Friday, May 16, 2008

Vrydag geselsies

Die haan het gekraai en dis 'n splinternuwe dag en 'n splinternuwe geselsplekkie. Gesels asb hier verder dan word die paadjie na die opstal nie so lank nie.

18 comments:

Kietiekat said...

Ek wil net noem dat ek graag die skitterster trofee deel met Groenie, oops, Smarag, want ons het dieselfde idee gehad, ek was haar net so 5 sekondes voor.

Anonymous said...

Môre Katjie!! Hierdie plaas raak darem spoggerig - nes ou Rooiveer!! Ek het gisteraand Stevie se spoegblok gaan lees en omtrent gelê soos ek lag vir die mense se insette. Toe ek weer sien was dit al twee-uur vanoggend! Nee wat, daai klomp bakleiers is nie my idee van om 'n goeie tyd te hê nie!! Dis net verstommend dat Afrikaners mekaar so sleg kan sê! Amper verstik ek weer in my teetjies!! ;-))

Kietiekat said...

Ja nee ons ou volkie was nog altyd een vir tweespalt en bakleiery en nie vir saamstaan en saamwerk nie. Kan net dink waar ons sou gewees het as ons soos die Jode kon saamstaan. Die ou oompie hier by ons is mos joods en die klomp is nou regtig iets om te beleef. Moenie dink om iemand anders te ondersteun as sy vriend in die Schule se neef se kleinseun nie dalk 'n besigheid het nie. Het my maa jare geneem om "inroads" hier vir die Afrikaners te maak.

Anonymous said...

Môre al my maters,Jewlsie,jy praat,ek kry skoon skaam,ek het een keer op Jakaranda 94.7 se blog ingegaan....en die bakleiery en stryery is skoon banaal...so bly ons het nie die tipe strooi....mooi dag vir elkeen...xxx

Kietiekat said...

Dink nou aan wat Ann oor die Weg forum gesels het. Gepraat van Anna patat - waar's sy. Sy was nog nie op die nuwe plaas nie, of hoe?

Kietiekat said...

O ja, moenie "Cock" google op Google imaghes nie..... heel onskuldig het ekke nou nie mooi gedink toe ek ou Kekkelbek hier langsaan gaan soek het nie.

Anonymous said...

Lag te lekker vir jou, Katjie!!! Ek kan my dit voorstel... RobynRooikopLinda'tjie, ek was nog nie op Jakaranda s'n nie, maar ek sal beslis gaan loer as ek nou een aand weer bietjie tjankerig voel. Ek het my simpel gelag gistraand oor die commin sêgoed en name van die mense!! Antjie, daar by Stevie se blog is daar ook so 'n paar k@ksoekers wat heeltyd sy aanhangers opklits en dan verloor hulle dit bietjie... Is jy nog by Wegforum? En het jy al jou wimpers uitprobeer? Kostelik!!

Anonymous said...

Liewer laat as nooit: "Veels geluk, Liewe Willie, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar!!" Rooikop, maak hierdie dag onvergeetlik vir hom, hoor? Vyf soene vir jou, Willie!!!

Kietiekat said...

Veels geluk Willie van almal in die katgesin. Mag daai Rooikop en die twee seunas en di blinknuwe skoondogter en die twee kietse net vreugde bring.

Anonymous said...

Rooikappie, gee vir Willie 'n lekker drukkie van ons af ok.

Kietiekat said...

Hoe gaanit met Vroulief en die werkies saam?

Anonymous said...

My wêreld, Vlakkies, ek het juis vanoggend aan jou gesit en dink en gewonder of jy alweer terug is in Verland!! Hoe het dit toe gegaan met Vroulief se belangrike toets gister? En hoe gaan dit met jou? Al jou sakies uitgesorteer hierdie kant?

Bospatrys said...

Goeiemiddag!!!! Ai jai jai... staan ek nou-nou ewe vredig 'n lemoentjie en skil in die kombuisie by ons kantoor... dink aan ander goeters, rustig, vredig op my eie met my eie rein gedagtes... En die volgende oomblik weerklink 'n banale gepraat in die gange af dat hoor en sien vergaan, mens sou dink die hemel val!! En ek dag toe maar dis mooi so, laat die hemel nou val dan's ek ten minste vir 'n wyle gered van die grootste spul "moangatte" (verskoon die taal) wat in een kantoor bymekaar is! Pyne sê ek julle, pyne, dierbaar as hulle wil en die dag lus is, maar steeds pyne, en nie altyd lus nie... Ek't my oor doof gehou en my oog blind... nou sit ek en besin oor wat ek alles het om voor dankbaar te wees, een daarvan hierdie plasie... ;-)

Kietiekat said...

Loop nou na middagete hie rin by die kantoor en raai wie sem in ons fonteintjie voor die kantoor? Meneer kolgans! Heerlik ongestoord, niemand pla hom nie.

Bospatrys said...

Sjoe, hierdie laaste halfuur is besig om baie stadig verby te gaan... Buite in die strate van Pretoria loop 'n ene Gentleman rond en wag vir my om klaar te kantoor!! :-( Ek wil nou huis toe gaan!!

Bospatrys said...

Dis Vrydag!!! Julle maters moet 'n hmmm-lekker-naweek hê! Wees versigtig, wees spontaan, wees net! Mwah! xxxxx

Anonymous said...

Is die 'wees versigtig'-prekie nou weer vir my, Patrysie? ;-)) Ag, ek het vandag so 'n groot teleurstelling beleef!! Ek kon vanaand saam met my geliefde Vlakkies en Vroulief en Kammie gesit en rooiwyn proe het, maar nee, party mense moes toe eers voorraad tel by teater!! Amper het ek vir Vlakkies ontmoet voor een van julle ander, hie-hie! Dit sou dam vir my groot lekkerkry gegee het!! Kasie, wat het van jou geword, hmmm? Ek mis jou nou erg baie!! Robyntjie het ook nie weer ingeloer nie. Siestog, sy het seker haar hande vol met Willie se verjaarsdag, maar ek het so 'n spesmaas daai tweetjies is vanaand op Loftus!! Ek hoop my Kolkatjies wen!! Makou, gaan jy die naweek stokswaai of potjie maak? Jy moet nie weer vir Robyn deurmekaar maak nie, né? ;-)) SmaragGroenie, is jy al afgekoel na die netbal van gister? Ai, dis altyd so sleg vir die kleintjies om te verloor. Ek kon sien dat Snoet se gesiggie bietjie gehang het. Foeitog!! Dan het ek ook besluit om self my 'paving' te lê onder die vier afdakke want Albert het toe nooit weer teruggekom nie en vir so-iets sien ek nie weer kans nie. Het vandag by 'n vrou gehoor hoe mens dit doen en nou gaan ek en my tuindeskundige kundig raak met bakstene. Ek sien nogal uit daarna!! Uncle Mac, jy moet kom saampraat! Hierdie plaas is baie makliker as Dana s'n en ek is besig om te kyk presies hoe lank ek kan klets tot die blokkie opraak!! Onthou jy nog die 100 meter blogs wat ons in die ou dae opgestel het? ;-)) Ondier is ook heeltemal te stil na my sin! Antwoord nie eers my e-mails nie. Is dit iets wat ek gesê het? ;-)) Soms praat of lag ek mos voor ek dink!! Antjie, gaan jy nou vertel van die oogwimpers? Jy was weer lekker stout daar op Kampkoors se blog - is maar goed ek kan nie meer daar skryf nie!! Hoor jy, Makou? Ek is nie Duifie nie!!!! Maar ek hou baie van haar woordjies! ;-)) Katjie, 10 soene vir jou vir die mooi organisasie op hierdie plaas!! Ek was vanoggend dam baie chuffed toe ek vir Rooiveer so sien pronk. My hoenderhaan is heeltemal rooi en het veerpootjies. Op Kasie se Facebook is 'n presiese foto van hom! Het ek nou julle ore van julle koppe af gesels? Geniet die rugby, Maaitjies en as die Bulle wen... ai, dan sal ek seker maar moet bly wees vir Willie se part!!

groeni said...

jewls, skuif op jong! ga sit da oppi wawiel!