Tuesday, September 1, 2009

September 2009 - dis lente!


Dit is die maand September, die mooiste mooiste maand.

Ehm, ja ek weet dis nie hoe die dokter gesê het nie. Maar waarom mag net Oktober die mooiste mooiste maand wees? Waarom mag ons net in Oktober viooltjies in die voorhuis hê?

Besluit sommer nou September gaan ook ‘n mooiste mooiste maand wees. Met viooltjies in ons plaas se voorhuis.

Vroulief en Vlaktekind.

309 comments:

1 – 200 of 309   Newer›   Newest»
spikkels said...

Gelukkige viooltjie-volle lentedag aan almal! Het julle gesien die wilgers by die stroom stoot nuwe lote?

spikkels said...

Heng, die weer is so lekker vandag, as ek nou nie ñ werkende meisie was nie het ek laaaankal ook onder ñ boom gaan lê en ñ koel vloeibare versnappering geniet!

Kaaskop said...

Ai julle, ek is so bly die lente het rêrig begin vir julle, en dat die eerste dag van die lente lekker warm was. Geniet dit! - Hier in die noorde het vandag die herfs begin, en nog ernstig ook. Gister was dit nog ver oor die 20 grade maar vandag het dit begin reën en die wind probeer vir storm speel, en toe word dit sommer 16 grade. Dis weer tyd vir Doepie se liedjie najaarsdrome, en die groot verlange na die son wat skyn oor die land wat ons so lief het.

bospatrys said...

Wanneer dit Vrydagaand volmaan is, gaan ek diep in die bosse sit en vir die maan loer langs ñ kampvuur, jippeee!!

Kiets said...

Sjoe maar dis stil hier! More almal! Jeweeltjie, waar's jy?

Dankie vir die geslesies Patrysie en kasie! Lekker naweek vir julle almal.

Vlaktekind said...

PROOOOOOOVIIIIIIINCE!!!!!!

Vroulief said...

Vroulief doen net take, en dit kry nie end nie!! Die nuwe kwartaal het begin, en vir die een prof moet ons elke week, tot die einde van hierdie kwartaal 'n taak van 7 folios gereed hê, en hy sal sien of hy daarna sal kyk... en waag dit nou om NIE die taak te doen nie...

My Vlaktekind is oppad huis toe!!

Kiets said...

More more almal Is dit nou nie 'n allerlieflikste dag nie? Hoop almal se week is lieflik!

Sterkte met die take Vroulief - darem het jy 'n heerlike vooruitsig.

spikkels said...

Hallou sonskyn!!!!

Kaaskop said...

Dis nou tyd dat die "uitreikers" huistoe kom want hierdie plaasie is maar stil.- Jeweeltjie, lees jy skelm of is jy weg? - Die somer is weer terug in Kaasland en ons geniet van die mooi weer. - My Engelandkind is nou op pad SA toe en daar sal seker vreugdetrane wees op JNB se lughawe môreoggend. Wens ek kon saamgegaan het. - Vlakkies en Vroulief, geniet dit in die berge.

Kaaskop said...

BOKKKKEEEE!

Kolkatjie said...

Vrystaaaaaaaaaat!!!!!

Streepkatjie said...

Kolkatjie ekke kom vry al jou kolle van jou af. Pasop!!

Kolkatjie said...

O my goeiste - BELOOOOWE?!!!! ;-))

Spook said...

Die uitreikers is veilig terug en die eerste werksdag is agter die blad. Na n belewenis van 2 weke in God se natuur en skepping is dit moelik om weer aan die gewoel van die stad gewoond te raak.

Die stilte praat in n harde taal met n mens en die tye wat as groep saam beleef is,sal vir die res van ons lewens bybly en oorvertel word.

Dankie Oom Mac vir die rookies wat jy saamgevat het en so baie oor die natuur en die Bybel geleer het...dankie Robyn vir jou omgee en gesels en al die moeite wat jy gedoen het.

ONS DIEN N MAGTIGE GOD...AMEN.

Robyn said...

Met die liewe Heer baie warm in my hart,groet ek julle vannaand.Wat n belewenis,alleenlik in die natuur kan jy jouself weer vind,en wat n' wonderlike ervaring was dit nie.Ek is eintlik woordstom,om te probeer beskryf wat ons beleef het,is n' onbegonne taak,al wat ek weet en kan sê, is dat daar mense is wat die behoefte het om van Christus te hoor,en baie moeite gedoen het om die Jesus film te sien,sommige oud en afgeleef,vol pyne, en ander weer wat skaars kan loop,maar hulle was daar,jonk en oud,en ek weet dat die saadjie geplant is,en deur omgee, en opvolg aksie sal dit gedy,dit laat mens so goed voel as jy na die vertoning die mense se dankbaarheid en opregtheid ervaar.Ek het terug gekom,met n' jubbel in my hart,want ek self het Jesus ervaar,daar bo op die koppie het ek lank en ernstig met Hom gepraat,hy het my omvou met sy omgee,en my gebede verhoor.Ons groep was n' ware Uitreik groep, nie net na die wat ons besoek het,maar na mekaar,hegte bande is gevorm,die ondersteuning en onderskraging was seker die hoogtepunt van die hele Uitreik.Ek sit vannaand hier, en ek mis daardie spesiale saamwees,Uncle Mac,dankie,so baie dankie,deur jou droom,het ek GELEEF EN BELEEF....en my droom ontdek

Jewls said...

Welkom terug julle Uitreikers!! Ek het julle wraggies gemis!! Kasie, my slimmasjien is oppie koffie oor té min memory en nou is dit 'n kwessie van 'n steeks donkie wat wil vorentoe maar my neukenaar neuk agtertoe!! Ten minste het ek hierdie week my gat-af gelag vir 'n pasiënt wat by die tolhekke aangery gekom het, maar toe was hy so besig om kleingeld te soek, dat hy in die middelman vasgery het... Besigheid is besigheid!!!!! ;-)))

spikkels said...

Hoe lyk mens met ñ af-gat? Ek is bly jul almal is veilig terug, en dat dit so spesiaal was!

Vroulief said...

Nou's ek en my Vlaktekind ook weer by die huis van die Drakensberge af.. Dit was heeerrrlik!! ... maar dit klink maar flouerig teen die uitreikers se stories.. Ek is baie bly al die plaasmense is weer tuis en bymekaar!!

My neus moet nou weer terug in die boeke!!

Kaaskop said...

Ek is bly julle uitreikers is weer veilig tuis. Dankie vir die mooi stories, dankie vir die mooi werk. Partykeer vra mense hier in die Noorde vir my hoekom ek so lief is vir SA. Ek sou eintlik dat hulle hierdie stories moet lees. Maar dan sal hulle nog nie verstaan nie, want hulle weet nie dat die siel agter die stories die mense is wat dit werklik maak. Ek is bevoorreg om hulle te ken, en te verstaan.

Anonymous said...

die recce is verby. die verkenning is gadaan. (maint-ju .. hirri outoppi is ok bikki gadaan - maar dis 'n anner gedaan.)
Eerste dankie se vir Cobus, Ben-Hur, Charmaine, Eddie, Corne, Linda Rooikop, Willie, Johann Spook en my dwergie wat die hele reis en allas daarmee saam moontlik gemaak het.
Ek loop al om die tafel en soek my kringetjie...
Maar hierdie was maar die begin van die Gariep Uitreike. Nou kom di eregte doelgerigte Uitreike. ons weet mos nou wat is die nood en behoeftes.
Sanddrift roep my met mening en spoedig moet dara 'n span gaan.
Wie gaan saam?
Nee - diss A non ymus nie .. dis Ekke, outoppi Mac. die ding wil my netnie herken nie. O- jaaaa, HALLO AMMAL !!!!!!!!

Spook said...

Oom Mac weereens baie dankie...en n groot dankie aan Dwergie wat haar vakansie opgeoffer het om saam te gaan. Ons het so baie geleer.

Spikkels ek was met met die terugkomslag soos daai pasient vir wie Jewls so gelag het.....het omtrent boudloos opgedaag na al die geryery. En daai ding van links voorsit is erg frustrerend...snork my self skoon wakker met die terugry slag. Gelukkig het die bestuurder moeg geword en kon ek ok bestuur en toe gooi ek en Robyn kole toe die partners rus.
Robyn en hoe ga dit terug by die werk...is jou baba darem weer skoon na al die stowwe? Vertel en getuig bietjie vir die plaasmense van jou daai witperd van jou.

Robyn said...

Vandag mis ek my Uitreik maters,ja, Spook...my gedagtes is so vol van al die belewenisse....ek sal seker kort- kort iets onthou, en kom vertel....Tydens die Uitreik....het my Witperd begin siek word....hy kon nie die water in sy magie hou.....dit het net heel tyd verdwyn...as jy die prop afhaal...is daar geen water....so het ons aangegaan...as ons stop....gooi ons water in..maar die senuwees knaag....want dit kan beteken dat ons nie verder op die Uitreik kan gaan....maar daar word ernstig gebid...en....moed ingepraat....en ek skryf in die stop, op die agter ruit..."This car runs on Jesus power" en ek bid soos nog nooit tevore...en ek glo en vertrou...Inteendeel...die hele groep bid...en vertrou....Ons koop n' nuwe prop....maar nog steeds help dit nie....ek huil dat die trane spat...ek het so uitgesien na hierdie Uitreik....ek wil so graag dit beleef...maar nou gaan ons moet omdraai....Bennie hou aan moed inpraat....hy ken van die binnegoed van Witperd....en hy sê...julle sal dit maak....en ons bid...en glo....ons koop weer nuwe prop....water bly konstant....maar die bangeit is nog daar,en Witperd...beur vorentoe....deur dik sand...rowwe paaie....bulte op...bulte af...oor klippe...ek kry soveel respek vir my Witperd...maar ook soveel lof vir my Heer.....want Hy het ons gebede verhoor...Hy het n' leerskare van Engele om ou Witperd staangemaak....en ons het alles GELEEF EN BELEEF...tot op die einde...en 4800km later staan my Witperd vannaand...silverskoon....pronkerig uitdagend.....want hy mag maar....ek het hom vandag die beste Spa behandeling wat ek kon bekostig laat kry....Hy is vertroetel van kop tot tone...ek is seker as ek mooi kyk...sal ek so skewe glimlag sien....Dankie my Heer...Dankie Witperd....Dankie Uitreik maters....(Go Toyota Go)

Robyn said...

Goeie naand my maters...nou ja,ek kom ewe windmakerig die stoeptrappies opgedraf,opgewonde om heerlik te sit en klets,maar O,wee,nie n'siel in sig...net ou getroue Wagter wat my stertswaaiend inwag.....maar maak nie saak...ek wil eintlik iets met julle deel wat ek op die Uitreik beleef het....
Ons het op Goodhouse,sommer so in Oom Piet se agterplaas gekamp,neffens die skaap en bok hokke.Daardie aand het ons die Jesus film in die plaaslike Ontspannings saaltjie gewys,die mense is deur Oom Piet in kennis gestel,Oom Piet is sommer Dominee en ouderling en plaaslike verteenwoordiger van die gemeenskap.
Ons pak die motor met die nodige artikels en ry saaltjie toe,begin die toerusting opstel,maar tussendeur hoor jy die gemurmel van stemme,en mense kom skugter nader, ons groet en laat hulle tuis voel,vra so bietjie uit oor die omstandighede en behoeftes,en daar ontmoet ek vir Juluis,sjoe,die man kan met woorde speel en toor,as hy begin praat, hang jy behoorlik aan sy lippe.
Hy haak af en rammel die volgende gedig af,so met sy Nama aksent en al.
Hiv is n' "killer
Vir hoe lank nog sal die geestelike barheid van die mensdom op my hart druk,vir hoe lank nog sal my trane saans as ek op my bed lê soos riviere van my gesig afstroom,vir hoe lank nog sal daar ouers in Suid Afrika wees wat n'ind in sy arms vashou wat besmet is met Vigs.
Jong man,jong dame,hoekom klou ons so vas aan ons vleeslike begeertes,hoekom laat ons toe dat ons liggaam misbruik word.
Ons het baie afsydig en onbetrokke geraak om oor Hiv te praat met mekaar.
Want onthou die droefheid,die pyn en die magteloosheid het ondraaglik geword.
Moet nie rondslaap,moet jou nie laat mislei deur jou eie losbandigheid,want tog weet ek en jy Vigs maak dood,so terwyl dit nog vroeg is,kan jy jouself red.
Ons moet besef dat ons liggaam die Tempel van God is,en dit so skoon as moontlik hou soos wat hy ons geskape het.

Deur Juluis van Goodhouse

Kom Wagter,laat ons kooi toe gaan,my gemoed is sommer nou vol oor Juluis se gediggie,soveel seer in n'paar woorde saamgevat...want hy het mense afgestaan aan die gevreesde siekte.......

Spook said...

Dankie Robyn vir die deel van die stukkies....vir my was dit wonderlik om dit te beleef.
Ek het gesien toe Julius met jou praat oor sy gedig.

Op die uitreik het ons gereeld en daagliks in n kringetjie gestaan..hand om die lyf en skouers en gebid....gisteraand toe doen ek dit by my vriende se huis wat ons vir ete genooi het...eers die verbasing vir die nuwigheid en toe die gesels daaroor.

Ma dis lekker om weer op die plaas te wees en n kuier moet spoedig gereel word...enige voorstelle asb.
Iets waar die kiddies ook kan wees..so Kiets,jou inset word benodig asb.

Robyn said...

Ek verlang na daardie Lente reens...daardie klam grond reuk....die stroompies wat oor die stofstrate, pad soek na n'poeletjie....die gekletter van reëndruppels op n' sinkdak,n' straatbrak wat so skeef-skeef hardloop om uit die reën te kom,homself vererg skud,om net n' sproei van water te veroorsaak...Ek verlang.....ek verlang....reën reën sagte reen...val in die lane...val om ons heen.....

Kaaskop said...

Sal herfsreëns die trick doen Robyntjie? Ek het baie vir jou!

Robyn said...

Dis Vrydag!!!!!....die naweek lê voor....Jipeeee.....Mag elkeen die warmte van omgee voel vandag,glimlag,vir iemand,en kyk net wat se reaksie kry julle,met n' glimlag kan jy iemand se dag maak...en dit kos niks....Kasie...jy kan maar daardie reentjie stuur,dit sal so welkom wees....Waar is al die maters...noudat ek terug is,is julle weer skaars....

Kaaskop said...

Jammer Robyntjie, kan niks stuur nie, die somer is terug! Dit gaan 'n lekker naweek wees, hoop vir julle ook.

spikkels said...

Jippeee, dis naweek!!! Hoop jul almal geniet dit dat die biesies bewe!!!

Vroulief said...

Spikkel-Patrys, my hartjie is swaar omdat dit al weer naweek is... Vlaktekind vertrek al weer more... Ek het nie meer lus vir die groetery nie.
Vir die wat wel na die naweek uitsien... geniet!!

Kaaskop said...

Vroulief, ek ken hierdie hartseer gevoel. Maar soos my Engelandkind altyd sê, dit is nie Hello en Goodbye nie, maar Hello en Totsiens! Sterkte!

Vroulief said...

Dankie Kasie... maar dit troos nie nou nie!

Vlaktekind said...

Trug in Hargeisa. Ai, daai ytreikery klink of dit lekker was. Kaasman, ek het toe vir Jan en Janet geloop sta' ontmoet. Witwaks moes gediens geworre het. Toe rekent ek nou so: Jan is mos nou van my mense. Vir wat sal ek nou klomp geld loop sta gee virre klomp vreemde mense as my eie mense dit beter en vir minner geld sal kan doen. Jan moes vroeg vort Marken toe vir sy meisiekind se trouery. Toe moes Janet regstaan virrie laaste dag. So loop sta' ontmoet ek toe vir Janet innie karaats toe ek weer vir Witwaks moet gat loop haal.

Kaaskop said...

Hi Vlakkies, bly jy is veilig daar en hoop die lang reis was voorspoedig. Ja man, die trouery op Marken het weer 'n volksverhuising van die Thirions veroorsaak. Die hele klomp is daar, selfs my Engelandkind het vanaf Londen oorgevlieg vir die geleentheid. Ek het nog niks gehoor nie, hulle kuier seker nog te lekker. Bernice sal volgende week stories en fotoos stuur. Dis hierdie gebeurtenisse wat my dubbel laat terugverlang. Daar is mos niks beter as 'n plaastroue nie, seker met 'n klomp Thirions!

Unknown said...

dit vatti'ie gront'ie - die Nama Uitreik lê op sy sy en kyk vir my, een arm oppi dy, anner onner 'ie kop gestut. ek kyk sluldig weg, annerpad - ek sal jou annerdag pak. Eers moet my dwergie klaar verjaar die 50e maal. nou's die darm ook gedaan. O, nee wag, nou eers Tabazinbie toe ommi nuwe 2nhand trylir te gaan haal. Steeds geen rus, pak en pak oor en meet en pas ... al's moet in Dwergie's tas kan pas want mor vlie sy wegggggg, weg na Lagos land en ik sit weer alleen - nou is daar nie eens 'n maan om mee te tjet nie - net so 'n klein strepie ... en ek voel al klaar die eina verlang, vryf oor my wang en wonner hoe kommit so nat. Jippp ja-nee Vroulief, ik ken ook daai gevoel. Donderdag is ik ook alweer fort oppi vollene uitreik .. Khomani-San toe, Kruiper en gesin, Mier, Andriesvale, Sebobogas. Rooi duine toe. Maar my Dwergie ganni saam'ie. Sy sit alweer Lagosland teen daai tyd. Ai tog.

Vlaktekind said...

Ou Mac, is daai Ventertjie wat jy oppie Ysterberg moet gat loop sta' haal om agterie vliemasien te haak virrie Dwergie se trek Laagosland toe?

Ai, hoe verlang ek nou ver rooidyne toe. Mier en Rietfontein is waar ons skeerders vanaaf gekom het wat moes kom skaapskeer so van plaas tot plaas. Ruik ek nou daai wololie en dip vannie skeerhok. En hoorie geknetter vannie skaapskêre ennie singery en storievertellery vannie skeerders so tussenie skeerdery deur. Beginne die storie terwyl hy een skaap skeer. Da' los hy die skaap as hy klaar is en gat loop vangie volgene een en raas met my en kleinboet oorlat ons te stadigie wol optel en vat weer sy storiepad so asof hy noggie heeltyd besig was mettie storie.

Vlaktekind said...

Kaasman, smaak my ek het nou uitgewerk hoe daai familie goeterse immekaarsteek. Daai Melanie meisiekind het haar oupa Jan gat loop sta' bel. Die weet toe te vertel lat sy pa oom Anneries was wat op Kubub kort deuskant Karasburg gebore gat loop raak het. Toe werk ek nou die ding so uit: Oupa Krisjan Witbaadjie wassie tweede kind en oudste seun van oupagrootjie Jan Willem Frederik van Kubub. Oom Anneries wassie jongste en tiende kind. Daarna het oupagrootjie Jan-goed nog 'n meisiekind ok geloop sta' aanneem. So nou werkie ding so: Ou oom Jan van Pretoria is my pa se eie neef. En Jan die mouterkarregmaker is my kleinneef.

Jan vertel hoeka annerag vir my lat hulle toe hulle sukke opgeskote klonge was, vir oom Willem Burger goed oppie plaas innie Kelarie geloop sta' kuier het. Nou oom Willem Burger was mossie skoo'seun van oupa Krisjan Witbaadjie se tweede oudste broertjie, oom Piet wat in Griekwastad se wêreld geboer het.

Robyn said...

Vandag dink ek aan jou Mieks,en n' Goudgeel Gerbera pronk in n' glaspotjie,dit sou jou spesiale daggie gewees het.Mooi daggie vir elkeen xxx

spikkels said...

Wat ñ lieflike Maandag is dit nie!! ;-)

Kaaskop said...

Vlakkies, dis nou 'n interessante stukkie navorsing wat jy gedoen het. Ek onthou nog vir oupa Andries, die pa van my skoonpa. Iewers in die tagtiger jare is hy oorlede. Sy vrou het ons ouma Koffie genoem want dis al wat sy gedrink het, die goeie ou siel is ook al lankal nie meer met ons nie. Nou dat jy uitgevind het dat oom Jan, my skoonpa, jou pa se neef is en klein Jan die mechanic jou kleinneef, beteken dit dat Mariana, my kinders se ma, jou kleinniggie is. Ons moet maar 'n familiesaamtrek reël as jy en ek een dag selfde tyd in Pretoria is. Oom Willie Burger onthou ek ook goed. Hy was die Master of Ceremonies op my en Mariaan se troue in 1980. Hy het die geleentheid aangegryp om oor die depressiejare in die Kalahari te praat en hoe swaar die mense toe gekry het en dat ons jong mense nie verstaan wat swaarkry is nie. Die gepratery het so lank aangegaan dat die dominee ingegryp het anders sou al die mense wat by die troue was op Maandag te laat by die werk gekom het. My maggies Vlakkies, jy en ek op 'n manier familie van mekaar. Dis glad nie slegte nuus nie.

cat said...
This comment has been removed by the author.
Unknown said...

die "courtsy" moutir het my Dwergie kom laai - en die alleen hang aan my soos rookreuk as jy verkeere kant vanni vuur ge loop stane staan 't.
En da issi eens 'n datum vannie weersien nie. Maar ik mis ook groot melkhoutboom en die vlaktes en die berge en die kleure .. en daar is 'n dringende dringendheid in my wat ni wil tot rus kom nie ... SANDDRIF moet na toe uitgereik word. Ik noorag mense, kos, klere, petril [of diesel assik m't Agarob gaan] ... maar sodra 'k trug is van Mier en Sebobogas moet daai Sanddrif Handuitdsteek gebeur..
Wie kom saam?

Kiets said...

Liewe Mieks, mag jy heerlike verjaar vandag daar by Jesus!

More almal! Hoop julle week is heerlik - hier jaag ons lekker rond .

Vlaktekind said...

Kaasman, Jan het gesê mens moenie te veel aanie Thirions se familiegeite gat loop sta' krappie. Wonner wat hy weet wat ekkie weetie. Ek kannie vir oom Anneries onthou nie. Ok nooit vir oom Willem Burger geonmoetie. Pa het baie van hom gepraat. Ken net vir oorle oom Jan en Ta' Hannie Lourens, Oupa Krisjan Witbaadjie se suster en vir oorle oom Kerneels en het ok eenkeer vir oorle oom Frikkie en oorle oom Piet geontmoet - op oorle oom Kerneels se begrafnis. My lang kleinboet het nog twee werfpoue by oorle oom Jan Lourens persent gekry toe hy saam met oorle oupa Krisjan Witbaadjie op Kubub by hulle gat loop sta' kuier het. Daai goed kan vir jou keel opsit as hulle so oppie werf loop weie. Maar nou moet ons klaar familiegeite praat anners verveel onsie anner plaasmaters.

Robyn said...

Hallo al die maters,sjoe...ek het so lekker gelees van Vlakkies en Kasie se familiegeite.....nee,doen so voort....dis net wonderlik om te dink...deur die blog is daar mense wat besef dat hulle familie is...ander weer ken mekaar....van kindsbeen.....en ander word weer groot pelle....Nou waar is almal....Kiets.....daar is n' opdrag aan jou gegee...maar geen antwoord.....dis Lente....piekniek tyd....ek dink ons moet een of ander tyd heerlik piekniek maak by die Botaniese tuine....die kiddies kan heerlik rondhardloop....terwyl ons die donkie se agterbene afklets....begin dink daaraan...maak voorstelle...kom ons kry n' datum...of selfs n' ander plek sal ook reg wees....solank ons net n' kuier inkry....elkeen bring n' piekniekmandjie vir sy gesin,stoele en piekniekkombersies,ons kan dit selfs op n' Sondag doen.Ek laat dit aan julle oor om verder te besluit....laat weet wat julle daarvan dink.....Lekker snoesig wees maters....ek het vandag net weer besef hoe bevoorreg ek is...en hoe wonderlik dit is om vriende te hê....mense wat opreg is en omgee....dit was my WOW vir die dag.....

Charming said...

'n Piekniek by die Botaniese Tuine klink perfek. Baie kinder vriendelik en ons sal dit geniet om almal te ontmoet. My WOW vir die dag was om te besef dat God vir jou krag gee om elke dag nuut te begin en ten volle vir Hom te leef.

Spook said...

Robyn....heel toevallig.....dink ek toe vandag aan vriende..ware vriende is skaars,vriende wat n mens kan vertrou. So as n ware vriend oor jou pad kom,hou styf vas. Ek en Callie gesels ook vandag juis oor die storie. In vandag se lewe is daai ondersteuning en vertroue so belangrik...so pas mooi op en help waar jy kan. Met vriende kan n mens meer deel as met jou eie mense met tye....en dit is vir my ware vriende.

Spook said...

Charming...baie welkom op die plaas....dis nou great om jou hier te sien en ek praat nou net oor ware vriende. Ek het julle as ware vriende beleef...baie dankie vir dit.
Oom Mac..sterkte met die volgende werk en dankie dat Dwergie saam was op die Nama uitreik.

Robyn said...

Charming....baie welkom...sjoe....ek is nou so opgewonde....sal nou nooit aan die slaap kan raak....so bly jy het vir ons kom kuier....soos gewoonlik laat ons nuwe kuiergaste baie welkom voel....sit....ek bring so gemmerbiertjie en stroperige koeksisters....En nou moet jy vertel van Sondag se verjaardag viering....ai...het so aan julle gedink....en ek is seker menige kinderhart het gebokspring van al die pret en plesier....Maters....vir die van julle wat nie weet...Charming was saam op die Uitreik...wat n' voorreg was dit nie om julle te ontmoet....en nou deel van ons plaas vriende te maak....Rustige aandjie vir julle....en dankie....sjoe...nou het ek twee WOW's vir die dag....Jesus bederf my.....

Kaaskop said...

Welkom op die plaas Charming. My vriende se vriende is my vriende. Ek het baie fotos van die Uitreik gesien op Bakkiesboek, is jy op een van die fotos? Ek wil net weet hoe charming jy lyk. Lekker dag vir jou, en vir almal.

spikkels said...

Hier is donderweer en reën vanaand, ag lekker!!!

Unknown said...

Charmingggggg !!!! maskas mar s lekker jou hier raak te loop. Jy moet nou maar vir Hur ompraat om ook in te loer... Baie g'luk met C se vrjarsdaggi - sy pa het sy v'jaardag KLIPPIE hier vergeet, sal maar nekstaaim stier
Vir ammal hier oppi plaas - oompie vra voorbidding virri Khomani-San uitreik asb - ons vertrek moroggnd so 5-ier en DV is ons 5 Okt trug [assie leeus nie aan my peusel daar inni duine nie]

Robyn said...

Veels geluk liewe Vroulief,omdat jy verjaar,mag dieheer jou seën e nog baie jare spaar tralala...tralala....mag jy een groot besonderse dag hê,en mag jy oorlaai word met omgee en liefde,geniet elke oomblik, net soos jy kan.....voluit!!!!Uncle,STERKTE ek is met my hele hart saam......al die pad....en mag die saadjies wat jy gaan saai ryklik geseënd wees,mag die mense ontvanklik wees vir die woord van God,wees veilig....Mooi daggie vir elkeen.....kyk om julle...glimlag....en laat die warmte van jul omgee vir ander sigbaar wees,laat hulle kan sien, jy is opreg en gee om....xxx

cat said...
This comment has been removed by the author.
spikkels said...

Lekker verjaar Vroulief!

Kaaskop said...

Baie geluk met jou verjaarsdag Vroulief. Geniet die dag en mag daar nog baie wees in goeie gesondheid en geluk.

Unknown said...

Askiestog Vroulief mens lattik jou nou loop stane versjeet't... Maar mag jy net seen en voorspoed beleef en mag jy vrede en geluk vind in alles om jou ... en as al die dinge nie so uitkom nie - mag jy weet , newwermaaint die wêreld en sy dinge, Jesus is aan JOU kant.
Baie geluk met die verjaar - en hoop daai Vlaktes is vollene ene by jou, langs jou. Mooiloop
Oompie

Vroulief said...

Naandsê almal!! My skool het vandag ook bietjie gesluit, daarom die kansie om te kom inloer.

Baie dankie aan almal wat wonderlike wense gestuur het. Jip Uncle Mac, ek mis my anderhelfte vreeslik. Sy kuiertjie was net te kort en ons het altwee so effe "depressed" gevoel toe ons vanmiddag gesels..

Maar nou gaan ek slaap! Ek gun myself net more 'n diep leeglê dag, want die vakansie is eintlik maar net 'n akademiese reses...

Vlaktekind said...

PROOOOOVIIIIIINCE!!!!!!! En toe skrapie ossies net net deur teenie Kolkatjies.

Robyn said...

Sjoe...dit was amper....my naels is nou skielik baie korter...en my stem is hees.....Wat n' heerlike kuier op Loftus....gelukkig kon ons darem kop omhoog daar uitstap....Snoesig wees maters....en lekker slapies....xxx

Tannie Jewls said...

♪♫♪ Twee volle jaartjies vir die Tweelingetjie!!!! ♪♫♪ Vyf soentjies!!!!

Tannie Jewls said...

♪♫♪ Twee volle jaartjies vir die Tweelingetjie!!!! ♪♫♪ Vyf soentjies!!!!

TJ said...

Ai toggie!! ;-))

Vlaktekind said...

Tannie Jeweeltjie, dis mosse tweeling. So vyf soentjies vir elkeen - in sy eie boodskappie. So wat virre ai toggie is dit daai.

Vlaktekind said...

Nou maar Leontjie baie geluk ou grootman. Hou daai Zouga en Kiets tog goed op hulle se tone. Nee, Smousie, dissie met jou wat ek praatie.

Vlaktekind said...

Chrisjantie, geluk ou grootman. Jy moet sommer lekker besig wees hierie jaar.

Vroulief said...

Genadendal tog Kieter, dat daai man nou vir die manne sulke wense en raad moet gee. Ek wonder of hy vergeet het hoe besig Bergbok en Middelkind saam was - hulle is nie eers 'n tweeling nie!!

Baie geluk Kieter en Zouga, mag julle net vreugde put uit die manne is opgroei. Mag julle spoedig deurslaap en sommer uitstekende gesondheid met die mannetjies beleef.

So beleef ons die lewe en die dood: Vandag se Beeldvoorblad vertel van twee mense wat onder rowers deur geloop het. Vrou dood, man ernstig beseer. Ons het hulle goed geken...

Ons almal moet maar oge oral om die kop ontwikkel, onsself verootmoedig en bid!

Kiets said...

More more almal! Is dit nou nie 'n pragtige dag nie. Baie dankie vir die mannekies se verjaarsdagwnese. Hulle het sommer 'n heerlike naweek gehad. En Vroulief, daai deurslaap wens, - die beste wat enige een my kon gee. Vlaktes, ja, en Christian het natuurlik Chirs of Chrisjan geword.

Vlaktekind said...

Ag nee wat, ek weet mossie knapies kan noggie leesie. Sal mos nooit sukkel goeters sê as hulle kan leesie. En ek dink okkie Kietsie en Zouga is dom genoeg om hulle te gat loop sta' vertellie. Sal natierlik net vir hulle gat loop sê: Oom Vlakkies sê ok geluk.

Vroulief said...

Vlaktekind trap nou bietjie klei! Hy weet hy moet sommer een van die dae 'n verantwoordelike oupa wees.
Ek wil nog sien wat hy alles in baba se oortjie gaan fluister wanneer die eers daar is om na al sy stories te luister.

Lekker slaap almal. Koelerig na die lekker reen...

Kaaskop said...

Baie geluk en lekker verjaar Spook!

Robyn said...

Veels geluk liewe Spokie omdat jy verjaar,mag die Heer jou seën en nog baie jare spaar....tralala...tralala...Sjoe...ek hoop jy het n' heeeeeerlike daggie...en mag die jaar vorentoe net die mooiste mooi inhou....Jy is baie spesiaal in jou omgee vir ander...en ek dank en respekteer jou daarvoor....Nou ja....Laat ons LEEF EN BELEEF vandag...GLIMLAG....die Jakarandas begin blom....dit het heerlik gereën...die lewe is mooi....En ek is bevoorreg om dit te kan ervaar....

Vlaktekind said...

Geluk Spookman. Mag jy 'n mooi en geseënde jaar hê.

spikkels said...

Veels geluk met jou verjaardag Spook, mag jy ñ geseënde dag en jaar hê!!

skim said...

Spook! Vreeslik lekker verjaar. Mag die Here jou wyd seën.

skim said...

nou weet ek hoekom Spook sulke vreeslike naggeluide maak, dis om die ander spoke weg te hou

Robyn said...

Skim!!!!!!....baie welkom op ons ou plasie...mag jy nog vele rustige ure onder die Wilgers by die waterstroompie geniet....ennn ons het n' berg ook...so jy kan klim en klouter na hartelus... oor die vlaktes uitkyk,vergeet van die stad en sy gewoel...
...ai,maters dis so lekker om te sien dat ons Uitreik maters ook hier op ons plaas hul gesiggies wys...vind rus op ons pragtige wye outydse stoep...wat uitkyk oor die vlaktes en berge...met die gekabbel van die waterstroompie in die agtergrond... die Tortelduif wat angstig sy maat roep....Charming is net baie stil...het gister met haar oor die foon geklets...Charming...ons mis jou....kom sit n' oomblikkie...skryf n' gedagtetjie neer...of dalk n' WOW...Nou ja,laat ek my brood verdien...wou net sê...ek mis julle....xxxx

Spook said...

Baie baie dankie vir julle almal se goeie wense. Dankie vir die voorreg om julle te ken en om rustig my lastighede hier op die plaas te kom afpak.

Skim baie welkom...ek is nou amper klaar met die song oor die naggeluide. Ma ek weet nie so mooi nie...Blondt se ek is rustig en maak niks naggeluide nie. Nou wat nou....Robyn jy moet nou judge hier!!!

Vroulief said...

Spook, van my ook die beste, rykste keur van ons Vader se seën! Ek skryf al heeldag aan 'n Kriminologie werkstuk - en dit in die vakansie. Gelukkig is dit nou klaar - en al die goeie wense van die plaasmaats aan jou herinner my... My kleinboet verjaar ook vandag!

Lekker slaap almal, ek gaan my nou te ruste begewe!

skim said...

LOL 'n Song, ja dit behoort goed te wees. Sit net die stukkie in by die refrein: "release me, release me ... voor die tent opstyg en die mure wegdryf

Hoe post mens 'n fotie op die blog. Ons kort 'n berg.

skim said...

LOL 'n Song, ja dit behoort goed te wees. Sit net die stukkie in by die refrein: "release me, release me ... voor die tent opstyg en die mure wegdryf

Hoe post mens 'n fotie op die blog. Ons kort 'n berg.

Robyn said...

Sjoe...ek giggel nou so lekker...ek moet die "judge" wees....julle weet...tente is maar dun...en enige geluid is oorverdowend.....so Spook....sjoe...ek het ook so gelê en luister na die verskillende geluide....en ek moet eerlik wees....daar het twee geluide uit jul tent gekom...dit het mekaar soms afgewissel....maar beslis twee....en net die een vraag...kla jy en Skim nie dalkies beide oor erge keelseer....☺☺☺....moet net byvoeg...in my eie tent moes ek ook die ondier beveg...kort kort die bevel uitblaf...draai om...draai...om....op n' staduim is ek so deur die slaap newels aangesê dat hy voel al soos n' skaap op n'spit....van al die draai om...draai om....so ek het my eie stryd gevoer... nou kan ek in alle eerlikheid sê...ek dink ek het die minste geslaap...want ek moes luister na die Drie Tenore...dan praat ek nie eens van Uncle....sjoe....Dwergie sal daar kan getuig...☺☺☺....Kiets....kan jy tog vir ou Skim n' berg op die blog sit....dis mos nou n' nuwe maand...met nuwe prentjie....en Skim is tog so lief vir die berge...en ons moet hom mos tuis laat voel....☺☺☺...Vroulief....ai...jy is tog so pligsgetrou....ek is baie trots op jou....hou so aan...Charming...waar is jy....hou op rooflees....skryf n' gedagtetjie neer...toe...seblief...Nou toe...ek het genoeg geginnegaap...ek het bossies om uit te skoffel..dan sit ek hier en klets...Dis die 1ste Oktober...die mooiste mooi maand....die Jakarandas begin blom...en die lewe is een groot lekkerte....LEEF EN BELEEF...en moet nie die glimlaggie vergeet...kos mos niks...xxx

spikkels said...

Dis OKTOBER, die MOOISTE MOOISTE maand!! ;-) Hello plaasjapies, hoe gaan dit met julle almal?

Robyn said...

Goeie môre al my maters.....dis n' lieflike Oktober oggend....en dis Charming se baie spesiale daggie...Baie,baie geluk met jou verjaardag...mag jy ryklik geseën word in die komende jaar,mag Jesus mildelik geskenke uitdeel reg deur die jaar,en jy bederf voel...geniet elke oomblik...en ontvang die liefde en omgee van jou spesiale vriende en familie....nou gaan ek gou n' paar bossies uitskoffel...en da rustig raak vir die naweek wat voorlê....alles groei en blom en jy kan sien...die reën het wondere verrig....my hande jeuk...ek wil groente tuintjie begin....Mooi daggie vir elkeen van julle...julle is baie spesiaal in my lewe...en ek is dankbaar vir die voorrreg om julle te mag ken...xxx

Robyn said...

Hierdie stoep is darem gans en al te leeg en alleen...genade...waar is almal....op jolifikasies....net ekke en Wagter sit stoksiel alleen...Hierdie maan maak my hormone deurmekaar vannaand....n' maand terug toe sit ons in Keimoes....gesellig...met die vuur wat knetter aan die een kant....en die maan wat skyn aan die anderkant...die druiwe wingerde in die sagte maanstrale....en dan die kop met die kruis duidelik sigbaar in die maan se skynsel...Sjoe...nou verlang ek.....na my Uitreik maters....Dit ws soooo lekker om so saam met hulle te kuier en die Jesus film te wys....dit is wat die Uitreik so sukses gemaak het...die feit dat ons so wonderlike groep saam was...ons het makaar so aangevul en verstaan...Charming en haar manlief was ware ondersteuners toe ons die krises met die bakkie ontwikkel het....hulle het werklik uit hul pad gegaan om ons gerus te stel....Nou ja,klaar gedroom en gedink....Lekker slapies maters...mooi drome droom...en snoesig wees....xxx

Kaaskop said...

Facebook is 'n gevaarlike ding. Ek wou net die laaste berigte getjek het, toe vang 'n Kiwi pel my want dis mos klaar Sondag se daglig in sy land. Toe ek vir hom sê ek wil nou gaan slaap vang my niggie my, sy bly in California en by haar was dit nog Saterdag laatmiddag. Maar dis lekker, ek onthou nog toe ek baie jare terug vanuit Pretoria briewe geskryf het Kaasland toe en eers ses weke later antwoord gekry het. Ek moet maar dankbaar wees vir al die tegnologiese vorderings wat ons elke dag kan geniet. Dit is lekker om te kan gesels met ver-weg-mense nou die Kaaslandse herfs met storm en reën losgebars het. Lekker Sondag almal, mag die Afrika son julle harte verwarm!

Unknown said...

vodde, poot-uit, gedaan, maar sooooo tevrede.
Sopas trug van 'n uitreik na die !Khomani-San Boesmans van Andriesvale en omgeweing. EN Liewe Jesus het my uit my spore bederf om twee dae saam met Am-am in die rooi Kalahariduine van Sebobogas te loop. Ma se groot pofadder teegekom. en miluisende ander ou herinnerings oopgekrap.
Maar die Uitreik was fenominaal spesiaal en "great" ... maar die NAMA Span is nog steeds TOPS die beste. Ek het julle ouens gemis en m,y Dwergie verlang. Baie. Nou's ik moeggggg - nou gannik slaap.

Jeweeltjie said...

Liewe Vlakkies, jy moet kom kyk - hier is 'n paar mense wat weer nie mooi opgelet het in die klas nie... Septembermaand was die mooiste, mooiste maand!!!! ;-))

Charming said...

Hallo julle, ja ek is nog hier.. Probeer om nie te veel te rooflees nie, maar dit gaan dol. Ons is in volle vaart met 'n bouery en die deadlines wil net nie dood nie. Dankie vir almal se boodskappe vir my verjaarsdag. Ek was tot in my tone bederf. Dertien jaar getroud met 'n man en nie geweet hy kan so romanties wees nie!!! Jong, oor dit my verjaarsdag is in Oktober, glo ek dit is die mooiste maand. Die Jakarandas blom net vir my en die Yesterday, Today en Tomorrow kry sommer 'n meer intense reuk. Dit is die voëls se vlerksleep tyd en nessies word oral gebou. Nuwe lewe, nuwe gees. Wonderbare Heer...

spikkels said...

OKTOBER, nòg ñ MOOISTE, OOISTE maand! ;-) Sjoe, die stiltes begin mekaar om die plaashuis se hoeke te jaag!!

spikkels said...

O, ek't gedink my Gister Vandag en More gaan nie die winter oorleef nie. Maar hy het! Diè staan nou en lekker ruik met ñ spoggerige bos pers en wit plesiertjies by die voordeur op aandag en wag vir my afbuk en loer en asem!

skim said...

September is lente maar nuwe lewe begin eers vol vreugde rond spring en hardloop in Oktober na die reëns. Wonderlik is die Heer se genade wanneer Hy ons reën gee en die gemoed lig as die skoon aarde die son roep om sy glans te sien. Vanoggend is so oggend krakend soos vars appels ... Dankie God en seën hierdie mense met U vrede en vreugde vandag ♪♪♪

Robyn said...

Sjoe....met hierdie wonderlike sonskyn dag...kan mens net Bonsie Bons wees...vanoggend sien ek die mooiste mooi...pers Jakaranda blommies op n' lower groen gras tapyt....en toe weet ek....dit gaan soos Jewlsie altyd sê...n' skitterdag wees...Jewlsie...jipeeeee....jou slimmasjien is weer gesond....het jou erg vermis...Spikkels...dis die stilte voor die storm...gee ons klomp net n' halwe kans en ons babbel en klets dat die spoeg spat....Charming...jy word bederf omdat jy dit verdien....en nou gepraat van daardie Yesterday Today and Tomorrow...daar is net mooi niks wat by daardie reuk kom...en wat van die Frangipani....dis weer my gunsteling...en Jasmyn...sjoe...weet julle hoe word ons elke dag bederf met die wonderlike natuur...ons moet dit net LEEF EN BELEEF...en Skim...dankie vir die mooi woorde....ek kan sommer die warmte van Jesus se omgee voel...Mooi daggie vir elkeen...xxx

spikkels said...

... en katjiepiering en laventel...

Robyn said...

Sjoe....sjoe...Spikkels...my tone krul nou vir die veld....met die heerlike blomme geure.....Maters....hoe lyk dit....ons kan nie Oktober deurgaan sonder n' piekniek....die idee kom nou al n' hele ruk...maar ons sal nou plan moet maak....die jaar snel vinnig ten einde...en voor ons,ons ogies uitvee is dit verby....Wat van die 25ste Oktober...dis n' Sondag....piekniek by die Botaniese tuine...so vanaf 11uur....elke gesin bring sy eie piekniek mandjie...stoele...kombersie...en ons kuier heerlik saam...ek dink veral aan ons maters met kinders...dis heerlik oop..hulle kan hardloop en speel na hartelus....ons maak dit heerlik informeel...die belangrikste is die samesyn...Julle weet...ons is so wonderlike groep...en die nuwe maters wat bygekom het, sal dan die ou plasies kan ontmoet.Laat weet of die datum almal geval....ons kan dit verander...solank ons net soveel moontlik maters bymekaar kan kry....sjoe...nou is ek skoon opgewonde....xxx

Spook said...

Naandse aan al die mense...ek doen nou daai rooflees ding en is ernstig aangespreek oor dit vandag.
Maaar dit is pa skryf matriek,so ek moet ernstig wees en baie kwaad lyk en dit net lat die kind sy boeke mooi bymekaar kan sit,anders word n halfdag se leer gemors oor n boek wat soek is. Sjoe die sin is so lank...as ek matriekopstel nou geskryf was dit kla minus 2 punte.
Die dae het verander in die mooiste blou...stof het gaan le en die bome is skoongewas...dit is Oktober en ons begin soos die blomme ook uit ons doppe kom. Lekker om almal weer hier te sien en Robyn..reel daai tuinpiekniek.
Skim..daar sal fotogeleenthede wees. En aan al die ou plasies..julle moet ons nuwe maters kom ontmoet...en ek ken ook nog nie almal nie.
Mooi aand vir julle almal!!!!!!

Jewls said...

Julle kan maar praat oor blommetjies en mooiste maande, maar niemand van julle het so 'n lekker werk soos ek nie!!!!! ♪♪♫♪ Oe la laaaaa! Sowat 'n maand gelede is Antjie Patat se Mams onder die mes gewees by ons vir 'n knievervanging en toe kuier ons so lekker saam. Vandag staan Katjie weer daar by die voordeur en wat 'n lekker weersiens was dit nie!! Klein Leon se oortjies gee moeilikheid, maar met daai sjarmante glimlaggie van hom was daar niks verkeerd nie!!

(Gaan niemand vra hoekom Oktober nie so 'n mooi maand vir my is nie??) ;-))

Hallo Spikkeltjies! Dit gaan goed met my, dankie, en met jou?

spikkels said...

Hoekom is Oktober nie vir jou die mooiste maand nie? Hallo Jewlsie, bly dit gaan goed met jou, met my gaan dit ook goed dankie! :-)

Kakiebos!!! said...

Klitsgrassie, dankie dat jy vra!! ;-)) Ek het lanklaas in my lewe getjank soos die laaste 6 dae want net toe ek opgewonde wou raak oor die lente van hierdie somer, toe kom staan daar 'n donderstorm en uitsak oor my erf en slaan al my Donsies morsdood-vrek-of-iets. Ek kon nie eers vir daai karkassies kyk nie, newwermaaind om vir Liefkind te vertel... Die volgende dag ontdek ek toe 'n duisend dooie sywurms in verskillende grade van rigor-mortes. Lyk my hulle het versuip! En Pappalief verjaar maar kry die volgende dag 'n oogoperasie en omdat ek mos nou maar is wie ek is, jaag ek 2 naweke agtermekaar Lydenburg toe net sodat hy sal weet ek is versot op hom en daar kry ek met die groetslag geen woord uit my keelgatjie uit nie, so loop die trane... En van al die spanning skop my liggaam toe in sy spoortjies vas en kry ek die Groot Griep!! Ek voel nogsteeds snot-sleg, maar van nou af kan dit mos net beter gaan, né?

SEPTEMBERMAAND WAS DIE MOOISTE, MOOISTE MAAND want toe was my geliefde BergRidder by my - vir 'n volle 15 dae!!!!

Pak jou mandjie - ons gaan piekniek!!!

spikkels said...

Hoe's ñ ding mors-dood-vrek-of-iets? Ai Kakiebos, ek verstaan! (klein giggel)

Robyn said...

Kakiebos/Jewlsie...ek lees jou stuk...en ek voel die seer van jou seer...ai,my mater...sjoe...dink aan jou....maar ons gaan Oktober afsluit met daardie piekniek....en ons gaan mekaar warm drukkies van bemoediging gee...Spikkeltjies....tannie Spikkels☺☺☺....jy gaan sekerlik ook saam met ons klomp kom kuier...jy moet oefen☺☺☺...ai maters...ek sien so uit na ons bymekaarkom...seblief...elkeen moet daar wees...ons maak dit nou, die grootste byeenkoms ooit....Vroulief,jy moet kom vertel wat is oumas veronderstel om te doen...hahaha....ai,toggie...ek sal moet raad en bystand kry,koppe bymekaar sit....die amper ouma gaan darem volgende week die 13de saam as hulle weer n' sonar gaan neem...ek sal net my "pose" moet hou, en nie in trane uitbars...sjoe...dis mos n' groot oomblik...Kiets,hopenlik is daai tweeling van jou op en top by die 25ste...want die is spesiaal vir julle gereel....ons wil jou en Zouga bietjie laat ontspan....Nou ja,laat ekke nou skoffel...die plaaswerf moet skoon wees...O,ja,amper vergeet ek maters...Kiets het gevra of ek die plaas bestuur sal oorneem...ek moet nou net by haar uitkom dat sy my kan wys op die slimmasjien,hoe om die leisels vas te vat...so ons Oktober maand sal wel,een of ander tyd verskyn...hahaha....Stuur solank bydraes....en miskien n' mooi Jakaranda boom fodie....Of enige ander voorstel...vonkpossie dit vir my....dan kan ek solan die dinge agtermekaar kry...mooi daggie...xxx

Jewls said...

Ag Spikkels, laat ek nou maar voor begin met die hoenderstorie. My Pa het vir my 2 nuwe hennetjies gebring en ek dink hulle was vreemd hier by ons want toe lê hulle saam in dieselfde nes eiers. As ek daar kom, dan sit hulle half bo-op mekaar, maar tussen die twee was daar 16 eiers. Vir 20 dae het ek daai twee hennetjies op die nes gevoer sodat hulle eiertjies nie koud moet word nie want ek wou so graag 16 Donsies gehad het. Uiteindelik het daar net 4 Donsies uitgebroei en toe plaas my Pa die skuld op my en my onkunde. Blykbaar is dit belangrik dat die hennetjies die nes verlaat het want met elke opstaan en terugkom, rol hulle die eiertjies rond wat weer belangrik vir die ontwikkeling van die kuikentjies is. So piep ek toe mos daai viertjies op en maak vir hulle 'n spesiale nessie op die grond. Nogsteeds was altwee ma's erg broeis en beskermend teenoor die kleintjies, maar toe daai donnerslag my erf tref, toe vlieg altwee die ma's stellasies toe en los die ou donsetjies net daar oor aan hulle eie genade in wind, storm en reëns... Shame.

Robyn, baie welkom in jou nuwe pos as Plaasbestuurderes!! Katjie het 'n hoë standaard gehandhaaf en ek weet dat jy so sal voortdoen as jy nou net eers mooi weet hoe dit gedoen word, né? Nogmaals baie dankie vir julle albei se moeite om die woordplaas so aan die gang te hou!!

Kasie, sit jy alweer op Facebook vas? Hie-hie, ek het lekker gelag vir jou!!!

Vroulief, sien jy nou - EK LEWE!!! Dankie vir jou omgee, Vriendin!!

spikkels said...

Ai Jewlsie, dis ñ hartseer skade! En vir wat moet ek nog oefen Robyn? Ek taaibou (boerekarate) al klaar twee maal ñ week! :-) (of het jy nou kinders bedoel? As die regte pa aan my voordeur klop sal ek enige tyd oefen ;-)) En indien dit goed gaan met die swottings is ek daar, my eerste eksamen is die 28ste...

Robyn said...

Maters...dis n' mooi Oktober oggend...(sien Jewlsie...Oktober kan mooi ook wees:-))).....vroeg vanoggend toe ek nog so in die kooi lê, en die nuwe dag met n' laaaang gaap begroet...luister ek fyn...en julle sal nie glo hoeveel verskillende voëltjies begroet hierdie dag met soveel uitbundigheid....nou sê ek vir myself...self....as n' voëltjie so bly kan wees oor die nuwe dag...hoeveel te meer onse mensekinders....ons is so bevoorreg om elke dag die mooi van elke dag te beleef...wel,ek weet soms gebeur dit dat die ou stert hang...maar dan moet ons net om ons kyk...en besef...sjoe...ons het soveel om dankbaar te wees voor.
Vanoggend ry ek langs n'bussie...en toe ek so sydelings kyk..sal ek sien dat die hele bussie is vol Mongool kindertjies..hulle waai en lag met almal wat verby ry....daardie opgewonde vrolikheid het my getref...dis sulke tye dat so iets mens net so effe tot stilstand ruk....Maters...mooi daggie vir elkeen van julle...julle is so spesiaal...Dankie....xxx

Jewlsie said...

Robyn, het jy al twee vinkies dop gehou as daar nes gebou word? ;-)) Ek het my weer vanoggend verkneukel aan die Venus en Mars doenighede... Reëls en nogmaals reëls!!

Toe kyk ek 'n muvie: "The return of Lilly". Treffend was die woorde van die Ma nadat sy haar dogter afgeteken het en een keer, twee jaar later skelm vir haar gaan opsoek het: "I said koebaai the first time because I was weak and the second time because I was strong!!" Ek voel nou kompleet soos 'n resensent wat gil: KYK ASSEBLIEF DIE MUVIE!!!! Sal jy? Dis tien uit tien!!

Spook, hoe gaan dit met jou en die matriek? ;-))

Robyn said...

Jewlsie,op die plaas kon ek vir ure in die Wigerboon se mik sit en myself vergaap....die ander ding wat my fassineer is miere...veral na n' reënbui...hulle werk met soveel ywer....net sodat iemand op n' staduim hulle harde werk plat trap....ek probeer altyd om as ek in die veld loop ...nie die miere se huis plat te trap....sjoe...dit kos nogal mooi konsentreer....Ek gaan daardie DVD kry...die Muvie moet ek sien...ek glo ek sal dit geniet...sal kom verslag doen...dankie...doen weer so...Ek besef nou...jy is by die huis...ai..toggie..as ek nou nader was kon ons koffietjies gedrink het...moet nog steeds by Kiets uitkom...ai...ai...

Spook said...

Naand aan al die mense...nou waar is die nuwe baas van die plaas...kyk seker weer die maan uit. Ek moes net keer op die uitreik of Robyn loop al wat tent is uit die grond as die maan so grootoog is....en met volmaan verlede maand was ons op Klein Pella. Ry toe die volgende dag daar weg om n 4x4 roete te doen....ry.. reel permitte..stop langs die rivier...ry verder en 134 km verder en vier uur die middag is ons terug op..Klein Pella...eish en ek is geleer om te jaag om by punt B te kom.

Jewls lyk my daai hennetjies met die donsies het te gou stadskinders geword...ek sal maar by n winkeltjie uitkyk vir n stadshoenertjie vir Liefkind.
More stap ek na dertig jaar weer die saal/klas binne om daai matriek ding weer te doen...het hard geleer vandag...sweep geklap..so ek voel reg...na more word daar dan eers weer die 28 ste geskryf...dis meer stres vir my as rus...sjoeeee.

Lekker aand vir julle almal en baie dankie Liewe Jesus sommer vir alles en spesiale vriende in my lewe!!!

skim said...

ja en wat sal ons nou sê van die 4x4! Buckle up, venters halfpad opgedraai en toe is daar geen rede vir opgewondenheid behalwe die scenery en foto geleenthede op die paaidjie nie. Ons het darem Melkhoutboom gehaal teen halfnege die aand ... Roetebeplanning was nie sterk op die agenda nie maar dis was tog great om te kan beleef
Vrydag!! amper vergeet ek wat ek wou kom skree. Vrede en vreugde vir julle dag

Robyn said...

Hier is die nuwe bestuurder van die plaas....ai...maaikies...wees net geduldig...belowe ek sal die plaas na die beste van my vermoëe hanteer...☺☺☺...ek moet net by Kiets uitkom...kom ons kyk...dalk kan ek vandag...dis nou te sê as Kiets beskikbaar is....Jipeeeee...dis Vrydag...wat beteken dis byna naweek...en heerlike eie tyd....ek het gisteraand tot laat buite gestaan en die tuin sommer so met die hand natgegooi...wat n' saligheid het nie oor my gespoel...en die sterretjies was ekstra helder...ai...ek het dit so geniet...Mooi daggie vir elkeen...xxx

Kaaskop said...

Spook, toe was dit 2 x Groot Pelle op Klein Pella! Sterkte met jou studies, baie respek vir jou. - Robyntjie, ons nuwe groot plaasbaas, ek het gistraand ook van die sterre en die maan geniet, net nie die tuin natgegooi nie want dit het drie dae aanmekaar gereën. Maar gister en vandag skyn die son en maak die temperatuur van amper 15 grade amper draaglik. Die neweek word gagga, water en wind, iewers is hierdie weerding heeltemal verkeerd georganize. - Jeweel, groot nuus, ek het vir my so'n professional grill gekoop en maak nou my eie toasted bacon & egg! Lekker warm naweek vir julle, geniet die son, én mekaar!

Jewlsie said...

Liewe Robyn, daar is nog altyd die stoutgat in my wat miertjies se paaidjies lyntjies oor trek en dan lag ek so lekker vir hulle geskarrel!! Pappa het my van kleintyd af geleer dat mens nooit die natuur kan deurmekaarkrap nie, al probeer jy hoe hard! Hulle is so slim dat hulle weer hulle roetes sal uitwerk... Vir snaaksigheid het ek 'n uitdaging aanvaar van Liefkind om haar vetste sywurm op my tong te sit. Jiggie. Nee, ek het hom nie gesluk nie maar dit was grillerig-verby!
Veertjie se boetie was nie so gelukkig toe hy sy kinders wou imponeer nie. Toe hy daai vetste sywurm op sy tong sit en so ewe daaroor spog, toe maak hulle hom skrik en hy sluk daai wurmpie... ;-))

Kasie, ek gaan nou vir my 'n geroosterde bacon and egg samie maak en ek gaan ook 'n swart olyf daarop sit vir die lekkerte!!

Spook, my Loftus-kruie is klaar... Jy moet vir Boekesmous vra watse kruie hy gemeng het vir ons laaste braai saam want dit was perfek-reg!! Ai, jy is gelukkig om matriek te maak hierdie jaar - ek sit nog met standerd 5 en al die bekommernisse daaromtrent. Hulle kies nou leiers. Die onderwysers het vir almal in graad 6 'n nommer gegee en toe moes hulle hulleself gaan staan en verkoop op die verhoog. Liefkind was nommer 2 en sy stap vol selfvertroue daar met haar nommer in haar hande en onthou wat die meneer gesê het: "Sê waarvan jy hou!" Toe stop Liefkind en sê: "Ek is Roelé Rauch en ek hou van spagetti bolognaise!!" Die hele skool het vir haar gelag!! Siestog, hierdie keer is ek net bly dat sy uiteindelik besef het dat onderwysers nie altyd reg is nie!! Vyf soene en vyf hoera's vir Ma's!!!! Hoe gaan dit met die amper-Oumas?

Robyn said...

Ek het nou heerlik gegiggel...ai,Jewlsie...jy darem....hoe moet die ou miertjies voel...en wat van hul vrouens en kinders...mamma slaat vir pappa oor die kop omdat hy laat is...en al die tyd het jy die versperring aangebring...☺☺☺....Liefkind...drie hoeras vir jou...ek en jy sal heerlik smul aan daardie Spaghetti...en as daardie klomp wat gelag het proe hoe lekker ek daardie Spaghetti maak...sal nie een weer probeer om te giggel....Die amper ouma gaan volgende week die 13de saam as daar sonar geneem word....ai...sjoe...ek moet net nie staan en my naam met n' plank slaan, as ek trane begin uitpak...Nou ja,julle maters moet n' heerlike naweek hê...mag die lekkerte jul tone laat krul,en daardie glimlagte mense betower...xx

Vroulief said...

Hallooo, ek was so lanklaas op die plaas ek weet amper nie meer hoe dit werk nie..
Robyn, ek het darem nou al van naby met my kleinkind (in sy ma se magie) kennis gemaak. Die kleinding het in sy ma se magie allerhande manewales uitgehaal om ouma en oupa te beindruk. Nou wag ons maar in spanning!
Vandag oor een enkele maand is my eerste kursus klaar. Ek skryf 10 November my laaste vraestel.. Is dit nie skrikwekkend nie?
Hoop almal het 'n ongelooflike naweek, hier moet dit alreeds so leerderig gaan!!

Charming said...

Ek bid en vertrou almal van julle se naweek is baie spesiaal saam met ons Vader. Ek en my ou nessie word hierdie Sondag bederf met 'n ete deur 'n baie spesiale vriend van ons. Dankie aan Spook en sy vroulief wat ons so gaan bederf. Ons is besig met 'n gebouery in ons kombuis, so daar word maar min gekook. Sien uit na lekker boere kos!!! Ai, julle moet sien, ek sit die sproeiers aan 6uur in die oggend net om die Jan Frederik te sien bad. Dit is asemrowend. Hy gaan lê plat op sy maag en wieg hom soos 'n wipplank. God bederf my elke oggend met die voëls in Sy tuin. Lekker naweek almal.

Spook said...

Nou ja dit is Saterdag en rugbydag...die seisoen hardloop na n hoogtepunt toe en lyk my al of hier n Blou bul en WP semifinaal kom. Jewlsie waar is daai duur jersey van jou? Ek sal bevoorreg wees as daai boeksmous my reseppie gebruik het vir die speserye. Ek sal maar saam bring piekniek toe.

Kasie....jong dit is my oudste wat die matriek ding doen...maar soos dit is gaan kou ek meer naels as hy. Hopelik steek vroulief my nie aan dat ek ok weer die boeke nader sleep nie. Ek het daai boekekyk storie nou so twee jaar terug verlaat en gese,,,mag die gier my ook verlaat. Leer sal n mens altyd ma die eksamending is nou nie meer vir my nie.

More kom Charming,Skim en Robyn met hulle mense na my kaia toe...ons wil net lekker kuier en gesels oor die uitreik waarop ons was en hulle oortuig dat ons definitief daai piekniek mandjies moet pak vir die kuier die 25 ste Okt. Ons hoop om almal daar te sien en dat die kleingoed bietjie los op die groot grasperke kan rondhardloop.

Jewlsie said...

Spook, het jy X-straal visie? My hart was die hele middag in twee geskeur: Moontlike Vlakkies-boetie teen die Kolgatjies of jou opsie... SJOEEEE!!! Ek is so jammer vir die WiePie wat gaan staan en verloor het, maar ook sooooo bly ek hoef nie volgende naweek kant te kies nie!!!

Ek hoop julle het 'n wonderlike aand!!

Jewls said...

Ag, hou nou op kuier en kom praat bietjie met my ook, Spook!! ;-))

Vandag was ek en Liefkind gou winkels toe vir noodsaaklikhede en toe gil Liefkind skielik: "Daar's tannie Vroulief!!" Ek kyk in daai rigting en stoot toe sommer ons trollie vinnig daarheen want so 'n geleentheid wil ek nie laat verby gaan nie. Net annerkant die kondensmelke, voor die pappe, besef ek dat Vroulief nie Vroulief is nie, maar toe is Liefkind al op volspoed van blygeid en loop daai mooi vrou storm: "HALLO TANNIE!!!" Dit was vir my lekker om betyds te keer dat die pannekoek tussen die pan en die vloer val - of wat's daai uitdrukking nou weer? Die vrou se kinders het pas ge-emigreer en sy het juis met heimwee, skoon verlore, tussen rakke rondgeloop en onthou wat elkeen se gunstelinge was! Toe stiek ons haar vir koffie, help haar om haar melk en kaas en broodjie in haar bagasiebak te laai, uit haar parkeerruimte te trek, die simpel veiligheidswag te betaal en weg uit ons lewens te ry. As ek ooit weer by Pick & Pay kom, gaan ek uitkyk vir 'Vroulief' want dit was so lekker om om te gee vir my eie mense in nood!!!

Slaap lekker maaitjies! xxxxx

Robyn said...

Goeie môre my maters...Sjoe,het ons nou heerlike gekuier by Spook en Blondt,daardie Blondie het haarself oortref met al die heerlike bederfies,ons was eintlik traag om huiswaarts te keer,maar na n' tweede rondte koffie ,het ons sleepvoet-sleepvoet aangeskuif...die geselskap, en weersiens van ons Uitreik maters was n' warmte om die hart...weereens het ek besef watter spesiale klompie vriende ons in mekaar gevind het,en ek kyk op na bo met n' blye hart en sê..."DANKIE MY HEER"...Spook,ek hou duim vas vir grootman se eksamen,ai daardie jongeling is baie na aan my hart,met sy mooi maniere en respek vir sy medemens trap hy sommer diep spore.Ja,die rugby het my al weer laat naels kou....daardie wedstryd van Griekwas en Sharks...ai...ai....Net bly my ou spannetjie het dit gemaak...Vroulief...sterkte met die leerdery...ek dink aan jou...sjoe ja,pyn was ook nog nooit een van my sterkpunte...en ek het ook al deur so abses gegaan...erg-erg...STERKTE!!!...Jewlsie,daardie Liefkind het die mooiste spontaniteit in haar,en weet jy...sy gaan dit nog ver bring..sy is baie geliefd agv daarvan...en kyk nou,daar maak julle sommer iemand se dag...en dis waarvan ek altyd praat,dit is so erg spesiaal,en mens voel so vervuld...hoop julle het "Vroulief" se nommer geneem,vir verdere kontak,of inskakeling by ons groepie.Nou ja,mag elkeen van julle die warmte van omgee voel die week,en soos Liefkind...wees op die uitkyk vir n' geleentheid om iemand se daggie spesiaal te maak,al is dit net deur n' kompliment,of glimlaggie...mooi daggie en week vir elkeen van julle...julle is so erg spesiaal....xxx

Spook said...

So Jewls jy wil nou eintlik vir my se die naweek skree jy WP en Vrystaat...dis mos jou na aan die hart spanne. Van die WP weet ek nie jong...die Bulle is op volle sterkte,so of die Kaap weer Hollands gaan wees sal net die tyd leer.
Die Sharks speel teen hul nemesis die Vrystaat en die ironie van die naweke se wedstryde is dat die finaal nog op Loftus kan wees. As die Bulle en Vrystaat wen gaan ons weer Loftus toe vir die finaal.

Ons het lekker gekuier die naweek en Skim en Charming was met hulle families ook hier. Goeie mense wat hard sal skoffel op die plaaswerf.Robyn is jy nou al die senior bestuurder,tweede been top skaal???

Jewls ek sien al Liefkind se glimlag toe sy "vroulief" gaan groet en soos ek glo was julle gestuur om n ander se swaar gemoed te lig...mooi man!!!
Ek het al dieselfde oorgekom...nogal die ogies van agter toegedruk en n soen op die wang ook gegee...en toe is dit nie die ou skoolpel wat ek gehoop dit is nie...maar met n geselsie en lag verder was daar darem nie enige probleme of klappe nie.

Nou ja die eerste dag van die week is verby en ons gaan alweer aan. Mooi bly en wonderlike week vir almal en sommer baie blessings.

spikkels said...

Nadat die wind vir die laaste drie dae met ñ woestheid elke wolk in sig weggewaai het, reën dit uiteindelik ordèntlik vanaand!!

skim said...

Morne Strydom, Blou Bulle sonder Habana( dra al klaar 'n WP onderhempie en het nou al klaar homeground advantage) uh Noord Transvaal (sou nie in daai dae gebeur het nie, ai!) o ja en Curriebeker eindstryd! Nou ja ek hoop ook maar meer as wat ek skree want nog 'n oorstoot drie teen die Bulle sal my gestel nie kan handle nie. Wat 'n wonderlike gevoel om by die deur uit testap voor die son sy reis begin en die vreugde van die dag te voel ... Vir die wat bewus is van my hondjie se probleme, ek het twee wille slaappille gekry plus pille by die apteek gisteraand. Vandag is die dag dat Simson slaap en die res praat ons nie in die openbaar oor nie.

Robyn said...

Maters...sjoe...amper weggespoel....het amper vir Smousie gesos dat hy daardie rubberboot van hom moet bring....Maar ek kla nie...dit was woes...maar heerlik....en vanogged is dit die mooiste mooi dag...daar gaan amper so seer pyn van lekkerte deur my...want ek kan dit BELEEF...oral lê die Jakarandablommetjies.... n'pers mat onder die bome...die lug kristal blou...mmmmm(BLOUBUL BLOU)...sjoe....nie n' windjie wat ritsel....ek staar so kwylend by die venster uit....ek wil nou gaan stap in die veld...met daardie klam reuk om my...en die vrolikheid van die opgewonde voëltjies hoor....Spook!!!!!...ek is skoon geskok....jy is dan nou so half ordentelike outjie...nou bekruip jy "vreemde" vrouens in die winkels..ai...ai...sjoe....☺☺☺...Laat ek aangaan met my skoffel werkies...mooi daggie vir elkeen....Gryp n' vreemdeling...gee n' drukkie...maak verskoning...maar n' nuwe vriend....sjoe....hahaha...ek is nou wintie...☺☺☺

Spook said...

Skim sterkte met die dinge rondom Simson..en Robyn vat my nou wraggies met alles aan...die vriendelikheid om mense te groet tot smarties eet. Ag ek sal altyd glimlag...klein saterdag more..amper rugby kyktyd.

Jewls said...

Robyn, lyk my dis 'n ding van skool af tussen Spook en Smousie want laasgenoemde-Liefling-van-my het ook so-iets oorgekom!! ;-)) Ek het dus seker gemaak dat hy weet ek het 'n pienk bloes aan met 'n duur burgandy handsak en toe maak hy doodseker dat ons mekaar presies reg raakloop deur heel laaste van die aerie af te klim toe die ontvangssaal al heeltemal leeg was!! Ons eerste ontmoeting! So spesiaal na 4 jaar se kuiers woordlangs!!!

My goeiste Skim, wat het gebeur met jou hondjie en baie welkom op die stoep!!

Ek gaan môre my WP-truitjie aantrek teater toe... Vandag is ek al klaar uitgelag deur die Bulletjie-mannetjies, maar ek slaan my Kolkatnaeltjies in hulle in... En as julle my nie Loftus toe nooi vir die volgende wedstryd nie, gaan ek julle nooit weer vergewe nie!!!! Ek ken nou die pad huistoe... Hie-hie!!

Spikkels, wat soek jy hier? Jy moet leer want anders kan ek jou nie weer sien nie!!!!!! Jitte! ;-))

skim said...

Dankie Jewls
My ou Simson is nou 8 jaar en het helaas te veel bene in gesluk en nou sit ek met die veearts prosedures om uit te voer. Sterkte met die Weepee.

Weer 'n wonderlike oggend om jou neus in die lig te druk net erg met die traffic. Slegte ongeluk net voor Brakfontein offramp van Centurion. Gelukkig kon ons verbykom, ek moet my herinner om te let go met al die mense wat so woes ry en indruk. Laat die liefde van Jesus vloei in die stadsgejaag. Nogal 'n challenge met tye. 'n Blye dag vir julle almal.

Robyn said...

Sjoe...ek giggel....julle klomp darem....gelukkig het ek my Rooikop...wie sal nou n' fout kan maak met n' Rooikop...en natuurlik my Witperd....so om my aan te sien vir iemand anders, gaan beslis moeilik wees...Wat praat djulle nou so van die WeePee...dis mos die Bloues wat die septer gaan swaai....(SJOE...HULLE BETER DIT MAAK...EK IS AL WEER GROOT MOND)...Skim...kasterolie...gebruik kasterolie!!!!....daardie Woef sal jou ewig dankbaar wees....en ek het besluit...die verkeer gaan my nie meer onderkry...ek sit my musiek aan...en laat begaan...die Taxi's dink ek is die beste ding "since Lollipop"...ek laat hulle ry...en dan kry ek daardie 'happy smile'...en noodligte vir dankie sê....Spook....is jy n' man of n' muis...."floor" ek jou met al my opmerkings....skuus my ou Maaikie...kan nie verhelp om jou te verpes...Jewlsie....belowe...sal jou nie vergeet as daardei eindstryd op Loftus is...al kry ons nie plek...ons gaan, en staan net daar en kyk op TV skerm....maar gaan sal ons gaan...onthou die 25ste maters...PIEKNIEK!!!!mooi rustige daggie vir almal...soos Spook sê...dis klein Saterdag...laat ons, onself so bietjie bederf....

Jewls said...

Nou wonder ek hoe dit met Simon gaan. Shame. Ek het 'n doberman-pinshertjie gehad wat ek Poepsiemelooi genoem het. Jare gelede. Toe gaan steek die bederfbeentjie skuins binne haar keelgatjie vas, veroorsaak sepsis en uiteindelik was dit Poepsie-koebaai! Ek hoop hierdie prosedure het iets te doene met die exhaust...

Rooikoppie, ek ry môre-oggend vroeg Lydenburg toe vir my Boeta se dogter se troue wat Saterdagmiddag is. Rugbytyd. STUUR ASB. VIR MY SMS'E OM TE Sê HOE GOED MY TWEE SPANNETJIES DOEN!! En vir in geval jy vergeet het, dis die WiePie en die Kolkatjies... ;-)))

En vir die eerste keer in my lewe is ek amptelik fotograaf op 'n troue... Hou duimvas maaitjies! Ek mag miskien 'n fancy Canon hê, maar ek moet nog leer om soos 'n fotograaf laag te buk, lere te klim, die perfekte oomblik af te wag, weet wanneer om die 'flash' af te sit en al daai dinge wat fotograwe so instinktief doen. As ek dit nie regkry nie, gaan ek sit en photoshop vir weke!!! ;-))

Uncle Mac, Kasie, Vlakkies, Spook, Vroulief, Katjie, waar's julle?? Vir Spikkels verskoon ek, maar julle ander moet nou planmaak om hier te kom juig voor ek van julle vergeet!! Liefde vir almal!! xxxxx

Simpel ekke! said...

SIMSON, jitte!!!

Kaaskop said...

Ek werk te hard, vanoggend was die gras vir die eerste keer wit geryp, en die weermeneer voorspel dat die naweek vol reën en storm gaan wees. Hoe kan jy verwag dat ek hier op die plaas kom loop staan juig Jeweeltjie? Al wat my hart kan verwarm is dat my Bulletjies Saterdag vir WiePie pak gee, maar dan is Vlakkies en Smous weer ongelukkig en dis nie in my karakter nie. Dan het ek ook nog 'n amper skoonseun in die Kaap wat 'n WiePie ondersteuner is, maar hom kan ek nog regsien. Ai, die Hollandse winter is 'n ingewikkelde ding! Ek leef en beleef en ek brrrrrrrrrrrrrr!

Vroulief said...

Vroulief is nog hier - al is dit net-net. Die ore hang, die voete sleep! Ek ly verskriklik aan einde van die jaar sindroom, en ek moet nog toetse en eksamen skryf!!
Ek skryf more, en volgende week sommer 2 toetse...
En as gevolg van die eksamen is daar nie eers 'n kans dat ek die 25e kan saam kuier nie, dit is kort voor die eerste eksamen vraestel...
Jeweeltjie, jy kan mos nie net vir Spikkel-Patrys verskoon en genadig wees nie...?

Nou moet ek weer die neus in die boek kry, anders maak ek dit nie more nie!
Lekker slaap almal

skim said...

Ag wat 'n Vrydag en berg van my skouers af. My ou Simsontjie se lewe gaan weer aan. Dank die Here. Volg ek en my vroulief die hondjie gister na ons hom dik gevoer het laat hy ons naderhand so snaaks aankyk. Verleë staan ons maar en kyk anderkant toe maar met verwagting. Laat ek maar net sê die enjin loop weer en die exhaust doen sy werk. Sê maar net as iemand dalk verstop is van stress oor more se game, ek is nou gestock met enemas en verwante medisynes... Ek sien die WeePee smeer al die heuningkwas met wereldklas Bulle wat hulle moet speel ... sien uit na 'n lekker game. Waar kyk ons mense?

Robyn said...

Sjoe....Jewlsie...jy is in n' bevoorregte situasie,as jy eers jou eerste troue kan reg afneem,dan sal die selfvertroue sommer n' hupstoot kry...STERKTE....ennnn...veilig wees...geniet elke oomblik...en sommer geluk ook....en dis reg...ek sal jou plegtig op hoogte hou....belowe....Skim,sommer baie bly ou Simson het weer swaai in sy stert...ai,ek kan glo dit was regtig sekerlik nie n' aangename situasie vir hom,sowel as vir julle...Jippeeeee...dis Vrydag....en Jaaaaaa!!!!!....ons moet rugby kyk....en gil en skreeu...en op en af spring...en sommer net verspot wees....dis nog net hierdie naweek, dan volgende naweek die eindstryd...en dan is dit verby met die opgewondenheid...en geskreeu tot volgende jaar....Nou ja...kyk sal ons moet kyk...net besluit waar!!!!...Hou hierdie blokkie dop....☺☺☺....Vroulief!!!!!...ag,neeee!!!....en ek het so uitgesien om jou weer te sien....maar ek verstaan....daar sal mos weer n' volgende keer wees...sterkte met die leerdery...en toetse....en kom-kom....lig op daardie kop....jy is altyd positief...moet nou nie dat daardie gevoelens jou onderkry....miskien moet jy tog n' rukkie wegbreek die 25ste...ons sal jou gou-gou regkry....sodat jy weer n' wip in daardie stappie kry....Maters....geniet hierdie mooi dag,beleef elke oomblik, intens bewus van die voorregte wat ons het....ander is nie so gelukkig...xxxx

Kaaskop said...

Bulleeeeeeeh!!!!

spikkels said...

ekt gin enkele nael oor nie, my senuwees is aan te flarde, mar: LOOOFFFTTTUUUSSSS!!!!!

Spook said...

Ek hoor hoe die Bulle hulle naels afgekou het....baie geluk aan die Bulle en Jewls se Kolkatte.

Robyn said...

Ek groet van oggend met n' BLOU gevoelenteit...my span het gewen....al was dit naelskou...dis hoe n' semi finaal mos maar moet lyk...dis die bestes...en nie een gaan opgee,of oorgee, voor die stryd gestry is...Nou vir die finale....en dan sê ek ook...mag die beste span wen...want albei van julle is in die eindsrtyd, omdat jul, julself bewys het...Ek is n' gebore Vrystater...so my lojaliteite lê so effe verdeeld....maar ek sal by my BLOU BULLE staan...Jewlsie,ennnnn...hoe was die fodie nemery....en het julle die makietie geniet...Nou ja,maters...dis n' nuwe week,met nuwe uitdagings...mag die son mildelik oor elkeen van julle skyn,laat daar n' warmte van omgee deur jul gaan,en weet elkeen is op sy manier baie spesiaal...Onthou Sondag!!! 25ste...Piekniek by die Botaniese tuine...vanaf so 11uur...bring eie snoepighede,drinkgoedjies,kombersie,en stoele...laat ons n' heerlike dag saam geniet,maar bowenal...dat die jonges so bietjie uiting aan die energie kan gee...Mooi daggie vir elkeen...onthou die glimlag...dit vat sommer die nare gevoelens en gedagtes blitsvinnig weg...xxx

Jewls said...

VRYSTAAAAAT!!! Vandag trek ek my nuwe Kolkat-truitjie aan...

Dankie Robyn, die troue was pragtig en die foto's 'n sukses! Maar dit is harde werk om 'n fotograaf te wees, veral op hoë hakke!!

Skitterdag vir elkeen van julle en sterkte vir al die Toetsers!! xxxxx

skim said...

Ah Blou Bulle! Morne Strydom! Wie was Naas nou weer ... Ja koel en kalm stuur hy die wenpunte deur die pale en dan dank hy God vir sy talent, wonderlik. 'n Plaas kort altyd water en die reën is great EN dit lui Grassny seisoen in. Lekker Kaapse weer vandag - maak dat ek net wil sit en staar na niks in die nietigheid

Robyn said...

Kiets,my gedagtes is met julle vandag...STERKTE....met kleinding....Jewlsie...nou wat nou....het jy nou van STREEP...na KOL verander....mmmm hier kom n' ding....ja,ek weet jy is n' KOLKATJIE...maar met daardie duur streeptrui het ek so byna gedink die liefde het oorwin...☺☺☺...Skim....vanoggend toe ek so ry...het ek die gevoelte gekry om net aan te hou ry...daar na Nelspruit se kant...Wildtuin...as dit so koel en klam is...is dit die lekkerste om voor die eerste voëltjies piep...deur die hekke te ry...en die mooiste mooi natuur lê voor jou....jy ruik die veld....die nat gras....die bos....en as jy gelukkig is...ou vuilbaard wat nog lui-lui in die pad lê...te vies vir die nat grassies....sjoe....hierdie hartjie klop nou BOSVELD....nie TJOKLITS....☺☺☺....Spook,nou wanneer kom wys jy weer jou STREEP lyf...ook maar skaars!!!!of is jy besig om die "plaas gras " te sny.........en Charming....hou op rooflees!!!!....en ja,almal wat "swot"...en swoeg en sweet met eksamens ...STERKTE!!!!.....Mooi daggie vir elkeen....ek staar ook vandag by die venster uit....rustig...verlangend....xxxx

Anonymous said...

o my mr.. hi ga da niks aani. lo da almal.. vinnige inloer.. ga goed hier inni grot, toedels.. geniet jul so. kuier.. groeni

spikkels said...

GROENIE!!!

Robyn said...

Sjoe....en die stilte nou???....ek raak bekommerd...is dit nou oor te veel werk...of te veel jol...Die plaas kan nie in stand gehou word,as daar nie samewerking is,die bossies moet uitgetrek word,die suipkrippe geskrop word....Ek gaan nou gemmerbier maak.....in die yskas sit sodat dit heerlik yskoud word....en vanmiddag sit ons bietjie op die stoep...en gesels so bietjie....Vlakkies,ek sit juis gisteraand so en dink...wat het van Vlakkies geword...Vroulief...is dit die konneksie,of is manlief net baie besig....ek mis sy storietjies en kwinkslae.....Kiets,hoe het dit gegaan met kleinding....Groenie,ai...wat n' verrassing.....dankie vir die ogies wys...ennnn...baie geluk met Lief se verjaardag gister...hoop julle het heerlik jolyt gehou......Nou ja,sien julle later op die stoep....laat ek net gou die werkies afhandel....mooi daggie vir elkeen....dit lyk amper of dit gaan reen later....xxx

Spook said...

Naand aan almal...die reen het nou net begin val Robyn...amper 12 uur na jou voorspelling,maar dis hier met n koel windjie.

Die mense skoffel hard...die einde van die jaar kom..vakansie drange roep en krismisbokse vir die kinders. Planne word vir die nuwejaar gemaak en duidelik is almal te bang om n voorspelling te maak vir die rugby volgende naweek,,,maar as n stoere blou bul n kolkat hemp dra,kry mens n snaakse voorgevoel.
Vir ons wat nie die ry gehaal het vir die kaartjies nie of nie daai bedrag oor het die tyd van die jaar nie....kan almal wat wil ma by my huis ook kom kyk..al moet ons op die mat sit,is dit ook reg.

En Sondag se piekniek storie is daar ook nog...Skim bring die kamera vir n foto geleentheid.

Mooi bly almal en n wonderlike naweek en gaan kyk weer na Mattheus 5:37.

loeloeraai said...

gisteraand laat raak ek bang vir die nag dis donker soos die dood
ek dink aan genade bid vir die more
en wens my weer terug in my moeder se skoot
maar die kriek buite kraak ‘n psalm-ritme
drie-en-twintig redes om my oë dig te sluit
my hande te vou en te slaap

Vlaktekind said...

Wat op deeske aarde gat toe gister mettie plaas aan. Probeer bietjie saam gesels. Maar toe spreekie ding met my in tale. En daarvan verstaan 'n stoere gaatjaponner soos ek mos net mooi niks. Hoe dit ookal sy, ek wou maar net geluk geloop sta' sê het virrie Bulle en Kolkatte oor laas Saderag se wen. Is mos nou weer innie veld meeste vannie tyd met gan nikse gevonkery nie. As jy gat loop sta' kyk by N9 57 56.5 E45 24 17.0 op Ghoeghel Irf sal jy my spore innie melkweg vind, my tent tussen sterre sien staan.

spikkels said...

Ai, die swottings gaan nie toelaat dat ek more kan piekniek nie! :-( Ek is so ampertjies klaar, as dit goed gaan met diè jaar se eksamen het ek net een vak oor vir volgende jaar... Geniet die piekniek almal wat gaan!

Jewls said...

Ag Spikkels jy's 'n spoilsport!! Dis oor jou wat ek nou ook nie meer kan gaan nie want ons wou duimry saam met jou na daai onbekende plek iewers in Pretoria!! Sies vir jou!

Liewe Vlakkies, toe ek vanoggend 3-uur jou nuusbrief lees, toe voel dit asof ek al my vensters en deure wil oopmaak, die straatligte afsit, 'n vuurtjie wil pak en foto-albums kyk van toe ek 5 jaar oud was en die lewe se hande nog sag was!! En daarna het ek begin wonder of daar by die Botaniese tuine 'geriewe' is... Hoe weet mens wat's die agterkant van 'n boom?

Robyn said...

Ek word vanoggend wakker...en dadelik kyk ek deur die venster...en toe weet ek...hierdie gaan die lekkerste dag wees vir Piekniek...die son skyn helder en die hemel is blouer as blou, die voëltjies is uitbundig aan die sing...die Tortel koer...en so effense heimwee spoel deur my...so asof ek verlang na iemand wat ek nie eens ken....En die dag was ook toe baie besonders.....so teen 11.30 het ons bymekaar gekom by die Botaniese tuine....en toe volg n' heerlike kuier,eet,stap...en net ontspan...die luiheid het sommiges vasgetrek...en so hier en daar het iemand skuins gelê....ai,ek het net weereens besef,vriende is so n' belangrike deel van jou menswees...van jou daaglikse bestaan....dankie aan elkeen wat vandag n' sukses gemaak het van ons uitstappie,maar ook jammer vir die van ons maters wat dit nie kon meemaak,maar onthou,daar is altyd weer n' bymekaarkoms in die vooruitsig....Hoop die week gaan net die mooiste mooi vir elkeen voortbring,en onthou.....glimlag....en ook aan die studente in ons vriendekring...STERKTE....dink aan julle....en dan ten laaste...dankie vir elkeen van julle in my lewe...xxx

Vroulief said...

Ek is groen, ek sou ook wou piekniek hou...
Daar is ongelukkig nie rus vir studente so kort voor die eksamen nie... Hoop dit was onvergeetlik vir die wat daar was.
Almal moet maar aan my en Spikkel-Patrys dink...

Kaaskop said...

Ek het alweer iets gemis. Maar ek is bly julle het die piekniek geniet. - Vroulief en Spikkels, sterkte met die eksamens, julle word nou verskriklik slim. - Die son het vandag geskyn in ons herfs. Maar met 14 grade nie eintlik piekniek-weer nie. Hoop die week wat voorlê gaan vir almal fantasties wees.

skim said...

Hi Robyn. Jammer ek het piekniek gemis. Was in die Mpumalanga en het goeie nodige tyd saam met familie gehad. Begin reën toe ons op pad terug was by Emalahleni (Witbank vir ons dam se eende). Sterkte met die dag vir almal

Spook said...

Baie dankie Robyn vir die dag wat jy gereel het. Dit was nou n heerlike piekniek en die verassing om Kiets en klein Kiets te ontmoet. Het tog te lekker gesels en die stappie saam na die waterval en oor die koppie na die vetplanttuin was elke tree werd.
Skim en toe ons anderkant afloop,begroet n paar halfmense ons weer en onmiddelik voel ek sommer tuis,daar op die berg met die halfmense.

Dankie aan almal vir die lekker gesels en kuier,dit sal weer gedoen word.

Robyn said...

Mooiste mooi daggie vir almal.....xxx

Jewls said...

En mooiste mooi daggie ook vir jou, Robyn!! xxxxx

Robyn said...

Vanoggend terwyl ek so ry,sien ek oral plasse water,Jesus het sy tuin natgegooi,gaan dit deur my gedagtes,en nou is dit net vir ons,die mensekinders, om dit te waardeer.Elkeen van ons is so besig om te jaag van die een plek na die ander,dis mos oorlewing,hoe dan anders,wanneer kry ons bietjie tyd om stil te staan,diep asem te skep,en die wonder van die skepping te beleef,in ons allerdaagse bestaan,aanvaar ons dit so as vanselfsprekend.Kom ons maak vandag so tien minute stilstaan tydjie...tien minute vir onsself...net om weer die mooi om ons te waardeer,en te besef hoe bevoorreg ons is.Maters,mooi daggie vir elkeen,en aan al die studente in ons vriendekring...STERKTE!!!!....byt vas...julle sal beloon word....Spook,gee daardie pragtige seun van jou, ook n' stywe druk....sommer dat hy weet...staan sterk in jou eksamenstryd....Ons almal hou styf duim vas vir hom....

Kaaskop said...

Ek hoop die studente se eksamens verloop goed. En natuurlik hoop ek ook dat ons Bulle môre die enigste beker wat hulle hierdie jaar nog nie verower het nie sal wen. Ek sal maar radio moet luister want Currie beker games word mos nie op Internet uitgesaai nie, selfs nie die finaal nie. Lekker naweek almal!

spikkels said...

Ai Kasie, dis jammer jy kan dit nie sien nie! Sover gaan dit, glo ek, voor die wind met die eksamen. Hoop daar is more gèèn wind, dan kan Mornetjie skepskoppe oorsit dat dit klap! BULLE!

Robyn said...

Kasie,sjoe....jy beter skreeu dat ons jou hoor!!!!!....kyk die gees hier is erg aan die opbou...oral sien jy net Blou Bul en Kolkatjie vlae.....Ou Mornetjie moet net so skepskop of twee oor die pale stuur....maar wat ookal gebeur....STERKTE aan elke span...en ook sy ondersteuners....mag die beste span met die "KERRIE BEKER" wegloop....dis die sportmanskap wat tel...vriende se saamwees... die braaivleisvure na die tyd...dit vorm n' eenheid tussen bekendes en onbekendes....en net pure heerlike ontspanning....Die week is verby...die GROOT sport naweek lê voor...mag elkeen n' wonderlike tyd geniet saam met vriende....maar moet nooit ooit vergeet....GLIMLAG!!!!....XXXX

Kaaskop said...

En waar is ons eie Kolkatjie? Sy bly net stil. Sê nou net hulle wen, die Kolkatjies, dan sal jy haar hoor! Maar moenie worry nie Vrystaatjie, ons is mos lief vir jou!

Kolkatjie!! said...

Ag liewe Kasie, ek het Woensdag my Kolkat-truitjie aangetrek werk toe en toe is almal lelik met my... Ek giggel maar net so binne-langs want ek weet wat ek weet!! Die kanse is mos nou maar vyftig persent hierdie kant toe of daardie kant toe en dalk is ek die enigste een wat Maandag breëbors in die gange af loop en 'n "ek-het-jou-mos-gesê"-smile op my gatsiggie het!!! ;-)) Lieve jou ôk baie!!!

Raai watse Ridder en sy mooie meisiekind gaan vanmiddag saam met my Kolkatjies wees? Jippieeeee - julle sal ons hoor skree dat die kranse antwoord gee!!! Spikkels, is jou serpie om jou nek? Die Bulletjies gaan al die hulp nodig hê wat hulle kan kry... ;-)))

Rudie Thirion said...

Sjoe, wat 'n wedstryd. Geluk aanie BULLE vir 'n goeie wen.

blouspikkel! said...

HAHAHAJAAAA BULLEEEEE!!!

Kaaskop said...

As daar 'n Blouspikkel is, dan is daar mos ook 'n Bloukaas. Ek is so bly oor ons Bulle se oorwinning maar ook grenseloos die mr in! Het julle mos vertel ek moet radio luister, toughies maar anyway. Toe besluit my buurman dis nou tyd om gate in sy woonstel se mure te boor, en die ander kant is my muur. Toe is dit so'n geraas dat ek niks kan hoor nie, en ek agterkom dat iewers diep in my karakter, waaraan ek altyd gewerk het om vreedsaam te wees, die mees verskriklike moordneigings skuil. Dis goed die wetgewing oor vuurwapens in hierdie landjie is baie streng anders sou julle al klaar vir my op CNN gesien het. Toe bel ek maar my liewe Bernice wat saam met mamma en pelle by die Brazen Head in Montana skuiling gesoek het. Toe is dit daar amper dieselfde geraas as my buurman s'nne. Maar in elk geval, ons het gewen, en die Bulle se pryskas na hierdie seisoen lyk nou soos Arthur Kaplan se uitverkoping. - Een woord van troos, Jeweeltjie, julle het die finaal gespeel en seker die beste gegee, wees trots daarop. En sê Maandag maar vir die mense by die werk dat sonder die Vrystaat se Cheetas die Bulle vandag nie sou kan gewen het nie. Want soos dit altyd was tussen die ou Transvaal en die Vrystaat; Brothers in Arms!

Robyn said...

Sjoe....BLOU BULLE!!!!!JIPEEEEEEEEEEEEEEE.....maar ons opponente het die stryd gestry...en hulle het wel as die verloorders uitgestap,maar hulle het nie net oorgegee en gaan lê...hulle het geveg tot aan die einde,daarvan kan die eindtelling getuig...Ai ,Kasie....wat n' frustrasie....maar ten minste het die Bulle gewen.....en jy kan breed glimlag!!!!....Ons het by Spook en Blondt gaan keelopsit....en daarna heerlik soos dit maar gaan na n' rugbywedstryd...tradisioneel gebraai,en die wedstryd weer herleef,en bespreek....Spook,dankie aan jou en Blondt vir jul gasvryheid,en moeite....dit was heeeeerlik!!!Nou weer onsself regkry vir die Springbokke.....Jewlsie,bly jy het sulke goeie geselskap gehad om jou te vergesel,hoop jy het dit gate uit geniet...nou ja,dis Sondag middag....mag elkeen n' genotvolle daggie geniet....glimlag...en wees lief vir mekaar....xxxx

Robyn said...

Wie van julle het gesien hoe mooi skyn die maan vannaand... so helder...verlig die hele wêreld.....maak mens sommer so nietig voel.Mag elkeen n' rustige nagrus hê,en laat die nuwe week,nuwe maand, net die mooiste inhou....laat ons positief wees,positiwiteit kanseleer negatiwiteit uit,en natuurlik met n' hegte vriendekring soos hierdie,is ons nooit alleen,daar is altyd iemand wat gereed staan met n' uitgestrekte hand van omgee.... Ek beloof plegtig....ek sal by Kiets uitkom...nog in hierdie week....sodat sy my kan touwys maak oor die plaasbestuur... dan sal ek vir ons n' nuwe fodie en nuwe gedagte vir die maand opsit....xxxx

Robyn said...

Sjoe,is ek nou weer besig met alleenspraak.....dis net ek...en weer ek...en al weer ekke ☺☺☺....Maak nie saak...dis mos maar hoe ons tyd kry om gou n' draai te maak op die plaas wat tel...Vanoggend is ek maar net gelukkig...het weggespring in die hoogste versnelling...om die draaie gegaan op twee wiele...en nou het ek so klein tydjie van verposing...Nou ja,....eers die belangrike sake afhandel...graag wil ek baie geluk sê aan Laurika Rauch...gister...en Veertjie,Jewlsie se beste este mater,vandag met hul verjaarsdae,mag hierdie jaar net die mooiste inhou...en wees positief in alles wat julle aanpak....Jewlsie,jy sal maar die boodskappies moet oordra,dankie my ou mater....Dan aan al die studente...STERKTE!!!!....ons gedagtes is met elkeen van julle....Dan aan my ou vriend Spook,dink aan jou vandag,hoop die Dr vind die probleem,en dat jy sommer gou weer perdfris en vol streke sal wees.Nou ja,nou het ek my spreekbeurt gehad,moet nie dat die stoep leegloop...en ou Wagter nie meer aandag kry....val in...al is dit net een reëltjie....Mooi daggie vir elkeen.. onthou!!!...om die glimlaggies uit te deel..dit kos mos niks.... jy verbly iemand...en maak sy/haar dag...xxx

Rudie Thirion said...

Jeweeltjie, sê virrie Pienk Veertjie geluk. En Spook, beterskap.

Spook said...

PROVINCEEEEEE.....dis nou vir Habana se 2 driee....dis mos n wiepie man daai volgende jaar. Baie geluk aan die Bulle...julle is die beste in 2009....maar ook geluk aan die Cheetahs vir n puik wedstryd. Hulle mag maar hardlooprugby speel....Jewls glimlag vir daai span van jou en hou hulle dop in die jare wat kom!!!
En kan die Robyn vir jou n rooikop gilletjie opsit...moes stres gewees het..die lag was eers soos ons dit ken aan die einde van die wedstryd. Net n grap...sy is omtrent n goeie en bedeesde blou ondersteuner.

smouser said...

Ridder jaag met sy Smousmobile die kuber highway af en hy sien die naambordjie vannie Lekkerkryplaas en hy kry lekker en hy skop styf(dis nou die briek, jinne jul vuilse gedagtesmense, kan jul nêrens vattie) en hy maake short left en hy stop voorie plaasstoep en hy klim uit....... dink ek was te lanklaas hier, want toe byt Wagter allie enamel van my boure se bakwerk af!!

smouster said...

Juweeltjie dog asse mediese suster is jy verplig ommie wonde te behandel in plaas van om hul te waardeer!!!

Leon/Roezaan said...

Spook mag als positief wees.

Unknown said...

en so draf die einde van 2009 soos 'n drawwer op steroiids .. al vinniger en vinniger einde se kant toe.
soos wat jare kom - nie een wat ek graag weer wil oor hê nie. maar, bygesê, die Seëninge was miljuisende mèèr as die mis-heps. stukkende Agarob en al.
haijjj daar dwaal ek af. Rooikop kjent / Djoelsie - so tussen julle twee en die voor die jaar omdop, wat van daai bymekaarkom waar elkeen so 5 van sy/haar heel gunstelingste liedjies op 'n CD sit, en dan sit ons die sononner en bekyk en teug aan goeie wyn en braai skaaprib en luister mekaar se musiek
[kompetisie -- onms moet ook raai wie se musiek keuse dit is wat speel .. 1e- Prys - ek skenk 'n bottel NUY daarvoor..]
Datum??? makie sakie - darm net voor 14 Des, want dan swaai ek weer bikki noordwaards na my se Dwerrrgie toe. Sal darm grend wees as groenie ok daar kan wees. en die Kieter en fam. En aaaaaaaaaaalmal wat daar kan wees.
Dis nou al 2 jaar se bloo' Maak nou so. Toeeeeeee ???
en vanni erugby se ek niks. Ek het Grand Prix gekyk. ;-) ☻ ☺

Rudie Thirion said...

Dag neef Smouser wat ok 'n Ridder inne smousmobiel is. Wat het jy met daai Silwer donkie van jou geloop sta' aanvang? Tag, maar is ek bly om jou te sien. Ek het daai boek gelees lat hy sommer so van pier lekkerkry self hyse blaaie geloop sta' omblaai het. Dit was nou lekker. Al was pa-goed stoere Natte en geheel glattie vrinnelik mit daai kêrel vannie boekie en oupa Krisjan Witbaadjie eintlik 'n Maritzman, het ek tog nog lekker gelees.

spikkels said...

Ek gan see toe!!!!

Robyn said...

Sjoe...nou ja,...voor hierdie dag se uurglas sandjies heeltemal uitloop...is ek bly om net gou in te loer.....Spook,my beste este Maaikie..hoop dinge het vandag goed verloop...en dat jy sommer gou weer n' wip in jou stappie sal hê....Charming....hoor dmv die "Grape Vine"...julle het so effense ongelukkie gehad..mag alles sommer gou wel gaan...ai,dit gebeur ook so gou....veral in die laaste paar dae met die reëntjie wat kort-kort val....Smousie,sjoe...dis heeerlik om jou hier op die stoep te sien,nou waar is jou Juweeltjie lief,was jy nou so haastig,het jy haar sowaar vergeet,jy sal sommer dat ek met die hande in die sye staan, en jou terug jaag,hoe kan jy so maak!!!ons sukkel juis so om bymekaar uit te kom....selfs met die Piekniek het dit nie gewerk,so pasop vir jou!!!!!...Spikkeltjies....sjoe....ek is groen..grasgroen.....ek lus ook die see...geniet dit!!!!!....wees net veilig.....Uncle,daardie CD aand gaan ons nog doen....ek sien al laaaaankal uit na so iets........ek en Jewlsie sal koppe bymekaar sit.....Nou toe,laat ek die pad aandurf....kossies maak.....en o,gonna...voor ek vergeet....ek het die kleinste klein kiets...Garfield....maters....so drie daggies oud...voer hom met spuit...kan nog nie suig...is nes baba...moet elke twee ure gevoed word....ai,te dierbaar...is so groot soos my hand.....gemmer van kleur.....Sal fodie op F/B sit môre....Nou laat ek weer probeer groet....mooi aand vir elkeen..onthou ...vriende is kosbaar ....koester die voorreg....dankie vir elkeen van julle in my lewe....xxxxx

spikkels said...

Ek is by die see, die branders breek so tweehonderd meter ver van die balkon op die strand. Lekker slaap plaasjapies.

Nemo said...

Hey hoe kan ek lekker slaap as ek hoor jy's skaars by die see en jy breek al klaar die branders.......

Robyn said...

Ek word vanoggend wakker met die geluid van sagte reën....en n' uur later skyn die son ewe vrolik, die hemel blousel blou,die druppels lyk soos duisende klein diamantjies op die grasperk,terwyl die sonstrale op hulle skyn.... kort -kort plons daar druppels van die boom takke... daardie soel warmte van vroegoggend reën gemeng met son begroet my....die Magalies is toe onder n' sagte mis kombersie.... in my hartjie is ek dankbaar...so dankbaar...want ek kan hierdie wonder beleef....dis met traagheid dat ek myself wegskeur van die prag prentjie,die dag se pligte roep...realiteite skop in.... ek moet haas om betyds klaar te kry... in die pad spring vir werk....Spikkeltjies,sjoe....dit klink idillies, ek wens jou die heerlikste rustydjie toe...gee jouself oor aan totale ontspanning...Studente....STERKTE weereens vir julle...julle is deurentyd in ons gedagtes....dis darem amper die einde van die week....Mooiste mooi daggie vir elkeen...LEEF EN BELEEF....die lewe is so kort...moet nie dat onbenullighede jul tyd verkwis....xxxx

Robyn said...

So pas verneem dat my fietsry mater, Elsa Karsten weer gediagnoseer is met kanker....alles het goed gegaan na haar vorige operasies....en nou het dit haar weer bekruip soos n' dief in die nag....4jr later....Ek vra dat ons n' gebedskring vorm....by onse Heer is niks onmoontlik...Geloof sal ons deur hierdie tyd dra....Dis waarom ek altyd sê...LEEF EN BELEEF....want ons weet nooit wat lê vir ons in die toekoms....

spikkels-met-ñ-effense-margate-tan said...

Mensig min dinge is lekkerder as daai duik deur die golwe tot jou sinusse verlig is van Gautengse gemors, sonbrandroom en sand en aarbei soft serve, en jou wedloop teen die son dat die meeste roomys in jou mond beland voor dit in taai strome oor jou vingers smelt!!!!

Robyn said...

My kleine fyne Garfield kiets is besig om saggies sy asempie uit te blaas...my hart is verflenterd...ek het my bes probeer,alles gedoen wat ek kon...maar hy was nie bestem om eendag n' groot vet gemmerkiets te word....in die paar dae dat ek hom gevoed en getroetel het,het hy met sy kleine pootjies diep in my hartjie getrap....die gestoei om die melkies in sy lyfie te kry....die ou pootjies wat oop en toe gaan van lekkerte as ek hom saggies vryf....ou Garfield...jy was nie bedoel vir hierdie groot wrede wêreld....maar dankie dat ek van my liefde op jou kon uitstort...dat jy ten minste vir n' paar dae die mense lewe kon ervaar....en weet van omgee ...en vryf .....

Robyn said...

VRIENDELIKHEID.....so algemene woord....maar pas ons dit daagliks toe?...soms is die ongeduld vlak in ons daaglikse bestaan...jy is kortaf....of iemand irriteer jou...pas VRIENDELIKHEID toe....as die persoon negatief is...swaai die gesprek na n' positiewe rigting...verander sommer die onderwerp...gesels met n' GLIMLAG in jou stem....praat oor positiewe dinge....hou op om die daaglikse ellendes, wat ons raaklees of ondervind tot vervelens toe in gesprekke te gebruik....verander jou siening....jou opvattings...Wees eerlik met jouself....jy kan nie die wêreld en sy probleme verander...jy kan nie n' kits oplossing te weeg bring...maar jou daaglikse bestaan kan jy aanpas...en n' positiewe beeld van hoop uitstraal...mense inspireer....en selfs met nuwe idees vorendag kom....die ledige ure van top en stres omskakel en iets nuttigs doen.....en dis waar mens net weer besef....VRIENDELIKHEID kos mos niks.....as daar enige probleem op jou pad is,kan jy deur VRIENDELIKHEID,dit sagkens uit die weg ruim.....en selfs iemand tot ander insigte bring....Net n' gedagtetjie wat ek met julle wou deel....Maters....geniet die rus verposing...wees rustig...geniet die mooi om julle....en bowenal...wees lief vir mekaar....laat die omgee en VRIENDELIKHEID jul daaglikse bestaan vul....xxxxx

Anonymous said...

so bek moet heuning kry! hallo daar almal. jammer om te hoor vanni kietertjie.. en ag shame, die kolkaters.. hoop dit ga goed met almal, ...vinnige update hieri kant: snip het 3e op sa's gekom met kumite en is ook gekies as leier. geluk roezaan, roele ook.. boeta het in 3e rondte uitgeval, maar so great gedoen, ons het vir hom n jay-bord gekoop.. hy's mrse in sy noppies. lekker naweek.. groeni

Spook said...

Jammer van Garfield,Robyn.

Jy het vriendelikheid vergestalt in jou omgee vir die klein diertjie wat verlate gevind is met nog n nat naelstring.
In vandag se lewe is vriendelikheid so belangrik...dit weerspieel tog jou omgee....hoekom kwaad word vir dit wat jy nie kan verander nie...slaan dit met n vriendelike blik en groet en kort voor lank is almal vriendelik.

Daai vriendelike glimlag kan n mens voel oor n telefoongesprek en dit verander n persoon met n somberse blik in een van verandering en n positiewe uitkyk op die lewe.
Jy het omtrent n wonderlike onderwerp hier aangeraak...mens kan meegevoer raak...maar op die ou end sal vriendelikheid teenoor jou mense en vreemdelinge die eie positiwiteit in jou aanwakker en almal ten goede verander..
wonderlike..vriendelike naweek vir almal!!!!!!!!

Robyn said...

Maters,ek het n' heeeeeerlike daggie beleef.....ek,Boeboes en Zellie het gaan plante smous by n' vlooimark,dit was die eerste van sy soort in die omgewing,en ek glo dit sal nog groei,net die feit dat mens in die buitelig jou ding kan doen,met mense kommunikeer....vroeg oggend het daar so vlaag reen geval....en byna kon ons nie gaan,maar kort voor lank het die sonnetjie so skaam-skaam uitgeloer...dit het wel bewolk gebly...maar dit het n' heerlike dag uitgedraai....ek is so begeesterd met my nuwe"venture"...skoon soos n' bonsende balletjie....Geniet jul aand maters...rustig slapies....xxx

Robyn said...

n' VRIENDELIKE goeie môre aan al die maters....mag hierdie week net die mooiste mooi voortbring....Studente....byt vas..julle is in ons gedagtes....moet nie opgee...die wa is amper deur die drif....Spikkeltjies...geniet jou rustydjie....Kiets,hoe lyk dit...is die katjies gesond en aan die gang....Spook,so bly jy is weer aan die gang en op en top...Kasie,dankie dat jy my altyd dmv fodies op hoogte hou van jul seisoen,die hersblare lyk te pragtig...maar ek weet ook jy sou veel eerder ons warm son wou beleef....Nou toe,laat ek vir myself n' koffietjie skink....mooi daggie almal...xxxx

Rudie Thirion said...

Vlie môre vroemôre Galkayo toe vir 'n maand.

Robyn said...

Veilige reis Vlakkies,onthou om ons te vertel hoe dit daar lyk as jy n' konneksie kry...jy is mos ons ogies in anderland...die stoep is maar leeg so met almal wat so hard werk, en eksamens skryf....Maar ek sal maar kort-kort inloer....al is dit net om elkeen n' wonderlike mooie dag toe te wens....Vroeëer het ons gesels oor VRIENDELIKHEID.....nou gaan ons oor na POSITIWITEIT....lewer gerus jul insette....Mag elkeen n' heerlike, VRIENDELIKE EN POSITIEWE dag beleef....xxx

Robyn said...

Hoop almal het n' wip in die stappie dag....Ek het die oulikste dierbaarste Toypom woefertjie gekry by my vriendin....sy is opvreetbaar mooi...so kleine dingetjie wat soveel liefde en vreugde kan gee....ek en Jessica het reeds n' hegte band...sy laat my nie onder haar ogies uit.....kom saam werk toe....en lê hier by my voete....mooi daggie maters....xxx

Jewls said...

Toe die regstellende-aksie-kaders Veertjie se huisie leeggedra het van alles wat met elektrisiteit of batterye werk, toe het sy ook vir haar so 'n wit bondeltjie poedel-vreugde aangeskaf. Cuman. Al haar diere kry kruie-name. Pepper en Lavender is mos my twee boernale se ouers. Die oupa en ouma was Roosmaryn en Gemmer!! Nou as Veertjie deesdae voor my hekke toet, dan maak ek my honde toe, prop my katte in kaste want daai wollige klein lyfie is 'n storie op sy eie!!! Pure liefde en lewenslus!! Vlakkies, wanneer vlieg jy hoog? ;-))

Robyn said...

Ek glimlag nou so lekker...want hierdie bondeltjie neem ook oor....maar op so sagte meisiekind manier...maar jy vermurwe skoon..ou Robyntjie ....bekyk nog die storie so half agterdogtig...maar ek troos...en gee liefde...net dat sy sal weet,ek sal haar nie nou skielik verwaarloos....ek kan mos twee dierekinders tegelyk liefde gee....Robyntjie,was juis in die dierehospitaal om daardie klein operasietjie te kry dat die manne haar moet uitlos....nou sit die stekies nog daar,maar dit sal self oplos,so sê die veearts....Maters,mag elkeen van julle n' wonderlike dag beleef....dis nou wel Vrydag die 13de...maar ek glo weer, dis my gelukkige nommer...en vandag sal daar iets mooi gebeur....want ek is mos positief..... vriendelik...en ek glimlag.....☺☺☺

Jewls said...

Ek dink ek het nou alles gesien en gehoor... Vanoggend, oppad werk toe, ry ek verby iemand wat hulle hele boks partytjie-pakkies verloor het. Dit lê sommer die pad vol en my hart krimp ineen vir daai maaitjie wie se Mamma soveel moeite gedoen het!! Hoop nogal uit my hart uit dat hulle dit vinnig sal agterkom en net weer die pad kom ry want die motors is gaaf genoeg om nie daaroor te jaag nie. Net toe kyk ek in my tru-spieëltjie hoe 'n taxi ankers aanslaan en nog voor my gedagtes weet wat om van die situasie te maak, sak daai spulletjie op die pakkies toe en weet ek verseker dat baie moeite verniet gedoen was... Toe vertel Lucia vir my dat daar weer so 'n paar huise van ons af ingebreek is, maar dat die diewe so flippen astrant was. Hulle het hulle ou, stukkende tiewie die huis ingedra en die werkende tiewie van die mense gesteel!!!! Wat is volgende? ;-))

Robyn said...

Ai,ek kan net dink hoe moes daardie arme mamma voel toe sy by haar eindbestemming kom...die pakkies soek...en dan ontdek...alles is weg....sjoe....ja,en opertuniste sal daar ook wees....Toe ek vir Robyntjie vat vir haar operasietjie,het ek dit ook weereens ondervind....ek dra haar ewe onder my arm...handsak ook die skouer....boek haar in...en word toe aangesê om een van die werkers gangaf te volg...hy maak die eerste deur oop,jy hoor net gillende, blaffende honde,en my Robyn skop net daar vas,skrik vir haar boeglam,en ek moet klou vir lewe en dood,want as daardie kiets nou loskom...is sy weg...soos in weg...want hoe en waar gaan ek haar kry,ek sê toe vir die werker,hy moet vir haar n' ander plekkie kry,aangesien sy nie gewoond is aan honde,en daar stap ons verder,na die volgende kamer waar net kietie katte is(hoekom het hy dan nou nie van die begin soontoe gegaan)...ewenwel,ek sit vir Robyn in haar hokkie,groet soos n' wafferse ma,en daar gaan ek,nog met so klammigheid in my ogies,(my ou dogtertjie is nou op haar eie en aan ander se genade oorgelaat)...en daar gaan ek....oppad werk toe,by die werk aangekom,kry ek gou my rekenaar aan die gang,en toe ek so gaan sit,kyk ek na my horlosie arm...geen horlosie...ek skrik vir my lam....blitsvinnig dink ek...en toe onthou ek....toe Robyntjie skrik,het sy vasgeskop teen my arm...die krapmerk hale lê toe nog daar,en dis wat gebeur het,my horlosie klip net oor my arm...soos armband....en sy het hom dus afgeskop...ek skakel die veearts dadelik...ontvangsdame antwoord...en ek verduidelik wat gebeur het...en waar sy moet gaan kyk.....na die derde ,vierde oproep heen en weer,vind hulle nog steeds niks....maar ek weet dat daar heelwat beweging was in daardie gang,en sekerlik het iemand die horlosie gesien lê..opgetel...breed geglimlag...en die "jackpot " geslaan...ek kom al vir 11jr met die tydhouertjie van my, ek voel skoon verlore...maar ten minste glo ek sal die persoon die unieke stukkie oppas....En dan.....so hele ruk terug het hulle by ons motorhuis ingebreek....die versekering het uitbetaal....en die goedere is vervang....maar intussen ontdek ons kort-kort nog klein dingetjies wat verlore is....maar die beste is....aan die agterkant van die motorhuis,by Boeboes se klein kwekerytjie,was daar n' ekstra braaier,en kruiwa....laas naweek soek hy die kruiwa,het grond gaan haal vir sy plante,en wil dit met die kruiwa aanry...weg is die kruiwa...en toe kom die ontdekking dat die braaier ook weg is...so nou het ons tot die besef gekom...in ons erf kan jy net mooi niks wat losstaande is, laat,want die mensies kom net doodeenvoudig en vat wat hulle wil hê...maar ek moet ook byvoeg....die grootste euwel wat in ons land tot stand kon kom...is hierdie skroot werwe...die advertensies lees mos"kontant vir enige skroot yster"...wel,hulle loop met Pick+Pay trollies vol yster en dies meer,oppad na die skrootwerwe....want dis hoe hulle oorleef....die ander oggend...loop hy so ewe met yster pale....en so ent verder sien jy hoe die plot se draad, plat op die grond lê.....so daar word doodeenvoudig gestroop,voor die voet....in die naam van oorlewing....My gedagtes gaan soms terug na ons sorgvrye kinder tye....toe jy nog heerlik kon rond beweeg,moord en doodslag n' vloekwoord was....en jy as kind jouself kon uitleef....en ouers wat nie aldag moes vrees vir jou veiligheid....mooi aand vir elkeen.... ek dink ons moet ons leuse POSITIWITEIT maak...want dan kan ou NEGATIWITEIT ons nooit pootjie in ons strewe na n' beter môre....xxx

Jewls said...

'n Lag met 'n traan vanaand!! Ek dink ek het hier vertel van die keer toe ek my boernale 'huisvriendelik' wou maak en hoe klein Krummeltjie haar gatjie af geskrik het vir die monsters en uiteindelik die enigste boom in my huis geklim het om weg te kom van hulle gwelle-bêkke? Dit was ekke!!! Vrydag is my geliefde Noenoe oorlede na 'n lang stryd teen die ouderdom. Vyftien jaar was sy deel van my skoot en my omgee - vra maar vir Smousie! En by die begrafnis kon ek nie eers die boernale kry om te sit en respekte te betoon nie!!!

Dis 'n besonderse mooi aand in Pretoria!! Hierdie week wat voorlê is ons s'n!! xxxxx

Jewls said...

Jammer oor jou horlosie, Rooikoppie!!!

Vroulief said...

Vroulief leef nog, al is dit net-net.. Ek wil nou net slaphande wees, maar die huis moet skoon, die gordyne en vensters moet gewas word...

Hoe gaan dit met al my gawe vriende? Ek is skoon uit my koers noudat die eksamen klaar is, weet nie of ek als kan wegpak en of ek nog bietjie moet aanhang nie...

Lekker slaap maters..

Smousie said...

Gits Vlakkies jy maak my bloos asof ek daai boeksel myselwers geskrywe het. Nee jy is reg, daai man het diskressie gehad en dis hoekom sy naam steeds aan 'n gerespekteerde maatskappy geleen word. Wens ek kon so eweredig oor my lewe gevoel het en dit so onselfbeeldig meegedeel het.

Anonymous said...

Noens as sy jou aan jou stert gryp.... dan weet ons die familie is weer een.

Anonymous said...

My kommentaar oor Noens het as Anno deurgekom. Juweeltjie Noenoes se naeltjies se gekrap as sy haarself middernagtelik met haar voorpootjies teen die bed opgetrek het om by ons te wees en die ou gebeendere het maar gesukkel, dit sal my ewig bybly. Vroeë oggendure, diep deur die slaap, hoor ek nog die ge-purrrr en wonner ek nog wat dit maak en as ek my oë oopmaak, kyk ek nog vas in daai liggroen-oë van Noenoe se oë waar sy intens na jou gestaar het en vir jou met geen onsekere terme laat weet het, sy laaik jou nie. Ek sal haar altyd onthou.

«Oldest ‹Older   1 – 200 of 309   Newer› Newest»