Monday, May 26, 2008

Kekkelbekke vanaf 26 Mei


Lekker kekkel! As ek sien hierdie word baie lank sal ek 'n nuwe hokkie maak.

107 comments:

Anonymous said...

Dagsê. Gedog ek hoor nou 'n kekkeltjie ytie koei se bek. Maar net mooi niks. Sal maar aanhou lyster na oole Pavarotti se La Donna e mobile.

Kietiekat said...

More more almal! Ek is soooo bly om te berig dat die Leon-mannekie gisteroggend laat ontslaan is met 'n magdom medesyne en baie goeie wense van die vriendelike tannies by Kloof hopsitaal. Julle moes sien hoe bly was boeta om hom te sien! Nou oor so week en 'n half 'n opvolgondersoek wat hopelik sal wys als is reg. Leon is ok baie trots op sy tandjie oom Vlakkies. Christian is oppad met no2.

Kietiekat said...

O ja vergeet toe nou - daar loop ek en Kleinkatjie ons toe eers vas in Brutus en toe in die Oompie en Dwergie by Castlewalk se Woollies. Was lekker om julle te sien hoor!

Anonymous said...

Môre, al die matertjies,wat n' heerlike fris, sonnige oggend,die koeligheid knyp-knyp....mag elkeen n' heerlike week beleef...kom ons maak dit n' blomme week,bring die kleur in, en om ons werkplekke,huise en grotte,blomme doen dit vir my....as ek eers so in my tuin gearbei het,terug staan en die wonderwerk van plante aanskou,dan weet ek,die lewe is mooi...dis wat jy daarvan maak....♥♥♥♥♥♥

Anonymous said...

Katjie, dis so lekker om te hoorie mannetjie is weer by die hys. Dis seker een vannie slegste slegge as so 'n klein mensie siek is. Jy wens jy kon in sy plek siek wees. Dit sou makliker wees want jy kan bedye wat seer en nie lekker nie is. Van mirresyne gepraat, Vroulief moes ok gister 'n klomp gat loop oplaai virrie snotsiekte. Nou jys aanie begint vannie eksamen.

Unknown said...

he he he ... dit was nou sports ... stop vir sjop en loop inni Katma en Kietsie vas... Dwergie sê daai kleinkjie is erg mooi. Dis waar ook. Daai purring was bajja lekker en vrind Chris [en ek] het 2keer geskep ... of maak't 3. Tot laataand gekyjir.
Vlaktes - jy moet bikji Casta Diva [uit NORMA] maar soos gesing op die cd RAPTURE ... oooo, mens, dis nou huilmooi. Djenjin.
Wassit so stil hisso? issa mense oppi WEGplaas?
kieter
Dankie virri sitplek ... soms noorag om 5 te vat, dan hier in te val en klits kwyt te raak [klits ja, my kluts het 'k nog] klits soos in minsin praat.

Bospatrys said...

Vinnige hello en koebaai... my naweek was weereens lekker lekker gewees... hoe dan anders as jy aan die sy van 'n gentleman is wat met sagte blou ogies vir jou kyk...;-) Volgende twee dae op 'n ou kursussie by die prokureursorde, jippee... So ek's weer Donderdag terug. En "Die Ontmoeting" het goed afgeloop, baie goed... ;-) Lekker week maters!! ♥♥♥

Unknown said...

ek verkoop nix 'ie ... maar ek sit nou so en lekkerkry ek muddit m't jelle deel: Gaan bederf jouself met die musiek van Rodrigo y Gabriela ... veral daai Diabnlo Rojo. Dis ongelooflik lat mens 'n kitaar so vinnig kan piek ... en dan nog 'n wysie daar voortbring.. te lekker. Ek nooi julle sommer almal vir 'n musiekaand. Jy maak 'n MP3 van so 30 minute van jou eie persoonlike absolute musieke ... dan kom ons bymekaar, by 'n groot bosvuur, lekker kos oppi kole [of inni pot] en luister at random na mekaar se musieksmake en kuier die nag tot hanekraai ... [bring di ekleingoed saam .. ons reel 'n student of 2 of 3 om na hulle om te sien. En as Vlaktes by is, sal ek my 1978 Nederburg Ptivate Bin vir hom oop maak. Djenjin.

groeni said...

i'm baaaaack. blikbrein is gefix! lo da almal.

Anonymous said...

Hallo Kiets en al die ander. Kiets jy het 'n spoggerige plaas. Baie geluk. Bly Leontjie is weer huistoe! Lindatjie ek ry vanoggend bietjie Oos Vrystaat toe :-) As ek ontbyt eet by Oom Clive en Tannie Martie op Fouriesburg sal ek aan jou dink. Dit is so koud hier, ek wonder of daar nie sneeu op die Lesotho berge gaan wees nie. Centlec trek ons weer hier 'n lelike streep deur die geysers snags af te skakel. Die dat ek so vroeg moet roer om warmwater in groot potte op die stoof te maak. Ek sou darem wat wou gee om 'n Aga in hierdie tyd in my kombuis te hê. As hy so vir die nag gepak was, kon ek nou net die kraantjie oopgedraai het vir lieflike warmwater.

Anonymous said...

Miekie! Welkom trug. Hoe gaan dit met jou en Lolla? Julle kan gersu meer kom kyer.

Anonymous said...

I am at the presernt a fresh person I have a sense of humor, sound system physique and active habits. Really I can fit you as survey and data facilitator since I have enough knowledge and experience to data and survey monuments. I assure you that I shall do my best to give you entire satisfaction and hope to win your faith soon.

Kietiekat said...

NOu wie si nou so snaaksie hierbo? More more almal! Welkom terug Meiks! Dit is nou sowaar die hoogtepunt van die dag om jou hier in die kombuis raak te loop. Plaas die mense skakel die geysers in die dag af soos ons hierso maak. Gaanit goed met die Lolla? Ja , en dissie my plaas nie, dis ons almal se plaas - ek is maar net die huishoudster, nie eers die bestuurder nie. Oompie, ek sal sommer vandag daai musiek soek - ek is baie lief vir kitaar. En die musiekaand is 'n baie goeie idee - Rooikappetjie het dit ook al voorgestel. Sal dalk makliker wees om CD's te sny vir ons wat nie met 'n MP3 player rondloop nie. Mens sal so lekker verskeidenhied musieke kan luister. My verkoue is ook effens beter - het die middag gaan omslaap by die huis. En Leontjie is die ene smiles vandag.

Kietiekat said...

Gits, vergewe tog die vingeritis - dis die koue dat ek so sleg tik. En vergeet om te vertel dat Ramkat/Zouga gisteraand nou ok die ander Bakkes boetie (Johan) ontmoet het en sy boeke is geteken en Christiaan het hom onthou van laas jaar se ontmoeting en tannie Margaret was ook daar. Hulle het so mooi oor hulle mammie gepraat sê hy.

Anonymous said...

Hie Ha...hier is ekke!!!!Mieks,dis heerlik om van jou te hoor!!! en ek is vreeslik jaloers op jou wat in my gunsteling omgewing gaan kuier...was jy al op Rosendal by Krokodil(van 7de laan )se winkel...jy kan gerus daar n' draai maak,hy is regte eksentrieke persoon, maar groet en druk jou asof hy jou jare ken...jy voel sommer tuis....het ook lekker daar geeet,en daardie winkel het goetertjies wat dateer uit Noag se ark....Kiets,nou is jy weer olik,kyk ek dink ons moet vir julle Vita C injaag....en knoffel☺☺☺ Mac, puik idee,lekker musiek,sop/stew,wyn...en ons sit/lê sommer so op die vloer met kussings...en word weggevoer op die note....ek gaan nou eers vir my lekker warm Milo maak...

Anonymous said...

After when I have read and digested the aims and objectives needed by the recruited person, I have determined to apply this position. In addition to that, I have a plenty knowledge, deep experience and a great interest related to that area.

Kietiekat said...

As jy op hierdie plaas wil werk is daar 'n paar werkies beskikbaar soos koeie melk (voor 5 in die oggend), groente plans en natlei en hoerderieres bymekaar maak. DIe lyndrade is Vlaktes en Zouga se job, Makou en Rooikappetjie het die wyn in hande en die res doen wat ons hande goed vind. Dis net die arme koeie.....Die bestuur is ok - die huishoudster is hier en sy het nou ook 'n assistent aangestel - Smarag het daai possie gevat

Anonymous said...

Genade,dankie tog die son het nou deurgebreek....vir n' ou mens soos ek, is dit maar moeilik as dit so koud raak..die rumatiek en jig is knaend...en ek bewe dan ekstra agv die koue...☺☺☺...sit nou heerlik en brei n' serpie, maar die ou vingers is maar lekker dom...ja,so stap die tyd aan,ek tuur so oor die lande,die ou oge wil ook nie meer,net n' wasigheid so in die verte,en al die onthou's kom lê vlak in my gedagtes......en ek loop vêr paaie....terug die verlede in...

groeni said...

o my hel! robyn! klink my die outimers is ok hie! nee man, het gehoor as mens eers ka brei, is dit soos bisiekel ry. het ou-ouma se brille vi jou as jy soek - pasop virri ver stap, netnou verdwaal jy.

Anonymous said...

Reën, reën, lieflike reën val in die laan, dit val om ons heen. Smaak my die werksoekers het toe die hyshoudster heel op haar se senewees gehad. Ek wou maar net vir julle lat deel innie plesierageit wat die goeters vir mens kan bring. Ai, pety van hulle besag die rooitaal amper net so goed soos ekke. Help my niewe Deens kollegatjie om haar poste yt te sorteer. Die arme kind is nog eers bietjie besag, so ek ontferm my maar oor haar.

Unknown said...

heeldag willik itzi skrywe - weet'ie wat 'i ...maar die *&$*^ dinges bly my vertel ek is "time out" ... toe gaan plak ek maar oppi 4x4 blaaie. Net beginne wonner jelle het my verban hisso. Wat is di etoppunt van eensaamheid??? dis 'n liefdesdriehoek tussen een mens. Klaar gegiggel? Goed so, loop 'n draai, was jou hanne, en gaan slaap. En tjek daai bont koei vir mastitis vòòr jy haar melk. Die sydoekie is bo in die yskas. En maak jou hanne warm voor jy aan Jemaaima melk, sy trap emmer om as jy haar met koue hanne melk. En moenie die jersey se melk by die anner gooi nie, Antie Dwergie (r.r.r) het laat weet sy wil botter maak, sy soek daai jersey se room. Het iemand my pyp en twak gesien? Wat gaaaat vanaand weer aan, als is nou weer weg.Wag, ik loop lê liewer.

groeni said...

ek deps di room! lo da vlakkies en mac. mr ma dis koud hie. dink jul ons ka va daai pienk goete inni dak plak? oupa het my geleer melk, met stoeltjie en rieme byderhand, verby die hoenners tot by stalle gestap elke oggend. da was n blksmse haan wat altyd moeilikheid soek.. kom toe een dag en skop my dat ek hik...tanni skop hom trug - dat hy hik! ai, da's ek sa robyn in di argiewe

groeni said...

oeeeee. ma jul ga slaap vroeg! lekka slaap, sterkte vir more.

Anonymous said...

Ag dankie julle almal wat so bly was om my te sien :-) ... Robyntjie ek kom toe nou tuis vanaand en ek brand om my sielevreugde met jou te kom deel. Ek het vandag vir Heidi op 'n "reis" geneem die anderkant-om,Clocolan,Ficksburg,Fouriesburg (ontbyt) en ry daarna tot by Slabberts. Doen ons werk daar, keer terug en ons draai regs af Rosendal toe. Ek dog daai vrou gaan nooit weer 'n woord sprak nie. Stomgeslaan. Vir die eerste keer sien sy ook die wêreld waarvoor jy so lief is, en vir die eerste keer verstaan sy hoekom mens jou hart daar kan verloor. Ja ons was by Oom Francois se "shoppie" en het so lekker agteroor gesit dat ons bietjie baie laat vanaand tuisgekom het. MAAR dit was als die moeite werd. Vlakkies laat jy my lekker giggel met:"werksoeker". Kiets jy vra van Lolla. Ja-Nee ek werk en sy gee uit... my dag was lank nou gaan ek lappies...... zzzzz en drome droom.

Kietiekat said...

Mole Mole almal! Pragtige sonskyndag. En so baie baie lekker om Mieks se stemmetjie weer meer gereeld te hoor - hou dit nou so hoor! Ek moet noem dat ek wonderlike kinderherinneringe aan die Oos Vrystaat het - ek dink ek het al hier daaroor geskryf - kan iemand onthou? Anders vertel ek maar weer. Dankie Vlakkies - ek het eers die nimlike Zouga oor die werksoekers vermoed maar met konfrontasie het hy ontken. DIt was 'n heerlike laggie - net jammer Juweeltjie moet nou maar weer die koeie melk.

Anonymous said...

Kietsie, ek ondou nog jou vertelle en kiekies vannie Oos-Vrystaat. Maar jy kan maar weer vertel. Jeweeltjie vergeet gou en Petrysie se kop is vol mysneste. Ek issie bekommerd oor Jeweeltjie ennie koeiemelkie, Sys 'n sterk vrou. As sy kan help bene afsaag en vir rugbyspelers toernikette aan verkere bene kan aansit, is Blommetjie en Bontlies niks vir haarie. Solank sy nettie die bul ok probeer melkie ;-).

Kietiekat said...

Lo VLakkies! Het julle vanmore se "traffic joke" van Jeremy op Highveld? Een van daai regtige oulikes. Jannie Van der Merwe moet draadjies op 7 kry en om te troos gaan hy saam met die ouers Kaapstad toe vir vakansie. Op Kampsbaai se strand maak hy gou gou maatjies met klein Gatiepie. Soos die twee sandkastele bou gesels hulle en vra Jannie "Gatiepie, jy is seker 'n local?" Gatiepie sê: "Ja, hoe het jy geweet?" Jannie sê :"Want jou twee voortande is uit". Speel nog so in stilte vir 'n rukkie en Gatiepie sê:" Djy ko sieker van Gauteng af?" Jannie sê :"Ja, hoe het jy geweet?. Gatiepie antwoord: " Want djy het burglerbars op jou tanne"

Anonymous said...

Hi julle maters...ek probeer multitask(veelvuldigewerkies)doen,dis amper maandeinde en dit gaan bietjie dol....Mieks bly jy het jou kuiertjie geniet by Franscois...as mens eers daar jou sit kry staan die tyd stil,en jy wil eintlik nie verder gaan...eeeeendag gaan ek terug na my "grass roots" (wortels van oorsprong)en ek gaan net weer mens word en voel....waar is almal...die plaashuis is verlate...almal kan tog nie in die veld besig wees,iemand moet tog vir n' bederfie op die stoep sorg ...Jewlsie,Makou Kasie Patrysie...nee,genade hier sal kajuitraad gehou moet word,vier uur op die stoep....ek sal sorg vir die eetgoedjies....xxxx

Anonymous said...

Hi julle maters...ek probeer multitask(veelvuldigewerkies)doen,dis amper maandeinde en dit gaan bietjie dol....Mieks bly jy het jou kuiertjie geniet by Franscois...as mens eers daar jou sit kry staan die tyd stil,en jy wil eintlik nie verder gaan...eeeeendag gaan ek terug na my "grass roots" (wortels van oorsprong)en ek gaan net weer mens word en voel....waar is almal...die plaashuis is verlate...almal kan tog nie in die veld besig wees,iemand moet tog vir n' bederfie op die stoep sorg ...Jewlsie,Makou Kasie Patrysie...nee,genade hier sal kajuitraad gehou moet word,vier uur op die stoep....ek sal sorg vir die eetgoedjies....xxxx

Anonymous said...

Nou kry julle sommer die boodskap twee keer...die blikbrein van my is lekker woelig.....

Anonymous said...

Nee wat,geen siel....kom Wagter,ek en jy stap maar so af na die rivier se kant,dan sit ons maar so teen die droe boom en eet die eetgoedjies wat ek gemaak het,miskien sien ons n' mooi sons ondergang...en hoor die laaste roep van die Bosduif.....

Kietiekat said...

Gits, maar dis stil hierso! Wonder waar die Juweeltjie haarself bevind- mis haar nogals hierso hoor! Hallo Rooikappetjie - nou nie wolf raakloop nie hoor.

Anonymous said...

Katjie, nou vir wat het jy my in die eerste plek onthef van my melkvrou-status? Ek was nogals trots daarop!! Dankie, Vlakkies, dat jy weer die koeie se name vir my gegee het - skooooon vergeet!!!! ;-)) Robyntjie, is jy seker dis jou blikbrein wat so waaghalsig is? Nou toe, hier's ek! Daar het niks opwindends gebeur vandag nie, maar gister was ek op siekverlof want my tannedokter het alweer gegrawe en my bêkkie heeltemal onsoenbaar gemaak!! ;-)) Wat doen julle almal vanaand?

Anonymous said...

Katjie, jou grappie was baie snaaks!! Ek het ook een: Drie dames sit in 'n sauna. Twee jongetjies en een ouer dame. (Groenie, hou jou in!!) Skielik klink 'n 'beep' geluid en een van die jongetjies druk haar voorarm en verduidelik: "This is a microchip under the skin of my arm." 'n Paar minute later lui 'n foon en die ander jongetjie sit haar hand teen haar oor. Toe sy klaar is sê sy: "That was my mobile phone. I have a microchip in my hand!" Die ouer dame sit die spulletjie so en bekyk en voel skoon uit plek uit. Sy staan toe op, gaan badkamer toe en toe sy terugkom, hang daar toiletpapier uit haar fondament uit. Die twee jongetjies kyk haar met vraagtekens aan: "Well, will you look at that... I'm getting a fax!!", sê sy!!!!!

Makou said...

Hallo djulle! Die verlore seun is weer terug! :-)) Het julle my gemis?? Hi Jeweeltjie!! Waar was jy jong? Is jy baie besig om mense aan mekaar te steek???? :-)))

groeni said...

naand almal.. vinnige hallo.. lief hulle het hul airie verpas en ga nou eers later land... oe la la... kyk die plaas kom nou weer mooi aan.

Makou said...

Hi daar Groenstes! Moet jy nog vliegveld toe vanaand? Diamantjie, waar kruip jy nou weer weg?

Anonymous said...

MAKOU!!! Val ek reg agteroor, pootjies innie lig!! Waar is die vlugsout? ;-)) Ek was maar besig met dit en dat - lees jy nie meer nie? Het mos gesê dat ek gaste het wat die lewe volkleur en vrolik maak - soms nie!! ;-)) Ag, dis lekker om van jou te hoor - wat maak jou gelukkig, hmmm? Groenie-Smarag, jy maak nou net soos Patrysie! Julle praat baie, maar sê eintlik niks nie! Wat maak Lief op aeries en hoekom is jy nie daar saam met hom nie? Ek dog hy's werkloos en gelukkig? 'Steek' daar enige waarheid in? En is jou vuurtjie aange'steek' in jou grot, Vriendin? Oe la laaaaaa!! Jy wou mos!!! ;-))

groeni said...

my grot? jewls, hy is vuurwarm! :) nee man, wa val jy nou uit.. hy was werkloos vir 'n week en werk mos nou hie lekka naby, 6km! hy's bloemies toe, land vanaand en vlieg more slaapstad toe. nee, wille ding, hy en kollega ry somme self... jipppee, ek hoef ni daai kk pad te ry ni..gehoor da is 'n koos wat bloues wil koop? ons sal ma sien of di to light kom.

Anonymous said...

Oe, vergeet ek om te sê: "MAKOU, EK HET JOU GEMIS!!!!" Jitte, hoe gaan dit daar in jou grot? Plooitjies op sy plek en toiletsitplek afgeslaan? Giggel! Ek het mos 'n ding oor toiletpapier. Jy mag maar die rolletjie afrol soos jy wil, maar as jy hom afskeur, moet dit teen die rol wees! Soms gebeur dit wel dat die liefmense in my lewe die rol bietjie verder laat afrol en as ek by daai vier blokkies kom wat so afhang, voel ek behoorlik asof ek handskoene moet aansit om dit af te skeur tot teen die rugstring van die rol. Dit voel skoon vuil van al die hang!!! Antjie, maak jy weer 'n taak vanaand? Kom lag gou saam met ons!!!

Anonymous said...

Groenie, wie is die Koos wat Bloues wil koop en hoekom wil jy hom verkoop? Nee, maggies, daai kar van jou is status!!!! Selfs met die tjoklitpapiertjies onder die matjie weggesteek!!!! ;-)))

groeni said...

en ek dag eks vol strnt!

groeni said...

nee jewls, een of anner ou, het blykbaar buite die groentegees vir lief gese hy wil bloues he..nou ja, as die blare groen is, hoekom ni. dan vervang ek hom met 'n pienk shorty!

Makou said...

Dankie Jeweeltjie. Hoe lekker gat voel ek nou! Ek dog Groenie praat van iemand wattie Blou Bulle wil koop. Was net reg om op my "soap box" te klim! :-)))

groeni said...

die kar, ni lief ni

Anonymous said...

"La Donna e Mobile!" Vlakkies, elke dag as ons klaar by Daantjie se lys gewerk het, sing ons soos een man: "Donna moe siekietoe, nog 'n dag is in sy moer!!!!" Voel soms asof die lewe ons verbygaan, maar dis darem nie regtig nie - ons het eintlik baie pret!! Reën dit al in Kleinland? Is jy veilig? Met al die Xenofobie hier het ek effentjies angstig geraak oor ons liefmense in anderlande - wat is nuus? Die Somaliese mense het swaar gekry, volgens Carte Blanshie! Kyk mooi na jouself, sal jy?

Makou said...

Groenie, daai groenes issie meer veel werd nie jong! Vra daardie amper oranje note mettie luiperd op! Magties, praat ek myself nou skoon deurmekaar met groenie, groenes, bloues en dans daar pienkes ook nog!

groeni said...

ek dag ek los ma by groenes in di verduideliking, netnou raak jewsl deurmekaar! ouch, koes, skies, sht nee man, jewls, hou op sla.

Makou said...

Nou hoeveel dink jy Groenie? n Tiende van n "bar"?

Anonymous said...

Makou, dink jy iemand wil die Blou Bulle koop? ;-)) Groenie, sê net JA!!!! 'n Pienk Shorty klink mooi vir my - wanneer werk Lief weer laat en is jou GPS reg om ons na al die wonderlike 'gesellighede' in Petoorsdorp te verlei? Wens Kasie kon hier wees!!! Ai, giggel ek nou lekker - "Fly me to the moon..."

Makou said...

Is Rooies se vonkie geknip by die grot? Lyk my sy kuier deesdae net innie daglig. Gaan net gou n koffietjie bou. Is nou terug!

Makou said...

Los nou maar Jeweeltjie! Die kolkatjies wonner nou nog wat hulle so hard getref het. "I found a little local radio station...."

Anonymous said...

Huh? Weet julle tweetjies ooit waaroor julle praat?

Makou said...

Hoe nou Jeweeltjie?

Anonymous said...

Hoe nou, my liewe Makoutjie?

Makou said...

Patroontjie, ek verwys na jou vorige "Huh? Weet julle tweetjies ooit waaroor julle praat?" Net daar het jy my verloor. Is bietjie blond vanaand! :-)))

groeni said...

ai ai ai... jul sukkel ma vanaand met die verstaan.. gelukkig het goeie begryper net halwe woord nodig. lief is trug, ek ga .....tata.. tot more aand na karate gradering.

Makou said...

Cheers Groenie. Lekker slaap!

Anonymous said...

Ken jy die grappie: "Dis lekker om 'n varkie te wee-eees!!? Dis net so lekker om blond te wees!!! Lekker slaap, maaitjies!! Dit wat jy in jou hart is en uitraal wat mense aangetrokke maak tot jou!! Skop gat en wees vrolik!!! Pluk die dag!! Wees waaghalsig!!!!!!!!!!! Lewe!!! xxxxx

Makou said...

Lekker doeks Jeweeltjie! Sommer al die anner maaitjies ook!

Anonymous said...

Liewe genade julle kan darem lekker klets....Makoutjie...hier is ek!!!!...sit mos vanmiddag alleen op die stoep,met al die eetgoed...ou Wagter was te bly vir die meevallertjies....Groenie...is dit van opgewondenheid dat jy so giggelen deurmekaar praat...hoe kan jy nou bloues staan en verkoop vir so min groenes...blouses is dan soos familie...ag nee man!!!Jewlsie...mwa mwa...so bly jy is weer terug...het jou vermis!!!!!

Anonymous said...

Dis ekke Robyntjie..lets so lekker dat ek my naam skoon vergeet!!!! kom terug julle ...sies nou is ek weeeeer allllleeeeen

Anonymous said...

Ok,ek sal ook maar gaan slaap,lekker slapies en soete drome almal...Groenie...maak toe jou ogies...dis nou slaap tyd!!!!.....Makou...jy snork...Jewlsie hou op giggel....xxxx

Unknown said...

di eantie sit van net na 7 die Saterdagmore en kyk heeldga rugby - sonder om eenkeer te skuif - toe die laaste gymm klaar is straat sy op en seg: "Sjoe, nou slaap my boue eintlik" Seg die student agter haar:" Ja, is so .. ek het hulle hoor snork"
Toe, toe Robyn .. hou jou in en loop duddu. ;)

Anonymous said...

Eks seker weer te laat oppie plaas. Net klaar geëet, macaroni uittie mikrogolf, gagga! Jewls, hoekom giggel jy as jy wens ek was daar? Seker niks mettie pienk shorty uit te waai nie. Was vanaand weer met'n klomp Sjinese op pad wat handel soek. Eks moeg, half beblksmd en is nou lus vir 'n ploffie. Gooi!

Anonymous said...

Môre ammal. Jeweeltjie, dit het voorlaasnag hier gereent. Sommer sterk waterloop. Oppie platsand sal dit sommer so armdiep nat wees. Toe ons gistermôre kantoor toe ry is ons pad daar bo teenie bult af net klippers soosie grond ytgespoel het. Gisternag blykbaar ook hiernaby noord goed gereent. Ek hettie weerligte gesien. Vanmôre rapporteer die plaaslike mense dit het baie gereent daar. Nee, die mense hier verstaan dinge. Hulle issie kwaad vir my nie. Hulle vra yt oor wat aangaan en is kwaad, maar issie okkie so dom ommie te sien wat in ons land aangaan nie. Toe ons stidinte was het ons altyd aanie einde vannie jaar gesing: Gaude aumus igitur, nog 'n jaar is in sy moer.

Kietiekat said...

En goeiemore vir jou ook Vlakkies. Ek sien hier is gisteraand weer lekker voor die kaggel gekuier. Koppies en glase staan nog rond, wagter in die huis vergeet (hy klas nie - lekker warm geslaap voor die kaggel). Die kietter is vanmore 'n kolkatjie - word hier half 4 vanoggend aan dei jeuke wakker - rooi gekol van kop tot tone. Lyk soos 'n allergie, maar van wat weet niemand. Gaan maar nou-nou die dok besoek.

Anonymous said...

Môre Kolkietsie. Hoop dit gat sommer gou beter. Net gister nog spog jy met jou Oos-Vrystaat en vandag is jy 'n Kolkat. Nou wonner jy waar dit venaaf kom ☺. Jipppiiiiieeee dis naweek - maar weer net vir my.

Anonymous said...

Ag, Vlakkies, ek hou van hoe jy verduidelik van die 'armdiep' nat. Pragtig!! Gee bietjie nuus van Vroulief af voor jy verdwyn vir die naweek, seblief! Kolkatjie, is jy seker dis nie 'n hitte-uitslag nie? ;-)) Sterkte, Vriendin!! Nou het ek die bevlieging gekry om aan die kook te gaan - wonderlike warm bredies vir hierdie koue wat ons tans ervaar!! Toedels, Pêllies, ek gaan nou die dekseldans doen!! Lekker!!!

Unknown said...

Heppi burfday toe joe ... heppi burfday toe joeeeeee ..!!!!!!!! Geluk RAMKAT met die verjaardag. Ons weet hoe oud jy is ... so ons vra nix nie. Vlaktes, onthou daai wereld ook die reens so goed soos ons wereld? Oupa het altoos gesê: "Aaaai tog, die ou !Xtgau kry nie bajja reense nie, maar hy onthou hom darem vir lank"
Noudat 'k anner werelde gesien het, weet 'k wat hy gemeen het.
Kieter - dis daai tjoklit koeke wat die kolletjies maak ... maar laat weet nou wat sê die geleerde dokter .. netnou is die ou toppi oom verkjeert !

Kietiekat said...

Gits nee Oompie. as dit Ramkat se verjaarsdag is is ek diep innie knyp. Hy's in Maart. So saam menseregte dag. En die dokter meen ook dis daai lekker tjoklitkoek ;). Ja, soos gewoonlik weet ons nie wat nie, maar dis beslis 'n allergie. Vlakkies - ek leag lekker vir die kolkatjie.

Bospatrys said...

Veels geluk liewe Ra... O gats, nee dissie verkeerde maand... Laas toe ek so 'n rooikolletjieuitslag gesien het was Gentleman oortrek van die goedjies... en dit was nie allergie nie, dit was een of ander virus soortgelyk aan juppy(?)-griep... die kolletjies is darem nou weg... ;-)) En die moegheid darem ook... ;-)))

Unknown said...

Kelkiewyn ... di snat gras an laat nagte wat mans so vol kolle uitslaan [en moeg maak] Gelukkig is dit nie aansteeklkik nie. Kieter .. guje nuus [soort van] ek het pampoentjies en masels en sulke goggas inni kop gekry .. liewerster die tjoklits. Askies van die Ramkat se verjaardag mistykie , daar op die Hilux Forum wens hulle 'n Ramkat geluk mnet sy verjaardag ... toe het ek sommer aanvaar ... wys jou net gedink kan is sy broek ... haai wag, ek moet loop. Emma swem vandag ! :) ☺ ☻ ♥ ♥ ♥ ♠ ♣ ♦ ○ ◘ •

Anonymous said...

Kiets....hoop jy is gou weer sonder kolle....Jewlsie ,kan ek maar oorkom vannaand....mmmmm...maak jy my nou honger.....Kasie...pienk shorties nogal....☺☺☺ Mac ,geniet Emma en die swemlesse....Vlakkies...bly jy het bietjie reentjies gehad....Vroulief...hoe gaan dit met die studies.....Makou.....doen jy die syfer vliegkuns.....

Anonymous said...

Jeweeltjie, dit gaan beter met Vroulief. Moes Dingsdag Kriminologie geskrywe het, maar was oorie naweek so vrot vannie snotsiekte lat sy nie geleer gekry hettie. Die dokter het vir haar 'n siekbrief gegee, so nou skryf sy die eers later. Môre agtermarrag is die Sielkunne.

Anonymous said...

Mac, so van reense ondou gepraat. Pa het hulle so geondou. Hy sal vir jou bedye die jaar het dit op daai dag gebeginne reent en dit het suffel gereent. Hy het daar by Piet Bloufontein ytgesak en toe’t hy oor Krismisvlei getrek lat hy sommer so swart sit en sukke wit miswolke voor ytstoot en toe’t hy daar op Miskietkolk geloop ytreent. En so kon hy gevertel het in waffer jaar dit op waffer dag en datum huffel gereent het. En da’ kan jy maarie Weerburo se boek ytie skryftafel se mirrelste laai gat loop ythaal en kyk en jy sal sien hy’s reg. Ek kan mossie sukkel goeterse ondou nie. Maar wat ek wel ondou is hoe vollie grondamme pertykeers was en hoe lekker lat ons innie panne gebaljaar het en vannie keer lat hy annie einde vannie kortvakansie in April so gereent het lattie Keinab so sterk geloop het lat ons amperie op Karasburg kon gekom het virrie skoolie. Pa het daai reent die dag so gekyk en gesê: “Môre gat onsie op Karasburg ytkommie. Vrou, kry die kinners se klere in hulle se koffers lat ons kyk of onsie voorie water by Dêveniesputs deerie Keinab kan kommie. Want vir Niewerus se laagwaterbrug is ons klaar te laat.” Dis nou mittie ompad deerie berg Karasburg toe. Maar toe ons by Dêveniesputs kom, staan daar klaar ‘n paar bakkies van boere wattie selle gedagte as Pa gehad het. Toe hardloop daai Keinab lat hy sukke wit skymbolle oppie bryn waters maak. As man jou bakkie wil verloor da’ moet jy nou vir hom gat loop stane aanvat. Ons sit toe maar daar kortom trug Nimmerrust toe. Die aand bel Pa vir oorle oom Krisjan Orolster op Niewerus en vra wat maakie Keinab. Oom Krisjan is toe net trug oorlat hy okkie anneragmôre moet kinners skooltoe. Hy rekent ons moet maarie anneragmôre ligdag tot by hom kom en da’ gat loop kyk ons saam na wattie Keinab maak. As dit nou nie weer in Heiragebis se wêreld gat loop reent venaantie, kan ons dalk net môre deerkom. Maar ons moet so kom lat ons nou nie soos gewoonlik nog donker voordag by die Keinab issie. Daai nag slat hy weer heelnag weerligte yt annerkant Ariamsvlei. Anneragmôre toe ons vir oom Krisjan by die Keinab kry, staan daar bakkies by deesknatie Keinab, lyk skoo’ begrafnisstoet. Toe raas daai Keinab soos hy hardloop. Een vannie groter ooms trek skoene yt en rol broekspype op en beginne so voetjie vir voetjie instap. Maarie vêrie, toe moet hy omdraai. Jy kannie die laagwaterbruggie se kante sienie. Na die ooms die saak gebepraat het, beslyt paar manne hulle gat maar omdraai en trug ry hystoe en die anneragmôre weer probeer. Maar Pa sien anner plan. Hy lattie mit sy kinners se opvoeding inmengie. En so by so kos dittie regering geld ommie skole aanie gang te hou ennie onnerwsers se salarisse te betaal. So sit ons daar kortom trug Snyrivier toe. Van daar af ry ons mittie agterpaadjie oor Skerpioendraai Heller toe. Op Heller kry onsie anner grootpad Ariamsvlei toe. En daar gat loop vat onsie teerpad Karasburg toe. So kom ons eers amper vroemarrag op Karasburg aan. Maar Pa gattie eers koshys toe ommie koffers te gat loop aflaai nie. Die sal hy later by die koshys gat loop aflaai. Eers regyt skool toe en mit al ses van ons inne ry agter hom aan na ou Barries se kantoor toe waarlaat Pa self gat loop bedye waaroor lat ons laat is en toe klas toe virrie laaste periode of twee. Na skool staan Pa by die koshys en wag lat ons onse koffers kan aflaai. Vannie anner kinners het eers ‘n paar dae later daar aangekom. Hulle se pa’s het nou nie gedink dis so belangrik ommie selle dag lattie skool beginne al daar te weesie. Maarie Pa nie. Siestog, nou laas toe ek by die hys was kon Pa eenslag nie eers ondou wie ek issie. So ek dinkie hy kan meer ondou wanner lat allie reense op Nimmerrust geval het en huffel dit waffer jaar op waffer dag gereent hettie.

Bospatrys said...

Dankie Vlakkies...

Kietiekat said...

Dankie vir die storie Vlakkies- dis ongelooflik hoe dat die oumense die detail van jare terug onthou maar nie wat hulle vanmore geeët het nie - jy sal sien hy sal tien teen een jou aansien vir sy broer of iemand na wie jy trek. Vir Oumatjie het ek my mammie geword toe sy so op haar deurmekaarste was - wie my ma nou eintlik was het sy geen idee gehad nie. Miskien sal hy Bergbok of Mirrelkind vir jou aansien. Darem maar hartseer.

Anonymous said...

Kietsie, ek verstaan gelukkig dam daai ding. Toe Oupa Krisjan Witbaadjie innie afdeling vir langtermynsiekes innie Gordonia Hospitaal op Upington was, het hy ook gevergeet wie Pa (sy seun) is, maar hy het vir Ma geondou. Eendag het hy so stilletjies vir Ma gevra wie lat die man dan nou is wat saam met haar hier is. Dit het altyd vir Pa baie geontstel. Maar ek het geverwag lat dit vir my en Pa ok sou kom. So ek is reg daarvoor. Ek het al vir baie mense gesê hulle moenie mittie oumensies stry of ongedullag raakie. Dis mossie hulle se skuld lat hulle vergeet of Altzheimers kry of wat okallie. So ek bedye maar ewe gedullag vir Pa wie lat ek nou eintlik is. En da’ sien ek hoe hy diep dink en probeer ondou, maar ek kan in sy oë sien lattie ondou nie wil kommie. Maar dis ok maar goed so. Dis mossie sy skultie. Da’ sit ek maar net daar by hom en dis reg so vir my en ek hoop dis ok reg so vir hom.

Anonymous said...

Ag dit is so lekker om 'n persentjie te kry as mens tuis kom! Dankie vir die mooi storie Vlakkies. Hallo al die ander plaasmense.

Anonymous said...

Ek voel nou kompleet soos 'n kind wat kruisbeen op die vloer, voor die dover sit, kennetjie innie hande en smeek: "Vertel nog stories oor daai tyd, asseblief, Vlakkies!!" Jy is so 'n fantastiese storieverteller!! Dit was nou GROOT bederf vir my, dankie liewe Vlakkies!!! Mwhaaa!!! Kasie, ek het gegiggel omdat ek die prentjie van my en jou saam gesien het (soos jou verdwaalvriendinnetjie) waar ons bar-hopping doen en al hoe vroliker raak en liedjies sing, gedigte voordra, lag... Dis iets wat ek nog nooit gedoen het nie, maar vreeslik graag wil ervaar!! ;-)) Ai, Uncle Mac, jy weet mos dat ek en Robyn op hoogte is van almal se verjaarsdae!! Nogtans het my hart 'n paar slae gemis want dis absoluut onvergeeflik om iemand spesiaal hier op die plaas af te skeep!! Hoe gaan dit met Brutus? Katjie, hoe voel jy? Patrysie, welkom terug!! Ek het jou gemis!! Hoe gaan dit met jou studies, of studeer jy net vir Gentleman en sy kolletjies? ;-)) Hallo Micky. Het jou neukenaar 'n virus gehad? Of was jy in 'n grot vasgekeer? ;-)) Maak nie saak nie, op Lekkerkry kan jy kom en gaan soos jy wil en is altyd welkom! Wonder wat van ons geliefde Ondier geword het!!! Hy verlaat SA vir beter werksomstandighede en nou werk hy hom dood!! Jitte, dit maak nie sin nie!!! Mis jou, jou stoutert!! Makou???? Sprei jy jou vlerke want jy kan? Ai, ek weet jy doen vyf mense se werk, maar weet ook dat ons jou mis, ou snaaksie!!! Groenie, hoe was die graderings vanaand? Jy ok?

Anonymous said...

Antjie, het jy gedink ek het van jou vergeet? NOOIT NIE!! Ek en Liefkind het 'n toorstelletjie gekoop... Jy moet kom kyk!!! Dis soooooo opwindend!! Ons sal jou leer toor, jy maak maanwater en dan moet ons uitwerk hoekom Rooiveer en Spikkels na 8 maande nog nie eiers lê nie! Die twee sit net en kekkel langs mekaar, maar verder gebeur daar niks nie... Waar koop mens lê-meel? Ek dog die natuur sorg vanself!! ;-))

Anonymous said...

Ou Brutus, ehh ek bedoel Mac, wat maak jy oppie Hi Lux Forum? Soek jy 'n goeie mouterkar? ☺

Anonymous said...

Vlakkies, dankie man, 'n pragtige storie op sy mooiste vertel. As ek so vir jou luister besef ek ek bly innie verkeerde land. Sulke stories kom net uit SA, en dan verstaan ek hoekom ek so lief is vir díe land en sy mense en taal. - Jewls, ek sal onhou, eendag is die dag, dan doen ons die bar-hopping en word ons vrolik en ♪♫♪♫♪ ons allie pad dwars deur die stad. Petoorsdorp sal nooit weer dieselle wees nie! - Ai Kiets, word gou beter, jou hele huis moet nou maar vir altyd gesond wees.

Anonymous said...

Vlakkies, ek het dit nie gesê nie al wou ek: "Ek dink jou Pa is net so tuis met jou as jy met hom!" Al weet hy nou nie meer mooi wie jy is nie, is jy 'vreedsaam' genoeg om hom te laat ontspan en homself te wees! Jy weet mos van beter!!!! Toe my ouma so deurmekaar geraak het, het dit my Pa aan die hart gegryp. Sit ek daar by haar met foto-albums en vertel lang stories dat sy tog net moet 'click' hoe die familie eintlik inmekaar steek. Opgegee. Skoon in trane!! Toe vat my Pa my hand, gee dit 'n drukkie en sê: "Meita'tjie, kom ons gaan huistoe!!" Jy het my nou vér terug laat onthou!!!

Anonymous said...

Kasie, ek gaan nie daai ding doen deur die stad nie!!!!!! As jy in SA kom kuier, dan kuier ons sommer hier op my erf met al die plasies want ek het 'n warm swembad, hopenlik vars plaaseiers en goeie musiek!! Nee gits, ek is banggat-verby!!!!

Anonymous said...

Vlakkies,dankie!!! Mieks,hoe was jou dag,en waar is Lollapop,Kasie,jy is in vir n'ding,hier kom groot sports☺☺☺....kry jou vliegkaartjie!!!Smarag,dink aan jou en die snoete met die gradering...kom veilig tuis...Kiets,vat n' lekker warm bad en n' stywe dop....die kieme sal vanself die pad vat....nou waar is die res van die familie...

Anonymous said...

Jewlsie....jy sal maar mooi moet praat met daardie ou Rooiveer van jou...wat is dit nou dat hy geen romanse in hom het...☺☺☺

groeni said...

lo da! eks moeg, gtties en whatever! di dnnerse skoolbus is toe sooooo vroeg, en niemand laat weti - sommer al weg toe ek da kom. ek wag, wag, ga vra, ga soek, fol snip! raak somme dblksm in. ga naskool, ori pad. da's snip darem... jaag, 5 min vir stort en aantrek, ons is al klaar 20min laat! dit vat soo lank. boete word opgetel en laat val en deur toe deure hoor ek my kind huil! fk di anner wat gradeer, ek snol uit... kk uit, raas, troos, en probeer fokus weer trug kry.. ai, ai... ek weet mos wat gbeur as ons ongelukkig is! elle gval.. als ga goed.. sensi se vra vir snip met wat het sy da gekom, moet sy bus haal? sy kyk hom aan met uitdrukking van 'wat de dinges praat jy nou van?" - gelukkig ni gese bloues nie :).. hy verduidelik toe mooier vi ha dat hy bedoel sy moet stadiger... ek si somme die trane op 'n afstand opwel in daai ogies en my hart krimp ineen. kry briefies en strepies en jaag huis toe, want da's nog steeds blksmse huiswerk! sjoe.... nou ga ons eet...kaffi pasteie!

groeni said...

boeta, nie boete

Anonymous said...

Smarag....lekker eet aan daar die keffi pasteie....dit proe seker nou soos koningskos...veral as mens so gvol is van al die rondhol...vat nou eers n' lekker warm stort...en help dan met die huiswerk...genade...kyk wat is die tyd...vrek en julle moet nog huiswerk doen...sterkte!!!!

Anonymous said...

Groenie, ek word al moeg as ek net jou storie léés, gooi maar 'n vino as alles agter die rug is. - Jewls, daars nie rede om bang te wees nie. Nou goed, die jol op jou erf, maar ons gaan tog seker wel iewers 'n toasted bacon & egg vang. Kan ook nie anners nie nou Rooiveer op strike is nie. - Robyntjie, ek doen my beste vir die vliegkaartjie!

Anonymous said...

Jewls ek het nie 'n neukenaar nie. Gelukkkig nie :-) touch wood... waar was ek? ek het gevry ;-)..... nee ek was bietjie siek. MAAR ek kon nie gaan lê nie. Tot ek toe nie meer kon nie, toe sê Dr Werner: "Nou luister jy vir my!" Ja met al die langnaweke was ek in my kooi.

Rooikoppie my dag was erg opwindend. Ek het vroeg ingegaan kantoor toe, bietjie kwotasies gedoen en so 2-uur na ons Gholfdag gegaan. Mens dit was lekker om weer so baie mense raak te gesels.So dag is maar regtig net die beste vir "networking".

groenie daai kaffi pasteie klink vir my te doe.

Anonymous said...

Ag tog... dit was ek.

Anonymous said...

95

Anonymous said...

96

Anonymous said...

97

Anonymous said...

99 red balloons

Anonymous said...

100!

groeni said...

100? ou nuus! we! eks eerste

groeni said...

psissies! lekka slaap, hoora, dit is netnou vrydag! lat ons drink!

Unknown said...

as jy so sê groenie... dassit reg so .. Vlaktes, ik loop oppi HiLux forum want die baas van daai plaas, Pieter Pretorius alias Pietpetoors isse pel van my ... en hy is eintlik 'n Datsun man, het lank Terrano gery. En daai Toy manne steun my in my Uitreiek en hulle partisiteer in die sendling op Seronga [Willie Booyse] se onnirsteening ( die arme man het 'n Aisiestog, en die bl(groenie se woord) se ding is nou al 8 maand etukkend .. het hom darrim al tot op Lobatse gekry, nou soek 'k 'n A-raam om hom daar vannanaf te sleep tot hier ini Silwirtin soolat VannerKolf hom kan heelmaak. Sy krenk skoo' deur die blok ge bl(groenie se woord) Sjym
Dankie vir jou storie van "skooltoe inni reen" Wassit nog met die bruin 48 Dodsj gewees? Of het jelle toe al die GMC gehad .. of nee wag, dis mos Piet Os van Deben waddie GMC gehad het, en Bontbul di eloodblou 58 Chev Apache, en Kolleitjies di egroen 57 Chev Apache en oom Kaffer Hayes van Ratelkraal het so bloedrooi Ford F100 gehad ... 'k din t was 'n 62 ... dar rond. Oja, Josef Brood het so 'n two tone 59 Chev Impala gery Bloe en wit. maar verdomp if ik nou kan ondou wanner laas dit gereent het...

Anonymous said...

vergeet van Rooiveer en Spikkels. Toor my eerder. Miskien lê ek iets.
My oë staan al soos 'n marsmannetjie op stokkies van al die rekenaarwerk. Moenie vir my sê julle slaap al nie.

Anonymous said...

Ann, ek het nou net gou wakker geword om vir jou te sê ons almal slaap al. Amper Vrydag!

Anonymous said...

abracadabara haal die stokkies uit ann se oë en skryf haar hele assignment vir haar

Anonymous said...

DIS VRYDAG!!!!!!!! Antjie, jy mag maar weer 'n eiertjie lê!! ;-))

Bospatrys said...

Wooohooo, dis VRYdag!!! ☺ En wat presies het Spikkels en Rooiveer nodig? Kan julle glo dis al einde Mei????? Die jaar vlieg heeltemal te vinnig... En oor 14 slapies bak ek weer 'n sjokolade koek met kersies op!! Ai, ek's bly dis naweek... ek gaan weer vir 'n slaggie huistoe!! Arme huis word bietjie afgeskeep die laaste tydjie, en as ek aan ma-goed probeer verduidelik ek voel sleg daaroor, sê sy net: "My kind, hoeveel keer het ek jou al gesê sorteer nou eers bietjie jou eie dinge uit, ons is okay!!" Dankie tog vir 'n ma-goed soos my ma-goed... ♥♥♥