Friday, May 16, 2008

Uitspantyd


Hier is 'n spiksplinternuwe geselsdraad vir die naweek. Lekker kuier hierso, Maandag maak ons weer 'n nuwe kamertjie oop.

22 comments:

groeni said...

wow, ek's eerste... kiets, ga kyk op jou setup van tyd, kies harare, dan's tyd reg. :)jipppeeeee di naweeeeek... ko, lat ons sing.... ek't di vino, bring jul glase!

Anonymous said...

Dis reg so - die naweekblog begin dus stipelik ongeveer so plus-minus as die son sak op 'n Vrydagaand? ;-)) Gooi, Smarag, laat ons vrolik wees! Cheers net eers op Willie!! Ek het netnou gaan google om te sien hoeveel Jewls daar op die net is - ek het later opgegee om myself te soek! Ongelooflik!!!

Anonymous said...

Ai, dis nou halftyd en my Kolkatjies speel soooooo mooi!! Mis net vir Floors!! O.K., ek moet nie my kuikens tel voor hulle uitgebroei het nie, né? Wat maak julle almal op 'n Vrydagaand? Ek het omtrent al my hele telefoonlysie ge-sms, maar niemand steur hulle aan my nie! :-(( Ten minste sien ek uit na my braaivleis môre-aand, so ek moet nie té not-wanted voel nie!!! Tweede helfde - hier gaan ons!!!

Anonymous said...

Ag, rugby is 'n simpel game!!!!! ;-)) Geluk aan al julle Bulletjies. Mag dit 'n mrs verjaarsdagpersent vir Willie wees!!! Vlakkies, my spannetjie het nie vanaand die game weggegooi nie, hulle het end-uit geveg!! Skryf dus met 'n hoofletter as jy weer van hulle praat! Beste balbesit ens, ens, ens...

groeni said...

jewls!!! is dit nou suur druiwe?! nee ah! shame! bring jou glas, ek skink en dan sing jy saam....'die blou bul....'

groeni said...

molo mole, haal uit daai vole uit jul ole!!! my plaas se fondamente begint nou staan..groeniseplaas.blogspot - jul ka ma ga loer en kommment... sie di een e is mr toe..

Anonymous said...

Môre Smarag!! My soekknoppies wil niks uitspoeg nie. Kan jy nie 'n webadres laat nie? Ek sit toe heelaand en soek vir Robyn tussen die skare en al die tyd was hulle Barnyard toe!! ;-)) Hoe was dit, Rooikoppie? Nogal 'n Abba en Queen tribute!!! Dit moes fantasties gewees het!!

Anonymous said...

Mole mole....my hele lyfie vibreer nog van daardie musiek....Jewlsie,dit was lekkerder as lekker en mooier as mooi....die wat dit nog nie gesien het kan gerus plan maak...ek dink in elk geval volgende keer maak ons die blog bymekaarkom by Barnyard...ek sal uitkyk as daar weer iets die moeite werd is, julle laat weet,ek bespreek, en daar gaan ons!!!Smarag...moet ek slaai saambring vir vannaand,of wat anders? mooi dag vir elkeen van julle....xxxx

Anonymous said...

Nou hoop ek maar net die sleutels vannie nuwe plaashek pas. Ekt my g@t afgesukkel maar seker weer gedink dis moeiliker as wat dit is. Dankie Jewls dat jy weer tyd gevind het ommie dom hollander te wys hoe maak mens 'n hek oop.

Anonymous said...

Dit werk, dankie tog!

Anonymous said...

STOOOORRRRMMMMMEEERRRRSSSS!!!!! vir oulaas die jaar. Net een drietjie te min virrie halfeind. Volgene Saderag skrou ons ammal virrie Haaie. Môre-aand slaap ek in Addis en Maandagaand in my anner bed.

Anonymous said...

KAASKOP!! Jy het dit reggekry!! Ek het nogals belowe dat ek vanaand gaan praat, maar met 'n laptoppie en 3G moet mens meer bid as enig-iets anders... ;-)) My braaivleis was 'n fees!! Oe, ek het daai tjoppie tot teen die been afgeeët en toe nog my vingers afgesuig en my wang afgelek met my tong!! Dit alles gedoen sonder 'n tikkie skaamte oor ek uiteindelik weer braaivleis kon eet!!! DIT WAS LEKKERRRRRR!!! Liewe Vlakkies, toe wen die Stormers!! Baie geluk maar jammer dat hulle nie deurgedring het nie! Gisteraand het ek so gevoel: NET EEN, ASB!!!! Jou werk neem jou heen en weer. Mag die heen 'n weer word en mag jy altyd veilig wees, waar jy jou ookal bevind!! Lekker lappies-lallies en reis veilig!!!!!

groeni said...

ma jy lieg jewls! ons girls het so lekker oor koekies, tee en naaldwerk gesels, dat behalwe vir die vinnige show and tel van my plaas, het ons fol met blikbreine te doe gehad.....

groeni said...

wille ding, moet ons vi jou nog tishoes bring?n hoop jou snt siekte ra gou kla..

Anonymous said...

Môre Smarag!! Wil jy nou nie maar vir 'n slaggie van jou plaas afklim sodat ek ook daar kan inkom nie? ;-)) Ag, dit was soooo lekker om saam met julle meisiekinders te klets oor doilies en dingetjies!! Robyn en Katjie, word nou wakker - dis so 'n mooi dag daar buite! Makou, dink jy nie jy moet maar dokter toe vlieg vandag nie? Mens speel nie met jou gesondheid nie!!!!

Anonymous said...

Ek het dit!!! As mens .com agter groeniseplaas.blogspot intik, dan is die hekkie skielik oop... Waar's allie maaitjies vandag? Is almal té siek of moeg om saam met my te speel? ;-)) Proffie, ek maak vir ons koffie - met 'n koekie daarby hier op Lekkerkry! Welkom in ons midde!!

Anonymous said...

Op my plaas reen dit, seker goed vir die plante, ma nie vir my Sondag nie. Jewls, vanoggend so'n regte pommie ontbyt gemaak met toast, bacon, kaas en eiers, het my laat dink aan 'n regte Petoorsdorp kafee. Bly om te hoor die braai was lekker, laasweek het ek nog vir 'n paar kaassies gewys hoe braai mens hoender. Toe stem hulle, mens moet Afrikaner wees, of lank daar gebly het, om ordentlik te kan braai. Met hierdie weer gaan ek maar 'n dvd afspeel, het nog so'n ou een, Simon & Garfunkel, the Concert in Central Park. Tydloos, ek gaan dit geniet!

groeni said...

da's nog n tert, nee man, nie daaai soort ni, 'n gebakte ene, wi wil he. eks somme al kla gtvol virri koue en dis nogi koud ni...wi wil di grot ko aant gang hou da foff ek noord na wa di warm is?

Anonymous said...

Kasie, vanoggend staan ek so met 'n ronde hoendertjie in my hande en wonder of ek hom 'n plattetjie moet maak. Uiteindelik is hy oond toe want dit het nie gelyk asof die weer gaan hou vir 'n braaidjie nie... Jy laat my so trots voel om 'n Suid-Afrikaner te wees!! Smarag, drink 'n vino'tjie, sit voor die kaggel, maak daai ogies toe en droom 'n bietjie. Jy sal gou-gou warm voel!! Jy moenie Noorde toe nk nie, ek sal jou té veel mis!!!

Anonymous said...

Hoekom is daar vanaand so 'n mistigheid rondom die byna-volmaan? Gaan dit sleg met iemand vir wie ek lief is? Ai, bekommer ek nou sonder om regtig te weet - bygelowe... Uncle Mac, kom skiet die spoke met ketties wat my nou skielik bangmaak!!! Vir my lê 4 lang aande voor want Chico is weer mens en hy sien ook die man op die maan, nes ek!!! ;-))

Anonymous said...

Hallo...ja,julle het net gedink julle gaan sonder my kuier vannaand,wel ek het vandag werk probeer inhaal...maar voor dit het ek darem eers ontspan...Jewlsie ...vir wat giggel jy en Smarag...genade!!!! ek bedoel ek het heerlik buite in die sonnetjie gewerskaf en die allermooiste blommetjies geplant....moet bietjie kleur bring vir die nare winter...Smarag,ek is nou so lus vir daardie tertjie...mmmm Kaaskop....jipeee ,jy het dit gemaak...ek is ook mal oor daardie DVD...en ook die een van Sher....geniet jou Sondag...maar lekker warm sop en kruip so onder die duvet in...en wees net sleg...want môre is weer die begin van n' nuwe mal week....Makou!!!!!wat het van jou geword....het die siekte jou nog steeds beet?nee,jongie...jy sal moet plan maak...verander jou verpleegster:-))))Kiets,hoop jy het n'rustige nagrus gehad...Wonder hoe was Patrysie se naweek.....Spikkels....is al die vere nog netjies op hul plek, geen spikkeltjie uit sy plek....

Anonymous said...

Die Drie Susters: Smarag, Robyn en Skitter Diamand!!! Sies, Makou, dis alles jou skuld!!!! Klitsgrassie, jou geheim is uit - vertel ons hoe was die ontmoeting met die skonies? Almal wou soooo graag weet en ek wou soooo graag die goeie nuus gee... Jy moet net weet dat ons almal vir jou omgee, maar dat Vlakkies die laaste sê het - wat anders dan? Katjie, watse edelsteen verteenwoordig jy? Koraal? Perlemoen? Iets aards, dis wat jy vir my is!! Gelukkig steur jy jou nie aan die Greenpatches op Facebook nie!!!!!