Sunday, August 2, 2009

Augustus - tyd vir wind en daai laaste wintersnikke.


Gebeure in ‘n Tuin – wat in Oktober eers lewe, maar reeds oor gedroom word in die Maand van die Wind, Augustus…


O, wat ‘n lewe is dit diè een wat ek leef!

Rondom my kop val appels swaar gelaai met ‘n soete rypheid na die grond!

Volronde trosse uit die wingerd vul met hul nektar my mond!

Vanself reik die naartjies en nuuskierige perskes na die greep van my hand…

En in die verbygaan struikel ek oor waatlemoen en spanspek en bekoring!

Maar dan, omring deur magrietjies, gryp die gras my en trek my neer op sy sagte groen lower,

en fluister soos ‘n beminde in my oor: “Dis byna die maand van Oktober!”

113 comments:

Vroulief said...

Ek is sowaar eerste!! En hier is nog niemand by die stoof nie.. Ek het die stoof se hitte sooo nodig. Die rede dat ek hier sit..? Ek "procrastinate" Wie het nou lus om op 'n Sondag agter die boeke te sit... Dinsdag is dit sowaar al die eerste semestertoets!!

Vanoggend vroeg was alles toe onder 'n dik mis-kombers, en in hierdie koue voel dit net nie asof ons ooit by daai ryp vrugte en somer geure gaan uitkom nie!!
Vanoggend knyp ek maar die oge styf toe en droom daarvan, want hierdie winter is nou tot diep in my gebeentes en ek is gedaan ge-winter!!

Hoop almal het 'n ryklik geseende en sage rusdag!

Jxxx said...

Vroulief, ek soen jou sommer!! Ek het Vrydagoggend vir die eerste keer werklik besef dat ek en Liefkind elke aand van hierdie afgelope week lank na 8 tuis gekom het en toe glo ek mos nou ek is moeg... Jitte, dit was lekker om die oostelike sonnetjie te waardeer op die pienk bedjies en toe hy so westelik draai, toe draai ek op my ander sy en teen laatmiddag toe sit ek met my voetjies op die eetkamertafel op die stoep en geniet die vrede wat net 'n laastelig en 'n goeie boek mens kan gee!! Soms moet mens net afvat en die ander dinge wat lewensbelangrik in mens se lewe is toelaat om bietjie sonder jou klaar te kom, al weet jy dat jyself nie daarsonder kan klaarkom nie...

Oe la laaaa! Nou gaan ek my koue hande op Liefkind lê!!! Dis altyd vir my oulik hoe sy opvlieg en droom-praat-deur-die-slaap en dan rustig raak in die wete dat ek haar ontsettend liefhet en haar vashou - sy parkeer altyd my koue hande iewers anders voor sy vir oulaas sug en wegraak in droomland.

Droom mooigoed vanaand!!

spikkels said...

Kleine Caro se verwagte aankomsdatum is 12 Augustus 2009, ñ volle nege slapies ver! En die rakker weeg reeds 3.1kg! Is nou so opgewonde my spikkels spring sommer van my vere af! ;-)

Kiets said...

O ek hou van Caro se naampie! Ai Spikkels, geniet voluit. Om tannie te word was vir my amper so lekker as om ma te word.

Hoop almal geniet die hitte vandag en mag julle 'n heerlike aand hê. En onthou om vanaand na Mnet te kyk teen half 10 vir die "No 1 ladies detective agency" en Mma Ramotswe

Robyn said...

Maters....soos gewoonlik...en al weer was ek afgesny van die buitewêreld...gelukkig was Telkom heel op en wakker...en siedaar hier is ekke.....Spikkels!!!!....Tannie Spikkels.....mag Caro vele plesier in jul gesin bring...en laat vrolike kinderlaggies deur die huis klink....Vroulief...sterkte..dink aan jou....praat van die winter...ek is ook nou op daarvan....die gebewe...nee,ek bly maar n' somer baba....Jewlsie...so bly al jou rondryery in die aand is nou klaar...brrr...sommer koud gekry vir jou part....nou waar is al die plasies...lyk my die koue jaag almal vroeg kooi toe....Laat ek vir my n' bekertjie Milo maak....en onder die donsies inskuif....My dag oordink....vandag het ek weereens besef hoe gesëend is ek....en in my hartjie sê ek DANKIE....so baie DANKIE.....Lekker slapies almal...xxxx

kiets said...

More more almal! AI ja, die siekkes in die huis het my die hele nag op gehad. Leon se mangels kan ek nog hanteer, Zouga se misterie siekte is 'n ander ding. Ons hoop dis net een of ander virus (onbekend) en nie een van die 3 goed waarvoor hulle toests nie - Malaria, Bosluiskoors en Vrakgriep. Of wel, Bosluiskoors is seker niks om oor te bekommer nie en ten minste sal dit nie die gesin aansteek nie.

Robyn said...

Vroulief,sterkte vir die toets vandag...en baie geluk met Bergbok se verjaardag,ja,mag net die mooiste sy pad kruis.....Kiets ...ai...sterkte mater....hoop dis nie te ernstig...dink aan julle....Mooi daggie vir almal....onthou die glimlag....xxxx

spikkels said...

Lekker verjaar Bergbok, laat dit juig!!

Kiets said...

Lekker verjaar aan die "Pappa- to be". Mag jy 'n geseende (en ek weet baie spesiale) jaar hê. Hoop jou toets gaan sommer baie goed vandag.

Robyn said...

Koewieeeeee ...waar is al my maters!!!!....ek het blye nuus!!!!....raai wat.....ons gaan OUMA EN OUPA...word!!!!!....Leon(oudste)en sy vroutjie lief,verwag n' kleine bondeltjie....en die ouma was al klaar in die winkels....vir baba ...sagte kombersie en...beertjie gekoop...en vir nuwe mamma...n' boek....wat haar deur alles, stap vir stap sal neem....en in my hart wens ek hulle net die mooiste en beste toe...laat ons Liewe Heer elke oomblik met hulle wees.....en laat daardie bondeltjie vreugde ,met die verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan...vir hulle net vreugde en hope kinderlaggies bring....Ai,maters.....ek dink 30jr terug....toe ek byna my Leon verloor het....maar hom opgedra het aan die Heer....en vandag kan hy die vreuge smaak,om ook n' Pappa te word.....n' sagte, fyne lyfie vas te hou....en ook op te kyk in dankbaarheid,oor die krag en liefde van onse Heer....

spikkels said...

Kinders by dosyne!! ;-) Veels geluk en jippee!! Die nege maande gaan baie vinnig verby, dis daai laaste nege dae wat oneindig voel!! Lekker koop en bederf ouma Robyn!

Jewls said...

Geluk en voorspoed en liefde!!! xxxxx (En lig daar by die Katjies!!)

Spook said...

Baie geluk aan al die tannies...oumas en verjaardagmense.
Kiets sterkte by julle...alles sal regkom.
lekker rus almal.

Kiets said...

Geluk Robyntjie! Wat 'n vreugde (en dis net enetjie ne?) Skuus, maar ek moet maar altyd daai grappie maak.

Maters, ek is verlig om te berig dat Zouga net bosluiskoors het. Daai enetjie hanteer ons sommer chop-chop. Leontjie is ok beter en het nie te sleg gisteraand geslaap nie.

Lekker dag vir almal!

Unknown said...

nee o vrek wag, laat ik spaander - hirri plaas raak nou ongesond - assit nie pregnansie is'ie da' issit bosluikoors met bosluisbytkoors oppi koop toe .. laat weet my assit weer veilag is om kop uit testeek in die geweste. Ons internet is meestal hier morsdpodgevrek so 'k vat maar die kans as hy verbyko.
Beterskap vir almal en baie geluk virri OUMA to-be.

Vroulief said...

Ag Rooi-Robyn!!! Dis sooo lekker, ek weet want ek is jou een tree voor!

Wag tot jy daai eerste sonar-fototjie sien, dan raak mens skoon koekoes van opgewondenheid.

Ek hoor gereeld van Bergbok af dat hulle 'n kleine gimnas het.. Sy mamma vertel net heeltyd hoe besig die kleine dingetjie is.

Maats... Ek het gister se toets oorleef!! Lekker slaap almal

Kaaskop said...

Liewe maters wat toetse oorleef, ouma of tannie word, baie geluk. Ek wens net ek kan julle 'n bietjie warmte stuur tydens die laaste wintersnikke, want dit is hier !@#$% warm!

Kiets said...

Ai mense, die stress is baie, die werk raak agter en more is die groot dag. Maar is dit nie die allerpragtigste dag wat die Vader vir ons gestuur het nie? Dit laat sommer my hart sing.

Anonymous said...

Sjoe die maters is skaarserig!

Kieter ons dink aan jou... en ja dit was vandag 'n ongelooflike mooi dag.

Kasie ek is versigtig optimisties, dit lyk of ons dae matiger word.. en ek is maar onrustig, want die slim-weer-mense beweer ons gaan die somer deurloop onder die Elninjo verskynsel - warmer en droeër weer.. Stadig nou hoor!!

Maar ek is net te dankbaar dat dit vir my voel asof ek ontdooi..

Lekker slaap almal

Kaaskop said...

Beste Mnr. of Mevr. A.N.O.N.Y. Mous. Vertel vir ons plaasmense wie jy is asseblief. Dalk kan ek dan ook reageer want ek deel mos nie my secrets met sommer almal nie. Net pelle mag weet wat aangaan!

Robyn said...

Maan...maan...mooie maan....jou strale betower my.... omvou my met jou lig gloed.....bome staan afgeëts in jou blink baan van lig....sterre skitter soos diamante....knipoog-knipoog...onder jou skynsel woel die wêreld....moord en doodslag seëvier....maar die genade van liefde is groter.....in die donker omvou dit jou...beskut jou....die warmte vloei deur die koue gebeentes....Maan....maan...mooie maan....

hoenner said...

Het vanoggend besluit tot hiertoe en nie verder nie. Word vroeg soggens wakker van asemnood, hooikoors, sinus, nies, uit ñ ander wêreld. Toe gooi ek vir myselwers ñ stywe dop hoendermedikasie, diè wat hulle in die kuikens se water gooi vir gesonde slymvliese. Goeie genugtig dis snotsleg, maar ek kry weer asem! Iemand vir ñ dop?

Kiets said...

More almal! Gebedjies vir die regverdiges asseblief! Dankie.

Vroulief said...

Ek weet regtig-egtig nie hoe dit gebeur het nie... Ek is die naamlose ene van gister..

Ek vra groooot verskieslik!! Is ek vergewe?

Kieter-Kiets, ons dink aan jou sterkte!!

..en gister dink ek die dae wil nou beter word, en nou is ek so half bedremmeld in die kouerige wind.. Hoop nie dit word weer erg koud nie, ek is gedaan ge-'winter'

Dis langnaweek!!! vir gewone mense, studente moet die neus in die boeke hou anders word die Augustus nog augustiger... die wind is regtig genoeg noodsaaklike ergernis!!

Hoop nou nie almal is weg vir die naweek nie, want dan soek ek seker weer alleen hitte by die aga...

Kiets said...

Ai maters, ja - en so is ons toe nou ok nie in die hof nie. Geen regter beskikbaar nie, uitgestel tot Dinsdag oggend.

Nou kan ek gou vertel van ons opwindende aand gisteraand - speel na tandeborsel met Kleinkiets en swaai haar so tussen die arms deur van die badkamerplankie na die kamer. Daar gly die nat handjie uit myne en slaan sy neer - koppie teen die koesyn.

Ek troos maar en sê ek's jammer en vryf die koppie en skrik toe ek die bloed sien. Toe ek versigtig loer besef ek dadelik - hierdie is steke sake. So is ons toe nou Wilgers ER toe en 7 clips later weer by die huis. Wonderlik vinniger as steke en die beste is dat die ou mooi haartjies nie af te geskeer hoef te word nie. Ai, on spesialiseer mos in meer as een krises op 'n slag, of hoe?

In elk geval, baie dankie vir almal se ondersteuning - ek waardeer dit waarlik opreg - die boodskappies hier, op bakkiesboek en per vonkpos - julle is regtig wonderlik.

Sterkte met die swot Vroulief.

Jewls said...

Al is dit hoe snotsleg - gooi vir my 'n doppie!!! Ag Spikkeltjies, ek het 3 hoenderhennetjies wat baie eiers vir my gee en die laaste week raak enetjie mos broeis. My Pa sê dat ek haar net vir 2 weke apart moet hou en dan sal sy weer lê, maar hierdie moederhart laat haar toe op die nessie met 8 eiers sit!! Oor 21 dae gil ek weer dat ek donsies het!! ;-))

Ek was so half murig gisteraand omdat my internet konneksie sommer so weg was, maar dis omdat my gigs opgeraak het - dis nou wat 'n slim outjie vir my vandag probeer vertel het en toe moes ek meer koop. Vroulief en Katjie, dit was nie die rede hoekom ek julle tweetjies verwaarloos het nie, hoor? Ek is skandelik in die skuld omdat ek my eie goetertjies by die werk gehad het om uit te sorteer. Jitte die volmaan bring hoop en die tanende maan gooi stoffies op die blink - Dit het my agt maande gevat om deur prokureurs te baklei dat ek 12 jaar gelede 'n mondelingse kontrak gehad het om nie spoed te doen nie en uiteindelik het ek daai papier in my hand gehad vandag. Geteken deur die hoogste gesag!!

In ons huis staan 'n kleine huisie kompleet met kaggel, kandelaar en buitelig - dankie Ridder!!!

tannie spikkels said...

Kry ons ñ lekker verrassing vanoggend! Kleine Caro Ferreira het vanoggend besluit sy wag nie meer tot Woensdag nie, dis nou tyd, en sy is gebore! ñ Pragtige kleine mensie, 3.05kg 49cm, met ñ bos pikswart hare en ordentlike stembande! Dit gaan goed met moeder en baba! ;-)

Kaaskop said...

Baie geluk tannie Spikkels. Dat die klein meisiekind in voorspoed en geluk mag groot word, en julle net vreugde gee.

Robyn said...

Spikkeltjie....vreeslik baie geluk....ai...nou is jy amptelik.."tannie Spikkels"....mag daardie bondeltjie vele vreugde in almal se lewens bring...Vandag het ek heerlik in die veld deurgebring....die son op my gevoel en die warmte het deur my gevloei...net rustig verkeer...dis waarvan ek hou...so na n' woelige week...vasgekeer in die kantoor.....die ope lug...en veld geure....so dankbaar dat ek dit kon beleef....Nou vir die groot skreeu....hopenlik speel die Bokke beter as my dierbare Bulle speel....GO BOKKE GO....Lekker middag maters....xxx

Kaaskop said...

Super Bokkkkkeeee!

Vlaktekind said...

BOKKKEEEE!!!!!! En dan ok Nou die Blou - Poublou!!!

Jewls said...

Ek is in die sewende hemel van geluk!! Om lief te wees en daai liefde dubbel terug te ontvang, is enige meisie se droom!!! Dan het my geliefde Kolkatjies bietjie stof opgeskop... ;-)) En die Bobbies skink sjampanje uit die Carltonbeker uit!! Die Bokke was nou wraggies die tjerrie oppie koek!!!

Kleine Caro Ferreira, ek hoop Tannie Spikkels bederf jou tot in die afgrond in want jou Ma gaan jou probeer grootmaak volgens 'n boek oor sy die heel beste vir jou wil hê. Sy gaan jou ankers gee, maar ek weet onse Spikkeltjies gaan jou vleuels gee... Ag, baie geluk, Klitsgrassie!!! Ek is so bly dat alles goed gegaan het!! Liefde, Kakiebos!! Vyf soene!!!

Vlaktekind said...

Kaasman, van waar ken jy vir Suria Thirion-Janse van Rensburg?

Vlaktekind said...

Geluk Petrysie

Kaaskop said...

Vlakkies, Suria is die dogter van Francois Thirion, Mariaan se broer. Suria is dus my niggie.

Unknown said...

Wat het van Oom Jan Thirion geword wat by Pelidaba was?

Vroulief said...

Sjoe is dit oor daar 'n nuweling iewers in die lane is dat daar nou so familie uitgelê raak op die plaas?? Ek giggel altyd in my mou as Vlaktekind beginne vra oor sy voorsate en die aanhangsels!

Spikkel-patrys, geniet die poppie.. Ai daar is min dinge so mooi soos 'n splinternuwe babatjie..

Ek sien dan gisteraand die eerste keer 'n prentjie van die mooie boepie waar my kleinkindertjie groei!! Kry sommer 'n knop in die keel.

Dit was tot dusver net 'n uitputtende naweek en daar is geen blaaskans voor einde Augustus nie!!

Hoop dit gaan sommer baie goed so van huis tot huis!

Kaaskop said...

Mac, oom Jan Thirion is mos Mariaan se pa, en ek is baie jammer om dit te moet sê dat dit met hom nie goed gaan nie. Dis sy bloed en hy is nou besig met 'n chemo kursus en dan weet jy wat ek bedoel. Ek het vanaand met hom gepraat en hy klink goed onder die omstandighede. Solank daar lewe is is daar hoop. - Vandag was ek op die lughawe van Amsterdam om my niggie, dis nou my sussie se dogter, te verwelkom. Sy en haar man en twee dogtertjies bly in Amerika en hulle kuier vir 'n paar weke hier in Kaasland. Die jongste dogtertjie het die eerste twee jaar van haar lewe in die hospitaal gelê met slukderm probleme. Sy kon nie op die normale manier eet en drink nie. Die kleintjie is nou 3 jaartjies oud en heeltemal gesond. Toe sy daar aangestap kom met 'n breed smile op haar gesiggie toe sê ek dankie, met trane in my oe.

Vlaktekind said...

Mac, ek hettie eers geweet van so mensie. Loop mos toe nou annerag wanner die Suria meisiemensie oppie Bakkiesboek raak. Wag nog solat sy nou vir my moet bedye van waffer Thirions lat sy nou is. Nou kom sta' bedye die Kaasman sommer daar van Kaasland af vir my.

Een ding is seker: Allie moelikgeite het mos geloop sta beginne doei tyd toe lattie Fransman hier in 1806 se koers, toe hy net mooi klaar was mittie bakleiery mit ou Baird se Rooibaadjies by Bloubergstrand gat loop sta beslyt lat hy innie mooiste Kaap wil bly. Loop sta raakie man mos toe nou verlief op daai Liebenberg meisiemens daar vannie Swartland. Maar soos wat dit mos nou afstammelinge vanne matroos betaam, konnie spullejie mos nou nie lank stilsit op een plekkie. Skaars twee geslagte later spannie spulletjie mos toe nou die waans in en daar gat loop sta gat hulle toe mos nou vort. So lat perty van hulle toe nou nie eensie waans gestop kry voorlat hulle daar kort by Okahandja gat loop sta ytspan nie.

Mit die het oupa Krisjan Witbaadjie se pa ou Jan Thirion toe mos nou moeg gat loop sta worre virrie sitterasie oppie harde wakis wattie Dyster vir hom van greinhout gemaak het lat hy net kort deuskant Karasburg gat loop sta' vierspoor vassteek. Seg hy virrie anner lot: Nou kan julle maar in julle se moere in trek. Ek bly net hier. Dis hoeka die wakis wat nou dese dae in my voorhys staan.

Hoe lattie anner lotte in Pretoria en Johannesburg gat loop sta bly het weet ek nou noggie. Daai stad-goed kan net mooi niks goed wees virre afstammeling vanne swerwer enne matroosie. Die lat ek toe oppie bakkiesboek gat loop sta rondkrap om yt te vinne wie lat daai lotte nou is solat ek vir hulle kan vra hoe lat hulle toe nou daar te lande gat loop sta kom het.

Vlaktekind said...

Kaasman, dankie virrie inligting. Ja, dis jammer assie dinge 'n man so vat. Seg maar sterkte vir Mariaan van my kant af al het ek hulle nou noggie gekon raakloop hettie.

Kaaskop said...

Dankie Vlakkies, ek sal jou goeie wense oorbring. - Maar nou sit ek so en lees jou storie en sien hoe skryf jy die woord "seg". My skoonpa het die woord ook altyd gebruik. En die geskiedenis soos jy dit nou opskryf bring herinneringe bo, want my skoonpa het mos familie in amper allie dorpe van goeie ou Suidwes tot in Petoorsdorp. Ek kan onthou dat hy saam met my swaers by die eerste verkiesings van Namibië na Ariamsvlei toe gery het om te stem. Ek het nooit verstaan hoe dit gewerk het nie maar ek sal uitvind. Van die Thirion mense het by die weermag aangesluit, my skoonpa was tot hy geretire het 'n majoor en was betrokke by die security van Pelindaba en Valindaba. Daar was ook nog 'n generaal Thirion wat by die MID (Militêre Inligting Diens) gewerk het. Mariaan het ook daar gewerk en kan dalk meer vertel. Lyk vir my nogal 'n interessante ding om verder te soek in die geskiedenis van die familie.

Vlaktekind said...

Kaasman, daai soldaat ding dink ek het hoeka gebeginne by daai Fransman. 'n Luitenant gewees. Die generaal van wie jy praat was hoeka Chris, wat later van tyd Die Werf se hoofkok en bottelwasser (en baas) was. Da' was daar ek, my lang kleinboet en my kort ousus. En Frits wattie voetsoldaat kaptein was by Brug 14. En nogge Chris wat okke spioenman was. Enne vlieg sammajoor, ek dink hoeka hy was ook 'n Chrisjan. En Rooi Daan wat kolonel was op Kimmerlie.

Ek het ok daai tyd Ariamsvlei toe gery van Upington af vir daai stemmery. Sommer daar in my eie ou Laerskootjie waarlat ek gat loop sta leer skrywe en somme maak het.

Kaaskop said...

Hi Vlakkies, dis nou interessant. Op die plaaskuiertjie laas Januarie by Jeweeltjie het dit mos so uitgekom dat die Thirons nie net 'n klein spannetjie is nie maar wat in groot groepe in die wild voorkom. Mariaan was ook daar en sy het saam Vroulief daaroor gesels. My skoonpa het my altyd begeester met sy stories oor die Noordkaap en Suidwes. Nou is my skoonpa se name Jan Willem Frederik en die name trek nou ook al lankal deur die familie soos 'n tradisie want sy seun en kleinseun is ook JWF's. As ons nou ver teruggaan in die geskiedenis kan dit dalk wees dat die Fransmanne vanaf Amsterdam suide toe getrek het want baie Hugenote het mos daai tyd uit Frankryk na Kaasland, en veral Amsterdam, gevlug omrede die Franse se Katolieke hullerself gedra het soos die Taliban van vandag. Daar was hier in Kaasland tot vir kort 'n uitgewery met die naam Tirion, sonder die H. Tot my spyt het hulle 'n paar maande gelede bankrot gespeel maar dis 'n ander storie. Die Thirion van is in Kaasland nie baie bekend nie maar dit beteken dat as daar spore is van die mense dit amper seker is dat hulle deur Kaasland getrek het Kaap toe. Ek sal jou laat weet as ek iets vind wat balangrik is.

Unknown said...

Kaasman - se opslag vir Mariannakje Oompie se innig hartseer-jammer om nie goeie nuus van Oom Jan te kry nie. Ik vlie Woensdag Tambo toe. Sal graag by Oom Jan wil inloer - laat weet my waar ek hom kan raakoop.
Daar in Menlyn is ook 'n Jan Thirion - hy het 'n motorwerkswinkel daar. O-Ja Kaaskop, Gert v Niekerk daar opbakkiesboek kom ook van Pelindaba se tyd af saam - hy sal ook vir Oom Jan ken. Terwyl die intrnet nou hou - pieng ook sommer vir vir Wouter op Bakkiesboek - hy is ook daar in Kaasland. Dis op sy webblaai wat 'k die uitreike plaas.
Vlaktes - Jou laaste nuusbrief het ge-'drop' en nou hy wegggg. Stuur weer asb man. Voor die knexsie breek - ek afsluit.

Vlaktekind said...

Kaasman, onse mense issie Hugenote nie – baie minner vroom. Eers baie later innie Kaap aangekom. Daar was voorie Hollanners se laaste groot baklei teenie Ingelse in Jannewarie 1806 twee Franse skepe in Tafelbaai. Een wassie Napoleon ennie anner se naam het ek nou gevergeet. Dis inne boek by die huis wattie Smous nog laas aan my afgesmeer het. Die Napoleon was ‘n “privateer”, ‘n wettige seerower, wat hoeka alreeds in ‘n skermutselingkie met van Baird se skepe oppad Kaap toe ‘n paar lekplekke opgetel het. Die lat hy toe nou in Tafelbaai was. Een vannie manne van een van daai skepe was luitenant Nicolaus Fraciscus Thirion. Weet nou nettie of hy ‘n wettige matroos of ‘n wettige seerower wassie.

Nou ou Janssens, die Hollandse generaal was bietjie kort aan manne en hy het ammal bymekaar gemaak wat hy kon kry om teenie Ingelse te gat loop sta baklei. Hollandse soldate, Boere, dorpsjapies,Oosterykers, heiden, Moor en Mohammedaan. Hy vat toe sommer ok die klomp Fransmanne wat oppie twee skepe was en hulle se kanonne. Die meeste vannie manne was kanonniers en mariniers, anner dalk sommer net matrose.

Mit die lattie Ingelse toe storm, spring ‘n Hollandse bataljon ennie Oostenrykers toe mos nou daar kort om en hol lat hulle so klein worre virrie dyne. Hulle was reg innie mirrel van Janssens se linie. Toe moessie arme klomp Fransmanne wat reg langs hierie gat innie linie was, toemaak en baklei vir al wat hulle werd is. Maar teen daai tyd wassie baklei reeds uit Janssens se manne, en moes almal terugval.

Na die bakleiery hettie Ingelse allie Hollanners en Franse en Oostenrykers trug gestuur na waar hulle vanaaf kom. Dis toe lat hierie luitenant gebeslyt het dis waar hy viervoet vassteek en agterbly. Die oudste pampier inne Kaapse argief wat ek van weet, se datum is 1806 en hy sê: MEMORIALS RECEIVED. LIEUTENANT N THIRION. APPLICATION TO REMAIN IN COLONY.

Dis toe nou van hom wat ons almal afstam. My oupagrootjie was ook Jan Willem Frederik. Die eerste een wat ek van weet, ‘n kleinseun vannie luitenant. Een vannie luitenant se twee seuns was Johannes Frederik Willem. Oupagrootjie se pa wassie anner seun, Christiaan Rudolf Jacobus die eerste.

Die Thirions kom ytie noorde van Frankryk. Die Luitenant het in Sarreguemines, vroeër jare Saargemund gebore geloop raak. Die Amerikaanse Thirions kom van le Havre. Da’ weet ek ok van ‘n paar in Kanada en België.

Nou ja, nou moet ek ophou sit klets hier by die vuur. Daar’s nog werk te doen. Moet agtermarrag weer veld toe en kom eers Donnerag agtermarrag weer trug. As Mariaan wil, kan sy hier gat loop kyk: http://www.facebook.com/group.php?gid=30342383008#/group.php?gid=30342383008

Jewls said...

Dit was 'n lees-fees!!! Dankie julle dierbare mansgoed van die plaas!! Veertjie het vir haar 'n Dover stoof gekoop en op haar stoep staangemaak. Jitte, gister eet ons gebakte skaaptjoppies en aartappels wat in die oondgedeelte gedoen is en blomkool wat stadig geprut het met 'n kaassous en natuurlik voor die tyd heerlike botterskorsiesop!! Vandag het sy my weer verras met skaapnekpotjie... Maar soos ons nou gister kook en klets, toe verlang ek so intens na julle almal en wonder toe wat die verskil tussen 'n Agga en 'n Dover is...

Uncle Mac en Dwerrrrgie, baie geluk met julle huweliksherdenking môre. Vlieg hoog en juig en leef en belewe, as ek nou ons maaitjies se gunsteling woordjies mag steel!!

Met die dae wat warmer is, die voëltjies wat vroeër begin sing, die sonnetjie wat my verblind as ek bestuur en ou Rooiveer wat tred hou met die seisoene, hoop ek julle almal het 'n stunning week!!!

Jewls said...

Ps: (Smous, hoe verlang ek nou na jou want dit staan mos nie vir Psalm nie...)

Wat is 'n Bassilisk? Of Basselisk? En het jy in jou lewe al so-iets gesien? Komaan, boere, praat met my!!! ;-))

Anonymous said...

In European bestiaries and legends, a basilisk (English pronunciation: /ˈbæzɪlɪsk/[1], from the Greek βασιλίσκος basilískos, "little king"; Latin Regulus) is a legendary reptile reputed to be king of serpents and said to have the power to cause death with a single glance. According to the Naturalis Historia of Pliny the Elder, the basilisk of Cyrene is a small snake, "being not more than twelve fingers in length",[2] that is so venomous that it leaves a wide trail of deadly venom in its wake, and its gaze is likewise lethal; its weakness is in the odour of the weasel, which according to Pliny, was thrown into the basilisk's hole, recognisable because all the surrounding shrubs and grass had been scorched by its presence. Basilisk is also the name of a genus of small lizards, (family Corytophanidae). The Green Basilisk, also called plumed basilisk, is a lizard that can run across the surface of water. In Harry Potter and the Chamber of Secrets the Basilisk had been mentioned to be a creature of great power. The Basilisk can kill its prey with one glance.

Anonymous said...

Titel: Basilisk van die Sahara **
Deur: Christal
Weergawe: 1

Wie is dit wat daar binne jou skop?
Ek is bevrees maar hou jou dop
Ek dink dis Basilisk met sy drakie-kop

Voorwaar 'n baie lelike giftige ding
Sien hy jou eerste is dit klaar met jou
Sien jy hom eerste is dit hy wat berou
Wit drakie-eier met jou sagte dop

In woestynsand het hy sy pote geplant
Breek rotse met sy oog se staar
Gebruik nie eers sy poot of tand

Twee groot rooi oë en gesplete tong
Het glo net 'n lugsak vir 'n long
Groot van gestalte, stert soos 'n likkewaan
Gebruik dit om jou mee dood te slaan!

Twee groot neusgate wat vlamme blaas
Alles voor vlug, voor hy op hulle aas
As hy skreeu...gee die sand mee
Klippe spat tot in die see

Baie krag het hy maar beteken min
Hy is slegs 'n legende van die woestyn
Wie het met sy storie begin?

Robyn said...

Sjoe.....die familie uitlê het my redelik besig gehou..maar dis wonderlik om te sien hoe ken mense mekaar...vind mekaar....Jewlsie...krap jy heimwee uit...sjoe....kos op n' koolstoof proe net absoluut anders...en dit moet in die tradisionele ysterpotte gemaak word....genade...kyk hoe water my mond nou.....mmmm...miskien moet ons weer by Veertjie bymekaar kom.....en heerlike kossies maak....njammies....Vandag was weereens een van die heerlikste sonnige dae wat mens kon droom om te beleef....kyk ek het behoorlik elke sonstraaltjie benut....en toe die son sak...het ek nog vir n' hele ruk buite rondgedwaal...die soel aandlug ingedrink....want...raai wat....kouefront is oppad...Saterdag gaan n' skrale 14grde wees ......brrrrrr....ai,ai...ons wen net nie.....Nou ja.....laat ek onder die donsies kom....môre moet ek weet bossies uitskoffel....En boonop my Paspoort gaan regkry.....Lekker slapies my maters...wees snoesig...laat die warmte van omgee deur elkeen van julle vloei....xxxx

Jewls said...

Dankie Anonymous!!!! Hiervan lei ek af dat die klein eiertjie tussen my ander hoendereiertjies 'n monstertjie kan voortbring... Hy's piepklein soos 'n duifeiertjie en Pappa het die goeie raad gegee dat ek tog maar nie moet toelaat dat daai eiertjie uitbroei nie want ek gaan nie weet wat om met daai kuikentjie te doen nie... Shame.

Rooikop, waarvoor benodig jy 'n paspoort? Nou sit ek behoorlik op die punt van my stoel!!!

Kiets said...

Ai almal - ek het nou nie eers kans om te lees aan al die lekker geselse nie, maar dis nou weer oppad hof toe. Lekker dag almal.

Kaaskop said...

Mac, Jan Thirion in Menlyn is Oom Jan se seun, hy's ook 'n JWF. Ek sal vir Bernice vra om haar oupa te bel en te vra wanner en hoe jy hom kan kontak. Deur sy siekte het hy op-en-af-dae en Woensdae na die chemo voel hy natuurlik nie goed nie. Ek sal jou laat weet. - Vlakkies, dankie vir die familiegeskiedenis, maar as ek die ou dae vergelyk met nou het die Thirions van 'n rowwe klomp in redelik ordentlike mense verander. - Jeweeltjie, jy het my geleer wat 'n aga is, en nou praat jy van 'n Dover, het jy al uitgevind wat die verskil is? - Robyntjie, jy gaan jou paspoort regkry! Is jy op pad?

Spook said...

Kiets hoop dit het goed gegaan vandag...ai die hofstories kan n mens meer uit die slaap hou as die kleintjies almal saam.
Na n wonderlike tydjie op die plaas is ons sommer weer aan die gang en more is sommer alweer die middel van die week.
Oom Mac baie geluk met die huweliksherdenking en mag ons Here steeds Sy seeninge op u en Dwergie uitstort.
Robyn se ok net van paspoort en niks verder nie...nou wat nou?

Robyn said...

Karplaks....sjoe,eina my toon sowaar nerfaf gestamp!!!...hoe val ek nou sommer so in die huis in...ai...doodmoeg...uitgeput....maar my tydelike dringende Paspoort stewig in my hande!!!!!!.....nou kan ek begin droom....Kiets,hoop die hofsaak het goed verloop.....het aan jou gedink...Jewlsie...kan nie glo dis al amper weer donsie tyd...ag,dis darem die pragtigste goedjies...as ek nou nie vir Robyntjie gehad het...sou ek so graag ook donsies wou aanhou....op n' staduim "Silkies" gehad,en elke oggend het die haantjie mens wakker gekraai....my laat voel ek is op die plaas...Spook,ai,jy maak my so jaloers met jou heerlike plaas kuier,dis al wanneer mens weer rus en vrede vind....weg,uit die stad...met net die stilte om jou....jy kom terug...totaal vernuwe....bly julle het dit so geniet....Uncle Mac....baie geluk met jou en Dwergie se huweliksherdenking...mag die mooi van omgee, en die warmte van liefde,julle vir jare vorentoe nog omring.....Nou ja,nou het ek jul ore behoorlik warm geklets....nou rustig raak....my drome droom....☺☺☺...snoesig wees my maters....elkeen van julle is so spesiaal....xxx

cat said...
This comment has been removed by the author.
Robyn said...

Sterkte Kiets!!!!...jy is in ons gebede....ek weet sommer jy sal dit kan hanteer...Maters...sjoe...Oudste en vroutjie was vandag by die ginekoloog...sonar geneem...asook DVD....en raai wat....daar is tweetjies op pad....en volgens die Dr, n' dogtertjie...en seuntjie....☺☺☺....En nou ja,my paspoort het ek gekry.....want ons ...ek en Willie gaan saam met Uncle Mac op die uitreik....ek is so dankbaar vir die voorreg om dit te kan gaan belewe....Doen asseblief vir ons groep voorbidding....die Duiwel is listig...en kan nie wag om ons planne te pootjie....Mooi daggie vir elkeen...laat die sonskyn jul verwarm...glimlag...LEEF EN BELEEF...xxx

Vroulief said...

Koeweee!! Wat 'n pragtige dag!!

Kieter, hoop dit het uitstekend goed gegaan.

Van nou tot die einde van die winderige maand (waarin ons nog min wind gesien het..) gaan dit met my dol gaan, take en toetse, en klasse.. Die eerste van die take is sommer more, en nogal 'n mondeling! Kan mens dit glo! Vyf henne, waarvan ek die ou tante is, moet more saam die bekkige taak "ingee". Af praat, in praat - weet nie mooi hoe om te sê nie. Hou maar die duime vas!

Ek sal kom koffie soek as ek kans kry om asem te skep!

Soet wees almal!!

Kaaskop said...

Vroulief en Kiets, sterkte in hierdie moeilike tye. Oor minner as drie weke is dit lentedag, en dan sal die son weer vir julle skyn! - Robyntjie, en toe was Kiets se grappie nie eers 'n grappie nie, sommer die waarheid! 'n Dogtertjie én 'n Seuntjie, ons Kaaskoppe noem dit 'n Rykmens Wens! En nou moet jy weer terug winkels toe om al die dinge nóg 'n keer te koop, want jy is mos 'n regverdige ouma. Moet ek ook sê dat ek jaloers is dat jy en Willie saam Mac gaan op die uitreik. Ek verwag nie net mooi fodies nie, ek eis dit!

Robyn said...

Sjoe....dis maar stil vannaand....dankie tog vir ou Wagter wat darem ewe gedwee vir my gelê en wag het....net ondat dit effe warmer is...is daar nie eens vuur in die kaggel....ek sit lekker rustig op die stoep,met die sterretjies wat kort-kort knipoog...oordink die dag....en in my voel ek dankbaar....want soms voel mens of daar n' groot gapende afgrond voor jou lê...en dan voel jy die sagte hand wat jou saggies wegly....die bangheid vloei stadig uit jou... maak plek vir n' glimlag....want my geloof was sterk...ek het oorwin....Snoesig slapies my maters....laat die warmte van omgee deur elkeen van julle gaan....xxxx

Kiets said...

Nee Robyntjie, ek dog ek maak 'n grappie! Baie geluk jong - gee maar my nommer as hulle raad soek. Gits, wat's die kans?

AI julle, vandag was taai en ek is steeds more onder kruisondervraging. Weer gebedjies asseblief.

Robyn said...

Kiets,dankie,ek waardeer...ek hou duim vas vir jou ...STERKTE!!!!....

Jewls said...

Hier's 'n stywe koebaai-drukkie vir elkeen van julle: (( )) !!

Sterkte met die toetse en drome en opgewondenheid oor alles wat mooi is in julle lewens!!

My slimmasjien gaan nou hospitaal toe vir 'n operasetjie. ;-))

Oom Ridder said...

Jewls said...

Al is dit.......

In ons huis staan 'n kleine huisie kompleet met kaggel, kandelaar en buitelig - dankie Ridder!!!

August 7, 2009 8:22 PM

Terwyl Juweeltjie se kompertjie innie omgevalle afdeling vannie H. F. Kapoethospitaal lê, is dit 'n besonderse eer en voorreg om namens 'n besonderse trotse Ma aan te kondig dat Liefkind vir bovermelde projek 40-uit-40 gekry het!!! Dankie my Pragmensie dat jy my toegelaat het om 'n klein aandeel daarin te kon gehad het. Ek is so trots op jou skitterprestasie.

Kaaskop said...

Smous, sê asseblief baie geluk aan Liefkind, en sommer beterskap vir die slimmasjientjie!

Smousie said...

Kasie ek het pas so gemaak! Hul sê baie dankie en slimmasjientjie stuur vyf soene!! Voel blykbaar al klaar beter. Kon al paar bites tydens aandete inneem......

Spook said...

Welkom terug oom Mac...ek wil afspraak reel om nog goed van die uitreik uit te vind. Ek weet nou van turn right...keep straight.

Sterkte Kiets daai kruisondervraging is n taai storie.
Baie geluk ouma Robyn met die tweetjies...lyk my Heksie was toe 100% in die kol met haar voorspelling. Baie geluk aan Liefkind,Smous en Moeder..dit is great!!!!! Enige ondersteuning en moed inpraat maak so n projekkie net n plesier.

Robyn said...

Sjoe...ek raak agter.....Ridder...jy het jou Ridderlike plig gedoen...ai,baie geluk Liefkind...ek kan net daardie ogies sien straal....en dan praat ek nie van die trotse mamma...Kiets,hoe het dit gegaan?....oorleef jy die spulletjie nog....Vroulief...sterkte...met die toetse en die koue....Gelukkig lê die naweek voor....so effe van n'rustydjie....en RUGBY!!!!....N ou ja,laat aangaan ....mooi daggie vir elkeen...xxx

Vlaktekind said...

Sal 'n nangkaboom in Pretoria groei? Gister oppad trug by Daarburuq 'n nangka gekoop. Smaak nie te vrot nie, maar suurderig. Ek hou mos van my vrugte soos van my Vroulief - soet. Sal hy van pitte groei?

spikkels said...

Ai, daai klein fyn vingertjies en pruil roosknopbekkie het ons almal helemal betower en ons harte gesteel! Carotjie is beeldskoon en diè tannie van haar is sommer erg lief vir haar! En baie trots op haar sus en swaer dat hul haar soos die kosbaarste skat vertroetel en versorg! Dis ñ pragtige gesinnetjie!

Vroulief said...

Ag man!! Ek vilang na my Vlaktekind..
Na wat ek vanoggend by die hospitaal beleef het, Spikkel-Patrys, moet daai mamma en pappa hulle roosknoppie soen en druk en koester!!

Nou-nou weer hospitaal toe.. Ek is op roep vir die naweek.

Soetwees almal

Vlaktekind said...

PROOOOOOVIIIIINCE!!!!!

Kaaskop said...

Eina Bulletjies, that was close! - Kolkatjies speel beter om hul weghol supporters terug te wen. - Geluk met jou Province Vlakkies!.

Robyn said...

Sondagaand...die naweek is verby...dit was heerlik sonnig en rustig...maar nou is die koue weer oppad...jigggg....Kasie...daardie Bulle het my amper my naels laat afkou...sjoe...dit was amper neusie verby vir ons....Spikkels...ai...ek kan sien..jy geniet daardie kleine bondeltjie....Vroulief...sterkte vir die komende week....Vlakkies....plant daardie boompie....met liefde en water sal hy gedy....ken die vrug glad nie...maar sal tog wil proe....bring saam volgende keer...☺☺☺...Maters....mooi week vir elkeen...wees positief in wat julle doen....LEEF EN BELEEF....tyd vir tweede kanse is min....xxxx

Unknown said...

die Logosiete van Nigeerjaland het 'n sêding: "No duplicate for life" - amaak my h'll hette punt beet, daar. Ek sit op hete kole want daar is miljuisende goeterkjies en groot guttirs wat moet klaar en reg en in plek kom vir die Uitreik. Vroe'mre bel Ben Hur, kannik vi LOBO NOU bring vir sy kompjuttir se instel want di edyno masjie is beskikbaar .. salli lank vat nie. Dit was 10:00 vamore. Dis nou 10-ier vanaand en ek kom nou-net eers by die huis.
Maar Lobo is weer aan die loop, stukkende goed met wyse planne ge fix .. al moes ik 3 keer gaan fenbelts koop.
Nou het 'k die vrymoedigheid om te vra dat jy sal voorbidding doen vir die komende Uitreik na Noord Kaap [Namakwaland, Boesmanland]
En sommer klaar DANKIE se.
Hierdie Plaas se mense is goed verteenwoordig op hierdie uitreik. 3 van ons - maar jy bid vbir die hele uitrteik en almal wat daar op gaan. Nag eers - hirri ou-toppie is nou fodde.

Robyn said...

Vanoggend kyk ek so deur die venster,dit word vroëer lig,ek sien die doringboom,kaal en dor...gestroop van sy blare prag,die takke het sulke knoetse,lyk dor en droog,....en skielik gewaar ek dit...uit daardie dor, droë knoetse skyn groenigheid,die tekens van nuwe lewe....
Ek staan so,in verwondering...en ter selfde tyd hoor ek die vrolike geluide van die voëls wat uitbundig die dag begroet....en ek voel so geseënd.....ek is bevoorreg om dit te kan beleef....Mooi daggie vir elkeen....ervaar die lewe in al sy fases.....daardie hoë onstuimige brander sal weer een of ander tyd afplat...uitspoel....en sag...baie sag...die sandjies plat vee...en net n' donsige skuimlagie laat,as bewys...xxx

Kiets said...

Oink, oink! Of dis nou hallo maters uit varkgriep sentraal (of die Kat huishouding) Ek en Zouga is in die bed met die gevreesde en sonder ons nou af van die res van die gesin in die hoop dat die kleingoed dit gespaar gaan word. Voel maar oes, maar die Tamiflu begin te werk en dit kan nou net beter gaan.

Hofsaak is nou uitgestel - die begrootte tyd het uitgehardloop met die teenparty wat my toe 'n dag en 'n half ondervra! Maar ek het sterk en eerlik gestaan en is nie uitgevang nie - selfs na al daai tyd - mos maklik as mens die waarheid praat. Meer kan ek nie nou vertel nie.

Wel, lekker dag almal - sal later bietjie hier kom lees.

Robyn said...

Genade Kiets.....jammer om te hoor van jou en Zouga....sjoe...hoop dit gaan sommer gou beter...Baie bly die hofsaak verloop goed...soos jy sê...eerlikheid word altyd beloon....Sterkte...dink aan julle...Vandag was een van daardie besonderse dae in my lewe...ek het net weereens besef hoe wonderlik geloof, en die liewe Heer se genade is...Snoesig slapies maters....Vannaand sê ek dankie vir wonderlike vriende...xxx

Spook said...

Kiets baie sterkte daar vir julle en ek is bly daai hofstorie het goed gegaan.
Oom Mac my reelings gaan aan en ek het darem n persoon wat die besigheidjie aan die gang sal hou die kant....is besig met die leer van al die nodige trieks.
Soos oom se ons is al drie van die plaas...ek wag vir die dag dat ons nog drie ander ok kan saamvat. Kom mense hoe lyk dit....Robyn jy is sekretaresse en sal breedvoerig moet terugrapporteer.

Robyn said...

Goeie môre maters...die weer lyk maar triestig...maar ek is seker dit gaan later opklaar...en n' onvergeetlike mooi dag raak....Spook....sê jy nou daardie dêng....dis reg...ek sal breedvoerig verslag doen...maar jy sal ook maar moet help aantekeninge maak van al die gebeurtenisse en ervaringe...ek dink dit gaan so wonderlike Uitreik wees,ons groentjies gaan leer by Uncle Mac....en waar kan ons nou n' beter leermeester kry as die ervare Uncle....Ek is net dankbaar vir die geleentheid in my lewe,waar ek ook iets vir ander kan beteken..al is dit ook hoe gering....dis nie altyd die groot dinge wat saak maak...dis die klein dingetjies wat n' verskil kan maak....en dis wat ek wil doen...daardie klein verskilletjie....Maters,my gedagtes is met elkeen van julle vandag...mooi daggie...laat die warmte van omgee en liefde deur elkeen vloei...om sodoende n' verskil in ons eie lewens te maak...xxxx

Unknown said...

nee mathkath - nou raak ik booth... ik tik my vrek aan 'n briefie hier en gooi die blaai hom thommer netho wegggg. Ewattik gethê het?? Gethê: bonthie bonthe the maaaaaaaami want ik vattie grond'ie en alleth loo thkeef - thukkel nounog ommi Patrol geregithtreer te kry oor tthtwhane the uthlith geit ...
Maar vi Thpook en Koprooi the Omie baija dankie vir jelle ywer. Maak my thommer ook kop optel.
Daar stane kry ik ook weer "idees" vior die uitreik - Ons benodig Christelike KINDER materiaal - ingesluit DVD / CD / Video veral kleuters en jong kinders tot so 12 j o.
En dit kan maar baie wees - ons gaan dit vir hulle wys en dit ook weggee virrie tietsjirs enni sonnagthkool jeffrouwinth [ai, daar het die dorth my weer - my tong thleep eintlik vannie dorth maar hir ith NIXTH om te drink op hirri plaath'ie ..]
kommothkyk of hirri ene gaan...

spikkels said...

Goeiste, wat ñ week tot dusver! Hol soos afkop hoenders rond! Eet, slaap en droom hoender! Hoender hoender hoender! Maar ekt darem nog al my varkies, gelukkig nie varkgriep nie. Ook nie voëlgriep nie. Ekt gehoor die mense is so bang vir die twee griepe, en vir malkoeisiekte, dat steak, beacon en hoender vermy oor. Nou bly net wingergriep oor, wat eintlik maar die gesondste is. Cheers! (hik) Kiets, hoop jul word gou beter!

Robyn said...

Sjoe...ek is so opgewonde...vandag het ek my eerste bydra tot die Uitreik gekry...ek is so dankbaar daarvoor....Mooi daggie verder...wou net raporteer....xxx

Unknown said...

huh?? waa's alli mense nouskjie4rlik heen - ik dog dis net ikke wat oorie-ore bjeesag is?
Kiets - jy nog onner daai Vark my kjent? Julle moet nou opbeur.
Alli anner - DVDV .

spikkels said...

Ja Oompie, kon nie gouer kom nie! Had ek ñ plattetjie in my laai, sou ek ñ sopie neem, of ñ skyfie opsteek, of iets. Senuwees hòù! Die duiwel en sy trawante is wraggies die week losgelaat op die vlakte!

Robyn said...

Ai,Spikkels...jy praat!!!!!...gaan nie veel beter by my...en dit op n' Vrydag!!!!....skink sommer vir my ook....☺☺☺

Kiets said...

Ai wens ek nou ek kan saamdrink. Naand almal, met my n Zouga gaan dit beter, maar jong, hierdie is 'n slegte ding. Staan mens op en stap deur toe is jy gedaan. En nou het on 3 kinders met 'n maagaandoening - en nee, dis nie ok Varkies nie, het die eerste een by die dok gehad. Dis net gastro. Dit kan net beter gaan hierso!

Lekker aand almal!

Spook said...

Met die genade van Onse Vader is drie van die plaasmense in die Noord Kaap volgende week die tyd.
Die begin van n nuwe ervaring van beleef en gee.
Alhoewel die uitreik die begin is,begin ons met die gee van n Glimlag en Woord. In die jare wat kom sal dit Groot word en sal daar te min hande wees om al ons Gawes..Liefde..en Omgee uit te deel. Dankie Hemelse Vader vir wat ons het en elke dag ontvang.

Vlaktekind said...

PROOOOOOVIIIIINCE!!!!!!!

Robyn said...

Vannaand het ek n' diepe dankbaarheid in my binneste...die Uitreik besprekinge is vandag deurgevoer...ons het heerlik en gesellig bymekaargekom...almal met een doel...om die naam van ons Liewe Heer te verkondig...Ek wil vra dat elkeen van julle vir ons voorbidding sal doen...dat ons n' sukses sal maak van ons doel....dat ons veilig sal wees....en dat as ons twyfel...ons net moet opkyk...en weet...ons is nie alleen....Ons vertrek die 29ste Aug-13deSept...Snoesig wees elkeen....en mag die wek wat voorlê net die mooiste inhou...sterkte aan elkeen ...en onthou die glimlag....xxxx

Kiets said...

Veels geluk Vlaktes! Mag jou jaar geseënd wees.

spikkels said...

Veels geluk met jou verjaardag liewe Vlakkies, mag die Here jou seën!!

Kiets said...

Ai julle, ja, ek is tergu maar beslis nie heeltemal gesond nie. Ek meot sê, ons was vrek siek. Arme Zouga is regtig nog nie gesond nie - die gaan weer dokter toe vandag. Ek gaan dalk maar net vroeg weer huis toe.

So hier is dit nou - 'n bydraetjie vir September asseblief. En ek nomineer Vroulief en Vlakkies (of) - laat weet asb julle 2!

Robyn said...

Vlakkies,baie geluk...mag die jaar net mooi dinge inhou...en veral gesondheid en liefde....

Kaaskop said...

Baie geluk Vlakkies, mag die nuwe lewensjaar vir jou en Vroulief net sonskyn en voorspoed bring. - Kiets, sterkte en beterskap vir jou en die hele gesin.

Spook said...

Vlakkies baie geluk met die verjaarsdag en alles wat mooi is word jou en Vroulief toegebid.

Unknown said...

Haas Oupa te word Vlaktes - My vrint, mag HY jou omvou en omarm en op die hande dra en jou veilig in bewaring hou daar in die verre. En mag HY jou seën en jou siel bewaar al die dae van jou lewe.
Geluk ou Grote. BAIE geluk.

Kiets said...

More more almal! Wat 'n pragtige sonskyn dag.

Kiets said...

Nou wat? Gesels ek nou met myselwers hier? Het gister, die hele dag, niemand deur die plaashekke gekom nie? Ag nee toe, dis 'n pragtige lenteoggend! More more almal!

Kiets said...

Nou wat? Gesels ek nou met myselwers hier? Het gister, die hele dag, niemand deur die plaashekke gekom nie? Ag nee toe, dis 'n pragtige lenteoggend! More more almal!

Robyn said...

Kieters,nou gesels jy sommer dubbeld☺☺☺...Goeie môre al die maters,kyk...dit gaan rof...erg rof..maar met my Vitathion,en later my inspuitingkie sal ek dit maak....Mooi daggie vir elkeen...mag die warmte van omgee deur julle vloei..ek kyk so deur my kantoor venster...en ek kan net sien hoe heerlik dit daar buite is...maar voel...aikona...ek moet skoffel...☺☺☺

Unknown said...

Uitreik Verkenning na Boesmanland & Namakwaland
29 Augustus – 12 September 2009.

HOOF DOEL VAN DIE UITREIK: Om nood en behoeftes en projekte te identifiseer waarmee Gauteng Gemeentes betrokke kan raak (VERAL die Jeug met di eoog op Kleuter en kinder Bediening) met uitreike na hierdie dele van ons land.
GETUIENIS UITREIK: Die Uitreik het ook ten doel om die Jesus Film te vertoon so vêr as wat ons kan.
Die uitreik verloop onder die vaandel en steun van NG Gemeente Pretoria- Garsfontein

Ons gewone mense kan so maklik mismoedig raak as ons soort van aanhoudend in hindernisse vasloop wat die gladde gang van die lewe versteur.
As mens nou betrokke raak met (by?) Die Heer se werk en boonop Uitreike beplan, DAN kom die aanslae sommer in pare en in troepe aangedraf.
Dit bring my net weereens onder die wete en besef, ons is besig met ‘n Geestelike oorlog. En alleen alleen gaan ek dit nie maak nie) En kaboutertjies soos ek kan so maklik slegmoed kry. Ook sommer gaan lê, oorgee, opgee, moed verloor.)

Aldus hierdie skrywe aan julle liewe mense hier oppi plaas ...

Hierdie Uitreik groepie (Noem onsself sommer die “Nama Uitreik”) het ernstig elkeen wat hierdie skrywe ontvang, se voorbidding nodig.
Hoekom?? Want dinge loop reeds skeef: Ons vertrek datum is noodgedwonge aangeskuif met ‘n dag [ons vetrek dus Sondag 30 Aug en nie meer Sat 29 Aug nie](Wat eintlik 'n bedekte seen is want ons kan meer rustig klaarmaak)
Ons (eintlik Dwergie s'n) voertuig se registrasie is alweer nie afgehandel nie [halstarrige 'incompetent' klerk]
Die befondsing [altans, gebrek daaraan] noodsaak ons om een voertuig agter te laat en meer beknop in die voertuie te pas. GLORY (sê Gawi altoos) Die Patrol is lekker ruim en ons gaan nogtans lekker ry.
… om maar enkele dingetjies te noem. Klein goedjies as jy ver staan maar as jy self voor hulle te staan kom raak dit hoge mure.

Ons vra, asseblief - Voorbidding vir:
- Dat elkeen toegerus is om elke aanslag tee te staan en te besef waaroor dit gaan,
- Deurlopende eenheid en ondelrlinge begrip en gesindheid in die groep
- Verloop van die voorbereidings tussen nou en ons vertrek [Alreeds het konstabel Griep vir Bennie beetgekry en platgetrek sodat hy vandag eers weer kop oplig]
- Gesondheid van die Groep
- Ontvanklike harte waar ons gaan
- Bekerming & bewaring . al die pad, alreeds nou en totdat ons terug is 13 September.

Baie dankie dat ek di evrymoedigheid mag neem om jou te nadir.
As jy iets op die hart het wat jy met ons wil deel:
Nama.uitreik@gmail.com
084 084 8755.

Van ons kant ook – VREDE, Sjalom en Kagiso vir jou ook.
Nama Uitreik Span
Mac & Amanda; Bennie & Charmaine met Eddie & Morne; Willie & Linda en ons twee “graswewnaars” Cobus en Johann ..

Kiets said...

Liewe Oompie, Dwergie, Willie en Robyntjie, Mag ons Liewe Vader julle steun en op Sy veilige hande dra. Julle en die res van die span sal in ons gebede bly.

Kaaskop said...

Vir die hele span wat Sondag vertrek vir die uitreik, ek dink aan julle en bid vir 'n voorspoedige reis en dat julle weer veilig huis toe sal kom. Sterkte!

Kiets said...

More more almal!

Vlaktekind said...

BOKKKKEEEEEEE!!!!!!!!

Vlaktekind said...

DFankie vir allie goeie wense. Kon dittie gelees hettie. Was mos innie veld. Mac, Dwergie, Rooikappie, Willie en Spook, dink aan julle.

Kietsie, hou dop. Hy kom so vanaanterag laat of môre vroemôre.

Spook said...

n Groot dankie aan ons Protea Bokke..hou dit so....dit is lekkerrrr.

n Groot groet aan al die plaasmense tot middel September. Dankie vir jul ondersteuning en gebede vir die uitreik. Robyn stuur ook al haar groete...sy het goedgunstiglik haat laptoppie vir haar aflos by die werk gelos.

Soos Robyn altyd sal se...LEEF en BELEEF.

Vlaktekind said...

PROOOOOOVIIIIINCE!!!!!

Kiets said...

More more - dit gaan seker maar stil wees hier vir die volgende paar dae met soveel plasers weg. En voel dit nou nie totaal lente vandag nie?

Vroulief said...

Naand Kieter, klink my daar is niemand oor nie.. ek ook nie, ek skryf verbete aan take wat moet in!

Maar die lekker ding..? Ek kan vandag begin slapies tel tot Vlaktekind huis toe kom.

My gebede vergesel almal wat saam met Mac weg is, mag julle self beleef hoe ons Vader seen en voorsien!

Jewls said...

♪ ♪ ♫ ♪ ♫ Dis heerlike lente, die winter's verby!!!! ♪ ♫ ♫ ♪ ♪ Oe la laaaaaaa!!!

Robyn said...

Jewlsie!!!!.....hier aan my kant waai die wind sewe soorte dingese...en dis bewolk....nou wat nou...