Wednesday, May 21, 2008

Donderdag dinge

Kombuis opgeruim, AGA gepak en skout reggesit vir more oggend. Die huishoudster het 'n besige dag more so vannaand word alles vir more reggesit.

58 comments:

Anonymous said...

Toe toe, die sonneblomme lag al virrie son. Ek het al amper alle koffie en skout deergewerk en ek is nog steeds alleen. Kietsie, waar sien ons die kiekie van daai naamgenoot van my se eerste tand. Hoop die manne het julle lekker gelat slaap.

Bospatrys said...

More Vlaktekind!! Ek't nou ook bietjie koffie en skout nodig, seblief... Ai toggies, mense kan mekaar se lewens vreeslik opneuk, stel gister dagvaarding op vir egskeiding en wou vandag laat uitreik in die hof, bel die mense vanmore en sê ek moenie voortgaan nie, die man het gisteraand selfmoord gepleeg... Voel nou sommer naar oor die hartseer... :-(

Kietiekat said...

Ai Ptrysie, dis sleg! More Vlakkies! Ai, die naamgenoot van jou slaap te lekker, maar boeta is siek - gaan hom later dokter toe vat. Ek het tot 12:30 gewerk toe hy roep, en hy was nooit weer vir langer as 30 minute aan die slaap tot 4 uur vanmore nie. So ek gaan heeltemal "sleep deprived" 'n groot voorlegging doen nou-nou. En die tand is nog te klein vir die foto - sal hom maar neem as hy meer uitsteek. Tans voel mens hom net.

Anonymous said...

Môre julle drietjies!! Dit voel nou kompleet soos 'n somersdag met die sonnetjie en die sonneblom!! Ek wil gladnie hê julle moet dit as kritiek sien nie want ek is geensins in staat om 'n blog beter te doen nie, maar wat dink julle van 'n voorstel dat ons miskien 'n hele week lank gesels onder een opskrif? Ek wil nog antwoord op gister se praaitjies, maar moet nou vandag hier praat en heeltyd teruglees om te sien of iemand nie wél op vorige dae gereageer het nie... Miskien verstaan ek niks van blogging nie!!! ;-))

Bospatrys said...

Goeiemore Jewlsie!! Lekker om jou gesiggie hier te sien ;-) Dis dalk nie 'n slegte idee nie, aangesien ons nie so baie praat deur die week nie... wat dink ons huishoudster? Dit behoort haar taak ook aansienlik ligter te maak as sy nie èlke dag 'n nuwe draadjie hoef te skep nie...

Anonymous said...

Hi al die matertjies.....Kiets dankie vir die pragtige sonnige blom...kikker sommer mens se dag op....Gistermiddag stap ek gou na my naaste shoppie om iets te ete te kry...haastig soos altyd stap ek op die kospotte af....sien nie die souserige gemors op die vloer ...gly en slaat reg agteroor...plat op my rug,,,skrik vir my asvaal,probeer opstaan,maar gly en val net weer,(geen ridder om my te help)uiteidelik is ek op,maar ek kan voel iets is nie lekker in my lae rug,roep dadelik die eienaar wys vir hom die gemors op die vloer,n' vrou wat gesien het wat gebeur roep ek sommer nader as getuie,gaan toe na werk na my naaste hospitaal,daar neem hulle plate en gee my n' inspuiting vir die pyn,betaal en betaal,al het ek mediese fonds,dis na ure en haal uit en wys,uiteinde van die storie,ek het 2x werwels wat geskuif het,gaan nou fisio kry en drink maar pyn pilletjies...maar ek gaan nie die saak daar laat...mag elkeen n' vallose dag hê....xxxx

Bospatrys said...

Sjoe Rooikoppie-Robyn-Linda... ek hoop jy eis skadevergoeding ens.!! (Klink dit of ek in die regswêreld is?) Ai toggies, ek voel rerig jammer vir jou, dis niks lekker om met so 'n seer rug rond te loop nie...

Anonymous said...

Dit gaan nie goed met my maaitjies vandag nie!! Eers Vlakkies wat alleen sit en alles verorber sonder iemand wat met hom gesels, toe Patrysie wat swaarmoedig voel oor haar werk, dan Katjie wat 'n dag moet trotseer, wel wetende hoe moeg sy is en hoe siek Ramkatjie is en nou nog Rooikoppie ook!!! Oe, ek wens ek kon julle almal 'n drukkie gee of net iets doen sodat dinge vir julle makliker kan wees!! Jammer, Rooikop, ek bars toe uit vannie lag want jy skets so 'n kostelike prentjie!! Ry hulle, Vriendin, hulle het dekking vir sulke gebeurtelikhede. Mens se gesondheid is op die ou-end jou belangrikste bate!! Gelukkig is jou rugspiere sterk van al die fietsry - ek hoop jy voel gou beter!! As jy anti-inflammatoriese middels neem, onthou om ook baie water te drink. Jy kan nierskade kry!! Sterkte maaitjies, ek dink aan julle almal - mag die res van hierdie dag vol vreugde en laggies wees!! xxxxx

Kietiekat said...

Luister Rooikappetjie, die nurse het gepraat hoor! Ek wil net berig dat die voorlegging goed gegaan het en dat ek positief is die Ramkatjie het 'n seer keel, want glo my , myne brand soos vuur. Dis reg met 'n geselsdraad vir die week - ek probeer dit maar kort hou vir aflaai en so aan doeleindes. Dit sal verseker vir my pas, maar noem maar julle voorkeur, dan doen ek so. EK dink wel almal maak seker hulle het laas se goedjies gelees en mens kan maar kommentaar op die vorige dag se goed gee.

Bospatrys said...

ek't nou nou 'n ding gelees, vanoggend 'n ding gehoor... daai swart goud is nou 135$ per vaatjie...eish...en toe wonder ek 'n ander ding, wat gaan ons wêreldjie doen as daai goed opraak? o ek het 'n perd 'n blink vos perd... ☺ hiehie kasie, ek't gelees wat jy gisteraand geskryf het... ☻

Anonymous said...

ja-nee, disse plaas orraait. Dankie Kiets & ammal wat die ding ammekaarsit [en hou] .. hier gaat nog sports uit die spul kom. Het een van jelle die weglê henniekjie gesien? Neeeee, nie die wittekjie nie, die grys eenikjie. Die Leghorn. Hier is 'n man wat hom wil koop. Prys??? gits, nou weet 'k darem nie. Miskine moet ons haar maar hou, sodra sy nie meer WEG is nie. ;)

Anonymous said...

Uncle Mac, wat is dit met jou en WEG die hele tyd? Wat wil jy graag met ons deel? Brand van nuuskierigheid!!! Katjie, julle klompie kort Vit. C!!! ;-)) Patrysie, vir jou is daar nie medisyne nie!! Makou, kom land nou - ek mis jou!! Proffie, lees jy lekker? Gesels bietjie saam, ag toeeeee...

Bospatrys said...

Ek issie siek nie!! Vir wat sal ek nou merrisyne nodig kry? Uncle Mac!! Jy't ons gekry, ek is so bly!! ☺

Anonymous said...

Nouja toe. Yteindelik kan ek weer saamgesels. Siestog Rooikappietjie, ek issie so wreed soos Jeweeltjie nie, so ek sallie vir jou laggie ☺. Ek hoop daai rug is gou beter. En Kietsie, ek is bly die ding het goed geloop sta' gat mittie voorlegging. Jeweeltjie, daai storie vannie Somali's ennie Skotsman issie reine waarheid. So ytie Skotsman se mond gehoor gister.

Anonymous said...

O ja Kietsie, ek het 'n goeie verbeletheid. Jy kan maar net vir my 'n oopbek-kiekie van daai Krisjan-knapie stier en ek sal wel 'n tand kan sien. Hier beginne die weer nou te praat. Hoop ons kry so bietjie reent.

Makou said...

Hi julle! Toemaar Jeweeltjie, hier is ek. Net n bietjie skaars, want die base verwag so wrintie dat ek moet werk! :-)) Rooikop, dagvaar hulle tot in Oom Daantjie se kaller hok. Hoe durf hulle onse klein Rooikoppie laat seerkry!!! Vlakkies, ek hoop julle kry n bietjie water vanaand. Dis mos n dorre plek daardie? Welkom terug oppie plasie Big Mac!

groeni said...

sjoe, ma's jul besig vadag. lo almal, eks nog blikbrein loos, en leen die snoete sinne....jammer om te hoor van al die einas en siektes....die blksmse mannetjie wat nes skrop in my kop het ok darem so uitskei tyd besluit dat hy nou kla getimmer is.... ek giggel sa jewlsi oor rooikoppie se gly, ek sie dit ok so vir myselwers...

Makou said...

Julle check, hier gaat dit nog lekker worre! Patrys, ons sal maar gatsagies moet aanskaf en begin oefen. Gelukkig is ek net 10km van die kantoor af. Rooikop is al goed voorberei daarvoor. Miskien moet ek een van daardie Merc SLK's koop. Ek hoor jy kry ten minste 10 blondes per kilo!!

Makou said...

Hoezit Smaraggie? Welkom terug jong! Sit alweer hier en praat met myselwers, maar ten minste verstaan ek myself! Die kopseer beter?

groeni said...

kopseer? wassit? dis fn seer! oeee, ek het belowe nooooooit weer ni....nou as jy net blonds oplaai, wat va ons donker en rooikoppe??? sies, jy maggi diskriminate ni!

Makou said...

Smaraggie, jy kan ook enige tyd saamry! Ek sal al die edel gesteentes beurte gee. :-)))

Makou said...

Eish! Dis flippen eensaam hier! Nou gaat ek eers my vlerke sprei huiswaarts toe. As ek julle nie later hier kry nie dan groet ek maar solank. Wees warm, rustig en slapies lekker! Smaraggie, wees nou goed vir jou lyfie en drink net melk vanaand hoor! :-))))

groeni said...

ek dink dit sal suur wordd!!!! dit voel of die vino nog ronddryf in my lyf. as ons steentjies da in jou slick inklim, ga da niks plek wesi virri blonds ni! eks hieso, soek goete vir snip se projek en d ga ek shop

Anonymous said...

Makou, lyk vir my jy en ek word altwee deur ons base rondgedinges. Kom nou ook eers by die huis, te laat om iemand op die plaas te vind. Maar wat kla ek? -Kiets, ek hoop jou kleinman voel beter dat jy bietjie rus kry.-Rooikop Robyntjie, jy moenie so vinnig brieke trap in 'n shop nie. Siestog, word gou beter! - Vlakkies, hoe gaanit daar innie woestyn? - Smaraggie, koppie nog seer? - Patrysie, ek hoor nou net van 'n ou op CNN dat hulle verwag die swart goud gaan teen einde jaar $200 'n vat wees. Ons gaan maar weer fietsry en met seilbote travel. Dit was 'n regte Donnerdag, maar môre is Vrydag en dan lyk die wêreld klaar beter.

groeni said...

haai kasie..ek dink dis da tyd om op pension te ga... vroeg natuurlik!

Unknown said...

Ek laat my NIE aanjaag nie... vir wat? ek vat my tyd en doen 'n ding deeglik klaar en hoef 'k nooit weer oor te doen nie [sou nie omgee om honeymoon oor te doen nie ☺☻] want Oupa het gesê: Hastaggyt is lastaggyt. maar boetaaaa, asik in'ie pad val, da maak ik 'ie droo' nie. WANT Oupa het gesê: My kjent, goe gouer jy annerkant kom, hoe minner tyd het jy om 'n boggerop te maak... so, ry vir klaarkry. Mar 'k wou net sê, 'k laat my nie aanjaag nie. Niks vanne "gou-gou dit en gou-gou dat" nie ... net my ou rustige sigselwers. Maar wat ik net gou wil sê: Dankie vir die welkom wense. 'k voel al skoo'soos 'n sluipleser. Het niemnd nog di egrys hennetjie gesin nie - of is sy nog steeds WEG??? Amper sê 'k "mooiloop" maar ek sien my ense vir julle lê nou oppi winkelrakke... sjym, die mensdom darem. To ehulle alleenreg oppi leserpubliek gehad het en mens gesoebat het vir 'n spasie vir Afrikaans, toe wou dit nie. Nou is daar WEG en WEG ry en een vanni dae WEG loop [en WEG vlie' ok nog??] en nou kan ons maar mooiloop koop. My wang brand soos 'k geklap is. Bloedbek. En nou het WEG gerus geraak oorlat hulle so baie pryse wen, en die neulenaars kan maar sien kom klaar... mmm, pasop vir vingers brand.. wie jy vandag vinger in die oog steek, dra dalk more 'n dolk. {of so iets] Vra maar net: "Et tu ... Brutus" ???

Anonymous said...

Môre Môre al die matertjies...dis Vrydag jipeeee....dankie tog!!!!....haai...dit lyk so of mens soms jou lewe omwens...maar sommige weke is mos net erger as ander....wel,nadat ek die hele nanag op die telefoon was met my werkers wat op pad Kaap toe voorgekeer word deur die weegbrug "bende" by Beufortwes....ek noem hulle die bende,want elke keer as ons daar verby gaan is daar die een of ander "oorgewig" Jack is die persoon met wie onderhandel word om die goedere te stoor...na ure se onderhandeling...haal hy toe die goedere af...die polisie weeg die trok vind dit in orde..die goedere word na Jack se "stoorplek " geneem...net om glo dit as julle wil teen R1000, net weer op my trok gelaai te word en daar gaan ons weer met die kamtige oorgewig trok....hier is beslis n' slang in die gras en die owerhede is gemoeid daarmee!!!! want ek praat ook met die kamtige Inspekteur Williams van die weegbrug polisie,om te bevestig,en hy lees dan die weegbrief vir my...ek dink hulle en die Jack is kop in een mus...en deel die gelde....dan n' paar kilo's verder is dit weer die polisie wat lol met boetes oor die mees onbenullige dinge,klink amper soos as met oor die grens in sommige Afrika land ingaan....so,van slaap was daar maar min sprake....het so aan jou gedink Kiets....Kasie ek het so gelag vir jou opmerking en nogal met die nodige prentjies daarby...Jewlsie...lag jy al weer vir n' maatjie!!!...ek het netnou met my prokerower gepraat...en hy gaan wel stappe neem ...soos hy sê...jare later is mens jammer jy was half ordentlik...en ek moet sê...my ruggie is nogal pynlik....so kom ons kyk maar wat gebeur...Vlakkies,Mac Ann...Smarag...Patrysie...Makou...en al die ander geniet jul dag...xxxxx

Bospatrys said...

Jippee!! Dis Vrydag!! Verwoorde gevoelens oor 'n dag soos vandag dan spring in my kop 'n rympie wat lag oor die son en die sterre oor die wolke en die maan oor die wilgers langs die dam en die koffie in die kan!! (giggel)... geniet julle se daggie!! ♥♥♥

Bospatrys said...

Ha ha haaaa!! Ek't nou omtrent van my stoel afgeval soos ek gelag het!!! Maar eers nadat ek my amper in 'n ander geloof in vererg het en in alle skakerings van skrik en sweet uitgeslaan het... my eie, liewe, bloednefie het my met die vreeslikste slapriem gevang en "geprank"!! 'n "Unknown number" bel op my selfoon en vra ek moet asseblief my kar se registrasienommer bevestig. Ek sê nee ek gaan nie, wie praat en van waar bel jy? Van die Johannesburgse Verkeersdepartement, Mnr. Ramashaba, die aksent, die engels perfek en hy is 'n "controller" daar. Daar is gister 'n kar gesteel, opgespoor en dit lyk asof die dief my nommerplate dupliseer het... dog eers ek hallusineer want my karretjie het my vanmore nog werk toe gebring en sover ek weet is iemand nou besig om hom te was, so dis nie myne wat gesteel is nie. Vra hom waar't hy my selnommer gekry, sê vir my op die sisteem toe hulle die kar se registrasienommer intik. Ek vra vir hom sê dan vir my wat my id-nommer is dan sal ek vir hom sê wat my kar se registrasienommer is... hy sê hy gaan nie vir my sê nie, en hy doen my 'n guns en nou's ek die een wat kwaad word en die is 'n "matter of law". Nou soek hy my werkadres. Ek sê vir hom enige tyd, is jy al oppad? As diè 'n "matter of law" is, is hier 'n hele span prokureurs wat hom sal inwag. En toe maak hy my so vies ek smyt sommer die foon in sy oor neer...
En omdat ek toe nie seker is of dit wèl nefie is nie, want hy aap goed na, sms ek en sê nefiekie ek dink ek't 'n probleem, iemand het my gebel wat my kar se registrasienommer soek... bel my kastig doodbekommerd terug, want hy's soos 'n ouer boeta vir my, kyk mooi na my en sal sommer moeilik raak as iemand skoor soek met my... tot hy nie meer sy lag kan hou nie en ek vir hom sê veels geluk, ek's ordentlik uitgevang met diè ene...

Anonymous said...

Patrysie.....☺☺☺ ek kan net dink hoe het jy jouself opgeruk vir hierdie voorbarige persoon...maar dis n' goeie een...wie van julle het gister oggend gehoor toe hulle Leon Schuster uitgevang het....bietjie van sy eie medisyne gekry☺☺☺

Kietiekat said...

Net 'n vinnige groetjie hier uit Kloof hospitaal, saal P vir pediatrie. Jip! Leontjie het urineweginfeksie, dankie tog nie 'n hartspiervirus soos eers vermoed nie. Maar nou ja, rondte 2 hospitaal is maar nie lekker nie.

Anonymous said...

Ai, Katjie, sterkte jong. Dink aan julle.

Unknown said...

ok maa' gutt ik weet'ie hurrit werk'ie ... dis nou om daai kiekie van jou by jou geplak te kry... want ik sis te leelik om myself so te wys. Kelkiewyn ... vanlat jou kop so ge muisnes is, vang tot die familie jou uit... gmfff. Kieters, huzzit nou - gan ons eers op Donnerrag stilstaan? Jy moet vir jou een of twee betroubare "Administrateurs" aanstel op hirri plaasblog ... dan hoef jy nie alleenag elke dag spitsfondig te wees nie ... laat hille beerte maak om elke dag aan te hef.. jy tjek net op ... nee, nee, nee ... munni vi my kyk 'ie ... ek het gesê BETROUBARE mense ... en 'k is so onbetroubaar soos 'n ysbeer in 'n visdam. Hier kry ek nou 'n lekkerlagprentjie inni kop ... sommer so. Net so... ek sien 'n ou met 'n "backpaddle" baaisukkel berg af kom en toe hy wil briek virre skerp draai, toe snep daai kjettang .... ek wag nog virri val, mar dis al klaar snaax [Huh??? Kelkiewyn ..' k skaam my vi jou ! 'n 'packpaddle' baaisukkel is 'n baaisukkel wat 'ie briekhandvatsesl oppi hendils het'ie. Jy trap agtertoe, da' briek hy..

Bospatrys said...

Ag Uncle Mac ek weet tog hoe lyk 'n "backpaddle" baiesukkel baaisiekel, het al ene gehad in my lewe èn kon hom ry!! Ja toema, mense kry deesdae skaam vir my dan weet ek self nie lekker hoekom nie... ;-)

Bospatrys said...

Ai toggies Kieters, ek dink aan julle! En ek's ook bly dis nie soos julle eers vermoed het nie! Sterkte! ♥♥♥

Makou said...

Hallo maters! Kieter, sterkte julle hoor. Makou gaan nou verdwyn vir die naweek. Dis groot rugby more, so styf duimvashou vir die Sharkies en Hurricanes!!! Geniet die naweek julle!

Anonymous said...

Kiets, ek hoop die mannetjie word gou beter. Sterkte vir julle!

groeni said...

haai kiets, sterkte jong! lo da almal, wille ding, geniet di rugga. wa's die anner?

groeni said...

en nou? almal weg? ek ga duik virri naweek, nee, ni inni water inni, vanni plaas af, weg ga...lekka naweek almal, soet wees, ni doe wat ek ni sal do ni. geniet di naaldwerk ne!

Anonymous said...

Kieters!! Sê as jy wil hê ons moet vir julle daar by die hospitaal kom kuier. Die mannetjie is vol sports nê. >drukkie< vir jou en Leon en al die katjies. Gelukkig is ons winter kort. Een van die dae is dit weer somer. ps my Sally kat het ook urineweginfeksie : )) nie dat dit enigsins met Leon se episode vergelyk kan word nie, ek sê maar net : ) XXXX Jewls hoe gaan dit met my seun? ;-P

Anonymous said...

waarheen poef jy smraggie??

Anonymous said...

Ek sien dis ma koelerig da by julle. Hier skyn die son vir 'n wenplek op ons wit kaaskoppies. So ek is weg, verdwaal! Spreek julle later, of môre.

groeni said...

lo da... jong ann, die skryftafel is mos nou agter teeni muur op di solder, so mrse stori om gou te ko notas los.... is hier rond, loer kort kort....ma 'mense wat loer word ge..' hou my skrikkerig..

Kietiekat said...

Hallo almal - bly om te berig die manneki het darem 'n glimlaggie vir mamma vandag. Ok almal - die Oompie vra vir 'n nuwe opskriffie en die res nie. So kom ons maak 'n reelingtjie - ek sal elke Maandag vir die week en iewers Vrydae vir die naweek. As ek in die week sien dit raak te lank(se maar hier by 100 of so) sal ek 'n ander enetjie maar. Groenie moet weet sy sal moet help administreer - sy weet hoe werk die dinge en ekke dink sy is betroubaar Oompie. En ja Ann, kuiermense is altyd welkom - ek en die Ramkat speel maar aflos hierso. En dankie vir almal se goeie wense en ekke hoop die arme kiets word ok gou gesond Ann - vir my is hulle maar bitter naby aan kinders hoor.

groeni said...

cool, eks in.. onthou net, eks tans op tafeldiens..siende dat nb mr toe is..so, dit sal slegs inni aand ka ga gskiet. kiets, jy't my werk vonkpos adres, stuur ma di nodige soontoe, ek help graag..ooms, di kinners raak deurmekaar met alli nuwe boeke, stem sa kiets.

Anonymous said...

Halloooo Maaitjies!!! Ek is ook so bietjie aan't verdwaal!! Maar dis nou nie Kasie en Makou se verdwaal nie! ;-)) Liefkind se Pappa kuier tans by ons voor hy binnekort Kaap toe vlieg om die Visrivier te gaan stap en by familie te gaan kuier. Joe, ek's besig!! Kry nie tyd om 'n steek breiwerk te doen nie want dis kosmaak en opruim en gesellig wees en stapels wasgoed was en by Loftus werk en en... Ek hoop Leon en Sally en RooikopRobyn se probleme is alles iets van die verlede en dat niemand ooit weer sal siek word of pyne hê hier op die plaas nie!! Julle is té dierbaar om seer te kry, maar as jy soos SmaragGroenie dit aan jouself doen, dan moet jy maar die gevolge dra... ;-)) Dis erg bewolk en koud in Pretoria, maar my swembad is snotwarm en die weber staan gereed vir 'n braaitjie - dis mos die lewe!!!! (Vlakkies, die rugby was 'n teleurstelling, né? Ai toggie!!)

Anonymous said...

Jeweeltjie, waffer rugby? Ek het alle geweld en getjommel afgesweer. Ek kyk nou net 7's. Ons mannetjies wen dam meer as wat hulle verloor. Soos gister weer in Ingeland. Hoop hulle doe so voort vandag.

Anonymous said...

Kiets,hoop Leontjie,is sommer gou oor die ding...sterkte vir jou en Zouga en drukies vir die anner kietsies....Jewlsie,dankie vir die warmte wat jy uitstraal....jy is so dierbaar...mwa..mwa....dit het so pas katte en muise gereen (ek noem dit katte en muise...dan wil almal die piep kry en my reghelp)...maar vir my is dit katte en muise...dis koud...en die regte weer vir pannekoek....wat sê julle?....ok, ek maak solank die deeg aan...sien julle 4uur op die stoep....o,vrek nee!!!!...liewers in die huis voor die kaggel...Smarag ,bring die ploffies sommer saam,Kasie,ja,dis seker nou jou beurt vir lekker weer...geniet dit...en onthou...geen verdwalery!!!!....Makou,jy en die manne moet bietjie ekstra hout bring...kom stook die kaggel....en onthou ook sommer die Hanepootjie....en musiek.....Vlakkies...hoe lyk die weer daar by jou...dit het mos annerdag amper gereen...

Anonymous said...

Nou ja,ek begin met die pannekoek,die hele huis ruik na kaneel,mmmmm.....sien julle nou-nou....♥♥♥....ek eet solank die floppie!!!!

Anonymous said...

robyn daar val jy jou toe sommer so binne in jou pensioenfonds in : )) amper wens ek dis ek.Thanks vir die pannekoek! As iemand dalk wonner hoekom dit reën. Het gistermiddag laat my tentjie, Modjadjie opgeslaan om te was(voëlbollie) en na te gaan vir die bos. Hy skaars gestaan toe steek die wolke op. Lekker weer vir vry nê Spikkeltjies.

Anonymous said...

En toe is die mooi weer ook weer verby, verpes die wolke en reën en wind my Sondagmiddag. So ek het klaar geverdwaal.- Jewls, jy laat dit klink of my verdwaal anners is as joune, asof my verdwaal nie heeltemal netjies is nie. Wel, ek het my fantasties gedra, my verdwaalvriendinnetjie het self vir my gesê: Jy was fantasties! -Rooikop Robyntjie,hoe gaannit nou met jou na jou noodlanding innie shop? Daai pannekoeke is 'n blink idee, eks mrse lus, dis die regte weer vir daai ding. - Kiets, gaannit goed met die kleinman? - Nou gaan ek maar rustig wees vir die res vannie dag, môre is daar weer baie dinge om gedoen te word. Almal moet dit wat nog vannie Sondag oor is baie geniet.

Anonymous said...

Ann,jy praat...ek dag nog ek loop so ewe,toe lê ek,☺☺☺...wel, nou word jou tentjie sommer deur die engeltjies gewas,Kasie,daardie pannekoeke was mrse lekker,met die kaneel en suiker wat so op jou tong rond dans van lekkerte,mmmmm...ek het natuurlik gewag en gewag....niemand het eers kom help eet,toe stop ek myself maar vol....ek dink almal kry te koud om te verroer....Waar is julle?

Anonymous said...

Nee Rooikappie, niks gereentie. Daai weer het toe, soos Pa altyd gesê het, net wind ytgesak. Toe ek weer kyk issie hele dorp toe onnerie stof. Gistraand sydooste toe geweerlig. Maar ver. Ek dink dit was annerkantie grens.

Anonymous said...

Vlakkies lekker om jou te sien...die res lê en bewe onner die verekomberse...ek het nou al alles probeer om hulle aan die lewe te kry,maar pure verniet....en ek sien môre gaan dit nog kouer wees,jigggg...moet sommer n' pot sop op die Agga sit,dit moet stadig deurkook,die vleisies moet van die been af,en die murg moet uitgekook wees ...mmmm en die hele huis ruik so heerlik daarvan...die vensters in die kombuis is toe van die stoom,en jou maag gee so draai van hongerte,wie gaan die brood bak,en onthou dit moet vars plaasbotter wees,goed ingesout...en ek deps die karringmelk met stukkies botter wat agtergebly het....kom nou julle kry lewe!!!!

Anonymous said...

Ek dog ek kom gou rooflees want vir skryf het ek nie baie energie nie, maar toe sien ek hoe desperaat Robyntjie is vir geselskap! Vriendin, ek is nie tans goeie geselskap nie, maar ek sien die moeite wat jy doen om ons klompie aan die gesels te hou met jou pannekoek en sop!! My braaivleis was DIE BESTE!! Loverboy het deur die jare geleer dat ek van 'n 'kalm' vuurtjie hou. Jy sit die skaaptjoppie op en dit moet lyk asof niks gebeur nie. Dan sit jy die weber se deksel op en kuier. Na 'n lang tyd gaan bekyk jy die spulletjie, draai hulle om en staan verbaas dat daar tog 'n kleurtjie aan die vleisie gekom het. Na so vier draaie en baie rokery van die weber, gooi jy jou speserye op. Daar's geen bloed nie, maar daai tjoppie is sag en 'chrispie'!! Sug. Sjoe, dit was onoortreflik!! Met groenboontjies, tamatieslaai, baba-aartappeltjies en 'makranie-pampoen'. Kleurvol en lekker!!

Anonymous said...

Antjie, jy sê die wolke het daar by jou opgesteek? ;-)) Mmmmm!! Vriendin, jy en die ander Edelgesteentes van hierdie plaas maak my kort-kort roekeloos speel met woorde!! Stout!!!! Kasie het wrintiewaar al 'n prys geplaas op ons stekerye van soorte!! ;-)) Sies, ons is in belese geselskap!! Ek probeer snaaks wees, maar ek dink nie dit werk nie... Dit werk in elk geval nie vir my nie!!! Vlakkies, rugby maak my moeg deesdae, nes vir jou! Ek is nie fanaties of religieus daaroor nie, maar die teleurstellings verwerk ek swaar!! Nou toe, ons sit aan die vooraand van nog 'n fantastiese week in ons lewens - maak 'n verskil, loop die extra myl, bid sonder ophou en wees lief vir mekaar!! En dié van julle wat teruggetrek het in julle grotte in - dis reg so - mens moet soms net afwesig wees om weer teenwoordig te wees!! Lief vir julle almal!!! xxxxx

Anonymous said...

Ag jitte, daar tik ek toe die knoppies-pampoentjie se naam verkeerd. Dis makrankie!! Sommer 'n wille pampoentjie wat jy orals langs die hoofpaaie kan koop en wat jy soet of sout kan maak. Nee, ek het dit soet gemaak, nie sout nie want my twee liefgoeters het soettandjies!! Dis eintlik 'n sonde dat so 'n mooi dag moes eindig in koue, koebaais en 'n tanende maan!! Maar dit laat my stilletjies uitsien na 'n volgende keer!!!! ;-)))

Anonymous said...

Jewls praat jy nou na my hart as jy oor jou braaitjie vertel. Wat jy 'n "kalm" vuurtjie noem is by my 'n "ryp" vuurtjie. In die oudae het Mother Superior, dis nou my skoonma, my altyd hieroor uitgekk. "Kaaskop, die vuur's amper dood" het sy dan liefdevol vir my geskree. "Neeeeee maaa" sê ek dan en sit die vleis oppie vuur. En as sy dan later gesit en vleis eet het sy altyd gesê, "die Hollander is die enigste een wat vleis kan braai vir oumense met valstanne!" Sy's nog altyd lief vir my, en ek vir haar.