Friday, May 30, 2008

Naweek geselsies vanaf 30 Mei


More more almal - so op die Vrydagoggend is dit tyd vir 'n nuwe kekkelplekkie.

35 comments:

Kietiekat said...

Ag wat 'n pragtige oggend! En ek is soooo trots - ek het vanmore 'n tannie geword. Klein Madelein is in lapkopland gebore - sterk en gesond teen so 3 kg. Wat 'n wonderlike wonderlike dag!

Anonymous said...

Toe toe, waars ammal. Kyk hoe skrop Rooiveer en Spikkels ennie anner hoeners al oppie werf op soek na kos. Spek en eiers, Kasie? Lat my dink aanie vark ennie hoenerhen wat op reis gaan. Kom hulle een môre lekker honger oppe klein dorpie. By die enigste kafee isse bord op wat bedye lattie spesiale dis virrie dag spek en eiers is. Seggie hoener virrie vark: Kom ons gaan in. Dalk kan ons 'n bydrae maak. Seggie vark: Jy kan maklik praat. Jy hoef net 'n bydrae te maak. Ek moet persoonlik betrokke raak.

Anonymous said...

Hoe bedye ou Brutus nou ☺. Nee Mac, dit was 'n groen '58 Dots. Maar teen daai tyd was ons dorpsmouterkar al die blou '67 Dots. Daai ene mittie groot ligte. Die groen Dots was toe allie plaasbakkie. Oom Frikkie het so 'n toe toun Chev Bêl êr gehad. So 'n blou en witte mit sukke vlerke hier agter. Dit was lekker om saam mit oom Frikkie te ry in daai Chev. Hy't so lekker gewieg oppie grondpad, lat man net wil aanie slaap raak. Maar jy kan okkie want elke kort-kort is dit stop om hek oop te maak.

Anonymous said...

Kolkietsie, geluk mittie tannieskap. Of issie kolle al weg?

Kietiekat said...

Dankie Vlakkies - dis amper so lekker as om ma te word. Ek is steeds, alhoewel minder 'n kolkatjie.

Anonymous said...

KRY DAAI HEN MITTIE KYKENS INNIE HOK EN BRINGIE SELOEN DAAR SITTE BLOUVALK OPPIE TELEFOONPAAL LAANSIE KOESDAAR-PAD!!! Nee, toemaar, moenie so aan julle se koffie stikkie. Dis so stil hier oppie plaas ek wou net kyk wie's wakker ☺. Ek en my span kom een môre oppe plekkie mittie naam Gaderu noordwes van Kajo Keji. Terwyl ons innie mark onner 'n mangoboom virrie mense sit en wag ommie gemeenskapkaart oefening te doen, skrop daar 'n hen mit vier kykens rond. Ek bekryp die klomp en neem 'n paar kiekies. Die ouens wat reeds daar was, lag te lekker virrie dom "kawaja" wattie hoener en kykens afneem. Toe ons laterie klomp bymekaar het en besig was mittie oefening, beginne hulle skielik te skrou en arms swaai. Toe ek kyk vlie hier diekant 'n valk innie lug op ennie hen mittie kykens skarrel benoud onnerie boom in. In daai wêreld is daar sukkel bryn valke wat jy ok hier in Hargeisa sien. Een van hulle het oppie kykens afgepeil. Maar voor hy een kon vang hettie klomp so 'n keel opgesit lattie arme valk seker groter geskrik het assie hen mittie kykens.

Anonymous said...

Geluk Kiets met die nuwe pienkvoet van die familie. Jippie ek is darem vir 'n slag vroeg by die huis. Ai dis heerlik. Was 'n wilde week vir my. Nou ja ek maak butternut sop en lekker groot murgbene daarby wat mens sommer so op 'n geroosterde broodjie smeer. Daar is niks bekommernisse oor cholestrol vanaand nie!

Anonymous said...

Waar kan ek daai kiekies gaan kyk, Vlakkies? Net onlangs sit ek op my patio en lees. Skielik vang my oog 'n beweging en besef ek dat dit 'n mrse groot rot is wat lynsny oor die grasperk! Joe, ek gril omtrent vir my en wonder waar my fantastiese twee katte nou is!! Nie eers 'n week later nie, kom spog my Tuindeskundige by my dat hy 'n slang vermorsel het wat langs die 'braai' in die son gelê het!! Gedurende daai selfde tyd is ons een miniatuur hamstertjie oorlede... Nou wonder ek: Wat is die moontlikheid dat Rooiveer en Spikkels wel 'produseer', maar dat 'iets' hulle daarvan weerhou om te broei? Lyk vir my alles op aarde is 'n boerin se vyand!!! ;-)) Ek moet tog net daarteen waak om persoonlik betrokke te raak!! Hie-hie! Dit was nou 'n lekker-lag vir my!!!

Anonymous said...

Tannie Kiets, baie geluk met die klein niggie, dat sy maar mooi groot mag word. - Vlakkies, lekker gelag oorrie varkie se wysheid. - Mieks, dankie tog die molesterol mag vandag. Dis Vrydag, patat friet met krokette!

Anonymous said...

Nee, Kasie!! Hoenderslaai met sonryp tamaties, fetakaassnippertjies, 'n titseltjie mosterdsous-ala-mayonaise, alles gegarneer met oestertjies en baba murgpampoenwieletjies!! En uieringe. En liefde!!! Jitte, mens lewe net eenkeer, wees dus goed vir jou hart!! Gaan jy luister as ek praat? Ek dink nie so nie, maar jy weet ook nie wat jy mis nie!! Kerslig, Nana M, 'n vuurtjie, goeie geselskap - nou verlang jy seker na jou verdwaalvriendinnetjie, né? Dis nice om jou so vroeg hier raak te loop op die plaas!!!!! Hoekom was jy so mrg gisteraand?

Anonymous said...

Vanaand was dit broodjies met lekker SA vrotkaas en SA Gouda en Namaqua rooies, afgeslyt mit lekker vrugteslaai - mango, papaja en piesang. Jeweeltjie, daai hoenerkiekies is nêrens te siene nie. Ek het so baie kiekies lat ek hulle nie ammal kan laai nie. Kasie, ek sien vandag in Maart se Weg vanne plek in Langstraat in Kaapstad, die Cafe Royale waar jy 'n mengsel van ertappelwiggies en soetpatat-tjips kan eet. Ek reken soetpetat-tjips issie selle as jou petat friet. Anna Petat, jy moet wyd verby Langstraat hou, anners sal jy ok persoonlik betrokke moet gat loop stane raak.

Anonymous said...

Vlaktekind ek onthou nou jy het ander dag gevra van Lucas Maree en waar hy nou woon. Hy is tans woonagtig in Bloem. Dit is so jammer jy kan nie SABC2 by jou sien nie... hy is vanaand op Sweepslag.

Anonymous said...

Hehehehe... Lucas sê dit is so lekker in Bloemwant van hier is hy sentraal van orals waarheen hy moet reis. Sy kinders is nou so groot dat hulle nou 'n musiekskool vanaf sy huis bedryf. Dalk moet ek dat Lolla eerder soentoe gaan :-)....

Anonymous said...

Wat nee Kasie? Ja Jeweeltjie! Klaar geëet daai patat friet ennie krokette, daai uieringe van jou sou ook welkom gewees het, lekker gedeepfry. So een keer innie paar weke mag ek van myselwers sondig. Dis die verdwaalvriendinnetjies wat sleg is vir my hart, sjoe hulle jaag die hormone op hol. Ek was mrg omdat 'n paar mense gedink het dis oulik om dwars te lê by die werk, en toe moes ek tot laat werk. Maar vandag is ek happy, dis Vrydag, dis warm en die son gaan vanaand tot 10 uur skyn. - Vlakkies, dis nie soetpatat-tjips nie, net kommin aartappel-tjips, twee keer gedeepfry. En dan gooi ek mayonaise daaroor en mosterd oor die krokette en dan raak Jeweeltjie moerig vir my. En dit maak my ook weer bly want ek besef die dierbare girl gee om, en dis ook só lanklaas dat ek deur 'n mooi vrou uitgekk is.

Anonymous said...

ag tog dit was ek..

Anonymous said...

LOL Kasie. Daar het jy dit nou Jewls :-)

Anonymous said...

Vlakkies en daar sluit hy toe af met Victoriabaai... spesiaal vir jou!

Anonymous said...

Uiteindelik het die son gesak en niemand kan sien hoe ek bloos nie... Kasie!!!!!! Jou terggees!! Liefkind se Pappa het my leer 'vrotkaas' eet. Blaukranz? Mens vat so 'n lekker groot stuk en baie vars room, pietersielie en 'n tikseltjie gemmer en knoffel. Dan blitz jy die spulletjie op tot 'n dikkerige slaaisous. Selfs oor steak of lamstjoppies is dit koningskos!! Ek het vandag vir Liefkind vroeg by die skool gaan haal omdat hulle intripreneursdag gehad het. In haar kontantvloeiblikkie het sy oor die R500 gehad! Toe gaan koop ek vir haar Ken Tuckey. Sulke vetterige hoenderstukke met kunsmatige brood en 'mash'sous! Ek sit met die ete en wonder hoekom ek dit alweer gedoen het, maar toe onthou ek van Kasie se verdwaalvriendinnetjie en weet hoekom ek met die ete op my skoot sit... Ek weet dissie goed vir my hart nie, maar ai, dis so LEKKKKEEEERRRR!!!!!

Anonymous said...

Nou ja terwyl ons nou in die kase is... dit is eintlik wat ek Dinsdag gedoen het, ek was by 'n kaasfabriek. Om die risiko korrek te onderskryf moes ek baie vrae gevra het... die fabriek se kaas gaan na 'n depot in JHB, 'n verspreidingsagentskap versprei dit van daar, en so eet julle almal kaas uit die Vrystaat en julle weet dit nie eens nie! Vir my proe die blok wat ek persent gekry het nou ekstra lekker wat ek was daar, ek het gesien hoe word dit gemaak en ek het nog 'n suksesvolle maatskappy onder my vlerk! Cheesy! Ag ek meen Cheers!

Anonymous said...

Mole almal, sit ek nou al lekker oppie stoep en luister vir die voëltjies wat sing en drink my eerste koffietjie. - Mieks, ons kasies behoort kenners te wees en laat ek dit vir jou sê, daars niks verkeerd met SA kaas nie, geniet dit en wees trots op jou besigheidsoorwinning. - Jewls, toe stem jy tog saam so laat oppie aand dat 'n bord molesterol so nou en dan lekker kan wees, seker as jy innie gesiggie vaskyk van 'n liefkind wat dit saam met jou geniet.

Anonymous said...

AI AI AI AI AI AI AI
AI EK WENS EK WAS NOU DAAR -
AI AI AI AI AI AI AI
OP MY KLIPTROON BY VICTORIABAAI
Dankie Miekie. Ek dink as ek nou weer by die hys kom moet ek Lucas en Kie gat loop soek. Sy nietste KS saam mit sy meisiekinners. Hulle laas gesien toe hulle nog vir Laerskool Rooihyskraal landloop gehol het.

Anonymous said...

O gits daar het 'n helikopter by Kroonstad geval met sepiesterre van 7de laan aanboord. Klink my darem nie iemand is dood nie, maar is in die hospitaal opgeneem.

Anonymous said...

.... klink ek nou soos Zinzy LOL!!!!

Anonymous said...

Mieks,ek verstik amper in my tjoppie toe hulle vannaand op die nuus praat van die 7de laan mense wat beseer is...dis mos so half familie...kyk mos elke dag my sepie...gelukkig klink dit darem nie te erg....ek het ook gisteraand vir ou Lukas so geniet...die Sweepslag is regtig n' oulike program...Kasie...en hoe was die res van jou dag..hoop jy het heerlik uitgerus...ek was vandag op straat...het myself bederf...koffie gedrink...my vergaap aan mense en hul dinge...en eers huis toe gekom toe die son sak in die weste....elke nou en dan vaar ek so in die shoppies in....loop my lam...koop nie regtig veel...maar geniet myself.....nou is dit weer tyd vir die veld...met sy wye vlaktes....

Anonymous said...

Nou wat gaan aan? Is julle nou almal Kroonstad toe om die helikopter te tjek?

Anonymous said...

huh uh Kasie :-) my sondag was so lekker vol surprises ek kon nie nog Kroonstad toe ook ry nie ;-)

Anonymous said...

Robyntjie dan maak ons sommer nou 'n afspraak! Laat die sweep klap :-) Jippie ek sien jou daar!

Anonymous said...

Genade,dis tjoepstil op die stoep,hoor net die krieke...Wagter snork te heerlik...waar's almal...wag laat ek kyk...dalk sit julle daar voor die kaggel...elkeen met n' heerlike ploffie...Groenie...gooi sommer vir my ook een,n' dubbel...ek het vandag op die heilige Sondag heerlik in my tuin gearbei...die satisfaksie wat ek daaruit kry is lekkerder as die lekkerste lekker...as jy so terugstaan en jou harde hande werk aanskou...daar is geen gelyke...Kasie,het jy bietjie fodies geneem,die Tulpe blom seker nou pragtig daar by jou,en jy geniet die warmer weer...of het jy weer gaan verdwaal?...wat ook al...solank jy dit net geniet,Mieks,ek sien die temperatuur daar by jou is ook maar aan die knyp kant...gooi op die verekomberse en maak vol die warmwatersakke,Jewlsie,het jy al lê meel vir die geveerdes gekry?...Makou,nou wat gaan aan...hiberneer jy...of is jy bloot net uitgeput van al die opwinding...jy is maar lekker skaars deesdae!!!!Vlakkies,jy het alweer n' volle dag se werk agter die rug...vorder die nuweling darem...nou wat se musiek sal ons vannaand luister...Wat van Valiant Swart se Jakaranda stad.....

Anonymous said...

Robyn glo vir my die verekombers is regtig vandag uitgepak... die donsvere van Clocolan. Kom winter, kom winter, dat ons twee met mekaar saam kan praat.... Rooikoppie ek brand om jou kiekies te sien van die wintertuin.

groeni said...

lo da! na lekker lui naweek ma ek gou bankgoete kla.. het gisteraand the golden compass gekyk. nou ek weti va julle ni, ma ek het horders emails en smse gekry oor die satanistiese agtergrond vanni fliek en dat mens dit moet boikot. kyk, assit so is, moet stories soos hendri potgieter en never ending story en star trek ens, nog voorit naby release is al verbrand geword het oppi stapel! ek dink as jy kk in iets soek, sal jy dit vind. hoeko mense altyd di slegste moet soek, ga my verstand te bowe.. my grot is omgekeert en als chaos,... gesels inni week verder...ta

Anonymous said...

Mieks,sodra alles aan die blom is, sal ek afneem, en op bakkiesboek sit...Groenie...ek stem saam...nie almal se oordeel en ervaring is dieselfde...ek steur my nooit aan die kritiek...Liewe Heksie is dan ook afgemaak as boos en satanisties....Lekker slapies maters....xxxxx

Anonymous said...

Robyntjie, jy's nog laat wakker na die harde werk innie tuin vandag. Die tulpe blom nie meer nie, klaar hulle g@tte gesien. Ek het nie verdwaal nie, was heeldag by die huis. Ek het so'n klein kameraatjie gekoop wat ek altyd kan saamneem en nou was ek die heel dag besig om te leer wat hierdie dingetjie alles kan doen en dis baie. Ook nog allie software innie blikbrein gedoen. Mens het deesdae 'n tegniese graad nodig om te verstaan hoe werk die goed. Nou gaan ek slaap, môre is weer 'n lang dag. Lekker slaap almal.

Anonymous said...

Ek was vanaand in gesprekforum oor die "mighty men conference",... ag sommer my eie stem oor die radio gehoor.... dankie tog vir my God wat profete oor my pad plaas.... dat ek my oë kan oopmaak oor iemand wat my pad gekruis het. Ek lig vanaand my hoed vir een en elkeen van julle wat sy lig uitstraal in my lewe.Ek verlang nou intens na Vlakkies en Bergbok. Daar is vir my niks so wonderbaar soos om 'n Christen te kan wees.

Unknown said...

eishhh miekers ... as 500km nie so ver was'ie hettink nou vii daai bekkie van jou, jem gebring. blikvol. Dis reg my kjent skrou dit vanni straathoeke, die dakke ja oral,Want i sjy stil bly sal die klippe vertel. Ammmmal mun nou gaat loop slaap. G'naait.

Anonymous said...

En as Uncle dan die jem bring dan bak ek skons ;-)