Saturday, May 22, 2010

MEI 2010. AMPER WINTER! Kom ons skoffel weer vir 'n slag!!!

96 comments:

Jewls said...

Nou wonder ek wie gaan eerste hier kom inloer...

Anonymous said...

Sjoe...ek is soooo opgewonde....ek het n' boodskap gekry....DIE PLAASHEK IS OOPGESLUIT...ek kom aangery...jy sien net n' stofstreep soos ek brieke aanslaan......ampertjies ry ek by die hek verby...dis so oorgroei van die gras en onkruid....die paadjie na die opstal se middelman skuur - skuur so aan my Landy se onderkant...Genade....wat n' wonderlike gevoel om weer tuis te kom....op die plaas...die rustigheid omvou my toe ek die motordeur oopmaak....van ver hoor jy die tortel koer.....ek haal n' slag diep asem.....skoon lug ...vars lug....die stres sypel uit my moëe liggaam....n' warmte gaan deur my...ek is tuis!!!!!....Dankie vir hierdie wonderlike tuiste...n' plekkie waar ons bymekaar kan kom....

Anonymous said...

Die anonymous is ekke...Robyn!!!!

BLOMMIESRUS said...

Ek verstaan nie...ek voel verlore...ek kry nie my naampie op

Skilpad said...

Kruip..kruip die bult uit...dankie tog die hek is oop...stilte rus en vrede wink vir my!!!

Jewls said...

En die wenner iiiis...... RR Superstar!!! Goeie môre Robyn en welkom terug op die plaas! Ek het oor die naweek weer so bietjie terug gaan lees tot doer by Dana se woordplaas en toe verlang ek dam so baie na julle!!! Nee, ek het nie in my bedjie ge-pp nie! Dis mos 'n ou streek van my om vroeg wakker te word en Rooiveer voor te spring met die gekraai!!

Skillie, wat is jy so in jou dop gekruip, hmmm? ;-)) Ek is bly jy het die plaas gekry - baie welkom ook vir jou!!

Nou toe, met die rugbykoors wat so hoog loop, wens ek julle almal 'n vlaggie-innie-lig-dag toe! Sit hom tussen die pale deur en juig!! STOOORMEEEERS!!!!

BLOMMIESRUS said...

Môre maters.....dis wonderlik om wakker te word op die plaas...uit te stap op die stoep...so laaaaang lui uitrek te gee....en die nuwe dag te sien ontvou.....die dankbaarheid vloei deur my....want ek is so bevoorreg om dit te kan beleef....mooiste mooi daggie vir elkeen....en dankie vir vriende soos julle...ons het mekaar so erg baie nodig!!!!.....

Anonymous said...

n Skilpad voer n alleen lewe. Al ooit opgelet hoe die meneertjie alleen ronddwaal op die plaas? Die dop dien sy doel,bang vir groot buitewereld en maklik om in terug te kruip.
Tog is skillie n bittereinder,met tyd bereik hy sy doel en daag hy ook na n lang tyd op. Dit sal gebeur dat almal moeg gekuier is,maar getrou sal skillie opdaag en sy geselsie gesels.

Anonymous said...

IF I HAD A SINGLE FLOWER FOR EVERYTIME I THINK OF YOU,I COULD WALK FOREVER IN MY GARDEN.

Skilpad said...

Karalie,die skilmannetjie soek die mense...waar is die gesels. Die stoep is nie so koud,gesels moet daar gesels word.Groot rugbykoors is in die lug...sien klaar die stormers is 1-0 voor. Waar is die ander mense?
Die rugbygode het diegene wat rugby so dikwels wil verguis omtrent met n fopaangee geflous met die Orlando skouspel. Viva

Jewls said...

Hallo Rooikop en Skillie!! Oe, ek het 'n baie opwindende dag gehad! Ek is mos nou nie 'n Bulls ondersteuner nie maar mooi bly mooi. Toe daai geskorsde Bak...s van die Blouspan waarvan sy van ook met 'n B begin vandag daar op die teaterbed lê, toe staan ek nader om sy toerniket vir hom mooi hoog op sy bo-been aan te sit terwyl die res van daai selle fris been op my skouer rus!! En toe ek netnou uitstap by die hospitaal, begroet die mooiste volmaan my! Wat 'n voorreg!!!

Skillie, ek probeer jou nog uit'figure' want ek is nou nie seker of jy 'n nuwe plaasmaat is en of jy net 'undercover' as 'n ou plaasvriend gesels nie... Wie's jou span en van waar gehasie? ;-))

Robyn, vertel bietjie hoe dit met daai kleinseun van jou gaan!

BLOMMIESRUS said...

Ek het n' wille woeste dag gehad....getrek van die een kantoor na n' ander....en al is dit net n' klipgooi uitmekaar...is dit nou nie so gou en maklik as wat ek gedink het...maar helaas...Baserasie se nes is gereed as hy môre oggend daar instap....alles netjies op sy plek....my nessie word môre oorgetrek....en hopenlik by Vrydag sal ek knus kan sit en droom,met al my bekende goedjies om my.....en uitkyk op ou Magalies...Jewlsie,met die kleinding gaan dit voor die voet,hy en mamma kuier tans in die Vrystaat...ek mis die klein snip....sal seker weer heel anders lyk oor drie weke....Gepraat van rugby....lyk my die Orlando skouspel beloof om meer opwindend te wees as die wêreld beker....alle kaartjies uitverkoop...en sies Jewlsie...kon jy nou sowaar nie eens bietjie flikvlooi met daar die man met die B B naam,dink net...n' kaartjie wat hy spesiaal aan jou oorhandig,woopie!!!!☺☺☺....Skillie,maak nie saak wie of wat jy is...welkom in ons geledere,Skillie,klink manlik....hoop ek is reg ☺☺☺...want dan wil ek sommer dadelik vra...sal jy vir ons n' vuurtjie aansteek....gooi sommer so paar dik stompe op....ons kan nie die mooie volmaan laat wag....ek gooi solank vir ons koffie met so knertsie in....ai,wat n' salige rustigheid omvou my nie nou....hoor hoe roep die Skopsuiltjie sy mater....

Jewls said...

Vrystaaaaat!!!!

Nee Rooikoppie, ek wil nie verniet-kaartjies hê Orlando toe nie. Want as ek verniet-kaartjies kry, wie gaan saam met my? ;-))

BLOMMIESRUS said...

Jewlsie!!!!!.....EKKE!!!!!....SJOE ...dink net wat se pret sal ons hê....val in by n' 'shebeen'...drink Sorgum bier...en eet Mopanie wurms wat ingeryg is op n'stokkie....waai ons vlaggies....en dans die Afrika dans...nee man,ek sê jy...jy weet mos hoe lekker kan ons kuier...het jy dan vergeet van Loftus.....Nou toe...ek sit hier en klets....dit gaan my nêrens bring...ek moet my kantoor goedies pak....want vandag trek ons nog steeds....ai...ai...☺☺☺...mooiste mooi daggie vir al die maters....Skillie,...dankie vir die kuiervuurtjie gisteraand....gits ons klompie het so gesit en klets...vanoggend was ek erg flou,nie lus vir opstaan...☺☺☺

Skillie said...

Van waar gehasie...n skillie is orals..al kom hy laat...die haas het met n vaart weggespring,maar was hy al op die stoep??? Ek is stadig maar ek kom daar uit. Die vuur word hooggestook vir die vlieswolkies wat aangeskuif kom van die Kaap af...dis koue wat kom. Jewls nou hoe kan jy n man se bene om jou vou????? Die man het seker erg geglimlag!!!
Klink my die blommiesrus wil net aant spele gaan in die soweto in.

Nou ja die dikstompe le reg vir die naweek om die koue af te breek,tot daar net warmte in die harte van almal is. Op die plaas is dit mos duidelik dat almal mekaar dra en al kom ek saam met die Stormers bring ek nie stormweer nie , net n effense ekstra bytjie in die lug.
En voorwaar die Stormmannetjies kom soos n skilpad aangesluip...stadig maar baie SEKER!!
Pasop Bloues,ons kom Orlando blou met wit strepe verf!!!!!

BLOMMIESRUS said...

Nouj a,ek is in my nuwe nes....lyfseer, pootseer....maar dankbaar....Nou gaan ek rustig raak met die warmte van die vuurtjie,die maan wat in sy volle glorie van bo loer...die sterretjies knipoog skelm,en ja,ek hoor van die erge koue wat die Gautengers gaan teister deur die naweek.....maar ons is reg vir jul koue van die Kaap...en vir julle span.....BLOU BULLE BO!!!!!!!.....Maar...welkom in ons geledere...veral op Orlando staduim...Soweto...wat n' wonderlike geskiedkundige geleentheid!!!!!.....Jewlsie...en waar is ons kaartjies!!!!!...☺☺☺...Laat ek nou my lyf in die kooi kry.....môre is nog n' dag.....en ek moet op en wakker wees....lekker slapies almal.....

I Am Legend said...

Wat n aangename verrassing!!!! Die plaas was toe nie oorgevat deur die PDI's nie! Het toevallig besluit om gou in te loer om te sien of daar nog lewe hier is.

Nou kan ek weer lekker rooflees :-)! More is die GROOT dag en dit gaan n titaniese stryd wees. Mag my geliefde Bulle weereens daardie gesogte trofee omhoog hou!

Lekker naweek vir al die maters!!!!

★Lollapop★ said...

Kyk hierso né, julle plaasmaters verstaan nie mooi nie! Daar bo in die hemel het Ma Mieks spesiaal die tafels blou gedek en blou Baberton Daisies laat kweek vir vandag... Die Bulle gaan hierdie een wen! Hoe dan nou anders? Hulle het 'n regte egte engel wat hulle aanmoedig!

Jewls said...

Jitte, ek sit nou hier en kry sooooo lekker!!! Nee man, nie oor die Bulle gewen het nie maar oor Makou hier verby gevlieg het en liewe Poplap ook kom aanklop het!! Welkom terug julle tweetjies!! Blommie, jy kan maar vanaand in jou blou hempie slaap want julle het hierdie wen so 'erg baie' verdien!! Okey: BAIE GELUK AAN AL DIE BLOU BULLE!!! Ek en Skillie en Vlakkies en Smousie en Uncle Mac en Spook en Zulu en Dana het tevergeefs geskree maar ons is bly dat julle darem vanaand gelukkig en tevrede is met julle span se oorwinning!!!!

Jewls said...

En die Skitterstêr-trofee is vir ons eie Engeltjie daar in die hemel tussen haar blou daisies en gerbera's!!

BLOMMIESRUS said...

Die hele Petoorsdorp was behoorlik in blou geklee,maar die gemoedere was alles behalwe blou,dit was rooiwarm in afwagting....en ja,BLOU BULLE BO!!!!!......en ja,dankie aan onse engeltjie!!!!
Vandag is nou een van daardie tipiese winterdae....koud en mistroostig....ek sit hier onder my ou kombersie...en brei n' serpie....het vroëer heerlike Sagopoeding gemaak.....njammies...ek dink dis tyd vir nog so skeppie..☺☺☺...Ek het woema nodig vir die nuwe week...dis maar my verskoning...☺☺☺....

Skille said...

Baie geluk aan die Blouspan,ons Storm was toe n windjie met n kouetjie vandag!!!
Ry ek vandag in Gauteng rond,sien ek n man sy kop al in die rondte swaai. Dit swenk sommer gevaarlik oor die pad soos die kop om die rondte draai. By n robot skree ek vir hom.."Middag vrind,is jy oraait???" Hy draai sy venster af en die koppie hou aan met swaai en al wat kan hoor is..blou blou blou blou. Toe verstaan ek die man is eers vanoggend uit Orlando uit en die gevreesde bloukoors het sy tol geeis.
Kom ek in Tshwanetoria..en al wat jy sien in die malls is blou truie..nou wonder ek mens is die goete skoon? Die mense dra die goete al dan van Vrydag af en vir my was Pick n Pay en al die ander groceries plekke se rakke nog propvol waspoeier. Dit beteken net een ding..die nasie wil daai wen reukie vir lank onder hulle se neuse hou. Wel wel eerder hulle as ek?
Nou is die Super 14 mos vir altyd verby en die Bulle hou nou sommer die beker...well done...bul of te nie daai koppie bly in Orlando..ek bedoel Loftus.
Nou is dit weer Kerriebeker tyd. Met die koue vandag sou so n skaapafval kerrietjie in n pot op die plaas se stoep tog te lekker gewees het.....en natuurlik om dit te kroon n Stormer rooiwyntjie uit die Kaap uit.
Groetnis en geniet die week!!!

Makou said...

Wat n lekker gevoel!! Die trofee is waar hy hoort en ek het die naweek oorleef!

Daar kom n tyd in jou lewe waar jy moet aanvaar dat jy nie meer saam met die jong manne kan kuier nie :-((. Ek moes gister mooi praatjies maak met my lyf en kop!! Die gees en atmosfeer was fantasties daar in Petoorsdorp en ons het Hatfield Square plat gekuier!

Vir die Kapenaars is die wraak soeter as hulle hanepoot. Hulle kry die sneeu en ons die verdomde koue. Daai windjie sny deur alles en dit raak onmoontlik om soggens op te staan. Seker maar ons beurt!

Lekker werk almal en hou maar die warm goedjies nader :-))))

Jewls said...

Rooikop, is jou serpie al klaar? Ek het weer 'n kombers begin hekel so 'n maand gelede, maar klokslag 8-uur saans moet ek die kombers afeindig want dan vat Liefkind hom saam met haar bed toe...

Skillie, was jy dan vir die naweek in Pretoria? Ek het lekker gegiggel vir die 'reukie van oorwinning'!! Sondag het ek so 'n kêrriekie geeët in 'n restaurant maar ek het nie vér gekom daarmee voor ek behoorlik van angssweet uitgeslaan het nie. En dit was glo die medium kêrrie!! Maar nou vir die Curriebeker, né? VRYSTAAAAAAAT!!!

Makou, dis soooo lekker om jou weer hier aan die kuier te sien, al is jy nog bietjie broos na die naweek! ;-)) Ek hoop vandag is 'n beter dag vir jou en dat jy weer hoooooog sal vlieg!!

BLOMMIESRUS said...

Ek kyk uit by my venster...ou Magalies lê snoesig in die son se namiddag warmte.....oorkant my is n' boom...getooi in hersblare...roesrooi-oranje...my kantoornessie is reg en alles is op sy plekkie....Ek voel vredig en salig gelukkig...die groot bangeite vir verandering is verby....en ek kan eerlik sê...die verandering was die moeite werd...Hulle sê nie verniet...verandering is soos n' heerlike vakansie...wel,die enigste nadeel...ek kan nie nou vakansie hou...hier is werk om te doen...en baie daarvan...Jewlsie,daardie serpie vorder...sal seker so by die naweek klaar wees...en Maandag drapeer ek hom om my nek...☺☺☺...Makou,ek belowe...rugby was nog nooit so lekker...ek het geskreeu dat die dak lug...en ja,ek voel jammer vir die Stormpies...maar n' wen is n' wen....Daardie ref...kyk...hy moet bietjie leer wat is n' TMO...genade...hy ken n' drie toe wat nie eens n' drie was...myle voor die lyn gedruk....ek wonder as hy nou so na die video kyk na die tyd...dink julle hy kry skaam!!!!....ek dink die skare sou hom behoorlik geroskam het as dit sou gebeur dat ons aan die verloorkant was.....Makou...volgende keer kom kuier ons saam by Hatfield Sq...☺☺☺...Skillie,lyk my jy sal maar nog stompe moet gaan oplaai...die koue het gekom om ons te karnuffel.....en moet nou nie die Hanepootjie of Boplasie vergeet....OBS is so effe hard op my.....Nou toe....ek kan nie so sit en ginnegaap...Soet wees maters....praat weer later...xxx

Anonymous said...

Jong die betwiste drie is toe deur Pieter Louw gedruk en nie jannewarie nie. Die man het kort gedruk die bal het agtertoe gerol en Louw het gedruk. Daai deel is nooit op tievie gewys nie. Sorry Stormertjies......geluk Bulle!!!

BLOMMIESRUS said...

En hier sit ek stoksielalleen voor die kaggel...lekker dik stompe knetter lustig,Boplasie geskink....gekerfde biltong,sagte musiek...net die regte resep vir n' heerlike ontstres sessie...ek is pootuit.... wat ek nou nodig het, is stilte en rustigheid....Vanmiddag oppad kaia toe...sak die son in die Weste...dis n' malse kleure spel...pienk,koraal....dit ruk aan my hart....dis die tyd van die dag wat my besonders na aan die hart lê...die einde van n' dag...wat dit ookal opgelewer het....tyd wat verby is...en nie weer beleef sal word....nou lê die nag voor...en kort voor lank....weer n' splinternuwe dag....nuwe uitdagings...LEEF EN BELEEF....

Leon said...

Geluk Rufus en Lilliepots.

Jewls said...

Tik my om met 'n veertjie!! Hallo liewe Leon!!!! Daai tweetjies was gister 6 jaar oud en toe gee ek vir hulle elkeen 'n kudu-stokkie wat so uitgedroog lê in my yskas se laai! Hoe gaan dit met jou?

Robyn-Blommiesrus said...

Wat n mooie wintersoggend....die son skyn vir n' wenplek,die lug is poeier blou...en my hart is warm...Vanoggend werk Moses die tuinjong in die tuin,hy werk al die afgelope 17jr vir ons...hy was nog bogkind toe hy begin het...en so met die jare was Moses altyd so half en half n' deel van ons...In die week besluit ek...ek sal vir Moses n' Bafana sokker trui kry,ek weet vir n' feit hy is baie erg oor sy sokker,hy is n' Pirates aanhanger....Vanoggend roep ek hom...gee sy ontbyt en praat so bietjie oor die sokker...en in die gesprek kom ek agter dat hy nog nie n' trui het...ek draai om..gaan haal die trui...en oorhandig dit aan hom....Wel,ek weet nie wie het die meeste trane uitgepak...Moses of ekke.....Nog nooit het ek soveel blydskap by iemand gesien.... sy emosie spoel oor na my, en daar staan ons twee met nat wange...en groot blydskap....En my hartjie is warm...In my gedagtes dink ek...dankie vir soveel voorregte wat ek het...en beleef.....en nie altyd besef hoe gelukkig ekke is....LEEF EN BELEEF vandag....xxxx

Anonymous said...

Robyn-Blommiesrus,om goed te doen vir ander is n ongelooflike voorreg wat n mens het. As jy in die posisie is om iemand se dag op te helder,dan doen n mens dit.
Baie min mense het die tyd om werklik aktief betrokke te wees by hul kerk,daarom glo ek dat die gebare soos joune net soveel werd is as enige ander bystand.

Die gevoel wat dit n mens gee is net soveel as die persoon wat iets ontvang wat hy nie kan bekostig nie. Kom ons se elke dag dankie dat ons dit kan doen.

Vriendskap is net so belangrik. Dit leer n mens omgee en gee jou tyd om ander te ondersteun.

God is fond of you...
if He had a wallet,
your photo would be in it.
If He had a refrigerator,
your picture would be on it.
He sends you flowers every spring
and a sunrise every morning..
face it,friend,He's crazy about you.

Dankie...jou gebaar maak ons positief....dink net as 1 miljoen mense op dieselfde dag iets goed doen vir hulle werkers..dink net hoe anders gaan more wees in ons landjie.

Die boodskap is net vir jou;

SOME PEOPLE MAKE THE WORLD SPECIAL JUST BY BEING IN IT.

Baie baie dankie vir jou.

Jewls said...

Robyn, jy laat my nou weer sleg voel oor my sokker hempie!! By die werk is daar elke Vrydag die geesvangery met sokker of rugby truie en so vra ek vir 'n girlkie om vir my ook so 'n mooi sokkerhempie te koop soos sy aanhet. Sy koop dit in Marabbastad vir R200. Ek gee haar die geld en kry die volgende dag myne en is soooo opgewonde dat ek hom sommer dadelik aantrek. Ek vra vir Veertjie om die etiket mooi af te sny want dit moet nog gelees word oor hoe om die truitjie te was en toe vra sy hoekom ek so baie betaal het. Huh? Wraggies, op die etiket staan daar TotalSPORTS en die prys is R549. Wat ek bargain. Gaan 'brag' toe in die teaters en daar is toe een dokter wat gladnie hou van wat hy hoor nie. "Dis gesteelde goed en jy het nou bloed op jou hande..." Nou wonder ek, is dit eties korrek om die hempie te dra al was ek nie aandadig aan 'n direkte misdaad nie of moet ek hom nou in die asblik gooi net om beter te voel? Ek hoop jou hempie is op 'n meer eerbare wyse bekom!!! ;-))

Jewls said...

Anonymous, jy skryf sulke mooigoed en waarhede!! Ek hoop om jou nou sommer elke dag hier raak te lees! As jy jou naam wil intik, moet jy by Name/URL tiek en dan kan jy jou naam daar in die venstertjie intik. Netnou het ons te veel Anonymousse en dan weet ons nie meer wie is wie nie!! ;-)) Wonder waar getroue ou Skillie hom vandag bevind...

Skillie said...

Die skilpad het nou net hier gekom. Was by die Argentyne se oefenkamp,kyk daai manne kan toor met n ronnebol. Sokkerhempie,kyk nie vir my nie,nie omdat ek kwaad is vir die Bafana nie maar gedink hoe die ding oor my dop gaan lyk.

Ten minste 7 maande swanger sal die mense almal se....so Robyn..of is dit nou Blommiesrus en Jewls..ek glo julle het die lyfies en ken die mense met die lyfies om atleties in daai nou passende kleefmateriaal te pas.

Die onbekende persoon klink darem te erg digterlik,maar vir goed doen kan n mens mos maar die halleluja liedere sing. Nou Jewls wie sal die persoon nou wees???
Ek skat ook iemand wat omgee en mooi stukke oor dit kan dig.

Die week begin die rondebol spel by ons..die hele wereld gaan ons beloer ...so Jewls swaai jou vlaggie en dra jou hempie en se vir daai mense as hulle jou sponsor koop jy sommer n goue een. Daai klomp wat so kla en jou beskuldig is die klomp wat elke ou specialtjie in die winkels sal jaag en selfs R20.00 se petrol uirty om margarine vir R2.00 goedkoper te kry.
Vrede vir julle almal.

Jewls said...

He-he, Skillie, jy kan 'n spieëltjie-vlaggie so om jou rondings vasmaak! Ten minste gaan jou vlaggie nie verloor soos myne die ander dag nie!! ;-))

Nee jong, ek weet ook nie meer aldag wie's wie wat so lekker onder Anonymous skryf nie, maar ek geniet tog die insette en wonder elke keer of dit 'n geliefde plaasmaat is wat vergeet het hoe om te blog en of dit iemand nuuts is wat ons gaan betower met mooi nuwe vertellings!! Jy klink na 'n nuweling want jy was by 'n Argentynse oefenkamp??? Jitte, jy reis darem baie... Ag Rooikoppie, kom help vir my!! Vra nou al daai vrae wat ons vir nuwelinge vra soos watse kar en watse werk en hoeveel kinders en gunsteling kleur en tydverdryf en belangstellings... Skillie, wat ek wil weet is wat jy op die oomblik lees!!

Op die vooraand van nog 'n opwindende week in ons lewens, wens ek elkeen geluk en liefde toe want Skillie het alreeds die vrede gegee!! Lekker slaap, maaitjies!!

Robyn-Blommiesrus said...

Genade Jewlsie...WAG!!!!!...Slaap jy nou saam met die hoenders....☺☺☺...Nou ja,dan is ek al weer soos gewoonlik stoksiel alleen op die verlate stoep....Vandag was een van daardie lui lekker daggies,die son het uitlokkend gewink,en ek kon dit nie weerstaan!!!!...Ek het die tafel gedek onder die Acacia boom....heerlike Beesstert en groente berei.....en toe rustig gaan sit en weglê aan die feesmaal...met die mooiste blousel blou lug,sonstraaltjies,en geroesemoes van voêllewe...absoluut salig!!!!!....Ai,soms borrel dit binne my van die onsettende dankbaarheid...dat ek sulke besonderse dae kan beleef....Mooi week vir elkeen....sien die mooi om julle raak...LEEF EN BELEEF

Makou said...

Na n kortstondige onderonsie met die griep virus is ek darem weer aan die gang, al is dit al snuiwend!

Gisteraand was ons by die Supersterre finaal by Carnival City en het ons dit vreeslik geniet. Ons was getrakteer met musiek uit die boonste rakke! Romanz, Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Heinz Winkler, Bianca le Grange, Lianie May, Kobus Muller, Shaun Tate, Manuel Escorcio, Rudi & Corlea and natuurlik Patricia Lewis! Selfs Burger en Giovanni het baie mooi gesing.

So saam met die Sokker gees het die koue front ook sy verskyning gemaak! Die wind sny sommer deur n mens. n Lekker bord sop klink na net die regte medisyne. Wie maak????

Skillie said...

Daar loop ek al die pad. Kon nie eers op die stoep kom om te gesels nie,sien Makou was daar,maar ek moes gister omdraai.

Tolbossie said...

What if today is your last day,and tomorrow never comes.
What if
Dit maal deur my,oor my,om my,ek word verswelg deur die gedagte.
What if
Sal ek nie weer die son sien,die blomme ruik,jou hand in myne voel.
What if
Die maan,sterre,jou stem.
What if
Die traan oor jou wang,die glinstering in jou oë.
What if
Tomorrow never comes,and today is my last.
What if
Ek nie kon sê,ek is lief vir jou.
What if
What if,what if,what if,what if
Maal om en om en om en om
What if

Robyn-Blommiesrus said...

Sjoe....en hier is die plaashek sowaar weer oop!!!!Jipeeeeee...amper gedink die grondeise monster het ons ou plasie opgeeis...
Makou....jy het ons nou behoorlik op die punt van ons sitplek...sies!!!!...jy weet wie die Supersterre wenner is...en ons moet wag tot Vrydag aand....my persoonlike mening is,dat dit Burger gaan wees....hy het van n' skaam teruggetrokke persoon,totaal ontpop...Kan nie wag vir Vrydagaand!!!...sal TV moet loop soek in die bos....ek gaan bos toe vir die naweek...☺☺☺...Skillie...kom terug..die hek is weer oop....Ek sal maar die sop maak...aangesien Makou nou so skimp....njammies....belowe...dis wat ek vannaand gaan eet...regte egte groentesoppies...met so stukkie vleis in...en dan natuurlik die vars brood en botter...genade...praat ek myself skoon in n' belustigde toestand in....Soet wees....tot later....

Tolbossie said...

U HARDLOOP MOS SAAM MET MY ~

Dit is oggend, Here Jesus,
En my eerste gedagte wanneer ek wakker word,
Is nie noodwendig dat ek vir U wil dankie sê
Vir 'n rustige, veilige nag nie.
Om eerlik te wees -
Al waaraan ek dink, is: Ek móét opstaan,
Badkamer toe gaan, 'n happie eet,
En dan gaan werk.
Maar ek wil liewer terugklim in die bed,
'n kussing op my kop sit, en verder slaap.
Here,U weet dat die hele res van my dag
ook net 'n gehardloop,
'n gejaag,
'n altyd-vinniger-en-beter-geskarrel is.
Ek is so moeg, Here. Ek wil tot rus kom.
Waarheen hardloop ek? En waarom?
Ag, Here, natuurlik is daar nie 'n maklike antwoord nie..
En natuurlik kan ek nie sommer stop
En die baan verlaat nie.
Vandag lyk die wêreld mos maar oral só.
Ek kan dit nie sommer eiehandig verander nie:
Ek moet tog werk..
En daar is vir ons wat wel werk het,
Te min hande vir te veel take.
Om my beste te kan gee.
Nou ja, daar is dus nie die opsie
Van sommer weer in die bed klim nie.
Maar dankie dat ek met U kon praat
Oor so 'n doodgewone ding.
Dankie vir die perspektief wat U my altyd gee
Wanneer ek dinge voor U uitpraat
En dankie dat U my weer 'n sprankie sin gee in dié dolle gejaag.
Hier gaan ek dan nou maar weer, Here.
Hou my bewus van U, wat deur die dag se gehardloop by my bly, want
HERE U hardloop mos saam met my !!!

Robyn-Blommiesrus said...

Nou ja,en hier is ons op die dag waar die veelbesproke Sokker wêreld beker begin....Sjoe....die mense wil net huistoe...hulle moes maar vandag as vakansie dag verklaar het,die produktiwiteit is nul!!!!...en ek dink dit gaan beslis nie veel beter gaan vir die res van die duur van die sokker..maar nou ja!!!....Ek is kort voor lank ook oppad....nie na die sokker...maar na die bos....maar as ek hierdie weer so bekyk en bevoel..sjoe....beslis gaan ek bewe.....dis mistig...en koud!!!...sal so paar bottels Hanepootjie inpak...☺☺☺....Ag,dis maar net vir die wegkom uit die stad...net die batterye weer herlaai....my Bonsie Bons weer terugkry.....Jewlsie,dink aan jou Sondag,mag jy geliefd voel,heerlik bederf word... mag die nuwe jaar net die mooiste mooi inhou...jy is baie spesiaal...Nou ja,geniet jul naweek....LEEF EN BELEEF!!!!!

Jewls said...

Dis laat en ek weet ek moet eintlik in droomland wees. Vandag kom Pappa hier op my erf aangery met sy blink mercedes en dog hy gaan hom parkeer in my motorhuis. Toe moes hy weer terugtrek en sy staanplekkie onder die afdakke kry want intussen het ek en Liefkind mos loodglas begin doen en het ons die vertrek ingerig volgens ons eie behoeftes!! Ek hoor my honne wat knaend tjank oor hulle ingehok sit by die swembad maar dis om te keer dat hulle pieps teen die blink kar se wiele...

Liewe Rooikoppie, jy is gelukkig om in die bos te verjaar hierdie jaar! Ek wens jou weereens vreugde en vrede toe vir die jaar wat voorlê en mag jy meer geseënd as ek wees om mense om jou gelukkig te kan hou en al jou dierasies ook!!!!

Maar dan is ek ook eintlik onregverdig in my benadering want netnou vat my Ouers vir Liefkind weg uit my omgee en gee haar 'n 6 weke vakansie van 'n leeftyd - iets wat ek haar nie kan gee nie!! Wat 'n voorreg om sulke wonderlike Ouers te hê!!

Droom mooigoed!!!

Jewls said...

Tolbossie, ek hoop jy rus lekker hierdie naweek!!! Die laaste vier reëls van jou gedig is so treffend!!

Spook said...

Jewls en Robyn....baie geluk met die verjaarsdae...mag ons liewe Vader julle styf in Sy hand hou..vir altyd.

ek sit hier by blue crane...wa is julle. as ek reg onthou het ons mos verlede jaar gese ons kry mekaar weer hier.
nee darem nie rerig nie maar ons sal reel.

Anonymous said...

WHAT IF.....

Wat n stelling?? n Mens kan byna se dit is klaar weg. Al die goed wat Tolbossie beskryf klink of dit reeds verlore is.

Tolbossie,elke dag se lewe wat in n mens is,moet benut word. Empatie,omgee en liefde moet deel wees van n mens se bestaan,anders sal die what if vraagstuk n mens onverhoeds vang en op n barre stuk aarde laat....leeg en gevoelloos.

Kom ons strewe almal om elke dag om te gee vir ander,en om mekaar te ondersteun.
DIE LIEFDE IS SOOS DIE SON. WIE DIT HET,KAN BAIE DINGE VERBEUR. WIE DIE LIEFDE VERBEUR,VERBEUR ALLES.

Anonymous said...

LEWE VANDAG
WEES BLY VANDAG
WEES GELUKKIG VANDAG
DIT MAAK JOU HART VRY
LAAT JOU LEWENSVREUGDE
EN JOU GELUK
NIE AFHANG VAN
HONDERD EN EEN NIETIGHEDE NIE.

Robyn-Blommiesrus said...

Dankie aan elkeen vir jul omgee...ek voel so spesiaal en geliefd...dit alles en die feit dat ek in die veld kon wees, het my verjaardag baie besonders gemaak....Die hitte van die wintersonnetjie het my hartjie warm gemaak,en terwyl ek so stap deur die veld,en die mooi aanskou,besef ek...ek is erg bevoorreg... n' diepe dankbaarheid spoel deur my....dat ek dit mag beleef...ervaar....Mag hierdie week vir elkeen gevul wees met warmte, liefde en omgee....en laat ons dit aan mekaar oordra...n'glimlag en warm drukkie verrrig soms wondere....en kos mos niks!!!...xxx

Skilpad said...

Ek kan nie hoor nie...die ke nako is toe hier..ja dit het toe tyd geword.
Hoor nou nog die geraaslelies blaas in my ore. Die atmosfeer is wonderlik en na 10 minute kan daai goed ma blaas,dit pla niks.
Mensig maar die Rustenburg was n malhuis...die strate die ene sokker en almal blaas.
Die spietkop stop my en se ..ek moet ok blaas..toe blaas ek sy pypie,maar ek was binne die limit.

Het julle al n Amerikaner gesien met n braaitang en hy weet nie wat om te doen? wat n gesig,maar die mense het vleis geeet dat die vet van hulle kenne afgedrip het.

Nou ja dis die nuus vir nou en hou vas...groot koue kom...die kaap is natter dan nat.

Robyn-Blommiesrus said...

KOUD...KOUER...KOUDSTE......BRRRRRR
Net sop en n' ou Hanepootjie gaan my nou kan red.....my handjies val af...wie het vir my handskoentjies waar my vingerpunte kan deursteek!!!!!☺☺☺...Ja,ek weet....julle lag nou vir my...maar dit sal darem so effentjies help...ek moet mos nog kan tik.....☺☺☺....Laas week kyk ek so uit by my kantoor venster..en oorkant my is n' groot boom getooi in die mooiste herfsblare,oranje-geel...vanoggend kyk ek weer deur die venster...knip my oë...kan dit wees!!!!...die boom is blaarloos...totaal blaarloos....Genade...nou wanneer het daardie hope blare nou afgeval???....ek was skoon stomgeslaan....dit sê vir my net een ding....dis WINTER....maar....die LENTE...is om die draai....sjoe...hard om dit te probeer glo....met hierdie snerpies om ons....Mooiste mooi daggie....Glimlag...bring die warmte in iemand se hart!!!...xxx

spikkels said...

My liewe aarde, hier is die plaas sowaar weer, jippeeee!!!!! :-)

spikkels said...

Ek is so bly ek sê sommer weer jippeeee!!! Kan jy glo, na al die maande, dis fantasties!!! :-)))

Tolbossie said...

Wees altyd dankbaar vir alles wat jy het en lewe eenvoudig. Hoe minder
goeters jy het, hoe minder wharries het jy ..en hoe lekkerder slaap jy!

Wees onvoorwaardelik lief vir jou gesin en familie en aanvaar elkeen
presies net soos hy/sy daar is ...vriende kan jy kies, familie nie!

Moenie toelaat dat jou brein muf met 'issues' soos
onvergewensgesindheid, skuldgevoelens of grudges nie ...sorteer alle kak
uit nog voor die son sak!

Hardloop jou lewens-spiedomitir in die rooi ..help waar jy kan en
lewe voluit terwyl jy nog lewe in jou het ...'use it - or lose it'!

Geniet die eenvoudige dinge. Die 'image'-goed en 'keeping up with the
Jones' is sommer 'n pot snot ...hulle (die Jones') sit in elk geval nou in
Ozzie.

Al wys die 'replay' duidelik dat hy verkeerd is ...maak vrede met die
ref se beslissings en jy sal dadelik beter voel! –

Vermy bedompige gyms wat stink na yuppie-spray waar hooter-neuse in
snaakse Star Wars klere soos hamsters op gevriesde fietse sit en trap ...kry
oefening deur te gaan stap langs die see of in die veld of 'n rêrige fiets
te ry ..doen iets in die buitelug, maar moenie in die strate op en af draf
nie, dis 'common' en maak ander mense skuldig voel.

As jy 'n 'no-name brand' T-Shirt sien wat jy laaik, koop dit .....na
moer met die name-goed wat jy in elk geval nie kan bekostig nie - solank dit
net gemaklik pas.. Laat andere maar hul geld mors op goed wat hulle vals
selfvertroue in hul eie plestiek-wêreld gee!

Lag dikwels .....lank en lekker, dit hou jou gesond! Haal diep asem,
drink meer water as wat jy moet en kou jou kos fyn. Eet meer van die goed
wat mens pluk of uit die grond grawe.

Behou jou grapgat vrinne en vermy die suurgatte ...hulle is
'demoralising' en trek jou af na hulle vlak.

Jou huis is jou plek en daar leef jy soos JY wil, to hell met die
snobs ..en die beste kar is die een wat klaar betaal is!

Stel God EERSTE en alle ander goed sal self in plek val ...hê geloof!

Sê vir mense dat jy vir hulle omgee en liefhet.....môre trek jy dalk jou hout-jas
aan, dan’s dit te laat !!!!!

Robyn-Blommiesrus said...

Nou ja,en hier kom ons aan die einde van n' koue week,ons het darem een daggie ruskansie gehad,so te veel kla.... kan ons nie...Die week was maar op sy manier vol kinkels...maar ons weet mos...na elke opdraende kom daar n' heeerlike afdraende...en dis wat ons mos maar laat aanhou en aanhou....Kyk,kom ons wees nou eerlik...elkeen van ons wil mos maar veel eerder op n' ander plek wees as die huidige...en as ons keuses gehad het...sou ons sekerlik dit gedoen het...maar dink nou net hoe vervelig sou ons op die einde gewees het....mens kan mos ook maar net soveel van niksdoen geniet en dan is genoeg...genoeg....so,wat is die eindresultaat van my drome...wees tevrede met wat jy het...waar jy is...en wat jy doen....dan kom die res ook nog...wie jy is...wat jy is...en basta met die wêreld en sy mannetjies....ek glimlag breed....ek voel n' warmte in my hart....want....ek het mos my Maaikies!!!!...en wat kan ek nou meer vra...n' goeie vriendskap beteken meer as al die heerlikhede van die wêreld... al die geld in ons sakke....maar drome kan ons mos maar droom...Aan al my Maaikies wat die naweek oppad is na plekke....wees veilig....mag die beskerming van ons liewe Heer se hande oor jul vou...xxx

Robyn-Blommiesrus said...

Ek sit heerlik opgekrul onder my kombersie,Jessie my gebraktetjie,styf teen my,gretig om n'bietjie hitte te absorbeer van haar mensemamma,Robyntjie lê weer op haar kussing.snoesig toegemaak met haar kombersie...die dierekinders in ons huis word erg bederf,as enige iemand n' video kan neem van wat alles gedoen word,sal dit sekerlik n' wenner wees,en daar sal heerlik gegiggel word,Jessie wil soms nie eet,dan word sy gevoer met n' lepeltjie,en voor enige een in die huis aan tafel kan gaan sit,word die dierekinders se kossies fyn gesny,en uitgedeel,dan eers kan ons in vrede eet,sonder glurende ogies☺☺☺....en as die motor wiele draai,spring Jessie in om saam te ry,en bewaar enige straat verkoper wat dit by die robot naby die motor waag...Nou terwyl ek so uitwei oor die vierpotige kinders,wil ek net sê, mag elke Pappa môre erg bederf word,geliefd voel,en weet,julle is n' onmisbare deel van jul kinders se lewens,elke dag loop julle daardie ekstra myl om n' kinderhart gelukkig te maak,en al is sommige van ons se kinders al self volwassenes, selfs Pappas en Mammas,en kom die besef van die groot verantwoordelikheid deur na hulle,bly PAPPA NOG PAPPA....GENIET DIE DAG!!!!!!....

Robyn-Blommiesrus said...

Ry gister so uit na Hartbeespoort dam om Nartjies te koop en sommer n' nuwe kamp plek verder aan van nader te bekyk....ry op die kronkelende grondpaadjie....so al tussen die berge,ewe skielik is daar so klompie ape...die een loop op sy agterbene...nes mens....toe ons nader kom...sou ek sien...sy voorpote is stompies....maar wat baie duidelik was,is dat hy gewillige helpers en oppassers het...dit gaan so deur my gedagtes...hoe grawe hy iets te ete uit die grond,hoe doen hy die interaksie ding teenoor sy meerderes...vlooie soek..."grooming", ens....ai,ek het ellendig gevoel....MAAR...ek het ook so klein lessie geleer,NIKS IS ONMOONTLIK...SOLANK DAAR N' WIL IS....Mag hierdie week net die mooiste mooi vir elkeen inhou..laat ons die positiewe vasgryp....GLIMLAG....xxx

Verlore said...

Op n dag sal n mens jouself tot stilstand bring...in stilte gaan sit en die lewe bedink.
Wat is my doel in die lewe???
Moet ek trap op ander om bo uit te kom,of kan ek kyk hoe ver kan ek gaan om mense by te staan en te help.
Vir die met n gewete en gevoel vir die lewe sal dit die 2 de een wees.
Nooit ooit gaan die lewe net oor jouself nie..ander mense om jou en veral vriende en hul denke oor jou is baie belangriker as jyself.
Vergeet jouself vir net een week..reik uit na ander en help hulle..en kyk hoe jy voel na die week.
Ek kan belowe dit sal van jou n ander mens maak en jou uitkyk op die lewe sal vir altyd vreander.

Tolbossie said...

Ek loop nou al dae met n' idee,en ek dink die plaasstoep is die plek wat ons die geleentheid gee om te gesels en te filosofeer,elkeen se insette is waardevol.
Ek wil hê ons moet gesels oor die LIEFDE.
Soms twyfel ons oor liefde,liefde maak seer,maar wat is LIEFDE,en daarom sal dit interesant wees om te verneem,hoe elkeen voel oor liefde,wat is iemand anders se siening,en mening,met die onderwerp kan ons n' heerlike debat voer.
Kom ons neem aktief deel,kom ons sê wat ons voel.

Ek sal begin deur te sê,LIEFDE het n' baie spesifieke resep wat gevolg moet word.
1.Vertroue-Sonder vertroue,kan daar nie n' vertrouenswaardige band gevorm word,VERTROUE,is dus die hoof bestandeel.

Nou laat ek dit aan die volgende persoon oor om te sê wat hy/sy dink is die volgende bestandeel.

Jewls said...

2. RESPEK: Nie net vir jouself nie, maar vir almal om jou!

Verlore said...

Wat n lekker gesels onderwerp. Tolbossie en Jewls,julle is reg,volle vertroue en respek.
Respek staan nogal uit,respek soos Jewls se vir jouself maar grotendeels vir die ander persoon.
Ons almal is individue en elke persoon het sy eie manier van dinge doen en daarom die respekteer van n ander se privaatheid en waardigheid.
My punt 3 sal wees...EER.
Eer die ander persoon,beskerm daardie persoon en eer hul gevoelens en maniere hoe die ander persoon iets doen.Om te eer is om n hogere waarde aan iets te heg.Eerbied is soos om gevoel van BEWONDERING VIR ANDER TE HE.

Robyn-Blommiesrus said...

4.OPREGTHEID-Die opregtheid van iemand se woorde, bedoelings en handelinge. Opregtheid verdiep jou vertroue,en jy sal in die persoon se teenwoordigheid ontspan,tuis voel,en stelselmatig sal daar n' stewige band vorm.

Jewls said...

5. Gee altyd jou BESTE vir die persoon wat jy gekies het om voor lief te wees... Dit beteken nie net om mooi aan te trek of lekker kossies te maak nie, maar ook om regtig te luister wat die persoon sê of moontlik nie sê nie! Ook om altyd bly te wees om mekaar weer te sien en ordentlik te groet elke dag van jou lewe. Om spesiale moeite te doen vir mekaar se behoeftes, om altyd betyds te wees, om sonder skaamte te kan sê 'ek is jammer' as jy seermaakwoorde gebruik het... In opsomming kom dit seker daarop neer om jou geliefde te behandel soos jy graag behandel sou wou wees!!

Verlore said...

6. SPEEL...ja julle het reg gelees. Om lief te he is dit belangrik om te speel met jou maat. Wees laf en doen dinge wat julle as kinders laas gedoen het.
Speel in die bed en laat n vrou altyd soos n vrou voel...weet nie hoeveel kinders die plaasstories lees nie,so ek sal nie uitbrei nie.
Maaaar dink oor dit....

Tolbossie said...

7.KWALITEITTYD-Wanneer mens n' kansie kry om saam te wees,gee mekaar onverdeelde aandag,al is dit net twintig minute,gee ons mekaar twintig minute van lewe,ons sal nooit weer daardie twintig minute hê,ons gee ons lewe aan mekaar,dit is n' kragtige kommunikeerder van die liefde,kwaliteitgesprekke is seker een van die belangrikste aspekte van n' vriendskapsband,deelnemende dialoog,waar twee individue hul ervarings,gedagtes,gevoelens en begeertes met mekaar deel,n' vriendskap verlang n' simpatieke oor,sodat die ander persoon se gedagtes ,gevoelens en begeertes verstaan sal word

Jewls said...

Hoe sal mens die volgende in een woord opsom? Volgens Maslow se hierargie van behoeftes, is selfverweseliking 'n prioriteit. Ons almal kyk graag uit vir ons eie behoeftes, maar sou dit nie ideaal wees om jou maat voorop te stel en dié aan te moedig om groter hoogtes te bereik nie?! Dit kan werksgewys of persoonlik wees. So baie mense het wonderlike talente, maar leef dit nie uit nie omdat hulle dalk selfbewus voel of bang is of eenvoudig net stagneer! Sal die woord AANMOEDIGING dalk werk? Dis dan my punt no. 8!

Tolbossie, dankie vir hierdie voorstel wat jy gedoen het - ek geniet dit om te dink oor my waardestelsel en die essensie van my verhoudings met ander! Ek sal nou netnie SPEEL met almal wat my vriende is, soos Verlore gesê het nie, maar in 'n vaste verhouding of huwelik het daai SPEEL sy plek en is dit baie belangrik!!!

Robyn-Blommiesrus said...

9.PASSIE-Die passie van liefde teenoor mekaar,maar ook die passie om dinge vir mekaar te doen,te gee,en saam te beleef,die opstuwing van jou gevoelens in n' passievolle manier oor te dra,uit te leef.Die genot om mekaar op die hande te dra!!!!!

Verlore said...

10....BEDERF....jewls ek bedoel darem van daai speel met jou maat.
Saam met Passie is punt 10 doodeenvoudig...bederf...
Bederf jou maat met liefde..soen haar/hom op....jaag mekaar in die huis rond en om die huis en spring hekkies oor die heining om die swembad...koffie wanneer daar nie eers gevra word nie....stel deur n vreeslike bederf jou maat eerste en laat jou maat altyd eerste kom in alles.

Dis nou n bekvol...gee nie om wat nie...bederf net baie.....

Tolbossie said...

11.FISIEKE AANRAKING-Een van die belangrikste punte.
Dit kan in allerlei vorme geskied-Het jy al ooit gevoel hoe die warmte van jou geliefde deur jou liggaam vloei, as jul mekaar vashou en vir n' wyle styf teen mekaar staan,dis asof jy krag put uit die handeling.
Die warmte van liefde deur jou spoel as jul in die straat stap,en n' warm hand omsluit joune.
n' Soentjie op die wang,sommer so in die verbystap.
Die mens is emosioneel afhanklik van aanraking,daarsonder voel hul onbemin. Dus is die liefdevolle aanraking, jou primêre manier van liefdes kommunikasie,dit laat jou veilig voel.
Fisieke aanraking kan n' verhouding maak of breek.

Jewls said...

Sjoe, dis beautiful wat ek nou hier gelees het!! Aanvanklik het ons hoër estetiese waardes beskryf: Vertroue, respek, eer, opreghtheid en geleidelik het ons oorgegaan na die behoeftes van ons harte... Gee jou beste, speel, kwaliteit, aanmoediging, passie, bederf, fisiese aanraking!!

12. VREDE. Ek wil myself kan wees en weet dat jy my sal toelaat en my dit gun om vir almal om my liefde te betoon sonder dat jy seergemaak sal voel daardeur. Dis waar daai eerste vertroue weereens inkom!! Maar ook om vrede te maak met jouself en jou omstandighede en om vrede in jou hart te hê dat jy 'n verskil maak in iemand se lewe, maak nie saak hoe groot of hoe klein nie!!

Dit rol weer oor in tevredenheid... Ekskuus, maar dis my punt 13!!!

Hierdie is sielskos!!

Robyn-Blommiesrus said...

14.POSITIWITEIT-Om positief te wees is nie altyd so maklik,daarom het mens wilskrag,en iemand nodig wat jou aanmoedig,dit moet jou absolute strewe wees om nie te verval in negatiwiteit.
Kyk om jou,daar is soveel om oor dankbaar te wees,ons is gesëend met wonderlike mense in ons lewens.
n'Glimlag beteken so baie,dis n' woordelose manier om iemand se dag te maak.
Solank jy positief is,sal negatiwiteit nie die oorhand oor jou kry.
Jy sal positiwiteit uitstraal deur jou optrede, mense om jou sal beinvloed word, so veroorsaak jy woordeloos n' ketting reaksie,van glimlaggende gelukkige mense.

Tolbossie said...

15.SENSUALITEIT-Sensualiteit impliseer dat die sensuele reis belangrik is. Dat fisiese en emosionele intimiteit aandag geniet en dat daar ‘n verbintenis is. ‘n Gevoel van “caring, sharing, closeness and commitment.” Ken jouself en wees in kontak met jou sensuele self.Die hitte en sensuele sy van jou liggaam spreek dalk meer boekdele as wat jy dink. Kyk weer in jou spieël en vind jou eie sensualiteit. Sensueel en smeulend.Sensualiteit is wanneer jy met jou sintuie, van reuk, gevoel, smaak, klank en oë,dinge ervaar. Dit is wat jy voel, hoor, sien, proe en ruik,wat jou tot die gevoel van sensualiteit laat oorgaan. Sensualiteit is spesiaal,beleef dit en ervaar dit sonder enige inhibisies.

Verlore said...

16. SEKSUALITEIT...Sensualiteit lei tot seksualiteit....iemand moet dit seker aanraak.
Dit is waar my speel en bederf begin het.
Wat is liefde sonder om met jou maat[nie maters jewls] te speel en te bederf nie. Aan die einde van die dag lei dit tog tot liefde maak om die mooi woord te gebruik.
Liefde gaan nooit net om liefde maak nie...intendeel is seksualiteit en die maak van dit seker net 10%.
Elke persoon is seker geregtig op hul eie opinie,maar al die punte soos hierbo genoem sal uiteindelik lei tot liefde maak met n nuwe betekenis. Dit is nooit n woeps waps storie nie.
Maak dit anders...maak dit spesiaal...bring al die punte saam en laat dit altyd n onvegeetlike ervaring wees.
Wees sensueel en leef jou seksualiteit met respek,omgee sagtheid en waardering uit.
Soen jou maat op...wees baie lief vir jou maat en maak spesiale oomblikke baie spesiaal.

Liefie said...

Hoe kan n mens wat so mooi skryf verlore wees. Dit is absoluut briljant gestel en op die smaaklikste wyse moontlik.

Verlore,ek weet nie wie jy is nie maar sal jou baie graag wil ontmoet. Jy is definitief n denker en n besonderse omgee persoon.
Baie dankie Tolbossie en Jewls..vir die gesprekvoering. Dit is fantasties en kan as n lesing vir enige paartjie dien en n wyse waarop hulle,hul verhouding kan skoei.
NOG ASB!!!!!

Liefie said...

Nog ietsie....Tolbossie...jou stukkie oor sensualiteit.
Wat sal jy se??? Kan n vrou in haar algemene omgang en daaglikse wandel ook sensueel teenoor vreemde persone wees. Ek glo jy is ook n vrou......my gevoel is ja...hoekom mag n vrou nie op smeulende beste sensueel deur n winkelsentrum stap nie. Jewls wat dink jy?? En soos Jewls se..n mens moet vrede binne in jouself he.

Verlore said...

Dankie liefie. Van die ontmoet weet ek nou nie,ek is n loaner,maar geniet om filosofies te wees en te skryf.
Ek dink die bespreking het sy doel gedien,Tolbossie en Jewls, stem julle saam?
Dit is wonderlik om n onderwerp oop te kloof en tot in die fynste te ontleed en te beskryf,dit maak die geselslus in n mens wakker.
Ek word deur n baie spesiale mens inspireer om my diepste gevoelens op papier te verewig.
Robyn-blommiesrus,Tolbossie en Jewls en nou Liefie ook..stem julle saam...is daar iemand wat julle inspireer????

Tolbossie said...

Inspirasie,ja,daar is iemand baie spesiaal wat my inspireer,aanspoor en dra,my anker in die lewe.Elke dag kyk ek op na bo,en sê dankie,dankie dat jy op een sonnige dag my lewe binnegestap het.
Hierdie bespreking het sekerlik almal van ons se gedagtes so paar draaie laat gooi.
Liefde het soveel fasette,uitdagings, en daar is geen beperking in jou gevoelens.
As ons alles in ag neem,elke punt ontleed,kom ons weereens by die gevolgtrekking, WEES JOUSELF,GLO IN JOUSELF. Liefde is seker een van die mooiste aspekte,en ervaring in jou lewe,om dit oor te dra en uit te leef is n' ware kuns.
Ek voel hierdie bespreking het waarlik sy doel gedien,en ek glo,by elkeen is n' klein gedagtesaadjie geplant,wat deur die aandag wat daaraan gegee sal word,tot n' welige immergroen LIEFDESDROOMBOOM,sal groei,elke blaartjie sal die storms van seisoene deurstaan,daar sal altyd n' nuwe botseltjie wees wat hoop en groei van die LIEFDE sal voorspel.
Onthou,weereens,GLO IN JOUSELF.

Robyn-Blommiesrus said...

Vandag loop my gedagtes op ver paaie,......Liefde,die mooiste wonderlikste ervaring wat enige mens kan smaak,.....dankie vir die waardevolle bespreking,Tolbossie,jy het weer nuwe waarde aan die woordjie Liefde gegee,.....die geleentheid het elkeen van ons weer laat besef,...Liefde is die begin van elke verhouding,vriendskap....maar dan moet ons bereid wees om hard te werk,om soos jy dit noem...die saadjie,te laat groei en gedy in n' wonderlike Liefdesdroomboom/vriendskapsdroomboom.....want alleen deur toewyding, sal jy beloon word.....wat n'wonderlike vergelyking......Mag daar binnekort weer n' nuwe opwindende gedagte uit jou pen vloei,hou ons op ons tone,.....Mooiste mooi daggie aan elkeen...xxxx

Jewls said...

Liefie, jy vra of 'n vrou sensueel smeulend deur 'n winkelsentrum mag stap? My Pa sê altyd dat daar vir hom niks mooier is as 'n vrou wat met selfvertroue regop en doelgerig stap en vir almal om haar glimlag! So 'n vrou is vir hom beeldskoon, al is sy nie mooi nie!! Dis lekker dat jy ook hier by die woordplaas aangesluit het!!!

Verlore, ja, daar is mense wat my inspireer in die lewe. Liefkind is 'n groot inspirasie vir my, maar so ook julle gedagtes wat julle gedeel het die laaste tyd!! Daar gaan nie 'n dag verby wat ek nie aan hierdie gesprek oor 'liefde' dink nie en ek probeer dit ook toepas in my persoonlike lewe!! Mense wat baie hard werk, sonder om te kla, inspireer my. Skrywers en digters inspireer my. Dagbreek maak my opgewonde voel. Dis nou weer iets lekkers om oor te dink die volgende week!!!!

Robyn, gaan ek jou Maandag sien? Kom jy saam lughawe toe? Asseblieffies!!!

Vlaktekind said...

Nalattie Dysters nou gistraand so mooi gewen het, dink ek aan die storie wat Pa gevertel het. Dit was toe hy nog op Ukamas innie skool was. Dytse kos was mos in daai wêreld nog heel bekend. Dis nou goeters soos Schweinefkleisch und Kartoffeln - varkvleis en aartappels.

Vra die meneer toe glo eendag innie Ingelse klas wat is ertappels in Ingels. Maar daai Vlaktewêreld se Ingels is mos maar beroerd. G'n Ingelsman vir honnerde myle nie. Behalwe virrie Jood op Karasburg mittie myn doer na annerkant toe, ennie baster Ingelsman, oom JP wat vir hom gewerk het. Maar ons het geglo oom JP se Inglespratery was sommer plein grêndgeit.

Hoe dit ookal sy, vra die meneer wat is ertappels in Ingels. Niemand weetie. Na lang stilte steek oom Koos sy hand op. "Ja, Koos", vra die meneer. Seg oom Koos toe glo: "Swaainekartoffel meneer."

Robyn-Blommiesrus said...

Vlakkies,dis nou n' kostelike storietjie....nou te heerlik gegiggel....
Dis nou n' tipiese Sondagmiddag....doodstil...koud en mistroostig.....ek sit hier onder my kombersie...met n' warm bekertjie Milo.....maar ek geniet die rustigheid,dit gee mens tyd om te dink,jou gedagtes te orden....jou batterye te herlaai vir die week wat voorlê....Wonder waar is al die ander plasies....lê seker heerlik en slapies.....

Robyn-Blommiesrus said...

Jewlsie...geluk aan jou en Veertjie met jul pragtige vriendskap.....Elke dag sê ek dankie vir opregte ,goeie vriende....Wat van ons skryf so ietsie oor vriendskap.....Tolbossie...jy het ons gedagtes aan die loop gesit met die LIEFDE......nou wat van ons doen dieselfde met VRIENDSKAP...

Anonymous said...

Amper op die minuut na, is dit twee jaar dat Vinkel en Koljander geskei is. Mis jou Vinkel, dink baie aan jou Koljander. Sterkte.

Koljander said...

Nog 'n dag, nog 'n week ..... maand? ... en dan is nog 'n jaar verby! 24 Volmane, koue winters, troostelose somers, verjaarsdae sonder jou... Kersfees fotos sonder jou. Die onthou... ek mis die menswees saam met jou. Ek is nou 'n wese sussie...
Liefde, Koljander.

Anonymous said...

This is very interesting, You're a very skilled blogger. I have joined your feed and look forward to seeking more of your magnificent post. Also, I have shared your web site in my social networks!

Also visit my weblog :: quantrim facts
my website > review of quantrim

Anonymous said...

to buy pnDCQgdw [URL=http://www.cheapdesigner--handbags.weebly.com/]knockoff bags[/URL] suprisely alGKnAMS [URL=http://www.cheapdesigner--handbags.weebly.com/ ] http://www.cheapdesigner--handbags.weebly.com/ [/URL]

Anonymous said...

Hello, always i used to check web site posts here early in
the morning, because i love to find out more and more.

My web page ... legal ecstasy

Anonymous said...

Рretty niсe post. I јust stumblеd upon
your blog and wіshed to sаy that I've truly enjoyed browsing your blog posts. After all I will be subscribing to your rss feed and I hope you write again very soon!

Stop by my website; pills for premature ejaculation

Anonymous said...

You dont have to be content with choosing from a shade oak or mahogany, choose
from blue, green or even bright orange. Use lighting fixtures to brighten up dark corners.
Your local DIY store will be able to cut you a piece of hardboard to your actual size.


Feel free to visit my homepage ... teen bedroom ideas

Anonymous said...

The array comes in different colours, patterns and even material and
one can choose their favourable table mats that could go with the d.
With the help of fnpweddigs you can get Indian weddings themes,
Indian wedding decor and get more information related to Indian wedding.
Cloth napkins with beautiful napkin rings add color and style to each place setting.


Here is my page ... holiday decorating table ideas

Anonymous said...

Highly descriptive blog, I loved that bit. Will there be a part
2?

Also visit my site; orquesta atraccion

Anonymous said...

Can you tell us more about this? I'd care to find out some additional information.

my site: does quantrim really work

Anonymous said...

That they like to decorate the space from the barbie and as a result
that prefer to have a space similar to the barbie's space. Little ones room will have to be as simple as you possibly can however it has got to accommodate the youngsters needs. Should you are fortunate sufficient to locate an antique ship’s wheel or classic sailboat model, this could develop into a focal point within the nautical living space.

Here is my web blog: www.roomdecorationideas.org

Anonymous said...

I've been exploring for a little bit for any high quality articles or weblog posts on this sort of house . Exploring in Yahoo I finally stumbled upon this site. Studying this info So i am happy to show that I've a very excellent uncanny feeling I found out
just what I needed. I such a lot no doubt will make certain to don?
t put out of your mind this website and give it a look on a constant basis.


Visit my webpage - Pain Gone pen Review

Anonymous said...

For more wedding ideas information please visit. Candles could also be used at a wedding to provide
a romantic atmosphere, however often wedding venues don't allow candles because of the fire risk. It's your special day,
so you want everything just so.

Here is my site super cheap wedding decor

Anonymous said...

Excellent post. I was checking constantly this blog and I'm impressed! Very useful information specially the last part :) I care for such information much. I was looking for this particular information for a very long time. Thank you and best of luck.

Here is my blog quantrim fast track formula

Anonymous said...

Besides wedding cakes, many restaurants also offer birthday cakes.

All in all, make sure you take into consideration all the information presented to you in these lines.
During the heady days of the Roman Empire, wedding guests were
served not one cake but a sumptuous collection of many small treats and
pastries as a kind of wedding party favor.

my web blog: cupcake decoration []