Wednesday, May 21, 2008

Woensdag kletsies


More almal. Lekker kuier vandag.

30 comments:

Bospatrys said...

Ek verstaan nie lekker nie... hoe kan ek praat maar niks sê nie gelykertyd? ;-) Hè Jewlsie? My dag-tot-dag weeklikse doen en late bestaan tans uit werk, huiswerk, studies, eet, slaap, werk, huiswerk, studies, eet, slaap... tot die naweke aanbreek!! Goed goed, ek dink ek weet wat jy eintlik wil hoor: my hartjie klop nou èèrs tjoklikts, die beste die lekkerste die soetste wat jy kry... ♪ ♫ ♪ ♫ ♪ ♪ ♪

Bospatrys said...

♥♥♥...hiehiehie, kyk wat het ek uitgefigure...dis 'n baie oulike bloggie diè...☺

Anonymous said...

Hallo...Hallo....Ai,die lewe is mooi, as jy daarvoor sorg....die son skyn...die voeltjies sing...en dis net een, mooier as mooi herfsdag....Patrysie verduidelik hoe en waar kry jy die oulike goetertjies...dit lyk maklike as steke probeer uit werk....Kasie,jy leef darem nog...en Makou...Jewlsie!!!!!...Smarag...watter steek leer ons vandag?....mooi en sonnige dag vir elkeen,mag jou drome waar word,mag jy vrede vind....wees lief vir mekaar...xxxx

Anonymous said...

Kiets,jammer vir my ongevoeligheid...nie so bedoel...jou skapies is pragtig en dankie vir elke dag se mooi nuwe blaadjie...iets om na uit te sien....mooi dag vir jou en Zouga....en die klein kietertjies....

Bospatrys said...

Vertel van die stekery en ek vertel van die oulike goeterjies... ☺

Kietiekat said...

Rooikappetjie, ek weet nou nie waar jy jouself as ongevoelig beskou het nie, maar ekke het nie, so ontspan. Het 'n mamoet hier in die kantoor, so toedels vir eers!

Anonymous said...

Patrysie,ek het al gister gesê...jy het net nie weer opgelet in die klas....ek willlll oooook goetertjiesssss hêêê.....vertel!!!!!

Bospatrys said...

en sy stamp haar voetjies en bal haar vuisies terwyl haar ruggie krom trek en haar ogies toegaan... ek's nie slim nie, ek't per ongeluk daarop afgekom:

☺ = alt+1
♥ = alt+3
☻ = alt+2
♪ = alt+13
♫ = alt+14
♂ = alt+11
♀ = alt+12

Julle almal moet 'n hmmm-dag verder hê!!! ♥♥♥

Anonymous said...

Dankieeeeeee Patrysieeeee....jy's my heldin...xxxxxx

Anonymous said...

Dis nou oulik Patrysie! Kan lekker daarmee speel. Kom ek probeer:
As jy dit ☻ is, en so ♂ voel, en baie van hierdie ♀ het, sonner ♥, dan kan jy president van SA word.

Anonymous said...

Kiets, jou skapies is pragtig. Wat gaan maak ons met hulle, truie of tjoppies?

Makou said...

Hi julle! Lekker stil hier op die plaas nê! Is almal skaars as gevolg vannie koue? Mis julle almal terribly, maar lewe is net skielik deurmekaar gegooi. Te veel vergaderings skielik, groot marakas by die werk en nou word Makoutjie weer nader gesleep.

groeni said...

hi da almal. my pc is gefk! gisteraand net gevrek....toe vino ons ma...sweerlik vanoggend nog onner invloed gewees, dit was mrse rowwe dag... dink ek ga nou begin babileer....elle geval, swartboeki ingegee in midrand, hopelik sal hul vi my ka regmaak, ma niks voor ma ni, vlg hulle.. so, ek ga baie stil wees to da.. hou duime vas seblief. ek ga tata se, en iets soek vir hoofpyn, naargeite en so aan.....

Anonymous said...

♪ ♫ ♫ ♪ ♫ ♫ ♪ ♫ ♫ Hie-hie! Dis my stadige 1, 2, 3-ritme!! Die wals van die lewe!! Ek was sommer nog 'n snotkind toe my Pa vir my leer wals het en ek my neusie teen sy Christa Illiaca gestamp het - heupbeen!! En heeltyd was sy gerusstellende stem daar: 1, 2, 3, 1... Wag, ek onthou nou té ver terug. Skoon 'terribly' carried away!! Makou, jy laat my giggel - jou taalmoordenaar!!!! In ons huis kos dit geld as jy jou afrikaans en engels meng... Wees dus gewaarsku!!! Liefkind vat nie nonsens nie!!!!

Anonymous said...

Robyn, ek het weer heeldag deurgesteek sonder om iets positiefs huistoe te bring!! Net werk, werk, werk!! Dieselfde ou patroontjie dag na dag!! Patrysie, dreig jy met sanksies? Oe-la-laaa!! Sorg dat jy volgende keer saamkuier en dan sal jy weet waaroor my bekkie dié keer oopgehang het!! ;-)) Kasie, ons meisies in SA is eintlik verstommend en dit kan jy opneem soos jy wil, maar doen dit met groot liefde, né? Smarag, jy gaan lekker eensaam wees sonder jou rooflesery!!! Laat dit jou straf wees vir al die kere toe jy jou sê kon sê, maar stilgebly het!! ;-))) Ek's mal oor hierdie plaas, dankie, Katjie!!! Die merino's kort 'n skaapskêr en laat ons ste.. ek bedoel, brei!!!!! Antjie, is jy nou Tieroog of Katvis of Blondebom? Wat van skaapkop vanaand? Jammie!!!!!

Anonymous said...

Nee kyk, nou hettie Ingelse ons vonk amper heeltemal gesteel. Anna Petat, wou nog gistraand vra: As jy nie van tong hou nie, eet jy hoenereiers? Iemand vra annerag wanner 'n storie van ou Mac. Siende lat hy nie mit ons wil kom sta geselsie, sal ek maar hierie ene vertel wat ek vandag gehoor het. Die Skotsman land so ses jaar trug hier aan. Gat loop laai hulle hom innie veld af, maak hom baas vanne mynveld mit so 200 Somali mynoprymers as enigste geselskap. Dissie Skotsman se eerste keer in Afrika en hy kan niks anners as Skots praatie. Al vermaak wat hy het isse beeldradio enne DVS speler. Ennie DVS'e van Band of Brothers. So sit hy elke aand bitter eensaam innie veld en kyk Band of Brothers. Maar sodra hy die kykmasien aansit, kom daar twee vannie oudste Somali's, sê ewe beleefd naand op hulle se beste Ingels en gat loop sit hier eenkant. Totlat hy die kykmasien afsit wannerie Listertjie moet af. Da' seg hulle weer beleefd nag en loop. Ok so by so omtrint al Ingels wattie twee ken. So beginne die Skotsman ennie drywer, Abdi Issa, wat nou nog vir ons werk vrinne raak. En Abdi Issa se Ingels issie te vrottie. Vra die Skotsman hom later offie twee oumanne baie vannie Band of Brothers hou. Nee, bedye Abdi Issa virrie Skotsman. Hulle verstaan g'n snars daarvan nie. Maar hulle het toe nou so geloop sta' reken. Dis nou die Skotsman se eerste keer in Afrika en hy moet seker baie eensaam wees. So hulle sal hom nou maar saans kom geselskap hou.

Anonymous said...

Jeweeltjie, nou wat virre ding isse merino? Bedoel jy nou die skaapgoed hier bo? Ek dog dis mowwe.

Anonymous said...

VLAKKIES!!!!! Jou Skitter-stêr!!! Ek skrik my asem weg toe ek jou naam sien want jy is mos in Kleinland en sukkel met opvangs!!! Wat 'n wonderlike verrassing!!! Mmmmmm. Kyk, Vlakkies, as 'n skaap baie wol het en hy 'meeee', dan is dit merino's. Van beter weet ek nie!! Is mowwe dieselfde as moffies? ;-)) Antjie, wat sê jy?

Anonymous said...

Nee, Jeweeltjie, 'n mof isse skaap. Dis nou voorlat onse mense oppie Vlaktes geweet het van mans wat vir mekaar liefling sê (amper sê ek sing). En voorlat mofboere grênd geloop sta' raak het en gebeye het lat hulle se skape eintlik merino's is. Toe't ons daai wit skape mittie wol mowwe of mofskape genoem. Die boere hettie hele Namakwaland vol mit hulle geboer. Het ek al gevertel hoelat 'n Namakwalanner "mofskaapram" spelle? So: mê-ô-fê-skê-twê-a-pê-rê-a-mê

Anonymous said...

: )))) ja Vlakkies, niks wat uit 'n dier se bek kom nie net sy foefenjol. Lekker slaap almal vannag brand ek die middernag olie. Sekuriteits wetgewing, finansiele wetgewing, regulasies en etiek. Nammies. Gooi so paar hofsake by wat ge-intrepeteer en gedebateer moet word. Hemels!! Soet drome vir almal hier in Afrika en oor die water. Nog net 29 slapies dan hoor ek die leeus brul. XXX

Kietiekat said...

Hi Ann, ek brand maar saam met jou, maar gaan nou slapies. Rug en skouers seer gewerk, mamoet so plus minus getem, moreoggend wikkel met die laaste dinge. Hoop die mannekies slapies ok vanaand - Leontjie voel nie lekker nie. Nag maters, lekker doeks. O ja, en 'n skaaptjoppie sal lekker smaak dankie, ekke bry nie.

Anonymous said...

Hoop jou nag was rustig kiets. Ek't handoek ingegooi en in die bed geduik. Hoeveel is Saterdag se Lotto?

Anonymous said...

Vlakkies, is dit 'n ware storie van die Somali's wat die Skot so 'geselskap' gehou het? Dierbaar!!! Antjie, ek dog heeltyd jy maak take namens jou seun, maar nou besef ek jy swot!! Gits, Vriendin, baie sterkte met die studies!!! Wil jy nou 'n skelm prokureur word? ;-)) Kasie, jy's lekker snaaks, né!!!!

Bospatrys said...

Oi, alle prokurowers is nie skelm nie!! Kyk maar na ons!! Maar ek dink Anna-patat swot iets in die rigting van rekenkunde?

Anonymous said...

Patrysie, dit wil ek ook graag weet want dit mag dalk net my opinie van haar verander of versterk!!! ;-)) ♥xxx♥

Anonymous said...

WOW ek het 'n seun! Jippie. wanneer kan ek hom ontmoet? Sê eers hoe lyk sy pa. Miskien moet ek die getuienisbeskermingskema join ;-P

groeni said...

ann, ga kyk volgenne dag jong! hi da vriendin!

Anonymous said...

ek antwoord eers hier. net in case Jewls vergeet het.... :D

Anonymous said...

...en ek antwoord ook maar hier sodat Antjie en niemand anders my verleentheid raaklees nie... Sien, nou's daar 'n Droomman en 'n Droomseun in my lewe! Oe la laaaa!!! Dit gaan dus BAIE goed met my!! ;-))) Antjie, moet ek jou nou weer bel of e-mail voordat jy my gaan antwoord? Hie-hie!!

Anonymous said...

jewlsie jy laat my altyd glimlag, partykeer sommer hardop lag.
Wat wassie vraag nou weer? tik stadig ek's blond.