Saturday, August 1, 2009

Dis 'n jaar...

Vir julle wat nuut hier is, wel nuwer as die oorspronklike "Weg" en Dana se blog, en langer as 'n jaar terug, vandag, presies 'n jaar terug het ons ons liewe plaasmater Mieks verloor. Mieks, ons mis jou en ons dink veral vandag aan Lolla, sus Estie en almal anders wat 'n plekkie in hulle hart spesiaal vir jou hou. Jou plekkie om die Aga sal ewig leeg wees.

Die eerste plaaskuier by Steak and Ale:
Van links - agter: Zulu, Kiets en Landy
Voor: Robyntjie, Jewls, Koos Kampkoors en Mieks
Hierdie hoofie gaan net vir die dag op wees, more begin ons met Augustus amptelik!

13 comments:

spikkels said...

Lê nog in my warm bed, en dit het sopas begin reën! En wat anders as reën op ñ dak laat mens makliker terugdink aan die ou dae?

Jewls said...

Dit was die gedagte waarmee ek ook vanoggend wakker geword het. Selfs die natuur is vol heimwee...

Spook said...

Aan al die mense sterkte vandag vir julle. Prys die Here vir vriende en mense wat soveel vir mekaar omgee soos die huldeblyk aan n geliefde mens.

Vroulief said...

Weet julle... Ons leef seker eintlik in die wille weste!! Ons kragkabels is gisteroggend gesteel, die dekselse skemmels is deur ons erf oor die muur. Dit was vroeg! kort na 3 uur in die oggend. Buurvrou het net haar hond uitgeneem om 'n draai te loop toe al die gemorse gebeur. Sy was nog buite - dink net! Toe pluk hulle die kabels letterlik uit haar huis se dak!!

Later het Kammie laat weet daar klap skote naby haar, en dit was nie eers laataand nie!

Die munisipale staking ten spyt het ons teen laat gistermiddag weer krag gehad, maar ek kon net nie aanlyn kom nie!!!

Kieter jou huldeblykie aan Miekie laat my weer besef hoe kort die lewe is.. Gister in die hospitaal moes ek 'n mamma bystaan wat haar dogter van 14 vir altyd moes groet. Die dogter het van geboorte af soveel hart-dramas gehad en haar lyfie kon net nie meer nie... Hartverskeurend!

Maar ons wat nog in die lewe is sal juig en mekaar liefhê en koester en met groot dankbaarheid mekaar se geite vergewe en die lewe aangryp!!

Ek lief elkeen van julle, julle is oneindig kosbaar!!

T said...

Die heimweë-kamer in my hart is vol, my woordspensie leeg.

Kiets said...

Ek sit hier en luister na die reën en Braney en kinderlaggies in die agtergrond en ek is weereens dankbaar vir almal hier. Maters, weet dat een en elkeen van julle 'n spesiale plekkie in my hart het.
Liefde en lig vir almal!

Kaaskop said...

Bokkeeeeeee, Mornéééééé'!

Vlaktekind said...

MORN... ehm ek bedoel BOKKEEEEE!!!!! En sommer ok virrie lekkerte: PROOOOOOOVIIIIIINCE!!!!!

spikkels said...

B U L L E E E E E ! ! ! Of het die spelers nou weer groen gedra? ;-)

Kaaskop said...

Skuus maters dat ek nou in my geesdrif oor die Bokke geskree het en nie eers gelees het wat vandag belangrik is. Kannie glo dit is alweer 'n jaar gelede. Mieks, ek dink terug aan ons geselsies laat in die aand en is jou nog dankbaar oor jou omgee vir wie en waar ek is. Ek het jou nooit gesien nie, maar jy was altyd so mooi aanwesig. Waar jy nou is sal dit altyd somer wees, maar ek sien jou in my verbeelding in die winter van die pragtige Vrystaat waaroor jy met soveel liefde kon praat. Mis jou.

Vink Verlange said...

Die dagboek het vandag oopgeval en ek verlang

Die lepellê in mamma se maag was die lekkerste
Die speel met die bokkies en kalfies as ons haasbek vir mekaar lag
Die vashou van mekaar se hande as dit donker was
Die bedjies teen mekaar gestoot vir meer speelplek
Die fotos altyd saam met enerse vere
Die eerste skooldag met wit linte groter as ons koppe
Die saamsit en leer
Die kompetisie - teen mekaar en dan die terugtree sodat die ander een wen
Die eerste kerel en die deel van parfuum,sjokolade en teddiebere
Die seerkry van eerste liefde
Die eerste werk en die saam woonstel opsit
Die sportprestasies en die medaljes
Die mooiste 21ste verjaarsdag
Die pragtige dogter wat ek ook help grootmaak het
Die troue wat jy gereel het vir my
Die pragtige dogtertjies wat jy bederf het met lekkertjies
Die hartseer toe ek besef ek is alleen
Die alleen verjaar
Die twaalf volmane en 365 dae se onthou
Ek mis jou Vinkel

Liefde Koljander

Jewls said...

Liewe Koljander, as ek jou tog nou net 'n stywe drukkie kon gee... Jou verlang-woorde is so intens en treffend geskryf!!!

Robyn said...

n' Bos goudgeel Gerberas,pryk op my tafel,as huldeblyk vir jou liewe Mieks,dit weerspiëel die sonskyn wat jy uitgestraal het,jou uitreik na andere,die liefde vir die mooi om jou,het onmiskenbaar n' stempel op my gelaat,in my gedagtes sal ek jou altyd onthou....