Tuesday, May 20, 2008

Dinsdaggeselsies



Goeiemore! Die koeie is gemelk maar die huishoudster is laat.

17 comments:

Bospatrys said...

Hoe lekker lek daai koei 'n bietjie lug!! Goeiemore goeiemore, dis koek en tee tyd oppie stoepie van ons plasie, ek deps die sonkolletjie met my rug teen die muur en my voete op 'n velletjie... toe toe, wie gaan vir ons 'n lekker lagstorie of skinnerstorie vertel...?

Anonymous said...

Patrysie!!!!ek kom!!!!ek wil ook n' sonkolletjie hê...koelerig vandag...en die son is ook maar skaam....heelike moerige koffie met wortelkoek,of skons, arbei konfyt en room njammies...Mac,waar is jy met daardie heerlike aan die lippe hang storietjies...dis wat ons vandag nodig het...na al die moord en doodslag.....

Anonymous said...

Hierdie steke ding is amper soos die Leeuloop.....sukkel jou doooood...is daar dalk iemand wat kan klas gee!!!!:-))))

Bospatrys said...

Hmmm, as RR weet dat die steke-ding (wat op aarde praat julle van?) so moeilik is soos die Leeuloop, beteken dit net een ding... sy't al die Leeuloop gedoen/geprobeer doen... ;-) Jammer RR, ek's nie "getrain" in steke of Leeuloop nie!!

Bospatrys said...

En vir wat smile jy so breed RR? Hier's beslis 'n slang in die gras... ;-)

Kietiekat said...

Lyk my die oompie wil nog nie hier kom inloer nie, of dalk is hy net besig. Ek wil ok weet watse steke Rooikappetjie? Dit kan baie goed beteken hoor! En ek sal skons vat dankie. Met marmite en 'n kasie en fyn biltongkie.

Anonymous said...

Patrysie.....daar is satyn steek...kombers steek....ryg steek....en nog vele meer....

groeni said...

lo da almal! ek sien blommetjie het jul vanoggend al vroeg ko roep om gemelk te word! mooi so, ek ga aga stook, skuif nader, lat ons plof! fol son gesien vadag, net gesit en werk! lyk my die manne het gskrik en wegghol, a nee a! wille ding, wa's jy en kasie, vlakkies en anne?

Anonymous said...

tjoef tjaf. hiers ek ook. Lekker plaas hierie met foto's en al. Hahahah smarag nogal en robyn.....julle eksotiese goeters.

Makou said...

En daar het julle gedink ek het verdwyn! Julle raak nie so maklik ontslae van my nie! :-))) Hallo julle. Die week het sommer vinnig begin rof raak vir my. Het vanaand vir die eerste keer deelgeneem aan n bemarkings besprekings groep. So n vinnige R600 gemaak vir twee ure se twak praat!

Makou said...

En dan voer hulle jou ook nog. Wat n bargain! Waar doen jy so min vir R300/uur? Ongelukkig mag jy net elke drie maande een bywoon. :-((

Makou said...

Het iemand dalk n verlore diamantjie iewers gesien? Sluiplees sy of kuier sy op anner plase?

Makou said...

Net gou ingeloer en gaan weer pad vat. More heeldag in n vergadering, maar hopelik gesels ons weer more aand. Lekker slaap julle!

Kietiekat said...

Naand julle! Sit hier en werk probeer inhaal - het nou weer een van daai deadlines Donderdag. Bly jy het ingeloer Ann - wil nou weet of ek van jou fotos hier kan gebruik. Ek het nou regtig meer reaksie op my mooi koeifototjie verwag. O ja Jeweeltjie, as ek nou regtig 'n edelsteen moet wees sal dit 'n tanzaniet moet wees - mal oor daai blou kleur.

Anonymous said...

Tanzaniet, dié ou beestongetjie sou darem lekker geproe het met mostertsous!!! Ek kan nie wag om te sien wat is Donnerdag op die tafel nie!!! En Vrydag!! Gits, Smarag en Robyn, ek het g'n steek idee waaroor julle praat nie... ;-)) Makou, kan jy leeuloop? Patrysie, jy praat, maar sê g'n woord nie!!! Vroulief, hoe was jou toets? En Vlakkies? Kaaskop, dankie vir gisteraand se omgee en mooi woorde - jou dierbare Ding!! Antjie, Dana het 'n nuwe verhoogstuk geskryf - kom jy hierdie keer saam? Resensente sê dis beter as die Pottie Potgieter speelvlak... Lekker slaap, Pêllies, ogies toe, né? xxxxx

Anonymous said...

Kom ek nou eers by die huis, kwaai by die werk gewees. Wat gaan hier aan? Oppie ou plaas het ons net een Jeweeltjie gehad, en nou lyk dit soos Arthur Kaplan. En die hele lot is met steke besig en maak R300 'n uur. Goed my ma weet nie hiervan nie. En wie het beestong met mostertsous gemaak sonner om vir my te sê?

Anonymous said...

Kiets ek het aspris niks van daai tong gesê nie...... eeeeeeeew Jewls
jy't dit verkeerd om. Mens eet nie tong nie jong. Kieters jy's mag maar my fodies gebruik. Hello Kasie. Ek kom saam Jewlsie as ek hier is. Dink die noodlot surf die web ook want elke keer gebeur iets as ek wil saam. As hy hier lees: nee ek gaan nie saam nie. Sien vannaan. bye for now. en ek's 'n tieroog. My ouma se tieroog ge=erf.