Sunday, February 1, 2009

Februarie 2009

Welkom by die kortste maand van die jaar!

Die Canon club!

152 comments:

Anonymous said...

Mag hierdie 'n besonderse mooi week in jou lewe wees!! xxxxx

Unknown said...

Ek was oppi punt om te verneem of ek dan n ou nr 1 MOET wees, toe sien 'k Jeweeltjie is ook orent.
Vatdie bul bydie hoorins, trap vas en sleep hom kraal toe. Laat vir Wagter regmaak, die Ingisle buurvrou se Poedel is loops en Wagter loop rond. [wonner daa' wie het daai hond so dom naam gegee]Die grys hennietjie lê alweer weg dourrrrr onner di ewille turksvy en ik sien die muskeljaatkat se spoor le al om die kuikenhok - ok mar goed ik't daai niewe draat daa' gat loop span
Vir julle spulletjie wat ini werkerswereld bevind, swoeg op so 'n manier dat jy jou swaarkry met lekkerkry klaarkry.
Daai lig wat jy sien issi die lig aan die end vannie tonnel'ie -- disse trein wat aankom. Hol boetie hol.
Ek n moem'ie namne nie maar reken jouself as Gegroet. Dagsê.

Anonymous said...

Paparazzi!! Dis nou 'n oulike foto, en julle klomp is ordentlik bewapen... Lekker Maandag!!

Anonymous said...

Hallo maters! Ek reken die Laeveld mense het die gode sleg omgekrap. Dit is vrek warm en as dit nie was vir die sifdraad tussen die plek en die hel nie, dan was dit so warm soos die hel!!! Dit gaan n besonderse moeilike week wees hier in Nelspruit.

Moet darem net noem dat hier baie reen was en die Laeveld lyk te pragtig. Die Olifants rivier is in vloed en oral is die watervalle asemrowend. So tussen die diep groen is daar orals die mooiste en diepste kleure. Pienk, oranje, rooi en pers. Dit is n fees vir die oog.

Ou Joe het alweer van gedaante verwissel en beeld nou vir "Moeder Maria en baba Jesus" uit. Dit bly maar n aantrekkings krag.

Mag julle almal n fantastiese week beleef!!!!

Anonymous said...

Hallo maters! Ek reken die Laeveld mense het die gode sleg omgekrap. Dit is vrek warm en as dit nie was vir die sifdraad tussen die plek en die hel nie, dan was dit so warm soos die hel!!! Dit gaan n besonderse moeilike week wees hier in Nelspruit.

Moet darem net noem dat hier baie reen was en die Laeveld lyk te pragtig. Die Olifants rivier is in vloed en oral is die watervalle asemrowend. So tussen die diep groen is daar orals die mooiste en diepste kleure. Pienk, oranje, rooi en pers. Dit is n fees vir die oog.

Ou Joe het alweer van gedaante verwissel en beeld nou vir "Moeder Maria en baba Jesus" uit. Dit bly maar n aantrekkings krag.

Mag julle almal n fantastiese week beleef!!!!

Anonymous said...

Ek is nou nie 'n fotograafie. Net 'n kiekienemer, so ek weet nou nie. Jeweeltjie, moet daai pinkie so syntoekantoe staan om 'n goeie kiekie te neem? Spinnekoppe? Hier kuier toe mos nou 'n Ingelse verpleegstertjie hier by ons innie hys. Ons Medieks gekom oplei. Anneraand wanner hoor ek net sukkel onaardse geluide wattie vir my na Ingels klinkie. Dog toe so by my sigsellers assie verpleegstertjie nou iets moet oorkom, wie gat dannie verpleegstertjie verpleeg as sy nou besag is omme toeval of iets te kry? Sal ek nou 'n anner verpleegster moet moet loop gat sta' soek hierie tyd vannie nag ommie verpleegster te kom verpleeg, of sallie verpleegster na dese nog instaat wees om haar sigsellers te verpleeg? Toe ek da' nou daar kom hoor ek net sy hyg iets wat smaak soos "spaaider!". Die vertaan ek toe nou nie so mooi nie en volg haar toe nou maar gang af. Totlat sy vir my laansie kombysdeer teenie mier bedye vannie ou skadelose haarskeerder wat daar sit. Moet sê, dit was nogal 'n mooi grote, so ek sou nou kon geverstaan het lattie arme ou Ingelse juffertjie haar sigsellers so byte weste geloop sta' skrik het. Ek het toe nou maarie arme ou verskrikte haarskeerdertjie bymekaar gemaak en by die venster gat loop ytsit. Toe die verpleegstertjie weer haar asem trug het, weet sy vir my wys te probeer maak lat sy nou nie eintlik bang is vir spinnekoppe nie, maar daai ene was dam bytengewoon groot. O, en smaak my Leon het noggie sy slegte poeliesman gewoontes geontgroei nie.

Anonymous said...

Watervoël, toe skryf ons vir mekaar vanmarrag so amper raak. Ek wil nog geantwoord het, toe's onse ou vonkie skoo' veld. Net mooi fô ... eh nee wag hier's kinners innie geselskap. Wat ek wil gesê het, net mooi skoo' heilage niks vonkie nie. So Watervoël, ek hoopie jy's vanaand 'n gebraaide watervoëlie. Ai, ek wens ek kon daai Laeveld geloop sien het. Hier's dit so dro' soos 'n skaapgeraamte na drie jaar droogte.

Anonymous said...

Nou is my swaarkry met lekkerkry klaar gekry, dankie Uncle Mac!! Wie is Ou Joe, Makou? Of is ek nou blond? As jy deur Lydenburg terug ry, gee my Ma asb. 'n soentjie van my af - sy verjaar Donderdag en my hart trek 'n punt na haar toe! Vlakkies, ja, daai pinkie sien ek toe ook raak - lyk my ek het maniertjies waarvan ek nie bewus was nie!! ;-)) En ek is bly jy kon die verpleegstertjie help - jy vertel dit so goed!!

Kasie en Bernise het saam met my en Liefkind Irene melkplaas toe gegaan Saterdag. Mens kan sien hulle is foto-entoesiaste want hulle kyk met foto-oë na die wêreld om hulle. Natuurlik hoe later dit word in die middag hoe meer opgewonde word die twee oor lig en kleur en tekstuur! Ai, dit was nou lekker om 'n tydjie in die
natuur deur te bring!! Ek hoop julle foto's is pragtig!

♪♪Jou hart is weer myne, ons is weer bymekaar. Na soveel lange jare...♪♪ Wat dan, Spikkels? Die liedjie draai al heeldag in my rond!! Gé Korsten?

Ondier, jy sal altyd 'n hero in Feetjie se ogies wees, hoor?

Anonymous said...

Hallo al die maters,soooo bly dit gaan goed met almal...amper weer gedink ek gaan alleen op die stoep moet sit...met net ou Wagter as geselskap....Vlakkies,ai so lekker gelag vir jou skrywe...gelukkig jy was daar om te red wat daar te redde is...vertel my net...wat se soort spinnekop is n' haarskeerder...dalk het ek dit ook hier in my kamer...maak mos nie die gediertetjies dood...hulle pla mos nou nie vir my....en as jy een doodmaak...wat van sy arme familie...wat ewe rustig vir hom sit en wag het...nee wat...ek los die arme gediertetjies.....Makou,sjoe...amper skreeu ek van opgewondenheid....heerlik om weer n' slag van jou te hoor....ai,die Laeveld is een van my gunsteling plekke...Uncle Joe,dis mos die klip op die Schoemanskloof pad....wat elke Jan rap en sy maat na willekeur kan verf...nogal toelaatbaar.....en nie ver daarvandaan is Uncle Joe se kaia....O, wag en wat van Milly's...een van my gunsteling rusplekkies...heerlik sit jy op die dek...en kyk so oor die dam....met Swaeltjies wat heen en weer swiep....maar dit kan ook geniepsig koud wees daar, dan sit jy maar binne by die kaggel....Jy moet tog oplet...in Nelspruit en omgewing blom die Flamboyant boom,bloed rooi.....so gemeng met die helderkleure van die Bougainvilla.....dankie dat jy jou reis met ons gedeel het....geniet elke oomblik..al is dit warm...jy is waar ek so graag sou wou wees...Veilige terug reis.....Jewlsie...en jy het seker ook fodies geneem met daardie spoggerige kamera van jou...bly julle kon die dag so geniet...dis altyd so aangenaam om daar by Irene melkplaas net rustig te verkeer...Kiets, hoe gaan dit daar by jou...en hoe voel jy na die olikheid....Vroulief..sterkte met die studies....Uncle....dankie vir die bemoedigende woorde.....ek gaan dit onthou...dit maak sin...en laat jou ook positief voel....Laat jou swaarkry met lekkerkry klaarkry.....en dan my reeltjie...onthou die glimlag....en siedaar met so resep...wie kan nou negatief wees...mooi week vir elkeen...en dankie vir julle in my lewe...ek voel so geseend...xxxxx

Anonymous said...

Asemloos as jou lippe my stil maak
Asemloos as jou vingers aan my raak
Mooi, so mooi die fokus van al my gedagtes
Asemloos om my naam met jou stem te hoor
Sag, fluweel, musiek wat my hart wegsteel
Asemloos, my hart steek jy aan die brand
Asemloos, jy's die uurglas en ek die sand
Asemloos, jou lyf is n storie

Unknown said...

Die wind kom straataf met 'n grote doe en kawolt. Pluk 'n tante se rok met pante en al bo-oor haar kop. Vat-vat aan die "Cash only" meisiekjent se mini maar daar is niks om te lig nie. Raak hy vermakerig en waai 'n weekoud koerantagterblad teen my gesig vas. Ek pluk weg om weer meer te sien van die "Cash only" meisiekjent en daarie selle tyd bliksem die donnerweer die telefoonpaal teen sy kop dat die vonke spat, dit lyk soos drie sjinese nuwejaars gelyk. Die tante het haar rok herstel maar lê flou half op en half af die sypaadjie met een arm teatraal eenkant gegooi. Die "Cash only" kjent is weg om die hoek. Die Portugees vanni groentewinkel staan en vloek in Grieks en langs my sidder en susss die bus tot stilstand. Ek klim in, toon my kaartjie en gaan sit. Ek druk my kop styfff teen die venster en kyk hoe my dorp terugskuif in die verlede en ek weet .. Ou Dorp, ek gaan jou mis. Jou mense ook en les bes, die wind ook. Juis die wind. Die straat-op wind, die straat-af wind en die kom-ommie-hoek windjie assit klaar gereen het. Jippp, Ou Dorp, 'k sal jou mis.

Anonymous said...

More more almal! Mag julle 'n heerlike dag hê!

Anonymous said...

Wonder hoe lank was asemloos sonder asem oor hy/sy toe allie tyd gehik het.

Anonymous said...

Oompie, daai dorp is verseker nie Petoorsdorp nie.

Ai, maar die asemloos is pragtige - mooi merrie woorde.

Rooikappetjie, as ek reg is is baardskeerders daai mooi groot harige bruines.

AI maters en Christian het kroep - arme kind. Mammie slaap nie.

Anonymous said...

Hallo almal!! Sjoe, daar begin die plaas-maand te mooi met die Canon-klub!! Dit was 'n heerlike kuier!
Kieter, so jammer oor die kroep-kind, dis 'n nare ervaring vir enige ouer, vasbyt hoor.

Robyn, ons moet dat Vlaktekind vir julle vertel van die haarskeerders van Upington. Daar slaap die mense mos buite in die somer, dis net eenvoudig te warm om binne te slaap... maar nie die Vlaktegesin nie, want Vroulief is net te bang vir spinnejapies. En haarskeerders is maar leeeelike goed.. Ek dink ook nie hulle kom hier voor nie - het nog nooit gesien nie, maar in die Noordweste is hulle algemeen, en ek gril net by die gedagte an die goed!

Nou ja, Vlaktekind gaan nou vir 'n ruk in die boendoes wees. Hy vertrek more..
En Vroulief skryf elke week Donderdag toets!! Dis om van lam te raak!!

Lekker slaap almal, en sterkte Makou doer net duskant die hel...

O ja, WB, hoe gaan dit met die kinders op daai malle kampus?

Anonymous said...

Hi daar maters! Het jy nog nooit van Ou Joe gehoor nie Jeweeltjie? Ek wou nog vertel, maar Robyntjie het my voor gespring. Sou graag by jou ma goed in Lydenburg wou verby, maar ek moet alreeds vroeg in Westonaria wees Vrydag. Robyn, die Flam se goeters blom asof hulle betaal word en dit is te pragtig!! Ek is seker daar is meer van hierdie bome in die Laeveld as taxis in Bobjaanstad!

Wees gegroet Vlakkies. Jy sal nie glo hoe mooi dit hier is nie. Daar was juis weer n moewiese storm vanmiddag, maar die hitte bly!! Ek het lanklaas so swaar geleef soos hierdie week. Sterkte met die toetse Vroulief. Genadiglik hoef jy nie hier in Nellies te skryf nie!

Haarskeerders! Is dit nie die javel wat kwansuis jou hare vir skeer as jy slaap nie of is dit een van daardie "urban legends"? Gelukkig is daar nie meer veel oor by my om te skeer nie!!!

Lekker slaap julle!!

Unknown said...

HOE OM JONK TE BLY ....IN 2009!!



1.

Probeer alles tweekeer: 'n Grafskrif het gelui:
"Tried everything twice...both times were moerse nice!"


2.

Behou jou grapgat vrinne - die suurgatte trek jou onder.
(Sorg dat JY nie daai suurgat is nie!)


3.

Hou aan leer..
Leer meer oor skete, etiket, enigiets.
Moenie toelaat dat jou brein muf nie!


4.

Geniet die eenvoudige dinge.



5.

Lag dikwels, lag lank en lekker.
Lag tot jou blaas lek!
En as jy'n pel het wat lekker nonsens praat,
spandeer meer tyd saam met haar/hom.


6.

Trane kom. Tjank dat die snot spat, en beweeg dan aan.
Die enigste mens wat ALTYD, regdeur jou lewe by jou is, is jyself.
LEWE terwyl jy nog lewe het.


7.

Omring jouself met dit waaroor jy mal is,
Of dit nou pelle, familie, diere, sentimentele junk, musiek, plante, of kitch is.
Jou huis is JOU plek!



8.

Bewaar jou gesondheid:
As jy OK is, moenie nonsens aanjaag nie,
As jou kop raas, sluit by 'n 'support group' aan,
As jy nie lekker is nie, kry hulp.


9.

Moenie op loop gaan met skuldgevoelens nie.
As daar te lope is, doen dit in die winkels, in jou tuin,
in die bosveld, langs die see of selfs in vreemde lande.


10.

Sê vir jou mense dat jy vir hulle lief is, gee drukkies op
strepe .... more trek jy dalk jou hout-jas aan, dan's dit te laat!

Anonymous said...

Sjoe,Makou!!!geen wonner dit reen nou katte en muise hier,ons is werklik geseend met jou teenwoordigheid,lyk my die Laeveld skep die regte atmosfeer,en rustigheid,sodat mens net weer die mooi en lekker kan sien, en beleef,en dan ook boonop tyd kry,om op die plaas in te loer,miskien moet ek ook so draai daar gaan maak,net om uit hierdie stads gewoel te ontsnap,net weer mens te word....hou ons op hoogte van wat jy sien in die mooie omgewing....Uncle,jy slaan darem die spyker so reg op sy kop vandag,baie waarhede in jou skrywe....ons moet dit net toepas....Wonder wat vang daardie Kasie aan in ons nat land...wel,ten minste is dit nie so koud soos in Kasieland...neem seker fodies dat dit klap....geniet dit mater...die tydjie hier raak min....Haarskeerders....ek wil n' fodie sien....waar gaan ek n' fodie kry....is dit nie n' gewone Bobbejaan spinnekop.....mooi daggie vir elkeen....pannekoek weer....wie gaan bak.....kom laai so paar vir my af...mmmmm...water my mond nou...xxxx

Anonymous said...

Elke keer as daar 'n donderslag in die lug om ons koppe losknal, gaan 'n kar iewers onder se alarm af. En ek hop 'n paar sentimeters in die lug op want met my oop venster waar vars lug instroom, klink die knalle 'n paar desibelle harder en die knalle 'n paar meters nader. Ek is nie bang nie, net versigtig. Gewoonlik trek ek my kop onder die komberse toe, maar hier in die kantoor is niemaand eers skynbaar bewus van die donder nie, so ek trek niks onder iets in nie, sit net so en wip...

Anonymous said...

Spikkel-patrys, is jy dan eintlik 'n Kapenaar dat die donderslae jou so laat wip?
Jare gelede toe ek nog 'n kinner was, gaan meld ek ewe op die PUK aan om te gaan studeer. My kamermaat is 'n regte Kapenaar, na al die jare weet ek nog steeds nie eintlik hoekom sy PUK toe gekom het nie... Sal haar bietjie moet vra

Nou ja, Potjiesdorp was bekend vir sy verskriklike eg westraansvaalse elektriese storms. En so onafhanklik soos wat Kammie maar is, het sy donderweer-tyd haar enkelbedjie styf teen myne kom stoot! Intussen het sy skynbaar 'n regte Gautenger geword met goeie ontsag vir die donderstorms, maar lank nie meer daai vreeslike bang daarvoor nie!

Ek en Kammie gesels eintlik heel dikwels oor ons verwondering in die kragvertoon van ons Vader!

More kom die eerste toets! Lekker slaap maats!
Kieter hoe gaan dit met jou klein-mannetjie?

Anonymous said...

Sterkte met daai toets Vroulief. Donderweer en stortreën op 'n sinkdak - dit mis ek. Maar die afgelope twee dae se sneeu was baie mooi, al het dit alles ontwrig. Maandagaand laat het ek in die bos hier naby gaan stap, in die wit sneeulandskap was die sekelmaantjie wat af en toe deurkom genoeg lig. Ek het 'n vossie gekry wat in die sneeu rondspring en dit was doodstil. Sneeu demp klank en dit was die eerste stilte wat ek in Engeland ge-'hoor' het, ooit. OK, ek kom uit die Noord-Transvaal en is niks gewoond nie... Watter SATNAV is die beste vir SA? Nie GPS vir die bos nie maar SATNAV vir strate.

Anonymous said...

Die Garmin Nuvi 700... of so iets, ons verdwaal nooit met haar nie :-)

Anonymous said...

More more almal! Vroulief, sterkte vandag! Dit gaan beter met klein Christian, maar blaf maar steeds nou en dan soos 'n agterstraat keffer. Die res van die span is weer volledig - Zouga was gou vir 2 aande in PE vir sy Oom Goerge se begrafnis. Gelukkig kon hy toe self sien dat sy oupa soveel beter as in Desember lyk.

Anonymous said...

Wat 'n lieflike Vrydagoggend!!!

Anonymous said...

Ek stem!

Anonymous said...

En die dag is nou nog mooier so deur die kristalglasie... Nadat ek gister omtrent heeldag die afsnypunt vir eFiling probeer maak het en dit nie kon regkry weens my rekenaarvaardighede nie en die verkeerde knoppe gedruk het, moes ek toe vanoggend SARS toe om die skade te gaan probeer herstel! ;-)) Mooi naweek vir almal en wees veilig!! Ek gaan nou die stilte ervaar waarvan Ondier so mooi vertel het. SAGLIG!!

Anonymous said...

(Haal iewers 'n g uit SAGLIG uit, sal jy?) Ai toggie!!

Anonymous said...

SAGLI??

Anonymous said...

SALIG, Spikkeltjies! Rooiveer se hennetjie broei vir die vale en nou's ek so bang sy verhonger daar op die nes dat ek twee keer per dag vir haar saadjies voer. Spikkel-haan en sy hennetjie is nou by Veertjie - ook aan die broei. Ag, dis vir my so oulik!!

Anonymous said...

Hallo julle, ek is terug in Kaasland, en verlang al weer na die Afrikasonnetjie. Hierdie landje het my verwelkom met 'n mrse sneeustorm. Dankie aan almal wat die laaste drie weke vir my meer as besonders gemaak het, dit was fantasties! Ek voel nou bietjie vodde na die lang reis en gaan vroeg slaap. Praat weer gou met julle.

Anonymous said...

Ek is bly jy is veilig, Kasie!!

Anonymous said...

Ek sit al weer met die neus in die boeke, en as ek bietjie wil uitstel, kom loer ek in...
Jewlsie, ek stem saam Vrydag was so mooi!
Kiets, die eerste toets was darem nie 'n ramp nie! Maar sal maar moet wag en sien wat se punte daaruit voortkom!
Ai Kaas-man, dit was goed om jou en jou geliefdes te ontmoet! Ek het regtig die mooiste foto van julle op my Canontjie. Jy moet maar vir ons foto's van die sneeustorm stuur jong, dan kan ons dit ook 'geniet' of ten minste deernis hê.
Vlaktekind gaan vandag terug na sy 'beskawing' Ek kan nie wag nie, want hierdie ding dat ek gladnie met hom kan kommunikeer nie, is vir my sommer baie erg!

Maters, ek hoop almal het 'n wonderlike week, sonder tragedies, met genoeg lag, genoeg rus en vrede in ons elke dag se doen en late!

Anonymous said...

Goeiemaandag! Wens nie die tyd om nie, maar ek kan nie meer wag vir die naweek nie!! Gaan vir 'n slag weer bosse toe, maar diè slag in luuksheid, gaan loer gerus by www.singita.com - dis die plek waar ek gewerk het voor ek teruggekom het stad toe, en nee, ons betaal nie al daai baie geld om daar te bly nie, ek ken net mense op die regte plekke :-) Lekker dag!!

Anonymous said...

Hallo maters! Ek is weer terug in Bobjaanstad en mis al klaar die rustigheid van die Laeveld al is dit so vrek warm daar.

Die stories oor die Haarskeerders het my nuuskierig gemaak en ek het n bietjie gaan rondsoek na inligting. Die outjie is glad nie giftig nie, maar sy byt kan pynvol wees. Hier is twee web tuistes met lekker inligting en fotos oor die onskuldige laaities. Gaan kyk gerus.

http://www.treknature.com/gallery/Africa/South_Africa/photo2813.htm

http://www.solpugid.com/Introduction.htm

So tussen die "pebbles" en die "rocks" was daar toe geen "birdies" nie, maar dit was n heerlike dag wat opgemaak het vir die slegte golf. Sal maar hard moet gaan oefen vir die "birdies" en "eagles"!!!

Vashou Spikkels, dit is amper Vrydag! :-)))) Eendag as ek mooi groot en ryk is wil ek ook na sulke spoggerige plekke toe gaan.

Oral waar ek gaan is daar allerhande hartjie goedjies in die winkels en dis net rooi en wit skakerings. Mens sou sweer dis Valentyns soos hulle aangaan!! Weet hulle nie die Bulle speel komende Saterdag nie!!

Lekker week vir julle almal!!!

Anonymous said...

More more almal! As julle op die voorblad van die Beeld kyk sal julle sien wat die Arch gister te sê gehad het - ja, en ek en Kleinkiets was daar (dis ons gemeente daai) en sy het 'n drukkie en 'n "blessing" by Oompie Des gekry, soos hy hom aan haar voorgestel het. Ek het ok 'n foto!

Die punt is, hy beoep ons as Afrikaners om hier te bly en ons stemme te laat hoor!

Anonymous said...

Jitte, dis so lekker om al julle prate te lees!! Dis Volmaan, maaitjies!!! xxxxx

cat said...
This comment has been removed by the author.
Anonymous said...

Tyd vir waterman - waar's Ann nou? More more almal - laat dit nou vandag bietjie lewendiger hier wees.

Anonymous said...

Goeie môre al die maters....sjoe....ek wil so graag kuier en klets,maar dit gaan net woes erg met my.....maar ek dink darem die heel tyd aan julle...as dit dan maar n' troos kan wees....Kasie,bly jy is veilig in Ysland/Laagland/Kaasland...lyk my die weer wil jou nou eenmaal nie genadig wees...ai,dit was sooo lekker om jou weer te sien en heerlik saam te kuier,dankie daarvoor....Spikkelties,het jy nie dalk iemand nodig om jou tassie te dra,ai,dis net wat ek nodig het...eendag miskien☺☺☺....Makou,dis so heerlik om jou kort-kort te sien inloer....Bly jy het die Laeveld geniet en dat jy veilig terug is....dankie vir die inligting oor die Haarskeerders,baie interesant...nooit te oud om te leer nê....Jy is dan so goeie golfspeler...wat het jou aandag dan afgetrek....of was die baan net baie moeilik.....ja,die "Birdies en "Eagles " het my heerlik laat giggel....n baie goeie vriend van my spog ook een dag oor die "birdies"...sy vriendin sê toe...nou goed...vir elke "birdie" gee ek jou n' heerlike sappige soentjie...net so om hom bietjie aan te por....glimlaggend antwoord hy terug...en vir n' " Eagle"?....wel,nodeloos om te sê,sy het net giggelend en blosend omgedraai en weggestap...☺☺☺....Valentine/Fillestyns dag....ja,ek en my Boeboes is die enigste twee met n' romantiese streep in ons....wel,ek moet sê hy bederf sy Zellie tot in die afgrond in...en Mamma moet help met idees...sodoende leef ek my uit...in die lekkerte van verlief wees en omgee...Wonder wie van julle het vanoggend die maan in die Weste gesien....ai,dit was huil mooi....so met die sonsopkoms het die maan so geel kaas kleur gehad....en sak so stadig in die Weste...om plek te maak vir n' nuwe dag....mooi daggie vir elkeen...mag net die mooi en goeie jul dag vul...xxxx

Anonymous said...

Moenie lat Vroulief hoorie. Dit was vrek lekker innie boendoes en ek wil weer net trug. Jy ry eers see toe en dan die berge in mittie mooiste bergpas. Sommer vyfhonnert tree op inne klein entjie. En daar bo tussenie berge kommie mis jou saans en soggens toevou mit sy nat koue kombers. Die klein gehuggies tussenie berge oppie mooiste plekkies. En vannie hys waar ons gebly het se dak sien jy vroesmors wildsbokke sommer net hier annerkant weie. Een môre ook 'n ou fris beer vanne vlakvark gewaar.

Anonymous said...

Ai,Vlakkies...jy laat my soooo verlang na die berge en veld...jou beskrywing laat my voel ek sien wat jy beleef het....Jewlsie,maak jy weer maanwater...hier het dit nou so gestorm...ek dink die maan is skoon verskrik...en kruip agter die wolke weg...sal seker nie eens n' skynsel sien....Lekker Slapies ....XXXX

Anonymous said...

Gits mense, wat 'n storm. Dit sous nog steeds!

Anonymous said...

Gisteraand het ek die storm se woede probeer opneem om allie pad Engeland toe te stuur sodat Ondier op sy spesiale dag donnerweer kon ervaar, maar daai bliksemstrale en gegrom wou nie afgeneem of opgeneem geword het nie... Mag jy nogtans 'n asemrowende mooi dag hê wat met Feetjie-liefde gevul is, Ondier!! Lekker verjaar!! Liefde, Jewls. xxxxx

Welkom terug, Vlakkies!! Ek het jou gemis!!

Rooikoppie, ek het nog gladnie die maan gesien nie... Die wolke verduister hom nog heeltyd vir my!!

Nog net 'n week en dan's ek Ouma-van-vele, hoop ek!!! ;-))

Anonymous said...

Veels geluk liewe Waterbobbejaan!! Ek hoop jy het 'n baie lekker bederf-dag!! Geniet dit! ♥

Die wêreld is skoon deurmekaar gereën vanoggend, wat 'n storm was dit nie!

Anonymous said...

Goeie more maters! Veels geluk met die verjaarsdag WB! Mag daar nog vele gesonde en gessende jare vir jou wees. Lyk my ons kan een van die dae dalk vir Jewls ook geluk wens! Hoeveel bondeltjies verwag jy?

Nee wat Rooikop, ek is glad nie n goeie golf speler nie! Ek behoort aan n besonderse klub. Ons golfers noem dit die "Moer en soek" klub. Waar sal ek nou die gelukkie kry dat so n oulike nooi vir my sulke aansporings gee??? Waar was sy in Desember toe ek nie minder nie as agt "birdies" aangeteken het? Ongelukkig was ek "birdieless" laas Saterdag :-((((

Lekker werk, swot, speel of wat ook al julle doen!

Anonymous said...

Happy Birfday liewe Ondier, happy birfday to you!!!

Anonymous said...

Veels geluk liewe WB,hoop jy het n' tone omkrul dag, en mag die jaar wat voorlê,net die beste voortbring...klappertand julle nog va die koue....ai,ek sou dit nooit uitgehou het...ek is maar n' somer baba...al is ek in die winter gebore....Kiets,bly dit het goed afgeloop by die tandarts,nou kan jy weer jou spierwit Colgate glimlaggie uitpak...Jewlsie,kan nie wag vir daardie piepklen donsige geel kuikentjies....as ek nou nie vir ou Guyver gehad het...sou ek nou graag so ou bondeltjie wou aanneem....dis nou te sê as ouma sal toelaat dat ek Peetma speel..☺☺☺....jy sal maar fodies moet neem....Makou,ek het nou lekker gelag vir jou "besonderse klub" naam....wel,soos jy sê in Desember het jy vele "birdies " aangeteken....miskien het dit gegaan oor meer ontspanne wees...jy weet, vakansie tyd....en so aan...Hierdie golfspelery lyk altyd so lekker,ry elke middag by golfbaan verby...en almal staan daar by die "driving range" en oefen..en ander loop so rustig en te heerlik van putjie tot putjie....ek het juis anderdag gedink...dalk moet ek probeer....wie weet...dalk slaan ek ook eendag "birdies"....en dan...wel dan....☺☺☺...Wonder wat het van Mac geword....is hy dan al klaar in Botswana in....Vlakkies jy is ook doodstil na jou heerlike avontuur in die berge..nou ja,genoeg geklets...mooi daggie vir elkeen....onthou... wye glimlag...laat ek nou weer verder bons soos n' rubberballetjie....

Anonymous said...

Heer Bojaan noudat jy jou eerste tree in jou nuwe lewensjaar ingegee het, hoop ek dat die tree wat volg net mooi onthoue sal skep vir jou en jou gesin. Veels geluk.

Anonymous said...

Hêppie birfdy deer baboen ... Nee gits, ek is seker die man kan dam nog Afrikaans verstaan na allie tyd in Ingeland. Sal ek nou so loop sta sikkel om hom in Ingels geluk te loop sta wens. Geluk ou maat. Mag die jaar vir jou en jou gesin mooi wees. Mag jy lekker eksotiese uithoekies van ou moederaarde besoek en mag die vonkskelms altyd tweede kom.

Anonymous said...

Veels geluk WB, ek hoop jy hou 'n warm party, jy kan dit seker gebruik in hierdie koue.- So stadigaan het ek my voete weer gevind in hierdie oorbevolkte grys landjie. Nogal bly daar was nie 'n groot chaos by die werk nie. - Kiets, 'n baie mooi foto van ons Canonclub. So gou ek kans kry gooi ek 'n paar fotos van ons "by-jeweeltjie-braai" op Facebook. Hoop julle kan na die storm geniet van 'n mooi somersaand.

Anonymous said...

Veels geluk WB, ek hoop jy hou 'n warm party, jy kan dit seker gebruik in hierdie koue.- So stadigaan het ek my voete weer gevind in hierdie oorbevolkte grys landjie. Nogal bly daar was nie 'n groot chaos by die werk nie. - Kiets, 'n baie mooi foto van ons Canonclub. So gou ek kans kry gooi ek 'n paar fotos van ons "by-jeweeltjie-braai" op Facebook. Hoop julle kan na die storm geniet van 'n mooi somersaand.

Anonymous said...

Praat ek in stereo. Skuus.

Anonymous said...

Kasie, ek hoor jou behorlik praat met daai Hollandse aksent! En net voor ek jou storietjie lees roep ek Middelkind om ons Canon klub foto te kom kyk...

En ja, ek moet al weer leer vir 'n toets, en dan kom loer ek hier in.. Dit terwyl ek dit skoon op die seuwees het oor die groot leerdery en die baie toetse!!

En die storms hou net aan en aan - nie dat ek kla nie, ek hou daarvan, en ek het Vlaktekind verseker dat die erdwurms nog nie kla oor die baie reen nie.. Hulle is nog onder die grond, en kruip nog nie uit nie!

En ek het lekker met onse poppedyntjie doer in die Kaap gesels. Tipies eerste jaar, baaaie stories, nog vreeslik opgewonde oor al die goed wat gebeur, en ek is so dankbaar..!

Nou kan ek nie meer uitstel nie, nou MOET ek die neus in die boek kry!!

Lekker slaap almal

Anonymous said...

More more almal! Eintlik is dit al middag en almal slaap nog? Hoekom is dit so stil op hierdie plaas? Ptrysie, wat van die naweek?

Anonymous said...

Katjie, ek dink nie iemand slaap laat nie - ons lewens hôl net met ons weg!! By my werk veg ek al vir oorlewing sedert ek daar weg is met vakansie in Desember. Maar daar is ook mooi-goed waarna ek uitsien. Persoonlike hoogtepunte en verlangens wat my hart laat bokspring! Patrysie is seker op haar wonder-naweek, Ondier is dalk onder ons Afrika-sambreel, Antjie-Patat is terug, maar weier om haar vakansie met ons te deel! Sies vir jou!!

Vroulief, hoe het dit met jou toets gegaan? Vlakkies, jy hoef nooit verskoning te soek vir jou lekker-kry nie. Solank jy dit met ons deel is dit so nice!! Uncle Mac, ek dink dikwels hoe daai nuwe trokkie hom gedra as jy en jou pêllies 4 x 4 doen! En soos ek jou ken neem julle baie foto's!! Gee daai skakel of kom vertel sommer self - ek mis jou!!

Kasie, jy sit vanaand in 'n koue dorp, in 'n Vérland, nes Vlakkies, maar bring warmte in ons harte! Ek het jou so baie geniet! Vandag het ek vir my Hart-se-punt 'n spesiale geskenkie gaan kies en voor ek dit gaan pos het, 'n bacaon en egg burger verorber! Ai, toe dink ek so baie aan jou!! Ons praat al 2 jaar oor daai toasted bacon and egg met baie chips!!!! Waar's die foto's? Makou, vlieg jy hoog? Dis mos 'n keuse wat jy maak... Gisteraand was daar 'n insetsel op tiewie oor Waenhuiskrans en toe wonder ek of jy nog my klippie het en of jy dit in die see gegooi het! ;-))

Rooikoppie, sê asb. weer vir Willie dankie dat hy gesorg het dat my rookblikkie veilig by my is! Liefkind het ook skielik 'n nuwe manier: Ek het jou geskenkie op die klavier gesit met die gedagte dat dit vir my kosbaar is. Nou vis Liefkind elke oggend daai lekker roompies uit die see-blou-pakkie, smeer dit aan haar beentjies en dit laat my die reuk onthou - daai oomblik toe jy dit vir my gegee het!! Kosbaar!

Nog net veertig dae!!!!!

Anonymous said...

Sjoe Jewlsie, so baie rammel stories.. Ek hoor jou ...

Die toets.. mmm.. Daar's toe geen toets geskryf nie!! 'n Hele klomp van ons was sommer baie vies. Dosent stap in klas, vertel ons, ons gaan vandag deelneem aan 'n navorsings-meningspeiling oor VIGS. Ons moet seblief ons samewerking gee... En o ja, ons skryf vandag se toets wel Dinsdag, en moenie vergeet nie, ons skryf wel die volgende toets eerskomende Donderdag..
Dosentjie gryp haar boek en daar gaat sy... Ons sit en wag en wag, want ons moet mos ons samewerking gee, en ons sal want een van die dae is ons in daai boot.. Tyd stap aan, niemand daag op nie!! So is ons weg, geen toets, geen klas, geen meningsopname! Dit is nie snaaks ie! Veral in die lig daarvan dat ons baie geld betaal vir die kursus, maar baaaie geld!

Nou weet al die plaasmaats, julle moet volgende week heelweek aan my dink, dit gaan rof en taai wees..

En op-die-koop-toe het Vroulief die hospitaal se noodfoon vir die hele naweek! Moet op aandag staan vir die hele hospitaal se sterftes en drama.. is bietjie senuweeagtig daaroor!

Hey almal hierrond, kry julle ook so koud? Nee Kasie, dis nie jou soort koue nie. In die middel van die somer is hierdie sommer net nie lekker nie! Ek hou van reen, maar so 'n half ongemaklike dag soos vandag, baie wolke, 'n kouerige wind, niks reen nie... Nee, dis nie so lekker nie.. en ons kan maar nog bietjie reen kry, want die erdwurms het nog nie gekla nie!!

Nou toe maats, klets julle stories, vertel sodat ons kan geniet en dat Kiets weet almal is eintlik nog hierrond...

Anonymous said...

Lyk vir my die nuwe SA slaan ook toe in die mediese wêreld, sterkte Vroulief en Jeweeltjie. Ek hoor dis so koud by julle, Bernice suffer want dis mos onner 30 grade, truietyd! Ek praat maar nie oor Laag-Kaasland nie, die lente is nog vér. Kyk op Facebook, daar is 'n paar fotos van die mooi someraand op 24 Januarie. My Petoorskind het my mooi ge-instruct hoe ek die met die fotos moet werk, en dit wérk! Ek is mos nie grys nie, net blond.

Anonymous said...

Baie dankie almal vir die mooi wense, waardeer dit. Sneeu alweer, dis nou nie meer snaaks nie...

Anonymous said...

Ag liewe Ondier, jy moet nie toelaat dat die koue en sneeu jou onderkry nie!! Nog net 'n paar slapies en dan kan jy ook mooi kleur kom kry onder die Afrika son!! Wanneer vlieg julle?

Vroulief, ek begin ook al die winter-gevoel in my lyf kry. Om soggens so vroeg op te staan word al moeiliker en saans sit ek met 'n hekelkombersie oor my skoot! ;-)) Sterkte met jou spoedwerk die naweek!!

Blondie, baie dankie vir jou foto's!! Noudat jy weet hoe, kan jy maar aanhou laai!! Stuur ook asb. baie liefde vir Mariana as julle weer praat en vra haar om my te kontak. Ek wil nog baie van haar wonderlike persoonlikheid beleef!!

Om een of ander rede het ek gedink gister was Vrydag en daar sit ek toe vir Spikkels op Singita in my gedagtes en voel so ewe sleg omdat ek nie koebaai en 'ry veilig' gesê het nie!! Ai toggie, ten minste het ek nou 'n ekstra Vrydag bygekry!! ;-)) Geniet jou naweek Patrysie!!!

Katjie, elke keer as ek jou mosterdsous gebruik, dan wonder ek hoe dit met julle gaan! Is al die Katsies nou weer gesond?

Mag julle almal 'n stunning dag hê!! xxxxx

Anonymous said...

O ja, Makou, daai Haarskeerders... Dit was my nagmêrrie gistraand. Ek probeer hulle spuit met Doom, maar hoe meer ek spuit, hoe groter word hulle tot hul later op hulle agterpote staan en soos perde na my kap! Sies vir jou!!

Anonymous said...

More more almal - vandag is dit Kroep 2/ Katgesin 1. Ons is aand ie verloor. Kleinkatjie het nou ook "geval" voor die monster. Maar ons hoop als is vinnign oor!

Ai Vroulief, dat hulle mens se tyd en geld so kan mors! Maak my oneindig vies.

En Jeweeltjie - ek kan nie glo jy het nog sous oor nie!

Lekker dag almal - Vroulief , sterkte met die naweek.

Anonymous said...

Katjie, dis 'n ekonomiese beginsel: Hoe skaarser die produk, hoe versigtiger is die verbruiker... Hoop die Kroepies is almal gou beter, hoor?

Haai, ek sien nou dis Vrydag die DERTIENDE!! Dis opwindend!!

Anonymous said...

More maters! Vir die wat nie weet nie, die Super 14 het vanoggend afgeskop! Ek het met trots my Blou Bul trui vandag aangetrek!

Nee Jeweeltjie! Die liewe goed is heeltemal onskadelik. Hulle is maar net agter allerhande goggas en goeters aan.

Lyk my Rooikoppie hardloop weer rond deesdae. Val so nou en dan in en verdwyn dan net weer. Waar kruip jy weg jong???

Dis nou seker nie my plek nie, maar ek wil sommer vir al die skones hier op die plaas n wonderlike asemlose Valentynsdag toe wens vir more. Mag dit vir julle n besonderse mooi dag wees met baie bederf (blomme, tjoklits, liefde, ens.)!

Sterkte aan al die Leeus, Cheetahs, Stormers, Sharks en Bulls ondersteuners. Mag hierdie n groot jaar wees vir ons!

Anonymous said...

Dankie Makou - en 'n groot soen vir jou!

Anonymous said...

Dankie Makou - vyf soene vir jou!!! (Katjie, 'everything you can do, I can do better!! ;-)) ) Ek spot sommer!!!

Ek wou vandag vir my 'n Cheetah-vlag gekoop het langs die pad maar toe het ek nie geld by my nie!! Ook seker maar goed so want wat gaan ek nou met die vlag aanvang as die rugby-koors verby is? En wie gaan sien ek waai hom plegtig met elke game as ek in my sitkamer sit en opgewonde raak? Alleen? Kry ek nou skoon lag vir myself!! Ek kan maar my oranje cheetah-sleutelhouertjie-kntrtjies rondswaai!! ;-))

Anonymous said...

Jeweeltjie, moet 'n mens dan betaal vir 'n Cheeta-vlag?

Anonymous said...

Ag, Kasie, rugby is sommer 'n simpel game!!!!!

Anonymous said...

Is dit nou suur druiwe oor my spannetjie verloor het? Ekskuus. My stem is hees en die katte verward. En ek is nog vies...

Vandag het ek Liefkind gaan aflaai in die Ooste sodat sy weer plaaslug kan inasem en verby die Zucker Backer gery. Dis die plek waarheen ek jou wou vat vir die beste lamskrokette innie dorp! Na ek amper 'n ongeluk veroorsaak het oor ek skielik wil parkeer en nie my flikker gewys het nie, vertel die eienaar vir my dat hulle nie meer krokette maak nie omdat mense deesdae nie 'fried' kosse koop nie, maar wel 'backed'. Verloor sommer net daar en dan my eetlus en geduld! Jy het gepraat van mense in Klerksdorp wat gevriesde krokette verskaf? Ek het hulle kaartjie gevat en sodra jy my inligting gee oor Klerksdorp se mense, gee ek dit deur aan die Grieke wat Duitse kos verkoop!!

Sjoe, nou voel ek beter... Nes 'n ma wat wag om te hoor of haar Liefkind veilig is en toe is sy!!!!

Anonymous said...

Ag nee Jeweel, ek het nie eers geweet die Katjies speel nie. Twee jaar gelede het ek nog Bloubul truie gekoop innie Kolonnade, maar hierdie keer het ek 'n Springbok trui gekoop. Dra ek in elk geval die trui van 'n wêreldkampioen, en dit het ons met allie skatryk sokkerspelertjies in Kaasland nog nooit reggekry nie. - Ek sal uitvind oor die krokette, daar is nog 'n plek in Edenvale, net 'n bietjie investigate en sal jou laat weet! Die bacon & egg burger het ek nog nie vergeet nie, sjoe, daai was lekker!

Anonymous said...

Dankie almal vir die sterkte-wense met die noodfoon. Vandag was in elkgeval die stilste wat ek Ongevalle NOG beleef het, hoop die hele naweek hou so rustig..

Jewlsie, ek dink ook rugby is 'n simpel speletjie - om 'n heel ander rede as wat jy so dink! Ek het 'n regte tranetrekker fliekie gekyk terwyl die rugby aan die gang was... en so hou ek die pompie dop om te sien of ek 'n paar woordjies met my vlaktekind kan inkry... Maar o weeeee, dus rugby, dan is alles in sy wêreld ondergeskik aan rugby. Hy sal selfs 'n klets met my verbeur... In die rugby-seisoen kom selfs ek 'n sleg tweede!!

Makou, ek droom nou nie juis dat ek daarvan onthou nie... en as jy praat van die goggas en goetters wat die haarskeerders vreet, is dit juis die goetters wat my laat ril...

Ai Kieter, en dis nog nie eers winter nie, en julle doen al die kroep-dans!! Sterkte, sterkte.. hoop hulle word sommer gou gesond!

Kasie, ek is heel pernoooslik met daai 'facebook' gedoente, sal later vir Middelkind nadersleep om weer sy moeder te kom bystaan!! Ek wil ook sien!!

Julle moet almal regtig lekker slaap, as die nagte so effens koeler is, is dit mos heerlik om so onder die k'berse in te kruip. Kammie het juis vanaand laat weet dat sy met 'n nuwe boek "onder die wolle" is - dis nou haar uitdrukking vir snoesig in die bed...
En dankie vir die Valentynswense... ek mis juis daai Vlaktekind-man van my vreeslik - nie dat ek dink dat hy rooi blomme of so iets sou gaan koop nie...

Anonymous said...

Kasie, ek het daai burger een kyk gegee en Liefkind gevra om 'n foto te neem - onthou jy? Sjoe, dit was darem verskriklik groot-verby!!! En lekker!! ;-))

Ek brand van nuuskierigheid oor Kammie se boek! Vertel, Vriendin! Ek het myself bederf deur my geliefde Stevie se boek te koop: 'Mense van my asem.' 389 bladsye van leesgenot! Sy Valentynsdaggediggie in die Beeld is bietjie vaal. Wie kan beter doen?

...

Ek weet jy kan!!! Streel jou geliefde vandag met omgee-woorde en laat haar spesiaal voel!! Sy het dit nodig...

Anonymous said...

Vroulief, het jy toe 'n bos pragtige rooi rose gekry? ;-)) Jy weet mos Vlakkies is lief vir jou!! Op die radio speel hulle al heel oggend die mooiste liefdesliedjies!! Ek wonder wat het die nimlike Zouga uitgedink om Katjie vandag mee te bederf. Hy's mos altyd so vol verrassings!

Nou toe, geniet julle Hartjiesdag en bly lief vir mekaar, hoor?

Anonymous said...

Hoog daar bo in Ou Berg se kloof,
het ek jou eens my liefde beloof.
Daar waar die rooi Disa blom,
sal ek op die aandwind na jou toe kom...

Anonymous said...

Met 'n helderrooi disa in sy hand
Sit en wag hy op die rots se wand
In die belofte van die aandwind
Gaan Ridder sy Droomprinses vind...

Anonymous said...

Blou! Blou blou blou blou blou (en niks wit strepe nie) blou!

Anonymous said...

Shark het daai disa uit die ridder se hand gepluk

Anonymous said...

Wag, laat ek dink, 'n Cheetah teen 'n Leeu? Klink vir my half onregverdig, maar nou ja...

Anonymous said...

Die WP sal altyd my span bly, ek sal hulle ALTYD ondersteun.

Anonymous said...

Nee wat, die jaar moet ek vir my 'n nuwe span loop soek. En aangesien ek nou in Pretoria bly (of my huis daar het)...

Anonymous said...

Naand, naand almal!

Vir Valentyns het ons rugby gekyk en gebraai by vriende - vreeslik romanties, of hoe!

Nee wat, Zouga het darem pragtige rooi geberas en my ginsteling Sally Williams nougat vir 'n veraqssing gehad en my vir 'n lang uitry met die perde laat
gaan. Dit was 'n heerlike dag, en ja ook die rugby!

Hoop almal het 'n heerlike dag en naweek gehad. En dankie vir die mooi wense. Kleinkatjie kug maar nog maar is veel beter.

Anonymous said...

Tipies 'n shark supporter......onromanties, onbeskof en met 'n deathwish..... ;)))))))

Anonymous said...

;-))

Anonymous said...

Hmm, Stormers supporter - en het by Sharks supporter vriende gekyk!

Anonymous said...

Dit was 'n ongelooflike wondernaweek, nes jy gesê het Jewls. En Singita beteken nie verniet "place of miracles" nie... Ek kan nie eers begin om te vertel hoe lekker dit was nie. Van die luiperd en haar kleintjie, die hiëna wat hulle boom injaag en hulle rooibok dan opvreet, van olifante (ek het dit nog nooit in my lewe gesien nie) wat gaan lê en slaap, die kleintjies wat gaan lê in die grotes se skaduwee en hulle dan spelerig en liggies skop. En my Hartjiesdag vol liefde en natuur, die uil, die seekoei, die skerpioen, die luislang, die verkleurmannetjie, baie voëls, rooibokke, buffels, leeus, renosters, olifante, luiperds, naguiltjies, bobbejane, blou-ape, my ou vriende, die mooi maan, die helder sterre, die skoon lug. Alles was net perfek.

Anonymous said...

More more almal! Ai Spikkels hoe jaloers het jy my nou - weet jy hoe ek na so naweek smag? Maar ek gun julle dit 100%!

En hoe was almal se naweek?

Anonymous said...

Ag liewe Katjie, kinders is mens se heel grootste vreugde! Dis 'n belegging al is dit ook 'n groot persoonlike opoffering... Ek is bly jy het weer die geleentheid gehad om te gaan perdry!! Vertel asb. hoe dit met Leon en sy brilletjies-dra gaan!!

Spikkels, dit klink vir my na 'n GELOOFLIKE wondernaweek wat julle gehad het!! Foto's? Ek was, soos jy reeds weet, deur 'n Leeu verskeur en juis daarom was Valentynsdag so extra-spesiaal vir my hierdie jaar!!! ;-))

Vlakkies, ek giggel nou nog!! Is jy nou 'n blou bul? Wat het die kookvrou vir julle gegee om vanaand te eet? Ek mis jou stories oor die dinge wat jy beleef daar in Vérland! Kom ons twee drink een glasie rooi vanaand vir al die mooi in ons lewens!!

Vroulief, wys asb. vir Kiewiet hoe my Donsies lyk! Hulle is so skattig!! Sterkte met jou toets môre!!

Anonymous said...

Ek het nou eers klaar geleer vir die toets, moet eintlik in die bed kom...

Almal praat van die wonderlike naweek... ek is Saterdag oggend vroeg uitgeroep hospitaal toe, mar soos in VROEG!!! Was tot 22:00 daar... Niks romanties, net hartseer en ondersteuning, uiteinde? Poegaai, seer lyf.. Ek kla gladnie, hoor!! Ek het besondere mense bygestaan. Uitsonderlike besonderse mense!

Spikkel-patrys, klink so asof klooomp van ons wat sou wou gee om te wees waar jy was.. Solank jy dit geniet het, en dit lyk my jy't dit vreeslik geniet het!

Dankie Jeweeltjie vir die sterkte-wense, die seningwees knaag maar! Juis daarom moet ek nou in die kooi kom! Lekker slaap almal

Anonymous said...

O my liewe aardetjie tog - wat gaan hier aan dat hier niks aangaan nie? Was die hele wêreld se krag af vandag? ;-))

Ek het vandag so 'n gek van myself gemaak oor dié ding dat ek nie 'n lagbui kan keer nie... 'n Nuwe verpleegster stel haarself aan my voor en toe sy sê sy's Anke Hangelbroek, toe verloor ek dit!!! Ai, die Hollandse vanne dam!!

Ek hoop uit my hart uit dat dit goed gaan met almal wat lanklaas 'n geselsie kom aanknoop het... Liefde, Jewls xxxxx

Anonymous said...

Hulle sê ook dat daai video van Josie nie die waarheid is nie want dit was 30 minute lank! G'n Blou Bul kan so lank stoot nie... ;-))

;-))

;-))

Bloos ek dam nou!!!!

Anonymous said...

Wie misbruk my naam so terwyl ek amperie emmer geloop sta' skop het vannie snotsiekte. Was maar 'n treurage naweek. Annie eenkant gat loop sta verloor my geliefde ou spannetjie teenie babers en annie annerkant versyp ek so byna innie snot. Wat? Ek 'n blou ossie? Nee Jeweeltjie so nooit as te nimmer sal ek so iets gat loop sta' aanvangie. Dan gat loop sta' verloor ek liewer teene baber.

Anonymous said...

Vlakkies, dankie dat jy jouself uit jou siekbed uit gesleep het om met my te kom praat! Is die snotters al beter? Mens kry mos hoesonderdrukkers en hoes-ekspektorante. Dis wanneer mens kop moet hou oor mané en nocté!!

Ek sit hier voor my slimmasjien en kyk kort-kort hoe die blitse uitslaan op die horison. Ek tel plegtig die donnerweer se wegkruipertjie-speletjie af! Hoe ver nog voor ek moet shut-down? Meeste van die tyd is ek so in vervoering oor die mooigeit buite my venster en die omgee in my hart!!

Neem 'n foto. Lag. Deel dit met iemand!!!!

Anonymous said...

More more almal! Ai, hoe lekker om weer 'n stukkie mooigeit van Jeweeltjie te lees.

Ai Vlakkies, hoop jy voel gou beter! Daar is niks so erg soos snotsiekte as mens nog warm kry ok nie - en daar kry julle mos maar altyd warm, of hoe?

Liefde en lekker dag vir almal!

Anonymous said...

Dis oor jy nie 'n Blou Bul is nie dat jy nie anders weet nie...

;-))

;-))

;-))

Anonymous said...

...dat net 'n Blou Bul weet hoe lank 'n ander Blou Bul kan stoot. Miskien is dit tyd dat hul daai energie 'n slag op hul opponente fokus......

Anonymous said...

A nee a mense!! Los nou die Bulle hier uit. Sies vir julle. Ons kan begin lelik raak in die finaal as ons eie spanne teen mekaar speel, maar tot dan moet ons saam staan.

Ek voel nou skoon onwelkom hier op die plaas!!

Anonymous said...

Hie-hie, julle is weer lekker snaaks!! Askiestog, liewe Makou!!! Hiermee gee ek dus my volle saamstaan tot die finale toe, maar onthou net dat ek teen daai tyd nie verantwoordelik gehou sal kan word vir my optrede nie, né? ;-))

Anonymous said...

Die snotterageit is maar nog so half en half met my. Maar hier by ons raak dit nogal so half koelerag innie aande innie winter, soos nou. Dis net daar onner by die see wat lat dit so aljimmers warm is. Hoeswatsegoed en kop moet hou oor hoesegoed Jeweeltjie? Jy sal moet gat loop sta' Afrikaans praat as jy met my wil praat. Ek laat my gannie slegsê in Ingelsie. Blou Makou - dis mos hoeka Bun van Weg se mouterkar se naam. Nee ou Watervoëltjie, jy moet nou nie so omgesukkel gat loop sta raakie. Ons hou nog van jou, al têre ons jou oor jou span. Nee, dissie ek wat sukkel lelike goeters oor jou span geloop sta' sê hettie.

Anonymous said...

Waarvan sal mens se kakebeen so bleddie seer wees in die oggend? Laat tot my kop pyn, en al wat ek gisteraand gedoen het was werk tot laat en toe slaap... :-(

Anonymous said...

Ek dink jy't in jou slaap op jou tande gekners en dit kom nou daarvan as mens tot laat sit en werk i.p.v. speel... :-(

Anonymous said...

Nogtans is ek jammer vir jou, Spikkeltjies!!

Makou, baie geluk met jou sussie se verjaarsdag vandag!! Jy gaan seker nie 'n stukkie koek kry nie, maar gaan jy hulle darem die naweek sien? Gee haar dan 'n vet druk en vyf soentjies van my af, sal jy?

Vlakkies, Goeie mané aan jou!! Hoop jy voel vandag sommer stukke beter!!!

Rooikoppie, as jy nie vandag kom groet nie, gaan ek nooit weer met jou praat nie...

Anonymous said...

More more almal! EK het die formaat hieso so bietjie verander want mens kan dan as die ding "Hang" hop stop en weer "publish" klik sonder om die vernstertjie toe te maak.

Ptrysie, ek dink dok Jeweeltjie is reg met haar diagnose. Ophou daarmee anders gaan jy jou in 'n paar wortelkanale in kners hoor!

Anonymous said...

Hmmmm, dit raak beter dankie. Maar hoe hou mens op? Ek kom nie agter dat ek dit doen nie...

Anonymous said...

En dis 'n lekker formaat die Kiets, nou hoef mens nie allie pad tot onder te gaan om ietsie te sê nie.

Anonymous said...

Ontspan liewe Spikkels, ontspan. Drink bietjie Rescue remedy. Of laat die tandarts vir jou 'n passion killer (ehm - ek dink mens noem dit 'n bytplaatjie) maak.

Anonymous said...

Jitte, skrik ek dam nou vir my. Dog ek het weer iewers die verkeerde knoppie gedruk...

Dankie vir die moeite wat jy doen hier op die plaas om alles vir ons makliker te maak, Katjie!! Nou moet ek af en weer op scroll. Eers om te gaan lees wat die liewe maters praat en daarna terug om ook my stuiwer in die wensfonteintjie te gooi. Dis nou ook weer net Spikkels wat dadelik wil wegtrek en vertel!! ;-)) Toemaar Spikkels, as mens voel soos jy vanoggend voel, neem ek jou gladnie kwalik nie. So 'n geknersery in jou slaap is a.g.v. baie redes. As dit gereeld gebeur, is Dok Katjie reg oor die plaat, maar 'n goedkoper alternatief is om vir jou Plus White by 'n apteek te koop. Daarmee saam kry jy so 'n blou plastiese mondstukkie. Ek weet nie of jy daarmee sal kan slaap nie, maar jy moet tog net 'n foto van jouself met die mondstukkie in neem en vir my stuur. Ek het lanklaas 'n lekker lag gehad!!! Spikkeltjies, ek trek jou been - en as jy dit voel, dan weet ek jy moes ook eers af en toe weer op om te kom veertjies skud!! ;-))))

Unknown said...

Hierts ou Kiets - kyk nou hou hoe fiets. Jy maak dit makliker - maar dom vraag by: Kan jy die datum/tyd volgorde omdraai - dan si die heel nuutste possie altyd heelbo en hoef jy net af te blaai tot waar jy laas was [behalw as jy so sniel soos ikke is wat nooit kan ondhou waar'k laas wie se watse sêding raakgeblaai het 'ie ... diesulkes sal moet afblaai tot aan 'ie end iende... maar di snet vir anners soos 'k. Jelle skjerp slim goed ondhou mense hoef'ie.
Maar 'k vra net - 'k skryf 'ie voor nie.

Anonymous said...

En Katjie, wat sal gebeur as ek die 'collapse comments' knoppie druk? Ek kla ook gladnie, hoor? Dis te wonderlik vir my hoe slim julle met die rekenaars en programme is!! Middag Uncle Mac!! Wat maak jy en Dwergie alles hier in SA?

Vroulief, hoe't dit met jou toets gegaan?

Anonymous said...

Jeweeltjie, as jy die collapse knoppie druk gaan jy sien wie het el keer gepraat - dan kan jy vinniger ondertoe en net die oopmaak wat jy nog nie gelees het nie. Gebrui gerus! Oompie, ek weet nie of ek dit kan doen nie, maar ek sal probeer.

Anonymous said...

Nee jammer Oompie, ek kan nie!

Anonymous said...

Hier is ekke...hier is ekke...Jewlsie...koewieeeeee...koewieeee...praat met my...ek is net so effe laat...maar ek is hier...sjoe ,skoon uitasem gehol,om betyds te wees...voor die wat met die hoenders gaan slaap verdwyn....Kiets,dankie vir die moeite...ai,jy is n' baie oulike plaas bestuurder/es....Nou ja,met my gaan dit nog goed...spring net rond soos n' rubberballetjie...bons hier...bons daar...maar ek kla nie....die lewe is mooi...ek is baie bevoorreg....en in my hartjie is ek baie dankbaar....rustige aand vir elkeen...wees lief vir mekaar..gee liefde...en LEEF...xxxxx

Anonymous said...

Rooikoppie!!!!! Hier sit 'n paar motte op my skerm. Party is meer perfek as die ander en party is ook meer besig!! Ek verwonder my aan die vroeg-oggend prag en die koue wat deesdae by my buitedeur instroom as ek saans hier voor my wêreldvenstertjie sit. Tog bly dit somer in my hart!!! Baie geluk met jou en Willie se huweliksherdenking môre, Vriendin!! Liefde, Jewlsie. xxxxx

Anonymous said...

Ou Rooiveer kondig 'n pragtige nuwe dag aan. Saggies word die duifies en ander gevleueldes wakker en woeker met hulle stem-talente! Wat 'n hemelse koor!! Smousie, skilder vir my 'n mooi Bergprentjie...

Anonymous said...

Hi julle!

Dankie vir die gelukwensing Jeweeltjie. Terwyl my sussie verjaar het, het ek "birdies" gaan jag op die Randfontein golfbaan.

Dit was te lekker om gister te kon speel. Die sewende putjie, n allemintige par 3 van 158m wat oor water gespeel moet word.

Na oorlegpleging met die caddy vat Makou sy getroue 6 yster. Tref die bal sekuur en hy vlieg soos n arend oor die water, oor die setperk en vlag en land gelukkig net kort voor die bunker, maar in lyn met die putjie. Net van die setperk af omtrent so twee en n half meter van die gaatjie af. Mis ek die gaatjie dan rol daardie balletjie tot doer onner, maar val hy in dan het ek my "birdie".

Die druk is daar. My speelmaat soek punte vir ons. n Birdie is 4 punte, baansyfer is drie en so aan. My beurt om te speel, haal diep asem, bekyk die lyn en besluit dis reg. Die balletjie rol en rol, al hoe nader op die die regte lyn en verdwyn in die gaatjie vir 4 punte!!!!

Ai, dit bly maar n lekker tydverdryf. Vandag is weer rugby tyd. Sterkte aan al ons spanne wat die vlae moet laat wapper.

Lekker naweek vir almal!

Anonymous said...

Geluk Willeding birdie Makou! En more almal! Dankie vir die mooi groet Jeweeltjie. En geluk Rooikappetjie en WIllie.

Anonymous said...

Rugby is regtig 'n baie simpel game!!! :-(( Wille Ding, leer my gholf speel, jy is mos nou so goed!! Baie geluk met jou Birdie!! Dis darem maar 'n lekker gevoel om 'man of the moment' te wees, né?

Anonymous said...

Dankie Kieter!! Jeweeltjie,moenie te hard wees op die kolkatjies nie. Hulle het n tawwe toer op hande en hulle het darem n bonus punt gekry.

My birdie het darem gehelp om ons in die 4de plek in te kry en daarvoor het ek en hy elkeen splinternuwe golfballe gekry (R280)! Net jammer daar was nie n oulike nooi om my geluk te wens nie!! :-)))

Dit is amper tyd om te ontspan, die rugby te geniet, nog golf te speel en om te lewe!!!

Geniet dit!

Anonymous said...

Ai,agteros kom ook in die kraal....Hallo al die maters....die woelige week is verby en die wonderlike sorgelose naweek lê voor...Dankie, aan elkeen vir die mooi wense...ja,die tyd het aangestap...soms staan ek vir n' oomblik stil...kyk terug..dis dan wanneer ek besef hoeveel water al in die see geloop het....die kinders het mans geword...maar ek myself het nog die kind gevoel streep in my...so, solank ek kan...sal die huppel in my hart wees, en die wip in my stappie....Makou....ek weet hoeveel dit verg om n' "Birdie" te maak....soms gaan weke,,selfs, maande verby...en die droogte heers,maar die dag as die geluks godin in jou rigting glimlag.... dink ek, dit is enige golfspeler se spring in die lug, oomblik...van glorie....Jy het dit so beskrywend oorgedra...amper gevoel of ek dit kon sien gebeur....en toe nog die 4de plek behaal,en n'welkome bruikbare geskenk ontvang as beloning....Net jammer van die oulike nooi wat nie byderhand was om n' soentjie van gelukwense te gee-:))))...wonder nou...is dit dalk hoekom die manne so gereeld en heerlik golf speel...in die hoop vir n' beloning na n' goeie hou....-:))))....Nou ja,nou is dit net rugby,rugby...en nogmaals rugby...en ai,ek geniet dit so...my ou Bloues moet net hul ding doen...geen skandes maak....die jaar wil ek weer hard en luidkeels skreeu...my vlag heen en weer laat wapper en swaai,tot groot ergenis van sommige mense...en my net uitleef...Die naweek gaan ek net heerlik LEEF....en BELEEF....elke oomblik geniet...en dankbaar wees vir die voorreg....En natuurlik...onthou die GLIMLAG...

Anonymous said...

Liewe Rooikoppie, waai die vlae, giggel hardop, sit die tiewie harder want die Stormers het gewen!!! Ek het mos vir Makou belowe dat ek my kant sal bring...

Vlakkies, dis weer tyd dat jy baie insette lewer - kan nie WAG nie!!

Wonder net hoekom Vroulief en Kasie so stil is?

Unknown said...

Saterdagmiddag - daa's niks anni gang'ie. So 'n lui-taai woedwarm luggie vee-vee oor my beswete voorhoof. Een druppel maak dit tot in my oog en die sout brand ladditbars.
Onthou toe ek moes julle al laaaaankal v'tel het ... ons is alweer oppad Botswana toe met 'n uitreik [ons het 500 bybels ingesamel wat ons nou moet wegvat] En toe kry ek v'more di ei-myl van Willie (die Sendling koordineerder op Seronga: Noord vd Okavango Delta) en hy vra mooi groot samblief vir 'n klompie komberse wat die winter gaan leeglê. Want, die oumensies daar bo het nie veel nie en die winters daarlangs raak bitter koud [ek het al sy minus 6 C aan my fyn broos tenger dikgevrete lyfie gevoel]
So - as daar 'n kombersie of wat is wat jy wil kan gaan afstaan, laat my weet.
O ja .. en onthou en begin solank bymekaarmaak vir die Mei uitreik na Ranyane waar ons te minste 3 ton klere wil neem hierdie jaar.
Maar - so een diong oppe slag, kom ons kyk eers vir 'n klompie kombersies. En as jy Bybels wil bydra, ook reg: Tswana,(1970 vertaling) Losi, Humbukushu, !Xung en selfs Engels [Nuwe King James, asb]
Dankie julle
[nee - ek gaan nie ekskuus sê omdat ek bedel nie want dis nie ek nie en dis nie vir my nie...]
Ek sien op 'n poster van 'n ou kerkgeboutjie: "Come work for The Lord. The pay is not great, but the rewards are out of this world" ;-)

Anonymous said...

Pedri, Brian, Wynand... Ek dink die Bulle het so goed gedoen omdat ek hulle so mooi 'verpleeg' het!!! ;-)) Geluk aan al die Bul-ondersteuners en natuurlik my geliefde Stevie ook!!! Nou vir die Sharks!!!

Uncle Mac, vee daai druppel uit jou oog en sit die tiewie aan!! Dis Super 14!! Net jammer Naas praat so baie...

Ek sal dink hoe ek kan help, hoor? Wanneer gaan julle Botswana toe?

Anonymous said...

Ongeloooooooflik!! Dit sous nou behoorlik, so al asof die natuur net gewag het vir daardie eindfluitjie en toe alle stoppe uitgepluk het sodat die happy Blou Bulle bietjie kan afkoel... Lief vir julle!!!! ;-)) xxxxx

Anonymous said...

Nou raak hierie plaas al te grênd. Seker oorlat ons so 'n grênd voorman het. Maar lat ek nou eersie formelaliteite ytie pad kry. Geluk Watervoël, geluk Rooikappie en Willie, geluk Watervoël. ssstoooorrrrmeeeeerrrrsss flyster ek so half verleë. Smaak my Rassie moet 'n bergie kry daar innie mooiste Kaap. Daar is hoeka so 'n skotige opdraandjie net so neffens Nieweland. Amper sê ek Lieweland. Want soos daai manne mit rukke en stote speel, kan mens amper nie iets anners sê nie. Wat ek wil geseg het, da' moet Rassie daai primadonnatjies so 'n paar keer teen daai skotige opdraandjie ytjaag. Net so vir 80 miniete lank. Da' sal hulle goed kan ondou hoe lank 'n wedstryd is, solat hulle nie volgene keer so elke kort-kort dinkie wedstryd is verby en ophou speelie. Geluk aanie BULLE. Dit was nou mooi. En geluk aanie Babers ok wattie Welpies se snorbaarde geknoop het. Jammer Jeweeltjie, daai ou spannetjie van jou gat een of anner tyd vanjaar 'n wedstryd wen.

Anonymous said...

Sjoe, dit was 'n HARDE week!! Twee toetse, werk in die hospitaal, na verlede naweek se baaaie werk in die hospitaal!

Jeweeltjie, jy moet simpatie hê met studente jong! Maar ek kla niks, ek geniet my studies verskriklik! Ons is dan nou besig met die eerste regte-egte sielkunde! Dit jaag die stowwe van opwinding in my lyf op jong! Vroulief sit gedurig met die neus in die boeke, want die baie toetse ry my bloots!

... en nou suip ek erg aan die agterspeen, want die ruggaboes is mos weer aan die gang! Ek kry my Vlaktekind nooit in die hande nie, want dis rugby, nou moet ek maar in werktyd sulke klein 'kletsies' inkry! Maar ek het darem netnou sy stem gehoor toe hy gebel het...

Hoop almal het 'n wonderlike week!

Anonymous said...

Skuus ek hardloop nou so'n bietjie agter die nuus en die feite an. Robyntjie en Willie baie geluk, en mag die son altyd vir julle skyn. -Mac, sterkte met jou mooi werk daar in Botswana, jammer ek het jou nie weer gesien na ons lekker braai laasmaand. Ons sal seker weer 'n kans kry. - Vroulief sterkte met die studies. - Ek is nou alweer twee weke terug in Laag-Kaasland, die winter is nog hier en ek het alweer gewoont geraak aan truie en winterjasse. Hierdie naweek was ek Den Haag toe vir die begrafnis van my sussie se skoonma. Sad story, die tannie was al baie oud, maar ook baie lief. Vandag by my ma se huis gekuier en sowaar fodies geneem van die eerste blommetjies wat probeer om die winter weg te jaag. Een van die dae sal dit seker lente word, maar in die mientaaim verlang ek maar net terug Pretoria toe. Lekker plek, liewe mense. - Ek hoop die nuwe week gaan julle bly maak.

Anonymous said...

Goeie more almal!!!!! Wat n naweek!! Die Crusaders val vas teen die Brumbies, ons Stormers kry n wen in (sjoe) en die Bulle vermorsel die Blues! Was dit nou nie tone krul lekker nie? Vlakkies, ek dink jy moet daar gaan oorvat. Jou idees klink baie goed vir my.

Sondag se golf was lekker verby. Dit was n perfekte dag met perfekte geselskap op Magaliespark wat vir altyd by my sal bly. Ongelukkig geen "birdies" nie, maar het nie minder nie as 9 "par's" aangeteken vir n telling van 86. My beste rondte ooit!!! Rooikop, ons bedoelings is edel jong. Dit is die gejaag na persoonlike glorie en natuurlik die behoefte om te seevier oor daardie klein wit balletjie en die elemente!

Kasie, nie so hard nie! My keel trek sommer toe as jy praat van amper lente doer in Kaasland. Dit beteken mos amper winter hier in die suide!

Kom ons geniet die somer wat nog oor is! Lekker werk, rus, slaap, speel, droom, verlang of wat dit ookal is waarmee jy besig is!

Anonymous said...

Liewe Vlakkies, jy praat van 'n skotige opdraandetjie daar by Lieweland! (Die Sharks het gewen!!!!) Ek het vanoggend komkommerskyfies op my en Liefkind se ogies gesit, in die bad. Ons voel verskriklik hartseer oor 'n geliefde familielid wat net eenvoudig nie meer kon nie... Toe moet ek skielik, te midde van my eie skok, vir 'n 12 jarige gemoedsrus gee oor selfmoord want sy het gevrek oor Richard!! Vanaand sit ek op Moed-verloor-se-vlakte en skielik kom daai Skitter-kind van my ingedraf, gee my die hoop wat ek so nodig gehad het en sy dans vir my, sing vir my!!!

Spikkels, hoe was jou naweek?

Kasie, daar is altyd 'n lente in ons lewens, né?

En Makou. Pasop vir jou!!! ;-))

Geloof is die voël wat die dagbreek aanvoel en begin sing terwyl dit nog donker is... Mooi, né?

Lekker slaap maaitjies!! xxxxxxx

Anonymous said...

More more almal! AI wat 'n pragtige motreën dag! Dis so lekker om Makou meer gereeld hier te hoor, maar waar is Snousie nou? En Groeni?

Ai Jeweeltjie, sterkte daar. So moeilik om daai mensie ook nog te troos en dan is jou eie hart so seer.

Anonymous said...

'n Hele dag het in stilte op hierdie plaas verloop. Nou wat nou?

Anonymous said...

Het gister my "ons-is-nou-tien-jaar-klaar-met-skool -en-moet-dit-nou-vier" uitnodiging gekry, dis September. Is ek rerig lus om te gaan? Weet nie, dis mos maar gewoonlik 'n "kyk wie het hoe ver in die lewe gevorder" affêre, hou nie so baie van so 'n af"showery" nie. Maar dit sal nietemin goed wees om te sien hoe lyk die knopknieg-seuns en grootkuif-meisies van toe, nou.

En wie begin ook herfs in die lug te voel? Ek't skoon koud gekry gisteraand...

Anonymous said...

Hallo maters!

Waarvoor moet ek pasop Jeweeltjie?? Die arende, vogeltjies of mooi nooiens? :-))) Het jou donsige babas al aangekom? Jy sal bly wees om te hoor dat

Spikkels, ek het selwers daardie gevoel gekry gisteraand. Selfs die sonsondergange begin daardie asemrowende mooi herfs gedaantes aanneem! Gaan gerus na daardie reunie toe. Ek het myne gemis en is so spyt daaroor.

Gaan dit nog goed met die ander? Dit is so stil hier op die plaas dat selfs ek uit my skuilplek gekom het om te kom kyk. Miskien moet ons n soek geselskap uitstuur om die verdwaaldes te gaan soek.

Wat het geword van Groenie? Het sy ons sonder waarskuwing verlaat? Dalk is dit maar die druk van die syfers wereld. Myne begin juis die einde van die maand dan is dit weer stres en baie lang ure.

Geniet die res van hierdie klein Saterdag!!!!

Anonymous said...

Dankie Katjie. Die dood sleep mos 'n finaliteit met hom saam wat moeilik is om te begryp vir dié wat agterbly.

Spikkels, moenie geleenthede by jou laat verbygaan nie. Al is dit later net 'n giggel werd. Gaan spog met Gentleman!

Makou, sterkte met jou maandeinde. Ja, daar is 2 kuikentjies wat amper 2 weke oud is. Hulle is pragtig.

Anonymous said...

More almal! Spikkels, jy moet gaan! Late gaan jy spyt wees as jy nie het nie. Ons is nou al 22 jaar uit die skool uit en die spul soek mekaar nou op Bakkiesboek op dat die biesies bewe. En nou is al die breg van 12 jaar terug weg en almal voel gelukkig met waar hulle is.

Wille ding - so lekker om jou meer te sien.

Lekker dag almal - spesiaal vir Vorulief wat toets skryf en Jeweeltjie wat tuis is, as dit nog so werk.

Anonymous said...

Goeie môre my maters.....so lekker om te sien almal is nog wel...en kuier so lekker op die stoep....Vanoggend het ek die sonsopkoms so staan en bekyk...dit bly nou eenmaal my gunsteling tyd van die dag....maar ek moet waarsku...dit word later en later...wat beteken...die herfs en winter is oppad....die kleure verander ook....na n' dieper skakering....Vanoggend oppad werk toe...sit ek so in die verkeer....en op die sypaadjie gewaar ek twee mense wat aangestap kom.....n' swart vrou en n' wit man...soos hulle nader kom...sien ek dat die swart vrou die man aan sy elmboog hou en sodoende stuur...en toe sien ek die wit stok...en besef die man is blind....en dink so by myself gelukkig het hy iemand wat hom elke dag kan help...maar toe hulle by die busstop kom...groet die swart vrou ewe plegtig...en daar gaan sy...oppad na haar werk...en toe weet ek...die vrou het net haar goeie daad vir die dag gedoen.....en dit het my net weer laat besef....hoe bevoorreg ons in die lewe is....en dankbaarheid het deur my gespoel....vir dit wat ek kan beleef...sien...en hoor....mooi daggie vir elkeen...wees lief vir mekaar....en glimlag.....

Anonymous said...

Dis vir my lekker dat die groot druppels nou neerplof op my patio, net buite my venster-van-omgee. Daar waar my ogies altyd verdwaal en droom...

Vlakkies en Vroulief, baie geluk met Mirrelkind se verjaarsdag vandag! Mag hy vir julle nog baie vreugdes gee!! Liefde, Jeweeltjie. xxxxx

Anonymous said...

Hi Mirrelkind - lekker verjaar hoor! En so vir die ouers ook. Kan julle glo na al die reën geniet ek dit nog steeds!

Anonymous said...

Dis Vrydag!!! Dié van julle wat moontlik 'n Olifantdag voorsien, sterkte! Ek hoop die dag gaan sommer vinnig verby in daardie geval. Voorspoed ook aan die rugbygeesdriftiges vir die naweek se wedstryde. Ek sien my geliefde verloorspannetjie speel eers Sondagoggend. Mmmmm, Liefkind sal my nooit vergewe as ek weer kerk mis nie!! Maar miskien kan een van julle my sms met die uitslae!! Ek sal my selfoon op vibreer sit!! ;-)))

Rooikoppie, ek hoop jou oggend het opnuut weer vir jou 'n mooi storie aangedra soos jy werk toe gery het...

Anonymous said...

Hi julle! Ag dankie, Kieter. Dit is darem weer moontlik om so elke nou en dan in te loer.

Die week het omtrent gevlieg! Dis alweer Vrydag en tyd vir baie rugby. Sterkte aan ons Kolkatjies en Babers doer oor die groot waters. Hopelik sal die Stormers ook die Bulle se vertoning van laasweek kan herhaal. Gaan die spook van Ellispark weer n rol speel more????

Dit is n lieflike oggend, ek het n wip in my stap en n bree glimlag op my bakkies. Seker omdat ek weet ek is spesiaal vir iemand daar buite! :-)))))

Dankie vir die fotos Jeweeltjie! Die kuikentjie is te pragtig. Hulle is so fyn en donsig, n mens wil hulle net optel en vashou. Gaan jy nou hoender boerin word??

Rooikop, ek dink hierdie gebeure word elke dag op ons wandelpaaie geplaas sodat ons kan stilstaan en dink aan al die voorregte wat so onverdiend op ons neersak. Dankie vir die deel daarvan!

Geniet die naweek!!!!!

Unknown said...

Daar'sy ... die meeste is gadaan en die res kan more gedaan kom want daar is anner olifante inni laning ook en hippo byt alweer die krokodille enni (g)hoorlsie willi vi my wag 'ie.
More pak ons die bakkies - en Sondag spaander inni langpad .. BOTSWANA toe. Ons het toe 500 Bybels ingesamle gekry - en daar is rande oor om te help met die petrol ook.
Ja-nee RooiRobyn - is soos jy sê. Maar Juffrou het al laaaaaaank trug by die skool ons liedjie laat sing sing:"Tel jou seeninge een vir een ..."
Al wat ek nou vra is dat julle die groepie en die uitreik in gebed sal opdra. Asseblief?
Ja - jy kan vandag al begin, die aanvalle het al laasweek begin.
Hoekom issit dat nes wannir mens met Sy werk besig raak dan kom daai oukie meddie horings en vurk en gooi spennir inni worx? .. of toemaar, moenie antwoord nie - ek weet hoekom. Maar ek issi sterk 'ie en my gelofie is bai egering Daarom vra ek mooi, bidde vir ons. Asseblief?

Anonymous said...

Hierdie naweek gaan ek by my boeta in Malelane kuier, hy bly en werk nou daar. En hom help met gordyne en kruideniersware, hy's partykeer nogal 'n onbeholpe mansmens... EN Gentleman ry more vir twee weke Kgalagadi toe, op vakansie met hulle tente, saam met sy boetie en pel. EN EK KAN NIE SAAM NIE! Want dis JAAREINDE, en my baas se babatjie arriveer volgende week EN EN EN. Ag toggies. Volgende keer. :-(

Anonymous said...

Ou Mac, ek het al voor laasweek gebeginne bid. Petrysie, jou boeta issie petykeer 'n onbeholpe mansmensie. Mansmense is onbeholpe mense. Dis nou mittie hysgoeters ennie gordyne en so. Dis hoekom onsie vroumense in onse lewens so nodig het.

Anonymous said...

Jipeeeeeee!!!...BLOU BULLE!!!!!!...dankie tog...ai,dit was ook maar n' naelskou wedstryd....elke keer is die tweede helfte van swakker gehalte,hulle moes ook maar keer vir n' vale....maar op die einde het ons darem gewen...maar ek dink daar sal bietjie sokkies opgetrek moet word!!!!...Stormers,julle wedstryd was na my mening uitstekend...volgehoue aanval en mooi hardloop wedstryd....jammer julle het dit nie gemaak....En het dit nou gereen hier aan my kant....walle en walle water....erg!!!..en vanoggend is dit die mooiste blousel blou dag wat jy kan droom voor.....die waterdruppels hang soos kristalle aan die takkies en blaartjies....knipogend in die helder sonstrale....dit voorspel n' heerlike dag.....dis n' dag om buite te wees en elke sonstraaltjie op te vang....Ek gaan ou Monstertjie uittrek, en die bosse invaar...die wind deur my hare voel waai..met modderspatsels tot op my gesig....heeeeerlik vry....uitgelate....en laf.....Leef en Beleef!!!!....mooi daggie vir elkeen...en onthou die Glimlag!!!!

Anonymous said...

Ag Robyn, jy is sommer 'n Sonstraaltjie!! Geniet jou dag!

Smousie, wat help dit jy was op Nuweland en daar steek jou spannetjie jou innie skanne? :-(( My Kolkatjies, ai toggie, Vlakkies, wanneer het jy gesê gaan hulle 'n gamepie wen?

Makou, is jy dan weer verlief? Dit klink mos so as ek jou wip-in-die-stap reg lees? Geniet elke oomblik daarvan, hoor?

Spikkels, is Boeta se lewe in orde?

Anonymous said...

Van wanner is daar internet konneksie innie kerk wonner ek stellig.
Lief vir jou ;))

Anonymous said...

Uitgevang!!! Smousie, dis hoekom Liefkind 'n Peetma-Veertjie het... Hulle het lekker gekerk terwyl ek op my spannetjie gestaan en skree het!! Lief jou ôk baie, hoor? ;-))

Anonymous said...

Lat ek gou praat voorlat die Kietsie hierie ding so onner my agterent yt gat loop sta' veranner. Daar verannerie Stormpie toe inne briesie ennie babers maak dit net-net ennie Bulle knoopie Welpies se maanhaartjies ennie Katjies sien hulle se .... ehm kolletjies. Sommer sonner 'n spieël. En toe gat loop sta’ verleppie Proteas ok nog. Gelukkig tog het Koning Kallis 'n emmertjie water byderhand gehad. Toe tel daai Protea sy kop op en hy staat ewe trots daar oppie Wandelaars. Hoopie dit gat môre loop sta' reent daar in Johannesburgie. Want dan sallie Proteasie kan gat loop sta' wennie. Sal dam lekker wees om dan daai hoof ska'wagter se gesig te sien.

Anonymous said...

Vlakkies!! Jou beknopte kommentaar oor die naweek se sportgebeure is 'n treffer! Slegte nuus: Die slim weerman het allerhande stories vanaand gehad oor verspreide donnerbuie vanaand en môre, maar ek hou nogtans duimvas vir die Moedige Protea'tjies met hulle koppies wat nou nie meer hang nie!! Hoe gaan dit met Vroulief? Nee, ek wil nie neus-innie-boek-stories hoor nie! Wat gebeur andersins? Is daar slange op die erf wat haar laat skrik of pype wat bars of geizers wat nie meer werk nie? Sulke goeters gebeur met my en ek sal so bly wees om te hoor dat dit ook met ander vrouens gebeur - nie dat ek dit enig-iemand toewens nie!! ;-))

Die Suiderkruis is besonder helder vanaand met sy 'pointers' en al!

Mag julle almal 'n Skitterstêr week hê!! xxxxx

Anonymous said...

Sjoe, ek was laaanklaas op die plaas, en ek mis al my vriende! Wie wil nie die neus in die boeke stories hoor nie..?? Dis ongelukkig die storie van my lewe op die oomblik! Skryf al weer twee toetse die week, en die broekie bewe!!

Maar die naweek was wild! Willer as wild, Middelkind het mos verjaardag gevier... Hier was maatjies, 'n lawaai, 'n deurmekaar huis.. Al wat ek kan sê is: Dit was woes en tussendeur probeer ek leer!!

Aangesien neus in die boek die storie van my lewe is..., moet almal maar die week styf, styf duimvashou... en nee, gelukkig het ek nie nou geisers wat bars of swembadpype wat breek nie - dit was verlede jaar my beurt - 'seblief dit moet nou eers weer iemand anders se beurt wees... Maar tussen al die toetse en take deur word hier in die huis geverf en rond geskuif en sooo.. Ploplap se kamer word bietjie ge'revamp' en hopelik is dit 'n heerlike verassing wanneer sy in die vars geverfde en op-gedolliede kamer instap wanneer sy in April bietjie kom kuier..

Nou't ek weer die glimlag in my dag gekry, en wens almal 'n lieflike week toe!
Lekker slaap almal

Anonymous said...

Ai, Liewe Vroulief, hoe lekker om jou weer te sien!! Ek het geweet dat as ek van die neus-innie-boek skryf, jy jouself gaan kom verduidelik! ;-)) Hoe gaan dit met Blomkind se studies en ontgroening? So 2 jaar gelede het ek ook Liefkind se hele kamer oorgedoen en dit was so 'n bevredigende lekkerkry om haar gesiggie te kon afneem toe sy al die mooi sien!! Vriendin, sterkte vir jou 2 toetse hierdie week en al die leerdery wat daarmee gepaard gaan - jy weet ek dink baie aan jou!!!

Anonymous said...

Jeweeltjie, jou stoutgat!! Om my so op die rooimat te kom sit terwyl dit so ROF gaan! Sies vir jou! Kan nie help om te grinnik nie...

Dankie dat jy aan my dink, ek het dit so nodig, hierdie derde-jaar ding is soos 'n monster wat byt! In die woorde van 'n jong-studente-vriendin... ek is vrek bang dat ek nie my doelwitte kan bereik nie!!

Nou het ek sommer al die pompie-werkies ook afgehandel, en nou is dit weer neus in die boek!! Mooi dag vir almal... lag die blou Maandag af, en geniet die week!!

Anonymous said...

En toe? Hoe was die toets, Vriendin? Ag, ek gaan sit sommer saam met jou op die rooi mat, hoor?

Vandag het ons 'n verskriklike belangrike rugbykommentator en Oud-Springbok se vrou se knieggies na gekyk. Verbeel ek my dat hulle 2 kindertjies het, maar hy 3? Dit het my net weer verstom hoeveel 'flair' hierdie mense het en hoe min hulle deel is van die algemene reëls van die gevestigde, beproefde, veiligheidsmaatreëls wat alle mense tref wanneer hulle bespreek is vir teater. Nil per os vir ten minste 6 ure!! Daar daag hierdie lieflike mens toe op met 'n chappie-innie-bêkkie!! Sy ruik die ene pepperment en parfuum en daai lyfie is nog net so perfek soos in die dae toe sy die skares mal gemaak het! Ai toggie, ek het 'n lekker werk!!!! ;-))

Anonymous said...

top [url=http://www.c-online-casino.co.uk/]casino[/url] brake the latest [url=http://www.realcazinoz.com/]online casinos[/url] autonomous no deposit reward at the foremost [url=http://www.baywatchcasino.com/]casino bonus
[/url].

Anonymous said...

Paradisus Rental accommodations absolutely an all-inclusive deluxe resorts item could be managed and also Melia Places " international ". How about go along with factors i showed discussing. If you become a medium-duty product, that Fashion 810 is wonderful for household goods, boutique stores, and donut merchants.