Monday, December 1, 2008

Somer Kersfees tyd - dis Desember!

1. Welkom, o stille nag van vrede,
onder die suiderkruis,
Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis.
2. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye vertel die ou verhaal.
Kersfees kom, Kersfees kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.
3. Voel jy ook nou sy warm liefde as ons die dag gedenk,
Toe Hy sy Seun aan ons gegee het – ons grootste Kersgeskenk.
Christus kom, Christus kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.
Refrein:
Kersfees kom, Kersfees kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder
Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.

202 comments:

1 – 200 of 202   Newer›   Newest»
Anonymous said...

Ai Kiets, moes jy dit nou doen? As mens hier in die Noorde sit raak mens darmes maklik erg nostalgies oor ou Koos se woorde...dankie. Geluk met Liefkind se verjaarsdag Jewls. Ek hoop julle almal het 'n lekker Somer-kersfees. Lyk of ons sowaar vanjaar 'n witte gaan hê, seker nie, netnat, koud en donker.

Anonymous said...

Ai Kiets, moes jy dit nou doen? As mens hier in die Noorde sit raak mens darmes maklik erg nostalgies oor ou Koos se woorde...dankie. Geluk met Liefkind se verjaarsdag Jewls. Ek hoop julle almal het 'n lekker Somer-kersfees. Lyk of ons sowaar vanjaar 'n witte gaan hê, seker nie, netnat, koud en donker.

Anonymous said...

Nee, ek het nie twee keer ge-'post' nie, dis jy wat dubbeld sien. En dis nog 30 dae voor jy kan oujaar kuier, hou jou in!

Unknown said...

Bojaan ... gaan jy nie bietjie SUIDwaarts vlie virri groot dae nie?? Alli swaeltjies is al daar en die wat noggi issi kom hier verby. Maar hier oor Lagos vlie hulle ekstra hoog. Wonner hukkom?

Anonymous said...

Ek hoop om weer vroeg in die nuwejaar suid te vlieg Mac. Maar oormore vlieg my twee seuns suid en bly ek met twee hartseer vroumense agter.

Anonymous said...

O jitte, arme Feetjie gaan haar twee boeties dam baie mis!! Het jy al 'n rydingetjie vir hulle gekry, Ondier? Ek het Vrydag daar in Zambezi gery en kon nie gloooo hoeveel goeie tweedehandse motors is beskikbaar nie. Die motorhawens bars behoorlik uit hulle nate uit!!

Vlakkies, hoeveel slapies nog voor Vroulief bietjie kan begin ontspan? Ek is altyd so opgewonde vir julle as jy oppad huistoe is!!

Mag dit 'n klokhelderRooiveerKraaidagmetbaielag vir julle almal wees!! ;-)) Ja, ek was voor die hane op vanoggend want ek moet al 6-uur by die werk wees. Lekker!!!

Anonymous said...

Ek het juis gistraand so by die venster ytgekyk virrie glimlagmaan en sy twee heller ogies. Wat my ok lat glimlag het, maar sonnerie heller ogies. Wantie kopverkoue het my erg beet. So die ogies willie heller raakie. Jeweeltjie, ek konnie 'n slimmasien innie oge kykie. Maak my kop net nog dowwer en seerder. Gee vir Liefkind so 'n laat drukkie. Nee dis nog 'n klomp slapies. So 16 as ek reg reken so deerie dik kop deer. Hier is niks Kersfeesie. Niks liggies, niks pampiergoetertjies innie winkelsie, niks wat jou van jou geld wil beroof oorlat dit amper Kersfees issie. Want hierie issie 'n Christusland nie.

Unknown said...

die winkels is vol santa klaase met rooi kepse en wit tossels g'n ronnepensomie met langdikwitbaard darem nie. kerskaartjies het net amrikaanse prentjies en ewe hol niksseggende krismiswense wat nerens melding maak vanni Christuskind nie... maar dis orraait, in my hart weergalm dit die anner organe druk eintlik ore toe - ant ek hetti winkels en kaartjies noorag om te vertel wat Kersfees beteken nie.
Vlaktes - het jy nou al my vonk uit die Jeweelkjent gewurg?
So gepraat van wurg - darm net vir die wat sou wou worri g'russtel oor'ie onlus by Jos ... dis verrr van ons af en plaaslik weet die meeste nie eens daarvan nie. Maar hulle moet nou klaar stoei daar, ek wil inni niewe jaar [D V] daar verby ... ek wil so regrondom Nigerie ry met 'n Datsun 4-maal-4. Onner by Port Harcourt begin en dan so anti-klok omtoer en van Benin se kant if inkom. Ou Generaal Mike het destyds gese man moenie ver regs neek dat hy weer van links af inkom nie ... maar daai was 'n poltieke stytmint. Ek gaan eers bikki swem, tjet jelle weer raak ... DV

Anonymous said...

Môre al die maters...nee...ek skop nog...gaan net woes erg hier met my...maar ek het gou ingehaal en lekker gelag vir Uncle se sê goed en Spikkels se toevallige ontmoetings...en Jewlsie....jammer...ek het vergeet van Liefkind...gee haar n' ekstra laat drukkie van my....ek het jou vonkpossie ontvang met al die vertellinge...dit was so lekker om daarin te deel...hulle het n' wondelike tyd gehad...en jy en Veertjie het soveel moeite gedoen...Bojaan...ek is soooo bly om te sien jy kuier weer op die stoep.....Kiets,en hoe was die kerspartytjie toe....Nou ja,die res...hoop julle is op en wakker en gesond...Vlakkies...ek en jy word deur dieselfde kiem verpes...jiggg..dis nou al n' week...en niks help...en ek kan ook nie by die huis bly en in die kooi kruip...te veel werk!!!!....nou snuif en hoes en proes ek maar....sterkte vir jou Vlakkies...dis goor om so te voel....Kasie...sterkte met die gure weer...die tyd kom darem nader...dat jy weer die eg Afrika son op jou kan voel skyn!!!!mooi daggie vir elkeen...ek vermis julle baie...lief vir julle...xxx

Anonymous said...

Ek het mos die lekkerste werk in die wêreld - is so - dis hoekom ek so 'n klein rukkie gelede eers hier by my huis ingestap het!! ;-)) Dit was nou wraggies 'n mrse lang dag!! Uncle Mac, ek het vir Vlakkies jou vonkie gegee en jy sal nie gloooo hoe mooi hy my bedank het nie!!! Jy lees mos nou dat hy nie rekenaarwerk kan hanteer nie want dit maak hom dronk voel, so hou op karring en wag 'n dag of wat, hoor? Ek raak so jaloers as ek hoor hoe jy swem-swem jou dae omkuier in die swembad, jitte!!!! Rooikop en Vlakkies, sterkte met daai kopverkoues!! Hoop julle voel sommer gou-gou beter! Sal môre vir Liefkind julle drukkies gee, maar siestog, lyk my julle twee het dit meer nodig as sy!!!

Katjie, vertel nou van daai Kersbome-gedoentes wat alles twee-twee van was. Nes Ondier wat my wil laat getwalla voel met sy dubbel-praaitjies!! Gelukkig het ek dit in die oggend gelees!! ;-))

Kaasie, ek kry nou so warm - vertel asb. hoe snerpend koud dit daar by jou is en of dit nog sneeu. Maar laat dit aanloklik klink. Ek verlang wraggies nou na die winter!! ;-))

Anonymous said...

Ag Kieter, dit is die allermooiste kerslied, en Jannie du Toit sing dit so so mooi! Ek sien al die kersliggies en bolle en blinkgoed, maar vir my lyf voel dit nog nie soos einde van die jaar nie. Dit voel nog nie of ek al moet stop nie, en moenie glo nie, ek is MOEG!! Ek weet net nie waar my lyf gaan vassteek het nie!

En was gisteraand se maan nie iets aller-pragtigs nie! Ek kon kyk en kyk!

Lekker slaap almal, en Kasie, ek voel saam met Jewlsie, die hitte maak my OP... Vertel tog van die koue, dat ons weer die somer kan waardeer

Anonymous said...

VROULIEF!!! Waarsku tog net vir Mirrelkind dat dit nou bedtyd is en dat ek 'n grappie met julle wil deel wat, wel... e.. grootmenserig is!! Die man kom vroeër as gewoonlik huistoe en kry sy pragtige vroutjie in die bed met al haar bederfkleertjies aan haar mooie lyfie. Net toe hy kort-asem raak, hoor hy 'n geritsel in die kas!! Hy duik grond toe, gryp sy gun en skiet 5 skote na die kas toe, die deur val oop en 'n man val uit die kas uit. Morsdood! Spring Vroulief op in die bed, mik 'n rigvinger na Manlief en sê: "As jy so aanhou, het jy nie meer vriende oor nie!!"

Jitte!! Toe vertel 'n ander dokter van die man en vrou wat Olimpiese spele-Olimpiese spele gespeel het een aand. Sy het hom gesmeek om te mik vir 'n silwer medalje want sy wou graag eerste kom!! Oe, die woordspel!!!! Spikkels, jy en Groenie moet maar ore toedruk, hoor? Sien, ek HET die lekkerste werk op aarde!!! Ek leer elke dag iets nuuts!! ;-)) Lekker slaap maaitjies! Liefde, Jewls xxxxx

Anonymous said...

Antjie, ek mis jou baie!!!!!

Anonymous said...

Nou kyk: Dis donker, van 4 uur innie middag tot 9 uur innie oggend. Die wind waai, nadat hy eers 'n draai gegooi het oor die Noordpool, so hy is yssig koud. Dis bedags 2 grade, en dan val daar 'n ysreën, wat die wind dan in jou gesig waai dat jou oë soos icecream lyk, sonner cones. In die nag vries dit dan weer 2 grade en vries die reënwater innie strate en dis spekglad. Mens is bly as jy sonner ernstige beserings by die huis kom. Die weerburomeneer op die TV, met 'n glimlag op sy gesig, vertel die nasie dat dit die dae wat kom net bietjie erger word, die saddis. Nog meer wind en reën en hael. Ek kla nie, vertel maar net.
MAAR SAL JULLE NOU ASSEBLIEF DANKBAAR WEES VIR WAT JULLE HET!

Anonymous said...

Jeweel, pragtige stories! Ek het dit gecopy en vir jou ma gestuur.

groeni said...

lo da almal. dis des en di dnrse orlosi willi stadiger ni...dis lekka om te si va jul is nog wakker. ek wens more was sa! rooies, ko ploffi sa my.. kyk jul manne da inni verre, dis fn warm hi, ma ek willi jul ys he ni. geluk aant almal wi se verjaarsdae en goete ek gmis het, sal hopelik nou meer tyd he om te ko kuier.

Anonymous said...

Jewlsie, eintlik wens ek dat ek Middelkind bietjie van daai rekenaar kan wegkry. Hy is ook weer besig om mens te raak na sy horribale 3 weke van byna niks slaap en harde-harde werk, maar nou sit hy weer net en speletjies speel en ons het niks van hom nie...
Kasie, dankie dat jy 'maar net' vertel! Ek probeer regtig hard om dankbaar te wees vir wat ons het, maar AI as die gaaie so kraap en daar is nie wegkruipplek nie, sukkel mens...

Groenie, sooo bly om te sien jy lewe nog, en ek het jou grappies vreeslik geniet dankie!

Nou moet ek gou produktief raak voor die hitte my inhaal en vang.. Onthou ek is 'n student, en ek het eintlik vakansie, as die hitte my inhaal gaan ek my storie lees!

Mooi dag al die liewe mense!

Anonymous said...

More more almal! Jeweeltjie, nou hoekom kry ek toe nou nie die possie oor Liefkind se verjaarsdag nie? Maar in elk geval, se haar ek hoop sy het lekker verjaar - al is dit nou baie baie laat. Julle weet mos dat ons hierdie tyd van die jaar ons doodjaag om als klaar te kry vir die jaar. Nog net 8 werksdae oor!

Anonymous said...

Ek kla nie oor die hitte nie, dis te lekker om te voel hoe die son jou warm warm bak, die sonbesies, die kwêvoëls, en in die laatmiddae die belofte van 'n donderstorm, reën, groen gras, bome met vrugte, vrolike koel rokkies, halftwaalf in die aand swem tot die bure julle met klippe gooi om stil te bly omdat hulle nie geslaap kry nie, braaivleis, bier, roomys, en iets in die lug wat nie so dood is soos winter nie... :-) Nee, ek kla nie oor die somer nie, dankie...

Anonymous said...

mmmm....ai,ek kla ook nie...ek is gek na die somer...maar...deesdae karnuffel die hitte my...slaap nie eens meer onner die lakens....hie hie hie.....Kiets,ek weet iets...mmmm.....hoop die res weet dit ook.....blink jou ogies al....is jy opgewonde....en net soos jy het ek ook nog net 8daggies oor...dan vat ek pad....ver-ver weg....en ek gaan rus...en rus...en rus....en die skoon lug gaan my vernuwe....en ek gaan droom....Jewlsie.....hie hie...jou stouterd....Vlakkies...hoe voel jy vandag.....mooi dag aan elkeen....en onthou die glimlag!!!....xxxx

Anonymous said...

Iemand tender...

Kasie vanoggend was dit -2 en gaan nie warmer as 2 word hier nie, so ek wil nie weet hoe is dit in Nederland nie...

Anonymous said...

ag, as mens so twee twee saam sit verdwyn die koue soos mis voor die warm geel son...

Anonymous said...

son, watter son?

Anonymous said...

Spikkel-patrys, die oumense kry so swaar in die hitte, jy moet met respekte oor ons dink jong!

Sjeim WB, dit lol regtig as daar nie son is nie! Toe my kinders in Ingelseland was, was dit hulle grootste klagte - dat die dae so kort is en dat dit so vroeg in die middag al nag is daar! Ek moet sê ek sal seker ook sukkel so sonder die son.

Kiets, gaan jy weg?

Anonymous said...

Vanmiddag sit ek ewe gekonsentreer en werk toe val so'n snaakse skynsel oor my tafel. Die son! Ek hardloop venster toe om te kyk hoe lyk hy en om te vra jou blksm waar was jy aldie tyd. Maar toe het hy alweer geboggerof.

Anonymous said...

WB, my Engelandkind kla net so, sy sê sy raak nou rêrig moeg vir die donker koue. London in die winter is ook nie 'n lekker plek nie. Maar sy is gelukkig, sy vlieg oormôre "huis" toe, en gaan lekker kuier met haar sussie en haar ma en miljuisende pelle. En as sy dan terugkom in die nuwe jaar, dan mag ek!

Anonymous said...

Kasie...ek sit nou hier...die deure en vensters staan wawyd oop...daar trek nie eens n' luggie...dis WARM....vanmiddag was dit tipies n' staatsdiens donderstormpie...4uur...dreun die weer...die wind waai en daardie groot vet druppels plof neer...na so paar minute gaan die sluise oop en dit stroom uit die hemel...en n' halfuur later skyn die son...die stoom trek uit die teerpad en die voeltjies is skoon uitbundig...en hier en daar sit hulle op die telefoon drade...skud hul nat vere reg...en die ouens wat vanoggend nog verwoed hul motors laat was het...moes liewers gewag het...want alles is weer sopnaten vol spatsels modder....Jewlsie...ek wou nog vra...wat ploeter jy in Zambesi laan rond...en dit op n' Maandag...want as jy my n' "tinkle" gegee het, kon ons dalk gou ietsie kouds gaan afsluk het...jy was feitlik op my kantoor drempel....

Anonymous said...

Koewieeeee....waar is julle!!!!.....Leka Dux almal....XXXX....Wag...Wag....Veels geluk liewe Kiets...omdat jy amper verjaar...mag die Heer jou seën en nog baie jare spaar...Hiep Hiep Hoerê...Hiep Hiep Hoerê....Jammer... Jewlsie...ek kon dit nie verhelp...ek moessss...jou net weer voorspring..."If you snooze...You loose"....☺☺☺☺...xxxx

Unknown said...

dis nou 'n nuwe m'nier van din ge doen ... ek ennie Dwerrrgi sit weerskante vanni tafel, teenoormekaar, elkeen op sy' eijge pizzi ...ek - grou op ie plaas enni NISSAN 4x4 blaai enni i-muyle rond ... enni Dwergie maak Kersfees ziedies.
Grni ... dankki virri swetse ... 't vi my lkr snaax. Vral oorlat jy 'n lady is.
V'dag was bewolk in Laag os land, mar 'k was inni 'mall' so kla 'k nie. Morre gannit reen so kannik laaaat slaap en da tiewie kyk en da willik die groente opsny en pakkies maak om te vries ... hisso moet jy ALLES vries anners houdit'ie.
Nou gannik 'n Ierse whiskjiekkie soop en da gattik duddu ... g'naat jelle. Dourrrrrrrr trek Dwergie al teen die trappe op. [ek was twee weke laas oppi 3e vloer... weet'ie hukkom hulle die brri huis so hoog gebou het 'ie..]

Anonymous said...

Ek dink al die hele oggend aan die katgesinnetjie en wonder wat die nimlike Zouga beplan het vir Katjie se verjaarsdag! Seker al die kattertjies vroeg gereed gekry vir die singsessie en Katjie maak asof sy slaap... ;-))

Katjie, baie geluk met jou spesiale verjaarsdag vandag!! Mag al daai liefde en lig wat jy so mildelik uitdeel, 70 maal 7 kere na jou toe terugkom!! Ek het vir jou 'n aarbei-maaskaaskoek gemaak. Kyk net hoe prettig lyk die aarbeie waarvan die puntjies in sjokolade gedoop is, so tussen die peppermentblaartjies... Net vir jou, Vriendin!! Liefde, Jewls xxxxx

Anonymous said...

♪♪♪♪ Ek was tog tweede, pê wê wê wêêêê wê!!!!! ;-)) ♪♪♪♪

Anonymous said...

Veels geluk met jou verjaarsdag Kieter!! Mag die jaar vir jou en jou gesin goed wees, en hoop jy word lekker bederf vandag!! ♥

Anonymous said...

Goeie more maters! Moes gou inloer om vir Kieter geluk te wens met haar verjaarsdag. Mag daar nog baie jare van gesondheid, vreugde en liefde vir jou wees. Lekker verjaar! Jewls, gee asseblief vir Liefkind n vet druk van my af oorlat sy verjaar het!

So gepraat van Zambezi. Het selwers gisteraand daar gaan kuier. Was by Renegades om Stevie se Waarmaker konsert te gaan sien. Die ou is weer vol energie en het die plek omtrent aan die brand gesing.

Lekker dag vir almal!

cat said...
This comment has been removed by the author.
Unknown said...

HUH ??? Makou ? Hoenou ? Leef Stevie Wonder nog ? en wannir 't hy Afrikaans geleer ??? nou wil jou nou meer slaat my neer ... mette veer. Ten minste hirri een keer, meneer.
KietzKat .. baie bajja baaija g'luk my kjent - mag jy geseend wees in hirri dag en mag jou toekoms verloop na Jabes se gebed. Die Omie is baij lief vi vi jou en noulat jy v'jaar - nog 10 keer meer [mmm, grommel Zouga daa inni hoek .. toemaar bru' sy is en bly joune] Opdrag aan Zouga: Dat jy op hierdie dag daai KietzKat so sal bederf dat sy dink ons is ammal daar. Hjeppi hjeppi hjeppiiiiiiiiiiee my kjent, mooi v'jaar - en berre flentertjie vanni eetgoed .. sal Jannewarie kom kry.

Anonymous said...

Kieter, ons Verjaarsdagkatjie, mag dit 'n purrrrrlekkerdag vir jou wees en mag al jou nege lewens gevul wees met Godsliefde en geluk.

Anonymous said...

Geluk Kietsie. Ek hoop jy het 'n lekker bederfdag gehad van Zouga ennie kinners. En mag jou jaar vorentoe net mooi wees. Hierie is voorwaar 'n spesiale dag. Nie net oorlat Kietsie verjaarie. Maar ook oorlat ek die beste nies mit julle wil deel. Nee, nie daai soort niesie. My vrotgeit is nou verby, so ek nies en hoes en proesie meerie. Dis nies van onse Lolla-kind. Haar tannie het ewe trots vir my (en 'n paar anner) haar ytslae by die ienieversiteit gestier. Onse kind het so goed gedoen. Tjank sommer snot en trane van blygeit hier waar ek nou voor my slimmasien sit.

Anonymous said...

Veels geluk Kietiekat, hoop dit gaan 'n mooi jaar wees. En veels geluk Lolla, welgedaan! Hier is dit ook maar moeilik om die knop in die keel af te sluk Vlaktes, met die seums wat vanoggend terug is SA toe...

Anonymous said...

Sterkte Bojaan. Ek is al 'n paar keer deer daai ytie hys yt gaan. Maar dinge het goed gewerk. Ek glo dit sal vir jou ook.

Anonymous said...

Baie geluk met jou verjaardag Kiets, en ek wens dat die son in geSONdheid vir jou en jou gesin mag skyn in jou nuwe lewensjaar.

Anonymous said...

Lollapop baie geluk met jou pragtige uitslae....jy is n' wenner...baie trots op jou!!!!....Vlakkies...bly om te hoor die kieme het jou ook verlaat...hier by my gaan dit ook baie beter...en ek is dankbaar...want ek is nie een vir siektes.....Bojaan,dis nie altyd maklik as die kinders hul eie potjie begin krap...maar glo net...hulle het n' goeie agtergrond...en hulle gaan net voortbou daarop...sê net as daar iets is wat ons kan doen...Kiets,hoop jy word nog lekker bederf....en dat jy n' goeie nagrus sal hê...net as bonus...so met die afsluit van jou spesiale dag...Kasie,het jy al die warm kombersies byderhand....dink so aan jou en Bojaan ...genade ek weet nie of ek sulke weer sal kan trotseer....ek is maar n' somer mens....

Anonymous said...

Liewe Kieter, baie, baie geluk met jou verjaardag! Mag jy die keur van Sy seën beleef, en mag die jaar wat voorlê vir jou hoër hoogtepunte en suksesse inhou... Geniet jou kinders, die tyd vlie onder mens uit en voor jy mooi weet is hulle groot, dan staan jy soos WB met 'n knop in die keel wanneer hulle bietjie weg beweeg.

Lolla!! Knapgedaan, ons is so so trots op jou, jaag jou drome en troetel die mooi.. Gelukkig is dit nou vakansie en is daar 'n blaaskans.. Lekker rus.

WB en Kasie: julle doer ver in die koue en donkerte... hier by ons raas en blits dit met 'n regte-egte somer hoëveld storm... sterkte vir die snerpende koue!

Lekker slaap almal

Unknown said...

blrri hll, ommit nou sagkens te stel ... pasereweek begin Dwergi meddi snotkoppi [orraait - lees da maae DIKkoppi ... tot Dr toe - bang vi malaria ... toe "laranchitis en griep" ... s'troezz bop, v'dag beginne ik ook - dikkop, smeernees, koorsag, seerkeel. Kompleet sos malaria of griep of verkoue - immy leeeeeeewe nie geddink die guttirs is so verr aansteeklik nie. En ek voel 'ie lekker ie .. innige simpatie met jelle anner wat ook die dinges onnerlede het. LOLLAAAAAAAAA !! geluk meddi groot score kinta. [Mar ik se nog 50 is paas, 51 is score en enigiets meer beteekin jy het jou sosiaal afgeskeep. En ek weet tog wie nog meer bly as ons ammal saam-saam is oor jou mooi uitslae ... jippp, jy't reg geraai. Trots op jou - hoor jy???

Anonymous said...

Vrydag!!! Nog net 8 werkslapies, en 13 nie-werkslapies...

Anonymous said...

mens is nie veronderstel om by die werk te slaap nie. Brandewyn en gemmerbier Mac. Dankie Vlaketekind en Robyn vir die bemoediging en Vroulief geniet jou donderstorm, dis iets wat ek mis, dit en harde reën op 'm sinkdak.

Anonymous said...

Môre al die maters....en het dit nou gesous gisteraand....heeeerlik....nou is alles weer nat...en die ergste hitte is so klein bietjie verjaag....Mac,ai,tog...nou jy ook....ek voel al heelwat beter....dankie tog...hoop jy en Vlakkies is sommer gou weer perdfris....Spikkeltjie...mmmmm....lyk my ons tel almal die dae....en die niewerk dae gaan altyd so gou verby...en voor ons ,ons ogies uitvee is dit 2009.....mooi dag aan elkeen....kyk om jou ...beleef die mooi.....en onthou GLIMLAG!!!!

Anonymous said...

Hey waar's my glimlag? O ja nou onthou ek. My bankbestuurder hou dit as sekuriteit in sy kluis totdat ek my skuld afgelos het.

Anonymous said...

....maar Robyn, net vir jou gaan ek vir my 'n anner een intussentyd op huurkoop kry. Wonner of hul my frons as 'n trade-in sal aanvaar?

Anonymous said...

Ag,Smousie....ek lag nou so lekker...ek dink baie van ons word gestroop van ons glimlagte....vir welke redes ookal...maar gaan net in die veld...sien die mooi...haal diep asem...en jy is n' nuwe mens....jy sal terugkom...en die bankbestuurder skakel en vir hom sê...Hou maar my ou glimlag...ek het sopas n' nuwe ontdek...wyer en mooier as ooit!!!....en daarby hoef jy nie eens n' huurkoop aan tegaan....want die veld vernuwe jou"free of charge"....jy moet dit net beleef....☺☺☺☺☺☺

Anonymous said...

Robyntjie laat Smousie jou die versekering gee, hy kyk net by sy studeerkamer se venster uit en dan knipoog ou Berg vir hom en dan glimlag Smousie van oor tot oor so asof hy nounet 'n boek versmous het teen 'n hêngse wins...... .

Anonymous said...

Gamat sit in sy garage waar hy die laaste goed moet ontruim en bepeins sy lot. Hy't sy huis verloor, sy werk verloor en sy vrou het die kinders gevat en hom geskei. Hy sien 'n kas met wynbottels en loop soontoe. Hy vat 'n leë bottel, smyt dit teen die muur en skel : 'Djy issie reason lat ekkie 'n vrou hettie!'
Hy vat 'n tweede bottel: 'Djy issie reason lat ekkie kinners hettie!'
Derde bottel: 'Djy issie reason lat ekkie 'n job hettie!'
Vierde bottel: 'Djy issie reason lat ekkie 'n huis hettie!'
Hy vat die vyfde bottel en sien dis nog nie oopgemaak nie - vol wyn.
Hy sit die bottel saggies neer en sê : 'Staan djy eers eenkant toe, my bra. Ek sien djy wassie involved nie!!!'

Anonymous said...

Smousie,ou Berg maak altyd my knieë lam....veral as hy sy kombers so saggies oor hom trek....maar dan is hy ook pragtig op n' blouer as blou sonnige dag.....en jy ry so uit, na Blouberg....sit by Blue Peter...kyk so terug, en ou Berg staan,doer in die deinserigheid...jy kyk Wes... die groot rotse is byna oop.. jy kan nou tot daar stap met die laagwater brandertjies wat jou omvou...en net skuins agter loer Robbeneiland.....ai,ek verlang!!!!! .....Spikkeltjies..dis kostelik.....

Anonymous said...

Teen kwart voor twaalf was die buurman mooi wakker. En sy mik ook in. Die klip-missiele het nie meer in die bedding geval nie, maar beslis en akkuraat nader aan die swembad beweeg. Die gevaar was aan die toeneem en ewe slim besluit ons toe om stelling te gaan inneem onder die lapa se dak met die vae hoop dat 'n venster nie getref word nie. Die res van die gebeure is baie vaag, maar wat ek baie helder onthou is:

Wat is geel en hang aan 'n boom?

'n Tros vla.

Die geraas wat daarna gevolg het, was soortgelyk aan 'n veldslag met kanonne uit die Boere-oorlog, gelukkig het niemand gesneuwel nie en na ons gehoor het hoe 'n tuinhekkie oopswaai en swaar voetstappe van die huis langsaan in ons rigting beweeg, het 'n Sondagaand-stilte neergedaal. Ons het met groot spoed en min geraas veilig agter slot en grendel gaan verder giggel.

Anonymous said...

Kasie,wat kruip jy so onder die kombers weg.....julle het mos sentrale verhitting....Bojaan...is die seuns veilig....Nou ja,dis Vrydagaand....die week is verby...en salige rustigheid lê voor....Jewlsie...waar's jy....Mac, Vlakkies...hoe voel die snoet siekte.....

Anonymous said...

Uit my hart uit so baie baie dankie vir almal se mooi wense. Ai, my spesiale dag was volmaak. En die wonderlikste vir my was dat my dag propvol gevul was met die innerlike vreugde van my ou lewetjie, gesin en alles waarvoor ek so dankbaar is. Zouga het my inderdaad vreeslik bederf met 'n mooi juweelstukkie, die kinders het gesorg dat ek Dana se nuwe boek in die vakansie kan lees, liewe Lucy het my sjokolade lus met Ferrero rochers besweer, en so ook die kantoor se kinders.

Ek het reuse peper en soutmeulens persent gekry en 'n halwe dag by die spa! Maar my mammie het vir my 'n baie spesiale geskenk by haar "regte" geskenk gegee - ' brief van baie baie blaaie wat my vertel hoe sy my lewe tot nou toe uit haar oogpunt ervaar het. Dit is so kosbaar.

Ek het net so tot 12 uur gewerk, koek by die werk geniet en toe met mammie en Kleinkiets 'n slaaitjie gaan eet, toe 'n middagslapie gaan vat, met die gesinnetjie gaan stap en toe het ek en Zouga die nuwe Bond, James Bond, gaan sien. Daarna onder die sinkdak waarteen die reën gesels by Crawdaddy's 'n vleisie en prawntjie geniet. Dit was die perfekte dag. En julle mooi wense het dit net afgerond.

Ai en Lolla - so trots op haar! Deur als 'n spogkind.

Anonymous said...

Op 'n Donderdagaand sit ek op Supersportpark en luister hoe NiaNell en Kurt Darren 'gospel' probeer sing... Linda, toe verlang ek erg na jou en ons laaste Stevie en Anton konsert!!! Ek daag toe mos daar op met absoluut niks nie want dit word nie toegelaat nie en toe ek daar op die grasperk aankom, het mense piekniekmandjies, maak bottels wyn oop, braai en maak lawaai... Jitte!!! Dit kos my twintig rand vir 'n hot dog om die hôlkolletjie vol te maak in Liefkind se lyfie!! Klavier, dromme, trompet en 'n koor. Spikkels, waar was jy en jou viool?

Vlakkies, ek is net so bly vir Poplappie se 6 onderskeidings!! Sjoe, dit wil gedoen wees...

Donderdagoggend kom Lucia hier by my aan en praat groot-oog oor Japsnoet van Groenie alweer 'n GROOT beker huistoe gebring het! Baie geluk Minét!!!

Ondier. Sug. Ek het nie woorde van troos nie want ek weet nie hoe dit voel as neskuikentjies wegvlieg nie... Maar dis 'n fees om jou terug te hê op die woordplaas!!! Jy moet nie weer so verdwyn soos laas nie, hoor?

Ek gaan nou daai rooiwynbotteltjie bekyk - dalk was hy nie so involved nie!! ;-)) Lekker smeerneus innie swembad, Uncle Mac!! En Kasie, stuur foto's!!!!

Anonymous said...

Ag, Katjie, dit klink asof jy geliefd gevoel het op jou spesiale dag en dit maak my bly!!! Ek is mal oor daai gesinsfoto van julle op Facebook!! Die tweeling het wraggies spesiale kommunikasie!!

Unknown said...

nou sittik hier oppe Vrydagaand en tjank so bikki-bikki alleen. Ek het die lekkerste pajella-hunnir-m't spaans rys en skorsie met botter en stroop en vrugteslaai met room ete aangeslaan, twee van Dwergie se werkpelle oorgenooi - Bottel 2005 Merlot [uit Suid Afrika, nogal...] oopgemaak. Lekker gekuijir .. dikkop en al. Groot geskree toe die sewes-Bokke die ozze klop op Djordsj. Toe, toe ammal weg is gaan blaai ik gou in my Piacasa rond want ik wil vir julle se waar om te gaat loer vir kiekies wattik hier o Laag-os gekiek het .. kommik af op fotos wattik geplak het vann "Kabelo Uitreik" toe ons daai klere virri Boesmans vban Ranyane gevat het ... en daar is toe kiekies met Miekers se koemntse by ... en toe's k 'ie meer leker 'ie en toe tja k ik. So bikki.
AS jy wil en kan - en as jy vooraf kennis neem, die kieks is inni ry geneem deur 'n ammateer, kan jy gaan loer by: http://picasaweb.google.com/Oom.Mac/LagosIn1Dag?authkey=0PVlJwTPekY# en by http://picasaweb.google.com/Oom.Mac/LagosEersteIndrukke?authkey=QMIEVsqMibo# die tweed klompie is waar ons bly. Die swembad waar 'k rondle, die honne, en die uitsig oor die "lake" vanaf die swembad. Die anner is die gaos van Lagos se paaije ...
O ja, ek het vir my gaan materiaal koop by die GROOT mark - ek gaan vir my van daai laaaaang jurk goetres laat maak. g'naait ammal. gat nou duddu.

Anonymous said...

Nee Robyntjie, ek kruip nie onner die kombersies weg nie. Vanaand nog met my Engelandkind gepraat toe sy besig was om in die aerie te klim op Heathrow. Sy het so opgewonde geklink en verdien die tydjie in SA na 'n lang jaar se harde werk. En nou is sy hoog innie lug op pad huis toe. Sy is mooi groot maar sy bly nou maar my jongste een en ek vlieg in my hart saam. Ek sal seker weer lekker kan slaap as ek weet sy is veilig in Petoorsdorp.

Anonymous said...

Mac, dankie vir jou interessante verslae uit Laag-Osland. Ek probeer om jou fotos te kyk maar kry dit nie reg nie. Kan ek maar instruksies kry? - Jeweeltjie, fotos is nou nie 'n opsie nie, of jy moet mal wees oor grys en grou. - Die weermeneer op TV se nuutste een: Dit was vandag 2 grade maar oor die naweek gaan dit koeler word. Koeler as 2 grade! Dis mos net bldy koud.

Unknown said...

hier's die donner weer ... dit blits en dreun en ramml en 'k hoor water val oppi 3e vloer se dak ... en ik sitt onner op "ground level zero" en dis 28 grade [2-ier inni morre] en die humid ... eisjj... wat v'wag jy ?? dit reen dan - moet mos hoog wees.
Kaasman - laat weet assi kjent fuilag byrie hyz is ..
en o-ja: ek het daai prenkjies "public" gemaak [so tot Maandag se kant] .. gaan traai hom nou weer: http://picasaweb.google.com/Oom.Mac/LagosIn1Dag# ... jy haai-laait die hele iddres daa van http af tot en met die # hekkieteken agter ...1Dag# en da' "paste" jy dit boo in die webblaaier se adreslyn in.
Laa maar weet as hy noggi wil saamspeel ie ... da eksplyn die outoppi maar weer.

Anonymous said...

Uncle Mac, daar is darem 'n skrille kontras tussen julle mooie woning en die strate van Lagos!! En dra niemand helmids nie???? Dit was nou lekker om te sien wat jy elke dag beleef, baie dankie vir die deel daarvan!!!!

Kon jy toe die foto's gekyk kry, Kaasie? En is Engelandkind al veilig? Ondier, jy moet ook laat weet of die seuns veilig is en of dit lekker is om terug te wees in SA!

Anonymous said...

Mac, dankie vir allie kiekies. Daai Laag Os stat lyk mooier as onse Haar Geisha stat. (Gits, as dit nou Japan was, sou dit skeeferag geklink het.) Ons stat het damie so baie mouterkarre soos julle se stattie. Ek sien jy't dam 'n paar Datsuns ok gekry om af te neem so tussen allie Toyotas.

Anonymous said...

Smousie.....help....ek het n' vriendin met n' boek wat dateer uit 1937.....Coronation Souvenir book 1937 deur Gordon Beckles....is dit iets werd....Kasie.....hier by my blits dreun en donder dit vir n' vale...ek is net bevrees dit kan dalk hael vandag....dis vrek warm...en die humiditeit is erg hoog...nou het die reen begin val...dis n' erge storm....jy ruik nou die reen,gemeng met die gesnyde gras.....Is Engeland kind veilig,Jewlsie,was die kerssang darem die moeite werd....elke jaar dreig ek om te gaan en kom nooit so ver....Mac,ek gaan nou gou jou fodies kyk...dankie....

Anonymous said...

Robyn, wat praat jy!! Dit was gladnie die moeite werd om die Kerssangdiens by te gewoon het nie want eerstens het NiaNell laat begin - eers kwart oor 7 - en toe begin die blitse slaan net so voor agt. Ek het darem so bietjie van Kurt ook beleef, maar toe gryp ons ons goed en jaag huistoe. Ek was nie regtig lus om op 'n Donderdagaand deur weerlig getref te word nie!! Net betyds om papnat te reën voor ons die huis ingestorm het! Dit voel asof die donderweer extra-erg is hierdie jaar, of vergeet mens maar net? Die wêreld ruik net so lekker hier by my na vanmiddag se storm - darem g'n hael nie!! ;-))

Ek sukkel mos nou al maande lank met my karslot wat aanmekaar loskom omdat die strnt wat by my kar ingebreek het, 'n plaaitjie afgebreek het wat die karslot moet vashou. Na die slot nou weer hierdie week gebreek het, het ek vanoggend die boernale toegemaak, die binnepaneel uitmekaar uit begin haal, daai slot vasgeplak met staalgom, maar ek het nie getoets of dit werk nie. Sal môre. Dis mos wat al die handige manne tot sover gedoen het. Hulle haal my motor uitmekaar en plak dan 'n bietjie gom, lyk dit my. Nou doen ek dit sommer self en hoop dit hou ook twee maande!! ;-))

Anonymous said...

Ag,nee...ek het nou gedink ek sal volgende jaar saam met jou gaan.....Jewlsie...regte ystervrou...GO GIRL GO...hoekom sal jy nou toelaat dat die slot jou so verpes...

Anonymous said...

Was dit nou lekker, net nou met my Engelandkind gepraat, veilig in Waverley! Saam met mamma en Bernice kuier sy nou vir die beker, lyk vir my hulle ken ook van Ploffies! - Mac, ek het alles geprobeer om te kyk hoe lyk dit in Laag-0sland, maar dit wil nie werk nie. Ek het alles gedoen soos jy gesê het. Ek sal môre 'n fundi bel om my te help. - Die weermeneer was gelukkig heeltemal verkeerd, dit was 'n pragtige dag met sonskyn, g'n wind nie, en die Kaaskoppe het gesmaail. - En nou is dit party, my liewe ma verjaar Dinsdag maar ons vier dit môre, die hele hoenderhok bymekaar, kinners, kleinkinners en nog kleiner kinners. Net dat sy weet hoe spesiaal is sy, op 86! Ek is bevoorreg.

Anonymous said...

Robyntjie ongelukkig is die wêreld besaai met daardie titel en dit wissel in prys so vanaf 'n honnerd rand tot so tweehonnerd en vyftig rand, maar uit die aard van sy volopgeid is dit eintlik net werd wat jy uit die inhoud kry en nie veel verder nie.

Anonymous said...

Natuurlik gaan ons volgende jaar weer probeer, Robyn!! Dan is dit mos 'n perd van 'n ander kleur - dalk 'n ridderlike hings van staal wat hierdie ystervrou opraap en onder die donnerweer uitgallop!! Hie-hie!

Ek het die laaste tyd soos 'n regte Indiaan my ore op die grond gehou en trillings gevoel van baie perde wat in Januarie hier verby gestorm gaan kom... Ons moet weer kuier en braai!!!!

Anonymous said...

Kaasie, ek is soooo bly om te hoor jou meisiekind is gelukkig en veilig!! Is jou kamera se battery vol gelaai? Laat waai! Ek wil graag sien hoe lyk 'n klompie Laaglanders saam met 'n Skitter-stêr-vrou op een foto!!! Geniet die kuiertjie saam met die familie!!

Hallo, Boekemeester!!

Anonymous said...

BOKKKKEEEE!!!!! Toe maakie Bietjie-Bokke weer so. Ai, dis lekker.

Anonymous said...

Nou hoekom het niemand my laat weet die Bokke speel nie? Sies vir julle!!! :-((

Anonymous said...

Smousie,dankie vir die Info,sal dit so oordra aan haar...Hoe lyk dit in Slaapstad...het die berg sy kombersie op....Jewlsie...volgende jaar pak ons daardie Supersport Park met al die maters ...ons pak piekniekmandjies...en kuier dat die biesies bewe....Kasie so bly Engeland kind is veilig en dat almal so heerlik kan kuier...Baie geluk met jou mamma se verjaardag...dis voorwaar n' voorreg...geniet die dag môre met die familie...Jewlsie....ons beter nou al hout bymekaar begin maak vir die groot bymekaar kom in Januarie....daar gaan groot vure gemaak word, en die ploffies gaan geskink word....en ons gaan klets en lag...en...en...kan nie meer wag....

Anonymous said...

Robyntjie (giggel) ons mag netnie weer dans soos laas nie want dis Kerssange, né? Al voel mens jou voete jeuk behoorlik!!! Dis 'n date - ek voel nou skoon opgewonde!!!

Anonymous said...

Jeweeltjie, die wassie Bietjie-Bokke. Hulle speel mos al van gister af in daai mooiste plek op aarde - George. Of soos ou Mac gister wanner gesê het Djordsj.

Anonymous said...

Dankie Vlakkies!! Ek onthou net van die "pajella hunner" want dit het my bêkkie laat water van lus!! Hoe gaan dit met jou, Vlakkies?

Anonymous said...

Jewlsie...ek belowe plegtig ek sal my soos n' vroom dame gedra....maar ek kan nie belowe dat ek nie my tone gaan wikkel....nee man!!!!....as iets ritme het ...moet mens mos wikkel-wikkel....ja,ok ...ek sal my gedra....☺☺☺

Anonymous said...

Ag, Robyntjie, daai aand het eintlik heeltemal deurmekaar begin met die koor wat te vinnig sing en die dromme wat te hard is en NiaNell wat die eerste versie twee keer sing en so aan, maar daar was 'n hemelse oomblik toe sy Gloria gesing het!! Die drinkende skare het stil geraak, die wolke het saamgedrom om te luister en toe het die blitse hande geklap in 'n staande ovasie... Ek dink tog stoute ek en jy sou gedans het want dit was hoendervleis-pragtig!!

Anonymous said...

Julle moet dans, vroom dame's of nie. Ek hoop dit gaan mooi wees!
Maar waar braai ons volgende maand?

Anonymous said...

Jeweeltjie, nie te vrottie. Nees lol nog bietjie en hoes so affentoe. Maar baie beter dankie. Nou net nog een groot taak volgene week enne half, da' is dit hoed-vas-druk hystoe.

Anonymous said...

Kaasie, as my karslot môre werk, sit ek my swembadpomp aan, draai die verhittings-element op snotwarm en bid vir 'n donderstormpie! Dan braai jy sommer my tjoppies vir my hier op my eie erf!! Almal is genooi!!!!

Anonymous said...

Sjoe die plaasmaats het tog te lekker geklets. Kieter, ek is so bly jou jare-dag was so lekker.
Jewlsie, wat 'n jammerte dat jou kers konsert so 'n ramp was, sulke goed moet mos net lekker wees. Dan bring dit al daai mooi ou herinneringe terug, van al die wonderlike goed uit mens se kinderjare. Gisteraand was ek en Kammie saam met ons Bybelstudie groep by 'n konsert in die Barnyard, heel lekker, maar ai so luid!

Die groot lekker was die werkwinkel van Chata Romana vanoggend. Kammie het nog nooit so iets gedoen nie, en sy was skoon bewoë oor die groot lekker...

En Vlaktekind glimlag wyer as wyd oor die blitsbokkies so oulik was. Ek moes teen my sin kyk, want Middelkind het hom hier kom neerplak en als oorgeneem. Hy is ook weer mens na sy harde werk voor die skole gesluit het.. te lekker

Almal moet lekker slaap! Julle doer ver in die koue ook...

Anonymous said...

Vlakkies, onthou jy daai mooi storie wat Spikkels geskryf het oor die kat en die boer met sy hoed? Hy het mos sy hoed so afgestof teen sy been toe hy met 'n gedawer die agterdeur ingekom het en iets droogs oor die droogte kwytgeraak het? Jy beter jou hoed vasdruk as jy huistoe kom want hier waai Bergwinde, Vlaktewinde, Stadsvuilgoed, Orkane en Tornado's deesdae in Pretoria!! Ek is bly om te hoor dit gaan beter met jou!! Hoop Vroulief staan vanaand en vrugtekoek bak... ;-))

Anonymous said...

Vrouliefffff!!!! Jy het mos as kind op die platteland grootgeword, né? Onthou jy hoe 'n ryk, welvarende boer elke jaar sy grootste trok beskikbaar gestel het op Oukersaand en hoe hy almal opgelaai het langs die pad en hoe ons die hele dorp deur gesing het aan Stille Nag, Heilige Nag? Almal het uit hulle huise uit gekom as hulle ons kinderstemmetjies hoor aankom het. Net 'n waai van die hand of 'n huislig wat aan-en-af gesit word, het ons sommer harder en lekkerder laat sing!! Oe, ek mis my kindwees!!

Gee vir Mirrelkind 'n vet druk van my af en sê vir hom ek wil nog hoor van daai video-projek! Ek het tans 'n fotoprogram wat ek probeer uitpluis en ek het 'n kamera wat pragtige foto's neem, maar ek kry dit nie oorgelaai op my rekenaar nie!! Dit alles gee my hoop, want die wiel kan nou net draai!! What goes down, must come up... Lekker slaap, Pêllies!! xxxxx

Anonymous said...

mmmmmm.....my vrugtekoek word die naweek gebak....ek het iemand wat dit spesiaal vir my doen...sag sappig en GROOT....laas jaar het ek myself oorhoeks geeet...groot kopsere...van al die soetigheid...maar al wat eet is ek...veral as jy so hap en daardie glanskersie ontplof so in jou mond...en die brandewyn word mildelik oor gegooi...as jy die blik oopmaak is jy by voorbaat gekletter van die dampe....Wat is die feesseisoen dan nou ..as jy nie vrugtekoek...gerookte varkboud..en triffel kan hê....

Anonymous said...

Ek het nogals 'n norstalgiese oomblik gehad hierdie Saterdag toe Liefkind en haar vriende paintball gaan speel het. So gepraat van koek!! Daar was 'n ander verjaarsdagmamma wat vir die kinders McDonald burgers gekoop het en toe hulle warm en moeggespeel terugkom onder die afdakke, toe haal sy daai koue, onsmaaklike burgers uit. Daarna koeldrank en toe die koek!! Jitte, dis asof ek weer op Lydenburg in my Ma se kombuis gesit het om die tafel... Mens maak 'n mengsel aan van maaskaas en roomys. Dan vat jy foelie en stryk dit so plat. Dan tennisbeskuitjies mooi in drie rytjies gepak... rooikersies... Sjokolade... Vou al die lekkerte in 'n perfekte driehoek!! Wat noem mens dié koek? Seker yskastert, né? ;-))

Unknown said...

Djuwilz - daai ding se naam is "Piramiede Kaaskoek" ... Dwergie maak dit vi haa Pappi as die verjaar elke jaar Feewirwarie.
Kaasman ... het jy nou al op diie kiekies ingekom? sien jy daa heelbo inn vensterraampi waar staan: http://www.lekkerkryplaas.blogspot.com/ ?? wel, jy "hi-lite" daai skakel wattik gegee het - dan raait-kliek jy, da gaan jy na daai venster waar staan van lekkerkryplaas, raait kliek weer daar ook en klap jy die "paste' dinges ... en daar kom Picasa met Mac sie Laag Os dorp se kiekies.
Vlaktes - dankie dat jy die kiekies g'niet t ... net een mistykie - hier is bitter min Toyottas in hirri dorpie. 3 keer meer NISSANS en Datsuns. Anner goed wat jy okki hier sien nie is Lenrouwirs en JEEP ... hier is 2 series 2 Landie bakkies wat bourommel rondry ... en dis dit. Gelandewagen is volop. Hummer is net 2 [wat ik al gesioen het ... maar Nissan en Mitsubishi en Kia ... vervuil. Dit lyk of hulle hier is vir teel..
Heppie Heppie vir die halftalBokspan ... ek het geskree en geskree ... die wagte het kom kyk of "Big Papa" orraait is. Toe kyk hulle sommer saam.
Ek gaat nou my mirresyne drink - dubbel van alles, Medlemmin, Disprin, Panado, Sinucon, dubbel-dubbel brannewyn met enkel water en sonner ysjj ... my kop voel soos daai keer toe Kallie Knoets my raak ge mrr het [was nog Poelieskolloeitsj gewees]
Ai tog - hoor ek nounet sleg nuus oppi TB se BBC nuus - hulle gaan Amsterdam se kuierplekke halveer ... en ek wou vollene jaar gaan kyk hoe opryt Wallikjie straat ... Sal maar Durban toe gaan vir vakansie .. :)

Anonymous said...

Jewlsie, die vrugtekoek IS al gebak! Lê en ryp word, soos Robyn sê sag en geurig, nes Vlaktekind daarvan hou!

Nou's dit regtig slapenstyd!

Anonymous said...

Goeie môre allie maaitjies!! My motor se 'central locking' en die sleutelgatjie werk weer!!! Jippieeeeeee!! Uncle Mac, vra vir Dwergie dat sy gou daai kaaskoek resep vir my stuur want ek wil winkels toe gaan met my blink motor, tydsaam ry, die bestandele koop, nog stadiger terugry, die somer waardeer en dan wil ek vir middag-tee, net voor die staatsdiens-donderstormpie ons tref, 'high tea' op my stoep hou!!

Anonymous said...

Mac ek het dit reggekry, soos altyd weer moeiliker gemaak as wat nodig is. Die traffic lyk soos Koedoespoort op 'n Vrydagmirrag, net tien keer erger. Die residences lyk darem rustiger. Mens kan sien dis 'n anner Afrika daai. Dankie vir jou moeite om ons te wys hoe lyk Laag-Osland. - Laat ek jou verduidelik wat gebeur het in wat ons noem die rieleks industrie in Amsterdam. Een van die meneere wat die kamers aannie dames verhuur het nie die regte liksens gehad nie. Die regter het besluit hy moet nou sy kamers sluit, al 89 van hulle. Verder wil die munisipaliteit die misdaad bestry wat veral deur uitlanders bedryf word. Daar is teveel straathandel in drugs. Ook is daar teveel dames uit die buiteland wat sonder 'n liksens werk, so dis nie almal Kaaskoeke nie, om in Jeweel se terme te praat. Laat ek ook 'n misverstand ophelder, dis nie die Walletjiesstraat nie. Dis die Walletjies, of soos ons dit noem "De Wallen". Dit was deel van die stadswallen, of stadsverdediging, in die middeleeue. Oor jou besluit Mac, om Durban toe te gaan, daar is nog altyd meer dames by De Wallen, as op Point Road in Durbs. En behalwe dit is daar nog baie anner interessante dinge om te sien in Amsterdam. Laat my net weet wanner jy hier is, ek sal jou wys.

Anonymous said...

Mac.jou foto's is van Lekki, en dis die grênd deel van Lagos, wys hulle n paar fotos van daar waar die third mainland bridge by die mainland aansluit op pad lughawe toe dat hulle kan sien hoe moet 'n bus of taxi lyk ;) Of iets soos Udomuto se mark. Maar as jy die mees klassieke lorries nog wil sien gaan na Apapa, by die hawe. Toe ek daar was het hulle sulke ou Thames Trader lorries daar gehad wat hulle so met sulke houtdeure reggemaak het. Vlakkies, anders as meeste lande in Oos-Afrika ry hulle in Lagos aan die regeterkant van die pad (wel eintlik net waar hulle wil, maar die stuurwiel sit links), dit beteken hulle voer hulle tweedehandse karre in van Europe - België en Nederland veral. Kenya en Uganda se karre kom mos hoofsaaklik van Japan. Ethiopië is weer dieselfde as Nigerië. Mac, Lagos het meer 'muskiete' as Amsterdam en Durban saam. Baie Suid-Afrikanes het altyd in die Eco hotel gebly, ek het niks daarvan gehou nie want as enkelman kon jy nie buite sit en 'n bier drink sonder om oorval te word van die aanbiedinge nie (eers gedog ek's aantrkelik en later besef dalk lyk ek eerder soos geld:)). Later het ek die Sofitel gevind, klein maar heel skaflik. Het jy darem al die plaaslike slakke probeer? Sulke groot taaies?

Unknown said...

Eisjjj, dis nou tyt dat Wouter my blog-saait agtermekaarkry solattik 'n bewoorlike blog daa kan anni gan hou van alli Laag-Os ding. Bojaan, daai kiekies meddie spul geel VW taxis is in Udomuto geneem ... dis waar 'k gat marijal koop 't om vir my hempe gpoeters te laat maak... Maar daar binne inni Udomoto mark loop witvellikjie soos ikke nie met kamera inni hand rond nie ... dis aka soek sonner v'grootglas. Oupa het hoeka altoos gese: Munni onner styjir sit en se die die Vader se wil assi hunner op jou kop skeie nie..
Ek het vanaand inni nuwe hotel gaan eet - prawns so groot soos spanspekke - met flensjflaais [tjips Djuwilzi, tjips. Wat Frans praat ;) :)] Kaasi, dankie, jy het jou nou 'n ^^^ oppi hals gehaal. Wil hoeka sien hu lay De Walle ... bygese, dis mrrse slim plan om dit jou borswering teen vyandige invalle te maak ... g'n aarmi sal daar kan deurkom nie ... en AS hulle dit maak, gaan hulle so vriendlik wees, alli oorlog skoo' uit hulle uit gevry. Dan sing hulle soos die myners in Nababeep: Kom ons om so kom ons om...
Ons was v'dag inn Botaniese Tuine. Myle ver op houpaadjies geloop. Toe nog myle inn murasse. Toe deur 'n stuk savanna. EEN aap, vier voels, vier pronk poue, ses akkedisse gesien. O-ja, en ses verskillende spesie miere en 'n vissie. Boonop wou die aap Dwergie se plantain opvreet [Plantain is soos piesang .. mrrse groooot piesangs en jy bak dit soos tjips ... anners kan jny dit nie eet nie.] ... orraait, ek sal kiekies maak en in Picasa plak.
Noutoe - Geseende Sondag en voorspoedige nuwe week vi ammal.

Anonymous said...

issie meer lussie, kry it nie meer reg om op 'n maandag-oggend op te staan vir werk nie. ek willie hier weesie vandagie. net bietjie langer slaap as vier-uur, sebliefies...

Anonymous said...

Jewlsie, ek dog dan jy's al met verlof.. Ek is weer op die oomblik so simpel om van self vyf uur in die oggend wakker te word... Sleg!! Studente is met vakansie en hoef nie so vroeg op te staan nie.. Sleg verby!! Sterkte hoor

Anonymous said...

Hallo almal! Sjoe, maar hier is soos in die ou dae gekuier op die werf hiedie naweek. Lekker week vir julle - mammie is vir haar (hopelik) laaste en 4de oogoperasie die jaar.

Anonymous said...

Mmmmm. Hier is iemand wat my woordjies gebruik, maar sonder hoofletters? Aikôna Vlakkies, dit wassie ek nie!! Half nege was ek al warm gewerk vanoggend... En ek word ook so saam met die voëlgefluit wakker soggens - dis mos die mooiste tyd van die dag!! Dankie vir die sterkte wat jy my toegewens het. In ruil gee ek vir jou vyf soene oppie bêkkie!!

Dink my vakansie begin amptelik Donderdag. Ek gaan die Tuinroete doen! Oe, ek is soooo opgewonde!!! ;-))

Kaasie, baie geluk met Moeder-lief se verjaarsdag môre!! Ek wens haar goeie gesondheid en baie liefde toe vir die jaar wat voorlê! (Ag, jammer, Robyntjie, hoor?) ;-))

Katjie, hoe gaan dit met jou Mams?

Anonymous, ek sê jou wat - verslaap volgende Maandag-oggend, dan kry ek jou by die Blue Crane vir 'n gesellige ontbytjie. Dis mos lekker om te rus as almal om jou werk!! 'Seblieffies!! Hie-hie!!

Unknown said...

Ladies en jintelmans - lagugataf virre slag, al issit in Ingls...
There is a factory in Northern Minnesota which makes the Tickle Me Elmo toys. The toy laughs when you tickle it under the arms.

Well, Lena is hired at The Tickle Me Elmo factory and she reports for her
first day promptly at 8:00 am.

The next day at 8:45 am there is a knock at the Personnel Manager's door.
The Foreman throws open the door and begins to rant about the new
Employee.

He complains that she is incredibly slow and the whole line is backing up,
putting the entire production line behind schedule.


The Personnel Manager decides he should see this for himself, so the 2 men
march down to the factory floor. When they get there the line is so
backed up that there are Tickle Me Elmo's all over the factory floor and
they're really beginning to pile up.

At the end of the line stands Lena surrounded by mountains
of Tickle Me Elmo's She has a
roll of plush Red fabric and a huge bag of small marbles.

The 2 men watch in amazement as she cuts a little piece of fabric, wraps
it around two marbles and begins to carefully sew the little package
between Elmo's legs.

The Personnel Manager bursts into laughter. After several minutes of
hysterics he pulls himself together and approaches Lena .

'I'm sorry,' he says to her, barely able to keep a straight face, 'but I
think you misunderstood the instructions I gave you yesterday... '

'Your job is to give Elmo two test tickles.

Anonymous said...

Is dít nou 'n balls up, Mac!

Unknown said...

he he he Kaasman .. weet'ie vannie "up" 'ie - straks "unner" ?
Maar siende ons nou aan'ie gtskeer is, die manne daa oppi Nissan blaai weet te vertel vanne span tiewie ingilsmanne wat van Zim tot in Maun dwarsdeur die Xai panne, by Kubu verby, met gewone moutirs gery het ... ja wel nou faain, toe vertel ik lle van my Oompie Bont_os ... dit gaan so:Yeah .. my Oompie Bont-Os is daai selle wereld deer mette 1959 Chev Impala met 2 kudus inni boot, spaarwiel oppi dak, 10 gelling water en genoeg twak vir 3 dae. Hy moes een dag sonner twak klaarkom . Van daaraf ry hy nerrins sonner twee eksra sakkies Springbok of Bokser of Horse Shoe nie ... dis nou bo en behaalwe wat hy beplan virri trip.
Hy se g'n kristen mens moet so suffer nie. Hoenou? die Chev? ons het hom nog jarrrrre gery en toe ingetryd oppe '63 Galaxy. Wassi klekker moutir nie, sulke poep-oog liggies gehad wat jy nie inni aand eens die pad mee kon sien nie ... laat staan nog 'n springbokkie offe duiker so virre "wildsvleisie-a-la-roadside" wat ons meddi seloentjie oppi langplaas gaan haal het. Ek dink dis daar wat my ore die knou gekry het, want da moet ik nou staan meddie tweesel Eveready tortsie [so 'n blink gekroumde ding met sulke moerse groot kop-end ... as jy hom draai da stel hy die lig fyner vir ver lig of groter vir naby lig ... enniwy, da moet ik nou daai torts houvas, en da leun die ouman die geweer oor my skouer [toe het nou ook al die seloentjie geruil virre 303 Mouzir] en da skiet hy nou duikers, hier oor my skouwer ... my fkke oore tuit nou nog assik net daaraan dink.
Nogal jammer daar wassie daai jare tiewie spanne wat ons kon afgeneem het 'ie ... kanne man mos daai stukkies vir groot geld v'koop het ..,. en straks was ons dan ook so fymizz soos topdjeer se manne. ... Of hoe ???

Unknown said...

O-ja, qou nog m't jelle deel: V'mirrag loop 'k ommi blok en toe kom daar 'n ingevoerde ou verby, (hy loop met 'help-my-streklyk hempie, en die loukils dra nie sulke guttrs nie ,,,) lyk soos 'n bouer by een vanni vele huise wat hier rondom ons opskiet ... maar daai seuntjie is vanni tetoezz, miljuisende vanni gutters, sy hele lyf vol daa'van. Dit lyk of een hom met 'n nat Argus geslaat het .. prentjies en al.

Anonymous said...

Nou het ek lekker gelag! Dankie Uncle Mac!! Mooi dag vir almal!!

Anonymous said...

More more almal! Ek het nog net 3 en half werksdae oor dan het ek vakansie! En die Lapkoplanders kom kuier van more af en daar is 'n magdom werk om te doen, en dan gaan ek dalk lekker asem skep. Jeweeljie, as jy Maandag geselskap soek by die blue crane kan ek en Kleinkiets vir jou en liefkind daar kry en Annonymous natuurlik. Hoelykit? En wie wil nog? Of is ek nou lekker voorbrarig.

Oompie, ek geniet ou lekker stories so vreeslik baie. Hoe seblief aan.

Ons het Saterdag die Canopy tour by Magaliesburg gaan doen - mense, maar dit was lekker! Ons het dit vreeslik geniet!

Liefde en lig en lekker dag!

Anonymous said...

Wie is Annonymous? Dit was net ek, my brein werk nie meer lekker nie, hou al vakansie. Dis net my vlees wat hier sit, my gees is al vooruit bosse toe... ;-)

Unknown said...

nou toe noe 'n naamlose Kelkiewyn ... sal die voolkjykers moet laat weet van die een ... maar Kelkiewyn ... is jy nie self ook n voolkyker 'ie ???
Mmmmm, liplellekker plaaspajella gemaak vi my Dwergie vanaand [EN vi my.. want 'k vreet mos saam. Agter 'ie lekkerte aan..]
Jeweel - ek sal weer vi Dwerg daai Piramiede Kaaskoek ... maar sy hoou aan met 'dis inni laai' ... tu gat sukkik maa selfff. TOE kommik agter ... dis inni laai inni kmbuis inni Pretoria huis ... sorri Blommi. Jannewarri ???

Anonymous said...

Ag, Liewe Uncle Mac, ek vertel mos altyd hoe ek die lekkerste werk in die wêreld het, maar vandag was omtrent 'n riller!! Ek het Sondag met Mamslief gepraat en sy het belowe om daai ou resep vir my te stuur maar sy kon hom ook nie opgespoor kry nie!! Tans voel dit vir my dat ek alles sal kan hanteer as ek net wegkom uit Afrika!!! As dit met my sleg gaan, tjank ek alleen... Lig op julle stertjies en vlieg hoog!! xxxxx

Unknown said...

Psal 111 maak alles reg kjentjie ... meeste van allas. As eenkeer se lees 'ie werk, lees weer ... en wee,, en weer. Jy sal sien. Net viirri sad-glad mense soos ik n jy gestryf. Werkk vi my.

Anonymous said...

EN dis amper vakansie. Sal die hèèl eerste keer in my hèle lewe wees dat ek nie oor Kerstyd by my moeder en vader is nie, sal maar sien hoe dit voel, maar glo dit sal nie tè lekker wees nie... Maar ek is darem saam Gentleman (en die se hèle familie, dis nou ouers, broeder, tantes, ooms, nigs & neefs) in die bosse op 'n bosveldplaas waar ons mag kom en gaan soos ons lekkerkry. Sien erg uit, gaan stap, in 'n plaasdam swem (hoor daar's luislange in so oorweeg dit om dalk eerder warm te kry), net op die vuur kosmaak want die elektrisiteit is maar min, en verder niks doen en ontspan en lees en in 'n vuur staar saans en wyn drink. Dit gaan so lekker wees, ek kan omtrent nie meer wag nie!!

En ons arme kantoorengel en haar man is eergisteroggend by haar kinders se skool deur 'n drok idioot raakgery. Ek voel verskriklik jammer vir haar want haar man is dieselfde oggend oorlede, en sy is op die oomblik in so 'n kritieke toestand dat hulle haar nie mag vertel daarvan nie, en ook nie kan opereer nie omdat sy te geswel is, en sy het erge erge pyn. Vier kinders nou sonder 'n pa wat kos huistoe gebring het, en 'n ma wat in 'n bedenklike toestand in die hospitaal lê. Al ken julle haar nie, bid maar seblief, sy het dit nogal nodig.

Maar verder is die "days of my life" baie rustig, hoewel ek op hete kole sit en wag vir die vakansie!!

Geniet julle se daggie, dis lekker om so baie van jou te hoor Uncle Mac, Jewlsie, Afrika sal nie dieselle wees sonner jou nie, so bly maar aan seblief. En hoe gaan dit met jou seuns WB?

Dalk reën dit vandag...

:-)

Anonymous said...

Ai Ptrysie, dis verskriklik! Ek dink aan hulle - ek weet Jesus sal weet na wie ek verwys.

Ag, daai bosvakansie klink soos salf vir die siel vir my. Ai mense ek is gedaan van die jaar en die vakansie is ek by die huisbly ma. So ek is seker rus is nie 'n opsie nie. En Zouga werk, behalwe vir die week wat ons PE toe gaan.

Ai Jeweeltjie, byt vas, more lyk weer beter.

En Oompie, ek het twee resepte vir daai driehoek koek - sal gaan soek.

Anonymous said...

Oj oj oj oj oj
Brm brm brmmmmmmm
Daar gaan Lollapop !!!
Sy het haar lisensie geslaag
en dit in gietende reen.....
Die opgewondenheid is groot!!!

Anonymous said...

Spikkel-patrys, ons sal vir julle kantoor engel bidde Diegene wat vergeet dat hulle ook mense is, en hulle werkies as vanselfsprekend aanvaar sal nou weet...
Geniet jou Kersfees in die bosveld, dit is weer 'n heel nuwe ervaring..

Jewlsie, daar is dae wat ek ook baie graag vir die aarde wil sê STOP ek wil nou afklim.... Oom Mac het die regte medisyne, dis eintlik maar net stil word voor ons Vader. Wanneer jy al die gebeure klaar deurdink en geanaliseer het, kyk jy op in diee liefdevolle oë van ons Vader en jy sal weet en verstaan dat jy nie alleen was nie - nie eers vir een sekonde nie!

Lolla!!!! Ons is almal sooo bly vir daai liksens! Dis nuwe vryheid nooi. Ons weet nou al dat jy 'n sterk en verantwoordelike mens is... geniet jou groot vryheid, maar wees versigtig.. Dis eintlik die ander mense waaroor mens so bekommerd raak, ek WEET.

Julle Europeers... Julle is darem stil die laaste paar dae, het julle nou totentaal vasgevries..?

Anonymous said...

Ek voel al heeldag so sleg dat ek my omkrapdag in julle skote neergesit het en toe verder privaat getjank het!! Mens kry mos maar jou laagtepunte beroepsgewys en as jou jaarlikse verlof in gedrang kom, waarna jy so uitgesien het, dan raak mens onredelik... Ek was ook gladnie vanoggend 'n bybelprentjie met my pof-ogies nie, maar ek dink ek het nou klaar gehuil vir 'n lang tyd!!Dankie vir almal se uitreike, boodskappe, oproepe, sms, e-mails. Sjoe, dis darem nie so verskriklik erg nie, maar nogtans het ek die liefde en omgee van julle af so baie waardeer!!! Meeste van die tyd gaan dit mos Ballroomdanslekker met my - en dit gaan ook weer so wees, as my skoen nou nie verstrengel geraak het aan my partner se broekspyp nie!! ;-))

Ek het ook eintlik gespot oor die Tuinroete... Ek gaan in my eie tuin besig wees omdat ek nog nie hulp kon vind nie! Maar ek is bly vir almal van julle wat bietjie weggaan en 'n ander klip gaan kry waarop jy jou moeg-voetjies kan rus!! Of 'n sandduin, of 'n seebries... Of drome!!

Trotse Tannie, gee vir Poplap vanaand die Skitter-Stêr-trofee!! En dankie dat julle so goed is vir haar, hoor? Dit maak my hart bly om te sien hoe sy haarself handhaaf, haar standaarde behou, doelwitte bereik en presteer!! Hou Koers Vorie!!!!

Ek vermoed ons geliefde Ondier ervaar nou die leë-nes-sindroom... Ai, Bobbejaan, ons dink aan julle!!!!

En ook die ander wat hulleself so skaars hou en dink ons verlang nie ook na julle nie!! Ja, jy!!!!! Hoe gaan dit met jou, hmmmm?

Uncle Mac, is jou rokkies klaar gemaak? Ek smeek jou vir 'n foto!!! Mwhaaa!! ;-))

Anonymous said...

Nee vroulief, nie net vasgevries nie, ook besig om myself oor 'n mik te werk. Die besigheids trend van die laaste tyd, just in time deliveries. Dit beteken dat ek my g@t moet afhol om alles nou reg te kry wat ons met 'n bietjie meer organisasievermoë al lankal kon gedoen het. So kom my kortverlof, tussen Kersfees en die nuwe jaar, ook in gevaar. En dit maak my moerig. Sal maar sien of ek dit tog kan regkry. Maar my langverlof volgende maand is nie onderhandelbaar nie. As die aerie opstyg sal daar baie gesiggies agter die venstertjies wees, en een mirrelvinger, myne! Sterkte Jeweel, hoop die son skyn vandag. -Nou hoop ek nie daar gaan Plaasmaatjies wees wat vakansie gaan hou en verdwyn sonner om ordentlik te groet nie. Psop!

Anonymous said...

Hi Es! Lekker om jou hier te sien en dankie dat jy ons so mooi op hoogte hou van Lolla! Lolla - jy is werklik 'n spogkind!

Anonymous said...

Jeweeltjie - ons doen ok daai tuinroete die jaar tot na Kersfees - ons kan 'n plannetjie maak as jy 'n daggie of so af is.

Anonymous said...

Kaasie, ek gaan môre spesiaal teater toe om te gaan onderhandel vir my langverlof... Kyk, ek is al so opgewerk na 'n hele jaar se harde werk dat ek sommer self my verlofvorm namens die Bestuur sal teken!!! Hoop jy kry ook jou welverdiende ruskansie so tussen Kersfees en Nuwejaar!!

Hierdie tyd van die aand is dit altyd vir my so lekker om in die rekenaarkamer te sit met die glasdeur wawyd oop. Dan hoor ek my buurman se sproeiers wat so tiek-tiek-tiek... Dis die klank van plase en plotte en liefde!! Die klank wat Pappa sommer dadelik in my omgee oproep omdat hy altyd die sproeiertjies so presies ingestel het dat daar geen vermorsing van water plaasvind nie, maar dat alles genoeg water kry...

Katjie, ek sal jou na môre laat weet wanneer ons weer kuier... Moet net eers kyk hoe ander mense en instansies my lewe beplan!!

Spikkels, knyp daai mooi ogies toe, worstel deur die laaste pylvak, gee jou beste en moenie terugkyk as jy aanstap na jou bosvakansie toe nie, hoor? Bly vir jou!!!

Vlakkies? Jy's te stil!! Hoop jy en Uncle Mac en Smousie en Ondier en Kaasie skryf mekaar vanaand hier raak. Ek het lus vir lag!! Laat my lag, ag toeeeeee!!!

Anonymous said...

Sjoe...ek het al weer so agter geraak...ek lees en lees en lees....Dit gaan dol met my...maar nog net môre...dan is ek si vry soos n' voel....en Sondag vat ek die pad ...berge toe....en die nare stad sien my eers weer in die nuwe jaar....Ek dink so baie aan elkeen van julle...die spesiale plekkies wat elkeen in my hartjie het...en ek is dankbaar daarvoor....dankbaar dat julle op my pad gekom het....Hantie is vandag weer geopereer...lê tans in intensief...Dr is baie positief...kwaadaardige gewas is nou verwyder...en hoop en bid nou dat sy spoedig sal herstel...my ander vriendin...ek het julle ook van haar vertel...met die lewerkanker...sy is gisteraand oorlede....ek dink so aan daardie gesin...wat net so voor kersfees van hul geliefde ontneem is...Aan elkeen van julle wens ek net die mooiste en vreedsaamste kersgety toe....waar julle ook al gaan...wees veilig...en laat ons weer as een blog gesin 2009 betree....positief.... en met n'glimlag......Lief vir julle...xxxx

Unknown said...

hoe maar dae, hoe meer dinge ... dis oorlat 'n beterweterige wetter my verlof die Donnerdag voor die maandag wat my verlof moes begin kanselleer 't lattik my pensioen vervroe het ... assik langer saam mt daai ^^^ moes werk, sou my Tshwana naam 'Kagiso' gladnie meer waarheid wees nie.
Jeweeltjie, sterkte met daai ene - kan klomp goed se maar dink dit offik jou wil opsteek tot oproer en muitery. Los die faait virri unie se vaakbont.
Rokke ... jongie, dis darm meer soos hempe .. langragge hempe. Vandag eers virri tylir gaat sien ... sy tape was te kort om my bors te meet ... toe kom hy agter dis die een waddi muis gebtyt 't en toe gaat haal hy die heel een. Ons moes die Pajero in 'lou-rynsj' sit om daar te kom ... die water en modder ens... was deurediep. Meddi trugkom vat die drywer my toe deur die sand ... hy kannie die Taal praat nie maar hy ken al van: "Heeltyt-speeltyt" as sy 'Bi-Papa' lossand sien .. ek sal op Picasa gaan plak, julle het mos die "link" sountoe.
Ek gat nou duddu .. g'naait ammal. Mevrou Vlaktes .. nog min slapies .. of hoe ??? ;)

Anonymous said...

Mooi gedaan Lolla, dis 'n groot tree vorentoe, geniet die onafhanklikheid maar wees versigtig met daai 'Yster'. Jeweeltjie byt vas, amper einde van die jaar, en dan begin dit weer voor :)! Spikkels dis erg, ons bid en dink aan jou vriendin. Tannie Mac, 'n hemp is 'n ding wat jy in jou broek steek. Daai ding wat jy nou loop staan en laat maak is rok, maak vrede daarmee en klaar - jy kan dalk vir die hase hier 'n storie vertel maar vir 'n oud mafokkie gaan jy nie flous nie ;)

Anonymous said...

More more almal! Die Kietter is amptelik 3 ure van vryheid af!

Robyntjie, dink aan jou vrindin!

Anonymous said...

Geluk aan Lolla. Jammer vir jou Jeweeltjie. Sterkte Rooikappie. Ek is moeg en snotterag en moet nog tot Maandag mense van Mogadishu oplei. Dis die lat ek so skaars is. Kaasie, daai storie vannie gesiggies innie vliemasien se vernsters lat dink my toe aan die storie. Innie kleeterskool in Postmasburg, waar Meisiekind ok was, was daar 'n paar Ingelse kinners. Einde vannie jaar moet ammal Kersfeesprentjies teken. Een vannie Ingelse dogtertjies teken toe 'n vliemasien. Hier innie mirrel is daar gesiggies by die venster en voor ok ene. Die gesiggies innie mirrel isse man en 'n vrou en 'n baba. Voor isse man. Vra die jiffrou virrie dogtertjie: Nou wie is dit nou hierie hier innie mirrel? Seg sy: It is Djousif end Mêrie end bybie Jesus. En hierie, vra Jiffrou en wys na die man voor innie vliemasien. Seg die dogtertjie: O, thêt is Pontius the Paailit.

Unknown said...

se jeffrou innie Sonnagskool die kjennirkjies moet tekent wat hille ka onthou van enagge lessie vaani hjeel jaar. Daai vollene Sonnag issa prenkjies van man met kop oppe klip en engele wat leerklim uit sy kop yt tot dourrrrrr bo inni hjeemelse, anner ene met groot massils staan met kakebeen inn hand en rondom le net lyke [g'n wonner ons kjennirs was wreed 'ie ... on is sulke goed geleer ...;)] maar daar is ene, jeffrou makie kop uit ie. Roep die aartist nader: "Sankjie ... wta's hirri? en sy bedye 'n lappie bome. "Pardys Jeffrou" ... "O ... en hirri? en sy bedyje 'n moutirkar .. "Dissi Massiedies" en die? wys sy twee kaal mense agter inni kar "Arram n Eeva, mos!!!" "Mmmmmm, en die? wys 'n wese met vlerke agter die stuurwiel ... "Maar dis mos die Engel !!!"
"Liewe alnd San, waaaaaaaar kom jy aan die snert?"
Huilend kom Santjie uit: "Is jeffrou - JY het gese 'n Engel het vir Arram n Eeva yt die Pardys geDRYF" Boggejaan ... oor'ie rok din kannik nog meegee maar ANTIE ,... nottendemmm. Byt vas, jou storie volg

Anonymous said...

Vir almal wat hierdie naweek wegry, wegvlieg, of juis huistoe kom, ek hoop julle is veilig en geniet van 'n welverdiende vakansie! Ek wens julle Kersfees is die mooiste ooit, en vergeet asseblief nie om weer terug te kom, songebrand, uitgerus en met 'n groot glimlag van happy op jul gesigte.

Unknown said...

Omme langerige storie kort te maak ... Pa-goed stuur vir Joepie om die muile wat weggeloop het te gaan soek ... heeldag g'n spoor nie, laataand sien hy liggie brand, sit af na Oom Jurie se huisie toe ... maar oom Jurie is al oppad kooi toe, so ... toe Joepie klop kom maak Oom Jurie oop .. het hy klaar sy nagjurk aan. Seg Joepie: "Naand Antie, askies, Antie maar het Antie nie straks Pa-goed se span muile sien verbykom inni dag nie?"
Oom Jurie: "Jongikjie .. ik issi he Antie nie ... Ik isse OOM."
Joepie: Ja ante .. askiestog Antie, ek wil net verneem oor Pa-goed se muile."
Magtag Jongie, ik seg mos vir jou ik isse oom, nie 'n antie nie"!
"Ja Antie, maar .. "
Oom Jurie strip sy moertjie met boutjie en al en pluk die nagjurk op tot onner sy blaaije .. "Kan jy sien ... ik isse oom?!?!?
En al wat Joepie kon uitkry:" Jislaaik AAANTIE !!!"
so, Boggejaan ... ek issi antie nie ... ek isse oom. En klaar. :)

Anonymous said...

Ek glo jou Mac. Jy hoef niks te bewys nie, dankie. Gaan jou ook vir 'n mus kry saam met die rok? n Kepsie of so een wat so slap hang oor die kant?

Unknown said...

:) ... gewone FERRARI keps met Schumi handtekening OF my handgemaakte koedoevel hoed of my Rogue hoed ... nix anners hirri ou korrelkop nie ..
So lyk t'rondom Lagos:

Vanaand afgestap swembad toe en die maan gaan afneem ...

http://picasaweb.google.com/Oom.Mac/LagosInniMaanskyn?authkey=qRWfhzOUfkA#


en die vorige dag was ek GROOT dorp oppi vasteland toe ... en die kiekies is op:
http://picasaweb.google.com/Oom.Mac/LagosRof?authkey=7vaJL01S0A8#

Anonymous said...

Middag almal! Sjoe, maar lekker warm vandag! Mammie het toe vanoggend die 5de oogoperasie gehad - maar ons almal hou nog moed. Ten minste kan hulle nog red. Hoop almal het 'n huppel-in-die-stap dag!

Unknown said...

Kiets .. ek kan net aan Johannes 5: 1 - 11 dink om vir Moeder v jou te gee. Met die gawes van Sy genade in die geneesheer se hande daarby. Groete van verrrr af.

Anonymous said...

Julle mansmense laat my toe wraggies lag!!!! Dankie daarvoor!! Dis nou lekker stories om oor te vertel en ander mense te laat lag!!! xxxxx

Rooikoppie, ek het jou vandag probeer bel, maar jou foontjie was af. Vriendin, ek wens ek kon dit vir jou makliker maak!! Ek sal môre by Hantie gaan inloer en alhoewel ek g'n idee het watse trooswoorde of opgewonde woorde ek moet gebruik nie, sal dit nogtans lekker wees om haar weer te sien!! Dankie dat jy laat weet het!!

Met Hantie se laaste operasie het ek mos gedink 'n Porto-cath word in die arm-aar ingeplant. Voor ek haar gaan sien het, het ek vir myself gepreek dat ek tog nie aan haar arm moet vat nie want dit sal seer wees. So sit ek toe my hand van vertroosting op haar borskas, net onder haar ken en voel toe hoe sy ineenkrimp... Jitte, daai Porto-cath was toe presies waar ek my omgee-hand neergelê het!! Dit kom nou daarvan as mens 'n Spesialis Orthopediese Suster is!!!

Katjie, hoekom kry jou Mams aanmekaar oogoperasies? Wat was aanvanklik fout? En wanneer gaan sy vir haar knievervanging?

My Liefkind is tans oppad na haar Daddy toe op Onrustrivier. My nerwe is dun!! Sy het haar goue seëlringetjie aan my pinkie gesit met die woorde: "Mazanie, hou my ring veilig tot ons mekaar weer sien..." So ewe plegtig! Nou sit ek daai ringetjie al in die rondte en draai en besef net weereens hoe kosbaar 'n ring is. Dis 'n bewys van omgee, verpligting, vertroue, respek, liefde en agting! Ek dra dit met trots!!!!

Anonymous said...

Uncle Mac, ek het jou foto's gaan kyk en al wat ek kan sê is: Ek bid vir jou!!!!! Sjoe!!!! Ons paaie in Pretoria is eintlik skaflik en ons bestuurders heel gemanierd... Wees veilig!!! En dankie vir die foto's en video's en al jou omgee!!

Anonymous said...

Liewe Vlakkies, baie geluk met jou Pa se 90ste verjaarsdag!! Wens jy was hier!! Onthou die mooigoed en vertel ons daarvan, sal jy?

Unknown said...

Ja - en ek sit en lees elektriese koerante vanni BBC oor Somalie ,,, en worri my simpel oor 'n pel wattik nog net meddi pen raakgeloop het. Gelok met Oupa se verjaardag ... vertel hom 'n mooi Dodsj storiekjie

Anonymous said...

Mac, jy moenie alles glo wat jy by die Ingelse hoorie. Nee, ek issie in Somalië nie. Ek is in Somalieland. Disse heel anner land. Jeweeltjie, jy vra virre mooi storie. Ek dinkie afgelope tyd baie aan hierie storie. Weetie eintlik hoekommie. Seker oorlat dit weer vakansie tyd is. Aanie einde van Sub B gat ons gesin toe mos mittie trein vir Oom Jan en Tannie Matilda hulle in Port Liesbet loop kyer. Ons ry net na Kersfees. Op Ou Kersaand gee Pa vir Ma die vakansiegeld. 'n Hele tweehonnert Rand. Die Rand het toe mos net daai tyd ingekom innie plek vannie Pône. Tweehonnert Rand in twee Rand note. 'n Hele ronne honnert van hulle. Dit was baie geld. Hulle was so tien-tien mit skyfspelle vas enne rekkie ommie hele boel van hulle. So klim ons op Ariamsvlei oppie trein. Eers 'n gemengde trein tot in Upington, en van daar oor De Aar oppe passasierstrein. Dit was ons kinners se eerste treinry. Behalwe virrie tweeling wattie vorige Desember in Graafrenet by Oom Johannes en Tannie Marie gat loop kyer het toe Ma moes hospitaal toe vir kleinsus se geboorte. Pa en Ma inne koepee mit Kleinsus ennie res van ons inne kompartement net laansaan. Op Ariamsvlei het Pa ons oppie stasie gat loop aflaai en toe die groen Dots by Ariamsvlei Hannelshys en Hotel agter innie werf gat loop bêre. Of was dit nou by die pasterie? Kannie meer so lekker ondou of ons al daai tyd op Ariamsvlei ons eie doemenie gehad het en of dit nog die een is wat net mit Nagmaal en Mirrelkerk van Warmbad af gekom hettie. En toe is dit kiekies neem mit Ma se konsertinakamera. Ek ondou daai kiekies. Die tweeling in hulle se heel beste Sondagrokkies op daai platformpie aanie een kant vannie wa waar mens daai tyd eers moes opklim mittie trappies voorlat jy innie wa ingaan. Daar's baie stories oor daai treinry en vakansie. Op De Aar is ek en Kleinboet 'n slag aanie verkeere kant vannie spoor oppie verkeere perron. Hoe dit geloop sta' gebeer het kan ekkie meer ondou nie. Maar ons sien vir Pa en Ma ennie anner aanie annerkant. En ons weetie hoe om daar te kommie. So is ons toe nou maar vannie perron af en oorie spore na die annerkant. Dis hoe mens op Ariamsvlei aanie annerkant vannie spore kom. Behalwe lat daar baie minner treine is ennie 'n perron nie. Mit die lat ons toe nou so oorie spore drawwe, raak ammal heel opgewonne. Ek kannie verstaan waaroorie. Totlat ons annerkant kom en hulle vir ons vertellie treine sal ons doodtrap. Mens moet glo onnerie spore deer deerie dykweg aanie annerkant kom. Maar wat weet ons nou vanne dykweg. Ken gannie so 'n dingie. Maar toe moet ons oppie perron aanie annerkant kom. Ek was maare klein mannetjie. En kleinboet was nog eensie innie skoolie. Na groot gespartel kom ek bo. Toe gat loop lê ek plat op my pens en sukkel om Kleinboet ok opgetrek te kry. Nou dit was noggie dae vannie stoomtreine en alles oppie perron was toe onnerie roet. Nou moet julle weet hoelat ons gelyk het toe ons altwee bo is. En toe kom daar nog 'n spoorwegpoeliesman ook nader gestaan. En hy lyk sommer baie kwaai. Gelukkig was Pa ok toe al by en het hy mooi gebedye lat onsie so mooi van al hierie goeters weetie. Ons kom mos maar net vannie vlakte af waar ons niks gewoont issie.

Anonymous said...

Mwhaaaa!! En 'n stywe druk!!!!

Anonymous said...

As ek netnou daar by die ou vader se groot verjaardagviering kom, sal ek vra oor hierdie lekker storie.. Miskien is dit juis Pa wat sal onthou, want hy leef nou ver terug in die verlede. Die hede gaan nou by hom verby..
Ma kla net heeltyd dat die kop tog so deurmekaar is, maar haar kop is eintlik nog die helder een, al vergeet sy soms die kinders se name en so aan... Selfs ek vergeet dit dan soms.. Ek dink Ma is net so verskriklik bang dat haar kop ook regtig deurmekaar gaan raak dat sy haar dit sommer by voorbaat verbeel. Eintlik is sy 'n baie slim en baie waardige vrou.
Dis darem sleg dat die ouderdom 'n mens so stroop...
Nou ja, ek kan nog nie eers spog met die ouderdom nie, en ek kan die afgelope week beswaarlik loop..

Ek hoop almal het 'n rustige versoendag... Nou is dit net 2 slapies, en ek het Vlaktekind belowe dat ek soos 'n stertjie oral sal saamdraf/saamsukkel/saam-wat-ook-al. Solank hy net my hand sal vashou.. ek mis hom net verskriklik!!1

Anonymous said...

My wêreld Vroulief, so vandag was 'n vakansiedag!!! Nie eers geweet nie! G'n wonder dis so stil en dat niemand my e-pos nie!!!!

Hoe was Skoonpa se verjaarsdag? Vertel alles!!!

Anonymous said...

Jewlsie, daar is nie veel om te vertel oor die groot verjaardagviering nie... Pa het baie hoflik en vriendelik dankie gesê vir my goeie wense, maar wie is ek nou eintlik... Toe sê ek maar vir hom. En het geen kwade gevoelens nie, want ek weet mos van Alzheimers. Dit was darem goed om die ander familie te sien, en te sien dit gaan goed met die klomp.

Ja dit was vakansiedag, maar om die Voortrekkermonument was daar vreeslike verkeer en die wêreld was vol verkeersmense om die verkeersknope om die monument en die Fonteinedal te beheer..

Nou is dit nog net 2 slapies!

Anonymous said...

Vroulief, ek sien nou op die nuus oor 2 indaba's en al die feesvieringe van Bloedrivier by die Monument!!! Jitte, die perde het behoorlik gepronk!!

Ek is bly dat jy Vlakkies gaan verteenwoordig het by sy familie. Dis belangrik!! Ek dink hy waardeer dit verskriklik baie!! Het jy foto's geneem, vriendin? Ek het vandag my susterskind 'n middagete uit die boonste rakke op my stoep gegee en toe sy vir my foto's wys van hoeveel my ouers verouder het die laaste jaar, het ek heel tjankerig gevoel. Ai, die lewe druk en mens doen wat jy kan,maar mens se ouers moet jy nie afskeep nie! Hulle is kosbaar!! Veral as hulle nog weet wie jy is!!!!! xxxxx

Anonymous said...

Ok maar 'n gelukskoot iemand was gebore voor die dae van elektriese treine. As mens nou hier oor die spoor sou loop en jy trap op daai derde spoor waardeur die trein se elektrisiteit kom is dit net so 'n rokie. In die winter as daai derde spoor toe-ys dan loop die treine nie so lekker nie en kom ons almal laat. Vroulief ek hoop al die vliegtuie kom mooi op die regte tye by die regte plekke aan dat jy nou nie weer dae lank moet sit en wag nie. Liewer, ek weet dit sal!

Anonymous said...

AggeNEEEEEE!!! My rillerdag van laas week het nou veroorsaak dat ek Ramkat en Katjie se spesiale huweliksherdenking gemis het!! Maar al is dit 'n week te laat, baie geluk julle tweetjies!! Mag elke dag opnuut vir julle 'n kosbare skat wees en moet nooit julle respek vir mekaar verloor nie!! Liefde, Jewls. xxxxx

Ondier, klim af van daai treinspoor af, jitte!!! ;-)) Waar kan ek jou onlangse foto's van Engeland gaan kyk?

Anonymous said...

Nou ja toe, nou gat ek my slimmasien afsit en gou my laaste paar goedjies loop inpak en da' vlieveld toe en da' nog een slapie in Addis en da' is ek môre agtermarrag by die hys.

Anonymous said...

Ag te lekker Vlakkies, vlieg veilig en lekker!!

!!...nog net twee slapietjies, vakansie hier kom ons...!!

;-)

Anonymous said...

Gits, ek is nou sommer jaloers!!! Almal gaan iewers heen na hulle geliefdes toe om gelukkige oomblike te beleef en ek sit by die huis, maak gedenkalbums oor my en Liefkind se beste tye saam, sny gras, draai persentjies toe vir mense wat ek nie gaan sien nie!!!

Dis ook lekker, né?

Kyk mooi na jouself!!!

Anonymous said...

Vlakkies, ek hoop jy kom veilig by die huis en dat jy en Vroulief 'n baie lekker tyd en 'n mooi Kersfees gaan geniet. - Spikkels, geniet jou vakansie, en moet nou nie té veel na mammie en pappie verlang nie, Gentleman is mos daar om jou te troos. - Jeweeltjie, los die gras, gooi 'n vino en rieleks!

Anonymous said...

Kaasie, jy is reg!! Dalk sal die vino ook help virrie muskiete en spoke wat my snags so rondjaag!!! ;-)) Liefkind bel vandag en vra of sy 'n skilpadjie kan huistoe bring. Glo die skattigste ou klein dingetjie onder die son. Dis ook nie, volgens haar, moeite om 'n skilpad aan te hou nie want jy pak net 'n vierkant bakstene op die grasperk en sit 'n stuk gaas daaroor. En as die diertjie al die gras opgevreet het, dan skuif jy net weer die bakstene! Toe wonder ek wie gaan die skilpadjie eerste bykom, die ladida's, die boernale of die katte... Ai toggie, die dieretuin op my erf kom nou mooi aan!!!

Ek dink nie dis lekker daar op Addis vanaand nie...

Anonymous said...

Kaasie, hoe klink 'n skilpadpartytjie vir jou verjaarsdag in Januarie? Elkeen bring sy eie dop!!! Hie-hie!!

Unknown said...

dis 1:44 inni more hier ... maw ... so 2:44 daar in RSA .. ek enni Dwergie het anneraand onse gtte afgelag [ek 33 kilo's af, sy 1 enne half] oor daai Nando advertensie van antie Evita wat moun oorie "B" wat weg is tussen die "A" en 'ie "C" .. nou hoe koup mens nou daarmee .. ?? :-/,
Ons het vanaand twee boerseuns gehad wat bikji kom proe het aan my geregte ... toe maak ik vir hulle "Strandfonteinse Varkboer" ete en sluit dit af met 'Botswana' ploffies .. nou is ek so vol ploffie en adrenalien, ek kannie slaap 'ie .. maar ek gaan maar traai ... net eers kom loer wie't ammal ingeloer [Tumar Djoelzi, ons gaat ok nerrins hirri jaar ie ;-)] Kaasman .. "Wherever you are ... BE there." as jy nou v/staan wattik meen. Boggejaan .. issie kjennirs ammal orraait? wie v/lang wie die meeste ??
Van ammal wattik ken sou ik vir Nefie hier by my wou he oor'ie groot dae .. en vir Emma en vir Owen en vir Chappi en vir Sussa en vir Robiezz en vir Tjaali ... en my skoo'ma & skoo'pa en dan soudit ok naaiz gewees 't as Chom hier was ... en ja, jy ook -- maar 'k het vir Jesus en vi' my Dwergie, so ek is oraait. Yipppp [
[Djoelzi .. ga kyk op my Picasa .. ek het vi my nog 'n DATSUN bygekoop .. so oor'ie pos meddi help van vrinne ... nou kannik dubbeld so ver gaan uitreik [en speel ini berge]
Jy kan saamkom assik hom gaan uittraai inni berge in Jannewaari .. sal jou laat weet [ja en Veertjie ook, en Katsekjent kan hulle Toy ook saambring en Rooikop hulle Toy enni Robyn mens .. as hulle noggi dourrrrrrr inni mooije Kaap sit 'ie -- bring maar julle Toy ook .. kommons maak 't sommer 'n 4x4 'outingf' virri dag wat .. (nettie die 24e nie ... dan paartie ik saammet pelle)

Anonymous said...

UNCLE MACCCC!!!!! Joe, dis lekker om van jou te hoor!! Nogal gewonder hoekom is jy so stil... Jy moet my nou nie hier kom staan en ontstel so vroeg innie môre nie - daai 24e partie jy met niemand anders as ons nie, hoor jy? Net vir in geval daar misverstande is!! ;-)) En dis reg so oor die 4 x 4 gedoentes, solank ek links voor by jou kan sit! Groenie en Lief moet ook saam want hulle het 'n lekker GROOT Landie!! Ek is natuurlik 'n Volkswagen en Nissan-meisie, maar baie geluk met die Datsun!!!! Lyk my Januarie gaan 'n jol wees in Pretoria!! Ek bedank sommer sodat ek genoeg tyd het om te speel!! ;-)) Wat is 'n Strandfonteinse Varkboer ete? En is jou rokkies al klaar? Laat maak vir my ook een en bring hom saam - wou nog altyd so-iets hê!! Wat dra mens saam met die rokkie, Uncle Mac? Is dit nou dieselle as die Skotse kilt gedoentetjies? Hê hê!! Ek het 'n plan! Jy het mos so 'n verskriklike groot tent. Kom slaan hom op hier op my erf en dan slaap allie maaitjies sommer oor. Dan spring almal in hulle viertrekvoertuie Sondag en ons gaan kyk wie kan met die minste wiele op die grond deur 'n donga spin. Oe, dit klink opwindend!! Vroulief moet foto's neem...

Onthou julle nog vir Bergbok en sy Wildsbokkie? Hulle was gister 3 jaar getroud!! Wonder of hulle en Sameul ons gaan kom verras...

En nee, Spikkels, ek het nie vergeet nie!! Gentleman verjaar volgende Woensdag. Gee jy vir hom daai vyf soene, sal jy?

O jittetjies, daar breek die dag!! Rooiveer mis dit nooit nie!! Vandag stoot ek die grassnyer. Lekker!!! Ek Cope, dankie, Uncle Mac!!! ;-))

Anonymous said...

Met liefde sal ek daai vyf soene vir hom gee! ;-)

Amper klaar, net een slapie...

Anonymous said...

Spikkels!!! Jy moet ordentlik groet voor jy gaan en jy moet my laat weet as julle veilig is, hoor? Ek hoop hierdie dag vlieg soos 'n gedagte vir jou verby!!

Ek het sopas met Vroulief gepraat en sy sê sy jaag nou lughawe toe want Vlakkies sit al laaaaaaankal daar en wag!! Ag shame. Ek kan nou net sien hoe sit hy daar op sy tas, kyk links, kyk regs, frons, kyk op sy horlosie en wonder heeltyd waar sy geliefdes so draai... Vroulief, jy skuld hom nou meer as net Vrugtekoek!!! ;-)) Geniet julle kuiers!! xxxxx

Anonymous said...

Goeie more maters! Uiteindelik het die dag aangebreek! Vandag sluit ons kantore en kan ek n blaaskans benut tot die 5de Januarie toe. Niks spesiaals nie, net rustig wees en batterye herlaai.

Ek het seker al heelwat van ons maters gemis, maar ek wil net vir almal van julle n geseende Kersfees en voorspoedige Nuwe jaar toewens. Vir die wat gaan reis, vat dit rustig op die paaie en kom veilig aan en die gelukkiges wat alreeds ontspan, geniet dit voluit!

Anonymous said...

Hallo al die maters... Jip, ek is weer heel!! Vlaktekind is weer tuis en dit gaan te jolig. Ek en Blomkind het vanoggend geskater vir sy bekkighede...
Blomkind gaan maak vir hom koffie soos hy daarvan hou, maar hy kom net betyds op haar af, net voor sy suiker in sy koffie gooi. Sy wou witsuiker ingooi en hy wou bruinsuiker in die koffie hê.. Hy vertel toe vir Blomkind hy is g'n 'n rassis nie, hy moet bruinsuiker in die koffie kry...

Geniet julle dag, en ek dink regtig dis nou tyd dat almal tot ruste kom soos Kieter aan die begin van die maand vertel het!

Anonymous said...

Nog 'n halfuur, dan trek ek die masjientjie se kabel UIT!!! En dan, V A K A N S I E!!! Uit.Ein.De.Lik. O ja, ons ry eers vandag Kaapse Hoop toe, bly daar in die Silver Mist Hotel, het dan more-oggend 'n troue, en Sondag is dit plaas toe...! Sterre (Jewlsie het my daarop gewys dat dit nie volmaan gaan wees nie, dus sal ons sterre kan sien) en stilte.

Pas vir julle baie mooi op asseblief? Ry versigtig, dink vir die ander bestuurders ook, sit sonbrandroompies aan, drink genoeg water, dra jou hoed, moenie laat in die aand op die pad wees nie...en so aan. Maak net seker jy geniet dit!!

Geseënde Kersfees vir julle almal!!

♥♥♥

Anonymous said...

Ag, liewe Makou, hierdie was nie die maklikste jaar vir jou nie en daarom is ek extra bly om te hoor dat jy 'n ruskansie kry!!! Ek hoop jy lees wat Spikkels gepreek het net voor sy soos 'n warrelwind hier uit is... Sonbrandroompies en die hoed vir al daai gholfdae, né? Rus lekker en dankie dat jy kom groet het!!!

Vroulief, hoe gaan dit met jou seer rug en sleep Vlakkies jou orals heen saam? So ewe hand aan hand - oe, dis te oulik vir my!! As ek een spesiale onthou van my Ouers kan uitsonder, dan is dit hoe die twee tussen blombeddings loop en al geselsend handjies vashou! Soms het ek gedink dit is gewoonte, maar laas jaar het ek gesien hoe Pappa, na 'n tafelgebed, Mamma se hand 'n bietjie langer vasgehou het aswat nodig is... Daai oogkontak en ongespreekte woorde het sy eie storie vertel!!! En dit was pragtig vir my!!!!

Spikkels, mag dit 'n skitterster-vakansie vir julle wees!!! xxxxx

Anonymous said...

Maar tussen deur die swaarkry
Die hartseer en die trane
voel dit tog op die ou end
of alles ok gaan wees
en ek weet dat dit net die
gevoel van gemis sal wees
wat sal maak dat ek sal omkyk

Dis die storie van ons harte
Want daar is altyd iewers hoop

Soms sal ons onthou
en soms sal ons vergeet
maar die wind sal weer gaan lê
en die son sal helder skyn
wie weet waar

op Blouberg se strand of Danabaai
of Kleinbaai of Klipgat of Frankfort
en die hoop sal kom in
jasmyn,ranonkels...........

En die sonneblom uit Bethlehem
wat ons water gee in Bloemfontein

Of die proteas
spesiaal vir haar
Vir haar Somer Kersfees

Opgedra aan Mieks

Somer Kersfees 2008

Anonymous said...

Ai sus, daar het so baie gebeur die jaar - sterkte aan julle en geseënde Kersfees aan almal op die plaas!

Anonymous said...

Mac en Vlaktekind ek dog ek deel net gou met julle die, ek dink ek weet nou wat om vir my vrou te kry vir haar verjaarsdag: http://www.icon4x4.com/

Anonymous said...

Daar is seker soveel dinge wat julle elke dag aan Mieks herinner want sy het met soveel passie geleef en van soveel mooi dinge gehou! Ek kan nie verby 'n Gerbera loop sonder om te dink hoe lief sy daarvoor was nie!! Es, sterkte vir julle Somer Kersfees en dankie vir die spesiale kykie in jou lewe!!

Anonymous said...

Mag ek ook maar kyk, Ondier? ;-)) Lekker om jou te sien!!!!

Anonymous said...

Ondier, jy moet nie weer teruggaan na jou ouers se plaas op Levubu nie, hoor? Ek het vandag my 9-jaar-dogtertjie-voetspore gaan soek op Cullinan en die teleurstelling was verskriklik groot! Daar waar vrugtebome en groentetuine en rotstuine was, is net mooi niks! Die huis wat Pappa gebou het staan nog daar, maar alles is so verwaarloos. Wat 36 jaar gelede 'n paradys en my Pa se trots was, is vandag 'n skande om te aanskou. So bly my Ouers hoef dit nooit te sien nie!!! Hoe gaan dit met jou seuns hier in Pretoria?

Unknown said...

Eisjjj Boggejaan ,,, daai ouens doen mooi werk .. net hartseer disse 'Speelding' daai [jy weet - 'n TOY... ;-)) ] Daar het 'n baakint verbygekom en toe skaf ons nogge Datsun aan om te help meddie uitreike [en virre speelding] Paar prentjies van hom op Picasa geplak: http://picasaweb.google.com/Oom.Mac/DropBox?authkey=8y4cZDWd-LE#
Vlaktes .. hoe lyk dit ... kan jy rondom April paar dae afkry en saamkom ... ons gaat weer klompie klere vir die klerelose mense inni Bo-Kalhari vat. ???

Anonymous said...

Dit is weer 'n grys en grou Sondag in Laag-Kaasland. Die voordeel is dat ons die liggies in die kersbome mooi kan sien. Buite staan die bome blaarloos soos skelette, voor my venster sien ek 'n boomtak wat nog so'n paar stukkies groen vasgehou het, seker net om vir my te sê moenie worry nie, beter dae sal kom! Nog drie daggies se werk en dan sal ek ook kan rieleks tot 5 Januarie, en dan sal dit amper tyd wees om koebaai te sê vir die winter en suide toe te vlieg. - Mac, natuurlik kuier ek ook saam met pelle op 24 Januarie. Ek wil jou stories hoor en al die gesigte sien wat skuilgaan agter die mooi woorde waar ek die jaar wat amper agter ons lê so van geniet het. - Makou, wat sou dit lekker wees as jy ook daar kan wees. - Waar julle almal ook mag wees, ek hoop julle is veilig en gelukkig, en dat julle jul vakansie geniet. Ek raak nou tog bietjie opgewonde, die batteries is flat, maar dis amper oplaaityd! Lekker Sondag vir julle.

Anonymous said...

Ag, liewe Kaasie, ons het die wonderlikste somersdag hier gehad met 'n effense windjie en 'n donderstorm wat nou van Johannesburg se kant af dreig... Dis nie om jou jaloers te maak nie, maar om jou te laat uitsien na wat oor 'n paar weke op jou wag!!! ;-))

Vandag het ek by die nimlike Ramkat en sy katgesinnetjie gaan kuier. Al geselsend het Ramkat die potjie vertroetel op die vuurtjie terwyl ons yskoue wyn gedrink het, maar toe daai tweeling eers wakker word, was dit 'n prettige affêre! Hulle begin nou van kruip na loop oorgaan en ondersoek alles!! Ek dink nie ek het al twee sulke gemaklike en georganiseerde ouers gesien nie - om nie te praat van Kleinkatjie wat met haar grootmenswoorde kom vertel dat sy nou probleme het nie... Kostelik!! Ons moet gou weer so maak want dit was vir my so lekker om deel te kon wees van julle lewens vandag - ek het dit ontsettend baie geniet en nogmaals baie dankie Katjie en Zouga!!! Tien soene!! (Ek sal maar nie spog dat ek bykans twee ure Lynnwood toe gery het nie. Terug was net 15 minute!! Sien jy nou Groenie, dis hoekom ek nie van bestuur hou nie want ek verdwaal altyd!! Hoekom is jy so stil? - ek mis jou!!!)

Anonymous said...

Het julle geweet dat vandag die langste dag en die kortste nag is - Suid van die ewenaar? Ondier en Kasie, spesiaal vir julle tweetjies!! Daar's hoop - ons is halfpad daar!!! xxxxx (So, is die glasie nou half vol of half leeg?) ;-))

Anonymous said...

Hoop nie Smousie is aan't roei oppie Apies nie want hy gaan nie weet of hy Noord of Suid moet gaan nie... Wys die Suiderkruis jou jou ware Noord of Suid? Of is dit die Oggendster of die Skitterstêr? En daar sit Spikkels nou onder die Melkweg en kyk net in Gentleman se skitter-ogies!!

En waar daar bekommernisse vanaand is... Ek dink ook aan julle!! Wens ek kon meer doen as om net my omgee woorde te gee!!!!! xxxxx

Anonymous said...

Ja Jeweeltjie, dit was vandag die kortste dag hier in die Noorde. Ek het 'n lamp in die kombuis wat reageer op 'n sensor. Die ding skakel vanself uit as dit lig word. Die lampie het heeldag gebrand. Die dae gaan nou weer langer word, maar die Weermeneer het wel gesê later die week kom regte wintersweer ons kant toe. Dit gaan selfs bedags onder nul grade wees. Of daar ook sneeu gaan wees weet hulle nog nie, so 'n wit Kersfees is nie 'n sekerheid nie maar dis moontlik dat die Kaasies kan gaan ysskaats. BRRRR!

Anonymous said...

Hallo almal. Jeweeltjie ek was Februarie laas op die plaas, ek kyk maar nie meer na die boerdery nie maar geniet nog die omgewing. Dis tragies. Kasie, hier was dit nogal verbasend lekker die naweek, gister seker op tot 11 grade! My kollegas in Amerika en Kanada kry bitter koud. Mac, ek het goeie herinneringe aan so Safari bakkie, is dit die 2.8l? Baie goeie voertuie solank hy net nie by die kus gebly het nie, roes werk met daai Datsun yster. Maar as ek terugkom SA toe sal ek graag die model net na joune wil hê, die Patrol met die 4.5l enjin, die SGL of so iets wat hier in 96 - 99 uitgekom het dink ek. Petrol is mos goedkoop in SA :)

Unknown said...

Is so Boggejaan .. daai Patrollies meddi 4,2 het tot 97 geloop ... toe die nuwe lyf maar nog 4,2 en so 98-laat het hulle 4,5 geword. Tot verby 2002 - kanni onthou wanneer hulle 4,8 geword het nie. Myne is die 2,8 en hy het vanaand naam gekry: "LOBO" Die hele Nissan familie is aan die planne maak wat alles aan LOBO gedoen gaan word om "op te gradeer .. dis nou wsatter grootte wiele, brandstof-ispuit teenoor vegasser .. paar dinge soos elektroniese skakaeling is vanselfsprekend. Spaarwieldrarak vir die noodwiel [hy het reeds 120 liter tenk vir verrrr ry] maar nou vat die tenk die spaarwiel se spasie.. haai wag, nou verveel ek die anner mense ... Is reg Boggejaan, ons sal gesels oor Lobo. Intussen, mooiloop.

Anonymous said...

Mac dan dink ek ek's deurmekaar, die een wat ek van praat is die GQ, moet dan 'n 4.2 wees. En doen jouself 'n guns, moenie te veel verander aan daai LOBO nie. Bly by 16 duim wiele, en daai 2.8 masjien - hy is so taai soos kan kom en sy krag is tog genoeg - meer as die diesels in elk geval.

Unknown said...
This comment has been removed by the author.
Unknown said...

Mag Kersfees vir jou 'n fees om Christus se koms na hierdie wereld, beteken.
Mag SY seen, SY teenwoordigheid in jou lewe en SY Vrede in jou, om jou en met jou wees en mag jy en jou geliefdes die hele 2009 geluk en liefde maximaal ervaar.Van Mac en Dwerrrgie:

Anonymous said...

Ook hier in Laag-Kaasland is die werk klaar gedoen vir hierdie jaar. - Ek wens julle almal 'n pragtige Kersnag, 'n geseënde Kersfees, en voorspoed en liefde toe. - Dankie dat julle hierdie Kaaskop verwelkom het in jul plaasgebeure hierdie jaar, ek sien uit om almal van julle vroeg volgende jaar in Pretoria te sien.

cat said...
This comment has been removed by the author.
Anonymous said...

Geseende Kerfees almal van die Katgesinnetjie! Ja, ek weet ek was nou lank afwesig, maar dinge was maar dol hier tuis. Mag julle almal die liefde en vrede van Jesus ervaar vanaand, more en altyd. Lig en liefde vir julle almal!

Anonymous said...

Geseënde Kersfees al julle plasies. Hoop julle het 'n wonderlike somerkersfees met julle geliefdes en dat vrede en stilte kan hê vir hierdie groot herdenking. Ek hoop Vlakte het 'n gemeente bymekaargemaak êrens.

Anonymous said...

Geseënde Kersfees aan ieder en elk.

Anonymous said...

Vrede en Vreugde vir almal vandag.

Anonymous said...

Dis voorwaar vreugdevol om vanoggend hier in te loer want ek sien almal se voetspoortjies en dit maak my bly!! Ek hoop julle Kersdag is gevul met baie liefde en lekker kos!!

Makou, baie geluk met jou verjaarsdag vandag! Mag die jaar wat vir jou voorlê die gelukkigste ooit wees!! Liefde, Jewls. xxxxx

Anonymous said...

Oe, sit ek myself dam nou hier en jammer kry! Wens ek kon ook nou in die bosveld om 'n vuurtjie sit of potjiekos proe of saam met familie aansit by 'n tafel wat kreun onder wonderlike geregte soos beesrol, varkboud of souttong met mosterdsous! Ek wonder ook nou hoe Ondier, Kaasie en Uncle Mac hulle kersdag deurbring daar in die 'vreemde'? Gelukkig het Vlakkies my laas jaar genees van 'n sneeu-kersfees met sy foto's en sy woorde!! ;-)) Ag, ek hoop julle is almal gelukkig vandag, dat julle geliefd voel en net ontspan! Liefkind is oppad van die Kaap af huistoe - na my toe! Ek kan nie meer WAG nie!!!

Kiewiet, dit was lekker om jou weer te sien!! Hoe gaan dit met jou?

Anonymous said...

Makou, baie geluk met jou verjaardag, ek wens dat jou nuwe lewensjaar jou net geluk en voorspoed sal bring, en 'n glimlag wat amper te swaar sal wees om saam te dra.

Anonymous said...

Iewers in die verte tok-tok die windpomp soos die koel windjie stoot uit die suide. Die sterre is so helder mens kan amper aan dit vat en iewers na Smithfield se kant toe slaan die weerlig elke nou en dan uit. Mens ruik die bossies en die belofte van reën en die rustigheid spoel net oor jou.

Ons skryf hier van die stoep op Boorfontein - distrik Bethulie, oppad na Smithfield terwyl ons suie aan 'n Baronnetjie en na 'n heerlike aandete van visvoorgereg, skaapboud, pampoenpasty, rys, aartappels, slaai en gemengde groentegereg. Die sjokolade mousse is ok al lankal op en al die katjies slaap - net ons twee, die sterre en die hondjies op die stoep.

Lekker aand en lekker slaap. En veels geluk Makou-ding!

Anonymous said...

Iewers in die verte tok-tok die windpomp soos die koel windjie stoot uit die suide. Die sterre is so helder mens kan amper aan dit vat en iewers na Smithfield se kant toe slaan die weerlig elke nou en dan uit. Mens ruik die bossies en die belofte van reën en die rustigheid spoel net oor jou.

Ons skryf hier van die stoep op Boorfontein - distrik Bethulie, oppad na Smithfield terwyl ons suie aan 'n Baronnetjie en na 'n heerlike aandete van visvoorgereg, skaapboud, pampoenpasty, rys, aartappels, slaai en gemengde groentegereg. Die sjokolade mousse is ok al lankal op en al die katjies slaap - net ons twee, die sterre en die hondjies op die stoep.

Lekker aand en lekker slaap. En veels geluk Makou-ding!

Anonymous said...

Ek hoop en vertrou dat al my plaas maters n wonderlike en veilige Kersfees gehad het. Dankie vir al die verjaarsdag boodskappe oorlat ek nou nog n jaar ouer is!

Lyk my met die ouer word kry n mens meer geduld en wysheid, want ek het gister een van my beste rondtes golf nog gespeel! :-)

Mag 2009 n uitstekende en voorspoedige jaar wees vir elkeen van julle en julle geliefdes. Ek wens julle almal net baie liefde, goeie gesondheid, geen stres en baie seeninge toe!

Anonymous said...

Gedurende Kersfees het die son geskyn oor Laag-Kaasland, maar was dit koud! En dit word nog erger want die temperatuur gaan hierdie week sak tot minus 8 grade. Die ys is alreeds besig om vorm te kry op die waters van Kaasland, en die ysskaatsers raak nou baie opgewonde. As dit alles so uitwerk gaan daar mooi fodies geneem word. - Kersfees by my was rustig en mooi, goeie vriende maak goeie geselskap. Kossies? Yummie! Glad nie pelle gemaak met vegetariërs nie. Kangaroe steaks, volstruis en nog meer van die eksotiese disse, saam met goeie wyn en peuseldinge left-right-&-centre. Ek het dit geniet. - Mac, hoe was Krismis in Laag-Osland? - Vlakkies, geniet jy dit by die huis? (Eintlik 'n dom vraag) - Jeweeltjie, is Liefkind alweer veilig terug? - Geniet julle almal se naweek!

Unknown said...

Heijdaa Kaasman ... Kersfees was goed vir ons .. hier is nog trosse Boeremense in LaagOs land en allie koelleegas van Dwergie wat ook hier bevind het het byeengekom, elkeen met sy 'eie' geregte [Dwergie was lui vir kook, so ek het gemaak] almal pak uit op die tafel en dan skep jy wat lekker lyk .. My bakke was leeg ;-/)
Nou jaaaaaaaaaag ons vir NUWE jaar, 3 Jannewarie iisit 'n OU tweedehandse jaar en begin loor ans die kalender en tel die maande af na Krisnis dat ons kan 'rus' ... ja-nee, daai Omie het waar gedig: Repos alieurs [die rus is elders] ... ag was ek maar in die tentjie klein ... ek sou tog, o, so gelukkig sein ...
Julle weet mos? Maar ekke? Ekke is vrekgelukkig en tevree, want ek het vir Jesus en Hy het my 'n Dwergie gegee .. ek is tevree.

Anonymous said...

mmmminus sssses gggrade, bbbbliksem dis kkkkoud.

Unknown said...

en ek moet nou begaan wees oor naamlose mense wat koud kry??? Hier in Lagos is dit presies in die middel van hulle winter, die lugversorgers sukkel om die tem AF te bring na 22 want buite is dit 31 en die humid is 82% ... koulik ... wil jy kom kuijir ... hier in Lagos ?? :-))

Anonymous said...

Mac, ek is nou nie die naamlose een nie maar dit was vroeg vandag minus 8 grade. Maar snaaks genoeg aangesien die son die heel dag skyn en daar glad nie wind is nie is dit nogal aangenaam. Natuurlik wel met baie kilos protective clothing. Maar dis in elk geval beter as plus 8 met reën en storm. Die ys vorm al beter op die water, ek gaan môre probeer vir die fodies. Sneeu is daar nie en word ook nie verwag nie. Sterkte daar in Laag-Osland se sauna.

Unknown said...

Dankie Kaasman ... [ek vermoed dis Boggejaan wat so koulik is ...]
Aan ALMAL wat hier verbykom
'n BAIE BAIE Geseende Nuwejaar en 'n mooi gelukkige tevrede kommervrye 2009 vir jou [ek lieg bikki oor kommervry ... maar dit hang van jou af .. (en jou Geloof)]
Vrede vir julle
Mac & Dwergie

Anonymous said...

Lyk vir my dis net London, Lagos en Amsterdam wat op die plaas kuier. Ons pelle by die huis is maar baie stil. Waar julle ook al is, ek wens julle almal 'n mooi Oujaarsaand. En as dit by julle twaalf uur is dan kyk ek vir die sterre in die Hollandse vriesnag, en dink ek aan julle, en dan wens ek julle 'n Voorspoedige Nuwejaar toe, goeie gesondheid, liefde, en vrede vir almal!

Anonymous said...

London, Lagos en Amsterdam do you copy?

Anonymous said...

My dom vingers veroorsaak dat ek anonymous vir jul wêreldwyd soek. Dankie tog Sy vingers is nie so dom nie en dat Hy ieder en elk van ons by die naam ken nê. Mag ons Hom hierdie jaar ons op ons naam hoor roep en mag ons hom antwoord deur al die talente wat Hy ons gun tot hul maksimum te benut.

Anonymous said...

London, Lagos, Almere, Kaapstad en Petoorsdorp!! Sjoe, Leon, jy laat my sommer skuldig voel met jou mooi woorde!! Pappa bel netnou om te sê dat ek hulle so baie bederf het die laaste week, dat hy my nou sommer baie mis! Maar ek is bly om terug te wees by al die goedjies waarvoor ek so omgee. Die skilpad het toe nooit van die Kaap af gekom nie, maar ons lewens het kleur gekry deur 'n piepklein katjie en twee hoenderhennetjies! Ek wens julle kon vir Rooiveer en Spikkels sien vlerksleep het!! ;-))

My woordtalente laat my in die steek vandag, maar my omgee nooit nie!! Mag dit 'n besonderse mooi jaar vir jou wees! Liefde, Jewls xxxxx

Anonymous said...

Ek sien toe mos vandag op Facebook dat Robyn en Spikkels ewe veilig in Petoorsdorp sit, maar hulle kom groet nie!! En Vroulief was amper gister by die huis... Jitte, wonder ook of die katgesinnetjie veilig tuis is!! Ek en Liefkind het vanmiddag Mamma Mia uitgeneem op DVD. En het ons gesing en gedans!!! Ek bewonder Meryl Streep vir haar pragvertoning in die rolprent - dis ongelooflik goed!! Trek maar julle dansskoentjies aan oor 3 weke want ons gaan ABBA!!!

Anonymous said...

♪♫♪♫ Honey I'm still free, take a chance on me!! ♪♪♪♫♪

Liefkind sê ons moet die muvie weer kyk! Lekkerrrrr!!!!

Wat doen julle almal vanaand? Anonymous, bibber jy lekker? ;-))

Unknown said...

ek wag vir 01:30 dat ek DAKAR kan kyk .. intussen kyk ek maar hoe neek die BOKKE [blommetjies?] die Ozzaaas oppi krieketvelt op.

Anonymous said...

Goeie môre al die maters,ja,Jewlsie ,ek is veilig by die huis,en eerstens wil ek net aan elkeen n'baie Voorspoedige,liefdevolle en gesonde 2009 toe wens,mag elkeen elke dag met n' glimlag opstaan en weet jy is baie spesiaal....my rustydjie in die berge was heeeeerlik,ek kon, nes Spikkels elke aand die helder sterre dophou,en myself verwonder aan die wonderlike skepping,en as ek so by die vuurtjie sit,was elkeen van julle in my hart,die natuur het my weereens betower,en ek het teruggekom met nuwe krag.
Geniet hierdie dag...ennnn onthou die glimlag...xxxxx

Unknown said...

Heigent-hert ou bitterbek .. issit AL wat jy kan doen? Moun en 2-ier inni nagte rondsluik agter karrikjis aan? Wort jynie groot'ie? Pleks loop slaap jy - en wat van arme Dwergie? Moet sy nou uitdie slaap gehou word vir jou nonsins? O-ja, en wat maak julle in Lagos? As jy wil migreer kan jy nie maar Ierland of NieZeeland toe skuif'ie?
Vir al jelle anner - Voorspoerrige niewejaar. Groetnis

Anonymous said...

Ai,tog!!!!....aan alle lekkertes kom daar mos ook n' einde...en dis nou die einde van my lui lekker tyd....môre oggend sal ek opstaan en die wilde paaie aandurf...gelukkig is al die woeste bestuurders nog nie terug...en ek sal met die wydste glimlag en positiewe gesindheid die kantoor deur oopsluit...en siedaar...die begin van 2009 se harde werk....Ek beter nou gou die laaste ditjies en datjies uitsorteer en doen en in die kooi spring...een laaaang gaap gee...en my oorgee aan die genadige rus.....Lekker slapies almal....Uncle...toe met daardie ogies....Dwergie moet rus kry...sy werk seker ook môre...☺☺☺

Anonymous said...

Liewe vriende; Die Vlaktegesin is ook weer veilig tuis, dit na ons ver, veeer gereis en na ons pragtige land gekyk het!

Ons vonkie was weg en is eers weer gister laatmiddag terug...
Daarom wil ek net eers vir al die kosbare mense van die plaas die wonderlikste en geseende 2009 toebid. Mag almal veilig en gekoester wees in ons Vader se hande.
Voor
Sy troon is die aarde gladnie so groot nie, daar is Kasie en Wb en Robyn... en Vlaktekind sommer almal sommer handevat-naby.. Dis regtig net 'n vonkie ver!

Dankie vir al die ondersteuning en aanmoediging wat ek van die plaasmense ontvang het die afgelope jare... Ek kan dit byna nie glo nie, maar ek is sowaar hierdie jaar al 'n 3e jaar student! Sjoe, so vlie die tyd onder ons deur.

Liewe maats, wat more terug gaan werk toe, mag dit alles gebeur met min struikelblokke en trane, met baie sukses en trots-tevredenheid!
Lekker slaap...

Unknown said...

Nefie? Hoe kom jy in die huis in .. ek dog Charlie is nog inni Kaap? ... en waaaaaaar kruip jy nou vananaf uit? Ek't al gedog jy sit iewers inne tronk of watewer. EN, kry slag jou eie I-myl ... dis elkgeval verniet.

«Oldest ‹Older   1 – 200 of 202   Newer› Newest»