Monday, November 3, 2008

En November is die maand vir werk klaarmaak en dink aan vakansie.

154 comments:

Anonymous said...

Hallo julle almal. Ek sak my kop in skaamte, maar by my gaan dit doller as kopaf! Jammer ek mis almal se nuus - opvang gaan ek nooit nie, maar liefde vir almal. Dink maar aan my, nou bykans elke dag in die hitte op terrein.

Anonymous said...

""Ouma Hamman was die stigter van die Moedersgebedsbond. Die bond het sy oorsprong gehad na aanleiding van 'n vraag wat sy aan Dr. Andrew Murray gevra het: "Watter raad het u vir my om my vyf klein kindertjies, waarvan die oudste maar nege jaar oud is so vroeg moontlik vir die Here te wen?" Sy antwoord aan haar was: "Ek sien dat u 'n bekommerde moeder is. Soek ander bekommerde moeders en bid saam." Op 'n stadium het sy 400 moeders op haar gebedslys gehad. Sy en haar dogter Zephne het met soveel as moontlik van die moeders kontak gehou deur briefwisseling en dan het sy ook elke maand 'n algemene boodskappie geplaas in die Oorvloedige Lewe.

Sy vertel: "Ek bid vir elke gebedsmoeder by name, gereeld met haar versoeke. Dit beteken natuurlik lang lyste. Ek begin in Noord-Rhodesie en werk geleidelik deur die hele Republiek en S.W.A. Die moeders wat reeds in die hemel is se kinders kry spesiale aandag in my gebede... Dit lyk miskien ongelooflik dat ek soveel name kan onthou, waar die lyste net in my hoof is – ek kan nie sien om te lees of te skryf nie – maar ek is al jare hiermee besig en het die lyste geleidelik opgebou. Feitlik my hele dag word in gebed deurgebring, dar ek byna heeltemal blnd is en al oor die 88 jaar oud. Ek is al 47 jaar opgegee deur die beste spesialiste in die land vir 'n ongeneeslike maagkwaal." (ble. 13-15)

Gedurende die Anglo Boere Oorlog word sy en haar kinders aangehou in die Barberton konsentrasie-kamp. Die vrouens is gelukkig in ontruimde huise aangehou en nie in tente nie. Sy vertel: "Die Here was baie naby in daardie dae en het op 'n wonderlike wyse in al ons behoeftes voorsien in antwoord op gebed. Na drie maande het o.a. die vreeslike hitte in Barberton my vurig laat verlang na my geboorteplek en ouerhuis te Graaff-Reinet. Op my aanvraag het die kommandant vir my verlof verkry om om kosteloos deur die twee republieke (Transvaal en Vrystaat), te mag gaan, maar op eie risiko ...

Die vernaamste vraagstuk was nou padkos. 'n Groot hoeveelheid boerbeskuit was net die ding. In die dae het ek letterlik alles van die Here ontvang wat ek gevra het. Ek het die meel gekry, maar hoe ek ook al gebid het, die vet het ontbreek. Drie dae voor ons sou vertrek, en die laaste dag waarop ek kon bak, staan ek voor die kombuisvenster wat op die straat uitkyk met die skottel meel voor my. Met 'n beswaarde hart bid ek toe: "Vader, het u my dan vergeet; ek kan dit nie verstaan nie." Net toe het die militere muilwaens met kosware vir die troepe in die veld verbygespoed met groot geraas. Meteens was daar 'n harde klop aan die voordeur. Daar staan 'n soldaat met die grootste blik vet wat ek nog ooit gesien het voor hom op die grond. "Mevrou," het hy gehyg, "hierdie vet het afgeval, net toe ons hier verbygery het – wil u dit he of nie?" En sonder om op 'n antwoord te wag, het hy dit die gang ingerol en voortgesnel om die wegrollende waens in te haal. Verbysterd het ek asof vasgenael bly staan. Die teenwoordigheid van die Here was tasbaar. Wat die wonder nog groter gemaak het, was die feit dat die deur van die huis nie direk op die straat uitgegaan het nie, maar in 'n tuin met die hekkie laer af, terwyl die huise oorkant die straat se hekke by die voordeure was. Wat sou die man beweeg het om die ompad te neem om my huis te bereik? A, ek het geweet!" (ble. 23-24)""

Dit is 'n uittreksel wat ek vanaf die webblad van Daniel Jacobs, 'n oud skoolkollega van my, geneem het. Die uittreksel kom oorspronklik uit die boekie met die titel "Gebedsheldin".

groeni said...

sies vir jou! nou sit ek somme snt en trane en snuif! emosies is ma rof geskuur!

Anonymous said...

Onskuldig u Edelagbareres. Ek pleit onskullig.

Unknown said...

Smous? Smousie ??? daardie stukkie is 'n boek, 'n fliek en baie bekerings werd ... selle klas as "Faith like potatoes" ... Dankie virr'ie deel. Doe so voort. Kaasman ... daar vêr, jy stem mos saam .. of hoe?

Anonymous said...

Toe ek Smousie se teks lees het ek beginne wonner, waar het ek dit al eerder gelees? Want hierdie is so'n mooi teks met soveel mening dat 'n mens dit seker nie gou vergeet nie, ek stem saam met jou Mac. En nou probeer ek terug te dink waar en wanner en by wie het ek dit ooit gelees. My nagrus in sy glory in, want nou gaan ek net lê en dink daaraan. - Dit was stil oppie plaas die laaste paar dae, seker almal lekker van die son geniet. Jeweeltjie waar is jy? En Robyntjie, waar is jou naweekstorie? En hoe gaan dit met Hantie? Kiets, goed om van jou te hoor, ook al gaan dit dol. - Groenie, ek is bly jy kuier weer gereeld. - Vlakkies, hoe gaan dit daar by jou, is jy okay? En Vroulief, nog besig met toetse? Sterkte!

Anonymous said...

Ek wil nog en nog daarvan lees!!!

Hou julle duime vir my vas maters, groot asseblief, skryf more en Donderdag eksamen, swot in die aande, werk bedags, ek's kapot...

Wat skuur Groenie...?

Unknown said...

ek issi vanni drukkerige soort nie .. ek doen eerder die optel triek ... maar soos pitty van jelle daa' m v'morre klink na of hans of wees of weggooi, hier is 'n moeeesssa druk vir elkeen en 'n lekker hoog optel ook. Groenes - tjek, jy kan amper die wolk 'n streep onner sy pens trek ... Toe, vee neesie en word gou beterder.
Ai - laat my nou weer dink ... in my kleinkjent jare is 'k nogal baja aangepaas vanni een huis na die anner. Daar was een antie van wie 'k nie veel kon hou nie [al hettik getraai om te probeer] Sy het die gewoonte om oral en alles te wil beter soen, makie saak wat jou kwaal of hartseer of kneusplek was nie. Da loop val ik aspris in die kraal en smeer my elmboog vol nat mis. Hardloop huis toe met 'n aansit huil, en lag in my mou wanner sy daai miskol beter soen. G'n wonner ik hettie lank by een huis kon bly nie.... noulat 'k daaraan dink ... 'K sou self so 'n klein wetter se gaaij velle afgelooi het. Of hom aangepaas het na 'n anner een inni familie om Maatjie se kljent groot te maak.

Anonymous said...

:-), jy's dierbaar Uncle Mac...

Hierso is sommer vir jou 'n klapsoen!

Hey Smousie, dankie vir die storie, dit laat mens nuuskierig en lus vir nog...

Ek vermis 'n Jeweeltjie...?

Anonymous said...

Sterkte liewe Spikkels en baie dankie vir die virrie mooi storie Smousie. Doller as dol die kant want ons hou die blinkkant bo!

Anonymous said...

Sjoe....dankie vir die mooi storietjie Smousie...ek dink jy moet vir ons elke dag so ietsie opsit...net om die gedagtes aan die gang te hou...amper soos n' vervolg verhaal...dan verplig dit ons om elke dag op die plaas in te loer...n' koppie koffie te sluk...ons nuuskierigheid bevredig...want ons sal mos wil weet wat gebeur verder...en woerts warts ...daar gaan ons weer....Ou Kiets dink aan jou...hier by my gaan dit net so erg...ek voel of ek in n' tuimeldroeer gegooi is en niemand sit die skakelaar weer af...so ek bly draai en draai....Nou ja,ek het darem ogies gewys...nou gaan ek in die kooi kruip...en salig myself oorgee aan n' droomlose snooze...lekker slapies almal....xxxx

Unknown said...

Twee outannies wat al jarrrrrrrrre dik vrinne is en net mooi alles saamgedoen het .. amper van hanni-moen af tot kerkbazaars tot ... ouetehuis [aftree oord???] saam saam. Elke middag kom hulle \bymekaar vir tee en koekies en kaartspeel of dambord ... sit die twee so en kaart speel, kyk 'ie een antie op en vra: " haai mens, jy moet my nou verskoon .. maar 'k kan gladnie jou naam onthou nie. Wat is jou naam tog"? Anner anti estaar laank stip na haar en vra:" Wanner wil jy weet"?
Nou - as jy klaar gegiggel 't, mooi tye vir jou. En almal onder jou dak en op jou werf.
Veertjie - het jy daai bajj amooi proagram op Discovery gesien vaan die "Trappers" daa' in Amrikka .. daai oompie is 90 en hy swerf nog dioe berge, slaan self sy Teepee op en ... nee wag, kyk self.

Anonymous said...

Ek is banger vir 'n leër van 100 skape gelei deur 'n leeu - as 100 leeus gelei deur 'n skaap.

Anonymous said...

In the middle of the night, I go walking in my sleep... Ag toggies, nou staan my kop nie stil nie en die slaap ontwyk my...

Anonymous said...

A. G. Visser
Rosa Rosarum

Kom na my tuin waar die donkerrooi rose

Duist're geheime vertrou aan die nag;

Sonnestraal-kusse en suidewind-kose.

Drome en liefde die lang somerdag.


Kom in die soel someraande en luister

-Wanneer die nagwind hul drome verklaar-

Na die veelvuldige blommegefluister,

Bloesem en bloeisel en blad altegaar!


Kom waar die lelie - die blanke, die reine -

Skugter haar bloesem ontbloot aan die maan,

Blou miosotis - die slanke, die kleine -

Met haar vergeet-my-nie-ogies betraan.


Kom as die maanblom - wit sy en satyne -

As 'n vorstinne verskyn in haar prag

Onder die wierook van roos en jasmyne -

Skoonste juweel op die bors van die nag!


Daar in die vywer, bestraal deur Arjana,

Open die lotus haar heilige kelk,

Dan eers bereik sy die hoogste - Nirvana -

As sy in glorie van songloed verwelk.


Bok-bokmakieries sing bly twee gesange

Wanneer die oggend ontwaak in my tuin;

Saans koer die tortel sy lied van verlange

Bo-uit die troost'lose treurwilg se kruin.


Kom in die aand en geniet van haar geure;

Foelie, jasmyn, angelier, minjonet;

Kom in die môre en kies van haar kleure:

Rooi, wit en goud, groen en blou, violet!


Kom as die skitter van dou-diamante,

Rosa Rosarum, in my Paradys,

Dat ek my blomme, my bome, my plante,

Roos van my hart, hulle weerga kan wys!

Anonymous said...

Smousie Smous....dis mooier as mooi....dankie!!!

groeni said...

deel va vadag se preek: leef voluit, doen als wa jy wil, doe dit nou....geniet di lewe, si di mooi... sit hi op my klip en wonner..wi va ons ka se ons doe als wat ons oor droom/dink? wi va ons si regtig di mooi - soos smousie se gedig ons vertel?

Anonymous said...

Hi Groenie....het so aan julle gedink vandag....dis dieselfde boodskap wat ek gekry het toe Hantie gediagnoseer is...LEEF VOLUIT!!!!....

groeni said...

di eerste keer da ek si kerk is te klein! mense moes buite staan..en toe speel/sing hulle als wat my snt en trane lat huil..hy was majoor inni lmag, daai musiek wat hulle speel oppi beul/trompet/ whatever, is een van di ergstes vi my.. maki saki waa ni, selfs oppi tv, huil ek somme. en nou? nou's 'n hoofstuk klaar, nou begint lang (?) nuwe pad met nog 'n engeltji om ons op te pas.

groeni said...

nou's ek kla gedepro... lig koppi hoog, smile virri wereld en gat aan..voluit..skryf daai toetse, doen daai trips..oeeee...ek ga besig wees.:)

Anonymous said...

Ai Groeni jammer vir die verlies hoor! Mirrag almal - ek sien Dana se nuwe boekbekendstelling is die 13de die aand by Menlyn se Exclusive books. Sal graag wil gaan - moet kyk hoe om dit met die kids saam te probeer regkry.

Unknown said...

Groenie - gaan sit eenkant op jou yz sigselwers alleenag met m'siek. Da' vat jy hulle: Captain Sunshine [Nl Dmnd] Sweet Music man, [Knny Rgrs] Morningside [Nl Dmnd] en dan I Am I Said [Nl Dmnd] .. da hyl jy alles leeg ... en dit vat so lank as waddit vat .. en as jy daarvandaan byrie hyzzi kom, dan soek, dink en doen net die goed wat jou laat smaail. Dwerrrgiekjie ken my al sooooo goed, assik met so stjupit smaail op my bakkies rondsit da var sy: Hmmmm, wie v'lang jy v'dag?' ... en in hirri lewe is daar geen mens wat ni eby tye na mense mis watti meer inni rondte issi. Djenjin. ('K sit juis nou "Walk on water" luister. )
Jeweelkjie -- waaaaa jy kjenkjie? Vere? Vlaktes? ... wonner sommer ..
Vi my nog net een slapie da's 'k by my Dwerrrgie... [huh-huh, 'k ganni moraant slaap'ie ...:)☺]

Anonymous said...

Nou's ek ook klaar vir dag...

Jinne Uncle Mac, ek sou ook nie kon slaap nie :-)

Unknown said...

het nettou hirri van maatjie Maretha gekry ... ek moet haar tog nooi om hier aan te doen by tye .. haar 'hubbi' en my Dwergie het saamgeswot, sy stuur aan:
Alt in die Hemelkoor


HAAR Oë WAS GROOT EN KINDERLIK-ONSKULDIG MET 'N SWEEMPIE VAN DIE ONDRAAGLIKE PYN WAT SY VERDUUR TOE SY VRA "MAMMA, KAN EK ALT SING IN LIEWE JESUS SE HEMELKOOR? JUFFROU ANNALIE Sê EK IS 'N ALT, WANT EK KOM NIE DIE
HOë NOTE BY NIE"

EK HET VINNIG WEGGEDRAAI OM KWANSUIS NUWE WATER IN DIE VAAS VAN PIENK ROSE TE TAP EN MY TRANE HET IN DIE WIT HOSPITAALWASBAK GEDRUP TOE EK Sê: "EK IS SEKER LIEWE JESUS HET VIR JOU 'N PLEKKIE TUSSEN DIE ALTE, LIEFIE."
TOE EK 'N RUKKIE LATER MET DROë Oë OMDRAAI, WAS SY VAS AAN DIE SLAAP, HAAR SKRAAL HANDJIE BESKERMEND OM HAAR BRUIN TEDDIEBEER. SY WAS SES JAAR OUD, MY ENIGSTE DOGTERTJIE WAT DEURTREK IS VAN DIE KANKER. DIE DOKTER HET GESê DAT ONS ONS IN DIE LOOP VAN DIE VOLGENDE WEEK GEREED MOES HOU VIR DIE ERGSTE.

HAAR LAASTE WENS WAS DAT ONS HAAR DIERBAARSTE SPEELGOEDJIES IN HAAR SKOOLTASSIE MOES PAK EN DAT SY VIR OULAAS 'N DAG BY HAAR KLEUTERMAATJIES WOU GAAN SPEEL. JUFFROU ANNALIE HET REEDS OP 'N MOOI MANIER AAN DIE
KLEUTERTJIES VERTEL DAT HULLE NOG EEN KEER MET JAMINDA KON SPEEL EN DAT SY DAARNA WEGGAAN OM BY LIEWE JESUS IN DIE HEMEL TE GAAN SPEEL.

JAMINDA SELF HET OOK GEWEET DAT LIEWE JESUS VIR HAAR WAG EN EK HET MET 'N KNOP IN MY KEEL NA MY MAN GEKYK AS SY OPGEWONDE RAAK OOR DIE VOORUITSIG. MY MEISIEKIND SE LAASTE SKOOLDAG HET OP 'N SKAMELE SESJARIGE OUDERDOM
AANGEBREEK.

SY HET VROEGOGGEND VIR MY BEDUIE WATTER BLOMME IN DIE TUIN EK VIR JUFFROU ANNALIE MOES PLUK. "VAN DAARDIE GEELES, MAMMA. JUFFROU ANNALIE Sê ALTYD EK IS 'N REGTE SONSTRAALTJIE IN HAAR LEWE."
DIE KLEIN, BRUIN SKOOLTASSIE WAS GELAAI VAN DIE SPEELGOED. EK GUN JOU DIE LEKKERSTE SPEELDAG VAN JOU LEWE MY KIND, HET EK BEWOë GEDINK TOE EK HAAR UIT DIE MOTOR IN DIE ROLSTOEL TEL.

DIE KLEUTERKLASSIE HET DIE ENE Oë, MAAR VERSKRIK, AGTER JUFFROU ANNALIE BLY STAAN TOE ONS KLAS TOE BEWEEG MET JAMINDA IN HAAR ROLSTOEL. HAAR BESTE MAATJIE, KNOXIE, HET HUIWERIG VORENTOE GETREE EN GEVRA, "MAG EK JAMINDA
STOOT ASSEBLIEF TANNIE?" EN EK HET, DANKBAAR VIR DIE GEBAAR, OORGEGEE AAN MY KLEIN HELPERTJIE. DIT HET DIE YS GEBREEK. BINNE OOMBLIKKE WAS DIE HELE KLAS OM DIE ROLSTOEL GESKAAR. DIRKMAN HET VERNEEM OF DIE ROLSTOEL SE WIELE 'SLIME' IN HET, TERWYL EMMA EN FRANSIEN WOU WEET OF DIE INSPUITINGS SEER WAS.

EK EN JUFFROU ANNALIE HET VERWESE EENKANT TRANE AFGEVEE EN TOE DAPPER BEGIN DEELNEEM AAN DIE KLEUTERS SE SKYNBAAR GEWONE GESPREK.

NA 'N UUR SE GESELS KON EK SIEN DAT DIE OPWINDING BESIG WAS OM SY TOL TE EIS. JAMINDA SE Oë WAS BAIE BLINK IN HAAR BLEEK GESIGGIE; TOE VRA SY OF SY IETS KAN Sê VOOR ONS HUIS TOE GAAN. JUFFROU ANNALIE HET AL DIE KLEUTERS
VOOR HAAR OP DIE MAT LAAT SIT. EN WAT DAARNA GEBEUR HET, HET MY VAN ALLE WOORDE GESTROOP. EK HET AL IN MY ENIGHEID BEGIN WONDER WAAROM DIE BRUIN TASSIE SAAMGEKOM HET.

JAMINDA HET DIE TASSIE OOPGEKINP EN ELKEEN VAN HAAR VYFTIEN KLEUTERMAATJIES BY HUL NAME VORENTOE GEROEP. OP VYFTIEN VAN HAAR GELIEFKOOSDE SPEELGOED HET SY ELKEEN SE NAAM MET PAPIERTJIES EN KLEEFLINT VASGEPLAK.
"EMMA," Sê SY - "JY MOET MY PORSELEIN-TEESTELLETJIE KRY - DINK AAN MY AS JY EN JOU POPPE TEE DRINK."
"DIRKMAN, HIER IS MY FIETSPOMP - JOU FIETS SE WIELE IS MOS ALTYD PAP."
"FRANSIEN, HIER IS MY HARTJIE HANGERTJIE WAARVAN JY SO BAIE HOU. AS JY HOM OOPKNIP, IS DAAR 'N FOTOTJIE
VAN MY IN."

SO HET DIE PYNLIKE UITDELERY AANGEHOU. EN TOE KOM KNOXIE, HAAR SPESIALE MAATJIE, AAN DIE BEURT. EK HET MY NEK GEREK, MAAR DIE BRUIN TASSIE HET VIR MY LEEG GELYK. - HET JAMINDA VAN KNOXIE VERGEET HET EK GEDINK? MAAR NEE,
JAMINDA HET HAAR MEES GELIEFDE SPEELDING VAN HAAR SKOOT AF OPGETEL, EEN LAASTE KYK IN DIE BRUIN TEDDIE SE KRAALOGIES GEGEE EN HOM TOE MET 'N BESLISTE TREKKIE OM HAAR MOND VIR KNOXIE AANGEGEE EN VIR HAAR GESê - "PAS
TEDDIE ASSEBLIEF MOOI OP, WANT EK IS BAIE LIEF VIR HOM, VAT OOK MY BRUIN TASSIE - EK HET KLAAR JOU NAAM IN DIE DEKSEL GESKRYF.

JUFFROU, EK MOET NOU HUIS TOE GAAN. KAN ONS VIR OULAAS STILLE NAG SING?"
BEWERIG HET SY OPGESTAAN EN TUSSEN DIE ALTE GAAN STAAN EN NOG NOOIT HET STILLE NAG SO NA-AAN DIE VAN 'N ENGELEKOOR GEKLINK NIE.

IN DIE MOTOR OP PAD HUIS TOE HET SY TERUGGESIT, VIR MY GEKYK, GEGLIMLAG EN 'N LAASTE TEVREDE SUG GEGEE. EK HET MET TRANE IN MY Oë DADELIK BESEF:

"JAMINDA HET SO PAS AANGEMELD AS ALT BY DIE HEMELKOOR..."


en as jy nie 'n kind van jou eie het nie - gryp sommer iemand anders s'n
in die verbygaan en gee hom/haar 'n stywe drukkie - hoe sal jy ooit weet -
miskien is dit ook vir oulaas.


"The world is round and the place which may seem like the end may also be only the beginning."
~~ Ivy Baker Priest ~~

Anonymous said...

Hoenervleisstorie Mac, dankie. My Petoorskind is al baie groot, maar die drukkie wat ek haar oor twee maande gaan gee sal darem nie minder wees nie. Vlieg jy Vrydag Lagos toe? Wens jou 'n goeie reis en veel sukses daar. Pas julself mooi op. Hoop net jy kom kuier nog oppie plaas, ek kan altyd doen met 'n goeie storie.

Anonymous said...

Goeie môre al die maaitjies!!! Sjoe, wat 'n leesfees was julle woorde, veral Ouma Hamman, Rosa Rosarum en Jaminda. Hie-hie, sit ek toe nou op 'n Donderdagoggend, eerstelig en tjank te lekker!!!

Anonymous said...

Uncle Mac...ek sit hier in my kantoor en lees Jaminda se verhaal...ek huil so dat die trane oor my wange stroom en op my lesenaar plasse maak...ek snuif en vee af maar dit wil nie ophou...die foon lui...ek kan hom nie antwoord...ek is te bewoee...dis die mooiste en hartseerste wat ek in n' lang tyd gelees het....dankie dat jy dit met ons gedeel het....en dit het net my weer laat besef.....GLIMLAG...WEES LIEF VIR MEKAAR.....LEEF!!!.....mooi daggie vir elkeen.....xxxNs....Uncle veilige vlug...en behou kontak....dankie vir jou!!!!

Anonymous said...

Het so bietjie kom inloer vanoggend maar nou moet ek dit in sessies doen, sodra die emosies my oorweldig gaan ek eers weer aan met my werk en dan kom lees ek weer klein stukkie verder tot die trane kom en dan eers weer werk en so gaan ek aan ... Mac dankie vir hierdie aangrypende verhaal, mens het so baie om voor dankbaar te wees.

Anonymous said...

Skies , storie het my so meegevoer dat ek skoon vergeet om te groet. Môre almal , lekker daggie vir julle.

Anonymous said...

Hallo Anonymous!!!! Baie welkom hier op die woordplaas!! ;-)) Hoe was jou dag andersins, Rooikoppie? My dag was pragtig!!! Katjie, ek sal graag Dana se boekvrystelling wil bywoon! Dankie dat jy dit genoem het! Vroulief en Spikkels en Mirrelkind - hoe gaan dit sovér met die eksamens? Ek dink darem so baie aan julle en bid dat al julle harde werk beloon word, hoor? Groenie, wat swot ons volgende jaar?

Kiewiet, daai was 'n regte tranetrekker van Uncle Mac, né? Hoe gaan dit deesdae met jou? Vandag het ek vir Liefkind direk na skool opgelaai, vir haar wonderlike gesonde kos gekook en heel middag rustig saam met haar spandeer. Mag sy altyd die sopraan in my lewe wees!!!

Uncle Mac, moenie dat ek jou vang slaap vanaand nie!! Mag jou reis voorspoedig wees en mag jy elke dag opwindende nuwe mense ontmoet wat jy net eenvoudig met ons MOET deel!!! Dis my wens vir jou en ook dat jy saadjies sal plant langs die pad wat groot vrugte sal dra in die harte van die mense wat jy gaan aanraak met jou besonderse uitreike. God seën jou, Uncle Mac!! Vyf soene!!!

Anonymous said...

Oooooeeee, dit reën te lekker!! Het vanoggend baie vroeg wakker geword van die donderweer wat in ons tuin was, my kop onder die komberse gedruk en gewag vir elke slag... en die wêreld is pragtig skoon vandag!!

Drie van die vyf vir die jaar is nou verby, nog net tweetjies oor... ai, ek hou maar duimvas dat ek almal maak, is nou moeg geswot vir 'n rukkie...en eksamen is sleg.

Uncle Mac, mooi loop!! xxxxx

Ek gaan nou nou loop pannekoek soek, hierdie weer vra om gevier te word!

Anonymous said...

Spikkels waaaaag...ek kom saam...ek is ook lus vir pannekoek.....mmmmm...as daardie suiker en kaneel so in jou mond smelt.....mooi daggie vir elkeen...en dankie tog vir die heerlike reen....onthou die glimlag....xxx

Anonymous said...

Môresê almal, wat 'n heerlike dag, ons Boeta staffie was vreesbevange vir die harde donderslae laasnag, het iemand dalk raad om die arme honde te kalmeer. Jewls met my gaan dit baie goed net jaareind drukte, gelukkig hoef ek nie te leer soos Vroulief en Spikkels nie, maar sterkte vir julle twee. Gaan nou eers lekker koppie koffie soek en miskien dalk ook pannekoek, Spikkels het mens nou net lekker lus gemaak:-)

groeni said...

nou wat ga hie an dat da fol gebeur? ek skink, wi sit saam?

Anonymous said...

Groenie, hier's ek ook nou!! Skink en laat ons vrolik wees - droogwit vir my, dankie!!

Kiewiet, mens kry 'n plantaardige produk by vee-artse te koop wat 'n wonderlike kalmeermiddel vir honde is, maar ongelukkig kom ons donnerweer deesdae so vinnig op ons af, dat daai pilletjie nog nie eers sal begin werk het nie. Ag, tel maar die staffie innie bed en hou hom styf vas!! ;-))

Kaasie, jare gelede het ek in Hazelwood gebly en was daar 'n koffiewinkel met die naam Die Suchebakker. Ek dink my spelling is nou 'n riller!! Laas naweek het ek weer in daai rigting gery en wraggies, daai plek bestaan nog. Krokette en brode en terte en koeke, maar veral krokette, is een van my lekkerste onthoue van daai plek! Toe dink ek weer aan jou! ;-))

Uncle Mac, is jy al veilig? Vlakkies en Vroulief is ook nou te stil na my sin - ek mis julle!!

Waar's die Woordsmous vanaand? Ek het weer lus vir Afrikana, gedigte, mooi stories...

Anonymous said...

Jeweeltjie, mit die lattie smous seker weer sy lôrie vol boeke (of is dit woorde) gelaai het ennie binneland in is om te gat loop boeke (of woorde) smous, sal jy nou maar tevrede moet wees mitte minner verhewe storie van my af.

Sit nou annerag wanner oppe anner plaas by ‘n Kampviertjie, toe vertellie een ou vannie kleinhysies oppie vlieveld in daai woestynland Doebai. Glo wonnerlike affêrings wattie Arabiere daar geloop sta’ ytdink het. Sit druk glo so lekker rustig en staar yt oorie woestyn da’ skeerie ding sommer ok jou baard en was jou hare en sommer nog op alleranne anner plekke wat lat ek nou nie hier van wil vertellie, want hier’s ordentlike mense hier. Toe vertellie anner manne van anner kleinhysies wat hulle al inne bos geloop besoek het en wys glad kiekies daarvan. Waaroor lat mens nou wil kiekies neem van kleinhysies sal ek nou nie weetie. Dis die lat ek toe nou virrie manne die storie loop sta’ vertel.

Die stories wat lat julle nou so vertel lat my dink aane aangename verrassing jare trug. Ek was in Angola innie oorlog. Of so het hulle vir my gevertel. Ek moet oorlog toe. Toe gat loop laai hulle my daar innie bos naby ‘n plek mittie naam Mavinga af mittie vliemasien. Maar daar’s g’n niks oorlog nie. Net oorlogvliemasiene en oorlog lôries en oorlog mense. En o ja, die dorp is flinters geskiet. Maar dit moes lank trug gewees het, want daar’s g’n dooi mens innie hele dorp insiggie. Nie eers een oop winkelie. Toe ek da’ nou vra waar lattie oorlog nou is, toe bedye hulle vir my ver syntoe na die noorde toe. Hierie is maar nettie plek waarlattie vliemasiene kom sit en da’ laai hulle die goeters vannie vliemasiene af en da’ laai hulle dit op lôries en da’ stier hulle dit noord na die manne toe wat lattie oorlog maak.

Dis die lat ek toe nou vir hulle bedye lat dit dan nou nie is waarlat ek moet weesie. Hulle het my by die verkere plek geloop sta’ aflaai. Nee, sê die kommedant, dis waar lat ek moet wees. Ek sê nee, hulle het vir my gesê ek moet oolog toe. En hierie affêring lyk vir my g’n steek na oorloggie. So sê die kommedant maar hulle het my norag. En ek sê die manne daar voor innie oorlog het my norager. Toe’s dit nou een woord oppie anner en ek sê laterhand virrie Kommedant ek weet vanne anner ou wat ok oppad is. Hy moes saam mit my gekom het, maar oorlat hy baie bang is vir sy vrou het hy gevra lat hulle hom nog virre rukkie by die hys moet lat bly totlat sy vrou klaar geverjaar het. En oorlat hy nou so bang is vir sy vrou sal dit mos nou beter wees as hulle hom hier kan lat bly waarlat daar nou nie oorlog issie. Da’ hoef hulle mos nou nie bang te wees lattie man sal bang word vannie oorlog okkie. Dan kan ek na die oorlog toe gaan soos wat hulle vir my gesê het.

Toe sê die Kommedant dit klink vir hom na ‘n goeie plan. Maar hy sê ek moet nog daai aand oppie vliemasien klim trug Sydwes, Rundu toe. Da’ moet ek daar virrie een belangrike ou gat loop bedye lat ons saamstem oorie plan. Da’ moet ek sommer ook daar ‘n boks Bybels kry vir sy troepe wattie vliemasiene ennie lôries op en aflaai en die saam trugbring oppie vliemasien die annerag aand.

So toe nou gesê, so gemaak. Toe ek daai anneragaand weer oppie vlieveld afklim, issie kommedant daar. Hy’s toe nou oppad trug hystoe. Hy bedye toe nou vir my lat daar ‘n hele konvooi lôries is wattie annerag agtermarrag ry. Hulle is vol kanonkoels ennie manne daar voor by die oorlog het baie kanonkoels norag. En mit die lat ek da’ ok nou na die manne vannie kanonne toe moet gat loop sta’ gaan, is dit sommer nou ‘n goeie plan lat ek saam mittie lôries mittie kanonkoels moet ry. Ek sê vir hom nee maar dis reg, maar ek weetie van kanonne affie. Ek weet net van voetsoldate. Hy sê maakie saakie, die kanonmanne het my norag en hulle is ok innie oorlog.

Dis da’ nou mit die lat ek toe nou die annerag agtermirrag voor innie lôrie vol kanonkoels daar weg is na die front kort deeskant Quito. Hulle ry altyd innie agtermarrag solat as hulle by die plekke kom waar lattie vyand se vliemasiene mit hulle se groot bomme rondvlie, die vyand se vliemanne nie die konvooi lôries mittie kanonkoels op kan loop sta’ raaksien en hulle se bomme oppie lôries afgooi nie. Ka’ jy nou dink wat virre moerse boggerop dit nou sal afgee as daai klomp bomme en daai klomp kanonkoels nou saam gat loop sta’ontplof.

So iewers innie dysternis van 'n bewolkte reënerage Angolanag kom ons by die aanvulpunt innie Lomba aan waarie lôries moet loop sta’ volgemaak worre. Toe die drywers nou besag is ommie lôries vol te maak, vattie een sammajoor ons na ‘n klomp tiffies se warm kombuis waar 'n lekker vuurtjie brand in hulle se tysgemaakte Welcome Dover. Die natuur roep en ek vra vir hulle waar lattie kleinhysie is. Die sammajoor beduie my in 'n paadjie af. Hy sê as ek nou so al mit die paadjie af so tussenie bosse deer sta’ loop, kan ekkie innie donker loop sta’ verdwaalie. Die paadjie loop dood innie kleinhysie se deer.

So is ek toe innie donkerte ennie motreën die paadjie af tot waar lat ek so half aanvoel lat ek nou by sy einde is. Ek draai toe om, trek my broek af en tru innie kleinhysie in, menende lat ek dam nou nie die pot so sal kan mis sittie. Toe ek my sit gat loop sta’ kry, smaak dit my ek sit da’ nou op iemand se bed. Ek staan toe eers weer op en bevoel hierdie affêring innie donkerte. Mens kan g’n snars om jou sien nie. En ek is mos dam nou ordintlik groot gemaak en wil dam nou okkie my ding doen op 'n slapende tiffie se koppie. Dis toe lat ek nou 'n regte ordintlike outydse hout kleinhysiebank voel soos inne plaaskleinhuisie. Maar daar is 'n stuk sponsmatras oppie bank mitte gat ingesny. Nie een van daai plastiek goeters wat lat hulle altyd innie oorlog gebrykie. So kry ek my sit en genietie beste plasie van my lewe waar ek da’ toe nou so oppie sponsmatras sit en innie donkerte instaar en dink oor hoe gelukkig ek nou is lat ek nou innie mirrel van Angola innie mirrel van ‘n stikdonker nag innie mirrel vanne oorlog rustig soos oppe rusbank my ding kan sit doen.

Toe ek trug kom innie tiffies se kombuis kompliminteer ekkie sammajoor met hulle geriefie - innie ware sin vannie woord. Seggie Sammajoor ewe droog vir my: Enige bojaan kan ongemaklik wees. Ai, verlang ek nou na onse Bojaan daar in Ingeland.

Anonymous said...

Ja enige bojaan kan universieël ongemaklik wees. Tot daar oppie koue enamel in Ingeland.

Anonymous said...

Liewe Vlakkies, ek het my nou so sit en inleef in die geriefie storie van jou en jou pogings om in die voorste gevegslinie van Angola te wees. Sjoe, jy KAN 'n storie vertel!!!! Jy het my dag gemaak - vyf soene!!!

Vroulief, hoe vér trek jy met 'Annerkant die longdrop?' Jy moet nou klaarkry met die eksamens sodat ons weer 'n slag lekker kan kuier!!

Hallo Smousie!!!!

Anonymous said...

BOKKEEEEE!!! Wonder of Ondier op die Millenium-stadion was... Ek is oortuig daarvan dat hy heeltemal verleer het om Afrikaans te praat en tien teen een nou 'n Engelse span ondersteun, hê Bojaan? ;-))

Ek het amper vergeet om hierdie storie met julle te deel: 'n Dokter wat saam met my werk, het jare gelede 'n plaas in Carolina gehad. Toe kry sy vrou nou verlangens en wil terugloop op spoortjies en so vind die twee hulle oppad Carolina toe die anderdag. In die hoofstraat is hulle heeltemal geskok om te sien hoeveel padstalletjies oorgeneem het en hoeveel besighede toegemaak staan. Hulle stop toe om bietjie met die locals te praat en hulle groentes en vrugtes te bekyk. Terwyl Vroutjie begeesterd koop, wonder Dr. hoe hulle hul vars produkte vars hou oornag en vra toe die vraag waaroor hy so wonder aan 'n bêkkige een wat baie praat. "Nee", sê Bêkkig, "ons het 'n deal met die mortuary dat ons hierdie goed elke aand in een van hulle laaie stoor..."

Anonymous said...

Reen en nogmaals reen...en ek kla nie ...ek is sooo bly...alles is sopnat, papnat, waternat....en as jy so uitkyk by die deur, hoor jy feitlik hoe groei die gras en die blomme lug hul koppe....Sjoe ,dit was nodig...die droogte ding het begin pla....so vandag sit ek in die huis...maak heerlike Beesstert..pampoen,boontjies ,ens ens...en die hele huis ruik so heerlik huislik.....Guyver slaap snoesig onder sy kombersie...en purrrr...tevrede as ek so oor sy kop vryf en seker maak hy is nog warm toe....mag elkeen hierdie Sondag rustig beleef....wees snoesig en geniet elke oomblik...xxxx

Anonymous said...

Môre, Robyn!!! Hierdie soentjies-reën maak my net verlang... Oe, jou Sondagkos klink heeeerlik!! Ek maak vandag aartappel en biltongsop omdat dit so bibberkoud is!! Wonder wat Vlakkies en Kaasie doen om vandag warm te bly?

Anonymous said...

Niks Jeweeltjie, die lekker warm Afrika son skyn my sommer warm. Dis net snags bietjie koelerag.

Anonymous said...

Ek haat Sondagmiddag!!!!!!!!! Maar dit het niks te doene met die eensaam-gevoel wat mens kry direk na middagete nie. Ag, eintlik voel ek meeste van Sondae mistroostig, maar wanneer ander mense ook mistroostig voel en hulleself probeer opgewonde maak deur hulle klein hondjies vir stappies te neem deur my buurt, dan verloor ek dit bietjie!!! My twee boernale glo mos dat hulle die straat-goetertjies moet aanval maar omdat daar staalheinings tussen hulle staan, val hulle mekaar aan... Die heel ergste is wanneer die bure se twee seuntjies en hulle tjommies afkoel in die swembad en die speletjie speel: "Adaaaaam?" en dan moet iemand anders "Evaaaaaa" skree. Dan soek-soek hulle mekaar!! Ek moes wraggies 45 jaar oud word om te weet hoekom my Pa so beneuk was al sy lewe!!!! ;-))

Anonymous said...

Ai tannie Jewls, dis erg... :-)

Anonymous said...

Sjoe dit was nou 'n lekker Sondag. Ernstig gekuier. My swaer se verjaarsdag gevier in die eeueoue dorpie Harderwijk. Ek is so bly hy is met my sussie getroud want hy sorg vir groot feeste. En my liewe moedertjie het weer lekker saamgekuier na haar gesondheidsprobleme van die laaste paar weke. Saak is reg! - Robyntjie, jou tuin gaan weer die mooiste wees na hierdie lentereën, en Guyver is 'n gelukkige diertjie. - Jeweeltjie, maak daai hek oop en die klein hondjies is geskiedenis. En wat Adam en Eva betref, gooi 'n appel oor die heining, jy ken mos die storie. - Mag die nuwe week vir julle almal onvergeetlik wees.

Anonymous said...

Groot nuus! Die Hollandse rugbyspan het met 29-10 gewen van Letland! As julle wil weet waar is Letland; Google!

Anonymous said...

Hie Hie...Jewlsie,en ek dag dis net ek wat so grommig raak as ek my Sondag middag snoozie vat en iemand of iets steur my....my huismense weet...loop katvoet op n' Sondag middag tot 3uur anders is die gort gaar....Patrysie,hou op giggel...dit is hoe dit is!!!....Kasie...jou partytjie klink so hemels...so met die familie saam....ek is skoon jaloers...geluk ook aan die Hollandse span....Ai,ons het die heerlikste reen gehad deur die naweek...en ja,die gras en tuin begin mooi lyk...alles is so skoon en vars....wonner wat maak Uncle Mac.....is hy veilig....Uncle ,jy moet ons nie vergeet!!!!.....Vlakkies, so bly jou koneksie is weer op dreef...aan almal wat eksamens en toetse skryf....STERKTE!!!...Smousie,jy moet nou nie dat die Apies jou weer wegspoel/verspoel/uitspoel...vertel ons wat jy doen en sien en beleef....Kiets,waar is jy....Mooi dag aan elkeen...en mag hierdie week vol beloftes van aangename ervarings wees....GLIMLAG!!!!...dis verniet...dankie tog!!!!....xxxxx

Anonymous said...

More mroe julle almal so op die reënerige Maandagoggend. Besige week voor my - en ek sal nooit op julle lekker kekkel kan inhaal nie! Mag julle almal 'n huppel in die stap lekker week hê!

Anonymous said...

Ai Oompie, daai storie van jou het my so laat huil. Dan kyk ek na daai ou Kleinkatjie dogtertjielyfie, ai, dit moet onmoontlik vir 'n ouer wees.Kan julle glo die katgesin het almal 'n middagslapie gistermiddag gemaak - ek dink dis maar die 3de keer ooit!

Anonymous said...

In Vino Veritas!!! Hallo al die plaas maters! Siende dat die fees seisoen met ons is het ek dit goed gedink om n lekker resep hier te plaas vir julle.

Vodka & Red Bull Christmas Cake
Ingredients:
1 cup water
1 cup of brown sugar
1 tsp baking soda
1 cup of sugar
1 tsp salt Lemon Juice
4 large eggs Nuts
1 bottle of Vodka
1 can of Red Bull
2 cups dried fruit
Method:
1. Sample the vodka to check the quality.
2. Take a large bowl, check the vodka again.
3. To be sure it is of the highest quality, pour one level cup and mix with a little red bull and drink.
4. Repeat.
5. Turn on the electric mixer, beat one cup of butter in a large fluffy bowl.
6. Add one teaspoon of sugar. Beat again.
7. At this point its is best to make sure the vodka is still ok.
8. Flavour with red bull to taste.
9. Try another cup - just in case turn off the mixerer.
10. Break two leggs and add to the bowl and chuck in the cup of dried fruit.
11. Pick fruit off floor
12. Mix on the turner.
13. If the dried fruit gets stuck in the beaterers, pry it loose with a drewscriver.
14. Shample the vodka to check for tonsisticitity, flavour with a little Bed Rull.
15. Next ssiffft two cups of salt. Or something … Who giveshz a shi**
16. Throw a pinch of Bed Rull over your shoulder
17. Pick up the can, mop the floor
18. Check the vodka
19. Now shift the lemon juice and strain your nuts.
20. Add one table.
21. Add a shpoon of shugar, or somefink. Whatever you can find.
22. Turn the cake tin 360 degrees and try not to fall over..
23. Don't forget to beat off the turner
24. Finally, throw the bowl through the window, finish the vodka and kick the dog.
25. Fall into bed.

CHERRY MISTMAS

Anonymous said...

Makoutjie!!!!....jou liewe lawwe ding....ek kan my die prentjie net voorstel.....hie hie hie....wel,ten minste gaan jy die Kersseisoen geniet na al die manewales!!!!

Anonymous said...

Juweeltjie val flou!!!! Hallooooou Makouuuu!!!!
Jitte, dis nou lekker om jou weer te sien - en snaaks soos altyd!! Mwha, mwha, mwha!!

Anonymous said...

Kaasie, ek ken nie die storie van om 'n appel oor die heining te gooi nie, maar vertel asb!!! So bly om te hoor jou Ma se gesondheid is beter en dat sy weer lekker kon saamkuier!!

Rooikoppie, gatsaag jy nog? Of is jy te besig om te woel in jou tuin? Ek moes maar self inspring en begin grassny vandag want my werker het nooit weer opgedaag sedert 5 weke gelede nie. Die reën was wel baie nodig, maar dit maak my werk ook soveel meer!!!

Vlakkies, ek is bly jy kry nog bedags warm. Gaan die temperature in Kleinland nog verder daal of is dit nou die koudste van die winter? En wat sien jy wat mooi is? Jy vertel ook nooit meer van die natuur en snaakse goedjies wat jy beleef nie!! Ek mis dit!!!

Anonymous said...

Boodskap van Uncle Mac: "heijdaa uit Lagos. Murrr warm hie marik vbeel my ek is by 'n rezort met masiwe suna (humid draal so ini haai nainties %) natierlik isik by my Dwergi so enagiets wat kom vattik so ini stride. SAL het my tasse viloor mar met hiri loop k snr draad kleer. Glukag het k groot pens so die afshow is limited. Ek sweet so ek het 3 dae laas mus pipi. Verder ganit gut hie ini vreemde. Maar tipies Afrika probleme maar dis hukom k hier is en nie in Oz of NZ nie. Het noggi imyl ie so k sms maar deel meddi plaasmense en grutnis vi ammal. Die Uncle."

Anonymous said...

Jewlsie...die gatsaag staan so op sy ou plekkie....smeek vir aandag...ek oefen en oefen by die gym...maar gatsaagie ry....wel,ek moet myself dwing....die pad waarop moet oefen....het intussen ontaard in n' renbaan...en die vervoermiddel vir die eens agtergeblewendes het ook sy aandeel in my skuheid vir die pad vat...hulle het geen respek vir die fietsryer.....en bestuur roekeloos en te na aan jou...en as jy uitswenk beland jy op die gruis...jy gly en val jouself katswink....twee van my mede gatsaagryers is in die afgelope tye erg beseer....so nou is ek vir eers op my 4wheeler in die boendoes....tot iemand my daar ook begin verpes....dis net waar ek gaan ry is dit amper soo Russian roulet...daar Blaster Scramblers 4wheelers...4x4 bakkies...en almal doen hul ding...so nou en dan kom iemand te skielik om die draai...jy swenk uit...waai met die hand...en gaan voort...so almal is half versigtig maar ook waaghalsig...jy luister en kyk maar soos jy ry....dis vet pret en ure se vermaak....soms hou jy stil en kyk na die 4x4's se manewales...probeer -probeer weer en gly terug die wal is hoog en baie steil....as hulle moed opgee....ry ons verby en kruip daardie einste wal uit sonder enige moeite....was die manne net te haastig of weet hulle nie hoe....of is die fietsie net sterk genoeg...sal nie kan sê...weet net jou hart spring amper uit jou borskas van opgewondenheid...want hulle kyk jou so half ongelowig aan...hie hie hie....Uncle, dankie vir jou boodskappie ...so getrou afgelewer deur Jewlsie...goed om te weet jy is veilig...laat die SAL jou nou so in die steek laat...ai,en dit in die vreemde....laat weet ons van al jou ervaringe...en ja,Vlakkies ons mis jou vertellinge van die omgewing...en jou doen en late...julle ouens moet weet..ons sal nooit die voorreg hê om daar te kom...julle is ons oge en ore...en jul vertellinge neem ons op vêr paaie....rustige nag aan almal...xxxxx

Anonymous said...

Rooikoppie, ek is bly jy ry nie meer gatsagie nie, baie bly...

En jou bêkkie moet jam kry!! Hierdie maters weet nie eers hoe lekker ons saam met hulle reis en bly is oor elke brokkie nuus wat met ons gedeel word nie...

Skitterende dag vir julle almal!!! xxxxx

Anonymous said...

Reen... reen lieflike reen.....val in die lane val om ons heen...tralala tralala...ai,ek verlang na die veld....die veldblomme.... die berge....die stroompies...en net weer menswees....

Unknown said...

More more julle almal! Ai Makou! Lekker om jou weer heir te sien. En Jeweeltjie, dankie vri die Oompie se boodskap - dit word regtig waardeer. Die bousites is agter, die mense kla, en dit reën te lekker - ek kan nie help om daarvan te hou nie. Sie ou hondjies is net erg verveeld - vir hulle is dit glad nie lekker nie.

Anonymous said...

SMOUS HEEEELLLLPPP!!!! Was dit AG Visser wat daai resitasie geskrywe het oorie rosie wat op haar se dorinkie gat loop sta' sit het? Hoe gaan hy nou weer?

Hein? Wie's Hein? Jy praat so al of jy ons ken. En da' loop sta' loop jy ok by die bouplekke rond, nes onse Straatkietsie wat dese dae smaak my so op straat rondlê lat sy nie tyd het om hier oppie stoep 'n koffietjie te kom wegslaan nie.

Anonymous said...

Dankie Hein. Sal so nou en dan kom gesig wys. Vlaktes, die Hein is mos ons eie Zouga/Ramkat! Hy't daar by die Steak n Ale uit die closet gekom. :-)

Anonymous said...

its ja, dis inderdaad Hein /Zouga en ek het geen idee hoe ekke soos hy "gepos" het nie. Moes hierdie outomatiesse identitet ding van Mozilla gewees het - maar ja VLakkies, dit was die straatkietsie en nie hy nie. En hier si ek vir my koffietjie!

Anonymous said...

Vlakkies oom Vissie, sover my kennis strek, het sy rose net met liefde uitgedeel en het nooit enetjie in die steek gelaat of gesit nie.

Anonymous said...

Kietsie, ek het gedink dissie vonk-affêring wat jou 'n streep getrek het. Dis net jy wat oppie bouplekke gat loop sta' rondloop. En Watervoël, ek het oppie bakkiesboekvonk al vir Zouga gesien. So ek weet hy is eintlik Hein. Maar dis dam lekker om jou ok weer virre slag hier rond te sien. SMOUS!! Waar's jy? Weer vort mit jou roeibootjie? Ek soek daai resitasie.

Anonymous said...

En daar praat ek ennie Smousie toe glyk. Ek is so bly jy dobberie iewerster rond nie. Ek ondou so 'n resitasie vannie rosie wat haar se dorinkie gat loop sta' sit het. Wie sou hom geskrywe het? Ek weet dissie Rosa Rosarum nie.

Anonymous said...

Ek kan sien dis volmaan... ;-))

Anonymous said...

Met jou oë gesien? Dis mooi... ;-)

Anonymous said...

Klitsgrassie!! Die volmaan boer so deur die miswolke, kry nêrens vastrapplek nie! Soek jou hier, soek jou daar...

Anonymous said...

Ek sien boggerrol, net swart reënwolke. Seker leegmaan.

Anonymous said...

More almal! Vars vrolike reënerige oggend! Ai dink to g aan ou Kleinkietsie - ons het agtergekom sy word geboelie by die skooltjie. Sy is die jongste in haar klassie, sien.

Anonymous said...

My hartjie is seer (gelukkig is dit al wat seer is, behalwe vir my linkerknie en die bewerigheid wat nie wil weg nie...)... Ek't my kar gestamp vanoggend, baie hard, teen 'n baie harde Nissan Hardbody se agterkant... My karretjie is baie seer... :-( Die skade is groot, die "radiator" is in sy maai, die "bonnet" ook, die ligte, die "bumper", alles... en die ander ou het nie eers 'n skrapie nie... :-(

groeni said...

AG FK! NEE MAN KOLLE! JY OK?

Anonymous said...

Kom sit dat ek kan kyk na almal se seerplekkies vanoggend. Katjie, dis 'n goeie ding dat kinders so jonk al begin leer hoe om boelies te hanteer want boelies gaan sy mee te doene kry vir die res van haar lewe! Jy en Zouga sal haar verseker nou die regte leiding gee alhoewel ek weet hoe 'n ma-hart oor sulke dinge voel. Ek dink aan julle en leer vir Kleinkatjie dat 'n boelie eintlik 'n bangbroek is!!!

Ag Spikkels, wat het dan gebeur? Met die nat paaie moet mens ook so versigtig bestuur. Hoe kan ek vir jou help anders as om 'n pleistertjie te plak op daai seer knieggie en vir jou 'n drukkie te gee? Jammer om te hoor van al jou skade, hoor?

Anonymous said...

Spikkels...ag nee man,hoe dan nou...Is jy darem ok....die paai is snt glad so met die reen...en n' bakkie se agterstewe kliphard...so jammer om te hoor va jou skade....sien die blink kant va alles....jy is nog ok...en dis wat tel....dis net die ongerief nou so sonder jou ryding...STERKTE!!! ek het ook die maa so beloer gisteraand oppad gym toe...my hart het so pluk gegee...dit het gelyk of daar so wasigheid om die maan lê...so vreeslik pragtig....Kiets,jammer ook om te hoor van kleinkiets se ongelukkigheid...dis so moeilik...ons as ouers wil sommer inspring en veg vir ons kind se behoud en belange...maar dit werk nie altyd so...en jy moet gedwee net raad gee en n' drukkie...dis deel van die grootword proses...en nie altyd maklik...as dit ernstig is moet julle maar met die onderwyseres praat...dit kan n' kind baie knou as mens nie behoorlik werk maak daarvan...en jare later is dit nog n' probleem....Kasie,hoe klink jy dan nou so swartgallig..mmmm...die tyd kruip nader en nader...☺☺☺....mooi dag vir elkeen....en Spikkeltjie...hier is n' glasie pienk melkies vir jou...xxxx

Anonymous said...

Petrysie mhhhhh. Ek dink dis hoe mens 'n drukkie skryf. En hier's ene vir Kleinkietsie ok mhhhhhhh.

Anonymous said...

Ek wil sommer daai harde kar mhhhhhr. Ek dink dis hoe mens 'n drukkie met 'n vuis spel.....

Anonymous said...

Ek kom nou eers agter ek het julle begroet as "anonymous"...dis ek Rooikop, Spikkeltjies....hoop jou lyfie is nie seer en gestres en stram....na so insident trek alles mos saam....veilig ry almal...ek is nou op pad...xxxx

Anonymous said...

Ek is darem okay, nou by ma'le se huis, skryf more-oggend eksamen. Karretjie by die paneelklopper afgelaai, kon haar nie tot daar self ry nie, moes haar op 'n wa laai want die verkoeler is kapot. Weet nie rerig wat gebeur het nie, kon net nie my stop betyds genoeg kry nie en toe is dit te laat. In spitsverkeer. Gelukkig het ek 'n goeie baas, het hom eerste gebel en hy't dadelik kom help. Pa-goed te ver, Gentleman in Swaziland. En nou's ek letterlik karloos in Arcadia :-) Skade nogal erg, alles moet vervang word en kan nie net reggemaak word nie. Gelukkig is ek verseker, maar moet steeds 'n bybetaling maak. Darem tien keer minder as wat die skade is...

Nou ja toe, ek moet aan die leer kom as ek enigsins more 'n sinvolle sin geskryf wil kry...

Lekker aand maters!!

xxx

Anonymous said...

Ek was nie op die milleniumstadium nie. Arme Walliesers, hulle vier nou nog fees, mens sou dink hulle het die wereldbeker gewen. Oor hulle net met 5 punte geverloor het. Dis koud ja. Maar ek is darem nie ongemaklik nie, want ek's nie enige bojaan nie. En laas week was ek in Afrika, maar die son het nie so baie geskyn nie want al Hargeisa se reën het daar geval. En ek kan nog Afrikaans praat, sal seker nooit ordentlik leer engels praat nie. Het gewonder hoekom tuit my ore.

Anonymous said...

Nou wonner ek offie enamel skalksies oorgetrek is mette cosey....Naand Krans se Kind.

Anonymous said...

Bojaan!!!!!.....ek skree so hard die kranse antwood byna....as dit so aangaan is ons plaas stoep een van die dae weer voltallig....vertel hoe gaan dit,en wat het jy gesien/gedoen wat interesant is......Smousie....as jy gisteraand naby die Apies was.....dan weet ek nie so mooi....hy het nou behoorlik afgekom...jy sou moes klou aan daardie bootjie en boeke....Spikkeltjies,hoop daardie verstandjie is helder en dat jy goed vaar.....die ongeluk ding kan mens mos so effe ontspoor....nou waar is die res van die familie vandag....Uncle Mac....werk jou vonkie al...stuur bietjie vir ons nuus....mooi dag vir elkeen....xxx

groeni said...

fk! nou weet ons hoekom dit so baie reen! lo bojaan... ek het gehoor en moes eers self kom kyk....
lo da almal...baaai tot vanaand

Anonymous said...

Krans se Kind!!! Kostelik Smousie!! Ek sien Bojaan het kom draaigooi by ons maar ek is nou te bang om enig-iets verder oor hom te sê want dan begin sy ore tuit as hy op sy cosey enamel sit en verlang... Ondier, hoe was dit in Ethiopië? Is die mense daar nog so maer?

Spikkels, hoe het dit met jou eksamen gegaan? Ek het besonder baie aan jou gedink vandag!!!! Vyf soene en tien drukkies vir jou, hoor?

Anonymous said...

WB!! Hoe het ek nie verlang daarna om dit weer te sê nie: WATERBOBBEJAAN!!!!!!!!!!!!!!! Jou harige ongedierte, mmmmmwah! oppie wang!!!

Jitte, ek's rerig bly hierdie week is byna verby. Was nie die beste wat ek al beleef het nie... het gisteraand vir Pa-goed gesê dis seker die duurste k@#%$kkies wat ek nog aangejaag het, toe lag hy en sê ja, ten minste erken jy dit... Gelukkig het my versekering die kwotasie goedgekeur. En laat ek die ook vertel: ek het in Oktober besluit om ander versekering op my kar uit te neem, waar die premie goedkoper is. Besluit toe op Outsurance, en was van die 1ste November by hulle. Was vir 'n volle twaalf dae by hulle verseker en het een volle premie betaal, toe eis ek die eerste keer. My "Outbonus" is nou daarmee heen :-))

En hoop maar dit het goed gegaan met die eksamen, kan nooit sê nie. Het al gebeur dat ek sê dit was maklik dan dop ek of dit was moeilik dan maak ek dit. So ek sal kan sê hoe dit was wanneer die uitslae oor so ses weke kom. En nog net Maandag enetjie skryf dan's ek klaar vir die jaar.

Nou ja, ek gaan nou werk dat die dag vinnig kan verby kom. Is lus vir naweek hou en niks doen...!

:-)

Anonymous said...

Ondier, hier kom 'n allemintige donderstormpie aan!! Swart wolke, blitse, wind en donkerte... Petoorsdorp-maaitjies, wees asb. veilig!!! Veral Spikkels met die geleende motor!!! ;-)) xxxxx

Anonymous said...

Gits,so dis hoekom ons sulke reënweer het! Ondier, jou liewe liewe ding. Moet nou net nie weer verwyn nie! Assemblief! Dankie vir al die mooi woorde vir Kleinkiets. Het darem gehoor sy en boelie gaan nie volgende jaar in dieslefde klassie wees nie! En die onnies help hou om haar in ander maatjies se rigting te stuur.

Ag ou Spikkel, my hartjie is baie seer vir jou en die karretjie. Ai, dis darem sleg. As ons spaarkar nou nie self oppad paneelklopper toe was nie het ek hom vir jou geleen.

Lekker slaap almal! Arme Zouga werk laat en ekke gaan nou bad. Gebedjies asb vir klein Leon - die arme manneki het een of ander vreemde virus wat hom gedaan laat voel en hoë koors gee.

Liefde en lig vir almal!

Anonymous said...

Ag jittetjie tog!! Ek wil net kom hallo sê dan moet ek hoor onse Spikkel-patrys het haar neusie gestamp..Ek sal ook maar saam troos.. Patrys, dit gebeur so maklik, en nie omdat jy 'n dom bestuurder is nie.. dit gebeur net maklik on ons soort verkeer... Sterkte hoor!!

Plaasmaats, as als goedgaan, is ek more klaar ge-eksamen, en sal dit nie 'n blye dag wees nie! Vroulief is poegaai, pootuit, oor-en-verby-moeg. Hierdie leerdery het my ingehaal.

Julle moet maar more aan my dink wanneer ek die laaste vraestel uhm, skryf, of tik, of iets... As ek uitstap het ek my punte, en weet ek of ek dit gemaak het, en klaar is of nie...

Rustige dag vir almal.. myne is so leerderig!

Anonymous said...

Sterkte Vroulief vir die laaste stukkie tot by die wenstreep! Ai, ek dink nou ek gaan baie hê om te lees en dan sien ek dit was stiller as doodstil op die plaas. Lekker week - myne an besig wees.

Anonymous said...

Spikkeltjies,nog een slapie!!!!.....dan jou spesiale groot dag.....as dit dol gaan môre oggend wil ek nie laaste wees om jou geluk te wens....soooo....nou is ek totaal voor op die wa....Baie, baie geluk met jou verjaardag....mag hierdie dag spesiaal wees en die jaar vorentoe net vol pret, plesier en liefde...geniet elke oomblik...Mwa...Mwa...Mwa....

Anonymous said...

Vroulief, HOE was daai eksamen vandag? Ek voel of ek wil heeltyd hoe-hoe want ek het so baie vrae!! Spikkels, HOE het dit met jou eksamens gegaan en HOE vorder daai meganiese herstelwerke aan jou motor? HOE gaan dit met Leon, Katjie? En met Kleintkatjie en die boelie? Smousie, HOE vér het jou geel bootjie in die Apies afgespoel na ons onlangse, elkedagse staatdiensdonderstormpies!! Dis 'n lekker woord daai!!! Ek sien julle is almal so stil. Hoop dit gaan goed in julle lewens en dat julle elke dag rooflees...

Rooikoppie, sies vir jou!! Môre-oggend wou ek julle almal voorspring, maar toe doen jy dit voor my!! Is daar nie 'n Blomkind wat ook môre verjaar nie? Vroulief en Vlakkies, baie geluk met julle Mooiste se verjaarsdag! En al is ek tweede... ;-(... Klitsgrassie, mag die Here jou seën!!! Jy is kosbaar!!! ♪♪♫♪♪♫ (Hoe maak mens hartjies en drukkies?) Die soentjies los ek vir Gentleman...!!!! ;-))

Anonymous said...

Sjoe maar die plaas is stil!! Noudat ek al die kwinkslae en prettigheid sooo nodig het, is dit doodstil op die plaas.
Jewlsie, die 'ksamen van vandag het goed verloop. Dis afgehandel, oor-en-verby!! Gelukkig stap mens uit daai rekenaartoetse met die punte onder jou blad... G'n onsekerheid of 'n gewonder en ge-naelskou nie!
Nou moet ek nog net die een riller-vraestel se punte kry.. Ek dink nie ek kon goed doen met daai een nie! Al die res sal deur wees, en selfs goed deur, maar ek het nou vrede. Daai een vraestel gee my nog steeds slapelose nagte.

Maar vannag gaan ek die slaap van die regverdiges slaap.. Vroulief is poegaai!

Mense ek het gladnie geregistreer dat Spikkel-patrys ook more verjaar nie.. Ek hoop dis die wonderlikste jaar van jou lewe wat more begin, Spikkel-patrys.
Hoop die Here hou jou vas, seen jou met Sy keur.

Nou moet nog net Middelkind ook klaarkry met sy goed, dat hierdie huishouding weer na normaal kan terugkeer.

Lekker slaap almal!

Anonymous said...

Nog 'n lewensjaar het sy onthoue op jou lewensdoek afgeskilder en jou nuwe lewensjaar staan reg vir kwas en palet. My wens vir die komende jaar is dat die Lewensskilder jou doek met Sy meesterwerke sal vul. Lekker verjaar Spikkels.

Anonymous said...

Petrysie, baie geluk oorlat jy verjaar. Mag jy 'n mooi en ongelukvrye nuwe jaar hê. En mag jou leerdery en punte jou leermeesters in vervoering hê. En mag jy ennie Jintelman die jaar nog meer sterre innie oge hê. En mag ons Vader jou en julle styf vashou elke dag van hierie jaar.

Anonymous said...

Hallo-sê aan almal, het bietjie lanklaas kom kyk wat hier op die stoep aangaan. Patrys mag dit vir jou 'n wonderlike dag wees!!! 'n Verjaarsdag bly maar lekker maak nie saak hoe oud mens word nie...die omgee van jou geliefdes en vriende is en bly heerlik.
Nou weer aangaan met die werk, julle moet almal 'n heerlike dag hê.

Anonymous said...

Patrysie,ek is nou lus vir so klam sjokolade koek...of arbei yskas tert....of ...of...of...mmmm...nou water die mond darem....Geniet jy darem nog jou dag...word jy bederf....

Anonymous said...

Kom sit aan vir koffie - laat ons nou almal mooi saamsing vir Ptyrsie - Veels geluk liewe maatjie! Hier is Marmite koek vir Jeweeltjie en lekker peppermintcrisp tert vir die res. En ook vir die Vlaktes familie se meisiekind. Mag julle jaar beter wees as julle wildste drome.

Anonymous said...

Klink mos nou vir my asof Vlakkies se hart 'n punt Engeland toe trek vandag... Smousie, jy skryf pragtig!! Marmite koek!!! Dis nou groot bederf, dankie Katjie!!

Klitsgrassie, verjaar jy lekker? Ai, ek wens jou 'n sonneblommooi jaar toe vol liefde en geluk en sommer baie lag!! xxxxx

Anonymous said...

Baie geluk met jou verjaardag Spikkels, mag die nuwe lewensjaar so mooi wees dat jou glimlag onuitwisbaar sal wees. - Vroulief en Vlakkies, baie geluk met jul Blomkind se verjaardag. Vier dit groots, waar julle ook mag wees.

Anonymous said...

Veels geluk Vlakkies en Vroulief, al is ek 'n dag laat!

Dankie vir allie mooi wense, dit was 'n gewone dag tot halfvyf toe, en toe die werk verby is, kon ek die dag geniet! Is lekker bederf, baie dankie. Is rerig baie lekker bederf... ;-)

Anonymous said...

More more almal! Wat 'n allerpragtige dag.

Anonymous said...

Dis nou koelerig hier by my...en die wind waai...en dis toegetrek....dalk kry ons n' laatmiddag stormpie...het nou vir my heeeelike sappige koffie gemaak...mmmm...dit sal die koeligheid verdryf....Skuus Vlakkies en Vroulief....daar vergeet ek skoon om geluk te sê met Blomkind se verjaardag....mag sy soos altyd, nog jare se vreugde vir julle verskaf.....Kasie,ek het vandag n' groot bos Krismis rose gekry van n' wonderlike vriendin,n' baie spesiale persoon,en ek het so aan jou gedink....is daar ook Krismisrose in Laagland?....Geniet die dag verder maters....en onthou die GLIMLAG!!!.....

Anonymous said...

Ingeland toe Jeweeltjie? Nou vir wat nou INGELAND toe? Ingeland van allie plekke .... gmf!

Anonymous said...

Ja Robyntjie, daar is ook Krismisrose in Laagland. En ek het klaar gehoor jy het so'n mooi bos Krismisrose gekry van daai wonderlike vriendin. News travels fast! Maar jy het dit verdien want jy is mos ook 'n wonderlike vriendin. Ek geniet en waardeer die vriendskap tussen julle twee nogal baie.

Anonymous said...

Wat mis ek hier? Vriendinne en geheime agente!!! Gmf, soos Vlakkies sê! Erg verontwaardig! Of is dit groot-verlang? ;-))

Anonymous said...

Behalwe dat ek wil weet hoe Patrysie se verjaarsdag einde gekry het en met wie en hoekom, het ek ook iets baie spesiaals hierdie week beleef! Die meeste van julle het nou al vir Veertjie ontmoet en haar unieke persoonlikheid ervaar!! Ek is gek oor my vriendin en die fantastiese peetma wat sy vir my Liefkind is!! Dinsdagoggend daag sy by die werk op, sy is bruingebrand, ontspanne en haar hele menswees is getooi met die mees-verruklikste-geel-happy-kleure wat sy uitstraal!! Sy het selfs 'n ring aan haar regterkantste hand aangehad. Ek vra haar hoekom sy skielik 'n ring dra en sy sê dis oor sy met haarself getroud is. "Nou hoekom is hy nie aan jou trouringvinger links nie?", vra ek. Sy verduidelik toe dat sy lank gewonder het daai oggend watter vinger is die trouringvinger en toe onthou sy hoe haar Pa altyd mense getrou het met die woorde: "Gee mekaar die regterhand..." Dan is dit mos die trouvinger!! Jitte, ek het heeldag daaroor loop en lag. Dis so kostelik vir my!! Wys jou net hoe min ongetroudes weet!!

Wees goed vir mekaar!! Liefde, Jewls xxxxx

Anonymous said...

More almal, en geluk aan die wat verjaar en almal wat iets het om te vier. Ek hoop more kan ons die bokke se oorwinning op Twickenham ook vier, ek is maar erg benoud. Vlaketekind het jy darem nou genoeg olie vir jou kragopwekker, dis darem 'n groot skuit wat julle seerowers die slag gebuit het! Ja ek weet, jy is in Somalieland en nie in Somalië nie - hoeveel keer moet jy dit nog verduidelik. Maar wat my aanbetref is julle spul in die horing van Afrka maar almal dieselfde... Spikkels ek soek 'n goedkoop kar vir my seuns wat TUKS toe kom (ja Vlakkies en Vroulief - Doppers en hulle hom Pretoria toe) - jy weet nie dalk van 'n karretjie wat se neus nog heel is nie? Dis dalk 'n goeie ding as vrouens met hulleselwers trou, dan is een man darem gespaar ;)

Anonymous said...

Sal 'n babablou 19-iets (dink 78/79) Volla die ding doen? Ek't nog nie met haar gery nie, so haar neusie makeer niks... ;-) Maar sy's 'n oulike dingetjie, was ook een maal 'n studentemotor en staan nou in 'n motorhuis en wag vir 'n nuwe eienaar...

Anonymous said...

Ondier, bedoel jy nie die Proteas op Twickenham nie? ;-))

GO BOKKE, GO!!!!!

...en 'n vet soen vir jou!!

Anonymous said...

Proteas Jewls, ware Springbokke. Mense dit was lekker!

Anonymous said...

Het jy gesien hoe 'n bal sommer so onder die mikke deur aangegee kan word? Jarieeevaaaa, dit was hoogtepunt-rugby!!!! As dit nou nie so laat was nie, het ek wraggies vir Droomman genooi om vir my 'n vuurtjie te kom pak en tjoppies te braai!! Oe, ek het lus vir braaivleis!!!!!!!! "In my dreams", né? Ondier, heng, dit was lekker om groen en goud te wees vandag!!!! Ek het juis vir Vlakkies gewag om uit Smôland te gil BOKKEEEEE, maar lyk my hy het sy vonk verloor!!

Anonymous said...

Hallo almal, Vroulief hat vanaand sushi geëet! Heel eerste keer, en sommer heel lekker! Kammie verjaar vandag, en ons het haar sover gekry om bietjie te vier!!
WB sterkte vir die kinders Tukkies toe.. Ek het klaar ge-eksamen, en al die punte gekry, is alles deur - dankie tog daarvoor, NOU kan ek beginne asem skep.
Spikkel-patrys, my heel eerste wielletjies was ook 'n Vollatjie - so 'n vaalgroenetjie, waarmee ek soveel plesier gehad het..
Maar my heel slegste ervaring van my lewe was in Middelkind se vollatjie, en ek het gesê nooit weer 'n 'beetle-vollatjie' nie!! Ek het net te seer gekry in die motorongeluk.
Nou gaan ek slaap, en ek hoop almal slaap ook sommer baie lekker

Anonymous said...

Dankie Vroulief, my eerste kar was ook 'n blou Volla. Jewls, dit was die mooste, hoe hulle daai bal rondgegooi het :)

Anonymous said...

Wb ek is nou nie die standaard Tukkie student nie, is heeltemal te oud daarvoor, maar as ek op enige manier kan help om die oorgang daar te vergemaklik, laat weet, ek is sowaar volgende jaar 'n senior student daar.. Senior op alle vlakke!

Hoop al die plaasmaats het 'n wonderlike dag!

Anonymous said...

Baie dankie vir die aanbod Vroulief, dis baie vriendelik van jou - dink jy ek moet vir die bloedjies se ma sê ek het 'n ervare tweedejaar damestudent raakgeloop wat hulle effens touwys sal maak? ;) Maar gappies op 'n stokkie - dit help om te weet daar is mense soos jy wat kan raad gee as dit nodig is. Waar's Vlaktes? Het seker nie krag nie.

Anonymous said...

Wb, Maak nie saak wat jy vir moeder sê nie, miskien sal sy seker ook verlig wees...
Die vraag is nie noodwendig wat hulle ma gaan sê nie, maar wat die kinders self gaan sê as 'n ou tannie wil help.. Maar ek sal graag help as hulle enige vrae en probleme het.
Vlaktekind het maar erge kragprobleme, maar hy het so baie partytjies aan op die oomblik dat ek skaars 'n spreekbeurt kry. Hy het vanoggend 'n wonderlike suksesvolle oggend agter die blad. Was so trots soos wat net 'n eerste pa kan wees op die gebeure van die oggend, maar dit gaan so goed met hom. Groot probleem is net dat Vroulief aan die einde van die jaar hom so erg mis dat dit wil pyn.

Nou toe, die hele res van die plaasmense is rustig en stemmig, nou moet ons ook tot ruste kom. Lekker dag!

Anonymous said...

Ek hoop julle almal geniet van 'n mooi en warm Sondag in die Afrikasomer, en smile nog oor die Ingelandvernedering op hul eie Twicks. So'n paar minute gelede het die eerste sneeu van hierdie Laaglandwinter begin val. Ek weet nog nie of dit gaan bly lê nie want dit vries nog net nie, dit is 1 graad. Maar sogou dit 'n winter wonderland word neem ek fodies.

Anonymous said...

Ek was anonymous.

Anonymous said...

Dankie nogmaals Vroulief, een van die dae en dan's hy weer terug - moed hou. Kaas, hier by ons het ook vanoggend sulke wit goed op die grond gelê, maar dit sommer weer vinning gesmelt - seker toe die engelse wakker word en die bokke se witwarm vertoning onthou. Gaan lekker wees om more-oggend met 'n breë glimlag by die kantoor in te stap. Sal myself moet in toom hou om nie leedvermakerig te wees nie.

Anonymous said...

Vroulief, ek verstaan die pyn aan die einde van die jaar. Mens raak ook nooit gewoond daaraan nie. Sterkte, maar ek is bly dit gaan goed met Vlakkies daar naby seerowerland. - WB, die witgoetertjies is hier ook al weer besig om te verwyn. Moenie jouself in toom hou nie môre-oggend. En as die Pommies sê dit was 'n fluke help hulle dan onthou wat gebeur het met die opening van Twicks 'n paar jare terug. En dan praat ons nog nie eers oor wat gebeur het toe ons hulle in Frankryk raakgeloop het. Byt hulle K^%#&!

Anonymous said...

Elke ou plaassiel hette persoonlikheid wat die anner al 'n myl vêr ken en dis wat die plaas so lekker kuierplek maak. As jy hier kom kuier is jy nie anonymous nie. Jy's bekend en geliefd en word wanner norig 'n stywe woorddrukkie gegee en wanner dit nie norig issie, dan kry jy dit sommer net om te sê jy's spesiaal. Hey Bojaan dit beteken nou nie jy moet aan my kom staat en drukkie hoor....

Anonymous said...

How dirty is your money?

We know money is not the most hygienic material around, but when you look really closely, the results are enough to make your skin crawl.

In a study that tells you stuff you would maybe rather not know, Dr Ted Pope carried out tests on paper money collected from food stands and grocery stores. He revealed colonies of bacteria that are known to cause food poisoning and pneumonia in humans.


Advertisement
Pope and his colleagues at the Wright-Patterson Air Force Base collected 68 one-dollar bills. They were dipped into a solution that enabled (but didn't promote) bacteria growth. Then the bills sat on a glass slide for 12 to 24 hours while the researchers watched the bugs grow.

Scary stuff
The researchers identified as many as 93 bacteria isolates. Five of the bills had bacteria-like Staphylococcus aureus and Klebsiella pneumoniae, which can cause infections or pneumonia in healthy people.

Researchers found that 59 of the bills had bacteria including Staphylococcus, Streptococcus, Enterobacter, or Escherichia vulneris, which can cause a variety of illnesses, particularly infections in people with compromised immune systems.

Only four of the bills had no detectable amounts of bacteria, Pope says.

But paper money was not the only thing that was filthy. According to Shirley Lowe, an assistant clinical professor at the University of California, there are as many bacteria on coins. "The work I did not only shows very much the same thing, but also that 18 percent of the coins grew out organisms that we would consider pathogenic."

Despite this, Lowe claims there is actually not much to worry about. "I am not aware of a single case of transmission of a disease from money," she said. "While these organisms have the potential to cause disease, the number of bacteria that would have to be transmitted from a bill, or a coin, would have to be significant, and that is very unlikely."

Basic hygiene 101
However, despite Lowe's assurances, there are still many reasons why personal hygiene – and in particular hand washing – is so important.

A recent study showed that merely encouraging people to wash their hands properly can reduce the rate of diarrhoea by 30 percent, potentially saving lives.

The researchers reviewed 14 different studies which all showed that in rich and poor countries, in schools, hospitals and elsewhere, hand-washing is a simple way to stop infections that cause diarrhoea.

Another study showed that simple hand-washing with soap and water was an effective way to stunt the spread of respiratory viruses, from everyday cold viruses to deadly pandemic strains.

Tom Jefferson of the Rome-based Cochrane Collaboration and colleagues analysed 51 different clinical studies and concluded that hand-washing proved beneficial in the prevention of the spread of disease.

South African hands not so clean
Yet a shocking local survey showed that almost 70 per cent of South Africans run the risk of transmitting harmful infections because they fail to hand-wash at key germ transmission points.

The figure was revealed in the annual Dettol-sponsored Hygiene Survey, which found 69 per cent of South Africans will not reach for the hand liquid wash before preparing food, after touching pets, after coughing or sneezing, or after visiting the loo.

According to Professor John Oxford, Hygiene Council Chairman, "Scientific evidence shows simple good hygiene practices can reduce the risk of illness and infection at home and in the community, so we must protect ourselves by putting these measures into practice."

The survey also showed that when South Africans do actually wash their hands, only 60 percent use soap and running water, while 24 percent will just use running water.

Bacterial infection or allergy?
There's another risk. While hand-washing may protect you from what lurks on your paper money, people with an allergy to the metal compound nickel should steer clear of coins.

A German study showed that those who have this allergy – which is a surprisingly widespread sensitivity - may have a problem handling newly minted coins, which are primarily made of nickel.

Anonymous said...

Nou om jul te wys hoeveel ek vir jul omgee gaan ek my bankrekeningnommer hier plaas sodat jul al jul kiembelaaide note(jul kan jul eie munte was) daarin kan weggooi en 'n baie gesonder leefstyl najaag.....

Anonymous said...

Nee so gemeen is ek darem nou nie, my kieme is my kieme. Maar ek sal wel vir jou 'n druk gee, ek pass hom sommer so deur Vroulief vir jou aan.

Anonymous said...

Ek was my hande in onskuld!!! ;-))

Groenie, baie geluk met Boet-Japsnoet se verjaarsdag gister!!

Skitter-week vir almal van julle - mag die wonderlikste dinge hierdie week met ons almal gebeur!! xxx

Anonymous said...

Ek is nog hier. Bojaan, ek wou annerag wanner vir jou gevertel het vannie seerowers ennie olie. Maar toe raak my vonk weg – seker oorlat ons so mittie krag saam sukkel. Die olie issie virrie kragmasien nie. Dis virrie geld, lat ons meer salaris kan kry. Ek sien daai manne sê hoeka dis oorlat anner ouens al hulle se vis opvang lat hulle nou skepe vang om te bly lewe. Jy het seker vandag die lekkerste dag vannie jaar gehad daar tussenie Ingelse.

Anonymous said...

Naand almal! Ek groet net gou te midde van vreeslike malligheite met die werk saam. Ai, dit gaan behoorlik dol. En my voete is deurgeloop en ekke is baie baie moeg. Lekker doeks julle almal. En tog so vreeslik lekker om die liewe ondier weer te hoor gesels. O ja, en Bokkkeeeeee!!!!

groeni said...

lo almal.. ag wb, dis gr8 om jou meer gereeld te sien. ta jewls, boeta het lekker verjaar - somme 2 dae aanteen. eks nou kla gewerk en ga slaap..sonner reent in my ore..

Anonymous said...

Hallo groen, Jewls en Kiets - ek sal so af en toe opkom vir asem en kom dag sê. Hoop dit gaan goed met almal se krose. Vlakte, as 'n man wil krag hê moet jy self jou eie kragopwekker diens :). Ek het gehoor van daai verskoning van die seerowers - ek twyfel net of hulle selwers ooit enige vis gevang het.

Anonymous said...

♪♫♫♪ Al die eksamens is nou klaar. Joegaai-die-joegaai-daai!!! ♪♫♫♪ Sien jy, Ondier, dit gaan baie goed met my en my kroos!!! ;-))

Unknown said...

BULK SMS ... en nog paar anner slim segoed .. ek het Dwergie se EVDO vasgele (dis dieselle as 3G toelkjie) en nou kannik ook oppi lugge inkom. Dagse jelle ammal. Lagos is 'n warm dorpie so inni lies van Afrika met iewers tissin 10 en 18 miljoen menslike wesens wat hier bly. Dis altyd klam en die humiditeit kommi onner 80% nie. Ek v'beel my dis 'n murrrse groot verniet sauna. Ons bly nou in Lekki maar kan dalk trek. Banana Island toe. Noudiedag ry on inn dorp, toe stap daar 'n oukjie met 'n Hiena op 'n leiband. Spyt ek hetti my kemmirakjie gehett'ie .. Gister loop loop 'k meddi honne ommi blok en wragtag, hier kom hy met sy lag-lag bonthond van vooraf aan. Skree hy vi my ek moeet oorkant vanni pat gat loop stane loop ... gmfff, strip 'k my mrrr netda - buk en maak offik klip optel. Sit daai bonthond om en galop straataf, al laggende met die Nigreer op sleeptou agterna. Die bouers wat huisbou oppi hoek het hulle gtte afgelag. Nou is 'k en Guru en Chaka die blok se jeer-ous. Anners ganit gutt hier. Kannie en willie kla nie. Vlaktes, Jeweelkjie het my vonk-dres, daai oom.mac ene - jy ka maar laat waai meddi i-myle.
Die kerkie waar ons ingeskakle het is volop Afrikaners met Amrikaanse pastoor. Hulle dra 10 gemeentes doerrr inni noorde van Nigrie en ek is gevra om daarnatoe te ry en te gaan onnertseen. Nou spaar laddit bars virre ordintlike moutir wat daai wereld kan loop ['k word vertel die paaije issi sleg 'ie ... want daar is'ie paaije nie] Het my oog oppe Nissan Exterra. Maar die omie sal jelle laat weet wat's wat soos dien tye aangaan. Grutnis uit 'n soel Lagos.

Anonymous said...

Lag-lag bonthond? Uncle Mac, jy het wraggies nie jou sin vir humor verloor nie!!! Baie welkom terug - ek het jou VERSKRIKLIK baie gemis!!!! Vyf soene!! Vertel nog en stuur liefde vir Dwergie!!!!

Anonymous said...

Jeweeltjie, jy moet vir my daai snaakse ou grapjas se vonkadres lat kom, solat ek ennie ouman mekaar kan vermaak. Seblief. Hoop die ou gat sy pens loop stane wegsweet in daai verniet sôna.

Anonymous said...

Liewe Vlakkies, ek weier!! Julle moet maar snaaks wees hier waar ons julle twee kan dophou en geniet!!!! Jy het in elk geval nie mooi genoeg gevra nie!! ;-))

Anonymous said...

Bonthond! Dis 'n ou truuk daai in Nigerië. Die rowers hou ook 'n mak een dan, dan staan een ou in die pad en die andre met die hiena kruip weg in die bos, as 'n taxi stop storm hulle uit en spring hiena en al in die taxi. Nigeriers het hul eie sin vir humor. Op n manier geniet ek die chaos in Lagos. Die goue reel van bestuur in Lagos: Don't make eye contact! Want as die anner ou weet jy't hom gesien gaan hy nie stop nie. Jy kyk annerpad en ry net, dis al hoe jy plek kry. Ek was al in 'n ongeluk, op pad na dieselfde Lekke toe. Maar gelukkig kan mens selde vinnig ry. Geniet dit Mac!

Anonymous said...

Hoe weet mens of jy iets aan toeval moet oorlat of nie? En of dit dalk 'n "teken" is? :-) So twee weke terug loop ek 'n ou vriendin van my op bakkiesboek raak, ons was beste pelle toe ons albei nog op skool was en saam in die jeug-simfonie-orkes viool gespeel het. En ons was saam Madagaskar toe. Na skool het die kontak heeltemal verbreek. Ons het albei by dieselfde Mnr. Fourie vioolles gehad, en hy was (en is steeds) die dirigent van die ERJO... En met die raaklopery vertel sy sy het pas weer begin met vioolles by Mnr. Fourie, en speel nou weer viool in die Johannesburgse Simfonie Orkes. En sy wil weet wanneer kom sluit ek ook aan? Verlede Sondag na kerk gaan ek toe ook by my ma-goed en pa-goed se huis aan om my viool op te laai, want dis Kerssangdiens Sondag en ekke moet speel. Maar die weeeeird ding het gisteraand gebeur. Ek het Menlyn toe gegaan om bietjie geskenkies te koop. En daar, in Menlyn, voor Edgars val alle plekke op die aardbol, loop ek in Mnr. Fourie en sy vrou vas. Hulle bly eintlik in Benoni... Hoe toevallig is dit nie...? En na die vinnige nuusopvang, met die groetery, sê hy vir my: "Jy moet by die JSO kom aansluit..." :-)

Anonymous said...

Spikkels, niks gebeur toevallig nie, hoor? Een van die dae speel jy weer orkes-viool... Moet erken, dis darem 'n ongewone sameloop van omstandighede!!!

Dit klink vir my asof dit maar oral in Afrika so sleg gaan met die bestuurdery en die gate in die paaie. My onthou van Madagaskar se taxi-ritte gee my nou nog nagmêrries!! Gelukkig het dié spulletjie nie bonthonde nie...

Rooikoppie, alles reg daar by jou? Jy en Katjie is darem besonders stil!! Ek mis julle!!

Anonymous said...

Hiersie Kiets Jeweeltjie! Jammer ek was so stil julle, maar ek het die afgelope 4 weke my ou alietjie afgewerk om die ontwikkelaar 1,4 miljoen rand te spaar. Vir my bring dit niks meer as my fooie in nie, maar darem 'n tevrede en dankbare klient.

Ai dis so lekker om van Ondier en die Oompie te hoor. Kasie, sneeu dit daar by jou?

En Petrysie, daar is nie iets soos toeval nie. Daar is wel die Heer se bestemming...

Anonymous said...

Ai Jewlsie, het jy ook in Madagskar taxi gery? Ek kan nie eers onthou of die dingetjie wat eintlik 'n karretjie genoem word vier wiele gehad het nie, en of dit een van daai drie-wiel karretjies was nie... Dit was daai dag lekker warm en bedompig, en elke keer wanneer die bestuurder om 'n draai gejaag het, het hy sy deur oop en toe geswaai vir 'n bietjie "aircon"...

Anonymous said...

Dit sneeu nie meer nie Kiets, dit is nou te warm, 'n hele 7 grade! Maar dis grys en donker buite, die straatverligting skakel eers 9 uur af en in die middag om kwart oor 3 weer aan.- Hi Mac, goed om van jou te hoor en dankie vir alweer 'n pragtige storie. - Die Madagaskar taxi is dan nog erger as dit wat mens meemaak in New York. Ek het daar 'n T-shirt gekoop met die teks "I survived a Yellow Cab ride in Downtown Manhattan". Ek het 'n paar gesurvived, maar goed vir my gesondheid was dit nie.

Unknown said...

Predikant Gawi sendling in Botswana onner my kjennirkjies - daai wat jelle Boesmanne noem - weet altyd te se TOEVALLIG bestaan nie, dit beteken bloot "Toe Val die Heer se Lig daarop" andersom, dis Bestiering ... maar net as jy luister / gehoorsaam is.
Dankie Kaaskop - jy moet mar diekant toe kom, Lagos is lekker soel. Dwergie sukkel meddi bril ding, as sy uit die moutir klim assi errkon aan was, da' wasem daai brille so op hulle lyk of 'n oragge kjent hulle met tekkie-white bygekom het. [Askies Juffrou Fourie ... dit was ek wat jou bril ge-'tekkie-white' het mar ek was net stannert 7]
Bojaan ... wanner is jy weer in Lekki ? ik wil vir jou snoek braai ...

Anonymous said...

Jippeee, dis Vrydag!! Is daar snoek in Lagos Uncle Mac? Ek glo ook dit is 'n bestiering...

Geniet die laaste dag van die week en die laaste werksdag van November, dis amper vakansie!!

;-) ♥♥♥

Unknown said...

snukke het hiir menier om my agterna te sit ... te agtervolg k'n jy maar se.
Jelle moet jelle voorbeeldig gedra hirri naweek... en munni dte texidrywers skel nie ,,, wees dankbaar, jy kon Lagos se seuntjies in jou dorp gehad het.. :) :)

Anonymous said...

Oi, wat 'n mooie Vrydag! Vanaand is Kleinkiets se skoolkonsert - sy is so opgewonde, wel, soos 'n amper 4 jarige voor die skoolkonsert. Ons hoor al weke lank "Christmas carols" en onse ou klokkie gaan skattig lyk in haar helder oranje outfit.Nou hoop en bid ons vir 'n reënlose aand - hulle wil dit in die skooltjie se tuin doen. Die ou Father sê vanmore vir my dat hy op sy mooiste mooi gevra het of ons nie vir een dag net die stormpie kan misloop nie sodat vele kinderharte baie gelukkig kan wees. Ek hoor ook Kersvader kom....

En more gaan ons met die SAMBA mense saam (dis nou die meerlingvereniging) piekniek vir afsluiting. Blykbaar gaan daar 2 kersvaders kom - hulle doen als in meervoudige vorm. ;-)

Anonymous said...

Mac, as jy so tussenie snoeke ennie teksies ennie bonthonne ennie Dwergie se toegestoomde bril deer 'n kansie kry, moet jy mit Jeweeltjie praat. Sy willie vir my jou vonkadres gee nie. Ek het mooi seblief gesê en ek blo ek sal mooi dankie sê ok. Daai toegestoomde bril. Ek wonner oor daai bedye van jou. Daar is anner goeters wat mens kan doen om glase te lat toestoom. Jy moet jou se oge opiie pad hou in daai plek Mac. Ek willie hoor vanne helse krêsh nie.

Anonymous said...

Mac van Lagos se skoek sal ek nie weet nie, maar hulle het die grootste prawns (krewels???) wat ek nog ge-eet het. Lekker gril groeni nou. Ek hoop net altyd hulle is nie in daai Lagos strandmeer gevang nie, die dat hulle so lekker vet word :) Jy sal nog leer, as jy haastig huur vir jou 'n Okado - dis nou een van daai scooter taxis. Daai Honda'tjies is nog taaier as 'n Hilux. Maar jy moet geen vrees hê as jy agterop een van daai goed wil kilm nie. Van daai meer gepraat. ek het al gesien hoe maak oens dromme water daar vol en bottel dit om te verkoop, bly maar by die groot handelsmerke. Die brouerye se water is veilig. Mens kry mos ook sulke alkoholvrye Amstel daar.

Anonymous said...

Vrek lus is ekke nou vir prawns. Was noudie aand by 'n einde van 'n projek paartie en maak hulle toe soet chilli prawns - van die lekkerste wat ek nog ooit gehad het.

Unknown said...

ek loop juis v'morre deer Sjopraait se rakke en loor daai groen goed soooo wat hulle stiekers opsit wat reken dis "prawns" .. ek het al groot krewe gesien, self uitgeduik dourrrr by RooiKlippies se koue Weskus waters - en 'k meen GROOT krewe. Maar hirri Lagos prawns hap-hap daa'm so aan daai Port Nollit kreef se gt vir saaiz. Natuurlik, is die grootste kreef wattik al van gehoor het die een wat wyle Willem Kaas by daai symste RooiKlippies gevang het. Die ding was so groot, hy moes die Beetle se agtersietse uithaal om hom gelaai te kry .... eendag sallik daai hele storie hier kwytraak. Iemand moet net mooi genoeg vra. ;) Bojaan, daai Okada triek is op my agenda. Jy moes noudiedag die komousjin sien toe ik meddi honne deur Lekki Mark loop loop het. Dwergie se drywer reken ek issi suiwer inni kop nie. Seg hy my: Big Sir, only the Lebanese walk there" Natuurlik is die Libanese in tjaarts vanni Mafja in hirri dorpie.
Maar noudat ek lus genoeg gemaak is ... net more issit prawns koop en Sondag triet 'k my Dwergie met daai knewels wattik in my nuwe wok gebraai het. Vlakte, ek het daai vonkdres vir Jeweelkjie oppi skaaip aangestuur. Sy het okki die nuwe een geberre nie .. en die ou ene vanni telkomsa.net werk nounie meer 'ie.
Ek se weer - jelle moet nie uitdraai hirri naweek nie.
Baai-de-wy: waa's daai Rooikop Anna?

Anonymous said...

Mac, as jou nou een dag avontuurlustig voel gaan besoek bietjie Idumota mark - of so-iets. Dis die grootste mark in Lagos dink ek. Wat 'n belewenis. Daar gaan nie duisende mense daar deur nie maar miljoene. Van Lagos se Lebanese gemeenskap weet ek. Een van my grootste verassings was een Sondag het iemand my na ' strandoord geneem, kan glad nie onthou waar or wat die naam is nie, dit was so uur-en-'n-half buite Lagos. Die mooiste tropiese strand met olie-palms. As jy sien hoe lyk Port Harcourt en die delta nou kan jy nie eitlik dink nie maar dit moes 'n verskriklike mooi land gewees het eens op 'n tyd. Onthou jy die ou Tarzan flieks? Omtrent so iets dink ek.

Unknown said...

Bo'jaan - nounietoeval'ie ,maar tog ... net die vanaand inni swembad storm 3-4 van Dwergie se koelleegas my: Vollene week we go toe The Beach ... ek haak af: maar hier staan sy dan [staan die Dwerg by die swembad] ... he-he-he-heeee, assik nie inni water wassie hettk 'n smeerklap gekry ... Maar on het darem vasgemaak, vollene naweek gaan ons SEE toe.

Anonymous said...

Hierdie hele naweek was dit so warm dit voel vir my ek is ook in Lagos... ;-))

Anonymous said...

Veels geluk liewe Liefkind omdat jy verjaar het!! Mag die Here jou so seën dat jou toontjies omkrul van lekkerkry, jou mondjie altyd lag en jou traantjies net van blygeit kom!! En geluk ma-Jewlsie, jy het 'n pragtige dogter... ♥♥♥

Anonymous said...

Halloooo, Dis sowaar een Desember!! Spikkel-patrys, jy moet maar weer die viool opneem hoor, dis goed vir die siel om hemelse musiek te maak, en dis nes Jewlsie sê daar is nie toeval nie!

Jewlsie druk jou liefkind 'n vet druk van tannie Vroulief af... so met die verjaardag. Is jy dan al met vakansie Jewls? Te heerlik!! Ek het klaar geleer vir die jaar, maar daar is nog geen sprake van vakansie nie!

Eers as Vlaktekind weer by die huis is, dan word daar erg vakansie gehou...

Hoop die eerste week in Desember is vir almal lieflik.. Hoop die einde-van-die-jaar-sindroom is nie te erg op die lyf nie...

Anonymous said...

Spikkels, Kasie, Smousie, Uncle Mac en Vroulief, baie dankie vir julle gelukwensings aan Liefkind! Soos ek julle spesiale boodskappe vir haar lees, blom sy al meer en meer en sê uiteindelik: "Skuif op, ek wil dankie sê!" Ek het haar hierdie eenkeer nie 'n dankie-sê toegelaat nie, maar weet net dat sy en ekke dit so baie waardeer het!!! Jupiter en Saturnus en die maan is blykbaar in lyn vanaand... Oe la laaaaa! Op hierdie oomblik!! Ek het netnou uitgestap en die wonder belewe met die miswolke wat spokerig skadu's gooi... Mmmm, dis lekker hier in donker Afrika!! Droomman, ek mis jou!!

Unknown said...

Ons sit so 6grade bokant die ewenaar, die maan le agteroor soos 'n omie wat wil lekker lag. Weerskante blinkoog Jupiter en Venus ... en die hele skouspel getuig van die wonder van SY skepping en ek voel ekstra klein. Nee nie so klein nie - nog paar honnirt keer kleiner. Ai, wens 'k nou 'k was dourrrrr inni Klalahri inni rooi duine. Met 'n kameeldoringvuurtjie, springboklewer-oppi-kole met vetderm en niertjies. En 'n askoek. offe roosterbrooikjie. En koffi - sterk moerkoffi inne blikbeekir......

Anonymous said...

..."die maan lê agteroor soos 'n omie wat wil lekker lag." Pragtig Uncle Mac!! xxxxx