Monday, December 1, 2008

Somer Kersfees tyd - dis Desember!

1. Welkom, o stille nag van vrede,
onder die suiderkruis,
Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis.
2. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye vertel die ou verhaal.
Kersfees kom, Kersfees kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.
3. Voel jy ook nou sy warm liefde as ons die dag gedenk,
Toe Hy sy Seun aan ons gegee het – ons grootste Kersgeskenk.
Christus kom, Christus kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.
Refrein:
Kersfees kom, Kersfees kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder
Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.

202 comments:

«Oldest   ‹Older   201 – 202 of 202
Anonymous said...

Het die mooiste wolke gesien die vakansie, nou nie oor ek vlieg nie, maar oor daar rerig mooi wolke in die lug was... :-) Is vandag eers terug, veilig, gelukkig, maar nog geensins in 'n bui vir werk nie. Hoop julle is al, en voorspoed vir elk. Ai, dit was nou 'n fantastiese lekker vakansie. Die son het ons gebrand, het kosse van alle kleure en geure op 'n oop vuur gemaak, tot pizza en pere in rooiwynsous met room... Genoeg van die kos dan. En gekamp in die mooie Golden Gate, kon nie glo dat dit so bibberkoud was in die aande nie. Bedags het die son geskyn, laatmiddag het die wind wild gewaai, en saans het dit lekker koud geword... En sterre. Ai, dit was goed.

Anonymous said...

I've been exploring for a little for any high quality articles or weblog posts in this kind of house . Exploring in Yahoo I finally stumbled upon this web site. Studying this information So i am glad to express that I've a verу just
гight uncanny feеling I fοunԁ out juѕt ωhаt
I needed. I such a lot indubitably ωill make
certаin to don?t forgеt this site anԁ provides it a look on a continuing basis.


Take a look at my pagе - diy hcg

«Oldest ‹Older   201 – 202 of 202   Newer› Newest»