Tuesday, September 1, 2009

September 2009 - dis lente!


Dit is die maand September, die mooiste mooiste maand.

Ehm, ja ek weet dis nie hoe die dokter gesê het nie. Maar waarom mag net Oktober die mooiste mooiste maand wees? Waarom mag ons net in Oktober viooltjies in die voorhuis hê?

Besluit sommer nou September gaan ook ‘n mooiste mooiste maand wees. Met viooltjies in ons plaas se voorhuis.

Vroulief en Vlaktekind.

309 comments:

«Oldest   ‹Older   201 – 309 of 309
Robyn said...

Jewlsie...my hart gaan uit na jou oor Noenoe,diere is die mens se beste vriend,gee net liefde en nogmaals liefde....en ja,die gepurrr gaan jy mis,maar jy het soveel mooi herhinderinge,en jou lewe was vol plesier met Noenoe...STERKTE my vriendin....Vroulief,nou dat dit effe koeler is,sal jy ook meer energie hê vir jou grote taak,maar weet jy wat,dis terapie,dit ontstres...en as jy klaar is...so bietjie terugstaan en jou handewerk gadeslaan,spoel die genoegdoening so oor jou,en jy kan heerlik agteroor gaan sit,met n' koppie koffie,en net salig ontspan....jou taak is afgehandel...Ja,en skielik slaan die koeligheidjie ons,nie dat ek kla,veral nie na die erge hitte....Mooi daggie vir elkeen....en onthou...wees positief....bly fokus op jou doelwitte....en streef na die sukses daarvan...xxxx

Juweeltjie said...

Dankie Smousie. Ons almal mis haar en vir jou!

Jewlsie said...

Dankie Robyn! Lyk my die woordplaas is nou in twee dele en jy was wraggies eerste!! ;-))

Robyn said...

Belowe ek sal nog een of ander tyd die bestuur behoorlik oorneem....ek en Kiets kom net nie bymekaar uit....ek voel al so skuldig....maar ek sal opmaak....Lekker snoesig slapies maters...dis brrrrr koud.....xxxx

Kaaskop said...

Spikkels en Blomkind moet lekker verjaar. Geniet die dag en mag die nuwe lewensjaar net voorspoed, sonskyn en liefde bring.

Jewls said...

♪♪♫♪♪ Mag die Here julle seën, Spikkels en Blomkind!!! ♪♪♫♪♪

Vlaktekind said...

Baie geluk Petrysie. Ek bid dat jy 'n mooi dag en 'n mooi jaar sal hê sonner bokke - en dalk 'n ridder op 'n wit donkie ;-). Jy verjaar saam met my Meisiekind.

Robyn said...

Geluk Patrysie en Blommekind,mag jul n' wip in die stappie dag belewe.
Vandag is dit maar weer koelerig hier,brrrrrr....mooi daggie almal....en Kiets....geniet jou wegbreek...xxx

Jeweeltjie said...

Blomkind is jou meisiekind, liewe Vlakkies, so baie geluk aan jou en Vroulief ook!! Mag sy julle baie vreugde bring en julle trots maak om haar ouers te wees!!

Vroulief said...

Dis soooo stil hier op die plaas...
Is almal dan nou verkluim in hierdie winter van die somer..?
Dit reen nou soo lekker. Ek hoor hoe dit raas op die dak. Mar wee'-julle-wat? Ek gaan nou in my warm kooi kruip. Lekker slaap almal

Robyn said...

Mooiste mooi daggie vir elkeen,drink maar warm boeretroosie,met romerige cremoratjie in,net om die ergste triestigheid tebowe te kom....Weet julle wat sien ek gistermiddag oppad huistoe....elke dag sit hierdie swart seun in sy rystoel....by die robot...wagtende vir iemand wat hom n' aalmoes in die hand sal stop...en gistermiddag sien ek hom....sukkelend,en met moeite loop agter sy rystoel...stoot hom deur die onbegaanbare terrein...sekerlik oppad na n' taxi staanplek...waar iemand hopenlik hom sal help om in n' taxi te klim...sjoe....dit het my net weer laat besef...ek is so bevoorreg...en vanoggend het ek dankbaarheid in my hart....dankbaarheid vir my gesondheid,vir my gesin...vir my wonderlike vriende...maar bowenal vir die voorreg om te kan beweeg, en sonder moeite oor die weg kom, waar en wanneer ek wil....iets om oor te dink....

Kaaskop said...

Die troos is maar skraal, in ons herfs was dit vandag net so "warm" as in julle lente. Maar in die naweek wat kom, en dit weer warmer word by julle, sal dit hier maar 11grade wees. En dan is die wêreld se klimaat weer verdeel in ooreenstemming met die seisoene.

Jewls said...

Kasie, kom ons los die weer!! Ek het vanaand probeer mooi lyk by my meisiekind se belangrike funsie maar toe reën ek nat omdat my sambreel nie wou oopmaak nie!! Dis nou die sambreel wat ek saam met die Skyline by my Pa gekoop het!! Net so oud soos die pragtige kar wat ek ry - NISSAN!!!

Maandag het dit so lekker by ons gereën dat daar 'n reënboog was. Toe roep Liefkind my om die evolusie te sien... (!!!) Sy vra uiteindelik na my lang stilte wat evolusie beteken en ek praat van die aap-gedoentes en toe sê sy dat dit 'n soortgelyke woord is met geen aapstreke nie. Illusie!!!!!

Ag jinne, ek wens ek was vandag in 'n kokon toegespin soos daai miljoene sywurms van Liefkind!!!

Robyn said...

Dit reen...en reen...en reen...maar dis daardie lekker soort reen,pannekoek reen....en laat jou sommer verlang na die warmte van n' plaas kombuis....die opkrul in die hoek,snoesig met n' boek, en jou gedagtes....ai..ai...nou droom ek weer....mooi daggie aan almal....en al is dit koel en nat...onthou die glimlaggie...xxx

Vroulief said...

Ek stem saam met Jeweeltjie, dis darem stil hier op die plaas... Het almal vas geys of weg gespoel of so iets..??

Ek wil dit uit skreeu: en uitjuig:

Vroulief het haar graad verwerf!!! Hoe's daai vir die ou tannie!!??!

Nou kan ek die slaap van die regverdiges gaan slaap..., Dan begin ek Maandag kommer oor die keuring wat so oor 'n week gebeur...

Dankie vir elkeen se aanmoediging, bemoediging as ek so bietjie wil moedeloos raak. Dankie vir die wat vir my gebid het, AL die eer aan die Here!!

Jeweeltjie said...

Ek dink dat Vroulief nog nie agter gekom het dat die plaas in twee dele is nie. Older en Newer... Dis hoekom sy dink dinge is so stil hier!!! Eintlik kook dit hier want almal kom loer baie gereeld in maar praat netnie... ;-))

Hoe spreek mens jou graad se naam uit, Vroulief? En hoekom bekommer jy jou oor die keuring? Geniet jou Blomkind en die laaste van die Kaapse reën in Pretoria!!!

Jewls said...

Jippieeeeee - uiteindelik skyn die sonnetjie!!!

spikkels said...

Ek het geKAMP die naweek! Wou eers uitstel oor die weer, maar is so bly ons het deurgedruk want Saterdagoggend het die son weer geskyn! Het nog iemand gisteraand die meteoriet gesien? Dit was die "weirdste" ding wat ek in ñ lang tyd gesien het. Asemrowend, groots, en "scary"... Ons klompie om die vuur het eers gedink die jenewer en tonikum is effe verouder of dalk tè sterk en dat ons nou goeters begin sien, maar was gelukkig om vanoggend te hoor ons vertelling sal water hou en kan as geloofwaardig bestempel word! Dit was soos iets uit ñ fliek en letterlik binne ñ oogwink verby...

Robyn said...

Wat n' pragtige oggend....vroeg toe die eerste voëltjies piep...maak Jessica my wakker....sy wil uit...en dan moet ek vinnig op en haar op die grassies vat vir n' plassie....en dis toe dat ek besef....die vroegoggend opstanery het ook sy voordele....die lig begin net so effe deurkom p die Ooster kim...maar ek ruik en voel die nuwe dag ontwaak,die voëltjies is opgewonde,en ek sien nog die laaste flouerige sterretjies....n' diepe dankbaarheid vloei deur my....en ek dink..."wat n' voorreg"...Groenie,geluk met Japsnoet se verjaardag,mag daar nog vele mooi tye wees wat hy aan julle sal besorg....Maters,mag hierdie week besonders wees vir elkeen,leef hom voluit,laat daar sprankel in jul ogies wees,en onthou...GLIMLAG!!!!....XXX

Jewls said...

Ek is maar bly ek het NIE daai wit lig gesien nie... ;-)) Groenie, gee vir Jaco 'n vet soen van my af en sê hom ek hoop hy't 'n lekker dag gehad!!

spikkels said...

Hoekom is jy bly daaroor Jewlsie?

Jewlsie said...

Ek sou sooooo geskrik het Spikkeltjies, dat ek sou gedink het dis die Engele wat direk uit die hemel vir my 'n boodskap gee oor ek alleen met 'n glasie wyn in die hand gesit het... "On a Saturday night, well, I aint got nobody..." Verstaan jy? ;-))

Robyn said...

Vandag dink ek aan my baie spesiale mater...mag die seer van verlange en gemis met die tyd ligter raak,vandag drie jaar terug is jou lewe omgedolwe met die harde feite van die dood,die finaliteit tref jou keer op keer...dit skeur deur jou...maar jy veg moedig teen die gemis....alleenlik iemand wat deur dieselfde situasie is,...sal verstaan...sal weet....DANKIE.... dat ons mekaar kan dra....

Robyn said...

Goeie môre my maters,sjoe..dis maar stil!!!op die plaas....Vanoggend bly my gedagtes terug gaan na die koerant opskrif...5jarige soos hond aan leiband vas aan tafelpoot...met net n'stuk been om aan te kou....sjoe...watter tipe mens doen so iets....hoe hatig....vrot moet jou binneste wees....en ja,daagliks is daar sulke wrede dade wat plaasvind....en met ons regstelsel,kom so persoon min of meer skotvry...Maters,mooi daggie vir elkeen....mag die mooi van die lewe om jul wees....jul vul met liefde en omgee vir jou medemens....xxx

Jewls said...

Dis nou wat dwelms aan mens doen, Robyn, dit maak mens gevoelloos... Ja, dis 'n baie hartseer storie!! In teater werk ons mos ook met verdowingsmiddels om mense aan die slaap te maak of pyn te verlig. Dit word verskeie name genoem, nl. drogerye, skedule medikasies, drugs, verdowing of dwelms. Dinsdae help ek altyd met narkose en Dr. Raath is baie lief daarvoor om op een plek te staan by die arm van die pasiënt en dan vir my te vra om die 'dwelms' aan te gee. Toe hy dit weer eendag sê, toe spring die seunskind van die teaterbed af (hy was omtrent 15 jr. oud) en ontslaan homself net daar en dan want niemand gaan hom dwelms ingee nie!!! ;-)) Dit het baie mooipraat gekos om hom weer rustig te kry vir sy operasie. Dit was dieselfde 'dwelm' waaraan Michael Jackson verslaaf was... Ironies genoeg!!!

Unknown said...

ek wil iets sê maar ik weet'ie wat'ie. Hettik julle al die verhaal van Jantjie vertel? dis amper soos die kind aan die tafelpoot. :-(?

spikkels said...

Ek het vanaand ñ lekker lekker aand gehad!! Viool gespeel dat my nek skeef bly staan en my vingers blase maak, saam met ñ pianis wat weet wat hy doen en net af in ons straat bly!! Wat ñ heerlike ontdekking dat die talent al die tyd onder my neus woon!! Jippeee!! :-)

Robyn said...

Spikkels...so bly vir jou part...weet jy...daar is seker niks lekkerder as jy iets ontdek wat jou n' hupstootjie na vore kan gee....ek het ook so oomblik gister beleef....ek is besig met so klein bedryfie vanaf die huis...en ek kon behoorlik soos n' kind op en af spring toe ek gister n' deurbraak maak wat my so hupstootjie gaan gee....so STERKTE!!!!!.....mooi daggie vir elkeen....mag julle n' wip in die stappie dag beleef...xxx

Jewls said...

Vertel, Uncle Mac!!! Vir watter geleentheid het julle gespeel, Spikkels? Robyn, jy kan gerus meer vertel van jou geheimsinnige tuisbedryf? Nou's ek lekker nuuskierig!!!

sPiKkElS said...

Net vir onsself, in die sitkamer, uit die Liedboek van die Kerk! Maak gereed vir die kerssangdienste wat een van die dae begin. En volgende gaan ons ñ kontrabas bysleep en die dorpie Delmas bietjie klassieke kultuur wys! Is so opgewonde, ek maak weer musiek!

Kakiebos! said...

Ag liewe Spikkels, ek onthou daai dag toe ek en Makou en Liefkind jou in die kerk gaan luister het!! Dit was so spesiaal om jou te sien waar jy jou musiek geniet en met al jou ekstrimiteite wikkel op daai orrel!! Ek bedank sommer nou en trek Delmas toe!!! ♪♪♪ Music was my first love... ♪♪♪

Robyn said...

Jewlsie.....soos "your first love"...musiek is....is myne plante...ja, ennnn...musiek...maar plante is my eerste keuse...en ek is besig met die opbou van so klein tuis kwekerytjie....net so paar soorte...miskien soos die tyd aanstap sal ek meer aanhou....maar ek geniet dit...en daardeur ontmoet jy mense,en praat dieselfde taal...jou liefde vir die natuur....Mooiste mooi daggie maters....dis Vrydag....lig op daardie sterte....en kry wip in jul stappies...(praat ek miskien nou met myself)....xxx

Jewlsie said...

Dit laat my nou weer onthou van Frits se mal jaar hier op my erf toe hy net-net begin beter voel het van sy depressie. Daai tyd het hy aan elke denkbare staptog deelgeneem en dan maak hy na die tyd al die coke-glasies bymekaar en bring dit huistoe. Vir maande lank het hy dit opgevul met grond en plantjies daarin geplant en dit vertroetel om te verkoop, maar omdat die glasies van papier was, het dit verweer nog voor hy dit kon verkoop en so was dit toe die einde van sy kwekery en 'groen-leef'! Na hy hier weg is, het ek nog omtrent 2 bakkie-vragte vol gehad om weg te ry wat hy veilig onder 'n afdak gestoor het!! Hie-hie, ek hoop jy maak sommer baie geld uit die plantjies uit!!!

spikkels said...

Veels geluk Oupa en Ouma Vlakkies en Vroulief!! En ook geluk aan Bergbok en Willebokkie!!

Kaaskop said...

Baie baie geluk Vroulief en Vlakkies, met die mooiste kleindogter waar julle van kon gedroom het. Hoop alles gaan goed met die baba en die mamma, en die pappa sommer ook!

Jewls said...

Voel dit anders om vanoggend as Oupa en Ouma wakker te word? Vyf soene elk!!!!

Rudie Thirion said...
This comment has been removed by the author.
Rudie Thirion said...

Wil net vir Caro die plaas gekom wys het. Die is nou Bergbok en Willebokkie se oudste en my en Vroulief se kleinkind

spikkels said...

Nog ñ Caro! Dit beteken mooiste van die mooies!

Rudie Thirion said...

Nes jy daar sê Petrysie, mooiste van mooies.

Skrik ek nou annerag wanner my ehm ... my annering ... my boeglam. Kom hier by die plaas aan. Die huis is bottoe en verlate. Binnekant hoor ek net stemme uitie verlede. Dog ek so by my sigsellers: "Hulle het sowaarie plaas onner ons ehm ... agterente uit gat loop sta' verkoop. Vat toe maar weer my goedjies en loop. Vemôre kom ek toe weer daarlaans verby om vir Karoolsie die ou plaas te gat loop wys. Sien ek sowaar hier onner staan 'n bordjie wat syntoekantoe wys en sê iets in Ingels wat lyk soos "Nuwe opstal". Stap toe syntoe met Karoolsie oppie arm. En sowaar, daar is ammal. Rooikappie het toe nooitie plaas onner onse agterente uit gat loop sta verkoopie. Sy't hom net gat loop sta onnerverdeel.

Jeweeltjie said...

Ek gloooooooo dit nie!!!! Ek verdink vir Vroulief dat sy nie weet wat aangaan nie en toe was dit allie pad Vlakkies!! En boonop gaan staan en verloor die Springbokkies toe ôk nog!!! Ai toggie!! Welkom terug Vlakkies! Het jy lekker gekuier saam met ons? ;-)))

Jeweeltjie said...

"Karoolsie oppie arm..." Mmmmm. Is jy 'n kat-mens, Vlakkies? Of is dit 'n hans Jack Russeltjie wat hakskene bykom? ;-))

Jeweeltjie said...

Of is dit 'n lammetjie van Nimmerrust wat jy so troetel in jou arm oor jy andersins verlang? Min dae!!

Rudie Thirion said...

Jeweeltjie, Caro.olsie ;-)

Kaaskop said...

Liefkind, baie baie lekker verjaar! Ek hoop dit gaan vir jou 'n pragtige dag wees. Geniet dit, en baie ver weg sal ek vandag aan jou dink. Mag jy net geluk vind in jou lewe!

Jewls said...

Vlakkies, klim trug in die laai want jy's te skerp!!! ;-)) Ek en Veertjie het vanoggend vir Liefkind 'n verrassingsontbyt gereël met haar maaitjies om Veertjie se Cowboy vuurtjie!! En WAS dit 'n lekker verrassing vir haar!!! Nou is dit egter die laaste van die eksamens en moet daar geleer word... Dankie Kasie, ek het jou mooi wense oorgedra en Liefkind was baie 'chuffed'!! Ag liefste Smousie, dankie vir alles wat jy in ons lewens vir ons beteken - ons waardeer jou ontsettend baie!!!!!

spikkels said...

:-) Tevredenheid x ontelbaar. Sjoe, daar is Genade in my lewe!!

Smousie said...

Vlakkies Smousie is deesdae so broeis hy sit en broei op sy Farmer Brown family pack XXlarge eiers.

Smousie said...

Dam nie so erg nie. Niggie kom kuier daggie of wat terug by my met haar 2 maande oue babadogtertjie. Ou Smousie skraap toe daai stukkie menswees in sy omgee-omhelsing op en vertroetel daardie babamensie soos net 'n lompe ou Smousie kan, maar hy het noggie sy vaderlike "touch" verloor nie!! Nee daarvan kan die suurmelkkotsies op sy skouer getuig! Kan nog steeds 'n wind uitvryf....

Smousie said...

Juweeltjie, wat 'n voorreg om so deur jul erken te word. Baie lief vir julle!!

Robyn said...

Sjoe...en hier kom ek nou eers weer op die plaas...agv...kabel diefstal...is ek steeds sonder Internet by die huis....maaaar ek gaan die diewe nou fnuik...ek gaan vandag die nuutste op die mark 'gadget' van telkom kry....en dan het ek nie meer n' kabel nodig...en hulle kan maar voortploeter met hul kabel stelery...Solank daar n' afset gebied is...sal die soort van diefstal aanhou en aanhou....dis nou die vyfde keer by ons....en genoeg is genoeg!!!!...Nou ja,laat ek sien....laat ek die agterstand van die naweek inhaal....Vlakkies,Vroulief...Pappa en Mamma...baie ,baie geluk....mag hierdie bondeltjie vreugde jul harte warm laat klop...e vir die jare wat kom,nog vele pret en plesier sal verskaf....Liefkind...tannie Rooikop het jou nie vergeet....sjoe...jy word nou n' yslike groot dame,die mooiste prettigste tyd van jou lewe lê voor,jy is n' ware sterretjie...en jou liggie skyn helder, jou onwrikbare wil om ander te plesier en goed te doen,maak van jou een baie spesiale mensie...mooiste mooi jaar vir jou....veral met jou leierskap...jy kan...en gaan nog hoë hoogtes bereik....Vlakkies,sjoe...ek kry skoon skaam oor die onderverdeling...maar ek het al belowe e belowe weer...dit sal weer reggestel word....ek en Kiets moet net bymekaar uitkom....Mooiste mooi daggie vir elkeen...wees POSITIEF...GLIMLAG....en laat daar LIEFDE wees vir die om jou....xxxx

spikkels said...

Hallo maats...!! :-D

Robyn said...

Spikkels!!!!!...jy loer...en woeps dan is jy weer weg.....Mooiste mooi daggie maters!!!....xxx

Unknown said...

wie ewwer ookal gesê het die wiel sal draai - gaan verlustig jouself want ek is nou heel onder, en die drywer het briek getrap want niks verander nie ...
ek het 'n paar WOW's nodig. Ek dink ???

spikkels said...

Kan ek jou WOW vertel Uncle? Die ontdekking van ñ vriend en die lekker ervaring van ñ vriendskap wat groei en mooi word! En musiek wat al gemaak is deur twee siele op orrel en viool lank voor nou, en nou weer! xxx

Robyn said...

Goeie môre maters.....sjoe dit het te heeeerlik gereën...die lug is skoon....alles is sopnat.... vroeg vanoggend staan ek so en kyk, terwyl die son sy kop in die Ooste uitsteek.... so salige gevoel van dankbaarheid gaan deur my...n' intense dankbaarheid vir mense wat omgee...jou aanmoedig...en dra...ek is so geseënd...Uncle,die wiel wat so draai, is soms net n' toets, om te sien hoe jy dit hanteer,soms het jy net n' "highlift jack" nodig om jou so effe te lig,dat jy vastrap plek kan kry...en daar gaan jy...en dis waar vriende inkom...daardie persoon wat jou positief kan inspireer,jy vergeet skoon van jou lamlendige gevoel,of omstandighede....Uncle kyk om jou....jy het!!! sulke vriende...ons is mos een groot familie....n' vonkpossie, of foon oproep ver....Lig nou op daardie stert....kyk vir jouself in die spieël en sê..."ek kan...en ek sal"....Maters,mag hierdie dag spesiaal wees....LEEF hom...BELEEF hom...GLIMLAG...al is dit net so skewe enetjie....staan net so oomblikkie...haal diep asem....kyk om jou...en weet...jy is uniek....en jy is spesiaal...xxx

Rudie Thirion said...

Skuif ... skrefie lig ... loer ... skuiiif ... groter skrefie ... loer ...

JEWEELTJIE KAN EK NOU UIT HIERIE DEKSELSE LAAI UITKOM? DIS ERG BEDOMPING HIER BINNE!!!

Nee, ek was da'mie heeltyd innie laai nie. Net niks vonk gehattie. Bedompig lat my dink aan Lankleinboet - as ek reg onthou. Was nog so klein tjokkertjie, toe sê hy eendag: "Dis da'm bedônerd vandag." Ma raas oorie lelike woord en hy kannie verstaan wat lat nou aangaanie. Totlat Ma later besef hy bedoel eintlik bedompig.

Robyn said...

Vandag het ek sommer n' huppel in my stappie...dit het heeeerlik gereën...alles is skoon en vars.....en ek sê DANKIE...vir die voorreg om dit te kan beleef...Maters,laat dit n' gatskop dag wees vir elkeen....wees wild en wakker...doen iets impulsief....bederf jouself...jy is dit werd....xxx

Rudie Thirion said...

Onse Lollapop het haar tweede jaar geslaag met 5 onnerskeidings!! Sit slimkjend!!

Jeweeltjie said...

Miekie sou soooooooo trots gewees het!! Dankie vir hierdie goeie nuus, Vlakkies!

Robyn said...

VEELS GELUK LIEWE KIETER.OMDAT JY VERJAAR...TRALALA...TRALALALA...MAG DIE HEER JOU SEëN EN BAIE JARE SPAAR!!!!...geniet elke oomblik van hierdie dag....en mag jy tot in jou tone bederf word....Ai Lollapop...so baie geluk...baie trots op jou...Vlakkies jy moet maar ons wense oordra....weet nie of Lolla nog hier lees....Mooi daggie vir elkeen...dis Vrydag!!!!....xxx

spikkels said...

Veels geluk liewe Kieter-Kat omdat jy verjaar! Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar! xxx

Leon said...

'n Tante-kennis is vinniger met haar tong as wat Trinity ooit met sy skietding was, maar die verskil lê juis daar. Dis nou innie spoed en die gevolglike kwaliteit vannie skoot.... Trinity was vinnig en akkuraat met sy filmskote, die Tannie daarteenoor, was blitsvinnig met haar tong, maar hêng het sy misgeskiet met haar sêgoed!! Luister hier... by die Tannie se kerk word 'n, volgens haar, verdagte persoon in 'n vertrouensposisie aangestel en die Tannie bekla die lot by 'n mede tannie. Sy wou indruk maak met die gesegde "Moenie vir wolf skaapwagter maak nie" en toe skiet sy mis met "Wolf moenie vir skaap wakker maak nie" !!!

Leon said...

Spikkelvoeltjie ek het miskien unieke musiek vir jou. Kontak my ASAP blief.

Jewls said...

Smousie, ja-nee, moet liewer nie slapende skape wakker maak nie!! ;-)) Vanoggend was een van daai droomoggende wat ek net wou uit in die tuin, swembad skoonmaak, motors was en met die hoenders speel. Maar hier teen 11-uur toe word dit bedônerd warm en my rug pyn van bossies uittrek en ek sweet en ek verlang na my kind en ek is honger en ek gril vir die slakke wat ek in my hande hoenderhok toe aandra... Wat het julle alles vandag gedoen?

spikkels said...

Dankie Smous, ekt jou briefie geantwoord... En kan ek net hier "at the top of my lungs" dit uitjubel, DIE LEWE IS FANTASTIES!! Ek het in die week ñ aanhaling gelees, kan nie die persoon se naam onthou nie, maar dit lui as volg: "As ek terug kyk, is ek dankbaar dat God nie al my gebede beantwoord het nie..." Dit is nou, en moet altyd wees, so van toepassing op my lewe!!

spikkels said...

Jewlsie, ek en my pianis/orrelis vriend het vanoggend in die kerk met viool en orrel ongelooflike musiek gemaak, tantes na snesies laat gryp, omies vèèèr en diep laat dink het, en knoppe in ons eie kele gekry. Ek spog nie, dis net feite :-). Dit was ñ geskiedkundige dag in Delmas, ons is die enigste in die hèle dorp wat dit kan doen! En daarna is ons na Universiteitsoord NG Gemeente waar Salon Musiek en ñ engelekoor die mooiste kersprogram aangebied het. Ek het in my lewe nog nooit Stille Nag so mooi soos vandag gehoor nie... Dit is klanke wat nog lank in daardie massiewe gebou se hoeke gaan hang en vir altyd in my kop en hart!

Jewls said...

Spikkeltjies, ek's bly vir jou dat jy tans so baie vreugde ervaar!! Wat van 'n konsert hier by my huis op my Uptight Rosewood'tjie? Ons moet dam nog een keer hierdie jaar bymekaar kom?!!! Lyk my Rooikoppie se kabels is alweer gesteel en Vroulief lê onder die invloed van pille stil op die bed met haar seer bêkkie en Kasie is toe-ge-ys in sy blyplekkie en Uncle Mac speel net met sy Toys en Vlakkies sit net heeldag en kiekies kyk van Karoolsie... En Katjie en Spook het ons heeltemal vergeet!! Ek dink aan julle almal met groot liefde en hoop julle het 'n Skitter-stêr-week!!

Robyn said...

Sjoe maters....hier is ekke.....ja,my kabel is weereens gesteel by die huis,nou het ek die nuutste op die mark "gadget"...die enigste nadeel is...my huidige pakket vir Internet verval,kan nie met die nuwe storie werk,so nou moet ek kyk wat is bekostigbaar vir my behoeftes....wees geduldig...ek sal eeeeendag weer op Internet wees tuis....☺☺☺...gelukkig kan ek darem nog via my werk met julle klets....So bly om te lees dat dit goed gaan met almal...veral die ogies wat so blink...☺☺☺....Mooiste mooi daggie vir elkeen....die begin van die week...maar ook nader vir baie van ons, aan vakansie...so die wat al byna oppad is...veilig wees....en die wat nog so paar dae moet skoffel...hou uit....xxx

Rudie Thirion said...

Lollapop sê dankie virrie gelukwense.

Robyn said...

Vanoggend voel ek soos n' mamma wat haar kind vir die eerste keer speelgroepie toe gevat het...ek het my Jessica woefertjie by die huis gelos vandag...want sien...sy sal moet leer om alleen te bly...want as ons weggaan oor twee weke,moet sy agter bly....ten minste troos ek myself ek het n' goeie oppasser vir haar gekry....sy en Robyntjie sou eers in die Kennels gaan bly het...maar dit ontwrig die diere erg,beter dat hul in n' bekende omgewing bly,en goeie sorg kry...so nou sit ek en wonder wat doen daardie popgesiggie van my...by die werk slaap sy die meeste van die tyd,so ek glo dieselfde gebeur ook nou....Mooiste mooi daggie vir elkeen....xxx

Makou said...

Voordat almal hulle ry kry wil ek net vir n ieder en elk n Geseende Kersfees en n Voorspoedige Nuwejaar toewens. Geniet die welverdiende ruskans en wees asseblief veilig waar julle ookal gaan.

As alles goed gaan maak ek die elfde klaar! Gaan net lekker rus, golf speel en werfskaf by die huis. Dit was n jaar van baie goeie tye, emosionele ritte, ontdekkings, "oupa" word, ouer word, goeie nuus en slegte nuus, maar definitief een van die bestes in n baie lang tyd!

Sekere golf dae sal my altyd by bly, elke sonsondergang het n herinnering en sommige paaie hou altyd n bekoring in. Dankie vir al die mooi en kosbare tye wat 2009 so n besonderse jaar gemaak het xxx

Jewls said...

MAKOUUUUUU!!!! Wat 'n groot lekkerkry om jou nou hier raak te loop!! Oupa? Is dit nou die hondekinders of die meisiekind of Prinses se kind??? Sjoe, baie geluk in elk geval en hoekom het jy nie jou gelukkige en slegste tye met ons gedeel nie? Hie-hie, tree ek jou nou sommer hand-innie-sy aan nog voordat ek jou 'n klapsoen gegee het!!!! Ag liewemens, vertel nou alles want ek het jou baie gemis hier op die stoep!! Gaan dit beter met jou Ma?

Robyn, hoe was Jessica se dag toe gewees en wie gaan haar oppas as julle weggaan? En waarheen gaan julle? Vra ek altyd so baie vrae? ;-))

Dankie Vlakkies!! Hoe gaan dit andersins met Poplappie?

Robyn said...

Ai....Jewlsie,ek giggel skoon....jy is te dierbaar,altyd begaan oor almal se wel en wee...Jessica was so effe gestres...sy is gewoond om 24/7 aandag te kry van haar mense mamma...en gister was so klein bietjie te veel vir haar klein hartjie...maar ons sal maar moet deurdruk...al is dit hoe erg vir my sowel as vir haar....Gisteraand het sy so paar kermgeluidjies gemaak....ek het maar ander pad gekyk,met n' hart wat soos klip in my gelê het...Ryno,Hantie se seun gaan na my diere kinders kyk,en daarby is Hantie hulle ook by die huis...hulle gaan nie weg met Kerstyd......Ons gaan Kruger wildtuin toe...Satara kamp....en ons gaan kamp....Rus...stilte...natuur....
Makou!!!!....heeeerlik om jou op die stoep raak te loop....baie geluk met die oupa skap!!!!...ai...sekerlik gaan jy heerlik bederf...geniet jou welverdiende rustydjie...en natuurlik jou golf.... laat die "birdies" inrol!!!....Maters....hou duime vas,en maak ogies toe.....Jeannette my skoondogter is gister opgeneem vir premature kontraksies....sjoe....en sy sal nou vir maand of langer moet lê...terwyl hulle haar monitor....slegte tyd...6mnde...Mooiste mooi daggie....laat die warmte van omgee deur julle vloei...ons het soveel om voor dankbaar te wees...xxx

Rudie Thirion said...

Jeweeltjie, dit gaan goed mettie kind. Sy gat mos loop sta' vakansiehou lattie biesies bewe. Kaap, Sedgefield en Vannerkloofdam saam met familie-goed.

Jewls said...

Jippieeeeeee!! Ek is nou amptelik met vakansie!!! En sommer as 'n bederfie gaan ek vandag die twee Boetman boeke kry - ek is so opgewonde daaroor!!!!

Robyn, ek het juis hierdie naweek gewonder wanneer jy Ouma word want jy het so lanklaas ietsie gesê. Sterkte vir wat julle nou moet deurgaan - ek bid dat die babatjie veilig sal wees!!! Ek weet jy en Willie gaan die stilte van die natuur baie geniet, stuur asb. baie groete vir hom!!

Mooiste dag vir my maaitjies wat nog 'n rukkie langer moet werk voor julle ruskansie aanbreek! Vroulief, hoe gaan dit met jou? Ek mis jou jong!!!

Robyn said...

Sjoe,ek wens ek kon ook al gil en skreeu van blygeite vir die vakansie wat aanbreek,maar ek sal maar nog skoffel....hopenlik net tot volgende week....Net weer verslag doen oor mamma en babas...mamma moet plat op haar rug lê...so min as moontlik beweeg...kry inspuitings, en is op drup...om babas se longe te versterk...elke dag is n' bonus...want dis krities as hulle nou besluit om hul opwagting te maak...ek kry net vir Jeannette baie jammer....om so te lê is nie maklik....die Dr laat haar ook nie huis toe gaan...sy moet nou in die hospitaal bly tot en met die geboorte....so maters...seblief....bid vir mamma en die tweetjies....Dankie vir jul omgee....Nou ja,laat ek weer aangaan...mooi daggie vir elkeen....xxx

Kaaskop said...

Vir almal van julle wat gaan vakansie hou wens ek dat dit 'n pragtige tyd gaan wees. Mooi ry en kom veilig terug. En nou dat die son so lekker skyn by julle verwag ons volgende week die eerste sneeu. Sal fodies neem.

Rudie Thirion said...

Rooikappie, sterkte vir julle. Julle is op my lysie.

Unknown said...

en so loop ik ennie Dwerrrgie ooralster rond en die Boseveld was bajja lekker en allie diere inni vlakte het elke agtermirrag vir my kom kuier en oge wys... net daai **** luiperd hou hom skaars.
Linda my kjent - oompie staan ook op die knieë vir Mams enne kleingoed - en bid dit gaan hulle goed. Hou oompie sommer op hoogte sommer so oppi i-muil ??? hoor jy?

Kaaskop said...

Nou lees ek dat dit vandag 30 grade was in Pretoria. In Amsterdam was dit presies 34 grade kouer. BBBBRRRRR!

Unknown said...

Dis hoog-winter hier in Lagos ook - die koudste wat ek nog hirri week ervaar het. V'morre 6-ier wassit al 27 grade gewees [82 F] dis nou so 'n klewerige nat klam weer buite. Ek enni honne sit maar binne en laat die erkon die werk doen.

Robyn said...

Sjoe....ek lees so van die koue...en die hitte...en ek giggel in my mou...want ek is byna oppad bosveld toe...Satara...in die Kruger wildtuin...ennnn...ek dink dit gaan smeltend warm wees.....sal maar soos die voëltjies...oopbek onder die bome gaan skuil...ons kamp!!!!....sooo geen "aircons".....net die warm lug wat om jou gaan maal...en maal....maar ek is reg vir die hitte...spuitbotteltjie vol water... nat handoek om die nek.....en natuurlik die koel lafenissie van die swembad....gelukkig is daar nou die luukse....paar jaar terug was daar nie daardie vooruitsig....maar as ek saans so om die houtvuurtjie sit,diep in die kole staar, en die naggeluide hoor...was dit alles die hitte werd!!!!...Maters...sover gaan dit goed met Mams en babas...sy is tans tuis...maar moet stil lê in die bed....ons moet maar net styf duimvashou....hulle moet net uithou tot die eerste week van Februarie...Nou ja,dis die einde van die jaar...elkeen gaan na sy onderskeie rusplekkies,of sommer net lui lekker by die huis rustig raak,mag hierdie kerstyd die besef by elkeen tuisbring van geborgenheid, welwillendheid,die warm gevoel van vriendskappe, laat ons die nuwe jaar ingaan met n' glimlag van dankbaarheid vir dit wat ons beleef het in 2009,en laat ons positief wees vir 2010...Dankie vir elkeen se omgee en vriendskap...veilig wees...xxx

spikkels said...

Ek dink die tyd het gaan stilstaan want my vakansie wil nie nader kom nie! Geniet daai onsettende hitte Robyntjie, die duiwel los in Desember sy oonddeur daar by Satara oop. Ek hoop julle sien elke dag leeus, dat die S100 nie deur tè baie mense gery word nie, dat julle ñ vangs sal sien, dat die ablusies skoon sal wees, dat die sterre helder sal wees, dat die maan mooi sal wees, dat daar nie muskiete sal wees nie, en dat julle elke aand die naguiltjies sal hoor! Geniet dit baie!

Kaaskop said...

Vandag is alles wit in Laag-Kaasland, en koud, minus 6 grade. Vannag sal nog meer sneeu val. Geniet Satara Robyntjie, en as jy dan saans in die vuurtjie staar, besef dan dat jy die rus verdien het na 'n baie besige jaar. Ek hoop en bid dit sal goed gaan met mamma en baba. Lekker vakansie vir almal!

Kaaskop said...

Vir die van julle warm kry, kyk op Facebook, en koel lekker af.

spikkels said...

onnerstebo en agterstevoor! hiehie :-)

Kakiebos said...

Hoekom?

klitsgras said...

Van nuuskierigheid is die tronke vol... ;-D

Makou said...

Ons gebede en gedagtes is met jou en die familie Robyntjie. HY het dit goed gedink om haar te kom haal en sy is nou veilig terug by haar Vader. Sterkte vir julle oor die tyd xxx

Leon said...

Dit is vandag ons Here Jesus se verjaarsdag. Mag Hy as sulks aan die hoof sit van ieder en elk van ons se feesmaal. 'n Geseende en vreugdegevulde Kersfees aan jul en jul families Plasies.

Kaaskop said...

Ek dink aan jou Robyntjie, en julle almal. Baie sterkte in hierdie moeilike tyd.

spikkels said...

Ek bid vir elkeen ñ 2010 toe met net genoeg hartseer en teëspoed dat ons nederig sal bly, en dat God elkeen van ons ryklik sal seën en ons in dankbaarheid sal leef. Voorspoed!

Makou said...

Nogal vreemd dat hier nog geen aksie was nie en die jaar is al amper weer verby!! Waar is al die maats? Nog steeds op vakansie???

Groete aan almal en mag hierdie jaar net alles wat mooi is vir julle inhou. Dit gaan n besonderse jaar en nuwe dekade wees.

Anonymous said...

hallo da almal. gou gou hallo sê. voorspoedige 2010 vir almal... toedels... groeni

Unknown said...

ai tog - kan ons nouniemaar by 2010 uitkom 'ie?
Hallo ammal. Huzzit Groenie?

spikkels said...

Lekker verjaar Groenie! :-)

Unknown said...

Agge NEEEEEEEEE - Hond se maaaamie dit kannie so aangan'ie - het jelle nou ammal loop stane dorp toe trek en die friegin plaas net so laat staan? Die hunnrs hettie kos'ie, die muishond het de leste yjir opgevreet - en die **** domde rooi-bont weglêhennietjie is katkos geword en Wagter ja die hoeners die hele werf vol. So wrintie staan daar nogge beker kouuuu koffi oppi Aga en die is net so koud. Jy ka' skoo' oppie ding loop stane sit.
Aggenee-a, kom Djoelz, vaddie besem en begin by die agterste kamer - ik sal solank die voorhuis anni kant maak ...[ik wou vi jelle mooi stooriki hier gesit 't maar synde hier niemand iss'ie gan ik okkie bodder nie]

spikkels said...

Ek loer elke dag in om te kyk of iemand dalk tuis is, maar dit bly leeg. Waar is julle? Hallo Oom Mac!

Djoelz said...

Uncle Mac, lyk ek soos die ousie-tipe vir jou? Hoekom sonder jy my uit om die vee-werkies te doen, hmmmm? ;-)))

Einde laas jaar (22 Des) besluit ek om gou my motor se lisensie te gaan uitneem. Twintig kilometer soontoe. Kom daar aan en die hekke is toe maar daar is darem 'n A4 briefie met die hand geskryf wat beduie wat aangaan: "This office will open on the 4th of January. Please understand." Jitte, lyk my almal maak nes hulle wil soos gister in Bloem!! En hulle vra nie eers askiestog vir die inconvience nie!! Veertjie se huis is ook weer gister leeggedra toe al die polisiemanne lekker partie gehou het. Ek vee nou so verergd die stof rond dat ek skoon aan die nies gaan!!!!!

Liewe Uncle Mac, vertel eerder jou storie want ek is seker dis meer positief as myne!!! Hallo Spikkeltjies!

Unknown said...

ja - daar is nog - maar dis my Dwergie s'n. Hirri sal'k deel. V'staan jy nou hukkom doen ek Uitreik by die Boesmans?
--------------------------------
~N`t!xai laat die laaste strale van die dag se son oor hom streel. Vang die laaste bietjie hitte voor die woestynnag koue kom. Toe die son se laaste lig die hemele oranje, rooi, pers en grou verf, staan hy op, tel sy boog en koker op en draf die duin af.Met 'n lied in sy hart, want hy gaan sy Wildsbokkie sien en hulle twee gaan lank om die vuur sit en kuier, praat oor dit wat die dag als vir hulle opgelewer het. Sy sal hom vertel waar al die lekker knolle en wortels groei en hy sal haar vertel hoe hy die duikertjie gejag het. Terwyl hy vir haar die vetderm, lewer en niertjies oor die kole braai. Die kop sal hy afbrand en in die miershoopklei, wat sy aangedra het, gaarmaak. Vir môre vroeg. Vir homself, vir vanaand, gaan hy die ribbetjies in die assies braai. Die sagste stukkies sal hy af-reep en vir sy Wildsbokkie voer. Hom verlustig in haar plesier en die liefde in haar oë sien.

Hy versnel sy passie, slaan oor van 'n haastig-stap na die Boesman draffie, die draffie wat hy by T!xuba`a geleer het. T!Xuba, die witman wat saam met hulle in die veld geloop het en self een van hulle was. Maar hy's nou weg na die groot stad. Dis 'n draffie wat hy heeldag kan volhou as agter hy die gemsbok hardloop tot hy gaan staan en wag vir die steekspies van die groot jagter wat al twee dae op sy spoor is.

Van ver ruik hy die vuurtjie se rook. Hy draai windop. Sy het hul slaapplek verskuif - vertel die rook hom. Toe hy oor die laaste duin kom, sien hy haar en sy hart slaan gat-oor-kop van bly wees om haar weer te sien. Afge-ets staan sy in die vuurlig. Dis al donker en sy sien hom eers toe hy in die ligkring van die vuur kom.
"Tsi, ~N`t!xai, ek sien my groot jagter van die veld en die mooi duiker oor sy skouer. My hart sing vir die maan oor my man wat by my vuur kom sit."
"Tsi, Wildsbokkie, ek sien vir jou wat so 'n mooi slaapplek uitgesoek het en so 'n lekker warm vuur vir ons gebou het. Ek sien ook die hout wat jy gebring het. Jy het die karos mooi neergesit waar die vuur se rook nie heelnag ons oë gaan laat traan nie."

Hy laat val die duiker op die grond, loop tot by haar en met sterk arms tel hy haar op, sodat sy dit uitkraai van lekkerte oor haar ~N`t!xai wat haar so baie liefhet en wat haar teen al die gevare van die nag kan beskerm met sy sterk arms, sy boog en sy vernuf van die veld.

In haar keel kom 'n knop wat haar oë laat blink word van die water wat daar opkom, sy kan nie eens sê dis die vuur se rook nie, want diè trek anderkant toe - weg van hulle af.

~N`t!xai sit sy Wildsbokkie saggies op die karos neer en gaan lê styffffff teen haar, sirkel haar met sy arms en saam voel hulle die vrede van die duineveld oor hulle kom. Die nag is jonk en hulle liefde mooi.

Anderkant die eerste duin sing jakkals dankie vir die maan oor die lekker vet haas wat hy vir sy wyfie en kleintjies kan vat.
Oor die duineveld daal die nag, die stilte en die vrede. By ~N`t!xai en Wildsbokkie se vuur is daar liefde - liefde wat stewig en vas in twee dankbare harte opgesluit is. Liefde wat heel hul lewens nooit sal taan nie.
Spesiaal vir My Dwergie maar ammal kan maar weet …

spikkels said...

Ai, dis mooi.

Jewls said...

Die liefde bly darem maar 'n mooi storie... Makou het toe mos ook gaan staan en HOOOOOG vlieg!! (Hie-hie, skinder ek nou té lekker!!) Geluk, liewe Makou!!!

Unknown said...

SNOEKBRAAI of WATERBLOMMETJIE BREDIE ??? ek moet insamel vir die uitreike en moet seker iets begin doen ook
EN oompie soek alweer 3-ton [DRIE TON] klere vir die Boesmans van Ranyane - Nou het die Juffrou vannie Koshuis op Metsi Mantsu ook laat weet die kinders loop "amper" kaal - en veral die winteraande se studietyd is NAG want di eoukies v'kluim in die lokaal - Sweetpakkies .. asseblief? Iemand wat weet van iemand??

Robyn said...

Koewieeeeeee......hier is ekke....sjoe.....seker gedink ek het die pad gevat....allesbehalwe....ai,maters.....my Desember en Januarie was vol woelinge....maar ek is terug...vernuwe....lus vir die lewe...en vol BONSIE BONS....dankie vir elkeen se goeie wense en omgee...ja,ek weet die helfte van julle weet nie wat aangaan.....kortliks....tweeling kleingoed het besluit om vroeër hul opwagting te maak...gebore op 27 weke op die 21ste Desember....Jeandré en Chané...weeg onderskeidelik...830gr en 880gr....ja,dis reg...minder as n' kilogram....na drie dae is ons kleine Chanétjie na Jesus...en Jeandrétjie veg nog moedig voort...weeg nou al 1.48kg...en behoort so begin Maart huistoe te gaan...die mooiste ou popgesig dingetjie,intussen kry ekke pyne soos kraampyne...en Dr diagnoseer galblaas...en woeps waps word ek opgeneem in hospitaal...nogal dieselfde een as kleinding....en hier lê ek pens en pootjies....word geopereer...en daar moet ek nog versigtig wees vir nog n' week of wat...en glo my...ek kan dit nie reg kry....ek is te woelig van geaardheid....maar het die rustigheid so effe waardeer...en benut....Nou is ek weer volstoom terug in die tuig....werk het opgehoop...maar ek sal inhaal....dit het my net weereens laat besef...ek is so bevoorreg...eerstens...vir my goeie gesondheid,dank aan onse Liewe Heer...en dan vir die wonderlike vriende wat ek het...so baie dankie aan elkeen van julle...julle is erg spesiaal....nou kan ek weer die mooi in die lewe ervaar....en natuurlik...LEEF EN BELEEF...Die plaas sal ek so gou as moontlik regruk...ek moet by Kiets uitkom om die nodige leiding te kry...belowe....ja,ek weet ek het laas jaar ook belowe...maar ek sal en gaan dit so gou as moontlik regkry...ons kan nie mekaar verloor, agv die beslommernis om op die plaas te kom...wat nog te sê al die stof en bossies wat oorneem....Robyntjie sal regmaak!!!!...Mooiste mooi daggie....xxxx

Anonymous said...

Sehr interessant!

spikkels said...

Agge nee man Joe Pieterse!!

Leon said...

Agge ja man Joe Pieterse!!

Unknown said...

gaa hirri plaas nooit ooit weer lewe nie? is ons uitgeskop of afgeskop? of heddie regering ons plaas kom kleim viri herverdeling van grond? of le hy allityd in mugaab-die-aap se zimbaawê ??
Mens mis die inloer en klets - bakkiesboek basuin te wyd uit

«Oldest ‹Older   201 – 309 of 309   Newer› Newest»