Friday, September 12, 2008

Lekker week vir almal!


Hoop julle het almal 'n lekker week en naweek - Mieks sou nou gevra het dat ek vir haar 'n skulpie moet optel, en Jeweeltjie, ek sal vir jou 'n klippie in die see gooi.

103 comments:

Anonymous said...

Jippieeee!! Ek's eerste!!! Ag, Katjie, gooi sommer twee klippies in die see van my af, geniet die volmaan en die getye, eet kreef en oesters en ontspan net heerlik met die mense vir wie jy so lief is!! As Spikkels nou nie Swaziland toe gevoeter het nie, kon ons twee seker vir julle gebaby-sit het... ;-))

Anonymous said...

Kaasie, hoe gaan dit met Bernice?

Anonymous said...

Kiewiet, het jy noot-vi-noot geniet? Sommer 'n hele vyf in 'n ry!!

Anonymous said...

Sjoe, ek voel vanaand skoon uit plek uit!! Daar gaan dan amper niks hier aan nie!!
Dankie vir al die belangstelling en aanmoediging met my kursus!! Dis amazing, verstommend, ongelooflik!!!
Maar dis intens en uitputtend.
Ek raak ook net meer opgewonde oor die moontlikhede van heel-wees, en dis vir almal moontlik, op 'n baie eenvoudige manier waarop die getraumatiseerde persoon volledig in beheer is van wat gebeur.
Nog net more, dan moet ek induik en die ding begin doen!

Verstaan ek reg...? Kieter gaan jy dan see toe? Hoe beny ek jou! Geniet elke oomblik..
Lekker naweek almal, hoop nie hierdie huidige winter maak nie mense siek nie. Rus tog lekker uit.

Anonymous said...

Vlam, wil jy nou staan en te kenne gee dat ek amper niks is nie? ;-))

Anonymous said...

Jewlsie man!! Jy koggel mos nou 'n moë brein... Jy's amper bo my vermoë... En jy weet PRESIES wat ek bedoel het. Sies vir jou!!

Anonymous said...

Hie-hie!! Het jou, Vriendin!!! Dis moontlik vir almal om heel te wees... Ek wil beslis baie meer hoor! Jy doen die kursus en ek betaal vir ontbyt - hoe's daai? Nou's ek skoon opgewonde-verby!!!

Anonymous said...

...en ek is ontbyt. Nou's ek sommer bang verby!!!!

Anonymous said...

Jewls, jy kan met reg opgewonde wees... Wat ek reeds gesien en beleef het is net ongelooflik.. dis binne die vermoë van almal om heeltemal heel te wees.
Smousie, glad nie nodig om so bang te wees nie, wat-ook-al die pyn, mens handel dit af, dat dit KLAAR is, al wat oorbly is die litteken daarvan, geen pyn meer nie, geen lading, geen verlammende oorblyfsels nie!!
Al wat ek kan sê is; dis ongelooflik, maar baie moontlik!!

Mooi dag, en nou moet ek draf!!

Anonymous said...

Nou wonder ek of 'n kolkatjie vandag in 'n vistenk gaan staan en versuip raak...

Anonymous said...

Smousie, kom hier!! Ek's hongerrrrrr!!! ;-))

Anonymous said...

Mirrelkind, ken jy daai mwha, mwha storie van die Franse? 'n Soentjie oppie een wang en nog 'n soentjie op die ander wang? Jou Sharkies het goed gespeel, hoor? Baie geluk!!!! Selfs ou Kabamba kon niks regkry teen julle nie!! Nou gaan ek my wonde lek... Mooi aand vir julle almal!! :-((

Anonymous said...

PROOOOOOVIIIIINCE!!!! En toe swemmie kolkatte inne katus vas innie vistenk.

Anonymous said...

Oeps, kaktus

Anonymous said...

Ag Vlakkies 'n tus isse tus, of hy nou 'n ka-tus is of ka*-tus is, hy bly 'n tus.

Anonymous said...

Smous, dankie lat jy altyd so begrypend is. Maar ek weetie wat virre ding 'n tus issie. Jy issie woordman so jy moet mar vir ons bedye wat lat daai ding nou eintlik is - 'n tus meen ek nou.

Anonymous said...

Ek word amper woordloos gelaat. 'n Tus is daai vlesige woestynplante mettie dorings. Nou watter voorvoegsel jy voor die tus voeg, hang af van jou ervaring mettie dorings.

Anonymous said...

My Vlaktekind is te oulik!! Ek kan nie meer wag dat hy by die huis is nie.... Wow, ek kan vandag begin slapies tel!! Met die taaie kursus het ek bietjie tred verloo met die tyd.
Smousie, jy speel toe tog te lekker saam, dit is kostelik!!

My kursus is klaar, ek is nog lekker moeg, maar sien vanoggend al weer kans vir stryk!! Dit sê mos eintlik alles. Lekker dag, dis effens koelerig na my smaak, maar darem

Anonymous said...

Hoe verleë voel ek nou lat ekkie woordman sonner woorde laat. Mar dankie lat jy hom so mooi gebedye het. So 'n tus isse nghaap (ou Mac sal seker weet hoelat jy daai ding in Nama spelle). Hy werk mos so lat hy heel eetbaar is. Maar as jy nou een van daai doringrage vingers van hom afsny en jy beginne hom afskil da' raak hy mos heel glibberag - snotglad nes 'n geelvis inne grondam. En da' gly hy petykeer yt jou hanne yt so mittie skilslag. En da' probeer jy vang en da' vang jy hom jys so lattie kant wat nog dorings het, net mooi hier innie sagtevleise van jou hand land. Dis da' wat jy hom gooi lat hy daar trek en vir hom sê: Loop lê daar jou stront stuk ngaab.

Anonymous said...

Hê hê dis daarie tyd dat jy hom hu k*ktus roep.

Anonymous said...

Ghaap en marama

Ghaap-blomglorie
Die bolplantinset in die Kalahari se gehele ekospel is 'n mengelmoes van verrykende sensasies wat oorlewing spesiaal maak, vertel dr Pieter van der Walt van die Stigting vir Vredesparke in sy 116de bydrae tot die reeks.

Die sandlewe vir mens, plant en dier in die Kalahari skep veral karakter omdat die aard daarvan eise stel. Aanpassings weg van die gewone. Die Kgalagadi of Makgalagadi was van vroegtyd deel van die geheel, 'n veldkosspens waarvan die grootheid ook vir hulle te klein geraak het.

Die spensrakke se aanbod is vernaamlik reëngedrewe. Dit verseker 'n op-af lewenskuns tussen nat en dor tye. Van oorvloed tot karig moet jy weet hóé want hierdie daagland skuld niemand niks nie.

Vele treffer-eetkos en te drinke is al hier omskryf. Nog 'n paar fratse se aard sal egter die Kalahari-aanbod beter afrond. Eet is hier nie maar net om liggaamseise te sus nie. Dis 'n sosiale lekkerte waarvan die smaak en geur emosies kan stil of stook van hongerte tot brassery.

Ghaap
Om balans aan hierdie sirkelgang te gee, het die sukkulentarme Kalahari tot 'n antwoord voor. Dit vind nou wêreldwyd in pilvorm weerklank. Natuurbewaarders is de duiwel in omdat 'n skaars plantbate nou soos renosterhoring in die veld uitgesnuffel word. Tog is daar dankbaarheid vir 'n belowende simbiose waar die ghaappil horingsoek eintlik toenemend onderdruk.

Daar is so 20 ghaapsoorte (Hoodia – Asclepiadaceae, stapeliads of aasblomme) in die amper woestyngebiede van Angola, Botswana, Namibië en Suid-Afrika te vinde. Koddige, blaarlose sukkulente wat dadelik jou oog vang. Vele dikvlesige vingerstamme van so rondom 'n halwe meter hoog staan en met erge doringriwwe beklee is. 'n Verskrikking vir enige beweier om sy sappige komkommerbinneste by te kom.

Die Khoi-afgeleide ghaap, !khobab (= veldkos) het met tyd vele vorme aangeneem – ngaap, gaap, ghap of guaap. Eintlik maar 'n versamelnaam vir vele veldkossoorte. Veral na talle genusse met eetbare, vlesige stamme soos Trichocaulon, Caralluma, Stapelia, Decabelone en Pectinaria. Plante wat van vroegtyd 'n basis vir oorlewing in dorslande bied.

Trichocaulon-soorte was vir lank as eg ghaap geroep, met hoodias as bobbejaanghaap. Die egte een is korter en meer gerond met doringlose lote en kleiner blomme. Dit lyk ook sommer meer eetbaar. Tans word albei as hoodias gereken wat as rou kos benut kan word. Dit smaak soos drop en is veral by pyprokers gewild om die rooksmaak te veraangenaam. Veral na reën is die dan geswolle ghaapswingels as noodkos en vogbron gewild. Ironies stook dit die lus daarvoor terwyl dit dan ook terselfdertyd demp. Tydens droogtes is dit raadsaam om die lote in water te dompel voor die eet daarvan.

Maramaboontjie
Saam met die ghaap, tsamma en !nara maak die marama-, elands- of braaiboontjie, sandveldneut, tamani, marama of N'Gham Tylosema esculenta (Caesalpiniaceae of cassia familie) grootkosse van die Kalahari uit. Welluidende name vir 'n grondbekruiper wie se neutpotensiaal 'n onontginde natuuraanbod vir die mensemassa is.

'n Trotse lid van ons inheemse veldneutaanbod saam met bekendes soos manketti Schinziophyton rautanenii, marula Sclerocarya birrea, en die kremetart Adansonia digitata. Elk se eeue oue proteïenaanbod (ongeveer 36%) het baie aan die lewe help hou. Neute wat hulle in dieselfde gestoelte plaas as die bekende sojaboon Glycine max (38%) van Oosterse oorsprong. Die marama lewer 'n mooie goudgeel olie, twee maal soveel as soja en helfte minder as die bekende grondboon Arachis hypogaea. Die olies bevat heelwat kalsium, magnesium, fosfor en kalium.

Marama het kenmerkende haarlose, stewig tweelobbige, kameelspoorvormige blare. Sy takrankers van tot 3 m lank spruit vanuit 'n allemintige veselagtige wortelknol wat tot 250 kg kan weeg. Die knol, met 'n rooibruin bas, vernou na die grondvlak tot 'n lang nek vanwaar die jaarlikse takke hul loop vat. 'n Tot mensgrootte ware spens vir dorveldoorlewing met 'n ongeveer 90% waterinhoud van soveel as 200 liter water. Die water het 'n soet, vrank smaak. Knolskywe dien as 'n handige waterbron vir die lang pad. Skywe van jong knolle kan ook gebak, gekook of gerooster word en lewer 'n soeterige patatsmaak. Ou knolle blus ondergronds soos 'n veteraan kremetartboom tot niks. Onverwagte en ongenadige versteekte slaggate vir die veldryer wat saam met erdvarkgate sandveldry iets anders maak. Dan kan die manne eindelik al hul domkrag spoggoed beproef.

Anonymous said...

Dit is gebring met komplimente van die tydskrif "WILD & JAG"
Ek adverteer dit nie, maar moet my bron erkenning gee.

Anonymous said...

Nee, Smousie jy moenie so lelik praatie. Hier's kinners soos Petrysie hier. Ai hoe laat jy nou my dink ver paaie loop. Ngaap, tsammas, wille komkommers, nabas. Maar boeta, moenie lat 'n bitterboela jou lat dink hy kan geëet worre nie. Maar nou ja, nou is ek lekker vaak. Ek ngaap nou sukkel lang ngaape. Lekker slaap. Sien julle môre vroemôre vir 'n bekertjie koffie oppie dak, ehm stoep.

Anonymous said...

Goeiemore!! Eintlik is ek nie hier nie. Ek's hier, maar nie hièr nie... Ai, Swaziland is darem 'n mooi land. Vrydagmiddag was dit so mistig en reënerig met my aankoms, en die passe en die groen plantasies, en die lug is skoon daar... En Saterdag was die lug helderblou met hier en daar 'n wit wolkie, 'n warm son, en nog berge en dale en klowe en bome, die beste geselskap, baie foto's, die lekkerste naweek in 'n baie lang tyd... ;-)

Anonymous said...

Môre al die maters....wil net gou-gou inloer...hoop almal het n' heerlike naweek gehad en is reg vir die week...Hantie kry vandag en more haar tweede behandeling....sal julle op hoogte hou....Dis so heerlik buite en nou kan ek net deur die venster daarna staar....ai,wens ek kon ook nou net pad vat en gaan rus vir so week of wat....Kiets julle moet dit geniet en veilig wees...nou ja,laat ek maar weer skoffel....die bossies is baie en dit het mos nog nie gereen...so ek moet diep spit...mooi dag en week vir elkeen...EN onthou die glimlag....en die drukkie....xxxx

Anonymous said...

Sjoe,almal is beslis baie hard aan die skoffel...niemand eers op die stoep van gister dieselfde tyd...tot nou....Ek wil net verslag gee oor Hantie,sy het gister haar tweede behandelng gekry...en vandag weer n' sessie...dit gaan baie goed met haar....ek het nog nooit iemand so positief gesien....ek kry skoon skaam...want soms is mens mos geneig om te kerm en te kla oor iets....maar sy glimlag en verseker my dit gaan baie goed....en sy verduidelik alles haarfyn...en in my gedagtes vind ek dit moeilik om te glo iemand kan so praat oor dit wat haar oorgekom het en glad nie probeer om simpatie te soek....ek het n' knop in my keel en my ogies swem in trane....maar ek byt hard op my tande want ek wil haar nie telleurstel....met n' tranedal...want my maaikie is so sterk.....dankie aan elkeen wat omgee en bid...en dankie ook vir jul vriendskap....Mag elkeen die warmte van omgee en liefde ervaar en weet jy is spesiaal...xxxx

Anonymous said...

Robyntjie, jy kan baie trots wees op Hantie, dit verg moed om so te wees onder die omstandighede. Maar sy kan ook trots wees op jou, onder dieselfde omstandighede is sy gelukkig om iemand soos jy te hê. Sterkte!

Anonymous said...

Ag, Hartjies, ons sien hoe mooi die lewe vir jou is, al is jy nie hier nie!! Geniet dit voluit!! Dankie dat jy jou opgewondenheid met ons deel!

Linda, ek lees jou woorde en ek is so dankbaar dat Hantie vir jou het! Jy is 'n juweel van 'n vriendin!!!

Lekker slaap, maaitjies! xxxxx

Anonymous said...

Ai mensies, ek sit nou kaalvoet agter my rekenaar en het besluit ek's op die tenger ouderdom van 26 meer as gereed vir aftree op 'n bosveldplasie...

Anonymous said...

Kaalvoet aftree op 26? En jy mis al die opwinding en stront wat ons ander moet opvreet lewenslank? Sjoe, dissie fair nie, Hartjies!! Maar ek is tog bly vir jou, hoor? Mag ek jou herinner dat jy gaan uitmis op lewenservaring en groei as mens, want mens groei slegs as jy gekonfronteer word met moeilike situasies... Nou kies jy die kaalvoet-uitweg? Jitte, Patrysie, ek mis jou nou verskriklik baie!!!! ;-)) Rêrig!!

Anonymous said...

Sjoe, dit is stil op die plaas!! Ek kom loer in, want ek het 'n heerlike skater nodig om suurstof deur die brein te sirkuleer... Sien Vroulief moet 'n taak skryf, maar Vroulief kom nie lekker uit die blokke nie...
Na gister se baie pyn is ek vaak en lam!!
Nog net twee slapies, miskien moet ek maar al die pad wakker bly tot dan...?

Anonymous said...

Ek volg mos nou nie gereeld die blog pratery nie maar ma vroulief vertel my nou net tannie Jewels het vir my 'n boodskappie gelos...

Ja ek ken daai Franse Mwa Mwa ding en toe maak ons frans man so mwa mwa vir die cheetahs toe bloos hulle so dat klein Fransie hulle vlou hol en skop!

Wat 'n drop goal!

Mar dankie dat tannie Jewels 'n goeie verloorder is, anders as daai osse van floptus wat my vannie pad af try ry....

Anonymous said...

Mirrelkind? Osse van Floptus? En wie is so gemeen dat hulle jou van die pad probeer ry? Ai, die lummels... ;-) En Jewlsie, al staan ek op my kop en fluit Die Stem deur my ore, kan ek nog nie aftree nie, nie eers naby nie... dit was wensdenkery, dagdromery, deur die Heer se genade is ek hopelik nog lank in die omtrek om lewenslank, uhm, strooi, en opwinding en lewenservaring en allerhande situasies te belewe, en ek wil nog 'n honderd jaar oud word, so, 'n vroeë aftredery kan dinge dalk net belemmer... ;-) Maar 'n kaalvoetdromery is altyd 'n lekker ding!! ;-) xxxxx

Anonymous said...

Toe ek gisteraand by die huis kom en my motor wil sluit, sien ek dat daai slot weer missing is. Die einste slot wat 2 maande gelede vervang is. So ry ek vanoggend na die Nissan agentskap, gereed vir 'n groot geveg! Swak vakmanskap en slegte diens!! Fred is die outjie wat my probleme moet laat verdwyn en "Nee, Mevrou, dit is definitief 'n fout van ons kant af, dus sal dit kosteloos wees..."

Anonymous said...

Nou vra daai mooie Fred vir my wat het my man gesê van die gedoente. Ongetroud... Ek moet maar self my probleme uitsorteer! Ag, ons gesels toe later té lekker en ek sê hom dat ek dringend by my Pa moet uitkom sodat hy vir my die dim-liggie kan vervang en kyk hoekom die water-liggie heeltyd aangaan, al is die 'radiator' vol water. Toe ek weer sien, is die enjinkap oop en ek giggel sommer toe ek sien in watter klein spasetjie Fred sy groot hande probeer inkry. Toets die gloeilamp en 'n 'plug' en sê hy gaan vir my die nommer gee van 'n auto elektrisiën...

Anonymous said...

En hy verduidelik vir my dat my radiator wel genoeg water inhet, maar dat die reservoir onder minimum lê. Hy wys my alles mooi, gooi die tenkie weer vol anti-vries, sit die halwe bottel vir my in my kattebak vir ingeval en sê koebaai. Alles verniet. Hy gee selfs vir my sy selfoonnommer vir ingeval ek dalk weer so 'n krisis het. "Ek sal nie daarvan hou as my Ma of Sussie so moet sukkel nie", was sy woorde!!

Anonymous said...

Met die wegry, het ek net weereens besef dat daar soms klein jakkalsies op mens se pad geplaas word, maar dat dit verhoed dat groter skades mens kan oorkom... Ek ry al 'n week met 'n waarskuwingsliggie aan!!! En boonop het ek nou 'n man in my lewe gekry wat my motors vir my in stand sal hou!! As hy tog net wil ophou om my Tannie te noem!! ;-))

Anonymous said...

Vroulief, watse pyne het jy eergister gehad wat jou so vaak en lam gemaak het? Nog net een slapie dan's Vlakkies tuis!!! Jy moet maar eerder bietjie probeer rus voor die tyd, hoor? ;-))

Kaalvoetdromery. Pragtig, Spikkels!!

Anonymous said...

Tannie Jewls, noem die mooie Fred Oom, dan sien ons of hy tannie nog tannie noem... ;-)

Anonymous said...

Haai, nee, Spikkels, netnou smeer hy anti-freeze op my!!!! ;-))

Anonymous said...

Toe nog twee slapies. Die vliemasien het net gebeginne koersvat toe loop stane maakie ding moelikgeit. Toe draai die vlieman om, trug Hargeisa toe. Toe klim daar 'n mekêniek mitte geel ouwerôl enne draadtang enne stuk bloudraad innie vliemasien. Toe dink ek dis mos nou nie 'n Ford mouterkar hierie wat jy mitte draadtang enne stuk bloudraad kan regmaakie. Toe klimmie man mittie geel ouwerôl ennie draadtang ennie stuk bloudraad weer ytie vliemasien yt en toe vertellie vlieman vir ons lat onsie venaand Addis toe kan loop stane vlie mitte stukkene vliemasien nie. Sou nou gat hulle 'n heel vliemasien môre van Addis af loop stane stier om ons te kom haal. En da' gat loop slaap ek môre aand in Addis as my span teenie Grieklwas speel en da' gat ek mos nou g'n TV in Addis kry wattie voetbol gat loop stane wys lat ek kan sien nie. En da' kom ek eers Saderagagtermarrag wie weet waffer tyd by die hys aan.

Anonymous said...

Vlakkies, dan's jy net betyds vir die Kolkatjies wat verbete gaan veg teen die simpel Ploffies-Loffies!! Of wat noem Slimkind hulle nou weer? ;-))

Anonymous said...

Woman's Poem

He didn't like the casserole,
And he didn't like my cake.
He said my biscuits were too hard...
Not like his mother used to make.

I didn't perk the coffee right,
He didn't like the stew.
I didn't mend his socks,
The way his mother used to do.

I pondered for an answer,
looking for a clue.
Then I turned around and snotklapped him...
Like his mother used to do.

Anonymous said...

;-) geen kommentaar daarop. Wel op die volgende: "simpel Ploffies-Loffies"... sies man Jewls, ek's 'n Bloue... :-(

Anonymous said...

Spikkels, het ek dit gesê? Miskien was dit my alter-ego wat woordjies kwytraak sonder my medewete - ek is mos onder die sterreteken van die Tweeling gebore!! ;-)) Mirrelkind weet dat ek sportmangees het, dat ek selfs soentjies welverdiend uiddeel, maar as Blou-iemand hom van die pad af probeer ry, sien ek oranje!!!

Ontspan, Hartjies! Lief vir jou, hoor? En vir allie Bulle!!!!! Mwhaa!!

Anonymous said...

Vir my was hierdie nou so 'n spesiale oomblik! My katters trek snôrbaarde, grom en waai sterte omdat 'n piepklein voëltjie per ongeluk in ons huis in gevlieg het!

Dit was omtrent 'n kompetisie om eerste by die voëltjie uit te kom, maar ek het gewen!

Ek het daai Hartkloppie saggies gesus en met vreugde vrygelaat!

Maar ek dink nie sy vroutjie gaan hou van die pienk lipstick oppie bêkkie nie!!

Anonymous said...

Sies Jeweel! Daai selfde voëltjie is laasweek Vrydag al so uitgedinges deur sy vrou toe hy by my innie huis ingevlieg het en toe so na bier gestink het toe hy by die huis kom!

Anonymous said...

Ha-haaa!! Hallo Kaasie!! Hoe gaan dit met jou?

Anonymous said...

Jitte, dit was nou 'n gawe eerste vir my!! Vlakkies, ek het vanaand 'n gedeelte van die WiePie/Griekwa game op my slimmasjien gekyk!!! Nogal!! Vyf punte in die sakkie - geluk Vlakkies en Smousie!!

Anonymous said...

Hoe dit gaan Jeweeltjie? Dis Vrydag en dis 'n mrse ding en maak my happy. Die werk se trek is klaar gedoen en dit maak my ook happy. En bedags skyn die son en is dit 17 grade, en dis vir die herfs nie te sleg nie. Maar innie nag is dit 4 grade en dis koud en dit maak my nie happy nie. Soek nou 'n vrou om my warm te hou en die skottelgoed te was en te stryk. Net deeltyd, want 24 uur 'n dag is bietjie baie. Maar niemand stel belang nie so ek is maar vir die helfte happy.

Anonymous said...

Ek wil eintlik gaan slaap, ek is OP!! Die taak is in, en ek is baie, baaaie teleurgesteld omdat Vlaktekind nog nie by die huis is nie. Nou loer ek gou in op die plaas om te sien wie's nog wakker, toe giggel ek tog so lekker dat ek bevrees is dat ek nou helder wakker is!! Jewls, moet jy altyd vir die mooie manne ogies maak? (grap net hoor..?)
Oeeee, ek het gepyn die week; Jewlsie, ek was naderhand bang ek gaan nie meer dood nie!! Dinsdag was baie baie erg. Ek dink die weer was maar net in die lyf in, eintlik die bene. Hierdie linkerbeen wou nie werk nie, hy wou net vasgehou wees, en ek het nie genoeg, of groot-genoeg hande om orals vas te hou nie.. Pynpille help nie, dit het gevoel of niks wil help nie, op die ou end in 'n sweetpak, in die bed, maar NEE!! Dit het die vordering met die taak wat vandag moes in, erg deurmekaar gekrap..
Dit gaan darem wel effens beter..
Nou gaan ek inkruip, lekker slaap almal.

Anonymous said...

Vlakkies, ek hoop jy vlieg veilig huis toe en geniet die vrugtekoek. - Mac, is jy alweer terug uit Boesmanland en waar is jy nou? - Kiets is jy nog by die see? - Groenie waar is jy? - Robyntjie gaan dit goed met jou en met Hantie? Dis stil oppie plaas sonder julle.

Anonymous said...

Kaasie, lyk my ons soek dieselfde ding. Ek soek ook 'n man om skottelgoed te was en te stryk en die boernale se bôllie op te tel!! ;-)) Bly om te hoor dit gaan goed met jou en dat die trekery nou afgehandel is! Hoe gaan dit met Bernice?

Vroulief, jammer om te hoor dat jou bene jou weer gepooitjie het dié week. Ook jammer vir jou oor Vlakkies nog nie by die huis is nie, maar darem het ons 'n mooi vertelling van hom af gekry en dit maak my happy, soos Kaasie sal sê! Nog net een slapie, hoor?

Anonymous said...

Die enigste wat my warm hou op hierdie kou kaas-herfsaand is 'n lekker Blue-Bull-Trui!

Anonymous said...

En ek bibber vannie koue... :-((

Anonymous said...

Vroulief, is Vlakkies veilig tuis? Nou goed, ek sal maar geluk sê, al weet ek dat die hele land se WiePie's gister vir die Bulle geskree het... Geluk Makou en Robyn en Spikkels en Vroulief en Kaasie en Katjie en Groenie!! My geliefde Kolkatjies was nie 'n match vir julle nie!! Ag, nou voel ek ook sommer beter noudat ek dit van my gewete af het... ;-))

Anonymous said...

En nou is ons landjie president-loos... Is dit nou 'n goeie of 'n slegte ding? Hoe gaan dit met almal vandag? ;-)

Anonymous said...

Dis nou nie om eerste te wees nie maar môre gaan ek definitief nie 'n kans kry om dit te sê nie: Vroulief, lekker verjaar!

Anonymous said...

♪♪♫♪♪ En ek sing hartlik saam!! ♪♪♫♪♪ "A happy birthday to you, a happy birthday to you. May you feel Jesus near, every day of the year! A happy birthday to you, a happy birthday to you - and the BEST one you've ever had!!!!" Vlam, as ek jou weer ontmoet vir tee en koek, gaan ek hierdie liedjie vir jou demonstreer - jy sal mal wees daaroor!!! Wees altyd die mens wat ek leer ken het, hoor? Spesiale jy sonder fieterjasies en so positief ingestel teenoor jouself en almal om jou - pragtig!!!! xxxxx

Spikkels, ons was altyd dan presedentloos, onthou jy nie? Dinge kan nou net opwindend raak!! Welkom terug - dit gaan baie goed met my en dankie dat jy vra!! ♪♪Al die eksamens is nou klaar...♪♪ Jippieeeeee!!!

Kaasie, sies vir jou!! Jy weet ek hou daarvan om eerste te wees! Kyk nou of jy meer omgee-woorde as ek kan sê!! ;-))

Anonymous said...

Veels geluk liewe Vroulief omdat jy verjaar!! Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar! ♥

Waarmee is almal besig dat dit so stil is hier?

Ek is bly dit gaan goed met jou Jewls, sê groete vir Liefkind en dat sy haar vakansietjie moet geniet...

Anonymous said...

Mevrou Vroulief, uit die bietjie wat ek van jou leer ken het hier op die plaas, glo ek dat vandag die herdenkingsdag is van 'n oomblik toe die wêreld 'n ryke toevoeging gekry het. Veels geluk aan jou met die herdenking van jou geboortedag.

Anonymous said...

Aan Jewls en Spikels en Smousie; dankie vir die wonderlike wense. Ja Vlaktekind is darem uiteindelik veilig tuis... julle weet mos nou al almal dat die vliegtuig moes omdraai. Toe kom die vliegtuig nog Saterdag ook laat... Ek was so suuuur, kon naderhand net nie meer wag nie!

Op die koop toe is Poppedyntjie ook nou tuis...

Hoop die somer bly makkerig, en dat daar nie nog 'n winter verby kom nie. Dat dit ook met almal sommer baie goed gaan!

Unknown said...

Vroulief ... haai Mev Vlaktes, baie geluk en mag jy die vermoë hê om al jou seëninge te kan bymekaarhou .... maar mag dit baie moeilik wees oorlat dit so bajja is lat jy eintlik groot lorries moet huur om te help karwei. En mag al die Thirionse jou met liefde oorval. Heppie-heppie het Antie Maaitjie altyd gesê. 'K sê ook so.
Kaasie, jy's te vêr maar alli anner: Ek wil so 'n soort van 'n tatta en tjeers vi eers partytjie / bymekaarkom aanflans. Ek het alweer die uithaler Jeweelkjie daarmee belas, so sy sal aanstons hier met 'n hoop voorstelle kom. Net een reeltjie asseblieftog; Geen persente, geskenke of sulk nie, asseblief-nie.
Die 2weke Uitreik in Botswana was baie geseend. Die Terrano se vooras wou nie draai nie en so moes ek met 2x4 [twee wiel trek] deur Caprivi, Chobe, Linyanti, Savuti, Silinda en Bo-Delta voortvaar. [Net 3 keer vasgeval]
Maar Vlaktes - moenie te gou praat nie - die uitreik is met 4 dae gehalt oor die Toyota Landcruiser se agteras gebreek het (op Pandamatenga .. nog voor die sand) en daar was geen onderdele in Botswana nie. Johan se vriend het uit Pretoria gery om die ondedele in Kasane t6e kom oorgee. Ja-nee, daai een met die vurk, hy is baie listig en weet hoe om stok in die wiel te druk. Met bestiering het ek my uitreikstellikjie ook saamgeneem en kon ons die beskikbare aande in 2 spanne verdeel en dus "dubbel" uitreik.
Andersins het alles baie goed verloop ... o-ja, ek het my stretsjir breek gesit. Wat beteken 'k sal moet minner weglê aan baarwans en kouk ... :)

Anonymous said...

Hi Mac, goed om van jou te hoor, en altyd lekker om jou Botswana stories te lees. Dit bly maar 'n avontuurlike ding. In die ou dae, sewentiger jare, was ek baie daar. Besigheid geopen in Gabs en Francistown. Die enigste teer op die highway noorde toe was in Mahalapye en Palapye, verder was dit net klippe en slaggate wat 'n mens lekker deurmekaar geskud het. Dit het altyd liters bier in die bar van die Grand hotel in Francis gekos om al die ingewande weer oppie regte plek te kry. Mooi dae.
Jammer ek is nie daar om vir jou koebaai te sê nie maar ek wens julle sal gelukkig en veilig wees daar in Lagos. Mooi loop en ek hoop ons sal nog gereeld van jou hoor.

Unknown said...

Haai Daar Kasie .. en BAIE dankie virri SMS ook. Mensdom, ek wil nou nie so of so sê nie maar terwyl ek nou tog sê wil ek net sê: Mense, moenie alleen-alleen.... terwyl jou Dwerrrgie verrrrrrr weg is, na Neil Diamond se nuutste "Home Before Dark" CD luister nie .. ten minste nie sonder 'n badhanddoek of twee byderhand nie.. V'dag v'lang ek na daai Gifappeltjie, jy sal nie glo nie. Neee, wag-wag-nou - ek salli my polste afbyt 'ie. K praat sommer uit die huis uit. Nix om oor te worri nie. Sommer ook vir Jeweelkjie DANKIE sê vir die inset en moeite om 'n "Koebaai" paartie te gooi. Net koebaai, nix vaarwel nie. Ons kom weer trug ... Ek sal nogtans waardeer as 'n klomp van julle die Vrydagaand kan aansluit. En die wat nie hoogtevrees het nie, sommer die Saterdag ook saam 4x4 [ons sal wel vir elkeen 'n gaatjie in een vanni bakkies kan kry ... ek hoop.

Anonymous said...

Uncle Mac, lyk my jy het ook nie 'n braaivleisie geeët op Nasionale Boerebraaidag nie. Sheim. Dis nogal hartseer! En ek dink dis goed dat jy vir Dwergie 'n slaggie mis en alleen voel en mooi liedjies luister en nuwe dinge probeer op die tegnologiese gebied... Ai toggie, jy het darem die vooruitsig dat jy binnekort jou alleenheid gaan afskud! My elektrisiteit was vandag vir omtrent 6 ure af en ek was later so jammer vir myself oor al my lewenslyne afgesny was!! En lees by kerslig is ôkkie lekker nie, veral nie die boek wat ek tans lees nie!! Ek het later selfs na Jannie Labuschagné verlang!! ;-))

Anonymous said...

Nasionale Boerebraaidag...hmmm... ;-) Besoek toe gister die Sodom en Gomora van die Wes-Transvaal, daai Sun City plek. Die son het ons gebrand, en daar was mense, duisendes, van alle kleure en geure en tale en kulture, vrek baie. En gisteraand "Ons vir Jou" ons in die Staatsteater, een kultuur en een taal, 'n hele operahuis vol. WAT IS MY ERFENIS? En ek't nie eers 'n stukkie braaivleis oor my lippe gehad nie.

Anonymous said...

Hie-hie! Hallo Spikkels! Of is jy nou al Sproeitjies? ;-)) Jy sal maar volgende Vrydagaand moet kom kyk wat jou kultuur-erfenis is. Daar sal nie 'n standbeeld wees nie, maar die Afrikaans sal jou betower so onder die duisende stêrretjies van die melkweg... Jitte, dalk hoor ons nog 'n leeu wat brul of 'n hiëna wat tjank!! Kan ek saam met jou en Gentleman ry? Ek's nou bang!! ;-))

Anonymous said...

Afrikaans wat ek in my eie huis kan praat, en dit voel vir my dis omtrent al... Ag Jewlsie, ek voel sommer swartgallig vandag oor al die goeters van ons land en wat gebeur met die mense van ons land. En nou "Ons vir Jou" wat deur baie mense gekyk word. Ag toggies, en dan lees hulle meer daarin as wat die bedoeling daarvan is. Dis die storie van die Tweede Boere-oorlog en Genl. Koos De La Rey, dis nie politiek nie! En toe ons loop gisteraand, bly 'n handjievol mense daar agter en begin Die Stem te sing, "Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika". Vervlaks man, genoeg mense het nou al gesterwe vir/as gevolg VAN Suid-Afrika! Dit was seker so vyf of ses mense, meisiestemme. En na die eerste bedryf loop ek daar uit met trane wat loop oor die jong outjies op die verhoog met hulle Mausers triomfanklik omhoog na die slag by Magersfontein, terwyl hulle uit volle bors "gee nie om wie voor ons staan, soos 'n rots staan 'n nasie saam, ons vir jou Suid-Afrika!" sing. En die mense staan en die mense fluit en die mense klap hande en gaan te kere. Ai toggies, waar, en hoe, indien ooit, gaan dit eindig?

Unknown said...

Dis nou al 3 dae dat sy laas geeet het. Sy lig die hoeveelste asblikdeksel op, vroetel verby die stink en stukkende bierbottels en vlenters papier. En toe, amper heel onder in die drom .. 'n fonds !!! 'n Dik sny brood, weliswaar ongesmeer maar met neet een hap in die hoek weg. Sy bekyk die stuk brood rondom, geen muf aan nie ... net bietjie vuiligheid. Sy vryf die brood teen haar rok skoon. Toe vang haar oog iets wat blink onder in die drom ... sy hang oor die kant om onder by te kom, haar tone lig-lig en sy reik met gestrekte hand om die ding by te kom. Haar rok skuif op tot wie weet waar. Van oorkant die straat fluit die groentesmous vir haar ... maar sy hoor nie. Haar vingers kry die ding beet en trek dit op. 'n Handsak! Sy kyk vinnig rond wie haar gesien het. Die groentesmous verkoop 'n koolkop aan 'n outannie, niemand anders kyk in haar rigting nie. Soos blits gryp sy 'n vel koerant uit die drom, draai die handsak daarin toe en toe, toe hardloop sy. Verby die poskantoor, verby die stasie, oor die treinspoor tot in die bloekomplantasie. Sy val neer op 'n hoop blare. Sy sukkel met die handsak se knip maar kry dit tog oop. Sy sit wydsbeen en skud alles op haar rok tussen haar kniee uit. Geen beursie nie. Niks geld nie. Net mooimaakgoed, 'n handspieel, 'n groen boekie, 'n blou boekie, 'n pen, naelknippertjie en 'n geel boekie. Sy blaai in die geel boekie. Dis vol name, adresse en telefoonnommers. Sy bekyk die blou boekie - 'n paspoort van 'n mooierige vrou. Die groen boekie is die identiteitsboekie van dieselfde vrou maar net 'n baie jonger weergawe. Sy lig die voering op en daar ... daar lê 'n pak R200 note, mooi met 'n rekkie bymekaar getrek. So dik soos drie van haar vingers teenmekaar. En twee kredietkaarte en 'n vliegtuigkaartjie. Sy sluk aan die knop in haar keel ... sy sien haarself al in die restaurant aansit en bestel die geurigste geregte .. vandat haar ma oorlede is het haar pa nog nie ophou drink nie. In 4 jaar het sy hom nog nooit nugter gesien nie. Die welsyn het haar boeties kom wegvat, maar sy het in die stormwatersloot weggekruip tot hulle weg was. Sy sien haar in die boetiek die mooiste rokke en bloese uitsoek .....
En ek laat die storie daar. Jy kan dit self klaarmaak, of wag vir die boek. Ek sal myself heerlik kan sit en vermaak daar in Lagos om al die stories wat so inni kop rondloop, bymekaar te gooi ... alles in een bundeltjie. Ja, Vlaktes - daar sal "heppie" stories ook wees. Soos hierdie een, hy't 'n lekker kinkel in die stert... .maar intussen kan elkeen probeer om die een se einde in te dink .. Groete eers. SNOM.

Anonymous said...

Spikkels, dit klink na 'n MOET vertoning om te gaan sien! Dit sal seker nice wees om daar te staan en kyk hoe almal patrioties en trots voel oor ons land se ryk verlede! En nou is die huidige regering besig om sommer so eiehandig nog geskiedenis te maak!! ;-)) SNOM, staan dit nou vir Sy Nimlike Oom Mac, of wat? Ja, jy moet maar gaan loop staan en skryf in Lagos want ek het behoorlik aan jou lippe gehang met hierdie storie!! Wens net dit het 'n einde wat ek kan lees en klaarkry want anders bekommer dit my wat moontlik nog kan skeefloop of gebeur!!

Anonymous said...

Vandag het ek my motor gevat na die auto elektriese plek wat moet sorg dat my dim-liggie werk. Robbie-met-een-goue-oorring sê ek moet net my 'ignision'
sleutel vir hom los. Na 2 ure is ek weer terug en jou wragtag-waar is my slot weer stukkend wat die mooie Fred vir my reggemaak het. Robbie kan sy oë nie glo nie want hy het uidruklik vir die outjie gesê om nie die kar te sluit nie!! So maak hy toe maar die hele deurpaneel stuk-stuk los, haal die slot uit en sien dat daar 'n plaaitjie afgebreek is wat keer dat die slot loskom uit die gaaitjie uit. Nou staan ek daar en skuldig voel want lyk my die mooie Fred het wraggies net weer die ding vasgegom!! Later haal Robbie die hele handvatsel uit en bekyk die storie mooi en sê dat hy 'n plaaitjie gaan vassoldeer en dit sal verstewig met 'n plastiese dingetjie wat mens gewoonlik gebruik om rekenaarkabels bymekaar te hou. Na nog 2 ure, roep hy die werker wat die slot met die verkeerde sleutel bygekom het en vra hom om gou weer die slot te probeer breek. Hy het probeer en kon dit nie regkry nie... En toe wil Robbie ook niks weet van geld nie want sy werker het konsuis meer skade gedoen aan my motor as die simpel werkie wat dit gekos het om my dimliggie se draadjies uit te sorteer. Nou gaan ek tot Januarie wag en as daai slot nie weer uitgeval het nie, gaan ek vir Robbie die lekkerste stuk biltong met 'n vetjie aan vat en hom sommer 'n klapsoen oppie wang ook gee!! Ek hou van 'n man wat handig is en planne kan beraam om iets te maak werk!

Anonymous said...

Wat ek nie vertel het nie, is dat ek vir myself vandag 'n top-loader wasmasjien gekoop het want die ou front-loader het net té veel probleme gegee en is boonop donkie-jare oud. Nou gaan haal ek vir my 'n pienk kristalglas uit die eetkamerkas,(alweer home-alone), stap kombuis toe en maak vir my 'n botter wyn oop en daar kom my Krummelkatjie deur die venster aangespring. Soos altyd, spring sy op die wasmasjien vir 'n vryfie en soentjies, maar toe val sy binne-in die top-loader se gat want sy lê mos heeldag by die hoenderhok rond en sonbraai en let nie op wat in hierdie klas aangaan nie!!

Julle, ek wens julle kon daai minoevers gesien het!!! Die skok, verbystering en seker ook 'n goeie skoot skaamte...

Ek het lanklaas so lekker gelag!!!!!!

Unknown said...

dis nou 'n laataand inloer werd ... kat-astrofes inni kombuis! Jy moes di emasjien opgestaart het .. dan het jy nou boonop 'n skoon kat gehad [wat skoo'veld gegaan het oor hy NIE daai gat gesien het nie ... maar bykans toe sy eie gesien het. En dit sonner spieel.] Jweeelkjie, vir hirri kry jy drops by Hennops. Of Bar One .. of 'n ROLO.
Oja .. SNOM is vir sommer net ou mac
Noutoe - g'naait vi ammal wat nog op is, en gujje morre vir die wat nounet hulle Vrydag tegemoet gaan .

Anonymous said...

More more julle almal! Jammer ek is so skaars, maar dinge is maar dol. Ons het heerlik vakansie gehou en sowaar oppad terug sneeu gesien val. Dit was die hoogtepunt van Kleinkiets se vakansie - saam met haar kanotrippie met Zouga op die rivier. Kan julle glo dat die twee Ramkatjies gister 'n hele jaar oud geword het? Ons het oorleef! En geniet! En ek onthou ons liewe Mikes sou Sondag verjaar het. Mag sy haar dag steeds saam met Jesus geniet het.

Anonymous said...

Ag ek bedoel natuurlik Mieks!

Anonymous said...

Welkom terug, Katjie!!!!!!!! Dis so lekker om jou weer te sien! Ook baie geluk aan ons geliefde Ramkatjies met hulle eerste verjaarsdag! Ek hoop jy het foto's geneem van die koek en die kersie-doodblasery en die persentjies! En Kleinkatjie in 'n kano - dié wil ek graag sien!!

Uncle Mac, sien jou by Hennops met die drops!! ;-)) Lekkerrrr!!!

Anonymous said...

Veels geluk liewe Ramkatjies omdat julle gister een jaar geword het!! Mag liewe Jesus julle so seën dat julle toontjies omkrul van lekkerkry!! Geluk ook aan jou en Zouga Kieters! xxx

cat said...

Gaan kyk gerus op bakkiesboek vir verjaarsdagfotos.

Anonymous said...

Kiets, bly om te hoor die vakansie was lekker, en baie geluk met die kleinmanne wat natuurlik te vinnig groot word. Mag hulle net goeie gesondheid in die oë staar in die nuwe lewensjaar. - Jeweel, het Rooiveer homself nie doodgelag nie toe die kat innie wasmasjien geblksm het? - Stil oppie plaas, nou drie koppe koffie gedrink en nog niemand gesien nie. Maar in elk geval 'n lekker Sondag vir julle almal.

Anonymous said...

Naandsê. Nou gou gekom inloer om te sê ek leef nog. Die week sal ok maar half rowwerag wees totlat ek weer Donnerag wegvlie. Mac, jammer lat ek nou nie kan totsiens sê nie. Sterkte vir doer annerkant. Laat weet maar hoelat dit daar gat. En vir die wat hom nog ondou, ek het gister vir Landie raakgery ... ehm raakgeloop. Hy het vannie ou plaas af geverdwyn oorlat sy werk nie wou gehad het lat hy moet plaastoe vonkie.

Anonymous said...

halloooooooooooo! dis darem 'n lieflike dag vandag nè? die weer is pragtig en die hemel is blou en die bome vol bloeisels en die lug vol liefde!! mwah!!

Anonymous said...

Ek sit nou en dink dat geen kind op aarde wil hoor dat dit sleg gaan met 'n ouer nie... Ons geliefde Makou se Ma-lief lê in Intensief na 'n beroerte. Ogies toe, 'seblief maaitjies!! xxxxx

Anonymous said...

Landie. Ai, Vlakkies, dit het sommer mooi herinneringe teruggebring. Hoe het jy hom raakgery... ehm, raakgeloop? En hoe het julle mekaar herken? Die eerste woordplaaskuier het ons maters nog nie foto's rondgestuur en aan facebook behoort nie. So stap Landie en sy vrou die geselskap binne en ek storm op haar af - vas oortuig sy is ons woordmaaitjie, maar toe beduie sy na Landie se hemp toe waarop groot staan: "Land Rover!!!" Ten minste het ek haar hartlik verwelkom!! ;-)) Hoe gaan dit met hulle? Kuier jy lekker? Ek het Vroulief se mooi ring met my eie oë en vingers waardeer. Stunning!!!! Wees goed vir mekaar, hoor?

Spikkels, jy gee my energie! Droom nog oor hoe mooi die lewe is en vertel my daarvan!! Ek hou daarvan om jou opgeruimde woorde te lees, asseblief!!!

Kaasie, daar het g'n haan gekraai oor die kat-insident nie... Hoe kraai die hane in Laagland oor die politiek in ons mooi land? Moenie ophou foto's neem nie, hoor?

Dis 'n besonderse mooi aand in Afrika, in Pretoria, in Lyttelton-Manor. Wens ons kon nou braai, sixties musiek luister en net weer giggels deel soos van ouds! Ek mis so baie van julle!! Spring asb. vanaand op jou soapbox en vertel ons hoe dit met jou gaan!! Want ons almal mis vir jou...

Soos altyd! Liefde, Jewls xxxxx

Anonymous said...

Makou, ek hoop jy lees nog saam met ons. Sterkte, hoop alles kom reg.

Anonymous said...

Jeweel, wat het geword van Rooiveer se gevoel vir humor? Enige voël sal homself mos vrek lag as daar iets verskrikliks met 'n kat gebeur.
Ek wens partykeer die Kaashane wou net so kraai oor die SA politiek van vandag as hulle in die ou dae gedoen het, toe het hulle mos altyd geweet wat die oplossing was. Nou kom hulle seker agter dit was nie die regte een nie en nou is hulle stil.
Op jul mooi somersaand het ek nou 'n storietjie oor ons herfsweer. Dit storm en reën vir die beker. Vanoggend stap ek werk toe met my ou sambreeltjie, en toe is ek nou baie bekommerd of die dingetjie nou gaan hou in die storm. Wonderlik genoeg het dit goed afgeloop. Voor ek my kantoor instap besluit ek die sambreeltjie moet nou droog word en park hom in die stoor. Toe vergeet ek die stoor se deur het so'n klemding wat die deur vanself toemaak. Klap die deur toe en vat my sambreeltjie saam. Pr in sy Mr!
Toe koop ek vanmiddag sommer twee nuwes, een vir spaar.

Anonymous said...

Hier's ek op my "soapbox"...soos julle seker kan agter kom,gaan dit dol met my...daardie gesegde van "ek weet nie waar is my kop of stert"...wel ek beleef dit intens...ek mis julle soooo baie...dink wel baie aan julle en sal julle nooit ooit in die steek laat....Makou...hoop dit gaan sommer gou beter met jou mamma...dink aan jou en ek het ogies toegemaak vir jou en jou gesin....STERKTE!!!!Jewlsie,ek is so agter die tyd...vertel...is die kampery nog aan...Kasie,ek het nou so lekker gelag oor jou sambreel episode...stuur so bietjie van daardie ree hier na ons kant toe....ek bekyk vandag juis die Jakarandas so....hulle is besig om hul self reg te maak vir die 1st Oktober...dis te pragtig...oral sien jy die pers tussen die groen....moet nog probeer om n' paar fodies te neem....

Anonymous said...

Kiets...veels geluk met die Ramkatjies se verjaardag...hoe sê hulle...liewer laat as nooit....mag hulle nog vele vreugde en geluk in jul lewe bring...dis harde werk en baie opoffering...maar daar gaan n' dag kom...wanneer julle terug kyk...en sommige insidente gaan baie vaag wees en ander glad nie meer onthou word...die tyd gaan so gou verby....geniet elke oomblik....Amper vergeet ek om te noem...my kietie kat Filo-Lilo(Felix)...is weg...eers het ons gedink sy kuier net weer soos gewoonlik by Hantie hulle...want sy was ewe tuis in beide huise...maar toe Hantie bel en vra of ons Filo-Lilo gesien het besef ons dat daar is fout...dis nou twee weke later en sy is nog steeds weg...ons harte is baie seer...ons het haar 7 jaar gehad...en sy was ons dogtertjie in die huis...ou Guyver is ook bie ongelukkig...soek en meeau oral en mis haar vreeslik....sal net wonder wat het gebeur.....

Anonymous said...

Lekker snoesig slapies almal....xxxx

Anonymous said...

Goeie môre al die maaikies....wat n' heeeerlike 1ste Oktober oggend...die Jakarandas is geklee in hul pers gewaad....die son pak sy mooiste strale uit vir die dag... die voeltjies is verspot uitbundig....en ons kan dit sien en beleef!!!....Hantie kry weer vandag en môre behandeling....so na die derde dag voel sy olik en baie moeg maar vir die res is sy baie positief en daar is altyd n' glimlag op haar gesiggie...Makou laat weet hoe dit met jou mamma gaan....dink aan jou!!!mooi daggie vir elkeen...en onthou die GLIMLAG!!!!....

Anonymous said...

En dis vandag die eerste dag van die tiende maande van die tweeduisend en agtste jaar van ons Lieven Heer...

Ek't nie 'n soapbox nie, ek't tamatiekissies, daai met die rooi en groen ZZ2 stiekers op die kant, en die twee is opmekaar gestapel.

So, wat wil julle hoor? Ek's vandag se piano (wo)man... ;-)

Anonymous said...

Ok, Spikkels.....speel vir ons n' lekker Strauss Wals....en daarna iets ligs van Vivaldi....so sag en lig soos n' vlinder...was skugter die sappies van die lente bloeisels opslurp...en verder dartel... dan Pretoria...Jakaranda stad.......tralala...tralala....☺☺☺....

Anonymous said...

Nou goed dan, Kaasie, Rooiveer het gekraai vannie lag... ;-)) Hê-hê! Hoop jy het vir jou 2 sterk sambrele gekoop? Jy laat my verlang na 'n vriendin van my wat alles twee-twee van koop. Toe ek haar daarna vra, toe weet sy nie eers sy doen dit nie. Lyk my sy hou ook van 'spares' innie kas!!

ROBYN!!!! So lekker om jou weer te sien! Alla-mapstieks, ek het jou gemis!! As dit enige troos is, een van my katte was langer as 'n maand weg en het weer teruggekom. Miskien kuier Felix net lekker...

Spikkels, ek dink nou aan daai liedjie: (Wo)man, ohoo, beautiful woman - you controll the world I'm living in... Maar ek dink jy is té jonk om te onthou want jy het nie eers 'n soapbox nie... ;-))

Ag jitte, ek het sooooooo lekker gewerk vandag!!!

Anonymous said...

Jeweeltjie, ons het gat loop leer van kiekies neem. Daar's mos daai anner Kampvierplaas waarie manne en vrouens mittie vierwieldryf mouterkarre kyer. Nou Landie kyer ok daar mit sy regte naam. Drie vannie manne, my Langkleinboet, Landie se seun en nog 'n anner ou het ons geleer van kiekies neem. Toe ek gat loop sit, is daar 'n man so twee plekke van my af. Ons skud blad en stel ons sig sellers aan mekaar voor. Maar hoe weet ek nou die man is Landie. Toe beginne hy vir my bedye lat ek nou eintlik die Vlaktekind is en so aan en so vort.

Anonymous said...

Watervoël, sterkte ou maat.

Anonymous said...

Petrysie, voorlat ek môre vroe-agtermarrag weer oppie vliemasien klim, kan jy jou tamatiekissietjie by die klavier gat loop neersit en vir my Coenie se Drie susters speel.

Anonymous said...

Vlakkies, goeie reis terug en sterkte daar innie verte. Ek hoop jy het jou tydjie in SA geniet.

Anonymous said...

Robyntjie, as jy dalk fodies neem van die Jakarandas, sal jy dan vir my stuur? Ek sal so happy wees!

Anonymous said...

Hi almal! Baie dankie vir al die ondersteuning en mooi woorde, ek waardeer dit opreg.

My ma reageer goed en dit lyk of daar wel verbetering is. Sy kan nie praat nie, maar kan darem nou al gesigte herken.

Ek sal bieg dat ek wel sluiplees, want ek moet op hoogte bly van wat aangaan met my plaas maters. Die laaste klompie maande was nie juis maklik vir my nie en die beproewinge baie.

Vanmiddag toe ek so na sonsondergang kyk toe besef ek dat daar nog steeds hoop is en dat die pad vorentoe net beter kan word.

Lekker slaap almal!

Anonymous said...

So 'n bek moet jêm kry!! Hallo Makou!! Kom hier dat ek jou 'n vet druk kan gee!! ;-)

Anonymous said...

MAKOU!!!! Goeie môre!! Was die sonsopkoms ook darem vir jou mooi vanoggend? Elke nuwe dag bring nuwe hoop en my wens is dat al die donker dae van jou lewe vir altyd verby is!! Sterkte vir Ma-lief en gee haar 'n drukkie van my af, sal jy? Hoe gaan dit vanoggend met haar?

Vlakkies, reis veilig!!!

Unknown said...

aai Makou. Wat kanne man sê anners as "sterkte" ... watewwir dit beteken in sulke tye .. maar sterkte daar met alle mooi betekenisse wat jy daaraan kan heg... Mag Ons Heer jou Moeder in di ehote van Sy hand koester en self bemoeienis maak met haar spoedige herstel en beterskap ... en geduld vir julle wat die wag hou. Vlaktes - vlie vooruit en voorspoedig en munni die koerante haal nie ... behalwe vir die aankondiging dat jy Nobel prys wen.
JeweleKjent: Kan jy daar by die Datsunblaai sommer vir S F 'm "PM" plak en vi hom sê vi huffel PLaas Maats die naweek kom inloer of saamhang ... of laat weet sommer vir my direk by oom.mac by gmail dot com. Ek sal so graag ieder en alk van julle wil sien ... ek het spesiaal al my stories mooi afgestof ...

Anonymous said...

iddc qpdgh bigtits234 ozvgpc h gm n boh