondier en Landy en Zoeloe en Makou wegraak en rooflees nie, hoor?

Katjie, wat sê Antjie alles? Wens skielik dit was volmaan sodat ek maanwater kan maak, of 'n braaivleisvuur aansteek en boerewors braai!! Lekker vars... ;-))

Oor presies 11 minute gaan 'n trop bokkies dam stof opskop!! Ek kan nie WAG nie!!!!

spikkels said...

Darem het ons die fights gewen! Nou gan ons maar braai, al issit yskoud...

Kiets said...

Ons ok Spikkels! Skilpadjies, Oos Kaapse koedoesteaks en Karoo lam. En die Oom en Tannie van vrede se lekker wors wat mens by die boeremark koop. Lekker aand almal - gou met die Dubaaienaars geskype en nou gaan ek kinders bad met hope hulp. Is dit nou nie lekker nie. Liefde en lekker aand vir almal. En daai ref was wragtig verkeerd - en ek sê dit nie maklik nie.

Pety Chapman said...

Juweeltjie wat 'n best(u)uring lat jy nie jou gaan staan en verlief het oppe rammelkas nie. Sou dam 'n geraas afgegee het assie Ridder in sy blikpak daai rammelkas moes verslaan het vir jou hand!! Uncle ek volg jou skimp en ek gaat gou vir jou die anner 999 skrywes skryf hoor.... ai Katjie kom ons lê weer styfers rug teen rug die winter weg voorie Aga, belowe net jy purrrrr nie weer my uit my vlooipoeier uitie. Edelsteentjie hoop ou Theuns rasper jou hart vanaand in duisend liefdesdroompies met sy skuurmasjien..... en Ridder jy beter recycle, ek hoop jy koop al jou pakke by 'n scrapyard.... Doeda jy weet Staal roes net vir jou nê....

Pety ChapmanPedler said...

Kan sien ou Pety het net sy leerlings bestierslisensie vir sy HAT-mobiel..

Doeda said...

Goud kannie roes nie, Liefste Ridder van Staal!!!!

Spook said...

En wragtag gee ons die een toe vir die Khaki's. Ons het die fight en die oorlog gewen. Goed gedoen Protea Bokke,ek is tevrede al is dit nou net ter wille van ingilse vrede in my huis. Toemaar Blondt is darem voluit met ons in die fight gewees en Vroulief ek sal haar darem nog steeds bederf en die kos maak.
Jewls ek sal reg wees vir Loftus...voel al beter vandag.Kiets ons sal spesiaal n kuier reel waar die kleingoed ook kan wees..dit is darem net te koud nou in die aande vir hulle.
Ek verstaan Oom Mac verjaar vandag...baie geluk Oom Mac en nog n geseende jaar vir oom en Dwergie word u toegebid.
Die week reel ons die kaartjies vir die groot stryd...jewls 3 en spikkels 1..enige ander laat weet net asb. Robyn ek sal saam met jou koordineer en gesels.
Vreedsame Sondag vir almal!!!

Robyn said...

Koewieeee!!!!!...hier is ekke...dankie tog die kaggelis gestook...mmmm...te heerlik warm....Uncle Mac...eerstens....baie baie geluk met jou verjaardag...mag die nuwe lewens jaar gevul wees met gesondheid...liefde en voorspoed,mag die drome wat jy nog koester,bewaarheid word,jy is n' baie spesiale persoon,jy raak ander met jou positiewe uitkyk aan,geniet elke oomblik vandag.....jy is oppad terug na jou Dwergie...en ek glo sy wag vir jou met ope arms en verlange...Nou ja...oor die Bokke wil ek nie regtig praat...al het hulle die reeks gewen,was dit nie nodig om die laaste wedstryd pasela op n' skinkbord vir die Khaki's te gee....en ek stem Kiets....daardie was n' drie....is hulle blind!!!!!...darem het Theuns Jordaan opgemaak vir die stert tussen die bene gevoel....en kort voor lank was almal weer vrolik....Kasie...vertel bietjie van jou kuier....en die aarbeie en room!!!!!Pety Chapman Pedler....wat n' verrassing....jy weet net jy is die een wat moet help met die kaggel stook....Jewlsie,ai,as ek so na die getalle kyk,gaan ons n' ware fees hê op Loftus.....Kiets,so bly julle het so bietjie hulp....geniet elke oomblik...e soos Spook sê...ons reel iets waar die kleinspan ook by betrokke kan wees....wag net dat die weer so efe warmer word....iets soos n' lekker piekniek....Hierdie Sondag is een van daardie dae waar jy net in die huis kan bly...dis te koud buite...word nogal vanoggend wakker met die gedagte...vandag is die dag dat ek weer vir ou Rooies bos toe vat...maar o,wee...niks kom van my planne...dis te brrrrr koud.....toe maak ek maar lekker soppies....vars brood en siedaar....die hele huis ruik te heerlik...en laat jou sommer van die koue vergeet buite....Gister aand oppad terug van die rugby...soos jy so deur die stad ry...kry jy die mense wat so ,sommer op die yskoue sement op winkel stoepe slaap....met hul karige bedekkins...wat al is wat hul besit....vandag terwyl ek die sop maak...wonder ek...hoe dankbaar sal so persoon wees vir so bakkie warm sop....daar is soveel behoefte...hier reg onder ons neuse....Rustige Sondag middag vir elkeen....xxxxx

Djoels said...

♪♪ ♫ ♫ ♪ Uncle Mac, baie geluk met jou verjaarsdag!!! Ek hoop Dwergie bederf jou verskriklik vanaand - veilig vlieg!! ♪♪ ♫ ♪♪ Liefde, Jxxxxx

Jewls said...

Dit reën hier op my erf - regtig, ek jok nie... Robyn, daai sop is wat ek nou nodig het en ek is nie eers dakloos nie!!! ;-)) Spook, ek sal met jou regmaak daar op Loftus, hoor? Dankie vir die moeite wat jy doen!!

Robyn said...

Jewlsie...vir wat bly jy soooo ver van my!!!!!....ai,ai jy sou dit nou so geniet het!!!!......dit reen so effe hier ook,Brrrrrr...Boeboes hulle is nou net terug van hul naweek by Klein Kariba...en sê dit het erg langs die pad gereen.....ek lag nou so lekker...ek sê vir hom hy moet vir my hout saambring vir as ons Loftus toe gaan...ons het so konka...en ek wil vuur daarin maak, dat ons nie koud kry...raai wat???????...hy bring 66xsakkies hout...hahahah....ek is histeries...maar ok,ons wil ook hê vir die huis...maar sy bakkie hang amper op die grond van die gewig!!!!!....so ons is reg vir Loftus!!!!!!! koue of te nie!!!!

spikkels said...

Veels geluk met jou verjaardag liewe Oom Mac!! xxx

Smousie said...

Uncle Mac nog 'n mylpaal inge-ink in jou lewe se roeteboek. Mag dievolgende jaar se lewensroete jou vind op die avontuurlikste en geseëndste lewenspaaie denkbaar.

Kiets said...

Veels geluk my liewe Oompie! Mag jou jaar en jou lewe gevul wees met God se rykste seën, baie kleinkind drukkies en voorspoedige myle in die nuwe ryding.

Ek voel dom - wie is Pety wat langs my wil opkrul by die Aga - al wie ooit daar langs my opgekrul het was Smousie en Nkwe - issit jy Smous want Nkwe het nooit na die nuwe plaas toe getrek nie. Ag nee help tog ? Of isssit Onding???

Kiets said...

Ou Smousie, dankie vir die opvoeding. Lekker om jou weer hier te hoor. Sorg dat dit so bly hoor!

Unknown said...

ja-nee, 'k is mos trug in Laagosland --- Murphy moet sy hou inkry .,.. ek sit en skryf so 'n mooier-as-mooi bedanking vir julle dierbare ou spullikjie vir alli verjaarwense ... en toe ek vi "paabliesj jou koement" klaar geneek het - toe kresj di ekinneksjin ... en nou sal julle nooit weet wat ik alles daar gekwyt het nie.\
Dankie julle vir alli mooi wense.
ek het lekker v'jaar maar snaax, ik voel nie eens 'n DAG ouer nie..

Jewls said...

Mmmmmm, sit ek nou en wonder... Uncle Mac, het jy my sms gekry? Het jy 'internasional roaming?' Soos ek jou ken, moes daai dankie van jou besonders gewees het, so dankie vir die dankie!!! En sommer vyf soene daarby want dis volmaan en die lewe is soooo mooi!!

Ek haat dit om Maandagaande op my erf aan te kom want my honde is gewoonlik so opgewerk oor dit asblikdag is en vir die strnte wat heeldag in die asblikke grawe! Gewoonlik help Liefkind my om die honde te beheer wat met wit skuim om hulle bekke enig-iets wil 'charge'! So ry ek vanaand huistoe en wonder wat ek gaan maak sonder Liefkind se hulp en bid toe maar dat alles tog net voorspoedig sal verloop... Toe Lilly my motor gewaar, spring sy om en hardloop dieper die erf in. Ek wonder waar Chicko is want hy is mos die een wat so uithardloop en moeilikheid maak. Net toe die hek op sy grootste oop is, kom daar 3 fietsryers om die hoek gejaag en hulle skree letterlik vir mekaar. Ek skrik my simpel en ry amper vir Lilly onderstebo want sy het teruggekom om te kom kyk wat aangaan. Skoon lam van skok hoor ek Chicko se geblaf op die stoep en bedaar onmiddelik. Hy het nou wel lekker marrakkas aangevang die heel dag en 'n halwe sak hondekos opgevreet, maar 3 fietsryers leef en nes ek gebid het, het alles voorspoedig verloop...

Alweer ekke!!! said...

Ag jitte, ek skryf nou asof almal van julle al hier op my erf was en weet dat die stoep heeltemal afgesonder is van die res van my erf. Eenkeer, lank gelede, het Liefkind per ongeluk nie die een hek behoorlik op knip gesit nie en toe het daai 2 boernale van my dam baie pret gehad met al die goetertjies wat ek my lewe lank oppas en beskerm. Ons het ons les geleer en vanoggend weet ek dat daai hek op knip was want ek het dit self gedoen!! Dis die wonderwerk - hoe het Chicko veilig op die stoep geland vandag? Ek is steeds sooooo dankbaar!! Al die kere wat ek gesê het dat ek Top Cover het en nie bang is so alleen op ons erf nie, het vandag realiteit vir my geword... Dankie Here!!!

Gaan kyk gou hoe mooi is die maan!!!!! ;-))

spikkels said...

'n Halwe sak??? Die arme ding gaan vannag 'n maagpyn hê en dan is dit 'n ander stro, ek bedoel storie op daai erf van jou... Ek bly nou in 'n hospitaal, my huis voel nie nou soos huis nie, dit voel soos 'n siekeboeg of 'n hospitaal. Arme ma-goed en pa-goed is altwee so siek hulle weet nie of hulle hier of daar is nie. Die hele distrik is sommer onderstebo van die snotsiekte. Tot die hoenders raak olik en verdrietig en dooi op strepe van die koue. Darem is die meeste boere in die omgewing se mielies nou klaargestroop en warm en veilig in die silo's, so nou is die kale vale lande vol werkers wat koppe optel, en kort voor lank sal daar weer geploeg en voorberei word vir die volgende seisoen se oes. Tot dan is dit maar stof en stoppels en roet en rook van die veldbrande. So ja, so bietjie kontreinuus van hier voor die gasverwarmer. Warm bly plaasjapies. Hallo Smousie. Bly jou honde lewe albei, en ook die fietsryers, Jewls. Bly Uncle Mac is veilig is Lagos. Hallo Kieters. 66 sakkies Robyn!! :-)

Spook said...

Jewlsie...nee kyk jy moet dankie se daai fietsryers is okay...my 3 jack russels het eendag twee van hulle hard hier voor my deur laat val...ai ek moes lelik bontstaan.
Spikkels ...Petoorsdorp se mense is kwaai siek jong...ek is al beter,het met Robyn gesels vandag maar ai sy is op jong..herken haar skaars oor die foon.
Ek is bly Oom Mac is veilig...geniet dit en baie groete daar.

Jewls,Robyn sal in haar siekte voorwaar nou nog buite toe hardloop om daai maan te kyk. Sy spreek dit mos altyd aan.
Naand Smous en Kiets....Kiets in die koue moet jy te dankbaar wees vir die styf le voor die AGA..dan vra jy nie wie krul hier agter op teen jou rug nie?

Vroulief said...

Ag dis tog te lekker om almal se twakkies op die plaas te lees. Dis darem balsem vir die sielletjie as die wêreld mens so uitrafel!

Almal moet nou gesond word.. Ek kan nie kla nie, tot dusver was die ergste wat my oorgekom het geirriteerde sinusse - nie eers baie erg nie. Ek is dankbaar!

Mooi dag almal

cat said...
This comment has been removed by the author.
cat said...
This comment has been removed by the author.
Smousie said...

Kiets lyk my mos jy het daai keelseer met verdagte preperate besweer as ek so na jou dubbelspraak kyk......

Kiets said...

More more almal! AI Jeweeltjie, ek het so lekker vir jou storietjie gelag - die arme dier het seker maagpyn vandag. Kyk as jy vir Bongi alleen los met die kos sal dit ook gebeur!

Suster Spikkels - sterkte hoor! Ekself het nou net 'n keelseer besweer en nou kriewel die sinusse ok maar.

Ok Smousie -daar's hy nou reg hoor!

Kaaskop said...

Mac, jammer dat ek so laat is om vir jou Happy Birthday te se, ek wens jou 'n mooi nuwe lewensjaar toe, en geniet dit daar in Laag-Osland. - Dis moeilik om terug te wees by die huis na so'n heerlike lang naweek by my Engelandkind. Dis seker maar die lekkerste lekker as jy sien dit gaan goed met jou kind. Karen het haar eerste jaar se studies by die universiteit met 'n onderskeiding afgerond. Saterdag was ons deur die grootkoppe van haar werk genooi in 'n posh restaurant en toe hoor ek net lowende woorde oor haar. Dis wat 'n pa trots maak. Haar SA pelle het 'n heerlike braai gereel en Sondag was daar potjie! Heeltemal vergeet van die aardbeie en room nadat ek uitgevind het die supermark om die draai verkoop Castle. Sondagmiddag na die Wimbledon tennis toegestap om die gebeurtenis te ervaar. Baie besonders om daar te wees en natuurlik fotos geneem. Sal dit op Facebook sit sogou ek tyd het. En nou gaan ek snork, want naweke soos die wat ek nou geniet het se vir my ek het nie meer die kondisie wat ek gehad het toe ek 18 was nie. Lekker aand almal en ek hoop die Lente kom nou gou.

Kiets said...

More more almal! Ag kan julle glo - alweer 'n siek kind! Dieselfde siek kind!

Kasie, jou naweek klink heerlik en basie geluk met Karen se prestasies.

Lekker dag almal!

Spook said...

Middagse almal...Kasie volgende jaar is my eerste een uit die nes en dan begin ek ook met die gaan kuier.
Kiets baie sterkte vir julle en ek hoop die siekte ding sal vir julle begin draai.
Loftus se kaartjies is R80.00.
Laat weet asb vir Robyn hoeveel en Maandag ssl ek gaan bespreek en die kaartjies kry. Die reelings vir die Saterdag sal later aan almal deurgegee word.

Lekker aand en warm bly!!!

Jewls said...

Spikkels, weet jou Ouers darem nou al of hulle hier is of daar is? ;-)) Ek het dit geniet om so saam met jou te boer en meer van die kontrei-sake uit te vind! Dit het my so laat verlang na my Ouers en hulle plaasboerderye en die alewige opkyk en bid vir reën en die Vrydagaande se lepel kasterolie... Brahmane wat in die stoppelslanderye wei direk na oestyd!! En as die vér-familie kom kuier het, was dit 'n instelling om op die sleepwa en trekker die plaas vol te ry en iewers langs 'n oog of fontein of stroompie piekniek te hou!!

Kasie, is jy nou al uitgerus en weer mens na Wimbledon en Castle en al EngelandKind se prestasie-kuiers? Ek hoop so want ek wag op Facebook vir jou foto's!!!

Katjie, vir my was die heel lekkerste van Liefkind se siekbeddens dat ek daaroor kon kla en almal om my weet presies waarvan ek praat!! Sterkte, Vriendin!!

Hier's 'n stywe woorddrukkie vir almal wat olik voel: (((liefde))).

Ek tel alweer slapies af - oe la laaaaaaaa!!!! Spook, is jy doodseker my 3 kaartjies is betaal en veilig in jou baadjiesak?

Juweeltjie said...

O my liewe, nou gaan ek vir die res van die week en naweek die ander helfde van die sak hondekos opvreet, my naels tot in die lewe afkou, senuwee-agtig my oogwimpers een vir een uittrek en dit alles omdat ek nog nie 'n sitplekkie op Loftus het nie... ;-))

Smousie, het jy dalk verdagte preparate wat ek gulsig kan afsluk vir die angs wat my sopas aan my keel beetgekry het? Jitte!!!!

Smousie said...

Juweeltjie tel die dae, ek bring die preperate sommer self vir jou......

Kiets said...

AH, Smousie kom rugby kyk op Loftus??? So jammer nou ek kan nie ZOuga saamstuur om die Province korps te ondersteun nie.

AI julle, vanmiddag gaan ons Meneer Oor- neus- en -keel spreek - miskien is daar antwoorde.

Jewls said...

Katjie, ek wag. Gee my antwoorde, asseblief!!

Spook said...

Jewls daai kaartjies sal veilig wees en reg vir jou....ek glimlag breed want iets se vir my jy bring n sterk Province korps saam.
Die Bloues is mos erg lief vir hulle blou....nou het ek gedink om n groot stuk ongebleikte linne te kry...strepe met n potlood op te trek en dan die blou bul ondersteuners te vra om elke 2 de lyn blou te verf......en siedaar as almal klaar is ons eie WP vlag deur ons blou bul maters geverf!!!!!

Ag okay Robyntjie .....kyk hoe gloei daai rookoppie nou....ek se mos julle gaan mos met julle geliefde kleur verf. Robyn,more moet ons die getalle reghe..Maandagoggend vroeg in die ry wees om die blog se blok te bespreek.
Jewls my oudste het al so baie maats genooi dat ek nog motors soek om hulle by loftus te kry. Vanaand slaap hier 12 kinders by ons..almal besig met die rekenaars en speletjies jong en my pleesorg tweetjies is tot Sondag by ons.

Kiets baie sterkte met die keingoed en die siek enetjie...dis soos Jewls se...ons ken daai storie en ondersteun julle erg in ons gedagtes.
Robyn is jy alweer bonsie bons na die straatbrak blaffies wat jy gegee het? Spikkels sterkte met jou mense...ek voel weer mens vanaand....praat aanmekaar.
O ja ek moet dit gou deel...vandag n ou skoolmaat van my vir die eerste keer in 30 jaar weer gesien. Dit was wonderlik gewees en vanaand is die eerste dankie vir Liewe Jesus..n groot dankie vir vriende. Wat is die lewe sonder vriende en vriende wat werklik omgee????
BAIE DANKIE aan al my vriende...baie dankie.

spikkels said...

oe jippeee, ek sien so uit na die rugby! my mense begin darem weer na mense te lyk, klink nog nie helemal so nie, maar begin herkenbaar te word... :-)

Robyn said...

Koewieeeeee!!!!!waar is al die mense....die kaggel brand heerlik...Vannaand is ek so dankbaar...ek voel heelwat beter...en ek het byna my Bonsie Bons terug....ek het byna die wip terug in my stappie..Kiets,dink aan jou met die kleinspan....ai.my ou mater...wens ek kon iets vir jou doen....Spook.....jy vat ons opregte Bulle maar erg in die gesig☺☺☺....waarom sal ons nou ewe gedwee blou strepe verf.....as daar geverf moet word...is dit BLOU...ALLES BLOU....ons is nie ingestel op wit en blou strepe....Daarom lees die opskrifte ONS BLOED IS BLOU....ons trek op in BLOU massas....BLOU vlae....wapper die Loftus paviljoene vol....Loftus ...IS BLOU BUL SE TUISTE......so laat die klompie wat daar by jou kuier solank die verf werk doen....dalk as jy elk n' paar sente in die hand stop,kry jy dit reg om n' WIE PIE vlag Saterdag die 18de te laat wapper....☺☺☺....Maters...hier kom GROOT oorlog....ek is uitgedaag....en n' bok vir sports is ekke...so mag die beste span wen.....Mag elkeen vannaand warm en snoesig wees...met die wete in jul hartjies....daar is altyd iemand wat vir jou omgee....xxxx

Smousie said...

Nee Kiets, dit was net as 'n grappie bedoel. Ek kom nie hoor. Miskien 'n ander keer.

cat said...
This comment has been removed by the author.
Kiets said...

More more almal! Die ou manneki lyk sommer stukke beter vandag - hy is nou soos boeta erg allergies, maar vertoon dit nou as Allergiese Rhinitus - dus die neusie en sinusse ens. Oortjies lyk nie goed nie, maar ok nie sleg genoeg nie - so ons sal dit maar dophou. Miskien gaan als nou beter. Dankie vir julle ondersteuning hoor!

Kyk, ek moet sê daar is niks so lekker soos om die Skoonies by mens te hê nie. In my slaapkamer is 'n splinternuwe ekstra ingeboude kas, saar is koekies in die koekblik en beskuit ok. In die vreiskas veg die viskoekies en hoendergeregte en boboties en lasagnes vir spasie. Ai mense - soveel om voor dankbaar te wees. En dan is hulle nog lekker geselskap ok - om nie te noem hoe die kinders dit geniet nie.

Mag julle almal 'n heerlike naweek hê

Kaaskop said...

Kiets ek is bly dit gaan beter met die kleinman. Sterkte! - Nou dat julle so praat oor die rugby moet ek 'n storie vertel van laasweek in Londen. Ons het gaan rugby kyk in 'n kroeg, sit die hele plek vol met rooitruie. Toe hulle sien dat as gevolg van die telling ons nie so bly is soos hulle nie is ons natuurlik die slagoffer van Good Old English Abuse. Ons besluit toe om na 'n ander plek te gaan net so 100 tree verder in die straat af. Dit was nou 'n openbaring. Die hele plek sit toe vol met Saffas. Dis net groen en goud truie waar jy kyk. Die meisiekinders sit daar met 'n dis-goed-ma-hulle-kannie-sien-wat-ek-doennie-uitdrukking op hul gesiggies en Tequila drink. En die jongmans het lankal uitgevind Klippies en Coke is nie beperk tot SA nie. En toe die DRIE WAT 'N DRIE WAS afgekeur word kom ek agter hul taalgebruik wys dat hul Sondagskooldae ver agter hulle le. Maar goed, ons het die middag pak gekry van die Leeuws, maar ek was happy want dit het gelyk soos 'n lekker Vrydagaand in Hatfield.

Robyn said...

Vanoggend staan ek so en kyk vir die son wat sy kop uitsteek in die Ooste,nog n' nuwe dag word aangekondig,die voêltjies kondig dit opgewonde aan,en ek voel so gesëend,want ek is deel daarvan,en vandag beloof om n' pragtige sonnige winters dag te wees,die sonnetjie sal die koue verdryf en plek maak vir n'snoesige warm plekkie in die tuin se hoek,waar ek kan sit en lees en my gedagtes kan vrye teuls gee.....Geniet wat hierdie dag jul bied maters...LEEF EN BELEEF....xxxx

Spook said...

Robyn....leef en beleef..dit het ook al n geliefde seding by my geword. Blondt ken nou al van leef en beleef.
Soos jy praat van die blou lug in die oggend...het jy al gesien hoe mooi is dit as daar wit vlieswolkies is wat sulke wit strepies maak? Te pragtig se ek vir jou.

Robyn said...

Ek hoop nie die BULLE speel volgende naweek soos hulle vandag gespeel het...ek skaam my dood!!!!....Spook.....sjoe...en ek is so grootmond....en nou die vrotsigheid...kyk ons het gewen.....maar genade....ek het amper van die paviljoen afgespring en n' paar taai klappe gaan uitdeel....hulle was so aan die slaap...sou dit seker nie eens gevoel het...en waarkrap hulle daardie skoppers uit.....het hulle nog nooit geoefen....erger as laerskool seuns....en hier kom WP....en trap die Sharkies behoorlik in die modder....ek sien moeilikheid volgende naweek....Kasie..so baie geluk met Engelandkind se prestasie...ai ,jy kan opreg trots wees....bly jy het jou kuiertjie daar geniet....en ek en jou Petoorskind gaan volgende naweek Loftus se dak afskreeu....☺☺☺....sy sal die fodie ding doen....en sodoende kan jy ons lekker saamkuier beleef.....Maters....lekker snoesig wees....weet julle....omgee en liefde is verniet....deel dit mildelik met mekaar....xxxx

Juweeltjie said...

PROOOOVINCE!!! Vlakkies se boetie is uiteindelik uit die tronk uit en ons gaan hom met groot geraas inwag Saterdag!! ;-)) Spook, het jy toe die linne en verf gekoop? Daar gaan mos baie tyd wees gedurende ons oggendbraai vir die Bulletjies om hemel toe te kyk en dit op lap te verewig... Ai, dis soooo opwindend!!! Ek is maar bly my Pa sal nie kan sien waarmee ek my besig hou nie want hy dink seker nog ek is 'n Kolkatjie en ek is verheug dat Pretoriakind foto's gaan neem want dit gaan 'n groot oomblik wees wat in die annale opgeteken sal word!! Moet ons nie die dag proklammeer (Patrysie!!!)as 'n belangrike vakansiedag nie? Vryheidsdag bestaan reeds. Enige ander voorstelle?

Nou is daar nog net 4 slapies oor voor my geliefde Smousie by my aansluit om verder planne te maak vir 'n onvergeetlike braai... En as hulle "Liefling" dalk speel, sal dit spesiaal vir ons twee wees!!! Anders sing ons dit sommer vir mekaar, né Ridderliefvanmyhart!? Is Silwer opgesaal, jy gestewel en gespoor? Kom na my toe!!!!! Ai toggie, ek verlang so baie na jou...

Ridder...... said...

Weet iemand nog wat daai bitterbekgoed se naam is wat mens aan kinders se naels gesmeer het solat hul dit ophou kou? Ou Silwer haat vlieg en het amper al al sy hoewe kortgekou...

Geblikte said...

Julle kan bly wees jul leef innie moderne era. Plaas jul in 'n verliefde ridder met 'n kop vol muisneste se plek..... weet jul hoe seer is dit as jy 'n bliksokkie agterstevoor aantrek?! Nie eers te praat vannie geblikte longjohns nie.......

Juweeltjie said...

Ridder!!!!! Dis een of ander aalwynsappies wat bitter-soet smaak? Bitterbessie Dagbreek. Alles is blou!!!!! Oor jou.

Robyn said...

Vandag was weer een van daardie spesiale Sondae,dit was heerlik warm en sonnig....en ek kon elke sentimeter sonnetjie geniet....het heerlik buite gesit,terwyl Boeboes potjie gemaak het...heerlik geeet aan sy skepping...en toe vir Rooies gevat op n'drafstap....en nadat die wind deur my gewaai het...en ek weer die veld gevoel en geruik het...is ek reg vir die nuwe week....vol Bonsie Bons.....Sjoe.....bespeur ek n' opgewondenheid wat hier deur die plaas huis waai....Word daar nou WP ondersteuners ingevoer????☺☺☺☺....Hier kom GROOT pret....ai....die BULLE moet net leer skop!!!!....Spook.....en die geverwery.....gaan jy sowaar die storie deurvoer.....☺☺☺...Maters,die wat nog nie laat weet het...beter so gou moontlik....die kaartjies word môre gekoop....die reelings sal in die loop van die week deurgegee word....xxx

Spook said...

Jewls daai man is uit die tronk uit!! Ons kan darem weer gesels oor daai boetie. Die verf is gekoop..en ja Robyn daai plan sal deurgevoer word. Ek het respekte vir julle en jul span so ek bring n stukkie lap vir julle Bulmense om ook ietsie te verf.....en ek sal help....ma ek soek n blou streep van jou.....al is dit net vir vriendskap.

Die 2 kleintjies is nou huistoe...hul ma is terug uit die Kaap...doodmoeg ma ek dink daai kleingoed gaan haar opmaak vanaand. Hul het nog so ewe netnou elk n pakkie lekkers verslind en toe nog koffie ook gedrink...so Heksie gaan tot laat kuier vanaand.

Sterkte vir die week wat voorle en mag daar net voorspoedigheid wees.

kiets said...

O wee Spook - ekke weet nou nie of ek my kleingoed by jou sal los nie - Lekkergoed en koffie! Dis mos nou moeilikheid soek! En Smousie, wat so ewe sê hy maak net 'n grap, hy kom nie rugby toe nie, en dan die volgende oomblik is hy en Solwer op die vliegtuig. Ai, ai! Ek hoop julle kuier almal baie lekker.

Vroulief said...

Omdat ek nou nie 'n rugby-kyker is nie het ek my nou gladnie gesteur aan die rugby-kyk praatjies hier op die plaas nie... Nou word daar van verf en braai en allerhande goette gepraat en ek is gladnie by nie! Voel soos Rip-van-winkel...

Toe ek by DAAI hospitaal verby ry, wonder ek hoe dit met Jeweeltjie gaan - want sien Vroulief se skool het vanoggend weer begin, en ek moes daar verby!! En dis KOUD!! Wie wil nou op 'n koue oggend 8 uur al op kampus wees?

Maar moenie eers dink ek kla nie, want dis nou afdraende na graad-kry!! Ek kan byna nie glo dat ek op my ouderdom al gaan graadkry nie!! Maar dan begin die pret eers, wanneer Vroulief Honneurs doen!

Ek hoop almal geniet vandag se sonnige dag, want dit klink so al asof more sommer weer erg koud gaan wees!!

Robyn said...

Vroulief....jy kan nog steeds net kom saam kuier.....die rugby begin eeers 5uur....en ons gaan so vanaf 10uur begin bymekaar kom.....op Affies se gronde.....so maak plan....toeeee...seblief,Kiets julle kan ook mos net kom kuier...terwyl dit nog warm is....deur die dag.....Mag hierdie week vir elkeen net die mooi en goed inhou.....GLIMLAG....en wees lief vir mekaar...xxx

Jewls said...

Katjie, ek het ook daai koffie- en swietsstorie so gelees en 'n binnebewing gekry!!! ;-))

Waar's my rugbykaartjies? Ek is nog nie heeltemal seker waar die braai gaan plaasvind nie, maar dis seker naby die 224, né?

Vroulief, ek ry al weke lank rond met jou waterbottels in my kattebak. Dit sal dam lekker wees om jou Saterdag te sien en jou 'n vet druk te gee en my braaivleisie met jou te deel... Ek het by Pappa se slaghuis 'n heel fillet gekoop. Ridder gaan dit vir my perfek gaarmaak met Six Gun Spice en ek beplan braaibroodjies daarmee saam! Wat is op julle spyskaarte?

Nog net 2 slapies!!

Spook said...

Jewls nee wat daai kleintjies het toe n hond uit n bos geslaap hoor ek. Jou kaartjies is gekoop en in veilige hande...ek en my seuna het dit sommer by Robyn gaan afgee vir veilige bewaring.
Robyn gesels tog met die mense oor waar die storie is...o ja...Jewls ek bring n spice wat six gunn grill gaan wen....of ek dink so...Smous sal ma moet proe...ons gaan ok die wors en tjoppies ding doen..met al die maats van die seuns gaan worsbroodjies die ding doen. Robyn het gereel vir slaaigoete..ma sy sal netnou kom vertel op die stoep. Vroulief en Kiets...wat van julle kom vir n middagete saam...ek vra ma net mooi jong????

Lekker aand vir almal..en more is pannekoek dag lyk dit my met die koue windjie van die Kaap af.

Robyn said...

Jewlsie!!!!!!...kaartjies is vandag gekoop...ek sal so môre se kant al die reelings deurgee....ons gaan heerlik kuier en braai op Affies se skoolgronde....en Vroulief...jy en Kiets kan gerus draai maak....kuier saam...wedstryd begin eers 5uur...en ons beplan om al so vanaf 10-10.30 daar te wees....Jewlsie jy praat...ek ry weer met Mariaan se blompotjies in my motor,vir twee weke al...gelukkig sien ek haar Saterdag...dan kan ek dit ten minste vir haar gee.....hahaha....Maters ......ek sien so uit na Saterdag...koue of te nie.....ons gaan kuier dat die biesies bewe....trek net warm aan...en bring kombersies saam...net vir ingeval...ons wil nou nie staan en bewe....veral na die wedstryd...Spook...het jy al die gebleikte linne gekoop....hopenlik is daar nog blou verf in Petoorsdorp.....onthou...dis Blou Bul stad.....☺☺☺.....Hier kom GROOT pret.....ons Blou Bulle laat mos nie op ons wag....altyd reg vir n' uitdaging....☺☺☺....Al word daar versterkings ingevoer....deur my beste mater...en dan draai sy ook nog teen die Bloues...al was sy n' Kolkatjie....☺☺☺....Rustig...en snoesig slapies....laat die warmte van omgee deur elkeen vloei....xxxx

Vroulief said...

Robyn, julle oortuig my sowaar amper!! Ek sê nog nie ja of nee nie.. Maar ek mis my Vlaktekind op die oomblik so vreeslik... Hy is mos meestal in die boendoes, dit is 'n gelukskoot as ek hom aanlyn kry!

Ek dink ek sal moreaand se kant 'n beslissing maak, maar die kanse is goed hoor, het so bietjie vrolike geselsskap nodig.

Wat sê jy Kieter, kom ons maak 'n draai by hierdie fees..?

Jewls said...

Jippieeeeeeee!!!!!

Kiets said...

Ai maats ek sou wou, maar my tyd is Saterdag beperk. En wanneer ek nie iets aan het nie slaap die Ramkatjies. En siek kinders kan ek ook nie in te koue dae uitneem nie. So, ek twyfel, maar my hart is by julle. En dit sal wraggies net te sad wees om nie saam rugby toe te gaan nie.

spikkels said...

Hier waai vandag ñ wind oor hierdie vlaktes wat as hy jou nie gaan wegwaai, sommer goeters sal loswaai en oor die hele plek strooi. En die stòf is genàdeloos...

Robyn said...

Maters,ek het aan elkeen reeds die reelings gevonkpos....maar as daar iemand is wat net wil kom inloer....die Rugby reelings is as volg:Ons kom bymekaar op Affies se gronde so vanaf 10-11 uur Saterdag oggend…die rugby begin 5uur…maar ons wil lekker kuier,die ingang is R50,maar dan het mens heerlike spasie,en dis veilig om te kuier…die paaie word van vroeg geblokeer…jy kom in met Lynwood weg uit die Ooste…of uit die Weste met Jorissen straat,tot by die blokades…net so halwe blok van die skool se hoof ingang….daar is mense van Affies wat parkeer kaartjies verkoop by die blokades…jy sê net jy wil by Affies parkeer (Seuns Hoerskool)….kry die kaartjie,en ry dan deur…by die Hoofingang in…om so halwe sirkel…hou links…na die B/veld…wat langs die Hoof skoolgebou is…ons sal aan die linkerkant…van die rugbyveld…wees, bo op die graswal…onder die bome…maar bel net…ons sal waai…en skreeu…☺☺☺…Bring net Vleis/drinkgoed/stoele...en kom kuier heerlik saam....daar sal genoeg bykosse wees, vir die wat net wil inloer....Ai...ek is soos n' opgewonde kind oor n' verjaardag,partytjie....die ene Bonsie Bons....xxxxx

Unknown said...

en hier sit ik in Laag-os land en die laaste week heddit al weet nie hoeveel duim gereen nie - die karre versuip, die mense swem oor die straat die hoender gaan nooit weer oor die straat nie en hier is nie 'n droe kat in die hele dorp nie. EN nou mis ik nog di erugby ook. Sal meer weer oppi tiewie kyk offi gestreeptes my weer so kan trots maak saas laasweek. En die Griekwas is my 'hero's' vorewwir.

Spook said...

Kiets ons verstaan. Dit is jammer maar ons sal dat Robyn iets reel waar almal kan by wees.
Oom Mac dit is jammer oom gaan die rugby mis...en en die ander WP mense sou kon doen met die ekstra hulp,maar ons sal sterk staan en die streeptruie se naam hoog hou.
Oom moet maar per vonkpossie laat weet vir einde Augustus of daar enige reelings is wat ek solank moet regkry. Groetnis van n koue Pretoria en spierwit Karoo.

Robyn said...

Uncle....so heerlik om jou gegriffel te sien...ai...en daar reen dit nou behoorlik..katte en muise by jou..Uncle!!!!!...is jy dan nou ook aan Spook,Vlakkies,Smousie en Jewls se kant...skree vir die gestreepte pyjamas Donkies.....ai,ai...red nou n' nasie.....Waar is my Blou Bul maters.....HELP.....ons word amper oorheers!!!!!!Kyk...Saterdag sal ek my skreeu en spring moet ken....hoop net ek onthou die spelers se name....en skreeu op die regte tyd vir die regte insident...laat ek tog nou nie my kop in skaamte moet laat sak...amper soos toe ek op n' keer rugby op TV kyk...klets toe die insident gebeur.....en toe hulle die "replay" speel...skreeu ek dat die dak lig...en die res van die mense kyk my ongelowig en verergd aan.....en ek kruip amper onder die tafel in.....sjoe!!!!!....Nou ja.....laat ek in die kooi spring...dis koud...en die wind waai....my handjies val af.....Vannaand is my hartjie warm....want voor ek my ogies toemaak...sê ek dankie vir vriende...dankie vir mense wat in my lewe ingestap het.....en elke dag n' verskil maak.....lekker snoesig wees,en rustig slapies....xxxx

Jewls said...

Uncle Mac, jy vertel van alles wat so verkeerd is in Lagos, maar op my erf is daar groot vreugde vanaand want ons het weer ons eerste hoendereiertjie gekry... Ai toggie, dat iets so onbenulligs my so gelukkig kan maak!! Pappa het vir my 2 hennetjies van Lydenburg af gestuur om die eierproduksie op te stoot en 'n nuwe geslag kuikentjies voort te bring sonder gebreke... ;-))

Spook, presies hoeveel braaibroodjies moet ek Saterdag bring en het jy al genoeg vervoer vir jou taxi-hart?

Rooikoppie, maak vir my aartappelslaai!!

Dis nou nog net een slapie en ek wou al voor Egoli gaan inkruip het om dit oor te kry, maar Liefkind maak nog mooi en wil sommer deurnag... Kinders is dam simpel, né? Leonlief, ons wag vir jou!!!

Kaaskop said...

Robyntjie ek is 'n Blou Bul mater maar ek kannie met jou saamskreeu nie. Net jaloers wees dat ek hierdie party moet mis. Hoop dat julle 'n wonderlike dag gaan he.

Jewls said...

Ag, liewe Kasie, met jou statuur en wysheid en ondervinding, hoe voel jy oor jou Pretoriakind wat nou so verlief en verlore is? Hy lyk vir my heel skaflik! Sy beter hom net Loftus toe bring sodat ons mooi kan sekermaak namens jou!! ;-))

Kaaskop said...

Jeweeltjie, dankie dat jy so bekommerd is oor my Pretoriakind. Maar ek het hom laas Februarie al ontmoet. Jy sien dit goed, hy het op my 'n positiewe indruk gemaak. Bernice sal jou seker die storie vertel. En sy mag so verlief wees as sy wil, sy mag net nie verlore raak nie want dan gaat loop soek ek vir haar, of hoe se julle dit?

Smousie said...

Die WP wen eenkeer en ek kan nêrens 'n WP trui kry nie. Uitverkoop!!! Kry sal ons wel kry, voor Saterdag, anners sal ons die wit t-hemp ding moet doen en van Spook se blouverf en kwaste moet gebruik maak en daai t-hempies streep! Een slapie ja Juweeltjie en ek doen die deurnagding (ek ook 'n simpel kinners hmmm?). So baie om klaar te maak(en die intense uitsiens na die weersiens gee my slaaplus beter pak as wat Bioplus ooit kon droom om te doen).
Nou gaan ek my tikplank onner sy stofdop te ruste lê en my regkry klaarkry vir 'n onvergeetlike kuier in Petoorsdorp. Sien jou later......

Spook said...

Robyn...loer gou wat het jy met Jewls gereel oor braaibroodjies. Jy is mos my senior koordineerder tweede been topskaal. Vandag gaan doen ek die verf en lapding...Bloues..enige verfkleur versoeke van julle kant??

Smous daai WP hempding is nog volop hier jong...kyk daar is nie meer so baie staatsamptenare soos in die tagtigs wat hiernatoe ingevoer is nie. Geniet jou kuier baie en sien uit om jou ook Saterdag te ontmoet.

Kasie ons is n sterk linie die kant..ons almal sal Bernice oppas en sorg dat sy nie soek raak nie.
Spikkels...of ek het dit mis gelees..maar waar is die lojaliteite vir Saterdag?
Lekker dag almal.

Robyn said...

Spook....die liefde maak mens blind....☺☺☺ Jewlsie...2x Knoffelbrode/Buns/Margarine....maar as jy braaibroodjies wil maak...die Kaapse manier is jy welkom....(23hongeriges)...☺☺☺ en Jewlsie....en ek sal daardie Aartappel slaai ding doen!!!...Kasie...dankie vir jou lojale ondersteuning....en jou mense gaan heerlik saam kuier....Bernice sal fodies neem... Smousie.....sjoe...ons sien so uit om jou in ons geledere te ontvang.....al skreeu jy vir die verkeerde kant....jy en Spook gaan natuurlik...sterk staan teen ons Bloues.....maar ons is reg vir die geveg....Spikkels....ek is seker jy is n' Bloubul ondersteuner....en as jy nie was...beter jy sommer nou een word....die hele blog is nou skielik ander ondersteuners....en wat nou van my geliefde BLOUES....Nou ja,laat ek skoffel...anders groei die bossies my toe....en ek is te uitgeput vir Saterdag.....ek sal sommer daardie Bioplus ding doen....wat Smousie so oor spog....genoeg woema opbou...moet hard kan skreeu...op e af spring....en nog so paar mense rol....veral die wat dink die gestreeptes is "the best thing since Lollipop"....☺☺☺....sjoe...ek gaan nog geklap word....maar ek sê mos...ek is reg....vol Bonsie Bons....Mooi daggie vir elkeen....mag die warmte van die liefde deur elkeen gaan....jul verwarm op hierdie koue winters oggend....xxxx

Kiets said...

More more maters - ai besige dag maar reg vir hom. Besig met bietjie "sleeptraining" met Smousie se naamgenoot en ai, ja! Wat sal ek sê?

Ai ek is jaloers oor die rugby maar my beart sal weer kom. Lekker dag en liefde vir almal. En bly warm hoor!

spikkels said...

Ek is al ñ potbloue Noord-Transvaler van my geboortedag af!! ;-)

Robyn said...

Jipeeeeeee!!!!!...dankie tog!!!!!!Spikkels......Kiets...ons gaan julle mis....maar ek beplan al klaar n' daggie uit, met al die kleingoed...wag net dat dit warmer word....n' heerlike piekniek....xxx

Unknown said...

eisjjj- ka' sommer sien jy is hoenerkop - Smous, jy moet nou aankom in Pretoorja - daai nurse dink afwesig. Djoels - ik KLA nie - ik VERTEL - en ek laaik 't assit reen in Laagosland want da kannik speel ik fô bai fô... Boniface het Dwergie se Pajero versuip en nou, 3 weke later issi sietz nog steed nat. Geen son gesien ommit te droomaak'ie.
Ons was SO geseend - die "AFRIKA CHALLENGE" uitreikspan het heelweek hier by ons kom uitspan - kon ons drm di ejongmense lekker bederf. En hulle vi ons - hulle in kookspanne ingedeel, budget sonner limiete gegee en hulle moes elke dag kook. Ek het 23kg opgetel. Toe maak ik my ribbes were seer, nou dra ik NIKS nie. O-ja, ek het heelwat gewig aangesit ook.
Spook - daar is nsover nie juis iets vir te doen nie. Is jou paspoort gereed?
En ek wag nog om te verneem van die Voetspore span - dalk draaimaak hulle ook hierlangs...

Spook said...

Oom Mac ek gaan regkry,sal eers vir n tydelike een aansoek doen om seker te maak ek is reg.

Nou ja Saterdag is dit die beter dan lollipop span wat opdraf....dit daar gelaat tot Saterdagaand 19h00.
Lekker aand vir almal...en ons glimlag almal saam met Robyntjie en al die blou maters. Ons is mos baie lief vir julle..blou of te not...aan die einde van die dag is ons n gelukkige plaasspan.

Unknown said...

'n BlouBul ondersteuner ... ekke??? not in this life en ook'ie inni hiernamaals'ie ... want sien [nee, mens kan mos'ie prnkjies hisso sit'ie .. gan kyk maar self: http://www.nissan4x4.co.za/forum/forum_posts.asp?TID=6907

Kiets said...

Hallo al die plasies! AI, nog koffie, dan kan ek miskien gesels.

Nag 2 van "sleeptraining" agter die rug. Hoop ons kan nomme 2 kry om so lekker soos nommer 1 en 3 te slaap.

Mens, maar dis 'n pragtige dag buite. Koue windjie, maar die son skyn parmantig hier op Austin Robberts se waters, wat ons nou mooi uit die kantoor kan sien danksy 'n palmboom wat gesterf het.
Lekker dag almal!

Robyn said...

Kiets,jy stel dit so mooi....son skyn parmantig....en dan die Palm se dood, wat jou weg oopbaan om die mooi te kan sien .....geniet dit mater,ek is nou skoon lus om daar by Blue Crane op die gras te gaan lê, en die son op my te voel skyn... Ek hou duim vas vir die "sleeptraining"....een van die dae is julle oor al die probleem tydperkies...en dan glimlag jy net al die pad...Juis laas Saterdag, n' pappa met sy tweeling seuntjies sit en dophou op Loftus....so ewe Bloubul truitjies aan...elkeen n' Bloubul kepsie...en te dierbaar ...sonbrille....dan hou elkeen nog n' plakaat omhoog.....en pa verduidelik die spel al die pad....ai...dit het so oulik gelyk...Nou waar is die res van die plaas gesin.....mooi daggie vir elkeen....en onthou daardie GLIMLAG...xxxx

Unknown said...
This comment has been removed by the author.
kiets said...

Pragtige Vrydagmore hier! Hallo!

Ridder said...

Soos die oggendmis lig voor die son se skyn, so open haar ooglede oor smaragte, pragtig en rein....

Smousie said...

In die Overvaal se winterluggie omklem myse hanne nou 'n stomende koppie boeretroos. Môre Kiets, op die aga prut die koffie en in syse warm pensie lê die mosbolletjies en droog. Skuif nader......

spikkels said...

O jou romantiese siel! :-) More Smousie, Ridder, Kiets!!

Vandag is Vrydag, wat beteken more is Saterdag, rugby!! My blou klere lê gereed. En die kooperasie hier verkoop die oulikste blou-bul-vellies!! Maar moenie bekommer nie, hulle het nie my grootte nie :-) Hoewel ek dink dit sou nou heel spiekerish gelyk het!!

Lekker Vrydag plaasjapies!! Omklem die stomende boeretroos dat julle se hanne warm bly, en kou sag aan die mosbolle uit die Aga se pens, en sit op die stoep en kyk hoe wikkel 'n lente haar litte los, gereed om haar kleure oor die vaalgeit van ons velde te loop strooi...!!

Vroulief said...

Spikkel-patrys, dis alles goed-en-wel dat ons tekens van die lente SIEN, maar die koue beginne my nou vang... Ek wil nou baie graag die borrels in die lug beginne voel. Ek begin nou saam met Middelkind stem.. hierdie winter-ding doennit nou net nie meer nie!!

Anonymous said...

As niemand van jou hoor nie;
as niemand van jou weet nie,
kan jy tog niks verloor nie--
kan niemand jou vergeet nie.

As niemand jou bemin nie;
as niemand jou ooit raak nie,
kan niemand trou versin nie--
kan niemand jou versaak nie.

Dis tog so eenvoudig:
Dis jy, alleenlik jy;
en die groter sorge gaan vanself verby.

Niks om te verhaal nie;
net die vrede bly;
niks om te betaal nie--
en skielik is jy vry.

As jy op niemand leun nie
en niks van iemand vra nie,
hoef niemand jou te steun nie;
hoef niemand jou te dra nie.

Dis tog so eenvoudig:
Dis jy, alleenlik jy;
en die groter sorge gaan vanself verby.

Niks om te verhaal nie;
net die vrede bly;
niks om te betaal nie--
en skielik is jy vry.

Kaaskop said...

Hi Anonymous, ook mal oor ou Doepie? Jammer die man is nie meer met ons nie.

Kaaskop said...

Die naweek is amper hier. En Saterdag is die groot dag, ek sal oor 'n afstand aan julle dink. Mag vir die Blou ondersteuners die lugte, en die rook van die braai, koningsblou wees, die lag op jul gesigte oneindig, die skreeu van vreugde harder as 'n vuvuzela, en die oorwinning soet. Die WP ondersteuners wens ek ook 'n aangename dag toe.

Kiets said...

Ai maters - ek moet saam met Vroulief stem - die winter doen dit ni emeer vir my nie!

In alle gevalla - hoop julle beniet die rugby baie more. En "NOU DIE BLOU!"

Robyn said...

Hie ha....sjoe...vir wat bewe ek nou so....is dit die adrenaline wat pomp....ek is propvol Bonsie Bons....die sonsondergang was die mooiste mooi....die lewe is n' lied....En môre.....môre is die dag!!!!!....Blousel blou....windstil....winter warm....Snoesig wees my maters....en die wat dit nie met ons kan meemaak....julle beurt sal ook weer kom...ons gaan julle mis....maar julle sal elke oomblik in ons gedagtes wees.....En mag die beste span wen....en as daar miskien weddenskappe gemaak word....die verloorders die eerbare ding sal doen...en vorendag sal kom met hul beloftes....hie hie hie.....Lekker slapies....mooi drome....al wat ek sien is BLOU...BLOU...BLOU....XXXX

Spook said...

Dankie Kasie....dis mos nou sportmanskap daai. Sien jul Bloues hoe dit gedoen word. Kiets en wat is die storie van jou....ma manlief is mos saam met my....ek dink ons is more
net 5 WP mense en die res is Bloues.
Mag die beste span op die dag se spel wen. Aan al my Blou maters..sterkte vir julle span en geniet die dag baie en glimlag na die wedstryd ook asb!!!!!!

Spook said...

Robyn...kyk gou weer buite toe....dis al swart.....maanskyn en disas!!!!!

spikkels said...

Ek wens sommer ons twee spannetjies speel gelyk op more, dit sal nou prettig wees! ;-)

Kaaskop said...

Blue is the colour of the sky,
In the morning, when we rise,
In the morning, when we rise.
That's the time, that's the time,
I love the best.

Donovan, 1972

Vroulief said...

Daar is nog niemand wat vertel hoe lekker ons gekuier het voor die rugby nie. Dit was 'n lieflike dag! Vrolike uitbundige geselsskap...

Ek wonder nou net wat nou gebeur daar in die koue.. Hou julle verder fees? Of droog julle trane af..?

Dankie vir 'n heerlike kuier dag!!

Kaaskop said...

Dankie Vroulief dat jy daar is om te vertel hou lekker dit was. Ek het al vir my Petoorskind gebel maar daar is nie antwoord nie, hulle kuier seker lekker!

Spook said...

Eerste dinge eerste....baie geluk aan die Blou plaasmense se span. Daai jonges het goed gespeel en gewys Loftus is niemand se maat nie.

Vroulief daai tyd gisteraand toe staan ons nog om die vure en kuier. Almal baie gelukkig...lekker gelag en ongelooflike stories gehoor en vertel. Kasie jou Pretoriakind is in veilige hande...Charles is n wonderlike mens en ons het lekker gesels.

Robyntjie baie dankie vir jou en n groot dankie vir Willie en Mario vir die organisering en op en afslaan van die kampplek. Jewls en daar ontdek ek en Smousie ons kom al van laerskooldae in Cradock saam. Nadat ons in die vroeer tagtigerjare saamgewerk het..grawe ons toe gister ons speeldae in Cradock se strate en Jakkalskoppie oop. En dit na ongeveer veertig jaar terug. Dit was net wonderlik en ongelooflik.

Jewls se vir Liefkind dankie vir al haar hulp met die vlagverwery en ook as koordineerder van die "pool". Kyk mense hier is nou n klein mensie wat weet hoe om gees onder die groot mense in te blaas. Smous dankie vir die gesels en herinneringe aan die goue ou dae,dit het werklik die dag onvergeetlik gemaak.Vroulief , Spikkels,Heksie,Mariaan en my Blondt dankie vir julle gesels en kuier. Spikkels volgende keer bring eiers ook saam vir die ontbyt asb.

Robyn..nou het ons klaar baklei en okay ek het my weddenskap verloor..weet nie wat ek nog moet doen maar ek glo ek sal gereeld aan dit herinner word. Baie dankie vir jou werk en al die reelings en die spesiale plek by Affies wat jy vir ons gereel het.
Kiets en nou moet ek by jou uitkom om die Loftus dag se persentjie by jou uitkry.

Aan al die Plasies...n luilekker Sondagmiddag vir julle en dankie vir die wonderlike gees en vriendskap waarvan ek deel kan wees.

Jewls said...

Spook, jy het vergeet om te vertel hoe ek gevang is met die opveiling van die wors... Hie-hie!! Dit was voorwaar 'n wonderlike dag saam met julle almal al is Vlakkies se boetie nou weer in die tronk!! :-(( Robyn, nogmaals baie dankie vir die eersteklas staanplek en geriewe wat julle vir ons ingerig het en die heerlikste aartappelslaai onder die son!! Spook, ek weet jy het 'n vinger in die pastei gehad met al die reëlings - dankie ook vir die speserye!! Ek sal jou verseker laat weet hoe dit smaak!! Daai WP-vlag is 'n kosbare herinnering vir my en Ridder... Vroulief, dit was stunning dat jy so lekker saam met ons gekuier het deur die dag!! Vir my was dit besonders lekker om julle almal weer te kon sien en ook nuwe vriende te maak!! Ons sal dit nou maar 'n instelling moet maak om te kuier as die WiePie teen die Bulletjies uitdraf!!

Robyn said...

Deur die dag loop ek en dink,hoe sal ek nou gister kan beskryf.Eerstens,jammer WIE PIE ondersteuners....veral die wat van ver gereis het...en n' hele plaas se geldjies bestee het op nuwe WP truie....☺☺☺...maar ek is seker die kuier het opgemaak vir die verloor....As ek die dag moet beskryf...sal dit bladsye vol wees...Spook het met die idee van n' rugby bymekaarkoms gekom....en ek was maar net die hulp koordineerder....van die speserye geskenke..met die pragtige WP EN BLOU BULLE plakkers...die self geverfde vlae....was alles sy idees...ek het maar net gehelp...dis wonderlik om so as span van twee verskillende spanne saam te werk....intussen het ons mekaar behoorlik verpes.....maar nog steeds die beplanning vlot laat verloop...afgesien van ons verskille☺☺☺....maar wat alles n' sukses gemaak het was ons maters....die mense wat die dag met ons gedeel het....van vlae verf...tot Hubbly rook....en om die vuur konkas sit en wyn drink....en die dag oordink....aan elkeen van julle wil ek net sê...so baie DANKIE....dis mense soos julle wat die lewe mooi maak...die uitreik na mekaar bring n' warmte in my hart....want ons het mekaar so erg nodig....Snoesig wees vannaand....laat ons die warmte van liefde met ander deel....LEEF EN BELEEF....

Ridder said...

Sit ek vereers 'n laaste keer op my Prinses se troon en my oë loop oor haar prinsesdom en ek herleef in my gedagtes 'n saamwees gevul met soveel oomblikke wat mens nie kan agterlaat nie. Elke onthou van die saamwees leen ek net en ek gaan dit met rente vir jou terugbring Juweeltjie.

Kiets said...

Klaar gewerk vir die week wat kom, hoop die kids slaap vannag - lyk my nie Ramkat gaan nie - maar goeie nag liewe mense, en liewe diere. En jy ok Ridder!

Robyn said...

Koffie is op die stoep.....en daar is heerlike muffins.....Blue Berry...of Chocolate Chip....kom...laat ons net n' oomblik sit...en die warmte van die sonnetjie geniet....dis so mooie dag...laat ons glimlag...en dit met mekaar deel....mag hierdie dag...en die res van die week...gevul wees met mooi gedagtes....kyk om jou....sien iets besonders raak...en deel dit met ons op die stoep...xxxx

Kiets said...

Het ieman iewers bietjie verlore slaap gesien? More more mense! Lekker warm sonskyn!

Kiets said...

Het ieman iewers bietjie verlore slaap gesien? More more mense! Lekker warm sonskyn!

Prinses said...

Hoog bo die wolke, al verder van my af, vlieg jy nou Berg toe... Die Apies word 'n droeë lopie, laastelig het sy glans verloor, die sonsak bring net heimwee en verlange... Ridder, ek mis jou!!!!

spikkels said...

En Maandag is verby...! Baie dankie weer 'n keer vir almal se bydrae wat gemaak het dat Saterdag sommer 'n lekker-lekker dag was! Julle is wonderlik! :-)

Tyd vir "snuggle" onder die komberse, dis bibberend koud hier...

Ridder said...

Prinses jy het vanaand jou omgee in die mooiste woorde denkbaar verpak en op die plaas se stoepie vir my gelos om op te tel. Jy het net vergeet om op die verpakking te sit "Fragile, handle with care" want die die inhoud is van onskatbare waarde.

Smousie said...

Spookman en Robyntjie dankie dat jul my veilig by die opstygplek besorg het en vir die laaste lekker woordkuiertjie oppad soontoe. Het nog baie dankies om vir jul te sê. Hallo Kiets. Hallo Spikkels.

Jewls said...

Nou wat gaan hier aan dat hier niks aangaan nie!!!???? Toemaar, die stoep hoef nie blink te wees nie, die stoof kan koud wees, stof kan op die uitstalgoed lê, solank jy net weer terugkom... Ek mis julle dierbare mense nou erg baie want niemand het eers vandag gejuig nie!!!! Nou toe, sommer vyf soentjies vir elkeen en lekker frinkels!! Liefde, Jewls. xxxxx

Makou said...

Toemaar Jewls, jy is nie alleen nie. Hier sit ek ook maar heeltemal hopeloos en verloren! Luister nou lekker na Dana Winner terwyl die keteltjie kook. Vir die wat nie weet nie, Chris de Burg is November maand hier in SA! Het al klaar kaartjies gekry vir die Carnival City konsert.

O ja, hallo al die ander maters!

spikkels said...

M A K O U!!!!!!! Hallo!! Wat is frinkels Jewlsie? My sus se pensie staan wie weet waar, 'n spekvette gesonde baba gaan haar opwagting binne die volgende drie tot vier weke maak, ons is sommer baie opgewonde en dankbaar dat alles so goed verloop tot dusver!! :-)

Makou said...

Hallo Spikkels!! Lanklaas met jou gesels jong. Gaan dit nog goed met jou?

Vroulief said...

Wow, Makou het kom inloer!! Ons het Saterdag ook van jou gepraat en gewonder waar jy dan is...

.. Tot my verstomming word daar nie veel oor Saterdag se pret en mannewales gepraat nie.. Dit was dan sooo lekker.

Robyn, het jou prentjies baie geniet!!

Lekker slaap almal

Robyn said...

Makou...dis amper soos die verlore seun wat vir n' slag huistoe kom....lekker om jou raak te lees....Spikkels...so jy gaan "tannie Spikkels"....jy gaan dit sekerlik baie geniet om met daardie kleine bondeltjie te speel...Vroulief....ek dink dis van verstomming dat daar nie veel gesê word...die fodies doen dan die praatwerk....nooit gedink...n' bymekaarkoms en rugbywedstryd kan so heerlik wees...van 10vm-10nm het ons net heerlik gekuier en gesels....en die feit dat jy ook saam met ons kom kuier en braai het....ai...dit beteken so baie...al het jy nie die wedstryd en vuursittery beleef...was jou kuiertjie daar by ons baie spesiaal....Smousie uit die Kaap...spesiaal ingevoer vir die WP...Jewlsie met sterre in haar ogies...en die GROOT uitgawe om net in die gees te deel,hahaha,en Liefkind wat absoluut n' sterretjie was...sy het daardie WP vlag te pragtig afgerond met haar akurate verwery....en daarna mos ook die rugby "pool" behartig...soveel initiatief...dis verstommend...Dan was daar die wors wat opgeveil is...en die bod op Jewls toegeslaan word vir R500...mond oophang sake...angs...en heelwat later vind sy eers uit...dit was net n' beentrekkery....Die Bulle vlag is ook plegtig geverf deur elke Bul ondersteuner wat daar was...en ewe trots was daardie vlae gewaai op Loftus....Spook,met sy braai spesery geskenke...ewe trots in hul WP...EN BLOU BUL plakkers toe gewikkel...iets vir elkeen om die dag te onthou...laaank nadat dit verby is....daar is geëet...en gepeusel...en later gebraai...en al kouende stap ons klom oor na Loftus....Mariaan...en Hannelie was n' plesier om dop te hou...soveel uitbundigheid het ek lank laas aanskou....die gesiggies toegeverf,die arme de Waal van WP het maar swaar geleef onder ons geskreeu...mis...mis...mis....uit een bors.....maar die man KAN skop...en ons het elke keer druipstert daarvan afgekom...maar die ergste was seker toe my Bloues hier in die laaste sekondes van die wedstryd op WP se doellyn n' fout maak....en pleks van skop...probeer hy hardloop...ai...ai...die angs....ek gee vir Boeboes n' vuishou...en ek is seker as ek nie sy mamma was...het hy my net daar n' opstopper gegee....maar ek was so beangs...al wat ek kon doen is om hom n' hou te gee...hahaha...wel,die uiteinde was darem n' wen vir die BLOUES....en algeselsende...en hoogs in ons skik beweeg ons terug na ons kuierplekkie...dis al klaar koelerig...en gou-gou word die konkas aangesteek....en die vlamme lek die lug in....daar word weer gepeusel aan die oorblyfsels....en die Hanepootjie word geskink...daar moet hitte in die lyfies kom...en so kuier ons al om die hitte...bepraat die wedstryd....en lag vir insidente....die musiek kom aangesweef...en n' heerlike dag word afgesluit met n' trae groetery...want niemand wil regtig n' einde aan dit maak....dis warm in elkeen se hart...want vandag is daar weereens nuwe vriendskappe gesmee...oues herenig....en die besef dat daar soveel is om voor dankbaar te wees, spoel deur elkeen...want vriendskappe is die anker in ons lewens....en ek sê DANKIE...SO BAIE DANKIE......mooi daggie vir elkeen....LEEF EN BELEEF....xxxx

Robyn said...

Amper vergeet ek die belangrikste gebeurtenis van die dag......Daar ken Spook en Smous mekaar ....vanaf laerskool dae in Cradock....en later in werks verband...sjoe....die wêreld is klein....en hoe wonderlik was die hereniging van n' vriendskap...en die herhineringe van jare gelede....

Kiets said...

Middag maters! GIts maar dit was 'n besige 3 dae hierso.

Maar ek dink ons het die veldslag met slaap gewen - die oorlog is seker lank nog nie oor nie.

Het iemand 'n "time share" in 'n kat om te verkoop? Julle weet mos Kleinkiets is so mal oor 'n katjie en werk aan Zouga al vir lank. Vind ons toe vanmore na die allergiekliniek drama uit arme Christian is so allergies vir katte - dis iets vreeslik. So moet ek nou ons familienaam herdoop? Is hy inderdaad nie meer 'n Ramkatjie nie?

Kiets said...

Ek nomineer Spikkels om 'n skrywetjie aan my te "mail" sodat ons 'n mooi opskriffie vir die nuwe maand kan kry.

Spook said...

Vroulief en dink almal rus nog na die groot kuier van Saterdag. Was lekker om jou te ontmoet en Blondt kon ook toe sien wie is Vroulief.

Mense dit was n groot dag...die plasies het erg gekuier..daar is baie gesels en Smous en ek het te lekker oor Cradock se dae van die laat sestigs en vroee sewentigs gesels.

Jewls koop toe n pakkietjie wors vir net R500...nogals op n veiling daar tussen die plasies..glo eers die hele storie en moes dit toe skenk om te braai....later is sy darem gerusgestel dat alles net n grap was.

Verder kan ek met eerlikheid rapporteer dat almal wat daar was hulle voluit geniet het. Die doel van die oefening vir vriende om lekker saam te kuier is definitief oor en oor bereik.

Oom Mac my papiere is nou reg so ek begin al pak vir die uitreik. Laat weet net waarmee ek die kant kan begin help.
Lekker week verder en die naweek is dit weer ons Protea Bokkies.

Jewls said...

Tik my om met 'n veertjie!! MAKOU!!!! Genugtig, waar was jy Saterdag? Jy het soveel pret gemis sooswat Rooikoppie vertel het en soos ek lees, lag ek weer van voor af en kry lekker dat ek sulke wonderlike mense ken!!! Dis lekker om jou weer te sien!!!!! Hoe gaan dit met jou en wat vang jy aan as jy so hoog vlieg, hmmmm?

Tannie Spikkels. Ek hou daarvan!! ;-))

Katjie, julle sal altyd die katgesinnetjie bly en basta met jou!! Ten minste weet jy nou wat verkeerd is - wat van hondehare? Jitte, ek hoop nie so nie want wat gaan julle maak sonder die dierbare labs?

Spook, ek sal maar die Bokkies se wedstryd in my eie sitkamer sit en kyk want ek het nog nie 'n Springboktruitjie nie en buitendien is ek heeltemal uitgeroei deur jou twee vriendinnetjies!! ;-))

spikkels said...

Jewlsie, jy't nog steeds nie vir my gesê wat is frinkels nie!!

Dit gaan voorie wind en uitstekend goed met my, dankie Makou! En met jou? Waar vlieg jy deesdae dat jy so skaars is?

Tannie, gmph, ek's gin 'n tannie nie... :-)))

Smousie said...

Spikkels ek vermoed frinkels is wat jy doen na jy met slapenstyd getinkel het....

Smousie said...

...en tinkels is wat jy doen as jy te veel tee voor slapenstyd gedrink het.

Robyn said...

Sjoe...ek sien uit na die Protea Bokkies die naweek...die All Blacks is een van my gunsteling spanne.....veral as hulle daar die haka storietjie doen....Laat my dink toe ek nog so opgeskote was...hoor ek ook van die All Blacks.....vra ek toe so ewe...is hulle almal dan swart....want daardie jare was gemengde sport nog taboe....☺☺☺...Jewlsie...jy kan bly wees ons spulletjie ruk  ie op na Bloemies ...daardie kaartjies is so effe bo my vuurmaak plek....ai,vir wat jaag hulle die pryse so op...en dan sien jy die Paviljoene is byna leeg...en daar is nie veel van n' gees...En daar gaan staan en steel hulle ons Bloues se staatmaker...Wynand(Prins Valiant) Olivier....ai...ai....Spook...ek is skoon jaloers op jou vooruitsigte...as ek n' halwe kans kon kry...was ek saam....dis nog een van my begeertes...veral saam met Uncle Mac...dit gaan n' absolute belewenis en ervaring wees....jy sal maar dagboek moet hou...en n' volledige verslag kom doen...Maters...ek sit hier en ginnegaap...en môre moet ek weer die hoof skoffelaksie deurvoer....snoesig slapies....wees warm....laat die warmte van omgee, uitgaan na andere...xxx

Juweeltjie said...

Liewe Smousie, dankie dat jy so mooi vir Spikkeltjies verduidelik oor jou vermoede wat frinkels beteken. Ek vermoed ook dit beteken iets soos 'lekker lappieslollies' of 'twapies' of 'snoesig wees' of 'snorkies' of so-iets!! ;-))

Robyn said...

Dis n' heerlike sonnige winters dag....net reg vir in die sonnetjie opkrul....mooi daggie vir elkeen.....xxx

Kiets said...

Oi julle, nee, gestress hierso. Kom ons sê maar net - groot drama, maar by die werk. Huis en haard is veilig.

Jeweeltjie - gelukkig nie vir honde of perde nie!

Robyn said...

Kiets....wat dit ookal is...jy is in ons gedagtes...STERKTE!!!......Wil julle vertel wat vandag gebeur het...vanoggend toe ek by die werk kom...staan een van ons werkers daar....uitgeteer...erg maer...vir weke nou al is hy byna nooit by die werk....kort-kort stuur die Dr n' brief...waar hy hom afboek...en teen die tyd, is sy siekverlof lankal al op gebruik...maar as hy n' dag of twee werk...betaal ek hom....Hy sit voor my...haal n' Dr's brief uit....Diagnose....Diabetes....hy haal n' ander brief uit....HIV TEST: NEGATIVE,net sodat ek moet sien...sy toestand is nie agv die gevreesde siekte........en daar sit n' man voor my...en huil soos n' kind....my hart gaan uit na hom....agv die feit dat hy so min werk....kry hy byna nie geld....niemand by sy huis werk....en sy vraag is..."wat gaan ek doen....ons het nie kos"...en die trane loop oor sy wange....en ek sit daar...en die magteloosheid laat my lam....en uit my hart wens ek,ek kan iets doen....maar dit sal net n' druppel in die emmer van ellende wees....En nadat ek die regs maatskappy geskakel het om die nodige prosedure van so geval vas te stel....en dit aan hom verduidelik het...is hy uit by die deur....en terwyl hy so wegstap....stadig,half verswak...platgeslaan....loop die trane oor my wange....Lekker slapies my maters....glimlag...al is jy soms verblind deur trane....ons het soveel om oor dankbaar te wees....hou mekaar vas...laat die warmte van omgee deur elkeen gaan...xxxx

Spook said...

Jewls ek gaan Saterdag by my maat in sy sitkamer die storie bekyk. Ons hoop maar dit gaan goed en moreaand is dit nog rugby.
Smous gaan jy nie Nuweland toe met jou WP trui nie??
Kiets alles reg by jou jong?
Ek sien daar kom groot koue..handjies op die ketel en bly warm. Lekker aand vir almal.....o ja voor ek vergeet...Hallo Makou...aangename kennis.

Smousie said...

Spookman daai WP DUURsaamheid is diep in my kluis weggebêre(en verseël ommie bietjie parfuum onthou daarop te preserveer), maar na die Nuweland gaan ek verseker, al is dit in my ontsnapte broer se tronk uniform..... Hallo Vlakkies.

Unknown said...

die slaap loop sulke wye draaie om my - iewers klap daar skote, maar dis ver genoeg - die honne slaap vas en my dwergie nog vaster. Buite smyt 'n rondloop hond 'n asblik om - met 'n moerse gekletter - ek lees Rooikop se pos, en ek sien ook daai ouman gang afloop. Ek onthou SY woorde ... "die armes sal ons altyd by ons hê, ...." Die 'Bootmense' van langsaan het iets aan, die tromme word hard geslaan vanaand. (daar is kiekie van di eBootmense op Bakkiesboek van ekke. Sommer so voluit Mac Mc Menamin, ek sukkel nog om uit te pluis hoe werk die ding, maar my bakkies is darem al daar. en kiekie van Emma en vannie bote [kano's?]
Die wind huil loei om die hoek en die balkon se traliewerk. More darem vir die laaste keer doktir toe. Baie vriendelik maar so bekwaam soos 'n visserman agter 'n helikopter se stang.
Is goed om jou weer raak te lees Smous. Jy se maar min vir ons anner. Vlaktes se stilte moet ook 'n rede he. Kiets, hou moed my kjent, aanstons is hulle groot en dan mis jy die woel-en-werfskaf dae. Kelkiewyn - sien jy, Oompie hettie gelieg'ie .. tyd maak dinge beter. Dit werk soos salf. Jy moet netnie aan die rowe krap nie. Sê die doktir vir my ook. Maar die bôjaan in my sal altyd nuuskjierag wees.
Dagse ammal - omie gaan nou inkruip.

Smousie said...

Jammer Uncle Mac, ek sukkel nog om my woordvoete weer te vind, maar dis verseker nie 'n geval van "uitie woord-oog, uitie woordhartie" belowe.

Robyn said...

Snoesige daggie...dis snerpend....drink vuurwarm koffietjies....en hou die lyfies warm.....xxxx

Kiets said...

Ai more almal! Dankie vir die mooi woorde Oompie, maar die kleingoed is 100% op die oomblik, Na ons ou SLeeptraining oefening slaap ons weer goed. Dis werksgoete wat nou pla. Kan nie nou meer sê nie, net dat Kiets stergetuie in 'n hofsaak gaan wees en dat my nerwe maar kou.

Oompie - ek soek jou op Bakkiesboek hoor!

Warm bly almal = Vroulief, ek weet jy is nou seer en Blommie - warm bly. Ek dink Vlakkies is sonder vonkie, of hoe Vroulief?

Jewls said...

Ek het dit hierdie week so geniet om op my erf te eet want Smousie het gesorg dat my yskas vol kos is wat net gereed lê vir opwarming. Afval, spaghetti bolognaise en braaivleis!! Selfs die geroosterde beesfilletskyfies met Rooikoppie se aartappelslaai, netjies tussen twee snytjies bruinbrood, was 'n groot bederf as ek my kosblikkie by die werk oopmaak... Jitte, dan voel ek so bederf, geliefd en dankbaar dat ek kos het om te eet!!!

Katjie, moet jy nie maar vir jou Rescue-druppeltjies kry nie? Wanneer kom die saak voor? Sterkte Vriendin!!!

Uncle Mac, jy skryf so mooi dat ek dit twee keer gelees het!! Ek hoop daai dokter verklaar jou perdfris en gesond vandag sodat jy ons weer jou sterk optel-drukkies kan gee!! ;-))

Vroulief lê seker heerlik in die bad en ontdooi... Ek is maar bly ons sukkel nie in hierdie koue met beurtkrag nie!!! Nog iets om voor dankbaar te wees!

Kiets said...

Ai Jeweeltjie, jy skryf nou sulke mooi woorde hoor! Pragtig en Smousie - dis nou hoe mens maak hoor! Oulike ding!

Ag Jewlsie, ek leef mos op REscue pilletjies - al vir 4 jaar - het die goed ontdek met Kleinkiets en die mos werklik wonderlik.

Smousie said...

Kiets die pad na 'n vrou se hart loop mos maar deur ..... issit nou haar maag of die juwelierswinkel. Dinge het ook so verander dat ek nie tred hou nie, maar die maagroete lyk my is heel effektief...;-))))

Kiets said...

Die pad na my hart loop deur Ferrero Rocher....

Smousie said...

Hoop die randte van die pad na jou hart is ontbos, anders gaan ek 'n struikrower daar word en al daardie vraggies Ferrero Rocher voorlê...... Nie 'n soettand nie maar daai is "to steal for!"

Juweeltjie said...

;-)))) Pragtig!!!

Trots WiePie said...

PROOOOVINCE!!!!!!!!

Smousie said...

Die wedstryd verby en ek kyk af na my DUURsame WP truitjie en ek sê saggies "Dankie Disatjies jul't ten minste een paaiement op die truitjie terugbetaal". Ook maar net net. My oë dwaal weg, 'n Kolkat oorhempie vul my visie en 'n dankbaarheid vul my dat ek 'n gestreepte Kolkatjie, iets so skaars soos 'n duursame juweel, in my lewe het. Lekker lappielollies.

Kaaskop said...

Baie geluk Streeptruie! Ook maar net op tyd geswitch Jeweeltjie anners sou daar dan iewers 'n klein onenigeit kon gewees het. - Kiets, sterkte vir jou in hierdie tye wat vir jou moeilik is. - Gaan dit goed Vroulief? Jy het darem maar weer jou vriendelike self gelyk op laasweek se kuierfodies. - Jammer julle voel soos Rainbow hoenners in Shoprite se vrieskas, maar soos ek onthou kry die Afrikasonnetjie volgende maand weer krag. Nog net so bietjie uithou. - Wat is Rescue pilletjies? Dit mag dalk handig wees want ek het planne vir die naweek en dis moontlik dat ek een of ander tyd iewers moet gerescue word. - Lekker naweek almal.

Jewls said...

Smousie, ek is jammer oor jou DUURsame truitjie maar bly dat dit jou soveel vreugde gee!! Die laaste keer wat ek gisteraand se gamepie geniet het was toe die telling 6 elk was. Daarna het my mond droog geword, 'n knop het in my keel gespring, my hande wou mekaar nie uitlos nie en toe weet ek in my hart dat ek wraggies nog 'n Kolkatjie is!! (Met 'n WP-hempie!!) ;-))

Kasie, jy beter soet wees want lyk my Charlie Die Vryer hou jou dop!!! Hie-hie!!

Kaaskop said...

Bokkeeeeeeee!!!!!

Vlaktekind said...

BOOOOOKKKKKKKEEEEEE!!!!! O ja en dan hierie ene ok: PRRROOOOVIIIIIIINCE!!!!!

Kaaskop said...

Hi Vlakkies, gaannit goed daar in Smileyland!

Kaaskop said...

Ek interfier nie Jeweeltjie, en Charlie die Deepfryer kan maar doen wat hy wil, maar ek hou hóm dop!

Unknown said...

as die wind bly waai soos hy nou daar waai dan strand my skippie hier in die kaai van die baai. dis nagstil daarbuite behalwe vir die droewige hartseer loei van die wind. alweer - en die buurman se kok het stry gekry met die ander buurman se drywer en nou stry hulle met die wagte wie moet eerste die stilste bly. ek staar by die venster uit oor die groot groot meer. oorkant op die anderkant oewer snel 'n stel ligte verby. iemand wat laat van 'n funksie af kom ... of een wat baie vroeg erens heen oppad is. daar kom die poliesie se patrolliboot ook nou van onder af .. die seiltjie is nie meer oor die 20mm gedrapeer nie. van anneraand af wat die Delta se gomgatte die olidepot aangeval hier onner ons neuse is die magte meer paraat. of ten minste, hulle kom so voor. die rondloperhond het nognie wer verby gekom nie. die stryery het bedaar. die wind hou nog volstoom aan met waai. plul-pluk aan die dak, ruk-ruk aan die venster. speel met gister sekoerant teen die tennisbaanheining. my Dwergie se ons dieet van vandag af. ek is al klaar honger. net die gedagte. ek kyk af oor my pens, moet voor leun as 'k my voete wil sien. ja-nee, 'k kan doen met 'n dieet. en 'n bikki oefening. ek dis die ding. oefening. ek wens ek het iemand in die hiernamaals geken. sou so graag wou laat weet: "se tog groete vir my ma. en as hy daar is, ook my pa."
my wagbeurt is amper om. dan kan annereen weer rondsit en met ou gedagtes torring ... tot die voering loskom. jy weet mos hoe dit werk, jy onthou iets van stander 5 se jaar, dit spring oor na sub b en dan weer tot grootmenstyd. jou eerste 'kys'. jou laaste kyk na 'n vriend of ma of broer se lyk. die onthou van heppietyd. en partykeer seker ook van hartseerwees. maar minder so. hang maar af hoe jy die lewe wil bekyk. ek? ek is mos 'n heppie mens. vra annereen my annerdag, in ingils, nogal: "if money was not the object, what would you buy" toe se ik vi hom, "i've got everything i want and more than i need. maar assik kon, sou 'n lekker stuk droewors nie sleg gewees het nie. hy het my laaaank baie snaax aangekyk. niks verder gese nie. annerdag sallik hom weer probeer beduie wat dit beteken om te GLO, om Jesus te ken. maar of die moemdaan sal vertsaan... daai raaisel sal bly staan.
nou toe nou, daars my beurt ook v'by. nou kannik ook gaan le.

Vlaktekind said...

Ou Kaasman, dis maar ok soos ou Mac sê: Lyster na die hartseer droewige wind. Alweer. Dis stof innie harre, stof tussenie tanne, stof innie oë. Maar dam ok stof tot dankbaarheid. Matys Roets sing mos hoeka: Waai genadeloos wind waai, waai my uit my verstand. Petykeer is dit ok norag lattie wind jou kop leeg en oop waai. En lattie stof jou lat besef hoeveel jy so by so ok nog het om voor dankbaar te wees.

Unknown said...

plagiaat o plagiaat ... maar ik sal die aantie krediet gee. Hirri is net te ougat om vi my self te hou. So, KRY vir jou. Die meeste van die 45 gutters stemmik nogal mee saam.

1. Life isn't fair, but it's still good. 2. When in doubt, just take the next small step. 3. Life is too short to waste time hating anyone. 4. Your job won't take care of you when you are sick. Your friends and parents will. Stay in touch. 5. Pay off your credit cards every month. 6. You don't have to win every argument. Agree to disagree. 7. Cry with someone. It's more healing than crying alone. 8. It's OK to get angry with God. He can take it.
9. Save for retirement starting with your first pay check.
10. When it comes to chocolate, resistance is futile. 11. Make peace with your past so it won't screw up the present. 12. It's OK to let your children see you cry.
13. Don't compare your life to others. You have no idea what their journey is all about.
14. If a relationship has to be a secret, you shouldn't be in it.
15. Everything can change in the blink of an eye. But don't worry; God never blinks. 16. Take a deep breath. It calms the mind.
17. Get rid of anything that isn't useful, beautiful or joyful.
18. Whatever doesn't kill you really does make you stronger.
19. It's never too late to have a happy childhood. But the second one is up to you and no one else.
20. When it comes to going after what you love in life, don't take no for an answer. 21. Burn the candles, use the nice sheets, wear the fancy lingerie. Don't save it for a special occasion. Today / now is special. 22. Over prepare, then go with the flow. 23. Be eccentric now. Don't wait for old age to wear purple. 24. The most important sex organ is the brain.
25. No one is in charge of your happiness but you. 26. Frame every so-called disaster with these ords: 'In five years, will
this matter?' 27. Always choose life. 28. Forgive everyone everything. 29. What other people think of you is none of your business. 30. Time heals almost everything. Give time time. 31. However good or bad a situation is, it will change. 32. Don't take yourself so seriously. No one else does. 33. Believe in miracles.
34. God loves you because of who God is, not because of anything you did or didn't do. 35. Don't audit life. Show up and make the most of it now. 36. Growing old beats the alternative -- dying young. 37. Your children get only one childhood. 38. All that truly matters in the end is that you loved. 39. Get outside every day. Miracles are waiting everywhere.
40. If we all threw our problems in a pile and saw everyone else's, we'd grab ours back. 41. Envy is a waste of time. You already have all you need. 42. The best is yet to come. 43. No matter how you feel, get up, dress up and show up.
44. Yield. 45. Life isn't tied with a bow, but it's still a gift."
en dan - een vir ekstra: Friends are the family that we choose for ourselves.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Written By Regina Brett, 90 years old, of The Plain Dealer, Cleveland, Ohio.

"To celebrate growing older, I once wrote the 45 lessons life taught me. It is the most-requested column I've ever written.

Askies die Ingils - 'k is te lui om dit nou op een hoop te sit en vertaal. My fywrit?? nommer 30. Vra maar vir Oumie Naomie [daar van die boek Rut]

Jewls said...

Liewe Uncle Mac, ek het net tot by nr. 12 gelees en toe is daai knop terug in my keel!! Omstandighede maak mens mos so onverstaanbaar optree soos die hartseertyd toe Loverboy depressie gehad het en ons hande gelos het. Joe, ons was eensaam en sommer hopeloos verloren, soos Makoutjie sou sê! Tog moet mens vasbyt en deur die seer werk en op 'n dag kom jy agter dat dinge nie meer so seer maak nie, dat 'n dagbreek of 'n laatlig jou vreugde gee...

Vlakkies, as ek 'n vuvusella of ander raasding gehad het, het ek so by so vir jou gesê dat ek bly was om jou woorde te lees!!! Daar gebeur so baie goeters in jou wêreld en ek wens jy kom vertel vir ons meer... Blieffies!!!

Hierdie week gaan soos tref en trap wees maar daar moet asb. nie bloed by betrokke wees nie!! Dinsdag is Toastmasters, Woensdag is Expo, Donderdag is Koor en Vrydag is Entrepreneurs... Dis opwindend om so uit te sien na 'n week waar vrees en voorbereiding skouer skuur...

Kennetjie op, boudjies in! MY WAY!!!

Lekker slaap maaitjies!! xxxxxx

Prinses. said...

Ridder, ek is lief vir jou!

Ridder said...

Tik tak tik tak kom Ridder die plaas ingetik op ou Silwer.... !! Hy trek die leisels in en sy oë dwaal oor die plaasdom.. Prinses?!! SJOEEEEE my hart planeer nou sulke 1 4 3 hartkloppies oor my borsstuk!!

Makou said...

Goeie more al julle wonnerlike mense! Die winter moet nou pad vat. Ek smag om net weer buite te wees. Wyse woorde wat Uncle vir ons daar geplaas het en so met die lees het nr.32 vir my iets beteken.

Vanoggend wonder ek weer of dit sleg is vir n mens om nie op hoogte te wees met wat om ons aangaan nie. Ek lees nie meer koerant nie, kyk nie nuus nie en luister ook nie daarna nie. Dit is net slegte nuus waar jy kyk. Nog n moord, massa stakings, gru ongelukke, dienslewering geweld en so gaan dit aan. Dit vat my twintig minute om by die werk te kom en in daardie tyd verander die radio my opgewektheid na mismoedigheid oor al die sleg wat gebeur.

Gelukkig het ek n keuse en ek gaan dit gebruik. Musiek sal my volg waar ek ookal gaan en ek sal die mooi van elke dag bewonder en weet dat daar spesiale mense rondom my is.

Geniet die dag en mag hierdie n wonderlike week wees vir almal!!!

Kiets said...

Ai mense, een ding is seker, ek is so bly ek hoef nie elke dag met regsmense en regsdinge te werk nie. Dit was 'n lang dag en my kop draai behoorlik!

Spook said...

Na n bietjie rooflees en n koue naweek,lekker rugby en waardevolle 46 punte om van te leer wil ek graag op die maandagaand vir almal n geseende week verder toewens.

Na n baie stil naweek voel ek sommer weer reg vandag na gesels met die belangrike mense in my lewe.

Spook said...

n Geliefde seding van n vriend van my is.....DAAR VAT HY NOU... ek vra toe uit oor die storie en die volgende vertelling verduidelik toe alles.

So klompie jare terug in Middelburg KP kom n kleurlingman by die bottelstoor uitgestap met n sak wyn onder die arm...daai 2 liter bedrywe in die silwersakke...nie eers meer in n boks nie.
Twee tree later op die kant van die sypaadjie gaan sit hy toe en drink die sakkie sommer gou leeg....draai daai silwersak tot elke laaste druppel in sy keel af verdwyn.
Staan op en gooi die lee sak in die asdrom wat teen die telefoonpaal vasgemaak is en gaan sit dadelik weer...hande op sy kop staar na die grond voor hom.
Na so 20 minute staan hy op...staan eers stil...gee so tree of twee...met n ligte sydelingse stappie keer hy teen n kar om nie te val nie....en toe met n groot glimlag se hy vir homself...DA VAT HY NOU...en al slingerend vat hy die paadjie huis toe.

Lekker aand mense.

Jewls said...

Spook, dis wat mens 'n papsak noem!!!! ;-)) Wat het jy en jou hartsmense so gesels vandag? En het jy behoorlike kos op die tafel gesit? Onthou, as 'n vrou moeg gewerk is en heeldag 'nice' was met mense, dan wil sy saggies behandel word, né? Dankie dat jy en Rooikoppie so goed was vir my Geliefde en hom veilig lughawe toe gevat het - jitte, ek het dit so baie waardeer!!

Makou, ek probeer al vir JARE om my nie te steur aan die nuus nie, maar as ek my kry, dan sjuut ek vir Liefkind, draai my kop so skuins vir beter-hoor en luister al daai slegte nuus... Jy het wonderlike musiek en ek dink jy doen jouself 'n guns om af te skakel, maar moet nou nie begin two-step in die verkeer nie, hoor jy!!! ;-))

Liewe Katjie. Ai, ek weet nie wat om vir jou te sê nie want ek is nou ook onlangs daardeur - vir 'n hele 6 maande!!! Mense het die beste raad vir my gegee en tog was hierdie hele prokureurs-ding vir my alles-oorweldigend!! En juis oor ek weet hoe dit voel en hoe frustrerend dit soms is, moet jy afskakel en doelbewus werksgoed by die werk los... Hoe gaan dit met Christian? Ek bid dat alles goed sal verloop en ek gaan vir jou persoonlik Ferrow Rosher (Patrysie!!!!) koop en ons gaan daai fancy sjokoladepapiertjies in die Irene melkplaas se wensfonteitjie in skiet en bly wees!! En dan vat ek vir Kleinkatjie vir 'n walsie op die Mooooo-muur!! Wens ek kon jou andersins help Vriendin!!!!

Vroulief, ek het vir jou nog waterbottels!! Is jou aansoekvorms al ingestuur? Kasie het tereg opgemerk dat jy heel ontspanne was met ons kuiertjie daar by Loftus!! Niks gaan ons onderkry nie, né? Vrouens van staal!!!

Spikkels, ek het nou al 18 klein eiertjies in my yskas!! Hoe gaan dit met jou?

Slaap lekker Liefmense!!! xxxxx

spikkels said...

Ferrero Rocher (dink ek?) Ek kon nog nooit nommer 5 regkry nie, en my gunsteling is nommer 15... :-)

Anonymous said...

22 is my steil .. dis maar hoe ek dinge doen ... nog altyd. Maar van nou af gaan ek VOLUIT vir Nr 23 en dan ... net weer 'teregwys' Nr 34 is DIE grootse grootste waarheid ooit.
Aitog - die ding het my naam vergeet. Dis dan nou maar so. Hier gaan ek .. naamloos.

Robyn said...

Sjoe....no 25...ek is verantwoordelik vir my eie geluk...no20....Doen elke dag waarvan jy hou...gaan voluit...LEEF EN BELEEF..no39...Laat die son elke dag vir n' paar minute op jou skyn...die warm gevoel...verrig wondere....Kyk om jou...sien iets mooi...en laat dit jou dra deur die dag....EN glimlag...al is daar n' traan in jou ogies....Mooi daggie vir elkeen...xxxx

Robyn said...

Saggies baie saggies...stoot ek die deur oop....die kaggel brand knus....Wagter lê ewe rustig...maak klein ruk bewegings...en sug...Die bottel met Port staan op die tafeltjie....met n' glasie daarnaas...so asof dit spesiaal daar gesit is... vir my....Geen siel vannaand voor die kaggel..net ekke...en die slapende Wagter....mmmm...sippie vir sippie vloei die voggie in my keel af....ek staar diep in die vlamme....Maters ...wees snoesig....laat die warmte van omgee deur elkeen gaan....xxxx

Kaaskop said...

Robyntjie, weet jy hoe gevaarlik dit is om alleen te sit en drink!

Kiets said...

More more almal! Zouga berig dat dit warm en baie ruig is in die jagveld. Jy hoor die koedoe, maar jy kan hom nie sien nie. Gits, moeilike jagomstandighede - hoop ons kry darem biltong!

Lekker dag vir almal en liefde.

Robyn said...

Kasie,jou reaksie kom so lank nadat ek my lot bela het,ek kon al van die stoel geval het,maar troos jouself,ek is op en top☺☺☺....Kiets,is jy nou weer alleen met die kiddies,ai,nou skoon belustig vir so biltongetjie....hoop hy sien iets raak om te skiet☺☺☺....Nou waar is al die mense...dit kan tog nie die koue wees wat julle so stil laat raak!!!!....one moet die warmte van vriendskap laat vloei deur kommunikasie....kom,kom....laat daar gekuier word...Makou...ek lees glad nie koerante,jy is reg,dit laat mens net met harseer en pyn,ek kyk wel die nuus,moet so effe op hoogte wees,van wat om mens gebeur....en dan natuurlik die sport nuus, en weer berig...ek wil weet wat om te verwag van die weer☺☺☺...Spook na jou nuwe span jou so liederlik in die steek gelaat het,is jy maar erg stil....toemaar...die Bulle sal weer opstaan...hier tee die einde van die Curriecup gaan dit erg naelskou wees....hoop hulle eindig bo...en hulle speel hopenlik op Loftus.. ons reel dan die grootste lekkerste bymekaarkoms!!!!....Smousie,waar vaar jou bootjie tans.....sos ons so bietjie....Nou ja,klaar geklets...bossies wat wag....mooi daggie vir elkeen...wees warm..laat die hartjies klop van omgee...xxx

Kiets said...

Robyntjie - lekker om jou hier te hoor. Ek het die Oompie se lysie uitgedruk en hier opgehang om my deur die tye te dra. Hoe lyk dit - wil jy nie kom help kinders in die bed sit nie? Dis nogals 'n takie op mens se eie hoor!

Ek is mal oor die lekker warm weer vanmiddag - voor die koue wat die naweek kom!

Kiets said...

O ja, Spikkels hou haar doof vir my vrae, maar ek het nou dringend (soos in more) ietsie nodig in terme van skrywe oor die rugby vir Augustus se blokkie. Toe nou - daar is baie kandidate!

Spook said...

Jewls dit is daai diep gesels met jou mense...om sonder skaamte vir hulle te vertel hoe lief jy hulle het....ook van baie verlang al sien n mens mekaar elke dag en sommer net daai spesiale waardering vir mekaar. Dit kan mos net beter as n mens vir die naby aan jou vertel hoe jy voel en dankie se vir alles. Daar het ek helemal verander en is nie skaam om dit te se nie.


Robyn...rugby is soos die weervoorspelling....sal geen voorspelling weer waag nie...hul se mos as jy nie wil lieg nie hou jou neus uit die weer uit.
Lekker aand vir almal.

spikkels said...

Dis geskryf, dis geskryf! Ek vonkpos hom vroeg more-oggend! ;-) Reg so Kieters?

Vroulief said...

Laaanklaas selfs net ingeloer!! Kniediep in die akademie, en die slim mense meen as jou derde jaar einde se kant toe staan kan hulle jou toegooi onder die boeke en woorde.

As ek so vinnig vluglees oor al die dae wat ek net nie kon inloer nie, lyk dit asof dit met almal goedgaan.

Nee die Honneursvorms is nog nie in nie.. Het darem tyd tot einde September om in te handig.. Ek moet nog 'n kleur foto laat neem om op die vorm te plak.. Dis hoe die "powers that be" dit vereis..

Stem julle nie saam nie: Dis tyd dat winter nou 'n slag einde kry, ek is moeg gewinter...

Mooi bly almal, sorg tog net dat julle warm bly!!

Robyn said...

Kiets...as ek enigsins nader aan jou gebly het...sou ek jou met graagte kom help het....belowe...Hoop alles verloop goed daar by jou....as elkeen eers in sy bedjie is...en daardie ogies is toe...en jy kyk so af na die liefdevolle slapende gesiggies...kan jy nie glo hulle kan soms so woelig wees...STERKTE....ek bestel n' rustige nag vir julle....Spikkels...het jy my vonkpossie gekry....ek het jou naamgenoot raakgeloop....n' fodie geneem...en spesiaal vir jou gestuur....Spook....jy weet dat jou weddenskappe en voorspellings jou net probleme veroorsaak....☺☺☺...jy het n' goei besluit geneem....Vroulief...juis gewonder wat het van jou geword....sterkte met die studies...en snoesig wees...ja,die koue kry my ook onder...erg...en nou kom daar vir die naweek weereens n' koue front....ons sal maar die kaggel moet stook...lekker sop maak.... Port drink....en rugby kyk..binne die snoesigheid van ons huise...Jewlsie....gaan dit nog goed daar aan jou kant...ai,die week hol jy mos rond met Liefkind se dingetjies...en dit so in die koue...dink aan jou!!!...Ek gaan nou my gebruiklike Milotjie maak...en in my bedjie kruip....en net my daggie oordink....ai,daar is soveel om voor dankbaar te wees...Laat elkeen se omgee uitgaan na iemand besonders...snoesig wees....Lekker slapies my maters ...dankie vir jul omgee...xxx

spikkels said...

Dis gestuur Kiets!

Jewls said...

Lyk my almal wag vir die nuwe maand... ;-))

Kyk, as ek vanaand skuins voor 9 inry op my erf, is die spul laat, koue aande in 'n ry verby vir 'n rukkie!! Dit was nogtans prettig en ek is bly ek het Liefkind hierdie geleenthede gegee!

Mooi aand vir al my dierbare maaitjies!! xxxxx

Vroulief said...

Na ek die grootste deel van die dag sonder 'n vonkie was, en my Vlaktekind vreeslik gemis het, kom ek uiteindelik aanlyn!! Nou wil ek kuier en daar is beswaarlik iemand!!
Is almal dan al klaar vasgevreis nog voor die nuwe koue ons getref het??

Jewlsie said...

So, Vroulief, is ek nou beswaarlik iemand? ;-)) Ek hoop Vlakkies praat gou met jou!!!!

Spook said...

Ja nee almal wag inspanning vir Spikkels se nuwemaand begin..dankie Spikkels vir jou hulp in die verband. Vroulief almal sien daai koue kom jong. Tot n voorspelling vir reen Saterdag.

Nou begin die storie van kwota's weer in ons rugby.....se my hooftuinhulp gister vir my....hy kan nie verstaan hoekom ons so sukkel met die kwota's nie....ons moet nou eens en altyd soos Nieu-Seeland maak....hulle is al klaar reg want hul hele span is mos all blacks.
Nou wat moet ek nou se??
Lekker aand en sjoe...wees ma warm die naweek.

Robyn said...

Hier is ekke...koewieeee!!!!...Vroulief....kom hier...ek en jy kan mos nou n' hond uit n' bos gesels...ek sorg dat die kaggel gestook bly...en ons maak onsself lekker toe met sagte kombersies...en wat van n'Milotjie..belowe jou...die koue sal sommer die wyk neem....Weet julle vanmiddag oppad huistoe stop ek by die robot....en daar staan n' gestremde wit seun....sukkel baie om te loop...maar loop van motor tot motor...en bedel n' geldjie...dis so ontstellend....ek wil sommer uitklim...die seun aan sy arm vat, en help...hom oplaai...en huis toe vat...my hart was so seer....waar slaap hy...hoe kom hy weer by die huis....het hy n' huis?.....ai,ai....Snoesig wees my maters....vannaand is ek so dankbaar vir mense soos julle...xxxx

Jewls said...

Spook, is daar by jou kinders se skool ook sulke dinge soos rugbyraaie en Vrydae in siwwies? Een jaar het ons vir Liefkind 'n stewige stel Bul-horings op 'n fietsryhelmit gemonteer, haar gesiggie blou gesmeer, haar Blou Bul aangetrek, maar ongelukkig moes ek haar dokter toe vat oor sy bietjie olik gevoel het en sy los toe haar horing-gedoente in die klas. Toe sy 'n uur later weer terug is by die skool, was die foto's klaar geneem en het haar maaitjie die prys gewen met Liefkind se mondering aan!! Na 3 jaar is die tweetjies nogsteeds nie heeltemal lekker oor wat daai dag gebeur het nie... ;-)) Vanaand moet ek weer ten minste 5 rugbyraaie doen sodat Liefkind môre in siwwies skool toe kan gaan. Wie gaan my help? Op my kniekkies smeer ek asseblief toggie!!

Jewlsie said...

Robyn, NEEEEEE!! Mens kan nie vir almal lief wees en almal jammer kry nie!! Tjarity starts at home, so gaan vat vir Willie aan die hand, trek hom uit sy gemakstoel uit, sit hom in die bed en luister bietjie hoe sy hart klop vir jou!! Mmmmm, dis wat ek nou wil hê in my lewe!!!!!!! Eenvoudige dinge soos om huistoe te kom na iemand toe wat omgee, om kos te maak vir hom, om saam tiewie te kyk en oor die dag se dinge te praat, om saam planne te maak, saam opgewonde of depressief te wees, stoute-kykies te deel, hoendereiertjies te bewonder, die volmaan inwag, moeilike woorde opsoek in die woordeboek, giggel oor simpel grappies, mooi liedjies te luister en lus word vir dans, die tuin en kombuis te beplan asof geld nie 'n probleem is nie, snuisterye te koop, luukshede so uit die hoogte aankyk en heimlik te wens... Ai toggie!!! Dis mos lekker om 'n maat te hê wat by jou pas en jou voluit laat straal!! Los nou eers daai straatgedoentetjie en pleistertjiesplak al weet ek jou hart sit op die regte plek, hoor jy? Jy en Spook het planne vir 'n kindervriendelike kuier? Vertel, Vriendin!!!!

Vroulief said...

Dankie Rooi-Robyn dat jy reg is vir lekker kuier. Ek het eintlik so baie om te vertel!! Die lekkerste is dat Bergbok-hulle nou huis soek om voor te berei vir hulle eersteling wat aankom. Hulle het mos nou lank as koshuisouers in 'n skoolkoshuis gewoon.
Dis ook so lekker om uiteindelik baba goedjies te praat,en te hoor hoe spoegdoeke moet lyk en wat daarop moet kom... Dis skynbaar hoe oumas moet reageer...

Maar ek kry koud en moet more oggend sommer baie vroeg uit die huis saam met Middelkind - sy waentjie moet in vir 'n diens, en wie moet die aflaai werk doen? Ma moet mos maar.. Al klink dit of ek kla, dis nie regtig so nie.. Hierdie ma is so trots op die Middelkind dat sy baie vir hom sal doen!!

Julle moet snoesig slaap almal..

Spook said...

Jewls ek is seker nou laat met die rugbyraai.....ek dink tog so 21-15 vir die Protea bokke.

Robyn daai storie waaroor ons gesels het is nou mooi deur Jewls uiteengesit. Jou huis is jou paleis en dit wat jy insit gaan terugkom na jou toe. So onthou moremiddag met die rugby saam daai pannekoek. As ons kon sou ons almal mense in nood gehelp het...onthou 10 Okt...die 4x4 klub van Manne van die Woord neem daai dag so 150 oumensies fonteinedal toe vir n dag uit.
Ek is daar en gaan help kos maak. Wie kom kuier saam??

Wonderlike naweek vir almal.

Jewls said...

Hie-hie. Vroulief, ek lag lekker oor daai spoegdoeke... Wie sal nou beter weet as jy!!!! My Broerskind is nou swanger met 'n tweeling en deesdae is dit ook al waaroor my Ma praat. Ag siestog, dis seker so 'n lekker vooruitsig om Grootouma te word!!

Spook, daai uitstappie na die Fonteine klink vir my na 'n gawe geleentheid om te kuier en ook iets vir ons oumensies te beteken. Deel maar die werkies uit, solank ek niemand hoef rond te ry nie want jy het nou al gesien hoe klits bestuur my op, né? ;-))

Wat 'n heerlike windstil wintersmiddag!! Dit maak my lus om soos die honde uitgestrek, pensie in die lug te lê in die sonnetjie en sug van lekkerkry!!

Môre werk ek heeldag by Loftus. Dit sal my verseker na julle laat verlang want ons het so lekker daar gekuier!!

Mag almal veilig en warm wees hierdie naweek!! Liefde, Jewls xxxxx

Kiets said...

Oi, Jewlsie, jou gaan 'n amper tweeling ouma word! O ja, hallo almal! Nog nie gesels vandag nie, maar darem gesorg dat my plaasbestuur sakies vroeer vanoggend gedoen is.

Zouga is oppad terug van sy heel eerste suksesvolle jag - arme ding, maar dit was erg ruig. Hy sê mens hoor die koedoe al dan kan jy hom nog nie sien nie. Meeste van hulle het nie biltong gekry nie! Wel solank hy geru en lekker met vriende gekuier het is ek gelukkig.

Jeweeltjie, Kleinkiets staan nou hier agter my en sey wil met TannieJewlsie kuier!

Jewlsie said...

Gee vir Kleinkatjie 'n soentjie van my af en sê vir haar sy moet jou been trek vir 'n kuiertjie... Ek sal BAIE daarvan hou!!!!

Jeweeltjie said...

Bloos. (Ek dink die korrekte uitdrukking is arm draai...) ;-))

Jeweeltjie said...

Ag Katjie, ek wil graag vir jou 'n kompliment gee. Jy praat altyd met die grootste respek en liefde van Zouga. Soos nou weer dat jy bly is dat hy kon rus en kuier saam met vriende al het jy dubbel die lading gehad met al die katjies tuis. Julle het so 'n besonderse mooi verhouding van mekaar se behoeftes verstaan en mekaar aflos en dit die ander een heelhartig gun sonder om ooit iets negatiefs te voel of sê!! Pragtig!!

«Oldest ‹Older   1 – 200 of 201   Newer› Newest»