Monday, May 19, 2008



Goeimore op die Maandagoggend! Nuwe kekkelplekkie vir almal.

21 comments:

Anonymous said...

Môre al die maters...nou ja,nuwe week, nuwe dinge...leef elke sekond,minuut,uur,voluit...wees positief...(al gaan dit broekskeur om te volhard)...wees lief vir mekaar,en onthou die glimlag.....xxxx

Kietiekat said...

More more almal! Groot nuus! Christian het 'n tandjie gesny en my selfoontjie wat ek so ekstra verknog is aan, is gesteel - nogals in Baby City! En Sondagoggend 5 uur skrik ons wakker - nie een van ons het vir die seuns opgestaan nie - hulle het tot kwart voor 6 deurgeslaap. Jammer hulle het dieselfde trick nie weer gisteraand herhaal nie.

Anonymous said...

Kiets,dis wonderlike nuus van Christian....en jammer oor jou fountjie...wens hulle wil iets ontwerp wat iemand shock as hy jou selfoon steel en probeer gebruik!!!!

Makou said...

More julle! Lyk maar stillerig hier vanoggend. Dankie vir die mooi woorde Rooikop! Dit gee n mens sommer moed vir die week. Sorry om te hoor van jou skade Kieter. Sulke dinge kan n mens maar lekker omkrap! Lekker werk julle :-)))

Bospatrys said...

GOEIEmiddag!! Hmmm, my naweek was besonders lekker gewees... ;-) En toe, wat het julle alles geskinder en gewonder en gepraat met die kuiery die naweek?

Kietiekat said...

Hoe was die ontmoeting met die skoonmense? Ek het nou al wye draaie geloop met die foon storie en moet nog weer 'n keer polisie toe. Het nou die nuwe simkaartjie maar gaan 24 uur neem voor hy werk. Ai! Ai!

Kietiekat said...

Nou kom ons totets of die tyd ding nou werk anders bly ons dalk vir ewig op Amerikaanse tyd.

Lekkerkry Plaas said...

Testing, testing, 1234

Lekkerkry Plaas said...

Reg so, nou loop ons op SA tyd!

Bospatrys said...

Dankie Kieters, jy's 'n voorslag huishoudster! ;-) Potensiële skonies... goeie potensiaal... ;-) Mensies, ek weet nie wat om te dink van al hierdie xenofobiese onluste nie, dis baie erg...

Kietiekat said...

Ek voel ok maar vrek onrustig hieroor. A, as ek nou vir julle moet vertel van die gesukkel met die selfoontjie vervang - ai!

Bospatrys said...

Kieters, ten minste kan jy iemand anders blameer vir jou probleme... maar as mens sèlf 'n simpel ding aangevang het en dan sukkel, ai... soos die slimme uwe, so week terug het my nuwe selfoontjie op 'n baie duistere manier in water beland, maar nie sommer enige water nie, dit was die kleinhuisie se water... ;-)) Nou sukkel ek maar weer voort met die oue, daar's nie medisyne vir my stupidgeit nie...

Anonymous said...

Hie hie...jammer Patrysie ek weet ek is nie veronderstel om te lag,maar nou wat soek die fountjie saam met jou in die kleinhuisie...het jy al gehoor as iemand met jou praat uit die privaatheid van daardie kamertjie,ek het al selfs iemand gehoor pieps...:-))))

Kietiekat said...

Dis nou wat verliefdgeit doen.

Bospatrys said...

Nee!! Ek wil nou nie in detail verduidelik nie... ;-) Maar ek was nie besig met die foontjie nie, die foontjie was (veronderstel om te wees) veilig in my baadjiesak, en toe ek weer hoor... plomps, innie water... En jy's darem nie die enigste een wat lag nie RR, ek's omtrent die enigste een wat niè lus is om daaroor te lag nie...

Anonymous said...

Nou ja toe. Veilig in Hargeisa. Net lekker moeg. Gistraand eers donker middernag by die hotel in Addis aangekom en innie bed neergeslat. Vemôre sesier ly die foon innie kamer. Maar die's ver van my bed af. Toe ek daar kom het hy opgehou ly - dis toe net ek wat ly. Gat loop probeer weer slaap. Halfier later is dit weer so. En so aan. Vind toe later yt die anner ouens wat saam met my van SA af aangekom het moes agier weer vliegveld toe vir hulle se vliemasien. Toe bel hulle sommer ammal om seker te maak niemand missie bussie. En op my pampier staan dydlik lat ek eers elfier opgelaai moet worre.

Anonymous said...

Welkom 'tuis' Vlakkies!! Jou storie herinner my aan my swottings dae toe daar ook so in die algemeen afgekondig is... Jammer om te hoor van julle selfone!!! Daai ou wat Saterdag 4 keer geskiet is vir sy selfoon, is 'n werkskollega se vriend... Robyn, jou opgeruimdheid is altyd 'n inspirasie vir my! MAKOU!! Jy lewe!! Sterkte vir al die olifante wat gatskuur teen jou boom!! Vanaand stap ek uit die bek van die hospitaal uit en daar loop ek my teen die volmaan vas!! Oe, dit was ongelooflik lekker en mooi!!!! Mag dit altyd volmaan in julle lewens wees!!!! En ek gee nie eers om wat mense van my dink nie, maar vanaand het ek, na 'n mrse harde dag by die werk, vir Veertjie stormgeloop en haar net vasgehou vir 'n rukkie - Patrysie, deesdae moet mens ordentlik groet want mens weet nie of jy jou hartsmense weer gaan sien nie... Newwermaaind die rassehaat - ons almal staan in die spervuur!!! Ek probeer nou 'n hele emosionele dag verwoord in my omgee vir julle, maar ek dink nie ek kry dit reg nie!! Sê tog net ordentlik koebaai vir almal van wie jy afskeid neem want jy weet nooit of dit die laaste keer was nie!!!!! Gits, ek dink ek's moeg!! Lekker slaap, Pêllies!! En droom mooigoed!!! Liefde, Jewls xxxxx

Anonymous said...

Vanaand sit en kyk ek op BBC na die Chelsea Flower Show. Seker nog nooit so iets moois gesien nie. En toe dink ek, wens ek kan vir julle almal so mooi blomme stuur, net om te wys die wêreld is mooi. Dis net party mense wat dit verwoes. Sterkte daar, en pas julself mooi op.

groeni said...

uit bleddi eindelik!!! my modempie het befk geraak en ek kry hom nou eers reg! lo da almal.. luister, rooikoppie en jewls, toe vageet ek om vir jul die naaldwerkboek te leen dat jul ka kyk na die steke waarmee jul so sukkel, jul sal ma moet ko haal, ek het hom ni nodig ni. da's ok rooibakkie wat agtergebly het.

Anonymous said...

Smarag,ek lag nou sooooo lekkerrrrr....ek moet daardie boekie dringend by jou kry...ek sal moet daardie steke vinnig leer:-))))...dit was so interesant om oor al die steke te praat....wys jou net...leer altyd weer iets nuuts...dis my bakkie!!!Ons sal koffie moet drink iewers en alles terug gee en uitruil...Jewls,het weer haar blikkie in my bakkie vergeet....Jewlsie,daardie volmaan het ek ook so beloer toe ek gisteraand huistoe ry van die werk....ai,toe verlang ek na al die mense in my lewe....en ek is so dankbaar vir die voorreg....mooi dag vir elkeen...

Anonymous said...

Genade waar is almal!!!!! die plaaswerf is nou so groot,en almal is nog doenig met al die nuwighede....in en om die huis....Patrysie...praat met ons...dis nie te sê as jou fountjie...opgedons is ,jy moet ons nou ook daaronder laat ly...misssss jou....Smarag...sit nou eers die naaldwerkies eenkant...dis koek en tee tyd....Jewlsie jy sal nooit al die steke in een dag leer,ontspan nou,hou op jou lip vasbyt van al die konsentrasie...of is dit nou konsternasie!!!!:-))))Kiets,tee en koek op die stoep...vat nou eers n' breek....